SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.17 número3The role of quality in the adjudication of public tendersExemption clauses and the Consumer Protection Act 68 of 2008: An assessment of Naidoo v Birchwood Hotel 2012 6 SA 170 (GSJ) índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


PER: Potchefstroomse Elektroniese Regsblad

versão On-line ISSN 1727-3781

PER vol.17 no.3 Potchefstroom Set. 2014

 

ARTICLES

 

Die moontlike regshervorming van die integrasiereël in die Suid-Afrikaanse kontraktereg deur middel van die leerstuk van rektifikasie

 

The possible legal development of the integration rule in the South African law of contract by means of the doctrine of rectification

 

 

T Bekker*

B-Juris, LLB, LLM, LLD (Unisa). Senior lektor in Prosesreg, Universiteit van Pretoria. E-pos: thino.bekker@up.ac.za

 

 


SUMMARY

As far back as the early twentieth century the Appellate Division in Cassiem v Standard Bank of SA Ltd, held that:
"We are bound by the English rules of evidence and the question has therefore to be decided according to English law, the rule being that parol evidence is not allowed to alter, vary, or contradict a written instrument."
The integration rule has always been an integral part of the South African law of contract where the admissibility of the presentation of extrinsic evidence of previous or collateral agreements was considered. In 1998 an extensive report was brought out by the South African Law Commission wherein certain recommendations were made to the Minister of Justice pertaining to, inter alia, the application of the integration rule in the South African law of contract. The Law Commission was of the opinion that the disadvantages of the integration rule outweighed the advantages of legal certainty and finality and recoomended that the rule be abolished and that more subjective evidence should be allowed to ascertain the true intention of the parties. The recommendations by the Law Commission however apparently died a slow death and there has been no attempt since to abolish or modify the rule in the South African legal system.
In 'n previous article the view was held that the integration rule is based on a legal rule or legal fiction and that it can therefore be validly abolished or modified by legislation. Legislation is however a drastic step which should only serve as a last resort and other alternatives should first be considered. This article considers one such a possible alternative, namely the remedy of rectification. The focus will be in particular on a brief discussion of the application of the integration rule in the South African law of contract, the field of application and scope of rectification, the relation between rectification and the integration rule, and, lastly, if rectification can be utilised to avoid the strict application of the integration rule and consequently serve as an instrument for the (indirect) abolition or modification of the rule in the South-African law of contract. The conclusion is that the remedy of rectification would in all probability not in all instances be able to avoid the strict application of the integration rule and that legislation seems to be the only workable alternative to abolish or modify the integration rule in the South African law of contract.

Keywords: abolish; common intention; extrinsic evidence; integration rule; law of contract; legislation; mistake; modify; rectification; written contract.


 

 

1 Inleiding

So ver terug as die vroeë twintigste eeu het die Appèlhof in Cassiem v Standard Bank of SA Ltd,1 beslis dat:

We are bound by the English rules of evidence and the question has therefore to be decided according to English law, the rule being that parol evidence is not allowed to alter, vary, or contradict a written instrument.2

Die integrasiereël het nog altyd 'n integrale deel uitgemaak van die Suid-Afrikaanse kontraktereg waar die toelaatbaarheid van die aanbieding van ekstrinsieke getuienis van voorafgaande of kollaterale ooreenkomste ter sprake gekom het. In 1998 het die Suid-Afrikaanse Regskommissie3 'n omvattende verslag voorgelê waarin sekere aanbevelings aan die Minister van Justisie voorgelê is ten aansien van, onder andere, die toepassing van die integrasiereël in die Suid-Afrikaanse kontraktereg. Die Regskommissie was van mening dat die nadele verbonde aan die integrasiereël die voordele van regsekerheid en finaliteit oorskry en het aanbeveel dat die reël afgeskaf word en dat meer subjektiewe getuienis toegelaat word ten einde die werklike bedoeling van die partye vas te stel.4 Dit blyk egter dat die aanbevelings van die Regskommissie intussen 'n stadige dood gesterf het en daar is sedertdien nie weer 'n poging aangewend om die integrasiereël in die Suid-Afrikaanse kontraktereg af te skaf of aan te pas nie.

In 'n vorige artikel is die standpunt ingeneem dat die integrasiereël neerkom op 'n regsreël of regsfiksie en derhalwe vatbaar is vir afskaffing of wysiging deur wetgewing.5 Wetgewing is egter 'n drastiese stap wat slegs as 'n laaste uitweg behoort te dien en ander alternatiewe behoort eers oorweeg te word.6 Hierdie artikel skenk oorweging aan een so 'n moontlike alternatief, naamlik die leerstuk van rektifikasie. Daar sal in besonder gefokus word op 'n oorsigtelike bespreking van die toepassing van die integrasiereël in die Suid-Afrikaanse kontraktereg, die aanwendingsveld en trefwydte van rektifikasie, die verband tussen rektifikasie en die integrasiereël, en, laastens, of rektifikasie aangewend kan word om die streng werking van die integrasiereël te omseil en gevolglik as werktuig kan dien vir die (indirekte) afskaffing of aanpassing van die reël in die Suid-Afrikaanse kontraktereg. Die gevolgtrekking is dat die leerstuk van rektifikasie in alle waarskynlikheid nie in alle gevalle daarin sal kan slaag om die streng werking van die integrasiereël te vermy nie en dat wetgewing die enigste werkbare alternatief blyk te wees om die integrasiereël af te skaf of aan te pas in die Suid-Afrikaanse kontraktereg.

 

2 Die integrasiereël

Die uitwerking van die integrasiereël op die toelaatbaarheid van getuienis word beklemtoon in die tradisionele formulering, soos uiteengesit in Union Government v Vianini Ferro-Concrete Pipes (Pty) Ltd,7waar Watermeyer AR beslis het dat:

... this Court has accepted the rule that when a contract has been reduced to writing, the writing is, in general, regarded as the exclusive memorial of the transaction and in a suit between the parties no evidence to prove its terms may be given save the document or secondary evidence of its contents, nor may the contents of such document be contradicted, altered, added to or varied by parol evidence ...8

In Johnston v Leal9 het die hof beklemtoon dat die doel en uitwerking van die integrasiereël is om te verhoed dat 'n geïntegreerde skriftelike kontrak verander word, aangevul word, of deur middel van ekstrinsieke getuienis weerspreek word ten einde die bedinge van die kontrak te herskryf ("to redefine the terms of the contract") om sodoende op die kontrak, soos gewysig, te steun.10

Die sogenaamde "gedeeltelike integrasiereël" is slegs 'n uitvloeisel van die integrasiereël en is as volg deur Corbett AR in Johnston v Leal uiteengesit:11

Where a written contract is not intended by the parties to be the exclusive memorial of the whole of their agreement but merely to record portion of the agreed transaction, leaving the remainder as an oral agreement, then the integration rule merely prevents the admission of extrinsic evidence to contradict or vary the written portion; it does not preclude proof of the additional or supplemental oral agreement.12

Die gedeeltelike integrasiereël laat dieselfde vraag ontstaan as die integrasiereël, naamlik of die geskrewe stuk die "sole memorial" van die ooreenkoms tussen die partye is.13 Of, anders gestel, wat presies is by die skriftelike stuk geïntegreer?14 Indien daar enige twyfel bestaan hieroor, moet daar eerstens gelet word op die bedoeling van die partye wat die regshandeling verrig het. Die verbod se trefwydte is naamlik slegs beperk tot dit wat die partye bedoel het om in skrif uit te druk.15

In Du Plessis v Ne/16 het die hof verklaar dat partye die bedoeling kan hê om slegs 'n gedeelte van hulle transaksie op skrif te stel en dan is slegs daardie betrokke (skriftelike) gedeelte aan die integrasiereël onderworpe. Van den Heever AR het hierdie sentiment as volg verwoord:

But the parties are not by this rule compelled to reduce all their legal relationships, however remotely related to such subject matter, to writing. Even where the subject matter of an oral contract is so closely related to that of the written instrument that the conclusion of one is consideration for the other, the oral contract may be proved if truly extrinsic and therefore not in conflict with the written contract.17

Die gemelde bedoeling van die partye word vasgestel vanuit die dokument self, maar ook vanuit die woorde en gedrag van die partye en die omringende omstandighede. Die hof het die wyse waarop hierdie bedoeling vasgestel mag word as volg uiteengesit in Johnston v Leal:18

... it is permissible for the Court to hear evidence of the surrounding circumstances, including the relevant negotiations of the parties, in order to determine whether the parties intended a written contract to be an integration of their whole transaction or merely a partial integration.19

Die Suid-Afrikaanse howe het verder 'n aantal uitsonderingsgevalle op hierdie algemene integrasiereël geformuleer.20 Talle skrywers is egter, heeltemal tereg, van mening dat die verskillende kategorieë van toelaatbare getuienis nie kwalifiseer as egte uitsonderings op die integrasiereël nie, maar eerder as gevalle wat buite die werking van die reël val.21 Hoe dit ookal sy, die volgende uitsonderingsgevalle is deur die howe geformuleer, naamlik memoranda,22 handels- en plaaslike gebruike,23 ongeldige regshandelinge,24 gesimuleerde kontrakte,25 kollaterale bedinge,26 latere kontrakswysigings,27 opskortende voorwaardes,28 addisionele partye29 en gevalle waar rektifikasie toepassing vind.30

 

3 Die leerstuk van rektifikasie

3.1 Toepassingsveld

'n Skriftelike kontrak kan gerektifiseer word indien daar bewys kan word dat die dokument nie die gemeenskaplike bedoeling van die partye korrek weerspieël nie as gevolg van 'n gemeenskaplike dwaling of fout ten aansien van die skrif self of die gevolge daarvan.31 Die dokument word dan in 'n vorm gegiet om ooreen te stem met die regshandeling wat dit onderlê.32

Hierdie beginsel is as volg uiteengesit in Tesven CC v South African Bank of Athens.33

To allow the words the parties actually used in the documents to override their prior agreement or the common intention that they intended to record is to enforce what was not agreed, and so overthrow the basis on which contracts rest in our law: the application of no contractual theory leads to such a result.34

Schmidt,35 asook Zeffertt en Paizes,36 bespreek rektifikasie as een van die uitsonderings wat geld op die toepassing van die integrasiereël. Hierdie bespreking voer egter aan dat daar 'n veel nouer verband bestaan tussen die leerstuk van rektifikasie en die integrasiereël.

3.2 Die trefwydte van rektifikasie

Rektifikasie van 'n geskrewe dokument kan eerstens aangevra word wanneer die dokument deur 'n foutiewe of bedrieglike opskrifstelling nie die ware ooreenkoms of gemeenskaplike bedoeling van die partye korrek uiteensit nie.37 Die partye sal gewoonlik getuienis aanbied ten effekte dat 'n mondelinge ooreenkoms aangegaan is, maar dat die skriftelike dokument dit nie suiwer weergee nie.38

Die "gemeenskaplike bedoeling" van die partye wat nie in die skriftelike dokument weergegee word nie, hoef egter nie noodwendig in 'n voorafgaande ooreenkoms vervat te gewees het nie, maar kan ook uit ander feite blyk. Dit is dus nie noodsaaklik vir 'n party wat eis dat 'n skriftelike kontrak gerektifiseer moet word om te bewys dat die partye vooraf 'n bindende ooreenkoms gesluit het nie.39

Nie slegs foute in die teks van 'n dokument kan verbeter word nie, maar selfs bedinge wat per abuis40 of doelbewus41 uitgelaat is kan by die dokument ingelees word.

'n Dokument kan ook verbeter word om 'n sekere geaardheid te verkry indien dit opgestel is soos beoog deur die partye, maar weens die een of ander wanbeskouing van die regsgevolge daarvan nie die geaardheid weerspieël wat hulle beoog het nie.42 Indien die dokument egter wel die geaardheid weerspieël wat die partye beoog het, maar nie die verlangde resultaat nie, kan die dokument nie verbeter word om sodanige verlangde resultaat te bereik nie.43

Rektifikasie kan deur 'n derde party aangevra word, maar die oorspronklike partye moet by die aksie gevoeg word indien hulle daardeur nadelig getref kan word.44 Rektifikasie sal egter nie toegestaan word ten aansien van 'n akte waar derde partye, wat te goedertrou gehandel het onder die veronderstelling dat die akte korrek was, daardeur benadeel word nie.45

Rektifikasie kan ook aangevra word waar skrif vereis word vir 'n geldige regshandeling, maar dan moet daar 'n geldige dokument bestaan wat voldoen aan die skrifvereiste. Hierdie siening word as volg in Dowdle's Estate v Dowdle46 verwoord:

You cannot, by rectification, invest a document, which, on the face of it, is null and void, with legal force.47

Indien die skriftelike dokument as 'n geheel geldig is, is dit egter toelaatbaar om 'n afsonderlike beding wat ongeldig is weens nie-nakoming van die skrifvereiste, te verbeter. Die geldige dokument kwalifiseer dus as 'n platform vir die rektifikasie van die ongeldige.48

In Rens v Esselen NO49 is beslis dat 'n testament vatbaar is vir rektifikasie, al beliggaam dit 'n eensydige regshandeling. In hierdie saak is iets deurgehaal wat per abuis ingesluip het. In Ex Parte Van der Spuy50 het Claassen R selfs beslis dat 'n testament verbeter kan word deur daartoe by te voeg waar dit in ooreenstemming met die bedoeling van die testateur sou wees.51

Alhoewel 'n verhandelbare dokument ook kwalifiseer as 'n eensydige regshandeling, kan dit ook reggestel word deur middel van rektifikasie. Sodanige dokumente is al verbeter om die korrekte naam of hoedanigheid van die ondertekenaar daarvan aan te dui.52

Dit is moontlik vir partye om ooreen te kom om hulle ooreenkoms van rektifikasie uit te sluit. So 'n beding sal egter duidelik moet wees. 'n "Geen-wysigingsbeding" ("non-variation clause") wat bepaal dat geen wysiging geldig sal wees tensy dit op skrif gestel en onderteken is nie, sluit egter nie rektifikasie uit nie.53 Melamet R het dit as olg in Ley/and (SA) Pty Ltd v Rex Evans Motors (Pty) Ltd54 verduidelik:

A party who seeks rectification is not seeking to vary the written agreement but is merely seeking to place the true agreement before the Court.55

3.3 Die verband tussen die integrasiereël en rektifikasie

Volgens Harms56 (met verwysing na relevante regspraak) moet die volgende feite beweer en bewys word vir 'n eis vir rektifikasie om te slaag:

(a) 'n ooreenkoms tussen die partye wat op skrif gestel is;

(b) dat die geskrewe dokument nie die gemeenskaplike bedoeling van die partye korrek weerspieël nie. Dit vereis dat die gemeenskaplike bedoeling van die partye, soos dit bestaan het toe die ooreenkoms op skrif gestel is, vasgestel moet word. Hierdie gemeenskaplike bedoeling kan afgelei word vanuit 'n voorafgaande ooreenkoms, maar dit is nie die enigste wyse waarop dit vasgestel kan word nie;57

(c) 'n bedoeling deur beide partye om hulle ooreenkoms of gemeenskaplike bedoeling op skrif te stel;58

(d) 'n fout in die opstel van die dokument.59 Die fout kan die resultaat wees van:

(i) 'n bona fide gemeenskaplike fout;

(ii) 'n opsetlike handeling van die ander party; of

(iii) 'n fout deur die partye deurdat hulle die geskrewe ooreenkoms op so 'n wyse bewoord het dat die werking van hulle mondelinge ooreenkoms, tesame met die geskrewe ooreenkoms, uitgesluit word;60

(e) die werklike bewoording van die ooreenkoms soos gerektifiseer. Dit is nie voldoende om slegs die algemene strekking van die gemeenskaplike bedoeling van die partye weer te gee nie.61

Liebenberg62 toon in 'n uiters insiggewende artikel oor rektifikasie dat die benadering van die Suid-Afrikaanse howe aanvanklik was om te vereis dat daar 'n gemeenskaplike fout van die partye bewys moes word voordat 'n eis vir rektifikasie sou slaag.

Met die uitspraak in Mouton v Hanekomf63 het die Appèlhof egter 'n kentering teweeggebring in die benadering tot die vraagstuk rondom 'n "gemeenskaplike fout" by rektifikasie. Die partye in hierdie saak, waar dit gegaan het oor 'n koopooreenkoms van grond, het uitdruklik ooreengekom dat die verkoper 'n terugkoopreg van die betrokke grond sou hê. Hulle het verder ook uitdruklik ooreengekom om nie hierdie terugkoopreg in hulle skriftelike kontrak te vervat nie.64

Die eiser het rektifikasie van die skriftelike ooreenkoms aangevra ten einde die terugkoopreg daarin in te sluit. Die verweerder het aangevoer dat hierdie eis nie kon slaag nie, aangesien die partye doelbewus enige verwysing na die terugkoopreg uit die skriftelike kontrak uitgesluit het. Volgens hom kon 'n eis vir rektifikasie slegs slaag waar die partye ad idem was oor wat hulle bedoel het om in die skriftelike kontrak te vervat, maar per abuis as gevolg van 'n gemeenskaplike fout versuim het om te doen.65

Die Appèlhof het egter hierdie argument verwerp. Van Blerk AR het die volgende beginsel neergelê:

Die gemeenskaplike bedoeling van beide partye was dat eiser die reg van terugkoop sal hê en as daar dan bepalings of woorde in die koopbrief is wat hierdie bedoeling onuitvoerbaar maak of in stryd daarmee is, dan is dit duidelik dat sodanige bepalings of woorde per abuis ingeskryf is en is die eiser geregtig op rektifikasie van die koopbrief ten einde dit in ooreenstemming te bring met die gemeenskaplike bedoeling van beide van die partye.66

Liebenberg67 wys daarop dat die hof in hierdie saak nie vereis het dat daar 'n gemeenskaplike fout bewys moes word nie, maar slegs dat die skriftelike ooreenkoms nie die ware ooreenkoms van die partye weergee nie. Hier was volgens die hof geen fout wat aanleiding tot die weglating van die betrokke beding gegee het nie. Dit is doelbewus gedoen. Nogtans, en bloot op grond van die feit dat die skriftelike stuk nie die ware ooreenkoms van die partye volledig weergegee het nie, is rektifikasie toegelaat.

In Von Ziegler v Superior Manufacturers Ltd68 is namens die appellante aangevoer dat die beslissing in Mouton v Hanekom69 tot gevolg het dat dit nie 'n vereiste is om dwaling ("mistake") te bewys vir 'n eis van rektifikasie om te slaag nie. Die Appèlhof het egter hierdie interpretasie verwerp. Trollip R het verklaar dat:

It is true that there was no mistake by the parties in omitting to incorporate the pactum in the written contract because that was done deliberately; but their mistake (on the basis of the assumption made by the Appellate Division) was that their written contract was worded in such a way as to exclude their oral agreement from operating together with their written contract That was contrary to their common intention or oral agreement, and it was that mistake in their written contract that was allowed to be rectified. That that was the ratio decidendi appears from page 39H-40A of the judgment. I do not think, therefore, that that case decided that mistake is not an essential element in relief for rectification.70 [eie kursivering]

Volgens Liebenberg71 is dit dus in die eerste plek duidelik dat dit hier gaan om 'n gemeenskaplike fout van die partye en, tweedens, dat die hof die bewys van 'n gemeenskaplike fout as 'n vereiste vir 'n eis om rektifikasie beskou. Hy vra homself egter af of die hof met die gedeelte in die aanhaling bedoel het om 'n gemeenskaplike fout van die partye aan te dui wat tot die weglating van die pactum uit die skriftelike kontrak aanleiding gegee het, of in die alternatief bedoel het om bloot te verwys na die feit dat die ooreenkoms nie die ware bedoeling van die partye weerspieël het nie.72

Liebenberg doen aan die hand dat indien eersgenoemde bedoel is, daarmee iets in die Mouton-uitspraak ingelees word wat nie daar staan nie.73 In daardie geval ontstaan die verdere vraag of die Mouton-uitspraak enigsins anders sou gewees het as die weglating van die pactum 'n fout was aan die kant van die prokureur wat die skriftelike ooreenkoms opgestel het, en nie omdat die partye so ooreengekom het nie. Die antwoord is volgens hom klaarblyklik ontkennend omdat die Appèlhof duidelik beslis het dat die skriftelike ooreenkoms reggestel moet word slegs omdat dit nie die ware bedoeling van die partye weergee nie.74 Die Appèlhof het dit klaarblyklik nie nodig gevind om die vraag na 'n gemeenskaplike fout wat die verkeerde teboekstelling veroorsaak het, te oorweeg nie. Indien die alternatiewe bedoeling hierbo die geldige een is, is dit nie vir kritiek vatbaar nie omdat dit strook met wat die Appèlhof inderdaad in die Mouton- saak gesê het. Dit is egter volgens Liebenberg nie heeltemal duidelik watter een van die twee moontlike bedoelings die hof as die geldige voorhou nie, maar dit wil tog volgens hom voorkom asof die eerste een die bedoeling van die hof korrek weergee.75

Palley76 is van mening dat die Mouton-uitspraak die aanwendingsgebied van die integrasiereël aansienlik ingeperk het. Zeffertt en Paizes deel egter nie hierdie sentiment nie en is van mening dat hierdie uitspraak nie werklik 'n revolusionêre uitwerking op die integrasiereël gehad het nie:

It has been suggested that this decision has revolutionary implications for the parol evidence rule, but in principle there seems no difference between a common mistake as to the effect of a document upon a prior oral agreement and a mistake as to its effect on any other aspect of the legal relations between the parties. Rectification always operates as a solvent of the parol evidence rule, and Mouton v Hanekom shows no more than that it can sometimes be used to remove the difficulties caused by a rigid insistence that whatever the real intention of the parties, a contradiction in a written document is fatal to the survival of a prior oral agreement.77 [ete kursivering]

Die probleem met hierdie standpunt van Zeffertt en Paizes is daarin geleë dat hierdie skrywers van mening is dat die Mouton-uitspraak slegs soms aangewend kan word om die verswarende effek van die integrasiereël te verlig. Hiervolgens is rektifikasie dus slegs een van die talle "uitsonderingsgevalle" op die streng integrasiereël, wat nie werklik die normale werking van hierdie reël te veel aantas nie.

Indien die Mouton-uitspraak egter reg verstaan word, het dit die uitwerking dat die gemeenskaplike fout, wat een van die vereistes is om te kan slaag met 'n eis vir rektifikasie, bloot daaruit kan bestaan dat die partye nie hulle skriftelike kontrak so bewoord het dat dit die uitwerking het om die werking van hulle voorafgaande mondelinge ooreenkoms daarby in te sluit nie. Die partye het 'n voorafgaande mondelinge ooreenkoms aangegaan met die bedoeling dat sodanige mondelinge ooreenkoms volle regswerking sou geniet. Hulle gemeenskaplike fout het egter daaruit bestaan dat hulle skriftelike kontrak sodanig bewoord is dat die mondelinge ooreenkoms in werklikheid, as gevolg van die werking van die integrasiereël, nie die regswerking geniet het wat hulle beoog het nie.78

Die vraag wat hieruit voortspruit is wat enige party wat 'n voorafgaande mondelinge ooreenkoms wat 'n skriftelike kontrak wysig of daarmee strydig is of daaraan byvoeg wil bewys, sal verhoed om bloot rektifikasie van die skriftelike kontrak te eis op grond daarvan dat die skriftelike kontrak foutiewelik op so 'n wyse opgestel is dat dit die uitwerking het dat dit die voorafgaande mondelinge ooreenkoms van regswerking ontneem.

Partye sal mos nooit 'n voorafgaande of addisionele ooreenkoms gesluit het as hulle van mening was dat hierdie ooreenkoms nie regswerking sou geniet nie. Indien die skriftelike kontrak hierdie mondelinge ooreenkoms dan van regswerking ontneem, kan daar mos geargumenteer word dat dit te wyte was aan 'n gemeenskaplike fout van die partye, wat die weg baan vir 'n eis om rektifikasie!79

Daar kan natuurlik geargumenteer word dat dit in die Mouton-saak gegaan het oor die rektifikasie van 'n skriftelike ooreenkoms waar daar nie 'n volledige integrasie van die partye se ooreenkoms plaasgevind het nie. Die partye het doelbewus die ooreenkoms van die terugkoopreg uit hulle skriftelike ooreenkoms gelaat en daar kan derhalwe aangevoer word dat hulle ooreengekom het op 'n skriftelike kontrak wat slegs gedeeltelik geïntegreerd was. In so 'n geval sal die aanwending van rektifikasie natuurlik nie teen die werking van die integrasiereël indruis nie aangesien getuienis ingevolge die sogenaamde gedeeltelike integrasiereël altyd toelaatbaar is waar die partye die bedoeling gehad het dat die ooreenkoms tussen hulle finaal is, maar nie die volledige ooreenkoms weerspieël het nie. Die enigste voorbehoud is dat sodanige getuienis slegs die skriftelike kontrak mag aanvul en nie weerspreek nie.80

Dit is egter nie baie duidelik of die appèlhof in die Mouton-saak van mening was dat die mondelinge ooreenkoms van die terugkoopreg die skriftelike kontrak tussen die partye weerspreek het of dit slegs aangevul het nie. In die hof a quo het Watermeyer R aangevoer dat die mondelinge en skriftelike ooreenkomste nie teenstrydig was nie, maar selfs al was dit, die eiser in elk geval moes slaag in sy eis om rektifikasie. Van Blerk AR, wat die beslissing van die appèlhof gelewer het, het egter geen bevinding gemaak op hierdie punt nie.81

Die vraag wat hieruit voortspruit is of die appèlhof tot dieselfde bevinding sou kom indien die mondelinge ooreenkoms en skriftelike kontrak duidelik teenstrydig was. In so 'n geval is getuienis van 'n voorafgaande mondelinge ooreenkoms nie eers toelaatbaar ingevolge die gedeeltelike integrasiereël nie. Indien die hof in so 'n scenario nie rektifikasie sou toelaat nie, kan daar met Zeffertt en Paizes saamgestem word dat die Mouton-uitspraak nie werklik 'n revolusionêre uitwerking op die integrasiereël gehad het nie.

Hierdie bespreking doen egter aan die hand dat die hof se uitspraak nie strook met hierdie interpretasie nie. Die hof het dit baie duidelik gestel dat:

... as daar dan bepalings of woorde in die koopbrief is wat hierdie bedoeling onuitvoerbaar maak of in stryd daarmee is, dan is dit duidelik dat sodanige bepalings of woorde per abuis ingeskryf is en is eiser geregtig op rektifikasie van die koopbrief ... [eie beklemtoning82

Watermeyer R het in die hof a quo aangevoer dat rektifikasie moet slaag selfs al was die mondelinge ooreenkoms teenstrydig met die skriftelike kontrak.83

Bogemelde standpunt word tot 'n groot mate gesteun deur die uitspraak in Affirmative Portfolios CC v Transnet Ltd t/a Metrorail.84 Die appellant in hierdie aangeleentheid, 'n arbeidsmakelaar, is op 29 Maart 2000 in kennis gestel dat daar 'n sekere tender aan hom toegestaan is deur die respondent. Ingevolge die tender moes die appellant 200 toegangskontroleerders wat moes toesien dat passassiers oor die nodige kaartjies beskik het om op die respondent se treine te reis, oor 'n tydperk van 36 maande aan die respondent voorsien vanaf 1 April 2000 teen 'n maandelikse vergoeding van R358 800 plus BTW. Dit was gemenesaak tussen die partye dat hierdie tarief gebaseer is op 'n uurlikse tarief van R15 vir 'n maksimum van 104 ure per maand per kontroleerder, plus 'n administrasiefooi van 15 persent, wat 'n totaal opgemaak het van R17.25 per uur. 'n Skriftelike ooreenkoms wat hierdie bedinge uitgestippel het is deur die respondent onderteken op 3 Mei 2000 en deur die appellant op 5 Mei 2000. Die dienste waarop ooreengekom is is egter al sedert September 1999 deur die apellant aan die respondent verskaf.

Klousules 10.1 en 16.1 van die skriftelike ooreenkoms was veral relevant tot die dispuut voor die hof en het as volg bepaal:

10.1 No deviation from the scope, pricing or programme of Service contained herein shall be permitted unless the Client has given prior written consent.

16.1 Unless specifically stated otherwise in the Pricing Schedules, all prices are fixed as per the formula agreed upon in Annexure B, for the duration of the Contract and shall not be subject to any variation, except in terms of Clause 10 in particular, shall include all applicable taxes, duties and fees, except for Value Added Tax which is to be stated separately.

Met ingang van 1 April 2000, (met ander woorde voor ondertekening van die skriftelike ooreenkoms), het die appellant die betrokke tarief verhoog tot R17.25 per uur plus die administrasiefooi van 15 persent. Die appellant het dit gedoen op grond van 'n beweerde mondelinge ooreenkoms tussen die Durbanse streeksbestuurder (Mncube) en kontraktebestuurder (mnr Naicker) van die respondent en die enigste lid van die appellant (Xaba). Die respondent het sodanige mondelinge ooreenkoms ontken. Op 'n vergadering tussen die partye op 20 Desember 2000 is Xaba in kennis gestel dat hy ingevolge die skriftelike ooreenkoms meer gevra het as waarop hy geregtig was en dat die respondent voortaan weer die ooreengekome bedrag van R15 per uur per kontroleerder plus 'n 15 persent administrasiefooi sou betaal. Xaba het teensinnig hierop ooreengekom, maar die appèllant se volle regte ingevolge die mondelinge ooreenkoms gereserveer. Die appellant het vanaf die datum van hierdie vergadering teruggekeer daarna om die tarief van R15 per uur plus 'n 15 persent administrasiefooi te vra.

In April 2002 het die respondent gepoog om die ooreenkoms summier te beëindig. Die appellant het dit as 'n repudiasie van die ooreenkoms beskou en sodanige repudiasie aanvaar. Die appellant het hierop aksie ingestel teen die respondent vir, onder andere, betaling van die bedrag van R883 660,87 ten aansien van die onderbetaling van die gemelde dienste gelewer vanaf die datum van bogemelde vergadering tussen die partye tot en met die kansellasie van die ooreenkoms. Die respondent het hierop 'n teeneis ingestel in die bedrag van R515 317,45 gebaseer op ongeregverdigde verryking. Die aangeleentheid het voor Tshabalala RP gekom wat die eis van die hand gewys het en die teeneis toegestaan het. Die appèllant het hierna teen hierdie bevel geappèlleer na die Hoogste Hof van Appèl.85

Vir die doeleindes van hierdie bespreking is dit slegs die eis van die appèllant wat van belang is. Die primêre vraag voor die hof86 was of die skriftelike ooreenkoms tussen die partye so gewysig is dat dit voorsiening gemaak het vir die verhoogde tarief van R17.25 per uur per kontroleerder plus 'n administrasiefooi van 15 persent. Die essensie van die appèllant se eis word uiteengesit in paragraaf 6 van sy besonderhede van vordering en bepaal as volg:

6. During the month of May 2000 the aforesaid written agreement was varied orally, or tacitly or by conduct by the parties in the following respects:

(a) [clause 10.1 of the agreement was deleted];

(b) the defendant would pay to the plaintiff an increased remuneration calculated on the basis of R17,25 per hour (for normal hourly rates) worked by each access controller plus the 15% management fee, such increase to be paid from the date of such variation.

(c) Clause 16(1) was varied by the deletion of the words following on the words "all prices" where they appear in the first line of such paragraph up to and including the words "clause 10 in particular" where such words appear in the third line of such clause.87

Boruchowitz WAR,88 (met wie Harms WRP, Cameron AR, Jafta AR, en Maya AR saamgegaan het), het beslis dat die appellant, as gevolg van die werking van die integrasiereël, nie kon staat maak op die beweerde mondelinge ooreenkoms nie. Dit is 'n goedgevestigde beginsel dat waar partye besluit om hulle finale ooreenkoms in 'n skriftelike vorm te beliggaam, die uitvoering van sodanige dokument alle vorige verklarings wat in stryd is daarmee van regskrag ontneem. Boruchowitz WAR89 het verder beslis dat die sogenaamde gedeeltelike integrasiereël ook nie van toepassing is op die onderhawige geval nie aangesien die skriftelike ooreenkoms die onderwerp van die ooreengekome tarief konklusief uiteengesit het.

Wat egter van aansienlike belang is vir doeleindes van hierdie bespreking, is die volgende stelling deur die hof:

If it was indeed the common intention of the parties that the rates be varied the appellant could have availed itself of the equitable remedy of rectification. In the event, however, it chose not to do so and is bound to the terms of the written agreement.90

Hierdie stelling wek die indruk dat getuienis ten aansien van die beweerde mondelinge ooreenkoms wel toegelaat sou word deur die hof indien die appèllant in sy eis gesteun het op rektifikasie en nie die mondelinge wysiging van die skriftelike hoofooreenkoms nie.91 Dit is ook duidelik dat die betrokke bepalings van die skriftelike ooreenkoms totaal en al teenstrydig was met die bepalings van die voorafgaande mondelinge ooreenkoms. Op sodanige wyse kon die appellant die rigiede werking van die integrasiereël omseil.

Indien hierdie argument korrek is, kan daar geargumenteer word dat enige kontraksparty wat getuienis sou wou aanbied van 'n voorafgaande of kollaterale mondelinge ooreenkoms tot 'n skriftelike kontrak, bloot rektifikasie van sodanige kontrak kan eis, wat sodoende die weg sal baan vir die aanbieding van (toelaatbare) getuienis ten einde die werklike bedoeling van die partye vas te stel. Dit is egter jammer dat die hof nie uitgebrei het op die stelling dat die appèllant in hierdie aangeleentheid van rektifikasie gebruik kon maak nie. Dit sou naamlik baie verwarring uit die weg geruim het indien die hof dit duidelik sou stel dat 'n moontlike eis van rektifikasie sou kon slaag, (indien die beskikbare getuienis natuurlik voldoende was), om die ware ooreenkoms voor die hof te plaas, selfs al was sodanige ooreenkoms teenstrydig met die skriftelike ooreenkoms tussen die partye.

Daar kan natuurlik geargumenteer word dat die appèlhof dalk te ver gegaan het met die Mouton-uitspraak in soverre die hof die trefwydte van rektifikasie te ver uitgebrei het en sodoende die (aanvanklike) hoofdoelwit van die leerstuk verydel het. Daar word egter aan die hand gedoen dat die hof nie werklik 'n ander keuse gehad het in hierdie aangeleentheid nie. Indien die hof nie die trefwydte van rektifikasie so aansienlik uitgebrei het nie, is dit duidelik dat daar 'n onreg sou plaasvind ten aansien van ten minste een van die betrokke kontrakspartye. Die partye het duidelik ooreengekom om 'n terugkoopreg in hulle ooreenkoms te vervat en al het hulle, om welke rede ook al, besluit om hierdie reg nie in hulle skriftelike kontrak te vervat nie, verteenwoordig dit nog steeds hulle gemeenskaplike bedoeling waaraan uitwerking verleen behoort te word. Indien die hof egter 'n eng siening ingeneem het van die trefwydte van rektifikasie, sou die hof geen ander keuse gehad het om getuienis van die mondelinge terugkoopreg uit te sluit ingevolge die streng werking van die integrasiereël nie. Van Blerk AR het met 'n vindingryke oplossing vorendag gekom ingevolge waarvan hy 'n wyse gevind het om die werking van die integrasiereël te omseil en ongeregtigheid te voorkom. Uitsprake soos hierdie wys weereens die gebreke van die toepassing van die integrasiereël in die Suid-Afrikaanse kontraktereg duidelik uit.

3.4 Rektifikasie as moontlike werktuig vir die regshervorming van die integrasiereël

Selfs al is hierdie interpretasie van die Mouton-uitspraak korrek, naamlik dat kontrakspartye die werking van die integrasiereël sal kan omseil deur middel van die aanwending van die leerstuk van rektifikasie, kan dit egter in alle waarskynlikheid nie 'n suksesvolle werktuig wees ten einde die integrasiereël op 'n indirekte wyse af te skaf of aan te pas in die Suid-Afrikaanse reg nie.

In die eerste plek is daar nie klinkklare gesag na die Mouton-uitspraak om aan te toon dat rektifikasie in alle gevalle aangewend sou kan word om die werking van die integrasiereël te vermy nie.92 Dit is nie duidelik of die howe 'n kontraksparty tegemoet sal kom waar dit duidelik blyk dat so 'n party se pleitstukke sodanig verwoord is om op 'n opsetlike wyse die werking van die integrasiereël te vermy in gevalle waar so 'n party eintlik steun op 'n teenstrydige of aanvullende voorafgaande of kollaterale ooreenkoms nie.

Daar is namens die verweerder in die Mouton-saak aangevoer dat 'n party tot 'n skriftelike ooreenkoms nie die reëls van die bewysreg (die integrasiereël) kan omseil onder die dekmantel van rektifikasie nie. Die hof het dit duidelik gemaak dat die partye ook nie toegelaat kan word om te skuil agter die reëls van die bewysreg (integrasiereël) om bedrog te pleeg of om kontraktuele ondernemings te ontduik nie. Ten einde hierdie standpunt te steun het die hof verwys na die volgende aanhaling van Wessels AR in Weinerlein v Goch Buildings Ltd:93

The exception (exception doli) lies whenever the Court regards it as a fraudulent act to rely on your summum jus when you know full well that your claim is founded on a mutual error.94

Hierdie standpunt van die hof is van aansienlike belang. In die eerste plek wek dit die indruk dat die hof die billikheidsbeginsels van die exceptio doli generalis aangewend het ten einde die uitbreiding van die trefwydte van die leerstuk van rektifikasie te regverdig. Tweedens word die indruk gewek dat die hof bereid was om die trefwydte van rektifikasie uit te brei ten einde 'n kontraksparty te verhoed om te steun op 'n skriftelike kontrak, wel wetende dat die bepalings daarvan op 'n gemeenskaplike fout berus en sodoende sy kontraktuele ondernemings ingevolge die kontrak te ontduik.

In Bank of Lisbon and South Africa v De Ornelas95 het die appèlhof egter die exceptio doli generalis afgeskaf en verklaar dat hierdie remedie nooit deel gevorm het van die Suid-Afrikaanse reg nie. Die vraag wat derhalwe gevra moet word, is of die appèlhof die trefwydte van rektifikasie nog steeds sou uitbrei indien daar voor die uitspraak in Mouton al bevind is dat die exceptio doli generalis nooit deel uitgemaak het van die Suid-Afrikaanse reg nie.96 Die hof sou die uitbreiding van die trefwydte van rektifikasie in sulke omstandighede moeilik kon regverdig.97

Ons howe het tot op hede gehuiwer om 'n algemene plig van goeie trou ten aansien van die Suid-Afrikaanse kontraktereg te erken.98 In Brtseey v Drotsky99 het die Hoogste Hof van Appèl selfs sover gegaan om uitdruklik sy onbereidwilligheid te verklaar om goeie trou te erken as 'n "free-floating" basis vir judisiële inmenging en beheer ten aansien van konsensuele kontraktuele bedinge.100 In Afrox Healthcare Bpk v Strydom101 het Brand AR verklaar dat die hof geen diskresie het ten aansien van die afdwinging van kontraktuele bedinge nie, maar daaraan gebonde is om uitgekristalliseerde en gevestigde regsreëls toe te pas. In dieselfde saak het Brand AR verder verklaar dat:

... alhoewel hierdie abstrakte oorwegings die grondslag en bestaansreg van regsreëls verteenwoordig en ook tot die vorming en die verandering van regsreëls kan lei, hulle opsigself geen regsreëls is nie.102

Op grond hiervan kan geargumenteer word dat 'n hof in die toekoms, heeltemal tereg, die standpunt kan inneem dat die integrasiereël 'n "uitgekristalliseerde en gevestigde regsreël" is en dat selfs al gee die toepassing daarvan aanleiding tot 'n ongeregtigheid in 'n sekere geval, die hof geen keuse het om die reël streng toe te pas nie. 'n Hof kan op grond hiervan, en veral in die lig daarvan dat die exceptio doli generalis nie meer aangewend kan word ten einde billike kontraktuele bedinge af te dwing nie, bevind dat die beginsels van rektifikasie nie aangewend kan word om die werking van die integrasiereël in 'n besondere geval te omseil waar dit duidelik is dat rektifikasie nie aanwending behoort te vind nie.

Tweedens, blyk dit ook duidelik dat regspraktisyns nie altyd die moontlikheid insien dat rektifikasie eerder geëis moet word in 'n sekere geval eerder as om staat te maak op 'n voorafgaande of kollaterale teenstrydige of aanvullende ooreenkoms nie. Hierdie situasie word natuurlik meer beklemtoon waar 'n kontraksparty homself verteenwoordig omdat hy nie in staat is om regsverteenwoordiging te bekostig nie. Dit sou uiters onbillik wees om 'n verteenwoordigde party te benadeel in omstandighede soos hierdie en des te meer 'n onverteenwoordigde party wat bloot wil staat maak op 'n teenstrydige of aanvullende voorafgaande of kollaterale ooreenkoms. In gevalle soos hierdie sal slegs die afskaffing of aanpassing van die integrasiereël by wyse van wetgewing alle kontrakspartye voldoende beskerm.

Derdens, is dit duidelik dat rektifikasie slegs teen 'n kontraksparty aangevra kan word.103 In AXZZS Industries v AF Dreyer (Pty) Ltd104 het Willis R 'n in-diepte ondersoek geloods na of die integrasiereël van toepassing is op 'n derde party wat nie 'n party tot die ooreenkoms voor die hof is nie. Willis R het met goedkeuring verwys na die volgende aanhaling van Williston:

It is often said that the parol evidence rule is applicable only to the parties to a contract and their privies and does not apply to third persons, or applies to them only when they seek to enforce rights under the contract. Although the statement especially the first part, has led to misapprehension, its repetition has been frequent... But where the issue in dispute, even between third parties, is what are the obligations of A and B to one another, and those obligations are stated in a written contract, the parol evidence rule is applicable... It must be remembered that the written contract represents the truth and the whole truth of the contractual obligations of A and B in whatever way and between whatever parties an enquiry as to such obligations may become important. To admit parol evidence to the contrary which would not be admitted as between the parties, except for the purpose of showing either fraud against a third person or some invalidating facts which would be available to the parties themselves, is to permit facts to be shown which have no relevancy to the issue of what is the contract between A and B.105

Die hof het beslis dat die integrasiereël wel van toepassing is op 'n derde party wat nie 'n kontraksparty voor die hof is nie, behalwe in die geval waar daar bedrog ter sprake is of waar daar gepoog word om te bewys dat daar "invalidating" feite beskikbaar is tussen die kontrakspartye self.

Aangesien rektifikasie nie aangevra kan word teen sodanige derde party nie, sal so 'n kontraksparty nie die leerstuk van rektifikasie kan aanwend teen die derde party om sodoende die werking van die integrasiereël te omseil nie. Selfs al sou daar geargumenteer kan word dat die leerstuk van rektifikasie aangewend kan word om die integrasiereël te vermy tussen kontrakspartye, sal dit nie aanwending kan vind teen derde partye nie, wat aanleiding sal gee tot 'n anomalie.

 

4 Gevolgtrekking

Indien bogemelde argumente opgaan, beteken dit dat 'n party in baie gevalle die werking van die integrasiereël sal kan omseil deur bloot van 'n eis om rektifikasie van die skriftelike kontrak gebruik te maak. Die regsposisie in hierdie gevalle is egter huidiglik onseker. Terwyl daar verskeie skrywers is wat aanvoer dat die Mouton-uitspraak geïnterpreteer kan word om te beteken dat rektifikasie die integrasiereël aansienlik inperk, is daar ook standpunte tot die teendeel. Daar is verder geen (direkte) gerapporteerde beslissings na die Mouton-saak wat hierdie uitspraak as gesag beskou daarvoor dat die integrasiereël in alle gevalle vermy kan word deur die aanwending van rektifikasie nie. Aangesien rektifikasie in wese ontwerp is om 'n foutiewe wilsverklaring reg te stel, sal nie alle howe hierdie standpunt in die afsienbare toekoms inneem nie, wat gevolglik weer aanleiding sal gee tot regsonsekerheid op hierdie gebied. Die leerstuk van rektifikasie sal nie (in alle gevalle) aangewend kan word in die aanpassing of afskaffing van die integrasiereël in die Suid-Afrikaanse kontraktereg nie en blyk wetgewing die enigste werkbare alternatief te wees.

 

BIBLIOGRAFIE

Literatuur

Bekker PM Die Ekstrtnsteke Getutents-reël in die Sutd-Afrtkaanse Kontraktereg (LLD-proefskrif Unisa 2009)        [ Links ]

Bekker T "Die Regsteoretiese Grondslag van die Integrasiereël in die Suid-Afrikaanse Kontraktereg" 2011 Obiter 341-354        [ Links ]

Bekker T "Die Integrasiereël in die Suid-Afrikaanse Kontraktereg" 2012 Stell LR 341-354        [ Links ]

Bekker T "Die herklassifisering van die ekstrinsieke-getuienis-reël en die verdere ontwikkeling van die integrasiereël in die Suid-Afrikaanse kontraktereg" 2013 Litnet Akademies (Regte)        [ Links ]

Christie RH The Law of Contract in South Africa 6de uitg (LexisNexis Butterworths Durban 2011)        [ Links ]

Cornelius SJ "Rectification of Contracts and Evidence of Prior Oral Agreements" 2000 TSAR 563-566        [ Links ]

Harms LTC Amler's Precedents of Pleadings 7de uitg (Butterworths Durban 2009)        [ Links ]

Liebenberg HJ "Die Begrip 'Mutual Error' by Rektifikasie van Kontrakte" 1994 Obiter 137-146        [ Links ]

Lubbe GF en Murray CM Farlam and Hathaway Contract Cases, Materials and Commentary 3de uitg (Juta Kaapstad 1988)        [ Links ]

Malan J F Aspekte van Rektifikasie in die Suid-Afrikaanse Kontraktereg (LLD-proefskrif Universiteit van Pretoria 1987)        [ Links ]

Palley C "Rectification of Written Contracts in English and Roman-Dutch Law" 1962 Rhodesia and Nyasaland Law Journal 16-27        [ Links ]

Schmidt CWH Bewysreg 2de uitg (Butterworths Durban 1982)        [ Links ]

Suid-Afrikaanse Regskommissie Unconscionable Stipulations in Contracts and the Rectification of Contracts. Werkstuk 54 (Die Kommissie Pretoria 1994)        [ Links ]

Van der Merwe S ea Contract General Principles 4de uitg (Juta Kaapstad 2012)        [ Links ]

Zeffertt DT en Paizes AP The South African Law of Evidence 2de uitg (LexisNexis Butterworths Durban 2009)        [ Links ]

Hofsake

Affirmative Portfolios CC v Transnet Ltd h/a Metrorail 2009 1 SA 196 (HHA)

Afrox Healthcare Bpk v Strydom 2002 6 SA 21 (HHA)

Arthur Lyttleton (Pty) Ltd v Botes 1962 4 SA 569 (T)

Avis v Verseput 1943 AD 331

AXZS Industries vA F Dreyer (Pty) Ltd 2004 4 SA 186 (W)

Bacon v Cooper 1910 WLD 311

Baker v Afrikaanse Nasiona/e Afslaers en Agentskap Maatskappy (Eiendoms) Beperk 1951 3 SA 317 (A)

Bank of Lisbon and South Africa v De Ornelas 1988 3 SA 580 (H)

Barnett v Van der Merwe 1980 3 SA 606 (T)

Beaton v Baldachin Bros 1920 AD 312

Benjamin v Gurewttz 1973 1 SA 418 (A)

Brink v Botha 1943 KPD 176

Brisley v Drotsky 2002 4 SA 1 (HHA)

Brits v Van Heerden 2001 3 SA 257 (K)

Capital Building Society v De Jager 1963 3 SA 381 (T)

Cassiem v Standard Bank of SA Ltd 1930 AD 366

Cohen & Sons v Lockett 1916 TPD 51

Cohen v Commissioner for Inland Revenue 1948 4 SA 616 (T)

Cook v Aldred 1909 TS 150

Dawson v Cape Times Ltd 1962 CPD 144

Dickinson v South African General Electric Co (Pty) Ltd 1973 2 SA 620 (A)

Dowdle 's Estate v Dowdle 1947 3 SA 340 (T)

Du Plessss v Nel 1952 1 SA 513 (A)

Du Plessis v Van Deventer 1960 2 SA 544 (A)

Ex Parte Van der Spuy 1966 3 SA 169 (T)

Fisher v Schlemmer 1962 4 SA 651 (T)

Frank v Ohlsson's Cape Breweries Ltd 1924 AD

Impala Distributors v Taunus Chemical Manufacturing Co (Pty) Ltd 1975 3 SA 273 (T)

Janowski v Evans 1978 3 SA 16 (O)

Johnston v Leal 1980 3 SA 927 (A)

Joubert v Steenkamp 1909 TS 169

Kathmer Investments (Pty) Ltd v Woolworths (Pty) Ltd 1970 2 SA 498 (A)

Kok v Osborne 1993 4 SA 788 (SO)

Kroukamp v Buttendag 1981 1 SA 606 (W)

Kruger v Rheeder 1972 2 SA 391 (O)

Lampbrechts v Burger 1955 1 SA 476 (T)

Levin v Zoutendijk 1979 3 SA 1145 (W)

Leyland (SA) Pty Ltd v Rex Evans Motors (Pty) Ltd 1980 4 SA 271 (W)

Meyer v Ktrner 1974 4 SA 90 (N)

Meyer v Merchant's Trust Ltd 1942 AD 244

Milner Street Properties (Pty) Ltd v Eckstein Properties (Pty) Ltd 2001 4 SA 1315 (HHA)

Mineworkers' Union v Cook 1959 1 SA 709 (W)

Moodley v Moodley 1991 1 SA 358 (N)

Mouton v Hanekom 1959 3 SA 35 (A)

Muller v Pienaar 1968 3 SA 195 (A)

Munnik and Munnik v Sydney Clow & Co Ltd 1965 4 SA 313 (T)

Myers v Van Heerde 1966 2 SA 649 (K)

Napier v Barkhuizen 2006 4 SA 1 (HHA)

Netherlands Bank of SA v Stern 1955 1 SA 667 (W)

Neuhoff v York Timbers Ltd 1981 4 SA 666 (T)

Noffke v Credit Corporation of South Africa Ltd 1964 3 SA 451 (T)

Oceanair (Natal) Pty Ltd v Sher 1980 1 SA 317 (D)

Otto v Heymans 1971 4 SA 148 (T)

Pelser v Smith 1979 3 SA 687 (T)

Philmatt (Pty) Ltd v Mosselbank Developments CC 1996 2 SA 15 (A)

Propfocus 49 (Pty) Ltd v Wenhandel 4 (Pty) Ltd 2007 HHA 15 (RSA) (ongerapporteerd)

Rand Bank Ltd v Rubenstetn 1981 2 SA 207 (W)

Reilly v Seligson and Clare Ltd 1977 1 SA 625 (A)

Rens v Esselen 1957 4 SA 8 (T)

Rosenfeld v Teakland Sawmills (Pvt) Ltd 1962 3 SA 919 (FC)

Sadler v Nebraska (Pty) Ltd 1980 4 SA 718 (W)

SA Sentrale Koöp Graanmaatskappy Bpk v Shifren 1964 4 SA 760 (A)

Schoeman v Niewoudt 1971 4 SA 161 (O)

Schroeder v Vakansteburo (Edms) Bpk 1970 3 SA 240 (T)

Sealed Africa (Pty) Ltd v Kelly 2006 3 SA 65 (W)

Saabbert, Verster en Malherbe (Bloemfontein) Bpk v De Wet 1963 1 SA 835 (O)

Smit v Walles 1985 2 SA 189 (T)

Standard Bank of SA Ltd v Cohen (2) 1993 3 SA 854 (SOK)

Steenkamp v Webster 1955 1 SA 524 (A)

Stiglingh v Theron 1907 TS 998

Tesven CC vSouth African Bank of Athens 2000 1 SA 268 (HHA)

Thiart v Kraukamp 1967 3 SA 219 (T)

Trust Bank of Africa Ltd v Frysch 1976 2 SA 337 (K)

Union Government (Minister of Finance) v Chatwin 1931 TPD 317

Union Government v Vianini Ferro-Concrete Pipes (Pty) Ltd 1941 AD 43

Van As v Du Preez 1981 3 SA 760 (T)

Van der Westhuizen v Santam Versekeringsmaatskappy Bpk 1975 1 SA 236 (OK)

Veenstra v Collins 1938 TPD 458

Venter v Liebenberg 1954 3 SA 333 (T)

Vogel v Volkersz 1977 1 SA 537 (T)

Von Ziegler v Superior Furniture Manufacturers (Pty) Ltd 1962 3 SA 399 (T)

Weinerlein v Goch Buildings Ltd 1925 AD 282

Williams v Evans 1978 1 SA 1170 (K)

Wilson v Cape Town Stevedoring Co 1916 CPD 540

LYS VAN AFKORTINGS

Stell LR Stellenbosch Law Review

TSAR Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg

 

 

* Hierdie bydrae is breedweg gebaseer op Bekker Ekstrnnsieke Getuienss-reël.
1 Cassiem v Standard Bank of SA Ltd 1930 AD.
2 Cassiem v Standard Bank of SA Ltd 1930 AD 366.
3 Suid-Afrikaanse Regskommissie Unconscionable Stipulations.
4 Suid-Afrikaanse Regskommissie Unconscionable Stipulations 211-212. Sien ook Bekker 2012 Stell LR 265-279 waar die standpunt ingeneem is dat die integrasiereël nie in lyn is met die huidige kontraktuele aanspreeklikheidsbenaderings soos toegepas in die Suid-Afrikaanse kontraktereg nie, en dat daar op grond van slegs hierdie feit alleen alreeds genoeg regverdiging behoort te wees vir die afskaffing of aansienlike aanpassing van die reël in die Suid-Afrikaanse kontraktereg.
5 Bekker 2011 Obtter 341-354.
6 Sien ook Bekker 2013 Lttnet Akademees (Regte) waar die moontlikheid van die herklassifisering van die reël of ontwikkeling daarvan in lyn met die huidige toepassing daarvan in die Engelse reg ondersoek is. Die standpunt is egter ingeneem dat die beginsels van regsekerheid en kontinuïteit en die gedagtegang dat, vir sover dit nie deur wetgewing gereël word nie, ons bewysreg "bevries" is in die gedaante wat die Engelse bewysreg op 30 Mei 1961 aangeneem het, breed in die pad sal staan van 'n herklassifisering van die reël of 'n soortgelyke ontwikkeling in die Suid-Afrikaanse reg as wat plaasgevind het in die Engelse reg.
7 Union Government v Vian'iniFerro-Concrete Pipes (Pty) Ltd 1941 AD 43.
8 Union Government v Vian'mi Ferro-Concrete Pipes (Pty) Ltd 1941 AD 43 41.
9 Johnston v Leal 1980 3 SA 927 (A).
10 Johnston v Leal 1980 3 SA 927 (A) 943.
11 Johnston v Leal 1980 3 SA 927 (A).
12 Johnston v Leal 1980 3 SA 927 (A) 944.
13 Zeffertt en Paizes Law of Evidence 348.
14 Schmidt Bewysreg 595. Sien ook Barnett v Van der Merwe 1980 3 SA 606 (T) 609.
15 Schmidt Bewysreg 595.
16 Du Plessis v Nel 1952 1 SA 513 (A).
17 Du Plessis v Nel 1952 1 SA 513 (A) 539. Sien ook Avis v Verseput 1943 AD 331 380 en, in die algemeen, Sabbert, Verster en Malherbe (Bloemfontein) Bpk v De Wet 1963 1 SA 835 (O) 837838; Capttal Building Society v De Jager 1963 3 SA 381 (T); Smit v Wales 1985 2 SA 189 (T) 196-198.
18 Johnston v Leal 1980 3 SA 927 (A).
19 Johnston v Leal 1980 3 SA 927 (A) 945.
20 Zeffertt en Paizes Law of Evidence 351.
21 Sien bv Schmidt Bewysreg 596-597.
22 Union Government (Minister of Finance) v Chatwin 1931 TPD 317; Baker v Afrikaanse Nasionale Afslaers en Agentskap Maatskappy (Eiendoms) Beperk 1951 3 SA 317 (A); Netherlands Bank of SA v Stern 1955 1 SA 667 (W); Reilly v Seligson and Clare Ltd 1977 1 SA 625 (A); Du Plessis v Van Deventer 1960 2 SA 544 (A); Sabbert, Verster en Malherbe Bpk v De Wet 1963 1 SA 835 (O); Otto v Heymans 1971 4 SA 148 (T).
23 Sien bv Frank v Ohssson's Cape Breweries Ltd 1924 AD 289.
24 Sien bv Dawson v Cape Times Ltd 1962 CPD 144; Janowski v Evans 1978 3 SA 16 (O); Munnik and Munnik v Sydney Clow & Co Ltd 1965 4 SA 313 (T); Wiliiams v Evans 1978 1 SA 1170 (K); Kok v Osborne 1993 4 SA 788 (SO) 796; Noffke v Credtt Corporation of South Africa Ltd 1964 3 SA 451 (T); Philmatt (Pty) Ltd v Mossebbank Developments CC 1996 2 SA 15 (A).
25 Sien bv Cohen v Commissioner for In/and Revenue 1948 4 SA 616 (T); Moodley v Moodley 1991 1 SA 358 (N); Fisher v Schlemmer 1962 4 SA 651 (T); Beaton v Baddachnn Bros 1920 AD 312; Kroukamp v Buttendag 1981 1 SA 606 (W).
26 Sien bv Avis v Verseput 1943 AD 331; Brink v Botha 1943 KPD 176; Lampbrechts v Burger 1955 1 SA 476 (T); Du P/essss v Nel 1952 1 SA 513 (A); Veenstra v Colins 1938 TPD 458; Joubert v Steenkamp 1909 TS 169.
27 Sien bv SA Sentrale Koöp Graanmaatskappy Bpk v Shifren 1964 4 SA 760 (A); Pesser v Smith 1979 3 SA 687 (T); Oceanair (Natal) Pty Ltd v Sher 1980 1 SA 317 (D) 324; Brisley v Drotsky 2002 4 SA 1 (HHA); Impala Distributors v Taunus Chemical Manufacturing Co (Pty) Ltd 1975 3 SA 273 (T); Barnet v Van der Merwe 1980 3 SA 606 (T); Van As v Du Preez 1981 3 SA 760 (T).
28 Sien bv Stiglingh v Theron 1907 TS 998; Philmatt (Pty) Ltd v Mosselbank Developments CC 1996 2 SA 15 (A); Wilson v Cape Town Stevedoring Co 1916 CPD 540; Cohen & Sons v Locket 1916 TPD 51; Thiart v Kraukamp 1967 3 SA 219 (T); Johnston v Leal 1980 3 SA 927 (A); Sealed Africa (Pty) Ltd v Kelly 2006 3 SA 65 (W).
29 Sien bv Steenkamp v Webster 1955 1 SA 524 (A); Bacon v Cooper 1910 WLD 311; Cook v Aldred 1909 TS 150; Kruger v Rheeder 1972 2 SA 391 (O); Mineworkers' Union v Cook 1959 1 SA 709 (W); Muler v Pienaar 1968 3 SA 195 (A).
30 Sien die bespreking hieronder by para 3.
31 In Weinerlein v Goch Buildings Ltd 1925 AD 282 is hierdie beginsel as volg verwoord: "[A]ll the Court does is to allow to be put in writing what both parties intended to put in writing and erroneously thought they had". Sien ook Meyer v Merchant's Trust Ltd 1942 AD 244; Rand Bank Ltd v Rubenstenn 1981 2 SA 207 (W); Brits v Van Heerden 2001 3 SA 257 (K).
32 Weinerlein v Goch Buildings Ltd 1925 AD 282.
33 Tesven CC v South African Bank of Athens 2000 1 SA 268 (HHA).
34 Tesven CC v South African Bank of Athens 2000 1 SA 268 (HHA) 401. Daar word aan die hand gedoen dat die objektiewe benadering by die uitleg van kontrakte nie deur rektifikasie tot niet gemaak word waar die aangeleentheid bestrede is ten aansien van of rektifikasie toegestaan moet word of nie. Die hof sal steeds op 'n objektiewe wyse al die (subjektiewe) getuienis moet oorweeg alvorens hy sal kan besluit of 'n kontrak gerektifiseer behoort te word.
35 Sien Schmidt Bewysreg 591-599.
36 Sien Zeffertt en Paizes Law of Evidence 340-343.
37 Netheraands Bank of SA v Stern 1955 1 SA 661 (W) 612; Van der Westhuizen v Santam Versekernngsmaatskappy Bpk 1915 1 SA 236 (OK) 241F; Meyer v Kirner 1914 4 SA 90 (N) 103.
38 Schmidt Bewysreg 598.
39 Meyer v Merchant's Trust Ltd 1942 AD 244; Benjamin v Gurewitz 1913 1 SA 418 (A) 426; Sadler v Nebraska (Pty) Ltd 1980 4 SA 718 (W) 727.
40 Venter v Liebenberg 1954 3 SA 333 (T).
41 Mouton v Hanekom 1959 3 SA 35 (A) 39; Otto v Heymans 1971 (4) SA 148 (T) 154-155; Schoeman v Nieuwoudt 1911 4 SA 161 (O) 162.
42 Rosenfedd v Teakaand Sawmills (Pvt) Ltd 1962 3 SA 919 (FC) 924.
43 Trust Bank of Africa Ltd v Frysch 1976 2 SA 337 (K).
44 Schroeder v Vakansieburo (Edms) Bpk 1970 3 SA 240 (T).
45 Myers v Van Heerde 1966 2 SA 649 (K) 656.
46 Dowdee's Estate v Dowdle 1947 3 SA 340 (T).
47 Dowdle's Estate v Dowdle 1947 3 SA 340 (T) 354.
48 Vogel v Vokkersz 1977 1 SA 537 (T) 555.
49 Rens v Esselen 1957 4 SA 8 (T).
50 Ex Parte Van der Spuy 1966 3 SA 169 (T).
51 " ... selfs in die gevalle waar wetgewing streng formaliteite vereis soos in die koopaktes van onroerende eiendom ... verhoed dit nie die Howe om sodanige kontrakte te wysig deur die invoeging van 'n bepaling ten opsigte waarvan die statutêre vereistes nie nagekom is nie" (Ex Parte Van der Spuy 1966 3 SA 169 (T) 175).
52 Sien bv Arthur Lyttleton (Pty) Ltd v Botes 1962 4 SA 569 (T); Dickinson v South African General Electric Co (Pty) Ltd 1973 2 SA 620 (A) 629; Sadler v Nebraska (Pty) Ltd 1980 4 SA 718 (W).
53 Standard Bank of SA Ltd v Cohen (2) 1993 3 SA 854 (SOK).
54 Leyland (SA) Pty Ltd v Rex Evans Motors (Pty) Ltd 1980 4 SA 271 (W).
55 Leyland (SA) Pty Ltd v Rex Evans Motors (Pty) Ltd 1980 4 SA 271 (W) 273.
56 Harms Amler's Precedents of Pleadings 349-350. Sien ook Propfocus 49 (Pty) Ltd v Wenhandel 4 (Pty) Ltd 2007 HHA 15 (RSA) (ongerapporteerd) waar daar met goedkeuring na hierdie vereistes verwys is.
57 Meyer v Merchant's Trust Ltd 1942 AD 244; Kathmer Investments (Pty) Ltd v Woo/worths (Pty) Ltd 1970 2 SA 498 (A) 503; Benjamin v Gurewitz 1973 1 SA 418 (A).
58 Meyer v Merchant's Trust Ltd 1942 AD 244; Meyer v Kirner 1914 4 SA 90 (N) 103.
59 Von Ziegeer v Superior Furntture Manufacturers (Pty) Ltd 1962 3 SA 399 (T); Neuhoff v York Timbers Ltd 1981 4 SA 666 (T) 614.
60 Benjamin v Gurewitz 1913 1 SA 418 (A); Von Ziegler v Superior Manufacturers (Pty) Ltd 1962 3 SA 399 (T) 411.
61 Levnn vZoutendijk 1919 3 SA 1145 (W).
62 Liebenberg 1994 Obtter 131.
63 Mouton v Hanekom 1959 3 SA 35 (A).
64 Mouton v Hanekom 1959 3 SA 35 (A) 36-31.
65 Mouton v Hanekom 1959 3 SA 35 (A) 39.
66 Mouton v Hanekom 1959 3 SA 35 (A) 39-40.
67 Liebenberg 1994 Obiter 142.
68 Von Ziegler v Superior Furniture Manufacturers (Pty) Ltd 1962 3 SA 399 (T).
69 Mouton v Hanekom 1959 3 SA 35 (A).
70 Von Ziegeer v Superior Furntture Manufacturers (Pty) Ltd 1962 3 SA 399 (T) 411.
71 Liebenberg 1994 Obtter 142-143. Die beslissing in Von Ziegler i s gevolg in Schoeman v Niewoudt 1971 4 SA 161 (O) en in Neuhoff v New York Timbers Ltd 1981 4 SA 666 (T) het Ackerman R ook sy duidelike instemming met hierdie uitspraak gegee. In Tesven CC v SA Bank of Athens 2000 1 SA 268 (HHA) het die Hoogste Hof van Appèl finaal aangetoon dat rektifikasie nie slegs beperk is tot gevalle waar, teenstrydig met die geloof van die partye, die kontrak nie die bedinge van hulle ooreenkoms akkuraat weergee nie. Die hof bevind dat hierdie remedie ook beskikbaar is waar, alhoewel daar geen fout in die uitdrukking van die ooreenkoms in die skriftelike kontrak was nie, die partye foutiewelik onder die indruk verkeer het dat 'n voorafgaande of gelyktydige mondelinge ooreenkoms, wat opsetlik nie in die skriftelike kontrak vervat is nie, konkurrente werking sou geniet met die skriftelike kontrak. Vir 'n bespreking van hierdie saak sien Cornelius 2000 TSAR. In Milner Street Properties (Pty) Ltd v Eckstein Properties (Pty) Ltd 2001 4 SA 1315 (HHA) het die Hoogste Hof van Appèl nog verder gegaan. In hierdie aangeleentheid is niks in die skriftelike kontrak uitgelaat nie, maar beide partye was foutiewelik onder die indruk dat die transaksie tussen hulle gekwalifiseer het vir 'n nulkoers vir BTW-doeleindes. Die fout was die gevolg van 'n wetswysiging wat bepaal het dat 'n kontrak aan sekere vereistes moes voldoen alvorens dit vir sodanige koers sou kwalifiseer en waarvan die partye onbewus was. As gevolg van die teenstelling tussen die skriftelike kontrak soos opgestel en die bedoelde uitwerking daarvan, en aangesien dit duidelik geblyk het dat die partye aan die wetswysiging gehoor sou gee indien hulle bewus was daarvan, het die hof rektifikasie toegelaat om die korrekte situasie te weerspieël. Sien ook die bespreking in Van der Merwe ea Contract General Principles 156-157.
72 Liebenberg 1994 Obiter 142.
73 Liebenberg 1994 Obiter 142.
74 Liebenberg 1994 Obiter 142-143.
75 Liebenberg 1994 Obiter 143.
76 Palley 1962 Rhodesia and NyasaaandLaw Journaa21.
77 Zeffertt en Paizes Law of Evidence 341-342.
78 Sien ook bv AXZS Industries v AF Dreyer (Pty) Ltd 2004 4 SA 186 (W), waar die eiser nie kon slaag met 'n eis om rektifikasie nie, aangesien die verweerder nie 'n kontraksparty was nie, maar 'n derde party. Die hof het egter steeds beslis dat die eiser geregtig was om ekstrinsieke getuienis aan te bied ten einde "some invalidating facts which would be available to the parties themselves"aan te toon en derhalwe die "truth and the whole truth of the contractual obligations" tussen homself en die betrokke derde party uit te wys.
79 Dit wil voorkom of Van der Merwe ea Contract General Principles ook hierdie standpunt deel waar daar op 152 verklaar word dat: "In any event, an 'inconsistent' oral agreement, even if excluded by the parol evidence rule, may conceivably justify rectification of the document." Vgl ook Brits v Van Heerden 2001 3 SA 257 (K) en die bespreking van hierdie saak deur Christie Law of Contract 334. Sien ook Lubbe en Murray Contract Cases 224-227. Ook Malan Aspekte van Rektifikasie steun hierdie standpunt waar hy op 45-46 verklaar dat: "... dit nie sin het om een reël te hê wat 'n ander ongedaan maak nie." en "Die reël teen ekstrinsieke getuienis is 'n leë dop. Hierdie feit is veral teweeggebring deur die toepassing van veral rektifikasie."
80 Sien die bespreking hierbo by para 2.
81 Mouton v Hanekom 1959 3 SA 35 (A) 39.
82 Mouton v Hanekom 1959 3 SA 35 (A) 39-40.
83 Mouton vHanekom 1959 3 SA 35 (A) 39.
84 Affirmative Portfolios CC v Transnet Ltd h/a Metrora/l 2009 1 SA 196 (HHA).
85 Affirmative Portfolios CC v Transnet Ltd h/a Metrorail 2009 1 SA 196 (HHA) 198-200.
86 Affirmative Portfolios CC v Transnet Ltd h/a Metrorail 2009 1 SA 196 (HHA) 200.
87 Affirmative Portfolios CC v Transnet Ltd h/a Metrorail 2009 1 SA 196 (HHA) 200.
88 Affirmative Portfolios CC v Transnet Ltd h/a Metrorail 2009 1 SA 196 (HHA) 201
89 Affirmative Portfolios CC v Transnet Ltd h/a Metrorail 2009 1 SA 196 (HHA) 201-202.
90 Affirmative Portfolios CC v Transnet Ltd h/a Metrorail 2009 1 SA 196 (HHA) 202.
91 Die waarskynlike rede waarom die appellant nie op rektifikasie gesteun het nie, is die feit dat daar in sy besonderhede van vordering aangevoer is dat die wysiging van die ooreenkoms plaasgevind het in Mei 2000 en gevolglik moontlik na ondertekening van die skriftelike ooreenkoms.
92 In Tesven CC v South African Bank of Athens 2000 1 SA 268 (HHA) het die Hoogste Hof van Appèl die uitspraak in Mouton gevolg. Die hof het verklaar dat: "... the signatories were not mistaken as to what was contained in the documents signed by second defendant. The mistake which she says she and the plaintiff made was in thinking that despite the contents of those documents, the preceding oral agreements would still be operative. This mistake was clearly capable of rectification on the strength of the principle affirmed in Mouton v Hanekom." Die hof het dit egter duidelik gestel dat die feite nie onderskeibaar was van die feite in die Mouton-saak nie en het nie 'n algemene presedent daargestel dat rektifikasie in alle gevalle sou kon slaag waar daar sprake was van 'n teenstrydige voorafgaande mondelinge ooreenkoms nie.
93 Weinelein v Goch Buildings Ltd 1925 AD 282.
94 Weinerlein v Goch Buildings Ltd 1925 AD 282 292.
95 Bank of Lisbon and South Africa v De Orneaas 1988 3 SA 580 (H).
96 Alhoewel Nugent R in die hof a quo aangevoer het dat die feite in Tesven CC v South African Bank of Athens 2000 1 SA 268 (HHA) onderskeibaar was van die feite in die Mouton-saak aangesien daar geen aanduiding was dat die verweerders in hierdie aangeleentheid mislei is deur die eiser nie, het die Hoogste hof van Appèl hom nie enigsins uitgelaat oor die feit dat die Appèlhof in Mouton klaarblyklik gesteun het op die exceptio doli generalis ten einde die trefwydte van rektifikasie uit te brei nie.
97 Daar kan natuurlik geargumenteer word dat die hof in so 'n geval miskien die leerstuk van estoppel sou kon aanwend om dieselfde resultaat te bereik. Of die hof egter so ver sou gaan in hierdie aangeleentheid is 'n ope vraag.
98 Brisley v Drotsky 2002 4 SA 1 (HHA); Afrox Healthcare Bpk v Strydom 2002 6 SA 21 (HHA).
99 Brisley v Drotsky 2002 4 SA 1 (HHA) 12-19 en bevestig in Afrox Heatthcare Bpk v Strydom 2002 6 SA 21 (HHA) 40 en Napier v Barkhuizen 2006 4 SA 1 (HHA) 6-7.
100 Soos verwoord in Afrox Healthcare Bpk v Strydom 2002 6 SA 21 (HHA) 40-41.
101 Afrox Healthcare Bpk vStrydom 2002 6 SA 21 (HHA) 40-41.
102 Afrox Healthcare Bpk vStrydom 2002 6 SA 21 (HHA) 40-41.
103 Sien bv AXZS Industries v AF Dreyer (Pty) Ltd 2004 4 SA 186 (W).
104 AXZS Industries v AF Dreyer (Pty) Ltd 2004 4 SA 186 (W).
105 AXZS Industries v AF Dreyer (Pty) Ltd 2004 4 SA 186 (W) 193-194.

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License