SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.12 issue4 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

PER: Potchefstroomse Elektroniese Regsblad

On-line version ISSN 1727-3781

PER vol.12 no.4 Potchefstroom  2009

 

ARTICLES

 

Die mishandelde vrou in ie strafreg: 'n regsvergelykende ondersoek

 

The battered woman in criminal law: a legal comparative enquiry

 

 

JL Matthee

Jacques Matthee. Tydelike dosent in die Regte, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom­kampus. LLB, LLM. Hierdie artikel is 'n verwerking van 'n gedeelte van die outeur se LLM navorsing. Sien Matthee Mishandelde vrou-sindroom

 

 


SUMMARY

This article seeks to critically examine recent criminal law developments in Australia, England and Wales that specifically address the situation in which battered women find themselves. This article specifically focuses on the question of whether or not South Africa can learn something from these developments in order to make better provision for battered women who kill their abusers after having suffered through years of physical abuse. The question of whether or not a separate defence can be created for battered women in South Africa is also explored in this article. In order to answer this question, an investigation is launched into suggested defences in Australia, New Zealand and South Africa. 

Keywords: Battered woman; criminal liability; reform; provocation; self-defence; diminished responsibility; separate defence; Australia; New Zealand; England; Wales


 

 

Male killing is about power and control. Women killing abusers is about avoiding power and control… Women do not often kill from anger, while anger is what fuels many male killings.

Oliver Quick en Celia Wells1

 

1 Inleiding

Gesinsgeweld bestaan sedert die man en vrou begin het om saam te leef.2 Gesinsgeweld is diep gewortel in die Suid-Afrikaanse gemeenskap en het traumatiese newe-effekte op die slagoffers daarvan.3 Gesinsgeweld is geslag-spesifiek deurdat dit meestal geweld deur mans teenoor vroue behels.4 Daar word beraam dat 18% tot 25% van Suid-Afrikaanse vroue aan mishandeling binne 'n intieme verhouding onderwerp word.5 Vir vroue is die risiko om deur 'n lewensmaat gedood te word ook veel hoër as vir mans.6

In S v Baloyi7het Sachs R aangedui dat gesinsgeweld 'n produk is van vroue se algemene ondergeskiktheid aan mans. In die Suid-Afrikaanse reg is vroue se ondergeskikte posisie in die familie en samelewing deur die man se maritale mag oor sy vrou weerspieël.8 Die Suid-Afrikaanse reg het ook vroeër van die veronderstelling uitgegaan dat vroue by huweliksluiting onherroeplik tot geslagsverkeer vir die duur van die huwelik toegestem het.9 Tot en met die inwerkingtreding van die Wet op Voorkoming van Gesinsgeweld10 in 1993 was dit dus wettig vir 'n man om geslagsverkeer op sy vrou af te dwing.11 Die reg wat 'n man histories geniet het om sy vrou redelike straf toe te dien, het ook die voorkoms van gesinsgeweld aangevuur.12 Hierdie verskynsel is na verwys as die "rule of thumb" waarvolgens 'n man sy vrou kon slaan met 'n stok mits die stok nie dikker as sy duim was nie.13

Bogenoemde faktore het daartoe bygedra dat gesinsgeweld in Suid-Afrika nie as 'n sistematiese probleem en geslagsgeoriënteerde misdryf beskou is nie.14 Gesinsgeweld moet egter verstaan word as 'n sosiale probleem wat uit ons geskiedenis na vore tree en wat ongelyke sosiale, ekonomiese en kulturele verhoudings weerspieël.15 Die probleem rondom gesinsgeweld, en meer spesifiek die effek daarvan op Suid-Afrikaanse mishandelde vroue, word vererger deur die feit dat die gemeenskap gesinsgeweld grootliks aanvaar of ten minste duld.16

'n Groot hoeveelheid verhoudinge waarin mishandeling voorkom, eindig in sterftes deurdat die vrou nie langer haar posisie kan verduur nie en sodoende teen haar mishandelaar optree deur hom dood te maak.17 Wanneer mishandelde vroue hulle mishandelaars doodmaak, vind dit normaalweg plaas in gevalle waar die vroue se mishandelaars hulle aan jarelange mishandeling onderwerp het.18 Volgens O'Donovan19 betree hierdie vroue dan 'n strafregstelsel waar hulle verhoor en gevonnis word deur howe wat hulle optrede of die beweegrede daaragter verkeerd verstaan of bloot ignoreer.

In S v Baloyi20het Sachs R daarop gewys dat dit die staat se plig is om gesinsgeweld uit te roei en die gevolge daarvan te hanteer. In S v Ferreira21 beklemtoon Howie P ook dat die plaag vangesinsgeweld effektief deur die staat en gemeenskap hanteer moet word en, indien nodig, deur die howe. Teen hierdie agtergrond kan geargumenteer word dat artikel 39(2) van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika 1996 (hierna Grondwet) gebruik kan word om moontlik die elemente van die uitgekristalliseerde regverdigingsgronde in die strafreg te ontwikkel ten einde die gees, strekking en doel van die Handves van Regte te bevorder. Volgens S v Engelbrecht22bring dit meedat, wanneer mishandelde vroue hulle weens jarelange mishandeling tot geweld wend, die bestaande regverdigingsgronde op só 'n wyse geïnterpreteer moet word dat die impak van die mishandeling op die vrou verreken word.23

Die probleem is dat 'n mishandelde vrou na herhaaldelike mishandeling breekpunt kan bereik en haar mishandelaar doodmaak op 'n stadium wanneer daar geen aanval teen haar gerig is nie, byvoorbeeld wanneer die mishandelaar slaap.24 Wanneer 'n mishandelde vrou uit die siklus van mishandeling wegbreek en teen haar mishandelaar optree kom die vraag na haar strafregtelike aanspreeklikheid ter sprake.25 Alvorens 'n mishandelde vrou strafregtelik aanspreeklik kan wees, moes sy 'n misdryf gepleeg het. 'n Misdryf word omskryf as 'n "wederregtelike, skuldige doen of late".26 Hieruit blyk die algemene vereistes vir 'n misdryf soos volg te wees: handeling, voldoening aan die omskrywingselemente van 'n misdryf, wederregtelikheid en skuld. Die elemente van wederregtelikheid en skuld staan veral op die voorgrond wanneer daar oor die aanspreeklikheid van die mishandelde vrou besin moet word.

In die Suid-Afrikaanse regspraak tot op hede is die feit dat 'n mishandelde 'n misdryf, byvoorbeeld moord of strafbare manslag, gepleeg het oor die boeg van bestaande verwere en regverdigingsgronde gegooi. Byvoorbeeld in S v Engelbrecht27was Satchwell R van mening dat die verweer van noodweer beskikbaar is vir 'n mishandelde vrou wat haar mishandelaar na jarelange, onvermydelike mishandeling doodmaak.28 Die verweer van noodweer is nie in yster gegiet nie en kan uitgebrei word. Die vraag wat dus gevra moet word is of daar nie 'n uitbreiding van bestaande verwere in die geval van 'n mishandelde vrou moet plaasvind nie.29 Indien 'n uitbreiding van bestaande verwere nie die gekose uitweg is nie, kan daar gevra word of 'n afsonderlike verweer vir mishandelde vroue nie geskep moet word nie. 'n Soortgelyke vraag is deur Satchwell R30 in S v Engelbrecht oorweeg toe die hof versoek is om weg te beweeg van 'n individuele regverdigingsgrond, soos noodweer, na 'n algemene verweer van redelikheid.

Die verskynsel van mishandelde vroue wat hulle mishandelaars doodmaak is egter nie uniek aan Suid-Afrika nie en kom wêreldwyd voor. In Australië, Nieu-Seeland, Engeland en Wallis het daar onlangs verwikkelinge plaasgevind wat die situasie waarin mishandelde vroue verkeer, spesifiek aanspreek.31 Daar is ook in hierdie lande oorweeg of 'n afsonderlike verweer vir mishandelde vroue geskep kan word.32 In hierdie artikel word 'n regsvergelykende ondersoek geloods na die verwikkelinge in hierdie lande. Die ondersoek het ten doel om vas te stel of die Suid-Afrikaanse reg by een of meer van hierdie jurisdiksies kan kers opsteek.

 

2 Verwikkelinge in Australië

2.1 Algemeen

In 1996 is 'n ondersoek na die verwere van provokasie en noodweer geloods.33 Hierdie ondersoek is, onder andere, pertinent binne die konteks van moorde tussen lewensmaats gedoen.34 Die ondersoek was noodsaaklik as gevolg van die hoë moordsyfer tussen lewensmaats in Australië.35 Sedertdien het verskeie hervormings ten opsigte van die verwere van noodweer en provokasie in etlike Australiese state plaasgevind.36 Vervolgens word enkele van die belangrikste hervormings kortliks uiteengesit.

2.2 Hervorming van die verweer van noodweer

Die verweer van noodweer is onlangs in Victoria37 en Wes-Australië38 hervorm. In beide state word noodweer statutêr gereël en is die aard en omvang van die verweer soortgelyk in beide hierdie state.39 In beide Victoria en Wes-Australië kan 'n mishandelde vrou wat van moord op haar mishandelaar aangekla word, aanvoer dat sy in noodweer teen hom opgetree het.

Die blote feit dat 'n mishandelde vrou haar in Victoria en Wes-Australië op noodweer kan beroep, beteken nie dat die vereistes vir die verweer enigsins afgewater is nie. Sy moet steeds daarvan oortuig wees dat die geweld wat sy teenoor haar mishandelaar gebruik noodsaaklik is om haarself te verdedig.40 Haar oortuiging moet op redelike gronde gebaseer wees.41 'n Mishandelde vrou kan ook in noodweer teen haar mishandelaar optree selfs al is daar nie 'n onmiddellik dreigende aanval van sy kant nie.42 Op hierdie manier word voorsiening gemaak vir mishandelde vroue wat teen hulle mishandelaars se onvermydelike aanvalle optree.

In Victoria word bepaal dat daar in gevalle van gesinsgeweld geen proporsionaliteit tussen die mishandelaar se aanval en die mishandelde vrou se afweershandeling hoef te wees nie.43 In Wes-Australië is daar nie so 'n uitdruklike bepaling nie. In Wes-Australië word weer vereis dat 'n mishandelde vrou se optrede in noodweer 'n redelike reaksie op die omstandighede, soos gesien uit haar oogpunt, moet wees.44

In Victoria en Wes-Australië verskil die effek van 'n suksesvolle beroep op noodweer. In Victoria lei 'n suksesvolle beroep op noodweer tot 'n algehele onskuldigbevinding.45 In Wes-Australië verminder 'n suksesvolle beroep op noodweer slegs 'n aanklag van moord na een van strafbare manslag.46

Noodweer is egter nie die enigste verweer wat onlangs in Australië hervorm is nie. Die verweer van provokasie is ook onlangs hervorm, welke hervorming vervolgens aan die beurt kom.

2.3 Hervorming van die verweer van provokasie

In 2008 het 'n wysiging aan die verweer van provokasie in die Noordelike Gebiede in werking getree.47 Hierdie verweer word statutêr gereël en is slegs 'n gedeeltelike verweer op 'n aanklag van moord.48

In die Noordelike Gebiede kan 'n mishandelde vrou haar op die verweer van provokasie beroep indien sy aan twee vereistes voldoen. Die eerste vereiste is dat sy 'n verlies aan selfbeheersing moet ervaar, welke verlies deur haar mishandelaar se provokerende optrede veroorsaak moet word.49 Daar word nie vereis dat haar verlies aan selfbeheersing skielik ('suddenly') moet plaasvind alvorens sy haar op provokasie kan beroep nie.50

Die tweede vereiste is dat die mishandelaar se provokerende optrede sodanig moet wees dat dit kan veroorsaak dat 'n normale persoon selfbeheersing tot so 'n mate kan verloor, dat sy (normale persoon) die opset om die mishandelaar dood te maak, ontwikkel.51 Vir 'n suksesvolle beroep op provokasie is dit voldoende dat die mishandelaar se provokerende optrede uit erge beledigende woorde of optrede bestaan.52

In die Noordelike Gebiede is dit vir 'n mishandelde vrou moontlik om haar op provokasie te beroep "… regardless of whether the conduct of the deceased occurred immediately before the conductcausing death or at an earlier time".53'n Mishandelde vrou kan haar dus op provokasie beroep selfs al is daar 'n tydsverloop tussen haar optrede en dié van haar mishandelaar. Verder word 'n redelike proporsionaliteit tussen 'n mishandelde vrou se optrede en dié van haar mishandelaar nie vereis vir 'n beroep op die verweer van provokasie in die Noordelike Gebiede nie.54

 

3 Verwikkelinge in Engeland en Wallis

3.1 Algemeen

Op grond van voorstelle gemaak deur die Regskommissie, stel die regering van die Verenigde Koninkryk voor dat die verwere van provokasie en verminderde toerekeningsvatbaarheid in Engeland en Wallis hervorm moet word.55 Die voorstelle wat die regering maak spreek spesifiek die situasie waarin 'n mishandelde vrou verkeer aan.56 Vervolgens word hierdie voorstelle kortliks van nader beskou.

3.2 Hervorming van die verweer van provokasie

In Engeland en Wallis is die verweer van provokasie slegs 'n gedeeltelike verweer op 'n aanklag van moord en word dit statutêr gereël.57 Die jongste voorstelle van die regering is dat hierdie gedeeltelike verweer heeltemal afgeskaf moet word en deur twee nuwe gedeeltelike verwere vervang behoort te word.58

Die eerste verweer wat die regering voorstel is die gedeeltelike verweer van doodmaak op grond van 'n vrees vir ernstige geweld.59 Volgens die regering maak hierdie verweer voorsiening vir 'n mishandelde vrou wat haar mishandelaar doodmaak ten einde 'n aanval te keer wat in die toekoms verwag word, maar wat nie onmiddellik dreigend is nie.60 Ten einde misbruik van hierdie verweer te voorkom stel die regering sekere voorsorgmaatreëls voor. Die eerste voorsorgmaatreël behels dat 'n mishandelde vrou haar net suksesvol op hierdie gedeeltelike verweer kan beroep indien haar mishandelaar die oorsaak van die geweld is.61 Ingevolge die tweede voorsorgmaatreël kan 'n mishandelde vrou net haar mishandelaar in reaksie op 'n vrees vir ernstige geweld doodmaak indien sy dreigement van geweld teen haar of ander persone gerig is.62

Die tweede verweer wat die regering voorstel sou net in buitengewone omstandighede geopper kan word.63 Hierdie verweer behels die gedeeltelike verweer van "doodmaak in reaksie op woorde of gedrag wat veroorsaak dat 'n mishandelde vrou 'n regverdigbare gevoel het dat sy ernstig veronreg is".64 Die regering stel ook 'n voorsorgmaatreël voor ten einde misbruik van hierdie verweer te voorkom. Op grond van hierdie voorsorgmaatreël kan 'n mishandel­de vrou nie op hierdie gedeeltelike verweer steun waar sy bogenoemde woorde of gedrag aan die kant van haar mishandelaar uitgelok het sodat sy 'n verskoning of rede gehad het om geweld teenoor hom te gebruik nie.65

Ten opsigte van beide bogenoemde verwere stel die regering voor dat 'n verlies aan selfbeheersing steeds getoon moet word alvorens 'n beroep op die verwere gedoen kan word.66 Die regering stel verder voor dat daar weggedoen moet word met die vereiste dat daar 'n skielike ('sudden') verlies aan selfbeheersing moet wees.67 Volgens die regering maak laasgenoemde voorstel voorsiening vir daardie gevalle waar 'n beskuldigde se reaksie op die provokerende optrede geleidelik opbou of uitgestel word.68 In die lig hiervan kan geargumenteer word dat die regering se voorstel in hierdie verband voorsiening maak vir die situasie waarin 'n mishandelde vrou verkeer, aangesien haar optrede teenoor haar mishandelaar geleidelik opbou of uitgestel word.

Die regering stel verder voor dat die twee nuwe gedeeltelike verwere ooreenkomstig die objektiewe redelike mens-maatstaf beoordeel moet word."#_ftn70" name="_ftnref70" title="">69 Die voorstel lui soos volg:

We … propose that the partial defences should apply only if a person of the defendant's sex and age, with a normal degree of tolerance and self-restraint and in the circumstances of the defendant, might have reacted in the same or a similar way.70

Tesame met die hervorming van die gedeeltelike verweer van provokasie, stel die regering ook voor dat die verweer van verminderde toerekeningsvatbaar­heid hervorm word.

3.3 Hervorming van verminderde toerekeningsvatbaarheid

Verminderde toerekeningsvatbaarheid is 'n gedeeltelike verweer wat statutêr gereël word.71 Die regering stel egter 'n nuwe definisie vir verminderde toerekeningsvatbaarheid voor wat in konsepwetgewing opgeneem is, naamlik:

(1)   A person ("P") who kills or is a party to the killing of another is not to be convicted of murder if P was suffering from a relevant mental impairment which provides an explanation for P's acts and omissions in doing or being a party to the killing.

(1A) "Relevant mental impairment" means an abnormality of mental functioning which –

(a) arises from a recognised medical condition, and

(b) substantially impairs P's ability to do one or more of the following –

(i) to understand the nature of P's conduct;

(ii)   to form a rational judgment;

(iii)   to exercise self-control.

(1B) For the purposes of subsection (1), a relevant mental impairment provides an explanation for P's conduct if it causes, or is a significant contributory factor in causing, the person to carry out that conduct. 72

Hieruit blyk dit dat die regering voorstel dat verminderde toerekeningsvatbaar­heid voortaan 'n volkome verweer op 'n aanklag van moord moet wees.73 Uit die konsepwetgewing blyk dit met die eerste oogopslag ook asof die voorgestelde hervorming nie vir die situasie waar mishandelde vroue moor voorsiening maak nie, aangesien haar gemoedstoestand tydens die moorddadige handeling as 'n sielkundige toestand beskou word wat eintlik in die sielkunde tuishoort.74

In sy voorstelle aan die regering, het die Regskommissie aangedui dat 'n 'more than trivial' mediese toestand voldoende behoort te wees vir 'n beroep op die voorgestelde hervormde verweer van verminderde toerekeningsvatbaarheid.75 Volgens die Regskommissie is dit slegs belangrik dat die mediese toestand 'n mishandelde vrou se verstandelike vermoë wesenlik moet aantas.76 Volgens die Regskommissie is die effek van hierdie bepaling dat neurotiese versteurings, net soos erkende psigotiese versteurings, binne die omvang van die voorgestelde hervorming sal val.77 As voorbeeld van so 'n neurotiese versteuring het die Regskommissie verwys na die post-traumatiese stres waaraan mishandelde vroue weens jarelange mishandeling ly.78 In die lig hiervan kan mishandelde vroue wel op die regering se voorgestelde hervorming van verminderde toerekeningsvatbaarheid steun, sou die regering die Regskommissie se voorstelle aanvaar.

 

4 Resente verwikkelinge en Suid-Afrika

Dit is onwaarskynlik dat die hervorming van noodweer in Victoria en Wes-Australië enigiets vir Suid-Afrika kan beteken. In Suid-Afrika het Satchwell R79 reeds in S v Engelbrecht 'n uitbreiding van die dreigende vereiste by die verweer van noodweer voorgestel. Satchwell R80 was van mening dat waar mishandeling so gereeld plaasvind dat dit as 'n siklus getipeer kan word, die dreigende-vereiste uitgebrei behoort te word om só onvermydelike mishandeling in te sluit.81 Sy baseer haar mening op die Kanadese saak R v Lavallee82waarin gesê is dat, indien 'n vrou moet wag tot 'n aanval in die proses is voordat haar vrees regverdigbaar sal wees, dit daarop sal neerkom dat sy in dele of paaiemente vermoor word.83 Die Kanadese Hooggeregshof het in hierdie verband die volgende siening gehuldig:

… Society gains nothing, except perhaps the additional risk that the battered woman will herself be killed, because she must wait until her abusive husband instigates another battering episode before she can justifiably act … 84

Satchwell R85 kom dan tot die gevolgtrekking dat 'n mishandelde vrou se voorafbeplande verdedigende optrede nie onbestaanbaar sal wees met haar aanspraak op die dreigende-vereiste van 'n regverdigingsgrond nie. Met hierdie benadering kan nie saamgestem word nie. Dit hou die risiko in dat noodweer misbruik kan word in gevalle waar 'n mishandelde vrou bloot op 'n dag besluit om haar mishandelaar dood te maak ten einde van hom ontslae te raak. Indien daar weggedoen word met die dreigende-vereiste óf dit word uitgebrei, soos voorgestel deur Satchwell R, sal 'n mishandelde vrou nie haar besluit in die hitte van die oomblik kan regverdig nie. Sou 'n redelike tydperk tussen die mishandelaar se aanval en die mishandelde vrou se reaksie daarop verloop het, kan die moontlikheid ook ter sprake kom dat sy in weerwraak opgetree het.86 Sy behoort dus nie suksesvol op noodweer te kan steun waar daar geen dreigende aanval is nie, aangesien:

… a woman who kills her abuser, after he has attacked her, and in anticipation of future assaults, will have acted unlawfully as her actions will have occurred at a time when she was not actually facing harm or an imminent threat of harm.87

In Suid-Afrika kan die provokerende optrede van die mishandelaar daartoe aanleiding gee dat 'n mishandelde vrou nie oor die nodige opset vir 'n skuldig­bevinding beskik nie.88 Wanneer sy haar op 'n aanklag van moord suksesvol op provokasie as opset-uitsluitingsgrond beroep, kan sy aan strafbare manslag, in plaas van moord, skuldig bevind word.89 Ten einde te bepaal of 'n mishandelde vrou die opset gehad het om haar mishandelaar dood te maak, word faktore soos 'n proporsionaliteit en tydsverloop tussen haar mishandelaar se provo­kerende optrede en haar reaksie daarop in ag geneem.90 In Suid-Afrika kan provokasie ook daartoe aanleiding gee dat die mishandelde vrou tydens die doodmaak van haar mishandelaar nie-patologies ontoerekeningsvatbaar kan wees.91 Indien haar beroep op nie-patologiese ontoerekeningsvatbaarheid suksesvol is, lei dit tot 'n algehele onskuldigbevinding.92 Dit spreek vanself dat dit vir 'n mishandelde vrou wat weens provokasie haar mishandelaar doodmaak, voordeliger sal wees om, indien suksesvol, haar eerder op 'n volkome verweer in plaas van 'n gedeeltelike verweer te beroep.

In Suid-Afrika word 'n beroep op provokasie verder subjektief beoordeel.93 Die vraag is hoe 'n mishandelde vrou, met inagneming van haar persoonlike eienskappe, op haar mishandelaar se provokerende optrede gereageer het.94 Daar kan geargumenteer word dat die subjektiewe beoordeling van 'n beroep op provokasie voordeliger is as die objektiewe beoordeling daarvan in die Noordelike Gebiede. 'n Objektiewe beoordeling hou die risiko in dat 'n mishandelde vrou se optrede gemeet kan word teen die optrede van 'n persoon wat nog nooit aan mishandeling blootgestel is nie en dus nie begrip kan hê vir die situasie waarin sy verkeer nie. 'n Subjektiewe beoordeling stel 'n Suid-Afrikaanse hof in staat om in die skoene van 'n mishandelde vrou tydens die doodmaak van haar mishandelaar te tree. Sodoende kan die situasie waarin sy verkeer (haar mishandeling en die effek daarvan op haar, wat veroorsaak dat sy haar mishandelaar doodmaak) in 'n beter lig beoordeel word.

In Suid-Afrika word 'n mishandelde vrou se verminderde toerekeningsvatbaar­heid slegs in aanmerking geneem by vonnisoplegging.95 Verminderde toerekeningsvatbaarheid is dus nie 'n verweer in die Suid-Afrikaanse reg nie.96 Daarom kan dit vir die Suid-Afrikaanse reg, en meer spesifiek mishandelde vroue, van waarde wees om 'n verweer van verminderde toerekeningsvatbaar­heid op 'n soortgelyke grondslag as in Engeland en Wallis, te skep. So ʼn ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse reg is nie onmoontlik nie, veral as daar in gedagte gehou word dat die Suid-Afrikaanse reg in Pearl Assurance Co Appellant v Union Government Respondent97soos volg omskryf is:

… a virile living system of law, ever seeking, as every such system must, to adapt itself consistently with its inherent basic principles to deal effectively with the increasing complexities of modern organised society.

 

5 Afsonderlike verweer vir mishandelde vroue

5.1 Algemeen

Die skep van 'n afsonderlike verweer vir mishandelde vroue is in Australië deur die Regshervormingskommissie van Victoria, en in Nieu-Seeland deur die Regskommissie oorweeg.98 In Suid-Afrika het die skep van 'n afsonderlike verweer vir mishandelde vroue onlangs in regspraak ter sprake gekom.99 In die bespreking wat volg sal die lewensvatbaarheid van sodanige afsonderlike verweer ondersoek word.100 

5.2 Afsonderlike verweer in Australië

Die Regshervormingskommissie van Victoria het aanbeveel dat 'n afsonderlike verweer vir mishandelde vroue geskep moet word ten einde te verseker dat noodweer effektief vir hierdie vroue werk.101 Die Kommissie het drie modelle vir so 'n nuwe verweer oorweeg.102 Die eerste model is die mishandelde vrou-sindroom model ("battered woman syndrome model") wat van 'n mishandelde vrou vereis om aan te toon dat sy aan die mishandelde vrou-sindroom ly.103 Die tweede model wat hulle oorweeg het, is die selfbehoudmodel ("self-preservation model").104 Ingevolge hierdie model moet 'n mishandelde vrou werklik glo dat sy nie teen die mishandeling beskerm kan word nie.105 Sy moet oortuig wees dat die doodmaak van haar mishandelaar noodsaaklik is vir haar selfbehoud.106 Laastens het die Kommissie die afdwingende beheer model ("coercive control model") oorweeg.107 Ingevolge hierdie model word daar gefokus op die mishandelde vrou se behoefte om haarself los te maak van omstandighede waar sy aan dwingende beheer onderwerp word.108 Die Kommissie het daarop gewys dat alhoewel die fokus van elke model verskil, al drie daarop gerig is om probleme te oorkom wat moorddadige mishandelde vroue ervaar wanneer hulle op bestaande verwere steun.109

Volgens die Kommissie is daar verskeie argumente vir die skep van 'n afsonderlike verweer vir mishandelde vroue.110 Eerstens sal 'n afsonderlike verweer erkenning verleen aan die realiteit van mishandelde vroue se reaksies op geweld.111 Tweedens sal 'n groter hoeveelheid mishandelde vroue wat hulle mishandelaars doodmaak, van 'n verweer voorsien word.112 Die skep van 'n afsonderlike verweer sal ook verseker dat die reg meer seker is vir moorddadige mishandelde vroue.113 Hierdie is oortuigende argumente wat ook in Suid-Afrika vir die skep van 'n afsonderlike verweer vir mishandelde vroue aangevoer kan word.

Die Kommissie wys egter op die verskeie argumente wat teen die skep van 'n afsonderlike verweer vir moorddadige mishandelde vroue geopper kan word.114 Volgens die Kommissie is die hoofargument teen die skep van 'n afsonderlike verweer, dat die geldende reg eerder gewysig moet word sodat dit voorsiening maak vir die ervarings van mishandelde vroue wat weens 'n geskiedenis van geweld hulle mishandelaars doodmaak.115 Op hierdie manier sal enige ingewik­keldheid in die bekendstelling van 'n afsonderlike verweer vermy word.116 Daar­benewens is die Kommissie se argument dat die omvang van 'n afsonderlike verweer te eng sal wees indien die verweer slegs beperk word tot vroue in mishandelende verhoudings en nie ook tot enige slagoffer wat weens gesinsgeweld oorgaan tot moord of geweld nie.117 Volgens die Kommissie sal die gemeenskap ook probleme hê met die aanvaarding van 'n afsonderlike verweer vir mishandelde vroue.118 In hierdie verband het die Kommissie geargumenteer dat die skep van 'n afsonderlike verweer gesien kan word as 'n manier om aan mishandelde vroue 'n "vrypas om te moor" te gee.119 Hierdie argumente kan ook teen die skep van 'n afsonderlike verweer in die Suid-Afrikaanse reg geopper word.

In die lig van bogenoemde teenargumente het die Kommissie uiteindelik teen die skep van 'n afsonderlike verweer vir mishandelde vroue besluit.120 Die Kommissie gaan van die standpunt uit dat noodweer eerder hervorm moet word ten einde te verseker dat dit plek maak vir mishandelde vroue se ervarings.121 Soos reeds aangedui kan laasgenoemde standpunt nie in die Suid-Afrikaanse reg ondersteun word nie, omdat daar 'n risiko is dat mishandelde vroue dan noodweer kan misbruik in 'n poging om strafregtelike aanspreeklikheid vir die doodmaak van hulle mishandelaars vry te spring.122

5.3 Afsonderlike verweer in Nieu-Seeland

Die Regskommissie van Nieu-Seeland het na drie moontlike verwere verwys toe hulle die skep van 'n afsonderlike verweer vir mishandelde vroue oorweeg het.123 Die eerste verweer behels 'n gedeeltelike verweer van selfbehoud ("selfpreservation").124 Die verweer van selfbehoud is beskikbaar aan 'n vrou wat 'n ander persoon doodmaak, indien sekere vereistes bevredig word. Eerstens moes die vrou 'n persoon doodmaak met wie sy in 'n intieme verhouding betrokke is of betrokke was.125 Tweedens moes die persoon wat sy doodgemaak het haar aan rasse, seksuele en/of fisiese mishandeling of intimidasie onderwerp het.126 Die derde vereiste is dat die vrou weens die mishandeling of intimidasie eerlik moes geglo het dat sy nie teen die mishandeling of intimidasie beskerm kan word nie.127 Die laaste vereiste behels dat die mishandelde vrou daarvan oortuig moet wees dat die doodmaak van haar mishandelaar noodsaaklik is vir haar selfbehoud.128 Ingevolge die verweer van selfbehoud word die omstandighede waarin 'n mishandelde vrou verkeer objektief beoordeel in dié opsig dat daar ondersoek word of sy in 'n verhouding met die mishandelaar betrokke was en of hy haar aan mishandeling onderwerp het.129 Haar behoefte om geweld teenoor haar mishandelaar te gebruik word weer subjektief, ooreenkomstig haar sienings en geloof, beoordeel.130

Die verweer van selfbehoud is egter deur die Regskommissie gekritiseer.131 Eerstens het die Regskommissie die verweer gekritiseer aangesien dit slegs op 'n sekere geslag fokus.132 Volgens die Regskommissie is die trefwydte van die verweer ook te wyd, aangesien dit beskikbaar is in gevalle van rasse, seksuele en/of fisiese mishandeling of intimidasie.133 Die Regskommissie se laaste kritiekpunt was dat die mishandeling waaraan die vrou onderwerp word nie aan 'n objektiewe maatstaf hoef te voldoen alvorens die verweer tot haar beskikking sal wees nie.134 Die effek van laasgenoemde is dat 'n mishandelde vrou haar op selfbehoud kan beroep sodra sy subjektief glo dat die doodmaak van haar mishandelaar noodsaaklik is vir haar selfbehoud.135

In die lig van hierdie kritiekpunte word die moontlikheid van 'n verweer van selfbehoud ook nie vir die Suid-Afrikaanse strafreg aanbeveel nie.Die feit dat die verweer beskikbaar is op grond van 'n mishandelde vrou se subjektiewe geloof hou die risiko in dat 'n Suid-Afrikaanse mishandelde vrou wat haar mishandelaar doodmaak omdat sy bloot nie meer kans sien om met hom saam te leef nie, die verweer kan misbruik ten einde strafregtelike aanspreeklikheid vry te spring. In Suid-Afrika kan die grondwetlikheid van 'n verweer wat slegs vir een geslag voorsiening maak ook in die lig van die gelykheidsklousule, soos vervat in die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika 1996 (hierna Grondwet) bevraagteken word.136

Die tweede verweer waarna die Regskommissie verwys het is 'n volkome verweer wat noodweer uitbrei en sodoende 'n totaal nuwe definisie aan noodweer verleen.137 In terme van hierdie uitgebreide verweer van noodweer kan 'n mishandelde vrou teen haar mishandelaar optree indien sy reageer op 'n geskiedenis van persoonlike geweld wat teenoor haar gerig is.138 Sy kan ook in noodweer teen haar mishandelaar optree indien sy daarvan oortuig is dat haar optrede, naamlik die doodmaak van haar mishandelaar, noodsaaklik is om haarself teen die persoonlike geweld te beskerm.139

Volgens die Regskommissie is daar verskeie gronde wat die skep van 'n nuwe definisie vir noodweer regverdig.140 Eerstens is die gevaar wat deur herhaaldel­ike geweld geskep word, heeltemal verskillend van die gevaar wat deur 'n enkele, reeds begonne of onmiddellik dreigende aanval geskep word.141 Tweedens is 'n geskiedenis van persoonlike geweld aanduidend van toekoms­tige geweld.142 Die Regskommissie het ook aangetoon dat 'n dreigement wat aan die slagoffer gerig word en die proporsionaliteit van haar reaksie op daardie dreigement, nie uitsluitlik teen die onmiddellike dreigement beoordeel kan word nie.143 Verder is daarop gewys dat by 'n reeds begonne of onmiddellik dreigende aanval, realistiese en redelike alternatiewe tot die gebruik van die geweld nie noodwendig realisties en redelik sal wees in situasies waar herhaaldelike mishandeling betrokke is nie.144

Die Regskommissie was egter van mening dat die noodsaaklikheid vir die gebruik van geweld nie uitsluitlik op 'n mishandelde vrou se sienings beoordeel moet word nie.145 Volgens die Regskommissie kan dit onaanvaarbaar wees om haar optrede heeltemal te verskoon in gevalle waar haar reaksie objektief onredelik is, selfs al het sy geglo dat haar optrede noodsaaklik was.146

Die derde verweer waarna die Regskommissie verwys, is die volkome verweer van tiranniemoord ('tyrannicide') en is gebaseer op objektiewe kriteria.147 Hierdie verweer is spesifiek gerig op mishandelde vroue wat poog om hulself van hulle mishandelaars te bevry.148 Die sentrale ideeagter hierdie verweer is dat waar een persoon omstandighede van private tirannie geskep het, dit moreel regverdigbaar sal wees vir die slagoffer van die private tirannie om die tiran dood te maak indien daar vir haar geen ander redelike manier is om vanaf die tiran te vlug nie.149

'n Mishandelde vrou moet aan twee vereistes voldoen alvorens sy haar op tiranniemoord kan beroep. Eerstens moet omstandighede van private tirannie bewys word.150 Private tirannie is die geval waar een persoon, die tiran, beheer oor die slagoffer uitoefen.151 Die tiran sal deur sosiale isolasie, geweld en dreigemente van geweld beheer oor die slagoffer behou.152 Deur gebruik­making van hierdie middele voorkom die tiran dat die slagoffer haarself van sy beheer bevry.153 Die tweede vereiste waaraan voldoen moet word is dat die doodmaak van die tiran vir die slagoffer redelik noodsaaklik moet wees ten einde van die tiran te ontkom.154 By hierdie vereiste word die tradisionele standaarde van redelikheid en noodsaaklikheid ten opsigte van die slagoffer se optrede gebruik.155 Die volgende moet in ag geneem word wanneer redelikheid oorweeg moet word:

… the risks to the subject of choosing an alternative to killing the tyrant, and the availability and efficacy of the community's own efforts to end such tyrannies … 156

Die verweer van tiranniemoord hou verskeie voordele in. Die verweer spreek die gewelddadige beheer wat 'n mishandelaar oor die mishandelde vrou het, aan.157 Die gevaar verbonde aan 'n mishandelde vrou se pogings om vanaf haar mishandelaar se beheer te ontsnap, word ook deur die verweer van tiranniemoord aangespreek.158 Die grootste nadeel verbonde aan tirannie­moord is dat die verweer nie met akkuraatheid bepaal watter vlak van tirannie en gevaar vereis word om die doodmaak van die tiran te regverdig nie.159

Die verweer van tiranniemoord kan aan verskeie punte van kritiek onderwerp word. In die eerste plek hou die skep van enige nuwe verweer onsekere en onbedoelde nagevolge vir die strafreg in Nieu-Seeland in.160 Daarom is dit beter om bestaande verwere uit te brei as om nuwes te skep.161 Die volgende punt van kritiek is dat die skep van 'n afsonderlike verweer vir mishandelde vroue die indruk sal skep dat mishandelde vroue spesiale behandeling geniet.162 Die laaste kritiekpunt is dat dit moeilik sal wees om 'n voldoende verweer vir mishandelde vroue te omskryf.163

In die lig van die verskeie kritiekpunte het die Regskommissie teen die skep van 'n afsonderlike gedeeltelike verweer vir moorddadige mishandelde vroue besluit.164 Die Regskommissie was van oordeel dat 'n diskresie ten opsigte van vonnisoplegging meer verkieslik sal wees.165 Die Regskommissie het ook besluit teen die skep van 'n volkome verweer vir moorddadige mishandelde vroue.166 In hierdie verband is die Regskommissie van mening dat dit beter sal wees om die algemene vereiste van redelikheid by noodweer op so 'n wyse te interpreteer dat dit die gebruik van geweld wat noodsaaklik is om lyf en lede te beskerm en wat gerig is teen 'n aanval wat nie onmiddellik dreigend is nie, te inkorporeer.167

5.4 Afsonderlike verweer in Suid-Afrika

In Suid-Afrika het die moontlikheid van 'n afsonderlike verweer vir moorddadige mishandelde vroue vir die eerste keer in S v Engelbrecht168 ter sprake gekom. In hierdie saak is die hof versoek om weg te beweeg van 'n individuele regverdigingsgrond, soos noodweer, na 'n algemene verweer van redelikheid. Só 'n ontwikkeling van die reg sal inhou dat 'n hof wyer kyk as net na die streng vereistes van die uitgekristalliseerde regverdigingsgronde om 'n meer algemene verweer van redelikheid toe te pas.169

By die toepassing van 'n algemene redelikheidsverweer kan die Grondwet effektief aangewend word by die bepaling van die gemeenskapsopvatting.170 'n Mishandelde vrou se optrede word dus getoets teen objektiewe standaarde soos beliggaam in, onder andere, grondwetlike waardes en beginsels.171 Hierdie objektiewe standaarde kan haar spesifieke omstandighede tydens die doodmaak van haar mishandelaar insluit.172 Daar is egter geen kriteria voorgestel vir die vasstelling van redelikheid as 'n algemene verweer nie.173 Satchwell R174 was van mening dat die kriteria en toets vir noodweer die mees geskikte kriteria en toets vir 'n algemene redelikheidsverweer sal wees. Volgens haar is dit moeilik om in te dink hoe die howe 'n algemene redelikheidsverweer sal toepas sonder om dieselfde ondersoek te loods as in die geval van noodweer.175 Op grond van hierdie redes wys Satchwell R176 die voorgestelde ontwikkeling van die reg van die hand. Daar kan nie fout gevind word met die redes vir haar besluit nie en haar siening word ondersteun. Volgens Reddi177 behoort die Suid-Afrikaanse howe eerder voort te gaan om mishandelde vroue wat hulle mishandelaars doodmaak, te behandel ooreen­komstig bestaande, uitgekristalliseerde regverdigingsgronde. Die Regs­kommissie178 van Nieu-Seeland se aanbeveling dat daar in mishandelde vroue se strafsake verwys moet word na die dinamika van mishandelende verhoudings en die effek van mishandeling op slagoffers oor die algemeen, word ook ondersteun.

 

6 Samevatting en gevolgtrekking

In Suid-Afrika kan 'n uitbreiding van die dreigende-vereiste by noodweer, soos in Victoria en Wes-Australië, nie ondersteun word nie. Die Suid-Afrikaanse posisie met betrekking tot die verweer van provokasie blyk voordeliger te wees as die hervorming van die verweer in die Noordelike Gebiede. Omdat verminderde toerekeningsvatbaarheid slegs relevant is ten opsigte van vonnisoplegging, kan dit vir die Suid-Afrikaanse strafreg voordelig wees om 'n verweer van verminderde toerekeningsvatbaarheid te skep. Verminderde toerekeningsvatbaarheid sal dan as 'n volkome verweer wat strafregtelike aanspreeklikheid ten volle uitsluit, geld. In hierdie verband kan die hervorming van verminderde toerekeningsvatbaarheid in Engeland en Wallis leiding aan Suid-Afrika bied.

Alhoewel daar goeie argumente bestaan vir die skep van 'n afsonderlike verweer vir mishandelde vroue, word so 'n stap nie vir die Suid-Afrikaanse reg aanbeveel nie. So 'n afsonderlike verweer kan ongewenste en onbeoogde gevolge vir die Suid-Afrikaanse strafreg meebring. Daar is ook 'n risiko dat 'n afsonderlike verweer deur moorddadige mishandelde vroue misbruik kan word in 'n desperate poging om strafregtelike aanspreeklikheid vry te spring. Die omvang van 'n afsonderlike verweer wat uitsluitlik voorsiening maak vir die vroulike slagoffers van gesinsgeweld, sal te eng en gevolglik ook grondwetlik aanvegbaar wees. In die lig hiervan word aanbeveel dat die howe in Suid-Afrika eerder moet voortgaan om moorddadige mishandelde vroue ooreenkomstig bestaande, uitgekristalliseerde regverdigingsgronde te behandel.

 

Bibliografie 

Anon 1990 Harv LR
Anonymous "Generalizing Justice" 1990 Harvard Law Review 1384-1389
        [ Links ]

Bonthuys et al "Gender"
Bonthuys et al "Gender" in Joubert WA en Feris JA (reds) LAWSA: The Law of South Africa (Butterworths Durban 2005) 277-386 
        [ Links ]

Burchell Criminal Law
Burchell J Principles of Criminal Law 3de uitg (Juta Landsdowne 2005)
        [ Links ]

Cohen 1996 U Pitt LR
Cohen JM "Regimes of Private Tyranny: What do they mean to morality and for the Criminal Law? 1996 University of Pittsburgh Law Review 757-808
        [ Links ]

Easteal "Battered women who kill"
Easteal P "Battered women who kill: A plea of self-defence" in Woman and the law Proceeding of a conference 24-26 September 1991 Canberra 37-47
        [ Links ]

Elliott en Quinn Criminal Law
Elliott C en Quinn F Criminal Law 5de uitg (Pearson Education London 2004)
        [ Links ]

Grant 2005 ASSAL
Grant J "Criminal Law" 2005 Annual Survey of South African Law 654-671
        [ Links ]

Humphreys et al Law Com No 304
Humphreys S et al "Murder, Manslaughter and Infancticide" Law Com No 304 (2006)
        [ Links ]

LRCWA Final Report
Law Reform Commission of Western Australia "Review of the law of homicide" Final Report (2007)
        [ Links ]

Matthee Mishandelde vrou-sindroom
Matthee JL Mishandelde vrou-sindroom en strafregtelike aanspreeklikheid (LLM-verhandeling NWU 2008)
        [ Links ]

MJ Consultation Paper CP19/08
Ministry of Justice "Murder, Manslaughter and Infanticide: Proposals for reform of the law" Consultation Paper CP19/08 (2008)
        [ Links ]

Mouzos en Rushforth 2003 TICCJ
Mouzos J en Rushforth C "Family Homicide in Australia" 2003 Trends and Issues in Crime and Criminal Justice 1-6
        [ Links ]

Nicholson 2004 De Rebus
Nicholson C "When Wives Kill Their Husbands" 2004 De Rebus 27-30
        [ Links ]

NZLC Preliminary Paper 41
New Zealand Law Commission "Battered Defendants Victims of Domestic Violence Who Offend - A Discussion Paper" Preliminary Paper 41 (August 2000)
        [ Links ]

NZLC Report 73
New Zealand Law Commission "Some Criminal Defences with Particular Reference to Battered Defendants" Report 73 (2001)
        [ Links ]

O'Donovan 1991 JLS
O'Donovan K "Defences for Battered Women Who Kill" 1991 Journal of Law and Society 219-240
        [ Links ]

Pieterse-Spies 2006 THRHR
Pieterse-Spies A "A South African Perspective on Battered Women Who Kill Their Abusive Partners" 2006 Tydskrif vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg 309-318
        [ Links ]

Quick en Wells 2006 CLR
Quick O en Wells C "Getting Tough With Defences" 2006 Criminal Law Review 514-524
        [ Links ]

Reddi 2005 SACJ
Reddi M "Battered woman syndrome: Some reflections on the utility of this 'syndrome' to South African women who kill their abusers" 2005 South African Journal of Criminal Justice 259-278
        [ Links ]

Robinson, Human en Boshoff Familiereg
Robinson JA, Human S en Boshoff A Inleiding tot die Suid-Afrikaanse Familiereg 2de uitg (Printing Things Potchefstroom 2005)
        [ Links ]

Roth Briefing Paper No 3/07
Roth L "Provocation and Self-defence in Intimate Partner and Homophobic Homicides" Briefing Paper No 3/07 (2007)
        [ Links ]

Schuller en Vidmar 1992 LHB
Schuller RA en Vidmar N "Battered Woman Syndrome Evidence in the Courtroom: A Review of the Literature" 1992 Law and Human Behavior 273-291
        [ Links ]

Shaffer 1997 U Tor LJ
Shaffer M "The Battered Woman Syndrome Revisited: Some Complicating Thoughts Five Years after R. v. Lavallee" 1997 Univerisity of Toronto Law Journal 1-33
        [ Links ]

Snyman Strafreg
Snyman CR Strafreg 5de uitg (Butterworths Durban 2006)
        [ Links ]

Van der Merwe Verminderde Strafbaarheid
Van der Merwe DP Die Leerstuk van Verminderde Strafbaarheid (LLD-proefskrif Unisa 1980)
        [ Links ]

VLRC Final Report
Victoria Law Reform Commission "Defences to Homicide" Final Report (2004)
        [ Links ]

VLRC Options Paper
Victorian Law Reform Commission "Defences to Homicide" Options Paper (2003)
        [ Links ]

Walker Terrifying Love
Walker LE Terrifying Love: Why Battered Women Kill and How Society Responds (Harper & Row New York 1989)
        [ Links ]

Walker The Battered Woman
Walker LE The Battered Woman (Harper & Row New York 1979)
        [ Links ]

Willoughby 1989 U Kan L Rev
Willoughby MJ "Rendering Each Woman Her Due: Can a Battered Woman Claim Self-Defence When She Kills Her Sleeping Batterer" 1989 University of Kansas Law Review 169-184
        [ Links ]

 

Register van wetgewing en beleidsdokumente

Coroners and Justice Bill

Crimes Act 1958

Criminal Code Act Compilation Act 1913

Criminal Reform Amendment Act (No 2) 2006(Wet34 van 2006)

Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika 1996

Homicide Act 1957

Strafproseswet 51 van 1977

Vierde Algemene Regswysigingswet 132 van 1993

Wet op Voorkoming van Gesinsgeweld Wet 133 van 1993

 

Register van hofsake

Director of Public Prosecutions: Transvaal v Venter 430/2007 2008 ZASCA 76

Pearl Assurance Co Appellant v Union Government Respondent 1934 AD 560

R v Lavallee 1990 1 SCR 852 (SCC) (Kanada)

S v Baloyi 2000 (2) SA 425 (KH)

S v Eadie 2001 (1) SASV 172 (K)

S v Eadie 2002 (3) SA 719 (HHA)

S v Els 1993 (1) SASV 723 (O)

S v Engelbrecht 2005 (2) SASV 41 (W)

S v Ferreira 2004 (2) SASV 454 (HHA)

S v Henry 1999 (2) SASV 13 (HHA)

S v Kok 2001 (2) SASV 106 (HHA)

S v Laubscher 1988 (1) SA 163 (A)

S v Potgieter 1994 (1) SASV 61 (A)

S v Shapiro 1994 (1) SASV 112 (A)

 

Register van internetbronne

Bills 2008-2009 www.justice.gov.uk/
Bills 2008-2009 Coroners and Justice www.justice.gov.uk/bills/2008-09/coronersandjustice.html [datum van gebruik 7 Desember 2009]         [ Links ]

Craven 2003 www.austdvclearinghouse.unsw.edu.au/
Craven Z 2003 Battered woman syndrome www.austdvclearinghouse.unsw.edu.au/PDFfiles/battered_woman_syndrome.pdf [datum van gebruik 2 Maart 2008]         [ Links ]

Lewis 2005 www.womenshistory.about.com/
Lewis JJ 2005 Rule of Thumb: Not Really www.womenshistory.about.com/od/mythsofwomenshistory/a/rule_of_thumb.htm [datum van gebruik 28 Oktober 2008]         [ Links ]

Sommers 1994 www.canlaw.com/rights/thumbrul.htm
Sommers CH 1994 Debunking yet another feminist myth www.canlaw.com/rights/thumbrul.htm [datum van gebruik 28 Oktober 2008]         [ Links ]

Vetten 2000 www.csvr.org.za/
Vetten L 2000 Ultimately, society must protect women www.csvr.org.za/index.php?option=com_content& task=view&id=102&Itemid=29 [datum van gebruik 1 Oktober 2008]         [ Links ]

Vetten 2005 www.csvr.org.za/
Vetten L 2005 Staying in an abusive relationship is not a crime www.csvr.org.za/index.php?option=com_cotent&task=view&id=90&Itemid=29 [datum van gebruik 1 Oktober 2008]         [ Links ]

 

Lys van afkortings

a                   artikel(s)

LRCWA           Law Reform Commission of Western Australia

MJ                 Ministry of Justice

NZLC             New Zealand Law Commission

par                paragraaf/paragrawe

VLRC             Victorian Law Reform Commission

 

 

1 Quick en Wells 2006 CLR 524.

2 S v Ferreira 2004 (2) SASV 454 (HHA) 472g-472h.

3 Bonthuys et al "Gender" 340; Pieterse-Spies 2006 THRHR 310.

4 Bonthuys et al (n 3) 341; Pieterse-Spies (n 3) 311; S v Baloyi 2000 (2) SA 425 (KH) par 12. Nicholson 2004 De Rebus 30 dui ook aan dat vroue beskou word as 'n samelewings­groep wat die meeste mishandel word.

5 Pieterse-Spies (n 3) 310-311. Bonthuys et al (n 3) 341 wys daarop dat "as many as one in two women are affected by some form of domestic violence". Sien ook Vetten 2005 www.csvr.org.za/ waar aangetoon word dat: "Four times a day these flat, emotionless records are compiled to account for the women killed every six hours by their intimate partners. This translates into a prevalence rate of 8.8 per 100 000 of the female population aged 14 years and older – the highest rate ever reported in research anywhere in the world". Vir verdere statistieke sien S v Engelbrecht 2005 (2) SASV 41 (W) 88e-g.

6 Pieterse-Spies (n 3) 310-311. Sien ook Vetten 2000 www.csvr.org.za/.

7 S v Baloyi 2000 (2) SA 425 (KH) par 12. Sien ook Pieterse-Spies (n 3) 315.

8 Bonthuys et al (n 3) 341. Vroue is egter nie meer ondergeskik aan hulle mans nie. Volgens Robinson, Human en Boshoff Familiereg 73 is die man se maritale mag oor sy vrou deur a 29 van die Vierde Algemene Regswysigingswet 132 van 1993 afgeskaf.

9 Bonthuys et al (n 3) 341.

10 Wet 133 van 1993.

11 Bonthuys et al (n 3) 341. Sien a 5 van die Wet op Voorkoming van Gesinsgeweld 133 van 1993 wat bepaal het dat 'n man weens verkragting van sy vrou skuldig bevind kan word.

12 Die patriargale mitologie rondom gesinsgeweld sien geweld en mishandeling as iets natuurliks waarvoor vroue blameer word. Daar word selfs beweer dat hulle die mishandeling en geweld geniet en daarvoor vra. Sien Bonthuys et al (n 3) 341-342 in hierdie verband.

13 Bonthuys et al (n 3) 341. Die frase "rule of thumb" het sy oorsprong in die Engelse gemene reg gehad en dateer terug tot die 1700's. Sien in hierdie verband Sommers 1994 www.canlaw.com/rights/thumbrul.htm.

14 Bonthuys et al (n 3) 342.

15 Ibid.

16 Dit blyk uit Bonthuys et al (n 3).

17 Pieterse-Spies (n 3) 311.

18 Ibid.

19 O'Donovan 1991 JLS 220. Sien ook Pieterse-Spies (n 3) 311.

20 S v Baloyi 2000 (2) SA 425 (KH) par 1, 11, 26. Sien ook Pieterse-Spies (n 3) 315.

21 S v Ferreira 2004 (2) SASV 454 (HHA) 472b. Sien ook Nicholson (n 4) 29 en Vetten (n 6).

22 S v Engelbrecht 2005 (2) SASV 41 (W) 132a.

23 S v Engelbrecht 2005 (2) SASV 41 (W) 132a-b.

24 Bv S v Engelbrecht 2005 (2) SASV 41 (W) is die beskuldigde aangekla van moord op haar man, die oorledene. Op die dag van die oorledene se dood het hy die beskuldigde blootgestel aan verbale, fisiese, seksuele en emosionele mishandeling. Tydens die voorval was hy onder die invloed van alkohol. Toe hy aan die slaap raak het die beskuldigde sy hande met boeie vasgemaak en 'n plastieksak oor sy kop getrek as gevolg waarvan hy versmoor het. Satchwell R stel die volgende vraag: "The question is whether or not the law can and should acknowledge the stresses and strains under which Mrs Engelbrecht endured years of domestic violence so as to absolve her of criminal liability for her action in killing Mr Engelbrecht" (53E). Die meerderheid van die hof verwerp egter die beskuldigde se beroep op noodweer en vind haar skuldig aan moord op die oorledene.

25 Schuller en Vidmar 1992 LHB 275

26 Snyman Strafreg 5; Burchell Criminal Law 178.

27 S v Engelbrecht 2005 (2) SASV 41 (W) 132f, 134c-d. Sien ook Grant 2005 ASSAL 664.

28 Pieterse-Spies (n 3) 317.

29 'n Verdere vraag wat gevra kan word is of die strafreg voorsiening kan maak vir mishandelde voue wat hulle mishandelaars doodmaak deur die formele en informele strafvermindering. Formele strafvermindering vind plaas wanneer 'n misdryf wat spesifieke opset vereis (soos moord) tot een met minder opset (soos strafbare manslag) "verminder" word. Informele strafvermindering vind weer plaas wanneer 'n mishandelde vrou skuldig bevind word aan moord met versagtende omstandighede. Formele en informele strafvermindering val egter buite die omvang van hierdie bespreking. Vir 'n meer volledige bespreking van strafvermindering sien Van der Merwe Verminderde Strafbaarheid.

30 S v Engelbrecht 2005 (2) SASV 41 (W) 157h.

31 Sien par 2 en 3.

32 Sien 4.2 en 5.3.

33 Roth Briefing Paper No 3/07 1.

34 Roth (n 33) 1.

35 Gedurende 1989 tot 2002 was daar op nasionale vlak 77 moorde tussen intieme lewensmaats in Australië. Gedurende 2004 tot 2005 was daar 66 moorde tussen intieme lewensmaats. Vir verdere statistieke in verband met moorde tussen lewensmaats en mishandelde vroue se beroep op die verwere van noodweer en provokasie, sien Roth (n 33) 4-8, 10, Mouzos en Rushforth 2003 TICCJ 2 en VLRC Options Paper xiii, xiv, 52, 110.

36 Sien par 2.2 en 2.3.

37 In 2005 is die verweer van noodweer op aanbeveling van die Regshervormingskommissie van Victoria gekodifiseer. Sien Roth (n 33) 23, 25.

38 n Wes-Australië is die gekodifiseerde verweer van noodweer, soos vervat in die Criminal Code, in 2008 op grond van voorstelle deur die Regshervormingskommissie hervorm. Sien in hierdie verband LRCWA Final Report 172.

39 In Victoria word noodweer in die algemeen deur a 9AC en 9AE Crimes Act 1958 gereël, terwyl a 9AH spesifieke bepalings in verband met 'n beroep op noodweer by voorvalle van gesinsgeweld bevat. In Wes-Australië word noodweer deur a 248 Criminal Code Act Compilation Act 1913 gereël.

40 Hierdie beginsel is vervat in a 9AC en 9AE Crimes Act 1958 en a 248(4)(a) Criminal Code Act Compilation Act 1913.

41 In Victoria word hierdie beginsel in a 9AE en 9AH(1) Crimes Act 1958 vervat, terwyl dit in Wes-Australië in a 248(4)(c) Criminal Code Act Compilation Act 1913 vervat is.

42 Sien a 9AH(1)(c) Crimes Act 1958 en a 248(4)(a) Criminal Code Act Compilation Act 1913 vir hierdie beginsel.

43 Hierdie beginsel is vervat in a 9AH(1)(d) Crimes Act 1958.

44 A 248(4)(b) Criminal Code Act Compilation Act 1913.

45 Dit blyk uit a 9AC en 9AE Crimes Act 1958. Sien ook Roth (n 33) 25.

46 A 248(3) Criminal Code Act Compilation Act 1913.

47 Die verweer van provokasie is gewysig deur a 17 Criminal Reform Amendment Act (No 2) 2006 (Wet34 van 2006).

48 A 158 Criminal Code Act.

49 Hierdie beginsel is vervat in a 158(2)(a) Criminal Code Act.

50 Sien a 158(6)(b) Criminal Code Act vir hierdie beginsel.

51 Dit is die beginsel wat vervat is in a 158(2)(b) Criminal Code Act.

52 Hierdie beginsel word vervat in a 158(3) Criminal Code Act.

53 A 158(4) Criminal Code Act.

54 A 158(6)(a) Criminal Code Act.

55 MJ Consultation Paper CP19/08 1, 2, 4-6. Vir 'n volledige uiteensetting van die voorstelle wat die Regskommissie gemaak het sien Humphreys et al Law Com No 304 12. Die regering se voorstelle is vervat in die Coroners and Justice Bill wat tans deur die Parlement oorweeg word. Vir meer inligting in verband met die vordering van hierdie wetsontwerp sien Bills 2008-2009 www.justice.gov.uk/

56 Daar moet egter in gedagte gehou word dat die regering se voorstelle nie uitsluitlik gemaak word met die oog op mishandelde vroue wat hulle mishandelaars doodmaak nie.

57 Sien a 3 Homicide Act 1957, MJ (n 55) 7, Humphreys et al (n  55) 11, 43 en Elliott en Quinn Criminal Law 255.

58 MJ (n 55) 9, 34.

59 MJ (n 55) 9, 33.

60 MJ (n 55) 10. Die regering lê egter klem daarop dat hierdie gedeeltelike verweer nie daarop gerig is om inbreuk te maak op noodweer nie. Volgens die regering was, is en sal noodweer altyd 'n volkome verweer op 'n aanklag van moord of enige ander gewelddadige oortreding wees.

61 Hierdie beginsel blyk uit MJ (n 55) 13, 33.

62 Hierdie beginsel blyk uit MJ (n 55) 13, 33.

63 MJ (n 55) 10, 12, 33.

64 MJ (n 55) 10, 12, 33. Die Regskommissie het daarop gewys dat die kumulatiewe effek van herhaaldelike provokasie, in omstandighede waar dit vir 'n mishandelde vrou onmoontlik is om van die provokasie se effek te ontsnap, 'n voorbeeld is van omstandighede wat kan aantoon hoe grof die provokasie is of hoe regverdigbaar dit vir haar sal wees om ernstig veronreg te voel. Sien in hierdie verband Humphreys et al (n  55) 87.

65 Dit blyk uit MJ (n 55) 13, 33.

66 MJ (n 55) 12-13.

67 MJ (n 55) 13. Die regering se voorstel hier stem ook ooreen met die hervorming van provokasie in die Noordelike Gebiede. Sien weer par 2.3.

68 Sien in hierdie verband MJ (n 55) 13.

69 Sien MJ (n 55) 13. Die regering se voorstel stem dus ooreen met die hervorming van provokasie in die Noordelike Gebiede. Sien weer par 2.3.

70 MJ (n 55) 13.

71 Sien a 2(1) en (3) Homicide Act 1957, MJ (n 55) 14, Humphreys et al (n  55) 11, 43 en Elliott en Quinn (n 57) 255.

72 MJ (n 55) 35.

73 Sien MJ (n 55) 35.

74 Sien in hierdie verband Anon 1990 Harv LR 1384-1389; Easteal "Battered women who kill" 38; Reddi 2005 SACJ 260-262, 270-271 en Craven 2003 www.austdvclearing-house.unsw.edu.au/

75 Humphreys et al (n  55) 103.

76 Humphreys et al (n  55) 103.

77 Humphreys et al (n  55) 103.

78 Humphreys et al (n  55) 103, 105.

79 S v Engelbrecht 2005 (2) SASV 41 (W) 134c.

80 S v Engelbrecht 2005 (2) SASV 41 (W) 134c.

81 Sien ook Grant (n 27) 664.

82 R v Lavallee 1990 (1) SCR 852 (SCC).

83 S v Engelbrecht 2005 (2) SASV 41 (W) 134a-b; R v Lavallee 1990 (1) SCR 852 (SCC).

84 R v Lavallee 1990 (1) SCR 852 (SCC). Die hof het uit Willoughby 1989 U Kan L Rev 169 184 aangehaal.

85 S v Engelbrecht 2005 (2) SASV 41 (W) 134d.

86 R v Lavallee 1990 (1) SCR 852 (SCC).

87 Reddi (n 74) 270.

88 Snyman (n 26) 239. Sien ook Burchell (n 26) 427-428.

89 Snyman (n 26) 240.

90 Snyman (n 26) 242.

91 Sien in hierdie verband S v Eadie 2001 (1) SASV 172 (K) 177d-e, Burchell (n 26) 428 en Snyman (n 26) 238. Provokasie moet egter nie met humeur-verlies verwar word nie. 'n Verlies van beheer oor emosionele reaksies (humeur-verlies) verskil van die verlies van kognitiewe beheer (veroorsaak deur provokasie). Humeur-verlies is nie voldoende om strafregtelike aanspreeklikheid uit te sluit nie, aangesien misdade voortvloeiend uit argumente of emosionele konflik meestal nie deur provokasie voorafgegaan word nie. Om jou humeur te verloor is 'n algemene verskynsel wat as 'n strafversagtende faktor kan dien. Sien in dié verband S v Kok 2001 (2) SASV 106 (HHA) 115j, S v Henry 1999 (2) SASV 13 (HHA) 20d-f en S v Eadie 2002 (3) SA 719 (HHA) 738H, 740F.

92 Hierdie posisie blyk uit S v Eadie 2002 (3) SA 719 (HHA) 720H-720I, 747D. Sien in hierdie verband ook S v Els 1993 (1) SASV 723 (O) 725g en S v Potgieter 1994 (1) SASV 61 (A) 72f.

93 Snyman (n 26) 241.

94 Ibid.

95 Hierdie beginsel blyk uit a 78(7) Strafproseswet 51 van 1977; Director of Public Prosecutions: Transvaal v Venter 430/2007 2008 ZASCA 76 par 21; S v Laubscher 1988 (1) SA 163 (A) 167J-168A; S v Shapiro 1994 (1) SASV 112 (A) par 24 en Burchell (n 26) 400. Verminderde toerekeningsvatbaarheid bestaan uit patologiese verminderde toerekeningsvatbaarheid asook nie-patologiese verminderde toerekeningsvatbaarheid. Die onderskeid tussen hierdie vorme is dieselfde as in die geval van patologiese en nie-patologiese ontoerekeningsvatbaarheid.

96 Director of Public Prosecutions: Transvaal v Venter 430/2007 2008 ZASCA 76 par 47; S v Laubscher 1988 (1) SA 163 (A) 168A; S v Shapiro 1994 (1) SASV 112 (A) par 24.

97 Pearl Assurance Co Appellant v Union Government Respondent 1934 AD 560 563.

98 Sien par 5.2 en 5.3.

99 Sien par 5.4.

100 Sien par 5.2-5.4.

101 VLRC Final Report 64.

102 VLRC (n 101) 64. Sien ook VLRC (n 35) xxi.

103 VLRC (n 101) 64; Roth (n 33) 24. Sien ook VLRC (n 35) xxi.

104 VLRC (n 35) xxi.

105 VLRC (n 101) 64; Roth (n 33) 24.

106 VLRC (n 101) 64; Roth (n 33) 24. Sien ook VLRC (n 35) xxi.

107 VLRC (n 35) xxi.

108 VLRC (n 101) 64; Roth (n 33) 24. Sien ook VLRC (n 35) xxi.

109 VLRC (n 101) 65.

110 VLRC (n 101) 65.

111 Ibid.

112 Ibid.

113 Ibid.

114 Ibid.

115 Ibid.

116 Ibid.

117 Ibid. Die Regshervormingskommissie wys daarop dat gesinsgeweld nie beperk is tot vroue in heteroseksuele verhoudings nie. Gesinsgeweld kan ook deur kinders, ouers, grootouers, manlike lewensmaats en persone in homoseksuele verhoudings ervaar word.

118 VLRC (n 101) 65.

119 Ibid.

120 VLRC (n 101) 68; Roth (n 33) 24.

121 VLRC (n 101) 68; Roth (n 33) 25.

122 Sien weer par 4.

123 NZLC Preliminary Paper 41 par 68; NZLC Report 73 27.

124 NZLC Preliminary Paper 41 par 70; NZLC Report 73 27. In Nieu-Seeland sal 'n suksesvolle beroep op selfbehoud dus 'n aanklag van moord na strafbare manslag verminder.

125 NZLC Preliminary Paper 41 par 70; NZLC Report 73 27.

126 NZLC Preliminary Paper 41 par 70; NZLC Report 73 27.

127 NZLC Preliminary Paper 41 par 70.

128 NZLC Preliminary Paper 41 par 70.

129 Ibid par 71. Gedurende hierdie objektiewe beoordeling sal daar pertinent gevra word of die mishandelde vrou in 'n verhouding betrokke was met haar mishandelaar. Daar sal ook gevra word of hy haar aan mishandeling en intimidasie blootgestel het.

130 NZLC Preliminary Paper 41 par 71.

131 Ibid par 72.

132 Ibid par 72.

133 Ibid par 72.

134 Ibid par 72.

135 Ibid par 72. Die Regskommissie het ook daarop gewys dat die begrip "selfbehoud" nie omskryf word nie.

136 Sien a 9 Grondwet in verband met die gelykheidsklousule.

137 NZLC Report 73 27. Sien ook NZLC Preliminary Paper 41 par 74 en 76.

138 Dit blyk uit NZLC Preliminary Paper 41 par 74 en NZLC Report 73 28. Hierdie verweer maak voorsiening vir beide manlike en vroulike slagoffers van gesinsgeweld. Die verweer geld ook waar 'n mishandelde vrou optree ter beskerming van 'n derde.

139 Dit blyk uit NZLC Preliminary Paper 41 par 74 en NZLC Report 73 28.

140 NZLC Preliminary Paper 41 par 76.

141 Ibid.

142 Ibid.

143 Ibid.

144 Ibid.

145 NZLC Preliminary Paper 41 par 76.

146 Ibid.

147 Sien Cohen 1996 U Pitt LR 758, 763 en NZLC Preliminary Paper 41 par 77.

148 Dit blyk uit NZLC Preliminary Paper 41 par 77 en NZLC Report 73 28. Hierdie verweer is nie bedoel om alle mishandelde beskuldigdes in te sluit nie.

149 Cohen (n 147) 758, 795. Sien ook NZLC Preliminary Paper 41 par 79.

150 Cohen (n 147) 802; NZLC Preliminary Paper 41 par 78.

151 Cohen (n 147) 794; NZLC Preliminary Paper 41 par 78; NZLC Report 73 28.

152 Cohen (n 147) 794; NZLC Preliminary Paper 41 par 78. Die geweld en dreigemente van geweld hoef nie net teenoor die slagoffer gerig te wees nie. Dit kan ook teenoor persone, wat na aan die slagoffer is, gerig wees.

153 NZLC Preliminary Paper 41 par 78; NZLC Report 73 28.

154 Cohen (n 147) 802; NZLC Preliminary Paper 41 par 78; NZLC Report 73 28.

155 Cohen (n 147) 802; NZLC Preliminary Paper 41 par 78.

156 NZLC Preliminary Paper 41 par 79. Sien ook Cohen (n 147) 802.

157 NZLC Preliminary Paper 41 par 80.

158 Ibid.

159 Ibid.

160 NZLC Report 73 29.

161 Ibid.

162 Ibid.

163 Ibid.

164 NZLC Report 73 30; Roth (n 33) 30.

165 NZLC Report 73 30; Roth (n 33) 30.

166 NZLC Report 73 30; Roth (n 33) 30; NZLC Report 73 29.

167 NZLC Report 73 29. Sien ook Roth (n 33) 30.

168 2005 (2) SASV 41 (W) 157h.

169 S v Engelbrecht 2005 (2) SASV 41 (W) 157i.

170 S v Engelbrecht 2005 (2) SASV 41 (W) 157i.

171 S v Engelbrecht 2005 (2) SASV 41 (W) 157i.

172 S v Engelbrecht 2005 (2) SASV 41 (W) 158a.

173 S v Engelbrecht 2005 (2) SASV 41 (W) 158b.

174 S v Engelbrecht 2005 (2) SASV 41 (W) 158c.

175 S v Engelbrecht 2005 (2) SASV 41 (W) 158b.

176 S v Engelbrecht 2005 (2) SASV 41 (W) 158c.

177 Reddi (n 74) 278.

178 Hierdie voorstel is gemaak deur die Regskommissie van Nieu-Seeland. Sien NZLC Final Report 73 6.