SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 issue1Religious Artefacts, Practices and Symbols in the Johane Masowe Chishanu yeNyenyedzi Church in Zimbabwe: Interpreting the Visual NarrativesIf the Colour of Jesus Is not an Issue, why Are you so Incensed at the Suggestion that Jesus Is Black? author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Studia Historiae Ecclesiasticae

On-line version ISSN 2412-4265
Print version ISSN 1017-0499

Studia Hist. Ecc. vol.49 n.1 Pretoria  2023

http://dx.doi.org/10.25159/2412-4265/12580 

ARTICLE

 

The Medieval Mystic and Cape Pietist Contextualisation of Dorothea Magdalena Goosen (c.1774–c.1840)'s Expressions of Love Numineuse in her Autobiographical Notes and Poetry / Die Middeleeus-mistieke en Kaaps-piëtistiese Kontekstualisering van Dorothea Magdalena Goosen (c.1774-c.1840) se Uitdrukkings van Liefdesnumineuse in haar Outobiografiese Aantekeninge en Poësie

 

 

Andries Gerhardus Raath

University of the Free State South Africa RaathA@ufs.ac.za https://orcid.org/0000-0002-1198-5234

 

 


Trefwoorde: Dorothea Goosen; mistiek; Kaapse piëtisme; Devotio Moderna; vroulike spiritualiteit


ABSTRACT

Cape Pietism is a hybrid, transnational and transconfessional form of spirituality, emanating from the Pietistic movement in Germany, with its emphasis on medieval mysticism, piety and spiritual devotion to Christ, and Dutch Second Reformation influences. Feminine Pietists in South African frontier communities were the practitioners of this form of spirituality, analogous to similar trends in the mystical cultures in German and Dutch Medieval mysticism. In addition to the influence of religious literature of German and Dutch Pietists, the marginalisation and isolation of feminine believers on the South African frontier cultivated tendencies similar to those in seventeenth- and eighteenth-century Pietism in Europe. Lay feminine spirituality in Cape frontier communities reflects forms of Pietistic mysticism parallel to the Beguines, the Dominican penitent women and female mystics elsewhere in Europe. Common to the diverse mystical cultures in Europe and the Cape frontier communities, is the expression of numinous experiences through mystical love metaphors-a legacy of Dionysius the Areopagite and other Neoplatonic Christian believers. Dorothea Magdalena Goosen is an exponent of Cape Pietistic tendencies with a strong undercurrent of melancholy and a feeling of spiritual abandonment. Her autobiographical ego-text and self-composed verses testify to her finding consolation in the grace of God through the inpouring of Christ's love in her heart. Typical to female exponents of Cape Pietism, she longs for the heavenly rejoicing with Christ and the sweet elation of the heart following the embrace of the Bridegroom and restored consolation. Her numinous mystical experiences are recorded in Pietistic outpourings of love and bridal metaphors-mostly in an erotic form. A study of her mystical spirituality adds to broaden the corpus of knowledge of Cape Pietistic mysticism by tracing the roots of her love mysticism to the Neoplatonic legacy of German and Dutch female spirituality. The conclusion provides a clearer view of the mystical profile of feminine members of the petit bourgeoisie and their efforts at spiritual self-empowerment in their isolated living conditions in South African pioneering communities.

Keywords: Dorothea Goosen; mysticism; Cape pietism; Devotio Moderna; feminine spirituality


 

 

Inleiding

Oor die bestek van bykans 'n eeu het Dorothea Magdalena Goosen (1774-c.1840) se spirituele ego-teks belangstelling gewek: kultuurhistoriese navorsers (soos Celestine Pretorius) (Pretorius 1977, 239-141), skrywers oor merkwaardige Afrikaanse pioniervroue (byvoorbeeld Anna de Villiers) (De Villiers 1962, 42-43; 1975, 54-69), geskiedskrywers oor Kaapse spiritualiteit (onder andere Karel Schoeman) (Schoeman 1997, 24-27, 33) en navorsers oor vroeë literêre produkte van Suid-Afrikaanse vroue en vroueskrywers van die Groot Trek (waar onder P. C. Coetzee) (Coetzee 1938, 140142). Volgens De Villiers het Dorothea Goosen heelwat gemeen met Susanna Smit (1799-1863) (eggenote van die Voortrekkerleraar Erasmus Smit [1778-1863]). De Villiers is veral getref deur die inslag van Dorothea se godsdienstige poësie: "So sing die weinig geletterde Dorothea haar eenvoudige ongekunstelde liedere, blakend van godsdienstige ywer, en daarmee lewer sy bewys van die diepe godsdienssin wat hierdie mense (Voortrekkers) besiel het wat so weinig bevoorreg was vir sover dit skoolse opvoeding betref, en wat tog daarin 'n ryke bron van besieling gevind het" (De Villiers 1975, 43). Sy maak haar opmerkings oor die spirituele skryfwerk van Susanna Smit klaarblyklik op Dorothea Goosen van toepassing: "'n Enigsins dweepsieke opgawe van die sondigheid wat sy in haar verlangens en neiginge waarneem" (De Villiers 1975, 41). Sy vervolg: "Nog vreemder klink die mistieke inslag van die dagboek waar die skryfster haar verhouding tot haar hemelse Bruidegom bewoord, heeltemal in die trant van die Middeleeuse mistieke vrouedigters soos Suster Bertken (c.1427-1514), Hadewych (13de eeu) of Anna Byns (1494-1575): "Mijn liefste is opgestaan van zijne welriekende bedde, uitgegaan uit zijnen Hof ... (e)n haren regt als der konings Bruid te verdedigen ... En zijnen Bruid, Zijnen duizenden Helden rijn water te geeven Belovenden Zijne beminden daar zijnen heengaan ook eenen prachtigen Palys te bereiden" (De Villiers 1975, 42). De Villiers bring die skryfwerk van piëtistiese vroue in verband met trekke wat die geskrifte van Hadewych in gedagte roep-n mistiek wat aanvanklik in vele Oosterse godsdienste voorkom-synde n toestand waarin die menslike siel deur bespieëling hom bring tot vereniging met God: "So diep is hierdie eenwording dat die mistikus tydens sy innerlike beskouwing n persoonlike element in hom ontwaar, iets onaards en verhewe wat bo die aardgebondenheid van die mens uitstyg en na die goddelike heen reik; maar die hoogste goddelike eienskap wat binne die bereik van die mens is, is die Liefde, die volmaakte Liefde wat dan die mens in 'n staat van vervoering bring, 'n vorm van ekstase" (De Villiers 1975, 51). Hadewych gee haar aan die hoogste liefde oor. Haar bedoeling is dat die mistikus in sy sielservaring 'n geestelike groei belewe, "die sielehonger na die Liefde bring groter vervolmaking mee; maar sy is ook bewus van verglyding, van menslike swakheid" (De Villiers 1975, 52). Hoewel Dorothea, volgens Anna de Villiers, nie oor die gloedvolle woorderykheid van die meer belese en ontwikkelde leraarsgade (Susanna Smit) beskik nie en haar taal so ryk geskakeerd en beeldryk soos Susanna s'n is nie, openbaar sy ook dieselfde wisselende godsdienstige fases (De Villiers 1975, 55). De Villiers bemerk dieselfde mistieke trekke as by Susanna: "Hier dus ook die mistieke trek, die persoonlike ervaring met haar geestelike Regter; maar daar is vergewing en dan is die Regter ook haar Saligmaker" (De Villiers 1975, 56). Soos by Susanna, "ontbreek die bruidsgedagte ook nie, maar word getemper deur haar gevoel van onwaardigheid en hulpeloosheid" (De Villiers 1975, 56). De Villiers voeg by dat Dorothea se liedere 'n duidelike ritme het en in hul ongekunsteldheid is hulle treffend vanweë hul diepe godsdienssin. Voorts is daar iets roerends wat daarop dui dat Dorothea n ontvanklike gemoed gehad het vir die emosionele benadering van die Christelike deugde wat 'n opvallende eienskap was van die piëtisties geneigde leraar ds. M. C. Vos (1759-1825) (De Villiers 1975, 57). In haar taksering van die betekenis van Dorothea se godsdienstige geskrifte vir die kultuurhistoriese bydrae, kom sy tot die gevolgtrekking dat die "waarde van haar werk geleë is in die insig wat dit bied in die godsdiensbelewing van die pioniersvrou onder invloed van die piëtisme aan die begin van die 19de eeu" (Pretorius 1977, 241). Na aanleiding van De Villiers en Pretorius se opmerkings oor mistiek en piëtisme by vroue soos Goosen en Smit, kom verskeie vrae op die voorgrond: Wat is die Middeleeuse bronne waaruit Suid-Afrikaanse vroue in die binneland van Suid-Afrika vir hul mistieke spiritualiteit kon put? Was hul piëtistiese oortuigings verskillend van die vorms van piëtisme wat indertyd in die lande van Duitse en Nederlandse stamouers invloed uitgeoefen het? Tot welke mate stem die profiel van piëtistiese mistiek by Dorothea Goosen ooreen met parallelle tendense in Europa en wat was die eiesoortige aard daarvan? In hierdie artikel word aandag aan hierdie vrae gegee.

 

Dorothea Goosen se Outobiografiese Lewensbeskrywing

Sy is op 16 Desember 1774 gebore, waarskynlik in die distrik Graaff-Reinet. Volgens haar outobiografiese aantekeninge was sy die jongste van nege kinders van Willem Johannes Goosen (gedoop 5 November 1730) (b2c1) en Sara Gous (Pama 1981, 251). Haar vader sterf toe sy nege maande oud was en laat haar moeder in armoedige omstandighede met geen formele skoling vir Dorothea as jongste kind nie (Goosen c.1800-1840 (I), 1-2). Haar begeerte om te leer inspireer haar moeder om 'n ou skoolmeester-self swak gekwalifiseer-te nader om haar op ongeveer veertienjarige ouderdom basiese vaardighede van lees en skryf te leer (Goosen c.1800-c.1840 (I), 23). In die drie maande wat sy onderrig by hom ontvang, begin sy om die Bybel van voor deur te lees. Op agtienjarige ouderdom lê sy belydenis van geloof af onder die leraar Johan Heinrich von Manger (1767-1842) wat in Oktober 1792 met sy werksaamhede te Graaff-Reinet begin het. Von Manger se bediening neem 'n aanvang ten tye van onluste en rebellie van die ingesetenes teen die destydse Kompanjie-owerhede. In 1798 is Von Manger na Swellendam verplaas waar hy vier jaar werksaam was (Engelbrecht 1952, 239-241). Kort na Von Manger se vertrek na Swellendam, verhuis sy op ongeveer vyf-en-twintigjarige ouderdom na Roodezand (later Tulbagh), waar sy tydens 'n Nagmaalgeleentheid met die predikant en skrywer Michel Christiaan Vos (1759-1825) in aanraking kom. Volgens J. C. Pretorius bestaan die moontlikheid dat Dorothea vroeër met Vos in aanraking was omdat hy vanaf Oktober tot Desember 1797 'n reis na Graaff-Reinet onderneem het om gemoedere tydens die burgeropstande te kalmeer (Pretorius 1977, 239-241). Volgens haar outobiografiese aantekeninge, het Vos 'n groot invloed op haar uitgeoefen. Sy is op 2 November 1800 te Stellenbosch as derde vrou van Theunis Christoffel Botha (b1c2d9) in die huwelik bevestig. Uit hierdie huwelik is vier dogters gebore: Cornelia Margaretha, Dorothea Magdalena Josina, Sibella Elizabeth, en Anna Johanna. Sy neem waarskynlik deel aan die Groot Trek en dit is onbekend waar en wanneer sy oorlede is. Haar spirituele ego-teks verskyn in verkorte vorm privaat in 1904 onder die titel Een Nalatenschap: Ervaringen van Dorothea Magdalena Gosen, waarvan n eksemplaar tot op hede nie opgespoor kon word nie.

 

Die Kaaps-piëtistiese Konteks van Kleinburgerlike Spiritualiteit in Dorothea Goosen se Ego-teks

Die Oorsprong van Kaaps-piëtistiese Kleinburgerlike Spiritualiteit

Kleinburgerlike Spiritualiteit en die Duitse Piëtisme

Die Kaapse piëtisme van die agtiende en negentiende eeu was n hibridiese spiritualiteit wat-evangelies en Gereformeerd van inslag-die spirituele kultuur van hul geloofsgenote in Europa geadem het. Na die Vrede van Wesfale het die kleinburgerlike Protestantse spiritualiteit toenemend as n versetbeweging teen die grootburgerlike inslag van die kerk na vore gekom. Die Lutherse ideaal van die vrye gemeente het geleidelik in n leraars- en owerheidskerk versand en owerheidsinmenging in kerklike aangeleenthede het toenemend die kleinburgerdom tot randfigure in kerklike kringe uitgeskuif. Die gevolge van dié tendense was, volgens W. Mahrholz, predikante se ampsversuim, eersug, heerssug, partyskappe en onmatigheid, hebsug, drank en genotsug, terwyl lidmate se spirituele behoeftes algaande op die agtergrond geraak het. Intellektualisering in die prediking, predikante se klem op polemiek, dogmatiese skolastiek en versuim van die spirituele behoeftes van lidmate was aan die orde van die dag (Mahrholtz 1919, 1 e.v.). Die oorheersende preekgodsdiens van die tyd het kategese, eksegese en Bybelstudie verwaarloos, die liturgie is op die agtergrond geskuif en bediening van die sakramente het merendeels sonder sielevoorbereiding van lidmate geskied. Die toenemende burokratisering en verwaarloosde gemeentelike versorging het vanaf 1670 tot 1720 tot alternatiewe spirituele strominge en verset teen kerklike misstande gelei. Uit die geledere van die kleinburgerlike stande tree mettertyd figure soos Philipp Jacob Spener (1653-1705), August Hermann Francke (1663-1727), Johann Wilhelm Petersen (1649-1727), en August Gottlieb Spangenberg (1704-1792) na vore wat die spirituele versugtinge van die kleinburgerlike gelowiges verwoord en leiding neem in die beslaggewing aan die piëtisme: die energieke reaksie teen die meganisering en intellektualisering van die Protestantse kerke in Duitsland en 'n teruggryp na die mistieke spiritualiteit wat veral onder invloed van Meister Johannes Eckhard (c.1260-c.1328) in kleinburgerlike kringe vaardig was. Die andersoortige aard van die Duitse piëtisme kom tot openbaring in die verset teen die kerkstaatkultuur van die Baroktydperk, asketiese neiginge onder invloed van die Middeleeuse mistieke tradisie, neiging tot wêreldontvlugting, ontkerkliking, individualisering, supranaturalisme en wêreldvyandige moralisme. In sosiale kringe kom die piëtistiese kleinburgerlike selfbewussyn tot openbaring in die besef van die mens se direkte verhouding met God, geestelike weerstand teen die gesagskultuur van die tyd, individuele outonomie en n gevoel van spirituele selfbemagtiging. Die neerslag van die kleinburgerlike klem op spirituele individualiteit skep n bewustheid van die behoefte aan die aktiewe betrokkenheid van die leke-element in die gemeentelike lewe, spirituele prioritisering van die geestelike versorging van lidmate, behoefte aan bevindelike godsdiens in die prediking en betrokkenheid van lidmate in kleiner kringe in die kerklike lewe.

Kleinburgerlike Spiritualiteit en die Gereformeerde Skolastiek

Tydens die Dordtse Sinode (1618-1619) wys die Britse afgevaardigde, Joseph Hall (1574-1657), in 'n preek daarop dat twee teologiese strominge in die Gereformeerde teologie vaardig is: "There are, to be sure, two sorts of theology, the one scholastic (scholastica), the other popular (popularis). The latter seems to view the foundation of religion; the former looks at the form and decoration of its exterior. Knowledge of the latter makes a Christian; knowledge of the former makes a debater" (Acta Synodi Nationalis Dordrechti Habitae 1620 (I), 43). Na die Dordtse Sinode (1618-1619) het die Gereformeerde Ortodoksie tot klemverskuiwing in die Gereformeerde Reformasie gelei: bewustelik en sistematies is die skolastieke denkwyse met die Gereformeerde teologie geïntegreer en 'n duidelike Aristoteliese inslag word in die Ortodoksie sigbaar (Trueman en Clark 1998). Die hoog-Ortodoksie kry mettertyd gestalte in die rasionalisme van die agtiende eeu (Clark 1998, 113). Hoewel n voortsetting van die ideale van die Reformasie, repristineer die Gereformeerde Ortodoksie, volgens R. A. Muller, op n kerkkultuur wat vanaf die dertiende tot die vyftiende eeu in Katolieke kringe vaardig was (Muller 1987). Die Bybelse en bevindelike teologiese beklemtoninge van Calvyn en Luther maak gaandeweg plek vir wat B. G. Armstrong beskryf as metafisika en die deduktiewe logika van die herleefde Aristotelianisme (Armstrong 1969, 31-32). Analoog tot die Duitse piëtisme word 'n gees van Nederlandse piëtisme-bekend as die Nadere Reformasie-vaardig wat die klem plaas op veral innerlike heiliging (Beeke 1998, 227). Maatskaplike misstande dien as katalisator vir die verset van die lekestand teen sedelike vergrype, onverskillige lewenswandel en kerklike dogmatisme en intellektualisme. Sedelike verval, vanweë materiële welvaart, maak mettertyd selfs die keuse van teologiese opleiding vir voornemende Gereformeerde leraars problematies. Henricus Slatius beskryf in sy Den Gepredestineerde Dief (1619) die probleem wat voornemende studente by die keuse tussen die teologiese fakulteite van Franeker en Leyden in die gesig staar: "Leyden was vol ketterije ende tot Franeker droncken de studenten als tempeliers en vochten als krijgslieden" (Slatius 1619, 2). Die besluit val uiteindelik by Franeker, omdat dit ten besluite beter is om 'n dronklap as 'n ketter te wees. Analoog aan die verintellektualisering wat die Lutherse kerke gekenmerk het, verloor die evangelie van vrye genade van God aan appèl en word begrawe onder 'n oorwig van teologiese twiste, hoogdrawende argumente waar kerkleer op die voorgrond geplaas en die Skrif as't ware verdwerg is deur 'n dogmatiese leersisteem wat op die belydenis gebou is-'n wending wat die geloof vervlak tot n formele, verstandelike dogmatisme gebou op die Aristoteliese logika (Pont 1994, 124). Die formalisering van geloof en kerk beklemtoon die struktuur en die leer tot die mate dat struktuur belangriker word as die gelowige en die leersisteem as die lewende geloof (Sinnema 1998, 127-143). Die kerk se onvermoë om die geheel van die lewe te kersten, berei die bodem vir verwêreldliking wat volg op die ondertekening van die Vrede van Munster (1648). Die Nederlandse goue eeu skep ongekende welvaart en weelde en 'n Renaissance-kultuur neem die plek in van die Calvinistiese etos. Nederlandse welvaart is deels gerugsteun deur die VOC wat in 1602 opgerig is-n handelsliggaam wat predikante aangestel, geplaas en verplaas het en waarvan die kerklike lewe afhanklik was (Vorster 1956). Die kleinburgery se lekebyeenkomste vir onderlinge spirituele opbou, wat oorspronklik ontstaan het uit die gebrek aan predikante tydens die Remonstrantse vervolgings en voortgesit is uit n behoefte aan ernstige Bybelstudie en persoonlike getuienis in kleiner kringe van geloofsgenote, het in populariteit toegeneem. In afkeer van die oorheersende kerklike leerstelligheid met die gepaardgaande twiste en skeuringe, bloei die konventikels as uiting van die individualisme van die burgerklasse in die Nederlandse stede. Die aanbiddingskultuur in die konventikels berus grootliks op n eenvoudige en vredeliewende Christendom, gerig op Christus as Seun van die lewende God, sonder dogmakritiese ingesteldheid. Die tydsgees kom in die konventikels, wat teen ongeveer 1640 sterk toegeneem het, tot openbaring: die eerste drie dekades 'n oorheersende gevoelselement, ekstatiese geloofsbelewing en neiging na chiliasme, mettertyd verdring deur rasionalistiese beskouings in die lyn van die Cartesianisme (Bakhuizen Van den Brink 1960 (1), 471). Ene S.J.B. (pseudoniem) se Den Philosopherende Boer... Gedrukt voor de Cartesianen en Quakers om de Oogen te Openen (1676), en Joachim Oudaan (1628-1692) se Toneel-poëzy weerspieël die piëtistiese spiritualiteit wat teenoor die Gereformeerde Ortodoksie te staan gekom het. Jean de Labadie (1610- 1674) se polemiese La Reformation de l' Eglise par le Pastorat (1667) het die gevare van onvroomheid en onverskilligheid wat betref geloof en godsdiens as aanloop tot ateïsme uitgewys, terwyl Anna Maria A Schuerman (1603-1678) se Pensées ... sur la Reformation nécessaire àpresentàL'Eglise de Christ (1669) die ware wederliefde tot Christus bepleit en die mistieke omgang met Jesus as spirituele oplossing vir verstarde verstandelike godsdiens en verwêreldliking voorgestel het (Bakhuizen Van den Brink 1960 (I), 481). Die dwangmatige reaksie van die kerklike ortodoksie, deur byvoorbeeld konventikel-byeenkomste te reguleer en met politieke ondersteuning Lutherse godsdiensoefeninge te verhinder, het tot konsolidering van die piëtistiese kleinburgerlike individualisme en piëtisme bygedra (Bakhuizen Van den Brink 1960 (I), 487).

Piëtistiese Verset teen die Grootburgerlike Spirituele Etos aan die Kaap, 1700-1850

Die spirituele louheid in Kaapse kerklike kringe in die eerste helfte van die agtiende eeu, het in die tweede helfte van die eeu in intensiteit toegeneem. Die leraar in Kaapstad, J. P. Serrurier (c.1734-1819), betreur die "veelvuldige laauwheid, zorgeloosheid en steunen op nietige rietstaven" wat die "wezenlijke van den godsdienst des harten aangaat" (Spoelstra 1906 (I), 305). Ongeveer 22 jaar later berig die predikant J. F. Bode (1729-1784) aan die Klassis van Amsterdam dat die bywoning van die erediens treurig is en dat daar 'n "lauwheit en onverschilligheid" bestaan, veral wat die bywoning van die kategetiese leerredes betref (Spoelstra 1906 (I), 300). Oorloë elders in Europa het besoekers na die Kaap gelok wat as gevolg van "het gedruis der wapenen, en inwooning van zoovele vremde troupes," tot sedelike verval aanleiding gee. 'n Jaar later skryf die kerkraad aan die kerkraad van Batavia dat die sedelike verval dermate toeneem dat "hoogmoed, pragt, dartele weelde, ongebondenheid, overtredinge van goddelijke en menschelijke wette" die oorhand kry (Spoelstra 1906 (I), 512, 527). In 'n brief van 10 Mei 1787 verwys hulle weer na die voortwoekerende verderf, verregaande weelde, dartelheid, onverskilligheid omtrent die godsdiens en selfs openlike vyandskap daarteen (Spoelstra 1906 (I), 544; 1907 (II), 328, 330). Die gees wat die Kaapse spiritualiteit teen 1779 adem, word deur die besoekende generaal Burn beskryf as "Dutch Calvinism" en hy voeg by: "I fear they are in general strangers to true vital Christianity." By die uiterlike godsdienstige pligspleging het die innige belewing van die heilswaarhede veelal ontbreek: "The minister preached above an hour ex tempore with great warmth and fluency ... But what makes me think they have little true religion is their abuse of the Sunday: the instant they leave the church they play, sing and dance and game, and have no idea of keeping the Sabbath holy" (Cobbin 1822, 60). Ook leraars van die Kaapse Kerk het nie ervaring van die bevindelike geloof gehad nie en kon dit dus nie in die prediking aan die heilbegerende siele oordra nie. Die grootburgerlike spirituele etos wat die Kaapse Kerk geadem het, tesame met die dartelheid, sedelike verval in die publieke lewe en die verstarde dogmatisme van die grootburgerlike kerkkultuur, het die piëtistiese kleinburgery-soos Dorothea Goosen-nie aangestaan nie en selfs hul weerstand opgewek. Die spirituele etos van die Kaapse piëtisme het die meeste elemente van sowel die Duitse as Nederlandse piëtistiese strominge bevat. Dit was 'n vorm van Protestantse spiritualiteit met n Christosentriese himnodie wat op die lyding van Christus afgestem was, pneumatiese openbaringe as persoonlike spirituele getuienisse bejeën het, ekklesiologies die genadeverbond beklemtoon en tendense tot protologiese inkleding van die praktiese vroomheidsmistiek in die persoonlike geloofsbelewing van gelowiges vertoon het (Raath 2017, 1 -25). Duitse, Nederlandse en Engels-Skotse piëtistiese spiritualiteit was die voedingsbronne van n vloeibare matriks van oriëntasies wat ingewikkelde en wisselende profiele van piëtisme by individuele geloofsgenote binne die breë stroom van piëtistiese spiritualiteit vertoon. Die Duitse piëtisme het onder Kaapse ingesetenes die bloed-en-wonde-teologie tot die spirituele profiel van piëtisties geneigdes in die Kaapse gemeenskap bygedra en vanuit die Morawiese Broeder-spiritualiteit n beduidende impak op die himnodiese kultuur van Kaapse kerklidmate uitgeoefen. Die Nederlandse piëtisme het benewens die sug na godsdienstige vroomheid, die uitverkiesing en genadeverbond deel van die Protestantse spirituele kultuur onder piëtiste gemaak. Die Engels-Skotse piëtisme het die gemeenskap met God, die seëninge en vertroostinge by gebruik van die sakramente beklemtoon en die gemeenskap met God deur gebruik van die sakramente tot die Kaaps-piëtistiese spiritualiteit gevoeg (Raath 2017, 18-19). Die metaforiese uitdrukking van die numineutiese ervaring wat die Kaapse spiritualiteit by geloofspraktisyns ontlok het, het om die mistieke liefdesonderbou van die Kaaps-piëtistiese spiritualiteit gesentreer. n Stortvloed van piëtistiese boeke, traktaatjies en monografieë, het die inslag van die piëtisme aan die Kaap versterk. In die Lutherse gemeenskap aan die Kaap was n groot verskeidenheid piëtistiese boeke in omloop: Johann Arndt (1555-1621) se Ware Christendom; Philipp Jakob Spener (1635-1705) se Pia desideria; Gottfried Arnold se Unparteiischen Kirchen- und Ketzer-Historie, Vom Anfang des Neuen Testaments bisz auf das Jahr Christi 1688; Johann Albrecht Bengel (1687-1752) se Erklarte Offenbarung Johannis oder vielmehr Jesus Christi (1765); Carl Andreas Redel se Geschichliches neu-vermehrtes Altenburgisches Gesang und Gebeth-Buch; die Gesangbuch zum gottesdienstlichen gebrauch in den königlich Preuszischen Lander en die Arnstadisches Gesangbuch zur beforderung der öffentlichen und hauslichen Erbauung (1811). Aan Nederlandse piëtistiese werke het dit ook nie ontbreek nie: Willem Teellinck se Het geestelijk sieraad van Christus' bruilofskinderen, of de praktijk van het h. avondmaal (1620); Cornelius Ens (oorlede 1742) se Wonderen van de gemeynschap tusschen Christus en sijn volk, onder de sinne-beeldden van bruydegom en bruyd (1695); Mattheus Gargon (1661-1728) se Zangswyze uitbreiding over 't Hooglied van Salomo (1697) was verteenwoordigend van die Nederlandse werke wat die piëtistiese spiritualiteit aan die Kaap bevrug en gevoed het (Raath 2014, 95-116).

Die Middeleeus-mistieke Konteks van Kaaps-piëtistiese Liefdesnumineuse en Metaforiek

Liefdesnumineutiese Metaforiek in die Middeleeuse Mistiek

Die jukstaposisionering van energetiese liefde en passiewe kennis in die Dionistiese Neoplatonisme met die meegaande teenoorstelling van die goddelik geïnspireerde strewe na Liefde en passiewe kognitiewe bewussyn, was 'n Aristoteliese res in Dionysius se spirituele gnoseologie. Dit bied 'n aanknopingspunt vir Christen-mistici in die Nederlande om die spirituele band tussen God en die gelowige in erotiese terme te beskryf. Volgens Jan Ruysbroeck (1293-1381) is suiwer emosie die katalisator van die bewussyn wat op stimuli van die spirituele reageer (Ruysbroeck 1911). Die hunkering na liefdesvervulling wek die begeerte tot meer liefde en stimuleer die mistieke bewussyn tot poëtiese en artistieke uitinge wat aan die hunkering na die Liefde van God uitdrukking gee. Récéjac beskryf dit as die begeerte na kennis om meer te bemin; die begeerte na eenwording met God, die toestand van intieme gemeenskap met God (Récéjac 1897, 50). Vir Ruysbroeck is emosie die fontein van en stimulant tot die daad; die dinamika van begeerte wat die handeling tot konsentrasie inspireer en die saambundeling van al die sielskragte in 'n toestand van wilskonsentrasie wat die suiwer kontemplatiewe staat en die waarneming van die intelligibele werklikheid inlui (Ruysbroeck 1911, 9)-dit is die suprasensuele bewussyn wat in die Theologica Germania beskryf word as die vermoë om in die ewigheid te sien (Anon. 1854, 25) en deur Bernard van Clairvaux tipeer word as die foutlose intuïsie van die siel, die onmiddellike aanskoue van waarheid, en wat dikwels met bewussynservarings van ekstase gepaard gaan (Van Norwich 1901, 81). By aanhoor van die stem van Liefde, skryf Mechthild van Maagdenburg (c.1207-c.1282/1294), verneem sy die boodskap: "For a thousand bodies cannot fully satisfy the soul in love./ And so, the higher the love, the holier the martyr" (Van Maagdenburg 1889 (II), 25).

Die aanskoue van God is slegs deur die affektiewe liefdeservaring moontlik en nie deur die intellektuele en begripsmatige nie. 'n Anonieme Middeleeuse Engelse mistikus verklaar byvoorbeeld: "By love can He be caught and held, but by thinking never" (Anon. 1978, 86). Die vervulling van die mistieke hunkering is die transkonseptuele bewuswording van en gemeenskap met die Liefde waarvan Julian van Norwich (13421442) skryf dat die hemelse ervaring van ontmoeting met die transendente die uitvloeisel is van die mistieke weg wat bewandel word deur die "natural Love of our soul, and the clear light of our Reason, and of the steadfast Mind" (Van Norwich 1901, 81). Teen ongeveer 1420 ondergaan die liefdesmistiek in Wes-Nederland 'n toespitsing: Franciskaanse en Mariologiese stylvorme verdwyn uit mistieke tekste; die intellektuele inslag word vervang met dié van aanbidding en huweliksmetaforiek wat die leser in staat stel om met die bruid (met toespelings op Hooglied) te identifiseer. Die bronne waarna die skrywer verwys sluit in Bernard van Clairvaux, Gregorius die Grote, Augustinus en Dionysius die Areopagiet (Anon. 1978, 87-102). In die Nederlandse mistiek van die laat-Middeleeuse spiritualiteit neem Berta Jacobs (bekend as Suster Bertken) (1426/27-1514) 'n prominente plek in. Haar tekste getuig van 'n Christosentriese fokus: Christus is die bruidegom van haar siel, haar aardse worsteling om met Christus verenig te lewe; die siel deur liefde verower getuig teenoor Jesus: "You have always received with pleasure what emanates from love, and you have usually defended them against those who do not know love and judge it wrongly. This is my comfort" (Suster Bertken 2008, 206).

Affektiewe Erotiek in die Middeleeuse Mistiek

Liefdesmistiek toon n opwelling in die tweede helfte van die twaalfde eeu in die omstreke van die huidige België-n kenmerkende verskynsel onder vroue gefokus op "minne" (liefde), synde die vereniging met God as Liefde. God word beleef as Liefde gepaardgaande met opwellings van ekstase en sterk emosionele bewegings van gemoed. Die goddelike aanraking bring verskeie psigosomatiese verskynsels mee-psigologiese onttrekkings en visionêre openbarings kom dikwels voor (Mommaers 1980, xiii-xxiv). Hadewych (13de eeu) gee tipiese blyke van die ekstatiese liefdesmistiek: "My heart and my veins and all my limbs trembled and quivered with eager desire and, as often occurred with me, such madness and fear beset my mind that it seemed to me that if I did not content my Beloved, and my Beloved did not fulfil my desire, dying I must go mad, and going mad I must die" (Hadewych 1980, xiii-xiv). Die vereniging van die wil met die emosies in 'n passievolle hunkering om die sintuiglik waarneembare werklikheid te transendeer en deur liefde met die ewige en hoogste objek van liefde verenig te word, vertoon eienskappe wat aan die mistieke liefdesnumineuse bepaalde kenmerke verleen. Die Liefde as medium van die vitale geneigdheid van die transkonseptuele bewussyn na die Bron, gaan die rasionele en die konseptuele te bowe. In die anonieme Middeleeuse mistieke teks, "The Cell of Self Knowledge", word die transkonseptuele hunkering van die bewussyn na die Liefde beskryf as 'n unieke bewussynservaring: "He [God] may not be known by reason, He may not be gotten by thought, nor concluded by understanding; but he may be loved and chosen with the true lovely will of thine heart. ... Such a blind shot with the sharp dart of longing love may never fail of the prick, the which is God" (Anon. 1910, 108).

Die numineutiese liefdesbewussyn is die medium waardeur die hoogste Bron van Liefde bereik word, skryf Ruysbroeck: "And this swift descent which God demands is simply an immersion by love and desire in that abyss of the Godhead which the intellect cannot understand. Here, where the intelligence must rest without, love and desire enter in" (Ruysbroeck 1911, 57). Catherine van Siena druk die rol van die numineutiese liefdesbewussyn in allegoriese terme uit as die "voete" wat affektief die liggaam van die siel oor die grens na die transkonseptuele dra (Van Siena 1896, 66).

Die numineutiese liefdesbewussyn lei die hunkerende siel na die gelykvormigheid met die Liefde, dus verklaar Walter Hilton (c.1340/45-1396) dat "Perfect love maketh God and the soul to be, as if they both together were but one thing" (Hilton 1870, 283) en Bernard van Clairvaux (1090-1153) beskryf dit as synde "(t)o lose yourself as though you did not exist and to no sense of yourself ..." (Van Clairvaux 1987, 195). Dié liefdesgemeenskap tussen die siel en die Absolute is n intens persoonlike bewussynservaring: "Never was there, or can there be imagined, such a love, as between a humble soul and Thee. Who can express what passeth between such a soul and Thee?" (More 1911, 8).

Die gemeenskap met die Bron van liefde is 'n bevrydende ervaring. Die numineutiese liefdespassie kan die gevangenis van die siel in die nie-transendente ontsluit-iets wat kennis en die denke nie kan bewerkstellig nie. Die toegewyde minnaar se bevryding geskied slegs deur doelgerigte, spontane en volkome oorgawe van homself en alle dinge, soos Jacob Boehme (1595-1624) dit uitdruk: "I am not come to this meaning, or to this work and knowledge, through my own will and purpose; ... I sought only for the Heart of God, therein to hide myself from the tempestuous storms of the deviF (Boehme 1914, 634-635).

Reeds in die Luthers-ortodokse spiritualiteit is n mistieke verinnerliking te bespeur-n tendens wat ook steun uit anabaptistiese geledere geniet het (Koep 1912). In Duitse kringe het Nicholas Ludwig von Zinzendorf (1700-1760), August Hermann Francke en ander Halliese piëtiste die klem toenemend na die mistieke numineuse verplaas. Die spiritualiteit van die geestelike huweliksvereniging van die gelowige siel met Christus was by uitstek die medium wat deur werke van Martin Moller (gebore 16de eeu), Johann Arndt (1555-1621), Jacob Böhme (1575-1624), Johann Gerhardt (1582-1637), Simon Oomius (1630-c.1707), Guilielmus Saldenus (1627-1694) en Jodocus Lodensteyn (1620-1677) by Kaapse ingesetenes van sowel Duitse as Nederlandse herkoms inslag gevind het (Raath 2017, 15). In sy Gekrookte Riet beskryf Bernardus Smytegelt (16651739) in Hoogliedmetafore die liefde van Christus vir sy bruid in affektiewe terme: "Wij lezen Hoogl. VII: 4 dat de Heere Jezus van zijne Bruid zei/ uwe oogen zijn als de poorte Bathrabbin" (Smytegelt 1868, 408). Affektiewe erotiek straal uit Christus se aanblik van die geheiligde siel: "De Zaligmaker in het Hooglied doetze u zien in haare oogen, neus, en in al wat aan het hooft, en in de borst is, in haar heupen, handen, gangen, en hij steltze zoo als een bevallige schone in haar cieraat en genaaden. Als gij haar wel beziet, 't is om 'er op verlieft te worden" (Smytegelt s.j., 513). Die Kaapse pioniersvrou Hester Venter (c.1750-c.1830) word deur Smytegelt se Gekrookte Riet tot geestelike herlewing gebring (Venter 1853, 6); erotiese geestelike toespelinge en Christus se omhelsinge uit Hooglied bring haar in geestelike vervoering (Venter 1853, 15, 17); die Here se "soete liefde" word in digsange uitgestort (Venter 1853, 23); Jesus ontvlam liefde in haar siel (Venter 1853, 24); haar siel omhels Jesus (Venter 1853, 26); sy ervaar Christus se "hartsmeltende liefde" (Venter 1853, 32) en dit dring haar as bruid van Christus om haar liefde jeens die Heiland in selfgemaakte liedere te besing (Venter 1853, 69). By die trekboervrou Hendrina Cecilia Kruger (c.1750-1810) speel die Hooglied-mistiek eweneens 'n belangrike rol. In die lied "uyt het Hooge Liet Salomon Kantica 5 vers 2 den geestelikken bruijt met haren bruydegom Jezus," vers 10, kom dieselfde affektiewe mistiek na vore: "Meijns liefsten is mijn en ik ben seijn/ die onder de beloften weijt/ meijnes lieffsten is meijn en heij kent meijn/ tot dat ik ook beij hem seijt" (Kruger c.1780, ongepagineerd).

Neoplatonistiese Liefdesnumineuse by Piëtistiese Vroue van die Agtiende Eeu en Vroeë Negentiende Eeu

Die Dionistiese brug van God se uitvloeiende erotiese Liefde, Sy aantrekking van syndes tot Homself en die terugvloei van gelowiges se wederliefde, verskyn in talle liefdesmetafore van die Gereformeerde Piëtisme van die agtiende eeu. Die anonieme outeur, A.A.H. (middel 18de eeu), skryf sy/haar geloofsversekering toe aan die liefdestrekkings-die goedertierenheid van God in Christus: "'Ja' dit zegt gij, de Heere! Mijnen eeuwige Ontfermer: ik hebbé u lief gehad met eeuwige liefde daarom heb ik getrokken met goedertierenheid. Ja riep ij uit Heere! Eeuwighe liefde, een eeuwighe goedertierenheid" (A.A.H. c.1780, 9, 15). Vervolgens haal die skrywer aan uit Rutger Schutte (1708-1784) se Gesangboek: "Driênig, Opperwezen!/ O schoonheid! Die ik min,/ Ik heb Uw eisch gelezen/ Ik geef U ziel en zin" (A.A.H. c.1780, 15). En: "Goël is vol mededoogen,/ Is zijn liefde, die mij droeg/ Goël sloeg op mij zijn oogele./ Goëls liefde is mij genoeg" (A.A.H. c.1780, 16). In die mistiek van die agtiende en negentiende eeuse piëtisme in Nederland word liefdesmetafore soortgelyk die spil waarom die transkonseptuele bewussynservarings draai. Ook die Kaapse vrou, Catharina Allegonda van Lier (1768-1801) gebruik liefdesmetafore om die grootheid, majesteit en onbeperktheid van God aan te dui as die "oseaan van liefde" (Van Lier 1804, 41), die "goddelike son van liefde" (Van Lier 1804, 55), die "oneindige liefde" (Van Lier 1804, 255) en God se "liefdesoog" wat haar hart brandend maak (Van Lier 1804, 268). Elders noem sy God die "bron van liefde" (Van Lier 1804, 260). Die liefdeskrag wat die gelowige na God trek, is die liefde, skryf Eva van der Groe (17041770) (Van der Groe 1834, 53) en Geesjen Pamans (1727-1821) (Pamans 1775, 5, 6). In sy oneindige groot liefde trek God die mens met n ewige liefde, getuig dieselfde skrywers, volgens Eva van der Groe (1834, 53) en Geesjen Pamans (1775, 5, 6). Catharina Allegonda van Lier (1804, 208) ervaar die goddelike liefdestrekkinge aan haar siel, terwyl Geesjen Pamans deur God omhels word. In die anonieme werkie De Uitnemende Rijkdom, getuig die skrywer dat sy neerdaal in die liefde van Christus (A.A.H. c.1780, 6-8). Die krag van Christus se liefde laat die anonieme A.A.H. wegsink in 'n ondeurgrondbare liefdespoel wat die verstand te bowe gaan, sodat die skrywer slegs kan uitroep: "(I)k moest wegzinken in de liefde van den Heere; mij verliezende, o liefde roep ik uit, wat is sterker dan liefde; o liefde van een nooit begonnen eeuwigheid; ja was ieder haar van mij een tong" (A.A.H. c.1780, 8). Vir Maria Buys is die voorwaarde vir die invloei van God se liefde, die ontlediging van die selfheid. In haar spirituele ego-teks-waarskynlik einde van die agtiende eeu-vloei haar onwaardigheid en totale gebrek aan selfverdienste in lang passasies uit haar bewuste sondetoestand (Buys c.1750, 37 e.v.).

 

Liefdesnumineutiese Metaforiek in Dorothea Goosen se Spirituele Poësie

Dorothea Goosen se Spirituele Intimiteit

Dorothea Goosen se spirituele poësie word gekenmerk deur protologiese liefdesmetafore, versugtinge om met Jesus verenig te word en liefdesbewustheid jeens Jesus as voorwaarde vir haar geloof. Haar spirituele poësie is broksgewys vervat in haar outobiografiese ego-teks en haar poësiebundel wat die outobiografiese aantekeninge vergesel. Benewens enkele toespelings op haar onderliggende melankoliese geneigdheid, haar gemarginaliseerde spirituele gemoedsgestaltes en n diepliggende asketiese inklinasie, handel haar poësie oor die geboorte en lyding van Jesus, en haar introspektiewe worstelinge met Jesus se lyding in haar doelbewuste afsondering.

In 'n stukkie selfgemaakte poësie is die lydende Jesus die vertrooster wat haar trane afdroog: "Nu sügt ik onder stille traanen. ... Komt droog het Heere gij seijt die man" (Goosen c.1800-1840 (III), 12). In haar worstelinge met 'n ontroerde gemoed oor haar onwaardigheid om in Jesus se nabyheid te wees, is dit die wete van Jesus se liefde wat haar ontstemde gemoed kalmeer: "Hij verlied mijn voor een tijd, laat mijn alleen omswerven sonder dat ik hem merkte die mijn siele lief hat" (Goosen c.1800-c.1840 (III), 12). Daarna volg vers een van die lied "Liefste Jesus laat u vinden":

Liefste Jesus laat u vinden
Van een arm verloren kind
Wilt u selve tot haar winden

Aller beste sielen vriend. (Goosen c.1800-c.1840 (III), 13)

Die afgesonderde verkeer met Jesus bied haar troos en verleen haar geloofskrag om op haar lewenstog voort te gaan:

U goedheijd Heere o liefde nooijt vol preesen.
Here liefste Jesus wilt gij mijn borgen wesen.
Nu valt de las der sonden wesen van mijn neer.
Daar lag se aan de voeten van mijn Heere.
O vrije genaden, Jesus is mijn en ik bin sijn. (Goosen c.1800-c.1840 (III), 14)

Liefdesnumineutiese Metaforiek in Dorothea Goosen se Praktiese Spiritualiteit

Dorothea Goosen se spirituele fokus is haar geestelike omgang met Jesus, vertroostende omhelsing van haar siel en die heling van haar hartswonde. Jesus se liefde werk introspektief: Jesus se erotiese spreke, sy kus en omhelsing vul haar met wederliefde (Goosen c.1800-1840 (III), 15). Haar hunkering na die versterking van die liefdesband met Jesus vind uiting in 'n selfgemaakte vers op die wysie van Psalm 128: "O Jesus maak de banden/ Der liefde vas en sterk/ Dat sij moog altyd branden/ Heere onderhoud U werk." Die bevindelike liefde wat sy jeens Jesus koester is 'n ervaring van neerlê in Sy arms en Sy tasbare teenwoordigheid wanneer sy ontwaak. In die ondermaanse word die genot van Jesus se liefdevolle teenwoordigheid van tyd tot tyd gemis: "Ik heb en de liefde vuur uijt verlooren somtijds mag ik nog een vonkje gewaar worden dat de genade niet sal worde uijt geblust" (Goosen c.1800-c.1840 (III), 18). Liefdesmetafore met toespelinge op tropologiese huweliksmistiek bevat spirituele huweliksverwysings wat Jesus se begeleiding deur die aardse tranedal na die hemel beskryf: "O wat is het een liefde gloedt/ Wat gevoelen in mijn gemoedt/ Vreugde, vreugde sonder rouwen/ Jesus mit ons onder trouwen/ Jesus met ons bruijlof houwen/ Wij de bruijdegom aan schouwen/ O wat vreugde o wat min/ Jesus bring ons de heemel in" (Goosen c.1800-c.1840 (III), 18). Die liefdesinisiatief gaan van Jesus uit: "Liefste Jesus mijn beminde/ Die mijn trokte tot u voort/ Wilt gij u tot so en winden/ Die nooijt had van U gehoort" (vers 1). "Eeuwig waren ik verloren/ Had gij mijn gesogt niet Heer/ Hat u lief mijn niet verkoren/ Op getrokken tot u eer" (vers 3). "Liefste Jesus suijver soetheijd/ Uw liefde en sterke hand/ Uwe eijnde lose goedheijd/ Greep mij op de helle rand" (vers 5). Jesus se reddende genade, teenwoordigheid in beproewende omstandighede en vertroosting in geloofsaanvegtinge is die uitvloeisels van die mistieke vereniging met die Liefde. Haar geestesbelewenisse is tasbare werklikhede van die spirituele liefdesvereniging met Jesus-dit skep konkrete behoefte aan Sy teenwoordigheid: "Komt o Jesus mijn beminde" (Goosen c.1800-c.1840 (I), 22); "Jesus lief wilt mit mijn strijden" (Goosen c.1800-c.1840 (I), 27) en soortgelyke neerpenninge. Haar neiging tot liefdesentimentalisme vind neerslag in haar selfgemaakte poëtiese uitinge- versinnebeeldinge van n kermende duif wat sug na die verlossende liefde van Jesus: "Jesus lief een duijfie kerremt/ Heere ontferremt/ U haaren beevende stem/ Want sij is nabij beswoeken" (Goosen c.1800-c.1840 (III), 1).

 

Samevatting en Gevolgtrekking

Dié mistiek-piëtistiese tendense wat onder Suid-Afrikaanse vroue van Europese herkoms in die agtiende en negentiende eeu tot uitdrukking gekom het, was nie vreemd aan die spiritualiteit wat in Protestantse kringe in Duitsland en elders vaardig was nie. Breedweg gesproke was die piëtistiese beweging van die sewentiende tot negentiende eeuse Duitse Protestantisme 'n opbloei van die spirituele etos van die petit bourgeoisie- die landelike kleinburgerdom. Die wortels daarvan lê beslote in die spirituele kultuur wat uit die kleinburgerlike marginalisering van die boerestand in Middeleeuse Duitsland opgekom het. In die loop van die sewentiende eeu het verskeie sosiale, ekonomiese en politieke faktore tot soortgelyke tendense aan die Kaap aanleiding gegee en 'n kleinburgerlike mistieke spiritualiteit van individualistiese en mistieke aard na vore gebring. Dié spiritualiteit was n energeties-ideologiese reaksie teen die meganisering en intellektualisering van die Protestantse kerke, n terugkeer na die Middeleeuse Duitse mistiek van Meister Johannes Eckhard, die klemverskuiwing na die individu se direkte en onmiddellike verhouding met God, gepaardgaande met n sterk gevoel van spirituele selfbemagtiging. Die voortvloeiende reaksionêre inslag van die piëtisme was n katalisator vir sterk spirituele verset teen kerklike en politieke marginalisering van die kleinburgerlike boerestand. Die reaksionêre inslag van die piëtisme bring verskeie belangrike implikasies mee: die kleinburgerdom neem n aktiewe aandeel aan godsdienstige aangeleenthede; die spirituele behoeftes van kerklidmate word as prioriteite bejeën; private spirituele byeenkomste van kerklidmate word algemene verskynsels; kategetiese onderrig van kinders kry meer aandag; die spirituele en emosionele behoeftes van individue word in die prediking aangespreek; en die dominante preekstyl in Protestantse kerke verskuif vanaf die polemiese en dogmatiese na die emosionele en bevindelike.

Dié tendense in Europese spiritualiteit en die spirituele kultuur van reaksionêre piëtisme het ook die vroulike selfbewussyn aan die Kaap en op die Kaapse voorposte deursuur. In die Kaapse piëtistiese kringe van die agtiende en negentiende eeu het die piëtistiese kultuur beslag gekry deur verinnerliking van morele karakter en klem op versterkte vroomheid, die emansipering van die menslike gees van wêreldse oorheersing, spirituele oorgawe aan Jesus Christus en vereniging van die siel met God. Die gees van piëtisme aan die Kaap vertoon n spirituele profiel van wisselende klem op moralisme, entoesiastiese emosionele ontlading, die strewe na mistieke ervaring en toewyding aan n heilige lewe. In wisselende grade het hierdie tendense die weg berei vir die neerpen van piëtistiese relase van bevindelike geloof. In dié opsigte was die Kaapse piëtisme die opwelling van die individualistiese mistiek van die dertiende eeuse Duitse ego-kultuur gekombineer met 'n nie-Franciskaanse neiging in die Lae Lande en 'n Protestantse basis van die nuwe mistieke etos van die sewentiende eeu. Ten spyte van sterk weerstand uit die geledere van die amptelike Kaapse kerkstrukture, het kleinburgerlikes soos Dorothea Goosen hul in relatiewe afsondering op die voorposte onder gemarginaliseerde en beproewende omstandighede bevind. Soos ander pioniers, was Protestantse gelowiges op die voorposte grootliks op hulself aangewese om fisiek en spiritueel te oorleef. Soos die piëtisme, het die mistiek wat aan die Kaap vaardig was, enigsins verskil van dié in die Middeleeuse Nederlande. Die transkonseptuele belewing van Jesus se liefde word veral in die laat-Middeleeuse mistiek in die Nederlande van die Franciskaanse en Skolastieke reste gestroop en by uitstek as devosionele spirituele outobiografie aangebied-soos by Suster Bertken se Colloquo en haar mistieke verse- hoewel dit waarskynlik as alternatiewe spiritualiteit in die Laer Lande bly voortleef het. Andersyds verskil Dorothea Goosen se praktiese en gereserveerde mistiek van die filosofiese mistiek wat die Duitse Middeleeuse tekste gekenmerk het. Dorothea se eenvoudige kleinburgerlike ego-bewussyn is van die filosofiese en Franciskaanse reste gestroop en spreek tot die leser in praktiese hartetaal wat steeds die gemoed aanspreek.

 

Bronnelys

A.A.H. c.1780. (Pseud.). De Uitnemende Rijkdom van Gods Heerschappij-voerende Genade. N. C. van der Veer.         [ Links ]

Acta Synodi Nationalis Dordrechti Habitae. 1620. Leiden.         [ Links ]

Anon. 1854. Theologica Germanica. Translator S. Winkworth. Longman, Brown, Green.         [ Links ]

Anon. 1910. The Cell of Self Knowledge. New York: Duffield.         [ Links ]

Anon. 1978. The Cloud of Unknowing. Translator C. Wolters. New York: Penguin Books.         [ Links ]

Armstrong, B. G. 1969. Calvinism and the Amyraut Heresy. Madison: University of Wisconsin Press.         [ Links ]

Bakhuizen Van den Brink, J. N. (Ed.). 1960. Documenta Reformata. 2 Vols. Kampen: J. H. Kok.         [ Links ]

Beeke, J. R. 1998. "Gisbertus Voetius: Towards a Reformed Marriage of Knowledge and Piety." In Protestant Scholasticism, edited by C. R. Trueman and R. S. Clark. Carlisle, Cumbria: Paternoster Press, 226-243.         [ Links ]

Boehme, J. 1914. The Aurora. Translator J. Sparrow. London: J. M. Watkin.         [ Links ]

Buys, M. c.1750. Eenvoudige Bevindingen. Sneek: J. Campen.         [ Links ]

Clark, R. S. 1998. "The Authority of Reason in the Later Reformation." In Protestant Scholasticism, edited by C. R. Trueman and R. S. Clark. Carlisle, Cumbria: Paternoster Press.         [ Links ]

Cobbin, I. 1822. Memoirs of Mrs C. L. Thom. London: J. Nisbet.         [ Links ]

Coetzee, P. C. 1938. "Vroeë Letterkundige Produkte van die Boere-kultuur." In Voortrekkergedenkboek van die Universiteit van Pretoria. Pretoria: UP (1938), 140.         [ Links ]

De Villiers, A. 1962. Vrouegalery. Kaapstad: Nasionale Boekhandel.         [ Links ]

De Villiers, A. 1975. Barrevoets oor die Drakensberg. Johannesburg: Perskor.         [ Links ]

Engelbrecht, S. P. 1952. "Kaapse Predikante van die Sewentiende en Agtiende eeu." Kaapstad: H.A.U.M. https://doi.org/10.4102/hts.v7i2/3.3632.         [ Links ]

Goosen, D. M. c.1800-1840. "Een Nalatenschap: Ervaringen van Dorothea Magdalena Goosen." Ongepubliseerde outobiografiese aantekeninge en liedboek. Pietermaritzburg Voortrekkermuseum (c.1800-1840): dl. I, spirituele ego-teks; dl. 2, spirituele poësie; dl. 3, transkripsie van dle. 1 en 2.         [ Links ]

Hadewych. 1980. Complete Works. Translator C. Hart. New York: Paulist Press.         [ Links ]

Hilton, W. 1870. The Scale of Perfection. London: John Philip.         [ Links ]

Koepp, W. 1912. Johann Arndt. Berlin: Schriftenvertrieb.         [ Links ]

Kruger, H. C. c.1780. "Oordenkingsgbundel." Ongepubliseerde en ongepagineerde manuskrip (kopie in die versameling van A. W. G. Raath, Bloemfontein).         [ Links ]

Mahrholz, W. 1919. Deutsche Selbstbekenntnisse. Berlin: Furche-Verlag.         [ Links ]

Mommaers, P. 1980. Preface. In Hadewijch. The Complete Works. Translators P. Mommaers and C. Hart. New York: Paulist Press, xiii-xxiv.         [ Links ]

More, G. 1911. The Inner Life and Writings. Vol. 2. London: R. & T. Washbourne.         [ Links ]

Muller, R. A. 1987. Post-reformation Reformed Dogmatics. Grand Rapids: Baker Book House.         [ Links ]

Pama, C. 1981. Geslagsregisters van Ou Kaapse Families. Kaapstad: A. A. Balkema.         [ Links ]

Pamans, G. 1775. Egt Verhaal van Geestelijke Bevindingen.         [ Links ]

Pont, A. 1994. Algemene Kerkgeskiedenis. Pretoria: HTS.         [ Links ]

Pretorius, J. C. 1977. "Die Afrikanervrou as Kultuurdraer en Kultuurskepper." D.Phil-proefskrif, UP.         [ Links ]

Récéjac, E. 1897. Essai sur les fondaments de la Connaisance Mystique. Parys: F. Alcan.         [ Links ]

Raath, A. W. G. 2014. "Petit Bourgeoisie, Female Piety and Mystical Pietism on the South African Frontier, 1760-1860." Studia Historiae Ecclesiasticae 40 (1): 95-116.         [ Links ]

Raath, A. W. G. 2017. "Die Rooms-Katolieke Wortels van die Mistiek in die Sewentiende en Agtiende Eeuse Kaapse Piëtisme." Studia Historia Ecclesiasticae 43 (2): 1-22. https://doi.org/10.25159/2412-4265/2297.         [ Links ]

Ruysbroeck, J. 1911. De Ornatu Spiritualium Nuptiarum. Translator E. Underhill. London: Methuen.         [ Links ]

Schoeman, K. 1997. "Vroeë Geskrifte deur Suid-Afrikaanse Vroue, 1749-1865." Suid-Afrikaanse Historiese Joernaal 36: 54-69. https://doi.org/10.1080/02582479708671267.         [ Links ]

Sinnema, D. 1998. "The Distinction between Scholastic and Popular." In Protestant Scholasticism, edited by C. R. Trueman and R. S. Clark. Carlisle, Cumbria: Paternoster Press, 127-143.         [ Links ]

Slatius, H. 1619. Den Gepredestineerde Dief. Frederick-stad: Uitgewer onbekend.         [ Links ]

Smytegelt, B. 1868. Het Gekrookte Riet. Nijkerk: Malga.         [ Links ]

Smytegelt, B. S.j. Des Christens Heil en Cieraat. Rotterdam: Gebr. Huge.         [ Links ]

Spoelstra, C. 1906-1907. Bouwstoffen voor de Geschiedenis der Nederduitsche-Gereformeerde Kerk in Zuid-Afrika. 2 Vols. Amsterdam: H.A.U.M.         [ Links ]

Suster Bertken. 2008. "Pious Colloque and Selections from Song of Songs." In Late Medieval Mysticism of the Low Countries, edited by R. van Nieuwenhove, R. Faesen, S. J. and H. Rolfson. New York: Paulist Press, 203-214.         [ Links ]

Trueman, C. R., and R. S. Clark. (Eds). Protestant Scholasticism. Carlisle, Cumbria: Paternoster Press.         [ Links ]

Underhill, E. 1912. Mysticism. London: Methuen.         [ Links ]

Van Clairvaux, Bernard. 1987. Selected Works. Translator G. R. Evans. New York: Paulist Press.         [ Links ]

Van der Groe, E. 1834. Bekeeringsweg. Rotterdam: J. van der Vliet.         [ Links ]

Van Lier, A. C. 1804. Dagboek, Gemeenzame Brieven en Eenzame Overdenkingen. Utrecht: Willem van Yzerworst.         [ Links ]

Van Maagdenburg, Mechthild. 1898. The Flowing Light of the Godhead. Translator F. Tobin. New York: Paulist Press.         [ Links ]

Van Norwich, Julian. 1901. Revelations of Divine Love. London: Methuen.         [ Links ]

Van Siena, Catherine. 1896. The Divine Dialogues. Translator A. Thorold. London: Kegan Paul.         [ Links ]

Venter, H. 1853. De Ondervindelijke Bekeeringsweg. Kaapstad: Van de Sandt De Villiers.         [ Links ]

Vorster, J. D. 1956. Die Kerkregtelike Ontwikkeling van die Kaapse Kerk onder die Kompanjie, 1652-1792. Potchefstroom: Pro Rege-Pers.         [ Links ]

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License