SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.42 número1The responsibility of architecture: beauty, justice and the call of careTo die and let die: a just theology of ceding space índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Acta Theologica

versión On-line ISSN 2309-9089
versión impresa ISSN 1015-8758

Acta theol. vol.42 no.1 Bloemfontein  2022

http://dx.doi.org/10.18820/23099089/actat.v42i1.12 

BOOK REVIEWS

 

Kerk en recht in balans. Aandag voor de kwaliteit van de kerkelijke rechtsorde

Church and law in balance. Attention to the quality of ecclesiastical law

 

A. Celliers

Dr. A.Celliers, Departement Historiese en Konstruktiewe Teologie,Universiteitvan die Vrystaat. E-mail: bertuscelliers@gmail.com; ORCID: https://orcid.org/0000-0003-4326-4199

 

 

T.E. Boele-Noort & P.T. Pel (red.), (Apeldoornse Studies nr. 78, Teologiese Universiteit, Apeldoorn 2021), 84 pp, ISBN: 978-90-75847-55-0.

Hierdie boekie bevat 'n bundel referate wat gelewer is tydens 'n studiedag oor kerkreg en siviele reg op 2 Desember 2019 aan die Teologiese Universiteit van Apeldoorn. Alhoewel dit uiteraard spruit uit die Nederlandse konteks, spreek dit kwessies aan wat ook hier by ons in Suid-Afrika aktueel is, ook vir die kerk. Twee voorbeelde wat ons met ons Nederlandse vriende deel, en wat in die boek aangespreek word, is die sogenaamde POPIA-wetgewing, en die arbeidsreg in tugsake van predikante. En soos uitgewys in die boek, berig die pers in Nederland, net soos in Suid-Afrika, van tyd tot tyd oor hofsake waarin die kerk betrokke is.

Die bydraes in die boek word in twee hoofgroepe verdeel, naamlik 'n algemene deel en 'n tematiese deel. Spesifieke bydraes in die boek handel onder andere oor die vryheid van kerke om hul eie reëls te maak binne die konteks van die staat as wetgewer ("Kerkelijke autonomie in die konteks van de statelijke rechtsorde"); die juridisering van die kerkreg wat enersyds die aanpassing van die kerklike ordening by die siviele wetgewing en andersyds die tendens om in kerklike sake jou te wend tot die siviele hof, bespreek (in eersgenoemde geval word die faktor van "angs" om nie in stryd te wees met landswette nie in die gesprek ingebring); die vraag na eie aard en oorsprong van kerkreg as 'n uitdrukking van die (Skriftuurlike en belydenismatige) identiteit van die kerk teenoor 'n instelling soos die staat (ingeslote die kerkorde as 'n dinamiese praktykgerigde dokument), en die rol van regsadvies in die korrekte toepassing van kerkordelike reëls binne die staatsregtelike omgewing.

Interessant is dat van die bydraes kom van regspersone (nie-predikante) wat baie betrokke is by die kerke waarvan hulle lidmate is. Dit bied 'n insiggewende en verrykende blik op die plek en toepassing van 'n kerkorde binne die staat as die ruimte waarbinne die kerk as kerk funksioneer. Die bydrae van die boek lê dus ook in die feit dat dit nie eensydig vanuit 'n teologiese hoek na die kwessies kyk nie. Ons kan veel hieruit leer vir die praktyk - ons het teoloë én juriste nodig wat beide kerkreg én siviele reg verstaan.

Die Nederlandse konteks stempel uiteraard die bydraes. Dit bring immers die eie wetgewing van ' ander land in die gesprek in. Dit is egter ' gesprek wat vanuit 'n Gereformeerde hoek plaasvind en wat dus baie pertinent die unieke aard van die kerk as instelling weerspieël. Die boek het dus vir seker 'n bydrae te lewer tot die teologie en die kerk in Suid-Afrika se eie nadenke oor die verhouding tussen kerk en staat, en wat nie beperk is tot spesifiek vir kerke binne die Gereformeerde tradisie nie. Binne ons grondwetlike bedeling geniet alle kerke (en ook ander gelowe) dieselfde voorregte en beskerming van die staat, al verskil ons kerkregtelike uitgangspunte selfs drasties.

 

 

Date received: 04 May 2022
Date published: 24 June 2022

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons