SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.30 issue2"Habitus" in soul care: towards "spiritual fortigenetics" (parrhesia) in a pastoral anthropologyGrounded theory approach in sermon analysis of sermons on poverty and directed at the poor as listeners author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Bookmark

    Acta Theologica

    Print version ISSN 1015-8758

    Acta theol. vol.30 no.2 Bloemfontein Dec. 2010

     

    Welheidsbediening deur AGS-pastore in 'n stedelike konteks: 'n verkennende kwalitatiewe ondersoek

     

    Wellness ministry by AFM pastors in an urban context: an exploratory qualitative investigation

     

     

    L. LovellI; G.A. LotterII

    IDr. Louise Lovell. E-pos: louise@kentek.co.za
    IIProf. George A Lotter, Skool vir Kerkwetenskappe, Fakulteit Teologie, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom. E-pos: George.lotter@nwu.ac.za

     

     


    Trefwoorde: Welheid, Bediening, Kerke, Holisties, Dimensies.


    ABSTRACT

    A total change of culture is happening in the world, and the church should take cognisance of it because people's religious experience is not detached from their cultural context. In the light of the changing contemporary culture and new challenges for the ministry, the research question was posed: Why is a wellness ministry by AFM pastors in an urban context necessary and what should it entail in guiding people towards wellness? The objective of the research on which this article is reporting, was to research a wellness ministry by AFM pastors in an urban context. In this article, it is demonstrated how empirical research can be used to produce important results in understanding the necessity of a wellness ministry by AFM pastors in an urban context. In a qualitative investigation with eight pastors, which included a pilot study, valid results were obtained.

    Keywords: Wellness, Ministry, Churches, Holistic, Dimensions.


     

     

    1. INLEIDING EN AGTERGROND

    Hierdie artikel word opgedra as erkenning vir die werk van Professor Johan Janse van Rensburg. In hierdie uitgawe word ander fasette van sy werk hanteer, maar die fokus van hierdie artikel is die ondersoek na die moontlikheid van 'n welheidsbediening deur AGS pastore. Die erkenning wat ons aan Prof J van Rensburg wil gee deur hierdie artikel, lê op twee vlakke: eerstens vir die reuse werk wat hy gedoen het met betrekking tot die onderrig van die empiriese navorsing oor jare heen aan die UV, maar in besonder by ander fakulteite ook (vgl. onder andere Janse van Rensburg 2007a en 2007b); tweedens erkenning vir sy invloed op die akademiese vorming oor kerkgrense heen en in besonder die AGS (vgl Janse van Rensburg 2009).

    Die probleemstelling wat in hierdie artikel ondersoek word, is empiriese navorsing van 'n moontlike welheidsbediening deur AGS pastore in 'n stedelike konteks waarin die mens tot welheid begelei kan word.

    'n Welheidslewenswyse as konsep het noodsaaklik geword omdat die mens in die kontemporêre kultuur blootgestel word aan 'n leefwyse wat sy gesondheid nadelig beïnvloed en 'n wanbalans in sy lewe veroorsaak. Konsepte ontwikkel gewoonlik histories as die produk van 'n sekere kulturele en omgewingskonteks. Die volle implikasie van 'n welheidsleefwyse as konsep, sal beter waardeer en verstaan word binne die konseptuele raamwerk van die hedendaagse kultuur. Die mens se godsdiensbelewing staan nooit los van sy kulturele konteks nie. 'n Paradigmaskuif wat plaasvind sal dan noodwendig die godsdiens beïnvloed (sien Visagie 1996:81; Froneman, Vorster & Fourie 2000:192). Soos 'n konteks verander, moet aanpassings gemaak word om by die nuwe omstandighede aan te pas (Dreyer 2003:3536,57; sien ook Van Aarde 1995:15; Janse van Rensburg 2000:1-2).

    In die hedendaagse kultuur word die mens blootgestel aan siektetoestande soos depressie en uitbranding wat aan die orde van die dag is (Colbert 2003:24, 27-28; 2005:5-8; Wilmovsky 2006:33). As kitswêreldburger moet die mens in hierdie kitslewe oorleef deur kitswaardeoordele en kitskeuses te maak (Wright 1999:5; Hinz & Hinz 2004:16-17; Jakes 2005:97). Kanker, beroerte, hartkwale en ander kwale kan toegeskryf word aan leefstylfaktore, soos rook, dieet, geen oefening en alkoholmisbruik. Dit kan deur 'n leefstylverandering teweeggebring word (Crawford 2005:534) en die mens word genoodsaak om alternatiewe metodes te gebruik om so gesond as moontlik te leef, vandaar die aanklank tot 'n welheidslewenswyse (Jackson 2007:1; Pilzer 2007:xvii; Mahlangu & Mkhabela 2008:1).

    Volgens die WEF (2008) word daar gepoog om die klem te verskuif van 'n siektebehandelingslewenswyse na 'n welheidsbevorderingslewenswyse (vgl ook World Heart Federation 2007:1; China Daily 2008:2; Reuters 2008:1). Die resultaat van bogenoemde vergaderings is reeds sigbaar as daar gekyk word na akademiese instansies, korporasies, versekeringsmaatskappye, hospitale en mediese skemas wat almal begin het om die welheidskonsep te ondersteun sodat die mens die kwaliteit van sy lewe kan verbeter. 'n Goeie voorbeeld hiervan is onder andere Coca-Cola, ABSA, en Hewlett-Packard wat verskeie welheidsprogramme vir hul werknemers aanbied. Dit wissel, onder andere, van fiksheidsprogramme, rookklinieke tot spanningsbestuurseminare. Daar is bevind dat dit mediese eise aansienlik verminder het, afwesighede afgeneem het en produktiwiteit toegeneem het (Landgreen 1999:6-7; Kickbusch & Payne 2003:275-278; Kirsten sa.:4; sien WEF 2007:1-2; WEF 2008:1-13; World Health Organization/ World Economic Forum 2008:38). Hierdie gebeure het welheid wêreldwyd onderstreep en prominente leiers betrek om die konsep te bevorder (China Daily 2008:2; Reuters 2008:1). 'n Welheidsbediening volgens Bybelse beginsels kan ook wêreldwyd help met die uitbou van hierdie visie tot voordeel van die koninkryk van God. Die vraag wat dus in hierdie ondersoek na vore gekom het, is: waarom is 'n welheidsbediening deur AGS-pastore in 'n stedelike konteks noodsaaklik?

     

    2. KONSEPTUALISERING VAN SENTRALE BEGRIPPE

    2.1 AGS

    Die AGS is 'n kerkgenootskap waarvan die afkorting vir: Apostoliese Geloofsending (Pharos 2007:1, 44) staan. Die kerk het in 1908 ontstaan en is deel van die wêreldwye Pinksterbeweging wat in 1961 kerkstatus van die Suid-Afrikaanse regering onder die Private Wet Nommer 24 van 1961 ontvang het (Van der Spuy 1985:58; sien ook Burger (1987) en Burger & Nel (2008), vir 'n meer volledige uiteensetting van die geskiedenis van die kerk).

    2.2 Bediening

    Vir die doeleindes van hierdie artikel verwys die term bediening na take of verantwoordelikhede wat deur pastore en lidmate binne gemeenteverband uitgevoer word, volgens die gawes wat hulle ontvang het, tot dienslewering aan die naaste.

    2.3 Pastoor

    Binne die konteks van hierdie artikel, verwys die term pastoor na 'n leraar wat verbonde is aan die AGS-kerk en wat as geestelike leier funksioneer deur die bediening in die gemeente.

    2.4 Stedelike

    Die woord stedelike word in Pharos (2007:853) soos volg verklaar: "Van 'n stad, betreffende 'n stad". 'n Stad is 'n groot versameling van huise en geboue wat volgens 'n vaste grondplan langs strate gebou word; dit is groter as 'n dorp (Pharos 2007:874; HAT 2005:1093).

    2.5 Welheid

    Vir die doel van die artikel word die woord "wellness" met welheid vertaal. "Wellness" word algemeen in die Engelse taal gebruik. Die woord word ook soms net so in Afrikaans oorgeneem omdat daar nog nie 'n amptelike vertaling van die woord in Afrikaans is nie (Pheiffer 2007). Volgens Gouws (2007), mederedakteur van die Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal, is welheid die woord wat moontlik as vertaalde ekwivalent gebruik kan word. Binne die konteks van hierdie artikel, word die term welheid derhalwe gebruik om te verwys na 'n aktiewe en lewenslange proses van bewuswording en 'n manier van lewe waardeur die individu verantwoordelikheid moet neem vir die keuses wat hy maak ten opsigte van 'n meer gebalanseerde, optimale en gesonde lewenstyl aan die hand van die dimensies van welheid.

     

    3. DIE DOEL VAN EMPIRIESE ONDERSOEK

    Die doel van hierdie empiriese ondersoek is om op 'n wetenskaplike wyse ondersoek in te stel na 'n moontlike welheidsbediening deur AGS-pastore binne 'n stedelike konteks, met die oog op die daarstelling van 'n model vir sodanige bediening sodat die mens na welheid begelei kan word (Lovell 2009:11).

     

    4. NAVORSINGSONTWERP

    Om die doel van die artikel te bereik, is die mees toepaslike ontwerp vir hierdie navorsing kwalitatief met 'n verkennende, beskrywende en kontekstuele fokus (Mouton & Marais 1993:43-44; McMillan & Schumacher 2001:283-285; Fouché & De Vos 2005:106). Die artikel is daarop gerig om insig te verkry oor 'n welheidsbediening deur AGS-pastore in 'n stedelike konteks, sodat 'n gepaste model vir 'n welheidsbediening uiteindelik geformuleer kan word (wat nie in hierdie artikel aan bod kom nie).

    4.1 Kwalitatiewe navorsing

    Die klem by hierdie tipe navorsing val op die poging om 'n wêreld te verstaan wat nie in terme van syfers of statistiek verstaan kan word nie (Hitchcock & Hughes 1995:116; Gaskell 2000:39-41; Denzin & Lincoln 2003:13). Dit is dus 'n metode wat met sosiale aspekte van die wêreld gemoeid is, hoe dit deur bepaalde individue beleef en ervaar word, hoe hulle betekenis aan hul leefwêreld gee en sin maak van hulself en ander (Berg 2007:8-9).

     

    5. NAVORSINGSMETODE

    Die navorsingsmetode wat vir die artikel gevolg is, word kortliks beskryf. Hier sal aandag geskenk word aan die steekproef, loodsstudie, metode van data insameling, data-analise, vertrouenswaardigheid van die navorsingsproses en etiese oorwegings.

    5.1 Steekproef

    'n Gepaste steekproef is gemaak waar deelnemers geselekteer word op grond van hulle inligtingryke data wat hulle kan verskaf wat relevant is tot die uitkoms van die artikel (Polit & Hungler 1997:229; Brink 2001:134). Daar word aanvaar dat die steekproefgrootte voldoende is wanneer daar herhaling in temas verkry word in die beskrywing van die belewenis van die fenomeen deur die deelnemers (Morse & Field 1996:65; Burns & Grove 1997:309).

    5.2 Loodsstudie

    'n Loodsstudie is voor die aanvang van die onderhoude uitgevoer. Die rede hiervoor was om die volgende te bepaal: die sterk en swak punte van die navorsing, die onderhoudsvaardighede van die navorser, die effektiwiteit van die beoogde navorsingsvrae en om veranderings aan te bring indien nodig (Rosnow & Rosenthal 1996:110-112,206-207; Burns & Grove 1997:52; Breakwell 2003:242-243). Na die onderhoud is 'n gesprek met die deelnemer gevoer om te bepaal of verdere verfyning nodig is. Die onderhoud is op band geneem en woordeliks getranskribeer. 'n Onafhanklike kodeerder het die data geanaliseer en die navorser en die kodeerder het 'n indiepte-gesprek daaroor gevoer. Die uitslag van die loodsstudie is gebruik om te bepaal watter veranderinge aangebring behoort te word, indien nodig. Die loodsonderhoud het aan die navorser uitgewys dat die geformuleerde vrae effens aangepas moet word om meer toepaslike, informasieryke inligting te lewer. Daar is bevind dat die deelnemer gemaklik was met die onderhoudproses en dat daar voldoen is aan die doelwitte van die onderhoudvoering.

    5.3 Data-insameling

    Die proses van data-insameling word deur Creswell (1998:110) beskryf as 'n reeks interafhanklike aktiwiteite met die doel om goeie inligting in te samel vir die beantwoording van navorsingsvrae.

    5.3.1 Onderhoudvoering

    Die grondslag van kwalitatiewe onderhoude is om die ervarings van ander en die betekenis wat hulle daaraan heg, te begryp en te ondersoek (Seidman 1998:3; Botha 2001:15). Semigestruktureerde, individuele indiepteonderhoude is met deelnemers gevoer volgens die riglyne wat deur Smith (2003:56) voorgestel is. Met hierdie metode van onderhoudvoering word die deelnemers toegelaat om hulself vrylik uit te druk terwyl die gesprek tog op bepaalde inhoude afgestem is. In die onderhoud word 'n paar vooropgestelde vrae in 'n sistematiese en spesifieke volgorde aan elke deelnemer gevra, maar die deelnemer word toegelaat om verder op die vrae uit te brei as wat oorspronklik beplan is (Berg 2007:95). Die vrae word gerig op die deelnemers se belewenis, gevoelens, veronderstellings, kennis, insig en oortuigings omtrent die onderwerp wat ter sprake is. Inligting wat op die wyse bekom word, hoef nie as waar of vals hanteer te word nie, maar eerder as weergawes van perspektiewe oor die saak (Steyn & Lotter 2006:108).

    Die onderhoude is op oudioband opgeneem wat transkribering moontlik maak. Onderhoude is gevoer totdat 'n versadigingspunt bereik is, wat dan die aantal onderhoude bepaal het (Creswell 1994:153). Benewens bogenoemde standaardkeuses, is daar volgens Botha (2001:15) en Kvale (1996:2) min beperkings en reëls vir kwalitatiewe navorsingsonderhoude en staan dit die navorser vry om die onderhoude op intuïsie en kundige aanvoeling te voer. Weens die onbekendheid van die vertaling van die term "wellness" en die betekenis daarvan vir hierdie navorsing, is daar besluit om inligting hieroor aan elke deelnemer te stuur vir oriëntasie. Die woord welheid is bekendgestel in 'n paragraaf as 'n direkte vertaling van wellness en 'n paar resente definisies van wat die dimensies van welheid behels, is verskaf.

    5.3.2 Veldnotas

    Die veldnotas bestaan uit waarnemings van die konteks, gedrag en gebeure tydens die onderhoude, asook die navorser se ervarings en besluite rakende die navorsingsproses. Veldnotas van wat die navorser beleef, sien, hoor en dink is direk na elke onderhoud aangeteken om te verhoed dat die neem van notas steurend mag inwerk op die onderhoud. Die gebruik van deeglike veldnotas wat in die artikel aangewend is, verseker verdere betroubaarheid en geldigheid van die data (Wadsworth 1997:57-61; Terreblanche & Durrheim 1999:138-139; Wilkinson 2003:233).

    5.4 Data-analise

    Mouton (2001:108) beskou die data-analiseproses as die opbreek van data in hanteerbare temas, patrone, tendense en verhoudinge. Daar is verskeie metodes waardeur data-analise gedoen kan word (Omery 1983:57; Kerlinger 1986:477-479), maar in hierdie artikel is die dataverwerking volgens die agt stappe van Tesch (sien Creswell 1994:154-156) gedoen.

    5.5 Vertrouenswaardigheid van die navorsingsproses

    Die vertrouenswaardigheid van die kwalitatiewe navorsingsproses kan bevorder word deur gebruik te maak van Lincoln en Guba (1985:290-327) se model wat ook deur Krefting (1991:214-222) en Polit en Beck (2007:537-541) bespreek word. Hierdie model is tydens die navorsingsproses aangewend.

    5.6 Etiese oorwegings

    Die etiese kodes (Denzin & Lincoln 2000:662; Babbie & Mouton 2001:528) is nougeset in die uitvoer van hierdie navorsing nagevolg. Deur die toepassing van die etiese kodes wat volgens Neuman (1997:443) grootliks deur die navorser bepaal word, sal 'n vertrouensverhouding tussen die deelnemer en die navorser verseker word en terselfdertyd sal die deelnemer ook ten alle koste beskerm word (Denzin & Lincoln 2000:662). Hierdie navorsing het voldoen aan die riglyne van die Etiekkomitee van die Noordwes-Universiteit en aan beginsels wat daar vasgelê is met betrekking tot geldigheid en betroubaarheid, met inagneming van die anonimiteit van deelnemers, ingeligte toestemming, konfidensialiteit van inligting en ander aspekte soos vereis deur die Etiekkomitee (Handleiding vir nagraadse artikel 2005:29-35).

     

    6. NAVORSINGSRESULTATE

    Die analise van die semigestruktureerde onderhoude is gekategoriseer in temas en subtemas, wat in Tabel 1 aangedui is. Die resultate sal in ooreenstemming met Tabel 1 baie kortliks bespreek word. Dit sal, waar nodig, ondersteun word deur verbatim aanhalings van die deelnemers uit die transkripsies.

     

     

    6.1 TEMA 1: 'n Welheidsbediening is holisties en bedien die totale mens na liggaam, siel en gees in al die dimensies

    Uit die getranskribeerde onderhoude het dit duidelik na vore gekom dat al die deelnemers dit eens is dat die mens holisties, na liggaam, siel en gees in al die dimensies, bedien moet word.

    SUBTEMA 1.1: Die mens is liggaam, siel en gees

    Ter onderskraging van die subtema het al die deelnemers die mening gehuldig dat die mens na liggaam, siel en gees bedien moet word. Die volgende uitlatings is gemaak: 'n Deelnemer wys daarop dat "... dit kan nie die kerk van Jesus Christus wees en jy sny 'n klomp gedeeltes van menswees net af en jy sê: Weet jy, as jy daai krisis het, gaan na die wêreld toe, as jy daai krisis het, gaan praat met 'n sondaar, ongelowige, onkundige ... kom ons sien wat die Bybel sê oor verhoudings, finansies, liggaam, al daai fasette van menswees". Nog 'n deelnemer bevestig hoe belangrik dit is om die mens in sy totaliteit te bedien, deur te sê: "... dis uiters, uiters belangrik dat ons mense se totaliteit moet bedien, na liggaam, siel en gees".

    SUBTEMA 1.2: Mens bestaan uit verskeie dimensies

    Die deelnemers het almal baie gemaklik gesels oor die verskeie dimensies wat te doen het met die welheid van die mens. Dit was ook vir hulle van kardinale belang dat 'n welheidsbediening hierdie dimensies moet insluit: "As ek dit so vir jou kon illustreer met Jakobus wat 'n skrifvers gee van, as jy sien jou broer is honger en jy gee nie vir hom kos nie, as jy sien hy kry koud en jy maak hom nie warm nie, um, ek dink nie jy kan die evangelie verkondig en net oor gees praat nie, um want alle fasette van die mens word geraak in sy lewe. So, ek glo in 'n gemeenteverband, as 'n kerk net vir jou leer Bybel lees en bid, is daar soveel meer ander dimensies van die mens wat seerkry, wat skade het, wat probleme het, wat oplossings soek, en jy kan nie die hele mens totaal, um, holisties aanraak en bedien as jy toe is, of blind is vir die verskillende dimensies nie." Die uitspraak word versterk deur die volgende aanhaling: "Dit help nie jou gees is gesond en die ander dimensies ly skade nie".

    SUBTEMA 1.3: Die fokus van die kerk ten opsigte van die bediening van die totale mens

    Drie deelnemers het daarop gewys dat die kerk vir te lank hoofsaaklik net op die geestelike dimensie gekonsentreer het. Die feit dat die kerk sy rol net as geestelik sien, word hier gekritiseer: "... want baie jare het ons die gees bedien, maar ons het dit geskei van die liggaam en die siel". Dit word soos volg deur 'n ander deelnemer verwoord wat ook daarop wys dat die betrokkenheid in die gemeenskap afgeskeep is: "Ek dink ons het baie, baie verloor omdat ons in die verlede meer aandag gegee het aan die geestelike dimensie. Ons wou mense geestelik sterk maak. Ons wou geestelik, verskoon die woord "vet maak", waar hulle dan emosioneel en dan ook liggaamlik afgeskeep was. Daarom dink ek dis uiters, uiters belangrik dat ons mense se totaliteit moet bedien, na liggaam, siel en gees".

    Daar is 'n verwagting dat die kerk vanuit die eensydige verstaan van dienslewering sal groei na 'n meer holistiese verstaan van dienslewering.

    SUBTEMA 1.4: Die stand van 'n welheidsbediening soos beleef deur die deelnemers

    Twee deelnemers, wat albei baie jare se ervaring het, het aan die begin van die onderhoud erken dat hulle nie so 'n bediening by hul kerk het nie en dat dit 'n vreemde konsep is. Die volgende aanhalings getuig hiervan: "Dis nie 'n artikelveld waar ons geleer en gelei is nie, maar ek dink dit is iets wat uiters belangrik is in gemeenteverband omdat ek bewus is dat die mens gees, siel en liggaam is ...". Nog 'n deelnemer bevestig die fragmentariese welheidsbediening wat tans bestaan deur die volgende uitlating: "... en dan het ek nou onlangs by 'n nuwe plek ingeskakel, wat vir my meer 'n, um, meer tradisionele kerkopset is. So 'n mens sien, um, fragmente van welheid, maar nog nie as 'n bediening op sigself nie".

    Eersgenoemde twee deelnemers het ook 'n behoefte uitgespreek om meer van die onderwerp te leer: "... maar dit sal ook belangrik wees as iemand soos jy wat hierdie artikel gedoen het, na 'n gemeente soos byvoorbeeld, ons s'n toe kan kom en jy met die leierskap kan praat en vir hulle kan sê, die belangrikheid daarvan ...". Die volgende deelnemer is opgewonde oor so 'n bediening en bevestig ook die behoefte om die konsep van 'n welheidsbediening bekend te stel en maak die volgende aanbevelings: "Um, ek dink hier is legio potensiaal in hierdie betrokke struktuur... by elke gemeente en tussen hakies ook by 'n teologiese fakulteit, met die dosente, met die rektor te kan gesels en hierdie saam te promoveer. Um, ek is selfs bereid om met ons ring te gesels ... dat hierdie dinge in die kerk versprei word. Ek dink dis uiters belangrik. Ek is vreeslik opgewonde oor die feit dat iemand iets wil doen om die mens in sy totaliteit te kan bedien. Ek dink ons gaan in die nabye toekoms die waarde sien van dit wat hieruit gaan vloei".

    Een deelnemer was goed ingelig oor die onderwerp. Hy het wel 'n ernstige leemte in sy mededeling uitgewys, dat hy nie opleiding of kennis van 'n welheidsbediening vanuit 'n geestelike raamwerk ontvang het nie: "Um, my opleiding as pastoor het dit nie vir my geleer nie. Die kerk het my nie geleer hoe om my huwelik te maak werk nie. Die kerk het my nie geleer hoe om te 'budget' nie. Hulle het my uitgetrap as ek nie my tiende betaal nie. Hulle het my nie gehelp om by my tiende uit te kom nie. En ek dink dit moet deel van opleiding wees. Ek het gedink, as wêreldse maatskappybase duisende mense kan bestuur, miljoene rande kan bestuur en hulle brand nie uit nie, en hulle val nie in sondes en verwoes hulle lewens en goed nie, wat is hulle geheim? En, en ek het gaan lees hoe hulle gebalanseerde, gesonde lewens lewe om 'n wêreldse maatskappy goed te bestuur. Hoeveel te meer ek, wat die koninkryk van God en sy gemeente wil bestuur, hoeveel te meer moet ek 'n gesonde, gebalanseerde mens wees. So, hulle het my geprikkel om hierdie leeswerk te begin doen en um, ongelukkig, soos ek sê, in die kerkwêreld is ons 'n handjie vol pastore, pelle, wat saam hieroor kan praat. Jy kan nie God se kerk bestuur as jy nie eers jouself kan bestuur nie."

    6.2 TEMA 2: 'n Welheidsbediening is belangrik en noodsaaklik

    Daar word telkens na die waarde van die navorsing verwys, wanneer die deelnemers die belangrikheid en noodsaaklikheid van 'n welheidsbediening beklemtoon.

    SUBTEMA 2.1: 'n Belangrike bediening en die moontlike nadele indien dit nie toegepas word nie

    Die volgende aanhalings uit die getranskribeerde onderhoude bevestig dat dit 'n belangrike bediening is: "... dis van kardinale belang dat daar 'n welheidsbediening by elke gemeente moet wees ...". "...dit is seker... een van die belangrikste bedieninge". "... ek dink tog elke gemeente het 'n behoefte vir so iets [welheidsbediening]". "Uit my ervaring die afgelope veertig jaar in my bediening, sal ek dink dis uiters belangrik".

    Die deelnemers het ook hul opinie uitgespreek oor die moontlike nadele indien 'n welheidsbediening ontbreek: "... as ons nie mense heelheid gee of laat kry deur so 'n bediening nie, is ons oneffektief. Dit maak die kerk oneffektief. Dit maak dat ons nie kan funksioneer en werklik die beeld van Christus kan ... buitekant toe uitdra nie". 'n Volgende deelnemer waarsku dat mense ongebalanseerd en siek sal bly indien hulle nie in totaliteit behandel word nie.

    SUBTEMA 2.2: Die fokus van 'n welheidsbediening en wat welheid behels

    'n Deelnemer herinner daaraan dat Jesus mense se totale behoefte aangespreek het en daarom moet die fokus van 'n welheidsbediening ook wees om die behoefte van die mens aan te spreek. 'n Deelnemer verbaliseer ook hierdie fokus deur dit prakties te maak: "As jy probleme het, kontak maar die kerk. As jou kind leerprobleme het, kontak maar die kerk. As jou kind eetversteurings het, bel die kerk. As jou huwelik chaos is, as jy finansiële chaos het, noem 'n area of dimensie van jou lewe, as jy daarin chaos het, kontak die kerk, want hulle gaan jou in daai dimensie kan help...". Hy gaan voort deur die aandag daarop te vestig dat daar nie gefokus kan word op 'n welheidsbediening as daar nie die nodige fasiliteite of hulp beskikbaar is nie: "... jy kan nie die evangelisasiehart hê, uitreikhart hê, en jy kry stukkende, siek, gebroke mense op jou voorstoep en jy het nie die fasiliteite om hulle te help nie".

    Met die volgende uitspraak bevestig 'n deelnemer dat 'n welheidsbediening interdissiplinêr moet wees wat gespesialiseerde mense nodig het om hulp te kan verleen: "... jy moet kundige mense in hierdie verskillende dimensies hê, al is hulle nie op jou personeellys, of op jou "payroll" nie...". Die volgende deelnemer beklemtoon die dringendheid van hierdie fokus en die behoefte van die totale mens: "... ek dink dit is nou hoog tyd dat 'n ou kyk na die totale, holistiese totale integrale deel van so 'n bediening". Nog 'n deelnemer is van mening dat 'n welheidsbediening op drie areas fokus: "...as ons dink aan 'wholeness', dan dink ek, okay daar moet iets met my liggaam gebeur. Die tweede gedeelte sal dan berading wees Derde gedeelte sal dalk meer na 'n sielkunde rigting toe gaan, wat met dieper goed werk as net geestelike begeleiding".

    SUBTEMA 2.3: Pastoor se verantwoordelikheid ten opsigte van 'n welheidsbediening

    Die pastoor moet die voorbeeld stel deur 'n welheidslewenswyse te demonstreer: "... in my eie lewe moes ek eers hierdie welheidsdimensiebediening vir myself uitgewerk het, en myself eers wel kry, gesond kry in al my dimensies en fasette van mens wees en, um, dis vir my nie 'n oulike bediening om te hê nie. Dis vir my 'n absoluutheid". Die lidmaat moet deur die prediking bewus gemaak word 'n voorkomende lewenstyl te volg, wat finansiële voordele kan inhou: "... deel van jou prediking moet wees dat mense voorkomend sal leef. Hy gaan dan minder by die dokter kom".

    6.3 TEMA 3: Aanbevelings ten opsigte van die be-planning, toepassing en funksionering van 'n welheidsbediening

    'n Aspek wat sterk deur die deelnemers beklemtoon is, is dat elke gemeente uniek is en dat die beplanning, toepassing en funksionering van so 'n welheidsbediening van gemeente tot gemeente sal verskil. Hierdie navorsing kan dus slegs aanbevelings en riglyne bied vir hierdie proses. Weens 'n gebrek aan ruimte sal slegs enkele aanbevelings onder elk van die subtemas genoem word.

    SUBTEMA 3.1: Aspekte wat oorweeg en in ag geneem kan word in die beplanningstadium van 'n welheidsbediening

    In die beplanningstadium is dit van kardinale belang dat die pastoor en gemeentebestuur daarvan oortuig moet wees dat dit 'n noodsaaklike bediening is en dat hulle dit volkome moet ondersteun. Die pastoor sal moontlik in hierdie stadium 'n leidende rol moet speel. Die leierskap moet geheel en al ingelig word oor die noodsaaklikheid van 'n welheidsbediening. Die leierskap moet eers inkoop voordat daar met die gemeente gesels word. Die gemeente behoort ook volkome ingelig te word. Die opinie van die gemeente en hul insette is belangrik. Die gemeente kan dan deur middel van vraelyste genader word of nog 'n vergadering kan belê word om terugvoering te ontvang oor hoe die gemeente oor die ontwikkeling van 'n welheidsbediening voel. Elke gemeente het unieke behoeftes en ook uitdagings wat die ontwikkeling kan strem, soos byvoorbeeld finansies, infrastruktuur, personeel of mense wat gekant mag wees teen so 'n bediening. Daar mag moontlik besluit word om klein te begin en dan uit te brei soos die behoefte groei en ontwikkel. Die gemeente moet dwarsdeur die hele beplanningsproses op hoogte gehou word en ook uitgenooi word om insette te lewer.

    'n Missie en visie vir die bediening kan ook opgestel word. Daar sal ook besluit moet word aan watter standaarde die welheidsentrum moet voldoen. Deel van hierdie beplanning is om 'n organogram op te stel wat die organisatoriese struktuur van die bediening uiteensit.

    SUBTEMA 3.2: Aspekte wat oorweeg kan word in die toepassingstadium van 'n welheidsbediening

    Die toepassingstadium van 'n welheidsbediening vereis duidelike riglyne ten opsigte van take wat uitgevoer moet word en deur wie dit gedoen moet word. Daar moet dus 'n duidelike werksbeskrywing beskikbaar wees. Die pastoor sal gedurende hierdie stadium ook 'n belangrike rol speel in die koördinering van die verskeie projekte. 'n Werkskomitee kan saamgestel word wat uit die pastoor, die leierskap en vrywilligers kan bestaan. In die stadium kan die pastoor verskeie take aan die komitee delegeer. Die doelwit in die stadium is om dit wat in die vorige stadium beplan is, te implementeer sodat die welheidsentrum glad kan funksioneer.

    Voordat so 'n inisiatief geïmplementeer kan word, moet daar die bereidwilligheid tot verandering wees. Vir die implementering van 'n welheidsbediening is dit noodsaaklik dat denkpatrone verander en mense moet bereid wees om met nuwe ywer die taak aan te pak. Die hele kwessie van navorsing en opleiding van pastore en geestelike leiers met betrekking tot 'n welheidsbediening behoort ook in die beginstadium aandag te geniet. Dit is verder van belang dat alle fasette van die bediening goed gedefinieer moet word. So byvoorbeeld behoort elke dimensie van welheid byvoorbeeld duidelik omskryf te word.

    Daar sal van kundiges gebruik gemaak moet word vir behoorlike begeleiding na welheid in die gespesialiseerde areas. Sodra hierdie stadium afgehandel is, kan daar met die funksioneringstadium begin word.

    SUBTEMA 3.3: Aspekte wat van belang mag wees vir die funksionering van 'n welheidsbediening

    Nadat die beplanningstadium suksesvol afgehandel is en die toepassingstadium voltooi is, is die funksionering van die welheidsbediening die volgende prioriteit. Die sukses van so 'n sentrum sal afhang van verskeie faktore, byvoorbeeld:

    • effektiewe bestuur;

    • beskikbaarheid van hulp wanneer dit benodig word;

    • kommunikasie van noodsaaklike inligting deur gebruik te maak van pamflette, die plaaslike koerant, televisie, internet en selfone;

    • 'n welheidsbediening wat in die kerk se visie en missie geïnkorporeer is;

    • die betrokkenheid van topstruktuur wat die visie volledig ondersteun;

    • die pastoor moet die voorbeeld stel en daarom behoort hy en sy bestuur die welheidsbeginsels uit te leef - die pastoor kan nie 'n gemeente of 'n welheidsentrum bestuur as hy nie homself kan bestuur nie;

    • gemeenteleiers wat betrokke is by die inisiatief moet gedurig opleiding ontvang om op hoogte te bly van die nuutste tendense;

    • 'n persoon wat in beheer is van 'n dimensie moet 'n spesialis word in daardie veld;

    • kundiges waarmee genetwerk en met wie kontak gehou word, kan onder andere die volgende persone insluit: 'n dokter, verpleegkundige, sielkundige, geestelike begeleier, biokinetikus, "life coach", apteker en maatskaplike werker.

    6.4 TEMA 4: Dimensies van welheid

    Elke gemeente verskil ten opsigte van hul unieke behoeftes en daarom sal die gemeentes 'n welheidsbediening aanbied wat spesifiek omsien na hulle welheidsbehoeftes. Die definisie van elke dimensie van welheid mag ook van gemeente tot gemeente verskil.

    SUBTEMA 4.1: Geestelike welheid

    Twee deelnemers beskou dit as die belangrikste en allesomvattende dimensie van die lewe: "... geestelike welheid is vir my die belangrikste. Dit gaan oor jou hele menswees ...". Die volgende deelnemer stel dit vollediger: "... jou geestelike dimensie is vir ons die hele kerkwees. Um, dis jou kontak met die Here en dit begin vir ons, vandat jy ons besoek in jou lidmaatskap, hoe jy 'n lidmaat word, hoe jy geestelik groei, al die kursusse, die paadjie wat ons met jou stap, hoe ons jou deel van kleingroepe wil kry, hoe ons jou deel van bedieninge wil kry en hoe ons jou op hierdie hele toegangsroete toerus met die evangelie, die woord en gebed en ja, tagtig persent van die aktiwiteite by die kerk gaan oor hierdie geestelike dimensie, jou kontak met God. En um, dan sonder om te veel daaroor uit te brei, ek dink dis die een dimensie waaraan meeste kerke baie hard werk en um, meeste van die 'budget' gaan rondom dit en meeste van die personeel en energie gaan rondom dit".

    SUBTEMA 4.2: Fisieke welheid

    Al die deelnemers het aangedui dat hierdie dimensie oor die gesondheid van jou liggaam handel. 'n Deelnemer som dit soos volg op: "... ons sien die fisiese dimensie eerstens as jou liggaam, die gesondheid van jou liggaam. um, en ek dink wat vir ons baie belangrik is as 'n ou praat oor die fisiese dimensie um, die filosofie agter dit vir ons is, die Here het hierdie liggaam vir my gegee. Hy's 'n tempel, hy's geleen en um, ek moet hom gesond hou ... So vir ons in die gemeente is ons fisiese dimensie die instrument waarmee ek God se wil kan doen ... My liggaam is nie my God nie. Ek verafgod nie 'n perfekte leefwyse met ... My liggaam moet 'n goeie instrument kan wees wat God kan gebruik".

    SUBTEMA 4.3: Emosionele welheid

    Die deelnemers het die verskillende emosies wat 'n mens beleef aangedui as deel van die emosionele dimensie. In die verband is die volgende opmerking gemaak: "... as ons praat oor die emosionele dimensie, beteken dit vir my die hele innerlike gevoelswêreld van 'n mens, dit wat hom [laat] vrees, huil, bly, lag, motiveer, krag gee, dreineer, al daai klas van goed". Vir hierdie deelnemer is emosionele welheid gekoppel aan die mens se insig en verstaan van sy eie emosies. Hy het homself so uitgedruk: "... vir my, emosionele welheid gaan saam met 'emotional intelligence' en dis, waar bevind ek myself um, wat gaan ek doen met my omstandighede, en gaan ek toelaat dat my omstandighede gedikteer word deur hoe ek vandag voel, deur my emosies. Um, so, bietjie beheer te neem oor my emosies en so bietjie realiteit net in dit in te bring".

    SUBTEMA 4.4: Intellektuele welheid

    Alhoewel die deelnemers nie veel kommentaar gelewer het oor die komponent nie, is hulle oor die algemeen van mening dat intellektuele stimulasie noodsaaklik is vir intellektuele welheid. Die karige terugvoering oor intellektuele welheid blyk oor die algemeen dat nie veel aandag aan hierdie aspek geskenk is nie. 'n Deelnemer spreek homself soos volg uit: "... tans by ons in die gemeente doen ons nie veel daaroor nie, alhoewel ons 'n Bybelskool het en 'n woordskool ...".

    SUBTEMA 4.5: Sosiale welheid

    Hierdie dimensie het oor die algemeen vir die deelnemers oor gesonde verhoudings gegaan en is soos volg geverbaliseer: "... sosiale dimensie vir ons is, wat ons ook noem in ons gemeente, verhoudingsdimensie ... jou heel belangrikste verhouding met mense om jou, is jou verhouding in die huwelik. Die volgende verhouding wat vir ons belangrik is, is die ouer en kind verhouding ... So by ons, sosiale dimensie, werk ons net hoofsaaklik aan die huwelik en dan die ouer-kindverhoudings, en die kind-ouerverhouding ..." 'n Ander deelnemer verwys na "drie verhoudings: Ek- God, ek- myself en ek- die ander ...".

    6.5 TEMA 5: Aktiwiteite wat in elk van die dimensies toegepas kan word en kundiges wat gebruik kan word

    Uit die bespreking oor 'n welheidsbediening in bogenoemde afdelings het dit aan die lig gekom dat die mens na liggaam, siel en gees (in elke dimensie) bedien moet word, sodat sy na welheid begelei kan word. Hierdie begeleidingsproses kan plaasvind aan die hand van verskeie aktiwiteite wat by die kerk aangebied word of by 'n welheidsentrum wat aan die kerk verbonde is.

    SUBTEMA 5.1: Geestelike dimensie

    Bybelartikel, prediking, selgroepe, kursusse oor geestelike groei en gawes, kerkbywoning, geestelike berading, sprekers oor geestelike onderwerpe, evangelisasies en woordskool.

    SUBTEMA 5.2: Fisieke dimensie

    Draf, fietsry, netbal, jag, staptoere, fisieke oefeninge op maat van Christelike musiek, lesings en preke oor fisieke welheid (gesonde lewenswyse, slaap, vas, eetgewoontes, waterdrink, stresbeheer, verslawing, MIV/VIGS) apteker of 'n apteek, verpleegkundige hulp, sielkundige, dokter, biokinetikus, "life coach", fiksheidsafrigter, dieetkundige (gewigbeheer).

    SUBTEMA 5.3: Emosionele dimensie

    Gespreksgroepe, prediking, kursusse oor emosionele aangeleenthede en gebalanseerde lewenstyl, sielkundige, geestelike berading, "life coach".

    SUBTEMA 5.4: Intellektuele dimensie

    Woordskool, lesings, gespreksgroepe, aktiwiteite vir bejaardes (boekklub, Suduko, blokkiesraaisels, stokperdjies), Bybelartikel, skoolgereedheid en toerusting vir skoolverlating (remediërende terapie, sielkundige en maatskaplike werker) nuusbrief oor welheid, welheidsbiblioteek, welheidskonferensie.

    SUBTEMA 5.5: Sosiale dimensie

    Uitstappies, familiebyeenkomste, teedrinkfunksies, gemeente-etes of 'n braai, kultuuraktiwiteite soos musiekaande of teater, humorgroep, verhoudingsaangeleenthede (kursusse in huweliksverryking, ouerskap, kommunikasie en voorhuwelikse berading), maatskaplike werker, sielkundige en regsadviseur.

     

    7. SAMEVATTING EN GEVOLGTREKKING

    Deelnemers se bydrae is vanuit die getranskribeerde onderhoude in die artikel bespreek aan die hand van die temas en subtemas (Tabel 1). Na aanleiding van hierdie empiriese data, word die afleiding gemaak dat 'n welheidsbediening as belangrik en noodsaaklik beskou word. Die data het ook aan die lig gebring dat:

    • die pastoor se ondersteuning en betrokkenheid by 'n holistiese welheidsbediening van kardinale belang is;

    • die deelnemers van mening is dat die mens na liggaam, siel en gees, in al die dimensies van welheid, bedien moet word;

    • elke gemeente unieke behoeftes het, 'n spesifieke infrastruktuur het, finansiële beperkinge en personeeltekorte het, wat 'n rol mag speel by die beplanning, toepassing en funksionering van 'n welheidsbediening;

    • die spesifieke en aantal dimensies bepaal sal word deur die behoefte in die gemeente en moontlik ook die beskikbaarheid van fondse en personeel; en

    • die mens aan verskillende aktiwiteite kan deelneem wat hom moontlik kan ondersteun en na welheid begelei.

    Aangesien 'n relatief klein steekproef in hierdie artikel gebruik is, is die doel nie om die uitkomste hiervan te veralgemeen nie, maar om tot 'n diepte-insig te kom in pastore se insig oor 'n welheidsbediening. Die resultate is daarom nie bepalend nie, maar kan rigtinggewend wees vir verdere ontwikkeling in die AGS aangesien dit verteenwoordigend is binne 'n stedelike konteks. Deelnemers het sonder uitsondering die belangrikheid en noodsaaklikheid van 'n welheidsbediening na liggaam, siel en gees ondersteun. Te oordeel aan die resultate was daar 'n opgewondenheid te bespeur en 'n opregte belangstelling in die moontlike implementering van so 'n bediening. Dit blyk dus uit die navorsing dat daar nie net konsensus is oor die behoefte aan 'n welheidsbediening nie, maar ook dat pastore se insette en betrokkenheid van deurslaggewende belang is. Welheid is 'n lewenslange proses wat van die mens vereis om keuses uit te oefen wat 'n welheidslewenswyse kan ondersteun. In hierdie proses kan die pastoor 'n belangrike rol speel, in die sin dat hy/sy deur middel van 'n welheidsbediening 'n welheidsbewussyn skep om sodoende 'n kultuur van welheid te vestig. Hierdie bediening bied 'n ideale geleentheid aan lidmate om met die Godgegewe gawes dienswerk te doen in God se koninkryk. 'n Belangrike aspek van 'n welheidsbediening is ook dat God se liefde gedemonstreer en ervaar kan word deur dienslewering. Deur 'n kultuur van welheid te skep sal holistiese, gesonde en gebalanseerde mense 'n waardevolle getuienis wees.

    Die finale slotsom van hierdie artikel is dus dat 'n welheidsbediening deur AGS-pastore in 'n stedelike konteks noodsaaklik is en dat dit prakties toegepas kan word, sodat die mens na welheid begelei kan word. Hierdie tipe welheidsbediening kan ook in ander Christelike kerke met vrug toegepas kan word.

     

    BIBLIOGRAFIE

    Babbie, E.R. & Mouton, J. 2001. The practice of social research. Cape Town: Oxford University Press.         [ Links ]

    Berg, B.L. 2007. Qualitative research methods for the social sciences. Boston, Massachusetts: Pearson Education.         [ Links ]

    Botha, P. 2001. Die kwalitatiewe onderhoud as data-insamelingstegniek: sterk en swak punte. Journal of family ecology and consumer sciences, (29):13-19.         [ Links ]

    Breakwell, G.M. 2003. Interviewing. In: G.M. Breakwell, S. Hammond & C. Fife-Schaw, C. (eds.), Research methods in psychology (London: Sage Publications), pp. 239-250.         [ Links ]

    Brink, H.I.L. 2001. Fundamentals of research methodology for nursing care professionals. Cape Town: Juta.         [ Links ]

    Burger, I.S. 1987. Geskiedenis van die Apostoliese Geloof Sending van Suid-Afrika: 1908-1958. Braamfontein: Evangeliese Uitgewers.         [ Links ]

    Burger, I & Nel, M. 2008. The fire falls in Africa. A history of the Apostolic Faith Mission of South Africa. Vereeniging : Christian Art.         [ Links ]

    Burns, N. & Grove, S. K. 1997. The practice of nursing research: Conduct, critique and utilisation. Philadelphia, Pennsylvania: WB Saunders.         [ Links ]

    China Daily, 2008. Employee wellness vital to firms. [Online] Retrieved from: http://www.china.org.cn/english/international/241671.htm [2008, 6 June]         [ Links ]

    Colbert, D. 2003. Deadly emotions. Understand the mind-body-spirit connection that can heal or destroy you. Nashville, Tennessee: Thomas Nelson Publishers.         [ Links ]

    Colbert, D. 2005. Stress less. Lake Mary, Florida: Siloam.         [ Links ]

    Crawford, S.Y. 2005. Pharmacists' roles in health promotion and disease prevention. American Journal of Pharmaceutical Education, 69(4) December:534-540.         [ Links ]

    Creswell, J. W. 1994. Research design: Qualitative and quantitative approaches. Thousand Oaks, California: Sage Publications.         [ Links ]

    Creswell, J. W. 1998. Qualitative inquiry and research design. Choosing among five traditions. Thousand Oaks, California: Sage Publications.         [ Links ]

    Denzin, N.K. & Lincoln, Y.S. 2003. The discipline and practice of qualitative research. In: N.K. Denzin & Y.S. Lincoln (eds.), The landscape of qualitative research (Thousand Oaks, California: Sage Publications), pp. 1-45.         [ Links ]

    Denzin, N.K. & Lincoln, Y.S. Eds. 2000. Handbook of qualitative research. California, Thousand Oaks: Sage Publications.         [ Links ]

    Dreyer, D. 2003. Leef jou gemeente regtig? Wellington: Lux Verbi.         [ Links ]

    Fouché, C.B. & De Vos, A.S. 2005. Problem formulation. In: A.S. De Vos (ed.), Research at grass roots: For the social sciences and human service professions (Pretoria: Van Schaik), pp. 100-110.         [ Links ]

    Froneman, S., Vorster, J.A. & Fourie, M. 2000. Uitkomsgebaseerde onderwys in die lig van moderniteit en postmoderniteit. Koers, 65:191-203.         [ Links ]

    Gaskell, G. 2000. Individual and group interviewing. In: M.W. Bauer & G. Gaskell (eds.), Qualitative researching with text, image and sound (London: Sage Publications), pp. 38-56.         [ Links ]

    Gouws, R.H. 2007. Vertaling van "wellness". Persoonlike e-pos kommunikasie, 30 Augustus 2007         [ Links ]

    Handleiding Vir Nagraadse Artikel: Hersien en Bygewerk. 2005. Potchefstroom: Noordwes - Universiteit.         [ Links ]

    Hat (Verklarende Handwoordeboek Van Die Afrikaanse Taal). 2005. Kaapstad: Maskew Miller Longman (Edms.) Bpk.         [ Links ]

    Hinz, M. & Hinz, J. 2004: Learn to Balance your life.Take control, find time, achieve your goals. London: Duncan Baird Publishers.         [ Links ]

    Hitchcock, G. & Hughes, D. 1995. Research and the Teacher. London: Routledge.         [ Links ]

    Jackson, D. 2007. Affordability is the buzz word. [Online] Retrieved from: http://www.thetimes.co.za/PrintEdition/BusinessTimes/Article.aspx?id=614970 [2009, 7 January]         [ Links ]

    Jakes, T.D. 2005. The Ten Commandments of Working in a Hostile Environment. New York, New York: The Berkley Publishing Group.         [ Links ]

    Janse Van Rensburg, J. 2000. The paradigm shift. An introduction to postmodern thought and its implications for theology. Pretoria: Van Schaik.         [ Links ]

    Janse Van Rensburg, J. 2007a. Navorsingsmetodologie (ongepubliseerde notas vir 'n werskwinkel by die Fakulteit Teologie van die NWU se Potchefstroomkampus, 9 Maart 2007).         [ Links ]

    Janse Van Rensburg, J. 2007b. Seminar on research methodology (unpublished notes for a seminar at the Faculty of Theology of the NWU's Potchefstroom Campus, 30-31 August 2007).         [ Links ]

    Janse Van Rensburg, J. 2009. Seminar on research methodology (unpublished notes for a seminar at the ATS in Auckland Park Faculty of Theology of the NWU's Potchefstroom Campus, 11 - 12 May 2009).         [ Links ]

    Kerlinger, N.F. 1986. Foundations of behavioural research. Chicago, Illinois: Holt, Rinehart and Winston.         [ Links ]

    Kickbusch, I. & Payne, L. 2003. Twenty-first century health promotion: the public health revolution meets the wellness revolution. Health Promotion International, 18(4) December: 275-278.         [ Links ]

    Kirsten, W. S.A. Health Promotion - An International Phenomenon. National Centre for Health Fitness American University [Online] Retrieved from: http://www.american.edu/academic.depts/cas/health/iihp/archives/pubsiihchinawolf2.html [2008, 15 May]         [ Links ].

    Krefting, L. 1991. Rigor in qualitative research: the assessment of trustworthiness. The American Journal of occupational therapy, 45(3): 214-222.         [ Links ]

    Kvale, S. 1996. Interviews: An Introduction to qualitative research interviewing. [Online] Retrieved from: http://www.inside-installations.org/OCMT/mydocs/Microsoft%20Word%20-%Booksummary_Intervies_SMAK_2.pdf [2009, 6 February]         [ Links ]

    Landgreen, M. 1999. Coca-Cola's Global Approach to Associate Employee Management. Health Promotion: Global Perspectives, 2(1) Mar/Apr:1-9.         [ Links ]

    Lincoln, I.S. & Guba, E.G. 1985. Naturalistic inquiry. Newbury Park, California: Sage Publications.         [ Links ]

    Lovell, L. 2009. Welheidsbediening deur AGS-pastore in 'n stedelike konteks: 'n Prakties-Teologiese artikel. Ongepubliseerde PhD verhandeling. Potchefstroom: Noordwes - Universiteit.         [ Links ]

    Mahlangu, D. & Mkhabela, M. 2008. Call for progress on better healthcare [Online] Retrieved form: http://www.thetimes.co.za/SpecialReports/Political/Article.aspx?id=678748 [2009, 7 January]         [ Links ]

    Maina, M. 2008. Wellness is now serious business. Fisha strikes it rich in fast-growing billion-dollar industry. The Times 6 October, p.14.         [ Links ]

    Mcmillan, J.H. & Schumacher, S. 2001. Research in education. A conceptual introduction. London: Longman.         [ Links ]

    Morse, J.M. & Field, P.A. 1996. Nursing research: The application of qualitative approaches. London: Chapman & Hall.         [ Links ]

    Mouton, J. 2001. How to succeed in your master's and doctoral articles: A South African guide and resource book. Pretoria: Van Schaik Publishers.         [ Links ]

    Mouton, J. & Marais, H.C. 1993. Basic concepts in the methodology of the social sciences. Pretoria: Human Science Research Council.         [ Links ]

    Neuman, W.L. 1997. Social research methods: qualitative and quantitative approaches. Boston, Massachusetts: Allyn and Bacon.         [ Links ]

    Omery, A. 1983. Phenomenology: a method of nursing research. Advances in nursing science, 5(2):49-63.         [ Links ]

    Pharos (Verklarende Afrikaanse Woordeboek). 2007. Kaapstad: Pharos Woordeboeke, 'n afdeling van NB-Uitgewers Beperk.         [ Links ]

    Pheiffer, F. 2007. Vertaling van "Wellness". Persoonlike e-pos kommunikasie. 24 Augustus 2007.         [ Links ]

    Pilzer, P.Z. 2007. The new wellness revolution. How to make a fortune in the next trillion dollar industry. Hoboken, New Jersey: John Wiley & Sons.         [ Links ]

    Polit, D.F. & Beck, C.T. 2007. Nursing research: Generating and assessing evidence for nursing. Philadelphia, Pennsylvania: Lippincott Williams and Wilkins.         [ Links ]

    Polit, D.F. & Hungler, B.P. 1997. Essentials of nursing research - Methods, appraisal and utilization. Philadelphia, Pennsylvania: JB Lippincott.         [ Links ]

    Reuters, 2008. Davos provides platform for Humana to highlight prevention of chronic diseases. [Online] Retrieved from: http://www.reuters.com/article/pressRelease/idUS200262+23-Jan-2008+BW20080123 [2008, 6 June]         [ Links ].

    Rosnow, R.L. & RosenthaL, R. 1996. Beginning behavioural research. A conceptual primer. Upper Saddle River, New Jersey: Prentice-Hall.         [ Links ]

    Seidman, I. 1998. Interviewing as qualitative research: a guide for researchers in education and the social sciences. New York, New York: Teacher's College Press.         [ Links ]

    Smith, J.A. 2003: Qualitative psychology: A practical guide to research methods. London: Sage Publications.         [ Links ]

    Steyn, R.S. & Lotter, G.A. 2006. Voorhuwelikse verhoudings: 'n Verkennende kwalitatiewe empiriese ondersoek. Praktiese Teologie in Suid-Afrika, 21(1):104-120.         [ Links ]

    Terreblanche, M. & Durrheim, K. 1999. Research in practice: applied methods for the social sciences. Cape Town: University of Cape Town Press.         [ Links ]

    Van Aarde, A. 1995. Kerk en Teologie op pad na die derde millennium: 'n Paradigmatiese verskuiwing van middelmatige aard. Hervormde Teologiese Artikels, 51:13-38.         [ Links ]

    Van Der Spuy, M.A. 1985. Die spanning tussen vryheid en formalisering ten opsigte van die liturgiese verskuiwinge binne die Apostoliese Geloof Sending van Suid-Afrika. Ongepubliseerde Magister verhandeling. Pretoria: Universiteit van Suid-Afrika.         [ Links ]

    Visagie, J. 1996. Paradigma-verandering en die effek daarvan op die kerk. Acta Theologica 16(2):81-86.         [ Links ]

    Wadsworth, Y. 1997. Everyday evaluation on the run. Sydney: Alken.         [ Links ]

    Wilkinson, J. 2003. Direct observation. In G.M. Breakwell, S. Hammond & C. Fife-Schaw (eds.), Research methods in psycholog (London: Sage Publications), pp. 224-238.         [ Links ]

    Wilmovsky, B. 2006. Dream health. How to live a healthy, balanced life in an unbalanced world. Lake Mary, Florida: Siloam.         [ Links ]

    Wef (World Economic Forum). 2007. An ounce of prevention, a pound of certainty. [Online] Retrieved from: http://www.weforum.org/en/media/Latest%20Press%20Releases/An_Ounce_of_Prevention [2008, 6 June]         [ Links ]

    Wef (World Economic Forum). 2008. Working towards wellness: practical steps for CEO's. [Online] Retrieved from: http://www.weforum.org/pdf/Wellness/Practical_steps.pdf [2009, 6 January]         [ Links ]

    World Health organization/ World Economic Forum. 2008. Preventing noncommunicable diseases in the workplace through diet and physical activity : WHO/WEF report of a joint event [Online] Retrieved from: http://www.weforum.org/pdf/Wellness/WHOWEF_report.pdf [2009, 6 January]         [ Links ].

    World Heart Federation. 2007. Working towards wellness [Online] Retrieved from: http://www.worldheart.org/publications/heart-beat-e-newsletter/heart-beat-octobernovember-2007/in-thisissue/working-towards-wellness-in-china/ [ 2008, 6 June]         [ Links ].

    Wright, N.T. 1999. The Bible in the post modern world [Online] Retrieved from: http://www.biblicaltheology.ca/blue_files/The%20Bible%20for%20the%20Post%20Modern%20World.pdf [2008, 6 June]         [ Links ]