SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.30 número2Drome kan waar word índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Acta Theologica

versión On-line ISSN 2309-9089
versión impresa ISSN 1015-8758

Acta theol. vol.30 no.2 Bloemfontein dic. 2010

 

Huldigingswoord prof. J. Janse Van Rensburg

 

 

 

Die Fakulteit Teologie dra graag hierdie uitgawe van Acta Theologica op aan Prof. Johan Janse van Rensburg by sy aftrede as Hoogleraar en Departements-hoof van die Departement Praktiese Teologie aan die Fakulteit Teologie.

Johan Janse van Rensburg is op 21 Maart 1946 in Wepener gebore en matrikuleer in 1963 aan die Hoërskool Dundee. Hy behaal die BA Ad-missiegraad in 1966 aan die Universiteit van die Oranje Vrystaat waarna hy sy teologiese grade aan die Kweekskool by die Universiteit van Stellenbosch voortsit: 1969 B Th; 1972 M Th; en in 1979 D Th (US); gevolg deur nog twee doktorsgrade: 1982 (D Th - UOVS) en 1987 D Th (Unisa). Hy bedien drie gemeentes van die NG Kerk op voltydse basis voordat hy in 1994 aan ons Fakulteit aangestel word: Rosendal, Townsview (in Johannesburg) en Sasolburg-Fontein.

Met hierdie huldigingsbundel wil die Fakulteit vir Professor Van Rensburg dankie sê vir 'n groot verskeidenheid bydraes tot die Fakulteit: Op akademiese gebied het hy 'n stewige bydrae gelewer: nie minder nie as 9 monografieë en ongeveer 50 akademiese artikels! Hy het navorsing op 'n baie wye terrein binne die Praktiese Teologie gedoen, onder andere oor belangrike temas soos die belang van die verbond binne die Pastoraat; die paradigmaskuif modernisme-post-modernisme en die implikasies vir die Praktiese Teologie; die Okkulte; Christelike Leierskap; Homiletiek; Liturgiek; en Armoede en die pastoraat. Vir sy navorsing het hy erkenning van die NRF gekry, onder andere deur 'n NRF-gradering en befondsing vir verskeie navorsingsprojekte. Op nagraadse vlak het hy ook meer as sy deel gedoen: Hy het suksesvol opgetree as promotor vir 15 doktorale studente, tien Magisterstudente en nege Honneursstudente. Hy is tans nog besig om 'n hele paar te begelei. Vanweë die aard van sy vakgebied het hy deur die navorsing wat hierdie studente gedoen het, 'n direkte invloed op die hart van verskeie kerklike denominasies uitgeoefen, naamlik op die praktiese bedieningspraktyk.

Ná Prof. Kobus Kellerman se aftrede het die mantel van departements-hoofskap op sy skouers geval - glad nie 'n maklike taak nie: dit is die grootste departement binne die Fakulteit; het die meeste nagraadse studente en ook by verre die grootste aantal deeltydse dosente wat bestuur moes word. Dit het baie van sy tyd in beslag geneem. Ten spyte hiervan het hy ook nog 'n belangrike rol binne die NG Kerk gespeel: vanaf 1996 is hy deeltydse leraar by die NG Gemeente Andrew Murray waar hy al die normale take van 'n dominee behartig. Hy het verder op talle kerklike kommissies gedien: Hy is gedurende 2009 verkies tot assessor van die OVS Sinode; en was ook vroeër aktuarius van hierdie Sinode. Hy het onder andere ook op die volgende kerklike kommissies gedien: skriba van die Sinodale Kerkregkommissie, skriba van SKLAS; lid van die Algemene Jeugkommissie; lid van die OVS se Finansiële Kommissie; lid van die Algemene Regskommissie, vise-voorsitter van die Algemene Kommissie wat Kategese handboeke herskryf het en lid van die OVS Eredienskommissie. Hy het ook meer as 40 populêre artikels oor kerklike aangeleenthede geskryf. Afgesien van al hierdie aktiwiteite het hy iewers nog ook tyd gevind om homself te vestig as 'n gerekende skilder met verskeie plaaslike en internasionale tentoonstellings!

Vir al hierdie bydraes en nog baie ander oor 'n tydperk van 15 jaar wil die Fakulteit Teologie Prof. Van Rensburg graag met hierdie bundel bedank.

Prof Francois Tolmie

Dekaan: Fakulteit Teologie

Universiteit van die Vrystaatt

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons