SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.29 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Acta Theologica

On-line version ISSN 2309-9089
Print version ISSN 1015-8758

Acta theol. vol.29 n.2 Bloemfontein Dec. 2009

 

Een van die geringste dienaars van sy heer

 

 

S.J.P.K. Riekert

 

 

1. OORSIG

Gelukkig hoef 'n Christen nie belangrik te wees nie. Hy kan maar gering wees voor God en die mense! Daarom het hy homself nooit anders gesien as 'n geringe dienaar van sy Heer nie! Dit het nie saak gemaak waar die beskikking van die Here hom gebring het nie, of watter fase hy betree het nie. Hy was dwarsdeur sy lewe onvermoeid betrokke by die verkondiging van die evangelie aan groepe en individue wat nie so bevoorreg was om soos hy onder die geklank van die Woord te lewe nie.

 

2. MISSIONARIS, OF AS U WIL, SENDELING

Reeds op skool het hy gehelp met sendingwerk en het hy ook begin Tswana leer. 'n Keer of twee moes hy ook Tswana gebruik om die Woord te verkondig. In sy B.A.-jare het hy Sotho geleer en betrokke gewees by die studentesend-ingvereniging. Sy betrokkenheid is voortgesit in die vier jaar toe hy deeltyds klasgegee het en Honneursgrade in albei die Bybeltale verwerf het. Hy het vir die grootste deel van sy eerste verblyf op Kovsies op die sendingbestuur gedien.

Op Stellenbosch het hy ingeskakel by die werksaamhede van die T.S.S.V. (Teologiese Studente Sendingvereniging) en het een jaar as voorsitter gedien.

In Bloemfontein het hy sy skakeling met sendingwerk behou, veral op kerkraadsvlak en ringsvlak en besonderlik met die skakeling met Wildevygemeente in die Grootfonteingebied van Namibië.

 

3. AKADEMIE

3.1 Skoolopleiding

Laerskool Seoding Hoërskool Kalahari, voltooi Senior Sertifikaat met matrikulasievrystelling.

3.2 Naskoolse opleiding

1966: BA UOVS

1986: BA Hons (Semitiese Tale) UOVS

1971: BA Hons (Grieks) UOVS

1974: BTh US

1974: MA (Semitiese Tale) US

1975: Lis in Teologie US

1976: Doktorale Eksamen Teologie OT US

1983: DTh (OT) UOVS

1996: MA (Grieks) UOVS

3.3 Aanstellings

1966-1971: Deeltydse dosent, Grieks en Hebreeus UOVS

1972-1974: Tegniese assistent Semitiese Tale US

1975-1978: Voltydse studie, ook in buiteland

1979: Senior Vakkundige beampte, Antieke Tale UOVS

1980-1986: Senior Lektor/Navorser Departement Grieks UOVS

1987-1990: Senior Lektor Bybelkunde UOVS

1991-1997: Medeprofessor Bybelkunde UOVS

1997-2000: Medeprofessor en Departementshoof.

2000-2004: Medeprofessor, Departementshoof en Programdirekteur

2004-2009: Professor, Departementshoof en Programdirekteur

3.4 Lidmaatskap

Klassieke Vereniging van SA, volle lid

OTWSA, volle lid

NTWSA, volle lid

SA Vereniging vir Patristiese en Bisantynse studies, volle lid

Linguistiese vereniging van Suider-Afrika, volle lid

Suider-Afrikaanse Bybelkunde vereniging, volle lid

Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en kuns, volle lid

SAVSEM, volle lid

ASRSA, volle lid

3.5 Goddelike genade bring hom tot aan die einde

As 'n mens na sy curriculum vitae kyk is hy 'n doodgewone student en akademikus wat 45 jaar gelede as eerste jaar by die Universiteit van die Oranje-Vrystaat aangemeld het vir sy B.A. Admissie om hom te bekwaam as sendeling. Die Here beskik dit so dat hy 'n aanleg vir veral antieke tale het en die Nuwe-Testamentiese ontsluiting van die prediker uit die Ou Testament as teologiese stokperdjie het. Dit dui op 'n manier dan die eerste voltooide kring van areas aan waarin hy wens na sy aftrede hom besig te hou: om prakties betrokke te wees by die prediking veral om verantwoord Nuwe-Testamenties-Christologies die Ou Testament te ontsluit. Sedert sy studiejare onder prof. P.A. Verhoef was dit een van sy groot belangstellings.

Die tweede kring van areas waarmee hy hom sal besig hou, is bevestig met 'n tweede kring wat in sy lewe voltooi is: as u wil, student in Tuebingen 1976-7 en gas-professor in Wuerzburg 2009 wat hom toelê op die hermeneutiek van Hooglied en die vertaling daarvan veral in Afrikaans. Duitsland en Hoogliedstudies is onlosmaaklik in sy lewe verweef.

Binne hierdie tweede kring het die Goeie Vader ook 'n derde kring beskik: sy studie 33 jaar gelede in Duitsland was as ongetroude. Byna 30 jaar gelede het God beskik dat sy pad sou kruis met dié van Dorothy Mallandain. Hy het die ervaring gehad dat God as't ware met sy eie hand sy bruid en liefde na hom sou lei, en het hulle twee saam nou 'n wonderlike tyd van verryking gehad, as die nadering van sy aftrede, maar veral as 'n gesamentlike nadenke oor die sin van Hooglied, daar in Europa. By die laaste dosentebiduur by hul aan huis het hy vir sy kollegas gesê dat hy die Goeie Vader dank vir die rykdom in sy lewe wat nie rykdom is wat die belastinggaarder belas nie, maar die rykdom van 'n vervulde lewe vol van die vreugdes van die goeie gawes en 'n vervulde lewe wat God oor sy pad gebring het. Dit is louter genade soos hy vir die studente gesê het, by die laaste biduur wat hy vir die studente gelei het. Daarom, al sou niemand meer weet dat sy voetstappe deur die Universiteit van die Vrystaat gegaan het nie, staan hy nog steeds vol dankbaarheid dat God hom gelei en gebring het waar sekere mense hom nie wou gehad het nie.

Dit bring ons by die vierde kring wat in sy lewe voltooi is: Sy aftrede by sy eerste alma mater as dosent in Religiekunde. Van admissiestudent deur studiejare en as deeltydse dosent in Hebreeus en Grieks, terug as navorser in die Ou Tale, dosent in Bybelkunde, dosent in Bybel- en Godsdienskunde, programdirekteur van teologiese kursusse met 'n einde as dosent in Religiekunde - vol jare - geseënde jare. Sy kontak met die studente het hy deur al die jare geniet, die vriendskap en broederskap met kollegas, die waardering en hartlikheid tussen hom en sy leermeesters waarvan al baie heengegaan het. 'n Vol lewe vir een van die geringste dienaars van sy Heer. Ruimte ontbreek om hieroor uit te wy.

 

4. KERKLIKE BETROKKENHEID

Kerkraadslid (Universitas, Stellenbosch-Sentraal, Bloemfontein-Wes, Universitasrif) en kerkraadskommissie-werk.

Tentmakerleraar by Universitasrif vanaf 1999.

Afgevaardigde na ringsvergaderinge van Bloemfontein 1985, Waterbron 1989-2008, na die Sinode OVS 1987; 1991, 1995 en 2005 en die Spesiale Sinode 98.

Lid van die Sinodale Kommissie Leer- en Aktuele sake en lid van 'n studiekommissie daarvan 1987-1991.

Lid van die Begeleidingskommissie, Fase I en vanaf 1996 Scriba daarvan tot Februarie 1999.

Dwarsdeur sy lewe was die Kerk die ruimte waarbinne hy wou werk en dit was hom gegun. In een opsig was hy in die koue gelaat: hy was vir 23 jaar 'n proponent, selfs as dosent onder toesig van die kuratorium. Selfs toe die Algemene Sinode op die tentmakersleraars besluit het en die koppeling van dosente aan gemeentes, en Proff. P.J. Strauss en S.A. Strauss dit as 'n weg vir hom aangewys het, was dit 'n baie moeilike pad. Hy het die indruk gekry dat dit makliker was vir leraars wat by Sanlam en Toyota hulle eerste beroep beoefen het as vir hom wat in die akademie gestaan het. Na baie moeite is hy eindelik toegelaat om as leraar van sy gemeente Universitasrif beroep te word en in 1999 georden en bevestig te word.

Sy dank aan die Goeie Vader, ds. W.A. Badenhorst en die Kerkraad dat hy ook hierdie kring wat naby aan sy hart gelê het, kon voltooi.

 

5. PUBLIKASIES

5.1 Referate gelewer

Die oudste referate wat hy by nasionale kongresse gelewer het, word nie by die titel genoem nie. Die eerste wat by die titel genoem word, is dié IAHR 2000, 'n internasionale kongres en dan vanaf 2003 al die kongresreferate.

1978: OTWSA

1980: NTWSA

1981: OTWSA

1982: NTWSA

1983: LVSA

1984: LVSA

1986:KVSA Colloquium

1987: NTWSA

1988: LVSA

1990: NTWSA

1990: Septuagintkongres

1995: KVSA

1997: LVSA-kongres

1997: SAPBSV

1998: SAVSEM

2000: IAHR Durban 5-12 Augustus 2000 Methodological notes on the religio-historical background of the New Testament: The Letter of Claudius to the Alexandrines as case study.

2002: SASNES

2002: ASRSA

2002: SAVPBS

2003: NTSSA congress held at University of Natal, Pietermaritzburg, 22-25 April

2003. Johannine studies and historical studies: The case of the grammatical case in the text of Revelations 4 and 5.

2003: ASRSA. The link between ancient Egyptian religion and early Christianity, Congress of the ASRSA, University of Botswana, Gaborone, 27-29 Augustus 2003.

2003: OTSSA. In search of the text of Micha 6:9-16. Arguing the case to go behind the MT and LXX, OTSSA Conference held at the University of the Free State, Bloemfontein, 2-4 September 2003.

2004: RAI50 - Fauna and flora in the cult-mythological interpretation of Canticles. 1-5 Augustus Skukuza, Nasionel Kruger Wildtuin.

2005: IAHR Tokyo Japan Maart 2005 Peace and war in Ancient Egypt

2005: SASNES Pietermaritzburg 19-23 September 2005 The role of the Pharaoh in war in ancient Egypt.

2005: ASRSA Maseru Lesotho 6-7 October 2005 War and hunting scenes on the temple walls of Ancient Egypt.

2006: Kongres oor Retoriek en Galasiërs, Bloemfontein 13-14 Maart 2006, A rhetorical approach to the analysis of Paul's statements about his relationship with the Jews/Jewish religion in the Letter to the Galatians?

2006: NTWSA, 18-21 April 2006 by Hammanskraal kampus UP, Variations in the use of Ps 2 in the New Testament.

2006: OTSSA, SASNES, 11-15 September 2006. UNISA Gender in Canticles. The lack of gender issues where one should expect them.

2006: Septuagint Kongres, 13 November 2006 by die Universiteit van Pretoria, The Preparatio evangelica in the so-called deutero-canonical books of the Septuagint corpus.

2007: International Conference on Religion and Development in Africa at the Benue State University, Makurdi in Nigeria 7-9 Maart 2007:

1. Old Egyptian religion and kingship in the time of Ramses II and modern ideas of development.

2. The Decalogue, our attitude towards possessions and a possible evaluation of development.

2007: IOSOT at Ljubljana in Slovenia (12-19 July 2007), The nature in Canticles: Poetic imagery or cultic background?

2007: SASNES 20-21 Augustus, Universiteit van Pretoria The nature scenes in Canticles: Poetic imagery or cultic references?

2008: ASRSA. The ancient fertility cults and nature images: Reading ancient love songs. 29-30 May 2008, Durban

2008: SASNES. Besinning oor en sistematisering van beslissings in die vertaling van Hooglied in Afrikaans. 8-9 September 2008, Universiteit van Namibië.

2008: SASNES. Do the ancient Egyptian temples provide information on a royal rite de passage at death? 8-9 September 2008, Universiteit van Namibië.

2008: Conference on Mission & Conversion: The missionary objective of conersion, the missiological outcome thereof, and the academic aim of religion studies: finding a place for all of them in the training of teachers and missionaries, 18-19 September 2008.

2009: SBL Rome 30 Junie tot 4 Julie 2009 Joüon 1909 Cantique des Cantiques. Commentaire philologique et exégetique. Reappraisal after a century?

5.2 Vollengte artikels

1975: Wat is betekenis? - 'n Kernvraag in die linguistiek. TCW 11:13-43.

1976: Broekpakke en langbroeke vir vroue en Deuteronomium 22:5. NGTT 17:224-241.

1977: Die sin van die erediens: 'n Eksegetiese en openbaringshistoriese studie van Psalm 84. NGTT 18:186-198.

1979: The struct patterns of the paronomastic and co-ordinated infinitives absolute in Genesis. Journal of Northwest Semitic Languages 7:69-83.

1981: Stilistiese moontlikhede en die werklike of vermeende teksprobleme in die proloog van Handelinge. NGTT 22:179-187.

1981: Critical research and the one christian canon comprising two Testaments. Neotestamentica 14:21-41.

1982: A few notes on the Tannaitic interpretation of Canticles. OTWSA 21:130-148.

1983: The narrative coherence of Matthew 26-8. Neotestamentica 16:118-136 (en die Griekse teks) Addendum Neotestamentica 16:53-74.

1983: Die infinitivus absolutus in Jeremia - 'n verkenning. Acta Academica 17:148-173.

1983: Some remarks on the stylistic relevance of the infinitive absolute. Acta Academica 17:174-192.

1985: Die GB-teorie en kasustoekenning in Nuwe-Testamentiese Grieks. Acta Academica Nuwe Reeks B 1985:23-63.

1986: Die verryking van ons taalkunde-insig in klassieke Hebreeus en die vertaling van die Ou Testament. NGTT 27:158-171.

1987: The co-ordinated structs of the infinitive absolute in Jeremiah and their bearing on the stylistics and authenticity of the Jeremianic corpus. Journal of Northwest Semitic Languages 13:97-107.

1987:Probleme en herbesinning in die soektog na 'n bevredigende leksikografiese paradigma van die betekenis van ra'ah. Acta Academica 22:128-138.

1988: Die identifisering van idiome vir die semantiese woordeboekprojek op die Ou Testament. SA Tydskrif vir Taalkunde 6:77-92.

1989: Die Nuwe Testament as bron vir die Hellenistiese geskiedenis - 'n onbenutte aanknopingspunt in onderrig? Akroterion 34:59-71.

1989: Kantaantekeninge by Hellenistiese tekste. 'n Pleitrede tot die daarstelling van 'n hulpmiddel tot bronnestudie van die Nuwe-Testamentiese agtergrond. Acta Theologica 9:31-42.

1992: Beslissings van 'n taalkundige aard in die semantiese woordeboekprojek op die Ou Testament. In: J.H. Barkhuizen, H.F. Stander en G.J. Swart (reds.) Hupomnèma. Feesbundel opgedra aan Prof. J.P. Louw. Pretoria: Departement Grieks, Universiteit van Pretoria 1992; pp. 195-202.

1993: Kasuskontrolering en twee Hellenistiese Tekste. S A Tydskrif vir Taal kunde Supplementum 18:64-77.

1995: Die brief van Claudius aan die Aleksandryne, Plond 1912 [vertaal en van kantaantekeninge voorsien]. In: A.W.G. Raath e.a. Pro lege, grege et rege Huldigingsbundel H.A. Wessels, 36-53.

1997: Tematiese rolle; vrye adjunkte en outo-tematiese kasus in Nuwe-Testamentiese Grieks. In: S.A. Linguistiek. Referate gelewer tydens die 33ste Jaarkongres van die Linguistevereniging van S.A. gehou aan die Universiteit van Natal (Durban) 2-4 Julie 1997, pp 324-347.

2002: Mede-outeur saam met Retief, F.P., Cilliers, J.F.G., Eunugs in die By bel. Acta Theologica 22(2):114-125.

2003: Grammatical case in the text of Revelation 4 and 5. Acta Theologica 23(2):183-200.

2004: Reconsidering prepositions and case assignment in the text of Revelation 4 and 5. HTS 60(1&2):349-367.

2004: Voorveronderstellings in die hantering van die verhouding tussen Ou en Nuwe Testament. 'n Beskrywing na aanleiding van Friedrich Baumgärtel van Friedrich Baumgärtel? Acta Theologica Supplementum 6:67-79.

2009: The missionary objective of conversion, the missiological outcome there-of, and the academic aim of religion studies: Finding a place for all of them in the training of teachers and missionaries. TCW spesiale uitgawe:101-116.

5.3 Populêr-wetenskaplike artikels

1967: Enkele opmerkings in verband met die aard van die Hebreeuse partisipia na aanleiding van hulle gebruik in Genesis 1-9. Shimla 1967:109-113.

1979: (Saam met P.J. Nel en A.H. Snyman) Verskillende wyses waarop na 'n teksteorie gesoek word en pogings om rekenskap te gee van die verhouding van linguistiek tot letterkunde. Studiebrief van Navorsingsprojek "ATW en Antieke Tekste" 1:31-47.

1980: Die debat oor die heuristiek in die SA diskoersanalise en die rol van die heuristiek in die taalkunde. Studiebrief 2:4-14.

1980: Wat wil De Pater en watter nut het sy uiteensettinge vir die SA diskoersanalise. Studiebrief 2:15-28.

1980: Wat wil Van Iersel met die strukturele teksanalises van Lukas 24:13-35. Studiebrief 2:29-47.

1981: Die gesag van die Bybel. Die Tussen Ons.

1981: Probleme rondom Kolonafbakening en kolaverbinding. Studiebrief 3:7-17.

1982: The passion and resurrection according to Matthew 26-28. An experiment in narrative discourse. Studiebrief 4:1-60.

1983: Grammatikale en taalkundige aantekeninge by diskoersanalises op antieke tekste. Studiebrief 5:29-39.

1983: Diskoersanalise - het dit 'n toekoms. Tokkelklok 1983:10-21.

1984: Oorweginge by die toekenning van die Genitief in Nuwe-Testamentiese Grieks. Studiebrief 6:18-37.

1984: Kantaantekeninge by die referaat "oorweginge by die toekenning van die genitief in Nuwe Testamentiese Grieks". Studiebrief 6:38-42.

1985: Vriende. 'n Paar flitse uit Spreuke oor vriendskapsverhoudinge. Ons Jeug April 1985.

1986: Revelation 4 and 5: A description of the structure of its semantic coherence. Studiebrief 8:30-37.

1988: Handelinge 1:1-8 (met klem op Hand 1:1-3 in die lig van Joh 16:7) (onder die rubriek Kerugmaties). Fax Theologica 8:65-79.

1989: Hoe lank hou God aan roep? Wanneer sal Hy ophou roep? Ons Jeug Maart 1989.

1998: Die verhouding skepping-skepper in Oud-Egiptiese beeldmateriaal (en in Job 9:6-9). Johannes Stegmann Kunsgallery Jaarverslag, pp 38-42.

5.4 Hoofstukke in boeke

1989-91: Bybelonderrighandleiding vir onderwysers in die OVS-Skole:

• Psalm 2

• Psalm 51

• Psalm 84

• Psalm 139

• Spreuke

• 1 en 2 Tessalonisense

• Hooglied

2003: Tien bydraes in Die Bybel en my Gemoed onder redaksie van Maretha Maartens.

5.5 Verhandelings en proefskrif

1974: 'n Kritiese ondersoek na en gebruik van die metodes van die Algemene Taalwetenskap in 'n struktureel-taalkundige analise van die sogenaamde Infinitvus Absolutus in die boek Genesis.

1983: The importance of the Canon as context for the interpretation of Canticles. A study of the relationship between the literary view and the Canonical justification according to the main theories concerning the interpretation of Canticles.

1996: Die beskrywing van kasustoekenning in Openbaring 4 en 5 volgens die GB-teorie as alternatief vir die tradisionele beskrywing van die sintaksis van die naamvalle.

5.6 Werk aan nog publikasies

Die laaste sirkel is nog nie voltooi nie. Sedert sy jaar van verpligte militêre opleiding in 1963 het hy 'n gesondheidsprobleem ontwikkel wat hom voor baie uitdagings gestel het, veral ten opsigte van publikasies. Spasmas het hom begin pla. Dit is in sy tweede studiejaar op Universiteit vererger waarna die spesialis hom met 'n spier- en senuweediskoördinasie gediagnoseer het. Sy poging om 'n tikmasjien en later rekenaar te gebruik, het voor dieselfde probleem gestuit. Die geneesheer het geadviseer dat hy met sy linkerhand skryf. Hierdie advies is gevolg en so kon hy sy tesis, twee magistergrade, artikels, ens. skryf en hoop hy om nog aan te hou met bydraes op veral Hooglied. Eendag sal ook hierdie sirkel voltooi word.

 

 

Prof. Fanie Riekert, Departement Religiekunde, Universiteit van die Vrystaat, Bloemfontein. E-pos: RiekertS.rd@ufs.ac.za.

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License