SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.73 issue5  suppl.11 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


HTS Theological Studies

On-line version ISSN 2072-8050
Print version ISSN 0259-9422

Herv. teol. stud. vol.73 n.5 suppl.11 Pretoria  2017

http://dx.doi.org/10.4102/hts.v73i5.4563 

HOOFSTUK 7

 

Verskuiwing van teologiese denke oor die huwelik vanaf Luther tot vandag

 

 

Annelie Botha

Department of Practical Theology, Faculty of Theology, University of Pretoria South Africa

 

 


OPSOMMING

In hierdie hoofstuk word Luther se teologiese denke oor die huwelik en seksualiteit bespreek. Luther se invloed op teologiese denke oor die huwelik word aangetoon. Die hoofstuk wys daarop dat sedert Luther tot vandag, seksuele verskille 'n belangrike kwessie is wanneer daar vanuit 'n teologiese perspektief oor die huwelk nagedink word. 'n Hermeneutiek van suspisie word gebruik om die skeppingsorde teologie sowel as die begrip 'mens as geskape na die beeld van God', wat tradisioneel gebruik word in die nadenke oor die huwelik, te interpreteer.


 

 

Inleiding

In hierdie bydrae word 'n oorsig gegee van Martin Luther se teologiese denke oor die huwelik, wat insluit sy nadenke ten opsigte van seksualiteit. Die invloed van Luther se teologiese denke oor die huwelik op latere reformatoriese teoloë word aangetoon. Hierdie bydrae toon aan dat sedert Luther tot vandag seksuele verskille, en die klem op die 'teenoorgestelde' nature van mans en vroue (kyk Dreyer 2000:956), 'n belangrike kwessie is wanneer die huwelik bespreek word vanuit 'n teologiese perspektief. Wanneer daar teologies oor die huwelik nagedink word, word die skeppingsordeteologie en die tradisionele begrip 'mens as geskape na die beeld van God' dikwels ingespan om 'n spesifieke manier van dink oor die rol van die huwelik asook die rolle van vrou en man in die huwelik te regverdig.

In hierdie hoofstuk word daar krities gekyk na die verskuiwing van teologiese nadenke oor die huwelik vanaf Martin Luther tot vandag; vir hierdie kritiese kyk word daar 'n hermeneutiek van suspisie gekies, wat by implikasie ideologies krities is. Die hermeneutiek van suspisie sluit in dat daar vanuit 'n feministies kritiese teologie van bevryding na die verskuiwing van teologiese denke oor die huwelik gekyk word.

Die hoofstuk wil die vraag op die tafel plaas of daar in die afgelope 500 jaar 'n verskuiwing plaasgevind het vanaf teologiese nadenke oor die huwelik na ideologieë oor die huwelik. Teologiese nadenke oor die huwelik wat ideologieë word, het gevolge vir die definiëring van verhoudings asook oor hoe daar omgegaan word met diversiteit ten opsigte van seksualiteit. Idees word ideologieë (dit word samehangende, herhaalde patrone) deur die subjektiewe deurlopende keuses wat mense maak, wat dien as die saad waaruit verdere denke groei. Michael Freeden (2006) verstaan die ideologieë soos volg:

[T]hey [ideologies] are human and social products that bind together views of the world - in the most general sense, a' la Mannheim, a political Weltanschauung - and enable collective action in furthering or impeding the goals of a society. (bl. 12)

Teologie word ideologie wanneer die premoderne waardesisteme en sosiale sisteme van die wêreld van die Bybel nie in aanmerking geneem word wanneer daar nagedink word oor die huwelik en die rolle van mans en vroue binne die huwelik nie, en daardie sisteme steeds as geldig voorgehou word vir die huwelik van vandag (vgl. Scott 1994:1). Mark Juergensmeyer (2008:20) verwoord sy verstaan van ideologie soos volg: '[T]here are significant structural and functional similarities between political and religious belief systems as both represent "ideologies of order" imparting coherence and authority on social life.'

 

Martin Luther en die huwelik

Dit wat Martin Luther (1483-1546) oor die huwelik geskryf het, word vervat in die publikasie van sy werke in die reeks Dr. Martin Luthers Werke: Kritische Gesamtausgabe, 1883 Weimar (WA). Die Engelse vertaling van sy werke Luther's Works (LW) verskyn die eerste keer in 1955 en is gepubliseer deur Concordia Publishing Company, Muhlenberg Press, Fortress Press en Augsburg Publishing Company (Karant-Nunn & Wiesner-Hanks 2003:3).

In hierdie hoofstuk word onder andere gebruik gemaak van die boek getiteld: Luther on women: A sourcebook (Karant-Nunn & Wiesner-Hanks 2003) waarin dit wat Luther oor vroue, die huwelik en seksualiteit geskryf het, vertaal en saamgebind is. Die tekste wat gebruik is vir die samestelling van die boek, is aanhalings of vertalings uit bogenoemde werke van Luther. Die boek bevat preke, tafelgesprekke asook lesings wat deur Luther gehou is oor die onderwerp van die huwelik, die rol van vroue in die huwelik, asook die rol van vroue in die Ou en Nuwe Testament ensvoorts. In die eerste deel van die hoofstuk word gefokus op Luther se uitsprake oor die huwelik, die rol van vroue en mans in die huwelik, asook sy siening oor die rol van vroue binne die skepping.

 

Die huwelik

Luther is in sy teologiese denke sterk beïnvloed deur Augustinus (vgl. Buitendag 2007:447), ook ten opsigte van dit wat hy van die huwelik sê. Augustinus se teologie van die huwelik is gebaseer op sy verstaan van die skepping van man en vrou in die boek Genesis. Augustinus meen dat die waarde van die huwelik daarin gesetel is dat die doel van die huwelik prokreasie, getrouheid (fidelity) en sakrament (sacrament) is.

Prokreasie sou hiervolgens die sondige begeertes neutraliseer, getrouheid sou 'n dimensie van liefde uitdruk en die sakrament, dui op die permanensie van die huwelik van twee persone wat hulle getrouheid aan mekaar voor God beloof (Buitendag 2007:448).

In 'n huwelikspreek wat Luther in 1519 lewer stem dit wat hy sê grootliks ooreen met Augustinus se siening ten opsigte van die huwelik. Luther beskou hier die huwelik nog as 'n sakrament (WA II, bl. 166-171 in Karant-Nunn & Wiesner-Hanks 2003):

The doctors [of the church] have found three good things and uses in the marital state, by means of which sinful desire (with which it [marriage] is permeated) may be compensated for and not damning. First of all, that it is a sacrament. Secondly, that it is a union of faith. That is the basis and the entire existence of marriage, that one gives oneself to the other and promises to be faithful [...]. Thirdly, in order to produce offspring, for that is the end and chief duty of marriage. (bl. 91)

In Luther se werk, The Babylonian captivity of the Church (1520) (LW 32, 1999b:17) bevraagteken hy vir die eerste keer die sewe sakramente van die Rooms-Katolieke Kerk in die van die sakrament wat verlossing bring nie, maar die geloof wat daarmee gepaard gaan. openbaar. In hierdie dokument bevraagteken Luther ook die huwelik as sakrament. Dit het behels dat Luther die huwelik wou bevry van die waardes wat die Rooms-Katolieke Kerk daaraan geheg het. Volgens Luther was dit nie die meganiese werking (LW 36, 1999c):

Nowhere do we read that the man who marries a wife receives any grace of God. There is not even a divinely instituted sign in marriage, nor do we read anywhere that marriage was instituted by God to be a sign of anything. To be sure, whatever takes place in a visible manner can be understood as a figure or allegory of something invisible. But figures or allegories are not sacraments, in the sense in which we use the term. (bl. 92)

Volgens Buitendag (2007:446) het Luther die huwelik gedesakramentaliseer en dit geplaas binne die sfeer van die wêreld en ook binne die netwerk van verhoudings (analogia relationis). Hoewel Luther die huwelik gedesakramentaliseer het, het hy Augustinus se beklemtoning van seksuele verskille behou as deel van die skeppingsorde (kyk Robberts 2007:39-77; vgl. Dreyer, Y. 2008:518). Lesings wat Luther in 1535 aanbied oor Genesis 1:26 toon hoe Luther die verskil tussen man en vrou verstaan (LW 1, 1999a bl. 66-69; in Karant-Nunn & Wiesner-Hanks 2003):

[D]it lyk of die vrou 'n ietwat ander wese is as die man, omdat sy nie dieselfde liggaamsdele het nie en 'n natuur het wat swakker is. Alhoewel Eva 'n mees buitengewone wese is - soortgelyk aan Adam so ver as die beeld van God betref, dit wil sê in geregtigheid, wysheid en geluk - het sy nietemin 'n vrou gebly. Net soos die son meer werd is as die maan (hoewel die maan ook 'n buitengewone hemelliggaam is), is die vrou, hoewel sy een van die mooiste werke van God is, nogtans nie die gelyke van die man in heerlikheid en waardigheid nie. (bl. 25, outeur se vertaling)

'n Preek wat Luther lewer tydens die huwelikseremonie van Sigmund von Lindenau in Merseburg in 1745 bevestig sy siening dat die huwelik deel is van God se skeppingsorde, dit wil sê 'n instelling van God is (WA XLIX, bl. 798-803, in Karant-Nunn & WiesnerHanks 2003):

The almighty, eternal God, Creator of all things, who first created and ordained little men and little women for marriage - He also created us [...].It is sufficient for us to know that God sees us together with His only Son our Lord Jesus Christ, who sits at the right hand of God and is Lord of all, as He ordained the wedded estate, set us in it, and presides over it until the Last Day. (bl. 98)

Volgens Luther het God die huwelik ingestel as God se eerste verordening (erstes Gut) toe God vir Eva uit Adam se rib geskep het en haar na hom toe gebring het. Dit is die eerste huwelik. Ten einde die voortbestaan van die mens te verseker, het God na die sondeval, in Adam en Eva en hulle nageslag die seksuele begeerte gewek. Bevrediging van hierdie begeerte sou volgens Luther slegs binne die huwelik plaasvind en ter wille van die voortbring van kinders (Karant-Nunn & Wiesner-Hanks 2003:88).

Buitendag (2007:447) stel: 'Luther understood marriage as a triadic relationship, with God as the reference point of meaning.. Die manier waarop God die skepping onderhou is deur die huwelik. Op grond van Luther se eksegese van Genesis 45:19 en volgens sy klassifikasie van die Tien Gebooie is die doel van die huwelik om kinders voort te bring en om die kinders volgens God se wil groot te maak (LW 44, 1999d:11-12; vgl. Buitendag 2007:453).

Luther sien die huwelik as simbool vir Christus se liefde vir die kerk. Hy gebruik die metafoor kerk as bruid van Christus om sy verstaan van die verhouding tussen Christus en die kerk te verduidelik. Hierdie metafoor word ook gebruik om sy siening ten opsigte van die verhouding tussen man en vrou in die huwelik te belig. Die huwelik word gesien as 'n een word van die goddelike natuur met die menslike natuur, soos ervaar deur die liefde wat Christus aan mense bewys. Net soos die bruid lief is vir die bruidegom, so het Christus ons lief en ons Hom. (WA X/3, bl. 415-416 in Karant-Nunn & Wiesner-Hanks 2003:92). Die een word (sie werden sein ein Fleisch) van man en vrou (Gen 2:24) word verstaan as een in gees, dit sluit in een huis, een familie. Die bruid moet alles wat in en met die ein Fleisch gebeur aanvaar (WA XIV, bl. 141 in Karant-Nunn & Wiesner-Hanks 2003):

And you will be under the power of the man, etc. That is, you will not live in accordance with your own "will as you properly did before the Fall; you shall no longer follow your own will. It was possible before the Fall to be with the man or not. Now she ought to remain with her husband. She must accompany him wherever he wants to go. Now we see that the woman is not able to be without the man. Wherever the man dwells the woman has to dwell too; the wife follows her husband wherever he may go. And beyond this, she is obligated to submit to the man; authority pertains to the husband in all the matters of this life. (bl. 93)

Luther sien die huwelik steeds as 'n geneesmiddel (remedy) teen die sonde en as die roeping van elke gelowige (kyk Lazareth 1994:238-249). Luther is van mening dat God op 'n dubbele manier oor die wêreld regeer te wete die geestelike koninkryk en die aardse koninkryk: 'For this reason God has ordained two governments: the spiritual, by which the Holy Spirit produces Christians and righteous people under Christ; and the temporal, which restrains the unchristian (LW 45, 1999e:1). Dit impliseer dat God twee soorte wette bepaal het, naamlik die geestelike wette wat geregtigheid leer en 'n geestelike koninkryk vestig waarin die gelowiges leef en dan weer die wêreldse wette vir diegene wat nie in staat is om die geestelike wette te onderhou nie. Dit word toegepas op owerspel. Matteus 5:32 word so geïnterpreteer dat dit val onder die wêreld se wette (kyk Buitendag 2007:452). Vir Luther is die huwelik 'n saak van die wet en nie die evangelie nie. Die huwelik word beskou as God se manier om die mense te verskans teen die sonde en is nie 'n weg tot verlossing nie, dit is wel 'n skeppingsordonnansie (kyk Althaus 1965:91).

Luther het sterk standpunt ingeneem teen egskeiding. In sy The estate of Marriage, 1522 (LW XLV, bl. 17-49 in Karant-Nunn & Wiesner-Hanks 2003:103-105), lys Luther vier redes op grond waarvan mens mag skei: 'Thefirst [...], is the situation in which the husband or wife is not equipped for marriage because of bodily or natural deficiencies of any sort! Hier gaan dit oor die opdrag van voortplanting. Indien die man of die vrou om een of ander rede nie kinders kan voortbring nie, is dit rede vir egskeiding. Die tweede gronde vir egskeiding is owerspel. Luther interpreteer die uitsprake van Jesus in Matteus 19:1-9 volg (LW XLV, bl. 17-49 in Karant-Nunn & Wiesner-Hanks 2003).

Here you see that in the case of adultery Christ permits the divorce of husband and wife, so that the innocent person may remarry. For in saying that he commits adultery who marries another after divorcing his wife, 'except for unchastity', Christ is making it quite clear that he who divorces his wife on account of unchastity and then marries another does not commit adultery [...]. (bl.104)

Luther vra en antwoord die vraag wat met die persoon wat owerspel gepleeg het, moet gebeur as volg (LW XLV, bl. 17-49 in Karant-Nunn & Wiesner-Hanks 2003):

What is to become of the other (the guilty party) if he too is perhaps unable to lead a chaste life? Answer: It was for this reason that God commanded in the law (Deut 22:22-24) that the adulterers be stoned [...]. Where the government is negligent and lax, however, and fails to inflict the death penalty, the adulterer may betake himself to a far country and there remarry [...]. But it would be better to put him to death, lest a bad example be set [...]. (bl. 105)

Die derde voorwaarde vir egskeiding is wanneer een van die partye in die huwelik weier om hulle huweliks pligte (conjugal duty) na te kom. Die vierde rede wat aangevoer word vir egskeiding is wanneer 'n man en 'n vrou vir ander redes as reeds genoem nie saam met mekaar kan bly nie, hiervoor verwys Luther na 1 Korintiërs 7 waar Paulus sê:

Die getroudes beveel ek - nee, nie ek nie, maar die Here - dat die vrou nie van haar man mag skei nie. As sy tog skei, moet sy daarna ongetroud bly of haar met haar man versoen. Net so mag 'n man ook nie van sy vrou skei nie. (v. 10-11)

In Luther se werke getiteld: The estate of marriage (1522) (LW 1999g) en On marriage matters (LW 1999h) word die kerklike karakter van die huwelik afgewys (declericalisation), die huwelik gesekulariseer, deur die huwelik van die sakramentele karakter wat deur die Rooms-Katolieke Kerk toegeken is te ontneem. Luther verklaar die huwelik tot skeppingsordinansie. Luther se huweliksetiek het met die verloop van tyd ontwikkel totdat hy die huwelik beskou het as deel van die vrugte van die Gees binne die sosiale ordes. Die huwelik is as heilig beskou en is een van die hoekstene vir die verstaan van Luther se teologie (kyk Buitendag 2007:455).

Teologiese denke oor die huwelik het dikwels gefokus op die verstaan van die gebod, 'jy mag nie egbreuk pleeg nie' (Eks 20:18). Vir Luther het die verstaan van die huwelik ook die gebod: 'Eer jou vader en jou moeder, soos die Here jou God jou beveel het [...] (Eks 20:16) ingesluit (Buitendag 2007:452). Die huwelik is vir Luther 'n instelling wat tot die wêreld behoort maar ook heilig is. Dit is nie 'n sakrament nie, maar 'n wêreldse instelling, maar dit is heilig omdat dit 'n skeppingsordinansie is wat deur God ingestel is.

 

Luther oor vroue

Luther se kommentaar op Genesis toon sy oortuiging dat vroue onderdanig aan hulle mans moet wees as direkte gevolg van vroue se rol in die sondeval (Karant-Nunn & Wiesner-Hanks 2003:15). Hoewel Luther die idees van Aristoteles verwerp het, het hy tog die Griekse filosoof se idee dat vroue se swakker natuur deel is van hulle wese aanvaar. In Luther se preek uit Genesis, beskou hy Eva as die swakker geslag, die een wat swakker van natuur is, daarom het die slang haar genader en nie vir Adam nie (WA, XXIV, 76-81 in Karant-Nunn & Wiesner-Hanks 2003:15; vgl. Dreyer 2000:951).

Luther ontken nie Adam se aandeel in die sondeval nie maar stel dit as volg (WA, XXIV, bl. 76-81 in Karant-Nunn & Wiesner-Hanks 2003):

Adam, Paul says, was not seduced but rather the woman. But because he also transgresses, he makes the sin all the heavier and more gruesome. She was a fool, easy to lead astray, did not know any better. But he had God's word before him. He knew it well and should have punished her. But he stands there, looks on, and eats too, wantonly giving his consent to the devil's advice. (bl. 21)

In een van Luther se preke (1527) uit Genesis 2:18-20, is hy van mening dat vroue geskep is vir geen ander doel as om die man te dien en om die man se assistent in die voortbring van kinders te wees nie (WA XXIV, bl. 78-81 in Karant-Nunn & Wiesner-Hanks 2003:18). Die vrou word beveel om haarself te verootmoedig voor haar man. Dit beteken dat sy nie kan lewe soos sy wil nie. Die vrou mag niks doen sonder haar man nie (W I, 1 bl. 69 in Karant-Nunn & Wiesner-Hanks 2003):

In the household the wife is a partner in the management and has a common interest in the children and the property, and yet there is a great difference between the sexes. (bl. 26)

Die vroulike geslag word as minderwaardig beskou teenoor die manlike geslag.

Just as in all the rest of nature the strength of the male surpass that of the other sex, so also in the perfect nature the male somewhat excelled the female. (bl. 27)

Na Luther en na die Reformasie

Voor die Reformasie is die huwelik gereken as 'n 'Remedy for lust and desire (Schüssler Fiorenza 1991:316). Seksuele genot is beskou as 'n sonde en daarom het die huwelik verlossing en bevryding gebring van hierdie sonde. Sedert die Reformasie het daar 'n verskuiwing plaas gevind ten opsigte van denke oor die aanvaarbaarheid van seksuele genot, dit was na die Reformasie aanvaarbaar maar net binne die huwelik. Die huwelik moes as 'n kontrole middel dien vir seks en seksualiteit.

Johannes Calvyn het sy leerstelling oor die verbond gebruik in sy nadenke oor die huwelik en familie. God se verbondsverhouding met Israel is gebruik as analogie vir die verhouding tussen man en vrou. Die vertikale verhouding tussen God en mens het die voorbeeld geword vir die horisontale verhouding tussen man en vrou (Witte 2009:456-457). Die huweliksverbond is vir Calvyn gebaseer op die skeppingsorde en die orde en wette van die natuur. Die huwelik bind man en vrou saam tot een liggaam en een gees. Daar word spesifieke pligte en verskillende outoriteite aan man en vrou toe geken. Volgens Calvyn het God die man aangewys as die hoof van die vrou (CO 10/1:239-241; CO 10/2:258 in Witte 2009:458). In Calvyn se kommentaar op Genesis 2:18 stel hy dat die vrou geskep is as 'n hulp vir die man. Dit is 'n goddelike skeppingsopdrag dat die man in eerbied sal opkyk na God en dat die vrou die man se getroue assistent sal wees (CO 10/1:239-241 in Witte 2009:458). Calvyn het die huwelik beskou as 'n heteroseksuele monogame lewenslange verbintenis tussen 'n man en 'n vrou, wat die fisiese kapasiteit en natuurlike neiging het om in liefde te verenig (Witte 2009:458).

Volgens Mary Potter (1986:738) het Calvyn 'n 'perspectival approach' benut wanneer dit oor die rol en plek van vroue gaan. Hierdie benadering behels dat Calvyn wanneer hy oor die gelykheid van vroue (gender equality) praat die benadering van cognitio Dei (knowledge of God) toegepas het, maar wanneer hy die gender hiërargie wou handhaaf tussen mans en vroue het hy gebruik gemaak van die cognitio hominis (knowledge of humankind) benadering (kyk Potter 1986:725-739).

From the absolute perspective of cognitio dei, all citizens in society and all members of the ecclesiastical society are equal. From the relative perspective of cognitio hominis, however, all persons appear as inferior or superior to one another according to a clearly specified ordained hierarchy. The two perspectives exist side by side in his thought. (bl. 732)

In navolging van Calvyn het Christene hoewel hulle die radikale spirituele gelykheid van mans en vroue erken het, steeds voortgegaan en die 'natuurlike orde' van vroue wat onderdanig moet wees aan die man, in die kerk en samelewing gehandhaaf.

Emil Brunner het die klassieke Protestantse tradisie om die teologie van die huwelik en familie te baseer op die skeppingsordes en die verskille tussen man en vrou, gehandhaaf (Brunner [1939] 1978:329; vgl. Browning 2007:loc. 4016). Brunner ontwikkel 'n theologia naturalis wat bepalend is vir sy verstaan van analogia relationis. Die skeppingsorde word gereken as 'n natuurlike instrument waarmee mense in verhoudings met mekaar geplaas word. Natuurlike liefde is vir Brunner ([1939] 1978:330-334) monisties en gerig op die teenoorgestelde geslag. Brunner se konsep van die verhouding tussen die geslagte is die van komplementariteit. Hy erken vroue se reg op meer outonomie en persoonlike ontwikkeling, maar hy wil steeds sien dat vroue hulle tradisionele rolle ten opsigte van hulle mans nakom (Dreyer 2000:960). Hy hoop dat vroue hulle ware vroulike natuur sal verstaan en hulle rol sal opneem om mans te ondersteun, sodat mans hulle volle manlike self kan wees (kyk Brunner 1952:55-68).

Karl Barth (2004:313, CD III.2.313) beskou Efesiërs 5:22-23 as die locus classicus vir die verhouding tussen man en vrou. In die genoemde skrifgedeelte word die verhouding tussen man en vrou direk in verband gebring met die verhouding van Christus met die geloofsgemeenskap (kyk Dreyer 2007:1515). Barth (2004) stel dit soos volg:

From it [Ephesians] we can survey the whole landscape which we have traversed: the New Testament relationship of man and woman in the light of the relationship between Christ and the community, and conversely the elucidation of the relationship between Christ and his people by the reference to the man-woman relationship. (bl. 313, CD III.2)

Klem word hier geplaas op die onderdanigheid van vroue. In haar onderdanigheid verteenwoordig die vrou die posisie van die kerk in verhouding tot God. Die posisie van vroue en mans in hulle verhoudings en ook die verhouding tussen Christus en die kerk word deur Barth (2004) verbind aan Genesis 2:18-25:

For creation of man and for this climax, for this form of humanity [as male and female] the normative pattern, the basic decree and plan of all plans of God is 'Christ and the community.' This stands inaccessibly before and above the copy of man and woman. Man-woman relationship is a little 'copy' of the relationship between Christ an the Church. (bl. 315-316, CD III.2)

Hierdie uitleg van die Efesiërs 5 teks word gekritiseer deur Buitendag (2007:459), hy beskou die uitleg as die 'poorest exegetical exercise in his [Barth's] entire kirchliche Dogmatik.'

Barth se verstaan van die huwelik en die rol wat hy aan mans en vrou toeken in die skepping, het as agtergrond en onderbou sy teologiese etiek, en in besonder sy etiek van die skepping waarvolgens God met die mens 'n verbond gesluit het tydens die skepping, wat deur Jesus herskep is. Vir Barth is daar 'n besondere klem op die mens as God se verbondspartner. 'Hy het die interpretasie van beeld van God as analogia relationis so ontwikkel dat die God-skepsel hiërargie die analogie geword het vir man-vrou verhoudings' (Dreyer 2000:960; vgl. Micks 1982:9-10). Die verhouding tussen God en mens bestaan vir Barth daarin dat die mens reageer op God wat die mens aanspreek. Volgens Karl Barth is die ondergeskiktheid van vroue aan mans deur God beskik tydens die skepping en onveranderlik en onomkeerbaar (Dreyer 2007:1498).

Barth meen dat vroue en mans gelyk is voor God in hulle aardse bestaan, maar dat man en vrou nie gelyk is in die funksies wat deur God aan hulle toegeken is nie. Dit is die funksie van die man om die leier te wees en die vrou se funksie is om ondergeskik en onderdanig te wees aan haar man (Botha & Dreyer 2007a:1255). Ford (1984:93) beskryf die implikasie van dit wat Barth sê soos volg: 'Barth has really only shifted his basis for patriarchal hierarchy from essence to function.' Rosemary Radford Ruether (1975) wys op die gevolge van so 'n interpretasie:

The analogy confines woman to only one type of personality development: Submission in relation to God, clergy, and husband. Men, on the other hand, are allowed to develop their personalities out of both sides of the analogy. They cultivate female traits in relation to God or divinely ordained authority figures over them but they can also cultivate the traits of lordship over women and children or servants, for whom they represent God's Word. (bl. 56)

Volgens Dawn de Vries (1989:182) doen Friedrich Schleiermacher ([1806] 1991) in sy werk Christmas Eve: A dialogue of the Incarnation, moeite om aan te toon dat vroue ook oor manlike kwaliteite kan beskik. Sy verduidelik dit soos volg:

In his vocabulary, 'masculine' and 'feminine' are not simply equivalent to qualities possessed by men and women, respectively [...] 'masculine' and 'feminine' seem to refer to ideal types of spiritual personality, which may be possessed by either women or men. (bl. 182)

De Vries (1989:182) is van mening dat dit nie Schleiermacher se doel is om 'n komplementariteit voor te stel waarin vroue bloot die religieuse kwaliteite waarin mans te kort skiet, voorsien nie, maar hy stel 'n soort androginie of mutualiteit voor waarin beide geslagte deelneem met al die kwaliteite soos gespesifiseer deur gender verskille.

In Schleiermacher se preek oor Efesiërs 5:22-31 sien 'n mens dat hy ten spyte van die belangrike bydrae gelewer ten opsigte van die kwaliteite wat aan vroue toegeken word, weer bevestig dat vroue se publieke invloed beperk behoort te wees tot die invloed wat hulle op hulle mans in die private domein van die huishouding het (De Vries 1989:171).

Schleiermacher (2012:131) beskou die huwelik as 'n heilige instelling van God. In Schleiermacher se uitleg van Efesiërs 5 neem hy in ag dat die konteks waarin die teks geskryf is anders is as die tyd waarin hy leef en dit daarom die interpretasie van die teks behoort te beïnvloed (Schleiermacher 2012):

[ T]his epistle was written in a time when the marriage union was only beginning to be understood as a union of holy love, and when women still had a much inferior position to men, therefore the language must be taken less exactly, and in a somewhat different meaning, so as to be adapted to present times [...]. Therefore let us rather try to penetrate still more deeply into the meaning of these words. (bl. 140)

Met die woorde is dit vir Schleiermacher (2012:140-142) moontlik om die teks: 'Vrouens wees aan julle mans onderdanig, net soos wat julle aan die Here onderdanig is (Ef 5:22)', anders uit te lê as wat tradisioneel die geval was. Vir hom is daar 'n verband met Genesis 2:24, '[d ]aarom sal 'n man sy pa en ma verlaat en saam met sy vrou lewe en hulle sal een word.' Schleiermacher (2012):

How clearly do these word, which describe the universal divine order, point to a power going forth from the feminine nature which take possession of and masters the man. As soon as a man is in a position to leave his father's house [...] he seeks for himself a wife [... ]. If he is to cleave to his wife, a power must proceed from her that keeps so firm hold of him that he feels every desire satisfied. (bl. 140)

Hierdie krag wat van die vrou uitgaan en die man bind is liefde want die man moet sy vrou liefhê soos wat Christus die kerk liefhet (Schleiermacher 2012):

The husband is to take this self-sacrificing love as his example, gladly returning from his wider circle in the busy world to the quiet of his fireside, there to share with the wife of his heart all that is purifying or elevating. (bl. 143)

Dit is op grond van hierdie ander manier van omgang met die teks en ander manier van dink oor die posisie van die vroue en sy fokus op die ervaring van die geloof, dat Schleiermacher deur sommige gesien word as die voorloper van die feministiese teologie (kyk Richardson 1991:182).

Die huwelik en seksualiteit in 'n postmoderne kerk

Vanaf die Bybelse tyd tot vandag is daar in die verkillende kontekste verskillende waardes aan die huwelik en seksualiteit toegeken. Die Bybel weerspieël die waardes van die pre-moderne wêreld waarbinne dit ontstaan het (Botha & Dreyer 2013:1). Hoewel Luther en die ander reformatoriese teoloë die huwelik bevry het van die sakramentele status wat daaraan toegeken is, kon hulle nie daarin slaag om in hulle verdere interpretasie van die tekste wat tradisioneel gebruik is om iets oor die huwelik te sê, die huwelik te bevry van die pre-moderne waardes wat daaraan toegeken is nie. Voorbeelde hiervan is wanneer die huwelik in die Bybel gebruik word as metafoor vir die verhouding tussen Jahwe en Israel (kyk o.a. Hos 1-2; Jer 2-3; Klaagl 1-2; Jes 50:1-3, Est 16:23; Nah 3:4-7; Mal 2:1116) en God en die kerk in die Nuwe Testament (kyk Batey 1961:22-24; Botha & Dreyer 2007a:1240) en die reformatore hierdie metafoor toepas op die verhouding van man en vrou binne die huwelik. 'n Verdere voorbeeld hiervan is die gebruik van die verbond tussen God en Israel as metafoor vir die verhouding tussen vrou en man in die huwelik.

Kritiek teen die gebruik van hierdie metafore sluit in die feit dat die verbond tussen God en Israel bilateraal van aard was. Dit het verpligtinge geplaas op Israel sowel as op God en tog het beide partye hulle vryheid van keuse behou. God het die verhouding met Israel geïnisieer. Wat onthou moet word, is dat wanneer daar gesê word dat die verbond tussen God en Israel bilateraal van aard was, dit nie beteken het dat dit 'n verbond was tussen twee gelyke partye nie, net soos die huwelik in Israel ook nie 'n verhouding was tussen twee gelyke partye nie. In die huweliksooreenkoms in Israel het 'n man 'n vrou gekies. Mans het die outoriteit in die familie besit, en vroue het 'n ondergeskikte posisie gehad. Vroue se rol binne die gesin was om gehoorsaam te wees aan die wil van hulle mans (kyk Botha & Dreyer 2007a:1240).

In die Protestantse wêreld is die siening van die huwelik dat dit 'n sosiale instelling is wat deur God ingestel is. Die doel van hierdie verbintenis was prokreasie en beskerming. Die huwelik as wedersydse ooreenkoms tussen twee persone (kontraktuele aspek) is ook aanvaar (Botha & Dreyer 2013:2).

Adrian Thatcher (1999) verduidelik in sy boek, Marriage after modernity: Christian marriage in postmodern times, hoe die huwelik gesien is as 'n universele instelling, wat vanuit 'n teologiese oogpunt vanaf die skepping bestaan het. Die ervaring wat mense soms in die huwelik het word soos volg deur Thatcher (1999:10) beskryf: 'Marriage is frequently discovered to be a violent, loveless institution and increasingly it is delayed, avoided or terminated. Fewer people are marrying.' Die rede vir hierdie ervaring van die huwelik is, vir Cooper-White (1995:166) te vind in die feit dat die huwelik beïnvloed en gevorm is deur patriargale denke en gebruike. Die probleem is wanneer teologie van die huwelik die ideologie van die huwelik word. Thatcher (1999:11) wys daarop dat geen Christelike teologie van die huwelik vir elke tydvak en konteks volledig en voldoende sal wees nie. Dit is daarom noodsaaklik dat die werklikhede van die huwelik en die belange van beide huweliksgenote in ag geneem word wanneer 'n Christelike teologie vir die huwelik ontwikkel word. Die evangeliese uitgangspunt van die gelykheid van alle mense, ook van mans en vroue sal aanvaar moet word vir die ontwikkeling van 'n teologie vir die huwelik. Daar is nie 'n enkelvoudige perspektief op die huwelik in die Bybel te vind nie en daarom is dit belangrik om in die verskillende en veranderde kontekste telkens weer ander perspektiewe op die huwelik te vind (Dreyer & Van Aarde 2007; Thatcher 1999:11; vgl. Botha & Dreyer 2013:3).

Wanneer daar nagedink word oor 'n teologie vir die huwelik, is dit belangrik om in gedagte te hou dat daar maniere was en is om die Bybel te lees wat nie lewegewend is nie. Dit gebeur wanneer daar gediskrimineer word teen vroue in die huwelik deur 'n beroep te doen op die Bybel sonder om die patriargale agtergrond van die Bybel in ag te neem (kyk Thatcher 1999:14; vgl. Botha & Dreyer 2013:4).

Die huwelik as instelling is gebruik om mense se seksualiteit te reguleer. Die verandering van denke oor die huwelik en mense se seksualiteit in die postmoderne era bevraagteken die huwelik as instelling se mag om mense se seksualiteit reguleer (vgl. Weeks 1995:25-26).

Een van die gevolge van die Protestantse desakramentalisering was dat daar ook nou die moontlikheid was van egskeiding, 'n opsie wat deur die Middeleeuse kerk verwerp is op grond van die feit dat die sakrament onlosmaaklik is. Met die verskuiwing van die beheer van die huwelik vanaf die Rooms-Katolieke Kerk na die howe van die Protestantse kerk onder leiding van predikante en landdroste, is meer sake vir egskeiding aangehoor. Maar die Protestantse huwelikshowe het streng reëls ingestel op grond waarvan 'n egskeiding aanvaar sou word, aangesien egskeiding nie as 'n oplossing vir huweliksprobleme en disharmonie in die huwelik gesien is nie. Egskeidings is selde toegestaan en ook slegs wanneer alle pogings om die probleem te korrigeer misluk het. Later het Martin Bucer (kyk Selderhuis, Vriend & Bierma 1999) daarop aangedring dat kameraadskap een van die primêre redes vir die huwelik is en dat huweliksprobleme en disharmonie in verhoudings die rede kan word waarom 'n aansoek vir 'n egskeiding aanvaar word (Radford Ruether 2001:79-80).

 

Op Suid-Afrikaanse bodem

Die reformatore en ander reformatoriese teoloë is van mening dat die huwelik 'God se wil' is en dat God dit so 'gewil' het dat dit 'n heteroseksuele instelling moet wees.

Daar is verskillende stemme binne die Reformatoriese teologie ten opsigte van die plek en status van die huwelik. Die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika (NHKA), wat deel is van die Reformatoriese kerke in die wêreld stel steeds dat die huwelik 'n instelling van God is.

Binne die NHKA is daar kritiek teen hierdie status wat die kerk aan die huwelik en seksualiteit toeken. Yolanda Dreyer (2008:501-502) stel dat die huwelik 'n sosiale konstruk is wat op grond van die status wat daaraan verleen word deur die kwalifisering daarvan as 'instelling van God' gedesakramentaliseer moet word. Dreyer se kritiek teen die plek en status wat die Reformatoriese teologie aan die huwelik toeken is dat: '"Holy matrimony" remains a God-given heterosexual ordinance where the difference between maleness and femaleness is essential' (Dreyer, Y. 2008:502). Ek is van mening dat die huwelik as 'heilige instelling van God' nie net gedesakramentaliseer moet word nie maar ook gedesakraliseer behoort te word. Die heiligheid van die huwelik is 'n sosiaal religieuse konstruk wat deur bepaalde tradisie gevorm is.

Tradisies word gebruik om die metafore en beelde te voorsien waarmee geloof uitgedruk word. Tradisies is sosiale konstrukte. Tradisies hou die balans van 'n samelewing in stand. Wanneer tradisies verander word hierdie balans versteur. Die huwelik is een van hierdie tradisies (Botha & Dreyer 2013:1).

Tradisies verander, sommige verander vinnig en ander verander so stadig dat dit lyk of dit onveranderd bly. Tradisies rakende identiteit, seksualiteit, taal en etnisiteit verander baie stadig. Tradisies waarop geloof gebaseer word, word beskou as vaste tradisies. Hierdie tradisies word beskou as onveranderlik, en word gereken as deel van die skeppingsorde. Hierdie tradisies word gesien as Godgegewe instellings van God, eerder as sosiale konstrukte. Omdat hierdie tradisies bydra tot identiteitsvorming, bepaal dit ook sosiale rolle (kyk Dreyer, Y. 2008:503-504).

Verskillende epistemologiese benaderings beïnvloed hoe daar oor sosiaal religieuse konstrukte (tradisies) soos die huwelik gedink word. Verskillende epistemologiese benaderings beïnvloed hoe daar oor die status en plek van die huwelik gedink word en hoe die tekste in die Bybel geïnterpreteer word. Die klem wat die reformatore geplaas het op die epistemologiese benadering van 'die Skrif alleen', het die nadenke oor die status van die huwelik binne die reformatoriese tradisie asook die plek van vroue binne die geloofsgemeenskap beïnvloed. Dreyer (2000) stel dit soos volg:

Luther en Calvyn, wat hulle op die gesag van 'die Skrif alleen' beroep het, het anders te werk gegaan as die Middeleeuse teoloë. Hulle kon hulle nie heeltemal distansieer van die tradisie nie, maar het tog probeer om opnuut met die Skrif as beginpunt na die possies van vroue te kyk. Met die kennis van Grieks, Hebreeus en tekskritiek wat die Renaissance meegebring het, is daar heelwat minder gebruik gemaak van allegoriese uitleg as in die Middeleeue. Daar was ook veel groter belangstelling in die historiese konteks van die skrifgedeeltes. (bl. 950)

Hierdie benadering tot die Skrif laat nie ruimte vir die in ag neem van die sosiale konteks van die Skrifgedeeltes nie. Die gebruik van insigte uit die sosiale wetenskappe in eksegetiese werk, kom eers voor aan die einde van die 19de eeu en aan die begin van die 20ste eeu (kyk Van Aarde 2007:51). Die feministies kritiese benadering wat ek gekies het in hierdie hoofstuk se oorsprong is die sestigerjare en sewentigerjare van die vorige eeu met bekende feministiese teoloë soos Rosemary Radford Ruether, Phyllis Trible en Elisabeth Schüssler Fiorenza as eksponente daarvan.

As teoloog en predikant van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika wil ek in hierdie hoofstuk ook graag die fokus laat val op die teologie of dalk eerder ideologie van die huwelik wat die NHKA as kerk, wat deel is van die Reformatoriese kerke in die wêreld, in Suid-Afrika verteenwoordig.

Die teologie van die huwelik van die NHKA kan nagespoor word in die huweliksbevestingingsformuliere wat in gebruik is in die Diensboek van die kerk (2007) asook in die besluite wat geneem word by die Algemene Kerkvergaderings van die NHKA.

Tydens die 71ste Algemene Kerkvergadering van die NHKA gehou op 02-08 Oktober 2016 is Beskrywingspunt 16 wat handel oor die huweliksbevestigingsformuliere aanvaar (NHKA 2016):

Die toepaslike komitee word versoek om die huidige Huweliksformuliere (1), (2) en (3) te hersien, of in die geval waar dit nie hersien word nie, te vervang met nuwe formuliere. (bl. 149)

Beskrywingspunt 40 is aanvaar nadat dit geamendeer is om as volg te lees: '[D]ie Kerk die huwelik as instelling van God beskou as 'n verhouding tussen een man en een vrou' (NHKA 2016:177) . Die motivering van hierdie beskrywingspunt is vir die argument van die hoofstuk ook belangrik (NHKA 2016):

In Genesis vind die man-vrou verhouding (huwelik) sy beslag as instelling van God. Hierdie saak loop soos 'n goue draad deur die Bybel tot in Openbaring (22:17) waar die Gees en die bruid wag op en roep na die koms van die Bruidegom. Op grond van Bybelse getuienis is die huwelik 'n verbintenis tussen man en vrou (Gen 1:27, 2:20 tot 24).

In die Nuwe Testament word getuig dat elke man sy eie vrou behoort te hê en elke vrou haar eie man (1 Korintiërs 7:2). Die Skrif getuig dat die huwelik 'n instelling van God is. Paulus ag die huwelik so hoog dat hy dit in verband bring met die verhouding tussen Christus en sy kerk (Efesiërs 5:21 tot 33).

Wat die Heilige Skrif van die huwelik leer verwoord God se bedoeling daarmee. Ons is daarom oortuig dat die huwelik tussen man en vrou God die Here behaag.

Die Kerk moet die huwelik as 'n eerbare instelling van God bewaar sodat die tempel van God, dit is ons liggaam, nie beskadig word nie. (bl. 177-178)

In Beskrywingspunt 41 wat handel oor homoseksualiteit is die volgende as deel van die besluit van die vergadering aanvaar (NHKA 2016):

[Die NHKA] bevestig opnuut dat predikante huwelike in terme van die Huwelikswet (Wet 25 van 1961) bevestig en nie enige bevoegdheid in terme van die Wet op Burgerlike Verbintenis (Wet 17 van 2006) het nie.

* bevestig dat die Kerk die huwelik as 'n verbintenis tussen een man en een vrou respekteer.

* wil lidmate wat as man en vrou saamwoon aanmoedig om hulleself deur 'n Christelike huwelik aan mekaar te verbind. (bl. 178-179)

Die beskrywingspunte wat aanvaar is toon dat die NHKA steeds die huwelik sien as instelling van God en dat die huwelik steeds gebruik wil word om mense se seksualiteit te reguleer. Die metafoor 'kerk as bruid' word steeds gebruik as metafoor vir die verhouding tussen man en vrou (huwelik). Die huwelik en seksualiteit staan sentraal binne die teologie van die NHKA. Die pre-moderne patriargale agtergrond van die Skrif, asook die verskillende huweliksvorme wat in die Skrif voorkom woord nie in ag geneem by die uitleg van die Skrif nie.

Die huweliksformuliere (1), (2) en (3) waarna in Beskrywingpunt 16 verwys word, is die klassieke huweliksbevestigingsformuliere wat in die Diensboek van die NHKA (2007) vir gebruik opgeneem is.

Navorsing na die ontstaansgeskiedenis van hierdie huweliksbevestigingsformuliere toon dat die huwelik in die kerk nog altyd deur die gebruik van formuliere bevestig is. Die huweliksbevestigingsformuliere wat in die NHKA gebruik word is, volgens Pont (1981:254) Datheen se vertaling van die huweliksbevestigingsformulier wat deur Paltz gebruik is en dateer uit 1566. Datheen het in sy verwerking van die formulier van Paltz dele uit die huweliksformulier van Johannes á Lasco bygewerk. Volgens Bouwman (1934:519) is die huweliksbevestigingsformulier van Paltz 'n verwerking van die formuliere van Calvyn en Martin Micron. Die formulier van Calvyn gaan weer terug op 'n ouer Geneefse formulier wat deur Farel opgestel is (Bouwman 1934:519; kyk Pont 1981:254). Bogenoemde is dan die konteks waarin die huweliksbevestigingsformulier verstaan behoort te word (Botha & Dreyer 2007b:1283-1284).

In twee artikels wat in 2007 verskyn, lewer Botha en Dreyer (2007a:1239-1274) en Botha en Dreyer (2007b:1275-1298) kritiek ten opsigte van die gebruik van hierdie formuliere asook kritiek ten opsigte van die gebruik van die metafoor 'kerk as bruid' as deel van die NHKA se teologie van die huwelik.

Huweliksformulier (1) (NHKA 2007:78) stel op grond van Genesis 2:18, ' [d ]aarom is dit die wil van God dat almal wat volwassenheid bereik het, behoort te trou, tensy hulle buite die huwelik kuis en beheersd lewe.' Ten opsigte van die verhouding tussen man en vrou word die hoofskap van die man voorgehou (NHKA 2007):

Enersyds moet u as man weet dat God u die hoof gemaak het, sodat u u vrou na die beste van u vermoë kan lei, help, onderskraag en beskerm. Soos Christus as hoof sy gemeente lei, troos en beskerm, so moet u as hoof in u huwelik optree [...]. Bewys eer aan haar [u vrou] as die swakker geslag wat saam met u deel in die lewe as genadegawe. (bl. 78)

In huweliksformulier (2) (NHKA 2007:83-88) word die vrou se onderdanigheid aan haar man voorgehou en gemotiveer deur dit gelyk te stel aan die kerk se onderdanigheid aan Christus. Die vrou moet soos wat die kerk aan Christus onderdanig moet wees, aan haar man onderdanig wees (NHKA 2007):

En wat die bruid betref, u moet u man onderdanig wees. Dit beteken geen slaafse onderworpenheid nie. 'n Mens moet dit eerder verstaan as bereidheid tot diens, soos die geval ook is met die kerk wat aan Christus onderdanig is [... ] u [die vrou] eerste verantwoordelikheid [ is] die liefdevolle versorging van u man. (bl. 86)

In die formulier word dit wat Luther en Barth oor die rol en plek van die vrou in die huwelik gesê het weer gehoor. Die probleem met die huweliksformulier en daarmee saam die huwelik word soos volg verwoord deur Botha and Dreyer (2007b; vgl. Mouton 1997:484-485):

Die huweliksbevestigingsformulier is 'n voorbeeld daarvan dat daar 'n probleem is ten opsigte van die posisie van vroue in die kerk en die huwelik. Die probleem is daarin geleë dat die kerke hulleself deur die eeue heen deur die kultuur-historiese waardes en ideologiese oortuigings van hul eie sowel as die Bybelse tyd laat lei het, eerder as deur die radikale Christelike alternatief van die Evangelie. (bl. 1293)

Verskeie ander teoloë binne die NHKA, te wete, Theuns Dreyer, Andries van Aarde, Yolanda Dreyer, Ernest van Eck, Piet Geyser, om maar enkeles te noem, het in die loop van die jare, met groot toewyding kritiek gelewer ten opsigte van die manier waarop die teologie van die huwelik in die NHKA, 'n ideologie van die huwelik en seksualiteit geword het.

Theuns Dreyer se artikel Die kerk, die huwelik en seks - n morele krisis (Dreyer T.F.J. 2008:483-496), bespreek ook die krisis waarin die kerk is ten opsigte van die huwelik en seksualiteit:

Die werklikheid waarbinne ons leef, stel die kerk voor die uitdaging om opnuut te besin oor die vraag of ons met ons 'tradisionele' verstaan van die huwelik en seksuele verhoudings nog mense kan begelei om as gelowiges sinvolle en verantwoordelike keuses te maak. (bl. 483)

In die lig van die bogenoemde huweliksbevestigingsformuliere wat steeds in die kerk dien, asook die aanvaarding van die beskrywingspunte oor die huwelik en die motivering daarvan, is ek van mening dat die woorde van Ernest van Eck (2007a:81) 'n Nuwe-Testamentikus van die NHKA oor die kerk en huwelik in krisis, steeds waar is vir vandag: 'Die huwelik is in 'n krisis. Leiding wat die kerk in hierdie verband gee, is dalk 'n groter krisis.' Van Eck (2007a:82) is van mening dat die kerk se verstaan van die huwelik en seksualiteit radikaal verskil van hoe dit in die Bybelse tyd verstaan is. Die Genesis tekste (Gen1:27-28, 2:18, 21-24) is deur die kerk gebruik om aan te toon dat die huwelik 'n instelling van God is. Uit eksegese van hierdie tekste blyk dat dit nie die saak is waarom dit in hierdie gedeelte gaan nie (kyk Venter 2007:1213-1237).

Die uitsprake van Jesus in die evangelies oor die huwelik en egskeiding (Mk 10:1-12; Matt 19:1-12) behoort verstaan te word binne die konteks van die eerste-eeuse Mediterreense wêreld (kyk Van Eck 2007b:103-128). Volgens Dreyer is dit nie moontlik om die hedendaagse huwelik reglynig met die huwelik in die Bybel te verbind nie (Dreyer T.F.J. 2008:490). Die kerk het dit wel vir baie eeue gedoen, maar dit word problematies om dit te bly doen in 'n postmoderne konteks. In die postmoderne konteks kan hierdie Bybeltekste nie meer gebruik word as morele basis vir die huwelik en seksuele optrede nie. 'n Ander alternatief is nodig, die verandering wat nodig is vra vir 'n verskuiwing vanaf 'n bepaalde ideologie van die huwelik, na 'n benadering tot die huwelik wat poog om die werklikhede van die huwelik en die belange van beide huweliksvennote in ag teneem. So 'n teologie van die huwelik sal, soos enige teologie, die gelykheid van alle mense moet aanvaar as evangeliese uitgangspunt. Ek is dit eens met Thatcher (1999:11) wanneer hy daarop wys dat egter geen teologie van die huwelik volledig en voldoende sal kan wees vir elke tydvak en konteks nie.

Die pad vorentoe

Die kerk behoort nie langer mag oor mense se lewens uit te oefen deur hulle lewens te probeer reël met 'n instelling soos die huwelik nie. Die kerk behoort gelowiges eerder so toe te rus dat hulle self verantwoordelikheid daarvoor aanvaar om hulle verhoudings te reël na die voorbeeld van Jesus. Dit is die kerk se taak om God se helende onvoorwaardelike liefde aan almal te verkondig en mense te help om as gelyke, heel, outentieke mense te lewe, ongeag hulle seksualiteit of saamwoon status.

Dit is nodig dat daar nuut gedink word binne die kerk oor die huwelik en seksualiteit en dit wat tradisioneel oor die huwelik gesê word. As vertrekpunt vir die herbesinning oor die huwelik kan die eko-feministiese familie etiek van Rosemary Radford Ruether (2001:181-230) nuttig wees. Een van die beginsels van die eko-feministiese familie etiek is die erkenning van die volwaardige menswees van vroue in vennootskap met mans. Ideologieë en sisteme wat ongelyke verhoudings tussen vroue en mans in standhou word verwerp. Die kerk, God se mense, word gesien as 'n nuwe familie, 'n alternatiewe, bevryde en bevrydende gemeenskap waar reeds hier en nou God se verlossende liefde ervaar word.

In die kerk se soeke na 'n teologie vir die huwelik vir die tyd waarin ons leef is dit belangrik om te onthou dat geen Christelike teologie van die huwelik vir elk tydvak en konteks volledig en voldoende sal wees nie. Dit bly 'n soeke na Jesus.

Die kerk van die Hervorming moet altyd hervorm word. Dit beteken dat strukture en instellings voortdurend ondersoek moet word ter wille van die bewuswording van dit wat skadelik kan wees. 'Die kerk sal die tydelike pyn wat bewuswording meebring en die ongemak wat verandering veroorsaak, moet trotseer ter wille van die kerk se heiligmaking en heelheid' (Dreyer 2000:969).

 

Literatuurverwysings

Althaus, P., 1965, Die Ethik Martin Luthers, Gütersloher Verlag Gerd Mohn, Gütersloh.         [ Links ]

Barth, K., 1932-1969, Die Kirchliche Dogmatik, 4 vol., Chr. Kaiser Verlag, München.         [ Links ]

Barth, K., 2004, Church dogmatics, vol. 3, part 2, T&T Clark, New York.         [ Links ]

Batey, R., 1961, The church, the bride of Christ, University Microfilms, Ann Arbor, MI.         [ Links ]

Botha, A. & Dreyer, Y., 2007a, 'Demistifikasie van die metafoor "die kerk as bruid"', HTS Teologiese Studies/Theological Studies 63(3),1239-1274. https://doi.org/10.4102/hts.v63i3.251        [ Links ]

Botha, A. & Dreyer, Y., 2007b, ''n Feministiese narratief-pastorale perspektief op die huweliksbevestigingsformuliere', HTS Teologiese Studies/Theological Studies 63(3), 1275-1298. https://doi.org/10.4102/hts.v63i3.250        [ Links ]

Botha, A. & Dreyer, Y., 2013, 'Veranderende perspektiewe op seksualiteit en die huwelik in 'n postmoderne kerk', HTS Teologiese Studies/Theological Studies 69(2), Art. #1917, 1-10. https://doi.org/10.4102/hts.v69i2.1917        [ Links ]

Browning, D.S., 2007, Equality and the family, Kindle edn., W.B. Eerdmans, Grand Rapids, MI.         [ Links ]

Bouwman, H., 1934, Gereformeerd kerkrecht: Het recht der kerken in de practijk, Kok, Kampen.         [ Links ]

Brunner, D.E., [1939] 1978, Das Gebot und die Ordnungen: Entwurf einer protestantisch-theologishen Ethik, EVZ Verlag, Zürich.

Brunner, E., 1952, The Christian doctrine of creation and redemption, Westminister, Philadelphia, PA.         [ Links ]

Buitendag, J., 2007, 'Marriage in the theology of Martin Luther - worldly yet sacred: An option between secularism and clericalism', HTS Teologiese Studies/Theological Studies 63(2), 445-460. https://doi.org/10.4102/hts.v63i2.228        [ Links ]

Cooper-White, P., 1995, The cry of Tamar: Violence against women and the church's response, Fortress Press, Minneapolis, MN.         [ Links ]

De Vries, D., 1989, 'Schleiermancher's "Christmas Eve Dialogue": Bougeois ideology or feminist theology', The Journal of Religion 69(2), 169-183. https://doi.org/10.1086/488052        [ Links ]

Dreyer, A.E. & Van Aarde, A.G., 2007, 'Bybelse modelle van die huwelik: 'n Kritiese perspektief, HTS Teologiese Studies/Theological Studies 63(2), 625-651. https://doi.org/10.4102/hts.v63i2.226        [ Links ]

Dreyer, T.F.J., 2008, 'Die kerk, die huwelik en seks - 'n morele krisis', HTS Teologiese Studies/ Theological Studies 63(1), 483-496. https://doi.org/10.4102/hts.v64iL9        [ Links ]

Dreyer, Y., 2000, 'Vrou as beeld van God: Vanaf die Reformasie tot die twintigste eeu', HTS Teologiese Studies/Theological Studies 56(4), 949-972. https://doi.org/10.4102/hts.v56i4.1800        [ Links ]

Dreyer, Y., 2007, 'Karl Barth's male-female order as asymmetrical theoethics', HTS Teologiese Studies/Theological Studies 63(4), 1493-1521. https://doi.org/10.4102/hts.v63i4.265        [ Links ]

Dreyer, Y., 2008, 'The "sanctity" of marriage - An archaeology of a socio-religious construct', HTS Teologiese Studies/Theological Studies 64(1), 499-527. https://doi.org/10.4102/hts.v64i1.10        [ Links ]

Ford, J.C., 1984, 'Towards an anthropology of mutuality: A critique of Karl Barth's doctrine of the male-female order as A and B with a comparison of the panentheistic theology of Jürgen Moltmann', PhD thesis, Northwest University, Ann Arbor, MI.         [ Links ]

Freedan, M., 2006, 'Ideology and political theory', Journal of Political Ideology 11(1), 3-22.         [ Links ]

Juergensmeyer, M., 2008, Global rebellion:Religious challenges to the secular state, from Christian militias to al Qaeda, University of California Press, Berkley.         [ Links ]

Karant-Nunn, S.C. & Wiesner-Hanks, M.E., 2003, Luther on Woman: A sourcebook, Cambridge University Press, New York.         [ Links ]

Lazareth, W.H., 1994, 'ELCA Lutherans and Luther on heterosexual marriage', Lutheran Quarterly 8(3), 235-268.         [ Links ]

Luther, M., 1999a, Luther's works (LW), vol. 1, J.J. Pelikan, H.C. Oswald & H.T. Lehmann (eds.), Concordia, Saint Louis, MO.         [ Links ]

Luther, M., 1999b, Luther's works (LW), vol. 32, J.J. Pelikan, H.C. Oswald & H.T. Lehmann,(eds.), Concordia, Saint Louis, MO.         [ Links ]

Luther, M., 1999c, Luther's works (LW), vol. 36, J.J. Pelikan, H.C. Oswald & H.T. Lehmann (eds.), Concordia, Saint Louis, MO.         [ Links ]

Luther, M., 1999d, Luther's works (LW), vol. 44, J.J. Pelikan, H.C. Oswald & H.T. Lehmann (eds.), Concordia, Saint Louis, MO.         [ Links ]

Luther, M., 1999e, Luther's works (LW), vol. 45, J.J. Pelikan, H.C. Oswald & H.T. Lehmann (eds.), Concordia, Saint Louis, MO.         [ Links ]

Luther, M., 1999f, 'The Babylonian Captivity of the Church' in Luther's works (LW), vol 36, J.J. Pelikan, H.C. Oswald & H.T. Lehmann (eds.), Concordia, Saint Louis, MO.         [ Links ]

Luther, M., 1999g, 'The estate of marriage', in Luther's works (LW), vol 45, J.J. Pelikan, H.C. Oswald & H.T. Lehmann (eds.), Concordia, Saint Louis, MO.         [ Links ]

Luther, M., 1999h, On marriage matters, in Luther's works (LW), vol 46, J.J. Pelikan, H.C. Oswald & H.T. Lehmann (eds.), Concordia, Saint Louis, MO.         [ Links ]

Luther, M., 1999i, Luther's works, vol 55, J.J. Pelikan, H.C. Oswald & H.T. Lehmann (eds.), Concordia, Saint Louis, MO.         [ Links ]

Micks, M.H., 1982, Our search for identity: Humanity in the image of God, Fortress, Philadelphia, PA.         [ Links ]

Mouton, E., 1997, 'Die verhaal van Afrikaanse Christenvroue: Uitnodiging tot morele vorming', Scriptura 63, 475-409.         [ Links ]

Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika (NHKA), 2007, Diensboek van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika, pp. 77-92, Sentik, Pretoria.         [ Links ]

Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika (NHKA), 2016, Notule van die een-en-sewentigste Algemene Kerkvergadering van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika te Pretoria, 2 Oktober tot 8 Oktober 2016.         [ Links ]

Pont, A.D., 1981, Die historiese agtergronde van ons kerklike reg, HAUM, Pretoria.         [ Links ]

Potter, M., 1986, 'Gender equality and gender hierarchy in Calvin's theology', Signs 11(4), 725-739.         [ Links ]

Radford Ruether, R., 1975, New woman/New earth: Sexist ideologies and human liberation, Seabury, New York.         [ Links ]

Radford Ruether, R., 2001, Christianity and the making of the modern family, SCM Press, London.         [ Links ]

Richardson, R.D., 1991, The role of women in the life and thought of the early Schleiermacher (1768-1806): An historical overview, Lewiston, New York.         [ Links ]

Robberts, C.C., 2007, Creation and covenant: The significance of sexual difference in the moral theology of marriage, T&T Clark, New York.         [ Links ]

Selderhuis, H.J., Vriend, J. & Bierma, L.D., 1999, Marriage and divorce in the thought of Matin Bucer, Thomas Letterson University Press, Truman State University, Kirksville, MO.         [ Links ]

Schleiermacher, F.D.E., [1806] 1991, Christmas Eve, A dialogue of the Incarnation, transl. T.N. Tice, Edwin Mellen Press, Lewiston, New York.

Schleiermacher, F.D.E., 2012, Selected sermons of Schleiermacher, transl. M.F. Wilson, Funk & Wagnalls, New York.         [ Links ]

Schüssler Fiorenza, F., 1991, 'Marriage', in F. Schüssler Fiorenza & J.P. Glavin (eds.), Systematic Theology: Roman Catholic Perspectives 21, 305-346, Fortress, Minneapolis, MN.         [ Links ]

Scott, P., 1994, Theology, ideology and liberation: Towards a liberative theology, Cambridge University Press, Cambridge.         [ Links ]

Thatcher, A., 1999, Marriage after modernity: Christian marriage in postmodern times, Sheffield Academic Press, Sheffield.         [ Links ]

Van Aarde, A.G., 2007, 'Inleiding tot die sosiaal-wetenskaplike kritiese eksegese van Nuwe- Testamentiese tekste: Die metodologiese aanloop in die navorsingsgeskiedenis', HTS Teologiese Studies/Theological Studies 63(1), 49-79. https://doi.org/10.4102/hts.v63i1.206        [ Links ]

Van Eck, E., 2007a, 'Die huwelik in die eerste-eeuse Mediterreense wêreld (I): Vroue in 'n man se wêreld', HTS Teologiese Studies/Theological Studies 63(1), 81-101. https://doi.org/10.4102/hts.v63i1.204        [ Links ]

Van Eck, E., 2007b, 'Die huwelik in die eerste-eeuse Mediterreense wêreld (II): Huwelik, egbreuk, egskeiding en hertrou', HTS Teologiese Studies/Theological Studies 63(1), 103-128. https://doi.org/10.4102/hts.v63i1.205        [ Links ]

Venter, P.M., 2007, 'Die huwelik as identiteitsmerker in die Ou Testament', HTS Teologiese Studies/ Theological Studies 63(3), 1213-1237. https://doi.org/10.4102/hts.v63i3.232        [ Links ]

Weeks, J., 1995, Invented moralities: Sexual values in an age of uncertainty, Polity Press, Cambridge, MA.         [ Links ]

Witte, J., 2009, 'Marriage and family life', in H.J. Selderhuis (ed.), The Calvin handbook, pp. 455-465, W.B. Eerdmans, Grand Rapids, MI.         [ Links ]

 

 

Project research number: 2546930
Project Leader: Y. Dreyer
Project Description: Dr Botha is participating in the research project, 'Gender Studies and Practical Theology Theory Formation', directed by Prof. Dr Yolanda Dreyer, Department of Practical Theology, Faculty of Theology, University of Pretoria.

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License