SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.73 issue5  suppl.11 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


HTS Theological Studies

On-line version ISSN 2072-8050
Print version ISSN 0259-9422

Herv. teol. stud. vol.73 n.5 suppl.11 Pretoria  2017

http://dx.doi.org/10.4102/hts.v73i5.4558 

HOOFSTUK 1

 

Die barmhartige God, regverdiging en goeie werke deur Luther

 

 

Ignatius W.C. (Natie) van Wyk

Department Church History and Church Polity, Faculty of Theology , University of Pretoria. South Africa

 

 


OPSOMMING

Martin Luther het as monnik getwyfel of hy ooit genoeg goeie werke sou kon doen en daarom nie genade by God sou kon vind nie. Danksy sy noukeurige bestudering van Paulus se briewe het hy ontdek dat God, die Vader van Jesus Christus, nie die toornige God is wat net wil straf nie, maar die barmhartige Vader is wat genade wil betoon. Die boodskap oor God se barmhartigheid sien Luther saamgevat in die begrip 'geregtigheid van God'. God se geregtigheid bestaan in sy wil om sondes te vergewe sodat gelowiges voor Hom as geregverdigde mense kan bestaan. In hierdie hoofstuk word God se drie gestaltes van geregtigheid verduidelik aan hand van die drie gestaltes van sonde. Aangesien daar voortdurend misverstand is oor Luther se erns jeens goeie werke, word daar in diepte aandag gegee aan die samehang tussen geloof en werke in sy denke. Die vraagstelling word toegespits op die doen van liefde. Daar word daarop gewys dat Luther se betoog daarop neerkom dat slegs persone wat goeie bome (deur die geloof) gemaak word, in die doen van die liefde kan volhard.


 

 

Inleiding

Die 500-jarige jubileum is die ideale geleentheid om 'n bydrae te lewer tot 'n Afrikaanse Luther-resepsie. Die belangrikste uitdaging binne hierdie navorsingsprojek is om Luther self, vanuit sy primêre geskrifte in idiomatiese Afrikaans,1 aan die woord te stel. Ter wille van kontrole word die Latynse en Laat-Middeleeuse Duitse tekste in die voetnotas aangeheg. Ek vertrou dat die intellektuele gemeenskap die kritiek op die teologiese tendense binne die Afrikaanssprekende kerke sal raaksien. Hier is nie ruimte om alles uit te spel nie.

Twee begrippe staan sentraal in Luther se teologie, naamlik 'regverdiging' en 'vryheid'.2 In hierdie hoofstuk word daar op die regverdiging deur die geloof gekonsentreer, terwyl daar in 'n volgende hoofstuk op Luther se verstaan van vryheid gekonsentreer sal word.

 

Luther se ontdekking van die barmhartigheid van God

Teologie en biografie kan by Luther nie heeltemal geskei word nie, ten spyte van die feit dat dit ook nie geheel en al op één spoorlyn geplaas kan word nie (Kohnle 2015:7).

'n Mens kan daarom Luther se 'Reformatoriese deurbraak'3 slegs verstaan teen die agtergrond van sy worsteling met die toorn van God as jong monnik. Hy self ([ 1545] 2006h) het oor hierdie worsteling in sy 'Voorrede tot die eerste band van die Latynse geskrifte' geskryf. Hy stel in hierdie praefatio van 1545 (WA 54, 179, 33-35; [1545] 2006h:494) dat hy as monnik 'ego serio rem agebam, ut qui diem extremum horribilier timui, et tamen salvusfieri ex intimis medullis cupiebam ['n verskriklike vrees vir die eindoordeel gehad het, maar nogtans van ganser harte begeer het om die saligheid te beërwe]. Luther se intense worsteling was dus ten diepste 'n worsteling met 'n verwronge Godsbeeld. Sy vrees vir die eisende en strawwende God het hom in totale lewensangs gedompel, soos wat hy in 1518 in sy 'Verduidelikings oor die krag van die aflate' geskryf het (WA 1, 557, 37-558, 5; Luther [1518] 1883):

God het Hom daar [in my kloostersel] bekendgestel in sy vrees-aanjaende toorn, en daarmee saam het die hele skepping [vrees-aanjaend voorgekom]. Daar was geen ontvlugtingsmoontlikheid nie, geen troos nie, nie binne en nie buite [die klooster nie], aangesien alles ons aangekla het [...] Daar het niks, behalwe die naakte verlange en 'n intense hunkering na hulp oorgebly nie, maar [ek] het nie geweet waar hulp te vinde is nie.4 (pp. 557-558)

Sy vrees vir die toornige God het veroorsaak dat hy alle selfrespek verloor het. Sy angsvallige voorstelling van God wat net oordeel, het uitgemond in 'n bestaan van permanente selfveroordeling - en om hierdie rede het hy (volgens die weergawe van ' 'n preek oor die doop' in 1534 - WA 37, 661, 23-24; Luther [1534] 1910:661), in sy kloostertyd in wanhoop uitgeroep: 'O wann wiltu einmal from werden und gnug thum, das du einen gnedigen Gott kriegest? [O wanneer wil jy uiteindelik vroom word en genoeg doen, sodat jy 'n genadige God kan vind?]

Daar is 'n groeiende konsensus in die navorsing dat Luther alreeds in Erfurt (15051511) begin het om van die monastiese teologie weg te breek. Navorsers beskryf hierdie tydperk as die 'wending voor die wending' of as die 'initia reformationis. In preke en in opmerkings oor Petrus Lombardus het hy alreeds ontdek dat die toorn van God en sy barmhartigheid baie ná aan mekaar lê (vgl. Hamm [2010] 2015 vir die stand van die navorsing).

Dit was egter sy intense bestudering van Paulus se briewe wat hom tot 'n ander Godsbeeld gebring het. Hierdie nuwe Godsbeeld5 is ontdek danksy sy intense worsteling met die uitdrukking 'die geregtigheid van God'.6 Die volgende aanhaling uit die Praefatio van 1545 vertel die verhaal van Luther se worsteling as monnik en sy ontdekking van die geregtigheid van God by Paulus. In 'n sekere sin is dit 'n samevatting van die kern van Luther se teologie (WA 54, 185, 21-186, 16; Luther [1545] 2006h):

Ek egter, ek wat so onberispelik as monnik geleef het, wat my as sondaar met 'n algehele onrustige gewete voor God bevind het, en nie kon vertrou dat ek op grond van my genoegdoening [met God] versoen kan wees nie; [ek] het God nie liefgehad nie, ja ek het eerder die regverdige en sonde-strawwende God gehaat en het my in stilte teenoor God opgeruk, [en wat] nie lasterlik was nie, was [minstens] in [die gestalte] van 'n onophoudelike gebrom en ek het [soos volg] geargumenteer: Asof dit nie genoeg is dat die ellende en allerlei [vorme van] onheil as gevolg van die erfsonde, deur die wet van die tien gebooie, op die ewigverlore sondaar neerdruk nie, is dit nou ook nog God wat deur die evangelie smart op smart daaraan toevoeg en ons met sy geregtigheid en sy toorn treiter! Daarom was ek ontsteld vanweë my wilde en verwarde gewete. Nogtans het ek angstig by Paulus aangeklop [Rom 1:17], uitgedroog van dors om uit te vind wat Paulus te sê het. Tot ek, deur God se erbarming, dae en nagte nadenkend my aandag toegespits het op die verbinding van die woorde, 'die geregtigheid van God word daarin geopenbaar' en, soos daar verder geskryf staan, 'die regverdige leef uit geloof'; eers toe het ek begin om die geregtigheid van God te verstaan as sy gawe waardeur die gelowige lewe; en wel as geloof; [en ek het besef ] dat die sin van alles op die volgende neerkom: Deur die evangelie word die geregtigheid van God geopenbaar, en wel as passiewe [geregtigheid], waardeur die barmhartige God ons regverdig maak, deur die geloof, soos daar geskryf is: 'Die regverdig-verklaarde leef uit die geloof. Van hierdie oomblik af het ek soos 'n nuut-geborene gevoel en deur geopende deure die paradys binne gestap. Op eens is daar aan my 'n ander gesig van die Skrif as geheel getoon [...] En waar ek die woord geregtigheid van God vantevore ten diepste gehaat het, kon ek dit nou met soveel liefde op die voorgrond stel as die allermooiste woord. So het hierdie teks by Paulus vir my werklik die poort tot die paradys geword.7 (pp. 504-506)

 

Die artikel van die regverdiging as samevatting van die evangelie van die barmhartige God

Luther argumenteer dat die 'artikel van die regverdiging' die kern van die Nuwe Testament is en dat die kerk tot 'n val sal kom indien hierdie aspek van die evangelie nie met ywer verkondig word nie. In sy voorlesing van 1532 oor Psalm 130:4 het Luther die volgende opmerking oor die 'artikel' van die vergewende geregtigheid van God gemaak (WA 40, III, 352, 1-3; Luther [1532-1533] 1930):

So het julle dit gehoor [...], dat hierdie vers (Psalm 130:4) die somtotaal van die Christelike leer en die ligstraal daarvan is, wat die heilige kerk van God verlig; [die rede is] dat wanneer hierdie artikel staan, staan die kerk, en wanneer hierdie artikel val, val die kerk.8 (p. 352)

In die voorrede tot die promosiedisputasie van Palldius en Tilemann van 01 Junie9 1537 sê Luther méér omvattend (WA 39, I, 205, 20-206,23; Luther [1537] 1926):

Die artikel van die regverdiging is meester en heer oor alle soorte van leer, en regeer elke gewete en die ganse kerk. Sonder hierdie [artikel] is die wêreld laf en die ene duisternis, en geen dwaling kan heerskappy uitoefen [solank] hierdie artikel lewend is nie. Daarom is dit noodsaaklik dat hierdie artikel, in die kerk, sorgvuldig in die geheue behou sal word, veral dán wanneer jy ander wil leer. Ons laat reg geskied aan hierdie saak, wanneer ons so dikwels as moontlik daaroor disputeer, sodat ons harte en denke met sekerheid gevul kan word, sodat ons weerstand kan bied teen die duiwel in al die gestaltes waarin hy hom voordoen. Wanneer ons nie hierin onderrig word nie, kan hy [die duiwel] ons in alle soorte van vertwyfeling laat val. Hierdie leer is geen klein of geringe sakie nie, maar dit is vir die Christene, wat in oorlog teen die Satan gewikkel is, onmisbaar.10 (pp. 205-206)

Dát die regverdiging die kern van Luther se teologie uitmaak, is nie te betwyfel nie.11 Wat is hierdie 'artikel' of 'leer'12 egter; waarop kom dit ten diepste neer? In sy uitleg van Psalm 51:2 op 11 Junie 1532 gee Luther 'n kort definisie van Reformatoriese teologie (WA 40, II, 327, 11 - 328, 2, 17-20; Luther [1532/1538] 1914):

Goddelike [wysheid] - of wysheid volgens die eintlike bedoeling van teologie het te make met die kennis oor God en mens; weereens, [teologiese wysheid] is ten diepste kennis oor God en mens, met die uiteindelike bedoeling dat hierdie [kennis] op die regverdigende God en die sondaarmens betrek sal word, sodat dit kan blyk dat die eintlike onderwerp van die teologie die aangeklaagde en verlore mens en die regverdigende en reddende God is [...]. Die unieke onderwerp van die teologie is [ dus] die mens, wat aan die sonde skuldig en daaraan onderworpe is, en God, wat die sondige mens regverdig en red. Wat buite hierdie onderwerp om in die teologie nagevors en bevorder word, is dwaling en gif.13 (pp. 327-328)

'Regverdiging deur die geloof' en die 'geregtigheid van God' is nie net vir mense vandag vreemde uitdrukkings nie, maar was dit nog altyd gewees.14 Luther15 moes self hierdie ongemak ervaar het en het daarom gereeld van hierdie terminologie weggeskram deur eerder slegs van 'sondevergewing'16 te praat. Om hierdie rede eers 'n paar gedagtes oor 'regverdiging' vanuit die perspektief van sondevergewing.

 

Regverdiging as sondevergewing

Volgens Luther het die regverdiging deur die geloof ten diepste met sondevergewing te make - trouens die evangelie is niks anders as sondevergewing nie. In sy 'Adventpostille oor Matt 11:2-10' van 1522 staan die volgende belangrike woorde (WA 10, I/2, 158, 12-15; Luther [1522] 1925):

Kyk, die Goddelike toesegging van sy genade en die vergewing van sonde beteken eintlik evangelie. En ek sê dit nou nog 'n keer, dat jy die evangelie op geen ander manier moet voorstel as die Goddelike toesegging van sy genade en vergewings van sonde nie.17 (p. 158)

Luther lê sondevergewing in sy 'Preek oor die dubbele gestalte van geregtigheid' uit as 'deelname aan die geregtigheid van Christus.' Hierdie deelname geskied deur die geloof. Wie in geloof aan die sondeloosheid van Christus deel kry, kry onmiddellik deel aan sy geregtigheid. Die deelname van die gelowige aan Christus se geregtigheid het die implikasie dat hy ook regverdig word; dít beteken dat al sy en/of haar sonde in Christus se sondeloosheid geabsorbeer word18 (WA 2, 145, 15-16; Luther [1519] 2006f:70).

Luther beklemtoon in sy geskrif 'Oor die vergewing van sondes' dat dit geglo moet word dat sondes vergewe word. Dit kan geglo word omdat die belofte van Christus seker is (WA 1, 631, 17-18; Luther [1518] 2006b:26). Die sekerheid van vergewing word nie in die sakrament van die nagmaal gevind nie, en nog minder in die amp van die priester en/of predikant wat die sakrament bedien nie, maar slegs in die belofte van Christus - en dít moet geglo word (WA 1, 632-633; Luther [1518] 2006bd:28-32). Luther besef dat lidmate die vergewing van daadsondes makliker glo as die vergewing van 'doodsondes' (peccatum mortale), sondes waarvan 'n mens nie noodwendig bewus is nie, aangesien dit met vertrouensgebrek te make het. Vir die mens wat met hierdie onsekerheid worstel, het Luther (WA 1, 633, 9-10; Luther [1518] 2006b:32) die volgende raad: 'De reliquis desperando/ seipsum cumfiducia/ in abyssum misericordie deifideliterpromittentis/ proiicere'. [Wanneer iemand aan die oorblywende (doodsondes) twyfel, moet hy homself met vertroue in die afgrond van God se barmhartigheid werp; Hy wat die barmhartigheid getrou toesê].

 

Drie gestaltes van geregtigheid en sonde

Naas die verduideliking van die begrip 'regverdiging' aan die hand van uitsprake oor sondevergewing, het Luther ook nog 'n ander strategie gevolg. Hy het die 'artikel van die regverdiging' ook binne drie samehange wat met geregtigheid en sonde te make het, verduidelik.

Volgens Luther is daar drie gestaltes van geregtigheid, aangesien daar drie gestaltes van sonde is. In 1518 bied hy (WA 2, 43-47; Luther [1518] 2006f:53-65) sy 'Sermo19de triplici iustitiaa ['Preek oor die drie gestaltes van geregtigheid'] aan waarin hy hierdie saak verduidelik. Luther se argument is dat die Nuwe-Testamentiese gedagte van 'God se geregtigheid' eers dán reg verstaan word wanneer dit op die regte gestalte van die sonde betrek word.

Die eerste gestalte van sonde, is sondes wat deur die wéreldse reg gestraf moet word, soos diefstal, moord en brandstigting. Ten einde regverdig te straf, word daar wette gemaak wat gepaard gaan met strafregtelike voorskrifte. Die geregtigheid wat hier ter sprake kom, is in die gestalte van loon en straf. Volgens Luther (WA 2, 43, 24-29; Luther [1518] 2006f):

[H]et [hierdie strafen beloning] niks met diens aan God te make nie, maar met diens aan die self; dit is nie die geregtigheid van kinders nie, maar dié van slawe, en dit is nie [die geregtigheid] van Christene nie, maar dié van Jode en heidene, en Christene moet nie hierdeur aangetrokke voel nie, aangesien dit voortspruit uit vrees vir die straf of uit liefde tot eie voordeel, en nie uit liefde vir God nie. Derdens baar dit huigelaars, hoogmoediges van hart [en] aanmatigende regters oor ander.20 (p. 54)

Die tweede tipe van sonde is die 'vreemde sonde', algemeen bekend as die 'erfsonde'. Hieraan kan mense niks doen nie. Geen menslike geregtigheid kan iets hieraan verander nie; slegs die 'geregtigheid van Christus' kan ons hiervan red. Die 'geregtigheid van Christus' is 'aliena iusticia [sic!]' ['n vreemde geregtigheid]. 'n Mens kry aan hierdie geregtigheid deel deur die geloof - en, wat nie altyd gehoor word nie, die doop. Hoor Luther wanneer hy na aanleiding van Romeine 10 sê (WA 2, 45, 6-8; Luther [1518] 2006f):

'Wie met die hart glo word regverdig'. Hierdie geregtigheid word aan ons deur die doop oorgedra; hierdie geregtigheid is die geregtigheid wat die evangelie verkondig, dit is nie die [ geregtigheid] wat uit die wet voortspruit nie, maar dit is die geregtigheid van die genade.21 (p. 58)

En nou die belangrike!: Luther koppel die geregtigheid wat uit die genade voortspruit aan die barmhartige God. Die toornige, sonde strawwende God is nie die hoop van die mens wat vasgevang is in die 'erfsonde' nie. Hoop op redding vind Luther in die barmhartige22en vriendelike God wat hy in die Pauliniese briewe ontdek het. Die volgende woorde vat sy verstaan van die evangelie saam (WA 2, 45, 4-6; Luther [1518] 2006f):

Dit is die barmhartigheid van God die Vader, dit is die genade van die nuwe verbond, waardeur die Heer sy vriendelikheid aan almal toon wat as soetigheid [ deur die geloof] geproe word. Binne [die kragveld van] hierdie genade, en geen ander nie, beërf ons die saligheid.23 (p. 60)

Die geloof in die barmhartigheid en genade van God het nie slegs met die verborgenhede van die geloof te make nie, maar ook met die konkrete aardse bestaan. Die geregtigheid van die geloof en die erbarming van God skep 'n totaal nuwe mens. 'n Nuwe wese tree na vore aangesien barmhartige geregtigheid, waarheid en vrede mekaar in die geloof ontmoet. In Luther (WA 2, 45, 20-24; Luther [1518] 2006f) se eie woorde:

Want sonder erbarming is die mens 'n huigelaar, sonder geregtigheid 'n rustelose mens; die genade maak hom waarlik regverdig, en die ware geregtigheid bewerk die vrede; maar hierdie waarheid is Christus, die mens is [maar] nietig.24 (p. 58)

Die derde gestalte van sonde is die 'daadsonde', wat vrug is van die 'erfsonde'. Die geregtigheid wat hiermee verbind word, is 'daadgeregtigheid' wat uit die geloof en die 'wesenlike geregtigheid' (iusticia essentiali) voortvloei. Gelowiges (WA 2, 47, 2-3; Luther [1518] 2006f:64) is veronderstel om goeie vrugte te lewer - vrugte wat 'promovent iusticiam capitalem, et minuunt originale peccatum [basiese geregtigheid bevorder en die erfsonde verswak]. Die probleem is egter dat gelowiges nie weet of hulle werke God behaag nie. Volgens Luther (WA 2, 46; Luther[1518] 2006f:63) moet daar eenvoudig geglo word dat werke wat uit geloof in Christus voortspruit, God sal behaag. Daar is egter 'n belangrike argument wat by hierdie uitspraak gevoeg moet word. Werke op sigself is deurspek van sonde en kan God nie geval nie. Wanneer ons werke egter saam met Christus en sy geregtigheid voor God gestel word, word dit wel aanvaarbaar. Net soos jy nie kan twyfel dat Christus God behaag nie, net so kan jy nie daaroor twyfel nie dat jou werke om Christus se ontwil, God behaag.

Luther het 'n jaar later (1519) breedvoeriger aandag gegee aan hierdie derde gestalte van die geregtigheid. Hy ([1519] 2006e) het dit gedoen in 'Sermo de duplici iustitia' ('n Preek oor die tweevoudige geregtigheid). Hy herhaal dat 'goeie werke' of 'aardse geregtigheid' die vrug van die 'eerste', die 'eintlike gestalte van geregtigheid' is. Die gelowige, die geregverdigde, die goeie boom móét goeie vrugte oplewer aangesien die voorbeeld van Christus nagevolg móét word. Om Christus na te volg beteken om sy gestalte aan te neem. Wanneer die gestalte van Christus aangeneem word, ontwikkel die gelowige die volgende persoonlikheidseienskappe, te wete wysheid, standvastigheid, geregtigheid, goedheid en vrede (WA 2, 147-148; Luther [1519] 2006e:72-74). 'Christelike etiek'25 kom daarom in 'n groot mate by Luther neer op 'karakterkunde'. Om hierdie benadering tot etiek te konkretiseer, bespreek hy een van die fundamentele probleemstellings van sy tyd.

Luther (WA 2, 151-152; [1519] 2006e:82-84) bespreek die vraag 'an non licet malos castigare?' [of die bose nie deur tugtiging verbeter kan word nie?]. Dit gaan hier oor die vraag of 'n dief moreel sal of kan verbeter wanneer hy behoorlik gestraf word.? Om hierdie vraagstelling verstaanbaar te beantwoord, maak hy gebruik van 'n onderskeid tussen 'ampspersoon' en 'privaatpersoon'. Die regter wat 'n openbare amp beklee, en die ampsbevoegdheid het om na oordeel straf op te lê, kan in hierdie aangeleentheid 'n bydrae lewer. Die private landsburger, die Christen, kan dít nie doen nie. Hy kan hoogstens een van die volgende drie dinge doen wanneer hy onreg aangedoen word:

1. Hy kan wraak soek en die hulp van die plaasvervanger van God (vicariosDei), die regter, vra om die boosdoener namens hom te straf. Hierdie is nie die Christelike weg nie, aangesien die klaer hiermee sal toon dat hy en/of sy té veel waarde heg aan aardse besittings. Die Christelike weg is om die boosdoener te oorreed om nie verder te steel nie.

2. 'n Ander wyse van optrede sou wees om die dief te oorreed om die gesteelde goedere terug te gee, en om die benadeelde op hierdie wyse te kompenseer. Die strafmotief word dus ook hier gehandhaaf. Hierdie is ook nie die weg van navolging nie, aangesien hierdie aanslag nie met die liefde vir geregtigheid verbind word nie, maar met toorn, woede en ongeduld.

3. Ware navolging begeer geen wraak nie, soek nie die gesteelde goedere terug nie, maar gee nog 'n kledingstuk vir die dief. Deur aan die booswig goed te doen, deur te doen wat Christus verwag, kan die vlakke van booswilligheid verbeter word. Vir die wêreld is dít natuurlik dwaasheid. Dít aanvaar Luther deurdat hy juis wil argumenteer dat 'Christelike etiek' nie in sosiaal politieke prinsipes of in 'n Christelike filosofie of wêreldbeskouing verander kan word nie. Die etiek van Jesus is in konflik26 met die etiek van die wêreld.

Luther se uitleg van regverdiging, reg en geregtigheid loop uit op wat hy noem die 'twee gestaltes van regverdiging'.

 

Twee gestaltes van regverdiging

Dit is vir Luther (in 'die derde disputasie oor Romeine 3:28', WA 39, I, 82-83; Luther [1535-1537] 2006g:424-430) belangrik dat daar tussen die 'iustificandi hominis coram Deo [regverdiging van mense voor God] en die 'iustificandi eius coram hominibus [regverdiging van mense voor ander mense] onderskei sal word. Mense moet goed en reg doen, en hierdeur regverdig hulle hulself voor ander mense. Hierdie 'regverdiging' het met roem ( gloria) voor mense te make, maar niks met roem voor God nie. Die regverdiging voor God is God se geheimenis (mysterium Dei). Hy regverdig op grond van geloof, selfs die booswig. Menslik gesproke is dít vreemd en selfs onaanvaarbaar. Die teologiese gedagte van regverdiging is vir die filosoof, wat op grond van wetsonderhouding, mense lof toedig, nie verstaanbaar nie. Daarenteen is die menslike geregtigheid (volgens filosofiese oordeel) vir God slegs 'n menslike masker (larva) en pure huigelary (hypocrisis). God se onverklaarbare regverdigverklaring van sondaarmense het met sy geduld (tolerantia) en goedheid (bonitate) te make wat Hy in Christus ten toon gestel het. Om die teologiese gedagte van regverdiging teen onbillike kritiek te verskans (as sou dit bose dade legitimeer), maak Luther gebruik van die formule 'simul iustus et peccator'.27 Luther wil die punt duidelik maak dat die sonde nie goedgepraat en/of goedgemaak word nie, maar dat die mens wat sondaar bly deel kry aan die geregtigheid wat Christus vir hom bewerk. Luther stel die saak soos volg (WA 39, I, 83, 23-31; Luther [1535-1537] 2006g):

Daarom is elkeen wat geregverdig word, soos van die begin af, sondaar, maar nogtans word hy deur God, wat vergewe en Hom erbarm, só beskou as sou hy geheel en al regverdig wees. Sy geregtigheid, wat sonder enige gebrek is en vir ons almal as 'n skild van beskutting teen die verterende gloed van die Goddelike toorn opgestel is, verhoed dat ons nie op grond van ons [diep] gewortelde ongeregtigheid verdoem word nie. Hierdeur staan dit vas dat Christus, of eintlik die geregtigheid van Christus, terwyl dit van buite [betrag] vir ons vreemd is, dit nie op grond van ons werke begryp moet word nie.28 (bl. 426)

Luther se argument gaan nie oor die goeie werke al dan nie. Dit gaan daaroor dat 'goeie werke' 'n menslike oordeel is. Voor God is dit niks. Ten spyte van ons onvolmaakte pogings om 'n goeie oordeel by God af te dwing, regverdig Hy ons op grond van die geloof in Christus. Hierdie oordeel is menslik gesproke vreemd en onbegryplik. Dít is egter die evangelie!

 

Regverdiging - geloof - werke

Regverdiging en geloof in God se erbarming

Op grond van Paulus stel Luther dat die mens slegs deur geloof, en sonder die werke van die wet geregverdig word. Die belangrike vraag is egter: Wat bedoel Luther met 'geloof'? Volgens 'die eerste disputasie oor Romeine 3:28' (WA 39, I, 44, 1; [1535-1537] 2006g:402) is dit duidelik: 'Fides hic vera et donum illud spiritus Sancti entelligi debet [Geloof (wat regverdig) is ware geloof en {kan net as} gawe van die Heilige Gees verstaan word]. Luther ([1520] 2006c) het alreeds in 1520 onder die titel 'Propositiones de fide unfusa et acquisita', in 19 stellings, begin om die verskil tussen Roomse en reformatoriese verstaan van geloof te beredeneer. Die geloof wat deur die Heilige Gees geskenk word noem hy 'ingegote geloof' (fide infusa). Hierdie verstaan van geloof grens hy af teen die Roomse gedagte van 'verwerfde geloof (fide acquisita). Die skolastici het geoordeel dat geloof mettertyd groei en ontwikkel, soos wat die mens méér en méér goeie werke doen. Deur die doen van liefde ontwikkel die mens geloof. Luther het radikaal van hierdie standpunt verskil. Hy het die reformatoriese verstaan van geloof oor 'n tydperk van 18 jaar in disputasies ontwikkel. Tussen 1535 en 1537 het hy meermale oor Romeine 3:28 gedisputeer. Sy stellings is beskikbaar onder die titel 'Thesen für fünf Disputationen über Römer 3:28 ['Stellings vir vyf disputasies oor Romeine 3:28'] (WA 39, I, 40, 44-204; [1535-1537] 2006g:401-441). Dit is veral in hierdie disputasies waar 'n verduideliking van reformatoriese geloof gevind kan word. Luther, in teenstelling tot die skolastiek, meen dat geloof deur die Heilige Gees geskenk word, nog voordat goeie werke gedoen word. Ware geloof, die geloof wat geskenk word (WA 39, I, 45, 31-32; [1535-1537] 2006g:402), 'omhels Christus' (apprehensiva Christi) wat 'vir ons sondes gesterf het en ter wille van ons geregtigheid opgestaan het' ('pro peccatis nostris morientis, et pro iustitia nostra resurgentis). Wat Christus gedoen het, het Hy vir ons gedoen - en dít moet geglo word. Die liefde vloei voort uit die persoon wat glo. Die liefde help die persoon nie om tot geloof te kom nie. Die reformatoriese verstaan van geloof sê: Christus het gesterf - en dít is vir my. Die skolastiese verstaan van geloof sê: Christus het gesterf - en dit is belangrike historiese inligting wat deur my liefdesywer 'n werklikheid gemaak moet word. Luther (WA 39, I, 45, 25-26; [1535-1537] 2006g:404) stel dat die geloof wat glo dat Christus alles vir my gedoen het, 'haec est fides quae sola nos iustificat sine lege et operibus, per misericordiam Dei, in Christo exhibitam [die geloof is wat ons alleen regverdig, sonder die werke van die wet, deur God se barmhartigheid, wat aan ons deur die Christusverkondiging meegedeel word]. Die geloof in God se barmhartigheid is die kern van Luther se 'nuwe verstaan' van die evangelie. Wanneer hy sy gedagtes saamvat in stellings 62-64 van hierdie die eerste deel van die disputasies oor Romeine 3:28, maak hy dit duidelik dat die evangelie ten diepste oor die geloof in God se erbarming handel en nie oor die liefde wat ons tot geloof moet help nie. Hy sê (WA 39, I, 48, 4-9; Luther [1535-1537] 2006g):

Dat ons geregverdig is, het met God wat Hom erbarm te make, en nie met die mens wat daarna trag (om goed te doen nie). Wie werke volbring, mag heilig wees, wys wees, geregtigheid uitstraal, mag wees wat hy wil - wanneer die geloof egter ontbreek, bly hy onder die toorn van God en word verwerp. Hierdie uitspraak geld: Hy erbarm Hom nie net oor enkeles nie, maar oor alle mense: Alleen God se barmhartigheid is ons geregtigheid, en nie ons eie werke nie.29(bl. 410)

Hierdie uitspraak van Luther verhelder die verborgenhede van die regverdigingsleer. Dit is heel eenvoudig: God is ons barmhartige Vader wat hom oor ons ontferm. Hy het dit in Christus finaal en onteenseglik bewys. Ons moet net glo dat ons by hierdie belofte ingesluit is. Ons hoef hom nie te probeer oortuig dat ons by sy barmhartigheid ingesluit behoort te word nie.

Geloof en werke

Dat die geloof alleen regverdig, sonder die werke van die wet, staan by Luther vas. In sy 20 stellings van 1520 oor die 'vraag of werke tot regverdiging bydra?' stel hy (WA 7, 231, 4; Luther [1520] 2006d:98) duidelik: 'Fides, nisi sit sine ullis, etiam minimis, operibus, non iustificat, immo non est fides' [Die geloof maak slegs dan regverdig, wanneer hy sonder een of ander - selfs die geringste - werke geloof is, so nie is dit hoegenaamd nie geloof nie].

Luther moet egter nie misverstaan word nie. Daar is by hom geen sprake van 'n afkeer in goeie werke nie. Hy (WA 7, 231, 8-9; [1520] 2006d:98) stel dit baie duidelik: 'Impossibile est, fidem esse sine assiduis, multis et magnis operibus [Dit is nie moontlik dat die geloof sonder aanhoudende, baie en groot werke kan wees nie]. Op 'n ander plek (WA 39, I, 46, 3-5 = [1535-1537] 2006g:406) stel hy dit nóg skerper: 'Quod si opera non sequuntur, certum est,fidem hancChristi in corde nostro non habitare, Sed mortuam illam scilicet acquisitam fidem [Wanneer daar geen werke {op die geloof} volg nie, dan is dit seker dat dit nie die {regverdig makende} geloof in Christus is wat in ons harte woon nie, maar die dooie geloof, wat as die verwerfde geloof beskryf word]. Om dit nogeens, bo alle twyfel duidelik te maak wat Luther se mening oor die werke is, die volgende woorde uit die 'Voorwoord tot Paulus se brief aan die Romeine in die Nuwe Testament' (WA DB 7, 9, 30 - 10, 22; Luther [1522-1546] 1931):

[Die geloof is ´n] lewendige, skeppende, handelend-magtige ding, [vir wie dit] onmoontlik is om sonder nalating, goeie te bewerk nie. Hy vra ook nie of goeie werke gedoen moet word nie, maar [ selfs] voordat 'n mens vra, het hy dit reeds gedoen, [ so dat dit] nie moontlik is nie om werke van geloof te skei nie.30 (bl. 9-10)

'n Mens moet Luther se hoofargument in gedagte hou. Dit gaan vir hom nie daaroor dat gelowiges nie werke moet doen nie, maar dat werke nie geloof skep nie. Hy sê (WA 7, 232, 30; [ 1520] 2006d:98): 'Non fides aut iustitia ex operibus, sed opera ex fide et iustitia veniunt [Geloof en geregtigheid spruit nie voort uit die werke nie, maar die werke spruit voort uit geloof en geregtigheid]. Die diepste punt van Luther se polemiek word nie aangeraak nie as die volgende woorde nie ter sprake gebring word nie. Hy (WA 7, 231, 18-19; [1520] 2006d:98) stel: 'Funditus perdit fides, tam operum bonorum fiduciam, quam malorum desperationem [Ten diepste vernietig die geloof die vertroue in die goeie werke sowel as die vertwyfeling oor die bose]. Luther kritiseer dus die wydlopende oortuiging dat geloof op vertroue in die goedheid van mense en die lewe neerkom, aangesien dit hand aan hand loop met vertwyfeling, omdat dit gereeld lyk of die bose regeer. Geloof is dus veel meer as wéreldvertroue - wat ten diepste 'n vertroue in moraliteit is. Weereens: Dít beteken nie dat Luther téén goeie werke gekant is nie. Vir hom is dit vanselfsprekend dat 'n gelowige goeie werke sal doen. Sy polemiek gaan daaroor dat die skolastiek geloof met moraliteit verwar en dat verkeerde geloof nie voortdurend goeie werke kan oplewer nie.

Voordat daar aan volhoubare goeie werke aandag gegee word, net nog een insig van Luther oor die verleiding van voortreflike moraliteit. Volgens Luther word ons deur geloof in die kruisiging en opwekking van Christus geregverdig. Die implikasie is dat regverdigingspogings deur die wet (of regsontwikkeling) tevergeefs is. Dít beteken: Menslike voortreflikheid, hoe belangrik dit ook al mag wees, dra niks by tot aansien voor God nie. Geregtigheid word toegereken en nie verwerf nie. Geregtigheid is dus 'n geskenk wat ontvang moet word, en nie iets wat deur morele prestasie verdien word nie. Luther (WA 39, II, 238, 11-13; [1543] 2006a:488) verduidelik in stellings 21 en 2231 van die reeks oor 'die regverdigende geloof' wat die sosiaal etiese implikasies van die twee benaderings is. Mense wat deur morele voortreflikhede 'n reg op lewe wil verdien, gee voor dat toekomstige ongeregtighede deur wetsontwikkeling verhinder kan word. In die morele ywer vir hierdie ideaal, word die ongeregtighede van die verlede en dié van die hede onbevredigend hanteer. Volgens Luther, daarenteen, kan dié persoon wat sy reg op lewe ontvang (óf sy geregtigheid toegesê ontvang), afreken met die ongeregtighede van die verlede, hede en toekoms. Daar word daarmee afgereken deur vergewing, leiding van die Gees en die beloftes van die toekomstige bedeling. Met hierdie benadering keer Luther dat die Nuwe-Testamentiese regverdigingsleer tot sosiale etiek verlaag word. Dat onreg so ver moontlik verwyder en verhinder moet word, is 'n saak van dringendheid. Die morele ywer om in die toekoms reg en geregtigheid te laat geskied, is prysenswaardig, maar dis nog nie geloof nie. Geloof ken die vergewing van die skuld van die verlede, die ywer om vandag verantwoordelik te lewe, en die vaste vertroue dat die volmaakte sonder ons toedoen gaan aanbreek. Geloof in die God wat regverdig verklaar, skep gelatenheid teenoor die booshede van hierdie wêreld, aangesien die onreg nooit die mag van God se barmhartigheid sal oorwoeker nie.

Een van die probleme met Luther se teologie is dat daar tóg 'n vermoede kan ontstaan dat hy goeie werke wou inhibeer. Dít is egter hoegenaamd nie die geval nie. Hy wou slegs belig wat die kern van die evangelie is - en daarnaas het hy gestel wat onlosmaaklik daarmee saamgaan.32 Sy argument oor Jesus as gawe (sacramentum) en as voorbeeld ( exemplum) is 'n goeie voorbeeld van sy teologiese strategie. Luther het gedurende 1521-1522 op die Wartburg die Nuwe Testament in Duits vertaal. Dít was egter nie al wat hy daar gedoen het nie. Hy het ook 'n reeks postilles vir die predikante geskryf. 'n Postille is 'n voorbeeld van hoe daar op reformatoriese wyse gepreek moet word. Ten diepste het sy postilles gehandel oor hoe die Bybel verstaan en uitgelê moet word. Anders gestel: Aan hand van die postilles het hy prakties geïllustreer waarop reformatoriese Bybeluitleg en -interpretasie neerkom. Die kernpunte van reformatoriese hermeneutiek het volgens hierdie postilles te make met (1) die geestelike eenheid van die evangelie ten spyte van die veelvoud van literêre getuienisse, (2) die aanvaarding dat ons in die geskiedenis van Jesus Christus met die geskiedenis van God se heilshandeling te make het, en (3) dat die belangrikste aspek van die evangelie met Jesus as gawe (sacramentum) en nie met Jesus as voorbeeld (exemplum) te make het nie. Hierdie postilles is aanvanklik opgeneem en gepubliseer in 'n 'kommentaar' (wat verlore is) getitel 'Auszlegung der Epistelln vnd Euangelien die nach brauch der kirchen geleszen werden; vom Christtag bisz auff den Sontag nach Epiphanie ['Uitleg van die apostoliese briewe en evangelies volgens die leesrooster van die kerk; vanaf Kersfees tot en met die Sondag ná Epifanie']. Hierdie 'kommentaar', in die vorm van versamelde postilles, is voorsien van 'n voorwoord, soortgelyk aan die voorwoord in die Duitse vertaling van die Nuwe Testament. Hierdie voorwoord is in 1522 (Luther [1522] 2012) ook as 'n selfstandige traktaat gepubliseer onder die titel 'Ein kleiner Unterricht, was man in den Evangelien suchen und erwarten soll [''n Kort onderrig oor wat 'n mens in die evangelies moet soek en verwag']. Luther pleit in hierdie geskrif dat teoloë moet ophou om van Christus 'n tweede Moses te maak aangesien Hy nie maar net 'n leermeester en voorbeeld is nie. Vanselfsprekend moet daar ook oor Hom as voorbeeld gepraat word, maar dít is nie primêr nie. Primêr is dat Hy as gawe en geskenk ter sprake gebring moet word. Deur dít te doen, kom dít ter sprake wat die gewete vrolik, seker en tevrede sal maak, naamlik die liefde van God. Spreke wat uitmond in 'n vrolike, goeie en troosvolle boodskap het met die evangelie te make, en dít en slegs dít, is wat 'n preek veronderstel is om te kommunikeer. Nadat Christus op hierdie wyse in die prediking ter sprake gebring is, kan en moet Hy ook as voorbeeld ter sprake kom aangesien geloof en liefde onlosmaaklik verbonde is. Opsommend, as hartklop van die Reformatoriese teologie, sê hy (WA 10, I, 12, 22-13, 3; Luther [1522] 2012) dan:

Christus as gawe voed jou geloof en maak van jou 'n Christen. Christus as voorbeeld oefen jou werke, dit maak egter nie van jou 'n Christen nie, maar vloei uit jou voort, [;y] wat reeds 'n Christen gemaak is. In soverre jy gawe en voorbeeld onderskei, onderskei jy ook geloof en werke. Die geloof as sodanig is en het niks nie, aangesien dit slegs te make het met Christus se werk en persoon. Die werke het wel iets wat met jou te make het, maar dit behoort nie aan jou nie, aangesien jou werke jou naaste toekom.33 (bl. 492)

Die evangelie is dus nie iets wat wesenlik met wette en gebooie te make het nie, maar met die beloftes van God waarin Hy sy goedheid aan ons deur Christus bekend maak. Hierdie evangelie moet gehoor en geglo word, en gelowiges wat Christus as gawe aanvaar, behoort dan outomaties te weet dat hulle Christus ook as voorbeeld moet navolg. As navolgers van Christus dien hulle hul naaste, maar navolging maak nie van jou 'n Christen nie. Slegs diegene wat reeds Christene gemaak is deur die geloof, volg Jesus na. Om hierdie rede onderskei34 ons tussen geloof en werke sonder om dit te skei.

Luther (WA 39, II, 235-239; [1543] 2006a:481-489) het drie jaar voor sy dood (1543) 'n reeks stellings oor die regverdiging opgestel wat beskikbaar is onder die titel 'De fide iustificante [Oor die regverdigende geloof]. Hierdie stellings was opgestel vir die doktorale disputasies van die diaken Friedrich Bachofen en die student Hieronymus Nopp in Leipzig op 24 April. In hierdie stellings het hy aandag gegee aan die vraag, hoe goeie werke standhoudend gedoen kan word? Om standhoudend liefdesdiens te verrig, is dit noodwendig dat die persoon deur die regverdiging vernuwe sal word. Hy (WA 39, II, 236, 14-17; [1543] 2006a:482) stel: 'Fides Christi affert remissionem et mortificationem peccatorum per Spiritum sanctum, Qui veterem hominem cum suis concupiscentiis et crucifiget et renovat ad imaginem Dei'. [Die geloof in Christus bring die vergewing en die terminering van die sonde deur die Heilige Gees na vore, wat die ou mens met sy begeerlikhede kruisig en tot die ewebeeld van God vernuwe]. Die mens wat geregverdig en tot ewebeeld van Christus vernuwe is, kan aanhoudend liefdesdiens verrig - en móét dit trouens ook doen.

Volgens Luther kan die geloof nooit sonder die liefde wees nie - nie as iets wat die geloof moet voltooi nie, maar as iets wat as vrug uit die geloof voortspruit. Om die verhouding tussen geloof en werke reg te verstaan, moet begryp word dat die regverdiging deur die geloof die voorwaarde vir ware liefde is. Ware liefde35 is onselfsugtige diens aan die naaste en nie 'n poging om guns by God en roem voor mense te verwerf nie. Liefde is trouens 'n baie moeilike saak aangesien mense deur haat en hoogmoed beheers word. Hierdie bose emosies en drange kan alleenlik oorkom word wanneer die persoon vernuwe word. Mense word vernuwe deur sondevergewing en bekleding deur die dinge van die toekomstige eeu - en dít is onder andere waarop regverdiging neerkom.

By Luther is die vernuwing nie 'n proses nie. Die gelowige is 'n nuwe mens, en die nuwe mens doen goeie werke. In sy 'Disputasie oor Romeine 3:28' gebruik hy die bekende beeld van die boom en die vrugte om sy hele argument mee saam te vat. Hy (WA 39, I, 46, 12-18; Luther [1535-1537] 2006g) stel:

Ons bely dat goeie werke op die geloof volg, let wel, nie daarop móét volg nie, maar vanselfsprekend daarop volg, soos wat 'n goeie boom nie goeie vrugte móét oplewer nie, maar dit [outomaties] self oplewer. En soos wat goeie vrugte nie die boom goed maak nie, so regverdig die goeie werke nie die persoon nie, maar goeie werke word deur 'n persoon gedoen wat alreeds deur die geloof geregverdig is, soos wat goeie vrugte van 'n boom kom wat alreeds op grond van sy aard goed is.36 (bl. 406)

Ek sluit hierdie ekskursie oor geloof en werke af deur op 'n laaste argument van Luther te wys. In die 'vyfde disputasie oor Romeine 3:28' (WA 39, I, 202-204; [1535-1537] 2006g:436-441) werk hy met die onderskeid tussen die 'werke van die wet' (opera legis) en 'werke van genade' (opera gratiae). Die werke van die wet is die werke wat buite die geloof om, op grond van die menslike wil en gemeenskapsplig, gedoen moet word. Hierdie werke word gedoen op grond van waarskuwing en beloning. Werke van genade spruit voort uit die geloof deurdat die 'spiritu sancto movente et regenerante voluntatem hominis' ['die Heilige Gees die menslike wil beweeg en vernuwe']. Ten spyte daarvan, is dit ook nodig dat gelowiges deur vermaning en dreiging aan hulle morele opdrag herinner word. Maar, nou weer Luther se punt (WA 29, I, 203, 22-28; Luther [1535-1537] 2006g):

Hierdie werke self regverdig nie voor God nie, maar dit word deur 'n geregverdigde gedoen sodat 'n mens met reg van 'n geregtigheid van die werke kan praat, wat vir God deur Christus aanneemlik is. 'n Mens moet loop en wil, maar nogtans gaan dit nie oor die loop en die wil nie, maar oor God se erbarming. 'n Mens moet 'n rein gewete hê, maar moet egter weet dat 'n mens nie daardeur geregverdig word nie. 'n Mens moet na die ewige lewe strewe deur volhardend goeie werke te doen, nogtans gaan dit nie oor hierdie strewe nie maar om God se erbarming.37 (bl. 436)

Samevatting

Volgens Luther doen gelowiges goeie werke. Dit is hulle algemene sedelike plig, maar hulle doen dit ook outomaties omdat hulle goeie bome gemaak is wat goeie vrugte lewer.38Hoe belangrik die werke van die gelowige ook al mag wees - hierop word nie vertrou nie; vertroue is gerig op die barmhartigheid van God, en dít is die kern van sy teologie (Axt-Piscalar 2013:78).

 

Literatuurverwysings

Axt-Piscalar, C., 2013, Was ist Theologie? Klassische Entwürfe von Paulus bis zur Gegenwart, Mohr Siebeck, Tübingen.         [ Links ]

Barth, H-M., 2009, Die Theologie Martin Luthers: Eine kritische Würdigung, Gütersloher Verlagshaus, Gütersloh.         [ Links ]

Barth, M., 1969, Rechtfertigung: Versuch einer Auslegung paulinischer Texte im Rahmen des Alten und Neuen Testamentes, EVZ-Verlag, Zürich. (Theologische Studien, 90).         [ Links ]

Bayer, O., 1995, Freiheit als Antwort: Zur theologischen Ethik, Mohr Siebeck, Tübingen.         [ Links ]

Bayer, O., [2003] 2007, Martin Luthers Theologie: Eine Vergegenwärtigung, 3. durchges. Aufl., Mohr Siebeck, Tübingen.

Beintker, M., 1998, Rechtfertigung in der neuzeitlichen Lebenswelt: Theologische Erkundungen, Mohr, Tübingen.         [ Links ]

Beintker, M., 2013, 'Gottes Urteil über unser Leben: Das Jüngste Gericht als Stunde der Wahrheit', Zeitschrift für Theologie und Kirche 110(2), 219-233.         [ Links ]

Christoffersen, S., 2016, Justification and the Church in Scandinavian Theology', in M. Beyer, M. Hauger & V. Leppin, (Hrsg.), Herausforderung Reformation: Reformationsgeschichte zwischen theologischer Deutung und historischer Forschung, S. 183-205, Vandenhoeck & Ruprecht, Göttingen. (Evangelische Impulse, 7).         [ Links ]

Ebeling, G., [1995] 2015, 'Theologie als Kunst des Unterscheidens', in C. Danz (Hrsg.), Martin Luther, S. 84-128, Wissenschaftliche Buchgesellschaft, Darmstadt. (Neue Wege der Forschung: Theologie).

Evangelische Kirche in Deutschland (EKD), [2014] 2015, Rechtfertigung und Freiheit: 500 Jahre Reformation 2017. Ein Grundlagentext des Rates der Evangelischen Kirche in Deutschland (EKD), 4. Aufl., Gütersloher Verlagshaus, Gütersloh.

Fichte, J.G., [1804-1805] 1991, 'Die Grundzüge des gegenwärtigen Zeitalters. Vorlesungen 1804-1805, 7. Vorlesung', in R. Lauth & H. Gliwitzky (Hrsg.), Gesamtausgabe, Bd. 8, S. 269-372, Bayerische Akademie der Wissenschaften, München.

Hamm, B., [2010] 2015, 'Naher Zorn und nahe Gnade. Luthers frühe Klosterjahre als Beginn seiner reformatorischen Neuorientierung', in C. Danz (Hrsg.), Martin Luther, S. 39-83, Wissenschaftliche Buchgesellschaft, Darmstadt. (Neue Wege der Forschung: Theologie).

Herms, E., 2017, '"Der Glaube ist ein schäftig, tätig Ding." Luthers "Ethik": Sein Bild vom christlichen Leben', in U. Heckel,J. Kampmann, V. Leppin & C. Schwöbel (Hrsg.), Luther heute:Ausstrahlungen der Wittenberger Reformation, S. 90-126, Mohr Siebeck, Tübingen.         [ Links ]

Honecker, M., 1990, Einführung in die Theologische Ethik: Grundlage und Grundbegriffe, De Gruyter, Berlin.         [ Links ]

Iwand, H.J., [1941] 1980, 'Glaubensgerechtigkeit nach Luthers Lehre', in G. Sauter (Hrsg.), Glaubensgerechtigkeit: Gesammelte Aufsätze, II, S. 11-125, Chr. Kaiser Verlag, München. (Theologische Bücherei, 64).

Iwand, H.J., [1974] 1983, Nachgelassene Werke, Bd. 5, Luthers Theologie, V.J. Haar (Hrsg.), Chr. Kaiser Verlag, München.

Jüngel, E., [1988] 1990, 'Leben aus Gerechtigkeit. Gottes Handeln - menschliches Tun', in E. Jüngel (Hrsg.), Wertlose Wahrheit: Zur Identität und Relevanz des christlichen Glaubens: Theologische Erörterungen, III, S. 346-364, Kaiser, München. (Beiträge zur evangelischen Theologie, 107).

Jüngel, E., 1998, Das Evangelium von der Rechtfertigung des Gottlosen als Zentrum des christlichen Glaubens: Eine theologische Studie in ökumenischer Absicht, Mohr Siebeck, Tübingen.         [ Links ]

Jüngel, E., [1968] 2000, 'Gottes umstrittene Gerechtigkeit. Eine reformatorische Besinnung zum paulinischen Begriff, in E. Jüngel (Hrsg.), Unterwegs zur Sache. Theologische Erörterungen, I, 3. Aufl., pp. 60-79, Mohr Siebeck, Tübingen.

Kasper, W., 2016, Martin Luther: Eine ökumenische Perspektive, Patmos Verlag, Ostfildern.         [ Links ]

Kaufmann, T., [2016] 2017, Erlöste und Verdammte: Eine Geschichte der Reformation, 2. durchges. Aufl., C.H. Beck, München.

Kohnle, A., 2015, Martin Luther: Reformator, Ketzer, Ehemann, Evangelische Verlagsanstalt (SCM), Leipzig.         [ Links ]

Korsch, D., [2005] 2010, 'Glaube und Rechtfertigung', in A. Beutel (Hrsg.), Luther Handbuch, 2. Aufl., S. 372-381, Mohr Siebeck, Tübingen. (UTB, 3416).

Körtner, U., 2014, Die letzten Dinge, Neukirchener Theologie, Neukirchen-Vluyn. (Theologische Bibliothek, 1).         [ Links ]

Leppin, V., 2016a, Die fremde Reformation: Luthers mystische Wurzeln, Verlag C.H. Beck, München.         [ Links ]

Leppin, V., 2016b, 'Luther's transformation of medievel thought: Continuity and discontinuity', in R. Kolb, I. Dingel & L. Batka (eds.), The Oxford handbook of Martin Luther's Theology, pp. 115-124, Oxford University Press, Oxford.         [ Links ]

Lohse, B., 1995, Luthers Theologie in ihrer historischen Entwicklung und in ihrem systematischen Zusammenhang, Vandenhoeck & Ruprecht, Göttingen.         [ Links ]

Luther, M., [1518] 1883, 'Resolutiones disputationum de indulgentiarum virtute' in J.K.F. Knaake (Hrsg.), D. Martin Luthers Werke, Kritische Gesammtausgabe, 1. Bd., S. 522-628 (WA 1, 522-628), Hermann Böhlau, Weimar.

Luther, M., [1519] 1884, 'In epistolam ad Galatas commentarius', in J.K.F Knaake (Hrsg.), D. Martin Luthers Werke, Kritische Gesamtausgabe, 2. Bd., S. 436-618 (WA 2, 436-618), Hermann Böhlau, Weimar.

Luther, M., [1534] 1910, 'Predigten über die Taufe', in J.F.K. Kaake (Hrsg.), D. Martin Luthers Werke, Kritische Gesamtausgabe, 37. Bd., S. 627-672, (WA 37, 627-672), Hermann Böhlaus Nachfolger, Weimar.

Luther, M., [1532-1538] 1914, 'Enarratio Psalmi LI', in J.K.F. Knaake (Hrsg.), D. Martin Luthers Werke, Kritische Gesamtausgabe, 40. Bd. 2. Abteilung, S. 313-470 (WA 40, 2, 313-470), Hermann Böhlaus Nachfolger, Weimar.

Luther, M., [1522] 1925, 'Adventspostille: Mt 11:2-10. Am dritten Sonntag des Advents 1522', in J.K.F. Knaake (Hrsg.), D. Martin Luthers Werke, Kritische Gesamtausgabe, 10. Bd., 1. Abteilung, 2. Hälfte, S. 147-170 (WA 10, I/ 2, 147-170), Hermann Böhlaus Nachfolger, Weimar.

Luther, M., [1537] 1926, 'Die Promotionsdisputation von Palladius und Tilemann', in J.K.F. Knaake (Hrsg.), D. Martin Luthers Werke, Kritische Gesamtausgabe, 39. Bd., 1. Abteilung, S. 205-257 (WA 39, 1, 205-257), Hermann Böhlaus Nachfolger, Weimar.

Luther, M., [1532-1533] 1930, 'Vorlesung über die Stufenpsalmen (Psalm 130:4)', in J.K.F. Knaake (Hrsg.), D. Martin Luthers Werke, Kritische Gesamtausgabe, 40. Bd., 3. Abteilung, S. 348-360 (WA 40, III, 348-360), Hermann Böhlaus Nachfolger, Weimar.

Luther, M., [1522-1546] 1931, 'Vorrede auss die Epistel S. Pauli an die Römer', in G. Webermeyer (Hrsg.), D. Martin Luthers Werke, Kritische Gesamtausgabe, 7. Band, Die Deutsche Bibel, Das Neue Testament, 2. Hälfte, S. 3-27 (WA DB 7, 3-27), Hermann Böhlaus Nachfolger, Weimar.

Luther, M., [1543] 2006a, 'De fide iustificante', in J. Schilling (Hrsg.), Martin Luther: Lateinisch-Deutsche Studienausgabe, Bd. 2, Christusglaube und Rechtfertigung, S. 481-489, (WA 39(II), 235-239), Evangelische Verlagsanstalt, Leipzig.

Luther, M., [1518] 2006b, 'De remissione peccatorum', in J. Schilling (Hrsg.), Martin Luther: Lateinisch-Deutsche Studienausgabe, Bd. 2, Christusglaube und Rechtfertigung, S. 25-33, (WA 1, 630-633), Evangelische Verlagsanstalt, Leipzig.

Luther, M., [1520] 2006c, 'Propositiones de fide infusa et acquisita', in J. Schilling (Hrsg.), Martin Luther: Lateinisch-Deutsche Studienausgabe, Bd. 2, Christusglaube und Rechtfertigung, S. 91-95, (WA 6, 85-86), Evangelische Verlagsanstalt, Leipzig.

Luther, M., [1520] 2006d, 'Quaestrio, utrum opera faciant ad iustificationem', in J. Schilling (Hrsg.), Martin Luther: Lateinisch-Deutsche Studienausgabe, Bd. 2, Christusglaube und Rechtfertigung, S. 97-99, (WA 7, 231-232), Evangelische Verlagsanstalt, Leipzig.

Luther, M., [1519] 2006e, 'Sermo de duplici iustitia', in J. Schilling (Hrsg.), Martin Luther: Lateinisch- Deutsche Studienausgabe, Bd. 2, Christusglaube und Rechtfertigung, S. 67-85, (WA 2, 145-153), Evangelische Verlagsanstalt, Leipzig.

Luther, M., [1518] 2006f, 'Sermo de triplici iustitia' in J. Schilling (Hrsg.), Martin Luther: Lateinisch- Deutsche Studienausgabe, Bd. 2., Christusglaube und Rechtfertigung, S. 53-65, (WA 2, 43-47), Evangelische Verlagsanstalt, Leipzig.

Luther, M., [1535-1537] 2006g, 'Thesen für fünf Disputationen über Römer 3,28', in J. Schilling (Hrsg.), Martin Luther: Lateinisch-Deutsche Studienausgabe, Bd. 2, Christusglaube und Rechtfertigung, S. 401-441, (WA 39(I), 44-53, 82-86, 202-204), Evangelische Verlagsanstalt, Leipzig.

Luther, M., [1545] 2006h, 'Vorrede zum ersten Band der lateinischen Schriften der Wittenberger Luther-Ausgabe', in J. Schilling (Hrsg.), Martin Luther: Lateinisch-Deutsche Studienausgabe, Bd. 2, Christusglaube und Rechtfertigung, S. 491-509, (WA 54, 179-187), Evangelische Verlagsanstalt, Leipzig.

Luther, M., [1522] 2012, 'Ein kleiner Unterricht, was man in den Evangelien suchen und erwarten soll', in D. Korsch (Hrsg.), Martin Luther: Deutsch-Deutsche Studienausgabe, Bd. 1, Glaube und Leben, S. 485-499, (WA 10(I), 8-18), Evangelische Verlagsanstalt, Leipzig.

Mattes, M., 2016, 'Luther on justification as forensic and effective', in R. Kolb, I. Dingel & L. Batka (eds.), The Oxford handbook of Martin Luther's Theology, pp. 264-273, Oxford University Press, Oxford.         [ Links ]

Moltmann, J., 1977, 'Rechtfertigung und neue Schöpfung', in J. Moltmann (Hrsg.), Zukunft der Schöpfung: Gesammelte Aufsätze, S. 157-179, Chr. Kaiser, München.         [ Links ]

Moltmann, J., 1991, 'Gerechtigkeit für Opfer und Täter', in J. Moltmann (Hrsg.), In der Geschichte des dreieinigen Gottes: Beiträge zur trinitarischen Theologie, S. 74-89, Kaiser, München.         [ Links ]

Müller, G., 2016, 'Luther's transformation of medieval thought: Discontinuity and scontinuity', in R. Kolb, I. Dingel & L. Batka (eds.), The Oxford handbook of Martin Luther's Theology, pp. 105-114, Oxford University Press, Oxford.         [ Links ]

Peters, A., 1984, Rechtfertigung, Mohn, Gütersloh. (Handbuch Systematischer Theologie, 12).         [ Links ]

Saarinen, R., 2016, 'Justification by faith: The view of the Mannermaa school', in R. Kolb, I. Dingel & L. Batka (eds.), The Oxford handbook of Martin Luther's Theology, pp. 254-263, Oxford University Press, Oxford.         [ Links ]

Sauter, G., 1989, Rechtfertigung als Grundbegriff evangelischer Theologie: Eine Textsammlung eingeleitet und herausgegeben von Gerhard Sauter, Chr. Kaiser Verlag, München. (Theologische Bücherei, 78).         [ Links ]

Schaufele, W-F., 2016, 'Die Rechtfertigungslehre: Motor der Reformation?', in M. Beyer, M. Hauger & V. Leppin (Hrsg.), Herausforderung Reformation: Reformationsgeschichte zwischen theologischer Deutung und historischer Forschung, S. 58-84, Vandenhoeck & Ruprecht, Göttingen. (Evangelische Impulse, 7).         [ Links ]

Schilling, J., (Hrsg.), 2006, Martin Luther: Lateinisch-Deutsche Studienausgabe, Bd. 2, Christusglaube und Rechtfertigung, Evangelische Verlagsanstalt, Leipzig.         [ Links ]

Schilling, J., [2005] 2010, 'Gattungen - Erbauungsschriften', in A. Beutel (Hrsg.), Luther Handbuch, 2. Aufl., S. 295-305, Mohr Siebeck, Tübingen. (UTB, 3416).

Schwarz, R., [2015] 2016, Martin Luther - Lehrer der christlichen Religion, 2. Aufl., Mohr Siebeck, Tübingen.

Slenczka, N., [2005] 2010, 'Christliche Hoffnung', in A. Beutel (Hrsg.), Luther Handbuch, 2. Aufl., S. 435-443, Mohr Siebeck, Tübingen. (UTB, 3416).

Van Selms, A., 2016, 'Toeligting op die Belydenis van die Hervormers: 'n Katkisasieboek oor die Christelike Geloofsleer. Opgestel en uitgegee in opdrag van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika', Tydskrif vir Hervormde Teologie 4(4), 1-259.         [ Links ]

Van Wyk, I.W.C., 2001, 'Die "gemeenskaplike verklaring oor die regverdigingsleer" van 30/31 Oktober 1999', HTS Teologiese Studies/Theological Studies 57(3&4), 835-867.         [ Links ]

Van Wyk, I.W.C., 2011, 'Wat is reformatoriese teologie? Nadenke na aanleiding van 'n kerklike beswaarskrif, HTS Teologiese Studies/Theological Studies 67(3). Art # 1156, 11 pages. https://doi.org/10.4102/hts.v67i3.1156        [ Links ]

Van Wyk, I.W.C., 2015a, 'Martin Luther oor oneerlikheid in die ekonomie', HTS Teologiese Studies/ Theological Studies 71(3), Art. # 2869, 7 pages. https://doi.org/10.4102/hts.v71i3.2869        [ Links ]

Van Wyk, I.W.C., 2015b, 'Martin Luther en teologiebeoefening in die toekoms', HTS Teologiese Studies/Theological Studies 71(3), Art. # 3070, 8 pages. https://doi.org/10.4102/hts.v71i3.3070        [ Links ]

Weinrich, M. & Burgess, J. (eds.), 2009, What is justification about? Reformed contributions to an ecumenical theme, Eerdmans, Grand Rapids, MI.         [ Links ]

Wenz, G., 2015a, 'Der Jüngste Tag, Himmel und Hölle', in G. Wenz (Hrsg.), Vollendung: Eschatologische perspektive, S. 288-307, Vandenhoeck & Ruprecht, Göttingen. (Studium Systematische Theologie, 10).         [ Links ]

Wenz, G., 2015b, 'Rechtfertigung im Endgericht. Eschatologie in reformatorischer Tradition', in G. Wenz (Hrsg.), Vollendung: Eschatologische perspektive, S. 18-36, Vandenhoeck & Ruprecht, Göttingen. (Studium Systematische Theologie, 10).         [ Links ]

 

 

Project Leader: W.A. Dreyer
Project Number: 77370920
Project Description: Prof. Natie van Wyk is participating in the research project, 'History of Reformed theology and theologians', directed by Dr Wim Dreyer, Department of Church History and Church Polity, Faculty of Theology, University of Pretoria.
1 Ek het enkele aanhalings al voorheen (vgl. Van Wyk 2011, 2015a en 2015b) vertaal. In hierdie artikel word daar gepoog om dit beter te doen.
2 Op grond van hierdie konsensus binne die resente Luther-navorsing, het die Raad van die Evangeliese Kerk in Duitsland (EKD) sy basisdokument ([2014] 2015) vir die jubileum as 'Regverdiging en vryheid' betitel. Op grond van die rigtinggewende leiding van die EKD word hierdie twee artikels vir hierdie bundel aangebied.
3 Die 'Reformatoriese deurbraak of wending' is 'n omstrede saak in die Luther-navorsing. Die omstredenheid het met die vraag te make of Luther 'n radikale wending in die teologiegeskiedenis teweeg gebring het, en of hy 'n gevangene van die Middeleeuse mistiek gebly het. Daar is twee skole van denke: (1) Dat Luther groter diskontinuïteit as kontinuïteit met die Middeleeue openbaar. Gerhard Müller (2016) is die hoofwoordvoerder van hierdie skool. (2) Dat Luther nie dadelik en duidelik 'n radikale breuk met die Middeleeue toon nie. Hier kan na die werke van Volker Leppin (2016a, 2016b] gekyk word.
4 Luther stel: 'Hic Deus apparet horribiliter irratus, et cum eo pariter universa creatura. Tum nulla fuga, nulla consolatio, nec intus nec foris, sed omnium accusatio [...] Solum relinquitur nudum desiderium auxilii et horrendus gemitus, sed nescit [anima], unde petat auxilium.'
5 Vir sistematiese interpretasies van Luther se verstaan van oordeel en barmhartigheid, kyk na: Beintker [2013], Körtner [2014], Slenczka ([2005] 2010 en Wenz (2015a, 2015b). Vir die historiese ontwikkeling van sy denke, kyk na Kaufmann [[2016] 2017:83-114).
6 Weens 'n gebrek aan ruimte word daar nie ingegaan op hierdie terminologie nie. Kyk egter na Iwand [[1941] 1980, [1974] 1983], Jüngel [1998, [1968] 2000] vir rigtinggewende navorsing.
7 Luther stel: 'Ego autem, qui me, utcunque irreprehensibilis monachus vivebam, sentirem coram Deo esse peccatorem inquietissimae conscientiae, nec mea satisfactione placatum confidere possem, non amabam, imo odiebam iustum et punientem peccatores Deum, tacitaque si non blasphemia, certe ingenti murmuratione indignabar Deo, dicens: quasi vero non satis sit, miseros peccatores et aeternaliter perditos peccato originali, omni genere calamitatis oppressos esse per legem Decalogi, nisi Deus per euangelium dolorem dolori adderet, et etiam per euangelium nobis iustitiam et iram suam intentaret, Furebam ita saeva et perturbata conscientia, pulsabam tamen importunus eo loco Paulum [Rom 1:17], ardentissime sitiens sciri, quid S Paulus vellet. Donec miserente Deo meditabundus dies et noctes connexionem verborum attenderem, nempe: lustitia Dei revelatur in illo, sicut scriptum est: lustus ex fide vivit. Ibi iustitiam Dei coepi intelligere eam, qua iustus dono Dei vivit, nempe ex fide, et esse hanc sententiam, revelari per euangelium iustitiam Dei, scilicet passivam, qua nos Deus misericors iustificat per fidem, sicut scriptum est: lustus ex fide vivit. Hic me prorsus renatum esse sensi, et apertis portis in ipsam Paradisum intrasse; ibi continuo alia mihi facies totius scripturae apparuit ... lam quanto odio vocabulum "ustitia Dei oderam ante, tanto amore dulcissimum mihi vocabulum extollebam, ita mihi iste locus Pauli fuit vere porta paradisi.'
8 Luther stel: 'Sic audivistis [...], quod iste versus (scil. Ps. 130:4) sit Summa doctrina Christianae et ille sol, qui illuminat Sanctam ecclesiam dei, quia isto articulo stante stat Ecclesia, ruente ruit Ecclesia.'
9 Volgens Schilling [200B:XXXIV] het Luther hierdie spesifieke woorde op 01 September 1537 uitgespreek en nie op 01 Junie nie soos dit in die WA aangedui word.
10 Luther stel: 'Articulus iustificationis est magister et princeps super omnia doctrinarum genera, et gubernat omnem conscientiam et ecclesiam, sine quo mundus est insulsus et merae tenebrae, nec ullus est error, qui non irrepat et regnet sine illo. Ideo necessarium est, hunc locum habere diligenter cognitum in ecclesia, praesertim si alios docere velis. Recte igitur facimus, si quam saepissime de hac re disputamus, ut animi nostril fiant certi et ut possimus resistere diabolo in omni genere tentationum. Nisi enim hic institute erimus, potest nos in omnes desperationes protrudere. Haec doctrina non est parva aut de rebus levibus, sed necessaria est christianis hominibus, stantibus in acie contra sathanam.'
11 Dit is jammer dat die artikel oor die regverdiging nooit aandag in die Afrikaanssprekende kerke gekry het nie, en dat die gedagte van 'sin' hierdie tema verdring het. My vorige pleidooie (Van Wyk 2001, 2011) het op dowe ore geval. Op hierdie stadium wil ek beweer dat daar met die tema 'sin' nie net afskeid geneem word van die Reformatoriese teologie nie, maar van die Christelike geloof as sodanig. Goeie, resente oorsigartikels oor hierdie onderwerp sluit in: Barth (1969), Beintker (1998), Christoffersen (2016), Korsch ([2005] 2010), Mattes (2016), Moltmann (1977, 1991), Peters (1984), Weinrich en Burgess (2009), Saarinen (2016) en Schaufele (2016).
12 Luther, Melanchthon en Calvyn het nie oor die regverdiging gepraat as 'dogma' of 'leer' nie. Regverdiging is beskou as daad van die barmhartige God. Ná die Eerste Wereldoorlog het Karl Holl begin praat oor die 'regverdigingsleer'. Die meeste geleerdes van die 20ste eeu het hom hierin gevolg. Nogtans het die ongemak met hierdie woordgebruik uitgekring. Gerhard Sauter (1989) se aanbeveling om van regverdiging as 'grondbegrip van Evangeliese teologie' te praat lyk na 'n aanvaarbare oplossing.
13 Luther definieer soos volg: 'Cognitio dei et hominis est sapientia divina et proprie theologica, Et ita cognitio dei et hominis, ut referatur tandem ad deum iustificantem et hominem peccatorem, ut proprie sit subiectum Theologiae homo reus et perditus et deus iustificans vel salvator [...] Nam Theologiae proprium subiectum est homo peccati reus ae perditus et Deus iustificans ae salvator hominis peccatoris. Quicquid extra hoc subiectum in Theologia quaritur aut disputatur, est error et venum:
14 Een van die klassieke uitsprake in hierdie verband kom van die filosoof Johann Gottlieb Fichte. In 1804 sê hy (1991:348): 'Die kerk het dit al byna opgegee om oor hierdie artikel te preek; en waar hy dit nog doen, doen hy dit sonder enige vrug, aangesien niemand dit ter harte neem nie.'
15 Luther (WA TR 2, 2408b) het in een van sy tafelgesprekke gesê: '[W ]enn man vom Artikel der Rechtfertigung prediget, so schläft das Volk und hustet wenn man aber anfähet Historien und Exempel zu sagen, da recktts beide Ohren auf, ist still und höret fleissig zu.. [Wanneer 'n mens oor die artikel van die regverdiging preek, dan slaap en hoes die volk; wanneer 'n mens egter begin om verhale te vertel en voorbeelde te noem, dan staan beide ore regop, raak stil en luister aandagtig].
16 Twee gerespekteerde interpreteerders van Reformatoriese teologie maak nie gebruik van die woord 'regverdiging' nie, en vervang dit met 'sondevergewing'. In die Hervormde tradisie het Adrianus van Selms [2016:111-117] dit gedoen en onlangs het die befaamde Lutherse teoloog Reinhard Schwarz [[2015] 2016:237-262] dit ook gedoen.
17 Luther verduidelik: 'Sihe, solch gottlich tzusagung seyner gnade unnd vorgebung der sund heysst eygentlich Evangeli[um]. Und ich sage noch eyn mal und abermal, das du das Evangeli[ um] ia nichts anders, vorstehist, denn: gottliche zusagung seyner gnade und vorgebung der sunde.'
18 In Luther se eie woorde: 'arbitramur hominem iustificariper fidem. Haec est iusticia infinita, et omnia peccata in momento absorbens, Quia impossibile est, quod peccatum in Christo haereat, at qui credit in Christo, haeret in Christo, estque unum cum Christo, habens eandem iusticiam, cum ipso, Ideo impossibile est quod in eo maneat peccatum.'
19 Onder 'sermo' [sermon in Engels) moet die volgende verstaan word: 'n Preek in die vorm van 'n verhandeling waarin die basiese begrippe van die Christelike godsdiens verduidelik word. Dikwels neem dit die gestalte aan van 'n polemiese kontroversgeskrif - vergelyk Schilling [[2005] 2010).
20 Luther stel: 'Secundo non deo, sed sibi servit, nec est filiorum, sed servorum iusticia, nec est christianorum proprie, sed iudaecorum et gentilium nec Christiani ad eam sunt exhortandi, quia procedit ex timore poenae, vel amore commode sui, non amore dei. Tercio facit hypocritas, superbos mente cordis sui, temerarios iudices aliorum.'
21 Luther sê: 'Corde creditor ad iusticam, haec per baptismum confertur, haec est proprie quam Evangelium annunciat, et non est iusticia legis, sed iusticia gratiae.'
22 Die Roomse kardinaal Walter Kasper (2016) het die ekumeniese verdienste dat hy 'n 'teologie van die barmhartigheid van God' ontwikkel het waarmee hy 'n insiggewende bydrae lewer tot die Luther-jubileum.
23 Luther argumenteer: 'Haec est Misericordia dei patris, haec gratia novi testament, qua dulcis est domnius his qui gustant eum: in hac opertet nos salvos fieri, et nulla alia.'
24 Luther se woorde: 'Nam sine misericordia homo est hypocrite, sine iusticia inquietus, Gratia facit veracem, iustum, et vera iusticia pacem, sed ea veritas Christus est, homo vanitas.'
25 Vir die basiese en kenmerkende van Luther se etiek as 'karakterkunde' kan gekyk word na Bayer [1995] en Honecker [1990].
26 Vergelyk my artikel [Van Wyk 2015a] oor Luther se arbeidsetiek vir die konflik tussen Christelike en sekulêre etiek.
27 Die uitdrukking 'simul iustus et peccator' word dikwels verkeerd verstaan. Die bedoeling is nie om te leer dat die mens gedeeltelik sondaar en gedeeltelik geregverdigde is nie. Die hele mens wat sondaar is, word deur God se barmhartigheid regverdig verklaar [vgl. Barth 2009:281-284]. Sy uitdrukking in sy kommentaar op Galasiërs [WA 2, 497, 13; Luther [1519] 1884:497] 'simul ergo iustus, simul peccator' [tegelyk geregverdigde en tegelyk sondaar] is nader aan sy bedoeling.
28 Luther stel: 'Ideo peccator est adhuc quisquis iustificatur. Et tamen velut plene et perfecte iustus reputatur, ignoscente et miserente Deo. Ignoscit autem et miseretur nostril Deus, intercedente et sanctificante nostrum initium iusticiae, Christo advocato et sacerdote nostro. Cuius iusticia cum sit sine vitio, et nobis umbraculum contra aetum irae Dei factum, non sinit nostrum inceptam iusticiam damnari. lam certum est, Christum seu iusticiam Christi, cum sit extra nos et aliena nobis, non posse nostris operibus comprehendi.'
29 Luther stel: 'Igitur, Miserentis Dei est, quod iusti sumus, non currentis hominis. Operator sit Sanctus, sit sapiens sit iustus, sit quicquid volet, si fides desit, sub ira manet et damnatur, Quia stat sentential, non aliquorum, Sed omnium miseretur, Et sola misericordia Dei est iustitia nostra, non opera propria.'
30 Luther sê die geloof is 'n 'lebendig, schäftig, tätig mächtig Ding', vir wie dit: 'unmöglich ist, dass er nicht ohn Unterlass sollte Gutes wirken. Er fragt auch nicht, ob gute Werke zu tun sind, sondern ehe man fragt hat er sie getan so dat dit onmoontlik is, 'Werke vom Glauben zu scheiden.' Vergelyk Herms [2017) vir 'n nuwe weergawe van Luther se 'etiek' as 'doenige geloof'.
31 In sy eie woorde: 'Fingit siquidem, per legem prohiberi solum futuram Idolatriam et iniquitam, de praeterita et praesenti est secures, Imo ex praesenti et praeterita facit futuram summam iusticiam.'
32 Luther was nie 'n sistematiese teoloog nie. Juis omdat Luther van eensydighede verdink word, was dit nodig om 'sistematiese weergawes' van sy teologie aan te bied. Die volgende kan aanbeveel word: Bayer [[2003] 2007], Lohse [1995], Schwarz [[2015] 2016]. Vir 'n kort weergawe van sy totale teologie, vergelyk Van Wyk [2015b].
33 Luther stel: 'Christus als eyn gabe / nehret deynen glawben vnd macht dich tzum Christen. Aber Christus als eyn exempel/ vbet deyne werck / die machen dich nit Christen / szondern sie gehen von dyr Christen schon zuvor gemacht. Wie ferne nu gabe vnd exempel sich scheyden / szo fern scheyden sich auch glawbe vnf werck/ der glawb hatt nichts/ eygens / szondern nur Christus werck vnd leben/ Die werck haben etwas eygen von dyr/ sollen aber auch nit deyn eygen/ szondern des nehisten seyn.'
34 Gerhard Ebeling ([1995] 2015), een van die grootste Luther-kenners van die vorige eeu, wys daarop dat ware teologie vir Luther neerkom op die regte onderskeiding tussen geloof en liefde, evangelie en wet, gees en letter en teologie en filosofie.
35 Vergelyk Schwarz ([2015] 2016:391-442) vir 'n volledige uiteensetting van Luther se verstaan van liefde.
36 Volgens Luther: 'Fatemur opera bona fidem sequi debere, imo non debere, Sed sponte sequi, Sicut arbor bona non debet bonos fructus facere, Sed sponte facit. Et sicut boni fructus non faciunt arborem bonam, lta bona opera non iustificant personam. Sed bona opera fiunt a persona iam ante iustificata per fidem, Sicut fructus boni fiunt ab arbore iam ante bona per naturam.'
37 Luther beklemtoon: 'Nec illa ipsa opera iustificant coram Deo, sed fiunt a iustificatis, Licet recte, dicantur iusticia operum, Deo grata per Christum. Currere et velle oportet, Nec tamen est currentis aut volentis, sed miserentis Dei. Nihil sibi conscium esse oportet, et tamen scire, non in hoc se esse iustificatum. Quarere opertet per patientiam boni operis vitam aeternam, Nec est tamen quaerentis, sed miserentis Dei.'
38 Vergelyk Jüngel [[1988] 1990] vir 'n goeie uitleg van Luther se verstaan van geloof en werke.

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License