SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.71 issue1Jesus, Josephus, and the fall of Jerusalem: On doing history with ScriptureThe emerging Jewish views of the messiahship of Jesus and their bearing on the question of his resurrection author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


HTS Theological Studies

On-line version ISSN 2072-8050
Print version ISSN 0259-9422

Herv. teol. stud. vol.71 n.1 Pretoria  2015

http://dx.doi.org/10.4102/HTS.V71I1.2996 

ORIGINAL RESEARCH

 

Abraham Malherbe se bydrae tot Hellenistiese filosofie en die vroeë Christendom

 

Abraham Malherbe's contribution to Hellenistic philosophy and early Christianity

 

 

Johan C. Thom

Department of Ancient Studies, Stellenbosch University, South Africa

Correspondence

 

 


ABSTRACT

Abraham J. Malherbe was one of the most influential New Testament scholars of the past half century. He is especially known for his use of Hellenistic moral philosophy in the interpretation of New Testament texts, especially Pauline literature. Whilst the comparative study of New Testament and Greco-Roman material remains a contentious approach in scholarship, Malherbe's work provides important pointers in how to make such comparisons in a meaningful and reasoned manner, by paying due respect to the integrity of the texts being compared and to the function textual elements have within their own contexts. I discussed the salient features of Malherbe's approach, focusing in particular on his study of topoi. One of the most significant findings was Malherbe's emphasis on the dialectical combination of common and individual elements in such topoi, which enabled ancient authors to embed their own texts within the cultural discourse of their time. His approach opens the way to further research of the New Testament within its philosophical context without requiring proof of a genealogical relationship between the texts or authors concerned.


 

 

Inleiding

Abraham J. Malherbe (1930-2012), eertydse professor aan die Divinity School van Yale Universiteit, was 'n Suid-Afrikaner van geboorte en een van die bekendste en invloedrykste Nuwe-Testamentici van die afgelope 50 jaar.1 Die afsluiting van sy lewenswerk met sy dood op 28 September 2012 bied geleerdes nou die gepaste geleentheid om oor sy bydrae op vele terreine oor verskeie dekades te besin.2 In hierdie artikel wil ek my egter by slegs een faset van sy navorsingsbydrae bepaal, naamlik sy studie van die Hellenistiese filosofie en die verband daarvan met die vroeë Christendom.

Hoewel hy veral bekend is vir sy navorsing oor die Sinisme (Malherbe 1977, 1988, 2013e, 2013h, 2013i), het Abraham Malherbe 'n uitgebreide en omvattende kennis van die gevestigde Hellenisties-Romeinse filosowe gehad wat hy op konstruktiewe wyse aangewend het om die leer en pastorale praktyk van Paulus en ander Nuwe-Testamentiese skrywers toe te lig. Sy werk beliggaam op eksemplariese wyse die waarde van die leuse ad fontes! In hierdie kort artikel sal ek nie reg kan laat geskied aan die rykdom van gedetailleerde en insiggewende interpretasies van Nuwe-Testamentiese tekste wat uit Malherbe se noukeurige bestudering van antieke filosofiese tekste voortspruit nie. Ek sal in die plek daarvan poog om 'n kort beskrywing van sy gebruik van filosofiese materiaal te gee en van sy belangrikste bydraes in hierdie verband te identifiseer.

 

Malherbe se benadering

Malherbe se oeuvre bevat nie 'n uitgewerkte beskrywing van die metodologie wat hy gebruik het om Hellenistiese filosofiese tekste by die studie van die Nuwe Testament te betrek nie. Hy erken trouens in die inleiding tot sy versamelde essays:

I am sometimes asked about the method I followed in the enterprise that has occupied me for decades. Upon rereading these articles, I have been impressed by how little I have said about my procedure ... But from the beginning, intuition has led me to a certain approach. (Malherbe 2013f:2)

Uit die kort beskrywings van sy benadering wat hier en daar in sy werke voorkom, kan algemene beginsels wel afgelei word. Sy benadering bied inderdaad 'n uitstaande voorbeeld van die wyse waarop Hellenistiese filosofiese tekste behandel behoort te word, maar 'n mens soek tevergeefs na 'n teoreties-begronde metodologie.

Dit is verder belangrik om in gedagte te hou dat al Malherbe se werk oor Hellenistiese filosofie uiteindelik ten doel het om die vroeë Christendom beter te verstaan. Malherbe het dus nie Hellenistiese filosowe om hulle eie onthalwe bestudeer nie, maar om ons begrip te verbreed van die filosofiese en godsdienstige konteks waarin Nuwe-Testamentiese en ander vroeg-Christelike skrywers doenig was (kyk bv. Malherbe 1977:2; 1986:11; 2014). Hoewel hy ook geïnteresseerd is in die sosiale posisie van vroeë Christene, is hy van mening dat navorsing hieroor hoofsaaklik in terme van literêre en tekstuele studie gedoen behoort te word. Hy beklemtoon dus dat:

our major sources for the social reconstruction of early Christianity are literary. We may expect to gain insights elsewhere - for example, from archaeological data and modern social theory, but eventually we are driven back to literary sources. (Malherbe 1983:15)

Vanweë hierdie oortuiging tree Malherbe dus in sy eie navorsing selde indien ooit direk in gesprek met kollegas wat 'n eksplisiet sosiaal-wetenskaplike benadering volg. Ek beoog dus ook nie om sy werk met dié van laasgenoemde Nuwe-Testamentici te vergelyk nie.

Malherbe beklemtoon deurgaans dat die filosofiese tekste wat hy met die Nuwe Testament vergelyk, met dieselfde aandag aan detail en met dieselfde respek vir hulle integriteit gelees moet word as wat ons aan die dag lê wanneer Nuwe-Testamentiese tekste gelees word. Hierdie tekste moet dus nie slegs ontgin word vir moontlike agtergrond-of vergelykende materiaal nie. Malherbe sny aan by die groter probleem wat die sinvolle vergelyking van die Nuwe Testament met kontemporêre nie-Bybelse materiaal betref, maar 'n bespreking van hierdie vraagstuk val buite die bestek van hierdie artikel (kyk in die algemeen Smith 1990; Thom 2001:477-479; 2007; White & Fitzgerald 2003).

Een van die belangrikste kwessies rakende die verband tussen Nuwe-Testamentiese en filosofiese materiaal is die genealogie-probleem, dit wil sê watter mate van afhanklikheid daar tussen die betrokke tekste bestaan. Hierdie verwantskap word gewoonlik in terme van herkoms of invloed verstaan, naamlik op watter wyse 'n Nuwe-Testamentiese skrywer deur filosofiese tekste beïnvloed kon word of waar hy met die motiewe en idees wat hy met 'n bepaalde filosofiese tradisie gemeen het, in aanraking kon gekom het. Malherbe (2013f:5) probeer om so 'n 'kortsigtige siening' van die verwantskap te vermy; in plaas daarvan om dit van direkte beïnvloeding af te lei behoort die verwantskap eerder verklaar te word binne die konteks van 'the ecology of ancient Christianity and its world' (2013f:3). Hiervolgens bestaan daar 'n komplekse en dinamiese stel verhoudinge tussen 'n element en sy konteks, asook tussen die elemente onderling. Malherbe verduidelik dit soos volg:

The two elements brought into relationship with each other must be viewed in terms of their own environment, not statically ... [W]e are dealing with an environment in which there is movement as particular elements, with their own integrity, are stimulated or react as they come in contact with similar or different elements that are responding to the same stimuli, or that they evolve within their context as they respond with an awareness of the larger environment. (Malherbe 2013f:4)

So 'n beskouing 'encourages reading ancient texts with a peripheral vision that takes in the environment by which a range of phenomena are all nourished while retaining their individuality' (Malherbe 2013f:4). Dit beteken dat, wanneer ons byvoorbeeld 'n ooreenkoms tussen Paulus en Seneca bemerk, ons nie tot die gevolgtrekking sal kom dat Paulus deur Seneca beïnvloed is of andersom nie, maar eerder dat hulle albei op eenderse prikkels vanuit 'n gedeelde intellektuele omgewing reageer. Hierdie siening het uiters belangrike implikasies vir die wyse waarop ons met sowel Nuwe-Testamentiese as Grieks-Romeinse skrywers omgaan.

Volgens Malherbe (1989a:16; 2013f:2; 2013d:686) kan die betekenis van 'n bepaalde tekselement soos 'n begrip, frase of motief verder slegs in terme van die teks as geheel verstaan word. Die integriteit van die teks moet dus gerespekteer word wanneer ons probeer om sodanige elemente te interpreteer. Om parallelle tussen Hellenistiese filosofiese tekste en die Nuwe Testament te identifiseer wat bloot op woordelikse ooreenkomste berus, is gevolglik in sigself betekenisloos en kan inderdaad misleidend wees (vir die probleem van parallelle, kyk Malherbe 2013d:679-687). Die onderliggende aanname in die soektog na parallelle is dat sulke parallelle elemente 'n vaste betekenis het wat konstant bly, onafhanklik van die teks waarin dit voorkom.3Dieselfde frase of formulering mag egter verskillende betekenisse in verskillende tekste hê, en dieselfde gedagte mag op verskillende wyses in verskillende tekste uitgedruk word. Ons moet dus probeer verstaan hoe elke element in sy onderskeie teks en konteks funksioneer voordat ons sinvolle vergelykings kan tref.

Volgens Malherbe (1989a) mag verskille net so belangrik as parallelle of ooreenkomste wees:

The concern not only should be to find points of contact but should also include traditions that offered dissimilar or even antithetic views of God, humanity, and the world. Only when we are fully aware of all the options that were available, including those Christianity did not assimilate, shall we attain a firm grasp on the place of early Christianity in its intellectual environment. (bl. 16)

Dit beteken dat ons nie slegs op die uitkyk moet wees vir ad hoc-kontakpunte tussen Nuwe-Testamentiese en filosofiese tekste nie, maar dat ons liewer die betrokke tekste as integrale eenhede moet bestudeer en selfs 'entire traditions ... with which Christianity might have come into contact' onder die loep moet neem (Malherbe 1989a:16). Pleks daarvan om slegs twee tekste op 'n keer te vergelyk behoort 'n mens verskeie tekste te bekyk en dus 'n skuif 'van parallelle na vergelykingstekste' te maak (Malherbe 2013d:687).

 

Filosofiese koinê en populêre filosofie

Malherbe se siening oor die aard van die gemeenskaplikhede en onderskeidings in die Grieks-Romeinse filosofie speel 'n sleutelrol in sy gebruik van filosofiese materiaal om die Nuwe Testament toe te lig.

Aan die een kant wys hy daarop dat filosowe van verskillende tradisies heelwat gemeen het:

They tended to share the conviction that the moral life was lived according to nature ... Happiness, they thought, was to be attained through knowledge, by which human shortcomings were to be overcome and personal fulfillment reached ... They also tended to be strongly individualistic, stressing self-sufficiency and drawing attention to the figure of the ideal wise man who had attained the good life and thus possessed virtue ... In addition to sharing such views, they also used many of the same methods in teaching people and guiding them in their moral growth. (Malherbe 1986:12-13)

Hy verwys na sodanige gemeenskaplike elemente as 'n 'filosofiese koinê', hoewel hy ongemaklik is met die aannames wat dikwels onderliggend is aan die term, veral die gedagte dat eklektisisme en sinkretisme kenmerkend was van Hellenistiese filosofie (Malherbe 1986:12; 1989b:5; 2013a:760-762; 2013d:685; 2013f:4). Volgens Malherbe (2013d:685) word sodanige 'sinkretisme' verkeerdelik verstaan as sou dit beteken dat Hellenistiese filosowe potensieel bruikbare idees versamel het van waar dit ook al te vinde was en dit dan saamgevoeg het om hulle eie leringe te vorm, sonder om rekening te hou met die konseptuele verskille tussen hierdie idees en hulle eie leerstellings. Dit het weer aanleiding gegee tot die ongelukkige neiging onder Nuwe-Testamentiese geleerdes om die opvattings van antieke filosowe binne dieselfde tradisie of selfs oor tradisies heen te homogeniseer:

It is ironic that scholars who are at pains to sketch in great detail the diversity of early Christianity, should be content to be highly selective in the sources they use, and to homogenize these sources when they delineate the cultural and religious context which they consider important for making that diversity intelligible. (Malherbe 1977:2)

Malherbe (1977:2-3; 1986:12; 1989b:5; 2013d:685-686; 2013f:4) dring dus aan op 'n groter bewustheid van die verskille en onderskeidings tussen filosowe, ook tussen filosowe wat aan dieselfde skool behoort. 'n Bewustheid van sulke verskille sal ons ook in staat stel om die eiesoortigheid van Nuwe-Testamentiese skrywers soos Paulus se eie opvattings te herken.

Ter aanvulling by Malherbe moet daarop gewys word dat die feit dat baie van hierdie filosowe 'eklekties' genoem word omdat hulle van 'n verskeidenheid bronne gebruik maak, egter nie beteken dat hulle werke koherensie of konsekwentheid kortkom, of dat hulle nie hulle eie persoonlike perspektief het nie. Onlangse navorsing het inderwaarheid die pejoratiewe konnotasie wat aan die begrip eklektisisme ten opsigte van Hellenistiese filosofie geheg word, bevraagteken (kyk veral Dillon 1996; Donini 1988; Frede 2004; vgl. ook Albrecht 1994). Skrywers soos Cicero, Philo van Aleksandrië, Plutarchos of Maximus van Tire het hulle eie individuele standpunte ontwikkel, alhoewel hulle 'n verskeidenheid bronne in hulle werk aangewend het (Dillon 1988; Ferguson 2003:379-382; Glucker 1988; Mansfeld 1988;

Trapp 1997:xxii-xxx).4 Elkeen van hierdie skrywers moet dus as denkers in hulle eie reg bestudeer word, elkeen met sy eie, unieke beskouing, en nie slegs as verteenwoordigers van 'n filosofiese sinkretisme waarin verskillende standpunte opgeneem is nie (kyk Malherbe 1989b:5 vir kritiek op 'a view of a syncretistic philosophical Koine').

Volgens Malherbe het filosofiese idees weens 'n proses van popularisering algemeen bekend geword in die Grieks-Romeinse wêreld.5 Malherbe se eie werk het inderdaad grootliks bygedra tot 'n hernude belangstelling in populêre filosofie in die Grieks-Romeinse wêreld.6 In een van sy laaste publikasies beskryf hy populêre filosofie soos volg:

The term 'popular' is serviceable to apply to philosophers whose teachings were intellectually accessible as well to a wide swath of society. Their philosophy was not conceptually complex or technical by way of formal argumentation; indeed, they were not interested in sustained or systematic exposition in or for itself. They aimed at the moral formation of people, to whom they advanced the proposition that human beings can live morally and virtuously only if they live rationally, and the rational life, they held, was the province of philosophy in the sense that it made that life possible and provided details as to what it should be . The philosophers' interest was in ethics, the intellectual underpinning of which was to a considerable degree provided by Stoicism, whose influence was widespread. (Malherbe 2010:378-379; 2013b:509)

Die opvoedingspeil wat vir populêre filosofie veronderstel word, is dié van adolessente mans (Malherbe 2010:378-379; 2013b:509). Ek het elders (Thom 2012, 2014, 2015) aangevoer dat die begrip 'populêre filosofie' verfyn en uitgebrei moet word: dit kan ook op nie-morele tekste toegepas word, dit word aangetref in die meeste filosofiese tradisies en nie slegs in die Stoïsisme of Sinisme nie, en die veronderstelde opvoedingspeil wissel van teks tot teks. Hoe dit ook al sy, die popularisering van filosofie verklaar klaarblyklik hoe nie-spesialiste ook kennis van filosofiese konsepte en praktyke kon bekom.

 

Bydraes tot spesifieke aspekte van Hellenistiese filosofie

Malherbe het ook verskeie belangrike bydraes gelewer tot spesifieke aspekte van Hellenistiese filosofie. Dit sluit die volgende in: interpretasies van verskillende Siniese tradisies; besprekings van literêre vorme wat met die filosofie geassosieer word, in die besonder antieke epistolografie, die diatribe, Haustafeln en parainesis; indringende studie van die wyse waarop psigagogie beoefen is; besprekings van die wyse man as ideaal vir die morele lewe en insiggewende ontledings van verskeie deugde en morele topoi. Na baie hiervan het Malherbe reeds kortliks in sy programmatiese oorsigartikel, 'Hellenistic moralists and the New Testament', verwys wat in 1972 voltooi en in 1987 opgedateer is, maar eers in 1992 in druk verskyn het (Malherbe 1992).7 Hierdie artikel bly 'n uitstekende inleiding tot sy benadering en behoort voorgeskrewe leesstof vir nagraadse Nuwe-Testament-studente te wees.

Hier kan ek nie al hierdie bydraes een vir een bespreek nie; ek sal my dus slegs bepaal by Malherbe se werk oor topoi. Hy identifiseer en ontleed 'n groot aantal topoi in sy onderskeie publikasies, te veel om op te noem. Sy kommentaar oor die briewe aan die Tessalonisense (Malherbe 2000) bied 'n ryke verskeidenheid voorbeelde. Topoi wat in hierdie kommentaar behandel word, sluit in God as kosmiese vader (bl. 107); die wesenlike verband tussen woorde en dade (bl. 111); die verering van kultiese beelde (bl. 119-120); die woede van die gode (bl. 122); die vrymoedigheid om te praat (bl. 137); die geestelike lewe as wedstryd of stryd (bl. 138); die vermyding van vleitaal (bl. 141-142); gierigheid (bl. 142-143); vriendskap (bl. 147, 215, 257); om in harmonie met die kosmos te lewe (bl. 152); die veroordeling van Jode deur die heidene (bl. 170); seksuele gedrag en die huwelik (bl. 229-230); om 'n stil lewe te voer in plaas daarvan om bemoeisiek te wees (bl. 247-250, 453^54); betaamlike gedrag (bl. 251-252); die dood en die lewe na die dood (bl. 271, 276, 278-283, 442); morele soberheid en waaksaamheid (bl. 296-298, 305-306); vrede en sekuriteit (bl. 303-304); die drievoudige verdeling van die menslike natuur (bl. 338-339) en goddelike vergelding (bl. 407, 433) (kyk Thom 2004). 'n Goeie beginpunt vir Malherbe se opvatting van topoi is die artikel 'Hellenistic moralists and the New Testament' waarin hy verskeie bladsye hieraan wy (2013d:735-740) en dit beskryf as 'a type of material that appears frequently in moral propaganda and is also found in the New Testament', naamlik 'the stock treatment of subjects of interest to the moralist' (2013d:735). Elders (Malherbe 1986:144) beskryf hy topoi as 'traditional, fairly systematic treatments of moral subjects which make use of common clichés, maxims, short definitions, and so forth, without thereby sacrificing an individual viewpoint'.

Hierdie dialektiek tussen die konvensionele en die individuele standpunt is juis wat topoi so 'n belangrike deel van die antieke filosoof se instrumentarium gemaak het. In voortsetting van Malherbe se werk het ek in my bydrae tot die Festschrift vir Malherbe (Thom 2003:568-569) aangevoer dat die konvensionele aspek van 'n topos beskou kan word as 'n stel gedeelde gesigspunte wat as vrae of hofies aangaande die onderwerp uitgedruk kan word. Die wyse waarop die vrae beantwoord word of die inhoud wat aan 'n hofie gegee word, hang van die spesifieke skrywer, filosofiese tradisie of konteks af. Ek verduidelik dit soos volg:

The moral universe in the Graeco-Roman world is thus divided into regions or topoi, each with its own internal structure, based on the questions it is meant to answer. Topoi are also connected to one another in terms of a variety of semantic relationships: the topos of friendship, for example, is related to that of frank criticism, but also to topoi such as marriage and family, patronage, citizenship, piety, and self-sufficiency, each of which in turn is again linked to other topoi. The topical landscape forms an intricate network of relationships. When we speak of the form of a topos, we should in the first place think of its internal semantic structure and its interconnectedness with other topoi. The textual realization of a topos, on the other hand, may differ widely depending on the rhetorical requirements of the context ... Once the moral world has been mapped out in terms of topoi, an author can use these topoi as points of reference: he does not have to describe the topic in detail; a few reminders are sufficient. By using topoi, an author at the same time embeds his own text in the moral and cultural discourse of his time and evokes a wider sphere of resonance than can be explicated in a particular text. (Thom 2003:569-570)

Malherbe se tweedelige artikel getitel 'Godliness, self-sufficiency, greed, and the enjoyment of wealth' wat eers in Novum Testamentum verskyn het (Malherbe 2010, 2011, herdruk as Malherbe 2013b, 2013c), bied 'n uitstekende voorbeeld van hoe hierdie sieninge in die praktyk tot uitdrukking gekom het. In hierdie artikel ondersoek Malherbe die gesindhede jeens rykdom en die gebruik daarvan wat onderliggend is aan 1 Timoteus 6:3-19. Hoewel hy self nie hierdie terminologie gebruik nie, kan die kompleks van idees wat hy bespreek, die topos 'Oor rykdom' genoem word. Malherbe vors gesindhede jeens rykdom in verskillende filosofiese tradisies soos die Platonisme, Stoïsisme, Sinisme en Epikurisme na, asook in populêre moraliteit soos wat dit byvoorbeeld in spreukemateriaal of in komedies na vore kom. Hy bevind dat

popular and philosophical attitudes toward wealth were broadly interested in the same topics: the moral value of wealth, its acquisition, and its use. In dealing with these topics, in the case of the philosophers, their basic intellectual presuppositions determined how each of these topics was developed. There was considerable variety in outlook, but also certain commonalities. (Malherbe 2013c:549)

Malherbe dui verder aan dat idees oor rykdom nou verbonde is aan ander topoi soos vroomheid (ευσέβεια), geregtigheid (δικαιοσύνη), selfgenoegsaamheid (αυτάρκεια), gierigheid (πλεονεξία of φιλαργυρία), trots en hubris, en die bestuur van die huishouding, wat almal ook 'n rol in 1 Timoteus 6 speel. Sy gevolgtrekking aangaande die gebruik van die topos 'Oor rykdom' in 1 Timoteus 6 is in lyn met die beskrywing van topos wat ek hierbo gegee het:

The author writes his mandates on wealth in the briefest possible way, signaling an awareness of the conventional categories used by a wide range of moralists of his day, especially by moral philosophers of different schools. He differs from his contemporaries in significant ways, without engaging in extensive discussion of those categories. (Malherbe 2013c:555)

Die belangrikste verskil tussen die skrywer van 1 Timoteus en sy tydgenote is die positiewe waarde wat eersgenoemde toewys aan die gebruik van rykdom om die vaste voordeel van die ewige lewe te bekom (Malherbe 2013c:554, 555).8Dit is beduidend dat hierdie skrywer nie slegs die toposmateriaal op 'n meganiese wyse gebruik nie, maar dat hy dit aanwend op 'n wyse wat met sy eie geheelboodskap ooreenstem:

What emerges is not an author who derives this or that element of his mandates from one or another moralistic source, rather one who has a coherent view of the moral universe that determines the way he arranges conventional categories. (Malherbe 2013c:555)

Malherbe se analise van die topos 'Oor rykdom' in 1 Timoteus 6 toon dus aan hoe 'n skrywer eenvoudig na 'n meer omvattende topos mag verwys sonder om alles in besonderhede uit te spel en hoe hy van dit wat algemeen aangaande die topos aanvaar word, kan voortbeweeg na 'n nuwe en individuele perspektief. Topos word só 'n belangrike populêr-filosofiese instrument waarmee die skrywer se eie perspektief aan die breër kulturele konteks gekoppel word.

 

Slot

Dit is onmoontlik om in 'n kort artikel soos hierdie aan Malherbe se bydrae reg te laat geskied. Die rykdom en diepte van sy insig in Hellenistiese filosofie kan slegs ordentlik na waarde geskat word wanneer mens die gedetailleerde eksegese van Nuwe-Testamentiese gedeeltes sorgvuldig deurwerk wat in artikels (waarvan die meeste nou in sy Collected essays toeganklik is), sy kommentaar op 1 en 2 Tessalonisense en in sy boek Paul and the Thessalonians: The philosophic tradition of pastoral care vervat is. Wanneer 'n mens dit doen, word jy getref deur die sorgvuldige moeite wat aan die dag gelê is om die integriteit van die Hellenistiese skrywers te handhaaf en om hulle in hulle eie kontekste te verstaan, sowel as deur Malherbe se fyn aanvoeling wat hom in staat gestel het om die betekenisvolle onderskeide tussen verskillende standpunte te herken. Hoewel sy bykans uitsluitlike fokus op die Hellenisties-filosofiese konteks van die Nuwe Testament meebring dat ander aspekte van die konteks van die Nuwe Testament dalk nie genoegsame aandag kry nie, sal sy werk 'n ligtende voorbeeld vir toekomstige geslagte bly van hoe Nuwe-Testamentiese geleerdes met Hellenistiese filosofiese materiaal behoort om te gaan.

 

Erkenning

Mededingende belange

Die outeur verklaar dat hy geen finansiële of persoonlike verhouding(s) het wat hom op 'n voordelige of nadelige wyse in die skryf van die artikel beïnvloed het nie.

 

Literatuurverwysings

Albrecht, M., 1994, Eklektik: Eine Begriffsgeschichte mit Hinweisen auf die Philosophie-und Wissenschaftsgeschichte, Frommann-Holzboog, Stuttgart-Bad Cannstatt.         [ Links ]

Asmis, E., 2014, 'Galen's "De indolentia" and the creation of a personal philosophy', in C.K. Rothschild & T.W. Thompson (eds.), Galen's 'De indolentia': Essays on a newly discovered letter, pp. 127-142, Mohr Siebeck, Tübingen.         [ Links ]

Breytenbach, C., 2014, 'Crossing boundaries in New Testament studies: Abraham J. Malherbe and European scholarship', Restoration Quarterly 56, 129-136.         [ Links ]

Dillon, J.M., 1988, '"Orthodoxy" and "eclecticism": Middle-Platonists and Neo-Pythagoreans', in J.M. Dillon & A.A. Long (eds.), The question of 'eclecticism': Studies in later Greek philosophy, pp. 103-125, University of California Press, Berkeley/Los Angeles, CA/London.         [ Links ]

Dillon, J.M., 1996, s.v. 'Eclecticism', in S. Hornblower & A. Spawforth (eds.), The Oxford classical dictionary, Oxford University Press, Oxford/New York, NY, 3rd edn., p. 502.         [ Links ]

Donini, P., 1988, 'The history of the concept of eclecticism', in J.M. Dillon & A.A. Long (eds.), The question of 'eclecticism': Studies in later Greek philosophy, pp. 15-33, University of California Press, Berkeley, Los Angeles, CA/London.         [ Links ]

Ferguson, E., 2003, Backgrounds of early Christianity, 3rd edn., Eerdmans, Grand Rapids, MI.         [ Links ]

Fitzgerald, J.T., 2004, 'Abraham J. Malherbe as a New Testament scholar: An analysis and appreciation. Part I: The early years', Restoration Quarterly 46, 163-200.         [ Links ]

Fitzgerald, J.T., (in press), 'Abraham J. Malherbe as a New Testament scholar: An analysis and appreciation. Part II: The later years', Restoration Quarterly.         [ Links ]

Frede, M., 2004, 'Eclecticism', in H. Cancik & H. Schneider (eds.), Brill's NewPauly, vol. 4, pp. 789, Brill, Leiden.         [ Links ]

Glucker, J., 1988, 'Cicero's philosophical affiliations', in J.M. Dillon & A.A. Long (eds.), The question of 'eclecticism': Studies in later Greek philosophy, pp. 34-69, University of California Press, Berkeley, Los Angeles, CA/London.         [ Links ]

Goulet-Cazé, M.-O., 2007, 'Popular philosophy', in H. Cancik & H. Schneider (eds.), Brill's New Pauly, vol. 11, pp. 617-618, Brill, Leiden.         [ Links ]

Malherbe, A.J., 1977, The Cynic epistles: A study edition, Scholars Press, Missoula.         [ Links ]

Malherbe, A.J., 1983, Social aspects of early Christianity, 2nd ed., Fortress, Philadelphia, PA.         [ Links ]

Malherbe, A.J., 1986, Moral exhortation, a Greco-Roman sourcebook, Westminster Press, Philadelphia, PA.         [ Links ]

Malherbe, A.J., 1988, Ancient epistolary theorists, Scholars Press, Atlanta, GA.         [ Links ]

Malherbe, A.J., 1989a, 'Graeco-Roman religion and philosophy and the New Testament', in E.J. Epp & G.W. MacRae (eds.), The New Testament and its modern interpreters, pp. 3-26, Scholars Press, Atlanta, GA.         [ Links ]

Malherbe, A.J., 1989b, Paul and the popular philosophers, Fortress Press, Minneapolis, MN.         [ Links ]

Malherbe, A.J., 1990, 'Hellenistic moral philosophy and the New Testament: A retrospective analysis', paper delivered at the SBL Annual Meeting, New Orleans, November 1990.         [ Links ]

Malherbe, A.J., 1992, 'Hellenistic moralists and the New Testament', in W. Haase & H. Temporini (eds.), Aufstieg und Niedergang der römischen Welt, vol. II. 26.1, pp. 267-333, De Gruyter, Berlyn.         [ Links ]

Malherbe, A.J., 2000, The letters to the Thessalonians: A new translation with introduction and commentary, Doubleday, New York, NY.         [ Links ]

Malherbe, A.J., 2010, 'Godliness, self-sufficiency, greed and the enjoyment of wealth: 1 Timothy 6:3-19. Part I', Novum Testamentum 52, 376-405. http://dx.doi.org/10.1163/156853610X490219        [ Links ]

Malherbe, A.J., 2011, 'Godliness, self-sufficiency, greed and the enjoyment of wealth: 1 Timothy 6:3-19. Part II', Novum Testamentum 53, 73-96. http://dx.doi.org/10.1163/156853610X490228        [ Links ]

Malherbe, A.J., 2013a, 'The cultural context of the New Testament: The Graeco-Roman world', in C.R. Holladay, J.T. Fitzgerald, G.E. Sterling & J.W. Thompson (eds.), Light from the Gentiles: Hellenistic philosophy and early Christianity. Collected essays, 1959-2012, by Abraham J. Malherbe, pp. 751-778, Brill, Leiden.         [ Links ]

Malherbe, A.J., 2013b, 'Godliness, self-sufficiency, greed and the enjoyment of wealth: 1 Timothy 6:3-19 - Part 1', in C.R. Holladay, J.T. Fitzgerald, G.E. Sterling & J.W. Thompson (eds.), Light from the Gentiles: Hellenistic philosophy and early Christianity. Collected essays, 1959-2012, by Abraham J. Malherbe, pp. 507-534, Brill, Leiden.         [ Links ]

Malherbe, A.J., 2013c, 'Godliness, self-sufficiency, greed and the enjoyment of wealth: 1 Timothy 6:3-19 - Part 2', in C.R. Holladay, J.T. Fitzgerald, G.E. Sterling & J.W. Thompson (eds.), Light from the Gentiles: Hellenistic philosophy and early Christianity. Collected essays, 1959-2012, by Abraham J. Malherbe, pp. 535-557, Brill, Leiden.         [ Links ]

Malherbe, A.J., 2013d, 'Hellenistic moralists and the New Testament', in C.R. Holladay, J.T. Fitzgerald, G.E. Sterling & J.W. Thompson (eds.), Light from the Gentiles: Hellenistic philosophy and early Christianity. Collected essays, 1959-2012, by Abraham J. Malherbe, pp. 675-749, Brill, Leiden.         [ Links ]

Malherbe, A.J., 2013e, 'Heracles', in C.R. Holladay, J.T. Fitzgerald, G.E. Sterling & J.W. Thompson (eds.), Light from the Gentiles: Hellenistic philosophy and early Christianity. Collected essays, 1959-2012, by Abraham J. Malherbe, pp. 651-674, Brill, Leiden.         [ Links ]

Malherbe, A.J., 2013f, 'Introduction', in C.R. Holladay, J.T. Fitzgerald, G.E. Sterling & J.W. Thompson (eds.), Light from the Gentiles: Hellenistic philosophy and early Christianity. Collected essays, 1959-2012, by Abraham J. Malherbe, pp. 1-8, Brill, Leiden.         [ Links ]

Malherbe, A.J., 2013g, Light from the Gentiles: Hellenistic philosophy and early Christianity. Collected essays, 1959-2012, C.R. Holladay, J.T. Fitzgerald, G.E. Sterling & J.W. Thompson (eds.), Brill, Leiden.         [ Links ]

Malherbe, A.J., 2013h, 'Pseudo-Heraclitus, Epistle 4: The divinization of the wise man', in C.R. Holladay, J.T. Fitzgerald, G.E. Sterling & J.W. Thompson (eds.), Light from the Gentiles: Hellenistic philosophy and early Christianity. Collected essays, 1959 2012, by Abraham J. Malherbe, pp. 608-634, Brill, Leiden.         [ Links ]

Malherbe, A.J., 2013i, 'Self-definition among the Cynics', in C.R. Holladay, J.T. Fitzgerald, G.E. Sterling & J.W. Thompson (eds.), Light from the Gentiles: Hellenistic philosophy and early Christianity. Collected essays, 1959-2012, by Abraham J. Malherbe, pp. 635-650, Brill, Leiden.         [ Links ]

Malherbe, A.J., 2014, 'Ethics in context: The Thessalonians and their neighbors', in J. Kok, T. Nicklas, D.T. Roth & C.M. Hays (eds.), Sensitivity towards outsiders: Exploring the dynamic relationship between mission and ethics in the New Testament and early Christianity, pp. 187-208, Mohr Siebeck, Tübingen.         [ Links ]

Mansfeld, J., 1988, 'Philosophy in the service of Scripture: Philo's exegetical tactics', in J.M. Dillon & A.A. Long (eds.), The question of 'eclecticism': Studies in later Greek philosophy, pp. 70-102, University of California Press, Berkeley, Los Angeles, CA/ London.         [ Links ]

Sandmel, S., 1962, 'Parallelomania', Journal of Biblical Literature 81, 1-13. http://dx.doi.org/10.2307/3264821        [ Links ]

Smith, J.Z., 1990, Drudgery divine: On the comparison of early Christianities and the religions of Late Antiquity, University of Chicago Press, Chicago, IL.         [ Links ]

Thom, J.C., 2001, 'Cleanthes' Hymn to Zeus and early Christian literature', in A.Y. Collins & M.M. Mitchell (eds.), Antiquity and humanity: Essays on ancient religion and philosophy presented to Hans Dieter Betz on his 70th birthday, pp. 477-499, Mohr Siebeck, Tübingen.         [ Links ]

Thom, J.C., 2003, '"The mind is its own place": Defining the topos', in J.T. Fitzgerald, T.H. Olbricht & L.M. White (eds.), Early Christianity and classical culture: Comparative studies in honor of Abraham J. Malherbe, pp. 555-573, Brill, Leiden. http://dx.doi.org/10.1163/9789047402190_027        [ Links ]

Thom, J.C., 2004, 'Resensie van Abraham J. Malherbe, The letters to the Thessalonians: A new translation with introduction and commentary', Review of Biblical Literature 6, 33-36, viewed n.d. from http://www.bookreviews.org        [ Links ]

Thom, J.C., 2007, '"To show the difference by comparison": The New Wettstein and Cleanthes' Hymn', in D.E. Aune & R.D. Young (eds.), Reading religions in the ancient world: Essays presented to Robert McQueen Grant on his 90th birthday, pp. 81-100, Brill, Leiden. http://dx.doi.org/10.1163/ej.9789004161962.i-305.17        [ Links ]

Thom, J.C., 2012, 'Popular philosophy in the Hellenistic-Roman world', Early Christianity 3, 279-295. http://dx.doi.org/10.1628/186870312803853674        [ Links ]

Thom, J.C., 2014, 'Populêre filosofie en die Nuwe Testament', LitNet Akademies 11(1), 401-428.         [ Links ]

Thom, J.C., 2015, 'Paul and popular philosophy', in C. Breytenbach (ed.), Paul' Greco- Roman context, pp. 47-74, Peeters, Leuven.         [ Links ]

Trapp, M.B. (transl.), 1997, Maximus of Tyre: The philosophical orations, Clarendon Press, Oxford.         [ Links ]

Van der Watt, J.G., 2012, 'Abraham (Abe) Johannes Malherbe (1930-2012) - Teoloog en mens / Theologian and human', HTS Teologiese Studies/Theological Studies 68(1), Art. #1346. http://dx.doi.org/10.4102/hts.v68i1.1346        [ Links ]

White, L.M. & Fitzgerald, J.T., 2003, 'Quod est comparandum: The problem of parallels', in J.T. Fitzgerald, T.H. Olbricht & L.M. White (eds.), Early Christianity and classical culture: Comparative studies in honor of Abraham J. Malherbe, pp. 13-39, Brill, Leiden. http://dx.doi.org/10.1163/9789047402190_003        [ Links ]

 

 

Correspondence:
Johan Thom
Private Bag X1, Matieland 7602
South Africa
Email: jct@sun.ac.za

Received: 07 Apr. 2015
Accepted: 24 May 2015
Published: 31 Aug. 2015

 

 

1 Dit is vir my 'n voorreg om hierdie artikel as dankbetuiging tot die bundel ter ere van Pieter de Villiers by te dra. Pieter se vriendskap en raad, soos dié van Abe Malherbe, het vir my oor vele jare baie beteken.
2 Vir oorsigte oor sy lewe en werk, kyk Fitzgerald 2004; Fitzgerald (in press); Van der Watt 2012; Breytenbach 2014. 'n Toeganklike keur van Malherbe se artikels is onlangs in twee bande onder redaksie van C.R. Holladay, J.T. Fitzgerald, G.E. Sterling & J.W. Thompson deur Brill uitgegee (Malherbe 2013g). In hierdie artikel verwys ek by voorkeur na die artikels in hierdie bundel in plaas van na die oorspronklike publikasies.
3 Vergelyk Sandmel (1962:1) se bekende definisie van 'parallelomania': 'We might for our purposes define parallelomania as that extravagance among scholars which first overdoes the supposed similarity in passages and then proceeds to describe source and derivation as if implying literary connection flowing in an inevitable or predetermined direction!
4 Van belang is verder Elizabeth Asmis (2014:127-130) se beskrywing van 'persoonlike filosofie'. Kyk ook Thom (2012).
5 Kyk Malherbe (1986:13): '[Philosophical ethics became popularized and penetrated many levels of society ... The settings in which philosophy was taught contributed to this popularization of philosophical ethics.' Sulke kontekste sluit in 'salons of the wealthy', 'gatherings in the forum', 'public baths', 'in the own homes or in rented quarters'. 'In addition, beginning around the age of fifteen, schoolboys were given elementary instruction in philosophy in the hope that it would guide them throughout their lives.'
6 Sy publikasies tel onder die klein aantal wat in die artikel oor populêre filosofie in Brill's New Pauly aangehaal word (Goulet-Cazé 2007).
7 Die artikel is nou herdruk as Malherbe (2013d). Kyk ook Malherbe se tussentydse berig (1990).
8 Vergelyk ook die teologiese begronding vir morele voorskrifte wat Paulus in 1 en 2 Tessalonisense bied, téénoor die morele filosowe wat dit slegs filosofies motiveer (Malherbe 2014).

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License