SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.67 issue3Hoofstuk 10: Terug by een ekumeniese fakulteit 1998-2009 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


HTS Theological Studies

On-line version ISSN 2072-8050
Print version ISSN 0259-9422

Herv. teol. stud. vol.67 n.3 Pretoria Jan. 2011

 

ORIGINAL RESEARCH

 

Rudolf Bultmann: Sy mees invloedryke bydrae in die 20ste eeu: 'Urchristentum', 'Jesus', 'Johannes'-kommentaar?

 

Rudolf Bultmann: His most influential contribution in the 20th century: 'Urchristentum', 'Jesus', 'Commentary on John's gospel'?

 

 

Andries G. van Aarde

Department of New Testament Studies, University of Pretoria, South Africa

Correspondence to

 

 


ABSTRACT

This article pays tribute to Rudolf Bultmann as a scholar of faith who fulfilled the most influential role in the interpretation of Jesus and the New Testament during the twentieth century. In the article Bultmann's leading publications are discussed against the background of the question of which one has been the most significant. Three important publications are identified, namely his book on the socio-cultural environment of the earliest followers of Jesus in first-century Semitic-Hellenistic world, his book on the historical Jesus, and his commentary on the Gospel of John. Various criteria are applied to value the significance of these three publications. They are Bultmann's understanding of what the scientific nature of the theological discourse principally would entail; how modern-day believers could adhere to an ancient mythological discourse; the way in which today a historical discourse could existentially been engaged with and why Jesus of Nazareth would be regarded as theologically significant. Both the depth of Bultmann's understanding of the substance of the theological discourse found in John's gospel and the quality of Bultmann's historical-critical analysis of John's gospel lead to the finding that this commentary should be considered to be not only the most significant for the twentieth century but beyond that time even into the current phase of biblical and theological interpretation.


 

 

Inleiding

Op 20 Augustus 2009 was Rudolf Bultmann 125 jaar gelede in Wiefelstede (GroBherzogtum Oldenburg, Duitsland) in 1884 gebore (oorlede 30 Julie 1976). Hy was nie net die mees invloedryke Bybelwetenskaplike van die 20ste eeu nie, maar ook een van 20ste-eeuse teoloë wat bakens verskuif het wat blywende resultate gelewer het. My persoonlike denke en dus my verstaan van die evangelie van die koninkryk van God is radikaal beïnvloed deur veral drie Jesus-volgelinge, waarvan Bultmann een was. Die ander twee is die apostel Paulus en die 19de-eeuse romantikus, Friedrich Schleiermacher. Afskrifte van portrette van onder andere hulle drie is in my universiteitskantoor deel van 'n galery wat my aan my Protestantse wortels herinner. Heel links is daar 'n kopie van Rembrandt se Paulus met die Bybel as swaard in sy hand. Langs die hervormer Melanchthon vind jy vir Schleiermacher. Heel regs is Bultmann. Hy is vir my 'n rolmodel van 'n teoloog wat ook 'n gelowige is (vgl. ook die artikel van Canon David Edwards 1976:728-730, rektor van St. Margaret's, Westminster, en adjunk-dekaan van Westminster Abdy, getitel 'Rudolf Bultmann: Scholar of faith').

Op 20 Augustus 2010 het die Fakulteit Teologie by die Universiteit van Pretoria onder leiding van prof. Jurie le Roux en dr. Gerda de Villiers, 'n 'Bultmann-oggend' gereël. Op hulle versoek het ek 'n voordrag gelewer1 en dit word hier as 'n navorsingsartikel aangebied wat ek opdra aan my kollega en vriend, Theuns Dreyer, by geleentheid van die aanvaarding van sy emeritaat op 31 Desember 2011.

My bydrae fokus op één vraag: 'Watter werk van Rudolf Bultmann (1884-1976) kan as sy mees invloedryke bydrae vir die teologiese wetenskap gedurende die 20ste eeu gesien word?'

Was dit Bultmann se 259-bladsye boek oor die geskiedenis van die vroegste Christendom te midde van die ander antieke godsdienste (geskryf in 1949)? Was dit sy 160-bladyse boek oor die historiese Jesus (geskryf in 1926)? Of was dit sy 744-bladsye kommentaar op die Johannes-evangelie (geskryf in 1937 met die 7de herdruk in 1941 en waarvan die 10de herdruk onveranderd in 1968 in Gottingen uitgegee is)?

Die antwoord is nie voor-die-hand-liggend nie - selfs ook nie omdat die resente Bultmann-biograaf, Konrad Hamman (2009:386, n. 170), meen dat die gradering ('Wirkungsgrad') van Urchristentum laer is omdat, sover hy weet, daar maar net 4 resensies daarvan gepubliseer is nie. Oor die Johannes-kommentaar het daar 63 resensies verskyn. Bultmann se Jesus-boek, effens verander met die tweede uitgawe wat in 1929 in Berlyn uitgegee is, was reeds in Deens, Sweeds, Engels en Japans vertaal voordat die derde Duitse uitgawe in 1951 in Tübingen gedruk is - die eerste Duitse versie ná die Nazi-bewind. Die vermelding na nasionaal-sosialisme is relevant. In hierdie opstel verwys ek baie kortliks daarna wanneer ek Bultmann se vermaning, op grond van sy Jesus-verstaan, ophaal dat gelowiges nie op vlees en bloed hulle heil moet bou nie.

Sitaat-impak, net soos die aantal bladsye van 'n spesifieke werk of die aantal vertalings daarvan, kan egter nie die enigste faktor by gradering wees nie! Die impak behoort gemeet te word aan watter werk se inhoud óf die tydsgees in kritiese solidariteit die beste verwoord het óf die swakhede van die tydsgees in kwaliteit oorstyg het.

Daarom behoort ander werke van Bultmann myns insiens nie oorweeg te word nie. Dit sluit byvoorbeeld sy Theologie des Neuen Testaments (geskryf tussen 1948-1953) in. Hierdie werk (in Engels as twee volumes uitgegee) verteenwoordig 'n kompaktering van denke wat oor dekades gevorm is. Sy Die Geschichte der synoptischen Tradition (geskryf in 1921) het weer die bedoeling gehad om as 'n werkboek te dien vanwaar verder oor Formgeschichte gedink kan word. Daarom kan ook hierdie epogmakende werk nie oorweeg word nie. Ook is Bultmann se kommentaar op 2 Korintiërs, wat gedurende die jare 1940 en 1952 geskryf is (en in 1976 deur professor Erich Dinkler heruitgegee is) fenomenaal, maar dit was die produk van, en nie die sneller vir, sy teo-antropologiese denke nie. Bultmann het sy dialektiek 'antropologie-teologie' reeds in sy vroeëre werke oor Paulus uitgewerk, en hy het dit tot 'n hoogtepunt in sy Theologie gevoer. Hy is immers bekend vir die uitspraak dat alle spreke van Paulus oor of van God tegelykertyd spreke oor die mens is (vgl. Hamman 2009:404). Eweneens, hoewel Bultmann se 1967-kommentaar op die drie Johannes-briewe indrukwekkend is, is ook hierdie kommentaar die gevolg van sy verstaan van die Johannese teologie. Bultmann was oortuig dat die skrywer van 1 Johannes die Johannes-evangelie geken het en dat 1 Johannes as bron vir die skrywer van 2 Johannes gedien het. Volgens hom is die herkoms van 3 Johannes totaal onseker.

Dit is bekend dat Bultmann eintlik net Paulus en Johannes onder die vroegste Christelike teoloë gereken het. Nie net was Paulus en Johannes se skryfwerk nie deel van memoriserende herinneringe van 'n kollektiewe geloofsgemeenskap wat op evolusionêre wyse, soos byvoorbeeld die sinoptiese evangelies, tot literêre werke gegroei het nie.

Volgens Bultmann was Paulus en Johannes eintlik die enigste individuele skrywers in die Nuwe Testament by wie jy 'n 'sistematiese teologie' kan raaksien - as jy Plato (Republica, II. 379a; kyk vertaling deur Jowett 1888) se verstaan van 'theologia' as 'n sistematiserende koherente besinning oor die verhouding God-en-mens as vertrekpunt sou neem.

Bultmann het gemeen dat jy by Paulus teologie vanuit sy sewe briewe kan aflei en by Johannes kry jy iets op 'n nog hoër vlak, te wete dat teologie op 'n bestaande teologiese koherente sistematiek, naamlik die 'gnostiek', gemodelleer is (vgl. Boers 1979:75-80). En, terloops, Bultmann het geweet dat die begrip 'gnostiek' 'n uiters gekompliseerde idee met baie variasies is - 'n insig waarvoor heelwat van sy kritici hom nie erkenning gegee het nie.2 Bultmann het nie op 'n anakronistiese wyse die rol van die gnostiek oorskat nie en hy het met die moontlikheid van 'n voor-Christelike 'gnostiek' rekening gehou. Dit was ook sý standpunt dat die 'gnostiese' tendense by Paulus én Johannes nie dieselfde was as wat ons later in die 2de eeu by meer volwaardige 'gnostici' aantref nie.3

Maar weer eens terug na ons relevante vraag oor Bultmann se invloedrykste werk. 'n Aantal opstelle wat in Religion in Geschichte und Gegenwart by Mohr Siebeck in Tübingen verskyn het, is individueel op sigself van 'n baie hoë kwaliteit. Hier dink ek spesifiek aan Bultmann se bydraes oor onder andere 'waarheid', oor die 'vroegste Christenheid', oor 'Paulus' en dié oor 'Johannes'.4 Maar ook hierdie werke is die vrug van vroeëre denke, uitgewerk in sy boeke Urchristentum, Jesus en Johannes.

Is daar 'n rede dat ek die Jesus-boek tweede noem, terwyl dit vóór Urchristentum uitgegee is? Selfs die Johannes-kommentaar het vóór Urchristentum verskyn.

My antwoord is 'ja', soos ek vervolgens sal probeer aandui. Dit wat naamlik in die Jesus-boek en in die Johannes-kommentaar uitgewerk is, was deur Bultmann in sy Urchristentum binne 'n bepaalde kultuur-historiese, sosio-religieuse, ekonomies-politieke en filosofies-wêreldbeskoulike konteks geplaas.

Maar nou eers 'n voëlvlug van wat ek meen Bultmann se hermeneuties-teologiese bydrae is.

 

Bultmann se teologiese hermeneutiek

Ek sal Bultmann se bydrae by wyse van enkele vrae opsom:5

  • Waarom het Bultmann geen probleem gehad met 'n radikale en konsekwente historiese ondersoek van die Bybel nie, met spesifieke verwysing na die onderskeid wat hy tussen historisch en geschichtlich maak?
  • Wat sou volgens Bultmann die eg historiese vraag aan die Bybel wees?
  • Wat het Bultmann die nie-objektiverende (voorwerplike) spreke van die Bybelse kerugma genoem, en wat is die teologiese implikasie daarvan?6
  • Wat is is die verskil tussen Bultmann en die eksistensiefilosofie ten opsigte van die verwerkliking van die nuwe outentieke selfverstaan van die mens?
  • Wat bedoel Bultmann met die uitdrukking 'mitologiese res'?
  • Wat is volgens Bultmann die betekenis van die persoon en die geskiedenis van Jesus?
  • Wat behels Bultmann se program van 'ontmitologisering', sodat waarde geheg behoort te word aan sy siening dat met Jesus die geskiedenis tot einde gekom het, en ons sy opmerkings verstaan dat gelowiges uit die wêreld tree ('Entweltlichkeit'7), radikaal vanuit liefde leef en sigself nie vergeld nie ('Entapokalyptizierung'), en 'n ywer vir nasionale ideale nie as prioriteit sien nie ('Entnazisierung'8)?

Bultmann het die kern van sy tipiese dialektiese taalgebruik by Heidegger geleer. Maar tussen Heidegger die filosoof en Bultmann die teoloog was daar 'n prinsipiële verskil tussen hulle opinies (vgl. Perrin 1969:24).

Heidegger het hom gerig op die fenomeen van menslike eksistensie (Dasein). Heidegger het 'om te verstaan' gedefinieer as die vermoë om insig te kry in jou eie bestaansmoontlikhede binne die konteks van die leefwêreld waarin jy bestaan. Bultmann het weer gemeen dat outentieke verstaan nie net met die situasie waarin mense hulle op 'n bepaalde oomblik in die hede bevind, te doen het nie. Die gelowige se bestaansmoontlikheid open 'n deur op die toekoms. Daarom kies Bultmann die sprekende titel Glauben und Verstehen as die kompilasie van sy belangrikste opstelle! Om te verstaan is om te glo. Om te glo is om te verstaan. Heidegger se opsie het Bultmann met 'wanhoop' vergelyk; die Christen se hoop is die produk van geloof.9

Soos veral ingesien as gevolg van die insigte van Dilthey (kyk Hodges 1944, 1952), het ook Bultmann die oortuiging gehuldig dat historiese arbeid nie, soos die historisme gemeen het, uit die vooronderstellingslose weergawe (rekonstruksie) van die verlede bestaan nie. Die verstanende ontmoeting met die geskiedenis is op 'n beslissing afgestem. Nie egter net één besluit en dan afgehandel nie! Beslissing (Entscheidung) en weer beslissing, oor en oor, en só word die geskiedenis telkens met nog 'n volgende beslissing in die toekoms vír God en teen eie geregtigheid, wéér en wéér, tot einde gebring (vgl. Batforf 1994:188-189).

Omdat die resultate van historiese navorsing egter nooit as afgeslote beskou kan word nie, kan historiese navorsing nie resultate lewer wat absolute geldigheid het nie. Bultmann maak daarom die onderskeid tussen die begrippe historisch en geschichtlich.

Wanneer geskiedenis uitgelê word as moontlikhede vir die verstaan van die eie eksistensie, dan is outentieke bestaan (= om te glo) onafhanklik van 'n gebondenheid aan die wêreldbeeld van 'n bepaalde tyd, en dan veral die antieke teïstiese driedimensionele wêreldbeeld. Onder historisch verstaan Bultmann die gewoon historiese feitelikheid van 'n gebeurtenis, terwyl geschichtlich verwys na die eksistensiële konsekwensie van so 'n gebeurtenis.

In die lig van hierdie onderskeid tussen historisch en geschichtlich, het Bultmann geen probleem daarmee dat die Bybel aan die skerpste en indringendste historiese kritiek denkbaar onderwerp word nie.

Dit is naamlik omdat hy oordeel dat die saak waarom dit in die evangelie gaan, nie dit is wat deur historiese tekstuele ondersoek geverifieer of gefalsifiseer kan word nie. Wat die Bybel oor menslike eksistensie sê, word nie deur verifikasie of falsifikasie as geldig of ongeldig verklaar nie. Die saak waarom dit werklik gaan, is dus nie die historische nie maar die geschichtliche.

Bultmann was duidelik nie uitgelewer aan die eksistensiefilosofie nie. Volgens hom, anders as by die humanitêre eksistensiefilosowe, kan die nuwe selfverstaan (die pneumatiese, dit wil sê die 'geestelike', teenoor die sarkikos-bestaan van die 'ou mens', dit wil sê die 'vleeslike') nie deur die mens self verwerklik word nie. Dit geskied deur die genadedaad van God wat van buite kom, naamlik deur middel van die toesprekende Woord, die kerugma. (Dit is een van die redes waarom ek vandag se postsekulêre spiritualiteit wil beskryf met behulp van die begrip 'postteïsme', eerder as 'panenteïsme'.)

Die genadedaad van God word in die woord wat nóú verkondig word, ervaar. En die geloof van die hoorder is niks anders nie as die antwoord op dié appèllerende woord. Die oproep van God geskied deur middel van 'n historiese gebeure, in die mens Jesus wat aan ons verkondig word as die Christus en die Kurios. Hierdie Gods-ontmoeting-in-die-mens-Jesus noem Bultmann die mitologiese res, dit is naamlik dat God extra nos [van buite] die mens pro nobis [tot ons] wend. Hierdie genadedaad geskied in en deur hiérdie historiese mens, Jesus van Nasaret.

Bultmann hou dus vas aan die extra nos van God se interaksie met die mens.

Die kerugmatiese toespreke kan egter slegs eksistensieel gehoor word. Dit is nie objektiverend van aard nie, en daarom behoort gelowiges versigtig te wees om nie aan hulle geloofslewe sekuriteit te verleen deur lewende, dinamiese geloof te laat stol in die glo van geykte proposisionele dogmas nie. Die kerugma behoort in geloof en in gehoorsaamheid aangeneem te word, of dan as jy sou verkies om agnosties of ateïsties te wees, verwerp te word.

Volgens Bultmann is die persoon en die geskiedenis van Jesus vir die kerugmatiese toespreke van geen betekenis nie. Om na die historiese Jesus agter die kerugma te vra, het nie die bedoeling om geloof te wek nie. Dit is wel 'n ervaarde gegewe dat Jesus Christus as die 'einde van die geskiedenis' bitter moeilik in ons tyd-ruimtelike wêreld geïnternaliseer en in geloof geleef kan word.

Die Jesus-saak bly 'n aanstoot, nie omdat ons ongelowig is nie, maar as gevolg van ons klein geloof of min geloof - of soos (die opgestane, verkondigde) Jesus in sowel die Matteus-Evangelie as in die Johannes-Openbaring sê: ons neig telkens om ons eerste liefde te verlaat en eerder op tradisie as valse sekuriteit terug te val.

Die radikale ont-objektivering van die kerugmatiese toespreke deur middel van die eksistensiale interpretasie word net op een punt deurbreek: dit bly betrek op die daad van God in die dat van die koms van Jesus.

Nou kan ons terugkeer na ons eintlike vraag: wat was die 20ste eeu se grootste teologiese werk?

 

Urchristentum? Jesus? Johannes-kommentaar?

Teen die einde van en aan die begin van die 20ste eeu was die Eurosentriese Christendom in die groef van om kaf as koring aan te sien. Dit kan onder andere in die nasionale, volks- en kultuurteologieë van die dag gesien word.

Die strewe na waardes soos ontwikkeling, progressie en hoogstaande personaliteit het mense in die Weste verlei. Die Christelike geloof is geag as 'n produk van 'n beter ontwikkelende beskawing, 'beter' as die primitiewe godsdienste. Die perfekte openbaring van God in en deur Jesus Christus was gereken as 'n vooruitgang op die Ou-Testamentiese profete se etiese monoteïsme.

Rolmodelle, en veral Jesus Christus se hoogstaande morele personaliteit, moes nageboots word. Die resultaat was egter dat die kultuurpropaganda van 'Christelike' koloniale Empires 'n toksiese uitwerking op die wêreld gehad het.

Nasionale idealisme en progressief-sosiale ideologieë het die wêreld in wêreldoorloë gedompel, met die rippeleffek tot in Viëtnam, die Midde-Ooste se 11 September 2001, en die neokolonialisme van ontwikkelende lande se diktature.

Die hoogtepunt van Bybelverstaan aan die einde van die 19de en die 20ste eeu was om raak te sien hoe die Christendom vanuit 'n Joodse bedding in 'n sinkretistiese Grieks-Romeinse misterie- en keiserkultus tereg gekom het, deurdat Jesus nie meer net 'n as 'Joodse Messias' gesien was nie, maar ook as die heidene se 'Heer' (Kurios). Volgens Westerse moderne ideale het die sintese wat die hellenisering van Israelse monoteïsme meegebring het, 'n sogenaamde progressiewe verbetering verteenwoordig.

Wilhelm Bousset ([1913] 1926) se 'Kurios versus Jesus' het egter nie die toets van die eksegetiese wetenskap deurstaan nie. Vandag weet ons dat só 'n progressie vanaf Judaïsme na Hellenisme eenvoudig nie plaasgevind het nie, omdat só 'n digotomie nie bestaan het nie (kyk Hengel 1973, 1976). Hellenisering veronderstel verinheemsing. 'Joodsheid' was onder invloed van vergrieksing, net soos nasionalismes vandag nie geheel vry van globalisering kan wees nie. In die 19de en 20ste eeu het die Weste se vermeende progressiwiteit nie vooruitgang en waardetoevoeging tot sosiale etiek meegebring nie.

Wat gedurende die 1ste eeu n.C. gerealiseer het, toe Jesus die koninkryk van God verkondig en geleef het, was die kerk in nasionale institusionele vorm. Dit het nie net vorendag gekom in een of ander vorm van kultuurteologie nie, of wat Jean-Paul Sartre (1905-1980) en ná Sartre (kyk Santoni 1995:201), veral Peter Berger (1967:87), 'slegte geloof' genoem het nie. Maar ook, daar waar ons in staat was om van 'volksteologie' afskeid te neem, verskyn dit maar net weer in die gedaante van 'ekklesiale teologie'. Laasgenoemde word gevind waar 'God', 'Bybel' en 'kerk' in die kringe van die Protestantse ortodoksie met mekaar vermeng en self aan mekaar gelyk gestel word. In Bultmann se denke behoort daar 'n relasionele wisselwerking te wees tussen die mens se handelinge van geloof en dit wat geloof as inhoud (dogma) het.

As 'om te glo' slegs uit die kognitiewe aanvaarding (belydenis) van laasgenoemde bestaan, het ons by die uitwas van die Ortodoksie se fides quae creditur uitgekom en as 'om te glo' net die produk van 'n menslike handeling is, het ons by die uitwas van die Liberale Teologie se fides qua creditur uitgekom.10

Hoe is God en kerk (as instituut), God en Bybel, God en Jesus, nie maar steeds vir baie sedert die 19de en 20ste eeu bloot uitruilbare 'begrippe' nie! Dit was historiese kritiek in al die skerpte van die beoefening daarvan gedurende die voorlaaste 2 eeue van moderne rasionalisme wat aan geloof reliëf gegee het.

Anders as by Karl Barth was die gebruik van historiese kritiek nie vir Rudolf Bultmann maar net lippetaal nie, sodat wanneer jy weer sekuriteit in die altyd veranderende wêreld wil vind, jy dit by neo-ortodoksie soek, en historiese kritiek as die Hervorming se erfenis vir lensiesop verruil; hierdie keer beland die sogenaamde 'teologiese eksegese' in die sop.

Teologiese eksegese beteken nie die afskeid neem van die historiese kritiek nie, soos Bultmann vir Barth kwalik neem oor hoe Barth homself in sy Römerbrief-boeke uitleef! Die debat tussen hierdie twee teologiese reuse herhaal sigself in hulle Auseinandersetzungen ten opsigte van hulle onderskeie verstaan van Jesus se opstanding.

Ook wat Judaïsme-versus-Hellenisme betref, bly Bultmann op die gebaande weë van sy leermeester Bousset. Ook hy dink in terme van 'n oorgang tussen twee geestestrominge, eers Judaïsme en daarna Hellenisme. Vandag is hierdie idee verouderd, maar vir ons doel is 'n verdere gesprek oor 'n sogenaamde progressie in mens-wees of gelowig-wees nie verder van belang nie.

Bultmann se bydrae is dat hy in sy Urchristentum illustreer wat die 'uniekheid' van die Jesus-volgelinge te midde van die Israelse en die heidense religieë is. In en deur die lewe van Jesus van Nasaret het die kairos aangebreek. Die tyd vir geskiedenis maak is verby. Wat belangrik is, is DAT Jesus van Nasaret daar was; die WAT van hierdie historiese gegewe is die geschichtliche impak daarvan op Jesus-volgelinge. Vir hulle beteken dit eksistensieel die einde van die geskiedenis.

Paulus het na sy bekering hierdie 'dat' en 'wat' (twee-in-een) begin glo en daarom grens Bultmann (1965:190-198) in sy Antwort an Käsemann aan moedeloosheid tydens een van die dramatiese Marburg-kring byeenkomste toe Käsemann weer sy 'new quest' teenoor die sogenaamde 'no quest' van Bultmann wou propageer. Die professor Bultmann reageer op sy student Käsemann: 'O Absalom, mein Sohn, mein Sohn!' (kyk Schmithals 1968:262, in Boshoff 2011: p. 14 van 15). Daarom kan ek ook nie met Andrie du Toit se opinie na aanleiding van Ernst Käsemann oor Bultmann saamstem nie wanneer Du Toit ([1980] 1985) sê:

Volgens [Bultmann] is die vraag na die historiese Jesus nie net grootliks onbeantwoordbaar nie, maar ook teologies ongeldig, omdat slegs die verkondigde Christus vir die geloof van belang is. En Schmithals, wat in hierdie opsig by Bultmann aansluit, gaan selfs so ver om te beweer dat Jesus prinsipieel deur 'n ander figuur vervang sou kon word.

(Du Toit [1980] 1985:267)

Soos uit hierdie artikel sal blyk, getuig Du Toit se waarneming van 'n gebrek aan waardering vir die genuanseerdheid van beide Bultmann se Schmithals se teologie. Oscar Cullmann (1902-1999) was Andrie du Toit se Doctorvater in Basel (Switzerland) in 1959. In die elektroniese inskrywing van die Wikimedia Foundation (gemodifiseer op 01 Februarie 2011) word die volgende inskrywing oor Cullmann aangetref: 'He stressed the objective reality of sacred history against the existentialist interpretation of Rudolf Bultmann, a fellow German theologian.'11 Die volgende opmerking deur Du Toit (2007) oor Cullmann én oor Bultmann - én ook oor homself - is dus veelseggend:

Although he [Cullmann] respected Bultmann's scholarly work, he differed fundamentally from his programme of demythologization. He was convinced that Bultmann's vision, if carried through consistently, would mean the end of authentic biblical theology and faith. No wonder his farewell injunction to me was: 'Herr Du Toit, bekampfen Sie Bultmann in Súdafrika' [Meneer Du Toit, bestry jy {vir my} Bultmann in Suid-Afrika!]'

(Du Toit 2007:ix)

Walter Schmithals (1988:149-158) bestempel Käsemann se verstaan van Bultmann as 'n 'grootse misverstand'. Hierdie misverstand plaas 'n groot vraagteken op die geykte wyse van praat deur Käsemann se Jesus-studie as die 'new quest' te beskryf en Bultmann as die voorstander van 'n 'no quest'. Eberhard Jüngel ([1990] 1995:82-119) is myns insiens in die kol deur Paulus se uitspraak oor die 'lewe uit geloof alléén' as een van die mees kompakte beskrywings van Jesus se boodskap te noem.

Wanneer Bultmann praat van 'n 'inhoudelike diskontinuïteit' tussen Jesus en Paulus, sluit hy nie die 'saaklike verband' (materielle Relation) tussen Jesus en Paulus uit nie (kyk Bultmann [1928] 1969:230; vgl. ook Van Aarde (2003:549))! Lees maar weer onder andere Romeine 10:4, of Filippense 3:8.

In sy Jesus-boek het Bultmann met behulp van historiese ondersoek en teologiese eksegese, weer eens as 'n dialektiese twee-in-een, geïllustreer hoe die veraf ('Ferne') God vir Jesus die naby ('Nahe') God is, hoe Jesus sy eie 'Joodsheid' oorstyg en nie sy rug daarop keer nie, maar in sy kerugma die teenwoordigheid van God in die lewe van verworpelinge in die samelewing ('deklassierte' persone) verkondig en dit self leef.

Tog behoort Schmithals se woorde oor Bultmann se boek oor die historiese Jesus ernstig geneem te word. Schmithals was die studente-assistent van Bultmann toe hy in Marburg in 1951 emeriteer het. Schmithals was ook die enigste van Bultmann se doktorale studente, wat self as professor, Bultmann se soort van Jesus-studie gekontinueer het, hoewel in 'n rigting wat Bultmann waarskynlik nie self voorsien het of sou wou goedkeur nie. Hoe dit ook al sy, volgens Schmithals - in sy 'Nachwort' tot die 1988-edisie van die 3de 'nuwe verwerking' van Bultmann se Jesus-boek - was Bultmann se geskiedskrywing van Jesus 'hoogs persoonlik': alléén vanuit Bultmann se perspektief én bedoelend om alléén vir Bultmann persoonlik van betekenis te wees én interpreteerbaar alléén vir Bultmann se vroeg 20ste-eeuse konteks en tyd.

Waarom meen ek dat Schmithals se eie verstaan van die nawerking van die historiese Jesus in die vroegste Christenheid 'n ander koers loop as Bultmann se historiese Jesus? Jesus se 'Joodsheid' het Schmithals laat kontinueer in die 'ebionitiese' Jesus-volgelinge wat heilswaarde aan kategorieë soos natuur, volk, biologie en familie toeken! Schmithals het nie self hieraan só 'n waarde geheg nie. Hoe dit ook al sy, die 'ebionitiese tendens' is so anders as wat Bultmann aantoon wat by Paulus en Johannes gevind word!

Volgens Bultmann word die kerugma van die Jesus-saak dat God liefde is, tot 'n hoogtepunt by Johannes gevoer. Die veraf God word die woord (logos) dat as jy van Jesus-saak afgesny is, jy soos 'n gesnoeide loot los van die wingerdstok gaan verdroog.

In die Johannes-kommentaar12 word nie net die historiese kritiek op 'n absoluut meesterlike wyse deur Bultmann in sy rekonstruksie van 'n bladsy-gekorrupteerde kodeks aangetref nie, maar ook word die personaliteit van die outeur die kerugmatiese herinneringsfiguur wat die geliefde dissipel genoem word. In hierdie geloofskarakter vind jy die internalisering dat kruisiging paradoksaal 'heerlikheid' (doxa) is; dat dood en opstanding en Pinkster paradoksaal saamval; dat die gelowiges van die toekoms (ook ons?!) eskatologies salig (makarios) is, omdat ons ons vertroue op hierdie kerugma plaas (dit wil sê glo), hoewel ons geen historiese bewys kan aanvoer dat Jesus leef nie, behalwe dat die historiese Jesus vir ons in die kerugma opgestaan het. Hoe sal ons weet dat ons 'n volgeling van Jesus is? Aan ons liefde sal ons én ander weet!

Watter werk van Bultmann is die mees invloedryke vir die 20ste eeu?

Het ek nog verdere betoog nodig? Behalwe om die 'twintigste' met 'een-en-twintigste' te vervang!

 

Literatuurverwysings

Batdorf, I.W., 1994, 'Interpreting Jesus since Bultmann: Selected paradigms and their hermeneutic matrix', in SBL Seminar Papers, pp. 187-215, Scholars Press, Chico, CA.         [ Links ]

Berger, P.L. 1967, The sacred canopy: Elements of a sociological theory of religion, Double Day, Garden City, NJ.         [ Links ]

Boers, H., 1979, What is New Testament theology? The rise of criticism and the problem of a theology of the New Testament , Guides to Biblical Scholarship, New Testament Series, Fortress Press, Philadelphia, PA.         [ Links ]

Boshoff, P.B., 2011, 'Walter Schmithals: His contribution to the theological and historical interpretation of the New Testament ', HTS Teologiese Studies/Theological Studies 67(1), Art. #780, 15 pages. http://dx.doi.org/10.4102/hts.v67i1.780        [ Links ]

Bousset, W., [1913] 1926, Kyrios Christos: Geschichte des Christusglaubens von den Anfängen des Christentums bis Irenaeus, Vandenhoeck & Ruprecht, Göttingen.         [ Links ]

Bultmann, R., 1913, 'Urgemeinde, christliche', RGG V, 1514-1523.         [ Links ]

Bultmann, R., [1921] [1958] [1971] 1979, Die Geschichte der synoptischen Tradition, 5. Auflage, bearb. von G. Theissen & P. Vielhauer, Vandenhoeck & Ruprecht, Göttingen.         [ Links ]

Bultmann, R., [1926] 1988, Jesus, Neuausgabe, Mohr Siebeck, Tübingen.         [ Links ]

Bultmann, R., [1928] 1969, 'The significance of the historical Jesus for the theology of Paul', in Faith and understanding, I, pp. 220-246, edited with an introduction by R.W. Funk, transl. L.P. Smith, SCM Press, London.         [ Links ]

Bultmann, R., 1930, 'Paulus', RGG V(2), 1019-1045.         [ Links ]

Bultmann, R., [1933a] 1993, 'Die Bedeutung der "dialektischen" Theologie für die neutestamentliche Wissenschaft', in Glauben und Verstehen: Gesammelte Aufsätze, Erster Band, pp. 114-133, 9. Auflage, UTB 1760, Mohr, Tübingen.         [ Links ]

Bultmann, R., [1993b] 1993, 'Die Bedeutung des geschichtlichen Jesus für die Theologie des Paulus', in Glauben und Verstehen: Gesammelte Aufsätze, Erster Band, pp. 88-213, 9. Auflage, UTB 1760, Mohr, Tübingen.         [ Links ]

Bultmann, R., [1933c] 1993, 'Die Christologie des Neuen Testaments', in Glauben und Verstehen: Gesammelte Aufsätze, Erster Band, pp. 245-267, 9. Auflage, UTB 1760, Mohr, Tübingen.         [ Links ]

Bultmann, R. [1933d] 1993, 'Die liberale Theologie und die jüngste Theologische Bewegung', in Glauben und Verstehen: Gesammelte Aufsätze, Erster Band, pp. 1-25, 9. Auflage, UTB 1760, Mohr, Tübingen.         [ Links ]

Bultmann, R., [1933e] 1993, 'Welchen Sinn hat es, von Gott zu reden?', in Glauben und Verstehen: Gesammelte Aufsätze, Erster Band, pp. 26-37, 9. Auflage, UTB 1760, Mohr, Tübingen.         [ Links ]

12.Kyk onder andere Van Aarde (1985, 2000); Smith (1965, 1979:60-71); Conzelmann en Lindemann (1977).

Bultmann, R., [1937] [1941] 1968, Das Evangelium des Johannes, unveränderter Nachdruck der 10. Auflage, Kritisch-exegetischer Kommentar úber das Neue Testament 2, Vandenhoeck & Ruprecht, Göttingen.         [ Links ]

Bultmann, R. [1940-1952] 1976, Der zweite Brief an die Korinther, hrsg. von E. Dinkler, Kritisch-exegetischer Kommentar úber das Neue Testament, Sonderband, Vandenhoeck & Ruprecht, Göttingen.         [ Links ]

Bultmann, R., [1941] 1988, Neues Testament und Mythologie: Das Problem Der Entmythologisiering der neutestamentliche Verkündigung, Nachdruck der 1941 erschienen Fassung, hrsg. von E. Jüngel, BevTh 96, Chr Kaiser Verlag, München.         [ Links ]

Bultmann, R., [1948-1953] 1984, Theologie des Neuen Testaments, 9. Auflage, durchlesenhen und ergänzt von O. Merk, UTB 630, Mohr Siebeck, Tübingen.         [ Links ]

Bultmann, R., [1949] 1992, Das Urchristentum im Rahmen der antiken Religionen, 5. Auflage, Chr Kaiser Verlag, München.         [ Links ]

Bultmann, R. 1952, 'Das Problem der Entmythologisierung', in H.W. Bartsch (Hrsg.), Kerygma und Mythos, Band 2, pp. 179-208, Reich & Heidrich, Evangelischer Verlag, Hamburg.         [ Links ]

Bultmann, R., 1959, 'Johannesevangelium', RGG III(3), 840-850.         [ Links ]

Bultmann, R., [1961a] 1993, 'Der Begriff der Offenbarung im Neuen Testament', in Glauben und Verstehen: Gesammelte Aufsätze, Dritter Band, pp. 268-293, Vierte, unveránderte Auflage, UTB 1762, Mohr, Tübingen.         [ Links ]

Bultmann, R., [1961b] 1993, 'Ist voraussetzungslose Exegese möglich?', in Glauben und Verstehen: Gesammelte Aufsätze, Dritter Band, pp. 142-150, Vierte, unveránderte Auflage, UTB 1762, Mohr, Tübingen.         [ Links ]

Bultmann, R., 1965, 'Antwort an Ernst Käsemann, in Glauben und Verstehen, IV, pp. 190-198, Mohr, Tübingen.         [ Links ]

Bultmann, R. [1967] 1969, Die drei Johannesbriefe, 2. Auflage, Kritisch-exegetischer Kommentar über das Neue Testament 14, Vandenhoeck & Ruprecht, Göttingen.         [ Links ]

Bultmann, R., 1967a, 'Das Problem einer theologische Exegese des Neuen Testaments', in J. Moltmann (Hrsg.), Anfänge der dialektischen Theologie, Teil II: Rudolf Bultmann. Friedrich Gogarten, Eduard Thurneysen, pp. 47-71, TB 17/2, 2. Auflage, Chr Kaiser Verlag, München.         [ Links ]

Bultmann, R., 1967b, 'Die Frage der "dialektische" Theologie', in J. Moltmann (Hrsg.), Anfänge der dialektischen Theologie, Teil II: Rudolf Bultmann. Friedrich Gogarten, Eduard Thurneysen, pp. 72-92, TB 17/2. 2. Auflage, Chr Kaiser Verlag, München.         [ Links ]

Bultmann, R. [1968] 1993, 'Das Problem der Hermeneutik', in Glauben und Verstehen: Gesammelte Aufsätze, Zweiter Band, pp. 211-235, 6. Auflage, unveränderter Nachdruck der fúnften Auflage, UTB 1761, Mohr, Tübingen.         [ Links ]

Bultmann, R., 1971, 'Brief an Rudolf Bultmann', in J. Beintker (Hrsg.), R. Hermann: Bibel und Hermeneutik: Gesammelte und Nachgelassene Werke, Band 3, p. 297, Vandenhoeck & Ruprecht, Göttingen.         [ Links ]

Bultmann, R. [1984] 1993, 'Jesus Christus und die Mythologie', in Glauben Und Verstehen: Gesammelte Aufsätze, Vierter Band, pp. 141-189, 5. Auflage, unveränderter Nachdruck der 4. Auflage mit Register zu Band i-IV von Michael Lattke, UTB 1762, Mohr, Tübingen.         [ Links ]

Conzelmann, H. & Lindemann, A., 1977, Arbeitsbuch zum Neuen Testament, 2. Auflage, Mohr, Tübingen.         [ Links ]

Du Toit, A.B., [1980] 1985, 'Die historiese Jesus en die verkondigde Christus van die evangelies', in A.B. du Toitet al., Handleiding by die Nuwe Testament, IV: Die Sinoptiese Evangelies en Handelinge. Inleiding en teologie, pp. 267-293, N.G. Kerkboekhandel, Pretoria.         [ Links ]

Du Toit, A.B., 2007, 'Author's preface', in A.B. du Toit (ed.), Focusing on Paul: Persuasion and theological design in Romans and Galatians, pp. xi-xii, ed. C. Breytenbach & D.S. du Toit, BZNW, Band 151, Walter de Gruyter, Berlin.         [ Links ]

Edwards, D.L., 1976, 'Rudolf Bultmann: Scholar of faith', The Christian Century, September 01-08, pp. 728-730, prepared for Religion Online by Ted and Winnie Broc, viewed 02 May 2011, from www.christiancentury.org        [ Links ]

Evang, M., 1988, Rudolf Bultman in seiner Fr6uhzeit, BHTh 74, Mohr Siebeck, Tübingen.         [ Links ]

Hamman, K., 2009, Rudolf Bultmann: Eine Biographie, Mohr Siebeck, Tübingen.         [ Links ]

Hengel, M., 1973, Judentum und Hellenismus: Studien zu ihrer Begegnung unter besonderer Berücksichtigung Palástinas bis zur Mitte des 2.Jh.s v.Chr., WUNT 10, Mohr (Paul Siebeck), Tübingen.         [ Links ]

Hengel, M., 1976, Juden, Griechen und Barbaren: Aspekte der Hellenisierung des Judentums in vorchristlicher Zeit, Kohlhammer, Stuttgart.         [ Links ]

Hodges, H.A., 1944, Wilhelm Dilthey Routledge & Kegan Paul, London.         [ Links ]

Hodges, H.A., 1952, The philosophy of Wilhelm Dilthey Routledge & Kegan Paul, London.         [ Links ]

Hohmeier, F., 1964, Das Schriftverständnis in der Theologie Rudolf Bultmanns, AGTL 13, De Gruyter, Berlin.         [ Links ]

Jüngel, E., [1990] 1995, 'The dogmatic significance of the question of the historical Jesus', in E. Jüngel (ed.), Theological essays, II, pp. 82-119, edited with an introduction by J.B. Webster and transl. A. Neufeldt-Fast & J.B. Webster, T.&T. Clark, Edinburgh.         [ Links ]

Labron, T., 2011, Bultmann unlocked, A Continuum imprint, T & T Clark International, London.         [ Links ]

Markschies, C. [2001] 2003, Gnosis: An introduction, transl. J. Bowden, T. & T. Clark, London.         [ Links ]

Painter, J., 1987, Theology as hermeneutics: Rudolf Bultmann's interpretation of the history of Jesus, The Almond Press, Sheffield.         [ Links ]

Pelser, G.M.M. & Van Aarde, A.G., 2007, 'Historical consciousness and existential awareness in Karl Barth's hermeneutics', HTS Theologiese Studies/Theological Studies 63(4), 1137-1141.         [ Links ]

Perrin, N., 1969, The promise of Bultmann, Fortress Press, Philadelphia, PA.         [ Links ]

Plato [1888], The Republic and other works, transl. B. Jowett, Oxford University Press, Oxford.         [ Links ]

Santoni, R.E., 1995, Bad faith, good faith and authenticity in Sartre's early philosophy, Temple University Press, Philadelphia, PA.         [ Links ]

Schmithals, W., 1967, Die Theologie Rudolf Bultmanns: Eine Einführung, 2. Auflage, Mohr, Tübingen.         [ Links ]

Schmithals, W., 1968, 'R. Bultmann, Glauben und Verstehen: Gesammelte Aufsätze IV', Theologische Literatur Zeitung 93(4), 260-262.         [ Links ]

Schmithals, W., 1988, 'Nachwort', in R. Bultmann (Hrsg.), [1926] 1988, Jesus, Neuausgabe, pp. 149-158, Mohr, Tübingen.         [ Links ]

Smith, D.M., 1965, The composition and order of the Fourth Gospel: Bultmann's literary theory, Yale University Press, New Haven, CT.         [ Links ]

Smith, D.M., 1979, John, Proclamation Commentaries, 3rd printing, Fortress Press, Philadelphia, PA.         [ Links ]

Standhartinger, A., 2011, 'Rudolf Bultmann im interreligiósen Dialog', Evangelisch Theologie 71(1), 16-34.         [ Links ]

Stegemann, W., 1978, Der Denkweg Rudolf Bultmanns: Darstellung der Entwicklung und der Grundlagen seiner Theologie, Kohlhammer, Stuttgart.         [ Links ]

Van Aarde, A.G., 1985, 'Die outeurskapsvraag van die Johannesevangelie met die oog op interpretasie of resepsie', Skrif & Kerk 6, 45-62.         [ Links ]

Van Aarde, A.G., 1999, 'Wat is die waarheid? 'n Teologiese antwoord van 'n Bybelwetenskaplike', in D.J.C. sr. van Wyk (red.), 20ste eeu Hervormde teologie, pp. 11-27. Pretoria, Sentik Uitgewers.         [ Links ]

Van Aarde, A.G., 2000, 'Inleiding tot die eksegese en teologie van die Johannesevangelie as vertelling', ongepubliseerde BD 600 lesings, Departement Nuwe-Testamentiese Wetenskap, Universiteit van Pretoria.         [ Links ]

Van Aarde, A.G., 2003, 'Does Historical Jesus research have a future?', Verbum et Ecclesia 24(2), 553-556.         [ Links ]

Wikimedia Foundation, 01 February 2011, 'Oscar Cullmann', viewed 03 September 2011, from en.wikipedia.org/wiki/Oscar_Cullmann        [ Links ]

 

 

Correspondence to:
Andries van Aarde
University of Pretoria, Faculty of Theology, Private Bag X20, Lynnwood Road, Hatfield 0083, Pretoria, South Africa
Email: andries.vanaarde@up.ac.za

Received: 28 Jan. 2011
Accepted: 04 May 2011
Published: 04 Nov. 2011

 

 

© 2011. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License.
1. 'n Verkorte weergawe van hierdie voordag wat in die artikel verwerk en uitgebrei is, het aanlyn verskyn op die Fakulteit Teologie se 'teocoza'-webwerf: besigtig 02 September 2011, op http://teo.co.za/artikel/articles/344/1/Rudolf-Bultmann-Sy-mees-invloedryke-bydrae-in-die-20ste-eeu-Urchristentum-Jesus-Johannes-kommentaar/Bladsy1.html
2. ‘Ein solches ist dagegen in der Gnosis entwickelt, die Bultmann als “religiöse
Bewegung vorchristlichen Urspungs“ charakterisiert’ (Hamman 2009:384).
3. Enige poging om ’n definisie te gee van wat ‘gnostiek’ in die eerste 2 eeue n.C. kon wees, is uiters problematies. Die literatuur van kerkvaders help nie om ’n eenduidige beskrywing te gee van wat onder ‘gnostiek’ val nie - selfs tot in die uitloop daavan in die 4de-eeuse Manichaeïsme as die ‘kulminasie’ en ‘konklusie’ van wat as ‘gnosis’ bekend gestaan het (vgl. Markschies 2003:101-108).
4. Kyk Van Aarde (1999:11-27); Bultmann (1913, 1930, 1959).
5. Kyk Bultmann se volgende werke: Bultmann ([1933a] 1993:114-133, [1993b] 1993:188-213, [1933c] 1993:245-267, [1933d] 1993:1-25, [1933e] 1993:26-37, [1941] 1988, 1952:179-208, [1961a] 1993:268-293, [1961b] 1993:142-150, 1967a:47-71, 1967b:72-92, [1968] 1993:211-235, 1971:297, [1984] 1993:141-189. Vergelyk ook G.M.M. Pelser & Andries G. van Aarde (2007), ‘Historical consciousness and existential awareness in Karl Barth’s hermeneutics’, veral pp. 1381-1391; asook inter alia F. Hohmeier (1964), Das Schriftverständnis in der Theologie Rudolf Bultmanns; W. Schmithals (1967), Die Theologie Rudolf Bultmanns: Eine Einführung; W. Stegemann (1978), Der Denkweg Rudolf Bultmanns: Darstellung der Entwicklung und der Grundlagen seiner Theologie; J. Painter (1987), Theology as hermeneutics: Rudolf Bultmann’s interpretation of Jesus; M. Evang (1988), Rudolf Bultmann in seiner Frühzeit; T. Labron (2011), Bultmann unlocked.
6. Kyk byvoorbeeld die volgende uitspraak van sitaat van Bultmann in Hamman (2009:212): 'Freilich stellt sich hier das Problem, da
β Gott als der Allmächtige kein móglicher Erkenntnisgegenstand einer positiven Wissenschaft sein kann. Denn als der dem Dasein schlecthin Transzendente kann "Gott nicht zum Objekt unseres Verhaltens gemacht werden'" (beklemtoning in Hamman).
7. Kyk Hamman (2009:302, 304, 311, 382-384, 407, 469-470, 487).
8. Kyk Hamman (2009:357-358, 360-361, 363); Standhartigger (2011:16-34).
9. 'Bultmann bestreitet in diesem Zusammenhang ausdrücklich, "daB der Mensch im todbereiten Entschlu
β in die Situation seine Eigentlichkeit gewinnen könne". Diesen hier offenkundig insbesondere gegen Heidegger geltend gemachten Einspruch muβ der Glaube gegen die Philosophie wahren will, nicht einmal mit der Philosophie diskutieren. Er "kann die Whal der philosophische Existenz nur al seine Akt der sich selbst begründenden Freihet des Menschen beurteilen, der seine Gebundenheit an Gott verleugnet"' (Hamman 2009:213).
10. 'Die Orthodoxie verwechselt so das Kerygma und die wissenschaftliche Theorie, das Ereignis des Wortes Gottes und dieses Ereignis auslegende menschliche Lehre miteianander. ["Fides quae creditur = quod deus dixit! Theologie = was der Mensch sagt."] Um die Fehler des Liberalismus und der Orthodoxie zu vermeiden, mússen fides qua creditur und die fides quae creditur in ihrer wechselseitigen Besiehung zueinander bedacht werden ... Theologie is also Wissenschaft von Gott, indem sie Wissenschaft vom Glauben ist, und umgekehrt' (Hamman 2009:2010-211).
11. Wikimedia Foundation, 01 February 2011, 'Oscar Cullmann', viewed 03 September 2011, from en.wikipedia.org/wiki/Oscar_Cullmann
12.Kyk onder andere Van Aarde (1985, 2000); Smith (1965, 1979:60-71); Conzelmann
en Lindemann (1977).

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License