SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.67 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

HTS Theological Studies

Print version ISSN 0259-9422

Herv. teol. stud. vol.67 n.1 Pretoria Jan. 2011

 

EDITORIAL

 

Editorial to the Van Aarde Festschrift

 

 

 

Ernest van EckI; Yolanda DreyerII

IDepartment of New Testament Studies, University of Pretoria , South Africa. Chairperson of HTS Teologiese Studies/Theological Studies Editorial Board , South Africa
IIDepartment of Practical Theology, University of Pretoria , South Africa. Associate editor of HTS Teologiese Studies/Theological Studies

Correspondence to

 

 

Oor die afgelope vier dekades het Andries Gideon van Aarde 'n beduidende bydrae gelewer tot die Nuwe-Testamentiese wetenskap in die besonder en die teologie in die algemeen. Sowel op nasionale as internasionale vlak is daar besondere waardering vir sy werk. In die 1980s fokus hy op die Evangelie van Matteus, maar sy belangstelling is wyd en oor die dekades heen dek sy werk byna elke faset van die Nuwe-Testamentiese wetenskap en verwante dissiplines.

In hierdie Festschrift aan Andries van Aarde opgedra, bring die Dekaan van Fakulteit Teologie van sy alma mater, die Universiteit van Pretoria, Johan Buitendag, hulde aan hom in die Voorwoord. Gerda de Villiers, 'n kollega en vriendin, bied 'n oorsig oor sy curriculum vitae. Haar inleidende artikel sluit af met 'n gepaste beskrywing van Van Aarde se bydrae:

Andries van Aarde has done pioneering research by appropriating theories and methodologies of fields from outside theology to reading biblical texts. Studies like these are interesting, even entertaining, however, they often run the risk of remaining theoretical endeavours without any practical value. Andries van Aarde convincingly demonstrated that this is not the case. On the one hand he strips the biblical texts from their usual dogma. On the other hand, and most importantly, he holds these texts in deep respect by appreciating their narrative and argumentative art as well as the socio-cultural context in which they originated. His compelling portrayal of the historical Jesus has far reaching implications for further academic studies, as well as for the practical ministry of the church'.

Van Aarde se publikasies dek 'n wye verskeidenheid onderwerpe op terreine soos: die interpretasie van die Sinoptiese Evangelies (veral Matteus); die briewe van Paulus en die Pauliniese literatuur (veral die Tessalonisense-korrespondensie); eksegetiese benaderings soos die historiese kritiek, sosiaal-wetenskaplike kritiek en die histories-psigologiese interpretasie van antieke tekste; leserresponskritiek; dekonstruksie, gender en die postkoloniale lees van tekste; eksegetiese metodes soos struktuuranalise, narratologie, intertekstualiteit en 'n materialistiese en kontekstuele benadering tot die teks; historiese Jesus en Q-navorsing; epistemologie; etiek, met die fokus op geweld, armoede, radikale inklusiwiteit, sosiale marginaliasie, etnisiteit en seksualiteit; postsekulre spiritualiteit; filosofie en Bybelse hermeneutiek; die teologiese en historiese interpretasie van die Nuwe Testament; homiletiek; ekumeniese ekklesiologie; kultuurkritiek; die sosio-kulturele agtergrond van die Nuwe Testament en die vroegste Jesus-beweging, soos byvoorbeeld die Jesus-volgelinge in Jerusalem, die sogenoemde Thomas-kringe, asook die 'gnostiese' en Ebionitiese Jesus-volgelinge.

Die meeste van die bydraes tot hierdie Festschrift deur voormalige studente, kollegas, nasionale en internasionale navorsingsgenote, studente en vriende, tree in gesprek met Van Aarde se werk wat strek oor 37 jaar. Verskeie artikels fokus op die evangelie waaraan hy die meeste aandag gegee het, naamlik Matteus. Die Ou-Testamentikus, Jurie le Roux (Pretoria, Suid-Afrika), bied 'n oorsig oor Andries se werk op Matteus sedert 1974. Homileet, Theuns Dreyer (Pretoria, Suid-Afrika), reflekteer op Matteus 18:19. Die Nuwe-Testamentikus Sakari Hkinnen (Helsinki, Finland) lees Matteus 6:25–34 vanuit die konteks van 'n Tanzaniese dorpie. David Sim (Melbourne, Australia) ondersoek die pasifistiese en gewelddadige fasette van Jesus in Matteus. Die Ou-Testamentikus Eben Scheffler (UNISA, Suid-Afrika) illustreer dat Jesus se gebruik van die Pentateug ten opsigte van egskeiding in die Bergrede van 'n etiek van medelyde getuig. Evert-Jan Vledder (PKN-predikant in die Hervormde wijkgemeente Immanuel-west in die Rotterdam omgewing, Nederland), een van Andries van Aarde se doktoraalstudente, analiseer die eerste bede van die Ons Vader-gebed (Matteus 6:9b). Dorothy Jean Weaver (Harrisonburg, Virginia, VSA) fokus op die ervaring van geweld as 'n narratiewe retoriese tegniek in die Matteus-evangelie.

Van Aarde se boek oor die historiese Jesus, Fatherless in Galilee: Jesus as child of God, het 'n besondere bydrae gelewer tot die Nuwe-Testamentiese wetenskap en het ook dialoog met ander teologiese dissiplines ontlok. In die Festschrift voer die Ou-Testamentikus, Jurie le Roux (Pretoria, Suid-Afrika), en die kontekstuele teoloog, Allan Boesak (Stellenbosch, Suid-Afrika), gesprek met Van Aarde se verstaan van die historiese Jesus. Die bekende Afrikaanse digter, Lina Spies, emeritus-professor van die Universiteit van Stellenbosch, se gedig "Ontdaan" (in Engels vertaal as "Unsettled") is deur sy Jesus-profiel as 'vaderlose kind van God' genspireer en is in die Festschrift opgeneem. Jos Verheyden (Leuven, Belgi) is in sy bydrae meer krities oor die uitgangspunte in Van Aarde se 'histories-psigologiese eksegese'.

Andries van Aarde het vele studente ingelei in die sosiaal-wetenskaplike interpretasie van die Nuwe Testament. Drie van sy doktoraalstudente lewer hulle bydraes in hierdie veld: Ernest van Eck (Pretoria, Suid-Afrika) interpreteer die gelykenis van die vriend wat om middernag aanklop (Lk 11:5–8), Jonanda Groenewald (Edinburgh, Skotland) ondersoek die vroegste Jesus-volgelinge se ervaring van die nagmaal vanuit die perspektief van alternerende state van bewussyn. Markus Cromhout (Johannesburg, Suid-Afrika) reflekeer op maniere waarop etniese spanning en konflik in Suid-Afrika beperk kan word. Johan Strijdom (UNISA, Pretoria, Suid-Afrika) oordeel dat postkoloniale kritiek nie 'n afwesigheid van kritiek op die inheemse Afrika-religie veronderstel nie.

Ses bydraes deur lede van die Context Group waarvan Andries reeds baie jare lid is, het betrekking op sosiaal-wetenskaplike kritiek: Dennis Duling (Buffalo, New York) ondersoek kollektiewe geheue en oraliteit in die Evangelies; John H. Elliott (San Francisco, Kaliforni) beskryf die sienings en gebruike in Galasi ten opsigte van die bose oog; Santiago Guijarro (Salamanca, Spanje) vra na die verhouding tussen Jesus en Paulus, en Dietmar Neufeld (Vancouver, Kanada) toon die sosio-retoriese krag van waarheid en leuen in 1 Johannes en in die Evangelie van Johannes aan. Pieter Craffert (UNISA, Suid-Afrika) evalueer bestaande teorie en modelle vir die verstaan van siekte en genesing in die antieke tyd. John Pilch (Washington DC) fokus op sout as simbool van 'n 'katalisator-agent' in die Mediterreense wreld en John Kloppenborg (Toronto, Kanada) analiseer die Johannese interpretasie van 'die skeiding van Jesus-volgelinge en die sinagoge' [aposunagogos].

Drie bydraes belig die missionale fokus van die kerk. Die plek wat 'Jesus as geneser' inneem in die missionre werk van Reformatoriese kerke in Afrika word ondersoek deur Natie van Wyk (Afrika Instituut vir Missiologie [AIM], Suid-Afrika), die verhouding tussen sending en etiek in Galasirs deur Kobus Kok (Pretoria, Suid-Afrika) en die invloed van die geloofsgemeenskap se profetiese diskoers in kontekste van ekonomiese onreg teen die agtergrond van hedendaagse globalisasie deur Piet Naud (Nelson Mandela Metropolitan Universiteit, Port Elizabeth, Suid-Afrika).

Vier bydraes vanuit 'n gender-perspektief sluit in di van Yolanda Dreyer (Pretoria, Suid-Afrika) wat die verteller se androsentriese perspektief op vroue in die Matteus-evangelie gender-krities ondersoek, Riet Bons-Storm (Groningen, Nederland) wat die probleem van manlike dominansie in teologie en die kerk belig, Elaine Wainwright (Auckland, Nieu-Zeeland) wat vra na wat vanuit 'n gender-perspektief in ag geneem behoort te word wanneer 'n studietoer na die Bybellande onderneem word en Lina Spies (Stellenbosch, Suid-Afrika) wat meen dat die afwesigheid van verwysings na God in die Ou-Testamentiese boek Ester moontlik 'n aanduiding daarvan kan wees dat God deur spesifieke karakters aan die woord kom: die skynbaar swakkes, onbelangrikes en die vernederdes. God onttrek as't ware terug in stilte van politieke programme van mag.

Op die terrein van die historiese Jesus navorsing wat een van Andries se hoofbelangstellings is, ondersoek William Loader (Perth, Australi) die verhouding tussen Jesus en die wet, Sakkie Spangenberg (UNISA, Suid-Afrika) belig die opstandingsnarratiewe en -dogma, en Wim Weren (Tilburg, Nederland) bespreek pous Joseph Ratzinger se boek oor Jesus. In hierdie artikel bied Weren 'n oorsig oor die huidige stand van navorsing oor die historiese Jesus en bespreek die relevansie daarvan vir die teologie.

Vier bydraes raak die terreine van die epistemologie, ontologie en filosofie. Johan Buitendag (Pretoria, Suid-Afrika) evalueer Polkinghorne se premisse: 'epistemology models ontology'; en Cornel du Toit (UNISA, Suid-Afrika) dui aan hoe die horisonne van transendensie vanuit die gesigspunte van die teologie, filosofie en wetenskap vervloei. Julian Mller (Pretoria, Suid-Afrika) fokus op die waarde van 'n 'postfoundational' praktiese teologie vir 'n oorgangstyd, en Johann Beukes (Johannesburg, Suid-Afrika) bespreek Abelardus se spreuk 'God kan net doen wat God doen'.

Spiritualiteit, ook een van Andries se belangstellingsvelde, vorm die brandpunt van die bydraes van Danie Veldsman (Pretoria, Suid-Afrika) oor die verstaan van transendensie in 'n postsekulre spiritualiteit en Paul Decock (Cedara, Universiteit van Kwa-Zulu Natal, Suid-Afrika) oor hoe Origines die studie van die Skrif sien as 'n middel om die leser te transformeer om self die beeld van God se liefde te word. Flip Schutte (Witbank, Suid-Afrika) bring die lees van Bybelse tekste as mite in verband met spirituele ervaring.

Die vroeg-Christelike beweging se interaksie met die omgewing is die onderwerp van Carolyn Osiek (Brite Divinity School, Texas) se bydrae. Haar kritiese vraag is hoeveel kennis werklik ingewin kan word oor die lewens van die vroegste Jesus-volgelinge. Warren Carter (Brite Divinity School, Texas) ondersoek die houding van Jesus-volgelinge teenoor die imperiale en burgerlik-godsdienstige feeste in Efese en Eduard Verhoef (Maartendijk, Nederland) fokus op die houding van Christene teenoor die Kabeiros-kultus in Tessalonika. Fika van Rensburg (Potchefstroom, Suid-Afrika) ontwerp 'n metodologie om die ekonomies-historiese konteks van 1 Petrus te ondersoek en Robert Brawley (Chicago, Illinois) fokus op 'dakloosheid' in die Romeinse Ryk. Jonathan Draper (Kwa-Zulu Natal, Suid-Afrika) belig die morele ekonomie van die Didache.

Op die gebied van die Pauliniese korpus bestudeer Reimund Bieringer (Katholieke Universiteit Leuven, Belgi) die term 'bemoediging' in 2 Korintirs teen die agtergrond van Paulus se gebruik van die Septuagint en Jean-Claude Loba-Mkole (Nairobi, Kenia) reflekteer oor die impak van Pauliniese studies op Afrika. Jeremy Punt (Stellenbosch, Suid-Afrika) vra na die verband tussen Paulus en die Christelike identiteit en Francois Tolmie (Bloemfontein, Suid-Afrika) ondersoek die retoriese funksie van verwysings na engele in Galasirs 1, 2 Korintirs en Romeine. Die bydrae van Pieter de Villiers (Bloemfontein, Suid-Afrika) gaan oor eskatologie en glorie in 2 Tessalonisense.

Verdere artikels oor 'n wye verskeidenheid onderwerpe, is die volgende: Kobus van Rooyen (emeritus-professor in Strafreg in die Fakulteit Regte en lank waarnemende regter) bespreek die leemtes in die Suid-Afrikaanse konstitusionele wetgewing oor vryheid van spraak; Hennie Stander (adjunk-dekaan van die Fakulteit Geesteswetenskappe aan die Universiteit van Pretoria wat baie nou by Andries se PhD en D Litt-studies betrokke was) lewer 'n bydrae oor Chrysostomos se siening van honger en hongersnood; Piet Boshoff (AIM, Suid-Afrika) skryf oor Walther Schmithals se bydrae tot die teologiese en historiese interpretasie van die Nuwe Testament; Patrick Chatelion Counet (Amsterdam, Nederland) bied 'n dekonstruksie van Judas se verraad in Johannes; Harold Ellens (Universiteit van Michigan) bespreek God se 'geestesgesondheid'; Wim Dreyer (Pretoria, Suid-Afrika) se artikel oor 'n 'reis vanuit isolasie' ondersoek die verhouding tussen die Nederduitsch Hervormde Kerk en die World Communion of Reformed Churches (WCRC); Graham Duncan (kerkhistoriskus van Pretoria, Suid-Afrika) besin oor die vraag watter 21ste eeuse notae ecclesiae noodsaaklik is vir kerke in Suid-Afrika; Hans van Oort (Nijmegen, Nederland en buitengewone professor in Kerkgeskiedenis by die Universiteit van Pretoria) gaan in op sleutelbegrippe in Augustinus se De civitate Dei; Gert Malan (Mosselbaai, Suid-Afrika) interpreteer Johannes 17:11b, 21–23 teen die agtergrond van die eis van kerkeenheid; Dirk Human (Pretoria, Suid-Afrika) analiseer Psalm 150 as die grand finale van die crescendo in die Psalter; James-Alfred Loader (Wenen, Oostenryk en Professor Extraordinarius by sowel die Universiteit van Suid-Afrika as die Universiteit van Pretoria) fokus op die 'beeldskone kind' Moses en die redding van Israel; Alphonso Groenewald (Pretoria, Suid-Afrika) beklemtoon die rykdom van etiese uitsprake in die Ou Testament. Hy illustreer sy standpunt uit Jesaja 1:2–3. Maake Masango (Pretoria, Suid-Afrika) handel oor mentorskap as 'n proses waarin die 'Ander' opgebou kan word; Sergio Rosell (Madrid, Spanje) ondersoek die funksie van simbole en beelde in Openbaring; Gert Steyn (Pretoria, Suid-Afrika) reflekteer oor die aanhaling uit Eksodus 25:40 in Hebrers 8:5; Jan van der Watt (Nijmegen, Nederland) bied 'n oorsig van die huidige stand van navorsing oor die inleidingsvrae ten opsigte van 1, 2 en 3 Johannes; Glenna Jackson (Otterbein, Ohio) besin die geweld van armoede. Glenna Jackson en Andries van Aarde is albei lede van die Westar-instituut wat in 2010 die 25ste bestaansjaar van die Jesus Seminar gevier het.

Met hierdie Festschrift ter viering van Andries van Aarde se sestigste verjaardag, word erkenning gegee aan sy reusebydrae tot die Nuwe-Testamentiese wetenskap en verwante dissiplines. Die redaksie wens hom alles van die beste toe en veral goeie gesondheid in die toekoms. 'n Besondere woord van dank vir sy uitnemende werk as redakteur van die HTS Theologiese Studies die afgelope 25 jaar. Onder sy leiding het die tydskrif groot hoogtes bereik en 'n beduidende bydrae gelewer tot die teologie op nasionale en internasionale terrein.

Prof. Dr Ernest van Eck
Voorsitter: Redaksie

Prof. Dr Yolanda Dreyer
Mede-redakteur

 

 

Correspondence to:
Ernest van Eck
Faculty of Theology, University of Pretoria
Lynwood Road , Hatfield 0083, South Africa
Email: ernest.vaneck@up.ac.za