SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.67 número1The target group of the Ultimate Commission (Matthew 28:19) índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


HTS Theological Studies

versión On-line ISSN 2072-8050
versión impresa ISSN 0259-9422

Herv. teol. stud. vol.67 no.1 Pretoria ene. 2011

 

FOREWORD

 

Foreword to the Van Aarde Festschrift

 

 

Johan BuitendagI,II

IDean of the Faculty of Theology, University of Pretoria, South Africa
IIDepartment of Dogmatics and Christian Ethics, University of Pretoria, South Africa

Postal address

 

 

Voorwoord ter erkenning van Andries van Aarde

Gesien vanuit die perspektief van die Universiteit van Pretoria in die algemeen en van die Fakulteit Teologie in die besonder, is dit verblydend dat erkenning op hierdie manier aan 'n begaafde teoloog en eksegeet gegee word. Ek ag dit 'n eer en voorreg om die voorwoord tot hierdie Festschrift te mag skryf.

Vir byna die volle duur van professor Andries Gideon van Aarde se professionele loopbaan was hy in diens van die Universiteit van Pretoria, aanvanklik as lektor en later as departementshoof. Al sy naskoolse kwalifikasies (onder andere drie doktorsgrade) het hy van hierdie inrigting ontvang. Na sy vervoegde emeritaat is hy by die Universiteit van Pretoria as honorre professor in die Departement Nuwe-Testamentiese Wetenskap en as senior navorsingsgenoot in die Eenheid vir Gevorderde Studies aangestel. Selfs 'n vlugtige blik op sy navorsingsportefeulje toon watter prolifieke skrywer hy deur die jare was. Hiervoor het hy wreldwyd ho erkenning ontvang. Hy het 'n groot aantal doktorale studente gedurende sy loopbaan begelei.

Andries word in die besonder geer vir sy bydrae tot die uitbouing van die HTS Teologiese Studies. As redakteur sedert 1985 het hy HTS ontwikkel tot die mees toonaangewende vakwetenskaplike joernaal in die teologie in Suid-Afrika vandag. Hy het die leiding geneem om die tydskrif aanlyn te laat publiseer en het daarmee waarskynlik die lesertal en effek van die HTS verhonderdvoudig. Die HTS het tans ongeveer 'n halfmiljoen besoekers per jaar van regoor die wreld, veral vanuit lande soos die VSA, Duitsland en Nederland.

Kollegas het besondere waardering vir Andries se intra- en selfs interdissiplinre aanslag in sy teologie. Hy slaag daarin om sy komprehensiewe greep op 'n komplekse wreld te konseptualiseer en kommunikeer. Daarom is sy teologie en eksegese van antieke tekste dinamies en kragtig. Hy is oortuig dat navorsing gedesimineer behoort te word. Hoewel hy self 'n professionele teoloog is, het hy waardering vir publieke teologie. Met hierdie begrip bedoel hy dat God ook deur digters, kunstenaars, filmmakers en ander op die markplein praat. Hy voer graag dialoog met ander wetenskaplikes, dikwels buite die teologie om, maar sonder om te streef na sintese of te berus by antitese. Hy gee voorkeur aan dialektiese diskoers.

Andries erken die voorlopigheid van alle kennis en daarmee saam die mens se onvermo om ewige waarhede te identifiseer en as proposisies voor te hou. Hy beskou hom eerder as 'n oop-dialektiese teoloog in die Kantiaanse sin van die woord. In Schleiermacheriaanse sin word partikulariteit by hom 'n kenteoretiese voorwaarde, maar nooit so dat hy daarmee volstaan nie. 'Versoenende verskeidenheid', wat hom 'die ander wang laat draai', is die begrip waarmee hy self sy epistemologiese posisie beskryf en hom laat uitreik na gemarginaliseerdes in die samelewing.

Die Redaksie van die HTS Teologiese Studies vind 'n waardige laureatus in Andries en soos wat hierdie feesbundel hom tot eer strek, gebeur ook die omgekeerde: h gee eer aan die HTS Teologiese Studies.

Prof. Dr Johan Buitendag
Dekaan van die Fakulteit Teologie, Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika

 

 

Postal address:
Faculty of Theology, University of Pretoria
Private Bag X20, Hatfield 0028, South Africa
Email: johan.buitendag@up.ac.za

Note: This foreword was republished on 14 June 2011.

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons