SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.66 issue3Deur die voorsitter van die Hervormde DosentevergaderingHoofstuk 2: Die Klein Begin 1916-1933 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Bookmark

    HTS Theological Studies

    Print version ISSN 0259-9422

    Herv. teol. stud. vol.66 no.3 Pretoria  2010

    http://dx.doi.org/10.4102/hts.v66i3.916 

    HOOFSTUK

     

    Hoofstuk 1: Die aanloop 1909–1916

     

     


    Na sporadiese bespreking en gedagtevorming oor die jare 1884–1908, begin die moontlikheid van 'n eie opleiding van predikante vir die Nederduitsch Hervormde Kerk vorm kry. Gebrekkige onderwysfasiliteite in die Zuid-Afrikaansche Republiek, die Engelse Oorlog en die armoede van lidmate van die Kerk ná die oorlog strem die proses. Danksy veral die figure A.D.W. Wolmarans, Jac van Belkun en H.C.M. Fourie kom daar uiteindelik koers.


     

     

     

    1909

    19 Maart 1909

    Die 34ste Algemene Kerkvergadering van die Nederduitsch Hervormde Kerk benoem 'n Kuratorium vir Teologiese Opleiding. In die vergadering in sitting te Pretoria het die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering die name van professor P.J. Muller, dominees Jac van Belkum, C.W. du Toit, A. Murray en P.W. Ennis en ouderlinge J.A. Malherbe van Potchefstroom, A.D.W. Wolmarans van Pretoria, J.H.N. Visagie van Middelburg, A. van den Broek van Johannesburg, en D.J. Bodenstein van Ventersdorp voorgelê, en die vergadering het dit so aanvaar. Daar moes net nege lede gewees het volgens die reglement wat voorgelê is, maar die Kommissie het tien name voorgedra, en dit is so aanvaar, per abuis of om 'n rede – ons weet nie. Na die vertrek van professor Muller later dieselfde jaar was die getal herstel en was dit nie nodig om 'n benoeming in sy plek te maak nie.

    Teen 1909 was daar nog net enkele Voortrekkers aan die lewe. Talle van die laaste oorlewendes van die Groot Trek is oorlede in konsentrasiekampe. Die kortstondige bestaan en groei en bloei van die twee Boererepublieke was nou deel van die verlede. Sewe jaar van koloniale regering het groot verandering gebring, veral op onderwysgebied. Die twee kolonies in die noorde het in 1907 selfregering gekry, en ouderling A.D.W. Wolmarans was lid van die Wetgewende Raad van Transvaal. In 1908 het die Nasionale Konvensie plaasgevind. Kerklik het die toneel ná die oorlog ook anders gelyk as voor die oorlog. Die eerste jare was jare van rekonstruksie. Verwoeste kerkgeboue is herstel, plaashuise weer opgebou en landerye weer bewerk. Gemeentes is gereorganiseer. Die paar predikante wat daar was, het hulle beste gelewer, maar in die eerste jare was dit net C.W. du Toit, A. Murray en Jac van Belkum.

    Die Kerk het in 1909 volgens die opgawes net minder as 12 000 belydende lede gehad wat bedien is deur 11 predikante. Die predikante was.

    C.W. du Toit wat in 1883 uit die Nederduits Gereformeerde gemeente Kruisvallei beroep is na Potchefstroom, aanvanklik met die kerkvereniging saamgegaan het en saam met die prokurasiekommissie teruggekeer het na die Nederduitsch Hervormde Kerk, M.J. Goddefroy wat in 1887 uit Holland 'n beroep aanvaar het na die gemeente Pretoria en vir etlike jare as enigste predikant die heropbou van die kerk ná die kerkvereniging volvoer het, en ná verblyf in 'n krysgevangenekamp in Indië teruggekeer het na Holland en eers in 1905 weer terug was in Suid-Afrika.

    Jac van Belkum wat in 1891 uit Holland 'n beroep aanvaar het na Rustenburg. A. Murray wat in 1899 uit die Nederduits Gereformeerde gemeente Jacobsdal na Ventersdorp gekom het.

    L.E. Brandt wat in 1904 uit Holland gekom het na Zoutpansberg. P.J. Muller wat in 1904 uit Holland na Pretoria gekom het.

    F.S. du Toit wat in 1905 uit die Hugenote Gedenkskool na Ventersdorp gekom het, P.W. Ennis wat in 1905 uit die verenigde kerk in Ermelo na Klerksdorp gekom het en wat deur dominee J.G.M. Dreyer beskryf is as die grootste metodis in die Nederduitsch Hervormde Kerk, P. van Drimmelen wat die eerste lidmaat van die kerk was om in Holland opgelei te word.

    C.J.L. Ruysch van Dugteren wat in 1908 uit Holland na Pretoria gekom het as hulp vir doktor P.J. Muller, en K.T. van den Heever wat in 1908 uit die verenigde gemeente Christiana 'n beroep aanvaar het na Makwassie. Dit was dus 'n eiesoorige konglomerasie. In Wes-Transvaal was die oud-NG predikante, en saam met hulle die Metodisme, oorheersend in die gemeentes Potchefstroom, Ventersdorp, Klerksdorp en Makwassie. In Oos-Transvaal, Zoutpansberg, Waterberg en Zeerust was die Hollandse invloed die sterkste. Jare later sou daar steeds 'n verskil in geestesklimaat waargeneem kon word.

    Die besluit oor 'n kweekskool het 'n voorgeskiedenis van 'n hele aantal jare gehad. Die Kommissie het die vorige dag, 18 Maart 1909, in sy rapport, uitgebring in opdrag van die vorige Algemene Kerkvergadering, hierdie voorgeskiedenis kortliks aangestip. Daarvolgens is die opleiding van eie predikante die eerste keer voor die vergadering gebring deur 'n beskrywingspunt van die gemeente Mapogsgronde (Roossenekal) op 15 Januarie 1888: 'De vergadering acht het wenschelijk om enige van onze landszonen zoo spoedig mogelijk te doen opleiden tot predikanten der Ned Herv Kerk in de ZAR.'

    Dominee C.W. du Toit het op die vergadering van 1909 egter aangedui dat hy die saak reeds in 1884 op die vergadering te Heidelberg aangeroer het. Dat die Kommissie dit verbygekyk het in sy oorsig, is miskien daaraan te wyte dat dominee Du Toit meer in die algemeen verwys het na die behoefte aan predikante. Sy mosie destyds het gelui: 'De vergadering neme in oorweging wat er kan gedaan worden in de groote behoefte aan leraars in onze kerk'. Die vergadering het in 1884 dan ook niks meer gedoen nie as om dominee Du Toit te bedank vir sy inset.

    Die Kuratorium is in 1909 in die lewe geroep met die oog op die oprigting van 'n kweekskool, 'n gedagte wat in 1899 reeds beslag gekry het na 'n beskrywingspunt van Pretoria met die bewoording: 'De Kerkeraad verzoekt de Algemene Kerkvergadering om stappen te nemen, tot het oprichten van eene kweekschool tot opleiding van predikanten voor de Nederduitsch Hervormde Kerk in de Zuid-Afrikaansche Republiek.' Die resultaat was dat die vergadering die oprigting van 'n kweekskool as die lewenskwessie van die kerk beskou het en maatreëls getref het om fondse en 'n geskikte perseel te bekom. Die Engelse Oorlog het verhinder dat hierdie maatreëls werklikheid kon word. Daar moes dus ná die oorlog nuut begin word.

    Die beskrywingspunt van Mapogsgronde in 1888 het minstens daartoe gelei dat die gedagte van die opleiding van toekomstige predikante gevestig is. Die bekrywingspunt is gevolg deur 'n skrywe van M.J. Willemse van Mapogsgronde in De Volkstem van 25 April 1890, waarin hy die oprigting van ' 'n skool vir teologie' bepleit het. Aanvanklik kon die kerk egter net dink aan opleiding in Nederland. Dominee M.J. Goddefroy, die geestelike leier en krag van die kerk vanaf sy koms na Suid-Afrika in 1887, het trouens telkens beklemtoon dat opleiding van predikante net aan 'n universiteit behoort te geskied. Sy woorde in 1888 was:

    Wij moeten een Hoogeschool hebben - geen Kweekschool ... een kweekschool is tegen ons Ned Herv beginsel. In onze kerk word nooit leeraars toegelaten of zij moesten hunne opleiding aan een werklijke universiteit gehad hebben.

    Die eerste resultaat van hierdie denke was die teologiese studie van die jong onderwyser P. van Drimmelen in Utrecht vanaf 1902 met geldelike steun van die kerk. Van Drimmelen het in 1895 saam met sy ouers uit Nederland na Transvaal gekom en was aanvanklik onderwyser aan 'n plaasskool in die distrik Pretoria. Na verdere opleiding aan die Gimnasium in Pretoria, verwerf hy 'n onderwys-sertifikaat en word onderwyser op Gemsbokfontein in dieselfde distrik. Hy neem deel aan die Engelse Oorlog en vertrek in 1902 na Nederland vir teologiese studie in Utrecht. Hy is op 07 Maart 1907 georden in die gemeente Zeerust en kon dus as die eerste 'seun van die land' wat in die Nederduitsch Hervormde Kerk predikant geword het, deelneem aan die besprekings op die Algemene Kerkvergadering van 1909.

    Ná 1888 het die opleiding van predikante ook nog aandag geniet op die Algemene Kerkvergadering van 1893 na aanleiding van 'n beskrywingspunt van ouderling C.J. Joubert: 'Door onze kerk worden zoodanige maatregelen genomen om onze landszonen op te leiden tot leeraaren voor de Ned Herv Kerk.' So 'n opdrag is aan die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering gegee, maar in die moeilike kerklike omstandighede van destyds was dit nie moontlik nie.

    Die onderwysposisie in die Zuid-Afrikaanse Republiek was so dat daar vereers geen ander keuse was as opleiding elders nie. Dit was óf die kweekskool van die Nerderduits Gereformeerde Kerk in Stellenbosch óf die kweekskool van die Gereformeerde Kerke in Potchefstroom óf 'n universiteit in Nederland. In die Zuid-Afrikaanse Republiek het die Staatsmodelschool waar ook onderwysers opgelei kon word, eers in 1893 tot stand gekom, en die Staatsgimnasium, wat kandidate voorberei het vir tersiêre studie, in 1894. Die Volksraad het in 1899 besluit op die oprigting van 'n universiteit, maar die oorlog het die uitvoering van die besluit verhinder.

    Opleiding in Stellenbosch is soms genoem maar dit het nie in die kerk ernstige oorweging geniet nie. Die algemene gevoel in die kerk in die negentigerjare was dat dit juis die predikante was wat uit die Nerderduits Gereformeerde Kerk oorgekom het wat die kerk uitgelewer het met die kerkvereniging (H.S. Bosman, L.G.F. Biccard, D.P. Ackerman). Opleiding in Potchefstroom was wel 'n moontlikheid wat telkens aan die orde gekom het. Die belangrike vir die kerk was egter 'n eie opleiding, soos dit telkens in die debatte in die Algemene Kerkvergadering na vore gekom het. A.D.W. Womarans het dit in die vergadering van 1909 so bewoord:

    Ons is afhanklik van ander kerkgenootskappe, dit kan nie. Ons moet onafhanklik wees ... Eie opleiding is nodig om op die steun van ons predikante te kan reken ... Is dit nie tyd vir ons om voor te berei vir die stryd wat kom nie? Moet ons vir die stryd geen manne hê wat in ons eie kerk deur ons self opgelei is nie? ... Ons sal moet stry en daarvoor het ons ons eie manne nodig; as ons stry, moet ons manne hê op wie ons kan reken.

    Die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering het op 18 November 1908 'n kommissie benoem wat gemeentes moes aanmoedig om fondse in te samel vir die stigting en instandhouding van 'n Teologiese Skool. Die lede van die kommissie was dominees P.W. Ennis, F.S. du Toit, L.E. Brandt, C.J.L. Ruysch van Dugteren en Jac van Belkum.

    Daar was weinig verskil oor die beginsel van eie opleiding, die groot struikelblok was fondse. Die armoede van die meeste lidmate van die kerk ná die oorlog was 'n harde werklikheid. Verskillende broeders het in die Algemene Kerkvergadering van 1909 beswaar geopper 'om die gemeente,' onder andere ouderlinge J.J. Swart van Venterskroon, J.A. du Toit en W.B.J. Badenhorst van Makwassie, W. Breet van Rustenburg, G.J.Z. Helberg van Zoutpansberg, diaken F. Geyser van Waterberg. Ander het gestel dat gemeentes eers geraadpleeg moet word, onder andere diaken S.W.J. Meyer van Ermelo en ouderling I.B. Bierman van Heidelberg. Saam met A.D.W. Wolmarans het onder andere ouderlinge G.J. Engelbrecht en B.J. Steyn van Standerton (Trichardtsfontein), F. Boshoff en H.J. Geyser van Waterberg, J.J. Prinsloo en N.M. Prinsloo van Pretoria, H.C. van der Merwe en S.J. Prinsloo van Krugersdorp en A. van den Broek van Johannesburg hulle positief uitgespreek oor die voorstelle. Wat die predikante betref, was daar skerp verskille oor 'n eie opleiding. Dominees P.W. Ennis en K.T. van den Heever was ten gunste van die voorstelle en het gepleit om eensgesindheid. Dominee F.S. du Toit het gemeen dat die kerk eers gebruik moes maak van die Gereformeerde Kweekskool in Potchefstroom totdat die kerk finansieel sterker is. Dominees Van Belkum, Ruysch van Dugteren, Brandt en Van Drimmelen was entoesiasties oor die vooruitsig op 'n eie kweekskool. Dominee Murray het nie aan die bespreking deelgeneem nie. Dit sou later blyk dat hy sterk voorbehoude gehad het.

    Die sterkste teenstand het gekom van die twee oudste predikante van die kerk, C.W. du Toit en M.J. Goddefroy. Du Toit, wat al sedert 1883 predikant van Potchefstroom was, aanvanklik met die vereniging saamgegaan het, maar saam met die Prokurasiekommissie (soos A.D.W. Wolmarans en ander) teruggekeer het na die kerk, was van oortuiging dat die finansies van die kerk te sleg was, en het gemeen dat die kerk sy jongmanne tien keer goedkoper na Holland kon stuur as om hulle hier op te lei.

    Die betoog van dominee Goddefroy was van ander aard. Toe hy opstaan om te praat, was die gevoel reeds gelaai teen hom, want kort tevore, op 19 Februarie 1909, het in De Volkstem 'n stuk verskyn onder die handtekening van dominee Goddefroy en M.J. Geyser wat die gemoedere van ampsdraers en lede van die kerk gaande gemaak het. Dit was 'n rondskrywe bedoel vir voorligting van die lidmate van die kombinasie Zoutpansberg - Louis Trichardt - Potgietersrus. Dit is deur Goddefroy, konsulent van die kombinasie, opgestel nadat die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering reeds vóór die Algemene Kerkvergadering die gevoelens van gemeentes probeer toets het oor die saak. Die stuk het soos volg gelui:

    Waarde Broeders en Zusters, Leden van de NH Kerk!
    Een voorstel is ingekomen vanweë de Alg Kommisie der NH Kerk om over te gaan tot oprichting van 'n eigen kweekschool tot opleiding van Leeraars voor de Ned Herv Kerk in Zuid-Afrika.
    De Kerkeraad uwer gemeente heeft in deze gewichtige aangelegenheid het volgende uitgesproken:

    I. Dat hij in beginsel zich er voor verklaart dat wij 'n eigen opleiding bekomen van Leeraars voor onze Kerk – wat betref de teologiese studies.
    II. Dat hij ook meent dat eer tot zoodanige stap worde overgegaan, moet worden afgewacht de oprichting van de reeds toegezegde Universiteit voor Zuid-Afrika, die na Unifikasie van de verschillende staten van ZA onmiddellik door de Goevernement word opgericht, en waar al de toekomstige studenten, als zonen van èènzelfde Afrikaanse nasie, de beste gelegenheid zullen hebben tot wetenschappelike opleiding in de verschillende fakulteiten.
    III. Dat, in elk geval, eerst daarna kan worde beslist wat nog nodig mogt zijn voor de voleinding van de studie in de teologie van de verschillende kerken in Z Afrika; en tevens in hoeverre de kerken daaraan gesamelik of afsonderlik behoren tegemoet te komen.
    IV. Dat vóór de oorlog slechts vijf diensdoende Leeraars werkzaam waren in de Ned Herv Kerk; en dit getal nu reeds tot elf is aangegroeid; terwyl verwacht wordt dat twee kandidaten zich weldra beskikbaar zullen stellen.
    V. Dat de eis van Universitair Onderwijs steeds hoog gehouden door de Ned Herv Kerk in Z Afrika onverkort behoort gehandhaaf te worden.

    Naar aanleiding en met 't oog op deze oorwegingen worden al de Gemeenteleden verzocht schriftelik te antwoorden, door hun respektieve kerkeraden, op de volgende vragen:
    Acht gij nu de tijd gekomen dat de Ned Herv Kerk overga tot oprichting van 'n eie kweekschool?
    Zo ja; tot welk bedrag in eens zijt gij bereid voor de oprichting en tot welk bedrag zijt gij bereid voor de onderhouding van de school bij te dragen?
    Zoo neen: welke zijn uw beswaren?

    Soos dit daar staan, lyk hierdie rondskrywe na baie verstandige advies en laat dit duidelik blyk wat Goddefroy se standpunt was: 'Met die beginsel van eie opleiding geen probleem, maar nie so haastig nie. Daar kom 'n universiteit, en die kerk se voorkeur was nog altyd opleiding aan 'n universiteit eerder as in 'n kweekskool, en buitendien is die predikantenood nie so hoog nie.' Presies wat bedoel is met punt (3), is egter nie meteens duidelik nie, soos S.J. Botha tereg uitgewys het in sy proefskrif Ds Mariè Joseph Goddefroy 1848–1920, sy lewe en betekenis. Miskien het Goddefroy die Nederlandse model in gedagte gehad waar aan die ryksuniversiteite kerklike hoogleraars verbonde was per ooreenkoms tussen staat en kerk, en het hy gemeen dat die Afrikaanse Kerke saam betrokke behoort te wees by 'n te stigte Fakulteit Teologie. In die lig van sy uitsprake in die Algemene Kerkvergadering lyk dit inderdaad so.

    Die publikasie van die rondskrywe in De Volkstem het egter groot ongenoeë veroorsaak omdat die redakteur van die blad dit goedgedink het om 'n 'rider' by te voeg. Die stuk het dus verskyn met die volgende inleiding:

    Onzes insiens is de zaak van het hoogste belang. De vraag is: Zal de Ned Herv Kerk in Z Afrika zich aanpassen aan de nieuwe Z Afrikaanse toestanden, of zal zij als 'n geïsoleerde Hollandse Kerk, en daarbij nog als 'n huis tegen zichzelf verdeeld, op de lange duur in haar isolement te gronde gaan? Door nu door te zetten wat sommigen op het oog hebben, wordt de klove altijd groter en dieper – en in plaats van kerklike konfederasie en kongregasie word het ten laatste konspirasie en kontranitansie – tot schade van het Afrikaans-Hollands element.
    De zaken staan nu op'n punt. Het is hoog tijd om alle partikularisme – op elk gebied, ten onder te houden – zullen we ooit de vrucht genieten die ons in de schoot valt.

    Met Goddefroy en Geyser se handtekeninge onderaan het dit gelyk of hierdie voorskrif maar deel was van die stuk, en was die ontevredenheid van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering daarmee goed begrypbaar. Die Komissie het in sy verslag aan die vergadering, wat aan die orde gekom het ná die behandeling van die voorstelle oor die kweekskool, sy ontevredenheid soos volg uitgespreek:

    Ten slotte wenscht uwe Commissie nog onder uwe aandag te brengen het hier nevensgaande uittreksel uit de Courant, (Volkstem 19 Februarie 1909) een stuk bevattende, onderteekend door Ds MJ Goddefroy en MJ Geyser waarin zekere beweringen voorkomen die van alle grond ontbloot zijn en welk uwe Commissie ten zeerste betreurt, als gedaan wordende met het doel den opbou der kerk te benadelen, waar het noodsakelik is dat èn predikanten ên kerkeraden en gemeenten hartelijk behooren samen te werken tot den bloei de Kerk.

    Toe Goddefroy dus die woord neem in die debat oor die voorgestelde kweekskool, was daar minstens by sommige in die vergadering klaar bevooroordeeldheid teen wat hy ook al sou sê. En wat hy gesê het, het dan ook nie byval gevind nie. Teen die agtergrond van die voorgeskiedenis soos hierbo beskryf, sowel as die gespanne verhoudinge tussen hom en verskillende persone in die vergadering, is dit ook miskien te verstane dat hy onsamehangend gepraat het en hom nie altyd duidelik uitgedruk het nie. Dit is nodig dat sy woorde soos dit genotuleer is, volledig aangehaal word:

    Ds Goddefroy is tegen dit voorstel [van dominee Brand dat die rapport ontvang en puntsgewys behandel word] omdat hij het beginsel wil bespreken. Over de wenschelijkheid zal er wel geen verschil zijn. Ik heb het uitgesproken vroeger en later, dat de eigen zonen des land zullen worden opgeleid. Ik heb getoond, dat te meenen. Ik wil laten gevoelen, dat men over eene zaak in beginsel kan overeenstemmen, doch in de uitvoering verschillen. Men versta mij wel als ik spreek over de Ned Herv Kerk van Zuid-Afrika, dan spreek ik niet van de Hollandsche Kerk van Zuid-Afrika. Toen ik kwam moet ik hooren er zijn in die kerk modernen, en daaronder hebben wij veel geleden.
    De Ned Herv Kerk van Zuid-Afrika, heeft nooit hare kracht gezocht in hare isolement, maar in haar Christelijk nationaal beginsel. De Kerk heeft zich zoeken uit te breiden en te handhaven naar alle zijden van Zuid-Afrika.
    Niet van eene Kerk kan men zegge: in onze isolement is onze kracht, in Christus is onze kracht.
    Wat helpt het te zeggen: des Heeren Tempel is hier. Wij zijn nu een volk in Zuid-Afrika op politiek en kerkelijk terrein. Waar breng dat toe. Toen ik beroepe werd had de Kerk eene geschiedenis die ik moest voortzetten. Toen de questie van opleiding kwam hebben wij het beginsel van opleiding van eigen zonen op te leiden aangenomen, alleen niet gezegd waar ze op te leiden. Wij waren niet bang voor de moederkerk in Holland.
    Maar er zijn nu ander verhoudingen tusschen ons Afrikaners. Met onze Kerkprincipen in de Transvaal handhaafden wij onze taal.
    Wij zjn nu Engelsche onderdanen en moeten nog onze taal handhaven. Wij moesten handhaven geen gelijkstelling. Geen zendeling ook leeraar voor de blanken. Moet er zending komen, dan twee huishoudingen. Dat beginsel moet gehandhaafd worden. Wij mogen elkaar niet opdringen, niet willen een maken, wat God niet een gemaakt heeft.
    Wij moeten trachten toenadering te krijgen met de andere kerken, want er bestaat scheuring meer dan noodig is. Dus er is voor mij vandag een andere weg aangewesen. Toen ik na mijn geleerd. Ja antwoordde hij, maar het zal ophouden. Toen vatte hij mij bij de hand en wij maakten een heilig verbond en ik beloofde op mijn woord van trouw, niet te zullen tegenwerken. Wij zijn èèn in Zuid-Afrika zeide Neethling toen. Ik geef mijn eere woord zeide ik om alles te doen wat mogelik is om elke klove te dempen.
    Het beginsel der Hervorming is: Christen is mijn naam, Hervormd mjn lichaam. Daarom mag niemand mij verdenken. Luther zeide: Ik kniel neder aan deze zijde van de voetbank, die van Rome aan de anderen, maar toch beide op de zelfde voetbank.
    Er is gezegt deze questie moet er nu door of ze raakt van de baan. Zoo staat het niet. Ik ga uit van het beginsel, wij hebben de macht nu niet om het door te zetten. De Kerkeraad kan ook niet staan voor wat de Gemeente verplicht is te betalen.

    Dit val op dat dominee Goddefroy dusver nie eintlik aangesluit het by wat hy in die gepubliseerde rondskrywe gestel het nie, geen verwysing na die te stigte universiteit en die historiese voorkeur vir universitêre opleiding nie, ook nie na die predikantetal nie.

    Wat hy wel gedoen het, was om die sluier oor punt (3) van die omskrywe effens te lig. Daar moes toenadering tussen die kerke kom, in watter opsig en hoe het hy nie uitgespel nie, maar sy verwysing na die heilige verbond met die moderator van die Kaapse Kerk wys dat die saak hom erns was. Die reaksie van ander lede van die vergadering toon dat hulle hom so verstaan het dat hy kerkvereniging wil bepleit. Dominee Van Belkum het die vraag pertinent gestel: 'Moet ons van u verstaan dat ons moet verenig?' Goddefroy se antwoord was:

    Ik heb met de Kerkeraad der Gereformeerde Kerk ook zulk een gesprek gehad. Met alle twee die Kerken heb ik gesproken: het beginsel is wij moeten tot elkaar komen op elk punt.

    Die reaksie op sy uitsprake was skerp. Ouderling J.J. Prinsloo van Pretoria het dit kort en saaklik gestel: 'Ons het genoeg gehad van stories, ek stel voor om die voorstel van dominee Brand tot stemming te bring.' Ouderling W.J. Basson van Heidelberg, N.M. Prinsloo van Pretoria en A. van den Broek van Johannesburg het hulle teleurstelling uitgespreek met die standpunt van die oudste predikant van die kerk.

    Toe dominee Brand se voorstel om die rapport onder behandeling te neem uiteindelik tot stemming gebring is, is dit aanvaar met 27 teenstemme. Die rapport is puntsgewys gestel en tot stemming gebring:

    I. Dat er worde daargesteld een Theologische kweekschool, waar jonge mannen kunnen worden opgeleid tot herder en leeraar voor de Nederduitsch Hervormde Kerk in Zuid-Afrika. [Aanvaar op voorstel van ouderling B.J. Steyn, sekondant A.D.W. Wolmarans, met sewe teenstemme.]
    II. Dat het worde voorgesteld dat elke kerkeraad jaarlijks voor dat doel storte 2/6 (twee shillings en zes dubbeltjes) voor elk lidmaat.

    [Die voorstel van A.D.W. Wolmarans, sekondant B.J. Steyn, dat die vergadering hom verenig met die prinsipe en die in werking stel daarvan uitstel tot 01 Julie 1909, en aan kerkrade opdra om hierdie saak in die gemeentes self te reël vir die uitvoering van hierdie bepaling, om dan teen 20 Julie 'n sitting van die Algemene Kerkvergadering byeen te roep, word aanvaar met 26 teenstemme. Twaalf lede het hulle teenstemme laat aanteken, naamlik W.B.J. Badenhorst, J.H. Viljoen en J.A. du Toit van Makwassie, N.J. Campher van Klerksdorp, dominee F.S. du Toit, dominee C.W. du Toit, R.A. Breytenbach van Ventersdorp, L.M. Stoop van Ermelo, G.J.Z. Helberg, J.J. Mynhardt, H.L. Botha en D.F. Jacobs van Zoutpansberg.[Die waarde van 2/6 in 1909 kan afgelei word van die intekenprys op De Hervormer, wat in 1909 7/6 was.]

    III. Dat elke kerkeraad bij de Bank zal openen een rekening waarop te beginnen met 1 Julie 1909 gestort worde een bedrag geheel of gedeeltelijk gerekend tegen 2/6 voor elk lidmaat per jaar, op welk bedrag door het Curatorium kan worden getrokken. De Kerkeraad regele het zoo met de Bank, dat hij, wanneer niet het geheel bedrag per kwartaal is gestort, eene overtrekking kan krijgen, tot het bedrag, hetwelk hij per jaar moet betalen. [Staan oor tot die buitengewone sitting in Julie.]
    IV. Dat een Curatorium worde benoemd door Uwe vergadering op voordracht der Algemeene Commissie. Mocht Uwe vergadering zich daarmede verenigen, dan is de Commissie bereid eene voordracht te doen. [Aanvaar]
    V. Dat de opleiding zal geschieden in termen van het Reglement en het programma hieraan gehecht. [Besluit dat dit tesame met die reglemente vir die eksamen van kandidate en godsdiensonderwysers voor 31 Maart aan kerkrade ter oorweging gestuur word].
    VI. Goedgekeur [maar in die voorgelegde verslag kom nie 'n punt VI voor nie.]

    Daarmee was die saak van 'n eie opleiding dan op sy wankelende bene. 'n Kweekskool sou opgerig word en 'n kuratorium benoem word, maar fondsvoorsiening was nog nie vas gereël nie.

    15 Mei 1909

    Dominee C.J.L. Ruysch van Dugteren skryf in die eerste uitgawe van De Hervormer oor 'Onze Theologische Kweekskool'. Hy skryf onder andere:

    Gij klaagt over armoede, over geldschaarste, over schuld in eigen gemeente. Ik zou willen vragen, moet alles, wat we voor die Koninkrijk Gods doen, uit een volle beurs geschieden? Hebben wij niet een beetje meer van de moed van die arme weduwe nodig, die haar laatste geldstukken wierp in de schatkist van den tempel? ...De dag kome dat wij hebben tal van jonge mannen, voortgekomen uit ons midden, kennend ons volksleven, onze gewoonten als leraars van onze Ned. Herv. Kerk. ... Ziet dan niet achterom terwijl gij de hand aan de ploeg slaat. Trekt recht de voren. De Vader, die de landman is zal ons zegenen.

    Onder die hoof 'Kerkelijk Nieuws' word uit die Kerkblad van die Gereformeerde Kerke aangehaal dat die fonds vir hulle kweekskool op 01 Januarie 'n gunstige balans gehad het, en word daaraan toegevoeg:

    Waarom is op de laatste Al;gemeene Vergadering de bijdragen van 2s. 6d. per lidmaat per jaar juist het brandpunt van de Opleidingsfondsbestrijding geweest? Omdat wij armer zijn dan onze Gereformeerde broeders? Of omdat wij niet willen?

    15 Julie 1909

    In die tweede uitgawe van De Hervormer skryf dominee Jac van Belkum in sy 'Brieven van Oom Sarel' oor die komende sitting van die Algemene Kerkvergadering en oor die teenstand teen die oprigting van die kweekskool en sê onder andere: 'Wanneer de Algemene Vergadering mocht besluiten, de kweekschool niet op te richten, maar deze adviesen te volgen, dan richt zij een schandpaal op voor de kerk.'

    19 Julie 1909

    Die eerste vergadering van die Curatorium voor de kweekschool der Nederduitsch Hervormde kerk van Zuid-Afrika het plaasgevind op die dag voor die voortgesette sitting van die Algemene Kerkvergadering. Die vergadering is gehou in de konsistorie van die kerkgebou van Pretoria en is gekonstitueer met dominee C.W. du Toit as voorsitter, dominee Jac van Belkum as skriba, en broeder J.A. Malherbe as tesourier. Dominees A. Murray en P.W. Ennis was afwesig. Daar is kennis geneem dat die opleidingsfonds op £342.00 staan. Dominee Van Belkum en ouderling A. van den Broek is versoek om 'n begroting en 'n huishoudelike reglement op te stel. Die vergadering het die skriba opgedra om die benoeming tot eerste hoogleraar vir professor Muller aan te bied, op vaste of tydelike basis, en hom te vra of hy, indien hy nie daartoe bereid was nie, iemand anders kon aanbeveel.

    20 Julie 1909

    Toe die voortgesette sitting van die 34ste Algemene Kerkvergadering open, is 'n nuwe predikantlid verwelkom, dominee J.J. Kuhn van Krugersdorp. Dit vra meteen aandag vir die de facto bestaan van 'n kweekskool vir etlike jare reeds, want Kuhn was die eerste produk van 'n eie opleiding wat as predikant georden is. Later dieselfde jaar sou J.J. Prinsloo Jsn volg. Die verhaal van hierdie eerste opleiding is uitvoerig beskryf deur C.J. Mans in sy doktorale proefskrif Die Lewe en Werk van die Dogmatikus PJ Muller.

    P.J. Muller was predikant in Nederland en later hoogleraar aan die Gemeentelike Universiteit van Amsterdam. Abraham Kuyper, leier van die Antirewolusionêre Party, het in samewerking met die Katolieke Volksparty en die radikale Sosialiste, dit egter reggekry om 'n besluit van die Gemeenteraad (Stadsraad) van Amsterdam te bewerk dat die begroting vir die poste van teologiese professore aan die Gemeentelike Universiteit geskrap is, en Muller het dus sy pos verloor en is eervol ontslaan met 'n 'waggeld'. Kuyper wou nie 'n tweede teologiese fakulteit in Amsterdam duld naas sy Vrye Universiteit nie. Later het Kuyper, wat toe Minister van Binnelandse Sake was, die benoeming van Muller vir 'n pos aan die Ryskuniversiteit in Utrecht verhinder. Tydens die Engelse Oorlog was Muller uitgesproke en aktief pro-Boer, en toe ouderling A.D.W. Wolmarans in 1903 deur die kerkraad van Pretoria na Nederland gestuur is met 'n blanko beroepsbrief, is hy ná 'n paar mislukte pogings om 'n predikant te werf, verwys na Muller, en Muller het die beroep aanvaar. Hy was predikant van Pretoria van 1804 tot 1809 en voorsitter van die Algemene Kerkvergadering van 1907 tot 1909. In die byeenkoms van 05 Julie1906 het hy die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering meegedeel dat 'n paar 'flinke, degelike' jongmanne hulle bereid verklaar het vir opleiding as predikante en het hy aangebied om dit te doen.

    Dit het gevolg op 'n skrywe van dominee Van Belkum aan A.D.W. Wolmarans in April 1905 waarin hy die nood aan 'n eie opleiding beklemtoon het. Die Kommissie het die aanbod van professor Muller dadelik aanvaar, en dit is deur die Algemene Kerkvergadering goedgekeur in April 1907. 'n Studiefonds is in die lewe geroep. Dit sou kom uit ses pennies per lidmaat per jaar, die kollekte by Dankseggingsdienste, een sjieling uit die geld vir elke doopregistrasie en 1/6 vir elke aannemingsregistrasie. Die besluit is nie sonder teenstand geneem nie, veral van die kant van dominee C.W. du Toit. Maar die opleiding het voortgegaan ten spyte daarvan dat professor Muller sy vergoeding eers jare later, die laaste paaiement in 1914, sou ontvang. So het dit gekom dat daar reeds twee persone gereed was vir die proponentseksamen toe die Algemene Kerkvergadering in Maart 1909 die groot debat oor 'n kweekskool gehou het.

    Die opleiding het geskied in Muller se studeerkamer en het die volledige teologiese kurrikulum omvat. Kandidaat Kuhn, oorspronklik lid van die Nederduitsch Hervormde of Gereformeerde Kerk, het eksamen gedoen voor die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering op 14 April 1909 in die volgende vakke: Hebreeus OT, Grieks NT, Kerkgeskiedenis, Geskiedenis van die godsdienste, Wysbegeerte van die Godsdienste, Bybelse geskiedenis, Dogmatiek, Christelike sedekunde, Bybelse Godgeleerdheid en Praktiese Godgeleerdheid. Die eksaminatore was Muller, Van Belkum, Ennis, Goddefroy en Brandt. J.J. Prinsloo Jsn het eksamen afgelê op 19 Julie 1908. In sy geval is die vakke effe anders benaam: Uitlegkunde OT, Uitlegkunde NT, Kerkgeskiedenis, Etiek, Dogmatiek, Bybelse geskiedenis, Geskiedenis van die godsdienste, Geskiedenis van die Wysbegeerte, Bybelse Teologie en Praktiese Teologie. Kuhn het op 14 Oktober 1908 sy proefpreek gehou, en Prinsloo syne op 10 November. Albei proefpreke is deur die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering met groot genoeë gehoor.

    Albei hierdie predikante het steeds groot waardering uitgespreek vir die opleiding wat hulle by Muller ontvang het. Hulle het albei sterk rolle gespeel in die kerk. Dominee J.J. Prinsloo was voorsitter van die Algemene Kerkvergadering van 1939 tot 1948. Dit was wel te verwagte dat daar uit 'n oor die algemeen vyandige verenigde kerk (die Nederduitsch Hervormde of Gereformeerde Kerk wat deur die kerkvereniging tot stand gekom het) ook negatiewe uitsprake gemaak sou word oor hierdie opleiding.

    C.J. Mans verwys na 'n skrywe van 'n dominee Martins van Johannesburg waarin hy van die twee persone praat as kwaksalwers op geestelike gebied. Dominee Van Belkum het daarop onder andere soos volg geantwoord:

    Sta mij toe Uw geheugen een weinig op te frischen, door U het ontstaan en de geschiedenis van de stichting van het Stellenbossche Seminarie te vertellen. Gij moet dan weten dat in 1858 (juist 50 jaar nu geleden) na een sukkelen en moeite van 34 jaren het theologisch seminarie te Stellenbosch is tot stand gekomen met 2 Professoren en 4 leerlingen. Nadat de Synode Uwer Kerk ... Theologicae doctores, uit dat land der wetenschap en beschaving [Holland] te vergeefsch had geroepen, heeft zij, en terecht, zij verdient nog den dank over haar moed en geloof, twee harer eigen leeraren, die hun opleiding als Theoloog in Utrecht hadden genoten als professoren benoemd.
    Wat hebben wij nu gedaan? Wij hebben aan een professor uit Holland, een leeraar onzer Kerk, opgedragen de jonge mannen, die in Transvaal opgeleid wil worden tot het leeraarsambt te onderwijzen.
    Dr PJ Muller thans predikant der Kerk te Pretoria, vroeger Professor in de Theologie te Amsterdam heefd dit gedaan.
    Wat is nu de verschil tusschen uw Stellenbosch Seminarie en onze opleiding? Dat gij, begonnen zijt met twee Professoren, een leeraar die tegelijk Theologicae Doctor was en een gewoon leeraar en met vier studenten? En wij met een Professor die leeraar en ook Theologicae Doctor is? Dat gij vier studenten had en wij maar twee? Is om dit verschil Uwe opleiding zooveel beter dat gij en Uwe broeders volle geleerde theologen zijn en onze jongelieden kwakken? Vindt gij dit niet zelf wel een beetje al te bespottelijk?

    Dit val op dat in die gedagtes van dominee Van Belkum die opleiding deur Muller as kweekskool gegeld het.

    Gedurende die Maartsitting van die 34ste Algemene Kerkvergadering in 1909 het die vergadering 'n kommissie benoem om alles oor die kweekskool te behandel en die vergadering van rapport te bedien. Die lede was dominees Jac van Belkum, C.W. du Toit, C.J.L. Ruysch van Dugteren, J.J. Kuhn en die ouderlinge W.J. Basson van Heidelberg, N.M. Prinsloo van Pretoria, N.M.S. Prinsloo van Potchefstroom, en H.L. Geyser van Waterberg. Dominee Du Toit het hom blykbaar onttrek, want sy naam verskyn nie saam met die ondertekenaars van die rapport nie.

    Op die buitengewone sitting van 20 Julie en volgende dae het dominee Ruysch van Dugteren die komissierapport voorgedra. Die kommissie het 'na grondig onderzoek van alle bescheiden haar ter hand gesteld en gehoord te hebben de afgevaardigden van de verschillende gemeenten' bevind dat nege gemeentes sonder voorbehoud gewillig was om die geld byeen te bring, dat nog ses gemeentes die oprigting van 'n kweekskool wil steun en op een of ander wyse wil meewerk tot die instandhouding daarvan, dat Wolmaransstad en Middelburg by meerderheid van stemme besluit het om geen finansiële steun te gee nie maar dat daar wel lidmate is wat die saak wil steun, en dat die gemeentes Rustenburg, Zoutpansberg en Lydenburg al drie verklaar het dat hulle geen finansiële steun wil gee nie. In Rustenburg is bowendien 'n protes in die gemeentevergadering geteken deur 75 persone, in Zoutpansberg is 'n protes voorgestel deur ouderling G.J.Z. Helberg, lid van die Algemene Kerkvergadering, terwyl in Lydenburg die besluit van die Algemene Kerkvergadering oor die 2/6 heffing as onwettig aangemerk is. Ten opsigte van hierdie drie gemeentes het die kommissie die opmerking gemaak dat die handeling van die betrokke predikante en kerkraadslede stry teen alle gebruik en orde: 'wanneer toch leden eener Vergadering terug gekeerd naar hunne gemeenten, een besluit dier vergadering tegenwerken geeft dit aanleiding tot het verwekken van ongehoorzaamheid, wanorde en tweedracht in de Kerk'.

    Die slotsom waartoe die kommissie gekom het, was dat die grootste deel van die kerk die begeerte het om dadelik 'n kweekskool op te rig, en die aanbeveling was (a) dat onmiddellik die oprigting van 'n kweekskool van krag verklaar word met ingang 01 Augustus 1909, (b) dat kerkrade opgedra word om onmiddellik na 01 Augustus oor te gaan tot die insameling van die bydraes van die gemeentes en dit aan te stuur na die kassier van die Kuratorium, die heer J.A. Malherbe te Potchefstroom.

    Weer was daar heftige teenstand uit die vergadering. Dit het veral gegaan om wat 'die belasting' genoem is. Dominee Goddefroy het gesê Middelburg het nie beswaar teen die kweekskool nie, maar teen die oplê van belasting deur die Algemene Kerkvergadering. Dieselfde beswaar is uitgespreek deur N.J. Campher van Klerksdorp, F.A. Mare en F. Smit van Roossenekal, en D.J. Jacobs van Zoutpansberg. Die Skriba, dominee Van Belkum, het die broeders daarop gewys dat Roossenekal reeds in 1889 [lees 1888] gevra het vir opleiding en nou beswaar maak oor die 2/6.

    Hij meent dat als de Algemeene Vergadering een besluit neemt dit dan geldt voor de gehele Kerk. De Kweekschool is nodig niet om vijandig te staan tegenover andere Kerken maar om onafhankelijk te worden van eenige Kerk. Er zijn vele aanvragen van jongemannen om opgeleid te worden. In de Synode der Ned Herv of Gereformeerde Kerk is gezegd de raddraaiers gaan in de Hervormde Kerk een school oprichten om vereeniging te voorkomen. Laat hun dat zeggen. Ik zeg wij moeten de school hebben. Zonder haar gaan wij dood, daarom vindt hij het dwaas dat men over 2/6 per lidmaat klaagt.

    Dominee Murray het ontken dat hy teengewerk het, maar A.D.W. Wolmarans het hom voor stok gekry omdat hy nie die saak in Rustenburg aanbeveel het nie en geswyg het toe die protes uitgespreek is. Dit het nou ook geblyk dat dominee Goddefroy soos in die geval van die rondskrywe nie geskroom het om deur middel van die pers sy teenstand te bevorder nie. Die skriba van die kerkraad van Middelburg het naamlik 'n brief van die skriba van die Algemene Kerkvergadering, dominee Van Belkum, gerig aan die kerkraad van Middelburg, opgeneem in 'n berig wat hy aan De Volkstem gestuur het oor die April-nagmaal in Middelburg. Hierdie brief was 'n antwoord op 'n navraag van die kerkraad oor die 2/6 heffing vir die kweekskool. Dominee Van Belkum het geantwoord dat dit duidelik is dat die Algemene Kerkvergadering besluit het dat vanaf 01 Julie 1909 kerkrade verantwoordeik is vir 2/6 per lidmaat vir die kweekskool. Ouderling Bodenstein van Ventersdorp en ouderling Swart van Venterskroon het albei die betrokke brief voorgelees in die vergadering, en dit het reaksie ontlok van dominee Van Belkum, wat gewys het op artikel 3 van die Algemene Bepalings, waarin staan dat die Algemene Kerkvergadering die hoogste wetgewende en besturende gesag is. Die Voorsitter, professor Muller, het ook ernstig geprotesteer het teen so 'n optrede, 'met welk protest de gansche vergadering instemt behalve ds Goddefroy'.

    Tydens die verdere besprekings het dit weer eens duidelik geword dat die Skriba, dominee Van Belkum, en dominee Goddefroy van mekaar verskil het oor die kerkregtelike posisie. Goddefroy het die reg van die Algemene Kerkvergadering om 'n reglement voor te stel, ontken. Hy het nou ook die gedagtes wat hy in die rondskrywe uitgespreek het, herhaal:

    De Kweekschool is nodig maar niet nu. Wij verkeren in een tijdperk van overgang. Er is Unifikatie der Kolonien, Unifikatie van Kerken en straks krijgen wij een Universiteit met Theologische leerstoel. Daarvoor moeten wij wachten op die Universiteit. Universiteit is verkieselijk boven kweekschool, opdat zij een ruimer blik geeft en meer omgang met jongmannen van andere vakken. De kas is leeg, daarom mag de zaak niet worden doorgezet.

    Daarop het dominee Van Belkum geantwoord:

    Waar is het Artikel dat voorschrijft dat dit Reglement weer naar de Kerkeraden moet, en naar elk huis. Dat is ongereformeerd en nooit gedaan. Waar de Universiteit? Wie zegt aan den predikant van Middelburg dat aan zulk eene Universiteit plaats is voor Theologie. De tijdgeest is niet in die richting, zie maar de onderwijswet der Kolonie. De kas moge leeg zijn, maar God is rijk.

    'n Vertroulike skrywe van ouderling J.H. Vorster van Middelburg aan dominee Van Belkum, gedateer 27 Mei 1909, werp lig op die optrede van dominee Goddefroy in die gemeentevergadering waar die saak bespreek is. Ouderling Vorster was een van Middelburg se afgevaardigdes op die Algemene Kerkvergadering van 1909. Hy skryf:

    Aangezien er enige gechilpunten zijn tusschen afgevaardigden van Middelburg Gemeente en Ds Goddefroy, hebben wij de eer om tot U eerw te wenden om eenige inlichtingen. Op onze laatste Gemeente vergadering te Middelburg waar +- 80 stemmen waren heeft Ds Goddefroy met 13 stemmen een Gemeente besluit genomen tegen de Teologische School (De meeste Gemeente leden waren de kerk uitgestapt). Nu heeft ds Goddefroy weer een halve kerkeraadsvergadering gehad waar hij voorgesteld heeft om alle secundi naar de Algemene Vergadering af te vaardigen; wat aangenomen werd! Wij afgevaardigen met de meerderheid van de Gemeente zijn voor de Theologische School ...

    Die afgevaardigdes het inderdaad kennis van die skriba van die kerkraad ontvang dat nie hulle nie maar hulle secundi die voortgesette Algemene Kerkvergadering op 20 Julie moes bywoon. Ouderling Vorster het op 22 Junie weer aan dominee Van Belkum geskryf en gevra dat hy vir hulle reisbiljette vir die Algemene Kerkvergadering sal stuur mits hulle nog as die wettig afgevaardigdes beskou word. Op die vergadering is gerapporteer dat die afgevaardigdes J.C. Muller en J.J. Raats van Middelburg afwesig is, en 'n bietjie verder in die notule dat ook D. Buurman

    In die besprekings het dominee F.S. du Toit sy standpunt herhaal dat die opleiding vereers in Potchefstroom moet geskied. Dominee C.W. du Toit het herhaal dat hy gekant is teen die oprigting van 'n kweekskool, maar, het hy gesê, as die broeders kans sien daarvoor en die geld kan kry, wens hy hulle voorspoed toe. Die ouderlinge S.J. Prinsloo van Krugersdorp en A.H. Koomans en J.A. Malherbe van Potchefstroom het gesê dat dit net dominee C.W. du Toit se teenstand was wat veroorsaak het dat almal in Potchefstroom nie gewillig was nie.

    Uiteindelik is tot stemming oorgegaan. Die voorstel om onmiddellik oor te gaan tot stigting van die kweekskool, is aanvaar met 60 teen 21 stemme, en aantekening van dominee C.W. du Toit se teenstem. Die voorstel oor die insameling van die geld is aanvaar met 64 teen 17 stemme, en aantekening van dominee Goddefroy se teenstem.

    Die reglement vir die kweekskool, waarvan die eerste konsep deur professor Muller voorberei is, het bepaal dat die opleiding in Pretoria sal geskied en dat 'n Kuratorium telkens deur die Algemene Kerkvergadering verkies sou word, bestaande uit nege lede, wat herkiesbaar is. Vakatures sou deur die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering gevul kon word. Die opdrag aan die Kuratorium was (a) die benoeming van hoogleraars, (b) die vasstelling van die salarisse van die amptenare verbonde aan die skool, (c) toesig oor die onderwys en die gedrag van die studente, (d) jaarlikse verslag aan die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering.

    Die reglement vir die eksamen vir tot die Evangeliebediening in die Nederduitsch Hervormde Kerk het die volgende bepalings gehad:

    • 'n Bewys dat die kandidaat Matrikulasie met goeie gevolg afgelê het.

    • 'n Bewys dat hy voldoende kennis besit van die Griekse en Hebreeuse tale om met goeie gevolg die lesse oor die Ou en Nuwe Testament te kan volg.

    • Die leerplan was: Uitleg van die Ou Testament 3 jaar, Uitleg van die Nuwe Testament 3 jaar, Leerstellige Godgeleerdheid 3 jaar, Bybelse Godgeleerdheid 2 jaar, Christelike Sedekunde 1 jaar, Geskiedenis van die Godsdiens 2 jaar, Wysbegeerte van die Godsdiens 3 jaar, en Praktiese Godgeleerdheid 1 jaar.

    • 'n Bewys van lidmaatskap van die Nederduitsch Hervormde Kerk.

    • 'n Bewys van sedelike gedrag afgegee deur die kerkraad van die gemeente waaraan hy behoort.

    Die eksamen van kandidate sou afgeneem word deur die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering, bygestaan deur twee predikante wat telkens deur die Algemene Kerkvergadering aangewys sou word.

     

    1911

    Januarie 1911

    Die Almanak dra 'n artikel van die jong dominee J.J. Prinsloo getitel 'Onze Kweekschool' wat nog baie jare later aangehaal sou word. Hy skryf onder andere:

    Waar de kerk in de goede oud-Hollandse richting voortgaat, waar in haar een gezonde geest heerst, en waar zij zich nog nooit het recht heeft toege-eigend om andere kerken voor rechtzinnig of voor vals te verklaren, daar is het goed en nodig dat haar voortbestaan verzekerd worde. Te veel van de zonen en dochters van de voortrekkers hebben nog behoefte aan zo 'n kerk, dan dat zij zoude ophouden te bestaan. Willen wij haar niet zien veranderen, ontaarden en ondergaan in een andere kerk misschien, dan moeten wij zorgen dat zij in dezelfde goede geest en ingeslagen richting blijft voortgaan , en daarvoor hebben wij nodig mannen in die richting opgevoed, die de leiding op zich kunnen nemen. De predikanten die wij uit Holland hebben, zijn daarvoor uitnemend en gevoelen zich ook volkomen thuis bij ons, maar ze weten het kan niet altijd zo blijven. ... Het zijn juist die predikanten die ons willen doen verstaan dat wij onze eigen predikanten moeten opleiden. ... Is het niet schande voor de Afrikaners dat die mannen, die er geen belang bij hebben ons moeten leren dat wij een eigen school moet hebbeen tot instandhouding van de kerk ons door de voortrekkers overgeleverd. Is het niet nog groter schande om die mannen niet eenparig te helpen het belang van onze kerk te bevorderen? ... Als wij dat gedaan hebben, dan zijn we nog niet klaar met Holland, want daarvandaan moeten wij nog onze leermeesters en hoogleeraren krijgen. De Schotten mogen goed genoeg zijn voor andere scholen, niet voor de onze, bovendien wekt die naam onaangename herinneringen op. Zodra we zover zijn, moeten die Hollandse Professoren weer opgevolgd worden door eigen jonge mannen, maar dat zal nog wel een tijdje duren. ... De School moet goed zijn, met een goede geest. Want is de geest een vreemde of ongewenste dan zijn die mannen die opgeleid worden dat ook en dan is het misschien gedaan met onze kerk.

    26 Julie 1911

    Die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering neem met dank kennis van die bereidheid van die provinsiale kerkbesture van die Nederlandse Hervormde Kerk om die proponentseksamen van studente wat in Holland studeer, af te neem.

    27 Julie 1911

    Op sy tweede vergadering het die Kuratorium kennis geneem van die antwoord van professor Muller. Hy het die benoeming van die hand gewys en het trouens reeds op 31 Julie 1909 terug vertrek na Nederland by verstryking van die vyf jaar waartoe hy hom met die gemeente Pretoria verbind het. Sy aanbeveling was dat die etikus, doktor W.J. Aalders, genader word, later hoogleraar in Groningen. Die Kuratorium het toe nie dadelik 'n tweede benoeming gemaak nie, want intussen het die Ruysch van Dugteren-saak die kerk getref. Dominee C.J.L. Ruysch van Dugteren, hulpprediker vir professor Muller in Pretoria, en na Muller se vertrek, predikant van Pretoria, het probleme ontwikkel rondom sy ondertekening van die proponents-ondertekeningsformule, en het besluit om sy ondertekening daarvan terug te trek. Die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering het die terugtrekking beskou as die beëindiging van sy ampsbevoegdheid, en dit is deur die Algemene Kerkvergadering in 1912 bevestig, nadat hy daarheen geappelleer het maar self nie verskyn het nie.

    Die Kuratorium het op 27 Julie 1911 'n huishoudelike reglement aanvaar en ook op aanbeveling van dominee J.J. Kuhn 'n studielening van £40 per jaar vir twee jaar toegeken aan S.J. Strydom wat aan die Ryksuniversiteit van Leiden ingeskryf het. Leiden was destyds bekend as die teologiese tuiste van die vrysinnige teologie, en daar het kommer ontstaan oor watter invloed dit sou hê op hierdie toekomstige predikant van die kerk.

    15 Desember 1911

    Dominee Van Belkum skryf in sy 'Brieven van Oom Sarel' in De Hervormer:

    Het wil mij voorkomen, dat de zaak van die Kerkelike Kweekschool in zoete rust is geraakt. Wij horen daarvan niets: is die kweekschool, want we moeten maar liever verenigen. 't is toch éen Zuid-Afrika en we moeten maar liever alle onze jonge mannen naar Stellenbosach sturen . In weer een andere gemeente zeggen de ouderlingen: een kweekschool is toch te duur , laat ons maar liever doen als een zekere vogel: we leggen onze eiers in het nest van een andere vogel, die dan ons kinders groot maakt, of we gaan naar onze buren de Gereformeerden en Nederduits Gereformeerden en zeggen: Boeties, jul is só ryk en ons is só arm; geef ons jul seuns vir predikante, dan is vir ons nie nodig nie, om vir hulle opleiding te betaal ... Daar in de Kaap waren alle voormannen er voor, daar waren de gemeenten niet zo zuinig en ongelovig, daar was de school een zaak van vertrouwen. In de Hervormde Kerk van onze dagen is tegenwerking, zuinigheid en ongeloof.

    In dieselfde uitgawe skryf L. Albers oor die kweekskool dat hulle daar in Oos-Afrika baie entoesiasties is oor die gedagte, en dat hulle in Desember 'n basaar gaan hou om fondse daarvoor in te samel. Hy noem dat ouderling S.A. van Emmenis een tiende van sy inkomste vir die basaar geskenk het, mooie vette kalvers en lammers, maar ook mooi koren.

     

    1912

    15 Maart 1912

    Dominee Van Belkum verwys in 'n lang artikel in De Hervormer na 'n boek van dominee J.D. Kestell oor die lewe van professor N.J. Hofmeyer waarin hy die stryd in die Kaapse Kerk behandel in die jare 1847–1857 voor die tot stand koming van die kweekskool in Stellenbosch, en wys daarop dat daar merkwaardige ooreenkomste is met wat tans in die Hervormde Kerk gebeur. Van Belkum skryf dan:

    Mocht onze kweekschool niet tot stand komen, dan zal het voor mij wezen een oordeel Gods over de kerk, een straf over de tweedracht der leraars, over de lauwheid der ouderlingen, over de vrekkigheid der leden. En als dan over korter of langer tijd de Ned Hervormde kerk van Zuid-Afrika weer aan de dood nabij komt, dan zal haar moeten worden toegeroepen: Eigen schuld: gij hebt niets anders gewild.

    15 April 1912

    In De Hervormer verskyn twee skrywes van lidmate van die gemeente Rustenburg, een met 72 handtekeninge en een met 54 handtekeninge waarin ondersteuning uitgespreek word vir die kweekskool en die houding van die predikant en kerkraad daaroor betreur word.

    11 Augustus 1912

    Die Kuratorium het die saak van Strydom se studie in Leiden bespreek en het 'n skrywe gerig aan professor J.W. Pont en aan Strydom self met die vraag of hy van plan is om in Leiden te bly studeer en watter rigting op teologiese gebied hy toegedaan is. Hulle is gerusgestel deur 'n skrywe van professor J.W. Pont (oupa van professor Adriaan Pont) wat die sekretaris was van die Studiefonds vir Suid-Afrikaanse Studente en wat Strydom na Leiden verwys het.

    Die Kuratorium het op hierdie derde vergadering ook 'n studielening toegeken aan S. Vermooten wat in sy aansoek gemeld het dat hy sy attestasie (uit die Nederduitsch Hervormde of Gereformeerde Kerk) ingelewer het by die Hervormde Gemeente Potchefstroom en dat hy in Utrecht in die teologie studeer.

    Op hierdie vergadering is ook besluit om dominee H.C.M. Fourie en dominee Jac van Belkum te versoek om voorlopig die opleiding in die kweekskool waar te neem. Fourie het in 1910 in Utrecht die doktorale eksamen in die teologie afgelê met die Wysbegeerte van die Godsdiens as hoofvak. Hy was van huis uit lid van die Nederduitsch Hervormde of Gereformeerde Kerk maar het tydens sy studietyd lidmaat geword van die Nederlandse Hervormde Kerk. Hy is deur A.D.W. Wolmarans oorgehaal om 'n beroep in die Hervormde Kerk te aanvaar en het die kerklike eksamen afgelê op 22 Oktober 1910 by professore F.E. Daubanton en S.D. van Veen van Utrecht, wat die volgende verklaring gemaak het:

    De ondergeteekenden verklaren dat zij op heden den 22en October 1910 op verzoek van de heeren professor dr PJ Muller en ADW Wolmarans hun gedaan namens de Algemene Commissie der Nerderd Hervormde Kerk in Z Afrika, den heer Hermanus Cornelis Marthinus Fourie, geboren te Welgevonden (prov Carolina) doctorandus in de Godgeleerdheid aan de Rijksuniversiteit te Utrecht hebben geexamineerd in al de vakken genoemd in art 21 van het Reglement op het examen ter toelating tot de Evangeliebediening in de Nederlandse Hervormde Kerk , en dat zij, na gehouden examen, hem allezins bekwaamd gevonden hebben om toegelaten te worden tot de Evangeliebediening in de Nederduitsch Hervormde Kerk in Zuid-Afrika, gelijk zij hem evenzoo zouden bekwaam achten om de Evangeliebediening in de Nederlandsche Hervormde Kerk te vervullen, indien de reglementen dezer kerk zullen toelieten.

    Fourie is gelegitimeer op 04 Januarie 1911 en is op 21 Januarie 1911 georden in Erasmus (die latere Bronkhorstspruit), toe nog deel van die gemeente Pretoria, met Ruysch van Dugteren as kollega. Van Belkum het reeds in 1876 sy studie in Utrecht afgesluit met die doktorale eksamen en het na arbeid in drie Nederlandse gemeentes 'n beroep aanvaar na die kombinasie Rustenburg-Zeerust, waar hy van 1891 tot 1903 gewerk het. Van 1903 af tot met sy emeritaat in 1927 het hy die gemeente Heidelberg bedien. Dominee Fourie het vir die benoeming bedank. Sy skrywe gedateer 10 Oktober 1912, lui soos volg:

    Het spijt my dat ik aan het verzoek van uw eerw vergadering van 14 Aug jl niet kan voldoen nl om voorlopig de opleiding van jonge mannen voor onze kerk op mij te nemen, om de volgende reden:

    I. Ik ben zelf opgeleid aan een universiteit, en spreekt de wens uit die leeft in mijn hart dat de kinderen mijns volks en mijner kerk die mij dierbaar zijn, minstens net zulk een opleiding genieten mogen als ik gehad heb, liefst beter als het enigsins mogelik is. U zult mij dus niet kwalik nemen maar ik begeer voor myn kerk nl een universiteit. Kan dit niet verkregen worden, dan wil ek met hart en ziel meewerken met een kweekskool die de universiteit kan vervangen. Ik kan mij niet verenigen met een voorlopige opleiding door een kweekschool die niet aan de wetenschappelike eisen van de Theologishe wetenschap voldoet. Dit is naar mijn bescheiden mening de ondergang onzer kerk en daar wens ik net zo min als uwe vergadering aan mee te doen. Dat is mijn principieel bezwaar.
    II. Heb ik nog geen gelegenheid gehad deze benoeming mijn kerkraad voor te leggen opdat ik daartoe verlof krijgen. Op mijn vriendelike verzoek aan Ds van Belkum wanneer ik het Kuratorium moet antwoorden, kreeg ik geen tijding. Ook andere inlichtingn zijn mij niet verstrekt.
    IV. Een prakties bezwaar is dat de toestand mijner gemeente en die van Zoutpansberg het mij niet toelaat om mij met zulk een zware taak te belasten.
    V. Omtrent de vakken verdeling schreef Ds van Belkum 'Ik ben meer eksegeet 1 en 2 en Historicus 5. Neemt gij nu de eerste vakken, dan kunnen wij goed zamenwerken.' De eerste vakken zijn NB 3.4.6.7.8 en 9 de moeilikste; om goed zamen te werken. Hiertoe, ik moet het eerlik bekennen, zie ik geen kans, ten minste niet als ik het werk ernstig wil opvatten heilige ernst zijn bij een zulk 'n gewichtige zaak. De Eerw vergadering duide het mij niet euvel dat ik ronduit mijn bezwaar voorleg. Ik wil gaarne het beste voor mijn kerk ook op dit gebied en zal in dien weg al mijn krachten inspannen en beschikbaar stellen.

    Volgens 'n mededeling van Fourie se weduwee was sy standpunt ook dat die kerk nie die opleiding moet begin met twee hoogleraars waarvan ten minste een nie ten volle gedoktoreer is nie.

    15 Augustus 1912

    Ouderling S.A. van Emmenis skryf van Ngareolmetny in Duits Oos-Afrika [later Tanganjika, tans Tanzanië] en pleit dat daar nie uitgestel word met die vestiging van die kweekskool nie.

    15 Oktober 1912

    Die Kuratorium het op sy vierde vergadering kennis geneem van Fourie se skrywe, en het besluit om die saak daar te laat en te wag vir die Algemene Kerkvergadering van 1912. Die besluit op voorstel van A.D.W. Wolmarans en D.J. Bodenstein het gelui:

    Omdat we staan aan de vooravond van de Algemeene Vergadering stelt het Curatorium voor niet over te gaan tot het benoemen van een tweede predikant voor de opleiding, maar de geheele questie over te laten aan het toekomstig Curatorium na de eerst volgende Algemeene Vergadering.

    Daar was een teenstem, terwyl die skriba, dominee Van Belkum, nie gestem het nie. Daarmee was die kweekskool van die baan, want die Algemene Kerkvergadering sou terugkeer na die vroeëre model van opleiding aan 'n universiteit.

    03 Desember 1912

    Die 36ste Algemene Kerkvergadering is geopen deur dominee C.W. du Toit, wat die sekundus was van die vorige voorsitter, professor Muller, wat intussen vertrek het. Dominee C.W. du Toit is verkies as voorsitter en dominee Jac van Belkum as skriba. Dominee L.E. Brandt is verkies as sekundus vir die voorsitter en dominee H.C.M. Fourie,wat sy eerste Algemene Kerkvergadering bygewoon het nadat hy minder as twee jaar tevore op Erasmus georden is, as sekundus vir die skriba. Later in die vergadering is dominee M.J. Goddefroy verkies as predikantlid van die Kommissie, met dominee P.W. Ennis as sekundus. Dominee J.J. Prinsloo, wat op 30 Oktober 1909 georden is as predikant van Trichardtsfontein, was ook vir die eerste keer teenwoordig.

    Die verslag van die Kuratorium het aan die orde gekom op die tweede dag van die sitting. Dit is behandel saam met die verslag van 'n kommissie wat op die eerste dag benoem is om staande die vergadering te rapporteer oor die kweekskool. Die kommissie het bestaan uit dominees P.W. Ennis, H.C.M. Fourie, J.J. Kuhn en ouderlinge A.D.W. Wolmarans (Pretoria), F.W. Ernst (Klerksdorp), J.C. Barnard (Rustenburg), J.S. Smit (Heidelberg), D.G. Wolmarans (Ermelo) en H.J. Geyser (Waterberg). Dit was 'n verslag wat 'n totale wending meegebring het en dit word vanweë die belangrikheid daarvan volledig aangehaal. Dominee Fourie het die verslag voorgelees, en dit verg nie baie insig om tot die slotsom te kom dat hy 'n groot aandeel gehad het in hierdie verslag nie. Die gesindheid in die vergadering was hierdie keer baie positief, anders as in 1909.

    I. Uwe kommissie benoemd voor de behandeling van de punten der agenda vervat onder A Kweekschool, is overeengekomen te handhaven het beginsel door de Alg Verg neergelegd in 1909 nl dat de Ned Herv Kerk zelf moet zorg dragen voor de opleiding van hare toekomstige predikanten. [Aangeneem]
    II. Uwe Kommissie zich herinnerd dat zelfs voor de oorlog toen er sprake was dat er in de Zuid-Afrikaanse Republiek door de toenmalige regering een Universiteit zou worden gesticht, wat door het uitbreken van de oorlog niet kon worden verwezenlikt, door de Alg Verg der Ned Herv Kerk opdracht is gegeven aan hare Alg Komm om met de Regering te onderhandelen tot verkrijging van een leerstoel voor teologie aan die Universiteit, is van oordeel dat het noodzakelijk is voor de degelike wetenschappelik opleiding van onze aanstaande Evangelie-dienaren dat er weder stappen worden genomen om met onze Regering te onderhandelen in bovenbedoelde richting; en stelt ze dus voor dat de Alg Kom worde opgedragen hieraan uitvoering te geven met dien verstande dat de benoeming van de teologiese hoogleeraren in verband met onze kerk berust by het Kuratorium onder goedkeuring en bekrachtiging door de Alg Kom, en dat alleen benoembaar is hij die aan een erkende universiteit is gepromoveerd. Met betrekking tot de toelating van studenten aan die Universiteit is uw Kommissie van oordeel dat zulks opnieuw zal moeten worden geregeld wanneer zodanige Uiversiteit zal zijn gesticht. Aangesien de uitvoering van dit voorstel mischien nog enige tyd zal duren, is uwe komm van oordeel dat de gehele zaak van opleiding worde gelate in handen vh Kuratorium in overleg met de Alg Kom.

    Soos te wagte kon wees, het hierdie punt bespreking uitgelok. Die groot vraag was of die gedagte prakties uitvoerbaar sou wees. Sou daar plek wees vir teologie aan die te stigte universiteit? Die bespreking was in die gees dat daar nog nie 'n universiteit was nie, en dat dit onseker was of daar plek sou wees vir teologie aan die te stigte Unversiteit. [Teen hierdie tyd was die Transvaal University College, 'n afdeling van die University of the Cape of Good Hope, wat deur wetgewing geproklameer is, reeds vier jaar met opleiding besig, maar was daar nog nie ruimte vir 'n teologiese fakulteit nie.] Eers in 1916 sou die Algemene Kerkvergadering punt (II). goedkeur.

    III. Met betrekking tot het voorstel van die Kerkeraad van Potchefstroom aanbevolen door de Westelike Ring nl om de opleiding van jonge mannen hier in ZA uit te stellen en hen alleen geldelik te ondersteunen om in Europa of elders te worden opgeleid, is uwe Kommissie van oordeel dat niet kan worden afgeweken van het beginzel door de Alg Verg in 1909 neer gelegd nl dat onze toekomstige predikanten hier moeten worde opgeleid.

    Na enkele vrae goedgekeur op voorstel van ouderlinge W.J. Basson en J.J. Prinsloo. [Daar was in Potchefstroom groot onenigheid rondom die besluit van die kerkraad. Lyste is deur 'n groot aantal lidmate onderteken waarin hulle geprotesteer het teen die besluit en waarin hulle onderneem het om die gevraagde gelde te betaal.]

    IV. Met betrekking tot de bewering dat de meeste onzer lidmaten onwillig zijn is uw Kommissie van oordeel dat geen getrouw lidmaat der Ned HK onwillig mag zijn om 2/6 jaarliks voor de opleiding van toekomstige predikaten bij te dragen en veel minder zal zijn, wanneer hij door predikanten en kerkeraden daartoe aangemoedigd worde, en betreurt het dat sommige voormannen onzer Kerk in dezen niet hartelik zamenwerken. [Dominee Goddefroy het voorgestel dat die laaste woorde vanaf 'en betreurt' geskrap word, en dit is gedoen.]
    V. Met betrekking tot de bewering dat er in anderhalf jaar maar £358 in pl van £2486 is ingekomen is uwe Kom van oordeel dat dit punt moet geweten worden aan het treurige feit dat sommige voormannen en gemeenteleden onzer kerk in deze niet hartelik samenwerken.

    Die notule meld dat 'n hewige diskussie oor hierdie punt gevolg het. Baie lede het gesê die vergadering het geen reg om belasting op te lê nie, ander dat die kerkraad dit nie kan inbetaal as hy dit nie kry nie. Daar is gevra wie bly verantwoordelik en daar is geantwoord: die kerkraad. Party broeders het gesê hulle wil nie verantwoordelik wees nie. Punt (V) is uiteindelik goedgekeur, na wysiging van die laaste woorde om te lees 'het feit dat er geen algemene hartelik samenwerking is geweest.'

    VI. Uwe Komm is van oordeel dat de wijze van invordering van die gelden voor de opleiding moet worden overgelaten aan de regeling van de plaatselike kerkraden. [Aanvaar]
    VII. Daar gebleken is dat de meeste gemeenten achterstallig zijn in het opbrengen van de teologiese gelden is uwe Komm van oordeel dat zodanige achterstallige gelden worden kwijtgeschelden met dien verstande dat ze getrouw zullen betalen vanaf 1 Jan 1913, en waar geheel of gedeeltelik door gemeenten aan hun verpliching is voldoen, dat dit bedrag zal worden afgeschreven van hun toekomstige betaling; hoewel zij het onredelike hiervan gevoelt tegenover de beslissing der Alg Verg van 1909 hoopt zij dat door deze maatregel voormannen en gemeenteleden aangespoord worden zullen w tot hartelike samewerking en geregelde storting van de bijdragen.

    Die volgende interessante bespreking het gevolg: Die Skriba (Van Belkum) sal dit met droefheid aanneem, maar voel hom beswaard oor die lankmoedigheid. Broeder L.L. Steen (Pretoria) hoop dat daar nou meer samewerking sal wees. Broeder A.D.W. Wolmarans steun die voorstel in die hoop dat daar nou meer samewerking sal kom, 'n lid van 'n vergadering mag hom nie teen 'n besluit verset nie. Dominee F.S. du Toit vind die beginsel van die punt verkeerd, dit sal sleg werk. Hy vrees vir die morele invloed van hierdie besluit. Dit sou beter gewees het om te sê ons sal probeer om die agterstallige aan te suiwer. Hy stel voor om die punt af te keur, sekondant ouderling Klazinga van Lichtenburg. Broeder Steen stel voor as amendement: waar dit blyk dat dit onmoontlik is om die agterstallige gelde vir die kweekskool inbetaal te kry, sal die agterstallige bedrag nie as skuld gereken word nie, sekondant N. van Dyk. Broeder W.J. Basson sekondant J.H. Vorster stel voor dat punt (VII) goedgekeur word. Dit is met 'n groot meerderheid aanvaar.

    VIII. Ten slotte is uwe Kom van oordeel dat zo bovenstande voorstellen zullen worden aangenomen, en predikanten en kerkraadsleden en gemeenteleden hartelik samenwerken het beginsel door de Alg Verg neergelegd in 1909 zal worden verwerklikt tot opbouw en instandhouding v onse Ned Herv Kerk. En zij meent dat het de heilige plicht is van ieder voorganger in de Ned Herv Kerk de bloei en welvaart van die Kerk in deze te bevorderen.

    Nadat hierdie verslag in sy geheel aanvaar is met die kleiner wysigings, is die verslag van die Kuratorium gestel en aanvaar. Daaruit het geblyk dat tot einde Junie 1912 van gemeentes £804.16.7 ontvang is vir die kweekskoolfonds, en dat die gemeentes Zoutpansberg, Waterberg, Lydenburg, Ermelo, Oosrand, Makwassie en Wolmaransstad niks bygedra het nie. Van Rustenburg is een enkele halfkroon (2/6) ontvang. Die verslag meld ook dat die fonds 'n bedrag van £1169.17.7 ontvang het as 'n skenking uit die Ambagskoolfonds, met toestemming van 'n kommissie in Holland. Volgens 'n mededeling van professor S.P. Engelbrecht aan skrywer hiervan is die Ambagskoolfonds gestig om gelde in bewaring te hou wat in Europa geskenk is vir gebruik in die gewese Zuid-Afrikaanse Republiek, sodat die Britse owerheid nie daarop beslag kon lê nie. Generaal Louis Botha en ouderling A.D.W. Wolmarans was onder andere trustees van die fonds. Ingesluit by die verslag van die Kuratorium was 'n huishoudelike reglement.

    15 Desember 1912

    Dominee Van Belkum skryf in De Hervormer:

    In de kwestie der opleiding is een zeer hoog idealisties standpunt ingenomen. Of het nu aangenomen besluit uitvoerbaar zal blijken, is bij mij zeer twijfelachtig... Maar laat ons wachten en hope...

     

    1913

    28 Januarie 1913

    Die Kuratorium vergader. Teenwoordig was dominees C.W. du Toit, Jac van Belkum, H.C.M. Fourie, en die ouderlinge D.J. Bodenstein, W.J. Basson, G.J. Engelbrecht, A. van den Broek, J.A. Malherbe. Afwesig was A.D.W. Wolmarans. Dominee Van Belkum is as voorsitter en dominee Fourie as skriba gekies. Ouderling Malherbe het tesourier gebly. Aandag is gegee aan 'n skrywe van S.P. Engelbrecht wat deur die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering na die Kuratorium verwys is, en hy is aangeraai om in elk geval die voorbereidende klasse te Potchefstroom nog te volg en indien moontlik die intermediêre eksamen te doen. Naas behandeling van die skrywes van enkele ander voornemende studente is die vraag deur die voorsitter gestel of die Kuratorium nie aandag moet gee aan die besluit van die Algemene Kerkvergadering oor opleiding aan 'n universiteit nie. Daar is besluit om dit aan die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering oor te laat.

    Die Kuratorium besluit om Strydom in Leiden te laat en hom soos vroeër te ondersteun. [Self het dominee Strydom jare later vertel hoedat by sy proponentseksamen, wat plaasgevind het op 30 Julie 1914, ouderling A.D.W. Wolmarans gevra het: 'Meneer de kandidaat, en wat denkt u van de uitverkiesing?' Hy het vertel dat hy op 'n manier geantwoord het, maar, het hy bygevoeg, 'vandag sou ek gewoonweg gesê het ek weet daar niks van nie'. Dominee Strydom was die enigste van die kerk se predikante wat sy teologiese opleiding in Leiden gehad het, en hy het inderdaad iets van 'n vrysinnigheid oorgehou wat hom goed te pas gekom het toe hy die laaste tien jaar van sy bediening die kerk in die destydse Suid- en Noord-Rhodesië moes probeer opbou.]

    17 April 1913

    Op sy volgende vergadering het die Kuratorium weer 'n skrywe van S.P. Engelbrecht behandel en is besluit om hom mee te deel dat dit nie moontlik sal wees om reeds die volgende jaar te begin met 'n eie teologiese opleiding nie, dat aangesien hy van plan is om na Europa te gaan vir verdere studie hy alleen die literariese klasse in Potchefstroom moet volg, en dat die Kuratorium hom met £50 per jaar sal ondersteun solank die kerk se eie opleiding nog nie begin het nie. Daar is bygevoeg dat indien die studente P.J.J. Venter en Muller dieselfde planne het, dit ook vir hulle sal geld. Venter het daarna aansoek gedoen om 'n studiebeurs, wat toegestaan is. In die voorafgaande jare is daar telkens by gemeentes en lidmate geld ingesamel ter ondersteuning van student Venter.

    15 Julie 1913

    In De Hervormer skrywe dominee J.J. Kuhn dat die Algemene Kerkvergadering van 1912 gedwaal het deur af te sien van 'n kweekskool ten gunste van universitêre opleiding, dit in die lig van die konsepwet op hoër onderwys wat gepubliseer is en wat nie voorsiening gemaak het vir Teologie nie. Dominee Kuhn stel dan voor dat 'n buitengewone Algemene Kerkvergadering opgeroep word om die besluit van 1912 te hersien en opdrag te gee dat met die Kweekskool op Stellenbosch onderhandel word oor die benoeming van 'n professor vir en op koste van die Nederduitsch Hervormde Kerk vir die onderrig in Eksegese en Dogmatiek.

    10 September 1913

    Die Kuratorium neem kennis van 'n skrywe van twee Utrechtse professore, Visscher en Van Leeuwen, gedateer 09 April 1913, waarin hulle die volgende aanbod maak:

    De hoogleraren in de Godgeleerdheid aan de Rijks-Universiteit alhier verklaren zch gaarne bereid zich aan het lot van hen die uit Z.Afrika naar hier overkomen om theologie te studeren, te laten gelegen liggen, toezicht te houden op hunne studie, en hun daarin zoveel doenlijk behulpzaam te zijn. Wij zijn in verband hiermede zoo vrij U in overweging te geven dat Uwe Synode aan de hoogleraaren bovenbedoeld te weten Prof dr SD van Veen, Prof dr H Visscher, Prof dr JAC van Leeuwen en Prof dr A Noordtzij verzoeke, den studenten die zich voorstellen tot den dienst des Woords in de Ned Hervormde Kerk in Z Afrika toegelaten te worden, onderwijs te geven in die vakken welke voor dergelijke voorbereiding vereischt worden.

    Daar is besluit om navraag te doen oor die voorwaardes, en die Utrechtse professore het in 'n skrywe gedateer 22 Desember 1913 geantwoord dat die onderrig Kerkgeskiedenis, Dogmatiek, Bybelse Teologie en Praktiese Teologie sou omvat en dat hulle 'n voorstel afwag oor 'n jaarlikse vergoeding vir die professore. Na verder korrespondensie is ooreengekom dat die vakke Dogmatiek, Bybelse Teologie, Christelike Etiek, Dogmengeskiedenis, Geskiedenis van die Gereformeerde Kerkreg en Praktiese Teologie sou wees en is die vergoeding vasgestel op £250 per jaar aan die professore, met dien verstande dat dit sou verval wanneer daar nie studente is nie. Hierdie reëling het reaksie gebring van die kant van die Nederlands Zuid-Afrikaanse Verening. Die voorsitter en sekretaris, doktor J.W. Pont en doktor N. Mansvelt, het in 'n skrywe van 19 Oktober 1915 daarop gewys dat dit heeltemal onnodige uitgawes was omdat die kerklike opleiding daar volledig gereël is en Suid-Afrikaanse studente op die gewone wyse hulle proponentseksamen kon doen. Die Kuratorium is ook verwyt dat hulle nie die regte weg gevolg het in dié saak nie. Ná hierdie berig het die Kuratorium die ooreenkoms met die Utrechtse professore gekanselleer.

     

    1914

    12 Februarie 1914

    In 'n gesamentlike sitting van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering en die Kuratorium is 'n reglement vir toelating tot die kweekskool en tot die amp van Evangeliedienaar aanvaar. Die reglement lui:

    Art 74 Om toegelaten te worden tot de Theologische school van de Nederduitsch Hervormde Kerk moet een bewijs worden voorgelegd dat het Matriculatie-examen der Kaapsche Universiteit met insluiting van Grieksch en Duitsch is afgelegd en dat de applicant behoort tot de Nederduitsch Hervormde Kerk.
    Art 75 De studie aan de Theologische School omvat de volgende vakken:

    A. Voor het voorbereidend Examen:

    I. Hebreeuwsch 1 jaar
    II. Grieksch (Koine) 1 jaar
    III. Encyclopedie der Christelijke Theologie

    B. Candidaats Examen 1ste deel:

    I. Uitlegging van het Oude Testament 2 jaar
    II. Geschiedenis van de leer aangaande God 1 jaar
    III. Geschiedenis der Godsdiensten 2 jaar

    C. Kandidaats Examen 2e deel:

    I. Wijsbegeerte van de Godsdienst 3 jaar
    II. Uitlegging van het Nieuwe Testament 3 jaar
    III. Kerkgeschiedenis 2 jaar

    D. Kerkelijk Examen:

    I. Dogmatiek 3 jaar
    II. Bijbelsche Godgeleerdheid 2 jaar
    III. Christelijke Ethiek 1 jaar
    IV. Geschiedenis van het Gereformeerd Kerkrecht
    V. Dogmengeschiedenis 1 jaar
    VI. Praktische Godgeleerdheid 1 jaar

    Art 76 Om tot de Evangeliebedieninbg in de Nederduitsch Hervormde Kerk te worden toegelaten zal de Candidaat nog een Proponents-examen moeten afleggen voor de Examen-commissie. Dit geld ook voor hen die in Holland het examen art 75D hebben afgelegd.

    Dit examen omvat:

    I. Bijbelsche Geschiedenis
    II. Praktiese Godgeleerdheid
    III. Kerkrecht van die Nederduitsch Hervormde Kerk in Zuid-Afrika
    IV. Uitlegging van het Oude en Nieuwe Testament
    V. Poefpreek in te leveren by de Examen Commissie

    15 Maart 1914

    Blykens 'n skrywe van dominee Van Belkum in De Hervormer oor die fonds vir behoeftige studente was daar op dié stadium die volgende studente van die Kerk: S.J. Strydom in Leiden, S. Vermooten en S.P. Engelbrecht in Utrecht, P.J.J. Venter en Taljaard uit Lichtenburg en D.J. Dreyer uit Greylingstad in Potchefstroom. Die fonds vir behoeftige studente, wat deur dominee Van Belkum en dominee Brandt geadministreer is, was spesifiek bedoel vir jongmanne wat nog nie Matriek gehad het nie en wat graag predikant wou word. Ons kan dus aanneem dat Taljaard en Dreyer besig was met die studie vir Matriek.

    20 Mei 1914

    Die Kuratorium spreek sy afkeuring uit oor 'n skrywe van ouderling A.H. Koomans van Potchefstroom in De Hervormer van15 Januarie 1914 waarin hy die Kuratorium verwyt dat hy nog niks gedoen het om die kweekskool tot stand te bring nie en nogal sterk taal gebruik:

    Het is een allertreurigst zaak. Predikanten en ouderlingen, de fondamenten der Kerk, geven een voorbeeld als deze. Ze geven geen uitvoering van de besluiten hun door de Algemene Vergadering opgedragen. Ze zijn geïnspireerd door de duivel, welke hun inblaast: Houdt die Kerk tegen, breekt hem af.

    18 Junie 1914

    Die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering gee aandag aan die skrywe van die Kuratorium oor die brief van Koomans in De Hervormer, en dominee Van Belkum as redakteur onderneem om in die toekoms noulettender aandag te gee aan dergelike uitdrukkings in korrespondensie. Ouderling Koomans het ook die gewraakte woorde teruggetrek in De Hervormer van 15 Mei 1914.

    Die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering het op dieselfde vergadering kennis geneem van briewe van student S.P. Engelbrecht in Utrecht waarin hy meld dat daar in Utrecht studente is wat graag wil oorkom na die Nederduitsch Hervormde Kerk, maar teen hulle waarsku omdat onder hulle persone is wat heeltemal ongeskik is. Die Kommissie het besluit om Engelbrecht te bedank vir sy belangstelling en om die name van die jongmanne wat met medewete en goedkeuring van die Kommissie in Utrecht studeer aan die professore in Utrecht deur te gee.

     

    1915

    29 Julie 1915

    S. Vermooten word gelegitimeer na voltooiing van sy studie in Utrecht en na 'n proponentseksamen voor die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering.

     

    1916

    16 Mei 1916

    Op die 37ste Algemene Kerkvergadering is dominee L.E. Brandt gekies as voorsitter, met doktor J.H.J.A. Greyvenstein as secundus. Doktor Greyvenstein is in 1914 bevestig as predikant van Pretoria nadat hy die beroep daarheen aangeneem het uit die Nederduits Gereformeerde Gemeente Sutherland. As skriba is verkies dominee Jac van Belkum, met dominee H.C.M. Fourie as sekundus. Dit val op dat albei die sekunduslede so kort na hulle toetrede tot die kerk reeds in die betrokke hoedanighede verkies is, dominee Fourie reeds in 1912, twee jaar na sy bevestiging in Bronkhorstspruit, en doktor Greyvenstein nou ook twee jaar na sy bevestiging in Pretoria. Naas Greyvenstein het nog twee predikante die eerste keer sitting geneem: S.J. Strydom wat op 10 Oktober 1914 georden is as predikant van Krugersdorp nadat hy uit Leiden teruggekeer het, en S. Vermooten wat sy studie in Utrecht afgehandel het en op 17 Oktober 1915 georden is op Zeerust. [Intussen het die rebellie plaasgevind, en twee predikante van die kerk was daarby betrokke. Dominee H.C.M. Fourie het op 25 Oktober 1914 sonder kennisgewing aan sy kerkraad aangesluit by die rebellekommando van generaal Chris Muller en is verkies as kommandant. Op 05 November is hy gewond in 'n geveg naby Bronkhorstspruit en gevange geneem. Hy is veroordeel tot twee jaar gevangenisstraf en £250 boete. Hy het meer as 'n jaar in die tronk deurgebring, en is op parool vrygelaat met Kersfees 1915. Dit val op dat hy so gou na sy vrylating weer verkies is as sekunduslid van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering. In sy gemeente het sy optrede diepgaande verskille gewek wat vir jare sou voortduur. Dominee J.J. Kuhn van Lichtenburg aan die ander kant het aangesluit by die regeringsmagte as veldprediker en ook dit het gelei tot ernstige probleme in sy gemeente wat eers bedaar het nadat hy in Oktober 1915 'n beroep aangeneem het na Zwartruggens.]

    Later in die vergadering is dominee K.T. van den Heever as predikantlid van die Kommissie verkies, met dominee J.J. Prinsloo as secundus. Kennis is geneem dat dominee F.S. du Toit intussen oorlede is.

    Die verslag van die Kuratorium is voorgelê op 17 Mei. Die Kuratorium kon nie die besluit van die vorige vergadering uitvoer nie omdat daar nog nie 'n universiteit was nie, maar die Wet op Hoër Onderwys was nou aangeneem, en daarom het die Kuratorium opdrag gevra om te onderhandel oor die benoeming van 'n hoogleraar deur die kerk, besoldig deur die staat. In geval dit sou blyk dat die regering nie instem nie of dat die universiteit eers in die verre toekoms 'n werklikheid sou kon word, het die Kuratorium opdrag gevra om met die Kweekskool van die Gereformeerde Kerk op Potchefstroom te onderhandel oor benoeming en besoldiging van 'n hoogleraar deur die Nederduitsch Hervormde Kerk.

    Op voordrag van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering is op die Kuratorium verkies dominees C.W. du Toit, L.E. Brandt, Jac van Belkum, H.C.M. Fourie en ouderlinge A.D.W. Wolmarans, A. van den Broek, J.A. Malherbe, W.J. Basson en G.J. Engelbrecht (van Standerton). Ouderling D.J. Bodenstein is in 1914 oorlede.

    Die Kommissie oor die Opleiding van Predikante wat uit die vergadering benoem is om te rapporteer oor alle sake insake die opleiding het bestaan uit doktor J.H.J.A. Greyvenstein, voorsitter, dominee H.C.M. Fourie, skriba, L.E. Brandt, S. Vermooten en ouderlinge C.L. Engelbrecht (Lichtenburg), F.G. Wolmarans (Standerton), N.M. Prinsloo (Erasmus), J.N. Roets (Erasmus) en F.A. Smit (Pretoria).

    Die rapport is voorgelê op 23 Mei. Die voorstel van die Kuratorium oor opleiding aan die Universiteit is aanbeveel, met 'n minderheidsrapport van dominee S. Vermooten wat soos volg gelui het:

    Aangezien echter het noodlottige gevolgen kan hebben voor onze kerk zich aan eene op te richten Universiteit, waarvan ons de geest nog onbekend is te binden, beveel ik aan dat de Algemene Vergadering overga tot aanname van de tweede aanbeveling van de Kuratorium nl om het Curatorium te machtigen in overleg te treden met het Kuratorium de Gereformeerde Kweekschool te Potchefstroom om van wege onze kerk aan die school voorlopig een Hoog Leeraar te benoemen door ons gesalarieerd die in verbinding met haar Hoogleeraren onze studenten zal opleiden tot de Evangelie bediening.

    Die notule meld dat daar baie diskussie gevoer is oor hierdie sake. Sommige was bevrees vir 'n verkeerde gees aan 'n staatsuniversiteit, sommige was van mening dat dit nie seker is dat die universiteit in Pretoria sal kom nie, en as dit kom, daar dan plek vir 'n teologiese fakulteit sou wees nie, ensovoorts. Uiteindelik is die eerste voorstel van die Kuratorium aanvaar en die minderheidsrapport naelskraap verwerp met 33 teenoor 28 stemme.

    By die Transvaal University College was daar teen dié tyd reeds openheid teenoor die gedagte van 'n teologiese fakulteit. Twee dosente wat albei lede was van die Nederduitsch Hervormde of Gereformeerde Kerk, professore W.P. de Villiers en D.F. du Toit Malherbe, het met die medewete en goedkeuring van die rektor, professor A.C. Paterson, die destydse Minister van Onderwys, advokaat F.S. Malan, genader vir goedkeuring van 'n teologiese fakulteit. Die Minister was die gedagte goedgesind. Die sinode van die Nederduitsch Hervormde of Gereformeerde Kerk was egter nog nie te vinde vir deelname nie.

    15 Junie 1916

    Die Raad van die Transvaal University College het op voorstel van doktor F.V. Engelenburg besluit om die Hervormde Kerk te nader en te verneem of die kerk sou saamwerk in die stigting van 'n teologiese fakulteit. Doktor Engelenburg het opdrag gekry om namens die Raad met die kerk in verbinding te kom.

    20 Julie 1916

    Na verslag van doktor Engelenburg besluit die Raad van die Transvaal University College om aan die verskillende kerke te skryf, hulle in te lig oor die skema wat oorweeg word en uit te vind hoe ver hulle wil saamwerk.

    27 Julie 1916

    Die Kuratorium het op sy eerste byeenkoms ná die Algemene Kerkvergadering as voorsitter verkies dominee Jac van Belkum, as skriba dominee H.C.M. Fourie en as kassier ouderling J.A. Malherbe. Die notule lui verder:

    De voorzitter stelt aan de orde twee brieven van DR FV Engelenburg handelende over de mogelikheid ener Theol opleiding aan de Universiteit te Pretoria. De voorzitter en ds Brandt hadden van te voren een gesprek gehad met Dr Engelenburg over deze zaak en lichten daaromtrent de vergadering in. Ook Dr Greyvenstein geeft enige toelichting op versoek van de voorz. Na breedvoerige besprekingen werd met algemene stemmen besloten: om met de Universieitsraad in overleg te treden om uit te vinden in hoeverre 't Kuratorium met gunstige voorwaarden een Theol Opleiding voor onze studenten aan de Universiteit van Pretoria kan vestigen. Om met de Universiteitsraad te korresponderen, nadere informatie in te winnen etc etc werd een Subcommissie

     

     

    DOI: 10.4102/hts.v66i3.916