SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.66 número3Deur die voorsitter van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering van die Nederduitsch Hervormde Kerk van AfrikaDeur die voorsitter van die Hervormde Dosentevergadering índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


HTS Theological Studies

versão On-line ISSN 2072-8050
versão impressa ISSN 0259-9422

Herv. teol. stud. vol.66 no.3 Pretoria Jan. 2010

http://dx.doi.org/10.4102/hts.v66i3.945 

VOORWOORD

 

Deur die voorsitter van die Kuratorium vir Teologiese Opleiding

 

 

 

Dit is 'n besondere voorreg om die eerste 100 jaar van die teologiese opleiding van die Nederduitsch Hervormde Kerk op 'n gepaste wyse met hierdie publikasie te gedenk. Min van die gekiedenis was behoorlik geboekstaaf of selfs bekend en ons is dankbaar dat professor J.P. Oberholzer gewillig was om die taak op hom te neem. Soos die bronne ontsluit is, het die projek gegroei. Wat aanvanklik bedoel was as 'n koffietafelboek, het gegroei tot 'n volwaardige stuk geskiedskrywing.

Hierdie geskiedenis van die Kuratorium van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika is 'n kosbare kleinood. Vir die eerste keer is die magdom inligting in een bron versamel. Die notules en dokumente van verskeie instansies (byvoorbeeld die Kuratorium, die Algemene Kerkvergadering, die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering, die Raad en Senaat van die Universiteit van Pretoria, die Dosentevergadering van die Fakulteit Teologie) word met mekaar in gesprek gebring. Die werk beskik oor 'n indeks en lyste van persone van belang vir maklike verwysing.

Die kroniek-styl van die publikasie is iets besonders. Die storie van die Kuratorium vorm deel van die breër verhale van die Nederduitsch Hervormde Kerk, die Universiteit van Pretoria en die Fakulteit Teologie met as fokuspunt die opleiding van die Kerk se predikante.

Die menslikheid van die Kerk se geskiedenis kom duidelik na vore in die verhaal. Professor Oberholzer deins nie daarvan terug om ook die skadukant weer te gee nie. Die ongemak wat gepaard gaan met die eerlikheid oor mislukkings en menslike flaters, verleen geloofwaardigheid aan die projek.

Dit is prakties onmoontlik om alles in die notules weer te gee. Subjektiewe keuses is noodwendig deel van die proses van seleksie. Hierdie kroniek is egter myns insiens 'n omvattende versameling wat die belangrikste temas in die geskiedenis van die afgelope 100 jaar verhelder.

Geskiedskrywing lewer 'n bydrae tot die huidige tyd. Dit is deel van die tydsgees dat niks so belangrik is soos die hede nie. Die verlede, wat oop is vir meerdere interpretasies, is dikwels 'n verleentheid. Die toekoms is duister en ongevormd. Mense gaan derhalwe op in die 'nou', wat dikwels as onsamehangende staccato episodes ervaar word. Daarteenoor bied die geskiedenis 'n groter perspektief. Hoe meer die hede gesien word binne die groter samehang met die verlede, hoe meer sinvol word die 'nou'. Hierdie kroniek kan bydra tot groter begrip vir huidige tendense.

'n Besondere waarde van die kroniek is dat dit die eenheid van denke, selfs oor tyd heen, aandui. Hoewel daar al om die drie jaar 'n nuwe Kuratorium verkies word, word kontinuïteit tog gehandhaaf deur mense wat die vaandel van een Kuratorium na die volgende oordra.

Hierdie publikasie word met groot dankbaarheid aangebied deur die Kerk aan almal, en in die besonder historici, wat die verlede en die hede beter wil verstaan. 'n Besondere woord van dank aan professor J.P. Oberholzer vir sy toegewyde en deeglike werk. Ons dank en eer alle lede van die Kuratorium vir die 100 jaar van diens. Mag ons arbeid altyd tot eer van die Here wees.

 

 

DOI: 10.4102/hts.v66i3.945

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons