SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.64 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


HTS Theological Studies

On-line version ISSN 2072-8050
Print version ISSN 0259-9422

Herv. teol. stud. vol.64 n.1 Pretoria Mar. 2008

 

Die Universiteit van Pretoria se eeufeesviering in 2008: Woorde van gelukwense deur die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika

 

 

Die Kerkhervorming van die ses-tiende eeu was 'n belangrike stimulus vir akademies-universitêre opleiding van predikante. Die ontstaan van die oudste universiteite in Europa is ten nouste verweef met teologiese fakul-teite. In sommige gevalle het universi-teite gegroei vanuit 'n aanvanklike teologiese fakulteit. Die honderd jaar se geskiedenis van die Universiteit van Pretoria (UP) reflekteer ook iets van die verbondenheid van teologiese opleiding met UP. Van die honderd jaar was die Nederduitch Hervormde Kerk van Afrika (NHKA), vanaf die vestiging van 'n teologiese fakulteit in 1917, verbonde aan die Universiteit van Pretoria.

Die NHKA is dankbaar vir die geleentheid en ruimte wat UP reeds vir een en negentig jaar aan ons bied om ons predikante hier te mag oplei. Vir die Hervormde Kerk was en is teo-logiese opleiding aan 'n universiteit nog altyd 'n ononderhandelbare saak. Naas die skoling in kritiese teologie-beoefening aan 'n teologiese fakulteit, is die blootstelling aan 'n breër akade-miese milieu onontbeerlik vir die vorming van predikante. Ons is dank-baar en trots om te kan sê dat al die diensdoende predikante van die NHKA hulle opleiding aan UP ont-vang het.

Die Universiteit van Pretoria het nog altyd, plaaslik en internasio-naal, vir akademiese uitnemendheid bekendgestaan. Die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika is juis daarom bevoorreg dat die teologiese opleiding van ons voornemende pre-dikante aan UP mag plaasvind. Ge-durende die afgelope honderd jaar het die kundigheid van UP se alumni 'n ontsaglike bydrae gelewer in die ontwikkeling van Suid-Afrika. Die NHKA se teologiese kundigheid het ook gebaat deur aan UP gebind te wees. Krities-wetenskaplike denke en navorsing is die bron van kundigheid wat essensieel is vir die uitdagings van die toekoms. Net so is weten-skaplike teologiebeoefening aan 'n Universiteit 'n sine qua non vir die relevansie van die kerk in die toe-koms. Die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika wens die Universiteit van Pretoria geluk met 'n trotse geskiedenis en talle uitnemende aka-demiese prestasies gedurende hier-die honderd jaar. Met hierdie fees-bundel van HTS Teologiese Studies wil ons 'n bydrae tot die Jubileum lewer. Ons is dankbaar dat ons vir een en negentig jaar deel kon wees van hierdie trotse tradisie van die Universiteit. Ons hoop en bid dat hierdie verbintenis nog lank sal kan voortduur.

 

 

Prof dr T FJ Dreyer, Voorsitter van Kommisie van die Algemene Kerk-vergadering van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika.

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License