SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.64 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


HTS Theological Studies

On-line version ISSN 2072-8050
Print version ISSN 0259-9422

Herv. teol. stud. vol.64 n.1 Pretoria Mar. 2008

 

Huldigingsvoorwoord tot die feesbundel opgedra aan prof dr C R de Beer, Viserektor, Universiteit van Pretoria, by geleentheid van die Univer-siteit van Pretoria se eeufees-viering

 

 

Dit is vir die Redaksie van die HTS Teologiese Studies 'n besondere voorreg om in hierdie jubileumjaar van die Universiteit van Pretoria, 'n feesuitgawe aan Prof dr C R de Beer, viserektor en onder andere verant-woordelik vir die Fakulteit van Teolo-gie, op te dra.

Prof De Beer se betrokken-heid by die Fakulteit dateer terug tot Junie 1995 toe hy die verantwoorde-like viserektor vir die destydse twee Fakulteite van Teologie geword het. Vir al die betrokkenes was en is dit 'n gelukkige keuse. Sy heilsame rol in die samesmelting van die twee fakulteite (Afdelings A & B) agt jaar gelede, kan nie onderskat word nie. Sy juridiese nugterheid en professio-nele bestuursvaardigheid, tesame met sy sensitiwiteit vir die kerk en die kerk se waardes, het die basis gelê vir die destydse ooreenkoms en wat daarop gevolg het.

Prof Chris de Beer het deur die jare getoon dat die wetenskaplike beoefening van teologie hom na aan die hart lê. Die taak van 'n Fakulteit Teologie is vir hom dus geen ideolo-giese afrigting nie, maar die be-hoorlike beoefening van kritiese wetenskap. Onder sy leiding het die Fakulteit Teologie aan die Universiteit van Pretoria een van die voortreflikste teologiese opleidings in Suid-Afrika geword. Die Universiteit van Pretoria se strategiese leuse van internasio-naal kompeterend en plaaslik rele-vant, is onder sy bekwame bestuur doelbewus deur die Fakulteit Teologie uitgebou. En hierin het die HTS Teologiese Studies 'n belangrike rol gespeel. HTS word internasionaal by al die belangrikste indekse vir hierdie genre gelys.

Die Fakulteit Teologie aan die Universiteit van Pretoria is 'n veelkerklike fakulteit. Dit beteken dat daar meer as een vennoot betrokke is en dat daar boonop nagestrewe word om ook toenemend vennote te betrek. Voortdurende gesprekke en onder-handelings is gevolglik ook aan die orde. Dit is juis in hierdie opsig waar die plaaslike relevansie van die Fakulteit Teologie ter sprake kom. Prof Chris de Beer fasiliteer aan die Universiteit van Pretoria juis daardie aksies wat hierdie multikulturele ka-rakter ondersteun en uitbou. Alleen so kan 'n universiteit 'n bydrae maak tot die land waarin akademici leef en werk.

HTS Teologiese Studies is geëerd dat prof De Beer hom met die Fakulteit Teologie in die algemeen en hierdie vakjoernaal in die besonder, assosieer. Mag hierdie verbintenis lank duur!

HTS Teologiese Studies wens ook die Universiteit van Pretoria geluk met die een honderdste ver-jaarsdag wat amptelik 08 Februarie 2008 gevier is. Mag UP - in die woorde van Generaal Jan Smuts 'n honderd jaar gelede - vir Suid-Afrika word wat die Universiteit van Oxford vir die Verenigde Koninkryk geword het!

 

VERKORTE CURRICULUM VITAE: PROF C R DE BEER

Prof C R de Beer matrikuleer aan die Lichtenburgse Hoërskool en behaal die volgende tersiêre kwalifikasies:

BJur et Art (PU vir CHO)
LLB (cum laude) (PU vir CHO)
LLM (RAU)
LLM (UWK)
Drs Juris (Leiden)
LLD (Leiden).

Prof De Beer is toegelaat as Advokaat van die Hoërhof van Suid-Afrika en het in hierdie hoedanigheid vir 'n tydperk deeltyds gepraktiseer.

Hy beklee voorts die volgende akademiese en bestuursposte, by onderskeidelik die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onder-wys en die Universiteit van Pretoria:

Professor en Hoof van die Departe-ment Handelsreg (PU vir CHO)
Adjunkdekaan: Fakulteit Regte (PU vir CHO)
Dekaan: Fakulteit Regte (PU vir CHO)
Registrateur (UP)
Viserektor (UP).

Prof De Beer is outeur en mede-outeur van 'n aantal vakwetenskaplike publikasies en het verskeie buite-landse studie- en inligtingsreise onder-neem. Hy het in verskillende hoeda-nighede wye bestuurs- en finansiële ervaring opgedoen.

As Viserektor van die Universi-teit van Pretoria is prof De Beer ver-antwoordelik vir 'n aantal fakulteite in die Geesteswetenskappe, Studente-aangeleenthede, Menslike Hulpbron-ne, Koshuisaangeleenthede en Ak-kommodasie, Veiligheidsdienste, die Mamelodikampus en verskeie spe-siale projekte.

Prof De Beer is lid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Weten-skap en Kuns en van die Academy of Science of South Africa.

 

 

J Buitendag
Voorsitter van die Redaksie van HTS Teologiese Studies
Universiteit van Pretoria

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License