SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.103 número10 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


SAMJ: South African Medical Journal

versão On-line ISSN 2078-5135
versão impressa ISSN 0256-9574

SAMJ, S. Afr. med. j. vol.103 no.10 Pretoria Jan. 2013

 

OBITUARIES

 

Isabel Scholtz (née Hough)

 

 

Flip Snyman

Zambezi Aftree-Oord, Sinoville, Pretoria flipjnh@vodamail.co.za

 

 

 

Isabel is skielik op 8 Mei 2013 oorlede a.g.v. 'n hartprobleem. Sy is gebore in die Paarl, en na haar skooldae gaan sy in 1953 na die Universiteit van Pretoria met die idee om vir 'n BCom-graad te studeer. Haar oom, Jantjie, self 'n algemene praktisyn, oorreed haar om geneeskunde te studeer. Sy kwalifiseer in 1958 as geneesheer en bly aan as huisdokter in die ou H F Verwoerd Hospitaal. In 1961 word sy aangestel as senior huisdokter onder Professor Davel. Sy sluit aan by die 'kwartet' van Zip Scholtz (haar man) en jarelange vriende Koos Louw en Flip Snyman. Ons groepie gaan na Pietersburg Hospitaal as senior huisdokters. Dit was heerlike dae, to dat Isabel 'n 'lewerkwaal' ontwikkel het, volgens Zip se diagnose. Hierdie leweraandoening was toe 'n normale swangerskap, en Zip en Isabel se eersteling Hendrik Scholtz is gebore. Hendrik het in sy ma en pa se voetspore gevolg en in geregtelike patologie gespesialiseer, en is vandag deel van 'n internasionale mediese geregtelike groep in Singapoer.

Ná Pietersburg, gaan Zip, Isabel en ek, vol hoop vir die toekoms, na 'n plekkie met die naam Carolina in die ou Oos-Transvaal. Die water was toe nog skoon, in oorvloed en drinkbaar. 'n Konsultasie was daardie dae R1.25. Geldnood het geknyp, maar ons het Isabel gehad en sy het gaan locum om vir ons kos op die tafel te sit. Die eerste paar maande was die inkomste so karig dat die Scholtze en Snymans net een huis kon bekostig - totdat die ouderling ons daarop wys dat dit nie op die platteland aanvaar word nie. Die liewe Vader help ons, en teen 1962 het dinge begin goed gaan. Saam met Isabel bou ons 'n reuse praktyk op. Ons praktiseer byna 10 jaar op Carolina. Heerlike jare! Daar word Isabel en Zip se gesin groter, en Nellie en Cornelia word gebore.

Die akademie roep en almal gaan spesialiseer - Isabel in diagnostiese radiologie met sonar as hoofrigting. Sy sluit aan by Professor Pieter de Villiers se praktyk by die Eugene Marais Hospitaal in Pretoria. Hier bou Isabel 'n wêreldbekende sonar-praktyk op waar sy werk tot haar aftrede 'n paar jaar gelede.

Vir die kinders, Hendrik, Nellie en Cornelia, wil ek net sê dat ons baie lief is vir julle en net so trots is op julle soos wat jul ma was. Jul moeder en vader was twee besonderse mense. Vir die kleinkinders, julle ouma was 'n engel! Ons gaan haar mis!

Isabel se gunsteling gesegde was: 'Die lewe is 'n tuin! Daar is van pragtige rose tot distels en dorings.'

Cheers, Isabel, ons pragtigste roos! Ons is op pad!

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons