SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.103 número7The scramble for influenza vaccine in 2010Emergency centres lack defibrillator knowledge índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


SAMJ: South African Medical Journal

versión On-line ISSN 2078-5135
versión impresa ISSN 0256-9574

SAMJ, S. Afr. med. j. vol.103 no.7 Pretoria jul. 2013

 

OBITUARIES

 

Francois Johannes Andries Smit

 

 

Op Oujaarsnamidddag 2012, sterf Frans skielik aan 'n ruptuurde aorta aneurisme, en ontstaan daar 'n groot leemte in sy gesin en in dermatologiese kringe in Namibia waar hy die enigste voltydse dermatoloog was.

Frans is op 10 Junie 1934 op die plaas Louisville in die Koringbergdistrik gebore. Dit word vertel dat sy Tannie Lenie die nag van die bevalling met 'n gramafoon langs sy ma se bed gesit het en musiek gemaak het totdat hy in die wêreld gekom het. Was dit dalk die voorspel tot sy latere liefde vir musiek? Sy moeder het gesterf toe hy maar 3 maande oud was.

In 1952 matrikuleer Frans aan Jan Malan Hoërskool op Koringberg waarna hy laboratorium tegnikus was by die De Hoek sementfabriek. In 1965 behaal hy die graad MB ChB aan die Universiteit van Stellenbosch. In 1965 beoefen hy sy internskap by Karl Bremer Hospitaal in Bellville, waarna hy tot 1974 as algemene praktisyn in Keetmanshoop en Clanwilliam gewerk het.

Frans was van jongs af lief vir vlieg en het gereeld sy ernstige siek pasiënte self na Kaapstad vervoer. Hierdie liefde het hy ook na sy dogters oorgeplaas.

Op 15 Januarie 1974 begin hy as kliniese assistant in die Departement Dermatologie by Tygerberg Hospitaal waar hy dan ook in Desember 1978 die graad MMed (Derm) aan die Universiteit van Stellenbosch behaal. Tydens sy jare as kliniese assistant in die Departement Dermatologie het ek vir Frans baie goed leer ken en het ons 'n jarelange vriendskap begin. Menige aande na 'n lang joernaalbespreking by Frans se huis, het hy ons met pragtige orrelspel vermaak; ook met saksefoon en klavier was hy vaardig.

Sy hele dermatologie loopbaan het hy in Windhoek beoefen waar hy staats sowel as privaat pasiënte hanteer het. 'n Meer pligs-getroue en toegeweide geneesheer aan sy pasiënte kon 'n mens nie in daardie geweste kry nie. Hy was dus baie gerespekteer deur sy kollegas en pasiënte in Windhoek en was nog steeds gereeld in kontak met sy kollegas en vriende in Suid Afrika. Hy het ook gereeld die jaarlikse dermatologie kongresse in Suid Afrika bygewoon en sodoende ook akademies met die ontwikkelinge in sy vakgebied bygebly. Frans het 'n baie groot liefde vir die natuurskoon in Namibia gehad, en menige van ons sal vir so lank ons lewe aangename herinneringe hê van safaris saam met hom deur die Koakoveld tot by die Kunenerivier.

Frans is op 16 November 1967 met Esna Baard op Malmesbury getroud en 2 dogters, Maryke en Hanlie, is uit die huwelik gebore. Ons simpatie gaan uit na Esna, Maryke, Hanlie en Geoff (skoonseun) en kleinkinders Andrea en Robin.

Dankie aan die Vader vir 'n geliefde vriend en pligsgetroue geneesheer wat ons baie sal mis.

 

Edgar Swart
Bellville, Kaapstad

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons