SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.102 número5A Pan-African clinical trials registry for the specific needs of triallists on the continentAdrenal suppression and Cushing's syndrome secondary to ritonavir and budesonide índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


SAMJ: South African Medical Journal

versión On-line ISSN 2078-5135
versión impresa ISSN 0256-9574

SAMJ, S. Afr. med. j. vol.102 no.5 Pretoria may. 2012

 

OBITUARIES

 

Jean ('Dokkie') Nel (20/04/1941 - 08/09/2011)

 

 

'Dokkie' is op 20 April 1941 in Utrecht, Natal, gebore. Hy en sy suster, Johanna, was 'n tweeling in 'n gesin van sewe kinders. Hy ontvang sy skoolopleiding aan die Laerskool Hendrina, en matrikuleer in 1958 aan die Hoërskool Ermelo. In 1959 doen hy sy nasionale diensplig by die Lugmag Gimnasium in Pretoria. In 1960 skryf hy in vir 'n BA-graad aan die Universiteit van Pretoria en kwalifiseer as onderwyser. Hy besef egter gou dat hy nie vir die onderwysberoep uitgeknip is nie. Daarna is hy vir 'n tydperk 'n vryskut-joernalis, voordat hy 'n beurs bekom en inskryf vir die graad MB ChB aan die Universiteit van Pretoria.

Hy voltooi sy studie as mediese dokter, en trou daarna met die liefde van sy lewe, Elmien. Hy doen sy hospitaaljaar by die Universitas Hospitaal in Bloemfontein, waarna hy direk begin met spesialisasie as ginekoloog/verloskundige. Hy behaal die graad MMed (O et G) in 1976, en verhuis kort daarna na Nelspruit, waar hy 'n privaat praktyk begin en vir die merendeel van 33 jaar praktiseer.

Hy was baie geliefd by vriende, kollegas en pasiënte. Hy was veral bekend as 'n buitengewoon vaardige vaginale chirurg. Sy liefde vir gholf, vir die see, en vir hoë-spoed ski-bote was wel bekend. Ek dink met groot deernis terug aan Tugela-riviermond, die Beach Buggy, die kreef, en veel meer. Hy was 'n passievolle gesinsman.

Dokkie sterf op 8 September 2011 in Nelspruit. Die standaard van sy professionele praktykvoering word nou deur sy seun Jean (Klein Jean) in die Laeveld voortgesit.

Elmien - aan jou en die drie kinders - sterkte en voorspoed. Ek dra ook die innige meegevoel oor van die oorblywende lede van die oorspronklike 'Groot vyf', waarvan Dokkie 'n baie gewaardeerde en geliefde lid was.

 

John Zaaijman
Middelburg
Oos-Kaap

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons