SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.101 issue10 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


SAMJ: South African Medical Journal

On-line version ISSN 2078-5135
Print version ISSN 0256-9574

SAMJ, S. Afr. med. j. vol.101 n.10 Pretoria Oct. 2011

 

FORUM
IN MEMORIAM

 

Marthinus Christiaan Olivier (24/05/1936 - 08/06/2011)

 

 

Martin is baie skielik na 'n kort siekbed in die Panorama Mediclinic oorlede en word oorleef deur twee broers, Steve en Louis, en 'n suster, Elsa. Ons wil graag ons meegevoel aan hulle betuig met die skielike heengaan van hul broer. Hy is begrawe op die familieplaas Remhoogte in die Clanwilliam-distrik, waar hy ook sy kinderjare deurgebring het.

Martin het in 1954 gematrikuleer aan die Hoёrskool Clanwilliam. In 1958 behaal hy die graad BSc Natuurwetenskappe - Landbou aan die Universiteit van Stellenbosch, waarna hy vanaf 1959 tot 1963 werksaam was by die Departement Landbou-Tegniese Dienste in Oos-Londen. Hierna registreer hy by die Universiteit van Toronto, Kanada, waar hy in 1964 die graad Master of Science in Agriculture (MSA) behaal. By sy terugkeer na Suid-Afrika sluit hy weer aan by die Departement Landbou-Tegniese Dienste.

Diep beïndruk deur die eerste hartoorplanting deur professor Chris Barnard in 1967, registeer hy in 1968 vir die graad MB ChB by die Universiteit van Stellenbosch en behaal hierdie graad in1973. In 1974 doen hy sy internskap by Tygerberg Hospitaal en daarna beklee hy verskeie mediese beampte-poste by hierdie hospitaal, totdat hy vir die MMed (Derm) registreer. In 1984 behaal hy hierdie graad aan die Universiteit van Stellenbosch. Vanaf 1985 tot en met sy dood werk hy as privaat praktiserende dermatoloog by Panorama Mediclinic.

Martin het 'n stil en rustige persoonlikheid gehad en sy vriende sal sy kenmerkende manier van praat en lag onthou. Hy was 'n stoere rugby-ondersteuner. Hy het ook sy liefde vir landbou behou en was baie geheg aan die wingerdplaas langs die Oranjerivier by Kakamas wat hy en sy broer Louis saam bedryf het.

Hy het altyd met groot respek teenoor my as sy leermeester opgetree en was bemind by sy pasiёnte, soos wat sommige van hulle sedert sy dood persoonlik aan my meegedeel het. Ek sal hom as kollega en goeie vriend nog vir lank mis.

 

Edgar Swart

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License