SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.99 número1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


SAMJ: South African Medical Journal

versión On-line ISSN 2078-5135
versión impresa ISSN 0256-9574

SAMJ, S. Afr. med. j. vol.99 no.1 Pretoria ene. 2009

 

SAMJ FORUM
IN MEMORIAM

 

Johan Gerber

 

 

 

Dr. Johan Gerber is op 4 September 2008 op 79-jarige ouderdom aan 'n koronêre trombose op Oudtshoorn oorlede.

Johan Abraham Gerber is op 12 November 1928 op Wolmaransstad gebore en was die vyfde van ses kinders. Hy was eers op Warrenton op skool, maar toe hy 10 jaar oud was, is sy vader oorlede en het sy oudste suster, Johanna, wat in Johannesburg gewoon het, hom daar grootgemaak.

Hy was 'n briljante student en het kort voor sy 16de verjaardag aan die Helpmekaar Hoër Seunskool gematrikuleer en voor sy 22ste verjaardag, in 1950, as mediese dokter aan die Universiteit van die Witwatersrand gekwalifiseer. Hy moes 'n paar maande tot sy 22ste verjaardag wag voor hy as dokter kon registreer aangesien 'n mediese dokter op daardie stadium volgens wet 22 jaar oud moes wees.

Nadat hy aanvanklik vir die Kamer van Mynwese gewerk het, eers in die voormalige Noord-Rhodesië en later in Johannesburg, het hy in 1964 by die Chris Hani / Baragwanath Hospitaal begin spesialiseer in narkose. In 1966 verwerf hy die graad FFA (SA). Daarna het hy as konsultant by die hospitaal gewerk, en tesame met professor Hilde Ginsburg die departement uitgebou tot 'n gerespekteerde, hoog aangeskrewe eenheid. Na die vertrek van professor Ginsberg was hy waarnemende hoof totdat hy in 1980 bedank het en die privaatpraktyk betree het.

Hy het tot 1993 in Johannesburg gepraktiseer totdat hy finaal afgetree het en in Ferndale, Randburg gaan woon het. In 1997 het hy Oudtshoorn toe getrek en daar gebly tot met sy afsterwe. Johan was 'n stil, intense mens, en 'n perfeksionis. Hy was intellektueel ingesteld en het sy vakgebied wetenskaplik beoefen. Hy was nou betrokke by die opleiding van narkotiseurs en het hulle geïnspireer met sy akademiese benadering. Hy was sekretaris van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Narkotiseurs vir 10 jaar - vanaf 1968 tot 1978.

Ons innige simpatie gaan uit na sy lewenslange metgesel, die bekende kunstenaar Thijs Nel, en sy enigste oorlewende suster Elise.

Met dank ook aan die Hoorn plaaslike koerant op Oudtshoorn.

 

J Maritz

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons