SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.98 número4 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


SAMJ: South African Medical Journal

versão On-line ISSN 2078-5135
versão impressa ISSN 0256-9574

SAMJ, S. Afr. med. j. vol.98 no.4 Pretoria Abr. 2008

 

SAMJ FORUM
IN MEMORIAM

 

Petrus Nicolaas Smith

 

 

Johan Maritz

Johannesburg

 

 

 

Toe ek by Baragwanath Hospitaal begin werk het, was Piet 'n konsultant in die narkose-departement. Dis waar ek hom leer ken het. Hy het my baie van narkose geleer en my bygestaan met moeilike gevalle. Dit was nooit vir horn te veel moeite om behulpsaam te wees nie en hy het my altyd aangemoedig. Een van sy uitstaande eienskappe as 'n hulpvaardige leermeester in sy latere betrokkenheid by akademiese geneeskunde by Pelonomi en Kalafong hospitale, was om 'n mens te prys as hy gedink het dit was geregverdig. Hy was hardwerkend en eerlik. Sy groot hande het hom nie verhoed om delikate werk te doen nie.

Pieter het in die Noord-Oos Kaap grootgeword waar sy ouers geboer het. Hy is op 13 Februarie 1928 op Rhodes gebore en het op Elliot gematrikuleer. In 1952 ontvang hy sy MB ChB-graad aan die Universiteit van Pretoria. Vanaf 1954 tot 1959 was hy in algemene praktyk op Pongola en in 1955 tree hy in die huwelik met Ria de Wet, van Bethal, Oos-Transvaal. Uit die huwelik is 4 kinders gebore.

Hy spesialiseer in narkose by Baragwanath Hospitaal onder drr. John Duffield en Hilda Ginsberg en ontvang die FFA (SA) in 1963.

Vir 20 jaar - tot 1983 - was hy in privaatpraktyk in Johannesburg, eers saam met dr. Chris Jooste en vennote en later alleen. Hy het saamgewerk met o.m. die ginekoloë drr. Louw van Rooyen en Frikkes van der Merwe. Hy het wortel geskiet in Linden en Northcliff. In 1970 het Piet my die geleentheid gegee om in assosiasie met hom te praktiseer as spesialis-narkotiseur. Hy het vir my die moeilike besluit oor my toekomstige loopbaan maklik gemaak.

Later het hy moeg geword vir die ongereelde ure van privaatwerk. Hy aanvaar 'n pos by Pelonomi Hospitaal, Bloemfontein, vanaf Desember 1983 tot 1988, waar hy 'n hegte vriendskap aanknoop met prof. Johan Hugo, hoof van die departement. Gedurende hierdie tydperk het hy 'n suksesvolle operasie ondergaan vir maagkanker.

Hy het weer verhuis om nader te wees by sy kinders en het vanaf 1988 tot 2000 gewerk by Kalafong Hospitaal, Pretoria, weer eens saam met prof. Hugo. Op 72-jarige ouderdom het hy afgetree na 'n lang tydperk van diens aan die professie.

Sy aftrede is gekenmerk deur swak gesondheid as gevolg van diabetes. Op 18 September 2007 sterf hy in die ouderdom van 79 jaar as gevolg van komplikasies van diabetes.

Pieter was by uitstek 'n gesinsmens en sy kinders en kleinkinders was sy groot vreugde. Sy seun, Cobus, is 'n ortopeed in Vancouver, Kanada, en Pieter is 'n rekenaarkundige in Pretoria, Elmi is 'n apteker in Pretoria, en Mari 'n onderwyseres in die Kaap. Ek wil my innige simpatie betuig teenoor Ria en hulle almal.

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons