SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.98 número1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


SAMJ: South African Medical Journal

versión On-line ISSN 2078-5135
versión impresa ISSN 0256-9574

SAMJ, S. Afr. med. j. vol.98 no.1 Pretoria ene. 2008

 

OBITUARIES
IN MEMORIAM

 

Willem Johannes Bam

 

 

 

Willem Johannes (Willie) Bam is in 1921 uit eenvoudige ouers gebore. Sy vader sterf aan tering toe Willie 14 jaar oud was en sy moeder moes die gesin onderhou. Sy begin 'n vis-en-skyfies winkel by die Germistonmeer waarmee sy haar seuns se onderwys betaal. Willie slaag matriek in die eerste klas en verwerf daarmee 'n onderwysbeurs. Hy begin skoolhou by Jeppe Boys High terwyl hy deeltyds klasloop by Wits. Hy verwerf 'n dubbele meestersgraad in sielkunde en aardrykskunde.

Hy vergesel gereeld skooltoere, en in 1948 ontmoet hy aan die suidkus van Natal sy toekomstige eggenote, Mercedes van der Merwe, wat toe net as medikus gekwalifiseer het. Dit motiveer hom om in 1950 aan die Universiteit van Pretoria geneeskunde te gaan studeer. Hulle tree in 1950 in die huwelik en gaan woon in Rietfontein in Pretoria. Hy kwalifiseer in 1955 en hulle vestig hulle op Ventersburg. Die Vrystaatse platteland was egter te stil en hulle verhuis na Springs. In 1958 word hulle enigste seun gebore.

In 1961 begin Willie met opleiding as internis aan die Universiteit van Pretoria. Hiervoor trek hulle terug na hulle huis in Rietfontein. Hy kwalifiseer as internis in 1963, en begin werk by die destydse TPA. Hulle bou in 1964 'n huis in Murrayfield in die ooste van Pretoria, waar hulle tot Maart 2007 woon.

Willie Bam begin in 1965 werk as mediese direkteur van Roche in Johannesburg en hy pendel tot in 1975. Met die stigting van Medunsa aanvaar hy die pos as hoogleraar in interne geneeskunde aldaar. Hy kwalifiseer hier ook in sy stokperdjie as rumatoloog. Vir meer as 20 jaar dra hy aktief by tot die opleiding van swart geneeshere en interniste in ons land.

Willie Bam was baie betrokke by sy gemeenskap. Hy het gedien op die Murrayfieldse Waaksaamheidskomitee, die Voortrekkers, die Geloftefees reëlingskomitee, die Moreletaspruit bewaringsaksie en die Nasionale Veldtrust. As waardering vir sy insette is 'n straat in Murrayfield na hom vernoem.

Met sy aftrede in 1985 tree hy in waarnemende hoedanigheid op as mede-professor by Medunsa vir 'n verdere 10 jaar. Na die tydperk werk hy by verskillende artritis klinieke in o.a. Ga-Rankuwa, Kalafong en Pretoria-Wes. Hier tree hy vir ongeveer 'n jaar op as superintendent.

Sy gesondheid begin vanaf 1996 drasties agteruitgaan, wat hom noodsaak om sy aktiwiteite te begin inkort. Hy bly egter op die hoogte van ontwikkelinge in sy gebied. Eind Februarie 2006 roep hy finaal halt na die soveelste embolisme tydens 'n kliniek by Kalafong. Die kanker waaraan hy sinds 2001 gely het begin die oorhand kry en hy sterf op 4 September 2007 op die ouderdom van 86 jaar. Hy word oorleef deur sy eggenote en sy seun Willem Andries.

Eienskappe van hom wat altyd onthou sal word is sy nederigheid, betroubaarheid, integriteit, sterk karakter en sy mooi voorbeeld wat hy as vader en gesinshoof gestel het. Ons eer sy nagedagtenis.

C F van der Merwe

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons