SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.59 issue3 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Tydskrif vir Letterkunde

On-line version ISSN 2309-9070
Print version ISSN 0041-476X

Tydskr. letterkd. vol.59 n.3 Pretoria  2022

http://dx.doi.org/10.17159/tl.v59i3.14341 

REDAKSIONELE NOTA | EDITORIAL

 

Hein Willemse: Teen die grein / Against the grain

 

 

Jacomien van NiekerkI; Steward van WykII

ISenior lecturer in the Department of Afrikaans, Humanities at the University of Pretoria, Pretoria, South Africa. She is the current editor of Tydskrif vir Letterkunde. Email: jacomien.vanniekerk@up.ac.za; https://orcid.org/0000-0001-6465-6584
IIProfessor in the Department of Afrikaans and Dutch, Faculty of Arts and Human Sciences at the University of the Western Cape, Bellville, South Africa. His research interests include Black Afrikaans writing and postcolonial studies. Email: svanwyk@uwc.ac.za; https://orcid.org/0000-0003-4077-6770

 

 

Die kernfeite rondom Heinrich Stephen Samuel Willemse is in die openbare domein. Hy is op 18 September 1957 op Ladismith in die destydse Kaapprovinsie gebore en gaan skool op Mosselbaai en daarna Worcester, waar hy aan die Hoërskool Esselenpark matrikuleer. Hy studeer voorgraads regte aan die Universiteit van Wes-Kaapland, maar behaal sy meestersgraad in die Afrikaanse letterkunde in 1984 en sy D.Litt in 1996 (ook aan die UWK). In 1981 publiseer hy 'n digbundel, Angsland, en in 1985 is hy 'n besoeker by die Universiteit van Iowa in Amerika se program in kreatiewe skryfkunde. Benewens sy betrekking as lektor by UWK is hy oor die jare gasdosent aan onder andere die Universiteite van Mexico, Namibië, Fort Hare en Stellenbosch.

In 1996 verlaat hy tydelik die akademie en word aangestel as uitvoerende bestuurshoof van OLM Kommunikasie, 'n mediamaatskappy toegespits op die ontwikkeling en publikasie van Afrikaanse geletterdheidsmateriaal (Willemse, "Om te leef in Afrika: Oorlewing, saambestaan en die Suid-Afrikaanse letterkunde" 2). Hy behaal 'n bestuurskwalifikasie aan die Skiereilandse Technikon en 'n meestersgraad in Bestuursleiding aan die Universiteit van Suid-Afrika (2). Hy was en is deel van die direksie of trustees van verskeie korporasies en organisasies, vernaam Naspers en later Media24. Hy tree op as adviseur en/of beoordelaar by kunstefeeste en ander liggame wat literêre pryse toeken.

In September 2000 word hy aangestel as hoof van die Departement Afrikaans aan die Universiteit van Pretoria, 'n pos wat hy tot 2009 beklee. Sedertdien is hy as professor nog steeds aktief betrokke in dieselfde departement. Van 2003 tot 2019 is hy hoofredakteur van Tydskrif vir Letterkunde. Hy tree einde 2022 af en sal voortaan as emeritusprofessor aan UP verbonde wees.

As gratifying as it is to celebrate the life and career of a remarkable scholar, one cannot forget that the occasion for this issue is the retirement of a beloved fellow academic. The undeniable fact of this farewell is especially painful for Willemse's current colleagues at UP, who will sorely miss the matter-of-factness of his unique presence and invaluable inputs.

Ons (JN en SW) was albei studente én kollegas van Hein Willemse- Steward van Wyk by UWK en Jacomien van Niekerk by UP. In die res van hierdie redaksionele nota wil ons ietwat verder gaan as bogenoemde kernfeite rondom Willemse. Hiervoor steun ons op inligting wat ons uit Willemse se eie publikasies geabstraheer het, op die herinnerings en anekdotes wat enkele oudkollegas ons meegedeel het, en op ons eie kennis van Willemse danksy jare se medewerking op verskeie terreine. Hoewel hierdie oorsig noodgedwonge gapings bevat, het ons gepoog om iets van die verskillende kante van Willemse weer te gee: as aktivis en akademikus, dosent en kollega, boekmaker en redakteur, en openbare intellektueel. Hein, Professor Willemse, ons hoop dat jy ons die vele weglatings sal vergewe en dat ons groot waardering vir en bewondering van jou duidelik is. Ons is albei bewus nie net van die geleenthede wat jy oor die jare vir ons help moontlik maak het nie, dit wat jy alles vir ons gedoen het nie, maar veral van dit wat jy ons in ons interaksie met jou gegee het. Jy deel altyd op onbaatsugtige wyse jou kennis en insigte en ons het dienooreenkomstig baie daarvan geïnternaliseer. Ons modelleer gedurig nog ons analises en formulerings op jou insigte en werkswyses en ons interpreteer deur die lense wat jy ons bygebring het. Dit is 'n onbegonne taak om jou invloed na behore te omskryf.

This special issue of Tydskrif vir Letterkunde is simultaneously being published as number 3 in the Kwê series by Van Schaik Publishers. The Kwê books are hybrid publications that fulfil a special function since TL became a fully online journal in 2017. Despite the many advantages of being an Open Access electronic journal, the loss of the print journal was a sad event. In the case of Hein Willemse, a true "maker of books" (as he also called the designer and publisher Tienie du Plessis in his 2016 tribute) it felt unthinkable not to publish his Festschrift as a book. The title of the book, Against the grain: Festschrift for Hein Willemse, is a very conscious allusion to the phrase by Walter Benjamin, who urged historians to "brush history against the grain" (259). (Benjamin is quoted in articles by viola milton and Hannelie Marx Knoetze, as well as Anastasia de Vries, in this issue). It is also borrowed from the 1986 collection of essays by the theorist and critic Terry Eagleton, Against the grain-a fitting homage, in light of the important influence of Eagleton on Willemse's research.

When distributing the call for papers for this special issue, we invited authors to write on any topic related to Willemse's research interests. We are pleased to have collected three essays and 10 research articles by scholars who have some connection with Willemse, be they former students, current or former colleagues in departments of Afrikaans, international colleagues, or professional acquaintances. An overview of their contributions can be found at the end of this editorial.

As student was Willemse direk betrokke by studenteprotesaksie teen apartheid op die UWK-kampus. Sy ingesteldheid jeens die apartheidbestel word op rou, persoonlike wyse uitgedruk inAngsland; sy direkte bemoeienis met die struggle spreek egter ook uit 'n nie-literêre en nie-akademiese projek, die versameling "[o]nderhoude oor die Noodtoestand in die Kaap-1985" wat in 1986 by Taurus verskyn: Die Trojaanse perd (saam met Hans Pienaar).

Tydens Willemse se voorgraadse studiejare word 'n literêre benadering gevolg wat geskoei is op die New Criticism van Wellek en Warren en waarin die outonomie van die literêre teks voorop staan. In hierdie tyd keer Jakes Gerwel terug uit Brussel met 'n doktorale studie oor die konsepsies van gekleurdes in die Afrikaanse letterkunde. Sy benadering word ingegee deur die literatuursosiologie van Lucien Goldman met wie hy daar kennis maak. Gerwel is die studieleier van Willemse en ander nagraadse studente soos Julian Smith wie se tesisse afwysend staan teenoor die selfgeslotenheid van die teks en in wese die literêre teks as produk van die samelewing vertolk. Magsverhoudings, politiek, ideologie, sosiale kragte, ras, ensovoorts sou alles kon inspeel op die produksie en resepsie/verbruik van die teks. Literêre/kulturele produksie sou die rol van kondonering en bevestiging van verdrukking of van 'n bydrae tot die bevrydingstryd kon speel.

Hierdie fundamentele literêr-teoretiese verskuiwing is gekonsolideer deur die aansluiting van Ampie Coetzee, 'n eksponent van die Marxistiese literêre kritiek, by die departement. As jong dosent het Willemse met sy skerp intellek en leesywer die nuwe basis verstewig en verruim en nie net die studente nie, maar ook kollegas het geweldig baat gevind hierby. Smith noem dat Willemse ligjare voor was met betrekking tot die omvang en gevorderdheid van sy navorsing en dat hy die teoretiese basis versterk het met indringende studies van die werk van Fredric Jameson, Terry Eagleton en Raymond Williams.

Hierdie benadering is die onderbou van die referaat wat Willemse, Coetzee en Smith aanbied by die kongres van die Afrikaanse Letterkundevereniging in Potchefstroom in 1992. Die referaat "Die Afrikaanse letterkunde: klas en apartheid" het die establishment onverskrokke uitgedaag en gesorg vir heelwat intense debatvoering. By berade van die Afrikaanse skrywersgilde bou Willemse hierdie maatskappy-kritiese betoog verder uit in onder andere bydraes soos "Poësie se nie-hegemoniese vorm". Dit het heelparty van die ouer skrywers warm onder die kraag gehad. Willemse se kulturele aktivisme word verder deurgevoer met sy betrokkenheid by die Congress of South African writers (COSAW) en as lid van die afvaardiging wat met die ANC gesprek voer by die Victoria-waterval. In sy denke neem die konstruk "people" 'n belangrike mobiliserende posisie in. Daaruit spruit 'n belangstelling in en erkenning van nie-gekanoniseerde kulturele produkte as waardig om opgeteken te word en akademies bestudeer te word. Dit vind neerslag in Willemse en Coetzee se bundel werkersklaspoësie iQabane Labantu wat in 1989 by Taurus verskyn.

In die Tagtigerjare van die 20ste eeu was Willemse en kollegas in die Departement Afrikaans by UWK betrokke by die reëling van 'n aantal inisiatiewe wat besin oor die toekoms van Afrikaans na apartheid, Afrikaans in 'n meertalige omgewing en waartydens 'n nuwe taalbeleid vir 'n demokratiese, postapartheid Suid-Afrika gekonseptualiseer word. Hieronder tel die Taal en Stryd-konferensie wat April 1989 aan die Universiteit van Natal (Durban) gehou is asook die Taal en Identiteit-konferensie wat met die medewerking van Vernie February en die Afrika Studiecentrum in Junie 1992 in Leiden gereël is. Willemse se bydraes word in die konferensiebundels opgeneem (sien die beknopte bronnelys in hierdie uitgawe). Die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad sou later uit die Taal en Stryd-konferensie beslag kry; Willemse was lid van die Afrikaanse Taalkomitee van hierdie raad.

Willemse en sy kollegas lewer 'n pleidooi vir 'n kritiese herbeskouing van die Afrikaanse taalgeskiedenis, spesifiek die ontstaansgeskiedenis, lank voordat dit in die sogenaamde hoofstroom doelgerigte, grondige aandag gekry het of geproblematiseer is. In talle lesings, en later indringende departementele gesprekke en seminare het hy studente en kollegas uitgedaag en aangemoedig om bestaande opvattings en/of hegemoniese diskoerse oor die geskiedenis van Afrikaans te bevraagteken, teen die grein in te lees en te deurtas en dít raak te sien wat nié in die geskiedenis opgeteken is of erken word nie. Tot op daardie punt was die fokus op Afrikaans en sy Europese verlede, sy Germaanse wortels, sy "spontane ontwikkeling" uit Nederlands. Die invloed van sprekers van die Khoi-tale, Portugees en Maleis is kwalik ondersoek en meestal beperk tot leenwoorde of blote vermeldings. Onder Willemse se leiding is die kurrikulum vir die Afrikaanse taalgeskiedenis herskryf sodat die taal in haar geskiedenis as 'n brug tussen Asië, Afrika en Europa herstel kon word. Hiervanuit is al hoe meer gefokus op hoe al dié invloede ingewerk het op die ontwikkeling van die taal op Suid-Afrikaanse bodem. Die opvatting dat Afrikaans as 'n inheemse taal beskou moet word, het wortel geskiet in die tyd dat dit elders nog beskou is as "die jongste Germaanse taal".

Uit oortuiging dat die geskiedenis van Afrikaans herskryf moet word, werk Willemse met Suleman Dangor mee om die sosiolinguis Achmat Davids se magisterverhandeling te verwerk en te publiseer onder die titel The Afrikaans of the Cape Muslims (2011). Met ondersteuning van Die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans verskyn 'n Afrikaanse vertaling in 2018. Dit vorm die grondslag vir 'n videodokumentêr Die versteekte geskiedenisse van Afrikaans wat in 2019 op Youtube geplaas word. Dit word bekroon met 'n prys deur die Nasionale Instituut vir Geestes- en Sosiale Wetenskappe (NIHSS).

Die kurrikulum vir Afrikaans op skool en universiteit en die behoefte om dit te transformeer is vroeg reeds 'n bemoeienis wat hand aan hand gaan met 'n kritiese blik op die establishment. Karring, 'n tydskrif vir taalonderrig, word van stapel gestuur met Willemse en kollegas wat om die beurt die redakteurskap beklee. 'n Kritiese blik op voorgeskrewe tekste en handboeke oor die grammatika is saam met vernuwende leesstrategieë die kern van die tydskrif. 'n Verwante innovasie is die invoer van kursusse in vergelykende Suid-Afrikaanse letterkunde waarmee Willemse en sy UWK-kollegas die ideologiese ondergrond van die kurrikulum wou uitwys en verandering teweegbring wat tekenend is van die strewe na demokrasie en gelykberegtiging. Naas die werk van André P. Brink, Breyten Breytenbach, John Miles en ander eksponente van die Betrokke Literatuur met 'n duidelike politieke strekking is ook Engelstalige romans en poësie van J. M. Coetzee, Nadine Gordimer, Jeremy Cronin, Wally Serote, Richard Rive, Dennis Brutus en ander voorgeskryf.

Enkele jare ná sy aankoms by UP word Willemse se doktorale proefskrif gepubliseer as Aan die ander kant: Swart Afrikaanse skrywers in die Afrikaanse letterkunde (2007). Benewens hierdie aansienlike bydrae publiseer hy daarvoor en in die daaropvolgende jare etlike akademiese artikels oor skrywers soos Adam Small, S. V. Petersen, Arthur Fula en P. J. Philander. Willemse bied ook vir baie jare 'n onderdeel van 'n derdejaarsmodule by UP aan waarin studente onder andere kort dokumentêre films oor eietydse Swart Afrikaanse skrywers vervaardig. Hierdie assesseringsgeleentheid dra die stempel van Willemse se benadering tot die uitbouing van die body ofknowledge: hy self vind baie waarde in onderhoude met skrywers, en uitsette in verskillende media (insluitende talle boekresensies) om die eietydse literatuuromgewing te dokumenteer, met spesifieke klem op gemarginaliseerde skrywers.

During his tenure as Head of the Department of Afrikaans at UP, a prominent innovation by Willemse was to introduce another avenue of study (in addition to the existing Afrikaans and Dutch literature and linguistics), namely media studies. Not only did it broaden the definition of the "texts" studied in the department, it also introduced students to new aspects of the vast terrain of contemporary critical theory. On a more pragmatic level, since the modules were offered in both Afrikaans and English, it offered a lifeline to the department in light of dwindling numbers of students enrolling for Afrikaans courses. Alas, various bureaucratic factors led to the closure of these modules after only a few years-a decision that is still regarded as lamentable by those in the know, not to mention ironic in the evolving landscape of literary and cultural studies in which media texts continue to gain traction as objects of inquiry.

Tydens 'n loopbaan wat meer as 40 jaar bestryk, het Willemse bydraes op verskeie gebiede gelewer. Oorkoepelend kan waarskynlik al sy navorsing tot postkoloniale studies gereken word. In sy publikasies van die 1980's en vroeë 1990's is hy 'n postkoloniale navorser avant la lettre--hierdie vakgebied het immers eers teen die laat 1980's internasionaal beslag begin kry. Meer spesifiek kan sy gepubliseerde akademiese navorsing, onderrigmateriaal en publieke intellektualisme breedweg in die volgende kategorieë ingedeel word: Swart Afrikaanse skrywers; orale literatuur; Afrikaanse taalgeskiedenis en -politiek; nasieskap en die Suid-Afrikaanse 'nasie'. Sulke indelings is altyd onbevredigend en by Willemse oorvleuel hierdie kunsmatige kategorieë voortdurend met mekaar. Benewens die optekening van veldwerk wat in die 1990's in Namibië gedoen is, publiseer hy byvoorbeeld ook 'n artikel oor opnames van eietydse orale optredes in "'Om weer mens te word': identiteit, onreg, skuld en restitusie in die RSG-vertelreeks Almal het 'n storie". Die analises van die twee vertellings waarop hy fokus, word binne die breër raamwerk van die reeks waarin dit uitgesaai is, geplaas, asook die wyer konteks van apartheid. Die plek wat in die openbare ruimte aan "bruin" sprekers van Afrikaans gegee word, word binne die teoretiese diskoers oor skuld en restitusie beskou. Só word onder andere oraliteit, narratiwiteit, identiteit en nasieskap met mekaar in verband gebring. Dit is maar net een voorbeeld uit vele. Sy koerantrubrieke, waarin hy nie daarvoor terugdeins om as politieke ontleder te praat nie, spreek altyd deeglik van sy deurtastende begrip van en bevraagtekening van die kwessie van die Suid-Afrikaanse 'nasie', die ou National Question. Hy is altyd gou om lesers weg te stuur van essensialiserende beskouings en om te pleit vir nierassigheid, veeltaligheid en inklusiwiteit. Dit geld natuurlik ook die talle kere waar hy as gas op radioprogramme optree.

Benewens sy 'streng akademiese' boeke en artikels, is biografiese publikasies belangrik vir Willemse. In hierdie opsig publiseer hy in 2000 die pragtige koffietafelboek, More than Brothers: Peter Clarke & James Matthews at 70 by Kwela-uitgewers en in 2006 die lewensverhaal van sy ma, Catherine Willemse (Met n diepe verlange) by Human & Rousseau.

Een van die dinge omtrent die Universiteit van Pretoria wat Willemse nie kon kleinkry nie, was die afwesigheid van 'n universiteitsuitgewery. Toe hy daaroor navraag doen, is hy na die drukkery verwys waar proefskrifte en verhandelings gebind word (!) Sy antwoord op hierdie stand van sake was om die Talatala-reeks op die been te bring, 'n druknaam van aanvanklik Protea Boekhuis en later Van Schaik-uitgewers. Die doelwit van hierdie reeks is om navorsing oor Afrikaans te publiseer in 'n omgewing waarin akademiese tekste selde verskyn. Etlike boeke deur lede van die Departement Afrikaans of navorsingsgenote word tussen 2007 en 2022 gepubliseer, insluitende Elsa Nolte, Hein Grebe en Jerzy Koch.

Benewens die Talatala-reeks het Willemse egter ook sy eie uitgewery, abrile doman, gestig om publikasies uit te bring wat nie deur die hoofstroomuitgewers oorweeg sou word nie. Die naam is veelbetekenend: "Abrile" is een van die eerste woorde wat 'n Franse reisiger opgeteken het vir die plaaslike bevolking se woord vir sprinkaan. Doman is 'n Khoi-leiersfiguur wat een van die eerstes onder die inheemse groepe was wat na Batavia gereis het. Hy was 'n komplekse figuur: opstandeling en versetsleier, maar ook medewerker en tolk vir die VOC. Onder hierdie drukkersnaam verskyn eerstens 'n Vlag aan die tong (2015), die gebundelde referate, toesprake en paneelbesprekings van die Derde Swart Afrikaanse skrywersimposium wat in 2005 by die Universiteit van Wes-Kaapland gehou is. Daarna verskyn Toe die reënboog nog die reënboog was (2017), 'n gefiksionaliseerde memoir van die skrywer Willie Adams en mense op die Kaapse Vlakte wat hy meegemaak het. Hostel. Autobiographical narratives of the 1975-1980 UWC student generation (2018) is 'n bundel vertellings deur Willemse en sy tydgenote wat saam met hom in die koshuis van die UWK was oor hul verset teen apartheid. Onverdrote vlyt (2020) is 'n versameling tekste en foto's wat 'n beeld gee van die geskiedenis van die Departement Afrikaans aan die Universiteit van Pretoria in die periode 1908 tot 2020. Geskryfde / Writing Krokkie (2021) gedenk die lewe van Enrico Pedro (Krokkie), 'n onderwysman en gemeenskapsleier met wie Willemse oor jare 'n vriendskapsband gehad het. Dit bevat onder andere 'n verskeidenheid boodskappe van medelye met 'n nawoord waarin Willemse reflekteer op die veranderde opset van begrafnisse in die tyd van die Covid-pandemie. Ons het ver [...] versit (2021) is 'n bundeling van die digter-dominee Patrick James Petersen (1951-1997) se gedigte, toesprake en onderhoude waarby 'n essay deur Willemse ingevoeg is.

As eindredakteur van Tydskrif vir Letterkunde het Willemse 'n nuwe baadjie vir hierdie akademiese joernaal aangetrek.

Onder sy leiding het TL 'n merkwaardige transformasie ondergaan: van 'n tydskrif wat slegs in Afrikaans publiseer, tot een wat naas Afrikaans ook navorsingsartikels in Engels, Frans en Nederlands publiseer; van 'n tydskrif wat slegs gerig was op 'n eng-gekonsepsualiseerde Afrikaanse letterkunde tot een wat sy visier stel op letterkundige en kulturele produkte vanoor die ganse Afrika én Afrikadiaspora; van 'n tydskrif waar die publikasie van kreatiewe werk die grootste gewig gedra het, tot een wat die klem plaas op oorspronklike navorsingsartikels en nie meer kreatiewe werk publiseer nie; en les bes van 'n tydskrif waarvan vier relatief dun nommers per jaar verskyn het tot een met slegs twee uitgawes, April en September. (Van Niekerk 125)

Onder Willemse se redakteurskap word TL onder andere opgeneem in die register van akademiese tydskrifte van die Modern Language Association (MLA), word deel van die kernversameling van die gesogte Web of Science en word geïndekseer deur Scopus. Hy is ook die een wat die besluit neem om TL te omvorm tot 'n elektroniese tydskrif met oop toegang wat onder andere ressorteer onder Scielo Suid-Afrika se versameling en in die Directory of Open Access Journals (DOAJ) opgeneem word. Wat wis en seker is, is dat die tydskrif nie net 'n gesogte publikasie-oord vir navorsers van dwarsoor die wêreld geword het nie, maar dat dit meegehelp het om die toekomstige lewensvatbaarheid van navorsing in en oor Afrikaans aan te moedig. Dit is 'n tasbare wyse waarop Willemse se nalatenskap voortleef.

In this issue, two essays are centred, from a personal perspective, on Willemse's contribution to the field of literary and media studies. Former colleague, Frank Hendricks, reflects on the years where he and Willemse were both affiliated with the University of the Western Cape. He quotes from Willemse's published volume of poetry, and finds it true of Willemse that he dedicated his career to the rebuilding of South Africa (as the speaker in Willemse's own poem proposes). His memories of Willemse at UWC include Willemse's sincerity, remarkable work-ethic, and ability to take initiative-all characteristics that still define Willemse forty years later. Hendricks prophesies that retirement will surely not herald the end of Willemse's tireless endeavours.

Willie Burger is the current Head of the Department of Afrikaans at UP. His essay, "Die teks as 'n etiese aanspraak" (The text as an ethical appeal) contains a mixture of scholarly reflection and personal memory. In attempting to capture something of his collegial relationship with Hein Willemse, Burger summarises much of the past and current debates regarding literature: are texts to be evaluated according to aesthetic norms? Is the effect of a literary text on the reader of any relevance? Is the purview of the literary scholar (solely) to study texts as the products of historical processes, of the political unconscious? While acknowledging the fact that Burger and Willemse occupy different positions in this debate, Burger also shows that Willemse's literary analyses are always characterised by the same kind of listening that he exhibits in conversation with people: respectful, careful, and slow to come to conclusions or judgements. This is truly something to value in Willemse as colleague, lecturer, scholar and commentator.

The third essay is not personal in nature, though Antoinette Tidjani Alou is, like Willemse, a former president of the International Society for the Oral Literatures of Africa (ISOLA). In "Sarraounia, love, and the postcolony" she reflects on her ongoing research project regarding representations of Sarraounia and the 1899 battle of Lougou in the Sahel. The essay includes critical remarks regarding the research environment in which she has been "[c]omparing a theme across written literature, oral literature, and film":

oral literature studies, which were once vibrant and meaningful for the construction of the present, are currently succumbing to the aging and retirement of pioneering scholars. Meanwhile, younger researchers, who play it safe by shunning the challenges of fieldwork, transcription, and translation, show a tendency for tedious repetition which frets, frays, and deteriorates once novel materials and problematics. Francophone African comparatists, for their part, seem to have slithered into the misunderstanding that comparative literature stops at the boundary of written literary texts; that it does not include orality; that it opens no conversation with the other arts, with the social sciences, or with other fields of knowledge.

The hope is certainly that the innovative approaches pioneered by scholars of Willemse's generation will not be abandoned by future researchers.

The essay section of this issue is concluded with a select bibliography of Willemse's work. Though no claim is made to exhaustiveness, this document hopefully contains the most important scholarly contributions published by Willemse. Book reviews, newspaper colums and other instances of his public intellectualism were regrettably not included due to the sheer number of these writings and media appearances.

The article by two former colleagues of Willemse's, viola c. milton and Hannelie Marx Knoetze, "To listen with decolonial ears: Hein Willemse, hidden histories, and the politics of disruptive intervention", is a fitting introduction to Willemse's intellectual contribution that helps to frame the rest of the research articles in this special issue. They trace a number of significant themes in Willemse's publications, including the recovery of previously "hidden histories" of the Afrikaans language, recognition of Afrikaans authors of colour, and other counter-hegemonic practices that they identify as inherently decolonial.

In his article on the intellectual traditions of 'coloured' intelligentsia, former colleague Steward van Wyk directly engages with Willemse's writings which gauge the political mindset of various 'coloured' intellectuals, writers, teachers, etc. during apartheid. Van Wyk reassesses the figure of the Afrikaans poet P. J. Philander and finds that the tenets of liberalism had an important influence on his writing. He demonstrates this with regard to two previously unresearched texts, the novella Rebunie (2000)-which was written during the 1950s or 1960s-and the memoir 'n Soetsuurlemoen" (A sweet lemon), which was posthumously published online. This probing of Philander's thought constructs contributes significantly to the as yet unfinished picture of the lived experience, ideology and writing of Black Afrikaans writers under apartheid.

Jacomien van Niekerk (former student and colleague) writes about a much-researched topic, namely the Dwaalstories (Wandering tales) by Eugène Marais. In "Afrika-oraliteit by Eugène Marais: die wisselwerking tussen enkele 'Sangedigte' en Dwaalstories" (African orality in the work of Eugène Marais: the interaction between selected "San poems" and Dwaalstories) she attempts to place the focus even more thoroughly than earlier researchers on the fact that the Marais stories (original told by a San (?) performer) constitute an example of African oral literature. Specifically, the songs in the four stories, most of which were published separately as poems since their inception, have muddied the understanding of the Dwaalstories as fairy tales in a pan-African oral tradition. Van Niekerk attempts to clear up a number of misunderstandings and misinterpretations while arguing for a contextual interpretation of these stories.

As a way of highlighting the important contribution Willemse has made to the writing of the history of the Afrikaans language, this special issue includes an article by former student Anastasia de Vries, who traces the history of the role of Afrikaans in the Roman Catholic and Anglican Church before the 20th century. Her contribution-"'n Geskiedenis van Afrikaans as kerktaal: van altaar tot kansel" (A history of Afrikaans as language of the Church: from altar to pulpit) shows that the full history of the development and usage of Afrikaans by marginalised groups (be that on the basis of skin colour, religion, gender, or other aspects) has not yet been recorded. Ongoing research in this regard is of great importance.

Antjie Krog, well-known poet, author, translator, and scholar (who attended the Victoria Falls conference of Afrikaans writers with Willemse) capitalises on the translation into English of H. M. L. Lentsoane's poem "Laboraro le lesoleso" ("Black Wednesday") by analysing this important poetic engagement with the Soweto uprising on 16 June 1976. As is customary in her scholarly work, Krog frequently refers to and explicates the original Sepedi text even as she relies on the English translation. Krog finds that Lentsoane's poem represents an important contribution to Black protest poetry from the apartheid era: while its preoccupations are echoed by many other well-known poems, the speaker in the poem is able to speak directly to Black readers who are mother-tongue speakers of Sepedi, and this often lends a different tone or emphasis to this poignant literary text.

In her article, "The power of exclusion in the works of André Brink and Assia Djebar", former student Carina Steenekamp puts two authors in dialogue who are not usually associated with each other. Most readers will probably be either familiar with the novels of the South African, Brink (written in Afrikaans and translated into English), or the Algerian, Djebar (written in French and sometimes translated into English), but not both. It is a rewarding exercise to discover similarities and continuities between these two postcolonial authors with substantial oeuvres, and to consider the theorisation of concepts such as "borders", "thresholds" and "liminal spaces" from such a comparative angle.

Nerina Bosman, colleague, and Jan Stander, former student and collaborator, in their article, "Vanden vos Reynaerde se transformasie tot Reinaard die Jakkals", give an important overview of the debates regarding the similarities between certain European texts, indigenous fairy tales such as those told by the Khoi, and Afrikaans "Jakkals-en-Wolf" stories (stories of Jackal and Hyena). Mainly, however, their article examines a retelling of the Middle-Dutch epic about Reynard the Fox (Vanden vos Reynaerde) by the Afrikaans author W. J. du Preez Erlank (pseudonym Eitemal) in 1981: Reinaard die Jakkals. Eitemal remained mostly true to the original narrative, but transposed all events to South Africa and the text is replete with references to the South African landscape and the (apartheid) politics of the day. This retelling is a unique descendant of the original Reynard.

A theatre play and two novels by an Austria-based Congolese author are analysed by Susanne Gehrmann in "The world is a bar: Fiston Mwanza Mujila's writing beyond 'Africa'". Gehrmann specifically addresses allegations of misogyny and 'poverty porn' leveled against Mujila's acclaimed novel Tram 83 and shows that the setting of the bar in Mujila's oeuvre becomes a "satirical microcosm that goes beyond [...] realistic representation". Her analysis demonstrates that the matter of how one may write (about) Africa and who may write is far from a simple matter, least of all for the transnational African writer.

Kasongo Kapanga (friend and Tydskrif vir Letterkunde colleague) contributes to a broad understanding of cultural studies by scrutinising the removal and erection of statues of political leaders, amongst others, in his article "Battling statues enter into dialogue at the Gouvernorat du Haut-Katanga". Specifically, Kapanga has observed and analysed the display of statues at the State House of Haut-Katanga in the Democratic Republic of Congo over a period of five years. After containing some baffling choices, the range of statues was diminished, but certain historical Congolese figures still stand side by side in glaring incongruity. Kapanga applies the insights of his analysis to other prominent statues in the DRC, and more broadly, to other recent world events in this regard. The presence of certain statues is often to "stress their symbolic value in celebrating a discourse of unity with a strong relational framework"; in this sense, "history has the upper hand over memory", Kapanga finds.

The recent Covid-19 pandemic inspired the publication of an anthology of 'pandemic poetry' in Nigeria in 2020-a volume that incorporates poems from many countries from all over the world. In "Preliminary notes on topicality and recent pandemic poetry", Isidore Diala, friend and TL colleague of Willemse, situates the anthology both within the developing discourse around Covid-19, and within broader (postcolonial) conceptualizations of the role of the "topical" in literature. His article lends a topical aspect to this special issue which originated at the height of the pandemic and saw some of its consequences, for instance, in the submissions we were saddened to never receive because of the extra burdens placed on scholars during this challenging time.

Die frase "nooit volprese" is van pas by die voltrekking van hierdie onvolledige redaksionele nota. Ons vertrou egter dat die oorblywende bydraes in hierdie huldigingsbundel 'n voller prentjie gee van die nooit volprese Hein Willemse.

 

Erkenning

Dankie aan Julian F. Smith, Ria Olivier en Christa van Louw wat hul herinneringe aan Willemse met Steward van Wyk gedeel het. Baie dankie ook aan Willie Burger vir sy insette by en ondersteuning van hierdie huldigingsbundel.

 

Geraadpleegde bronne

Benjamin, Walter. Illuminations, vertaal deur Harry Zohn & geredigeer deur Hannah Arendt. Penguin, 1973.         [ Links ]

Van Niekerk, Jacomien. "Tydskrif vir Letterkunde @ 85." Tydskrif vir Letterkunde vol. 58, no. 2, pp. 125-7. DOI: https://doi.org/10.17159/tl.v58i2.12612.         [ Links ]

Willemse, Hein. "Die versteekte geskiedenisse van Afrikaans-The hidden histories of Afrikaans." YouTube. 2019. https://youtu.be/KDW0gduNkdE.         [ Links ]

__________________. "Om te leef in Afrika: Oorlewing, saambestaan en die Suid-Afrikaanse letterkunde." U Pretoria, 2001. http://hdl.handle.net/2263/12819.         [ Links ]

__________________. "'Om weer mens te word': Identiteit, onreg, skuld en restitusie in die RSG-vertelreeks Almal het 'n storie." Tydskrif vir Letterkunde vol. 50, no. 3, 2018, pp. 173-86. DOI: https://doi.org/10.17159/tl.v50i3.5120.         [ Links ]

__________________. "Tienie du Plessis: Maker van boeke." Tydskrif vir Letterkunde vol. 53, no. 1, 2016, pp. 218-20. DOI: https://doi.org/10.4314/tvl.v53i1.15.         [ Links ]

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License