SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.59 issue1From the Spice Islands to Cape Town: The Life and Times of Tuan Guru (Shafiq Morton)Death and Compassion: The Elephant in Southern African Literatures (Dan Wylie) author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Tydskrif vir Letterkunde

On-line version ISSN 2309-9070
Print version ISSN 0041-476X

Tydskr. letterkd. vol.59 n.1 Pretoria  2022

http://dx.doi.org/10.17159/tl.v59i1.12969 

BOOK REVIEWS

 

'n Baie lang brief aan my dogter

 

 

Marita van der Vyver
Kaapstad: Tafelberg, 2021. 350 pp.
ISBN 978-0-624-09001-4

Maya Angelou se Letter to my Daughter (2008) is 'n kort versameling essays wat sy opdra aan die dogter wat sy nooit gehad het nie en ook vir al die dogters rondom haar.

Angelou se brief aan 'haar dogters' reframe dogter-skap as 'n kuturele en sosiale construct. Sy neem ver-antwoordelikheid vir dogters wat sy nie ken nie, maar met wie sy 'n diep medelye deel omdat sy haar eie dogterskap en vrouheid voortdurend moet bind aan al die marginale ruimtes waarin sy bestaan. In die preface sê Angelou, "I gave birth to one child, a son, but I have thousands of daughters. You are Black and White, Jewish and Muslim, Asian, Spanish-speaking, Native American and Aleut. You are fat and thin and pretty and plain, gay and straight, educated and unlettered, and I am speaking to you all. Here is my offering to you."

Van der Vyver se brief aan haar (Franse) dogter Mia, is baie meer intiem-die skrywer probeer deur al die verskillende fases van haar persoonlike ondervinding sif, om pivotal oomblikke te deel wat haar as mens en skrywer gevorm het. Daar is 'n dringendheid aan die narratief met die onderliggende veranderende wêreld wat in die ongeskrewe staan. Van der Vyver (9) haal aan uit 'n vroeë werk, Die dinge van 'n kind (1994), waarin die verteller haar toekomsdrome beskryf: "Om baie boeke te lees, terwyl ek lang Franse brode eet en goedkoop Franse wyn drink en sterk Franse sigarette rook. En wanneer ek nie lees nie, sal ek romantiese Afrikaanse gedigte skryf wat ek met groot gevoel sal voordra aan dodelik aantreklike Franse mans met sul-ke swart oë en sulke hol wange, wat natuurlik nie 'n woord daarvan sal verstaan nie [...]"

Hierdie aanhaling uit 'n fiktiewe roman blyk 'n manier te wees om haar eie lewenspad en die onvoorspelbaarheid wat daarmee gepaard gaan, te deel.

Wat uitstaan in 'n Baie lang brief aan my dogter- behalwe die dringendheid waarmee Van der Vyver al die inligting wil oordra-is die breë verwysingsraam-werk wat geskep word, wat poog om die kompleksiteit van wit Afrikanerskap binne 'n verdeelde en rassistiese apartheidsamelewing oor te dra. Van der Vyver stel haarself bloot vir oordeel deur kwesbaar en eerlik oor haar eie onkunde en kondisionering te wees. In die hoofstuk "'n Vreemde, vreemde wêreld" beskryf Van der Vyver 'n kataliserende voorval met hul bediende Dolly. Gedurende 'n argument uiter die jong Marita hierdie woorde aan Dolly (237): "Omdat jy ons bediende is!", en sê, "Ek het haar nog nooit voorheen- en nooit weer daarna-so sidderend van woede gesien nie." Dolly word hierna die simbool vir Van der Vyver se politiese selfbewusmaking.

As swart leser is die wit tiener se epifanie met die huishulp of bediende een van die mees clichéd en onwelkome literêre trope wat bestaan in Afrikaanse letterkunde, maar dit is ook belangrik om te onthou dat die perspektief hier dié is van 'n reeds swaar veroordeelde self. En hoe die les geleer word is minder belang-rik as die feit dat die les wel geleer is. Van der Vyver se lewenspad neem haar Europa toe, waar sý die ander word. Die vreemde, die gemarginaliseerde.

Dogterskap in Afrikaanse letterkunde soos uitge beeld in Antjie Krog se baanbrekende debuutbundel, Dogter van Jefta (1970), bly 'n maatstaf vir die afbreek van die pligsgetrouheid van die dogter in die Afrikaanse letterkunde. Krog posisioneer haarself as individu en aanvaar haar dogterskap as net 'n persoonlike verhouding tussen haar en haar ma (die bekende Afrikaans skrywer Dot Serfontein), maar maak ook duidelik dat dit nie die sentrale posisie van haar wese is nie. Dit is 'n belang rike keerpunt in die Afrikaanse letterkunde, omdat dit die ma/dogter verhouding herdefinieer en uitbeeld in 'n letterkunde waar daar te gereeld net swart en wit definisies bestaan. Bande wat vroeër moes breek kan nou bestaan buite tradisionele strukture en dit gee die magsposisie oor aan die dogter. Die dogter verwerp nie die dogterskap nie, sy claim ownership daarvan. Van der Vyver probeer met die boek as ma haar magsposisie oorbrug, en haarself vereenselwig met haar dogter.

Die vele verwysings na Afrikaanse letterkunde en hoe dit Van der Vyver se eie skrywerskap beïnvloed, add 'n sagte element tot die vertelling. Hiermee leer die dogter die ma ken as mens met spesifieke smaak en denke en dit spreek ook van die sense van andersheid en die vervreemdingservaring wat in baie expat narratives bestaan. Die soeke na 'n tipe vryheid sonder die onveiligheid van die wêreld, die harde lesse wat sy as jongvrou leer en ook die definiëring van wat familie is en wat dit beteken om 'n vrou te wees-die oorheers-ing van identiteit en die desperasie van 'n dogter wat haar swaar verdiende plek met haar eie dogter wil deel.

Ronelda Sonnet Kamfer
ronelda.s.kamfer@gmail.com
Rhodes Universiteit
Makhanda, Suid-Afrika
ORCID: https://orcid.org/0000-0003-3774-9050

 

Geraadpleegde bronne

Angelou, Maya. Letter to my Daughter. Random House, 2008.         [ Links ]

Krog, Antjie. Dogter van Jefta. Human & Rousseau, 1982.         [ Links ]

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License