SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.59 issue1Nuruddin Farah: A lived commitment to Africa author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Tydskrif vir Letterkunde

On-line version ISSN 2309-9070
Print version ISSN 0041-476X

Tydskr. letterkd. vol.59 n.1 Pretoria  2022

http://dx.doi.org/10.17159/tl.v59i1.13416 

EDITORIAL

 

Transnasionale ontlaering

 

Transnational unlaagering

 

 

Mathilda SmitI; Bibi BurgerII; Janien LindeIII

ILecturer in the Department of Afrikaans, Dutch, German and French at the University of the Free State, Bloemfontein, South Africa. Email: SmitMl@ufs.ac.za https://orcid.org/0000-0002-5207-3784
IILecturer in the Department of Afrikaans at the University of Pretoria, Pretoria, South Africa. Email: bibi.burger@up.ac.za https://orcid.org/0000-0002-9483-6671
IIISenior lecturer in the Subject Group Afrikaans and Dutch at the Northwest University, Potchefstroom, South Africa. E-pos: janien.linde@nwu.ac.za https://orcid.org/0000-0003-2361-8957

 

 

Hoekom “ontlaering”?

Die Ontlaeringprojek, geloods in 2018, het ten doel om platforms te skep wat dit moontlik maak om die pedagogiek van Afrikaans te herverbeel. Die fokus was aanvanklik op die letterkunde, maar reeds van die begin af was dit duidelik dat die oorbrugging van grense tussen taal- en letterkunde ook moontlikhede vir nuwe perspektiewe oopmaak. Die multi-institutionele span (bestaande uit die redakteurs van hierdie uitgawe, sowel as Earl Basson, van die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie; en Wemar Strydom, van die Universiteit van die Witwatersrand) het hulself beywer om elk van drie jaarlikse Ontlaeringgeleenthede te wy aan verskillende maniere waarop die Afrikaanse letterkunde gesitueer kan word, en om ondersoek in te stel na hoe sodanige situerings nuwe moontlikhede ontsluit met betrekking tot die onderrig van Afrikaans.

Die bydraes in hierdie spesiale uitgawe van Tydskrif vir Letterkunde spruit uit die tweede Ontlaeringgeleentheid wat in Januarie 2020 op die QwaQwa-kampus van die Universiteit van die Vrystaat plaasgevind het. Die tema van hierdie kollokwium was "Transnasionale pedagogiek: Afrikaans en X" (meer oor transnasionalisme later in hierdie redaksionele nota).

Die woord 'ontlaering' is bedink na aanleiding van die historíese konsep van die ossewalaer, en die metaforiese gebruik van hierdie konsep wanneer daar (in die sogenaamde 'volksmond') gepraat word van 'Afrikaners' wat neig om laer te trek-wit Afrikaanssprekendes wat saam skaar en buitestaanders vermy. Wanneer ons praat van die 'ontlaering' van die Afrikaanse akademie, is die voorveronderstelling dat daar (soos in baie ander vakgebiede) 'n geneigdheid tot uitsluiting en verkalking is. Een manier om die term te interpreteer is dat dit impliseer dat die literêre hekwagters die laer-formasie behou om dit wat binne is te beskerm teen dit wat buite is. Azille Coetzee beskryf hierdie poging tot behouding in haar verslag oor die 2020 Ontlaeringkollokwium as "'n [s]trewe na tydlose suiwerheid, gekenmerk deur vrees vir dit wat vreemd is, melankolie oor alles wat altyd reeds anders is."

Candess Kostopoulos het in 'n referaat by die eerste Ontlaeringkollokwium by die Universiteit van Pretoria in 2018 soos volg gereflekteer oor wat 'n "laer" is: 'n sirkulêre struktuur wat dié aan die binnekant moet beskerm, maar wat (as daar gedink word aan letterlike ossewaens) ook beweeglik is en verskuif kan word (sien B. Burger). Kostopoulos se verstaan van die laer is meer buigbaar as die binêre idee dat daar dié binne en dié buite die laer is. Dit impliseer dat die laer voortdurend moet verskuif. In die geval van die historiese laer is hierdie verskuiwing nodig ter wille van oorlewing, en volgens Coetzee is dieselfde waar van die Afrikaanse-akademie-as-laer: "Vandag, in 'n wêreld waar die verloop van tyd meedoënloos versnel, en waar 'n soeke na suiwerheid altyd verdag is, is daar 'n argument te maak dat ontlaering van die Afrikaanse letterkunde 'n voorvereiste is vir die voortlewing daarvan. Of dan ten minste vir die morele regverdigbaarheid daarvan, en die relevansie natuurlik."

Ons gebruik van die laermetafoor het baie kritiek ontlok, omdat dit sou impliseer dat Afrikaanse letter- en taalkunde nog nooit verander het nie en altyd eng konserwatief was en is. Dit is die logiese gevolg van die gebruik van 'n metafoor met Voortrekkerkonnotasies dat dit geïnterpreteer word in terme van Afrikanernasionalisme, en dit is ook so dat ons met die gebruik van hierdie metafoor die voortdurende invloed van wit bevoorregting in die hede wou oproep.

Die eerste Ontlaeringkollokwium se uitsette is in 'n spesiale uitgawe van Stilet gepubliseer en in die redakteursnota lewer Basson en Strydom (ii) repliek op die kritiek wat teen die laer-metafoor geopper word:

Ons het hier te make met sistemiese kwessies-nie met die individuele leser se subjektiewe ervaring van 'n lys skrywers [nie]. Maar selfs al is so 'n gebruik produktief (na ons mening), tot watter mate onthul dit sommige nosies van kulturele hegemonie en meerderwaardigheid, wat so intiem deel vorm van baie van die wit Suid-Afrika[ner se] begrip van sy eie verlede? Anders gestel, wat is die funksionaliteit van hierdie spesifieke metafoor om sosiale en etiese regstelling te bevorder?

Hulle kom tot die gevolgtrekking dat 'ontlaering' miskien "'n stap tussen Afrikanisering en dekolonisering" is (Basson en Strydom iii). Terwyl ons doelbewus probeer het om die ontlaeringprojek te posisioneer in terme van die geskiedenis van die koöptering van Afrikaans deur Afrikanernasionalisme het die kontroversie rondom die gelade term uiteindelik ons doel tot 'n mate oorskadu.

Eerstens was ons doel wel om die spesifieke manifestasie van uitsluiting en sedimentering in die Afrikaanse akademie te ondersoek, maar dit was nie om voor te hou dat hierdie fenomene slegs in Afrikaans voorkom nie- ons sien dit eerder as 'n historiese en sistemiese proses wat in baie dissiplines en kultuurgroepe voorkom.

Tweedens was ons doel van die begin af om ook ander voorbeelde van opstand teen hierdie uitsluitende tendens in Afrikaans as akademiese dissipline te verken. In sy hoofreferaat, gelewer tydens die eerste Ontlaeringkollokwium in 2018, het Willie Burger (61) byvoorbeeld verwys na die "Afrikaans in die doofpot"-forum wat in 1993 by die Universiteit van die Witwatersrand gehou is en waar soortgelyke onderwerpe verken is (in sy referaat het Burger [61] wel ook sy voorbehoude oor die woord 'ontlaering' uitgespreek).

Terwyl ons gelukkig is met die debatte wat die term ontlok het, hoop ons wel dat die spesifieke vrae oor Afrikaans wat geopper is tydens die verskillende geleenthede van meer durende waarde sal wees en nie ondergrawe sal word deur die kontroversie rondom die term nie.

 

Why QwaQwa?

While the authors writing in this issue are exploring the transnational relationships in which Afrikaans are enmeshed, we nonetheless want to start the issue by referencing the beautiful rural Free State campus where the colloquium from which this issue emerged, was held. While investigating the global, we wish to acknowledge that transcendence of the local and one's emplacement is not possible-our project engages with the global, but it is not one in support of globalism and fantasies of placelessness. The reason for hosting the second colloquium on the QwaQwa campus of the University of the Free State and not in Bloemfontein was precisely to acknowledge the tension between the local and the global, and is in keeping with the Unlaagering Project's ideals of moving away from the central and the centralised. It is therefore appropriate that the colloquium was held on a more peripheral and marginalised campus, one which despite its rurality acts as a node in transnational networks.

In his welcoming address, the Assistant Dean of the Faculty of Humanities of the QwaQwa campus, Jared McDonald, addressed the complex history of this campus that was incorporated into the University of the Free State in 2003. He explained that the campus was founded as a branch of the University of the North in 1982 and was intended to serve the South-Sotho speaking 'homeland' of Qwaqwa-the smallest of the 'bantustans', but also the most densely populated. McDonald describes the campus as being situated "in a context of transboundaries and transfrontiers, at a geographical and social crossroads"; being positioned, as it is, in a former 'homeland', close to the Golden Gate National Park, the uKhahlamba-Drakensberg world heritage site, between the Free State and KwaZulu-Natal provinces and neighbouring Lesotho. This 'trans' character of the campus is reflected in the name of the area in which it is situated, Phuthaditjhaba, historically a part of Moshoeshoe's Basotho kingdom, which translates as 'meeting place of the tribes'.

As already mentioned, this location was chosen in order to encourage the decentralisation of knowledge production, especially in terms of Afrikaans literature and linguistics, which are more commonly situated on larger historically Afrikaans campuses such as Bloemfontein, Potchefstroom, Pretoria or Stellenbosch. Discussing Afrikaans research in QwaQwa allowed us to see it differently, and in relation to difference, without forgetting or ignoring the history of destruction and violence in which the language and its speakers are complicit.

 

Transnasionalisme en Afrikaans? / Transnationalism and Afrikaans?

Vroeër in hierdie redaksionele nota is ons opinie dat die 'laer' van Afrikaans voortdurend moet verskuif, en dat dit wat as geldige onderwerpe van Afrikaanse studie beskou word ook voortdurend aangepas moet word, uiteengesit. Die kollokwium by QwaQwa is gedryf deur ons vermoede dat 'n transnasionale benadering een so 'n manier is om die laer te verskuif.

'n Bruikbare definisie van die literêre transnasionalisme is: die punt waar "two or more geo-cultural imaginarles intersect, connect, engage with, disrupt or conflict with each other in literary form" (Morgan 14). Teorieë rondom literêre transnasionalisme bied kritiese terminologie vir die bespreking van die veranderende verhoudings beide tussen nasionale letterkundes (Jay 17), en tussen nasionale letterkunde(s) en globaliseringstrominge (Morgan 4). Beide Jay en Morgan se sienswyses word onderlê deur 'n bewuswording dat literêre sisteme nie meer knus binne die grense van die nasie-staat ondersoek kan/moet word nie. Hierteenoor word sulke sisteme eerder gesien as organies en veelvuldig, en as 'n netwerk wat voortdurend reageer op sosiopolitieke en -kulturele strominge en bewegings. Dieselfde is waar van taalkunde en ander geesteswetenskaplike ondersoeksterreine.

The cover art was created by Afrikaans comic book artists André and Nathan Trantraal. It illustrates the poem "eviction notice" by Nathan Trantraal's partner, Ronelda S. Kamfer (see Bibi Burger's discussion of the poem in her article in this issue). The poem consists of a letter written by Dutch colonialist Jan van Riebeeck and addressed to Autshumao, a leader of the Gorinhaikona who often acted as interpreter and intermediary between the colonisers and South Africa's first people. In the letter, written in anachronistically twenty-first-century Afrikaans, Van Riebeeck explains his plans for the Cape, including a "buy a male slave and rape a female for free" business. The Trantraal brothers' illustration represents this colonial encounter (crucially, the viewer looks over Autshumao's shoulder and the perspective is therefore that of the colonised-an inversion of the usual visual logic; an inversion that renders the coloniser as the looked-at object). By choosing this piece for our cover we wish to acknowledge the centrality of transnational colonial violence to the development of Afrikaans as language and consequently also to the development of Afrikaans-language literature. At the same time, the influence of manga on the Trantraals' visual style also indicates the creative potential of transnational encounters. Interestingly enough, while the influence of Japanese culture on Afrikaans cultural products is not often explored, it is raised two times in this issue: in Hanneke Stuit's mention of the influence of Japanese popular culture on Ronelda S. Kamfer's novel Kompoun, and in the analysis of the reception of the anime series Heidi in South Africa by Elizabeth van Rensburg and Mathilda Smit.

Afrikaans as language is not only embedded in relationships between South Africa and The Netherlands, and South Africa and Japan; other transnational relationships touched on in the issue include linkages with Canada, Eswatini, Aruba, Lesotho, Switzerland, Madagascar, Indonesia, Malaysia, West-Africa, the former Soviet Union and the USA. The view of Afrikaans that emerges is of a language that is embedded in global networks. In review-essays, an interview and articles, the contributors to this issue explore the implications of this global situatedness.

The first contribution to this issue, a review article on South African-Canadian poet Klara du Plessis's poetry collection Ekke (2018) by Francine Maessen, Bibi Burger and Mathilda Smit is transnational not only in its subject, but also in terms of the collaboration between Dutch Maessen and South Africans Burger and Smit. Du Plessis's collection itself is largely concerned with exploring the in-between state of being transnational and translingual. Interestingly, this global in-betweenness is represented, in some poems at least, in terms of the Free State and of Bloemfontein specifically. In these poems, the poet-speaker struggles to situate Bloemfontein and its surrounding areas' histories and symbolism in the transnational networks that she is a part of. The conception of identity and language as being constantly in progress is also explored in the collection's poems about visual art. In these poems, meaning is created through the interaction between language and visual art, a process the poet calls 'intervisuality'.

Hanneke Stuit's review article on the novel Kompoun (2021) by Ronelda S. Kamfer, too, is concerned with the depiction of South African rurality. Stuit (who, like Maessen, is based in Amsterdam) analyses the complicated relationship that one of Kompourís protagonists, Nadia McKinney, has with the rural space she grows up in and with her maternal forebears. Stuit argues that Kamfer writes back to the white patriarchal plaasroman tradition by reinscribing the farm as a space of strong coloured women. The novel also, however, complicates mainstream notions of feminist resistance because Nadia not only admires her female family members, but also fears the threat of emotional and physical abandonment and abuse that both the men and women in her family pose. Nonetheless, Stuit contends that "in times of need, Nadia manages to mobilise her personal image of the plaas's beauty as motherly and the women who live there as tough".

Die Nederlandstalige digter Alfred Schaffer beklee 'n uniek transnasionale posisie as 'n skrywer wat hoofsaaklik in Nederlands en vir 'n Nederlandse gehoor skryf, maar wie se werk ook vertaal word na Afrikaans en wat self ook Afrikaanse poësie na Nederlands vertaal. Alwyn Roux voer met hom 'n onderhoud oor hierdie posisie, maar ook oor die publikasie van die versamelbundel zo heb ik u lief: alle gedichten tot nu toe (2021) en hoe dit Schaffer anders laat dink het oor sy oeuvre en ontwikkelinge in sy skrywersloopbaan.

As ons spesifiek na Afrikaans in 'n transnasionale konteks kyk, is een van die aspekte wat na vore kom Afrikaans se status as 'n relatiewe nuwe en klein taal wat in die globale konteks verdwerg word deur wêreldtale soos Engels, Mandaryns en Spaans. In haar ondersoek na Schaffer se digbundel Mens dier ding (2014), verwys Louise Viljoen in hierdie uitgawe na Frangoise Lionnet en Shu-mei Shih se konsep, "minor transnationalism" (klein of mineur-transnasionalisme). Deur die gebruik van hierdie term probeer Lionnet en Shih om binêre opposisies soos dié tussen die globale noorde en globale suide, en dié tussen die dominante en die ondergeskikte te omseil en te ondermyn deur te fokus op die bewegings en netwerke tussen kleiner kulture onderling. Viljoen noem dat sy egter, in haar analise van die onderlinge wisselwerking tussen Afrikaans en Nederlands, die term "laterale transnasionalisme" verkies, aangesien Lionnet en Shih se gebruik van "minor" steeds 'n binêre opposisie voorveronderstel.

In haar artikel, "Alfred Schaffer, Shaka en die transnasionalisme" lees Viljoen Mens dier ding in terme van só 'n laterale transnasionalisme. Nie net is die bundel die produk van interaksie tussen Nederland en Suid-Afrika nie, maar Schaffer verwerk ook in die bundel die geskiedenis van die Zoeloekoning, Shaka, soos uitgebeeld in Thomas Mofolo se roman, Chaka (1925). Mofolo was afkomstig van Lesotho (vroeër Basotholand), en hier is daar dus ook sprake van laterale transnasionalisme. Schaffer se biografíese inligting (sy Nederlands-Arubaanse herkoms, sy bewegings tussen Nederland en Suid-Afrika en sy uitgangspunte oor poësie) maak 'n transnasionale lees van die bundel sinvol. Viljoen argumenteer dat transnasionale letterkunde 'n spesifieke tipe letterkunde is wat op 'n sekere tyd in die geskiedenis ontstaan en wat kwessies en temas onder die loep neem wat met imperialisme, kolonialisme, dekolonisering en globalisering verband hou. In die artikel bespreek Viljoen die bundel se formele eienskappe, die transnasionale gesprek wat dit met Mofolo se roman voer, die gebruik van anachronisme, asook die invoeging van metapoëtiese elemente in die teks as literêre strategieë om transnasionale kwessies soos migrasie, verplasing, rassehiërargie, ongelykheid en vlugtelinge se ervaringe te verken.

In Elizabeth van Rensburg en Mathilda Smit se "Die Afrikaanse Alpe en Afrika: Heidi as transliterêre teks" is daar ook sprake van laterale transnasionalisme, naamlik interaksie tussen Switserland, Japan en Suid-Afrika. Die fokus van die artikel is die klassieke kinderboek deur die Switserse outeur Johanna Spyri, Heidi (1881), en die talle verwerkings daarvan. Dié kinderroman het sedert die verskyning daarvan nasionale grense oorgesteek en transnasionaal in verskeie kultuurvorme gemanifesteer. Die Engelse vertaling van Heidi is in 1882 gepubliseer. In 1920 is dit vertaal na Japannees. 'n Animasietelevisiereeks (in die anime-styl), gebaseer op die storie van Heidi, is in die 1970's vir die eerste keer op Japannese televisie uitgesaai. Die reeks is ook in Afrikaans oorgeklank en in die 1980's in Afrikaans deur die SAUK uitgesaai. Met behulp van die teoretiese raamwerk wat transnasionalisme bied, argumenteer Van Rensburg en Smit dat Heidi as kruiskulturele fenomeen universele temas aanroer en dat dit die globale verspreiding daarvan kan verklaar.

In both of the above articles the cultural products of lateral transnational networks are explored. In Grant Andrews's "The construction of split whiteness in the queer films Kanarie (2018) and Moffie (2019)" however, these Afrikaans films are situated within global networks in which power is unevenly distributed. In both films, Kanarie (2018) and Moffie (2019), characters are depicted in a strict heteropatriarchal context in which homosexuality is still often seen as a taboo topic. In both films the white, male protagonists are conscripted to fight in the South African Border War in the 1980s, but the films differ greatly with regard to genre, plot and style. Andrews argues that the films demonstrate a split whiteness: "an invisibilised, assumedly critical perspective on the one hand, with transnational links to the Global North, and a hypervisibilised, reified and criticised racial identity on the other hand, located specifically in the heteropatriarchal Afrikaner male". According to Andrews, the protagonists in both films are in a position of privilege that affords them the opportunity to split their identities and distance themselves from the parts of their identities that are uncomfortable. Because of this, the films afford the same privilege to the viewer: to dismiss their own complicity in white supremacy and anti-black violence and oppression. Whereas most of the articles in this issue can be said to celebrate transnationalism to a certain extent, Andrews is therefore critical of how Kanarie and Moffie speak to a global white audience by Othering specific forms of white Afrikaans identity.

Waar Andrews fokus op die globale reikwydte van witheid, sluit Bibi Burger in "grond/Santekraam en bientang: gesitueer in globale swart seeroetes" aan by die idee van 'n globale opposisionele swart estetika. Burger voer aan dat die bundels grond/Santekraam (2011) deur Ronelda S. Kamfer en bientang (2020) deur Jolyn Phillips albei gelees kan word in terme van wat Paul Gilroy die 'swart Atlantiese tradisie' noem. Beide bundels is naamlik geskryf deur en handel oor die swart nageslagte van slawe en worstel met die implikasies van hierdie traumatiese geskiedenis van verontmensliking. Beide bundels wys egter ook op hoe teoretisering oor swart seeroetes aangepas moet word wanneer Afrikaanse kultuurprodukte ondersoek word. Die gebeure in die bundels speel grootliks af in die Overstrand-gebied, relatief naby aan die ontmoetingspunt tussen die Atlantiese en Indiese Oseane. Die seeroetes in beide hierdie oseane speel 'n ewe groot rol in die gebeure in die bundels. Tweedens gaan dit in die bundels nie net oor mense wat slawe geword het en via die Atlantiese Oseaan vervoer is nie, dit gaan ook oor die ontmoeting tussen hierdie mense, koloniseerders en Suid-Afrika se eerste mense. Laastens voer Burger aan dat dit betekenisvol is dat verskillende seeroetes in die bundel veral gesinjaleer word deur die gebruik van woorde in verskillende tale. Dit beteken dat die bundels ook die idee van Afrikaans as die produk van uiteenlopende seeroetes verken.

In Gosia Drwal's "The Garment Workers' Union's Pageant of Unity (1940) as manifestation of transnational working-class culture" she also investigates the oppositional potential of transnational solidarity. Drwal contends that the Pageant of Unity (1940), a bilingual Afrikaans and English pageant created by the Garment Workers Union, can be seen as a product of cultural mobility between Europe, the USA and South Africa. Drwal uses Bruno Latour's 'follow the actor' approach to trace the interaction between human actors (such as drama practitioners and theoreticians and socialist organisers) and nonhuman actors (texts representing socialist drama conventions such as agitprop techniques) to argue that the Pageant of Unity realises the prescriptions outlined by the Russian drama theoretician Vsevolod Meyerhold and therefore testifies to the transnational character of South African working-class culture in the early twentieth century.

Transnasionalisme word minder direk aangeraak in Janien Linde se artikel, "Relasionele ontologie en posthumanistiese subjektiwiteit in Pieter Odendaal se poësiedebuut", maar sy betrek tog die verwante filosofiese konsepte van relasionele ontologie en posthumanisme in haar analise van Pieter Odendaal se asof geen berge ooit hier gewoon het nie (2018). Die argument wat gevoer word, is dat Odendaal in sy bundel die vraag "re mang?" (wie is ons?) uitbrei tot 'n filosofiese gesprek wat die mens in verhouding tot al die ander inwoners van die aarde ondersoek. In die proses word 'n posthumanistiese manier van dink oor subjektiwiteit en intersubjektiwiteit uitgebou. Die mensdom se posisie op aarde word geproblematiseer en alles op aarde word op dieselfde ontologiese vlak geplaas. Met behulp van temas soos mense van verskillende agtergronde se ervaring van die lewe, die mens se verhouding tot die natuur, en die gelykmakende uitwerking van die verbygaan van tyd, noop die gedigte in die bundel die leser om sy/haar eie posisie op aarde te bevraagteken.

In die laaste artikel wat deel vorm van hierdie spesiale uitgawe, Karin van Marle se "Gewete, transformasie en herinnering op die Rooiplein", beweeg die fokus weer na die Vrystaatse ruimte waar hierdie uitgawe ontspruit het. In haar bespreking van die verwydering van die standbeelde van M. T. Steyn en C. R. Swart van die Rooiplein van die Universiteit van die Vrystaat, sluit Van Marle aan by internasionale gesprekke oor die verwydering (al dan nie) van monumente wat gewelddadige en verdeelde geskiedenisse herdenk. Sy gebruik die gewetensruimtebenadering, sowel as 'versoening' soos geteoretiseer deur Hannah Arendt en Svetlana Boym se konsep ïefleksiewe nostalgie' om aan te voer dat die Rooiplein op só 'n manier herbedink moet word dat die kompleksiteite van die geskiedenis daarin gereflekteer word. Sy skakel haar betoog ter wille van 'n gewetensruimtebenadering met die Ontlaeringprojek deur aan te voer dat "[h]oe ons as lede van 'n universiteitsgemeenskap die verlede onthou en daarmee omgaan, kan óf die laer enger trek, of lei tot ontlaering." Om die universiteit, "insluitend die groter intellektuele projek" te bedink as gewetensruimte kan dus volgens haar lei tot die problematisering van laers en dit moontlik maak om weg te beweeg van laers.

The last Unlaagering colloquium, with "Rootedness: The teaching of Afrikaans in specific spaces" as its theme was held online in April 2021. This theme emerged organically from that of the previous colloquium on transnationality, as all of the participants were inspired by the locality of the QwaQwa campus, as well as the discussions relating to the transnational or global versus the local. Due to the Covid-19 pandemic this meeting concerned with emplacement had to take place in the non-space of Zoom. The new online space, however, provided the distance necessary for contemplation of the relationships between Afrikaans and specific spaces. Papers presented at this conference are to be published in a special issue of the journal Tydskrif vir Geesteswetenskappe.

 

Acknowledgements

The editors would like to thank André and Nathan Trantraal for agreeing to the use of their artwork "Een ontmoeting aan de Kaap" on the cover of this issue.

 

Works cited

Basson, Earl & Wemar Strydom. "Redakteursnota." Stilet vol. 31, nos. 1 & 2, 2019, pp. i-vi.         [ Links ]

Burger, Bibi. "Ontlaering: 'n Herverbeel van die pedagogiek van Afrikaanse letterkunde." LitNet. 8 Nov. 2018. https://www.litnet.co.za/ontlaering-n-herverbeel-van-die-pedagogiek-van-afrikaanse-letterkunde/.         [ Links ]

Burger, Willie. "'Afrikaans does not yet exist in a normal context': On Unlaagering Afrikaans." Stilet vol. 31, nos. 1 & 2, 2019, pp. 60-77.         [ Links ]

Coetzee, Azille. "Afrikaans as liminale transnasionale literêre sisteem: 'n Paar gedagtes oor ontlaering uit QwaQwa." LitNet. 24 Jan. 2020. https://www.litnet.co.za/afrikaans-as-liminale-transnasionale-literere-sisteem-n-paar-gedagtes-oor-ontlaering-uit-qwaqwa/.         [ Links ]

Jay, Paul L. Global matters: The transnational turn in literary studies. Cornell U P, 2010.         [ Links ]

McDonald, Jared. "Transnasionalisme: Afrikaans & X" colloquium. Unpublished conference paper. 2020.         [ Links ]

Morgan, Peter. "Literary transnationalism: A Europeanist's perspective." Journal of European Studies vol. 47, no. 1, 2017, pp. 3-20. DOI: https://doi.org/10.1177/0047244116676685.         [ Links ]

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License