SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.58 número2Reel Resistance: the Cinema of Jean-Marie TenoOur Words, Our Worlds: Writing on Black South African Women Poets, 2000-2018 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Letterkunde

versão On-line ISSN 2309-9070
versão impressa ISSN 0041-476X

Tydskr. letterkd. vol.58 no.2 Pretoria  2021

http://dx.doi.org/10.17159/tl.v58i2.12612 

EDITORIAL

 

Tydskrif vir Letterkunde @ 85

 

 

Jacomien van Niekerk

Senior lecturer in the Department of Afrikaans, Faculty of Humanities, University of Pretoria, Pretoria, South Africa. She is the editor of Tydskrif vir Letterkunde. Email: jacomien.vanniekerk@up.ac.za https://orcid.org/0000-0001-6465-6584

 

 

Op 8 September 2011 is die 75ste bestaansjaar van Tydskrif vir Letterkunde gevier tydens 'n funksie by die Universiteit van Pretoria. Die navorsing wat Jan Stander oor die geskiedenis van die Jaarboek van die Afrikaanse Skrywerskring en TL gedoen het, asook 'n oorsig deur die toenmalige hoofredakteur, Hein Willemse ("Tydskrif vir Letterkunde: 'n Aaneenlopende rekord van 75 jaar"), is in jaargang 48, nommer 2 van TL gepubliseer, terwyl die toesprake wat daardie aand deur Henriette Roos en Henning J. Pieterse gelewer is, in die daaropvolgende uitgawe verskyn. Hierdie opstelle is almal belangrike argiefdokumente wat die geskiedenis van die tydskrif boekstaaf. Dit is nou tien jaar later en ons vier die 85ste bestaansjaar van TL; ek fokus in hierdie redaksionele nota hoofsaaklik op hierdie afgelope tien jaar.

Willemse ("Aaneenlopende rekord") is beskeie wat sy eie bydrae as hoofredakteur betref. Onder sy leiding het TL 'n merkwaardige transformasie ondergaan: van 'n tydskrif wat slegs in Afrikaans publiseer, tot een wat naas Afrikaans ook navorsingsartikels in Engels, Frans en Nederlands publiseer; van 'n tydskrif wat slegs gerig was op 'n eng-gekonsepsualiseerde Afrikaanse letterkunde tot een wat sy visier stel op letterkundige en kulturele produkte vanoor die ganse Afrika én Afrikadiaspora; van 'n tydskrif waar die publikasie van kreatiewe werk die grootste gewig gedra het, tot een wat die klem plaas op oorspronklike navorsingsartikels en nie meer kreatiewe werk publiseer nie; en les bes van 'n tydskrif waarvan vier relatief dun nommers per jaar verskyn het tot een met slegs twee uitgawes, April en September.

Van 2003 tot 2015 was die gedrukte eksemplare van die tydskrif met die pragtige voorblaaie deur ontwerp-kunstenaar Tienie du Plessis (1949-2015) versamelitems. En in 2013 is 'n ooreenkoms met Van Schaik Uitgewers aangegaan om die Kwê-reeks uit te gee, spesiale uitgawes van TL wat tegelykertyd tydskrif én boek is. Tot dusver het Kwê 1 ('n huldigingsbundel vir Heinrich Ohlhoff in 2013) en Kwê 2 (Dogs in southern African literatures, 2018) verskyn.

Verdere vernuwing is deur Willemse ingelui deur die besluit om TL vanaf 2016 'n elektroniese tydskrif met oop toegang te maak. In Augustus 2016 skryf Willemse ("Tydskrif vir letterkunde @80") dat jaargang 53, nommer 2 "die laaste uitgawe van Tydskrif vir Letterkunde as 'n gedrukte joernaal" is en dat gedrukte eksemplare voortaan slegs via "druk-op-versoek" beskikbaar sal wees (240). 'n Skrale jaar later het ons ook met hierdie stelsel wegge-doen en die Kwê-uitgawes is nou die enigste geleentheid waarby TL in druk verskyn. TL het nie meer intekenaars nie, iets wat natuurlik finansiële implikasies gehad het.

Tans word die oorgrote meerderheid van akademiese tydskrifte wêreldwyd deur groot multinasionale uit-gewerskorporasies besit wat daardie navorsing ten duurste aan lesers of hul instansies beskikbaar stel. In hierdie konteks is dit vir TL belangrik om 'n onafhanklike tydskrif met 'n beskeie begroting te bly (ons hef slegs bladgeld vir outeurs wat aan 'n Suid-Afrikaanse universiteit verbonde is) en alle navorsing wat in die joernaal gepubliseer word gratis verkrygbaar te maak. Dit is vir ons 'n eer en 'n voorreg om deel te wees van die Academy of Science of South Africa (ASSAf) se Khulisa-platform vir tydskrifte met oop toegang. Hulle verskaf nie net uitmuntende tegniese steun nie, maar help ook verseker dat ons tred hou met internasionale standaarde vir die publikasie van navorsing.

In die afgelope vyf jaar is baie tyd en energie daaraan gewy om ons uitgeeformaat en -prosesse te laat voldoen aan hierdie nuwe vereistes. Alle artikels word nou op 'n elektroniese platform voorgelê en die ganse keurproses geskied via die aanlynstelsel. Outeurs, keurders en redakteurs moes almal touwys gemaak word om die stelsel te gebruik. Terselfdertyd is ons argief oorgedra na die Khulisa-platform: vanaf 2003 tot op hede is daar 'n volledige elektroniese rekord vir elke afsonderlike uitset, en die uitgawes tussen 1936 en 2001 kan as PDF's afgelaai word. Op enkele vermiste nommers na is ons argief van 85 jaar nou volledig! Ons dank aan Daniël du Plessis, Tienie se seun, wat vanaf April 2016 tot April 2019 die tydskrif vir ons uitgelê het. Vanaf September 2019 is Tercia Klopper ons nuwe uitlegkunstenaar.

Deel van Hein Willemse se onverdrote arbeid was om die nodige prosedures te volg vir TL om in die interna-sionale Web of Science-indeks opgeneem te word (voorheen die "ISI"-lys). Die tydskrif is ook onder andere deel van Elsevier se Scopus/Scimago-indeks, van Scielo Suid-Afrika en die Directory of Open Access Journals (DOAJ). Danksy ons verbintenis met Scielo word TL tans outomaties deur die Suid-Afrikaanse Departement vir Hoër On-derwys en Opleiding (DHET) geakkrediteer.

Ek het in 2015 by die redaksie van TL aangesluit as streeksredakteur en vanaf 2016 tot 2019 was ek saam met Hein Willemse mede-redakteur. Hy het in 2019 uitgetree en ek is nou die enigste redakteur, hoewel ek gelukkig 'n wonderlike span streeksredakteurs het wat my daagliks in die taak ondersteun: Grant Andrews, Bibi Burger, Willie Burger, Isidore Diala, Muhammed Haron, Kasongo Kapanga, Daniela Merolla, Susan Meyer, Hilde Neus, Kwabena Opoku-Agyemang, Lesibana Rafapa, Antoinette Tidjani Alou en Alex Wanjala.

Daar is ook in die afgelope paar jaar nuwe lewe geblaas in die Tydskrif vir Letterkunde Assosiasie, die entiteit wat TL publiseer: die lede van die Assosiasie dien as adviesraad wat onontbeerlike ondersteuning aan my as redakteur bied. Hein Willemse bedank in 2021 as voorsitter van die Assosiasie. Dit is nog vreemd om die tydskrif sonder hom te bestuur; by hierdie geleentheid wil ek hom van harte bedank vir sy mentorskap, leiding en ondersteuning en vir die vertroue wat hy in my geplaas het. Bowenal wil ek hom gelukwens met die ontsaglike prestasie wat hy met TL behaal het waarvan die huidige span nog steeds die vrugte pluk.

Jacomien van Niekerk
Pretoria, 18 Oktober 2021

 

*

 

On 8 September 2011 Tydskrif vir Letterkunde celebrated its 75th year of existence during a function at the University of Pretoria. The research that Jan Stander conducted on the history of the Jaarboek van die Afrikaanse Skrywerskring and TL, as well as an overview by the then editor in chief, Hein Willemse ("Tydskrif vir Letterkunde: 'n Aaneenlo-pende rekord van 75 jaar"), was published in volume 48, issue 2 of TL, while the speeches that were delivered by Henriette Roos and Henning J. Pieterse on the evening were published in the subsequent issue. These essays are important archival documents that chronicle the history of the journal. Ten years have passed and we are celebrating the 85th year of existence of TL. In this editorial note I focus primarily on these past ten years.

Willemse ("Aaneenlopende rekord") is modest as far as his own contribution as editor-in-chief is concerned. Under his guidance the journal underwent a remarkable transformation: from a journal that was only published in Afrikaans, to one that, in addition to Afrikaans, also publishes research articles in English, French, and Dutch; from a journal which was aimed at a narrowly conceptualised Afrikaans literature to one that sets its sights on literary and cultural products from all over Africa and the African diaspora; from a journal in which the publication of creative work carried the greatest weight, to one that places emphasis on original research articles and no longer publishes creative work; and, last but not least, from a journal of which four relatively thin issues appeared per year to one with only two issues, April and September.

From 2003 to 2015 the printed copies of the journal with beautiful front pages by designer Tienie du Plesies (1949-2015) were collectables. In 2013 an agreement was entered into with Van Schaik Publishers to publish the Kwê series, special editions of TL which function as both journal and book. So far Kwê 1 (a tribute volume to Heinrich Ohlhoff in 2013) and Kwê 2 (Dogs in southern African literatures, 2018) have appeared.

Further renewal was initiated by Willemse through the decision to make TL an online journal with open access. In August 2016 Willemse ("Tydskrif vir letterkunde @80) wrote that volume 53, issue 2 would be "the last issue of Tydskrif vir Letterkunde as a hard copy". Provision was made for subscribers who requested print-on-demand copies (241). A scant year later we also did away with this system and the Kwê issues are now the only occasion on which TL appears in print. TL no longer has subscribers, a decision that had financial implications.

Currently, the vast majority of academic journals worldwide are owned by large multinational publishing corporations that make the research available to readers or their institutions at great cost. In this context it is important for TL to remain an independent journal with a modest budget (we only charge page fees for authors who are affiliated with a South African university) and for us to make all research which is published in the journal available free of charge. It is an honour and privilege to form part of the Khulisa platform for journals with open access of the Academy of Science of South Africa (ASSAf). They not only provide excellent technical support, but also assist in ensuring that we keep up with international standards for the publication of research.

Over the past five years, much time and energy have been devoted to ensuring that our publishing format and processes meet these new requirements. All articles are now submitted onto an electronic platform and the entire selection process takes place via this online system. Authors, reviewers, and section editors all had to be instructed in how to use the system. At the same time, our archive was carried over to the Khulisa platform: a complete electronic record exists for each output from 2003 to present, and the issues between 1936 and 2001 can be downloaded as PDFs. Except for a few missing issues, our 85-year-old archive is now complete! We thank Daniël du Plessis, Tienie's son, who did the layout of the journal for us from April 2016 to April 2019. Tercia Klopper has been our layout artist since September 2019.

Part of Hein Willemse's tireless work was to follow the necessary procedures for TL to be included in the international Web of Science index (previously the "ISI" list"). The journal is also part of Elsevier's Scopus/Scimago index, of Scielo South Africa and the Directory of Open Access Journals (DOAJ). Thanks to our connection with Scielo, TL is currently automatically accredited by the South African Department of Higher Education and Training (DHET).

I joined the editorial staff of TL in 2015 as regional editor and from 2016 to 2019 I was co-editor with Hein Willemse. He retired in 2019 and I am currently the only editor, although fortunately I have a wonderful team of regional editors who support me on a daily basis: Grant Andrews, Bibi Burger, Willie Burger, Isidore Diala, Muhammed Haron, Kasongo Kapanga, Daniela Merolla, Susan Meyer, Hilde Neus, Kwabena Opoku-Agyemang, Lesibana Rafapa, Antoinette Tidjani Alou, and Alex Wanjala.

The Tydskrif vir Letterkunde Association, the entity that publishes the journal, has also been revived in recent years: the members of the Association serve as an advisory board that provides indispensable support to me as editor. Hein Willemse resigned as chairman of the Association in 2021. It is still strange to manage the journal without him; I want to make use of this opportunity to thank him from the bottom of my heart for his mentorship, guidance, and support and for the trust he has placed in me. Above all, I want to congratulate him on his tremendous achievements with TL from which the current team is still reaping the rewards.

Jacomien van Niekerk
Pretoria, 18 October 2021

 

Works Cited

Pieterse, Henning J. "'n Kort rit in 'n vinnige voertuig." Tydskrif vir Letterkunde vol. 49, no. 1, 2012, pp. 147-9. DOI: https://doi.org/10.4314/tvl.v49i1.12.         [ Links ]

Roos, Henriette. "Tydskrif vir Letterkunde: 75 jaar." Tydskrif vir Letterkunde vol. 49, no. 1, 2012, pp. 142-6. DOI: https://doi.org/10.4314/tvl.v49i1.11.         [ Links ]

Stander, Jan. "75 jaar van Tydskrif vir Letterkunde-'n voorlopige verkenning." Tydskrif vir Letterkunde vol. 48, no. 2, 2011, pp. 13-31. DOI: https://doi.org/10.4314/tvl.v48i2.68301.         [ Links ]

Willemse, Hein. "Tydskrif vir Letterkunde: 'n Aaneenlopende rekord van 75 jaar." Tydskrif vir Letterkunde vol. 48, no. 2, 2011, pp. 5-12. DOI: https://doi.org/10.17159/tl.v48i2.2122.         [ Links ]

______. "Tydskrif vir letterkunde @80." Tydskrif vir Letterkunde vol. 53, no. 2, 2016, pp. 240-1. https://letterkunde.africa/article/view/1494.         [ Links ]

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons