SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.53 número2Reviews índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Letterkunde

versão On-line ISSN 2309-9070
versão impressa ISSN 0041-476X

Tydskr. letterkd. vol.53 no.2 Pretoria  2016

 

Tydskrif vir Letterkunde @80

 

 

Hein Wiliemse

Hoofredakteur / Editor-in-chief Pretoria

 

 

Op 10 September 1934 het 'n groep skrywers en akademici by die Universiteit van Witwatersrand in Johannesburg byeengekom om die Afrikaanse Skrywerskring op te rig. Van diegene wat teenwoordig was, was proff. T. E. Haarhoff en C. M. van den Heever, dr. P. de V. Pienaar en mnre. W. J. Erlank, Abel J. Coetzee, I. Mocke en W. H. Wilcocks. Twee jaar later, in 1936, het 'n publikasie met die titel Die Afrikaanse Boek die lig gesien wat 'n jaar later voortbestaan het onder die titel Die Jaarboek van die Afrikaanse Skrywerskring. Die Jaarboek is onafgebroke tot 1950 gepubliseer en daarna omgeskakel in 1951 tot 'n kwartaalblad met die titel Tydskrif vir letterkunde. Sedertdien word die publikasie onder hierdie titel uitgegee, alhoewel een uitgawe die titel 60 Tydskrif vir letterkunde in 1963 gedra het. Intussen het die Afrikaanse Skrywerskring tot niet gegaan en word die tydskrif sedert 2002 deur die Department Afrikaans aan die Universiteit van Pretoria geadministreer.

Met hierdie uitgawe vier ons die geskiedenis van tagtig jaar en diegene wat op uiteenlopende wyses tot die volgehoue publikasie van die tydskrif in al sy verskillende gedaantes en formate bygedra het. Waar die tydskrif ontstaan het as Die Afrikaanse Boek is dit die afgelope paar jaar omvorm tot "'n tydskrif vir Afrika-letterkunde". 'n Ondersoekpaneel van die Akademie vir Wetenskap van Suid-Afrika (Assaf) het in die begin van 2016 bevind dat Tydskrif vir letterkunde "aantreklik aangebied word, van hoogstaande gehalte, hoogs leesbaar en wêreldklas" is, terwyl hulle ook lof gehad het vir die uitbreiding om Afrika-letterkunde in die breë daarin te betrek.

Vandag staan ons voor 'n nuwe uitdaging, die digitalisering van inligting in die een-en-twintigste eeu. Hierdie uitgawe "Translating Mofolo" is die laaste uitgawe van Tydskrif vir letterkunde as 'n gedrukte joernaal. Sou intekenare hul tydskrif steeds in papierformaat verkies, het die redaksie voorsiening gemaak vir druk-op-versoek-eksemplare en sal dié op spesiale versoek voorsien word.

Ons redaksie wat bestaan uit gerekende internasionale kundiges sien daarna uit om nou in digitale formaat ons toekoms tegemoet te gaan en soos voorheen steeds in Afrikaans, Engels, Frans en Nederlands navorsing van hoogstaande gehalte te publiseer.

Augustus 2016

*

On 10th September 1934 a group of writers and academics found the Afrikaans Writers' Circle at the University of Witwatersrand . Some of those present were luminaries of an emerging Afrikaans literary tradition, among them Profs T. E. Haarhoff and C. M. van den Heever, Dr P. de V. Pienaar, and Messrs W. J. Erlank, Abel J. Coetzee, I. Mocke and W. H. Wilcocks. Two years later, in 1936, their publication entitled Die Afrikaanse Boek (The Afrikaans Book) was published; it later continued, a year later, under a new title Die Jaarboek van die Afrikaanse Skrywers-kring (The Yearbook of the Afrikaans Writers' Circle). The Yearbook was published continuously until 1950 when it was transformed into a quarterly, named Tydskrif vir Letterkunde (Journal for Literature). The journal has been published under this title ever since, although for one issue in 1963 it changed its title to 60 Tydskrif vir letterkunde. During the 1990s the Afrikaans Writers' Circle became dormant and seized to exist. The Department of Afrikaans at the University of Pretoria in 2002 took over its administration.

With this issue we celebrate the journal's 80th anniversary and the commitment of those who in different ways contributed to its continued publication in different shapes and formats. From a project that started out as Die Afrikaanse Boek the journal has been transformed into "a journal for African Literature". Recently, at the beginning of 2016 a task team of the Academy for Science of South Africa (Assaf) found Tydskrif vir Letterkunde to be "very attractive, highly readable and world class", while also "highly commending" its expansion into African literary studies.

Today we face a new challenge, the digitization of information in the 21st century. This volume "Translating Mofolo" is the last issue of Tydskrif vir Letterkunde as a hard copy. The editorial collective has made provision should subscribers still prefer their journal in printed format; on special request they would be able to obtain print-on-demand copies of it.

Our editorial team, consisting of well-known international experts, is looking forward to facing our future in its new digital format, and like before we will continue to publish high-level research in Afrikaans, Dutch, English and French.

August 2016

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons