SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.52 issue2Reviews author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Tydskrif vir Letterkunde

On-line version ISSN 2309-9070
Print version ISSN 0041-476X

Tydskr. letterkd. vol.52 n.2 Pretoria  2015

 

RESENSIES/REVIEWS

 

Fragmente uit die Ilias

 

 

Homeros. Vertaal deur Cas Vos. Pretoria: Protea Boekhuis, 2014. 160 pp. ISBN: 978-1-4853-0181-3. DOI: http://dx.doi.org/10.4314/tvl.v52i2.32

Die Rias en Odusseia van Homeros behoort tereg tot die hoogtepunte van die wêreldlet-terkunde. Hoewel daar die afgelope tyd 'n groot aantal Engelse vertalings hiervan verskyn het, is die enigste volledige vertaling in Afrikaans nog steeds dié van die Stellen-bosse klassikus J. P J. van Rensburg wat in die middel van die vorige eeu gepubliseer is. Van Rensburg se vertaling, hoewel baie nou-keurig, is egter taamlik argaïes en prosaïes en slaag nie daarin om reg te laat geskied aan die poëtiese aard van die eposse nie. Cas Vos, 'n teoloog en digter met verskeie digbundels op sy kerfstok, se poging om 'n vars, nuwe vertaling van 'n keur van uittreksels uit die Rias in digterlike formaat te lewer, moet dus van harte verwelkom word.

Die eerste helfte van die werk word in beslag geneem deur drie inleidende hoof-stukke. Die eerste hiervan-ietwat onvanpas getitel "Homeros se afdrukke" aangesien dit om veel meer as net die "afdruk" (impak?) van Homeros handel-bespreek naas die invloed van Homeros ook die tipiese inlei-dingsvraagstukke soos die komposisie, ou-teurskap, taalgebruik, vergelykings en versmaat. Hierdie hoofstuk sluit 'n hele aantal aanhalings uit moderne werke in wat die invloed van Homeros uitnemend illustreer. Hoewel die hoofstuk verder heelwat interessante inligting vir die oningewyde leser bevat en selfs vir die ingeligte leser verras-sende perspektiewe op die invloed van Homeros bied, is daar tog ook 'n paar sake wat pla. Die onderskeid tussen paragraaf 2 ("Die invloed van Homeros se werke") ener-syds en paragrawe 5 en 6 ("Die Rias se invloed op die poësie" en "Die Rias se afdruk in die Afrikaanse poësie") andersyds is nie baie dui-delik nie, aangesien paragraaf 2 ook na die invloed op poësie verwys. In al drie paragrawe word Homeros (dit wil sê die Ilias en die Odusseia) dikwels gelyk gestel aan die mites waarop Homeros berus. Só word daar by-voorbeeld op bl. 15 beweer: "Homeros bied ook die grondstof vir Seamus Heaney se voortreflike drama, The cure at Troy (1990)". In hierdie drama bied Heaney 'n weergawe van die mite wat ons uit Sophokles se drama Philoktetos leer ken. Hoewel daar verwysings na Philoktetos en Neoptolemos (die ander hoofkarakter in die mite) in die Ilias en die Odusseia te vinde is, is Heaney deur Sopho-kles en nie deur Homeros beïnvloed nie. 'n Kleiner, meer filologiese probleem is die in-konsekwente spelling van Griekse eiename: so vind ons byvoorbeeld Heraklitos in plaas van Herakleitos; Plutarchus, Pindarus, Glau-kus en Hesiodus naas Homeros, Philoktetos en Priamos. In die notas word verder vreemd genoeg dikwels na bybelse ensiklopedieë en woordeboeke (byvoorbeeld The Dictionary of New Testament Background; The International Standard Bible Encyclopedia; The Eerdmans Dictionary of Early Judaism) as bron vir 'n Griekse mite of historiese feit verwys in plaas van na standaard klassieke naslaanwerke soos die Oxford Classical Dictionary of Brill's New Pauly. Laasgenoemde werke sou vir die leser wat verder wou lees oor Homeros van meer waarde wees as die bybelse naslaanwerke.

Die tweede hoofstuk, "Die Ilias op die weegskaal van die tyd", plaas die gebeure van die Ilias kortliks in historiese konteks (die titel is dus weereens nie heeltemal van toepassing nie), terwyl die derde hoofstuk, "Konteks", 'n baie nuttige en leesbare kort opsomming van die inhoud van elke boek van die Ilias gee.

Vos se weergawe van uittreksels uit die Ilias vind ons in die tweede helfte van die boek. Uit sy "Besinning oor vertaling" in hoofstuk 1, paragraaf 7.2 is dit duidelik dat hy in die "omdigting" van die Griekse teks nie probeer om die oorspronklike versmaat direk weer te gee nie, maar nogtans probeer reg laat ge-skied aan die poëtiese kwaliteite van die oorspronklike: "'n Vertaling vra ook na die musikaliteit en samevoeging van woorde en sinne. Die vertaler moet luister na die woorde wat hy kies en dit vergelyk met die letterlike betekenis van die oorspronklike taal. Hy moet dan die gevoelswaarde daarteen opweeg ten einde die geskikte toonaard en kadens te vind" (38). Daarbenewens moet die vertaler so ver moontlik rekening hou met die kultuur-historiese konteks van die oorspronklike teks (40). Wanneer 'n mens Vos se weergawe lees, word jy inderdaad keer op keer getref deur die vars wyse waarop Grieks in Afrikaans oorgedra word. Ek gee slegs enkele voor-beelde wat redelik lukraak gekies is:

Toe die Daeraad die vroeë oggend soos 'n na-geboorte kleur, stuur Apollo vir hulle 'n krag-tige wind. Hulle laat die mas regop staan en vlerk die wit seile oop. Die wind blaas haar asem teen die seile en die skip se kiel roer purper golwe. (Boek I 91)

Twis laat galm die strydkreet,

hits die Achajers se harte aan,

oorlogswoede pak hulle beet,

die aarde sug, bloednat gesweet. (Boek VI 109)

Terselfdertyd moet die leser daarop bedag wees dat Vos se weergawe nie werklik 'n vertaling in die eng sin van die woord genoem kan word nie; daarvoor wyk dit te dikwels af van die Grieks. Ek noem 'n paar voorbeelde uit die begin van Boek I, met die letterlike vertaling van Van Rensburg ter vergelyking:

Agammemnon en Achilles se nerwe is maar dun.

Met die wroklied kry Zeus, die oppergod, sy sin.

Wie laat die twis tussen die twee opvlam?

Apollo los in blinde woede 'n donker pes.

Agammemnon is die oorsaak van die onheil.

Dit is hý wat die eer van priester Chruses krenk. (85)

In Van Rensburg se vertaling lui dieselfde gedeelte:

[...] die plan van Zeus is voleindig!-ja, van-dat Atreus se seun, koning van manne, en die goddelike Achillas vir die eerste keer in twis van mekaar geskei het. Wie van die gode het hulle twee dan in twis en stryd teen mekaar gestel? Lêto en Zeus se Seun: woedend vir die koning, het Hy 'n bose pes dwarsdeur die laer verwek, en die manne het gesterwe, omdat die seun van Atreus sy priester, Chrusês, beledig het.

Net hierná, op dieselfde bladsy, word "die sterkskeenplaat-Achajers" en "die gode wat hulle Olimpiese wonings het" (Van Rensburg) deur Vos vertaal met "julle ander oorlogbe-heptes" en "die gode wat in Olimpiese here-huise in weelde leef", wat klaarblyklik die kultuurhistoriese konteks uit die oog verloor.

Vos se weergawe van die TZias-uittreksels moet dus as 'n "indruk" of "resepsie" van Ho-meros beskou word, eerder as 'n vertaling. Lesers wat 'n kort indruk wil bekom van die Rias sal baie vreugde hê aan die goedversorgde en aantreklike band met die kragtige en frisse Afrikaans. Vir 'n nuwe Afrikaanse vertaling van die Rias moet 'n mens egter nog wag.

Johan Thom
jct@sun.ac.za
Universiteit Stellenbosch
Stellenbosch

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License