SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 número1Sê sjibbolet: an intertextual readingLanguage and politics in the philosophy of Adam Small: some personal reflections índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Bookmark

    Tydskrif vir Letterkunde

    versión impresa ISSN 0041-476X

    Tydskr. letterkd. v.49 n.1 Pretoria  2012

     

    Om die miskende te laat ken: 'n blik op Adam Small se literêre verrekening van Kaaps

     

    Illuminating the neglected: a view on Adam Small's literary integration of Kaaps

     

     

    Frank Hendricks

     

     


    ABSTRACT

    This article examines the literary reflection of Kaaps in the oeuvre of Adam Small from the perspective of an egalitarian approach to linguistic diversity. According to this approach the standard and non-standardised varieties of a particular language, such as Afrikaans, should be regarded as linguistically equipollent and equally valid codes of communication. Alongside reflections on the dialectological and sociolinguistic nature of Kaaps as well as the contextualisation of Small's choice of Kaaps as literary medium, it is shown how Small's personal views on this variety of Afrikaans, the ways in which it is textually integrated and the portrayal of it's linguistic nature implicitly serve as demarginalising and destigmatising mechanisms. It is emphasised how Small's groundwork regarding the illumination of the intrinsic linguistic nature and functional sufficiency of Kaaps, have paved the way for Kaaps to be recognised as a potential feeder source in the re-standardisation of Afrikaans which appears to be imminent. This is viewed as one of Small's great historical contributions.

    Keywords: Adam Small, demarginalisation, destigmatisation, Kaaps, code, variety.


     

     

    Inleiding

    Adam Small, gebore te Wellington op 21 Desember 1936, betree die Suid-Afrikaanse letterkundige toneel rondom 1955 met 'n aantal gedigte wat in die tydskrifte Naweekpos, Standpunte, Contrast en Kol gepubliseer is (Vermeulen 6). Sy letterkundige werke wat ná 1955 die lig gesien het, omsluit onder meer die volgende veertien tekste: 'n essaybundel Die eerste steen? (1961); 'n bundel prosagedigte Klein simbool (1958); vyf digbundels Verse van die liefde (1957), Kitaar my kruis (1961, 1973), Sê sjibbolet (1963), Oos wes tuis bes Distrik Ses (1973), Black Bronze Beautiful (1975); twee kortverhale "Kanna, kô hystoe!" (1964), "Klein Kytie" (1964); vier dramas Kanna hy kô hystoe (1965), Joanie Galant-hulle (1978), Krismis van Map Jacobs (1983), die ongepubliseerde radiodrama The Orange Earth (1984) wat later in Afrikaans as Goree vertaal en uitgesaai is en 'n roman Heidesee (1979).

    Die dateringsbesonderhede in hierdie uiteensetting suggereer dat die meerderheid van Small se werke tussen ongeveer 1955 en 1965, tussen sy neëntiende en nege-entwingste lewensjaar verskyn het én dat hy as skrywer gefigureer het tydens die apartheidsbestel wat deur diskriminasie teenoor persone van kleur gekenmerk is. Voorts suggereer die Afrikaanse én Engelse tekstitels in die uiteensetting dat Small meer bepaald as Suid-Afrikaanse skrywer eerder as slegs Afrikaanse skrywer bestempel behoort te word.1

    Small se oeuvre is tot dusver in 'n beduidende aantal studies vanuit 'n literêre hoek ondersoek. In hierdie studies word daar naas 'n besinning oor die tematiese aspekte van Small se tekste en 'n waardebepaling van sy letterkundige bydrae ook gewag gemaak van sy gebruik van Kaaps as literêre medium (kyk Antonissen; Kannemeyer, Geskiedenis; Van Wyk, "Mulat-estetiek" en "Groot Small"). Daar word onder meer aangetoon hoe Small Kaaps as gestigmatiseerde taalvorm aanwend om verskeie degraderende aspekte van die apartheidsbestel aan die kaak te stel oftewel, soos Andries Oliphant (9) dit stel, "die samewerking tussen Staat en Kerk (te) satiriseer en ironies (te) ontmasker".

    In hierdie bydrae wil ek as aanvulling tot bestaande letterkundige studies oor Small lig werp op sy literêre verrekening van Kaaps met spesifieke fokus op enkele van sy tekste waarin Kaaps aangesny word, te wete sy drama Kanna hy kô hystoe; sy digbundels Kitaar my kruis, Sê sjibbolet en Oos wes tuis bes Distrik Ses; en sy twee kortverhale "Kanna, kô hystoe!" en "Klein Kytie". My aanpak is taalkundig, en wel vanuit die perspektief van die Variasietaalkunde, 'n dissipline wat fokus op taalvariëteite en taalvariante as merkers van taalheterogeniteit. Dienooreenkomstig word taalvariasie vanuit sowel 'n dialektologiese as sosiolinguistiese gesigpunt benader (Du Plessis 1-33). Wat teoretiese oriëntasie betref, gaan ek uit van 'n gelykevlakbenadering tot taalverskeidenheid. Hierdie benaderingswyse stut op die aanname dat die standaardvariëteit en die niegestandaardiseerde variëteite van 'n taal gekonsipieer behoort te word as entiteite op dieselfde vlak, dus as prinsipieel gelykwaardige en ewe-geldige kommunikasiekodes. Dit maak ook voorsiening vir die destigmatisering en/of demarginalisering van niestandaardvariëteite deur maatreëls soos die aanmoediging van hul gebruik in die formele openbare domein en die letterkunde, en 'n bewusmaking van hul intrinsieke linguistiese norme (kyk ook Hendricks, "Potensiële nut", "Ander Afrikaans").2

    My bydrae vind aansluiting by my meestersgraadstudie (Hendricks, "Sinchronies") en ander taal- en letterkundige studies oor die gebruik van niestandaardvariëteite in Afrikaanse letterkundige tekste (Anna Coetzee, "Dialekmerkers", "Kreool-kinders"; Devarenne; Ernest; Hendricks, "Kaaps"), asook by Small se eie standpunte oor die aard en literêre potensiaal van Kaaps (kyk hieronder).

    Die kern van my aanbod behels 'n besinning oor hoe Small se opvattings oor Kaaps, die wyse waarop hy dit tekstueel integreer asook sy verrekening van die talige karakter implisiet in diens staan van die demarginalisering en destigmatisering daarvan. As aanloop hiertoe word daar ingegaan op die variasietaalkundige siening van Kaaps en word Small se keuse van Kaaps as literêre medium gekontekstualiseer.

     

    Die variasietaalkundige siening van Kaaps

    Dialektologies en sosiolinguisties word onder Kaaps die volgende verstaan. Dit is een van die oudste omgangsvariëteite van Afrikaans. In terme van sy historiese beslag is dit terug te voer tot die sewentiende-eeuse verafrikaansing van Nederlands onder invloed van (onder meer Maleise) slawe (M. C. J. van Rensburg 463 e.v.; Christo van Rensburg 10 e.v.) en die impaktering van Engelse invloed ná ongeveer 1806. Dienooreenkomstig is Kaaps te bestempel as die talige refleks van twee opeenvolgende koloniale bewindstydperke aan die Kaap, naamlik die Nederlandse periode tot ongeveer einde agtiende eeu en die Engelse bewindstydperk vanaf begin neëntiende eeu.

    Kaapse Moslemafrikaans, wat indringend deur onder meer Ernst Kotzé ("Maleierbuurt") en Achmat Davids ("Cape Muslims") ondersoek is en wat histories ten nouste met die kultuurlewe van die Kaapse Moslemgemeenskap verweef is, sou as die mees prominente subvariëteit van Kaaps uitgewys kon word. Volgens Kotzé is die tipiese talige kenmerke van Kaaps kwantitatief die sterkste in hierdie subvariëteit beliggaam ("Maleierbuurt" 42). Die sosiolinguistiese karakter van Kaaps is genuanseerd, omdat die variëteit eerder sosiolekties as etnolekties van aard is. Dit het histories en kontemporêr talle sprekers uit die werkersklas, onder wie persone uit die geledere van veral Kaapse Moslems en/of bruin maar ook wit sprekers. In terme van sy dominante sprekerskorps sou dit as 'n Afrikaanse kleurvariëteit bestempel kon word.3

    Kaaps is ook geolekties, want in aansluiting by Ponelis (9) kan dit bestempel word as 'n subvariëteit van die dialekbundel "Suidwestelike Afrikaans".4 Nader gepresiseer, is Kaaps geografies hoofsaaklik beperk tot die Kaapse Skiereiland en omgewing met die Bo-Kaap en Distrik Ses as historiese bakermat. In hierdie twee Kaapstadse gebiede wat teen die tweede helfte van die neëntiende eeu reeds 'n kosmopolitiese karakter gehad het en waar Kaapse Moslems vir langer as 'n eeu in noue assosiasie met mense van uiteenlopende agtergronde geleef het, het Kaaps die karakter aangeneem waaraan dit vandag geëien word. Vanuit hierdie gebiede het Kaaps (onder meer as uitvloeisel van die toepassing van die Groepsgebiedewet sedert die 1960's) na ander gebiede op die Kaapse Vlakte uitgebrei.

    In 'n volgende instansie varieer Kaaps ten opsigte van gebruikstatus. Sommige van sy sprekers gebruik dit as moedertaal in nagenoeg alle omstandighede; vir ander (en dalk vir die meeste) is dit tans 'n geleentheidskode, 'n kommunikasievorm naas ander vorme soos Engels, Xhosa of Standaardafrikaans-'n vorm gereserveer vir informele verkeer.

    Wat gebruiksfeer betref, is Kaaps primêr 'n spreektaalvariëteit wat metterjare ook op skrif gestel is. In hierdie verband kan daar in aansluiting by Kotzé ("Diachroniese" 106-07) ten opsigte van Kaaps twee "gekodifiseerde registers" onderskei word wat sowel kultureel as stilisties verskil, te wete "Formele Maleier-Afrikaans" (wat terug te voer is tot die Arabies-Afrikaanse skryftradisie van die agtiende en neëntiende eeu en vir religieuse doeleindes aangewend word) en die "Literêre Kaapse Vernakulêr". Formele Maleier-Afrikaans is gebaseer op die sintaksis van Standaardafrikaans en benut nie alleen 'n aansienlike aantal Arabiese en Maleise leksikale items nie, maar ook niegestandaardiseerde Afrikaanse leksikale items. Die Literêre Kaapse Vernakulêr beoog onder meer om informele gesproke diskoers te weerspieël deur die ortografie by die tipies Kaapse uitspraak aan te pas.

    Teen die agtergrond van hierdie kensketsing is Small se gebruik van Kaaps as literêre medium te bestempel as 'n manifestasie van die Literêre Kaapse Vernakulêr. Bygesê, Small en S.V. Petersen wat Kaaps reeds in die veertigerjare in sy prosa geïntegreer het, sou, wat die Afrikaanse letterkundekanon betref, as pioniers betreffende hierdie skryfkode uitgewys kon word (Hendricks, "Taalspore"). Voorts is dit betekenisvol dat Small juis Kaaps-en nie 'n ander gemarginaliseerde kleurvariëteit nie- benut het om die dehumaniserende aspekte van apartheid uit te wys. Daarmee het hy hom gewend tot 'n variëteit wat as prominente merker van die sosio-politieke miskenning van persone van kleur histories teruggryp na die vroeëre slawepraktyk.

     

    Die kontekstualisering van Small se keuse van Kaaps as literêre medium

    Small het in die hoogbloei van die apartheidsera as skrywer gefunksioneer. Met die Nasionale Party aan die stuur is hierdie periode gerig deur Afrikanernasionalisme en gekenmerk deur politieke en ekonomiese bevoorregting van wit Suid-Afrikaners. As talige teenhanger van hierdie bevoorregting is daar, ten koste van inheemse plaaslike tale, slegs aan Afrikaans en Engels amptelike taalstatus toegedig én is Kaaps en ander kleurvariëteite van Afrikaans ooreenkomstig 'n hiërargiese perspektief op taalverskeidenheid en as uitvloeisel van die standaardisering van Afrikaans gemarginaliseer en/of gestigmatiseer.5 Kaaps, spesifiek, is onder meer geëtiketteer as "Kleurling-Afrikaans" (Retief 168), "die Bruinmens se eie segging" (Kannemeyer, Stem 66), "die rouste Kleurlingpatois" (Dekker 276-77), "die krom taal van die Kleurling" (Weideman 210), "Skollie-idioom" (F. I. J. van Rensburg 35) en Gamat-taal ("Adam Small" 99).6 Hierdie toedrag van sake het geresulteer in die verdeling van die Afrikaanse taalgemeenskap op grond van kleur. Volgens Ponelis (4) gryp hierdie verdeling terug na 'n tyd vóór die totstandkoming van die formele apartheidsbeleid:

    Die politieke begrip kleur is verantwoordelik vir die skerpste nie-talige skeidslyn binne die Afrikaanse taalgemeenskap, naamlik tussen blankes (Afrikaners) en gekleurdes (hoofsaaklik, maar nie uitsluitlik nie, bruin mense). In die [...] dekades van apartheidshoogkonjunktuur is hierdie politieke grens sterk gefortifiseer, maar hy het bestaan van die vroegste begin van die Afrikaanse taalgemeenskap.

    In sodanige sosio- en taalpolitieke klimaat benut Small naas Standaardafrikaans en Engels ook die gemarginaliseerde taalvorm Kaaps as skryfmedium, dit is drie taalkodes wat hy op grond van sy beleefde ervaring daarvan, leer bemeester het.7

    Small het Kaaps as skryfmedium benut in weerwil van kritiek vanuit die geledere van politiekbewuste bruin mense dat hy die bruin man deur die gebruik daarvan "soos 'n aap sou voorstel" ("Adam Small" 99). Hierdie kritiek het berus op die vermeende mindere status van Kaaps, maar ook vanuit 'n politieke gesigspunt was daar onder die gemeenskapseksie ontevredenheid oor Small se gebruik van die variëteit. Daar is geredeneer dat Small deur die gebruik van Kaaps in die hand van die politieke heerser gespeel het deur hierdie mense implisiet as 'n afsonderlike en agterlike sosiale groepering te perpetueer. Hierdie argument sou in 1985, dus ongeveer twee dekades ná die verskyning van Kanna hy kô hystoe, ook opklink in Richard Rive (68) se bevraagtekening van die wenslikheid daarvan om Kaaps vir die skep van poësie aan te wend omdat Kaaps na sy oordeel "the acceptance of a brand of Colouredism in the face of strong anti-racism" sou poneer. Small verdedig sy keuse om in Kaaps te skryf uit hoofde van sy oortuiging dat die woordkunstenaar "die reg-die voorreg-(het) om die taal by die mense oor te neem soos hulle dit praat, en daarmee te werk" ("Adam Small" 99).

    Sodoende het Small literêr-histories pionierstatus ten opsigte die gebruik van Kaaps verwerf. In dié verband moet daar kennis geneem word van die feit dat hy wel 'n pionier is betreffende die gebruik van Kaaps in die poësie en drama, want ten opsigte van die gebruik van Kaaps in die prosa het hy in S.V. Petersen 'n voorganger.8 Ampie Coetzee (11) se stelling dat Small Kaaps in die Afrikaanse poësie gevestig het en Devarenne (389) se gewag maak van Small se "pioneering use of Kaaps in his poetry and plays" is derhalwe in die kol. Dat Small erkenning gekry het vir sy gebruik van Kaaps terwyl daar van Petersen se benutting van Kaaps nouliks kennis geneem is, het heel moontlik te make met die feit dat Small binne die raamwerk van die Sestigerbeweging as skrywer op die voorgrond getree het.

     

    Small se siening van Kaaps

    Small het van tyd tot tyd sy standpunte oor Kaaps en sy benutting daarvan geartikuleer. Hierdie standpunte het onder meer neerslag gevind in 'n gedokumenteerde onderhoud wat Ronnie Belcher in 1972 met hom gevoer het ("Adam Small" 93-105), asook in die voorwoord van die 1973-heruitgawe van sy digbundel Kitaar my kruis (Kitaar 9-10), 'n lesing "Krisis van 'n swart Sestiger" wat in 1973 gelewer is tydens 'n simposium oor die Sestigers ("Krisis", 140-48) en 'n praatjie "Stryd, op my manier" gelewer ten tye van die tweede Swart Afrikaanse Skrywersimposium wat in 1995 te Paternoster gehou is (218-25).

    Hy sien Afrikaans as 'n veelsoortige taal, soos blyk uit sy vermelding van "'n erkenning van die totale volheid van ons Afrikaanse taalgebied" ("Adam Small" 95). Afrikaans wat met persone van kleur in verband staan, is vir hom konstituerend deel van die Afrikaanse taal, want hy tipeer hul uitinge as eg "Afrikaanse taaluitinge" en as "'eie' aan Afrikaans" ("Adam Small" 94). Teen hierdie agtergrond verwerp hy bepaalde resensente se gebruik van die etiketteringe "Kleurlingtaal" en "Kleurling-Afrikaans", en wel omdat hierdie begrippe na sy oordeel verkeerdelik suggereer dat die taal van gekleurde mense iets sou wees "wat op die rand van Afrikaans [...] of miskien selfs buitekant Afrikaans lê" ("Adam Small" 94-95). Hy distansieer hom derhalwe van enige suggestie dat Afrikaans in die mond van gekleurde sprekers periferale Afrikaans of dalk onafrikaans sou wees. Aansluitend hierby staan hy téénoor 'n gelykstelling van Afrikaans aan Afrikanerskap en waarsku hy teen die uitdefiniëring van ánder Afrikaanssprekendes: "Baie meer mense, moet u onthou, as wat Afrikaner is, praat, en is dus in die een of ander sin, Afrikaans" ("Krisis" 148). Dienooreenkomstig vereenselwig hy hom met "'n ruimer Afrikaans as dié van Afrikanerskap" ("Krisis", 148).

    Kaaps, in die besonder, tipeer Small as Kaapse "patois" in onderskeiding van "gewone" Afrikaans ("Adam Small" 95). Hoewel hy nie die begrip "taalvariëteit" gebruik nie, bestempel hy beide taalvorme by implikasie as variëteite van Afrikaans deurdat hy beide in verband bring met, wat hy noem, "die volle rykheid van die manifestasies van ons taal" ("Adam Small" 95). Sy gebruik van die begrip "gewone Afrikaans" dui implisiet op 'n intensionele vermyding van die ongewenste begrip "Algemeen-Beskaafde Afrikaans" as gangbare nosie van die periode waartydens sy literêre skeppinge voortgebring is, terwyl die takserende benaming "patois" nie die konsepsie "taalvorm van 'n minderwaardige kwaliteit" oproep nie, maar eerder rym met die betekenisonderskeiding "taalvariëteit waarop neergekyk word deur sprekers uit die hoër klasse" (Labuschagne en Eksteen 633) én met sy siening van Kaaps as "taal van die mense" ("Stryd", 223). Dat hy die begrip "patois" eerder veredelend as degraderend op Kaaps van toepassing maak, word daardeur gerugsteen dat hy hom distansieer van "sekere Afrikaanse mense" en "sekere Engelse mense" se tipering van Kaaps as "Gamat-taal" en "Capey" ("Adam Small" 99; Kitaar 9), en wel omdat hy hierdie taalbenaminge met neerbuigende minagting in verband bring: "die's g'n Gamat-taal of Capey nie //: daai is some mense se patronising scorn vi' hierdie straight en diep taal vannie mense" ("Stryd" 223).

    Voorts beskou Small Kaaps as "'n taal" (Kitaar 9), as "'n volwaardige taal" ("Adam Small" 99). Deur die begrip "taal" op Kaaps van toepassing te maak, gee hy waarskynlik nie te kenne dat Kaaps 'n aparte taalvorm náás Afrikaans of 'n ander taal sou wees nie, maar maak hy oënskynlik bloot gewag van die funksionele toereikendheid daarvan. Dienooreenkomstig is Kaaps vir hom 'n voertuig vir "die volle lot en noodlot" van die sprekers daarvan (Kitaar 9). In 'n gedig wat hy in sy praatjie "Stryd, op my manier" aansny (223-24), aksentueer hy die meerfunksionele aard van Kaaps: hy hou Kaaps voor as spreek- sowel as skryfkode ("djy lies 'it nie ma' net op papier, nee // djy moet dit [...] // proe, dja moet djou hele tong"), as gebedskode ("Here // Ek praat met Djou in Kaaps") en as sangkode onder instrumentale begeleiding ("dis 'n taal vannie kitaar // [...] djy [...] // moet dit speel oppie kitaar- [...] dja of course djy moet dit sing ...").

    Small se siening omtrent die veelsoortigheid van Afrikaans en van Kaaps as manifestasievorm van Afrikaans blyk dus in 'n sterk mate te rym met 'n gelykevlakperspektief op taalverskeidenheid. In teenstelling met die hiërargiese perspektief op die verskeidenheid van Afrikaans wat reeds in die 1960's van krag was, opereer hy as skrywer in die oortuiging van die gebruiksgeldigheid van Kaaps. Voorts sou die openbaarmaking van sy standpunte oor Kaaps in twee opsigte funksioneel kon wees. Enersyds sou dit die erkenning en aanvaarding van sy gebruik van Kaaps as literêre medium kon versterk. Andersyds sou dit gelees kon word as 'n meganisme om 'n veranderde (positiewe) siening omtrent Kaaps in die samelewing teweeg te bring.

     

    Die tekstuele integrasie van Kaaps in die oeuvre van Adam Small

    Die funksionaliteit van verskillende wyses van teksintegrasie

    'n Eerste opvallendheid omtrent Small se tekstuele integrasie van Kaaps is die wyses waarop hy dit in sy digbundels organisatories met ander taalkodes laat saamval. Eerstens kombineer hy Kaaps makro-organisatories met Standaardafrikaans en Engels. Van die 35 gedigte in Kitaar my kruis is tien in Standaardafrikaans, ses in Engels, agtien in Kaaps en een in 'n kombinasie van Kaaps en Standaardafrikaans geskryf. Sê sjibbolet bevat 23 gedigte in Standaardafrikaans en 22 gedigte in Kaaps. Die gedigte in Oos wes tuis bes Distrik Ses is, met die uitsondering van drie wat in Standaardafrikaans geskryf is, almal in Kaaps gegiet.9 Ook die organisasie van enkele gedigte weerspieël die saamval van Kaaps met ander taalkodes. "From here to eternity" in Kitaar my kruis is 'n sewe-strofige gedig in Kaaps met 'n Engelse titel. In die gedig "Vyfde Evangelie" wat uit sewe afdelings bestaan en wat ook in Kitaar my kruis opgeneem is, word Kaaps as dominante kode aangewend en is enkele afdelings en seksies van sommige afdelings in Standaardafrikaans geskryf. Deur hierdie verskillende wyses van kodeverbinding verkry Kaaps nie slegs tekstuele prominensie nie, maar word dit ook implisiet voorgehou as taalkode wat hom in koëksistensie met offisiële taalkodes soos Standaardafrikaans en Engels kan handhaaf.

    Voorts is enkele aspekte omtrent Small se werke toegespits op 'n bevestiging van die funksionele toereikendheid van Kaaps. Sy oeuvre as geheel illustreer dat Kaaps wat sedert die sewentiende eeu primêr as spreektaalkode ingespan word, ook suksesvol aangewend kan word as skryfkode vir die skep van verskeie letterkunde-genres: poësie, kortverhale en dramas. In sy digbundel Kitaar my kruis betrek hy Kaaps as kode vir preke ("Kô, lat ons sing", "Bruin prediker"), gebede ("Groot krismisgabet", "Dankgabet vannie skollie") en kerkliedere ("Lied vannie gamiente vannie Here"). Sodoende verkry Kaaps tekstueel toegang tot die religieuse sfeer wat kragtens konvensie met die gebruik van standaardvariëteite geassosieer word.

    'n Verdere opvallendheid betreffende integrasie van Kaaps staan in verband met die literêre konvensie om (as stemgewingsmeganisme) 'n niegestandaardiseerde variëteit as vertelkode (dit is die kode waarin die verteller die storie vertel) en as sitaatkode (die kode(s) waarin tekspersonasies deur die verteller aan die woord gestel word) in te span én die aanname dat die vertelkode uit 'n kommunikatiewe oogpunt essensieel hiërargies hoër as die sitaatkode is (Hendricks, "Taalspore" 23). Small gebruik Kaaps nie, soos Petersen, slegs as sitaatkode nie (Hendricks, "Taalspore" 25), maar ook as vertelkode. In die kortverhaal "Kanna, kô hystoe!" is die vertelling van die vrouepersonasie in die geheel in Kaaps gegiet, terwyl beide Kaaps en Standaardafrikaans in die drama Kanna hy kô hystoe en in die kortverhaal "Klein Kytie" in vertelfunksie benut word. In Kanna hy kô hystoe vertel Makiet feitlik konsekwent in Kaaps terwyl Kanna, naas sy sporadiese gebruik van Engels en sy namaak van ander karakters se Kaapse uitinge, in Standaardafrikaans vertel. Ook die "Stem" in dié drama word in Standaardafrikaaans aan die woord gestel. In "Klein Kytie" vertel die draaiboekpersonasie (wat as "meneer" aangespreek word) en die vrouepersonasies Ou Kytie en haar suster onderskeidelik in Standaardafrikaans en Kaaps. Plek-plek vloei hierdie twee vertelkodes byna onopsigtelik, selfs in dieselfde sin, ineen (Miles 38):

    Die lyk is uitgetrollie in 'n wit laken; die verkrimpte ou weduweegesiggie wat die coons gasien het niewedjare ennie kinners doedgan specially vi Kytie kôs even so was sy my kind gawies en om só te gan; die verkrimpte ou handjies, dis so gabars sien meneer vannie ouderdom hêhêhê ennie char specially die char, kôs ek het vir 'n rukketjie die blomme oek gahad en oekie pars, wat, toe die polisie daarmee klaar was, Klein Kytie se lyk ingeneem het, die skandes reg gesien het en toe ma gatry het ommit yt te lê virrie kis ..." ("Klein Kytie" 90).

    Hierdie strategie om gekleurde personasies sélf, vanuit 'n eerstepersoonperspektief, oor hulle ervaringe te laat vertel, en dít in Kaaps, druis in teen die literêre tradisie om in Standaardafrikaans vanuit 'n derdepersoonperspektief óór hulle te vertel.

    Die verskillende wyses van teksintegrasie gee gesamentlik uitdrukking aan die rypheid van Kaaps om as legitieme taalkode te funksioneer. As sodanig is Small se tekstuele integrasie van Kaaps, ooreenkomstig die oogmerke van 'n gelykevlakbenadering tot taalverskeidenheid, ingestem op die demarginalisering en destigmatisering van die variëteit.

     

    Small se verrekening van die talige aspekte van Kaaps

    Mens word getref deur die empiriese kontroleerbaarheid van die talige aspekte van Kaaps wat aangesny word en die betreklik raak sosiolinguistiese inkleding van die tekste. Trouens, Small se oeuvre-spesifiek die drama Kanna hy kô hystoe (Kanna), die twee kortverhale "Kanna, kô hystoe!" ("Kanna") en "Klein Kytie" ("Klein Kytie"), en die gedigte in Kaaps wat opgeneem is in Kitaar my kruis (Kitaar), Sê sjibbolet (Sjibbolet) en Oos wes tuis bes Distrik Ses (Oos wes) wat verderaan as illustrasiebasis gebruik word-ondervang Kaaps wat in ongeveer middel-20ste eeu gebruiklik was en weerspieël 'n beduidende aantal taalverskynsels wat in taalkundige werke as tipies Kaaps uitgewys word.10

    'n Opvallendheid in die gekose tekskorpus is die fonetiese skryfwyse en die spontane vervlegting van Afrikaans en Engels met Afrikaans as basiskomponent (kyk i en ii).

    (i)   Dja meneer dis swaar om doed te gan, om 'n living te mak is baie swaar specially hie innie Kaap ... Eeste het hy gatry om my weg te hou vannie hys af ... ("Klein Kytie" 80)
    (ii)   O yes
        Ismail Moegamat Kassiem hy wás hie in Distric' Ses
        very much alive
        however
        toe hoor hy daa gan manne kô wat bulldozers kan drive (Oos wes)

    Tipiese leksikale merkers in Kaaps wat in die tekste prominensie geniet, is direkte ontlenings uit Engels (kyk iii), Engelse leksikale items wat klankmatig verafrikaans is (kyk iv), die invleg van Islamitiese leksikale items (kyk v), die gebruik van pêl/pêllie as algemene vokatief (kyk vi), die gebruik van moet as voorsetsel i.p.v. met (kyk vii) en geleksikaliseerde fonetiese wysigings (kyk viii).

    (iii) toe kom sy chance ("Klein Kytie" 78)
      "proud ou gabou // pathetic pêllie // quiet ou" (Oos wes)
    (iv) de lô < the law (Kitaar 52-54), dey < they (Kitaar 52), dose i.p.v. those ("Klein Kytie"), dou i.p.v. though ("Klein Kytie"), kompliet < complete ("Klein Kytie"), krôs < cross (Sjibbolet 53), kôs why < because why (i.p.v. "want") ("Klein Kytie"), mêrim < madam (Kitaar 32), nout < take note ("Klein Kytie" 90)
    (v) "Kô sê dankie Allah (...) Gan batja dankie daa byrie Kramat!" (Oos wes)
    (vi)

    So pêl, is hulle tien my gakant ... (Sjibbolet 59)

      Pêllie, dáái moet djy ma guess (Oos wes)
    (vii) Maak vi' ons lig moet hierie woorde soes moet kerse! (Kitaar 11)
    (viii) daai < daardie: daai boytjie (Kitaar 85)
      ganiemant/ganiemand < geen niemand:11: "So ganiemant van ons kan vi Kanna skrywe nie" ("Kanna" 60); (Oos wes)
      gwaan < go on (Kanna 41, Kitaar 71)
      slytel < sleutel ("Kanna" 60)
      soema < sommer ("Kanna" 62; Sjibbolet 70)

    'n Aantal leksikale items wat in die tekste voorkom, is nouliks as eksklusief Kaaps te bestempel, want hulle is eerder algemeen-gebruiklike, oftewel geografies-verbreide spreektaalitems, waarvan sommige in die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) gelemmatiseer is. Hieronder ressorteer die items by (ix) asook werkwoorde op -e en werkwoorde op -t (i.p.v. -n) soos aangetoon by (x) en (xi).

    (ix) bietjies i.p.v. bietjie as graadwoord (nie in die WAT nie): "... Skoen hy's ma bietjies baie rof " ("Kanna" 60)
      bietjies i.p.v. bietjie as bywoord (nie in die WAT nie): "... Skoen ... hy's ma bietjies gespoilt" ("Kanna" 60)
      damersdammers vir "darem" (nie in die WAT nie): "Djakop ... hy lies ... damers, meneer" ("Kanna" 59-60, "Klein Kytie" 81)
      dieners (< dienders) vir polisiebeamptes (WAT II 148): (Kitaar 86)
      dogte i.p.v. dokter (WAT II): "... marie dogte het gasê dis vannie syp meneer" ("Kanna" 63)
      galoef (< geloof) as werkwoord (WAT III 118): "Ou Kytie, kan djy galoef, hi?" ("Klein Kytie" 80, Kitaar 78)
      gôrra vir "belieg" (nie in die WAT nie): "djy dink ek's biesag om moet djou te gôrra" (Kitaar 64)
      kammatjies i.p.v. kamma (WAT V): ("Kanna" 62)
      karrentjie i.p.v. karretjie (WAT V): "So toe sit ons marie furniture oppie karrentjie ("Klein Kytie" 77, "Kanna" 60, 62)
      kirjink i.p.v. "speel" (nie in die WAT nie): "Hê'k nie vi djulle gasê moenie kirjink innie pat innie hê?"("Klein Kytie" 75)
      koers as werkwood (WAT VI 629) : "Toefie koers na die Vismark" (Oos wes)
      krant i.p.v. koerant (WAT XI): (Kanna 20; Kitaar 85)
      Kroo vir Karoo (WAT VIII): "Hy lê in sy klein graffie ... in die Kroo daar ver." (Kanna 13), ("Kanna" 62)
      Langesaanlangesan vir "langsaan" as voorsetsel of bywoord (WAT IX 88): "Dit was net langesaan die kombys gewies hulle kamertjie (Kanna 52), ("Klein Kytie" 81)
      maak vir "seksueel verkeer" (nie in die WAT nie): ("Klein Kytie" 81)
      moerseer as intensiewe vorm (nie in die WAT nie):: "En God gan hulle móérseer knou" (Sjibollet 58-59)
      nai i.p.v. nee (WAT XI 44): "Nai ek wiet nie watsie ou mêrim haar naam nie, meneer" ("Kanna" 60)
      nout i.p.v. nooit as bywoord (WAT XI): "Kanna hy sit nout sy adres oppie pampier ... nie" ("Kanna" 61), ("Klein Kytie" 81)
      oeg (< oog) i.p.v. kroeg (WAT XI 551): "altyd as ek na die // oeg toe gaan // dan dink aan die brylof // by Kana" (Kitaar 17)
      selwers i.p.v. self as voornaamwoordverswarende item: "Ek selwers was neëntien jare (Kanna 14), "lat ons die einde liefs ma' selwers maak" (Kitaar 64)
    (x) beginne vir begin (Kanna 49)
      gasôre vir gesorg ("Klein Kytie" 80)
      hore vir hoort (Kanna 51)
      lowe vir loof (Kitaar 18)
      skroewe vir skroef (Kanna 70)
      worre (< worde) vir word: "Djy worre te blêrie ly" (Kanna 54)
      ytvinne vir uitvind ("Klein Kytie" 80)
    (xi) gaat vir gaan (Kanna 20)
      gat vir gaan ("Kanna" 60)
      siet vir sien (Kanna 25, "Kanna" 59)

    Naas gemelde leksikale verskynsels het ook enkele kenmerkend Kaapse uitdrukkings (kyk xii), uitspraakverskynsels (kyk xiii) en grammatiese verskynsels (kyk xiv) toegang tot Small se tekste verkry.

    (xii) Die mes gee ("met die mes steek"):
    "Enigeen ... sou Poena Henriks die mes gagie het" ("Klein Kytie" 79)
      in die gesig vat ("beledig"/"verkleineer"):
    "op elke plek, op elke pad // word ons in onse gasig gevat" (Kitaar 70)
      in die gesig spoeg ("beledig"/"verkleineer"):
    "ma' aldag word in onse gasig gespoeg" (Kitaar 79)
      in die krop bêre ("onthou"):
    "bêre dit in die krop!" (Kitaar 79)
    (xiii) Uitspraakverskynsels in Kaaps:
      Postvokaliese /r/-weglating:
    Dja ek sê vi' djou lat ons ma' hou ... (Kitaar 64), Haa voete ... (Oos wes)
      /j/-affrisering (in sillabe-beginposisie):
    djy moet djou palys-hys (Kitaar 25)
      /e/-verhoging:
    briek < breek (Kitaar 59), wies < wees (Kitaar 59)
      /o/-verhoging:
    boentoe < boontoe (Sjibbolet 39), oek < ook (Kitaar 64), soes < soos (Kitaar 59)
      Schwa-verlaging (by onder meer die morfeme ge- en -ig):
    galoef < geloof (Kitaar 36), galukkag < gelukkig (Kitaar 57)
      Rotasering van 'n intervokaliese /d/:
    Joremeisies < Jodemeisies ("Kanna" 62), lektriekdrare (Oos wes)
      Palatalisasie by die verkleiningsuitgang:
    Ek het 'n bitji gatry moerie char. ("Klein Kytie" 77)
      Homorgane eindklustervereenvoudiging:
    ol' < old (Kitaar 89), tol' < told (Kitaar 53)
      /a:/-verkorting (/a:/ > /a/):
    gan < gaan ("Kanna" 59), Kap < Kaap ("Kanna" 59), plasmeisie < plaasmeisie ("Klein Kytie" 81)
      Paragoge by Afrikaanse sowel as Engelse woorde:
    afsient < afsien ("Kanna" 61), angevoelt < aangevoel ("Kanna" 61), bagint < begin ("Kanna" 59), smaailt < smile ("Kanna" 62), spoilt < spoil ("Kanna" 62)
      Schwa-epentese (wat lei tot sillabe-toevoeging):
    oepeslaan < oopslaan (Kanna 32)
      Nasaal-epentese:
    klamvier < klavier ("Kanna" 61), pampiere < papiere (Kanna 65; "Kanna" 60)
      Nasaal-apokopee:
    Kô < kom (Kanna 20), hoekô < hoekom ("Kanna" 62)
      Opruiming van ablaut by meervoudsvorming:
    Biesagheite < besighede (Kanna 67), skippe i.p.v. skepe (Oos wes)
    (xiv) Grammatiese verskynsels in Kaaps:
      Hervatting van die onderwerp in voornaamwoordelike vorm:
    "Kanna hy't nou baie geld gemaak." ("Kanna" 60)
    "Klein Kytie sy't oek ma gahyl. ("Kanna" 61)
      Gebruik van die besitlike voornaamwoord i.p.v. se:
    Kanna sy stem ("Kanna" 63)
    Die ou mêrim haar naam ("Kanna" 60)
      Morfologiese inbedding van Engelse ontlenings:
    Ga-apologise (Sjibbolet 44), geleave ("Klein Kytie" 81), hawkerkinners (Kanna 64), sêdste ("Klein Kytie" 80)
      Die gebruik van leksikale sydelingse aanspreekvorme (i.p.v. jy/u):
    "ag hoe lyk die mêrim dan so suur
    foei foei
    is die lewe dan asyn
    en waar koep die mêrim dit
    lyk's nogal boenop duur" (Kitaar 32)
      Regularisering van werkwoordsvorme:
    So hy't nie gekan wêk nie ("Klein Kytie" 81)
    Toe't sy weer 'n anner werk wil gedoen het. (Kanna 54)
      Nie-emfatiese adjektiefverbuiging:
    Mooie bossies narsings! ("Klein Kytie" 75), soete kinners (Kitaar 70), varse vis (Oos wes)
      Redundante gebruik van graadtrapmorfeme:
    ... sy manel assit net 'n bietjies langere gawies het ... ("Klein Kytie" 78)
    Marie geld word al minere. ("Klein Kytie" 82)
      Agteropplasing van o.m. voorwerpe, tydsuitdrukkings en plekuitdrukkings:
    Makiet was unconscious gewies die hele tyd. (Kanna 70)
    Hulle't biesagheite gebou daar. (Kanna 67)Die Here het aan my gebring sy wonnerwerke. (Kanna 33)
      Redundante gebruik van die bepaalde lidwoord voor plek- en straatname:
    Onner innie Woodstock (Oos wes), innie Bontehiewel (Oos wes), innie Blomstraat ("Kanna" 59) vannie Hanoverstraat (Oos wes)
      Redundante gebruik van die bepaalde lidwoord voor substantiewe:
    Hy't die tiebie gahad. ("Kanna" 62)
    Hy's baie goed moerie (< met die) masiek. ("Kanna" 61)
      Redundante gebruik van agtersetsels (veral die agtersetsel saam):
    Mens moenie moet die lektriek same speel nie! (Oos wes)
      Gebruik van it (i.p.v. dit) en is (i.p.v. dis) by sinsaanvang (sonder invloed van die klankomgewing):
    It gaan bars! (Kanna 45), 't wassie Here sy wil. ("Kanna" 59), Is sieker weer ou Boela se vis. (Kanna 42)
      Die gebruik van die besitlike voornaamwoord onse (i.p.v. ons) in attributiewe posisie:
    onse motto (Oos wes), onse nek (Kitaar 70)
      Herhaling van setsels (in, uit) by dinamiese en statiese werkwoorde:
    So daai tyd ons lat hom toe innie kap in bly ... ("Kanna" 59)
    Toe maakie mêrim die deur in sy gasêg in toe. ("Kanna" 60)
    ... innie Gem in ... (Sjibbolet), Klim yt die klippe yt (Oos wes)
      Die selfstandige gebruik van daai i.p.v. die emfatiese voornaamwoord dit: Daais Kanna sy stem, meneer. ("Kanna" 63); Got hoe wiet djy dáái, hi? ("Klein Kytie" 75)
      Die gebruik van die kwantor almal (i.p.v. al) as versamelingsbepaler:
    ... sê almal die mense (Kitaar 53), Ammal die mense lag ... (Sjibbolet 51)
      Die gebruik van vir voor 'n objek: Hy't vir Kietie liefgehad (Kanna 51), Het Mamma vir my garoep? (Kanna 20)
      Die gebruik van vir voor 'n objek:
    Hy't vir Kietie liefgehad (Kanna 51), Het Mamma vir my garoep? (Kanna 20)

    Kommentaar op Small se verrekening van die talige aard van Kaaps

    Soos aangetoon hierbo, benut Small Kaaps in die oortuiging dat die kunstenaar die reg, voorreg het om niegestandaardiseerde variëteite by die mense oor te neem en daarmee te werk. Sy literêre integrasie van Kaaps is derhalwe nie gelyk te stel aan sosiolinguistiese korpusversameling nie, maar is hoogstens te bestempel as 'n bemiddelde, verrekende weergawe wat ingestem is op 'n bewusmaking van die intrinsiek-talige aard van hierdie gemarginaliseerde variëteit van Afrikaans.

    In die kortverhaalkorpus waarin die vertellinge van die werkersklaspersonasies betreklik na aan die spreektaal staan, word 'n beduidende aantal van gemelde leksikale, fonologiese en grammatiese verskynsels nagenoeg aaneenlopend ingespan (kyk xv). In die digbundels, daarenteen, word Kaaps meer selektief aangewend, onder meer ter wille van poëtiese effek,12 en word gebruiksvoorkeur gegee aan die uitspraakverskynsels postvokaliese /r/-weglating, /j/-affrisering, vokaalverhoging en schwaverlaging; die voorsetsel moet (i.p.v. met) en die besitlike voornaamwoord onse as grammatiese merkers; asook die ontlening, morfologiese inbedding en verafrikaansing van Engelse leksikale items (kyk xvi en xvii).

    (xv)   "Kôs meneer siet, ek en Djakop ons dink toe daai tyd well, Kanna hy's baie ligkop, so't die skoeltiechers oek gesê, lat ons hom ma die beste van onse vermoëntheit gie. So ek het vi Kanna elk maand gakom visit hieso innie Kap of annerste hy kom plastoe, Djakop was oek ma bly altyd om wee vi Kanna te sien. En toe lief hy ons net so virrie overseas, meneer." ("Kanna" 59)
    (xvi)   Mardi Gras II
        Hoor die applôs, nai ma dis cash!
        dja dit lyk kompliet soes galoewages bid
        as hulle so kamma-sêd loep en skud
        daai colourful koppe van papermêsh! (Sjibbolet 52)
    (xvii)   "op elke plek, op elke pad
        word ons in onse gasig gavat
        soes hasies voo' die honne moet ons ma' bly spat
        moet baledagings word ons afgamat" (Kitaar 70)

    Small se selektiewe aanwending van Kaapse verskynsels blyk ook daaruit dat hy leksikale items en uitdrukkings wat in Kaapse Moslemafrikaans gebruiklik is, nie genoegsaam aansny nie en boonop 'n beduidende aantal grammatiese verskynsels kenmerkend van hierdie kern-subvariëteit van Kaaps wat deur Kotzé ("Maleierbuurt") uitgewys word, nie in die tekskorpus ondervang nie. Hieronder ressorteer onder meer die volgende:

    • Stapeling en afwisseling van afleidingsmorfeme: Beleefdigheid (beleefd) / vastige (vaste) werk / geaarte (geaardheid)

    • Byvoeging van 'n vergelykingsuffiks by lokatiewe bywoorde: Hy woon 'n bietjie afferer/after (i.p.v. verder af). / Dis nog opper/opperer.

    • Verbale hendiadis met te (i.p.v. en), soos in Standaardnederlands: Dan staan jy daar te tjank. / Daar sit ek te praat met hulle.

    • Die gebruik van se in kombinasie met die besitlike voornaamwoorde u en julle en met tydsuitdrukkings soos nou en eers: U se broer Piet / julle se vriende / nou se Maleiers

    • Nominalisering van die onbepaalde voornaamwoorde iets en iemand: Hy's 'n mens wat doen goeie ietse. / unless is 'n sjeg of 'n iemand

    Bepaalde Kaapse aspekte wat deur Small ondervang word, staan enersyds in verband met die wisselwerking tussen Omgangsafrikaans en gestandaardiseerde Afrikaans en andersyds met die onderlinge wisselwerking tussen omgangsvariëteite.

    Small se tekste belig nie slegs die mate waarin Kaaps van Standaardafrikaans verskil nie, maar ook die wyse waarop dit met Standaardafrikaans ooreenkom. Soos aangetoon in (xviii), word bepaalde grammatiese en uitspraakverskynsels wat hierbo as tipies Kaaps uitgewys is, in die tekste afgewissel met Standaardafrikaanse ekwivalente. Deur hierdie wisseling word die Kaapse variante implisiet as eg Afrikaans uitgebeeld.

    (xviii) affrisering vs. geen affrisering van /j/: djaar (Kanna 53) x jaar (Kanna 13), djy (Kanna 22) x jy (Kanna 42)
      weglating vs. behoud van postvokaliese /r/: "ma' dis vi' djou, nie vi' my" (Kitaar 21) x "... ek het vir hulle mooi geverdydelik" (Kanna 55)
      verlaging vs. behoud van shwa: afgaleer (Kitaar 17), gabeur (Sjibbolet 42), vadriet (Kitaar 17) x hakkelaar (Sjibbolet 60), Halleluja (Sjibbolet 67), miskien (Kitaar 19)
      wisseling tussen woorde op -t en -n: gaat (Kanna 20) x gaan (Kanna 63); siet (Kanna 25) x sien (Kanna 57)
      onderwerpshervatting vs. geen onderwerpshervatting: Klein Krools hy was my oudste (Kanna 13) x Die kênners het my myrie marrag narie boat toe ganiem ... ("Kanna" 61)
      besitlike voornaamwoord i.p.v. "se" vs. "se": Kanna sy hart (Kanna 21) x Boela se vis (Kanna 42)
      Plekname met die vs. plekname sonder die: "anderkant die Wynberg by die Ratriet" (Kitaar 19) x "Yt Distrik Ses // Yt Windermere // Yt Cook se Bos" (Kitaar 23)

    Ook deur die uitbeelding van Kaaps as 'n variëteit wat algemeen-gebruiklike taalverskynsels soos dié by (ix) met ander omgangsvariëteite in gemeen het, word die eg Afrikaansheid van Kaaps by implikasie geaksentueer. Aansluitend hierby rym enkele verskynsels wat Makiet in Kanna hy kô hystoe en die vrouevertellers in Kanna, kô hystoe en Klein Kytie in die mond gelê word, met onder meer die streeksvariëteite Oranjerivier- en Karoo-Afrikaans:

    • Die gebruik van oens en oener as variante van ons en onder: "Nai, oens moet nou ma staanplek kry." ("Kanna" 62) "Sy pa Djakop is oek al vier djare oener die gront" ("Kanna" 62)

    • Die gebruik van gasêg (i.p.v. gesig): "toe maakie mêrim die deur in sy gasêg in toe" ("Kanna" 60)

    • Die gebruik van -goed (i.p.v. -hulle) as kollektiefmerker: "Djakop sy pagoed het hom liefgehad" ("Kanna" 59)

    • 'n Voorliefde vir verkleiningsvorme: enetjie ("Kanna" 59), groentetjies ("Klein Kytie" 81), kleredingetjie (Kanna 19), pensiontjie ("Kanna" 61), rukketjie ("Klein Kytie" 76), weduweegesiggie ("Klein Kytie" 81), welfare-geldjies (Kanna 26)

    Dié vrouepersonasies figureer tekstueel as personasies uit die Karoo wat nie slegs in die Kaapse werkersklas opgeneem is nie, maar ook taalmatig verkaaps het. Hierdie tekstuele verkaapsing word deur Small voorgehou as fiktiewe korrelaat van die reële praktyk waarvolgens die taalgebruik van plattelanders aan Kaaps gelykgemaak word/ is. Deur die inkorporering van taalgebruiksaspekte wat tradisioneel met die Karoo geassosieer word, word Kaaps deur Small geteken as 'n variëteit wat vanuit ander variëteite verryk word.

    Voorts dra Kaaps, soos gereflekteer in Small se oeuvre, die stempel van 'n vroeëre stand van Omgangsafrikaans-meer spesifiek van Suidwestelike Afrikaans. Verouder(en)de woordgebruike soos dieners (< dienders) vir "polisiebeamptes", galoef (< geloof) as werkwoord, krant vir "koerant", oeg (< oog) vir "kroeg" en seg (< seggen) vir "sê" (kyk ix), werkwoordelike woordvariante op -e en -t (kyk x en xi) asook grammatiese verskynsels soos die hervatting van die sinsonderwerp in voornaamwoordelike vorm, die gebruik van die besitlike voornaamwoord i.p.v. se en die gebruik van die voor 'n straat- of pleknaam (soos gespesifiseer by xiv) kan as voorbeelde van reste uit ouer taallae voorgehou word.

    Globaal gesien, is Small se verrekening van die talige aard van Kaaps betreklik werklikheidsgetrou. Hy slaag myns insiens uitmuntend daarin om die leser enersyds bewus te maak van die samehang van fonologiese, leksikale en grammatiese omgangstaalverskynsels kenmerkend van Kaaps en andersyds te oortuig van die eg Afrikaansheid en historiese geworteldheid van Kaaps. So gesien, staan Small se aanwending van Kaaps in die teken van die demarginalisering van hierdie variëteit.

     

    Slot: waardebepaling

    Die potensiële waarde van Small se verrekening van taalverskeidenheid en van Kaaps in die besonder wil ek puntsgewys soos volg toelig:

    • Small se literêre integrasie van taalvariasie bevestig dat die interrelasie tussen 'n letterkundeteks en die sosiale konteks waarbinne dit tot stand kom, nie alleen 'n tematiese maar ook 'n talige gegewe is. Talig vind 'n bemiddelde, kreatiewe weergawe van Kaaps toegang tot die oeuvre van Small ten einde terugwerkend 'n veranderde siening omtrent Kaaps in die samelewing te probeer verseker.

    • Met sy betreklik genuanseerde literêre integrasie van Kaaps het Small die taalkundige belangstelling in en studie van Kaaps gestimuleer. My eie meestersgraadstudie van 1978 staan in die teken hiervan.

    • Die variasietaalkundige waarde van Small se literêre benutting van Kaaps is vir my gelyk te stel aan die literêre meriete van sy oeuvre. (Dit sou van min Afrikaanse skrywers gesê kon word.) Deur sy geskakeerde en empirieskontroleerbare verrekening van die talige aspekte van Kaaps het Small 'n belangrike bydrae gelewer om die intrinsiek-talige karakter van Kaaps te agterhaal. Sodoende het hy die weg aangewys vir skrywers om samehangend met die uitbou van temas ook te funksioneer as betroubare dokumenteerders van taaldata uit die omgangstaal, en wel op so 'n wyse dat die data met vrymoedigheid in woordeboeke opgeneem kan word en benut kan word as basis vir taalkundige beskrywing.

    • Tans is daar wye konsensus daaroor dat Afrikaans die somtotaal van al sy variëteite is en dat variëteite wat met mense van kleur in verband staan, deel van die groot Afrikaanse geheel vorm en geldige kommunikasiekodes is. Small het met sy keuse van Kaaps as literêre medium die grondslag help lê om hierdie oop siening omtrent Afrikaans te laat insink en Kaaps te destigmatiseer. Om by Anastasia de Vries ("Kaap-se-taal" 9) aan te sluit: "Hy (Small) het vir Kaaps 'n voorheen ongekende bestaansreg toegeëien." Sy literêre skeppinge was inderdaad ook daarop ingestem om Kaaps wat op die rand was, na die sentrum te bring-om die miskende te laat ken.

    • Ons staan tans op die drumpel van die herstandaardisering van Afrikaans, gemik op 'n soepel standaardvariëteit wat organies aan ál die omgangsvariëteite van Afrikaans verbind is. Deur die talige geskakeerdheid en die funksionele toereikendheid van Kaaps in sy oeuvre te belig én dit ook op akademiese forums ingeskerp het, het Small help verseker dat veral Kaaps in hierdie historiese proses as voedingsbron vir Standaardafrikaans benut sal word. En dit is myns insiens te bestempel as een van die groot historiese bydraes van Adam Small.

     

    Aantekeninge

    1. Dit is tans ook gebruiklik om Small as "Swart Afrikaanse skrywer" te tipeer (Smith et al. iii-v; Willemse et al. 31-76). Small identifiseer hom oënskynlik met gemak met hierdie teoretiese konstruk: "dit (is) vir my glad nie 'n ongemaklikheid [...] om oor en van swart Afrikaanse skrywers te praat nie [...] Ons moet nou en sal vir lank nog moet praat oor swart Afrikaanse skrywers én Afrikaanse skrywers" (Small, "Slaweding" 40).

    2. In hierdie onlangse artikels spreek ek my uit ten gunste van 'n gelykevlakbenadering tot taalverskeidenheid as alternatief vir die gangbare hiërargiese benadering daartoe. Ek gaan onder andere in op verskeie maatreëls wat geïmplementeer kan word om Afrikaanse variëteite wat met persone van kleur geassosieer word, te demarginaliseer en/of te destigmatiseer.

    3. Ander onderskeibare Afrikaanse kleurvariëteite omsluit ook onder meer die volgende: Die Afrikaans van Griekwas, Namakwalanders, Boesmanlanders, Richtervelders, Rehobothers en die Riemvasmakers as subvariëteite van "Oranjerivierafrikaans"; "Flaaitaal", oftewel "Tsotsitaal", as Gautengse registervariëteit met Afrikaans as basisdialek wat gepraat word deur jong swart stedelinge in onder meer die swart woonbuurte van Johannesburg; asook "Swart Afrikaans" as geografiesverspreide aanleerdersvariëteit wat deur swart mense gebruik word en vormlik spore van beïnvloeding deur een of ander inheemse Afrikataal weerspieël.

    4. Volgens Ponelis (9) kom "Suidwestelike Afrikaans" voor in die Kaapse Skiereiland, die Boland en Noord-Boland, die Sandveld, die Swartland, die Overberg en die Klein Karoo. M. C. J. van Rensburg (463) gebruik die benaming "Kaapse Afrikaans" as alternatief vir Ponelis se begrip "Suidwestelike Afrikaans".

    5. Ponelis (10) werp lig op die wyse waarop Afrikaanse dialekte vanuit die standaardtaal gestigmatiseer word.

    6. Die stigmatisering van Kaaps is in die nuwe politieke bedeling sedert 1994 in 'n groot mate steeds van krag, soos onder meer blyk uit Wicomb (4) se taksering van Kaaps as "a shameful 'gamtaal'".

    7. Small se beheersing van Afrikaans gryp terug na sy kinderdae in die Boland tot ongeveer negejarige ouderdom terwyl sy ouers en gesin se verhuising na Retreat in 1944 en sy gevolglike studie aan Kaapstadse Katolieke skole en aan die Universiteit van Kaapstad die weg gebaan het vir die impaktering van Engels en Kaaps ("Adam Small" 104-05).

    8. Petersen se gebruik van Kaaps het neerslag gevind in sy bekroonde roman As die son ondergaan (1945) en in 'n aantal kortkunstekste wat in die 1940's in onder meer die tydskrif Naweek gepubliseer is (Hendricks, "Taalspore" 32).

    9. Hierdie saambondeling van taalkodes sou as 'n strategiese skuif vertolk kon word. Hy sou destyds in oorleg met sy uitgewers kon geredeneer het dat die leserspubliek nie ontvanklik sou wees vir digbundels wat in die geheel in Kaaps geënkodeer is nie.

    10. Diverse aspekte van Kaaps word belig in onder meer "Kaapsers", "Kort vokale", Carstens (290-91), De Vries ("Taal van my Hart"), Hendricks ("Kaaps"), Hendricks, ("Sinchronies"), Kotzé ("Diachroniese", "Maleierbuurt"), Pokpas, Christo van Rensburg (10-12), M. C. J. van Rensburg (449-54) en Van de Rheede.

    11. Geen niemand wat hier as grondvorm vir ganiemant/ganiemand geneem word, is volgens Verhage (21) 'n soort dubbele ontkenning wat onder meer deur Langenhoven gebruik word.

    12. In die voorwoord van die 1973-uitgawe van Kitaar my kruis roer Small die selektiewe aanwending van fonologiese verskynsels in Kaaps aan: "Wat hierdie herdruk betref, bly alles soos dit oorspronklik was. Ek sou eers aan die spelling torring, maar het oplaas daarteen besluit omdat ek gedink het dit sal vir die student van my werk interessant wees om my "fonetiek" van 'n dekade gelede te vergelyk met dié wat ek nou skryf wanneer ek Kaaps skryf." (10)

     

    Geraadpleegde bronne

    Primêre bronne

    Jansen, Chris en Adam Small. Oos wes tuis bes Distrik Ses. Kaapstad: Human & Rousseau, 1973.         [ Links ]

    Small, Adam. "Adam Small in gesprek met Ronnie Belcher." Gesprekke met Skrywers 2. Kaapstad, Johannesburg: Tafelberg-Uitgewers, 1972. 93-105.         [ Links ]

    ______. "Die baklei om uit die slaweding te kom." Die reis na Paternoster. Reds. Hein Willemse, Marion Hattingh, Steward van Wyk en Pieter Conradie. Bellville: U van Wes-Kaapland, 1995. 40-46.         [ Links ]

    ______. Kanna hy kô hystoe. 1965. Kaapstad: Tafelberg-Uitgewers, 1975.         [ Links ]

    ______. "Kanna, kô hystoe!" 1964. Syferfonteine. Reds. Tony Links en Wium van Zyl. Kaapstad: Tafelberg-Uitgewers, 1993. 59-63.         [ Links ]

    ______. Kitaar my Kruis. 1961. Kaapstad, Pretoria: Hollandsch Afrikaansche Uitgevers Maatschappij, 1973.         [ Links ]

    ______. "Klein Kytie." Windroos. Johannesburg: Afrikaanse Pers-boekhandel, 1964. 73-84.         [ Links ]

    ______. "Krisis van 'n swart Sestiger." Die Sestigers. Verslag van die simposium oor die sestigers gehou deur die Departement Buitemuurse Studies van die Universiteit van Kaapstad, 12-16 Februarie 1973. Red. James Polley. Kaapstad: Human & Rousseau. 1973. 140-48.         [ Links ]

    ______. Sê sjibbolet. 1963. Johannesburg, Kaapstad: Perskor, 1981.         [ Links ]

    ______. "Stryd, op my manier." Die reis na Paternoster. Reds. Hein Willemse, Marion Hattingh, Steward van Wyk en Pieter Conradie. Bellville: U van Wes-Kaapland, 1995. 218-25.         [ Links ]

    Sekondêre bronne

    Antonissen, Rob. Die Afrikaanse Letterkunde van aanvang tot hede. Kaapstad, Bloemfontein: Nasou, 1973.         [ Links ]

    Carstens, W. A. M. Norme vir Afrikaans: Enkele riglyne by die gebruik van Afrikaans. Pretoria, Kaapstad: Academica, 2003.         [ Links ]

    Coetzee, Ampie. "Small het Kaaps in Afrikaanse poësie gevestig." Die Burger 5 Nov. 2001, 11. 5 Okt. 2011. <http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/2001/11/05/11/1.html>.         [ Links ]

    Coetzee, Anna. "Dialekmerkers in die Afrikaanse literatuur." Tydskrif vir Taalonderrig 39.1 (2005): 35-50. ______. "Nederlands se Afrikaanse Kreool-kinders." Wroclaw Universiteit, Pole. 2002. 5 Okt. 2011. <http://www.ned.univie.ac.at/CMS/Afrikaans/Grammatika/Bydraes/Anna_ Coetzee_Ned... 4/2/2008>. Referaat.         [ Links ]         [ Links ]

    Davids, Achmat. "The Afrikaans of the Cape Muslims from 1815 to 1915: a socio-linguistic study." MA tesis. U van Natal, 1991.         [ Links ]

    Dekker, G. Afrikaanse literatuurgeskiedenis. Kaapstad, Bloemfontein: Nasou, 1970.         [ Links ]

    Devarenne, Nicole. "The Language of Ham and the Language of Cain: "Dialect" and the Linguistic Hybridity in the Work of Adam Small." The Journal of Commonwealth Literature 45.3 (2010): 389-408. <http://jcl.sagepub.com/content/45/3/389>.         [ Links ]

    De Vries, Anastasia. "'Kaap-se-taal' allermins net 'n mistykie." 30 Aug. 2011. Burger, Landelik 2001, 9. <http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/2001/06/26/9/10.html>.         [ Links ]

    ______. "Kaaps, taal van my HART." 30 Aug. 2011. Perspektief, Rapport, 23 Jul. 2006.         [ Links ]

    Du Plessis, Hans. Variasietaalkunde. Pretoria: Serva Uitgewers, 1987.         [ Links ]

    Ernest, D. S. H. "Meaning in Small, Snyders and Pearce: An application of Lotman's Semiotics to 'Coloured' Literature." MA tesis. U van Pretoria, 2004.         [ Links ]

    Hendricks, F. S. "'n Sinchronies-diachroniese studie van die taalgebruik in die drama Kanna hy kô hystoe van Adam Small." MA tesis. U van Wes-Kaapland, 1978.         [ Links ]

    ______. "Kaaps: afwisseling met Engels is spontaan." Afrikaans Vandag. Sept. 1996. 8-9.         [ Links ]

    Hendricks, Frank. "Op die taalspore van S.V. Petersen: 'n blik op sy verrekening van taaldiversiteit." Tydskrif vir Nederlands en Afrikaans 17.2 (2010): 21-37.         [ Links ]

    ______. "Hoe gemaak met die ánder Afrikaans?" Hangende, 2011.         [ Links ]

    ______. "Die potensiële nut van 'n gelykevlak-perspektief op die variëteite van Afrikaans." Hangende, 2011.         [ Links ]

    Kannemeyer, J. C. Die stem in die literêre kunswerk. Kaapstad, Bloemfontein: Nasou, 1965.         [ Links ]

    ______. Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur, Band 2. Pretoria: Academica, 1983.         [ Links ]

    Kotzé, E. F. "Afrikaans in die Maleierbuurt: 'n Diachroniese perspektief." Tydskrif vir Geesteswetenskappe 24.1 (1984): 41-73.         [ Links ]

    Kotzé, Ernst. "'n Perspektief op diachroniese prosesse in Afrikaans." Reds. Adelia Carstens en Heinrich Grebe. Taallandskap: Huldigingsbundel vir Christo van Rensburg. Pretoria: Van Schaik Uitgewers, 2001. 103-11.         [ Links ]

    "Kaapsers maak lang vokale kort. Dit was beslis die laaste hanekloot." Burger Landelik, 21 Mei 2002, 11. 9 Jun. 2011. <http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/2002/05/21/11/1.html>.         [ Links ]

    "Kort vokale so eg Kaaps as kan kom." Burger Landelik, 23 April 2002, 9. 9 Jun. 2011. <http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/2002/04/23/9/19.html>.        [ Links ]

    Labuschagne, F. J. en L. C. Eksteen. Verklarende Afrikaanse Woordeboek. 8ste hersiene en uitgebreide uitg. Pretoria: J. L. van Schaik, 1993.        [ Links ]

    Miles, J. D. "Om die nate te versit." Die Sestigers. Verslag van die simposium oor die Sestigers gehou deur die Departement Buitemuurse Studies van die Universiteit van Kaapstad, 12-16 Februarie 1973. Red. James Polley. Kaapstad: Human & Rousseau. 1973. 32-41.         [ Links ]

    Oliphant, Andries Walter. Swart literatuur in Suid-Afrika, 2011. 2 Mar. 2011. <http://literaryterminology.com/s/242-swart-literatuur-in-suid-afrika>.         [ Links ]

    Petersen, S.V. As die son ondergaan. 1945. Port Elizabeth, Kaapstad: Unie-Volkspers Bpk., 1946.         [ Links ]

    Pokpas, Larry. "Afrikaans en Gemeenskapspublikasies." Swart Afrikaanse Skrywers. Verslag van 'n simposium gehou by die Universiteit van Wes-Kaapland, Bellville op 26-27 April 1985. Reds. Julian F. Smith, Alwyn van Gensen en Hein Willemse. Bellville: U van Wes-Kaapland: Bellville, 1985. 40-51.         [ Links ]

    Ponelis, F. A. "Die eenheid van die Afrikaanse taalgemeenskap." Afrikaans en Taalpolitiek: 15 opstelle. Reds. Hans du Plessis en Theo du Plessis. Pretoria: HAUM, 1987. 3-15.         [ Links ]

    Retief, P. J. B. "Die Kleurling en die Afrikaanse Letterkunde." Die kleurlingbevolking van Suid-Afrika. Red. Erika Theron. Stellenbosch, Grahamstad: Universiteits-Uitgewers, 1964. 164-70.         [ Links ]

    Rive, Richard. "Culture, Colouredism, Kaaps." Swart Afrikaanse Skrywers. Verslag van 'n simposium gehou by die Universiteit van Wes-Kaapland, Bellville op 26-27 April 1985. Reds. Julian F. Smith, Alwyn van Gensen en Hein Willemse. Bellville: U van Wes-Kaapland: Bellville, 1985. 62-68.         [ Links ]

    Van de Rheede, I. "Kaapse Afrikaans: 'n sosio-politieke perspektief." Swart Afrikaanse Skrywers. Verslag van 'n simposium gehou by die Universiteit van Wes-Kaapland, Bellville op 26-27 April 1985. Reds. Julian F. Smith, Alwyn van Gensen en Hein Willemse. Bellville: U van Wes-Kaapland: Bellville, 1985. 34-39.         [ Links ]

    Van Rensburg, Christo (red.), Achmat Davids, Jeanette Ferreira, Tony Links en Karel Prinsloo. Afrikaans in Afrika. Pretoria: Van Schaik, 1997.         [ Links ]

    Van Rensburg, F. I. J. Die smal baan. Kaapstad, Johannesburg: Tafelberg-Uitgewers, 1971.         [ Links ]

    Van Rensburg, M. C. J. "Soorte Afrikaans." Inleiding tot die Afrikaanse Taalkunde. Red. T. J. R. Botha. 2de hersiene uitg. Pretoria: Academica, 1989. 436-67.         [ Links ]

    Van Wyk, Steward. "Mulat-estetiek: 'n Analise van Small se dramas." 2004. 27 Jan. 2011. <http://www.thefreelibrary.com/Mulatestetiek%3A+'n+Analise+van+Adam+Small+se>.         [ Links ]

    ______. "Die Groot Small-oor die lewe en werk van Adam Small. " LitNet-SeminaarKamer. Woordfees, Stellenbosch. 7. Mar. 2006. 30 Aug. 2011. <http://www.oulitnet.co.za/seminaar/vanwyk_small.asp>. Feesrede.         [ Links ]

    Verhage, J. A. Sonde met die bure. Herrie op die ou tremspoor. Pretoria, Kaapstad: Academica, 1970. Blokboek.         [ Links ]

    Vermeulen, H. J. Kanna hy kô hystoe: Adam Small. Pretoria: Academica. 1987. Reuse-blokboeke 21.         [ Links ]

    Weideman, C. "Die bydrae van die Kleurlinge tot die Afrikaanse Letterkunde." MA tesis U van die Witwatersrand, 1964.         [ Links ]

    Wicomb, Zoë. "Shame and Identity: The Case of the Coloured in South Africa." Writing South Africa: Literature, Apartheid, and Democracy, 1970-1995. Reds. Derek Attridge en Rosemary Jolly. Cambridge: Cambridge UP, 1998. 91-107.         [ Links ]

    Willemse, Hein, Marion Hattingh, Steward van Wyk en Pieter Conradie, reds. Die reis na Paternoster. 'n Verslag van die tweede swart Afrikaanse skrywersimposium gehou op Paternoster vanaf 29 September tot 1 Oktober 1995. Bellville: U van Wes-Kaapland, 1997.         [ Links ]

     

     

    Frank Hendricks is 'n professor in Afrikaanse Taalkunde in die Departement Afrikaans en Nederlands Universiteit van Wes-Kaapland, Bellville. E-pos: fhendricks@uwc.ac.za