SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.64 issue1"Realness" in images: The adaptation of verbatim text to stage images with specific reference to tot stof | tot stilte - 'n paniekreaksie (2018)The triumph of the silver screen: Christiaan Olwagen's film adaptation of The Seagull author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Tydskr. geesteswet. vol.64 n.1 Pretoria Mar. 2024

http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2024/v64n1a6 

NAVORSINGS- EN OORSIGARTIKELS

 

Die verskynsel van kindermoord deur die moeder krities heroorweeg binne 'n kruiskulturele raam-werk

 

The phenomenon of maternal filicide reconsidered critically within a cross-cultural framework

 

 

Casper Lötter

Navorsingsgenoot, Noordwes-Universiteit. Potchefstroom. Suid-Afrika. E-pos: casperlttr@gmail.com

 

 


OPSOMMING

In hierdie bydrae poog ek om sin te maak van die verontrustende verskynsel van kindermoord deur die moeder binne die breër konteks van die verwaarloosde diskoers oor die moeder in die Weste. Afgesien van my vlugtige naspeuring van Kristeva (2002b) se begrip van abjeksie, ondersoek ek ook ander teoretiese voorstelle in hierdie verband. Ek beoog om die mite van 'n vanselfsprekende moederskapsinstink krities te beoordeel, naamlik dat dit geensins natuurlik van aard is nie. Hierdie aanvullende teoretiese voorstelle dui op 'n feministiese invalshoek en Hrdy (2000) se insig dat vroue se prehistoriese ongebonde seksualiteit geherkanaliseer is ten einde moederskap as "natuurlik" weer te gee. Ek speur hierdie motiverings na ten einde 'n meer genuanseerde begrip van sodanige politieke en ideologiese onderbou te bereik. Ek wend my dus tot 'n feministiese metodologie en, gesien in die lig van die kruiskulturele strekking van die begrip moederskap, begrond ek my benadering op 'n sodanige onderbou. Ten einde 'n kruiskulturele raamwerk te regverdig, ontleed ek vier onlangse voorbeelde van kindermoord deur die moeder soos wat die verskynsel in verskillende kulture afgespeel het. Aangesien kindermoord deur die moeder 'n kruiskulturele verskynsel is, betoog ek dat transnasionale teorie waardevol is vir 'n ontplooiing van en besinning oor hierdie aangrypende en ontstellende verskynsel. Die gevolgtrekking waartoe ek kom, is dat kindermoord deur die moeder beduidend aansluiting vind by Blumberg (2009) se begrip evolusionêre uitputting en ek betoog dat die verwaarlosing van die diskoers oor die moeder, soos Kristeva (1982) ook indirek aandui, opsetlik is, aangesien dit andersins aanleiding sou kon gee tot 'n beëindiging van moederskap as 'n praktykinstelling.
It is a beleaguered time for those of us who believe in the right of intellectuals, artists and ordinary, affronted citizens to push boundaries and take risks and so, at times, to change the way we see the world.
- Salman Rushdie (2021:219)

Trefwoorde: diskoersvorming(s); feminisme; moederskap; kindermoord deur die moeder; transnasionale feminisme; versorging; verwaarlosing


ABSTRACT

In this contribution, I aim to make sense of the (somewhat) uncommon and disturbing phenomenon of maternal filicide within a broader context of the so-called neglected discourse of the mother in the West. Contemporary examples of countries where maternal filicide have been recorded are Germany, South Africa, the United States and New Zealand and these instances are recounted in the introduction to illustrate the cross-cultural and transnational nature of the problem, as well as the fact that its universal appearance allows for a justifiable feminist methodology. In order to justify a cross-cultural methodological angle, I analyse four recent examples or case studies of maternal filicide in an attempt to isolate the underlying factors contributing to this horrific social phenomenon. My conclusion is that although structural realities (material and/or emotional bereftness) were the major or ultimate reasons which led to the final decision to execute, it is (neoliberal) patriarchy, and the values ensconced within this framework, that ultimately set the stage for the countdown. Apart from my brief investigation of Kristeva's (2002b) notion of abjection, in order to grasp her thinking in the context of an especially Western feminist paradigm, I also consider other theoretical models in this regard. This is an important consideration since it is in my view difficult to understand the construct of motherhood without the benefit of a wider appreciation of a general scholarship on the topic. My intention is to critically assess the myths about the social construct of motherhood, namely that such construct is in no way "natural" in the sense in which patriarchy would have us believe. These additional theoretical suggestions include a feminist appreciation of the fractured mother-daughter relationship and Hrdy's (2000) insight that women's unbounded, prehistoric sexuality had been repurposed in order to refashion motherhood as "natural". In particular, I argue, by analogy of Blumberg's (2009) notion of freaks in evolutionary biology, that the social construct of motherhood and areas of exhaustion in such a biology, evince structural similarities; since patriarchal forms of oppression force women as mothers to operate outside the boundaries of conventional social norms. I tender these considerations with the aim of reaching a more nuanced understanding of the concept of motherhood's political and ideological underpinnings. As such, I employ a feminist methodology within a transnational theoretical framework in view of motherhood being a cross-cultural phenomenon. Even though a number of theoretical trajectories are considered and employed, I argue that this approach is in fact one of the strengths of this contribution since the proliferation of feminist theoretical perspectives has been seen as being conducive to the feminist project's open-endedness, rather than patriarchy's attempt to close off the debate, as my analogous exploration of the historical course of motherhood demonstrates. I argue that this phenomenon can only be understood properly within the wider context of motherhood as a cultural, political and ideological construct with nuanced and complicated underpinnings. In this way, an indirect approach is likely to show up insights which a direct method would miss or underappreciate. I reach the conclusion that maternal filicide, significantly even as transnational, cross-cultural phenomenon, finds credible explanation in Blumberg's (2009) concept of evolutionary exhaustion. I further argue that the neglect of discourse on the mother, as Kristeva (1982) presciently pointed out, is by design, since the alternative, its proliferation, could and almost certainly would lead to the demise of m/otherhood.

Keywords: discourse formation(s); feminism(s); motherhood; maternal filicide; caring; neglect


 

 

1. Inleiding

Habermas (1984:358; 1987:3-42) loof die toewyding van kritiese maatskaplike teorie aan die bestudering van die moontlikheid om bevryding van gebruike en instellings te bewerkstellig, beide in die verlede en die hede, in sowel die Weste as in ander kulture. In dieselfde trant betoog ek dat 'n transnasionale teoretiese perspektief benodig word vir 'n behoorlike begrip van kruiskulturele verhoudings, met spesifieke verwysing na die verskynsel van moederskap en kindermoord deur die moeder.

Binne hierdie konteks oorweeg ek vervolgens vlugtig Julia Kristeva (1982) se siening oor die gebrek aan 'n gesonde moederdiskoers in die Weste, al is die begrip streng gesproke van toepassing op alle patriargale gemeenskappe regoor die wêreld, sowel eietyds as met betrekking tot vroeëre eras. Die rede waarom ek my bespreking met Kristeva begin, is omdat sy die idee van 'n kritiese herbesinning oor moederskap (en die gepaardgaande veskynsel van kindermoord deur die moeder) by my laat posvat het. In my oorweging van die ideologiese en politieke konstruksie van moederskap laat ek my lei deur Blumberg (2009) se gedagtegang dat benamings soos "monsters" en "natuurfratse" aanduidend is van die beperkings van evolusionêre spesifikasie ('n begrip wat dui op eindelose herskepping van nuwe spesies), wat ek toepas op die begrip moederskap as andersheid. Flax (1990) verdien krediet vir haar verbeeldingryke munt van die idee m/otherhood, wat ongelukkig moeilik vertaalbaar is en wat ek aandui as "moederskap as andersheid". Dit dui op die gedagte dat die verskynsel van sogenaamde natuurlike moederskap moontlik 'n mite is en eenvoudig vir 'n aansienlike aantal vroue onwaar en/of onaanvaarbaar is.

In die lig van die voorafgaande beskou ek die geval van 'n jong moeder in Duitsland (wat bloot as Christiane K. geïdentifiseer is) wat tereg staan weens die moord op vyf van haar ses kinders. Alhoewel sy nog nie skuldig bevind is nie, laat haar onwaarskynlike weergawe van die gebeure - dat 'n gemaskerde man haar woning betree het en haar kinders vermoor het -weinig twyfel oor haar uiteindelike skuldigbevinding (AFP, 2021).

Ek gebruik doelbewus nie die begrip skuld nie, maar eerder skuldigbevinding aangesien dit my sentrale betoog is dat die begrip moederskap in patriargale gemeenskappe, soos ek hier bo aangedui het, die gevolg is van 'n politieke en ideologiese konstruksie wat baie vroue eenvoudig oorweldig, terwyl daar nie genoegsame ondersteuning vir hulle beskikbaar is nie (French, 1993:19). Die gevolg van hierdie ongelukkige sameloop van omstandighede is dat "moeders" eenvoudig nie die mas kan opkom nie en skouspelagtig faal. Hierdie situasie ontleed ek teen die agtergrond van die verskynsel van kindermoord deur die moeder en gedagtig aan Blumberg (2009) se idee dat natuurfratse en wangedrogte aanduidend is van beperkings op die evolusionêre proses. Die geval van Christiane K. in Duitsland is trouens ook nie 'n geïsoleerde voorbeeld nie. In Nieu-Seeland staan Lauren Dickason, 'n Suid-Afrikaanse mediese dokter, wat saam met haar man vanaf Pretoria soontoe geëmigreer het, tereg op aanklagte van moord op haar drie klein dogtertjies in 2021 (Lötter, 2021a), terwyl in die landelike Transkei in Suid-Afrika se Oos-Kaapprovinsie 'n Xhosa-sprekende moeder onlangs tot 20 jaar gevangenisstraf gevonnis is ná haar skulderkenning dat sy haar twee seuns om die lewe gebring het.

Onlangs, in die tweede helfte van 2022 berig die Port Elizabeth-gebaseerde (nou herdoop na Gqeberha) nuusblad The Herald (Feni, 2022), oor nog 'n geval in landelike Transkei waar 'n moeder haar vier klein kindertjies met 'n hamer vermoor het. Die motief was oënskynlik om die jongspan verdere pyn in 'n ongenaakbare wêreld te spaar; 'n gesigspunt wat strook met die beweegredes van ander moordenaar-moeders in ander kulture (vandaar die kruiskulturele invalshoek binne 'n transnasionale teoretiese raamwerk).

Ek bespreek hierdie vier voorbeelde in effe meer besonderhede hier onder met die oog daarop om hul eiesoortige, selfs ooreenstemmende, raakpunte met die eietydse neoliberale, patriargale omstandighede in verrekening te bring. Dit wil my voorkom of die raakpunt tussen hierdie vier gevalle die feit is dat die moeder van klein kindertjies, wat uiteraard van haar afhanklik is, nie enige of genoegsame emosionele en/of finansiële hulp en bystand ontvang het om die mas op te kom nie. Gebrek aan emosionele bystand was immers blykbaar die geval met beide Christiane K. in Duitsland (AFP, 2021) en Lauren Dickason in Nieu-Seeland (Lötter, 2021a). Volgens die persverklarings wat ná die tragiese insident vrygestel is, het Dickason boonop aan geesteskrankheid gely. Waarskynlik was hierdie twee gevalle nie te wyte aan strukturele probleme (of sogenaamde strukturele werklikhede) in die vorm van armoede nie, terwyl dit wel die geval was met die twee landelike moeders in die Oos-Kaap. Albei hierdie twee moeders se motief was blykbaar om hul kroos verdere verdriet te bespaar omdat hulle nie in staat was om in hul kinders se materiële behoeftes te voorsien nie. Sonder genoegsame emosionele en/of finansiële bystand behoort dit dus nie 'n verrassing te wees dat hierdie moeders op 'n sekere stadium sielkundig ineengestort het nie en dat hulle dus nie as boos of goddeloos gebrandmerk behoort te word nie. Hierdie opmerkings sluit aan by my aanbeveling aan die einde van die artikel dat mans en seuns aangemoedig moet word om moeders te ondersteun en self ook daadwerklik betrokke behoort te raak by die versorging van beide die ma en die kroos.

Angela Y. Davis (2022b:142-143) wys byvoorbeeld op die gebeure dat talle verslaafde moeders in die VSA se suide, voor die Burgeroorlog van 1861-1865, hulle kroos om die lewe gebring het in 'n poging om hulle te red van die wreedheid van 'n bestaan onder slawerny -dus weer eens empatie as beweegrede, al is dit in 'n effens ander gewaad. Hierdie denkbeeld is pragtig vasgevang in die bekroonde skryfster Toni Morrison se roman Beloved (1987) -wenner van die gesogte Pulitzer-toekenning vir fiksie in die daaropvolgende jaar - en lesers wat bekend is met hierdie teks, sal die aangrypende tonele wat die moeder se angs beskryf voor die geestesoog kan roep. Betekenisvol genoeg wys Davis (2022b:142-143) op die ooreenkomste tussen verslaafde ma's in die Amerikaanse suide en Armeense moeders gedurende die Turkse volksmoord in die jare 1915-1921: twee groepe onder intense druk wat beide gepoog het om hulle kroos om die lewe te bring. Hierdie gegewe bevestig weer eens die belang van transnasionale solidariteit tussen onderdrukte groepe soos vroue en benadruk myns insiens die belang en toepaslikheid van 'n kruiskulturele invalshoek.

In dieselfde trant berig Adrienne Rich (1976:24), 'n befaamde digteres, dat in 'n woon-kamer êrens in die Verenigde State gedurende 1975 elke vrou in daardie vertrek, van wie sommige moeders was, hulle kon vereenselwig met die optrede van Joanne Michulski ('n moeder in Chicago wat haar kinders in stukke gekap het) se drang om haar kinders van kant te maak. Die beweegredes vir kindermoord deur die moeder blyk dus veelvoudig te wees, soos wat die geval maar is met maatskaplike verskynsels in die loopvlak van laat-kapitalisme. Hierdie gedagte vind gepaste aansluiting by my benadering tot feministiese metodologie as 'n nie-idealistiese teorie (Hänel & Müller, 2022), met ander woorde, 'n begrip van die werklikheid wat op die ongenaakbare problematiek van 'n nie-utopiese wêreld gebaseer is. Onder "ongenaakbare problematiek" ressorteer uiteraard hartverskeurende maatskaplike verskynsels soos kindermoord deur die moeder. Dieselfde oorwegings is van toepassing op transnasionale (feministiese) teorie en internasionale solidariteit, aangesien beide hierdie begrippe betrekking het op die idee van vryhede in 'n verskeidenheid kontekste en allermins net op geslag as sodanig betrekking het (Davis, 2022a:108-114).

Teen hierdie agtergrond ontvou my betoog vanaf 'n vlugtige, kritiese beskouing van Kristeva (1982:39) se weergawe van die geskiedkundige verloop van die verwaarlosing van diskoersvorming oor moeders in die Westerse wêreld tot 'n omvorming van teenstrydige teorieë gemik op 'n meer genuanseerde perspektief. Haar aanname dat abjeksie ('n nuutskepping wat sy munt ten einde die individualiseringsproses ná geboorte te verduidelik) vir meisies anders is as vir seuns, aangesien dit vir eersgenoemde tot kliniese depressie lei, word beoordeel teen die agtergrond van sowel 'n feministiese teorie van vroulike sielkunde, as Sherfey (1966) se idee dat die vroulike seksuele ekonomie sedert voorhistoriese tye geherkanaliseer is na "natuurlike" moederskap as die uitvloeisel van politieke of ideologiese oorwegings. Voor 'n vlugtige bekendstelling van Bourdieu (1977) se teoretisering oor diskoersvorming, verduidelik ek die gekose metodologie, wat kruiskulturele ontleding binne 'n feministiese raamwerk behels en wat sal kan baat by 'n kruiskulturele ondersoek van die instelling van moederskap.

 

2. Metodologie en teoretiese raamwerk

Kruiskulturele feministiese ontleding is 'n metodologie wat die navorser in staat stel om teen die grein van die kulturele loopvlak van normaliteit te lees. As sulks is dit gelyksoortig aan die diskoers van die histeriese. So 'n leespraktyk beoog dan ook om die geskiedkundige voortgang van die betrokke kulturele praktyke en diskoerse te ondersoek en hulle binnestruktuur bloot te lê (Yanagisako & Delaney, 1992:9-14). Wat my feministiese teoretiese raamwerk betref, voeg ek my stem by die siening dat vroue deur mans en die neoliberale struktuur (wat natuurlik vrouens ook kan insluit) onderdruk word (Allen & Young, 1989:4; Richards, 1991:13-14; Brownmiller, 1999:xxx). Hierby kan die gepaardgaande siening gevoeg word dat vroue se ervarings verstaan moet word as 'n reaksie op patriargale (en neoliberale) onderdrukking en alles wat dit behels. Uiteraard is vroue se ervaring van hul onderdrukking nie deurlopend homogeen nie. Feminisme beskou byvoorbeeld toegewyde moederskap as 'n mite wat deur gevestigde patriargale belange geskep en aangewakker is (Conaboy, 2021).

In hierdie opsig is 'n nie-idealistiese teoretiese raamwerk, waarna ek hier bo verwys het - in teenstelling tot 'n ideale, utopiese oogmerk - van groot waarde vir 'n feministiese invalshoek. Hänel en Müller (2022:47) wys byvoorbeeld daarop dat sodanige raamwerk 'n "specific methodology that is able to critique ideological structures of which the theorist is themselves a part" verteenwoordig. Daar is drie voorvereistes vir die ontplooiing van so 'n gesigspunt, naamlik: inagname van onderdrukte of gemarginaliseerde standpunte; 'n kritiese ontleding van die heersende status quo, en uiteraard ook 'n besinning oor die navorser se eie maatskaplike posisie. In hierdie bydrae poog ek dan ook om aan hierdie voorvereistes te voldoen in die lig van die grootliks gemarginaliseerde en onderdrukte maatskaplike ruimtes waarin vroue hulle bevind. In die lig van die belangrike gesigspunte wat deur die vierde-golf-feminisme (Chamberlain, 2017) uitgewys is, spesifiek 'n postfeministiese wêreldbeeld waar 'n meer genuanseerde benadering behels dat vroue nie bloot as slagoffers gesien word nie (Vilar, 1973), blyk dit van belang te wees dat al vier golwe vir insigte ontleed word.

Aangesien vroue oorwegend onderdrukking ondervind in hulle private ruimtes, soos die slaapkamer en die kombuis, is 'n gewilde feministiese slagspreuk dat "the personal is political". In ooreenstemming hiermee volg dit dat alle kulturele praktyke en oorblyfsels daarvan, soos moederskap, ideologies ondersoek kan word (DuPlessis & Snitow, 1998:7, 10-12; Epstein, 1998:147-148; Nestle, 1998:345). My oogmerk met hierdie bydrae - die ondersoek van moederskap as 'n praktykinstelling en die gepaardgaande kindermoord deur die moeder wat daarin ingebed is - leen dit in die besonder hiertoe as 'n kruiskulturele projek.

Yanagisako en Delaney (1992:14, 20) se betoog is dan ook dat kruiskulturele, vrougesentreerde ontleding 'n metodologiese voordeel bó ander metodologieë het. Ook Barlow (2002:156) is van mening dat "the still unpredicated female subject" hoop om vrouvriendelike ruimtes te beset ten einde "damaging codes [such as marriage and motherhood] of masculine gender performativity" vry te spring. In dieselfde trant verklaar Warhol en Herndl (1991:x) dat feminisme se "overtly political nature, is perhaps the single most distinguishing feature of feminist scholarly work". Tydens onlangse grootskaalse maatskaplike onrus in November 2022 rondom COVID-19-inperkingsmaatreëls in China, het vroue die leidende rol gespeel (Bloomberg News, 2022). "They have less to lose from protesting, and more to gain potentially" in China se patriargale gemeenskap, volgens Maria Repnikova, 'n Amerikaanse kommunikasiedeskundige (soos aangehaal in Bloomberg News, 2022).

Heldke (2002:111) beweer dat 'n sodanige kruiskulturele metodologie daarna streef om "concepts and practices from a culture other than one's own, using tools from one's own culture" te verken en te evalueer. Verskillende metodologieë poog dan ook om kruiskulturele leenpraktyke te bewerkstellig, maar kruiskulturele ontleding vertoon besonder goed aangesien dit lig werp op maatskaplike verskynsels, soos kindermoord deur die moeder of bloot alleen die verskynsel van moederskap, wat nie altyd behoorlik binne die beperkte konteks van een kultuur verstaan kan word nie (Yanagisako & Delaney, 1992:20; Mann, 1997:200, 223). 'n Feministiese metodologie vanuit die gesigspunt van nie-idealistiese teorievorming, waarna ek hier onder verwys, sluit, weens die gemeenskaplike aard van menswees en die waardevolle gedagte aan trans- en internasionale solidariteit, goed aan by so 'n kruiskulturele invalshoek (Davis, 2022b:138-139, 142-143). So tipeer French (1993:4) enige poging om die lot van enige groep vrouens, met behulp van vroulike solidariteit en vroulike perspektiewe, te verbeter as "feministies" - 'n aanspraak waarmee ek sonder voorbehoud saamstem. Aangesien die patriargie 'n universele eietydse verskynsel is, betoog ek dat transnasionale feministiese teorie 'n belangrike gesigspunt is waaruit wysheid vir die verbetering en begrip van die vroulike situasie in die algemeen geput kan word. Dit is duidelik dat patriargie een van die hoofkomponente is in 'n veelvoudige en komplekse aantal strukturele werklikhede wat moeders daartoe sou kon dryf om hul kinders se lewe te beëindig. Trouens, die ingeboude ongelykhede wat kenmerkend is van patriargie - die uitbuiting van en aggressie teenoor vroue - sou selfs gesien kon word as tiperend van dergelike strukturele ongelykhede waaraan vroue onderwerp word.1

Marilyn French (1993:1) definieer patriargie kruiskultureel as "male supremacy backed by force". Vergelykings tussen verskillende kulture onthul uiteraard ook blinde kolle of kulturele vooroordele in die navorser se eie agtergrond (Martin, 1989:4, 11). Terwyl postkoloniale feministe ook Westerse kundiges mag raadpleeg, lig eersgenoemde "the specificity of Third World women's experiences" uit (Kandiyoti, 1996:5). Om die agentskap van Derde Wêreldvroue as niksseggend af te maak, is iets waarteen postkoloniale feministe waarsku. Vooroordeel, soos Spelman (1990:9) ons herinner, is gesetel in onbetwiste bevoorregting. Feminisme is bedag op die probleem van bevoorregting en ten einde hierdie probleem te oorbrug, pleit Hänel en Müller (2022:52) vir 'n drieledige benadering. Eerstens behels sodanige benadering dat ons as teoretici krities moet besin oor ons eie maatskaplike verskanstheid en die epistemiese beperkinge wat daarmee gepaardgaan. Tweedens beteken dit dat ten einde hierdie beperkinge aan te spreek, ons gemarginaliseerde teoretici moet uitnooi om met ons in gesprek te tree, veral waar ons vanuit 'n posisie van bevoorregting spreek. Derdens moet ons hierdie stemme en insigte die nodige respek en geloofwaardigheid verleen deur ons gesigspunte en teorieë in die lig daarvan aan te pas.

Ek betoog dus dat kruiskulturele ontleding as metodologie, gekoppel aan 'n postkoloniale feministiese teoretiese raamwerk, doeltreffender as ander metodologieë daartoe in staat is om kulturele nuanses in ag te neem, ten einde kruiskulturele patriargale instellings, soos huwelik en moederskap, met groter insig te kan ondersoek met die oog op die beligting van moontlike bevrydende potensiaal. Teen hierdie agtergrond kan die probleemstelling vervolgens geformuleer word.

 

3. Probleemstelling

As die onbevredigende moederdiskoers oorwegend in eietydse patriargale gemeenskappe (soos spesifiek in die Weste) ten dele as 'n gevolg van abjeksie (Kristeva) teenwoordig is, formuleer ek die hipotese dat 'n meer genuanseerde evaluering van die geskiedenis van die vrou ook ander motiverings vir die leemte sal ontbloot. Hieronder tel die kanalisering van vroulike seksualiteit vir patriargale doeleindes ten einde vroue te ontneem van hulle reg op ontspanning en terapeutiese jouissance, wat deur Stoltzfus (2006:8) vertaal word as "orgasmic bliss".

Feministiese teoriebemagtiging het egter heelwat meer as net 'n soeke najouissance onthul. Marianne Hirsch (soos aangehaal in Elliot, 1991:99) doen binne die konteks van 'n oorsig van feministiese teorie teen die einde van die 1980's, aan die hand dat "there can be no theory of women's oppression, that does not take into account woman's role as a mother of daughters and a daughter of mothers [...]". Drie redes word aangevoer vir die onbevredigende stand van die moederdiskoers in die Weste en Kristeva (1986:184-185; 1987:301-307) wys spesifiek op geïdealiseerde diskoersvorming ten opsigte van moederskap. Sy betoog dat daar slegs twee diskoerse oor die moeder se liggaam in die eietydse Westerse kultuur beskikbaar is.

Hierdie twee is naamlik die Heilige (in besonder die rol van Moeder Maria wat deur die Katolisisme bevorder word) en die verenging van die vroulike rol tot bloot dié van moederskap (Lötter, 2014:20). Volgens Kristeva (1986:163) het die geskiedkundige loop van die Westerse Christendom daartoe gelei dat vroulikheid as sinoniem met moederskap gesien is as deel van die moeder-versorging-ondersteuningspakket. Ongeag of mens heeltemal daarmee saamstem, is dit nietemin duidelik dat die trajek van die Westerse beskawing op ingrypende manier direk of indirek daardeur bepaal is. Hierdie "natuurlikheidstrategie" is onderliggend aan 'n sterk verbintenis tussen vroulikheid en moederskap en is die ideologie wat in die oorgrote meerderheid van patriargale kulture figureer (Lötter, 2014:1). So waarsku Spivak (1981:183) byvoorbeeld dat "the uterine norm of womanhood supports the phallic norm of capitalism". Patriargie en neoliberalisme (al word die nuwe garde deur beide mans en 'n minderheid vrouens gevorm) vestig dus myns insiens 'n web wat ingespan word om natuurbronne (waarvan vroue een is) te ontgin en uit te buit (Mies & Shiva, 1993:14; French, 1993:2). Hierdie seminale insig word soos volg gestel:

We see the devastation of the earth and her beings by the corporate warriors, as feminist concerns. It is the same masculinist mentality which would deny us our right to our own bodies and our own sexuality, and which depends on multiple systems of dominance and state power to have its way. (Mies & Shiva, 1993:14)

Myns insiens wys hierdie aanhaling op die waarde van 'n transnasionale invalshoek aangesien die grondliggende gedagte aan wêreldwye uitbuiting hier oortuigend uitgewys word as gegrond in neoliberale patriargie gerugsteun deur geweld. Inderdaad, navorsing deur derdegolf-feministe dring aan op die belang van die nadruk op die verskille tussen vroue en die problematisering van geslag as voorvereistes vir die identifisering en uitwissing van manlike onderdrukking (Allen & Young, 1989:12; Flax, 1990:4, 20; Boonzaier & Shefer, 2006:4-5). Feministe moedig die groei in perspektiewe aan, selfs al is die resultaat 'n teenstrydige en ongemaklik saamgesmelte bron van kennis (Flax, 1990:140, 142; Kesselman, 1998:42). George (2006:211) betoog naamlik dat postkoloniale feminisme gemik is op 'n onderbreking van "the discourses of postcolonial theory and that of liberal Western feminism, while simultaneously refusing the singular 'Third World Woman' as the object of study". My kruiskulturele invalshoek is onomwonde geskoei op postkoloniale feminisme vanweë my klem op transnasionale vroulike solidariteit. Hierdie oorwegings is dan ook die dryfveer vir 'n kruiskulturele ondersoek na moederskap, aangesien patriargie 'n redelik eenvormige verskynsel blyk te wees in die laatkapitalisme van die 21ste eeu.

Die verskille in die lewensomstandighede van vroue het ook belangstelling in kruiskulturele navorsing geprikkel. Alhoewel 'n versorgendemoeder-diskoers in die Weste verdag gemaak is (Lötter, 2014:31-32), is daar geen geskil omtrent die feit dat, soos in Martin (1989:4, 11) se gepaste woorde, die gebrek aan 'n rots om die oorweldigende bekendheid van haar eie kultuur te beoordeel, 'n kruiskulturele invalshoek regverdig nie.

Een aanduiding van hierdie onnatuurlike gebruik van die gemeenskaplike gedwonge moederskap is die ongewone maar betekenisvolle verskynsel van kindermoord deur die moeder in die eietydse patriargie. My ondersoek geskied teen die agtergrond van die voortdurende en aanhoudende aanval op die regverdiging van die uitspraak in Roe v Wade [1973] deur die regsgesinde, fundamentalisties gebaseerde Amerikaanse Christendom. Die gewetenlose en genadelose vervolging van sterk, onafhanklike vroue wat as hekse gebrandmerk is gedurende die Middeleeue in Europa, kom voor die geestesoog.

In Ekvtimishvili en Groß se film My happy family (2017, Georgiaanse klankbaan met Engelse onderskrifte) neem 'n middeljarige vrou (Manana [Ia Shugliashvili]) die besluit om haar uitgebreide patriargale gesin te verlaat en op haar eie te gaan woon. Hierdie uitdrukking van onafhanklikheid vind egter nie byval by die lede van haar uitgebreide gesin nie en lei tot oneindige ongelukkigheid en verwarring. Hierdie tema herinner aan Brownmiller (1976) se gedagtegang dat die politieke les en strategie wat by verkragting ingebeitel is, daarop gemik is om vroue te waarsku teen te veel onafhanklikheid. Soortgelyke opmerkings word gemaak binne die konteks van Suid-Afrika se postapartheidsverkragtingskultuur, 'n ander, verskillende kulturele milieu, met verwysing na die sogenaamde "fear factory," wat hierdie ontstellende verskynsel ondervang. Terselfdertyd word ook die ideale toestande vir hierdie euwel geskep (sien Gqola [2016; 2021] asook die uitstekende oorweging van die twee bronne deur De Groot [2021]). Op dieselfde wyse betoog ek dat die verbod op aborsie, soos ook die geval met die verskynsel van verkragting, ondanks die Christelike argumente wat saamgeflans is om sodanige verbod te regverdig, eintlik maar net nog 'n manier is om vroue te bestuur en onder beheer te hou. Vervolgens word aandag geskenk aan die begrip diskoers.

 

4. Diskoersteorie

Ek meen dat die ondersoek van geslagsdiskoers ons begrip van die hoofstroomdiskoers wat daaruit mag voortspruit, kan verdiep, maar die evaluering van rebellediskoerse kan ons 'n veel breër insig in die omringende maatskaplike werklikheid gee. Ek oorweeg vervolgens vlugtig Bourdieu (1977) se bydrae tot diskoersteorie in aansluiting by die bespreking van die knelpunte met betrekking tot moederdiskoers.

Bourdieu (1977) betoog dat geen oorheersende of hoofstroomdiskoers die maatskaplike werklikheid dermate kan vasvang dat alle alternatiewe of teensprake uitgewis word nie. Bourdieu verwys na hierdie alternatiewe werklikhede of teensprake as rebellediskoerse. Hierdie diskoerse kan gewis op sowel die linker- as op die regterflank van enige hoofstroomdiskoers verskyn. 'n Eietydse voorbeeld hiervan is die Economic Freedom Fighters (EFF) wat tot die heersende party, die ANC (wat deur die massas ondersteun word as die bevrydingsparty), se groot ontsteltenis op hulle linkerflank polities begin agiteer het, met 'n oënskynlike sosialistiese agenda, soos grondonteiening sonder vergoeding. Sodanige werklikhede word dan ook beliggaam in 'n bepaalde "lewenswêreld" ("Lebenswelt"), 'n begrip wat aanvanklik deur Husserl gemunt is. Soos Thakur (1997:61) dan ook op haar beurt uitwys, is daar 'n groot aantal moontlike standpunte wat hegemoniese oorheersing kan teenstaan, maar aangesien sodanige gesigspunte nog nie geartikuleer is nie, het hulle nog nie daarin geslaag om tot institusionaliserende diskoersvorming te ontwikkel nie. Volgens Bourdieu bly hierdie onuitgesproke diskoerse "in doxa" (buite die openbare diskoers) tot tyd en wyl 'n maatskaplike krisis die deksel oopdwing en ons oortuigings "in habitus" (binne ons ideologiese gemaksruimte) indring.

'n Goeie eietydse voorbeeld hiervan is die dood van Mahsa Amini gedurende haar aanhouding deur die gevreesde Islamitiese moraliteitspolisie. Haar dood het tot grootskaalse maatskaplike protesoptogte gelei en talle betogers het in die nadraai daarvan ook hulle lewens verloor (Srivastava, 2022). Die belangrike punt vir ons bespreking is egter dat die moraliteitspolisie as gevolg hiervan ontban is (Klawans, 2022), 'n gevolg wat min mense sou voorsien het. Vroue in Iran het gedurende hierdie protesoptrede so ver gegaan om spesifiek hulle hoofbedekking (hijab) in die openbaar te verwyder en hulle hare kort te sny.

Bourdieu (1977:164-165) gebruik dan ook die begrippe ortodokse in teenstelling met heterodokse diskoerse vir hoofstroom- en ondergrawende of rebellediskoerse onderskeidelik en ek beoog om in hierdie bydrae sy indeling te volg.

Dit is duidelik dat diskoersanalise, wat dien as 'n goeie metodologiese voorbeeld van Habermas (1984, 1987) se soeke na bevrydende praktyke, die bevryding van beide individue en gemarginaliseerde groepe beoog. Kandiyoti (1996:5-6) wys daarop dat feministe se herbesinning oor die vrae gestel deur die poststrukturalisme rondom verskille en identiteit, die reaksie van die derdegolf-feminisme op die tweede golf se beheptheid met die eenvormige vroubeeld en oënskynlike soortgelyke onderdrukking van alle vroue op alle plekke, die debat aansienlik verryk het. Vir die doeleindes van hierdie bydrae bepaal ek my dus ook by feministiese metodologiese invalshoeke wat binne die konteks van die tweede en derde feministiese golf ontstaan het en ontwikkel is.

Die vierdegolf-feminisme, wat tussen 2010 en 2012 in alle erns 'n aanvang geneem het, steeds in aanloop is en spesifiek aandag vestig op 'n postfeministiese wêreldbeeld (waar die politieke oorwinnings van die tweede en derde golf as gegewe aanvaar word), dra egter ook belangrike insigte en gesigspunte tot die gesprek by, soos duidelik blyk uit die idees verskans in 'n postfeministiese wêreldbeeld (Abrahams, 2017; Grady, 2018; Munro, 2013). Hierdie nuwe maatskaplike beweging plaas die aksent op bemagtiging vir vroue en alle ander gemarginaliseerde groepe (Abrahams, 2017) sowel as op die gebruik van sosiale netwerke en internetinstrumente (Grady, 2018).

Alhoewel hierdie verskynsel grootliks Westers van aard is, kan sekerlik veronderstel word dat 'n vergelykbare dinamika ook in ander kulture te bespeur sal wees. Ek meen dat ek in die naspeur van die buitelyne van die problematiek ondersteun word deur Whitford (1994) se kantaantekening op Irigaray (2004) se weergawe van die seksueleruimte-aanspraak van die maagd Maria in die Christelike vertelling van die kruisiging. Whitford (1994:384) betoog dat "[i]n the Christian tradition of the West Mary is the receptacle for the divine child; her function is purely maternal. Nothing is ever said of Mary's sacrifice: the sacrifice of [...] her own life, her own embodiment as a woman-lover". In 'n soortgelyke konteks, stel French (1993:12) dat godsdiens 'n belangrike politieke-maatskaplike rol speel in die onderdrukking van vroue. Anders gestel, wat is 'n vrou se ervaring van die geringskatting van die moederdiskoers binne die konteks van eietydse patriargie wat uitloop op kindermoord deur die moeder? Ek oorweeg vervolgens die ontoereikendheid van die moederdiskoers in die Weste.

 

5. Die verwaarlosing van toereikende diskoers oor die moeder

Soos reeds genoem, poog ek in hierdie bydrae om 'n kritiese blik te werp op die instelling van moederskap as andersheid te midde van patriargale onderdrukking. Patriargie word as volg deur Lerner (soos aangehaal in Hrdy, 2000:48) in die volgende algemene terme omskryf:

[...] the manifestation and institutionalization of male dominance over women and children in the family and the extension of male dominance over women in society in general. It implies that men hold power in all the important institutions of society and that women are deprived of access to such power. It does not imply that women are either totally powerless or totally deprived of rights, influences or resources.

So kan mens byvoorbeeld die verdere punt toevoeg tot George (2006:211) se omvattende definisie van postkoloniale feminisme, naamlik dat die stand van moederdiskoersvorming in die Weste onder toestande van neoliberale patriargie gelei het tot oproepe vir dringende, gesonde diskoers oor die moeder. In die besonder, soos ek hier onder aandui, is die verhouding tussen moeders en dogters asook bepeinsing oor die gedagte van vroulike seksualiteit hier ter sprake. So dui Kristeva (1982:50) byvoorbeeld aan dat die behoefte aan gesonde diskoers oor die moederfiguur broodnodig is aangesien dit dien "to nourish our societies with a more flexible and free discourse, one able to name [...] the enigmas of the body [...]". Smith (1996:140) voeg haar stem by dié van Kristeva en wys daarop dat gesprekvoering oor hulle moeders vir vroue 'n besonder intense ervaring is. Flax (1990:142) vestig die aandag op die skaarsheid van vroulike of feministiese stemme in sowel psigoanalitiese as poststrukturalistiese werk en doen 'n beroep op bydraes wat "emancipatory discourse" (Flax, 1990:147) sal benut.

Vervolgens word aandag gegee aan Kristeva (1989:27-30) se Freudiaanse tesis oor vroulike abjeksie, asook 'n genuanseerde verduideliking van die ontoereikendheid van diskoers oor die moeder. Afgesien van abjeksie (Kristeva), skenk ek ook aandag aan Hrdy (2000) se werk wat voortbou op Mary Jane Sherfey se insiggewende boek, The nature and evolution of female sexuality (1966), waarin die aard van vroue se prehistoriese ongebonde seksualiteit bespreek word (kyk hier onder). Hierna volg my bespreking van die politieke grondslag van die problematiese moeder-dogter-verhoudingstruktuur in alle eietydse patriargale gemeenskappe.

Lerner (1986) redeneer dat patriargie as 'n geskiedkundige invloed rondom 3 000 v.C. ontstaan het, maar Hrdy (2000) betoog in teenstelling daarmee dat die ontstaan hiervan veel verder in die historíese rekord teruggaan (sien Lötter, 2014:11-13). Ten einde Hrdy (2000) se gedagtegang te snap, is dit wenslik om 'n onderskeid te tref tussen sosiobiologie (die vergelykende studie van menslike gedrag soos gemeet aan dié van ander diere, in besonder primate) en die feministiese standpunt betreffende die rede vir mans se oorheersing van vroue (Hrdy, 2000:150 n 2, 152). Feministe voer aan dat die antwoord op laasgenoemde oorweging te vinde is in mans se simboliese behoefte aan mag en status ten einde die verhouding tussen mans te handhaaf (op dieselfde wyse as wat mag en welvaart status aan 'n persoon verskaf binne die kapitalistiese stelsel), terwyl sosiobiologie hierdie beweegrede in voortplanting vind. Vanuit 'n Marxistiese oogpunt kan selfs daarop gewys word dat vrouens weens hul swangerskappotensiaal uitruilwaarde bereik het (French, 1993:19). Die verskil tussen hierdie twee benaderings lê in seks enersyds en mag andersyds. Hierdie evolusionêre verklaring van menslike gedrag skuif die oorsprongsdatum vir die ontstaan van patriargie miljoene jare terug van die konvensionele opvatting daarvan, en lei die navorser na 'n nuwe vraag: Waarom sou mans in elk geval vroue wou oorheers?

Sherfey (1966) se uitgangspunt in bovermelde werk, is dat prehistoriese vroulike seksualiteit vir suiwer ontspannings- en terapeutiese doeleiendes bedoel was, maar dat dit mans so ontstel het dat patriargale gesagstrukture dit goed gedink het om hierdie natuurlike hulpbron van vroulike seksualiteit te herinterpreteer en te herkanaliseer na 'n meer houdbare instelling, wat weens ideologiese breinspoeling as "natuurlik" bemark is, naamlik die idee van moederskap. Sherfey (1966:37) wys immers daarop dat "women's inordinate orgasmic capacity did not evolve for monogamous, sedentary cultures". Hrdy (2000:154) verhelder Sherfey (1966) se gedagtegang deur 'n verwysing wat sy maak na getuienis wat deur Wrangham ingesamel is wat daarop wys dat 'n vroulike sjimpansee in haar leeftyd soveel as 6 000 keer seksueel "ingesluit" ("enclosure", in teenstelling met penetrasie) word, terwyl sy slegs ses oorlewende kleintjies in daardie tyd mag verwek en terselfdertyd na haar eie materiële behoeftes omsien (Hrdy, 2000:162, my beklemtoning). Hrdy (2000:156) merk op hoe verbaas sy was oor die skerpsinnige en korrekte opsomming van Sherfey (1966) se gevolgtrekking: "patriarchal social organization was partially an outgrowth of male counter-strategies for controlling the primate legacy of an assertive female sexuality of prehominid origin".

Hierdie idee vind aansluiting by Gqola (2016) en Brownmiller (1976) se siening, naamlik dat die verskynsel van verkragting in patriargale kulture juis daarop gemik is om vrouens op hul plek te sit, te bestuur en te beheer. Ek is van mening dat dieselfde van kindermoord deur die moeder gesê kan word, aangesien dit die heersende wyse van geboortebeperking in Europa was voordat die maatskaplike goedkeuring vir geboortebeperkingsmedikasie en aborsie in die twintigste eeu in werking getree het. Dit is, om die waarheid te sê, nog steeds die geval in kulture soos dié te vinde in China, waar menslike lewe nie die gekoesterdheid het wat dit in die Weste, onder die invloed van die Christendom, bereik het nie. Die kruks van Hrdy (2000:155) se betoog is dat eietydse vroulike seksuele beskeidenheid die gevolg is van niks anders as

[...] tens of thousands of years [that] hominid females have been socialized, exchanged between groups, reproduced, and died (some sooner than others) in various permutations of the patrilocal (or, in ethological parlance, "male philopatric") breeding systems that eventually gave rise in places like the Ancient Near East to fully fledged patriarchy.

As Hrdy (2000), en ander evolusionêre dierkundiges, korrek is met hulle siening dat patriargie die instelling van moederskap, soos ons dit vandag ken, geskep het met die doel om bandelose vroulike seksuele energie te beheer en te herkanaliseer, sal dit 'n aanvaarbare verduideliking wees vir die beheptheid met 'n reputasie van beskeidenheid, sosiale ingekeerdheid en seksuele diskresie wat by soveel vroue, veral in konserwatiewe gemeenskappe, te vinde is. Kristeva (1989) se begrip abjeksie vind aansluiting by die vertroebelde moeder-dogter-verhouding in eietydse patriargale gemeenskappe, wat beslis, al is dit net ten dele, bygedra het tot die verwaarlosing van gesonde diskoers oor die moeder in die Westerse wêreld.

Kristeva (1989:27-30) poog om deur middel van die begrip abjeksie die individualiseringsproses te benoem (waardeur die kind 'n unieke individu in haar/sy eie reg raak) wat bereik word, soos sonder teenspraak moet gebeur, wanneer die kind die ouderdom bereik wanneer sy/hy die primêre sorggewer "verwerp". Uiteraard is die primêre sorggewer in die oorgrote meerderheid van gemeenskappe amper sonder uitsondering die moeder.

Kristeva (1989) doen aan die hand dat hierdie vorm van simboliese moedermoord ("symbolic matricide") die oorwegende rede is hoekom bykans twee keer soveel vroue as mans aan depressie ly (Nairne & Smith, 1984:7; Elliot, 1991:52; Jack, 1993:1-2; Chesler, 2005). Ek wil daarenteen aan die hand doen dat 'n meervoudige begrip van die probleemstelling 'n meer oortuigende gedagtegang sal daarstel. Ek gaan dus vervolgens voort om die aard van die ongemaklike moeder-dogter-verhouding onder patriargale onderdrukking uit te lig.

Die komplekse moeder-dogter-verhouding in eietydse patriargale gemeenskappe is welbekend en goed geboekstaaf in die konteks van die sogenaamde trek-stoot-waarneming in feministies geïnspireerde sielkundige berading. My hipotese is dat hierdie verskynsel nóg een van die talle beweegredes is vir die afgeskeepte diskoers oor die moeder. Die moeder is deels verantwoordelik daarvoor dat haar dogter 'n allerbelangrikste vaardigheid slyp: die vermoë om na ander se behoeftes om te sien (Eichenbaum & Orbach, 1988:56, 57), wat soos volg geformuleer word:

Psychological attachment and lack of separation between mothers and daughters and daughters and mothers continue through generations of women. The daughter becomes involved in a cycle that is part of each woman's experience: attempting to care for mother. As the daughter learns her role as nurturer, her first child is her mother. [my beklemtoning]

Hierdie opspraakwekkende verskynsel is die gevolg, ten minste ten dele, van die dogter se onvermoë om psigiese onafhanklikheid van haar moeder te verwerf. Vanuit die perspektief van 'n feministiese begrip van vrouesielkunde (en die oneindige reproduksie van daardie psigiese wanverskynsel), maak Jack (1993:27-30, 53-54) se siening sin. Dit behels naamlik erkenning van die feit dat vroue se depressie nie die gevolg is van hulle soeke na onafhanklikheid van hul lewensmaat nie (soos gewoonlik aangevoer word), maar wel die gewaarwording dat hulle hulself en hul outonomie - hulle ervaring van hulself en hul onvermoë om hulle eie lewens te rig - in die verhouding of proses verloor.

Inderdaad staan 'n vrou se onvermoë om op 'n psigiese vlak onafhanklikheid van haar ma te verwerf, sentraal by die problematiek van abjeksie by vroue (Kristeva, 1982:47; Nairne & Smith, 1984:32-35; Elliot, 1991:53-54, 61, 67). In dieselfde trant wys Chodorow (aangehaal in Nairne & Smith, 1984:35) daarop dat meisies hulself ervaar as verlengstukke van hulle ma's. Hul gewaarwording is verder dat hulle hulself ook as verlengings van ander geliefdes sien. As gevolg van hierdie psigiese verskynsel in die geesteslewe van vroue ondervind moeders en dogters die psigiese grense in hulle persoonlike verhouding met mekaar as ongedefinieer en vaag (Eichenbaum & Orbach, 1988:55, 62). Hulle (1988:60) berig dan ook soos volg:

Many women never feel free of their mothers. They are not separate people, but experience mother as living inside, judging, binding, tempting, and disappointing.

Dié stoot-trek-dinamika (Eichenbaum & Orbach 1988:55, 62) spruit voort uit die moeder se verwyte oor die geleenthede wat haar dogter geniet, maar wat sy self nooit in haar lewe gehad het nie. Terselfdertyd poog die moeder ook om haar dogter te bemoedig.

Teen hierdie agtergrond doen ek aan die hand dat ons eietydse verhouding tussen die geslagte berus op wat Mitchell (1984:300) in 'n ander konteks benoem het as "the fundamental human repudiation of femininity". Terwyl daar moontlik wel 'n bepaalde vlak van maatskaplike en inkomstegelykheid tussen mans en ('n minderheid) vrouens in veral gevorderde Westerse demokrasieë en bepaalde sosialistiese lande bereik is, is dit geensins die geval in die res van die wêreld nie (Faludi, 1992; French, 1993:2-3). Bowendien wys Kristeva (1982) self in haar bekende opstel Women's Time daarop dat vrouens net so uitbuitend en selfsugtig as die meeste mans kan optree sodra hul by neoliberale belange gekoöpteer is. Te meer nog, vanuit 'n transnasionale perspektief, is Indië en China, byvoorbeeld, wat elk met 'n bevolkingstal van 1.4 miljard mense worstel, sowel as Rusland,2 streng konserwatiewe patriargieë. Faludi (1999) se demonstrasie van haar tese dat manlikheid regoor die wêreld in 'n krisis gedompel is (haar boek se fokus is die Amerikaanse man), sluit uiteraard hierby aan.

My gedagtegang is dus dat 'n genuanseerde bepeinsing oor vroue se sosiokulturele ervaring onomwonde daarop dui dat daar 'n veelvoudige aantal redes is vir die verskynsel van verwaarloosde diskoers oor die moeder in eietydse patriargale gemeenskappe. In die bespreking wat volg, poog ek om 'n aanvaarbare middeweg uit te wys.

 

6. Bespreking

In die inleiding het ek verwys na die geval van die Duitse moeder (Christiane K.) wat teregstaan op 'n aanklag van moord op vyf van haar ses kinders, al is dit tans slegs een van talle eietydse gevalle of voorbeelde. Die vraagstuk wat in hierdie bydrae ondersoek word, is of kindermoord deur die moeder aanduidend is daarvan dat iets verskrikliks met moederskap verkeerd is of gegaan het en dat dit, met ander woorde, nie "natuurlik" is nie. Adrienne Rich (1976) betoog naamlik dat die feministiese ontleding van moederskap onthul dat dit in 'n politieke gewaad geklee is wat onrealistiese verwagtings op vroue plaas deur een aspek van hulle persoonlikheid (potensiële moederskap) te verabsoluteer ten koste van die res van hulle wese. My bespreking van Sherfey (1966) en Hrdy (2000) se samelopende standpunte dat vroulike onontbonde seksuele energie deur voor-historiese patriargie geherkanaliseer is na sogenaamde "natuurlike" moederskap, en sedertdien deur hierdie selfde inrigting in verskeie gewade onderhou is, vind aansluiting by Mitchell (1984:300) se belangrike uitgangspunt rondom die betreurenswaardige gedagte aan "the fundamental human repudiation of femininity" waarna straks hier bo verwys is. Deur moederskap is en bly vrouens maar slawe onderworpe aan dwangarbeid. French (1993:19) wys in hierdie verband daarop dat aangesien mans betower is deur vroue se swangerskapvaardighede, die verwagting by hulle ontstaan het dat vroue versorgingsdienste aan mans verskuldig is. Redelike (re)konstruksie in die Habermasiaanse sin is die aangewese werkswyse ten einde sin hiervan te maak.

Vir Habermas (aangehaal in McCarthy, 1978:233) beteken redelike rekonstruksie-

that one takes a theory apart and puts it back together in a new form, in order better to achieve that goal which it set for itself. This is the normal (in my opinion, normal also for Marxists) way of dealing with a theory that requires revision in many respects, but whose potential for stimulation has not yet been exhausted.

Habermas se ideologiese kritiek van instellings in die algemeen ten einde hul emansiperende potensiaal te toets, is geskik vir my ondersoek na die wese van moederskap onder patriargale, neoliberale toestande. Soos Hall (1988:77, n. 44) dan ook uitwys, "nature's purpose [...] need not be ours". Ek verwys natuurlik hier na moederskap oor landsgrense heen. Hierdie poging om filosofie by kruiskulturele ondersoek in te skakel ten einde geslagsrolidentifikasie te verhelder, speel 'n belangrike rol by bevrydende problematiek. Ek betoog ook dat kruiskulturele ontleding, aangewend as 'n metodologie binne die konteks van kulturele tweesydigheid, bevredigend aangewend kan word in die kruiskulturele oordrag van kennis. Hierdie oorwegings vind beslis toepassing binne 'n teoretiese feministiese raamwerk. In Almereyda se Hamlet (2000), byvoorbeeld, weerstaan Ophelia (gespeel deur Julia Stiles) die afloerder se kyk deur self stip na die kamera te kyk sonder om toe te gee (Rooks, 2014:482), terwyl in Zhang se Chinese fliek Ju Dou (1990) die hoofkarakter (Gong Li) presies dieselfde doen wanneer die afloerder Tianqing haar in die badkamer beloer. So byvoorbeeld word die waarde van 'n rebelse geslagsdiskoers, wat op films in verskillende kultuurkontekste van toepassing is, in die konteks van Zhang se Chinese film Ju Dou (1990) in die volgende woorde uitgestippel:

Gong Li transforms the embarrassed peeping tom Tianqing's pornographic intentions into one of compassion and caring by skilful "strategic intervention". In the final analysis, my claim is that the extension of nurturing and reciprocal respect to the m/other (recall that she is after all also a needy daughter hungry for caring) cannot but have a beneficial influence on dominant discourse on maternity (even Kristeva's suppressed model). (Lötter, 2014:145)

Hierdie uittreksel wys dan ook uit dat daar ongekende potensiaal in transnasionale teorie gemik op globale feminismes (meervoud) is, aangesien moederskap 'n byna universele of eenvormige verskynsel in eietydse patriargale gemeenskappe is - alhoewel met genuanseerde verskille oor nasionale en etniese grense heen. Die ekonomiese groei en die ontwikkeling van geslagspatrone in patriargale Oosterse lande soos Indië en China behoort beslis nie ons ongekwalifiseerde goedkeuring te ontvang nie, aangesien die getuienis daarop wys dat by name in sogenaamde nominaal sosialistiese, (post)kommunistiese lande vroue se regte deurgaans misken word.

Vanuit 'n feministiese perspektief noodsaak 'n kruiskulturele ondersoek paraatheid ten opsigte van die strekking van heersende diskoersvorming soos die ideologiese instelling van geslagsrolle gewortel in die huwelik en moederskap. Geen beeldspraak kan vrouehaat werklik versteek nie. Ideologiese kritiek bly noodsaaklik ten einde vroue se welsyn te bewaak.

Per slot van sake is die les wat geleer kan word uit Penley (1989) se begrip weerwraak in Zhang se meesterstuk Ju Dou, dat mans ook (soms) daartoe in staat is om effektief versorgend teenoor ander op te tree (Mitchell, 1997) tot die punt waar mans in die algemeen oorreed kan word dat vroue as moeders ondersteun moet word. Dit is so veral in die lig van my betoog dat moederskap moontlik geensins 'n natuurlike instink by vroue is nie.

Moederskap en versorging is beslis nie uitsluitlik van nature aanwesig by vroue nie, in die sin dat dit nie 'n vaardigheid is wat net eie aan vroue is nie. Op dieselfde trant betoog Blumberg (2009:8-13, 32-37) dat natuurfratse en monsters in die natuurlike wêreld aanduidend is van die beperkings op die vorming van nuwe spesies op die evolusionêre leer. Die vraag ontstaan dan wat die implikasies van hierdie stel feite sou wees vir die instelling van menslike moederskap? By wyse van analogie betoog ek dat kindermoord deur die moeder ook 'n soortgelyke natuurfrats is wat vir ons die natuurlike grense of beperkinge aandui van die onrealistiese verwagtinge en druk op vroue as moeders, getroude vroue en dogters (veral eersgenoemde) onder toestande van patriargale onderdrukking. Daar is elders betoog (Lötter, 2014:123-124), dat Blumberg (2009:8-13, 32-37) bevredigend uitgewys het dat in die konteks van die evolusionêre ontwikkelingsleer van die lewens- of biologiese wetenskappe, fratse of monsters 'n beduidende rol te speel het in die begrip van hierdie teoretiese besinning.

Hoe help Blumberg (2009) se hipotese ons in ons pogings om die gebrekkige moederdiskoers te verryk, veral in die lig van die driedelige oorsprong van hierdie verskynsel, naamlik die verskeurde moeder-dogter-verhouding, opgedamde en/of onderdrukte vroulike seksualiteit en die trauma van die geabjekteerde vrou-kind?

 

7. Ten slotte

In hierdie bydrae het ek gepoog om moederskap te belig deur daarna te kyk en daaroor te besin deur bemiddeling van transnasionale feminismes as my gekose metodologie. Aangesien moederskap en patriargale onderdrukking 'n byna universele, eietydse verskynsel is, het ek verder gepoog om insigte uit 'n verskeidenheid internasionale kontekste te versamel. In hierdie opsig wil ek graag Zhang se meesterstuk Ju Dou (1990) uitlig as aanduidend van 'n goeie rebelse diskoers oor moederskap. Die vernielde en gekwetste liggaam van die hoofkarakter (Gong Li in die titelrol) draai haar blik in antwoord op die afloerder se inbreukmakende loerkyk en ontsluit in die proses die moontlikheid vir empatie vir laasgenoemde. In Penley (1989) se emansiperende uitleg van die film kan ons die moontlikhede van Habermas se ideologiese kritiek op instellings ondersoek en in besonder die moontlikheid om instellings met bevrydende ideale te besiel. In hierdie opsig is dit myns insiens belangrik om daarop te let dat hierdie tipe patriargale instellings nie net in die Weste te vinde is nie (Morris, 2010; Ferguson, 2012a, 2012b; Jacques, 2012; Brooks & Saad, 2020), maar beslis ook in twee van die grootste bevolkings op aarde, naamlik dié van Indië en China, al is patriargie kenmerkend van en staan dit midde in die Weste se ingrypende selfbetwyfeling in die postkoloniale tydvak. Verder het ek dit ook goedgedink om, soos ander postkoloniale feministe, te waarsku teen die gevaar van die stereotipering van die potensiële agentskap van vroue in die Globale Suide, selfs al word, soos Chen (2018:197) spitsvondig uitwys, hierdie vroue se agentskap meermale deur institusionele seksuele roof bemiddel. Meer nog, dit laat ook die moontlikheid oop dat die vroulike karakter in 'n postfeministiese wêreld self die inisiatief kan neem. Met verwysing na Batseba se doelgerigte badtoneel (terwyl sy weet dat sy binne die koning se gesigsveld is) binne 'n postfeministiese raamwerk (Garroway, 2013:60-611), is dit egter ook moontlik om aan vrouekarakters doelgerigtheid en agentskap te verleen wat afbreuk doen aan die geykte dualiteit van slagoffer/afloerder aangesien die werklikheid dikwels veel meer genuanseerd is.

Hierdie opmerking bevestig ook die waarde van solidariteit oor ras-, geslags- en landsgrense heen binne die konteks van transnasionale feministiese teorievorming. Vandaar my nadruk op kruiskulturele vroulike solidariteit, in sover so 'n strategie haalbaar is.

In my uiteensetting van die probleemstelling het ek die hipotese geformuleer dat die verwaarloosde moederdiskoers patriargale doeleindes dien. Dit is die geval aangesien die manlike sfeer, soos Kristeva ten dele betoog, op die verskynsel van die gekwetste moederdogter-verhouding teer. Dit word ook so gevoed, terwyl die ideologies-gerigte instelling van "natuurlike" moederskap voldoen aan die patriargale behoefte aan mannekrag. Selfs belangriker, die geherkanaliseerde vroulike seksuele jouissance beteken voortgesette beheer oor en beleidsgerigte bestuur van vroue. Laasgenoemde word benodig vir oorlogsituasies en natuurlik handearbeid.

Die Republikeinse Party in die Verenigde State se volharding met pogings om die redevoering oor die reg tot aborsie te laat herlewe vir verkiesingsdoeleindes is 'n goeie voorbeeld van die geringskatting van en afbreuk doen aan vroue se behoeftes. Die onlangse ommekeer van die federale uitspraak in Roe v Wade het vroue se reg op liggaamlike integriteit baie skade aangedoen. Anders gestel, die reg tot aborsie gaan om veel meer as net fetusmoord. Dit gaan uiteraard oor die wyer begrip van selfbemagtiging en (self)respek. Ek het verder ook die betoog aan die hand gedoen dat die hernuwing van gesonde diskoers op hierdie terrein broodnodig is in die veldtog om die status quo in geslagsverhoudings en politieke/ekonomiese verhoudings in die algemeen te kan handhaaf.

My beredenering berus verder op die uitgangspunt dat die teenoorgestelde prentjie (die versnelling van gesonde moederdiskoersvorming) sou kon lei tot 'n kritiese besinning oor die instelling van moederskap en veral die negatiewe gevolge van hierdie patriargale instelling vir vroue se geestesgesondheid in die algemeen. My slotsom is dus dat gesonde moederdiskoersvorming met opset verwaarloos is en steeds word, aangesien die teendeel hierdie instelling se voortbestaan onder toestande van voortgesette patriargale onderdrukking ernstig sal belemmer.

My invalshoek is ontplooi met die oog op die gedagtegang dat ons kindermoord deur die moeder moet bevraagteken aangesien moederskap opgerig is op 'n platform geskoei op die onrealistiese gemeenskapsverwagtings van vroue (sonder genoegsame emosionele en/of finansiële insette van mans). Die wêreldwye krisis waarin manlikheid sigself bevind, gekoppel aan die wêreldwye, algemene gebrek aan respek vir vrouens, kan en moet lei tot 'n begrip vir die gedagte dat mans en seuns ook in staat is om te versorg of te bemoeder. Terselfdertyd kan hierdie tendens aan tradisionele moeders die ondersteuning en hulp verleen om hul deur hierdie oorgangstadium na groter geslagsgelykheid te help. Hierdie gedagte vind ook kruiskultureel bevestiging op die Chinese filmskerm. Alhoewel moontlik naïef,3 is ek tog van mening dat klein, anti-utopiese verbeterings meer houdbaar (en potensieel selfs meer waardevol) as groot verskuiwings kan wees.

Ten slotte, in die lig van die feit dat my teoretiese raamwerk transnasionale feministiese teorie is en dat ek talle insigte uit 'n verskeidenheid verskillende kulture ontleen het, wys ek daarop dat ons waarskynlik op die rand staan van 'n Wes-Oos-paradigmaverskuiwing. So 'n verskuiwing, wat reeds sigbaar is in die verskyning van 'n merkbaar veelkantige wêreldorde, sal uiteraard 'n kruiskulturele redevoering met ander volksvreemde kulture soos China en Indië noodsaak. Feminismes en die haalbare verbetering van die omstandighede van vroue regoor die wêreld hang daarvan af.

 

BIBLIOGRAFIE

Abrahams, J. 2017. Everything you wanted to know about fourth wave feminism - but were afraid to ask. Prospect. https://www.prospectmagazine.co.uk/magazine/everything-wanted-know-fourth-wave-feminism [19 Desember 2022].         [ Links ]

AFP. [Agence France-Presse] 2021. German mother on trial for killing five ofher children. The Guardian.https://guardian.ng/news/german-mother-on-trial-for-killing-five-of-her-children/ [11 Julie 2021].         [ Links ]

Allen, J & Young, IM. 1989. Introduction. In Allen & Young (eds). The thinking muse: Feminism and modern French philosophy. Bloomington: Indiana University Press, pp. 1-17.         [ Links ]

Barlow, T. 2002. Picture more at variance: Of desire and development in the People's Republic of China. In Saunders (ed.). Feminist post-development thought. London: Zed Books, pp. 146-158.         [ Links ]

Bloomberg News. 2022. Young women at front line of China's sweeping Covid protests. https://www.bloomberg.com/news/articles/2022-11-28/young-women-join-front-line-of-china-s-sweeping-covid-protests?leadSource=uverify%20wall [29 November 2022].         [ Links ]

Blumberg, MS. 2009. Freaks of nature: and what they tell us about evolution and development. New York: Oxford University Press.         [ Links ]

Boonzaier, F & Shefer, T. 2006. Gendered research. In Shefer, Boonzaier & Kiguwa (eds). The gender of psychology. Cape Town: University of Cape Town Press, pp. 3-11.         [ Links ]

Bourdieu, P. 1977. Outline of a theory of practice. Transl. R. Nice. Cambridge: Cambridge University Press.         [ Links ]

Brooks, DJ & Saad, L. 2020. Double whammy: Why the underrepresentation of women among workplace and political decision makers matters in pandemic times. Politics and Gender, 16(4):1110-1122. https://doi.org/10.1017/S1743923X20000628.         [ Links ]

Brownmiller, S. 1976. Against our will: Men, women and rape. New York: Penguin.         [ Links ]

Brownmiller, S. 1999. In our time: Memoir of a revolution. London: Aurum Press.         [ Links ]

Chamberlain, P. 2017. The feminist fourth wave: Affective temporality. New York: Palgrave Macmillan.         [ Links ]

Chen, M. 2018. Bodies against borders. In Gay (ed.). Not that bad: Dispatches from rape culture. London: Allen & Unwin, pp. 189-202.         [ Links ]

Chesler, P. 2005. Women and madness. London: St. Martin's Press.         [ Links ]

Chodorow, NJ. 1987. The reproduction of mothering: Psychoanalysis and the sociology of gender. Berkeley: University of California Press.         [ Links ]

Chodorow, NJ. 1989. Introduction: Feminism and psychoanalytic theory. In Chodorow (ed.). Feminism and psychoanalytic theory. New Haven: Yale University Press, pp. 1-9.         [ Links ]

Conaboy, C. 2021. Maternal instinct is a myth that men created. New York Times Opinion. https://www.nytimes.com/2022/08/26/opinion/sunday/maternal-instinct-myth.html?campaign_id=39&emc=edit_ty_20220826&instance_id=70285&nl=opinion-today&regi_id=60789539&segment_id=102426&te=1&user_id=6ac66bc28b26c0beb4dfee98cd516916 [7 September 2022].         [ Links ]

Davis, AY. 2022a. Feminism and abolition: Theories and practices for the twenty-first century. In Davis (ed.). Freedom is a constant struggle. Dublin: Penguin, pp. 97-117.         [ Links ]

Davis, AY. 2022b. Transnational solidarities. In Davis (ed.). Freedom is a constant struggle. Dublin: Penguin, pp. 137-154.         [ Links ]

De Groot, S. 2021. Storming the female Bastille. Sunday Times, 27 June, p. 15.         [ Links ]

DuPlessis, RB & Snitow, A. 1998. A feminist memoir project. In DuPlessis & Snitow (eds). The feminist memoir: Project voices from women's liberation. New York: Three Rivers Press, pp. 3-24.         [ Links ]

Eichenbaum, L & Orbach, S. 1988. Understanding women. London: Penguin.         [ Links ]

Elliot, P. 1991. From mastery to analysis: Theories of gender in psychoanalytic feminism. Ithaca, NY: Cornell University Press.         [ Links ]

Epstein, B. 1998. Ambivalence about feminism. In DuPlessis & Snitow (eds). The feminist memoir: Project voices from women's liberation. New York: Three Rivers Press, pp. 124-148.         [ Links ]

Faludi, S. 1992. Backlash: the Undeclared War against Women. London: Cato & Windus.         [ Links ]

Faludi, S. 1999. Stiffed: The Betrayal of the American Man. New York: HarperCollins.         [ Links ]

Feni, L. 2022. Mom arrested after children bludgeoned to death. The Herald, 10 November, p. 2.         [ Links ]

Ferguson, N. 2012a. Civilization: The six killer apps of Western power. London: Penguin.         [ Links ]

Ferguson, N. 2012b. The great degeneration. London: Penguin.         [ Links ]

Flax, J. 1990. Thinking fragments: Psychoanalysis, feminism and postmodernism in the contemporary West. Berkeley: University of California Press.         [ Links ]

French, M. 1993. The War against Women. London: Penguin.         [ Links ]

Garroway, KH. 2013. Was Bathsheba the original Bridget Jones? A new look at Bathsheba on screen and in Biblical scholarship. Nashim: A Journal of Jewish Women's Studies and Gender Issues, (24):53-73. doi.10.2979/nashim.24.53.         [ Links ]

George, R. 2006. Feminists theorize colonial/postcolonial. In Rooney (ed). The Cambridge companion to feminist literary theory. Cambridge: Cambridge University Press, pp. 211-231.         [ Links ]

Gqola, PD. 2016. Rape: A South African nightmare. Pretoria: Jacana.         [ Links ]

Gqola, PD. 2021. Female fear factory. Johannesburg: Melinda Ferguson.         [ Links ]

Grady, C. 2018. The waves of feminism, and why people keep fighting over them, explained. Vox. https://www.vox.com/2018/3/20/16955588/feminism-waves-explained-first-second-third-fourth [19 Desember 2022].         [ Links ]

Habermas, J. 1984, 1987. The theory of communicative action. Transl. T. McCarthy. Two volumes. Boston, MA: Beacon Press.         [ Links ]

Hall, C. 1988. Rape: The politics of definition. South African Law Journal, (105):67-82.         [ Links ]

Hänel, HC & Müller, JM. 2022. Non-ideal philosophy as methodology. The case of feminist philosophy. Theoria, 69(3):32-59. doi. https://doi.org/10.3167/th.2022.6917202.         [ Links ]

Heldke, LM. 2002. Cross-cultural analysis. In Code (ed). Encyclopedia of feminist theories. London: Routledge, pp. 111-112.         [ Links ]

Hrdy, SH. 2000. Raising Darwin's consciousness: Sexual and prehominid origins of patriarchy. In Blakemore & Iversen (eds). Gender and society: The Herbert Spencer lectures. Oxford: Oxford University Press, pp. 143-199.         [ Links ]

Irigaray, L. 2004. Key writings. Transl. L. Irigaray & T. Mathews. New York: Continuum.         [ Links ]

Jack, DC. 1993. Silencing the self: Women and depression. New York: HarperPerennial.         [ Links ]

Jacques, M. 2012. When China rules the world. London: Penguin.         [ Links ]

Kandiyoti, D. 1996. Contemporary feminist scholarship and Middle East Studies. In Kandiyoti (ed.). Gendering the Middle East: Emerging perspectives. London: I.B. Tauris, pp. 1-27.         [ Links ]

Kesselman, A. 1998. Our gang of four: Friendship and women's liberation. In DuPlessis & Snitow (eds). The feminist memoir : Project voices from women's liberation. New York: Three Rivers Press, pp. 25-53.         [ Links ]

Klawans, J. 2022. Iran abolishes morality police after nationwide protests. Yahoo News. https://news.yahoo.com/iran-abolishes-morality-police-nationwide-154422198.html?guccounter=1 [16 Desember 2022].         [ Links ]

Kristeva, J. 1982. Women's time. Transl. A. Jardine & H. Blake. In Keohane, Rosaldo & Gelpi (eds). Feminist theory: A critique of ideology. Brighton, Sussex: Harvester Press, pp. 31-53.         [ Links ]

Kristeva, J. 1986. Stabat Mater. Transl. LS Roudiez. In Moi (ed). The Kristeva reader. Oxford: Blackwell, pp. 161-186.         [ Links ]

Kristeva, J. 1987. Tales of love. Transl. LS Roudiez. New York: Columbia University Press.         [ Links ]

Kristeva, J. 1989. Black sun: Depression and melancholia. Transl. LS Roudiez. New York: Columbia University Press.         [ Links ]

Kristeva, J. 2002. Powers of horror: Approaching abjection [abridged]. In Oliver (ed.). The portable Kristeva. New York: Columbia University Press, pp. 229-247.         [ Links ]

Lau, JKW. 1991-1992. Ju Dou: A hermeneutical reading of crosscultural cinema. Film Quarterly, 45(2):2-10.         [ Links ]

Lerner, G. 1981. The majority finds its past: Placing women in history. Oxford: Oxford University Press.         [ Links ]

Lerner, G. 1986. The creation of patriarchy. Oxford: Oxford University Press.         [ Links ]

Lötter, C. 2014. Places to look for m/other: Heterodox discourse on gender among contemporary Chinese women: A cross-cultural feminist approach. Unpublished MA dissertation, Nelson Mandela University, South Africa.         [ Links ]

Lötter, C. 2021a. The tragic New Zealand triple child murder shows up problematic expectations of motherhood. Mail & Guardian, Thoughtleader. https://thoughtleader.co.za/the-tragic-new-zealand-triple-child-murder-shows-up-problematic-expectations-of-motherhood/ [16 Maart 2022].         [ Links ]

Lötter, C. 2021b. The waning of vision's hegemony: A phenomenological perspective on mother-daughter discord in patriarchal societies. Indo-Pacific Journal of Phenomenology, 21(1):1-9. doi. 10.1080/20797222.2021.1930694.         [ Links ]

Mann, S. 1997. Precious records: Women in China's long eighteenth century. Redwood City, CA: Stanford University Press.         [ Links ]

Martin, E. 1989. The woman in the body: A cultural analysis of reproduction. Maidenhead, UK: Open University Press.         [ Links ]

McCarthy, T. 1978. The critical theory of Jürgen Habermas. London: Hutchinson.         [ Links ]

Mies, M & Shiva, V. 1993. Ecofeminism. Halifax: Fernwood Publications.         [ Links ]

Mitchell, J. 1984. Women: The longest revolution. New York: Pantheon.         [ Links ]

Morris, I. 2010. Why the West rules for now. London: Penguin.         [ Links ]

Morrison, T. 1987. Beloved. New York: Penguin Random House.         [ Links ]

Munro, E. 2013. Feminism: A fourth wave? Political Insight, 4(2):22-25. doi.10.1111/2041-9066.12021.         [ Links ]

Nairne, K & Smith, S. 1984. Dealing with depression. London: Women's Press.         [ Links ]

Nestle, J. 1998. A feminist history. In DuPlessis & Snitow (eds). The feminist memoir: Project voices from women's liberation. New York: Three Rivers Press, pp. 338-349.         [ Links ]

Penley, C. 1989. The future of an illusion: Film, feminism, psychoanalysis. London: Routledge.         [ Links ]

Rich, A. 1976. Of woman born: Motherhood as experience and institution. New York: WW Norton.         [ Links ]

Richards, JR. 1991. The sceptical feminist: A philosophical enquiry. New York: Penguin.         [ Links ]

Rooks, AK. 2014. The "new" Ophelia in Michael Almereyda's "Hamlet". Literature/Film Quarterly, 42(2):475-485. https://www.jstor.org/stable/43798981.         [ Links ]

Rushdie, S. 2021. Courage. In Rushdie (ed.). Languages of truth:Essays 2003-2020. New York: Vintage Books, pp. 215-219.         [ Links ]

Sherfey, MJ. 1966. The nature and evolution of female sexuality. New York: Vintage Books.         [ Links ]

SkyNews 2022. "End the lockdown": Protests in China after 10 killed in apartment block fire during strict COVID restrictions. https://news.sky.com/story/end-the-lockdown-protests-in-china-after-10-killed-in-apartment-block-fire-during-strict-covid-restrictions-12755824 [18 Desember 2022].         [ Links ]

Smith, A. 1996. Julia Kristeva: Readings of exile and estrangement. London: MacMillan.         [ Links ]

Spelman, EV. 1990. Inessential woman: Problems of exclusion infeminist thought. London: The Women's Press.         [ Links ]

Spivak, GC. 1981. French feminism in an international frame. Yale French Studies, 62:154-184. https://doi.org/10.2307/2929898.         [ Links ]

Srivastava, U. 2022. Explained: Who was Mahsa Amini? Why has her death spiraled protests in Iran. Indiatimes News. https://www.indiatimes.com/explainers/news/who-was-mahsa-amini-why-has-her-death-spiraled-protests-in-iran-580604.html [18 Desember 2022].         [ Links ]

Stoltzfus, B. 1996. Lacan and literature: Purloined pretexts. Albany: State University of New York Press.         [ Links ]

Strżyzyńska, W. 2022. Iranian woman dies "after being beaten by morality police" over hijab law. The Guardian. https://www.theguardian.com/global-development/2022/sep/16/iranian-woman-dies-after-being-beaten-by-morality-police-over-hijab-law [16 Desember 2022].         [ Links ]

Thakur, R. 1997. Rewriting gender: Reading contemporary Chinese women. London: Zed Books.         [ Links ]

Vilar, E. 1973. The Manupilated Man. Translation Eva Borneman. London: Corgi Books.         [ Links ]

Warhol, RR & Herndl, DP. 1991. About feminisms. In Warhol & Herndl (eds). Feminisms: An anthology of literary theory and criticism. New Brunswick, NJ: Rutgers University Press, pp. ix-xviii.         [ Links ]

Whitford, M. 1994. Irigaray, utopia, and the death drive. In Burke, Schor & Whitford (eds). Engaging with Irigaray: Feminist philosophy and modern European thought. New York: Columbia University Press, pp. 379-400.         [ Links ]

Yanagisako, S & Delaney, C. 1992. Naturalizing power. In Yanagisako & Delaney (eds). Naturalizing power: Essays in feminist cultural analysis. London: Routledge, pp. 1-22.         [ Links ]

FILMOGRAFIE

Hamlet. 2000. Geregisseer deur M. Almereyda. VSA: Miramax Films.         [ Links ]

Ju Dou. 1990. Geregisseer deur Z. Yimou. (Klankbaan in Chinees Mandaryns met Engelse onderskrifte). China: China Film Co-Production Co.         [ Links ]

My happy family. 2017. Geregisseer deur N. Ekvtimishvili en S. Groß (Georgiaanse klankbaan met Engelse onderskrifte). Georgia: Arizona Films, Augenschein Filmproduktion, Georgian National        [ Links ]

Film Centre en (met die ondersteuning van) Polare Film.         [ Links ]

 

 

Ontvang: 2023-06-21
Goedgekeur: 2024-02-21
Gepubliseer: Maart 2024

 

 

 

Casper Lötter het in 2018 sy PhD in Filosofie aan die Universiteit van die Vrystaat behaal. Hy is tans 'n konflikkriminoloog verbonde aan Noordwes-Universiteit se Skool vir Filosofie (Potchefstroom) as nadoktorale navorsingsgenoot. Van sy werk het reeds in Conversation Africa verskyn en hy skryf ook gereeld vir Mail & Guardian se Thoughtleader-rubriek. In 2019 was hy 'n nadoktorale beurshouer van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.
Casper Lötter completed his PhD in Philosophy at the University of the Free State in 2018. He is a conflict criminologist affiliated with North-West University's School of Philosophy (Potchefstroom) as a postdoctoral research fellow. His work has appeared in Conversation Africa and he regularly writes for Mail & Guardian's Thoughtleader column. He received a postdoctoral grant from the Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns ("South African Academy of Science and Arts") in 2019.
1 Ek verskil hier in 'n mate van die mening van 'n anonieme keurder, naamlik dat patriargie moontlik slegs marginaal sou kon bydra tot 'n groot aantal strukturele werklikhede wat aanleidend kan wees tot die verskynsel van kindermoord deur die moeder.
2 Hierdie drie lande vorm saam, in teenstelling met die Amerikaanse enkelvoudige wêreldorde, die spitspunt van die wêreld se nuwe alternatiewe veelkantige wêreldorde.
3 Met erkenning aan die opmerking van 'n anonieme keurder.

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License