SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.63 número4Translation difficulties posed by the Deuterocanonical Books: Jesus Ben Sira as a case studyThe third Afrikaans church Bible: Processes and practices of a direct translation índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Tydskr. geesteswet. vol.63 no.4 Pretoria dic. 2023

http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2023/v63n4a9 

NAVORSINGS- EN OORSIGARTIKELS

 

Samesweringsteorieë en vals nuus in leserskommentaar op nuusberigte van Maroela Media tydens die COVID-19-pandemie

 

Conspiracy theories and fake news in reader comments on news reports from Maroela Media during the COVID-19 pandemic

 

 

Burgert Senekal

Navorsingsgenoot, University of the Free State, Bloemfontein, Suid-Afrika. E-pos:burgertsenekal@yahoo.co.uk

 

 


OPSOMMING

Sedert die uitbreking van die COVID-19-pandemie laat in 2019, het dit die wêreld op ongekende maniere ontwrig. Die virus het tot miljoene sterftes gelei, wat veroorsaak het dat regerings inperkings en reisbeperkings ingestel het, wat ekonomieë ernstig beïnvloed het. Suid-Afrika was geen uitsondering nie, en die Suid-Afrikaanse regering het streng maatreëls ingestel om die verspreiding van die virus te bekamp, insluitende die sluiting van skole en besighede.
Die pandemie het gepaardgegaan met 'n vlaag vals inligting en samesweringsteorieë, aangevuur deur sosiale media en ander aanlyn platforms. Vals inligting het die aanbeveling van onbewese geneesmiddels en behandelings vir COVID-19 ingesluit, terwyl sameswerings-teorieë gewissel het van bewerings dat die virus 'n klug is, tot bespiegelings dat dit doelbewus in 'n wapenlaboratorium geskep is. Hierdie vals inligting en samesweringsteorieë het gelei tot verwarring en wantroue in owerhede, wat pogings ondermyn het om die verspreiding van die virus te beheer.

Trefwoorde: COVID-19; leserskommentaar; onderwerpmodellering; pandemie; samesweringsteorieë; vals nuus; waarheidsverval


ABSTRACT

Since the outbreak of the COVID-19 pandemic in late 2019, the world has been disrupted in unprecedented ways. The virus resulted in millions of deaths, prompting governments to impose lockdowns and travel restrictions, severely impacting economies. South Africa was no exception, and the South African government introduced strict and controversial measures to combat the spread of the virus, including closing schools and businesses.
The pandemic was accompanied by a wave of false information and conspiracy theories, fuelled by social media and other online platforms. False information included unproven drugs and treatments for COVID-19 such as chloroquine/hydroxychloroquine or garlic, while conspiracy theories ranged from claims that the virus was a hoax to claims that it was deliberately created in a biological weapons laboratory. There were also rumours that the COVID-19 pandemic was created by the elite such as the billionaires Bill Gates or George Soros, to control people, which fed into conspiracy theories related to the New World Order. Claims were also made that vaccines would be toxic, control people, be ineffective, or had not been tested thoroughly. Both Russia and China also contributed to the spread of fake news and conspiracy theories, thus making the pandemic a political issue on a global level. Such false information and conspiracy theories led to confusion and mistrust of authorities, undermining efforts to control the spread of the virus. Fake news and conspiracy theories have also occurred against the background of increasing distrust in structures of authority and authoritative sources such as the mainstream media and science and represent an important moment in a Zeitgeist where truth decay is increasing.
The current study examines the manifestation of fake news and conspiracy theories in reader comments on Maroela Media reports on COVID-19 posted over the past three years. A list of keywords was compiled to highlight relevant reader comments, after which computational topic modelling involving word co-occurrence networks was used to identify themes. Important themes are discussed using examples and previous research. The findings indicate that although few comments can be clearly linked to fake news and conspiracy theories, conspiracy theories and fake news do appear, especially regarding the safety and effectiveness of vaccines, the existence of the pandemic itself, the questioning of emergency measures, and the suggestion of alternative treatments. Typical comments include that COVID-19 is just a cold and that emergency measures are therefore unnecessary; that vaccines are untested and dangerous; that ivermectin is safe and tested; that "Big Pharma" is making money from the pandemic; and that there is more behind the pandemic than what the mainstream media are reporting on. Some commentaries also mention specific conspiracy theories involving George Soros, Bill Gates, the New World Order, population control, and even the supposed manufacturing of COVID-19 in a biological weapons laboratory. Arguments for other alternative treatments such as garlic and chloroquine/hydroxychloroquine rarely feature. It was also found that distrust in elites, which is characteristic of conspiracy theories in general, manifests in some reader comments expressing distrust in the South African government, especially regarding corruption.

Keywords: COVID-19; conspiracy theories; fake news; news comments; pandemic; topic modelling; truth decay


 

 

Hierdie studie ondersoek die neerslag van vals nuus en samesweringsteorieë in lesers-kommentaar op Maroela Media-berigte oor COVID-19. Rekenaarmatige onderwerpmodellering is toegepas om temas te identifiseer, en belangrike temas word aan die hand van voorbeelde bespreek. Daar word aangedui dat alhoewel min leserskommentaar ooglopend met vals nuus en samesweringsteorieë verbind kan word, samesweringsteorieë en vals nuus wel hierin voorkom, veral ten opsigte van die veiligheid en effektiwiteit van entstowwe, die bestaan van die pandemie self, die bevraagtekening van noodmaatreëls, en die voorstel van alternatiewe behandelings.

 

1. Inleiding

Die globale verspreiding van die Ernstige Akute Respiratoriese Sindroom Koronavirus 2 (Severe Acute Respiratory Syndrome Coronavirus 2, oftewel SARS-CoV-2) (COVID-19) het die wêreld, en Suid-Afrika, ingrypend ontwrig. Tot op hede (Oktober 2023) het 6,9 miljoen mense wêreldwyd aan COVID-19 gesterf, groot getalle besighede is gesluit, en ekonomieë het wêreldwyd 'n knou gekry. In Suid-Afrika het meer as 100 000 mense aan COVID-19 gesterf.

Een van die groot slagoffers van die COVID-19-pandemie is die waarheid. Vals nuus en samesweringsteorieë oor die pandemie was en is volop. Sommige mense bevraagteken die bestaan van die pandemie; ander blameer regerings en maatskappye vir die uitbreek van die pandemie; en ander bevraagteken inentings. Hanley, Kumar en Durumeric (2023) ag samesweringsteorieë wat betref COVID-19 as een van die vyf belangrikste hedendaagse samesweringsteorieë naas QAnon, 9/11, UFO/Aliens, en plat-aarde-teorieë. Boonop is die talle samesweringsteorieë rakende COVID-19 'n slegte teken van wat die toekoms inhou, want terwyl verdere pandemies in die toekoms verwag word, is vertroue in regerings, die media en die wetenskap tot so 'n mate geskend dat effektiewe voorkomingsmaatreëls moeilik in die toekoms toegepas sal kan word.

Die huidige studie ondersoek die neerslag van vals nuus en samesweringsteorieë rakende COVID-19 in Afrikaanse leserskommentaar op Maroela Media se berigte oor hierdie pandemie. Leserskommentaar is deur middel van rekenaarmatige onderwerpmodellering in temas gegroepeer en word teen die agtergrond van vorige navorsing bespreek. Die oogmerk is om te bepaal of vals nuus en samesweringsteorieë wel in sodanige kommentaar voorkom, tot watter mate, en watter narratiewe voorkom. Die studie sluit daarom aan by die literatuur oor vals nuus en samesweringsteorieë, meer spesifiek vals nuus en samesweringsteorieë rondom die COVID-19-pandemie, maar dit het 'n Suid-Afrikaanse en Afrikaanse fokus.

Die artikel is soos volg gestruktureer: Eerstens word agtergrond oor vals nuus en same-sweringsteorieë insake COVID-19 verskaf, met inagneming van Russiese en Chinese betrokkenheid by die verspreiding van vals nuus en samesweringsteorieë. Hierna word die metodes bespreek wat in die studie gevolg is. Resultate word daarna saam met voorbeelde aangebied, waarna bevindinge bespreek word. Die artikel sluit af met slotopmerkings en voorstelle vir verdere navorsing.

 

2. Agtergrond tot samesweringsteorieë en vals nuus rakende COVID-19

Daar word gewoonlik 'n onderskeid getref tussen misinformasie en disinformasie op grond van die bedoeling van die persoon/instelling wat die inligting deel. Misinformasie is hiervolgens: "False or misleading information that is spread unintentionally, by error or mistake" (Johnson & Marcellino, 2021:2) of "inaccurate or false information shared by someone unwittingly and without any intention to cause harm" (Islam et al., 2021:3), terwyl die term disinformasie verwys na: "False or misleading information spread intentionally, usually to achieve some political or economic objective, influence public attitudes, or hide the truth" (Johnson & Marcellino, 2021:2). In die huidige studie word nie ondersoek ingestel na lesers se bedoelings nie en daarom is die onderskeid tussen mis- en disinformasie nie bruikbaar nie. Hierdie definisies van mis- en disinformasie neem boonop valsheid as 'n gegewe sonder om te spesifiseer wat met vals bedoel word, soos ook aangetref in Koçer et al. (2022:3) se definisie van vals inligting, wat veronderstel is om beide mis- en disinformasie in te sluit: "a broader information genre that includes false, untrue, and half-true information and to cover online information spread independently of the users' intent to harm". Die vraag ontstaan oor wat waar en vals is, en hoe die onderskeid getref word. Vir Southwell, Thorson en Sheble (2018:3) is die waarheid inligting waaroor konsensus bestaan dat dit waar is, terwyl misinformasie (wat hulle as 'n sinoniem vir vals inligting gebruik), verwys na: "a category of claim for which there is at least substantial disagreement (or even consensus rejection) when judged as to truth value among the widest feasible range of observers". Southwell, Thorson en Sheble (2018) spesifiseer egter nie wie hierdie "wydste haalbare reeks waarnemers" is wie se konsensus benodig word om die waarheid te bepaal nie. Vir inligting wat in die huidige studie ter sprake is, kan daar veronderstel word dat met konsensus bedoel word konsensus binne die wetenskap: wanneer daar byvoorbeeld konsensus onder aanlyn gemeenskappe bestaan dat die aarde plat is - ongeag hoe groot daardie aanlyn gemeenskappe is - beteken dit steeds nie dat 'n stelling dat die aarde rond is as vals beskryf kan word nie, aangesien die konsensus binne die wetenskap bestaan dat die aarde rond is. Om hierdie rede definieer ek vals inligting as inligting wat deur die wetenskap as vals bewys is of wat andersins nie deur bewyse gestaaf kan word nie.

Samesweringsteorieë is 'n vorm van vals inligting en verwys na "attempts to explain the ultimate causes of significant social and political events and circumstances with claims of secret plots by [...] powerful actors" (Douglas et al., 2019:4). Alhoewel samesweringsteorieë nie nuut is nie, het dit in die era van sosiale media skerp toegeneem. Johnson en Marcellino (2021:1) verwys na waarheidsverval ("truth decay") in die hedendaagse wêreld, wat deur vier eienskappe gekenmerk word:

'n toenemende meningsverskil oor feite en analitiese interpretasies van feite en data;

'n vervaging van die grens tussen mening en feit;

'n toenemende relatiewe volume, en gevolglike invloed, van mening en persoonlike ervaring bo feite; en

'n dalende vertroue in voorheen gerespekteerde bronne van feitelike inligting.

Mense se geneigdheid om samesweringsteorieë betreffende COVID-19 te glo, word voorspel deur hoër vlakke van behoefte aan uniekheid, hoër vlakke van angs, 'n meer intuïtiewe denkstyl en groter mate van narcisme (Granados Samayoa et al., 2022:2; Van Mulukom et al., 2022:45). Verder is persone wat polities magteloos voel meer vatbaar vir hierdie samesweringsteorieë (Romer & Jamieson, 2020:6), asook mense wat nie hul regerings vertrou nie (Van Mulukom et al., 2022:6). Inkomstevlakke en vlakke van opvoeding speel ook 'n rol, met mense in laer inkomstegroepe en laer vlakke van opvoeding meer vatbaar vir samesweringsteorieë rakende COVID-19 (Van Mulukom et al, 2022:5). Verskeie studies het ook bevind dat geloof met vatbaarheid vir samesweringsteorieë oor COVID-19 saamhang (Van Mulukom et al, 2022:5), veral godsdienstige fundamentalisme (Lowicki et al, 2022; Sobol, Zajenkowski & Jankowski, 2022). Matthews, Migacheva en Brown (2021:18) skryf ook dat die algemene kenmerke van samesweringsteorie-entoesiaste die volgende insluit: sterk identifikasie met hul groepe (byvoorbeeld politieke partye), gevoelens dat hul groepe onregverdig behandel word, dat hulle geregtig is op meer en onder bedreiging is, en 'n gevoel van magteloosheid en onsekerheid.

Alhoewel samesweringsteorieë oor die hele politieke spektrum voorkom, word same-sweringsteorieë oor die algemeen veral met regses verbind (Matthews et al., 2021:17; Van Mulukom et al, 2022:6). Romer en Jamieson (2020:6) het bevind dat afhanklikheid van konserwatiewe media positief verwant aan die onderskrywing van samesweringsteorieë is en negatief verwant is aan persepsies dat COVID-19 'n bedreiging inhou (sien ook Van Mulukom et al, 2022:7). Dubow, Lucas en Morris (2021) noem ook dat die Russiese nuusagentskap, RT (wat met samesweringsteorieë verbind word; sien verder aan), spesifiek regses tydens die COVID-19 pandemie geteiken het. Matthews et al. (2021:19-20) beklemtoon egter dat mense oor die hele politieke spektrum in samesweringsteorieë glo en noem voorbeelde waar Russiese media beide linkses en regses rondom COVID-19 geteiken het.

Granados Samayoa et al. (2022:7) het bevind dat om een samesweringsteorie te glo kan lei tot 'n toename in die algemene neiging om samesweringsteorieë te glo. In hul studie word samesweringsteorieë rakende COVID-19 daarom getipeer as 'n deurgang-samesweringsteorie ("gateway conspiracy") wat verdere vertroue in die wetenskap, regerings en die media ondermyn en mense meer vatbaar maak vir ander samesweringsteorieë. Nie net bedreig COVID-19-samesweringsteorieë tans lewens en ekonomieë nie, dit kan ook probleme in die toekoms skep as gevolg van die feit dat meer mense samesweringsidees glo (Granados Samayoa et al, 2022:11). Namate vertroue in die media, wetenskap en regeringsinstellings afneem, word dit moeiliker om die waarheid aan mense op só 'n manier te kommunikeer dat hulle dit glo, wat die implementering van maatreëls tydens noodgevalle bemoeilik.

Samesweringsteorieë is moeilik om te beveg omdat individue wat hierin glo gewoonlik ook gesagstrukture, die media en die wetenskap bevraagteken, en omdat sulke individue 'n hoë toleransie vir teenstrydighede het (Romer & Jamieson, 2020:7; Van Mulukom et al., 2022:5-6). Een van die gemeenskaplike kenmerke van die meeste samesweringsteorieë is dat mense in magsposisies nie vertrou kan word nie (Romer & Jamieson, 2020:7). Deur 'n samesweringsteorie te probeer beveg deur op die wetenskap te steun, is dan sinloos wanneer mense nie die gesaghebbendheid van die wetenskap erken nie.

Russiese propagandanetwerke bestaande uit 'n verskeidenheid staats-, staats-geaffilieerde en niestaatsgeaffilieerde instellings, was ook betrokke by die verspreiding van vals inligting en samesweringsteorieë rakende COVID-19 (Sledz, 2020:397; Johnson & Marcellino, 2021:2; Matthews et al, 2021:8; Duberry, 2022:171; Ginossar et al, 2022:4; Nitszke 2022:40; Toepfl et al, 2022:3). Hierdie instellings sluit in RT (voorheen Russia Today), Sputnik, RTDocs, Ruptly, Redfish, In The Now, SouthFront, News Front, Global Research, Fort Russ News, New Eastern Outlook Journal, the Strategic Culture Foundation, Katehon, en One World Press (Matthews et al., 2021:25). Namate COVID-19-entstowwe beskikbaar gestel is, het Russiese propagandanetwerke verdere vals inligting oor die nadelige uitwerking van entstowwe versprei, wat die doeltreffendheid daarvan betwyfel het (Dubow et al., 2021; Nitszke 2022:40). Hierteenoor is die Russiese entstof, Sputnik V, as effektief uitgebeeld (Dubow et al., 2021; Horawalavithana et al., 2022:8). Strudwicke en Grant (2020) het ook ander pogings deur een van die bekendste Russiese propaganda-instellings, die Internet Research Agency (IRA), ondersoek, en gevind dat hulle ook materiaal versprei het wat die wetenskap op ander maniere probeer diskrediteer: benewens anti-inentingsmateriaal het die outeurs ook materiaal gevind wat klimaatsverandering ontken en die plat-aarde-teorie bevorder. Hanley et al. (2023) wys op hul beurt dat RT en Sputnik met al vyf hedendaagse samesweringsteorieë in hul studie (QAnon, 9/11, COVID-19, UFO/Aliens, en plat-aarde-teorieë) verbind word. Tydens die 2022-inval in Oekraïne het Alieva, Ng en Carley (2022:1172) twiets versamel wat verband hou met Russiese propaganda op Twitter (nou bekend as X). Hieronder was ook anti-inentingsboodskappe, meer spesifiek met betrekking tot die beweerde vestiging van biologiese wapenlaboratoriums in Oekraïne. Sommige Twitter-rekeninge het aangevoer dat die beweerde VSA-gesteunde biologiese wapenlaboratoriums 'n nuwe koronavirus geskep het (Alieva et al., 2022:1172).

China het 'n soortgelyke veldtog parallel met Rusland gevoer, wat ook die verspreiding van vals nuus en samesweringsteorieë met betrekking tot COVID-19 ingesluit het (Dubow et al., 2021; Johnson & Marcellino, 2021; Matthews et al., 2021). Johnson en Marcellino (2021:15) stel onomwonde:

Russian and Chinese English-language news appear to be manipulated to promote certain narratives - particularly ones that promote Russian and Chinese geopolitical interests at the expense of the United States. They also appear to promote a variety of different conspiracy theories, especially those that portray the pandemic as an opportunity for governments and elites to take advantage of citizens and those that cast doubt on the origin of COVID-19. This represents serious misconduct on the part of Russia's and China's governments. By using their authoritarian power over the media to oppose public health measures, they directly harmed global health and well-being (oorspronklike klem).

Sledz (2020:398) beklemtoon egter dat dit verkeerd sal wees om al die aanlyn sameswerings-teorieë oor COVID-19 aan die werk van die Russiese en Chinese propagandanetwerke te koppel, aangesien baie politieke akteurs by soortgelyke aktiwiteite betrokke is. Die voormalige staatspresident van die VSA, Donald Trump, en ander Westerse konserwatiewe leiers het ook sulke vals inligting versprei (Sledz, 2020:399). Trump het byvoorbeeld voorgestel dat huishoudelike bleikmiddel en hidroksichlorokien teen COVID-19 gebruik kan word (Nattrass, 2023:2 ).

 

3. Temas van samesweringsteorieë rakende COVID-19

Sledz (2020:397-398) identifiseer die volgende temas van vals nuus rakende COVID-19:

1. Die oorsprong van die virus. Vals nuus sou beweer dat die virus afkomstig sou wees van Amerikaanse of Chinese biologiese wapenprogramme, of dat dit 'n newe-effek van die bekendstelling van die 5G-netwerkinfrastruktuur sou wees;

2. 'n Valse pandemie. Vals nuus sou beweer dat die pandemie of die virus self nie bestaan nie;

3. Verpolitisering van die pandemie en die gebruik daarvan om persoonlike vryheid te beperk. Vals nuus sou beweer dat COVID-19 deur verskeie inisiërende entiteite aangewend word om mense te beheer of in te perk, insluitende die Wêreldgesond-heidsorganisasie (WGO), Gates, of breedweg verstaan: die elite;

4. Metodes van voorkoming en behandeling van siekte wat deur COVID-19 veroorsaak word. Vals nuus sou aan die een kant die doeltreffendheid van maatreëls wat deur die staat aanbeveel word, bevraagteken, byvoorbeeld die dra van beskermende maskers of die ontsmetting van hande en, aan die ander kant, alternatiewe behande-lingsmetodes voorstel, insluitende verskeie middele van alternatiewe medisyne, sowel as die gebruik van alkohol, dwelms of bleikmiddel.

Hierdie vier temas word in die volgende onderafdelings in meer besonderhede bespreek. Die betroubaarheid van inligtingskanale is by hierdie bespreking ingesluit omdat dit 'n sleutel in die verspreiding van ware en vals inligting is.

3.1 Die oorsprong van die virus

Daar bestaan samesweringsteorieë wat beweer dat die COVID-19-virus in 'n biologiese wapenlaboratorium vervaardig is, met China en die VSA as die lande wat die meeste van hierdie samesweringsteorieë beskuldig word (Johnson & Marcellino, 2021:12; Matthews et al., 2021:7; Nisbet & Kamenchuk, 2021:575; Bierwiaczonek, Gundersen & Kunst, 2022; Toepfl et al., 2022:2; Van Mulukom et al., 2022:4). Alhoewel die besonderhede van hierdie samesweringsteorieë verskil, is die idee dat die VSA die virus geskep het om sy oorheersing oor die wêreld te behou 'n herhalende idee (Matthews et al., 2021:7). Toepfl et al. (2022:14) het bevind dat die meeste samesweringsteorieë met betrekking tot COVID-19 entiteite in China en die VSA identifiseer as die oorsaak van die pandemie, maar die VSA word uitsluitlik as synde agter die komplot deur bronne verbonde aan Rusland se regerende elite verdink. In hierdie opsig moet genoem word dat die Russiese Komitet Gosudarstvennoy Bezopasnosti (KGB) in 1985 'n gerug begin het dat die VSA die Menslike Immuniteitsgebreksvirus (MIV) doelbewus onder bevolkings in Afrika versprei het (Leitenberg, 2020:4; Duberry, 2022:175), en huidige samesweringsteorieë rakende COVID-19 volg met ander woorde dieselfde patroon.

Andersins sou COVID-19 volgens samesweringsteorieë die oorsaak van die uitbreiding van 5G-netwerkinfrastruktuur wees (Toepfl et al., 2022:2; Van Mulukom et al., 2022:4). Hiervolgens sou die ontplooiing van 5G-tegnologie gekoppel wees aan die verspreiding van die virus, hetsy deur die immuunstelsel te verswak of die virus direk oor te dra, en die gevare verbonde aan 5G-tegnologie word glo deur regerings en hoofstroommedia toegesmeer.

Een voordeel van sulke samesweringsteorieë is dat mense steeds COVID-19 ernstig opneem, wat beteken dat mense wat in hierdie samesweringsteorieë glo, steeds voorkomende maatreëls tref (Van Mulukom et al., 2022:8).

3.2 'n Valse pandemie

Sommige samesweringsteorieë en vals nuus beweer dat die pandemie glad nie bestaan nie, dat dit slegs 'n verkoue is, of dat dit oordryf word (Matthews et al., 2021:8; Van Mulukom et al., 2022:4). Johnson en Marcellino (2021:9) skryf dat sulke stories beweer dat COVID-19 nie dodelik is vir gesonde mense nie, of dat data oor COVID-19-sterftes foutief is, of selfs dat hospitale finansieel aangespoor is om COVID-19-sterftes verkeerd aan te meld.

Die glo van sulke samesweringsteorieë korreleer met 'n verontagsaming van maatreëls wat bedoel is om die verspreiding van die virus te bekamp (Van Mulukom et al., 2022:7).

3.3 Verpolitisering van die pandemie en die gebruik daarvan om persoonlike vryheid te beperk

Sommige samesweringsteorieë stel voor dat die pandemie geskep is om beheer oor mense uit te oefen (Van Mulukom et al., 2022:4). Johnson en Marcellino (2021:9) voer aan dat sulke stories die openbare gesondheidsmaatreëls wat tydens die pandemie geïmplementeer is as deel van 'n sinistere komplot deur regerings beskryf om totalitêre beheer uit te oefen. Die vrees vir COVID-19, wat die samelewing meer onderdanig gemaak het in die aangesig van 'n sterk regering en 'n elite-klas, is een narratief wat gereeld in hierdie stories verskyn (Johnson & Marcellino, 2021:10). Matthews et al. (2021:7) noem dat die wêreld se rykste individue en maatskappye hiervolgens die COVID-19-pandemie aangestig en befonds het om hul doelwitte vir wêreldoorheersing te fasiliteer. Johnson en Marcellino (2021:8) het ook bevind dat baie berigte wat deur die Russiese media versprei is, vrese uitgespreek het dat mense se privaatheid geskend word deur kontakte na te gaan. Die rolspelers wat hiervolgens op mense sou spioeneer, kan regerings- of privaat maatskappye wees.

Rolspelers wat gewoonlik vir die beheer van mense blameer word, is Gates en Microsoft, Anthony Fauci (die voormalige direkteur van die VSA se National Institute of Allergy and Infectious Diseases) en Soros, die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO), en die WGO (Johnson & Marcellino, 2021:8; Matthews et al., 2021:8; Toepfl et al., 2022:2; Van Mulukom et al., 2022:4). Soos tydens die VIGS-epidemie het antisemitiese samesweringsteo-rieë en temas oor die Nuwe Wêreldorde (NWO) en die Illuminati weer tydens die COVID-19-pandemie opgeduik (Nattrass, 2023:3). Die NWO (soms eenwêreldorde) verwys na 'n samesweringsteorie wat beweer dat daar 'n geheime en magtige groep individue of organisasies is wat agter die skerms werk om 'n globale regering of beheerstelsel te vestig wat al die lande van die wêreld sal beheer (Flores, 2022).

3.4 Metodes van voorkoming en behandeling van siekte wat deur COVID-19 veroorsaak wo rd

3.4.1 Voorkoming

Vals nuus rakende die COVID-19-pandemie sou gereeld beweer dat die dra van maskers onnodig is, sowel as sanitasie en die handhaaf van 'n veilige afstand. Romer en Jamieson (2020:6) het bevind dat mense wat in sulke samesweringsteorieë glo, minder geneig was om voorkomende maatreëls te tref soos om hande te was of maskers te dra, en boonop gekant was teen inenting (sien ook Van Mulukom et al., 2022). Die dra van maskers is reeds effektief bevind in die bekamping van COVID-19 (Howard et al., 2021; Li et al., 2022), en navorsing het getoon dat die sluiting van opvoedkundige instellings, die beperking van byeenkomste tot 10 mense of minder, en die sluiting van aangesig tot aangesig besighede elk transmissie aansienlik verminder het (Haug et al., 2020; Brauner et al., 2021; Chernozhukov, Kasahara & Schrimpf, 2021). In Suid-Afrika is daar egter geen aanduiding dat inperkingsmaatreëls effektief was nie, hoofsaaklik omdat die situasie in townships inperking onrealisties gemaak het (Broadbent, Combrink & Smart, 2020:2; Labuschaigne, 2020:4). Boonop het die Suid-Afrikaanse regering nie sy redes vir inperkingsmaatreëls effektief gekommunikeer nie, wat tot toenemende bevraagtekening van voorsorgmaatreëls in die media en deur die publiek gelei het (Broadbent et al., 2020:2). Die Suid-Afrikaanse regering het ook hardhandig opgetree teenoor oortreders, en teen Junie 2020 was 11 mense reeds dood as gevolg van polisie-optrede (Labuschaigne, 2020:4). Ook eers in Junie 2020 het die Hooggeregshof in Pretoria die regering verbied om COVID-19-positiewe pasiënte te dwing om in afsondering in staatsinstellings deur te bring (Labuschaigne, 2020:4).

Sommige maatreëls wat deur die Suid-Afrikaanse regering ingestel is, byvoorbeeld beperkinge op die verkoop van oop skoene en kortmouklere, is nie wetenskaplik gegrond nie. Labuschaigne (2020:4) noem hierdie regulasies "completely irrational and unaligned with the objectives of the Disaster Management Act in curbing the spread of the virus". Die omstrede tabakverbod verdien hier spesiale vermelding. Geen redes is aanvanklik vir die tabakverbod verskaf nie, en dit was eers twee maande ná die instelling van die verbod, wat op 27 Maart 2020 ingestel is, dat die Fair Trade Independent Tobacco Association (FITA) deur middel van 'n hofbevel redes vir die verbod bekom het (Cornelissen, 2020) (De Wet, 2020 het uitgewys dat hierdie redes steeds nie deur die wetenskap gestaaf kan word nie.) Daar was ook gerugte dat die verbod sou saamhang met 'n magstryd binne die ANC, of andersins met onwettige sigarethandel (Broadbent et al., 2020:2; Burger, 2020). Sulke ongegronde voorkomingsmaat-reëls in Suid-Afrika, tesame met wydverspreide korrupsie binne die ANC, het die indruk geskep dat die regering wins maak uit COVID-19-regulasies. Hierdie agterdog teenoor die ANC-regering is anders as die samesweringsteorieë wat in vorige navorsing vermeld word, maar kon mense se vatbaarheid vir ander samesweringsteorieë verhoog, gegewe sommige Suid-Afrikaners se bestaande agterdog teenoor die Suid-Afrikaanse regering.

3.4.2 Behandeling

'n Verskeidenheid alternatiewe kure is vir COVID-19 voorgestel, wat wissel van die drink van gemmertee of die inname van knoffel tot die inname van dodelike stowwe soos metanol of ontsmettingsmiddel (Van Mulukom et al., 2022:8). Bierwiaczonek et al. (2022:2) noem ook dat chlorokien/hidroksichlorokien en vitamien C aanbeveel is, en bevind dat mense wat sterk in samesweringsteorieë glo, ook sterk in sulke alternatiewe kure glo (sien ook Matthews et al., 2021:9). Verwysings na die gebruik van hidroksichlorokien is ook volop in Johnson en Marcellino (2021:12) se studie, waar die outeurs 'n samesweringsteorie uitlig dat "Groot Farma" die gebruik van sulke goedkoop middels ter wille van winsbejag probeer toesmeer (sien ook Matthews et al, 2021:9). Die gebruik van hidroksichlorokien vir die behandeling van COVID-19 is reeds as oneffektief bewys (Axfors et al, 2021; Dhibar et al, 2023). Nattrass (2023:2) merk in hierdie opsig ooreenkomste met die MIV/VIGS-pandemie: Thabo Mbeki het tydens die VIGS-pandemie 'n samesweringsteorie ondersteun dat die internasionale farmaseutiese bedryf saam met die Amerikaanse Central Intelligence Agency (CIA) werk om Afrikane met antiretrovirale middels te vergiftig (wat moontlik 'n variasie op bogenoemde KGB-gerug kan wees). Mbeki en sy paneel het daarom ginseng, Chinese komkommer, borrie, aloe vera, knoffel en echinacea, masseerterapie, musiekterapie, joga, geestelike sorg, homeopatie, Indiese ayurvediese medisyne, ligterapie en vele ander metodes aanbeveel (Nattrass, 2023:2).

Daar is ook talle samesweringsteorieë en vals nuus oor die effektiwiteit en newe-effekte van entstowwe, wat bewerings insluit dat entstowwe oneffektief is, dat dit nie deeglik getoets is nie, dat dit mense se DNA kan verander, dat dit dodelik sou wees, dat mense daardeur beheer gaan word, en selfs dat die entstof uit geaborteerde fetusse vervaardig is (Islam et al., 2021). Een gerug het beweer dat Gates gesê het dat 700 000 mense beseer sal word of sterf weens die COVID-19-entstof (Islam et al, 2021:8). In Suid-Afrika het hoofregter Mogoeng Mogoeng 'n geloofsdimensie aan samesweringsteorieë met betrekking tot entstowwe gekoppel toe hy in 'n openbare gebed beweer het:

Indien daar 'n entstof is wat van die duiwel is en bedoel is om die lewens van mense met 666 te vul en hul DNS binne te dring, mag dit in die naam van die Here God met vuur vernietig word. (Heyns, 2021)

Pfizer-BioNTech (BNTb262), Moderna (mRNA-1273), Johnson & Johnson se Janssen (JNJ-78436735) en ander entstowwe se effektiwiteit en veiligheid is in verskeie studies aangetoon (Tregoning et al., 2021; Fiolet et al, 2022; Higdon et al., 2022; Maiese et al., 2022; Singh et al, 2022; Zeng et al, 2022).

Ivermektien se gebruik teen COVID-19 val op die grens tussen wetenskap en pseudo-wetenskap. Heelwat van die navorsing wat ivermektien se potensiaal uitlig, is gegrond op onetiese en oneerlike navorsingspraktyke (Lawrence et al., 2021; Hill et al., 2022a; Hill et al., 2022b; Izcovich et al., 2022; Meyerowitz-Katz et al., 2022; Taccone, Hites & Dauby, 2022). Ander studies het daarop gedui dat ivermektien nie die mortaliteitsrisiko of die risiko van meganiese ventilasievereiste verminder nie (Roman et al, 2021; Izcovich et al, 2022; Marcolino et al, 2022; Bibbins-Domingo & Malani, 2023; Naggie et al., 2023). Taccone et al. (2022:473) is byvoorbeeld ondubbelsinnig in hul afkeur van ivermektien:

The vicious progression of anti-science, sowing doubts about vaccination and promoting treatments with unproven efficacy, such as hydroxychloroquine and ivermectin, has also shown that firm condemnation by the scientific community is not sufficient. As such, scientists should attempt to vulgarize medical information in newspapers and social media and even accept debates on television with fake news and disinformation providers, explaining to audiences without medical knowledge and using nonpolarized arguments about how complex the medical treatment of COVID-19 is.

Tog is daar studies wat daarop dui dat ivermektien vir die behandeling van COVID-19 gebruik kan word (Heidary & Gharebaghi, 2020; Hariyanto et al., 2021; Mody et al., 2021; Yang, Shen & Hou, 2022). Ivermektien is derhalwe 'n kontroversiële middel wat nóg volkome vals nuus, nóg volkome wetenskaplik bewese is.

3.5 Die media

Verskeie studies verbind die Russiese media met die verspreiding van vals nuus en samesweringsteorieë met betrekking tot COVID-19 (Johnson & Marcellino, 2021; Matthews et al., 2021; Nisbet & Kamenchuk, 2021; Hoyle et al., 2022; Toepfl et al, 2022). Twee van die vals narratiewe wat die Russiese media oor die pandemie versprei het wat algemeen voorkom in hul dekking van COVID-19 is byvoorbeeld dat die gesondheidsrisiko van COVID-19 soortgelyk aan, of nie wesenlik groter as dié van gewone griep sou wees nie, en dat die virus in 'n Amerikaanse biologiese wapenlaboratorium sou ontstaan het (Nisbet & Kamenchuk, 2021:574).

Teenoor Russiese media se bewese verspreiding van vals nuus en samesweringsteorieë bevind Toepfl et al. (2022:13) dat die hoofstroom-massamedia hulle daarvan weerhou om samesweringsteorieë te versprei. Hierteenoor het nis- en spesiale-belangstelling-media, tesame met Sputnik, 'n sleutelrol in die verspreiding van samesweringsteorieë gespeel. Xu et al. (2022:7) het op hul beurt bevind dat hoofstroommedia soos CNN en die BBC onderskeidelik die vyfde en derde mees betroubare nuusbronne uit die 13 nuusagentskappe in hul studie was, teenoor RT wat die derde mees onbetroubare nuusbron was. Xu et al. (2022:10) voer aan: "In the infodemic caused by COVID-19, the news agencies with high reliability are more likely to disseminate the true epidemic situation and shoulder the responsibility of eliminating misinformation." Hierdie verspreiding van akkurate inligting het 'n direkte impak op mense se gedrag tydens die pandemie: Lachlan en Gilbert (2022:8) het bevind dat individue wat meer gesteun het op nalatenskap- (ABC, CBC en CNN) en hoë- betroubaarheid-media (BBC, Reuters, NYT), hoër-risiko-persepsies en sterker bedoelings gehad het om in te ent en ander beskermende gedrag uit te voer; individue wat meer op lae-betroubaarheid-mediakanale (InfoWars, Breitbart en Buzzfeed) staatgemaak het, het laer risikopersepsies gehad, minder akkurate waarskynlik-heidskattings, verminderde inentingsvoornemens en laer beskermende gedragsvoornemens. In die volgende afdeling word die metodes wat in die huidige studie gevolg is, bespreek.

 

4. Metodes

Volgens Slatter (2022:76) is Maroela Media en Netwerk24 die enigste hoofstroomnuuskanale in Afrikaans. Maroela Media is vir die huidige studie as databron gekies omdat dit saam met Netwerk24 tans die gewildste Afrikaanse nuusplatform is (soos gemeet aan die aantal lesers), met Maroela Media wat meer bladbesigtigings het as Netwerk24 (Krige, 2019:28; Van Heerden, 2023). Maroela Media het byvoorbeeld maandeliks gemiddeld 9 582 225 besoekers (waarvan 2 171 913 unieke besoekers is) wat gemiddeld 21 380 766 bladsye per maand lees (vir 2022) (Van Heerden, 2023). Dit beteken dat Maroela Media tans die grootste reikwydte van alle Afrikaanse aanlyn nuusplatforms het. Boonop kan enigeen kommentaar lewer onder 'n berig op Maroela Media, terwyl mense ingeteken moet wees op Netwerk24 om op hierdie platform kommentaar te kan lewer. Maroela Media skep met ander woorde tot 'n groter mate die geleentheid vir mense om hul opinies te lug as Netwerk24 en stel nie beperkings soos inteken-geld in wat mense uit die debat uitsluit nie. Daar is egter geen besonderhede beskikbaar oor die politieke oortuigings van Maroela Media se lesers nie en uit die leserskommentaar is dit duidelik dat lesers wat kommentaar lewer, 'n wye spektrum sienings verteenwoordig. Maroela Media poog ook om betroubare nuus te publiseer en nie fopnuus te versprei nie, soos bespreek in Slatter (2022). Maroela Media is deel van die Solidariteit Beweging, met aandeelhouers die Dagbreek Trust, Solidariteit Beweging, Helpende Hand en AfriForum, en befonds hulself deur advertensies op die webwerf, bydraes van aandeelhouers en vrywillige ondersteuning deur lesers (Van Heerden, 2023).

Data is vir die huidige studie versamel deur leserskommentaar onder berigte op Maroela Media, wat met die etiket koronavirus gemerk is, met behulp van Octoparse (https://www.octoparse.com/) op 21 Februarie 2023 te skraap. Altesame 2 841 berigte wat met hierdie etiket gemerk is, is in ag geneem. Net eerstevlakleserskommentaar is geskraap, met ander woorde, leserskommentaar op berigte, en nie leserskommentaar op ander leserskommentaar nie. In totaal is 19 053 gevalle van leserskommentaar versamel.

Onderwerpmodellering deur middel van 'n woord ko-voorkomsnetwerkontleding is in die huidige studie gebruik om 'n oorsig oor die aard van leserskommentaar te verkry. Benabdelkrim et al. (2020) stel 'n tegniek voor waarmee onderwerpe in teks met behulp van woord-ko-voorkomsnetwerke en Blondel et al. (2008) se modulariteitsalgoritme (ook genoem die Louvain-metode) geïdentifiseer kan word. Die teks word eers skoongemaak deur leestekens te verwyder, teks in kleinletters om te skakel, woorde te lemmatiseer (waardeur 'n woord na sy basiese vorm herlei word deur die stam van die woord te gebruik en die invloed van grammatikale affikse te verwyder), en stopwoorde te verwyder. Daarna word 'n skakel tussen woorde aangedui wat in dieselfde sin voorkom, met die gevolg dat 'n woord-ko-voorkoms-netwerk saamgestel word. Groepe woorde wat gereeld saam voorkom, kan dan met behulp van Blondel et al. (2008) se modulariteitsalgoritme uitgelig word. Hierdie algoritme sorteer nodusse (in hierdie geval woorde) in groepe (genoem gemeenskappe) op grond van hulle skakels met ander nodusse (ko-voorkomste), en die uiteinde is dat groepe woorde in onderwerpe gegroepeer word en met behulp van 'n aantal kernwoorde voorgestel word. Die metode werk met ander woorde induktief: groepe woorde word uitgelig wat gereeld saam voorkom en hierdie groepe verteenwoordig 'n tema.

Omdat Benabdelkrim et al. (2020) se metode nie aangepas is vir Afrikaans nie, is die leserskommentaar eers na Engels omgeskakel met behulp van Google Translate. Google Translate is gekies omdat Aikin (2019) reeds vierjaar terug aangetoon het dat Afrikaans-Engelse vertalings een van die taalpare is wat die beste met hierdie diens vertaal kan word, en sedertdien het Google Translate beduidende vordering gemaak om akkuraatheid te verbeter met die implementering van nuwer taalmodelle soos PaLM (Chowdhery et al., 2022). Benabdelkrim et al. (2020) se metode, soos geïmplementeer in die aanlyn funksies by nocodefunctions.com (https://nocodefunctions.com/), is daarna op die Engelse teks toegepas. Alle leserskommentaar is aanvanklik ingesluit, maar dit was nie moontlik om onderwerpe met die hele datastel te identifiseer nie. Dit is vermoedelik die gevolg daarvan dat baie opmerkings vae stellings soos "stem saam" of "daar het jy dit" bevat, waarvan die betekenis binne konteks duidelik is maar nie bruikbaar is vir onderwerpmodellering nie. Om hierdie rede is leserskommentaar wat samesweringsteorieë en vals nuus bevat eers onttrek soos hier onder bespreek, waarna onderwerpmodellering met meer sukses op die uittreksel van leserskommentaar toegepas is.

Om leserskommentaar te onttrek wat samesweringsteorieë en vals nuus bevat, is trefwoorde uit vorige navorsing, soos hier bo vermeld, met betrekking tot COVID-19- sameweringsteorieë geïdentifiseer en gebruik om relevante leserskommentaar te vind. Hierdie trefwoorde is 5G, biologiese wapen, chlorokien, effektief, fauci, gates, gekook, great reset, griep, groot farma, hoax, hoofstroom media, ivermektien, leuen, microsoft, msm ("Mainstream Media"), nwo (Nuwe Wêreldorde), oordryf, plandemie, soros, verkoue en wêreldorde, sowel as Engelse weergawes en spellingvariasies van hierdie terme. Die verwagting was dat leserskommentaar wat samesweringsteorieë verwoord, ook in baie gevalle een van hierdie terme sou gebruik. Nie al dergelike kommentaar, sou egter noodwendig hierdie terme gebruik nie, byvoorbeeld indien 'n gebruiker sou sê: "Ons weet almal wie hier agter sit". Die algehele voorkoms van leserskommentaar in hierdie uittreksel wat samesweringsteorieë en vals nuus verwoord, is derhalwe 'n konserwatiewe skatting. Alle leserskommentaar waarin hierdie trefwoorde voorkom, is verder met die hand nagegaan om te verseker dat die kommentaar werklik 'n samesweringsteorie of vals inligting verwoord, wat uiteindelik tot 'n uittreksel van 572 voorbeelde van leserskommentaar gelei het. Die handmatige kontrole was nodig omdat daar 'n groot aantal gebruikers was wat na samesweringsteorieë verwys het, maar dit duidelik afkeur, byvoorbeeld (leserskommentaar is verbatim weergegee):

En Suid Afrika keer terug na die middel eeue. Sameswerings teorieë, duiwel besetenheid, en heksejagtery. Gaan kyk in die CV19 sale in hospitale en kom terug en kyk of jy nog glo dis "die antichris" en Bill Gates wat agter dit sit. Dis 'n virale infeksie wat sekere mense laat sterf. Inenting is 95% effektief om infeksie teë te werk. Soos wat dit is vir pokke, meningitis, geelkoors en polio. Dis nie die antichrist, die dier of die ridder op die wit perd nie, dis 'n virus. En dis nie die duiwel wat die entstof ontwerp het nie dis wetenskaplikes. En die entstof sal nie ons DNA of RNA verander dat ons half masjien half mens sal wees nie. Dit sal ons immuunsisteen bewapen met die genetiese kode van die virus sodat ons immuunsisteem vinnig kan reageer sou ons infeksie opdoen en die virus se vermeerdering in ons liggaamselle stopsit. Dink net....dink, ons lewe nie in die 1300's nie.

Leserskommentaar wat daarna verwys dat die ANC hulself tydens die pandemie verryk, is nie as vals nuus gemerk nie omdat dit bewese is (Krige, 2022). Wanneer 'n bepaalde opmerking egter ANC-korrupsie sou noem, tesame met 'n verwysing daarna dat entstowwe byvoorbeeld ongetoets en onveilig is, is dit wel as vals nuus gemerk.

Nadat leserskommentaar onttrek is wat samesweringsteorieë en vals nuus verwoord, is sodanige kommentaar in die uittreksel met Benabdelkrim et al. (2020) se metode in onderwerpe of temas verdeel.

Die volgende afdeling bespreek die resultate.

 

5. Resultate

5.1 'n Oorsig oor die datastel

Tabel 1 verskaf 'n opsomming van die datastel wat vir die huidige studie versamel is. Hier kan gesien word dat slegs 3% leserskommentaar deur middel van sleutelwoorde en na handmatige kontrole met samesweringsteorieë en vals nuus verbind kon word. Daar moet in gedagte gehou word dat sleutelwoorde slegs leserskommentaar sou uitlig wat ooglopend samesweringsteorieë en vals nuus verwoord, met ander woorde nie opmerkings waarvan die betekenis slegs binne konteks duidelik sou wees nie. Nietemin het 572 voorbeelde van leserskommentaar 'n genoegsame korpus verskaf waarmee die aard van samesweringsteorieë en vals nuus verken kon word.

 

 

5.2 Temas

Daar is vier onderwerpe of temas toegeken met behulp van Benabdelkrim et al. (2020) se metode (toegepas op die 572 voorbeelde van uittrekselkommentaar). Ná die deeglike lees van al hierdie leserskommentaar kon gesien word dat temas grotendeels ooreenstem met die temas soos deur Sledz (2020:397-398) geïdentifiseer, met die uitsondering van die tema insake die oorsprong van die virus - wat nie deur onderwerpmodellering uitgelig is nie - en die verdeling van metodes van voorkoming en behandeling van COVID-19 in twee temas. Die sleutelwoorde dui daarop dat hierdie twee temas hoofsaaklik verdeel rondom mediese en niemediese metodes: Onderwerp A sluit trefwoorde soos entstof en ivermektien in, terwyl Onderwerp B trefwoorde soos immuniteit en dra insluit, met laasgenoemde trefwoord wat na maskers verwys.

 

 

Figuur 1 dui die verspreiding van leserskommentaar volgens tema aan. Hier kan gesien word dat die meeste voorbeelde van leserskommentaar tot die tema Metodes van voorkoming en behandeling van COVID-19 B behoort, en die tweede meeste tot die tema Valse pandemie.

 

 

Hierdie vier onderwerpe word in die volgende onderafdelings teen die agtergrond van Sledz (2020:397-398) en met behulp van voorbeelde bespreek.

5.2.1 Die oorsprong van die virus

Baie min gebruikers het samesweringsteorieë en vals nuus insake die oorsprong van die virus verwoord, en daarom is hierdie tema nie deur onderwerpmodellering uitgelig nie. Die drie voorbeelde in Tabel 3 hier onder is ook die enigste voorkoms van sulke gevalle van leserskommentaar in die huidige datastel. Hierdie leserskommentaar, soos alle voorbeelde wat in die huidige studie genoem word, is verbatim weergegee.

 

 

Geen voorbeelde kon gevind word van gebruikers wat glo dat 5G met COVID-19 verband hou nie. Daar was wel gebruikers wat bewus was van dié bewering, maar uit hul kommentaar is dit duidelik dat hulle die spot daarmee dryf, byvoorbeeld:

Ek wonder of my 5G gaan werk na die 3 de booster

Hahaha hy is nou n super magneet wat al die 5G torings deurmekaar maak.

Omdat hierdie leserskommentaar die spot dryf met vals nuus, is dit nie in berekening gebring vir die uittreksel van relevante leserskommentaar nie.

5.2.2 'n Valse pandemie

Verskeie gebruikers het hulle bedenkinge uitgespreek oor of die COVID-19-pandemie werklik bestaan. Tipiese argumente, waarvan voorbeelde in Tabel 4 verskaf word, voer aan dat COVID-19 nie veel erger is as 'n verkoue nie, dat syfers aangepas word om mense bang te maak of om die grendelstaat te verleng, en dat alle sterftes as COVID-19-sterftes getel word. In Voorbeeld 1 kan gesien word dat die gebruiker 'n vrees uitspreek dat die inenting beheer impliseer, en Voorbeeld 2 verwoord 'n algemene wantroue in regeringsinstansies. Voorbeeld 3 en 4 dui op tipiese leserskommentaar wat beweer dat syfers van ander sterftes aan COVID-19 toegeskryf word. Daar moet genoem word dat 'n groot aantal gebruikers sulke sienings verwoord het en hierdie is die tweede grootste tema in die uittreksel van die datastel.

 

 

5.2.3 Verpolitisering van die pandemie en die gebruik daarvan om persoonlike vryheid te beperk

Tabel 5 dui voorbeelde aan van leserskommentaar wat aanvoer dat daar 'n doelbewuste poging deur die elite is om die pandemie te skep en te manipuleer om mense te beheer. Voorbeelde 1 en 3 betrek Bill Gates, en daar kom 'n totaal van 48 verwysings na Bill Gates in hierdie leserskommentaar voor. Voorbeeld 4 bevat 'n verwysing na die Nuwe/Een Wêreldorde, en is een van 33 verwysings na die Nuwe/Een Wereldorde in hierdie leserskommentaar. Dit is ook een van vele gevalle wat kritiek uitspreek teenoor die hoofstroommedia, wat volgens die leserskommentaar die waarheid toesmeer. Min gebruikers noem hulle bronne, maar daar is drie gevalle van leserskommentaar wat RT as 'n nuusbron noem. Terwyl verskeie gebruikers die geloofwaardigheid van die hoofstroommedia bevraagteken, is daar met ander woorde gebruikers wat staatmaak op minder geloofwaardige nuusbronne.

 

 

Voorbeeld 2 dui 'n faset aan wat eie is aan die huidige datastel: die vermenging van wantroue in die elite met wantroue in die ANC. Baie gebruikers spreek die siening uit dat die ANC mense probeer beheer en hulself verryk deur noodmaatreëls en entstowwe, soos wat oorsese samesweringsteorieë ook aanvoer dat die elite (byvoorbeeld Bill Gates) verryk word deur die pandemie. Dit het later bekend geword dat die ANC wel hulself tydens die pandemie verryk het (Krige, 2022).

5.2.4 Metodes van voorkoming en behandeling van siekte wat deur COVID-19 veroorsaak word

Omdat onderwerpmodellering uitgewys het dat die voorkoming en behandeling van COVID-19 deur mediese en niemediese maniere bespreek word, word hierdie indeling in die huidige onderafdeling gevolg. Tabel 6 dui voorbeelde van leserskommentaar aan wat vals nuus en samesweringsteorieë rakende die metodes van voorkoming en behandeling van siekte wat deur COVID-19 veroorsaak word, uitspreek.

 

 

5.2.4.1 Niemediese voorkoming en behandeling van COVID-19

Voorbeeld 4 beweer dat maskers skadelik is. Heelwat voorbeelde van leserskommentaar beweer dat maskers asemhalingsprobleme kan veroorsaak, wat selfs tot permanente skade aan longe kan lei, en in sommige gevalle selfs die dood. Die meeste klagtes oor maskers tref egter 'n verband tussen die dra van maskers en dat die elite mense beheer.

Voorbeeld 8 beweer dat inperkingsmaatreëls nêrens werk nie, en noem weereens dat COVID-19 net 'n verkoue is. Die meerderheid klagtes oor inperkings handel oor die skade wat aan die ekonomie gedoen word (terwyl COVID-19 slegs 'n verkoue is), die ontwrigting van die Desembervakansie van 2020, asook die voortbestaan van klein besighede. Vele gebruikers bring ook inperkingsmaatreëls in verband met die ANC se beweerde pogings om wit mense te verarm. Soos verwag is, het ongegronde regulasies van die Suid-Afrikaanse regering daartoe gelei dat mense regulasies oor die algemeen bevraagteken, soos gesien in Voorbeeld 5. Neem in ag dat hierdie kategorie die meeste voorbeelde van leserskommentaar in die uittreksel van die data verteenwoordig, wat daarop dui dat die meeste mense regulasies bevraagteken het.

Ander alternatiewe behandelings, byvoorbeeld die gebruik van knoffel, is deur die meeste gebruikers as vals voorgehou. Dit gebeur vermoedelik omdat die ANC reeds tydens die VIGS-pandemie sulke kure voorgestel het, en dit daarom gediskrediteer is. Een leserskommentaar lees byvoorbeeld:

Laat ons in Suid Afrika die wêreld wys hoe word dit gedoen; knoffel, beet en suurlemoene. Eenweek en jy hou nou 'n nare herinnering oor. Dit het glo gewerk vir VIGS want jy hoor gladnie meer van dit in SA nie.

Omdat geen leserskommentaar in hierdie datastel knoffel in 'n ernstige lig as behandeling van COVID-19 voorgestel het nie, is sulke voorbeelde van leserskommentaar nie in die uittreksel opgeneem nie.

5.2.4.2 Mediese voorkoming en behandeling van COVID-19

Voorbeelde van leserskommentaar onder die tema van mediese voorkoming en behandeling van COVID-19 voer meestal aan dat entstowwe nie effektief is nie, nie getoets is nie, en erge newe-effekte het, wat ook die dood insluit. Bykans al die gerugte insake entstowwe wat in Islam et al. (2021) gelys is, kom in dergelike kommentaar voor. Die argument word in verskeie voorbeelde van leserskommentaar gevoer dat entstowwe onveilig, oneffektief en ongetoets is, en in Voorbeeld 1 word ook genoem dat die entstowwe uit aborsies vervaardig word. Argumente wat die effektiwiteit van entstowwe bevraagteken, word ook gereeld vermeng met sienings dat COVID-19 net nog 'n griep is. Voorbeeld 2 bring entstowwe weer in verband met die "plandemie", wat 'n verpolitisering van die pandemie is.

Teenoor entstowwe word ivermektien voorgehou as getoets, veilig en effektief, soos duidelik verwoord in Voorbeeld 4. Die oorgrote meerderheid vermeldings van alternatiewe middels verwys na ivermektien, met 182 vermeldings van ivermektien teenoor 11 vermeldings van chlorokien/hidroksichlorokien. Daar word ook baie bewerings gemaak dat ivermektien nie voorgeskryf word nie omdat "Groot Farma" nie daaruit sal geld maak nie.

Soos reeds gestel, is ivermektien 'n grensgeval waarvoor daar wel studies bestaan wat hierdie middel se bruikbaarheid teen COVID-19 bevestig. Een gebruiker het byvoorbeeld die volgende leserskommentaar geplaas, wat nie as vals nuus bestempel kan word nie:

Volgens resente navorsing wat in https://www.nature.com/articles/s42003-020-01577-x gepubliseer is doen Ivermectin al lankal dit wat Pfizer probeer bewys? En ja boonop ... teen 'n fraksie van die koste van dit wat tans op ons afgedwing word.

Wat ook noemenswaardig van bogenoemde kommentaar is, is dat die bron aangedui word. Ander gebruikers sal gereeld sê dat hulle 'n artikel gelees het, maar nie die bron vermeld nie. Hierdie voorbeeld van leserskommentaar is nie as vals nuus geag nie en is daarom nie in die uittreksel ingesluit nie.

 

6. Bespreking

Uit die voorafgaande is dit duidelik dat vals nuus en samesweringsteorieë in die voorbeelde van leserskommentaar in Maroela Media-berigte voorkom, alhoewel dit die minderheid van gevalle is (soos met trefwoorde uitgelig). Baie min gevalle van leserskommentaar verwoord sienings dat COVID-19 as deel van 'n Amerikaanse of Chinese wapenprojek ontstaan het, en die meerderheid voorbeelde van leserskommentaar fokus daarop om die bestaan van die pandemie en die veiligheid en effektiwiteit van entstowwe te bevraagteken. Daar is egter ook 'n groot aantal gevalle van leserskommentaar wat aanvoer dat daar meer agter die pandemie sit, hetsy Bill Gates, die Nuwe Wereldorde, groot farmaseutiese maatskappye of, meer plaaslik, ANC-korrupsie. Ten opsigte van alternatiewe medikasie is daar 'n groot voorkeur vir ivermektien, wat bo alle alternatiewe behandelings verkies word.

Vals nuus en samesweringsteorieë bereik en beïnvloed Afrikaanse gehore. Alhoewel min gebruikers hul bronne noem, bestaan daar wantroue in die hoofstroommedia, en in die enkele gevalle waar 'n bron wel genoem word, is dit RT. Dit kan egter nie hier bepaal word hoe die meeste mense hul inligting bekom het nie.

Dit is bemoedigend dat so min van die kommentaar ooglopend met vals inligting en samesweringsteorieë verbind kan word, en dat ivermektien - wat voorheen in die huidige studie uitgewys is as 'n grensgeval - die debat domineer, eerder as onbewese kure soos chlorokien/hidroksichlorokien. Nietemin moet 'n mens daarvan kennis neem dat dieselfde narratiewe wat in vorige navorsing rakende vals inligting rondom COVID-19 uitgelig is, ook in hierdie kommentaar aangetref word, wat wys dat dieselfde vals inligting ook onder Afrikaanse gehore opgeneem is. Indien samesweringsteorieë rondom COVID-19 deurgang-samesweringsteorieë is (Granados Samayoa et al., 2022:7), kan dit in die toekoms gebeur dat meer mense vatbaar word vir ander samesweringsteorieë. In hierdie opsig moet daar in gedagte gehou word dat hierdie studie slegs leserskommentaar op Maroela Media-berigte ondersoek het, en die bevindinge is daarom nie veralgemeenbaar na die totale Afrikaanse bevolking nie. Dit sal egter sinvol wees om in die toekoms 'n meer verteenwoordigende meningsopname onder Afrikaanssprekendes te doen ten einde te bepaal hoe wydverspreid sulke opvattings is.

 

7. Slot

Die studie het ondersoek ingestel na die neerslag van vals nuus en samesweringsteorieë in Afrikaanse leserskommentaar van nuusgebruikers op berigte van Maroela Media oor die COVID-19-pandemie. Daar is aangedui dat min voorbeelde van hierdie leserskommentaar ooglopend met samesweringsteorieë en vals nuus verbind kan word, maar wanneer dit wel kan, is die bevraagtekening van die bestaan van die pandemie, die bevraagtekening van die effektiwiteit en risiko's verbonde aan entstowwe, en die bevraagtekening van regulasies en die motiewe van die elite belangrike temas. Wanneer alternatiewe behandelings ter sprake is, is daar ook bevind dat daar 'n groot voorkeur vir ivermektien bestaan, maar argumente vir ander alternatiewe behandelings soos chlorokien/hidroksichlorokien en knoffel kom selde of geensins voor nie.

Alhoewel die studie se bevindinge nie veralgemeenbaar is nie, dui dit daarop dat samesweringsteorieë en vals nuus wel onder Afrikaanse gehore voorkom. Toekomstige studies kan ondersoek instel tot watter mate dit die geval is, watter inligtingsbronne mense gebruik, en watter samesweringsteorieë veral met Afrikaanse gehore resoneer.

 

BIBLIOGRAFIE

Aiken, M. 2019. An updated evaluation of Google Translate accuracy, Studies in Linguistics and Literature, 3(3):253. doi: 10.22158/sll.v3n3p253.         [ Links ]

Alieva, I, Ng, LHX & Carley, KM. 2022. Investigating the spread of Russian disinformation about Biolabs in Ukraine on Twitter using Social Network Analysis, in 2022 IEEE International Conference on Big Data (Big Data), IEEE:1770-1775. doi: 10.1109/BigData55660.2022.10020223.         [ Links ]

Axfors, C, Schmitt, AM, Janiaud, P, Van't Hooft, J, Abd-Elsalam, S, Abdo, EF, Abella, BS, Akram, J, Amaravadi, RK, Angus, DC, Arabi, YM, Azhar, S, Baden, LR, Baker, AW, Belkhir, L, Benfield, T, Berrevoets, MAH, Chen, C-P, Chen, T-C, Cheng, S-H & Hemkens, LG. 2021. Mortality outcomes with hydroxychloroquine and chloroquine in COVID-19 from an international collaborative metaanalysis of randomized trials, Nature Communications, 12(1):2349. doi: 10.1038/s41467-021-22446-z.         [ Links ]

Benabdelkrim, M, Levallois, C, Savinien, J & Robardet, C. 2020. Opening fields: A methodological contribution to the identification of heterogeneous actors in unbounded relational orders, M@n@ gement:4-18. doi: 10.37725/mgmt.v23.4245.         [ Links ]

Bibbins-Domingo, K & Malani, PN. 2023. At a higher dose and longer duration, Ivermectin still not effective against COVID-19, The Journal of the American Medical Association. doi: 10.1001/jama.2023.1922.         [ Links ]

Bierwiaczonek, K, Gundersen, AB & Kunst, JR. 2022. The role of conspiracy beliefs for COVID-19 health responses: A meta-analysis, Current Opinion in Psychology, 46:101346. doi: 10.1016/j.copsyc.2022.101346.         [ Links ]

Blondel, VD, Guillaume, J-L, Lambiotte, R & Lefebvre, E. 2008. Fast unfolding of communities in large networks, Journal of Statistical Mechanics: Theory and Experiment, 2008(10):P10008. doi: 10.1088/1742-5468/2008/10/P10008.         [ Links ]

Brauner, JM, Mindermann, S, Sharma, M, Johnston, D, Salvatier, J, Gavenciak, T, Stephenson, AB, Leech, G, Altman, G, Mikulik, V, Norman, AJ, Monrad, JT, Besiroglu, T, Ge, H, Hartwick, MA, Teh, YW, Chindelevitch, L, Gal, Y & Kulveit, J. 2021. Inferring the effectiveness of government interventions against COVID-19, Science, 371(6531). doi: 10.1126/science.abd9338.         [ Links ]

Broadbent, A, Combrink, H & Smart, B. 2020. COVID-19 in South Africa, Global Epidemiology, 2:100034. doi: 10.1016/j.gloepi.2020.100034.         [ Links ]

Burger, V. 2020. Coalescence of RET forces behind cigarette ban suggests more at stake than 'nation's health'. https://www.dailymaverick.co.za/opinionista/2020-05-25-coalescence-of-ret-forces-behind-cigarette-ban-suggests-more-at-stake-than-nations-health/ [1 Maart 2023].         [ Links ]

Chowdhery, A, Narang, S, Devlin, J, Bosma, M, Mishra, G, Roberts, A, Barham, P, Chung, H W, Sutton, C, Gehrmann, S, Schuh, P, Shi, K, Tsvyashchenko, S, Maynez, J, Rao, A, Barnes, P, Tay, Y, Shazeer, N, Prabhakaran, V, Reif, E en Fiedel, N. 2022. PaLM: Scaling Language Modeling with Pathways, arXiv. doi: 10.48550/arxiv.2204.02311.         [ Links ]

Chernozhukov, V, Kasahara, H & Schrimpf, P. 2021. Causal impact of masks, policies, behavior on early covid-19 pandemic in the U.S., Journal of econometrics, 220(1):23-62. doi: 10.1016/j.jeconom.2020.09.003.         [ Links ]

Cornelissen, C. 2020. Dít is hoekom rookverbod bly. https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/dit-is-hoekom-rookverbod-bly/?utm_source=Daaglikse+nuus&utm_campaign=64b901a552-Daaglikse_Nuusbrief&utm_medium=email&utm_term=0_e1727fcba5-64b901a552-105219033&mc_cid=64b901a552&mc_eid=3d37c4e855 [1 Maart 2023].         [ Links ]

De Wet, P. 2020. Govt has cited the science behind SA 's cigarette ban - but it doesn't add up. https://www.businessinsider.co.za/what-the-covid-19-smoking-studies-dlamini-zuma-cites-actually-say-2020-5 [1 Maart 2023].         [ Links ]

Dhibar, DP, Arora, N, Chaudhary, D, Prakash, A, Medhi, B, Singla, N, Mohindra, R, Suri, V, Bhalla, A, Sharma, N, Singh, MP, Lakshmi, PVM, Goyal, K & Ghosh, A. 2023. The 'myth of Hydroxychloroquine (HCQ) as post-exposure prophylaxis (PEP) for the prevention of COVID-19' is far from reality, Scientific Reports, 13(1):378. doi: 10.1038/s41598-022-26053-w.         [ Links ]

Douglas, KM, Uscinski, JE, Sutton, RM, Cichocka, A, Nefes, T, Ang, CS & Deravi, F. 2019. Understanding Conspiracy Theories, Political psychology, 40(S1):3-35. doi: 10.1111/pops.12568.         [ Links ]

Duberry, J. 2022. Artificial Intelligence and Democracy: Risks and Promises of AI-Mediated Citizen-Government Relations. Cheltenham: Edward Elgar Publishing.         [ Links ]

Dubow, B, Lucas, E & Morris, J. 2021. Jabbed in the Back: Mapping Russian and Chinese Information Operations During the COVID-19 Pandemic. https://cepa.org/comprehensive-reports/jabbed-in-the-back-mapping-russian-and-chinese-information-operations-during-the-covid-19-pandemic/ [1 Maart 2023].         [ Links ]

Fiolet, T, Kherabi, Y, MacDonald, C-J, Ghosn, J & Peiffer-Smadja, N. 2022. Comparing COVID-19 vaccines for their characteristics, efficacy and effectiveness against SARS-CoV-2 and variants of concern: a narrative review, Clinical Microbiology and Infection, 28(2):202-221. doi: 10.1016/j.cmi.2021.10.005.         [ Links ]

Flores, M. 2022. The New World Order: The historical origins of a dangerous modern conspiracy theory. https://www.middlebury.edu/institute/academics/centers-initiatives/ctec/ctec-publications/new-world-order-historical-origins-dangerous [6 November 2023].         [ Links ]

Ginossar, T, Cruickshank, IJ, Zheleva, E, Sulskis, J & Berger-Wolf, T. 2022. Cross-platform spread: vaccine-related content, sources, and conspiracy theories in YouTube videos shared in early Twitter COVID-19 conversations, Human vaccines & immunotherapeutics, 18(1):1-13. doi: 10.1080/21645515.2021.2003647.         [ Links ]

Granados Samayoa, JA, Moore, CA, Ruisch, BC, Boggs, ST, Ladanyi, JT & Fazio, RH. 2022. A gateway conspiracy? Belief in COVID-19 conspiracy theories prospectively predicts greater conspiracist ideation, Plos One, 17(10):e0275502. doi: 10.1371/journal.pone.0275502.         [ Links ]

Hanley, HWA, Kumar, D & Durumeric, Z. 2023. A Golden Age: Conspiracy theories' relationship with misinformation outlets, news media, and the wider internet, arXiv. doi: 10.48550/arxiv.2301.10880.         [ Links ]

Hariyanto, TI, Halim, DA, Rosalind, J, Gunawan, C & Kurniawan, A. 2021. Ivermectin and outcomes from Covid-19 pneumonia: A systematic review and meta-analysis of randomized clinical trial studies, Reviews in medical virology. doi: 10.1002/rmv.2265.         [ Links ]

Haug, N, Geyrhofer, L, Londei, A, Dervic, E, Desvars-Larrive, A, Loreto, V, Pinior, B, Thurner, S & Klimek, P. 2020. Ranking the effectiveness of worldwide COVID-19 government interventions, Nature Human Behaviour, 4(12):1303-1312. doi: 10.1038/s41562-020-01009-0.         [ Links ]

Heidary, F & Gharebaghi, R. 2020. Ivermectin: a systematic review from antiviral effects to COVID-19 complementary regimen, The Journal of Antibiotics, 73(9):593-602. doi: 10.1038/s41429-020-0336-z.         [ Links ]

Heyns, T. 2021. Hoofregter verkla oor entstof-gebed. https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/hoofregter-verkla-oor-entstof-gebed/ [1 Maart 2023].         [ Links ]

Higdon, MM, Wahl, B, Jones, CB, Rosen, JG, Truelove, SA, Baidya, A, Nande, AA, ShamaeiZadeh, PA, Walter, KK, Feikin, DR, Patel, MK, Deloria Knoll, M & Hill, AL. 2022. A systematic review of coronavirus disease 2019 vaccine efficacy and effectiveness against severe acute respiratory syndrome coronavirus 2 infection and disease. Open Forum Infectious Diseases, 9(6):ofac138. doi: 10.1093/ofid/ofac138.         [ Links ]

Hill, A, Mirchandani, M, Ellis, L & Pilkington, V. 2022a. Ivermectin for the prevention of COVID-19: addressing potential bias and medical fraud, The Journal of Antimicrobial Chemotherapy, 77(5):1413-1416. doi: 10.1093/jac/dkac052.         [ Links ]

Hill, A, Mirchandani, M & Pilkington, V. 2022b. Ivermectin for COVID-19: Addressing Potential Bias and Medical Fraud, Open forum infectious diseases, 9(2):ofab645. doi: 10.1093/ofid/ofab645.         [ Links ]

Horawalavithana, S, De Silva, R, Weerasekara, N, Kin Wai, NG, Nabeel, M, Abayaratna, B, Elvitigala, C, Wijesekera, P & Iamnitchi, A. 2022. Vaccination trials on hold: malicious and low credibility content on Twitter during the AstraZeneca COVID-19 vaccine development, Computational and Mathematical Organization Theory:1-22. doi: 10.1007/s10588-022-09370-3.         [ Links ]

Howard, J, Huang, A, Li, Z, Tufekci, Z, Zdimal, V, Van der Westhuizen, H-M, von Delft, A, Price, A, Fridman, L, Tang, L-H, Tang, V, Watson, GL, Bax, CE, Shaikh, R, Questier, F, Hernandez, D, Chu, LF, Ramirez, CM & Rimoin, AW. 2021. An evidence review of face masks against COVID-19, Proceedings of the National Academy ofSciences of the United States of America, 118(4):e2014564118. doi: 10.1073/pnas.2014564118.         [ Links ]

Hoyle, A, Powell, T, Cadet, B & Van de Kuijt, J. 2022. Web of Lies: Mapping the narratives, effects, and amplifiers of Russian Covid-19 disinformation, in Gill, R & Goolsby, R (eds). COVID-19 disinformation: A multi-national, whole of society perspective. Cham: Springer International Publishing,-113-141. doi: 10.1007/978-3-030-94825-2_5.         [ Links ]

Islam, MS, Kamal, A-HM, Kabir, A, Southern, DL, Khan, SH, Hasan, SMM, Sarkar, T, Sharmin, S, Das, S, Roy, T, Harun, MGD, Chughtai, AA, Homaira, N & Seale, H. 2021. COVID-19 vaccine rumors and conspiracy theories: The need for cognitive inoculation against misinformation to improve vaccine adherence, Plos One, 16(5):e0251605. doi: 10.1371/journal.pone.0251605.         [ Links ]

Izcovich, A, Peiris, S, Ragusa, M, Tortosa, F, Rada, G, Aldighieri, S & Reveiz, L. 2022. Bias as a source of inconsistency in ivermectin trials for COVID-19: A systematic review. Ivermectin's suggested benefits are mainly based on potentially biased results, Journal of Clinical Epidemiology, 144:4355. doi: 10.1016/j.jclinepi.2021.12.018.         [ Links ]

Johnson, C & Marcellino, W. 2021. Bad actors in news reporting: tracking news manipulation by state actors. Santa Monica: RAND Corporation. doi: 10.7249/RRA112-21.         [ Links ]

Koçer, S., Öz, B., Okçuoglu, G. en Tapramaz, F. 2022. Folk theories of false information: A mixed-methods study in the context of Covid-19 in Turkey, New Media & Society, 146144482211423. doi: 10.1177/14614448221142310.         [ Links ]

Krige, E. 2019. Maroela Media as openbare sfeer vir Afrikaanssprekendes: Die geval van grondonteiening sonder vergoeding. MA-verhandeling: Universiteit Stellenbosch.         [ Links ]

Krige, E. 2022. Verslag oor PPE-bedrog bekendgemaak. https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/verslag-oor-ppe-bedrog-bekendgemaak/ [1 Maart 2023].         [ Links ]

Labuschaigne, M. 2020. Ethicolegal issues relating to the South African government's response to COVID-19, South African Journal of Bioethics and Law, 13(1):1-6.         [ Links ]

Lachlan, KA & Gilbert, C. 2022. Reliability but not bias: Developing a scale to measure preferred channels for risk information during the COVID pandemic, Risk Analysis. doi: 10.1111/risa.14035.         [ Links ]

Lawrence, JM, Meyerowitz-Katz, G, Heathers, JAJ, Brown, NJL & Sheldrick, KA. 2021. The lesson of ivermectin: meta-analyses based on summary data alone are inherently unreliable, Nature Medicine. doi: 10.1038/s41591-021-01535-y.         [ Links ]

Leitenberg, M. 2020. False allegations of biological-weapons use from Putin's Russia, The Nonproliferation Review, 27(4-6):425-442. doi: 10.1080/10736700.2021.1964755.         [ Links ]

Li, H, Yuan, K, Sun, Y-K, Zheng, Y-B, Xu, Y-Y, Su, S.-Z, Zhang, Y-X, Zhong, Y, Wang, Y-J, Tian, S-S, Gong, Y-M, Fan, T-T, Lin, X, Gobat, N, Wong, SYS, Chan, EYY, Yan, W, Sun, S-W, Ran, M-S, Bao, Y-P & Lu, L. 2022. Efficacy and practice of facemask use in general population: a systematic review and meta-analysis, Translational psychiatry, 12(1):49. doi: 10.1038/s41398-022-01814-3.         [ Links ]

Lowicki, P, Marchlewska, M, Molenda, Z, Karakula, A & Szczepanska, D. 2022. Does religion predict coronavirus conspiracy beliefs? Centrality of religiosity, religious fundamentalism, and COVID-19 conspiracy beliefs, Personality and Individual Differences, 187:111413. doi: 10.1016/j.paid.2021.111413.         [ Links ]

Maiese, A, Baronti, A, Manetti, AC, Di Paolo, M, Turillazzi, E, Frati, P & Fineschi, V. 2022. Death after the administration of COVID-19 vaccines approved by EMA: Has a causal relationship been demonstrated?, Vaccines, 10(2). doi: 10.3390/vaccines10020308.         [ Links ]

Marcolino, MS, Meira, KC, Guimaräes, NS, Motta, PP, Chagas, VS, Kelles, SMB, de Sá, LC, Valacio, RA & Ziegelmann, PK. 2022. Systematic review and meta-analysis of ivermectin for treatment of COVID-19: evidence beyond the hype, BMC Infectious Diseases, 22(1):639. doi: 10.1186/s12879-022-07589-8.         [ Links ]

Matthews, M, Migacheva, K & Brown, RA. 2021. Superspreaders of malign and subversive information on COVID-19: Russian and Chinese efforts targeting the United States. Santa Monica: RAND Corporation. doi: 10.7249/RR-A112-11.         [ Links ]

Meyerowitz-Katz, G, Wieten, S, Medina Arellano, M de J & Yamey, G. 2022. Unethical studies of ivermectin for covid-19, BMJ (ClinicalResearch Ed.), 377:o917. doi: 10.1136/bmj.o917.         [ Links ]

Mody, V, Ho, J, Wills, S, Mawri, A, Lawson, L, Ebert, M, Fortin, GM, Rayalam, S & Taval, S. 2021. Identification of 3-chymotrypsin like protease (3CLPro) inhibitors as potential anti-SARS-CoV-2 agents, Communications Biology, 4(1):93. doi: 10.1038/s42003-020-01577-x.         [ Links ]

Naggie, S, Boulware, DR, Lindsell, CJ, Stewart, TG, Slandzicki, AJ, Lim, SC, Cohen, J, Kavtaradze, D, Amon, AP, Gabriel, A, Gentile, N, Felker, GM, Jayaweera, D, McCarthy, MW, Sulkowski, M, Rothman, RL, Wilson, S, DeLong, A, Remaly, A, Wilder, R, Collins, S, Dunsmore, SE, Adam, SJ, Thicklin, F, Hanna, GJ, Ginde, AA, Castro, M, McTigue, K, Shenkman, E, & Hernandez, AF. 2023. Effect of higher-dose Ivermectin for 6 days vs placebo on time to sustained recovery in outpatients with COVID-19, JAMA. doi: 10.1001/jama.2023.1650.         [ Links ]

Nattrass, N. 2023. Promoting conspiracy theory: From AIDS to COVID-19, Global Public Health, 18(1):2172199. doi: 10.1080/17441692.2023.2172199.         [ Links ]

Nisbet, EC & Kamenchuk, O. 2021. Russian news media, digital media, informational learned helplessness, and belief in COVID-19 misinformation, International Journal of Public Opinion Research, 33(3):571-590. doi: 10.1093/ijpor/edab011.         [ Links ]

Nitszke, A. 2022. The European Union versus Russian Disinformation, in Piotr, B. Information security policy: conditions, threats and implementation in the international environment. Krakow: Ksiegarnia Akademicka Publishing, 35-51. doi: 10.12797/9788381388276.02.         [ Links ]

Roman, YM, Burela, PA, Pasupuleti, V, Piscoya, A, Vidal, JE & Hernandez, AV. 2021. Ivermectin for the treatment of COVID-19: A systematic review and meta-analysis of randomized controlled trials, Clinical Infectious Diseases. doi: 10.1093/cid/ciab591.         [ Links ]

Romer, D & Jamieson, KH. 2020. Conspiracy theories as barriers to controlling the spread of COVID-19 in the U.S. Social Science & Medicine, 263:113356. doi: 10.1016/j.socscimed.2020.113356.         [ Links ]

Singh, A, Khillan, R, Mishra, Y & Khurana, S. 2022. The safety profile of COVID-19 vaccinations in the United States, American Journal of Infection Control, 50(1):15-19. doi: 10.1016/j.ajic.2021.10.015.         [ Links ]

Slatter, Y. 2022. Fopnuus, nuuswaardes en organisasiekultuur: 'n Gevallestudie van Maroela Media. MA-verhandeling: Universiteit van Noordwes.         [ Links ]

Sledz, P. 2020. Ostry cien mgly: antyzachodnia dezinformacja ze strony Chin i Rosji w zwiqzku z pandemic COVID-19, Rocznik Strategiczny, 26:389-401.         [ Links ]

Sobol, M, Zajenkowski, M & Jankowski, KS. 2022. Religious Fundamentalism, Delusions, and Conspiracy Beliefs Related to the COVID-19 Pandemic, International Journal of Environmental Research and Public Health, 19(15). doi: 10.3390/ijerph19159597.         [ Links ]

Southwell, BG, Thorson, EA & Sheble, L. 2018. Introduction: Misinformation among mass audiences as a focus for inquiry, in Southwell, BG, Thorson, EA & Sheble, L. (eds). Misinformation and mass audiences. Austin: University of Texas Press, pp. 1-11.         [ Links ]

Strudwicke, IJ & Grant, WJ. 2020. #JunkScience: Investigating pseudoscience disinformation in the Russian Internet Research Agency tweets, Public Understanding of Science (Bristol, England), 29(5):459-472. doi: 10.1177/0963662520935071.         [ Links ]

Taccone, FS, Hites, M & Dauby, N. 2022. From hydroxychloroquine to ivermectin: how unproven 'cures' can go viral, Clinical Microbiology and Infection, 28(4):472-474. doi: 10.1016/j.cmi.2022.01.008.         [ Links ]

Toepfl, F, Kravets, D, Ryzhova, A & Beseler, A. 2022. Who are the plotters behind the pandemic? Comparing Covid-19 conspiracy theories in Google search results across five key target countries of Russia's foreign communication, Information, Communication & Society, 1-19. doi: 10.1080/1369118X.2022.2065213.         [ Links ]

Tregoning, JS, Flight, KE, Higham, SL, Wang, Z & Pierce, BF. 2021. Progress of the COVID-19 vaccine effort: viruses, vaccines and variants versus efficacy, effectiveness and escape, Nature Reviews. Immunology, 21(10):626-636. doi: 10.1038/s41577-021-00592-1.         [ Links ]

Van Heerden, S. 2023. Persoonlike korrespondensie met Maroela Media se handelsmerkbestuurder.         [ Links ]

Van Mulukom, V, Pummerer, LJ, Alper, S, Bai, H, Cavojová, V, Farias, J, Kay, CS, Lazarevic, LB, Lobato, EJC, Marinthe, G, Pavela Banai, I, Srol, J & Zezelj, I. 2022. Antecedents and consequences of COVID-19 conspiracy beliefs: A systematic review, Social Science & Medicine, 301:114912. doi: 10.1016/j.socscimed.2022.114912.         [ Links ]

Xu, M, Luo, Z, Xu, H & Wang, B. 2022. Media bias and factors affecting the impartiality of news agencies during COVID-19, Behavioral sciences (Basel, Switzerland), 12(9). doi: 10.3390/bs12090313.         [ Links ]

Yang, S, Shen, S & Hou, N. 2022. Is Ivermectin effective in treating COVID-19?, Frontiers in pharmacology, 13:858693. doi: 10.3389/fphar.2022.858693.         [ Links ]

Zeng, B, Gao, L, Zhou, Q, Yu, K & Sun, F. 2022. Effectiveness of COVID-19 vaccines against SARS-CoV-2 variants of concern: a systematic review and meta-analysis, BMC Medicine, 20(1):200. doi: 10.1186/s12916-022-02397-y.         [ Links ]

Zheng, C, Shao, W, Chen, X, Zhang, B, Wang, G & Zhang, W. 2022. Real-world effectiveness of COVID-19 vaccines: a literature review and meta-analysis, International Journal of Infectious Diseases, 114:252-260. doi: 10.1016/j.ijid.2021.11.009.         [ Links ]

 

 

Ontvang: 2023-03-23
Goedgekeur: 2023-10-16
Gepubliseer: Desember 2023

 

 

 

Burgert Senekal is sedert 2008 aan die Universiteit van die Vrystaat verbonde en is tans 'n navorsingsgenoot in die Departement Rekenaarwetenskap en Informatika. Nadat hy in 2013 sy PhD aan dieselfde universiteit verwerf het, ondersoek hy inligtingstegnologie, grootdata en die netwerkwetenskap met spesifieke toepassings binne die Afrikaner se leefwereld, met die klem veral op Afrikaanse literatuurstudie. As NNS C-gegradeerde navorser het hy reeds meer as 80 artikels en vier boeke gepubliseer.
Burgert Senekal has been associated with the University of the Free State since 2008 and is currently a research fellow in the Department of Computer Science and Informaties. After obtaining his PhD at the same university in 2013, he has focussed in his research on information technology, big data and network science with specific application within the Afrikaner's environment, with particular emphasis on Afrikaans literature studies. As an NRF C-rated researcher, he has already published more than 80 articles and four books.

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons