SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.63 issue3'n Lofrede vir taalHERFSLEWE author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Tydskr. geesteswet. vol.63 n.3 Pretoria Sep. 2023

http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2023/v63n3a18 

GEDIGTE

 

 

Digter

Net toe ek uiteindelik dink ek voel goed

stoot 'n versreël borrelend op in my gemoed

en met 'n woordwonder skep ek 'n vers met blink woorde.

Dan gooi ek dit in die wind vir onbekende oorde.

Suid-Afrika 2023

Ons landshuis se mure en balke kraak;

dak en vensters word nie meer reggemaak.

Die fondament word deur party mense weggekerf.

Sommige gaan met dié murasie sterf.

Verandering

Soos die weer gebeur verandering deur alle tye

van goed na sleg en weer na goed in nuwe getye.

Op ons planeet verander selfs kontinente.

Rateltaai oorleef ek dit met my kritiese denke.

Simbool vr gemoedsrus

'n Veilige vesting is die Magaliesberg

soos 'n vrou wat jou omvou met warmte en sorg

in 'n wrede, woeste wêreld wat alles van jou verg.

'n Veilige vesting is die Magaliesberg.

Hennie Pieterse

E-pos: Hjcpieterse62@gmail.com

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License