SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.63 número3Analysing the contributory role of the accounting profession to save our planetEnvironmental identity in the Age of Man: New perspectives on Toorbos. Part 1 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Tydskr. geesteswet. vol.63 no.3 Pretoria Set. 2023

http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2023/v63n3a8 

HULDEBLYKE EN NAVORSINGSARTIKELS / TRIBUTES AND RESEARCH ARTICLES

 

'n Perspektief op Afrikaans se historiese erfenis: Die Afrikaanse boedel ná 100 jaar*

 

A perspective on Afrikaans's historical heritage: The Afrikaans estate after 100 years

 

 

WAM Carstens

Navorsingsfokusarea: Tale en Literatuur in die SA konteks, Fakulteit Geesteswetenskappe, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom, Suid-Afrika. E-pos: wannie.carstens@nwu.ac.za

 

 


Trefwoorde: Afrikaans, Afrikaanse pakket, Afrikaanse boedel, assosiasie, beeld, erfenis, etiketteer, herkoms van Afrikaans, houding, inklusief, nalaten-skap, persepsiestudie, taalgemeenskappe


ABSTRACT

In the context of reflecting on the upcoming 100-year celebration of Afrikaans as an official language in 2025, linguistic experts have been engaged in reassessments of any claim to a comprehensive description of Afrikaans's legacy. The hypothetical scenario of Afrikaans ceasing to exist prompts questions about the inheritance and heritage of this language and the evaluations of linguistic experts ' contributions across almost a century.
The discussion delves into the concepts of "erfenis" (inheritance), "nalatenskap" (legacy), and "boedel" (estate) and how these terms may or may not be applicable to institutions, individuals, and, as in this case, also languages. In the case of a language like Afrikaans, its inheritance is a culmination of various factors, including history, culture, religion, legal context, economy, education, linguistics, anthropology, and politics. Perceptions about this inheritance had formed over time and were passed down from one generation to another.
Afrikaans, as a language, has a complex heritage associated with both tangible and intangible aspects. On the one hand, there are identifiable events and milestones that contributed to its development, while on the other, there are perceptions, feelings, and judgements about the language based on experiences with the Afrikaans-speaking community. Unfortunately, negative judgements often overshadow the positive aspects due to historical associations with the white population and the heritage of apartheid.
The present article highlights the importance of inclusivity in representing Afrikaans's history, as previous documentation has disproportionately focused on the contributions of white speakers, neglecting a significant part of its heritage. It emphasises the need to establish a more inclusive version of the history of Afrikaans.
Considering the multifaceted nature of Afrikaans's heritage, it is associated with both concrete events (actions which happened) and abstract (what people think about these actions and events) perceptions. The past has bequeathed this legacy to future generations, and the present generation must deal with it. However, the current generation has the power to shape perceptions and attitudes by means of their actions, thereby fostering a more positive outlook of the language.
The analogy of inheritance as a "human creation" passed down through generations is used to illustrate that the image of Afrikaans, like any heritage, can be adapted and improved over time. There isn't any particular sole Afrikaans heritage; on the contrary. it may be characterised as a dynamic entity which is constantly being realised in the South African community through its daily use and contributions.
The article concludes by highlighting the fact that in the event of Afrikaans ceasing to exist altogether (not that that would easily happen), its legacy would still be evident in the collective memory of that which the language had come to symbolise for many people over an extended period of time. Parts of this legacy have been documented over the years, highlighting the manner in which the development of Afrikaans, including the contribution of its speakers in this regard, had shaped the perceptions people (even from other linguistic communities) had come to entertain about the language. It is to be hoped that said heritage will continue to evolve positively, just like a farm passed down through generations, with each new iteration striving to be a more reliable custodian than the previous one.

Keywords: Afrikaans, Afrikaans package, Afrikaans estate, association, image, heritage, labelling, origin of Afrikaans, attitude, inclusive, legacy, study of perception, linguistic communities


 

 

1. Inleiding1

"Language is one of the most beautiful ways to express ourselves as people and keep our cultures alive." (Pikoli, 2021) (Eie kursivering)

"Watte legacy wil ôs vi Afrikaans los'?" (Rhyse, 2021)

In sy boek Encountering apartheid's ghost - from Krugersdorp to Constitution Hill (2020) vertel dr. Leon Wessels, voormalige politikus (NP-parlementslid en oudminister in verskeie NP-regerings) en oudkommissaris van die Menseregtekommissie (MRK), van 'n kongres wat hy in 2003 in Belfast, Noord-Ierland bygewoon het en waar die kwessie van tuiswees in en verbondenheid aan Afrika ter sprake gekom het tydens gesprekke wat hy met afgevaardigdes uit ander lande uit Afrika gehad het:

At the end of the conference we parted as friends. The Africans said goodbye with the honest wish to meet again, well knowing that we share more than just the same continent. We also knew that we share a past and a future. Being an African means so much more than enjoying Africa's natural beauty. You also have to be able to identify with the people of the continent. (Eie beklemtoning.)

Hieruit kan daar enkele belangrike kwessies afgelei word wat vir die doel van hierdie bydrae ter sake is:

Dat lande en gemeenskappe (ook taalgemeenskappe) 'n verlede en 'n toekoms deel

Dat daar met die land en die mense van die land geïdentifiseer moet word

Dat lede van gemeenskappe met mekaar moet identifiseer

Dat die mooiheid (dit is die positiewe aspekte) van 'n land of gemeenskap (of selfs taal) nie al is wat tel as die land of gemeenskap beoordeel word nie.

En met inagneming van die doel van hierdie bydrae is ook die volgende hier ter sake:

Dat individue in lande 'n verlede en toekoms deel, selfs al wil hulle nie

Dat tale in diverse lande onvermydelik met mekaar 'n verlede en toekoms deel

Dat die sprekers van tale in diverse lande ongetwyfeld ook met mekaar 'n verlede en toekoms deel

Dat daar aan taalgemeenskappe se verlede en hede 'n geskiedenis gekoppel is wat die toekoms gaan bepaal

Dat taalgemeenskappe in diverse lande oordele oor ander taalgemeenskappe in die betrokke land kan hê.

Daar kan tereg gevra word wat dit met hierdie bydrae te doen het. 'n Eenvoudige antwoord is: heelwat. As taalgemeenskappe wat saam met ander taalgemeenskappe 'n land deel, naamlik nie aanvaar dat daar gedeelde belange is nie, of dat die betrokke gemeenskappe in 'n gegewe (meertalige) land nie van mekaar afhanklik is nie, of dat hulle 'n verlede (ongeag die aard daarvan) en 'n toekoms met mekaar deel nie, dan is daar min hoop vir harmonie in 'n diverse land, of selfs onder lede van dieselfde gemeenskap. In 'n diverse land met elf amptelike tale moet daar egter rekening gehou word met die feit dat aan taalgemeenskappe 'n geskiedenis (erfenis) gekoppel is wat die verhouding met die ander taalgemeenskappe kan bepaal. Afrikaans is in hierdie opsig 'n goeie voorbeeld.

Die vraag is hoe 'n mens (ook taalgemeenskap) te werk moet gaan om 'n spoor te laat wat blyke gee van jou verlede maar jou ook posisioneer vir die toekoms. Eenvoudig gestel: Watter beeld laat Afrikaans en Afrikaanssprekendes na oor hulle manier van doen? Sal ander taalgemeenskappe wil skakel met Afrikaanssprekendes? Sal ander taalgemeenskappe Afrikaans aanvaar as deel van 'n diverse Suid-Afrikaanse talegemeenskap? Hoe beoordeel ander taalgemeenskappe Afrikaans as taal en die sprekers van Afrikaans: positief of negatief?

In die lig van hierdie bydrae kan die vraag anders gestel word: Watter soort erfenis of nalatenskap verteenwoordig Afrikaans en Afrikaanssprekendes as ander na hulle kyk? Dus: Wat dink (subjektiewe indrukke) ander mense van Afrikaans en Afrikaanssprekendes? Is dit iets besonders? Mooi of lelik? Positief of negatief? Is daar unieke eienskappe of slegs negatiewe assosiasies? Watter beeld wil die Afrikaanse taalgemeenskap hê moet mense met hulle assosieer. Watter beeld wil Afrikaanssprekendes nalaat as erfenis oor hulself en oor hulle taal? Of in die woorde van Rhys (2021): '"Watte legacy wil ôs vi of oo Afrikaans los"? (Oftewel: Watter erfenis wil ons vir of oor Afrikaans nalaat?)

Hier onder word kortliks aandag gegee aan aspekte wat kan bydra om die nalatenskap of erfenis van Afrikaans te bepaal. In die proses sal probeer word om besondere eienskappe uit te lig van wat tipies is daaraan (inhoud, assosiasies) wat gekoppel word aan die "lewe" van die taal Afrikaans (en daardeur van die Afrikaanssprekende gemeenskap). Hopelik sal algaande hieruit duidelik word wat alles vervat is in die term "Afrikaans" (en "Afrikaanssprekende gemeenskap"). Daar sal oorwegend gefokus word op die taal Afrikaans as sodanig, omdat die breë Afrikaanssprekende gemeenskap op sigself genome 'n omvattende bespreking sal verg.

In wese dus: Wat is die aard van Afrikaans se erfenis (nalatenskap) wat die hieropvolgende geslagte oor die verlede van die taal sal hê? En van die mense wat die taal gepraat het? Hoe sal nie-Afrikaanssprekendes uiteindelik onthou wie en wat Afrikaans en sy sprekersgemeenskap was/is?

In hierdie bydrae word gewerk met 'n hipotese dat mense op grond van bepaalde optredes van ander mense en besondere gebeure gekoppel aan besondere mense 'n bepaalde oordeel (negatief of positief) of selfs vooroordeel oor Afrikaans as taal het. Daar word aan die hand van bestaande inligting oor Afrikaans gespekuleer of so 'n vertrekpunt meriete het. Dit val breedweg binne die kategorie van persepsie- of houdingstudies as teoretiese raamwerk.

In die verlede is talle studies al gedoen oor persepsies en houdings rakende aspekte van Afrikaans, soos deur Verhoef (1999) en Jordaan (2004) oor die besondere mites2 wat gekoppel is aan Afrikaans as taal; De Wet (2000), Du Toit (2006), Bornman, Pauw en Potgieter (2013, 2014), Bornman, Pauw, Potgieter en Van Vuuren (2017) oor die keuse van Afrikaans as onderrigmedium op skool en op universiteit; Fourie (2006) oor hoe briefskrywers hulle in die media oor Afrikaans uitlaat; Venter (2003), Van Rensburg (2015, 2017) en Petersen (2021) oor die ideologie wat aan Afrikaans gekoppel is; Kotzé en Biberauer (2006) asook Olivier en Kotzé (2014) oor hoe ekspatriate die wêreld buite Suid-Afrika ervaar en die rol wat taal (Afrikaans) daarin speel; Swart (2016) oor hoe aanpassings aan taalbeleide ervaar word; Coetzee-Van Rooy en Peters (2021) oor houdings teenoor Afrikaans en Engels in die hedendaagse Suid-Afrika. Uiteraard is daar heelwat meer as hierdie paar wat genoem is. Daar is dus nie 'n tekort aan studies oor houdings in en oor Afrikaans nie. In hierdie bydraes, en ook in publikasies soos Dragojevic, Fasoli, Cramer en Rakic (2021) is die teoretiese blik op wat persepsies inhou3 deeglik uiteengesit. In hierdie artikel word 'n ander invalshoek gevolg, naamlik een waar Afrikaans in totaliteit beoordeel word.

In hierdie bydrae word gewoon één aspek van persepsies betrek, naamlik die erfenis wat gekoppel word aan die taal Afrikaans. Hoe sal Afrikaans onthou word? Dit is waaroor in hierdie artikel gespekuleer4 word. Ons weet wel deeglik uit hierdie studies dat "(t)he study of language attitudes is concerned with the social meanings people assign to language and its users" (aldus Dragojevic et al., 2021:60). Maar wat hou dit vir houdings (sosiale betekenisse of assosiasies) oor nalatenskap (erfenis) in?

Hopelik kan hierdie bydrae en die gedagtes wat na vore kom 'n groter gesprek hieroor stimuleer.

So 'n benadering tot 'n akademiese bydrae mag dalk vreemd opval, maar die spekulatiewe aard van die bydrae gebaseer op 'n teoretiese onderbou (persepsiestudies), kan tog van nut wees as daar besin sou word oor die erfenis van die Afrikaanse gemeenskap, en in die besonder van die taal wat hulle praat. Daar gaan wel probeer word om aan die hand van feite en argumente 'n tentatiewe antwoord op die probleemvraag te gee.

 

2. Die erfenis van 'n taal of taalgemeenskap

"As ons ons met entoesiasme beywer om die renoster of bergarend vir die nageslag te bewaar, dan is die bewaring van Afrikaans tog seker 'n baie groter prioriteit. Afrikaans is 'n eindelose ryke erfenis. Daarsonder sou die wêreld in hierdie bedeling armer wees." (Van Rooy, 2008:41) (Eie beklemtoning)

"(E)rfenis (is) eintlik maar 'n gesprek met geskiedenis (...). Ons kyk terug na waar ons was, wat ons gebou of bereik het, en vertel vir onsself stories wat ons beter (of slegter) oor ons huidige self laat voel." (Lagerdien, 2021). (Eie beklemtoning)

2.1 Beeld as weerspieëling van erfenis en nalatenskap

In die literatuur word erfenis uit verskeie vertrekpunte beskou. Een veel aangehaalde verklaring van wat "erfenis" inhou, stel dit soos volg:

Erfenis is dit wat ons geërf het: die somtotaal van die natuurlewe en natuurskoon, plekke van wetenskaplike of geskiedkundige belang, nasionale monumente, historiese geboue, kunswerke, literatuur, musiekstukke, mondelinge tradisies en museumversamelings saam met hul dokumentasie. (Bron onbekend)5

Hieruit blyk dit dat daar nie op 'n eenkantige wyse na erfenis as begrip gekyk kan word nie, maar dat die veelheid van invalshoeke verreken moet word, naamlik onder meer uit 'n historiese hoek (wat die verlede laat blyk van mense, groepe, lande), 'n godsdienstige hoek (geloof), 'n regskundige hoek (waar dit grotendeels betrekking het op erflating, o.m. van eiendom), 'n kulturele hoek (gebruike of tradisies), 'n etniese hoek (uit die oog van etniese groepe), 'n sosiologiese hoek (o.m. klasverskille), 'n ekonomiese hoek (rykdom, armoede), 'n staatkundige hoek (die bedryf van beheerstrukture, soos deur 'n regering), 'n opvoedkundige hoek (vlak van opvoeding), 'n mediese hoek (praktyke rakende gesondheid), 'n antropologiese hoek (menslike gedrag binne kulture en gemeenskappe), 'n genderhoek (manlik, vroulik, ander), 'n linguistiese hoek (die tale wat gebruik word en hoe dit gebruik word), 'n politieke hoek (partypolitieke benaderings), ensovoorts.

Daar is derhalwe nie 'n eenduidige siening van erfenis nie. Erfenis is in die lig hiervan "duidelik 'n (...) kontroversiële en debatteerbare onderwerp" (aangehaal in http://www.mieliestronk.com/erfenisdebat.html) juis omdat daar soveel invalshoeke op die term moontlik is, soos hier bo ook aangetoon is.

Hierdie vertrekpunte bepaal hoe geoordeel word oor mense of gemeenskappe se optredes of gebruike, hoe daar iets (eiendom, geld, tradisies, gebruike, en so meer) nagelaat word vir die volgende geslag. Jansen van Rensburg (2005:22) sê in hierdie verband die woord erfenis hou in "dat iets van 'n tyd of persoon wat verbygegaan het, agtergebly het en nou aan die 'erfgenaam' behoort". Die implikasie is dat rakende erfenis daar altyd eers teruggekyk word na wat die stand van iets (gebruike, tradisies, ens.) in 'n gemeenskap was, hoe daar geoordeel word daaroor, hoe dit oorgedra word van een generasie na 'n ander en dan hoe die volgende generasie dit gebruik of interpreteer. "Onder 'erfenis' word enigiets verstaan wat uit die verlede na die huidige geslag oorgedra is, hetsy iets van ekonomiese, staatkundige of kulturele waarde" 'n veel gebruikte verklaring (aangehaal in http://www.mieliestronk.com/erfenisdebat.html. - eie beklemtonings). Dit gaan hier gevolglik om die inhoud van dit wat oor jare (moeisaam) opgebou (oftewel versamel) is en wat daartoe bydra hoe daaroor geoordeel word deur die mense wat daarná kom. Die "inhoud" wat hier ter sprake is, is 'n uiteenlopende versameling van alles wat verband hou met wat die betrokke iemand gedoen het en tot stand gebring het in 'n lewensverloop: geld, eiendom, assosiasies, prestasies, en so meer.

Dit word van een generasie na 'n volgende oorgedra, wat dit weer in die tydsgees van die betrokke generasie kan interpreteer en desnoods in 'n aangepaste vorm oorgee na die volgende generasie. So word dit 'n kontinue proses. Erfenis bly daarom nie noodwendig staties nie; die vertolking daarvan is dinamies, in die lig van insigte van die tyd. Die veranderende tydskonteks kan bepaal hoe en in welke formaat dit oorgedra word van generasie na generasie. Die geld kan byvoorbeeld opgebruik word (selfs verkwis word, soos dit dikwels met erfenisse gebeur), die eiendom kan verkoop word en so kan die konkrete erfenis mettertyd verdwyn, maar die assosiasies bly steeds staan. En met die verloop van tyd word dit geïnterpreteer en beoordeel (positief of negatief) soos die oorspronklike beeld al hoe meer in die vergetelheid raak. Jansen van Rensburg (2005:22) sê in hierdie verband dat "kritiese denke altyd nodig (is) om dit te weeg en te meet", met ander woorde dat 'n onkritiese oorname van oorgedraagde gebruike tot 'n tydsgebonde voortsetting daarvan kan lei. Dit kan tot gevolg hê dat negatiewe en selfs onvanpaste gebruike oorgedra word van een generasie tot 'n ander.

Dit is duidelik dat die kulturele agtergrond van mense (wat bepaal word deur 'n magdom faktore, soos die land van herkoms, taalgemeenskap, taal, etnisiteit, godsdiens, sosiale status, persoonlike geskiedenis, landsgebruike en tradisies, politieke sienings, gebondenheid aan volks- of stamgebruike, ens.) 'n onderskeidende rol speel in hoe geoordeel word oor iets wat nagelaat is.

Om erfenis presies te formuleer, is daarom moeilik, soos hier bo aangedui is. Ons weet wel dat erfenis 'n gegewe is van elke land, inwoners, volk of volkere (in 'n diverse land, wat die geval is van baie lande in die wêreld), taal, taalgemeenskap, groep, ensovoorts en dat daar telkens 'n unieke waarde aan erfenis uit hierdie hoeke geheg word. Dit word in 'n mate die besondere "etiket" wat gekoppel word aan die betrokke land, inwoners, volk of volkere, taal, taalgemeenskap, groep, dit wil sê die assosiasie wat opgeroep word.

Dit is dus 'n beeld - of wat Jansen van Rensburg (2005) "(ver)-beelding" noem - wat opgebou is aan die hand van bepaalde gebeure en ervarings met mense uit ander lande, maar ook met mense in 'n gedeelde diverse land. So byvoorbeeld word in Suid-Afrika met sy komplekse verlede dikwels waardes of assosiasies verbind met die besondere bevolkings- en taalgroepe. Weens die sensitiwiteit oor etikettering in Suid-Afrika word hier eerder nie pertinente voorbeelde genoem nie, maar lesers weet wel van onderskeidende gebruike in die bruin, swart, wit en Indiërgemeenskappe in Suid-Afrika, soos dat sekere groepe hou van bepaalde sport- of kossoorte, dat daar uiteenlopende godsdienstige gebruike is, ensovoorts. En onderling in hierdie (wit, bruin, swart, Indiër-)gemeenskappe is daar verdere onderskeidende gebruike, soos tussen Afrikaanssprekende en Engelssprekende wit mense. Uiteindelik is dit die samevloei van al hierdie gemeenskappe wat hulle deel maak van die "reënboognasie" (wat ongelukkig 'n gediskrediteerde term begin word het) in Suid-Afrika, en gevolglik ook deel van die insluitende Suid-Afrikaanse erfenis.

So 'n beeld van iets of iemand word oor 'n lang tyd geskep (opgebou) en is dikwels ook gebaseer op 'n besondere ervaring met iemand uit van die betrokke lande of van 'n ander etniese groep in 'n diverse land, uit 'n besondere kulturele agtergrond, en selfs die persoonlike geskiedenis gekoppel aan iemand (vgl. Hoffmann, 1996). 'n Resente Suid-Afrikaanse voorbeeld in hierdie verband sal hier verhelderend wees. In Beeld van 14 Oktober 2021 (bl. 16) is die opskrif van die redakteursbrief "Dít is JZ se groot nalatenskap aan Suid-Afrikaners". Diegene wat bekend is met die Suid-Afrikaanse geskiedenis, sal weet dat oudpres. Jacob Zuma (die JZ hier bo) baie direk geassosieer word met die vernietigende staatskapingsproses in die tydperk 2010-2020, in so 'n mate dat hy die "gesig" van die uiters negatiewe impak van staatskaping (onder meer korrupsie, diefstal, straffeloosheid teen optrede, vernietiging van gesagstrukture) geword het.6 Beeld se beskrywing van "die nalatenskap van Jacob Zuma: 'n rampokker-kultuur" sal daarom vir die gemiddelde ingeligte Suid-Afrikaner nie vreemd opval nie. Dat iemand so 'n nalatenskap ("alles wat iemand by sy/haar dood agterlaat; erfenis" -HAT 2015:827) of erfenis ("eienskap(pe)/gevolg(e) deur 'n vorige geslag/tyd op 'n latere oorgedra" - HAT 2015:264) laat, is tragies. 'n Mens sou kon sê dat Zuma se boedel (= "iemand se hele vermoë met die daarby behorende regte en verpligtinge; nalatenskap, erfenis" - e-WAT) een is van 'n opportunistiese dief (rampokker) en leuenaar, iemand wat nie geskroom het om sy eie belange hoër as dié van sy land en die land se inwoners te stel nie. Die geskiedenis sal oudpres. Zuma beslis nie in 'n positiewe lig onthou nie (dit wil sê die onwillekeurige negatiewe beeld wat die noem van sy naam sal oproep).Vanselfsprekend is daar onder sy ondersteuners mense wat nie dieselfde negatiewe beeld sal oproep nie.

Uiteraard is dit net persepsies - wat deur die HAT (2015:974) verklaar word as "(resultaat van) die opneem van indrukke in die bewussyn; hoe iemand oor iets dink; hoe iemand dink iets is" (Eie beklemtoning) - wat hier ter sake is. Persepsies het egter die neiging om met verloop van tyd as 'n gegewe (dit wil sê die "waarheid") aanvaar te word, of dit wel waar is of nie. Dan is dit nie meer net 'n subjektiewe indruk (denke) gebaseer op besondere waarnemings oor iemand of 'n groep (soos 'n taalgemeenskap) se gedrag of interpretasie oor iets of iemand nie, maar word dit in die oë van die beoordelende persoon of persone iets wat bykans permanent met die betrokke ander (persone, lande, groepe, taalgemeenskappe) geassosieer kan word. Dit is 'n geval van: "Dit is my waarheid en ek is geregtig daarop om dit so te sien omdat ek dit so ervaar het."7

So is oudpres. Zuma in die oë van baie Suid-Afrikaners 'n korrupte politikus, iemand wat die land enorme skade op verskeie vlakke berokken het.8 So ook bestaan daar persepsies oor die volgende mense: Amerikaners is grootpraters, Duitsers is geordende mense, regse wit Afrikaanssprekendes is polities uiters konserwatief, mense uit Afrika volg "Afrika-tyd"9 na, (wit) mense in die Suid-Afrikaanse konteks wat gekant is teen Swart Ekonomiese Bemagtiging is rassiste, ensovoorts. Uiteraard is hierdie soort assosiasies nie noodwendig waar nie, maar dit is wat ver-beeld (dus die beeld wat opgeroep word as die naam van die groep genoem word) word met die noem van die naam van hierdie gemeenskappe of groepe. So iets is 'n soort nalatenskap (erfenis) van 'n bepaalde ervaring wat iemand oor iets of iemand meegemaak het. In 'n groot mate bepaal dit hoe verdere kontakte met die betrokkenes in die toekoms gaan verloop of hoe iemand of 'n (taal-)gemeenskap onthou gaan word.

2.2 Die beeld van Afrikaans

"Afrikaans is 'n enorme deel van my menswees, leefstyl en tradisie. Ek wil haar praat, want sy is 'n mengelmoes van kleure. Ek is lief vir die mense wat my taal praat en respekteer - hulle is my mentors en rigtingwysers." (Schoeman, 2016) (Eie beklemtoning)

Om terug te kom op die vraag wat hier bo in 2.1 gestel is: Watter beeld laat Afrikaans as taal en Afrikaanssprekendes na oor hulle manier van doen? Wat maak Afrikaans uniek? Watter soort erfenis word met Afrikaans geassosieer? Hoe wil Afrikaans en Afrikaanssprekendes onthou word? Daarom: Wat is die "Afrikaanse boedel"?

Ons weet goed dat die somtotaal van wat met Afrikaans as taal geassosieer word, hier ter sprake is. Dit is dus die allesomvattende Afrikaanse pakket. Dit sluit in die totaliteit van sprekers (bruin, wit, swart - met ander woorde, die inklusiewe Afrikaanse taalgemeenskap), die verskeidenheid en omvang van die variëteite wat die sprekers van Afrikaans daagliks gebruik om hulle lewens mee te leef, die gevarieerde kulturele agtergrond van die gebruikers van Afrikaans, perspektiewe op die herkoms van Afrikaans ('n taal met wortels uit Europa, Afrika en Asië), die gebruike van Afrikaans (funksies, dit wil sê alles waarvoor die taal daagliks ingespan word om take verrig te kry op 'n verskeidenheid terreine, soos die onderwys, die ekonomie, die kunste, die media, die wetenskap, ontspanningsaktiwiteite, ens.), die historiese gebeure wat Afrikaans raak (dit is daardie gebeure wat gekoppel word aan die ontwikkeling van Afrikaans as taal sedert die laat 16de eeu, soos die kontak met die Khoi-Khoin voordat oorgegaan is tot die totstandkoming van die Nederlandse kolonie aan die Kaap in die 17de eeu, die kolonie se vestiging self, die slawetydperk, die trek na die binneland deur vee- en trekboere, die Groot Trek in die 19de eeu, die verengelsingstydperke, die Anglo-Boereoorlog, die impak van die apartheidstyd, die Soweto-opstand van 1976, die koms van demokrasie in 1994 en die impak daarvan op Afrikaans, die versoeningsproses in die Afrikaanse gemeenskap, die huidige groot druk op Afrikaans se posisie en status), die produkte van Afrikaans (boeke, woordeboeke, letterkunde, rolprente, musiek, museums, wetenskaplike uitsette), die prestasies van Afrikaans (dit wat die sprekers met en deur die taal bereik het en hoe daaroor gerapporteer is), die dokumentering van Afrikaans in alle opsigte (boeke, biblioteke, museums, argiewe, wetenskaplike verslae, ens.), die emosionele verknogtheid aan dit wat Afrikaans vir sprekers inhou (menswees in en deur die taal, patriotisme, ens.), die beeld wat die taal en sy gemeenskap projekteer na binne en buite. Dit sluit egter ook negatiewe houdings teenoor Afrikaans en veral teenoor wit Afrikaanssprekendes in, wat die gevolg is van historiese gebeure wat Afrikaans in die beskuldigdebank van die geskiedenis plaas. Dit is deel van die etiket (merker) van Afrikaans. Dit is 'n stewige pakket vir enige taal.

Al hierdie aspekte en komponente van Afrikaans is in redelike detail in talle publikasies uiteengesit, soos in Steyn se Tuiste in eie taal (1980) asook sy 'Ons gaan 'n taal maak' (2014); Raidt se Afrikaans en sy Europese verlede (1991); Van Rensburg se Afrikaans in Afrika (1997), So kry ons Afrikaans (2012) en Van Afrikaans gepraat (2018); Ponelis se Standaardafrikaans en die Afrikaanse taalfamilie (1998); Giliomee se Die Afrikaners (2004); Giliomee en Mbenga (reds.) se Nuwe geskiedenis van Suid-Afrika (2007, hersiene uitgawe in 2022); Hugo se Halala Afrikaans (2009); Carstens en Raidt se twee dele van Die storie van Afrikaans (2017, 2019); Willemse se Die Afrikaans van die Kaapse Moslems (2018), en uiteraard ook heelwat meer, weliswaar ouer bronne.

In talle ouer bronne is wel ook verslag gedoen oor aspekte van die kulturele erfenis van die Afrikaanse gemeenskap, maar dit was grotendeels gefokus op die erfenis van die wit sprekers van Afrikaans, in die besonder van die Afrikaners. Vergelyk in hierdie verband bronne soos Grobbelaar (red.) (1974), Ploeger e.a. (reds.) (1960-1964, 1960) asook dié van Van den Heever en Pienaar (reds.) (1974). Daar is uiteraard heelwat meer daaroor geskryf as slegs in hierdie paar bronne. Dit sluit egter heel duidelik ook uit omdat die bydraes van bruin en swart sprekers kwalik aan bod kom.

As 'n mens alles wat hier bo genoem is, in ag neem, dan word met Afrikaans 'n konkrete én abstrakte erfenis geassosieer. Aan die een kant 'n erfenis wat gekoppel kan word aan onderskeibare en identifiseerbare gebeure en aan die ander kant een wat verbind word met persepsies (positief en negatief), gevoelens (positief en negatief) en oordele (positief en negatief) gebaseer op die gebeure of ervarings met komponente van die Afrikaanse gemeenskap. Die voorgeslag het vir die nageslag 'n nalatenskap gegee, een waarmee die huidige geslag moet saamleef. Minnaar (2018) bevestig dit as hy in hierdie verband sê "(e)rfenis is 'n sameflansing van dinge en bestaan selde net uit 'goeie' of 'mooi' dinge en veral in Suid-Afrika (maar ook byna oral) sit ons met 'n pynlike gedeelde erfenis. Omdat erfenis per definisie iets is wat 'n voorgeslag aan 'n nageslag oordra, voel dit soms soos die gebakte pere wat ons nie wou hê nie, maar nou mee sit." Dit is dalk nie wat jy wou gehad het nie, maar dit is nou joune en dit moet so hanteer word.

Dit is soos erflatings werk: die erfgenaam het selde 'n sê oor dit (die erflating, dus die produk van 'n leeftyd se werk) wat aan hom/haar deur 'n afgestorwe persoon oorgedra word. Dit wat verkry word, moet gebruik word of van ontslae geraak word. Die erfgenaam kan wel die erfenis aanpas en dit in 'n nuwe vorm aan die volgende generasie nalaat. Erfenis is daarom in Jansen van Rensburg (2005) se woorde 'n "menslike maaksel", een waaraan oor 'n lang tyd (gewoonlik 'n hele leeftyd) gewerk is tot waar dit op die punt is om erfenis te word vir die volgende generasie. Die hoop is altyd dat dit wat na die volgende generasie oorgedra word, beter sal wees as wat die voorafgaande generasie self ontvang het. Dit is soos 'n plaas wat in een familie van een generasie na die ander oorgeplaas word, telkens met die verwagting dat dit uiteindelik in 'n beter toestand sal wees as waarin dit ontvang is.

'n Groot deel van die konkrete en abstrakte erfenis van Afrikaans is al gedokumenteer, soos in die bronne wat hier bo aangedui is. Afgesien van in Afrikaans is dit ook gedoen in ander tale, soos in Nederlands (o.a. deur DC Hesseling, G Kloeke, Hans den Besten) en Engels (o.a. deur Marius F Valkhoff, Ana Deumert, Paul Roberge, e.a.). Hier bo is 'n aantal meer resente bronne genoem waarin die verhaal van Afrikaans gedokumenteer is, maar die publikasies deur onder andere J du P Scholtz, die drie Nienaber-broers, GR von Wielligh, DB Bosman, SPE Boshoff, EC Pienaar, RH Pheiffer, FA Ponelis, CJ Conradie, moet ook in ag geneem word. Die inligting oor hierdie publikasies word in die verwysingslys opgeneem.

As 'n mens eerlik moet wees, toon die bestaande rekordhouding van en oor Afrikaans egter 'n beduidende oorwig na die kant van die wit sprekers van Afrikaans se erfenis. In die meerderheid bronne oor die verlede van Afrikaans kom dit ook sterk na vore (vgl. Carstens, 2022). As dit as die vertrekpunt oor Afrikaans se erfenis gebruik word, het ons 'n eensydige en onvolledige beeld van Afrikaans se erfenis. Van Oort (2016:564) oordeel in die lig hiervan dat "die studie van Afrikaans ... steeds 'n eensydige blanke purisme weerspieël wat die ware historiese gebeure sedert die 17de eeu weerspreek en sekere historiese gebeure geïgnoreer het".

Daar moet dus 'n regstelling kom in hoe ons kyk na dit wat in die verlede gebeur het sodat die inklusiewe erfenis van Afrikaans weerspieël word (vgl. Carstens, 2013a, 2013b, 2022; Van Oort, 2008, 2016; Van Rensburg, 2021, 2018). Dit wat die agtergrond van Afrikaans vorm, is grootliks al gedokumenteer, maar daar is egter nog heelwat ongedokumenteerde aspekte van 'n uitsluitende Afrikaanse verlede en dit word die taak van opkomende navorsers om dit op te teken ten einde uiteindelik 'n goed gedokumenteerde weergawe van die inklusiewe Afrikaanse geskiedenis (en by verstek erfenis) weer te gee (vgl. Carstens, 2019).

Vir die doel van hierdie bydrae word in die hieropvolgende afdelings vervolgens kortliks gekyk na wat die Afrikaanse erfenis na aanleiding van die uiteensetting hier bo inhou. Daar sal aan die hand hiervan besin word oor die beeld wat Afrikaans as taal oproep. Uiteindelik is die vraag: Watter boedel maak Afrikaans se verlede moontlik? Oftewel: Watter historiese erfenis dra daartoe by om die "Afrikaanse boedel" te vorm, dit wil sê wat die hieropvolgende generasies van die vorige generasies sal onthou. En ook wat sprekers van ander tale (beide binne en buite Suid-Afrika) sal assosieer met die taal.

In die bespreking hier onder word slegs gepoog om 'n uiters breë oorsig te gee van die Afrikaanse agtergrond. Daar sal probeer word om in hierdie proses 'n billike en objektiewe weergawe te gee van Afrikaans se toe en nou: hoe Afrikaans gekom het waar dit vandag is (TOE) en wat gedoen moet word om seker te maak dat Afrikaans die erfenis van die volle Afrikaanse gemeenskap weerspieël (NOU). Hopelik sal dit bydra om 'n goeie vertrekpunt te skep vir die vorm van 'n oordeel oor wat die Afrikaanse boedel is of wat dit verteenwoordig vir ander.

 

3. Waar kom Afrikaans vandaan?

Afrikaans het 'n lang pad geloop om te kom waar dit vandag (in 2023) is - 98 jaar nadat Afrikaans op 8 Mei 1925 as amptelike taal erken is.10 Die pad was nie maklik en sonder (dikwels selfgemaakte) slaggate nie. Inteendeel.

In hierdie proses is baie foute gemaak waarvan sekere Afrikaanse mense die slagoffers was en dit is juis hierdie foute wat 'n negatiewe etiket om Afrikaans se nek geplaas het in die oë van so baie mense. Dit word goed weerspieël in die erg kritiese oordeel van Rantoa, 'n oudjoernalis, wat in 2005 soos volg oor Afrikaans geskryf het:

So, what is special about Afrikaans? Why is this language being treated as something special and accorded a status higher than the other 10 official languages of this country? The truth is that there is nothing special about Afrikaans. It is a language like any other. The only 'special ' thing about it is that it was the official language of a racist regime which tried, unsuccessfully, to ram it down the throats of all South Africans. Other than this infamous historical significance, Afrikaans is not special and should be treated as such. (Rantoa, 2005) (Eie beklemtonings)

Dit is duidelik dat Afrikaans se assosiasie met die beleid van apartheid en alles wat daarmee gepaard gegaan het, nie besonder positief is nie. Die joernalis Leopold Scholtz (2014) sê in hierdie verband "(m)iljoene swart Suid-Afrikaners onthou nog baie goed hoe hulle in die apartheidstyd daagliks [in Afrikaans en deur Afrikaanssprekendes - eie invoeging] verneder is. Baie wittes het verwag om as 'baas' (sic) of 'miesies' (sic) aangespreek te word. Die swartes (sic) moes 'n dompas dra, en hulle kon - en is dikwels - byna sonder rede aangehou en in die tronk gesmyt."

Vandaar Rantoa se duidelik uitgesproke gevoel dat Afrikaans in die jare ná 1994 nie kan aanspraak maak op 'n besondere status of posisie nie. Daar word in afdeling 4 weer hierop teruggekom. Dat hierdie assosiasie met Afrikaans 'n hartseer gegewe is, is ongelukkig waar en dit is iets wat verreken moet word in beskouings oor Afrikaans en die sprekers van die taal. Beeldgewys (dus persepsies, houdings, oortuigings) doen dit Afrikaans skade.

Van Oort (2008:15; vgl. ook Van Oort, 2016 hieroor) som die problematiek rakende die skets van 'n vollediger prentjie oor waar Afrikaans vandaan kom, wel netjies op:

Volgens die historikus prof. Herman Giliomee is dit 'n feit dat Afrikaans 'die gesamentlike skepping is van Europeërs en nie-Europeërs, van wit en swart, van base en slawe'. Dié feit is in die verlede grootliks verswyg as gevolg van sosiaal-politieke (apartheids) ideologieë, en dít het bygedra tot die verdelende Suid-Afrikaanse taalgeskiedenis.

In die verlede is die rol wat die Khoi-Khoin en die slawe in die ontstaan en ontwikkeling van Afrikaans gespeel het, onderbeklemtoon en die wit Afrikaanse taalgeskiedenis van die Genootskap vir Regte Afrikaners oorbeklemtoon.

Waardering vir die bydraes van al die rolspelers - Europeërs uit die Weste, die ingevoerde slawe uit die Ooste en ander Oosterse invloede, asook die inheemse Khoi-bevolking uit Afrika - in die ontstaan en ontwikkeling van Afrikaans kan moontlik 'n bydrae tot versoening onder Suid-Afrikaners lewer.

Alle Suid-Afrikaners behoort daarvan bewus gemaak te word dat die unieke ontmoeting van ons voorvaders van drie uiteenlopende vastelande (Afrika, Asië, en Europa) met hul onderskeie tale, godsdienste en kulture in die 17de en die 18de eeu aan die suidpunt van Afrika tot die ontstaan van Afrikaans bygedra het.

Só kan meer respek en waardering vir ons gedeelde geskiedenis ontwikkel word en kan dit ook daartoe lei dat ons mekaar se kultuurerfenisse help bewaar.

Dit is hierdie agtergrond (hoe gebrekkig ook al dit tans is) wat (a) in 'n groot mate bepaal hoe die taal beoordeel word en (b) wat die kern van Afrikaans se erfenis weergee, soos hier onder uitgelig sal word.

As ons daarin slaag om die Afrikaanse prentjie vollediger te skets, word daar werklik beweeg in die rigting van 'n beter geskiedenis van Afrikaans. Dit sal ook 'n impak hê oor hoe vorentoe oor Afrikaans geoordeel word, en ook oor die persepsies rakende Afrikaans. Dit kan desnoods ook ons bestaande siening van die Afrikaanse boedel verander.

 

4. Die Afrikaanse boedel

"Wie se Afrikaans? Die antwoord, lyk my, is duidelik: Dis nie mý Afrikaans nie, en ook nie jóúne nie; dis óns Afrikaans - die taal behoort aan álmal wat hom praat." (L. Scholtz, 2014:6)

In 2.1 is uitgewys dat as 'n mens van "erfenis" praat, dan bedoel jy in wese twee dinge: nalatenskap en erflating. Al twee hierdie aspekte hou verband met dit wat in die verlede gebeur het, dus wat deel is van die geskiedenis, en dit wat aan die volgende generasie oorgedra word. Wat hou hierdie geskiedenis in? In Lagerdien (2021) se woorde hou dit in dat "ons (...) terug (kyk) na waar ons was, wat ons gebou of bereik het, en vertel vir onsself stories wat ons beter (of slegter) oor ons huidige self laat voel". (Eie beklemtonings.) Dit verg derhalwe 'n kritiese refleksie op dit wat verby is (vgl. ook Jansen van Rensburg, 2005), want "(ons) vertel vir onsself stories wat ons beter (of slegter) oor ons huidige self laat voel". (Eie beklemtonings.) Ons verwoord derhalwe hoe ons die verlede ervaar het en ook oor hoe ons dit sou wou oordra. Om dit anders te stel rakende Afrikaans as taal: wat kan ons onsself oor Afrikaans vertel wat ons kan help om te oordeel oor hoe Afrikaans (en by implikasie die sprekers van die taal) onthou wil word in die toekoms as daar teruggekyk sou word op die verlede van die taal?

Watter nalatenskap en erflating gee die bogenoemde oorsig van die ontwikkeling van Afrikaans nou vir ons? Wat het ons as deel van die Afrikaanse boedel gekry? Wat is vas? Waarop kan ons trots wees en waarop nie?

'n "Boedel" word tradisioneel saamgestel uit roerende (veranderlike) en onroerende (vaste) sake. In die geval van Afrikaans as taal gaan dit om beide ons konkrete (dit wat ons kan sien en van Afrikaans ervaar) én abstrakte (dit wat ons subjektief waarneem, dit wat ons voel) erfenis. Dit is in wese Afrikaans se boedel, dit wil sê Afrikaans "se hele vermoë met die daarby behorende regte en verpligtinge" (e-WAT). Dit wat oorgelewer is oor jare, dit wat opgebou is oor jare, dit wat nou gevestig is, dit wat ontbreek, maak Afrikaans se "hele vermoë met die daarby behorende regte en verpligtinge" (eie beklemtoning) uit. Dit gaan dus om álles wat Afrikaans inhou, "vratte en al" (aldus Steyn, 2000), met ander woorde die mooi én lelike kante van Afrikaans. Gelukkig kom Afrikaans se "(h)uisraad, meubels, eiendom - veral wat verkoop moet word nadat iem. oorlede is of bankrot geraak het" (e-WAT oor "boedel") nie ter sprake nie. Daar is niks wat verkoop hoef te word nie, dit moet net in die boedel bewaar en oorgedra word as "(n)alatenskap, erfenis: 'n Boedel aanvaar. 'n Boedel beredder" (e-WAT) aan die volgende geslag.

Watter erfenis (erflating) of nalatenskap maak Afrikaans se verlede en hede nou moontlik? 'n Mens sou kon oordeel dat die onderstaande aspekte ter sake sal wees as deel van die erfenis van Afrikaans, dus as die boedel van Afrikaans. In 2.2 hier bo is 'n kort aanduiding gegee wat die allesomvattende "pakket" van Afrikaans behels en in afdeling 3 is kortliks enkele onderskeidende gebeure rakende die totstandkoming van Afrikaans uitgelig. Hier onder word hierdie aspekte beoordeel uit die hoek van hoe dit deel uitmaak van Afrikaans se boedel, veral in terme van herkoms en impak op die Afrikaanse gemeenskap.

Dit is bloot 'n poging om aan die hand van wat reeds gebeur het, uit te lig watter aspekte deel kan uitmaak van 'n boedel van, oor en vir Afrikaans. Weens ruimtebeperkings word slegs enkele aspekte uitgelig. Idealergewys moet dit in meer detail ondersoek word. Van die stellings word in die eindnote toegelig met ondersteunende verwysings uit die literatuur. Ek vertrou dat lesers hieruit 'n aanduiding sal kry van die aard en omvang van die unieke eienskappe wat hier ter sake is.

Die Afrikaanse boedel behels onder meer die volgende: 'n gemeenskaplike taal ('n dialek gebruik in Europa, maar wat volwaardig taal kom word het in Afrika - onder invloed van Afrika en Asië);11 'n taal wat die unieke herkoms van al sy sprekers weerspieël - iets van Europa, maar ook van Afrika en Asië;12 'n taal wat blyke gee van die Europese herkoms van sommige van die sprekers (mense het van ver gekom en op die Afrikabodem Afrikane kom word); 'n taal wat 'n duidelike voetspoor ook in Afrika13 en Asië14 het); 'n taal wat ongeag die veelheid van gebruikers 'n gemeenskaplike woordeskat en taalstruktuur het;15 'n taal wat 'n gedeelde16 maar ook 'n verdelende (Vgl. Titus, 2016) verlede het; 'n taal waaraan 'n ongelukkige stuk politieke skeiding gekoppel is;17 'n taal wat as taal onder tale in Suid-Afrika bevoordeel is weens apartheid;18 'n taal wat nie maklik sal ontsnap van sy historiese assosiasie met apartheid nie;19 'n taal wat al hoe meer blyke gee van 'n Khoi-herkoms (wat grootliks verbloem was);20'n taal waarvan die gebruikers 'n diversiteit in kulturele gebruike weerspieël; 'n taal wat 'n uitgebreide literatuur het21 - waarin die storie van die Afrikaanse mense uit 'n velerlei hoeke en deur 'n groot verskeidenheid mense vertel word (sien weer afdelings 2.2 en 3 waar die betrokke bronne vermeld is).

Hierdie boedel dui op 'n taal wat langsamerhand 'n volwaardige standaardvariëteit vir wyer kommunikasie ontwikkel het,22 maar wat ook blyke gee van die volle diversiteit van die Afrikaanse sprekersgemeenskap;23 'n taal wat met verloop van tyd al die belangrike funksies verwerf het wat 'n taal nodig het om te kan funksioneer;24 'n taal wat met verloop van tyd deeglik gekodifiseer25 is; 'n taal wat in eie reg 'n taal van die wetenskap is;26 'n taal wat 'n aktiewe digitale en grootliks virtuele voetspoor het;27 'n taalgemeenskap wat besonder lojaal is teenoor sy taal en kultuur; 'n taal wat ook gebruik is as basis vir versoening in die Afrikaanse gemeenskap;28 en ook 'n taal waaroor nog vrae gevra moet word29 en waaroor antwoorde op kernvrae voortdurend gesoek word.

Daar is vanselfsprekend nog heelwat sake wat uitgelig sou kon word, maar dit wat hier bo genoem is, is voldoende om 'n aanduiding te gee van Afrikaans se diverse historiese boedel. Dit is op sigself wel al indrukwekkend dat in iets minder as 100 jaar reeds soveel bereik is. In die lig van Afrikaans se komende viering as amptelike taal (2025) gee so 'n oorsig 'n aanduiding van 'n taal wat in die loop van 100 jaar wye draaie geloop het, maar uiteindelik ook 'n waarlik volwaardige taal geword het. Dit gee rede tot 'n viering.

 

5. Samevatting

"Ek wil 'n legacy bou wat ek vi my mense kan los wanne ekkie mee hier issie." (Die skrywer Chase Rhys, 2021)

"Dit sal verrykend en bevrydend wees om jou eie geskiedenis deur die oë van ander te lees." (Jopie Coetzee)30

In hierdie bydrae is uitgegaan van 'n hipotetiese (spekulatiewe) vertrekpunt: wat sal onthou word van Afrikaans as die laaste spreker van Afrikaans sou sterf? Of in die woorde van die skrywer Chase Rhys wat hier bo aangehaal is: "Watte legacy wil ôs vi Afrikaans los wanne ôs nie mee hie issie"?

In 'n onlangse meningstuk in die Afrikaanse Sondagkoerant Rapport skryf die joernalis RW Johnson (2021) die "Afrikaner-erfenis se bewyse is om ons", en wel in so 'n mate dat dit sigbaar is - "Look around you", haal hy sir Christopher Wren aan. Johnson verwys spesifiek na die Afrikaner en vra dan: Wat het Afrikaners in die 20ste eeu bereik? Hy wys daarop dat daar baie is waarop die Afrikaner kan trots voel, soos sy geskiedenis, hoe historiese teenslae verwerk is, hoe Afrikaans as taal in die land gevestig is, dat die Afrikaner sterk leiding geneem het om Suid-Afrika as land uitgebou te kry deur die vestiging van industrieë, landswye infrastruktuur (paaie, hospitale, lughawens, spoorwegstelsel, staatsgeboue, ens.), die oprig van universiteite en skole, ensovoorts, maar daar is ook baie waaroor die Afrikaner moet skaam voel (soos die uiters negatiewe effek van apartheid en Afrikaners se rol in die uitvoer hiervan). Volgens Johnson is die wanindruk wel geskep dat "die Afrikanererfenis hoofsaaklik gaan oor volkspele, boeremusiek en die Groot Trek". Dit word ook gereflekteer in ouer bronne soos dié van Bosman, Ploeger, Grobbelaar, Van den Heever en Pienaar, en ook De Klerk (1967) wat vroeër genoem is. Dit is egter 'n erfenis wat gekoppel word aan die Afrikaners as kultuur-groep en om dit te transponeer na die totale Afrikaanse gemeenskap sal verkeerd wees.

Insgelyks sal dit verkeerd wees om die Afrikaans van wit Afrikaanssprekendes te beskou as die erfenis wat Afrikaans nalaat. Die werklikheid is veel meer inklusief as dit, want Afrikaans is 'n diverse taal wat deur mense uit verskillende historiese en sosiale agtergronde gebruik word en in hierdie proses weerspieël Afrikaans 'n inherente talige verskeidenheid in die vorm van sy talle gelykevlak-variëteite (vgl. Hendricks, 2012). Daar is dus nie 'n eenduidige Afrikaanse erfenis nie, maar eerder 'n veelduidige een. Afrikaans is (soos Afrikaners met hulle geskiedenis, kultuur en prestasies) duidelik sigbaar in die land ("om ons") via die mense wat dit daagliks gebruik om deel te wees van die geïntegreerde Suid-Afrikaanse gemeenskap. Aan Afrikaans word onwillekeurig 'n beeld (dus 'n erfenis) gekoppel, een wat bepaal word deur hoe Afrikaanssprekendes die taal gebruik of gebruik het om hulle bydrae tot die opbou van die Suid-Afrikaanse gemeenskap te lewer.

In die uiteensit van die argument is probeer om duidelikheid te bring oor terme wat verband hou met die beeld wat Afrikaans oproep (persepsies, wat mense dink) via die assosiasie met gebeure en ervarings met Afrikaanse mense. In die proses is daar ook probeer om Afrikaans se nalatenskap in perspektief te plaas binne die konteks van die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Ons weet dat Afrikaans as taal se beeld (erfenis, nalatenskap) bepaal word deur hoofsaaklik twee faktore, naamlik (a) die kontak wat sprekers van Afrikaans oor jare met mekaar en die sprekers van ander tale gehad het of steeds het, en (b) die geskiedenis wat gekoppel word aan Afrikaans. Ons weet ook dat aan die gebruik van Afrikaans 'n "menswees, leefstyl en tradisie" (aldus Schoeman, 2016) verbind is. Afrikaans is dit wat ons vandag as inklusiewe sprekers-gemeenskap saambind, en daardie saambind geskied via onder meer ons leefstyl as diverse Afrikaanse mense (hoe ons ons dag-tot-dag-lewe lei) en ons gemeenskaplike tradisies en gebruike (hoe ons daarvan hou om as gemeenskap in sy verskeidenheid dinge te doen). En dit vat ons Afrikaanse menswees as mense in 'n veeltalige Suid-Afrika uniek saam.

Ons het daarom 'n gesamentlike boedel gekry, en alhoewel ons nie altyd oor alles saamstem wat deel daarvan moet uitmaak nie, en of die boedel wel "goed" was of is nie, moet ons wel saam aan 'n toekomstige boedel vir die nageslag bou. Dit kan ons slegs doen as ons ons gemeenskaplike boedel as 'n kosbare bate beskou, een wat vertroetel moet word vir die volgende geslag. Daarom bly die daaglikse uitdaging:

Watter boedel, en erfenis, gaan ons as taalgemeenskap nalaat? Hoe gaan ons onthou word?

Gaan ons die boedel wat ons geërf het, in 'n goeie toestand aan ons nageslag gee?

Wat is die waardebasis van die boedel wat ons nalaat?

Watter herinneringe (positief, negatief) gaan ons nageslag van ons hê?

Watter boedel ("legacy") wil ons graag nalaat?

'n Mens sou kon aanvoer dat die nalatenskap van ons voorvaders nie na behore benut is nie, omdat politiek die Afrikaanse gemeenskap verdeel het en ons verhoed het om hierdie nalatenskap na behore te ontgin. Dit hoef egter nie altyd so te bly nie. Steward (2015) sê daar moet onthou word "(d)ie geskiedenis is wat dit is: die verlede - met al sy konflikte, ongeregtighede en ingewikkeldheid - kan (egter) nie verander word nie".

Hoe daaroor geoordeel word (die "legacy los wanne ôs nie mee hie issie"), kan tog wel verander word. Die teoloog Chris Jones (2021) gee hier goeie leiding: "... heritage, as I view it, is not only found in, and celebrated as part of our past, but also created in the present." Dus: "Our heritage is not just our past, we are creating it every day" (Eie beklemtoning) Daar word gevolglik elke dag aan die erfenis gebou, een wat uiteindelik die inklusiewe Afrikaanse gemeenskap se storie sal vertel.

 

BIBLIOGRAFIE

Alie, F. 2016. Oosterse speserye gee 'n Oosterse geur aan Afrikaans. In Carstens, WAM & M le Cordeur (reds.) 2016:506-520.         [ Links ]

Anoniem 2015. Wat is in 'n naam? http://www.ekapa.ioisa.org.za/ekapaafr/module3/whatsinaname.htm [Gebruik 18 Sept. 2015.         [ Links ]]

Barnard, M. 2018. Bo-Kaap is nou 'n erfenis-beskermingsone. Die Burger, 30 Maart 2018.         [ Links ]

Bosman, FCL. 1931. Afrikaanse kultuur en kultuurbesit: 'n oorsig. Kaapstad: Afrikaanse Pers-Boekhandel.         [ Links ]

Beukes, A-M. 2016. AKA 2016: Die ekologie van Afrikaans in 'n verander(en)de landskap. Geplaas 4 Mei 2016. http://www.litnet.co.za/aka-2016-die-ekologie-van-afrikaans-in-n-veranderende-landskap/        [ Links ]

Boesak, A. 2006. 'Hoeveel trane op hierdie fondament van verdriet By, Beeld, 9 Des. 2006, bl. 4.         [ Links ]

Boezak, W. 2016. Die Khoi-San as Afrikaanse gemeenskap: gister, vandag en môre. In Carstens, WAM & M le Cordeur (reds.) 2016:112-128.         [ Links ]

Bornman, E, JC Pauw & PH Potgieter. 2013. Taalkeuses en -opinies van Afrikaanssprekende studente aan Unisa. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 53(3):361-376.         [ Links ]

Bornman, E, JC Pauw & PH Potgieter. 2014. Houdings en opinies oor moedertaalonderrig en die keuse van 'n universiteit: Afrikaanssprekende studente aan UNISA. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 54(4).         [ Links ]

Bornman, E, JC Pauw, PH Potgieter en H Janse van Vuuren. 2017. Moedertaalonderrig, moedertaalleer en identiteit: Redes vir en probleme met die keuse van Afrikaans as onderrigtaal. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 57(3):724-745.         [ Links ]

Brown, R. 1995. Prejudices: Its social psychology. Oxford: Blackwell.         [ Links ]

Buys, F. 2015. 'Vars bries op luggolwe' is 'n kultuurgemeenskap. Rapport Weekliks, 9 Aug. 2015, bl. 5.         [ Links ]

Bozzoli, B. 2015. Afrikaans is an African language. Geplaas 17 Nov. 2015. http://www.bdlive.co.za/opinion/2015/11/17/afrikaans-is-an-african-language        [ Links ]

Breed, A, WAM Carstens & J Olivier. 2016. Die DBAT: 'n Onbekende digitale taalkundemuseum. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 56(2):391-409.         [ Links ]

Carstens, WAM. 2013a. Op pad van 'n verdeelde na 'n gedeelde toekoms in die Afrikaanse taalgemeen-skap: Die rol van die Afrikaanse Taalraad in die proses van versoening. LitNet Akademies, 10(1):447-483.         [ Links ]

Carstens, WAM. 2013b. Die storie van Afrikaans: perspektiewe op die verlede, hede en toekoms. Tydskrif vir Nederlands en Afrikaans, 20 (1):21-50.         [ Links ]

Carstens, WAM. 2019. Geskiedskrywing en beskrywing van Afrikaans: Wat is daar nog te sê? In Van Niekerk, A. e.a. (reds.). 2019. JC Steyn en Afrikaans - 'n Viering. Bloemfontein: SUN Media Bloem, pp. 177-212.         [ Links ]

Carstens, WAM. 2021. Afrikaans se funksies: gelykpad of glypad? Tydskrifvir Nederlands en Afrikaans, 2021(2):1-37.         [ Links ]

Carstens, WAM. 2022. Dink wyer as (wit) bekende in gesprekke oor Afrikaans. Beeld, 28 Maart 2022. https://www.netwerk24.com/netwerk24/stemme/menings/wannie-carstens-kom-ons-dink-wyer-as-die-wit-bekende-in-ons-gesprekke-oor-afrikaans-20220328        [ Links ]

Carstens, WAM & M le Cordeur (reds.). 2016, 2019. Ons kom van vêr. Bydraes oor bruin Afrikaans-sprekendes se rol in die ontwikkeling van Afrikaans. Kaapstad: Naledi Online.         [ Links ]

Cloete, TT. 2014. Dié retoriek klink soos 'n hol harnas. Beeld, 20 Jun. 2014, bl. 11.         [ Links ]

Cluver, AD de V. 1996. "Emigre Dutch and Afrikaans". E-pos gerig op 5 Feb. 1995 aan LOWLANDS-L.         [ Links ]

Coetzee-Van Rooy, S & A Peters. 2021. A Portrait-Corpus Study of Language Attitudes towards Afrikaans and English, Language Matters, 52(2):3-28. DOI: 10.1080/10228195.2021.194216        [ Links ]

De Klerk, WA. 1967. Ons Volksgeskiedenis as lewende erfenis. Historia, 12(4):242-249.         [ Links ]

Delport, D. 2021. Taal: Cyril erken Afrikaans, Nama, Koi en San 'het hier ontstaan'. Geplaas 28 Okt. 2021. https://www.netwerk24.com/netwerk24/nuus/politiek/taal-cyril-erken-afrikaans-nama-khoi-en-san-het-hier-ontstaan-20211028.         [ Links ]

De Vries, A & W de Vries. 2017. Is Afrikaans nie miskien veel sterker as wat ons dink nie? Abraham de Vries gesels met Willem de Vries. Geplaas 15 Feb. 2017. http://www.litnet.co.za/afrikaans-nie-miskien-veel-sterker-wat-ons-dink-nie-abraham-de-vries-gesels-met-willem-de-vries/.         [ Links ]

De Vries, W & H Willemse. 2018. Nuwe leerstoel in Gent toonbeeld van internasionalisering deur Nederlands én Afrikaans, sê Hein Willemse. Geplaas 12 Feb. 2018. http://voertaal.nu/nuwe-leerstoel-gent-toonbeeld-van-internasionalisering-deur-nederlands-en-afrikaans-se-hein-willemse/.         [ Links ]

De Wet, C. 2000. Die invloed van taalhoudings op onderrigmediumkeuse in Suid-Afrika. Literator, 21(3): 37-57.         [ Links ]

Dragojevic, M, F Fasoli, J Cramer & T Rakic. 2021. Toward a Century of Language Attitudes Research: Looking Back and Moving Forward. Journal of Language and Social Psychology, 40(1):60-79.         [ Links ]

Du Plessis, LT. 1987. Alternatiewe siening van die ontstaan van Afrikaans. SA Tydskrif vir Taalkunde, 5(2):33-45. April 1987.         [ Links ]

Du Preez, M. 2015a. As die aap van onreg bly sit. Beeld, 1 Aug. 2015.         [ Links ]

Du Preez, M. 2015b. Hiér gewortel, in Afrika. Die Burger, 10 Okt. 2015, bl. 11.         [ Links ]

Du Preez, M. 2015c. Óns is Afrikaans se grootste vyand. Beeld, 13 Okt. 2015, bl. 6.         [ Links ]

Du Toit, C. 2006. Die identifisering van faktore wat die onderrig en leer van Afrikaans as tweede addisionele taal beïnvloed. Ongepubliseerde MEd-verhandeling. Potchefstroom: NWU.         [ Links ]

Fourie, W. 2006. 'n Fenomenologiese interpretasie van Afrikaanse briefskrywers aan Beeld se persepsies van die sosio-politieke veranderinge in Suid-Afrika tussen 1990 en 2004. Ongepubliseerde MA-verhandeling. Pretoria: Unisa.         [ Links ]

Giliomee, H. 2004. Die Afrikaners. Kaapstad: Tafelberg.         [ Links ]

Giliomee, H & B Mbenga (reds.). 2007. Nuwe Geskiedenis van Suid-Afrika. Kaapstad: Tafelberg.         [ Links ]

Grobbelaar, PW (red.). 1974a. Die Afrikaner en sy kultuur. Kaapstad: Tafelberg.         [ Links ]

Grobbelaar, PW. (red.). 1974b. Die Afrikaner en sy kultuur. Deel III: Ons volksfeeste. Kaapstad: Tafelberg.         [ Links ]

Hendricks, FS. 2012. Die potensiële nut van 'n gelykvlak-perspektief op die variëteite van Afrikaans. In Prah, KK. (red.). 2012:44-63.         [ Links ]

Hoffman, JE. 1996. 'The psychology of perception'. In LeDoux, JE & Hirst, W (eds). 1996. Mind and Brain. Dialogues in Cognitive Neuroscience. Cambridge: Cambridge University Press.         [ Links ]

Hugo, D (red.). 2009. HalalaAfrikaans. Pretoria: Protea.         [ Links ]

Jansen van Rensburg, NS. 2005. Erfenis is menslike maaksel en (ver)-beelding. Die Kerkblad, 108(3179): 22-23. Nov. 2005.         [ Links ]

Johnson, RW. 2021. Afrikaner-erfenis se bewyse is om ons. Rapport Weekliks, 24 Okt. 2021, bl. 7.         [ Links ]

Jones, C. 2021. Our heritage is not just our past, we are creating it every day. News24, 24 Sept. 2021. https://www.news24.com/news24/columnists/guestcolumn/opinion-chris-jones-our-heritage-is-not-just-our-past-we-are-creating-it-every-day-20210924        [ Links ]

Jordaan, AM. 2004. Mites rondom Afrikaans. Ongepubliseerde D.Litt.-proefskrif. Pretoria: Universiteit van Pretoria.         [ Links ]

Kamaldien, Y. 2014. 'Afrikaans not a white language.' 14 Okt. 2014. http://kaganof.com/kagablog/2014/10/08/afrikaans-is-not-a-white-language/        [ Links ]

Karaan, M. 2009. Forum: Tuis in Kombuistaal-vel. Die Burger, 26 Sept. 2009.         [ Links ]

Kok, M. 2022. Afrikaans: Blade maak 'n U-draai. Rapport, 30 Okt. 2022, bl. 2.         [ Links ]

Kotzé, E & T Biberauer 2006. Die rol van Afrikaans as identiteitsfaktor by SA ekspatriate in die Verenigde Koninkryk. Tydskrif vir Taalonderrig, 40(1):48-70.         [ Links ]

Lagardien, I. 2021. Ons moet aanhou praat met ons geskiedenis. Vrye Weekblad, 15 Okt. 2021. https://www.vryeweekblad.com/menings-en-debat/2021-09-30-ons-moet-aanhou-praat-met-ons-geskiedenis/        [ Links ]

Lamprecht, M. 2014. Byt vas, versoening duur hele lewe lank. Beeld, 9 Aug. 2014, bl. 20.         [ Links ]

Lawrence, M. 2016. Afrikaans is 'n taal wat deur slawe begin is. Geplaas 11 Maart 2016. http://www.netwerk24.com/Stemme/MyStem/afrikaans-is-n-taal-wat-deur-slawe-begin-is-20160311        [ Links ]

Le Roux, A. 2016. Verkluister in 'n virtuele tuisland. Beeld, 27 Mei 2016, bl. 13.         [ Links ]

McLachlan, T. 2015. Oor Afrikaans en die toekoms daarvan. Geplaas 3 Des. 2015. http://www.litnet.co.za/oor-afrikaans-en-die-toekoms-daarvan/.         [ Links ]

McLachlan, T. 2021. Dwase onkunde oor inheemse tale. Geplaas 20 Okt. 2021. https://www.netwerk24.com/netwerk24/stemme/gesels-saam/dwase-onkunde-oor-inheemse-tale-20211018.         [ Links ]

Minnaar, SZ. 2018. Om 'n bietjie oor erfenis te besin. Geplaas 25 Sept. 2018. https://www.litnet.co.za/om-n-bietjie-oor-erfenis-te-besin/        [ Links ]

Olivier, JAK & EF Kotzé. 2014. Taalverskuiwing en taalhandhawing onder Afrikaanse ekspatriate. LitNet Akademies, 11(3). http://www.litnet.co.za/Article/taalverskuiwing-en-taalhandhawing-onder-afrikaanse-ekspatriate        [ Links ]

Opperman, AJ. 2017. Elvis Blue bou 'n brug met sy musiek. Geplaas 7 April 2017. http://www.netwerk24.com/Vermaak/Musiek/elvis-blue-bou-n-brug-met-sy-musiek-20170405        [ Links ]

Petersen, F (Visekanselier UV). 2021. Gesprek oor erfenis in RSG-program "Kommentaar" op 5 Sept. 2021. Onderhoud gevoer deur H Wyngaard. https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-episode/?series=4477&results_page=2        [ Links ]

Pikoli, Z. 2021. In the name of history and identity: The power and politics behind black people's names. Daily Maverick, 15 Sept. 2021. https://www.dailymaverick.co.za/opinionista/2021-09-15-in-the-name-of-history-and-identity-the-power-and-politics-behind-black-peoples-names/        [ Links ]

Ploeger, J e.a. (reds.). SA 1960-1964. Suid-Afrikaanse erfenis: hoe ons voorvaders geleef, gewerk en gespeel het: van Van Riebeeck tot die XIXde eeu. Kaapstad: Caltex (Afrika) Bpk.         [ Links ]

Ploeger, J e.a. (reds.). 1966. Bewaring van ons erfenis. Deel 1, Bewaring van ou geboue en historiese oorblyfsels. Kaapstad: Caltex.         [ Links ]

Prince, L. 2022. Afrikaans is inheems: definisie kom in Staatskoerant. Geplaas 31 Okt. 2022. https://www.netwerk24.com/netwerk24/nuus/politiek/afrikaans-is-inheems-definisie-kom-in-staatskoerant-blade-20221031.         [ Links ]

Kwaa Prah, K (red.). 2012. Veelkantiger Afrikaans. Streeksvariëteite in die standaardvorming / Mainstreaming Afrikaans regional varieties. Kaapstad: CASAS.         [ Links ]

Pretorius, L. 2016. Die rol van die Afrikaanse Wikipedia in die uitbou van Afrikaans. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 56(2-1):371-390.         [ Links ]

Prinsloo, K (red.). 2008. Die Afrikaanse Taalraad kom tot stand. Verslag gereproduseer deur CRINK en versprei deur die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns, Nov. 2008.         [ Links ]

Rademeyer, A. 2014. 'Inklusiwiteit sal Afrikaans almal se taal maak.' Beeld, 18 Jan. 2014, bl. 6.         [ Links ]

Rantoa, J. 2005. Government should do away with Afrikaans medium schools. Cape Argus, 23 Feb. 2005, bl. 9.         [ Links ]

Redakteur Beeld. 2015. Onbeskaamd Afrikaans - in Suid-Afrika. Beeld, 8 Okt. 2015, bl. 18.         [ Links ]

Salzwedel, I. 2012. Onvertelde stories van Afrikaans. Pretoria: LAPA.         [ Links ]

Schoeman, A. 2016. Ek wil nie my taal verlaat nie. http://www.netwerk24.com/Stemme/Briewe/ek-wil-nie-taal-verlaat-nie-20160624        [ Links ]

Scholtz, L. 2014a. Van wie se taal praat ons nou? Volksblad, 2 April 2014, bl. 6.         [ Links ]

Scholtz, L. 2014b. Etniese gom is aan die skeur. Die Burger, 16 Mei 2014, bl. 12.         [ Links ]

Scholtz, L. 2015. Vat nou hande oor Afrikaans. Die Burger, 3 Des. 2015, bl. 16.         [ Links ]

Steward, D. 2015. "'n Land wat aan almal behoort wat daarin woon, verenig in ons diversiteit ..." Geplaas 16 Jan. 2015. http://fwdeklerk.org/index.php/afr/nuus/359-artikel-n-land-wat-aan-almal-behoort-wat-daarin-woon-verenig-in-ons-diversiteit [Gebruik 19 Jan. 2015]        [ Links ]

Steyn, JC 2000. As jy op my liddoring trap, gaat ek jou slaat, vir ou goete ook. Beeld, 16 Jun. 2000, bl. 11.         [ Links ]

Swart, C. 2016. 'n Houdingsondersoek na die Taalbeleid en Taalplan van die Universiteit Stellenbosch: Die houdings van derdejaarstudente en dosente. Ongepubliseerde MA-verhandeling. Stellenbosch: Universiteit Stellenbosch.         [ Links ]

Thamm, M. 2021. Afrikaans and Kaaps: The history of a language. An exhilarating linguistic minefield: Be duidelik and dala what you must. Daily Maverick, 28 Okt. 2021. https://www.dailymaverick.co.za/article/2021-10-28-an-exhilarating-linguistic-minefield-be-duidelik-and-dala-what-you-must/        [ Links ]

Titus, D 2016. Sleutel tot oorlewing. Beeld, 4 Mei 2016, bl. 23.         [ Links ]

Van den Berg, M. (Ria) 2002. Die konsep Standaardafrikaans: 'n kritiese oorsig en 'n Hallidayaanse perspektief. Ongepubliseerde PhD-proefskrif. Potchefstroom: Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys.         [ Links ]

Van den Heever, CM & P de V Pienaar (reds.). 1945. Kultuurgeskiedenis van die Afrikaner. Deel I. Kaapstad: Nasionale Pers.         [ Links ]

Van den Heever, CM & P de V Pienaar (reds.). 1947. Kultuurgeskiedenis van die Afrikaner. Deel II. Kaapstad: Nasionale Pers.         [ Links ]

Van den Heever, CM & P de V Pienaar (reds.). 1950. Kultuurgeskiedenis van die Afrikaner. Deel III. Kaapstad: Nasionale Pers.         [ Links ]

Van Dyk, F. 2021. Taalpodium. Erfenismaand: Frederik van Dyk in gesprek met Annie Klopper. Geplaas 29 Sept. 2021. https://www.youtube.com/watch?v=mQyLl0CxNG0&t=1051s        [ Links ]

Van Heerden, M. 2018. Arabiese Afrikaans en die Kaapse Moslemgemeenskap. Geplaas 26 Maart 2018. https://www.litnet.co.za/die-bo-kaap-en-afrikaans/        [ Links ]

Van Heerden, M & W Boezak. 2017. Suidoosterfees 2017: 'Ons moet al die variëteite van Afrikaans omhels'. Geplaas 20 April 2017. http://www.litnet.co.za/suidoosterfees-2017-ons-moet-al-die-varieteite-van-afrikaans-omhels/        [ Links ]

Van Oort, CP. 2008. Die ontwikkelingsgeskiedenis van Afrikaans: 'n Inklusiewe perspektief en implementering in 'n lesreeks. Ongepubliseerde PhD-proefskrif. Potchefstroom: Noordwes-Universiteit, Potchefstroomkampus.         [ Links ]

Van Oort, CP. 2016. Die inklusiewe ontwikkelingsgeskiedenis van Afrikaans. In Carstens, WAM & M le Cordeur (reds.). 2016:552-568.         [ Links ]

Van Rensburg, FIJ. 1992. 'Moet nie Afrikaans se taaiheid onderskat.' Beeld, 15 Jun. 1992, bl. 8.         [ Links ]

Van Rensburg, MCJ. 2015a. Khoi en Oosgrensafrikaans. Spil Plus, 47:75-97.         [ Links ]

Van Rensburg, MCJ. 2015b. Afrikaans is van Afrika, en ander persepsies: taalpersepsies. Woord en Daad, 54 (426):58-63.         [ Links ]

Van Rensburg, MCJ. 2016. Die vroegste Khoi-Afrikaans. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 56(7).         [ Links ]

Van Rensburg, MCJ. 2017. Oor mense, afstande en Afrikaans. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 57(4): 1093-1097.         [ Links ]

Van Rooy, JA. 2008. Die Afrikaanse taal 'n kosbare erfenis. Die Kerkblad, 110(3216):40-41. Nov. 2008.         [ Links ]

Van Schalkwyk, DJ & G Kroes. 1982. Doeltreffende Afrikaans. Kaapstad: Nasou.         [ Links ]

Van Wyk, D. 2021. 'Stiksienige' Blade moet sit en na óns luister oor Afrikaans. Geplaas 17 Okt. 2021. https://www.netwerk24.com/netwerk24/stemme/aktueel/stiksienige-blade-moet-sit-en-na-ons-luister-oor-afrikaans-20211017        [ Links ]

Venter, CJ. 2003. Taalideologie en Afrikatale: universiteitstudente se persepsie daarvan in 'n postapartheidsbedeling in Suid-Afrika. Literator, 24(3):113-138.         [ Links ]

Verhoef, M. 1999. Die mites oor Afrikaans: 'n inleidende beskouing oor die persepsie van Afrikaans as onderdrukkerstaal. Literator, 20(2):123-135.         [ Links ]

WAT (e-WAT). Woorde erfenis, nalatenskap, boedel.         [ Links ]

Webb, VN. 1992c. Afrikaans: 'n Tuiste vir Afrika. In Barkhuizen, JH; HF Stander & GJ Swart (reds.). 1992. Hupomnema: feesbundel opgedra aan prof. JP Louw. Pretoria: Universiteit van Pretoria, Departement Grieks, pp. 338-350.         [ Links ]

Wieringa, R & WAM Carstens. 2022. 'n Oorsig oor enkele digitiseringsprojekte in Afrikaans: 'n Vertrekpunt vir Afrikaans se digitale toekoms. LitNet Akademies, 19(2):50-69. https://www.litnet.co.za/n-oorsig-oor-enkele-digitiseringspro.jekte-in-afrikaans-n-vertrekpunt-vir-afrikaans-se-digitale-toekoms/        [ Links ]

Willemse, H. 2018. Achmat Davids se Die Afrikaans van die Kaapse Moslems. Bellville: SBA.         [ Links ]

Oorsigbronne

Boshoff, SPE. 1921. Volk en taal van Suid-Afrika. Pretoria: Dusseaux/Amsterdam: JH de Bussy.         [ Links ]

Boshoff, SPE & GS Nienaber. 1967. Afrikaanse etimologieë. Pretoria: SA Akademie vir Wetenskap en Kuns.         [ Links ]

Bosman, DB. 1923. Oor die ontstaan van Afrikaans. Amsterdam: Swets & Zeitlinger.         [ Links ]

Carstens, WAM & EH Raidt. 2017. Die storie van Afrikaans: uit Europa en van Afrika. Biografie van 'n taal. Deel 1: Die Europese geskiedenis van Afrikaans. Pretoria: Protea.         [ Links ]

Carstens, WAM & EH Raidt. 2019. Die storie van Afrikaans: uit Europa en van Afrika. Biografie van 'n taal. Deel 2: Die geskiedenis van Afrikaans in Afrika. Pretoria: Protea.         [ Links ]

Conradie, CJ. 1986. Taalgeskiedenis. Pretoria: Academica.         [ Links ]

Deumert, A. 1999. Variation and Standardisation: the case of Afrikaans (1880-1922). Ongepubliseerde PhD-proefskrif - PhD Kaapstad: Universiteit van Kaapstad.         [ Links ]

Deumert, A. 2004. Language standardization and language change: the dynamics of Cape Dutch. Amsterdam/Philadelphia: John Benjamins.         [ Links ]

Du Plessis, LT. 1986. Afrikaans in beweging. Bloemfontein: Patmos.         [ Links ]

Hesseling, DC. 1899. Het Afrikaansch: Bijdrage tot de Geschiedenis der Nederlandse taal in Zuid-Afrika. Leiden: Leiden: N.V. Boekhandel & Drukkerij.         [ Links ]

Kannemeyer, JC. 1984 (2de uitg.). Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur, Deel 1. Kaapstad: Human & Rousseau. Ook beskikbaar op: http://www.dbnl.org/        [ Links ]

Kannemeyer, JC. 1983. Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur, Deel 2. Kaapstad: Human & Rousseau. Ook beskikbaar op: http://www.dbnl.org/        [ Links ]

Kloeke, GG. 1950. Herkomst en groei van het Afrikaans. Leiden: Universitaire Pers Leiden. Ook beskikbaar op http://www.dbnl.org/tekst/kloe004herk01_01/kloe004herk01_01_0003.php        [ Links ]

Nel, P. 1992. Perceptions, images, stereotypes in Soviet-South African relations. A cognitive interpretative perspective. Annale. Universiteit van Stellenbosch.         [ Links ]

Nienaber, GS. 1934. Oor die Afrikaanse taal. 'n Bydrae oor sy ontwikkeling na aanleiding van enkele versterkingswyses. Amsterdam: Swets & Zeitlinger.         [ Links ]

Nienaber, GS (red.). 1942. Afrikaans tot 1860. Johannesburg: Voortrekkerpers.         [ Links ]

Nienaber, GS. 1949. Oor Afrikaans, 1. Johannesburg: Afrikaanse Pers Boekhandel.         [ Links ]

Nienaber, GS. 1950. Taalkundige belangstelling in Afrikaans tot 1900. Johannesburg: Afrikaanse Pers Boekhandel.         [ Links ]

Nienaber, GS. 1953. Oor Afrikaans, 2. Johannesburg: Afrikaanse Pers Boekhandel.         [ Links ]

Nienaber, GS (red.). 1984. Vroeë opvattings oor Afrikaans as taal. Johannesburg: Perskor.         [ Links ]

Nienaber, GS. 1989. Khoekhoense stamname. Kaapstad: Academica.         [ Links ]

Nienaber, GS & PJ Nienaber. 1970. Die opkoms van Afrikaans as kultuurtaal. Johannesburg: Perskor.         [ Links ]

Nienaber, GS, PJ Nienaber & CJM Nienaber. 1962. Dit was ons erns. Johannesburg: Perskor.         [ Links ]

Nienaber, PJ (red.). 1959. Die wonder van Afrikaans. Johannesburg: SAUK.         [ Links ]

Nienaber, PJ 1965 (2de uitg.). Ons taalhelde. Johannesburg: Perskor.         [ Links ]

Nienaber, PJ (red.). 1965. Taalkundige opstelle. Kaapstad: AA Balkema.         [ Links ]

Nienaber, PJ. 1968. Taal en beeld: die geskiedenis van die Afrikaanse taalbewegings. Johannesburg: Perskor.         [ Links ]

Nienaber, PJ. 1975. Eerste sooie. Johannesburg: Perskor.         [ Links ]

Pheiffer, RH. 1980. Die gebroke Nederlands van Franssprekendes aan die Kaap in die eerste helfte van die agtiende eeu. Kaapstad: Academica.         [ Links ]

Pienaar, EC. 1943. Die triomfvan Afrikaans. Historiese oorsig van die wording, ontwikkeling, skriftelike gebruik en geleidelike erkenning van ons taal. Kaapstad: Nasionale Pers.         [ Links ]

Ponelis, FA. 1993. The Development of Afrikaans. Frankfurt am Main/Berlin/Bern/New York/Paris/ Wien: Peter Lang.         [ Links ]

Ponelis, FA. 1998. Standaardafrikaans en die Afrikaanse taalfamilie. Departement Afrikaans en Nederlands. (Annale van die Universiteit van Stellenbosch.) Goodwood: Nasionale Boekdrukkery.         [ Links ]

Raidt, EH 1991 (3de uitg.). Afrikaans en sy Europese verlede. Kaapstad: Nasou        [ Links ]

Rhys, C. 2021. Die great resignation gebee ook hier by ôs wan 'die lewe is te kort'. Rapport Weekliks, 31 Okt. 2021, bl. 11.         [ Links ]

Roberge, PT. 1994. The formation of Afrikaans. Spil Plus 23. Dept. Algemene Taalwetenskap, Universiteit van Stellenbosch.         [ Links ]

Scholtz, J du P. 1939 [1965]. Die Afrikaner en sy taal 1806-1875. Kaapstad: Nasionale Pers.         [ Links ]

Scholtz, J du P. 1950. Oor die herkoms van Afrikaans. Kaapstad: Universiteit van Kaapstad.         [ Links ]

Scholtz, J du P. 1963. Taalhistoriese opstelle: Voorstudies tot 'n geskiedenis van Afrikaans. Kaapstad: Tafelberg.         [ Links ]

Scholtz, J du P. 1965. Afrikaans uit die Vroeë Tyd. Studies oor die Afrikaanse taal en literêre volkskultuur van voor 1875. Kaapstad: Nasou.         [ Links ]

Scholtz, J du P. 1972. Afrikaans-Hollands in die agtiende eeu. Kaapstad: Nasou.         [ Links ]

Scholtz, J du P. 1975. Naamgewing aan plante en diere in Afrikaans. Kaapstad: Nasou.         [ Links ]

Scholtz, J du P. 1980. Wording en ontwikkeling van Afrikaans. Kaapstad: Tafelberg.         [ Links ]

Scholtz, J du P. 1981. Taalhistoriese opstelle. Voorstudies tot 'n Geskiedenis van Afrikaans. Kaapstad: Tafelberg.         [ Links ]

Steyn, JC. 1980. Tuiste in eie taal. Die behoud en bestaan van Afrikaans. Kaapstad: Tafelberg.         [ Links ]

Steyn, JC. 2014. 'Ons gaan 'n taal maak': Afrikaans sedert die Patriot-jare. Pretoria: Kraal-Uitgewers.         [ Links ]

Valkhoff, MF. 1972. New light on Afrikaans and "Malayo-Portugese". Louvain: Éditions Peeters Imprimerie Orientaliste.         [ Links ]

Van Coller, HP (red.). 2015 (2de uitg.). Perspektief & profiel. 'n Afrikaanse literatuurgeskiedenis. Deel 1. Pretoria: Van Schaik.         [ Links ]

Van Coller, HP (red.). 2016a (2de uitg.). Perspektief & Profiel. 'n Afrikaanse literatuurgeskiedenis. Deel 2. Pretoria: Van Schaik.         [ Links ]

Van Coller, HP (red.). 2016b (2de uitg.). Perspektief & Profiel. 'n Afrikaanse literatuurgeskiedenis. Deel 3. Pretoria: Van Schaik.         [ Links ]

Van der Wouden, T (ed.). 2012. Roots of Afrikaans. Selected writings of Hans den Besten. Amsterdam: John Benjamins.         [ Links ]

Van Rensburg, C (MCJ). 2012. So kry ons Afrikaans. Pretoria: LAPA.         [ Links ]

Van Rensburg, C. (MCJ). 2018. Van Afrikaans gepraat. Pretoria: Malan Media.         [ Links ]

Van Rensburg, C (MCJ) e.a. 1997. Afrikaans in Afrika. Pretoria: Van Schaik.         [ Links ]

Von Wielligh, GR. 1925. Ons geselstaal. 'n Oorsig van gewestelike spraak soos Afrikaans gepraat word. Pretoria: J.L. van Schaik.         [ Links ]

 

 

Ontvang: 2023-06-10
Goedgekeur: 2023-06-28
Gepubliseer: September 2023

 

 

 

Wannie Carstens het aan die einde van 2017 as professor in Afrikaanse taalkunde aan die NWU, Potchefstroomkampus, afgetree. Hy is egter steeds 'n buitengewone professor in die navorsingsfokusarea Tale en Letterkunde in die Suid-Afrikaanse Konteks aan die NWU. Hy is 'n NNS-gegradeerde navorser (C1) wat skrywer of medeskrywer is van ses boeke oor die Afrikaanse taalkunde, soos Norme vir Afrikaans (2018, 6de uitg.) en Die storie van Afrikaans (2017, 2019). Hy was ook mederedakteur van vyf standaard-boeke oor die Afrikaanse taalkunde, soos Kontem-porêre Afrikaanse Taalkunde (2014, 2017), en die nuutste Toegepaste taalkunde in Afrikaans (2022). Hy is (reeds twee keer) 'n ontvanger van die gesogte CJ Langenhoven-toekenning vir Afrikaanse taalkunde.
Wannie Carstens retired as professor ofAfrikaans linguistics at the North West University (NWU), Potchefstroom Campus, at the end of 2017. He however still is an extraordinary professor in the research focus area on Languages and Literature in the South African Context at the NWU. He is a NRF rated researcher (C1) who is author or co-author of six books on Afrikaans linguistics, such as Norme vir Afrikaans (2018, 6th ed.) and Die storie van Afrikaans (2017, 2019). He also co-edited five standard books on Afrikaans linguistics, such as Kontemporêre Taalkunde (2014, 2017), and the recently published Toegepaste taalkunde in Afrikaans (2022). To date, he has been a recipient of the prestigious CJ Langenhoven award for Afrikaans linguistics on two occasions.
* Hierdie artikel word opgedra aan prof. Ernst Kotzé, kollega en vriend van meer as 45 jaar. Ook die taalkundige "boedel" wat hy vir Afrikaans nalaat, is enorm: publikasies oor 'n verskeidenheid taalkundige onderwerpe (onder meer oor sintaksis, morfologie, sosiolinguistiek, kreolistiek, taalgeskiedenis en historiese taalkunde en ook die baanbrekende woordeboeke waarby hy betrokke was: Afrikaans - Zoeloe, Afrikaans - Japannees), die hoë kwaliteit van hierdie publikasies, en sy algemene invloed op die taalkundige toneel in Suid-Afrika en in die besonder op Afrikaans deur die kwaliteit van sy bydraes, word nasionaal en internasionaal hoog geag. Dit is inderdaad 'n kosbare nalatenskap aan en vir Afrikaans. Hy is daarvoor bekend dat hy nooit geskroom het om nuwe idees ofterreine te ontgin nie. Hy sal daarom begrip hê vir hierdie ontginnende eksperimentele bydrae.
1 In die lig van besinning met die oog op Afrikaans se komende 100-jarige viering in 2025 het die vraag in 'n gesprek na vore gekom oor wat Afrikaanse taalkundiges se omvattende beskrywings oor Afrikaans se nalatenskap vir Afrikaans as taal sal wees as Afrikaans teoreties sou ophou bestaan (nie dat dit sommer sal gebeur nie). Wat sal hierdie taalkundiges, soos prof. Kotzé, se nalatenskap (boedel) wees as die bydraes in totaliteit beoordeel sou word? Maar ook: Hoe sal daar oor Afrikaans se erflating geoordeel word, soos oor taalkundiges se "erflating" (beskrywing van Afrikaans uit 'n akademiese hoek) oor bykans 100 jaar vir Afrikaans? Sal dit positief wees, of nie? Die gedagtes wat in hierdie bydrae na vore kom, is 'n poging om hierop 'n antwoord te probeer gee. Dit moet daarom beskou word as 'n spekulerende perspektief en nie noodwendig as 'n finale antwoord nie. Reaksies hierop word met graagte ontvang. Die aanleiding hiertoe was 'n inleidende referaat oor "Afrikaans as erfenis" by 'n Erfenissimposium van die ATKV op 30 Junie 2016 te Muldersdrift, Johannesburg toe die eerste gedagtes hieroor neergepen is.
2 Volgens Verhoef (1999:125) verwys mites na die "onkritiese algemene aanvaarding van gebruike en opvattings wat oor 'n tydperk inslag in 'n gemeenskap gevind het". Sy verwys ook na ander skrywers wat sê dit berus op "vals aannames of opvattings". Mites word ook gevoed deur "vooroordele, stereotipes en persepsies". Dit is gebaseer "op 'n ineengeweefde, interafhanklike dinamika tussen die historiese, politiese, ekonomiese en sosiale kragte in 'n bepaalde konteks".
3 Persepsies word dikwels uit 'n sosiaal-psigologiese hoek bestudeer. Hiervolgens het persepsies (houdings) betrekking op die proses en resultaat waardeur indrukke oor kwessies (wat die aard daarvan ook al is) in die bewussyn opgeneem word en die oortuigings wat op grond daarvan gevorm word. Soos: die indruk is dat iemand lui is omdat die persoon op 'n keer nie 'n verpligting uitgevoer het nie en die oortuiging klop mettertyd hiermee: X is lui - of dit die volle waarheid is of nie. Onderliggend aan hierdie proses is 'n "kognitiewe organisasieproses" wat meewerk tot die indrukke en oortuigings aan die hand waarvan mense die wêreld (omgewing en leefwêreld) rondom hulle "kategoriseer en benoem" (vgl. Verhoef, 1999:124-126). Verhoef (1999:125) haal hier vir Nel (1992) aan wat sê: "Perception as a meaning concept refers to the way people use language and other symbolic tools to attach value and significance to other people, their values and intentions, and their behaviour." Die gebruik van taal en die koppel van taal aan gebruikers se optredes (positief of negatief) in en deur die taal, speel derhalwe 'n beduidende rol in hoe die taal self beoordeel word. So kan 'n mens vooroordele hê (dus indrukke wat 'n vaste oortuiging word) oor 'n taal na aanleiding van vorige assosiasies of ervarings met die sprekers van die taal in die verlede of hede. Vir meer oor vooroordele, vergelyk Brown (1995).
4 Die e-WAT se beskrywing van spekuleer is hier ter sake: Betekenis 2. "Oor iets wonder of gis, veral omdat daar nie 'n klinkklare antwoord of oplossing daarvoor is nie, of omdat daar nie genoeg feite of bewysmiddele beskikbaar is om tot 'n sinvolle gevolgtrekking te kom nie." Hierdie bydrae moet in die lig hiervan beoordeel word.
5 Hierdie verklaring word herhaaldelik aangehaal in die sosiale media en internetbronne.
6 Die Zondo-kommissie se omvattende verslag oor staatskaping in Suid-Afrika is in die loop van 2022 aan president Cyril Ramaphosa oorhandig. Vir meer oor die bevindinge van die verslag vergelyk https://ewn.co.za/2022/06/22/read-final-state-capture-report-in-full.
7 Sien weer noot 3 in hierdie verband oor wat persepsies inhou.
8 Sien weer noot 6 oor die verslag van die Zondo-kommissie waarin oudpres. Zuma se direkte en indirekte aandeel in staatskaping in Suid-Afrika ondersoek is. Die verslag bevestig in 'n beduidende mate die negatiewe persepsie.
9 Vgl. Widlok, T & J Knab. 2021. Why the idea of 'African time' keeps on ticking. Geplaas 28 Okt. 2021. https://theconversation.com/why-the-idea-of-african-time-keeps-on-ticking-169791.
10 Die beplande fees fokus slegs op die tydperk wat Afrikaans as 'n amptelike taal erken is. Dit is voor die hand liggend dat Afrikaans nie net 100 jaar 'oud' is nie, omdat daar reeds al in die vroeg 19de eeu pogings op onder meer Genadendal en elders aangewend is om Afrikaans te begin skryf (vgl. Du Plessis, 1986, 1987; Carstens, 2022). Dat Afrikaans in 1875 sou begin het, is 'n mite. Dit is derhalwe uiters moeilik om 'n datum aan te dui wat as Afrikaans se 'geboortedatum' beskou kan word. Die woord 'Afrikaans' het wel in 1875 die eerste keer in geskrewe tekste voorgekom.
11 "Die taal was (...) die gesamentlike skepping van Europeërs en nie-Europeërs, van wit en swart, van base en slawe" (Giliomee, 2004:141).
12 Dit verklaar ook in 'n mate die diversiteit in die Afrikaanse gemeenskap. Vgl. Carstens & Raidt, 2019:844.
13 Dit bevestig dat 'n Europese taalvorm in Afrika 'n selfstandige taal kom word het - een wat vernoem is na die kontinent waar dit gepraat word. So het hierdie taal 'n ware inheemse taal van Afrika en van Suid-Afrika geword. (Vgl. Van Heerden & Boezak, 2017.) Die inheemse status van Afrikaans word dikwels uit politieke kringe bevraagteken. Die jongste konsepdokument (2020) oor die hersiene taalbeleid van die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding (DHOO) (THE LANGUAGE POLICY FRAMEWORK FOR PUBLIC HIGHER EDUCATION INSTITUTIONS - https://www.gov.za/sites/default/files/gcis_document/202011/43860gon1160.pdf) dui aan dat Afrikaans nie 'n inheemse taal is nie en sodoende word Afrikaans se status as taal van onderrig ernstig in die gedrang gebring. Onlangs is wel toegegee dat Afrikaans as 'n inheemse taal erken word - vgl. Kok, 2022 en Prince, 2022. Vir argumente hieroor in die media vergelyk onder andere Delport, 2021, McLachlan, 2021, Van Wyk, 2021.
14 Die taal van die slawe het Afrikaans verryk op talle vlakke. Alie (2016:517) sê die voorouers van die slawe (wat Maleis en Arabies gepraat het) "het die taal van die Nederlanders gebruik om 'n nuwe taal, Afrikaans, te begin."
15 "... Afrikaans (...) word gesien as 'n versameling van al sy variëteite" sê Webb (1992:340). Die onderskeie variëteite van Afrikaans (van Standaardafrikaans tot Kaapse Afrikaans, Griekwa-Afrikaans, Gariepafrikaans, Gauteng-Afrikaans, ens.) stel die sprekers van Afrikaans in staat om daagliks hulle leefwêreld in Afrikaans uit te leef.
16 "Afrikaans is not the language of white South Africans only" (Cluver, 1996), maar "has been traced back to the Bo-Kaap" (Kamaldien, 2014). "It's a language that belongs to all South Africans, wit, bruin, swart, pienk of groen" (Anoniem, 2015).
17 Afrikaans word steeds gebrandmerk as taal van die onderdrukker/verdrukker ten spyte daarvan dat Afrikaans ook die taal was wat gebruik is om die land van die apartheidsjuk te verlos. Vgl. Carstens & Raidt, 2019:652-658, Du Preez, 2015c.
18 Die regerings van voor 1994 het baie meer bronne as die ander tale in die land gekry en kon sodoende byvoorbeeld vinniger nuwe funksies verwerf en vinniger instellings (universiteite, ondernemings) oprig as die ander inheemse tale. Maar sedert 1994 het Afrikaans ook vir van die Afrikatale 'n model van ontwikkeling geword - as 'n taal wat bewese produkte gelewer het en baanbrekerswerk op verskeie terreine verrig het (vgl. Breed e.a., 2016; Pretorius, 2016; Wieringa & Carstens, 2022).
19 Dit is 'n beeld wat Afrikaans se nalatenskap sal bly besoedel, en Afrikaans sal nog vir geslagte in die woorde van die skrywer Jan Rabie "die rekening betaal vir die wandade van apartheid" (die skrywer Abraham de Vries, in De Vries & De Vries, 2017). Vgl. ook Du Preez, 2015a, Le Roux, 2016, De Vries & Willemse, 2018.
20 Van Rensburg (2017) herinner daaraan "(d)ie eerste Afrikaans het al in 1595 begin toe die Khoi-Khoin die Nederlandse seelui se eerste Nederlands probeer napraat het: Khoi-Afrikaans." Danksy die werk van proff. GS Nienaber (1949, 1960, 1953 en ander bronne) en meer onlangs Christo van Rensburg (2012, 2015, 2016, 2017, 2018) is daar meer insae gekry in die bydrae van die "Eerste mense" se Khoi-Afrikaans tot die ontwikkeling van Afrikaans. Boezak (2016:123-124) sê hieroor: "Dat dit ons vissersgemeenskappe was wat reeds teen die einde van 1500 al sukkelend met die verbygaande seevaarders 'n marktaal ontwikkel het; dat daardie vroeë babatreëtjies gegroei het tot loop-en-val Khoi-Afrikaans (Hottentot-Hollands) in moeisame pogings om te kommunikeer met die Hollanders wat in 1647 skipbreuk gely het; en later as onderhandelingstaal. Dié bastertaal vorder met hupstote binne verskeie groepe totdat dit vanaf 1875 deur die GRA gestandaardiseer is."
21 Vgl. Ponelis (1998:51), TT Cloete (2014:11). In bronne soos Kannemeyer (1983, 1984) en Van Coller (2015, 2016a, 2016b) word die omvang en aard van die Afrikaanse letterkunde goed beskryf.
22 Vgl. Ponelis (1998), Van den Berg (2002), McLachlan (2015b), Carstens & Raidt (2019: hoofstuk 18).
23 Vgl. Van Rensburg e.a. (1997), Van Oort (2016), Carstens & Raidt (2019:558-559).
24 Van Rensburg e.a. (1997: 49) sê: "'n Amptelike taal moet verskeie rolle kan vervul. Afrikaans het dié funksies relatief vinnig bygekry." Vgl. ook Bozzoli (2015), Carstens & Raidt (2019: hoofstukke 18 en 19), Thamm (2021). Vgl. Carstens (2021) oor die verlies van funksies van Afrikaans.
25 Afrikaans het 'n eie spellingstelsel (soos weerspieël in elf uitgawes van die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (AWS) oor honderd jaar (1997-2017), 'n indrukwekkende versameling woordeboeke, en in talle boeke word die grammatika en gebruik van die taal deeglik beskryf. Vgl. Van Schalkwyk & Kroes (1982:99), Van Rensburg e.a. (1997:66), Carstens & Raidt (2019).
26 Dit is 'n praktyk wat oor bykans 80 jaar opgebou is en dit word weerspieël in 'n eie Afrikaanse wetenskaplike vakwoordeskat, vakwoordeboek, omvattende wetenskaplike publikasies (boeke, nagraadse studie aan universiteite, akademiese vaktydskrifte waarin in Afrikaans gepubliseer word), vakkongresse waar in Afrikaans verslag gedoen word, en so meer. Hierdie uiters belangrike funksie van Afrikaans het die afgelope 15-20 jaar onder erge druk begin kom en Afrikaansspre-kendes publiseer en produseer deesdae al hoe meer in Engels, tot groot nadeel vir die ontwikkeling van die Afrikaanse vaktaal.
27 Dit word onder meer weerspieël in die webwerf LitNet waar wyd oor Afrikaanse kwessies (o.m. taal- en letterkunde, geskiedenis, filosofie, onderwys, ens.) berig word, spel- en grammatikatoetsers (soos Afrikaanse Skryfgoed 6), die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) se grammatikaportale, 'n Afrikaanse Wikipedia, Afrikaanse teenwoordigheid op talle webblaaie, ens. Vgl. Beukes (2006), Pretorius (2016), Wieringa & Carstens (2022).
28 Die Afrikaanse Taalraad (ATR) dien hier as voorbeeld van 'n uitreik- en saamwerkproses - vgl. Carstens (2013a), (2013b), Carstens & Raidt (2019:727-744), Prinsloo (red.) (2008) vir meer hieroor.
29 Van Rensburg (2012: Voorwoord) sê dit is belangrik om vas te stel "(H)oe pas almal se stukkies in die legkaart van Afrikaans in, as mens agterna daarna kyk? ... Hoe het (almal) hulle rolle in die geskiedenis van Afrikaans gespeel?"
30 Persoonlike mededeling via Facebook, Augustus 2021.

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons