SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.63 número2Plume seed blown further: Reimagining Van Wyk Louw in a Catholic contextNP van Wyk Louw: To walk in the shoes of the great ... índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Tydskr. geesteswet. vol.63 no.2 Pretoria Jun. 2023

http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2023/v63n2a14 

NAVORSINGS- EN OORSIGARTIKELS / RESEARCH AND REVIEW ARTICLES (2)

 

Historiese perspektief: Redes vir en gevolge van die betrokkenheid van groot moondhede in die Suezkanaal (Egipte), in besonder voor 1956 (Deel I)

 

Historical perspective: Reasons for and consequences of the involvement by great powers in the Suez Canal (Egypt), in particular before 1956 (Part I)

 

 

Riaan Eksteen

Senior Navorsingsgenoot, Fakulteit Geesteswetenskappe, Universiteit van Johannesburg, Suid-Afrika. E-pos: reksteen@swakop.com

 

 


OPSOMMING

In hierdie eerste van drie artikels word die geopolitieke belangrikheid van Egipte en die geostrategiese ligging van die landengte van Suez (Ismus) en daarná die kanaal self bespreek. Ook word gefokus op die bou van die kanaal en die noodsaaklikheid om beheer daaroor te verkry en te behou. In die laat 1700s en dwarsdeur die 19de eeu tot die middel van 1956 het Europese moondhede om verskeie redes in Egipte en dus ook die kanaal belanggestel. Intriges en konflik het by tye hoogty gevier. Baie was op die spel, gegewe die feit dat hierdie landengte en waar die kanaal later gebou sou word 'n besonder strategiese rol speel as verbindingslinie tussen Europa en die Ooste en ook die Indiese Oseaan. Dit het toenemend belangriker geword vir Brittanje om oor hierdie verbinding te beskik. Frankryk se betrokkenheid in Egipte begin in 1798 met Napoleon Bonaparte en later met Ferdinand de Lesseps wat die vergunning bekom het om die Suezkanaal te bou. Dit is in 1869 geopen en het 'n omwenteling in die verskeping van goedere tussen Brittanje en sy kolonies teweeggebring. Nadat Brittanje aanvanklik teen die bou van die kanaal gekant was, het hulle tog later 'n aandeel daarin verkry. In die toepassing van sy buitelandse beleid het Otto von Bismarck van Duitsland weinig belangstelling in Egipte getoon. Britse troepe word in 1882 in Egipte ontplooi om 'n nasionalistiese opstand te onderdruk. Die troepe bly aan tot na die Eerste Wereldoorlog. Die Entente Cordiale wat 40 jaar van bitter mededinging tussen Brittanje en Frankryk beëindig, het ook vir Brittanje 'n vrye hand in Egipte en vir Frankryk een in Marokko gegee. In 1922 het Egipte onafhanklik geword, maar Britse magte het aangebly om die Suezkanaal steeds te beskerm. Ná die Tweede Wereldoorlog het Brittanje sy militêre teenwoordigheid in die omstreke van die Suezkanaal aansienlik verhoog - iets wat Egiptenare geensins aangestaan het. Brittanje het min van die voordele wat uit die gebruik van die kanaal voortgespruit het aan Egipte oorgedra. 'n Reeks mislukkings in Brittanje se toepassing van sy buitelandse beleid het die basis vir die steeds groeiende en veelvlakkige konflik tussen Brittanje en Egipte aangevuur. Op 23 Julie 1952 word koning Faroek onttroon in 'n militêre staatsgreep waarin die jong kolonel Gamal Abdul Nasser die leidende rol speel. Daarná is Egipte nie meer dieselfde nie. Nasser het homself as 'n besondere leier nie net in Egipte nie, maar ook internasionaal gevestig, met een van die uitvloeisels van sy leierskap die nasionalisering van die Suezkanaal op 26 Julie 1956. Die gevolg hiervan strek vêr en wyd. In die tweede artikel word meer breedvoerig hierop ingegaan, terwyl die derde artikel oor die gevolge van die kanaalsluiting vir Suid-Afrika handel. Daar word gelet op die internasionale aandag wat op die seeroete om die Kaap gevestig is; die hersluiting van die kanaal in 1967 en Brittanje se oordrag van die vlootbasis by Simonstad in die laat 1950's aan Suid-Afrika.

Trefwoorde: Bismarck, Britse Ryk, Brittanje, Churchill, Eden, Egipte, Frankryk, Indië, Kaapse seeroete, Midde-Ooste, Napoleon Bonaparte, nasionali-sering, Nasser, staatsgreep, Suezkanaal


ABSTRACT

This first of three articles discusses the geopolitical importance of Egypt, the geostrategic location of the Isthmus of Suez and the channel itself. It also focuses on the construction of the canal and the imperatives to both control and retain possession of it. In the late 1700s and throughout the 19th century, up until mid-1956, European powers were interested in Egypt for various reasons, including the canal. Intermittent intrigues and conflict occurred from time to time. Much was at stake, given the fact that this Isthmus and where the canal would later be constructed, has a particular strategic significance in connecting Europe and the East and also the Indian Ocean. It became increasingly more important for Britain to control this link. France's involvement in Egypt began in 1798 with Napoleon Bonaparte and later with Ferdinand de Lesseps who was granted permission to build the Suez Canal. It was opened in 1869 and it revolutionised the shipment of goods between Britain and its colonies. Initially, Britain was opposed to the construction of the canal, but later acquired a share in it. Given the execution of his foreign policy, Germany's Otto von Bismarck showed little interest in Egypt. In 1882, British troops were deployed in Egypt to suppress a nationalist uprising. The troops stayed on until after World War I. The Entente Cordiale ended 40 years of bitter rivalry between Britain and France. It granted Britain a free hand in Egypt and France the same in Morocco. In 1922, Egypt became independent, but British forces still stayed on to protect the Suez Canal. After the Second World War, Britain increased its military presence in the vicinity of the Suez Canal considerably, but Egyptians were dissatisfied about that arrangement. Britain transferred few of the advantages derived from the use of the canal to Egypt. A series of failures by Britain in the application of its foreign policy fuelled the ever growing and multifaceted conflict between Britain and Egypt. On 23 July 1952, King Farouk was dethroned in a military coup d'état in which the young Colonel Gamal Abdul Nasser played the leading role. After that Egypt was not the same anymore. Nasser established himself as an exceptional leader, not only in Egypt, but also internationally, and as one of the outcomes of his leadership, the canal was nationalised on 26 July 1956. The consequences stretched far and wide. The second article addresses such consequences in general, while the third focuses, in particular, on the effect(s) closure of the canal has had for South Africa. Attention is paid to the sea route around the Cape, as well as the closure of the canal in 1967, bearing in mind Britain's transference of its naval base, Simonstown to South Africa in the late 1950s.

Keywords: Bismarck, Britain, British Empire, Cape sea route, Churchill, coup d'etat, Eden, Egypt, France, India, Middle-East, Napoleon Bonaparte, Nasser, nationalisation, Suez canal


 

 

Inleiding

Ná verloop van 70 jaar is 'n behoorlike waardebepaling nodig van die persoon wat op 23 Julie 1952 nie net op die Egiptiese toneel verskyn het nie, maar wat vir 18 jaar lank besluite geneem het wat telkens oor 'n wye internasionale spektrum gevibreer en kettingreaksies veroorsaak het wat nou nog duidelik blyk. Om Gamal Abdul Nasser te verstaan, moet Egipte eers verstaan word en die betrokkenheid van groot moondhede in Egipte uiteengesit word; en Egipte kan nie sonder Nasser verstaan word nie. Dan kan Egipte eweneens nie na waarde geskat word indien die Suezkanaal nie in berekening gebring word nie. Op sy beurt kan die kanaal se betekenis nie begryp word sonder dat Britse en Franse betrokkenheid in beide Egipte en Suez, tesame met die teenwoordigheid van die Ottomane en Napoleon Bonaparte in Egipte, nie ook bereken word nie. In hierdie artikel, die eerste van drie, word aandag hieraan gewy. Die gevolge van Nasser se epogmakende besluit op 26 Julie 1956 om die Suezkanaal te nasionaliseer, het wyd buite Egipte gestrek en verskeie wêreldleiers is ten nouste daardeur geraak. Die kanaal het 'n deurslaggewende rol in hierdie krisis, kenmerkend van die Koue Oorlog, gespeel toe dit die spilpunt van 'n kort oorlog tussen Egipte en die gekombineerde magte van Brittanje, Frankryk en Israel was.

In die tweede artikel word meer breedvoerig hierop ingegaan en word gelet op die belangrike geostrategiese faktore wat die krisis veroorsaak het, asook die wye reeks geopolitieke gevolge wat uit hierdie krisis vir elk van bogenoemde drie lande, sowel as vir Egipte en die VSA, afsonderlik en die Midde-Ooste as geheel voortgevloei het.

In die derde artikel word aandag gegee aan Nasser se optredes en die gebeure met die Suezkrisis wat bepaalde gevolge vir Algerië (dus ook Frankryk) en Suid-Afrika gehad het. Die strategiese ligging van Suid-Afrika het weereens wêreldwye aandag op die seeroete om die Kaap gevestig; ook toe die kanaal in 1967 weer gesluit was. Die status van die vlootbasis by Simonstad het ook in die laat 1950's verander Dan word twee belangwekkende aspekte ook aangespreek, naamlik die rol van die gedrukte media en optredes van prominente persoon-likhede oor wie daar ná die krisis vrae ontstaan het.

Die drie artikels beoog nie om teorieë te bespreek of te ontleed nie, maar eerder om 'n terugblik op gebeure van sewe dekades gelede te verskaf en aan te dui hoe die globale magsbalans fundamenteel daardeur verander is.

 

Gebeure in Egipte voor Julie 1952

Egipte het die mensdom al vanaf die vroegste tye gefassineer met die piramides by Giza net buite Kaïro wat een van die wonders van die ou-wêreld bly. Farao's en monarge was vir eeue die alleenheersers. Lesers ken van kindsbeen af die verhale wat in Egipte afspeel en in die Ou Testament opgeteken is. Met tussenposes het Napoleon Bonaparte en die Ottomanryk se Khedive, wat die onderkoning van Egipte tydens die Turkse heerskappy was, 'n rol gespeel: so ook die Britte met hul mandaat oor Egipte. Op 23 Julie 1952 het alles verander toe 'n dertigjarige kolonel in die Egiptiese weermag die hooffiguur in die groep geword het wat die heerskappy van koning Faroek in 'n militêre staatsgreep beëindig het - ongekende gebeure wat vir die eerste keer in Afrika plaasgevind het. Nasser betree hierná die politieke toneel in sy land en word weldra ook 'n prominente figuur op die wêreldverhoog.

Voordat die omverwerping van Faroek en die gebeure daarna bespreek word, moet aandag gegee word aan die teenwoordigheid van veral die Britte en Franse in Egipte, en natuurlik die bou van die Suezkanaal. Vanaf die vroegste jare het die kanaal om verskeie redes op bepaalde tye 'n vername rol gespeel. Die spil waarom alles gedraai het, is Egipte se geostrategiese ligging. Siegfried omskryf hierdie belangrikheid van die kanaal soos volg:

Of all the great roadways of the world, the sea road to India via the Isthmus of Suez is probably the most important, for it joins East and West, Asia and Europe - that is, the two most thickly-populated continents having the most ancient civilizations. The Isthmus itself, by virtue of its geographical position, has always been a focal point, but its greatest significance dates from the opening of the Canal, in 1869, at a time when Europe was triumphantly expanding, thanks to the industrial revolution and steam navigation. The rapid pace of industrialization could not have been kept up without access to raw materials from the uttermost parts of the earth and the opening of new markets for manufactured goods. And the introduction of America to the Far East in the twentieth century further enlarged the role of this intercontinental route. If the Canal is blocked or its efficiency impaired the whole Western World is affected.1

In die laat 19de eeu was die diplomatieke skaakspel in Europa aan die orde van die dag. Egipte was vir die Britte en Franse geopolities uiters belangrik.

From the inception of the Suez Canal ... the waterway, designed to link nations in commerce, has intermittently divided them in rivalries and war.2

Frankryk het dan ook reeds vroeg bepaalde skuiwe gemaak met betrekking tot Egipte.

 

Frankryk se betrokkenheid

Teen die laat 1790's was Brittanje Frankryk se sterkste teenstander. Brittanje was 'n handels-en koloniale moondheid en sy krag het gelê in sy ekonomie wat veral uit Indië versterk en deur Egipte via die Ismus (landengte wat die Middellandse See geografies met die Rooi See verbind) vervoer is. As Frankryk Egipte kon beheer, sou dit nie net die Britse ekonomie ondermyn nie, maar sy eie verstewig. Die militêre oogmerk van Frankryk was om Britse oorheersing in Egipte vinnig tot 'n einde te bring. Vanaf 1852 het Brittanje reeds 'n belangrike teenwoordigheid in die noorde van Egipte gehandhaaf: eerstens, om die handelsroete deur daardie land na Indië in stand te hou en tweedens om toesig te hou oor die konstruksie van die Kaïro-Alexandrië-spoorlyn wat die eerste Britse spoorlyn was wat op vreemde grond gebou is.3

Die Franse het lankal na Egipte gehunker en Franse regerings het sedert die dae van koning Lodewyk XIV reeds daarvan gedroom om die land binne te val. So het daardie opsie aantrekliker begin word ná die verlies van Frankryk se voormalige kolonies in Indië4 en Kanada.5 Egipte het in die Franse se denke van globale invloed en oorheersing gepas en in die middel van die 18de eeu was Egipte 'n stabiele en kultuurryke land. Sy sterk handelsbande het die land se kultuur versprei wat die Europese hoër- en middelklas geweldig geïmponeer het. Europeërs het Egipte as eksoties maar tog ook as eenvoudig beskou en dus 'n plek om te ervaar en een wat hulle kon en behoort te oorheers. Die politieke krisisse wat Egipte vanaf die 1760's gedestabiliseer het, het nie hierdie beeld geskaad nie.

Napoleon Bonaparte het die waarde van geografie besef en die dissipline daarvan waardeer. Verder het sy geostrategiese analise hom in staat gestel om sy geopolitiek te bedryf. Vir hom was geografiese geletterdheid en die belangrikheid van geopolitieke analise oorheersend in sy strategiese besluitneming.6 Hy het Talleyrand, wat minister van Buitelandse Sake was, gekry om die Egiptiese ekspedisie te bevorder. So het Talleyrand die verantwoordelikheid aanvaar om Egipte binne te val, wat op sy beurt weer die geleentheid aan hom gebied het om sy eie beeld te poets in die naam van politieke pragmatisme. Napoleon se politieke ambisie was enorm en Talleyrand se voorstel het daardie ambisie van Napoleon gepas. Wat kon groter wees as om die eksotiese juweel van Egipte te verower?

Op 1 Julie 1798 het Napoleon met 400 skepe en 54 000 troepe geland om Egipte binne te val. Kort vantevore het hy 'n suksesvolle veldtog in Italië onderneem, maar hierdie Egiptiese ekspedisie sou anders verloop. Die Franse vloot, wat in die Egiptiese hawe Abukir voor anker gelê het, is deur die Britte aangeval terwyl 'n weerstand onder die Egiptiese bevolking teen die Franse begin toeneem het. Uiteindelik het die Ottomaanse sultan 'n heilige oorlog teen die Franse verklaar wat 'n opstand in Kaïro aangewakker het. Napoleon het met geweld teen burgery reageer en nie eens die ontheiliging en plundering van die Al Azhar-moskee ontsien nie. Die veldtog het uiteindelik op 'n mislukking uitgeloop met 15 000 Franse troepe wat in aksie gedood is en honderde wat van siekte gesterf het. In Augustus 1799 vertrek Napoleon stilweg per skip na Frankryk en hy laat sy oorblywende troepe agter onder die bevel van generaal Kléber. Met sy vertrek het Napoleon die laaste hoofstuk van die verwoestende Franse ekspedisie na Egipte ingelui.

Wat twee jaar tevore op 'n triomfantlike noot begin het, het in 1801 tot 'n einde gekom. Napoleon se reputasie as 'n briljante militêre bevelvoerder het egter ongeskonde gebly en het aanhou toeneem ten spyte van sommige van sy mislukkings tydens die veldtog. Terug in Frankryk het hy voordeel getrek uit sy militêre reputasie. Hoewel sy veldtog in Egipte nie die resultate opgelewer het waarop hy staatgemaak het nie, het hy wel 'n reeks treffende suksesse behaal. Dit het baie goeie dekking in Frankryk gekry en hy het 'n huishoudelike naam geword. Teen 1799, toe die aansien van die regering in Frankryk al hoe meer steun verloor en net nie meer in staat was om enige soort entoesiasme aan te wakker nie, neem Napoleon se gewildheid steeds toe. Hier het Talleyrand 'n deurslaggewende rol gespeel om die grondslag vir Napoleon se bewind te lê en te versterk.

Dit was egter nie net 'n militêre ekspedisie nie. Saam met die bepaalde strategiese militêre belang in Egipte is wetenskaplike doeleindes ook nagestreef en gevolglik het Napoleon 160 geleerdes saamgeneem na Egipte. Hulle werk sou hom amper meer glorie besorg as sy weermag. Wat hierdie geleerdes kon verskaf, was 'n magdom kennis wat na Frankryk teruggeneem en vandaar oor die wêreld versprei is. Napoleon wou meer oor Egipte weet. Sy inval in Egipte het gelei tot die aanvang van Egiptologie, soos dit vandag bekendstaan. Die Franse teenwoor-digheid in Egipte wat net drie jaar geduur het, het egter diep spore in hierdie kort tydjie agtergelaat. In Egipte word Frankryk as 'n rolmodel beskou. Terug in Frankryk gebruik Napoleon die aura van die Egipte-ekspedisie behendig tot sy eie voordeel. Alhoewel dit 'n militêre debakel was, was dit nietemin 'n wetenskaplike sukses. Flora en fauna word fyn gedokumenteer; die hele land word vir die eerste keer volledig gekartografeer; die nalatenskap van die Farao's word deeglik nagevors en opgeteken. Die wetenskaplike hoogtepunt is ongetwyfeld die ontdekking van die Rosettasteen wat etlike jare later die sleutel word om die Egiptiese hiërogliewe te ontsyfer. Byna 400 voorwerpe word na Frankryk verskeep. Saam met al die inligting wat oor Egipte versamel is, ontstaan 'n golf van Egiptomania. Oriëntalisme in letterkunde en kuns ontwikkel wat in die laat 19de eeu in die skilderye van Delacroix tot 'n hoogtepunt kom. Vir een van die projekte wat Napoleon wil aanpak, stuur hy 'n span landmeters om die haalbaarheid van die bou van 'n kanaal van die Rooi See na die Middellandse See te ondersoek. Vier afsonderlike ondersoeke kom elke keer tot dieselfde foutiewe gevolgtrekking: die vlakke van die Middellandse See en die Rooi See verskil aansienlik van mekaar. Gevolglik waarsku hulle Napoleon dat enige poging om 'n kanaal te bou, katastrofale oorstromings in die Nyldelta kan veroorsaak. Die landmeters se foutiewe berekeninge was genoeg om hom van die projek te laat afsien. Frankryk se betrokkenheid om die kanaal uiteindelik 'n werklikheid te maak, het egter nie daar opgehou nie.

Die historiese en kulturele erfenis van die gebiede wat deur die grense van die moderne Egiptiese staat omring word, is lank reeds gevorm deur drie sfere van invloed: Arabies-Islamities, Afrika en Europees. Die besetting van Egipte deur Frankryk in 1789 het egter die balans van invloed noordwaarts na Europa geswaai. Met meer as net 'n militêre onderneming het die Napoleontiese ekspedisie beoog om die ideale van die Franse Rewolusie - vryheid, gelykheid en broederskap - na Egipte te bring. Alhoewel die Franse Egipte slegs vir drie jaar beset het, het hulle 'n onuitwisbare impak op velerlei terreine van die Egiptiese samelewing gelaat. Handelsbelange is ook bevorder en beskerm terwyl die Britte se toegang tot Indië ondermyn is. Gedurende sy tyd in Egipte het Napoleon sy heerskappy met 'n kombinasie van dwang en ideologie laat geld. Die versoenbaarheid van Islamitiese en republikeinse waardes is beklemtoon in 'n staat waarin 'n Islamitiese republiek later gevestig kon word en politiek in 'n godsdienstige raamwerk verweef kon word. Op hierdie manier is die "nasionale self in Egipte gevoed en het die soeke na selfdefinisie begin wat veel later onder Nasser 'n werklikheid sou word.

 

Aanloop tot die bou van die Suezkanaal

Ná die Anglo-Ottomaanse veldtog om Napoleon se Franse magte in 1801 te verdryf, is Egipte as 'n waardevolle Ottomaanse provinsie onder die beheer van 'n ambisieuse Turkse militêre offisier, Mehmed Ali Pasha, geplaas. In sy pogings om Egipte uit die wentelbaan van Istanboel te verwyder en 'n outonome dinastie vir homself en sy erfgename te vestig, het hy aktief nuwe ekonomiese bande met Europa gesmee. Om die koste van die weermag en sy ander staatprojekte te finansier, het Mehmed Ali twee deurslaggewende besluite geneem, wat albei Europese belange in Egipte aansienlik sou versterk. Eerstens, met die erkenning van die groeiende vraag na rou vesel om die industriële meulens van Lancashire te voed, het Mehmed Ali sy weermag gebruik om kleinboere te dwing om katoen in plaas van ander gewasse te kweek. Oor die komende dekades, soos wat katoenverbouing oor die Nyldelta versprei het, sou daardie besluit die lot van Egipte se staatsprojekte al hoe meer aan die uitvoer van daardie enkele kommoditeit verbind, maar wat al hoe meer onstabiel geraak het namate Amerikaanse plantasie-eienaars gelyktydig groter oeste geproduseer het. Tweedens, as Mehmed Ali die belofte van hoër inkomste in nuwe gebruike van Egipte se ryk landbougrond gesien het, het hy ook probeer om op nuwe maniere voordeel te trek uit die land se eeueoue status as 'n geografiese verbinding tussen die Ooste en die Weste om daardeur Egiptiese grondgebied as die belangrikste deurgang vir verkeer tussen Europa en Asië te vestig en te verseker. Aan die begin van die 1820's begin hy meer aandag daaraan skenk om hierdie roete oorland van die Middellandse See na die Rooi See te ontwikkel. Hoe meer skepe by Egiptiese hawens land en hoe meer verkeer oor Egiptiese grondgebied gegaan het, hoe meer fooie kon onttrek word uit die beweging van kommersiële goedere, pos, reisigers en soldate. Die doel was om Egipte aantrekliker te maak as die gevestigde seeroete om die Kaap die Goeie Hoop óf ook ander aanspraakmakers op 'n deurtog oor land deur Mesopotamië of Persië. In samewerking met 'n Britse entrepreneur genaamd Thomas Waghorn, het Mehmed Ali aansienlike hulpbronne bestee om die nodige infrastruktuur te ontwikkel om reistye oor land tussen Alexandrië na die hawe Suez by die Rooi See te verkort.

 

Ferdinand de Lesseps verskyn op die toneel

Dat hierdie roete uiteindelik deur 'n maritieme kanaal vervang is, was die gevolg van 'n onwaarskynlike sameloop van historiese wêreldgebeure aan beide kante van die Middellandse See. In 1847 bevestig 'n span navorsers uiteindelik dat daar geen ernstige verskil in vlakke tussen die Middellandse See en die Rooisee is nie. In 1854 begin die beplanning vir die Suezkanaal amptelik. Nadat hy Egipte vir meer as vier dekades regeer het, sterf Mehmed Ali die daaropvolgende jaar. In dieselfde jaar het 'n verwoestende ekonomiese krisis gehelp om steun aan te wakker vir die populêre stryd wat oor 'n groot deel van Europa uitgebreek het. Daardie revolusionêre ambisies - wat beroemd deur Marx en Engels in die Kommunistiese Manifes verwoord is7 - is vinnig en gewelddadig onderdruk en sou die werking van globale finansies en die verband daarvan met die uitbou van kolossale infrastruktuurprojekte regoor die wêreld totaal verander. Soos die stof van die rewolusies gaan lê het, het 'n nuwe generasie bankiers en entrepreneurs in Europa se groot finansiële sentrums voorsien dat politieke stabiliteit, sowel as winste, kan spruit uit die letterlike hervorming van die wêreld. Die manier om die herhaling van sulke bedreigings vir die sosiale orde te voorkom, het hulle aangevoer, was nie net om nuwe stedelike ruimtes te ontwerp wat minder kwesbaar is vir die magte van populêre opstand nie, maar om in die buiteland te soek na nuwe geleenthede om beskikbare kapitaal en arbeid te laat saamwerk. Egipte se vervoergeleenthede het dienooreenkomstig aandag getrek. Dit was in hierdie konteks dat Ferdinand de Lesseps se planne vir 'n gesamentlike aandelemaatskappy om 'n maritieme kanaal deur die landengte van Suez uit te grawe en te bestuur begin het om vorm aan te neem.

Hy was geensins die eerste om die idee te propageer nie, maar daardie vroeëre voorstelle het hewige teenkanting in Egipte sowel as in Europa ontketen. Nadat hy aansienlike hulpbronne aan die ontwikkeling van die oorlandroete gewy het, was Mehmed Ali heeltemal gekant teen die idee van 'n kanaal, aangesien hy bang was dat 'n maritieme kanaal wat deur Franse beleggers gebou en geadministreer sou word, moontlik Egipte se toe reeds lonende inkomste uit die transitohandel sou ondermyn. Sy Britse vennote het dié kommer gedeel. Lord Palmerston se regering in Londen het die kanaal ook beskou as die jongste Franse skema om die veiligheid van Britse belange na en in Indië te bedreig.8 De Lesseps was egter in staat om 'n ooreenkoms met Ibrahim Pasha, Mehmed Ali se seun en opvolger, te beding en die Suezkanaal-maatskappy is gestig.

Aangesien De Lesseps se voorgestelde kanaal die steun van die Franse keiser Napoleon III geniet het, was die Britse regering sterk gekant teen die bou daarvan. Baie Britse politici het die konstruksie daarvan beskou as 'n politieke skema wat daarop gemik was om die Britse oorheersing van globale skeepvaart te ondermyn. Die Britse ambassadeur in Frankryk het selfs aangevoer dat ondersteuning van die kanaal niks minder as 'n "selfmoorddaad" sou wees nie. Toe De Lesseps probeer om aandele in die kanaalmaatskappy te verkoop, het Britse koerante die projek bestempel as 'n flagrante poging om eenvoudige mense te beroof. De Lesseps was voorts in 'n openbare woordestryd met Lord Palmerston betrokke en het selfs die spoorwegingenieur, Robert Stephenson, tot 'n tweegeveg uitgedaag nadat laasgenoemde die projek in die parlement veroordeel het. Dwarsdeur die Britse Ryk is voortgegaan om die bou van die kanaal af te kraak. De Lesseps het volhard om die projek se voordele te bemark met die klem daarop dat dit universele voordele vir maritieme nasies sou inhou. Die kanaal sou die roete van Brittanje na Indië met 4 000 seemyl verkort, maar tog was Brittanje die kanaal se mees gedugte vyand.

De Lesseps was egter uitgeslape en sy vorige ervarings as diplomaat in Egipte het hom goed te pas gekom om sy plan vir 'n kanaal te bevorder. Hy het dus daardie ervaring en sy kontakte in Egipte behendig namens potensiële beleggers in die projek aangewend. Sy hartlike verhoudings met Said Pasha, wat hy ontwikkel het terwyl hy in die 1830's in Egipte gedien het, het hom in staat gestel om 'n toegewing vir die uitgrawe van 'n kanaal te verkry ten spyte van hewige teenkanting van Said Pasha se ministers.

Die bepalings van daardie ooreenkoms was deurslaggewend. In ruil vir 15% van die kanaal se toekomstige winste, het Egipte aan die kanaalmaatskappy 'n 99-jaar-huurkontrak oor die grond waardeur die kanaal sou loop, toegestaan. Om beleggers regoor Europa te lok om aandele in die maatskappy te koop en die kapitaal bymekaar te maak wat nodig was om die reuseonderneming te finansier, het Said hom daartoe verbind om Egiptiese gedwonge arbeid beskikbaar te stel vir die sieldodende werk om deur soveel sand en modder te grawe. Dit het massiewe arbeid vereis. Die Egiptiese regering het aanvanklik die meeste arbeiders voorsien deur armes te dwing, soms onder dreigemente van geweld, om teen nominale betaling te werk. Vroeë gedeeltes van die kanaal is met die hand gegrawe. Vordering was dus pynlik stadig. Die projek het 'n probleem geword toe die Egiptiese heerser, Ismail Pasha, die gebruik van dwangarbeid in 1863 skielik verbied. Gekonfronteer met 'n kritieke tekort aan werkers het De Lesseps en die kanaalmaatskappy hul strategie verander en 'n paar honderd stoom- en steenkoolaangedrewe grawe en baggerbote begin gebruik om die kanaal te grawe. Dit het die projek die nodige hupstoot gegee en die maatskappy het vinnig vordering gemaak tydens die laaste twee jaar van konstruksie. Van die 75 miljoen kubieke meter sand wat uiteindelik verwyder is, het swaar masjinerie sowat driekwart daarvan hanteer.

Ten spyte van die buitengewoon ruim bepalings van die konsessie-ooreenkoms, het De Lesseps uiteindelik gesukkel om kopers vir aandele in sy Compagnie Universelle du Canal Maritime de Suez te kry. Die doel van die Suezkanaal wat hy aan voornemende beleggers voorgehou het, was nie bloot groter onderlinge verbinding om internasionale vervoer doeltreffender te maak nie, maar om transitogelde te hef vir die skepe wat deur die kanaal beweeg. Nadat hy deur Europa getoer het om die kanaal as 'n voordeel vir die hele mensdom te bevorder, het De Lesseps gehoop om duisende beleggers te bekom in sy "universele maatskappy". Hierdie metode om kapitaal bymekaar te maak deur 'n massa-intekening van klein aandele was so nuut soos die ingenieursprestasie self. Die meeste mense wat dit wel aangehoor het, het dit as te duur en te riskant beskou. Ander buite Frankryk het dit steeds gesien as 'n duidelik Franse projek wat eng Franse belange sou dien.

 

Gevolge van Egipte se finansiële verknorsing

Met vertroue in De Lesseps se talente as 'n verkoopsman, het Said hom egter daartoe verbind om enige onbetaalde aandele te koop. Toe De Lesseps te kort skiet, is Said gedwing om die ooreenkoms na te kom en die res te koop. Daardie groot onvoorsiene uitgawe aan die kanaal was gou baie meer as wat die Egiptiese regering kon dek ten spyte van drakoniese pogings om meer inkomste uit die platteland te verkry. Dit het die finansiële balans in Europa se guns geswaai wat 'n rampspoedige politieke gevolg vir Egipte ingehou het. Said en sy opvolger moes 'n reeks lenings by vooraanstaande banke in belangrike finansiële sentrums in Europa aangaan om die groot begrotingstekort aan te vul. 'n Kortstondige oplewing in globale katoenpryse tydens die Amerikaanse Burgeroorlog (1861-1865) het Egipte in staat gestel om teen die opgeblase inkomste van sy katoenoeste te leen. Toe daardie oorlog verby is, het katoenpryse gedaal, wat die las ondraaglik gemaak het vir Egipte. Teen die laat 1860's het Ismail se regering verdere lenings op toenemend onvolhoubare voorwaardes aangegaan om al daardie vroeëre skuld te dek. Nóg later, om tyd te probeer wen, het Ismail Egiptiese aandeelhouding in die kanaal aan die Britse regering verkoop in 'n desperate poging om met die betalings tred te hou.

The Suez Canal shares were the only saleable assets. ... In the eighties, British shipping totalled 75 per cent. of all tonnage passing through the Canal.9

Die Britte wat teen daardie tyd bewus was van die dwaasheid van hul lang opposisie teen die kanaal het 'n geleentheid gesien om te herstel. Vir vier miljoen pond (ongeveer 20 miljoen dollar toe dit baie meer werd was as nou) kon hulle die Egiptiese aandele koop - en in werklikheid die kanaal. Die Britte het uiteindelik wel 'n belang van 44 persent in die kanaal-maatskappy bekom en het sodoende in 1875 'n groot aandeelhouer in die Suezkanaalmaat-skappy geword.

The Government has recovered by a single act of far-sighted courage the reputation damaged by the many failures of the present Recess. The purchase of the Khedive's shares in the Suez Canal on behalf of the British Government is a most important step, and one which it required no small courage and decision to adopt. It is no light thing for a British Minister to promise £4,000,000 sterling, and engage in an enterprise which may cost millions more, without consulting Parliament, and that the Cabinet has ventured to do this is an evidence of energy which is as unexpected as it is agreeable. The negotiation, moreover, has been managed in the most reassuring way. Its entire history, its suddenness, its complete success, its audacity - for the news will fall like a thunderbolt both in Paris and Constantinople - serves to show that on some points at least there is firmness in British counsel; that our Government can still ensure perfect secrecy in a most important transaction; and that our statesmen have not forgotten that national wealth, though sometimes an embarrassment, can sometimes also be used as a most potent weapon.10

Met die Britse regering, wat self die sekuriteit gewaarborg het, is die geld byna van die een dag op die volgende deur die Rothschild-bankfamilie ingesamel. Die aankoop het wêreldwye konsternasie veroorsaak en in 1888 het nege groot lande vergader om die internasionale status van die kanaal vir alle tye te bevestig. Dit was egter te min te laat. Die volgende jaar het Egipte versuim om sy leningsverpligtinge na te kom en verteenwoordigers van die buitelandse effekte-houers het beheer oor die staat se finansies verkry en besparingsmaatreëls ingestel. Die besnoeiings was baie ongewild en teen die vroeë 1880's het openbare verontwaardiging oorgegaan in 'n beweging vir grondwetlike heerskappy en 'n terugkeer na fiskale soewereiniteit. In 1881 het Egipte groot omwentelinge ondergaan. Die regering van Tewfik Pasha het protesopstande ervaar wat deur Islamitiese nasionalisme aangevuur is om hom en daarmee ook Europese invloed te verwyder. Uit vrees dat die nasionaliste volle beheer oor die land en dus ook die Suezkanaal sou verkry, moes die Britte noodgedwonge militêr ingryp om Tewfik Pasha se bewind te herstel. Die Britte het blykbaar opgetree (of so is beweer) om Britse finansiële en strategiese belange te beskerm. Alhoewel die Franse ook aansienlike ekonomiese belange in Egipte gehad het en ook reeds saam met Brittanje opgetree het om beheer oor Egipte se finansies uit te oefen, was Frankryk nie bereid om aan die besettingaanval deel te neem nie.11 Die Anglo-Egiptiese Oorlog het van Julie tot September 1882 geduur. Die Britte het die Egiptiese nasionaliste maklik verslaan en Tewfik Pasha se bewind is herstel, maar die oorwinning het terselfdertyd meegebring dat Brittanje beheer oor die Suezkanaal geneem het.

Egypt became a protectorate of the British Empire, which meant that while Egypt had its own government it was still heavily influenced and controlled by the British. As such, the British considered Egypt to be under its "protection" and guided the African nation in ways that best suited the British.12

Hierdie laasgenoemde gegewe het die Britte dekades later duur te staan gekom.

 

Opening van die kanaal

Toe die Suezkanaal in 1869 voltooi is, het die Franse beeldhouer Frédéric-Auguste Bartholdi probeer om De Lesseps en die Egiptiese regering te oortuig om hom te kry om 'n beeldhouwerk genaamd "Egipte wat lig na Asië bring" te skep wat by die kanaal se ingang vanaf die Middellandse See opgerig kon word. Geïnspireer deur die antieke Kolossus van Rhodes het Bartholdi 'n standbeeld van 27 meter hoog van 'n vrou in Egiptiese drag wat 'n massiewe fakkel vashou, voorgestel. Dit sou ook as vuurtoring vir skepe in die kanaal kon dien. Alhoewel hierdie projek nooit gerealiseer het nie, het Bartholdi tog voortgegaan om die standbeeld te voltooi. In 1886 is dit uiteindelik amptelik by die ingang na New York se hawe onthul as "Liberty Enlightening the World" as 'n geskenk van die Franse aan die VSA om honderd jaar van onafhanklikheid te herdenk. Later het dit beter bekend geword as die "Statue of Liberty" wat op Vryheidseiland staan.13

Die kanaal is op 17 November 1869 geopen en beskryf as een van die mees glansryke gebeurtenisse van daardie eeu. Die Egiptiese Khedive, Ismail, het koninklikes genooi, waaronder die Sultan van Turkye, die Franse keiserin Eugénie, vrou van Napoleon III wat 'n belangrike invloed op haar man se buitelandse beleid gehad het en haar persoonlike betrokkenheid om Franse steun vir De Lesseps se projek te werf, die Oostenryk-Hongaarse keiser Franz Joseph en die kroonprinse van Pruise en Nederland.14 Die Suezkanaal is feestelik en formeel geopen deur 'n konvooi van 46 skepe wat die keiserlike Franse seiljag L 'Aigle met die keiserin aan boord ingesluit het.

As gevolg van die uitgestrekte Britse Ryk en sy oorweldigende vlootmag was dit vir Brittanje van kardinale belang om die Suezkanaal te beheer. Trouens, Britse imperialisme in Indië was 'n kernrede vir Britse belangstelling in Egipte, aangesien die kanaal Brittanje 'n vinniger en meer direkte roete na sy kolonies in die Verre Ooste en die Indiese Oseaan gegee het. Aldus het die Britte die Suezkanaal beskou as die reddingsboei van die Britse Ryk met die verbeterde en sneller toegang tot Indië. Bowendien het Indië al meer onder die aandag van die wêreld gekom en het die lang seereis om die Kaap die Goeie Hoop onnodig geword.15

 

Direkte Britse betrokkenhbeid

Verdere uitbreiding van handel was gevolglik moontlik en dit het gelei tot 'n omwenteling met die hoeveelhede en verskeidenheid goedere wat tussen Brittanje en sy kolonies, veral Indië, verskeep is.

It is estimated that about half the whole foreign trade of India has taken the route of the Suez Canal.16

Britse adviseurs het nou gesorg dat ongeveer die helfte van Egipte se jaarlikse belastinginkomste stiptelik aan buitelandse verbandhouers oorbetaal moes word. Die Britse Tesourie het intussen die enkel grootste aandeelhouer in die kanaalmaatskappy geword, en Brittanje het die groeiende winste op verkeer deur die kanaal aangewend om begrotingskoste aan belastingbetalers in Brittanje te dek. Egipte en sy inwoners het weinig voordeel hieruit getrek.

The British Government, after a deliberation almost needlessly long, has agreed to propose to the Powers that the Suez Canal shall be declared a free water-way for the world, an arm of the sea, to be traversed at discretion by the navies and commercial steamers of all Powers wishing to use it. Those who pass must pay duties for the privilege.17

Die geskiedenis van Egipte onder die Britte het geduur vanaf 1882 - toe dit deur Britse magte tydens die Anglo-Egiptiese Oorlog beset is - tot 1956 toe die laaste Britse magte ingevolge die Anglo-Egiptiese ooreenkoms van 1954 onttrek het. Gedurende die eerste tydperk van Britse bewind (1882-1914) het die Khedivate van Egipte 'n outonome provinsie van die Ottomaanse Ryk gebly. Die Britse besetting het geen regsgrondslag gehad nie en gesamentlike beheer saam met die Franse is oor die Suezkanaal uitgeoefen. Alhoewel Brittanje Egipte as 'n de facto protektoraat bestuur het, is dikwels daarna verwys as die "verskuilde protektoraat" en was Egipte nooit deel van die Britse Ryk nie. Vanuit 'n Britse perspektief beskou, was hulle in Egipte nie ter wille van Egiptenare nie, maar eerder ter wille van Europa in die algemeen en Brittanje in die besonder. Alhoewel Egipte nie 'n formele Britse kolonie was nie, het dit nietemin baie van die eienskappe van 'n Britse kolonie gehad. Hierdie feit laat Louis met die volgende stelling: "As with colonization, so with the Suez Crisis: Egypt became the 'driveshaft in a vast geopolitical machine'".18 Die kanaal en die Ryk se buiteposte oos van die kanaal was strategies van deurslaggewende belang vir Brittanje.

In proportion to the growing importance of our Indian empire and Eastern trade, the desire of more frequent and speedy intercourse with India increases. At present a general "pressure from without" is brought to bear upon the Government and East India Company by the mercantile interests, joined by that numerous portions of the public who have friends and connexions in the civil or military service.19

Volgens Robinson het die kanaal se vroeë werking ook 'n bepaalde uitwerking op die kolonisasie van Afrika gehad: "Occurring at precisely the same time as the 'Scramble for Africa'".20

Toe die Ottomaanse Ryk aan die kant van die Sentrale Moondhede by die Eerste Wêreldoorlog aangesluit het, het Brittanje wel 'n protektoraat oor Egipte verklaar. Die regerende Khedive is afgesit en sy opvolger, Hussein Kamel, was verplig om homself in Desember 1914 tot Sultan van Egipte onafhanklik van die Ottomane te verklaar. Die formele protektoraat oor Egipte het die oorlog oorleef.

The Treaty of Versailles Germany consented to the transfer to the British Government of all powers conferred upon the Sultan by the Convention of 1888 relating to the Suez Canal. Also it recognized the British protectorate in Egypt as of August 4, 1914.21

Hierdie bepaling het egter verval toe die Britse regering Egipte onafhanklik verklaar het op 28 Februarie 1922. Ten spyte van Sultan Fuad I wat homself kort daarna tot koning van Egipte verklaar het, het die Britse besetting voortgegaan ooreenkomstig verskeie bepalings in die verklaring van onafhanklikheid. Die situasie is later genormaliseer in die Anglo-Egiptiese verdrag van 1936 wat aan Brittanje die reg verleen het om troepe in Egipte te plaas vir die verdediging van die Suezkanaal om sodoende sy bande met Indië te beskerm: "It was England's chief interest to keep the waterway to India open."22

Met die koms van die Suezkanaal het die Middellandse See gou die hoofslagaar23 van die Ryk geword vir die vervoer van goedere en troepe na en van die kolonies. In die Middellandse See was daar 'n sterk Britse teenwoordigheid as gevolg van die vloot se onversadigbare vraag na basisse. Almal het ten doel gehad om die noodsaaklike kommunikasielyne na Indië te beveilig en hierdie buiteposte van die Ryk was van besliste strategiese waarde vir Brittanje.24Die muitery in Indië in 1857 het die strategiese belangrikheid daarvan genoodsaak om inligting en troepe so vinnig as moontlik na hierdie kolonie te verskuif. Verder het die voltooiing van die kanaal ook gehelp om 'n verskuiwing in die tegnologie van wêreldwye skeepsvervoer te weeg te bring. Onvoorspelbare winde en die smalheid van die kanaal het beteken dat seilskepe nie sonder probleme daardeur kon vaar nie.

The Suez Canal, owing to the tortuous, rocky navigation of the Red Sea, together with its variable winds and terrific heat, is practically useless for sailing ships, which, therefore, in order to reach the Indies, China, and Australia must sail around the Cape of Good Hope.25

Die Suezkanaal het met ander woorde 'n nuwe generasie skepe geakkommodeer wat deur fossielbrandstowwe aangedryf is.26 In die laaste helfte van die 19de eeu was daar steeds redes om wind as die dryfveer vir seereise te verkies omdat dit niks gekos het nie, geen vragspasie opgeneem het nie, nie ontplof het nie en ook die noodsaak van gereelde brandstofinname uitgeskakel het. Maar omdat die enorme voordele van die roete om die Kaap hoofsaaklik vir seilskepe beskikbaar was, het die Suezkanaal 'n beduidende rol gespeel om gouer meer aandag te skenk aan skepe wat steenkool verbrand het.

The completion of the Suez Canal has already affected the rate of freights to and from India and China around the Cape of Good Hope.27

Die wedywering tussen Brittanje en Frankryk oor Egipte en die Suezkanaal het in die laaste deel van die 1800's steeds voortgeduur.

 

Otto von Bismarck en Duitsland se benadering tot Egipte

Hierdie stigter en eerste kanselier van die Duitse Ryk het 'n bepaalde benadering tot Egipte ingeneem en dit as 'n integrale deel van sy buitelandse beleid beskou. Egipte se geostrategiese ligging het dit 'n gesogte voorwerp van Europese imperialisme gemaak. Dit was hoofsaaklik Brittanje en Frankryk wat meegeding het vir groter invloed in Egipte. Beide was ongerus oor die moontlikheid dat nog 'n party in Egipte betrokke sou raak. Bismarck was allermins van voorneme om direk by enige aktiwiteit in Egipte betrokke te raak.28 Hy het nie eintlik 'n politieke doel daar nagestreef nie. Vir hom was dit noodsaaklik om ander lande aanhoudend oor en in die Midde-Ooste te laat stry. Verder het hy Egipte bloot gebruik om Duitse belange elders te bevorder. Die koloniale droom het hom baie nuttig te pas gekom. So het hy die Franse en die Britte teen mekaar afgespeel29 en hul wedersydse wedywering berekend uitgebuit om sy land se belange te bevorder.

Let the Maritime Powers play with Africa and Asia to their hearts' content, had been his line; it will keep them out of mischief nearer home and also, with a stroke of luck here and a cunning nudge there, put them at each other's throats. Italy could be set against France in Tunis; Britain and France against each other in Egypt.30

Pakenham noem een so 'n voorbeeld: "Bismarck was egging on the French ... [And the British asking why they] had fallen for Bismarck's malevolent game?"31 Hieroor merk Kissinger ook

op:

Bismarck did his utmost to satisfy French colonial expansion ... [and] to embroil France with colonial rivals, especially Great Britain.32

Kissinger beskryf Bismarck se diplomasie as "intricate and subtle",33 terwyl Crankshaw 'n insiggewende uiteensetting van Bismarck se geheime diplomasie gee.34 Om hierdie diplomasie van Bismarck te begryp, is dit belangrik om die voorgeskiedenis van gebeure in gedagte te hou. Vanaf die begin van Brittanje se besetting van Egipte in 1882 tot die begin van 1884 was die verhoudinge tussen Duitsland en Brittanje uiters gemoedelik. Die besetting van Egipte het Brittanje met 'n magdom internasionale probleme gelaat. Frankryk, wat tot op daardie stadium met Brittanje in Egipte saamgewerk het, het egter geweier om aan 'n gewapende ingryping deel te neem. Wat die Egiptiese vraagstuk so belangrik en deurslaggewend gemaak het, was dat hierdie besetting die Anglo-Franse entente waarvolgens sake in Egipte voorheen gereguleer is, beëindig het. Gevolglik was Frankryk nie meer 'n bondgenoot nie maar eerder 'n kritikus.35Elkeen moes nou sy eie terme met Bismarck bereik. Finansiële belange was nie 'n kwessie nie: Bismarck het die ekonomiese uitbuiting van Egipte aan andere oorgelaat. Daarom het hy nie geaarsel om die spanning tussen die twee magte wat reeds in Egipte betrokke was, te verhoog nie. Hiermee het hy 'n fyn spel gespeel en Brittanje by feitlik elke geleentheid aangemoedig om nog meer in Egipte betrokke te raak, welwetende dat enige sodanige aktiwiteit onvermydelik tot konflik met Frankryk sou lei en Britse aandag aan sy belange elders sou verminder. Retrospektief beskou was dit dus nie verbasend dat Bismarck die Britte oorreed het om Egipte in 1882 te beset nie. Hy het op behendige wyse, sommige sal reken dat dit eerder slinks was, Egipte eintlik as niks meer as 'n verdelingsmeganisme en -strategie aangewend nie.

By 1887 the Egyptian entanglement was getting worse and Salisbury [Gladstone se opvolger as eerste minister] found British imperialism there "very inconvenient and somewhat humiliating". The right of the French to block Egyptian finance still threatened to sabotage the government. Worse, out of spite over Egypt, the French were trying to make it hot for British interests the world over. This in turn gave Bismarck the power of blackmail. He threatened to patch up relations with France and attack Britain in Egypt - unless he was paid his price, which was to force Britain into a "downright quarrel" with France.36

Bismarck was Brittanje se enigste steun in Europa gedurende die moeilike eerste twee jaar van die Egiptiese besetting. Hy het met takt en vriendelikheid Britse optredes daar aangemoedig en ondersteun en in alle opsigte vermy om probleme vir die Britse regering te veroorsaak. Die Britte was buitengewoon dankbaar teenoor Bismarck vir die vriendelike gesindheid en welwillendheid van Duitsland wat hulle met 'n vry hand in Egipte gelaat het.

He refrained from interfering in the trouble that Great Britain and France stirred up in Egypt. . the Liberal Government were beholden to him for services rendered in the Egyptian trouble . throughout the whole of the Egyptian crisis. . Good will or sheer convenience - the old Emperor saw no reason to fire a bullet to aid England in occupying Egypt! ... Still, it must be conceded that no matter what the German reasons were for keeping out of the broils of other nations during this period, her actions made a deep impression upon statesmen in England.37

Brittanje wou ten alle koste 'n nuttelose rusie met Duitsland vermy. Hulle het genoeg op hande gehad in Egipte. Dus was Eerste Minister Gladstone vasbeslote dat Bismarck moes kry wat hy wou hê38 en Eerste Minister Disraeli was op sy beurt betower met die magiese aura wat Bismarck projekteer het.39

The Cape might complain of the "crippling effect" of a German presence on its borders. But, if only because he needed Bismarck's support in other parts of the world and more particularly for Britain's new role as the protector of Egypt, Gladstone could not afford to quarrel with Germany over a "waterless waste" in South-West Africa.40

Maar in 1884 het die situasie dramaties verander. Die ondersteuning wat Bismarck aan Brittanje ten opsigte van Egipte gegee het, het verdwyn en die betrekkinge tussen die twee lande was skielik problematies. Die oorsaak van die vervreemding was die dispuut oor Suidwes-Afrika, die eerste Duitse kolonie. Toe Bismarck sy Egiptiese troefkaart uiteindelik speel, was dit hoofsaaklik teen Brittanje gemik om sodoende vir homself beweegruime te skep om sy eie bepaalde doelwitte elders na te streef.41 Die hoogtepunt van die koloniale opwinding wat laat in 1884 gekom het, het gesorg dat Bismarck belangrike doelstellings van Duitsland se koloniale beleid bereik het. Dit het geslaag omdat hy die wig tussen Duitsland en Brittanje net dieper ingedryf het. Bismarck het sy bes gedoen en daarin geslaag om woedende reaksie by die Britte uit te lok, en daarvoor het hy doelbewus een besonder sensitiewe area gekies: Suidwes-Afrika.42Senior Britse ministers was lugtig vir nuwe anneksasies en was oortuig daarvan dat opposisie teen Duitse kolonisasie geen werklike Britse belang sou dien nie. Die klaarblyklike rede vir hul ontevredenheid was eerder toe te skryf aan die druk wat Bismarck met betrekking tot Egipte begin uitoefen het.

The time was propitious for a German colonial policy, and once Bismarck had determined on this objective Franco-British hostility in Egypt assured his success.43

Sy erkenning van Egipte se politieke en strategiese betekenis vir die Duitse Ryk het dus meer daaroor gegaan om onder andere sy land se eie koloniale beleid te bevorder en prakties uit te voer.

 

Gebeure gedurende die 20ste eeu

In 1898 is Frankryk en Brittanje byna in 'n oorlog oor Egipte gewikkel.44 Teen 1902 het die Anglo-Boere-oorlog ook sy merk op Brittanje gelaat. Twee jaar later het Brittanje en Frankryk die Entente Cordiale op 8 April 1904 gesluit wat 'n beduidende verbetering in Anglo-Franse betrekkinge meegebring het. Die belangrikste kenmerk van hierdie ooreenkoms was die wedersydse erkenning dat Egipte ten volle in die Britse invloedsfeer bly en eweneens Marokko in Frankryk s'n. Die Franse het onderneem om nie Britse optrede in Egipte te bemoeilik en Britse beheer oor Egipte uit te daag nie. Daarenteen het die Britte die Franse toegelaat om die orde in Marokko te bewaar. Gevolglik is vrye deurgang deur die Suezkanaal gewaarborg wat die Konvensie van Konstantinopel - ook bekend as die Suezkanaalkonvensie - uiteindelik in werking gestel het om die gebruik van die kanaal te formaliseer. Dit is op 29 Oktober 1888 onderteken en die ondertekenaars was Brittanje, Duitsland, Oostenryk-Hongarye, Spanje, Frankryk, Italië, Nederland, Rusland en die Ottomaanse Ryk wat destyds die magtigste akteurs in die maritieme politiek verteenwoordig het. Die konvensie het die konsep van die kanaal as 'n internasionale waterweg geskep wat altyd vry en oop sou wees in tyd van oorlog en van vrede vir elke handels- of oorlogvaartuig sonder onderskeid van die vlag waaronder gevaar word. Alle skepe het 'n gewaarborgde reg van vrye vaart tydens oorlog en vrede verkry. Hierdie konvensie het Britse oorheersing van Egipte gekodifiseer en gedien as 'n wetlike regverdiging vir hul betrokkenheid in Egipte vir die grootste deel van die volgende sewe dekades. Belangrik om daarop te let dat ingevolge die Anglo-Egiptiese Verdrag van 1936, Brittanje beheer oor hierdie belangrike waterweg bekom het. Met daardie verdrag het Brittanje sy houvas op Egipte vanaf Augustus 1936 nog verder verstewig deurdat betrekkinge tussen die twee state tot en met die onttrekking van Britse troepe in 1954 georden is. Ook is die Suezkanaalsone geskep ingevolge waarvan Britse troepe toegelaat is om in die omgewing van die kanaal gestasioneer te word. Namate Brittanje hulself verder in Egipte ingegrawe het, het hulle hul spiere begin bult. Hierdie hoëprofiel-uitoefening van imperiale mag het die psige van die Egiptiese bevolking diep getref. In die 1950's toe die Britte Egiptiese samewerking gesoek het, het Egiptenare vroeëre Britse optredes nie vergeet nie.

Bismarck could put his cards on the table, and trust the British to respect his right to an African empire. Or he could deceive them about his intentions. It was natural that Bismarck, who trusted no one, ... should assume the worst of the British. Realpolitik was not a parlour game. To practise, but never to admit, deceit was part of the rules. . the deception was to assure the British that they need not pay much attention to Angra Pequena [now Lüderitz]; Bismarck had no intention of founding a colonial empire. ... It had simply never occurred to them that Bismarck was interested in colonies. On the contrary, they believed, up to the last moment, that all the Germans required was that the British should take responsibility for protecting Germans. . the British Foreign Office had been completely gulled by Bismarck. ... In fact the British were too vulnerable in Egypt to deny Bismarck anything so worthless as Angra Pequena.

Tydens die Tweede Wêreldoorlog het hierdie beheer oor die Kanaal 'n uiters belangrike rol gespeel. Dit is herbevestig toe Italië en Duitsland probeer het om dit oor te neem. In hierdie verband het Sir Winston Churchill, Eerste Minister van Brittanje van 1951 tot 1955, die volgende op verskeie plekke in sy memoires beklemtoon:

The defence of Egypt were duties compulsive upon us. ... Additional to present anxiety is the menace of mines to the Suez Canal. ... For a time [it was] completely blocked by mines. ... The Luftwaffe were already attacking the Suez Canal from bases in the Dodecanese. ... With the Germans in control of Syria, Egypt, the vital Canal Zone, and the oil refineries at Abadan would come under direct threat of continuous air attack. ... There might well be political repercussions in Egypt.45

Ten spyte van die veronderstelde neutrale status van die kanaal, is Axis-skepe vir 'n groot deel van die oorlog toegang daartoe verbied. In 1951 het Egipte aan die Anglo-Egiptiese Verdrag onttrek.46

Toe Japan Singapoer in Februarie 1942 oorneem, het Brittanje 'n baie strategiese en imperiale buitepos verloor wat op die begin van die ineenstorting van die Britse imperiale mag ná die oorlog gedui het en wat die globale politiek verander het. Die groot ketting van oorsese militêre buiteposte wat Brittanje onderhou en sterk op gesteun het, het van die Suezkanaal tot Singapoer gestrek. Die begrip "Oos van Suez" het dan ook na hierdie ketting verwys. Britse leiers het uiteindelik besluit om hierdie netwerk van basisse te laat vaar. Toe Indië in 1947 onafhanklik word, het Brittanje die kolonie wat baie van sy militêre slaankrag oos van Suez verskaf het, verloor. Dit was 'n verbysterende slag vir Brittanje se aansien as 'n wêreldmoondheid. Minder as 'n jaar later is 'n gewelddadige veldtog geloods om Brittanje uit Malaya te dwing. So is Brittanje se imperiale aansien en gesag nog verder geknou; om nie eens te praat van sy rykdom wat ernstig verminder het nie.47 Die las van die ryksverdediging het na Brittanje self, wat teen daardie tyd beide swakker en armer was as wat dit voor 1939 was, teruggeval.48 Brittanje was net nie meer in staat om sy imperiale visie vol te hou nie. Sy finansiële en militêre swakhede is nou blootgelê vir almal om te aanskou.49

Britain was teetering on the brink of bankruptcy. The newly installed Labour government was preoccupied with problems of postwar transition and was under pressure to bring home the remaining British troops abroad.50

Vir die Britte het dit duidelik geword dat die son besig was om oor hul eens glorieryke Ryk te sak. Bronne van die aanvangstydperk van die 1950's het gedui op groeiende kommer oor die verdwyning daarvan. Sir Anthony Eden het in 1952 'n brief in sy hoedanigheid as Adjunk-Eerste Minister en Minister van Buitelandse Sake geskryf waarin hy na Brittanje se uitgebreide globale verpligtinge verwys. Daarin meld hy:

The essence of a sound foreign policy is to ensure that a country's strength is equal to its obligations. If this is not the case, then either the obligations must be reduced to the level at which resources are available to maintain them, or a greater share of the country's resources must be devoted to their support.51

Teen daardie tyd was dit vir Eden en baie partygenote duidelik dat die Britse Ryk nie meer dieselfde was as wat dit voorheen was nie. In dieselfde brief stel Eden dit verder:

If, on a longer view, it must be assumed that the maintenance of the present scale of overseas commitments will permanently overstrain our economy, clearly we ought to recognize that the United Kingdom is over-committed, and reduce the commitment. . It is clearly beyond the resources of the United Kingdom to continue to assume the responsibility alone, for the security of the Middle East.52

Soos Eden dit beskryf het, was dit duidelik dat die Britse Ryk nie meer selfvolhoubaar was nie.

Europa het weldeeglik kennis geneem van hierdie agteruitgang. Hierdie feite en veral Brittanje se gepaardgaande politieke swakheid wat net vermeerder het, het ook nie ongesiens by Egiptenare verbygegaan nie. Aan die begin van die 1950's was Brittanje 'n skadu van die land wat 'n paar dekades vroeër militêre en diplomatieke hoogty in Egipte en dan veral met betrekking tot die Suezkanaal gevier het.

The largest part of the tonnage is under the British flag - 33.3 percent of the total in 1952. Even so this represents a great falling-off from the figures of 51.4 percent in 1939 and 76.1 percent between 1870-80. England still uses the Canal a great deal more than any other nation, and is therefore the Power most directly interested, from both a political and a commercial point of view, in its efficient functioning.53

Die einde van die Tweede Wêreldoorlog het ook Brittanje se plek in die wêreld drasties verander. Die internasionale stelsel het die opkoms van 'n bipolariteit tussen die kapitalistiese VSA en die kommunistiese Sowjetunie ingelui. Brittanje en Frankryk het belangrike bondgenote van die VSA geword, maar hul invloed op die wereldtoneel het gekwyn. Dit was veral merkbaar met die beëindiging van die eens uitgestrekte Britse en Franse Ryke. Brittanje het in 1947 uit Indië onttrek en die mandaat oor Palestina is in 1948 beëindig. Teen daardie tyd het sterk onafhanklikheidsbewegings in Egipte en Maleisië tot stand gekom. Terwyl die Britse deko-lonisasie grotendeels vreedsaam was, het die Franse te kampe gehad met ongelooflike bloed-vergieting in pogings om rebellies in hul kolonies, Algerië en Indo-China, te beheer. Die einde van die oorlog het ook Brittanje se finansiële vooruitsigte drasties verander.

Britse denke oor oorsese basisse het fundamentele veranderinge ondergaan. Tot en met die Tweede Wêreldoorlog het slegs enkeles die noodsaaklikheid van die instandhouding van gebiede oorsee bevraagteken. 'n Verandering van houding het egter ontwikkel as gevolg van die voortdurende druk van die verswakkende ekonomie, die ontstaan van die Koue Oorlog en die opkoms van nasionalisme in die Midde-Ooste. In Egipte het nasionalisme 'n wesentlike rol gespeel. Nietemin blyk dit dat die inherente waarde van hierdie basisse ná die Tweede Wereldoorlog drasties verander het. Britse leiers, en veral Churchill, het nie meer groot belang aan hulle geheg nie, maar die toekoms van die militêre basisse was nie die enigste aspek van Britse buitelandse betrokkenheid wat aandag geverg het nie.

The financial crisis forced both the Labour and Conservative governments to review all colonial policy because many colonies and dependencies had ceased to pay their own way and had thus become a direct burden on the British budget. The maintenance of overseas bases after the war also proved to be a critical waste.54

Selwyn Lloyd, wat verskeie senior ministeriële portefeuljes in die Konserwatiewe partyregering beklee het, het opgemerk dat die Tweede Wêreldoorlog Brittanje verander het van die wêreld se grootste skuldeiser tot die wêreld se grootste skuldenaar.55 Die strikvraag vir Brittanje was hoe invloed in die wêreld behou word, terwyl 'n onnodige en onbekostigbare buitelandse beleid vermy moet word. Onttrekking uit onder andere Egipte is voorgestaan, maar veral lede van die Konserwatiewe Party het swaar gesluk aan die gedagte om die Ryk te ontbind en die houvas op Egipte te verslap, wat nog van prysgee! Brittanje moes noodgedwonge begin vrede maak met sy politieke en finansiële beperkings binne die raamwerk van die Koue Oorlog en die nuwe internasionale orde. 'n Oplossing vir hul Egiptiese probleem moes doodeenvoudig gevind word.

Die einde van die Arabies-Israeliese Oorlog van 1948 het die Midde-Ooste in 'n baie wisselvallige posisie gelaat. Die grootste gebeurtenis sekerlik in Egipte se moderne geskiedenis het op 23 Julie 1952 plaasgevind toe generaal Muhammad Neguib en 'n groep hooggeplaaste militêre offisiere wat Nasser ingesluit het die regering oorgeneem het. Verhoudinge met Brittanje het hierna handomkeer verander. Egipte het meer en meer gegrief geraak oor die voortslepende koloniale invloed en in plaas daarvan om in harmonie met Egipte saam te leef, het Brittanje steeds aangehou om die land te oorheers. Dit het gelei tot verhoogde armoede, inflasie en sosiale onrus; en politieke partye wat die bevolking ingelig het oor hoe hulle deur die Britte behandel behoort te word. Weersin teen Brittanje het vinnig begin toeneem en Egipte het op verskeie maniere die lewe vir die Britte moeilik begin maak. Die politieke toneel is toenemend oorheers deur nasionalisme en anti-kolonialisme wat onder die charismatiese Nasser saamgesmelt het tot 'n ideologiese pan-Arabisme en 'n onverbonde benadering tot Koue Oorlogverhoudinge met die supermoondhede. In sy verhoudinge met Egipte is Brittanje met vier kernbelangrike buitelandse beleidsaangeleenthede gekonfronteer.

Die onvermoë van die Egiptenare om hul leër so kort na die verpletterende nederlaag teen Israel te herbou, het die Egiptiese leiers ongetwyfeld bekommer. Brittanje het eenvoudig opgehou om Egipte van enige groot wapentuig te voorsien. Die heronderhandeling van die 1936-verdrag het reeds sleg vir die Britte verloop en die vermoë om wapens te verskaf was een van hul belangrikste bedingingspunte. Deur wapentuig te ontneem, wou Brittanje poog om gunstige onderhandelingsvoorwaardes af te dwing. Uiteindelik het hierdie strategie klaaglik misluk toe die Egiptenare in September 1955 die verkryging van 'n groot bestelling Sowjet-vervaardigde offensiewe wapentuig uit Tsjeggo-Slowakye aankondig. Om sake nog meer sorgwekkend vir die Britte te maak, het Egipte hierdie wapens teen 'n reuse- gunstige koers bekom. Hulle het talle waarskuwings in die voorafgaande jare gekry dat Egipte dit nie sal duld dat hulle van wapentuig ontneem word nie. Die Britte kon net hulself blameer indien hulle verras was met hierdie verwikkelinge. Die Tsjeggiese wapentransaksie het die politieke toneel van die Midde-Ooste heeltemal verander en Brittanje in 'n baie moeilike posisie geplaas. Egipte was van deurslaggewende belang vir Britse oogmerke in die Midde-Ooste, soos wat die Kabinetsverdedigingskomitee se gevolgtrekking in Mei 1950 gelui het:

Egypt is the key strategic area of the Middle East. Not only is she the gateway to Africa, whose penetration by Communism would be a disaster to Western civilisation, but she forms a vital link in the communications between Atlantic Powers and their allies in the Indian and Pacific Oceans. Furthermore, Egypt is the only country in the Middle East possessing the facilities and resources for the conduct of a major war and on which the defence of any part of the Middle East can be based. Without a fully prepared base in Egypt, the defence of the Middle East (including Egypt) cannot be attempted.56

Brittanje was begerig om Egipte as 'n vaste bondgenoot en 'n sleutelspeler in die verdediging van die Midde-Ooste te verseker, maar dan op Britse terme. Egipte was egter nie bereid tot 'n alliansie gebaseer op vriendskap nie. Na meer as twee jaar se onderhandelinge is geen sukses behaal nie en in die loop van 1951 het drie belangwekkende verwikkelinge plaasgevind: Die Britse parlement het ontbind en 'n algemene verkiesing het gevolg; die Egiptiese eerste minister het die Verdrag van 1936 eensydig opgeskort;57 en die Iranese nasionalisering van die Anglo-Iranian Oil Company (AIOC) het plaasgevind. 'n Konserwatiewe regering onder leiding van Churchill met Eden as Minister van Buitelandse Sake het gevolg en anders as die vorige Arbeidersregering was hierdie nuwe regering erg verdeeld oor wat die beste beleid ten opsigte van Egipte en die Midde-Ooste moes wees. Beide die Arbeider- en Konserwatiewe regering was geskok dat Egiptenare geen belangstelling in onderhandelinge getoon het alvorens die mees verdelende kwessie tussen die twee opgelos was nie - die toekoms van Soedan. Egipte het Soedan as 'n integrale deel van Egipte beskou,58 terwyl Brittanje ten volle daartoe verbind was om selfbeskikking aan die Soedannese mense te verleen. Toe die kabinet in April 1951 besluit dat daar geen sprake kan wees om Britse beleid teenoor Soedan te laat vaar as die prys vir 'n ooreenkoms met Egipte oor verdediging nie, het hierdie kwessie 'n algehele stilstand in onderhandelinge veroorsaak. Vir albei kante was dit onmoontlik om 'n formule te vind wat vir beide aanvaarbaar sou wees met betrekking tot die Egiptiese eis. Hierdie dooie punt is op 23 Julie 1952 verbreek toe koning Faroek gedwing is om te abdikeer.

Die nuwe Egiptiese regering het steeds volhard en volle Britse onttrekking uit die Kanaal-sone geëis sodat die Britse besetting van 70 jaar daarmee beëindig kon word. Om te verseker dat beheer van die kanaal behoue bly, het Brittanje sy teenwoordigheid in Egipte vergroot deur 'n enorme reeks basisse in die Suezkanaalsone te bou wat op 'n stadium 80 000 manskappe gehuisves het. Dit het 'n uitdagende las vir Brittanje geword. Die Tesourie het sedert 1951 reeds gewaarsku dat weens die herbewapeningsprogram wat met die uitbreek van die Koreaanse Oorlog aanvaar is die hulpbronne wat uit uitvoere en beleggings afkomstig was, uitgeput mag word - 'n situasie wat op sy beurt tot nadeel van die betalingsbalans en die doeltreffendheid van die ekonomie mag wees. Die ministeriële hersiening van verdedigingsbeleid in 1953 was radikaal en daarop gemik om die gewapende magte te verminder tot wat nodig was om Brittanje se posisie as 'n wêreldmoondheid in vrede te handhaaf of wat in die eerste ses weke van 'n kernoorlog aangewend kon word. Die militêre stafhoofde het egter die belange van hul dienste verdedig en daarop aangedring dat konvensionele magte nodig mag wees vir 'n langer oorlog.59

Brittanje se aansien is 'n verdere gevoelige slag toegedien deur sy onvermoë om die Irannese nasionalisering van die AIOC te verhoed, waarin, soos die geval was met die Suez Canal Company, die Britse regering 'n groot aandeelhouer was. Die VSA was deeglik bewus van Iran se potensiële waarde as 'n bondgenoot in die Koue Oorlog en het die gebruik van geweld teengestaan. Die ontruiming van AIOC-personeel uit Abadan is deur die Britse pers gesien as 'n nasionale vernedering in baie dieselfde terme as wat oor Suez gebruik sou word. Binne dae is die Britse regering gekonfronteer met sowel Egipte se veroordeling van die Anglo-Egiptiese verdrag van 1936, as gewelddadige betogings teen die Britse militêre teenwoordigheid in die kanaalsone.60

Teen hierdie tyd het Eden begin besef dat om 80 000 troepe in die Kanaalsone te behou, nie meer finansieel volhoubaar was nie. Britse militêre uitgawes oorsee het van 160 miljoen pond in 1950 tot 222 miljoen pond in 1952 gestyg. Brittanje kon nie langer bekostig om daardie getal troepe onbepaald in die Kanaalsone te ontplooi nie. Brittanje se onderhandelingsvermoë het boonop verswak en die Egiptenare het dit doodgewoon uitgebuit. Na 'n verdere jaar van onderhandelinge is 'n ooreenkoms wel op 28 Julie 1954 gesluit: volledige onttrekking van Britse troepe binne twintig maande en die erkenning van die Suezkanaal as 'n internasionale waterweg. Eden het vir Brittanje uiteindelik 'n posisie in Egipte beding vir veel minder as wat hy oorspronklik geëis het. Hiermee het Brittanje nie net 'n sleutelstrategiese gebied in die Midde-Ooste verloor nie, maar Eden het baie lede van sy party, insluitende Eerste Minister Churchill, ongelukkig gestem en 'n reputasie verwerf dat hy 'n swak internasionale onderhandelaar is. Inderdaad was Churchill erg krities oor Eden se optrede:

In 1953 Eden circulated a cabinet paper stating that Britain's position in the Middle East could not be maintained by nineteenth-century methods, and that future policy must be to harness nationalist movements. In particular, while Britain could continue to hold its base in the Canal Zone by force, the base would be of little use without local labour to maintain it. In the event Eden's agreement with Nasser in 1954 for the withdrawal all British forces from Egypt did not dissuade the Egyptian dictator from spreading anti-British propaganda. Peden (2012), bl. 10.

In 1953, when Churchill felt that Anthony Eden, his Foreign Secretary, was taking an insufficiently tough line in negotiations with Egypt over the future of the Suez Canal base, he became enraged, "speaking of 'appeasement' and saying he never knew before that Munich was situated on the Nile."61

Die finale Britse onttrekking het op 13 Junie plaasgevind; ses weke later het Nasser die kanaalmaatskappy genasionaliseer, iets wat baie beweer in stryd met die Konstantinopel-konvensie van 1888 sou gewees het. Die beheer wat die Britte oor die kanaal wou uitoefen, is op allerlei maniere deur die Egiptenare teëgestaan. Gedurende die 74 jaar van Brittanje se militêre teenwoordigheid in Egipte, 1882 tot 1956, was die Britte vir alle praktiese doeleindes in beheer van die kanaal.62

Egyptian nationalists, however, embittered by the occupation of their homeland by foreign troops, launched a campaign of negotiation, diplomacy and violence to expel the British. American officials were confronted with a choice between endorsing British base rights in Egypt or approving the aspirations of Egyptian nationalsts.63 The British domination of Suez rested on three foundations: defence capabilities; a subservient Egypt; and a compliant Canal Company. Time and again the British authorities used the fig-leaf of Egyptian authorization to act in their own interests: in 1882 it was in the name of the Khedive, the nominal ruler of Egypt who owed his position entirely to Anglo-French support, that the Royal Navy took control of Suez; and during the Great War action in the Canal Zone was undertaken on behalf of the Egyptian government. The Canal Company, meanwhile, had a vested interest in working closely with the British military authorities to ensure canal security.64

Hierdie was die voorspel tot die dramatiese gebeure van 26 Julie 1956 en daarna. Wat alles bygedra het tot hierdie gebeure en hoe diep die weersin van Egiptenare in die Britte se teenwoordigheid was, word deur Abou-El-Fadl saamgevat:

Nasser developed a distinctive form of anticolonial nationalism that emphasised soial justice and invoked overlapping Egyptian and Arab identities. His aspirations for liberation thus entailed a connected foreign policy and nation building programme in which pan-Arabism was a prime - and early - component. . The profound impact of British colonialism on the political formation of the Free Officers is difficult to exaggerate. Their memoirs describe their feelings of humiliation at the indignity of "the occupation" and the complicity of Egypt's political elite, while the first of their conspiratorial Free Officers Pamphlets published in 1946 begins clearly: "The Free Officers Council demands that the army's mission be the independence of the country". For these young patriots, with Britain still in control of Egyptian defence, its troops still at the Canal, and with most Egyptians experiencing either economic exploitation in a one-crop economy, or blocked opportunities at work or in politics, Egypt's recognition as an independent sovereign state was meaningless.65

Britse onderhandelaars het Egiptiese erns van die vyandigheid teenoor hulle as die onderdrukkers totaal verkeerd beoordeel. Indien die Britte sou opgetree het vanuit 'n posisie van gelykheid eerder as uit een van meerderwaardigheid en kragdadigheid, sou Brittanje 'n strategiese alliansie met Egipte kon beding het wat hul belange in die kanaal veilig sou gelaat het. Verhoudinge met Nasser sou in alle waarskynlikheid baie vriendeliker gewees het en dit sou dalk sy besluit om die kanaal in Julie 1956 te nasionaliseer, kon verhoed het. Egiptenare wou met die Britse verlede breek en uiteindelik vry wees van Brittanje. Teen die tyd dat die Britte bereid was om op te hou om as imperiale heersers op te tree, was dit te laat en kon hulle hul latere beleid in die Midde-Ooste nie red nie. Met Nasser op die toneel het die Britte se boelie-taktiek nie weer gewerk nie.

'n Ander krisis wat Brittanje in die gesig gestaar het, was die Bagdad-verdrag. Terwyl die onderhandelinge om die Suezkanaalsone-basisse te ontruim nog aan die gang was, het Turkye lid geword van die Noord Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO) en onderteken hulle en Irak die verdrag op 24 Februarie 1955 in Bagdad. Op Eden se versoek het Brittanje lid daarvan geword op 4 April 1955 en later dieselfde jaar het Pakistan en Iran lede geword. Die Britte se voorneme was om die verdrag aan te wend om hul kwynende invloed in die Midde-Ooste te verseker, maar eintlik het dit 'n bron van onherstelbare skade aan Brittanje se reputasie in die streek geword. Hulle het nie net Nasser se besware teen die verdrag totaal onderskat nie, maar ook die mate waartoe hy sou oorgaan om verdere toetredes daaromtrent te keer. So byvoorbeeld het hy Jordanië verhinder om by die verdrag aan te sluit en Koning Hoessein van Jordanië aangemoedig om van die Britse generaal Bagot Glubb ontslae te raak.66 Nasser het nou Brittanje se vyand nommer een in die Midde-Ooste geword en hy sou nie rus voordat hy die Britte se vriende vernietig en die laaste oorblyfsels van Britse invloed uitgeskakel het nie. Brittanje het besef dat indien Nasser daarin sou slaag, sou dit die einde van Eden beteken. Daarom moes Nasser dus self vernietig word. Gevolglik het Eden 'n persoonlike vendetta gevoer teen die man wat hy verantwoordelik gehou het vir Glubb se afdanking. Vir Eden kon daardie afdanking, ter wille van Brittanje se kwynende aansien, nie toegelaat word om ongestraf te bly nie. Dit was vanaf daardie oomblik dat die Suezkrisis verander het na 'n onafwendbare konflik tussen Brittanje en Egipte. Eden het sy verhouding met Nasser as 'n alles-of-geen-uitdaging beskou. Wat belangrik is, is wat Nutting, wat Minister van Buitelandse Sake in Eden se kabinet was, oor Eden opgemerk het: vanaf daardie tydstip het Eden heeltemal sy aanvoeling, besef van tydsberekening en behendige onderhandelingsvermoë verloor. Gedryf deur die impulse van trots en aansien en gekwel deur toenemende ongesteldheid, het Eden hom soos 'n verwoede olifant begin gedra.67 Samevattend verwoord Abadi Eden se standpunt oor Nasser in die betekenisvolle stelling: "Nasser's power had to be undermined".68

Verder het die politieke skade wat Eden opgedoen het tydens die onderhandelinge oor die ontruiming van die kanaalsone by hom begin spook. Eden het min politieke beweegruimte gehad. Tekens van swakheid sou nie deur sy party geduld word nie en hy was in 'n hoek. Op 26 Julie 1956 het Nasser die Suezkanaal genasionaliseer en die volgende dag het Eden sy kabinet vir 'n noodvergadering ontbied. Ten spyte van sy powere rekord wat hy met betrekking tot Egipte gehad het, was hy nou die eerste minister wat hy op 6 April 1955 geword het. Die kabinet het besluit om Britse belange, indien nodig, met militêre optrede te beskerm. Dit het aan Eden die voorwendsel gegee wat hy later nodig gehad het om die omverwerping van Nasser te beplan. Oor Eden se optrede in hierdie kritieke dae merk Abadi die volgende op:

In 1954 the new Egyptian regime seemed cooperative. The British government believed that no danger was imminent in the Middle East. The act of nationalization dramatically changed that belief. From that moment on, there was a danger that the canal might be closed at any time. As Eden saw it, the inability to use the canal route meant that Britain might suddenly be compelled to shift all trade to the Cape route an expensive and most inconvenient undertaking which Britain could not afford to assume.69

Die rolspeler wat sekerlik die swakste uit die reeks gebeure gekom het, was Eden:

In 1956, after a long apprenticeship as Winston Churchill's foreign secretary and heir apparent, Eden was widely regarded as the most accomplished diplomat of his day. And yet there was something fundamentally flawed beneath his urbane demeanor. An immensely able number two, Eden lacked some basic intangible that would ensure success in his country's highest office. He possessed ... a great "capacity for self-deception", which allowed him to see what he wished to see. He was blind to how seriously the western position in the Arab world had deteriorated, and utterly failed to understand that British aspirations in the Middle East were irreconcilable with Arab demands for independence and national dignity. His Middle East diplomacy ... reflected "the illusions of a passing age".70

Later met die inval saam met Frankryk in November 1957 het Eden aangehou om toe te laat dat sy griewe teen Nasser hom verteer het en Britse beleid te beïnvloed en te bepaal.

 

Gevolge van Brittanje se mislukte buitelandse beleidsoptredes

Vanaf 1950 tot 1956 het Britse buitelandse beleid in die Midde-Ooste die een mislukking na die ander opgelewer. Hierdie buitelandse beleidsmislukkings het nie onafhanklik van mekaar plaasgevind nie. Die een was so erg soos die volgende een. Mislukking het 'n herhalende tema geword. Alhoewel die Britte 'n aantal pogings aangewend het wat, indien hulle suksesvol was, spanning in die streek sou stabiliseer, was geeneen suksesvol nie. Trouens, daar kan tereg beweer word dat Britse teenwoordigheid gedurende hierdie periode net met vyandigheid begroet is wat oor tyd toegeneem het. Brittanje het selfsugtig gepoog om eie doelwitte te verseker en daarmee is baie meer skade as goed aan Brittanje se aansien in die Arabiese wêreld gedoen. Die weiering om aan Egipte wapens te voorsien, is as onderhandelingstaktiek swak deur die Britte toegepas. Die onsuksesvolle verdedigingsonderhandelinge het Eden se reputasie tuis so benadeel dat hy nóg die ondersteuning nóg die geneigdheid gehad het om met 'n oop gemoed en objektief met Nasser te onderhandel as gevolg van laasgenoemde se optrede in Jordanië. Brittanje se ondersteuning van die Bagdad-verdrag was teenproduktief. Die gevolge van al hierdie mislukkings was katastrofies vir Brittanje.

Op elke aspek van beleid in die Midde-Ooste het Brittanje telkens getrag om dalende invloed binne die streek weer op koers te kry en gesag af te dwing. Die einde van die Tweede Wêreldoorlog en die begin van die Koue Oorlog het die VSA en die Sowjetunie as die twee dominante rolspelers gelaat. Brittanje wou steeds 'n groot moondheid bly, maar het dit moeilik gevind om homself op die wêreldtoneel te handhaaf. Brittanje se plek in die wêreld het vinnig verander en die land is genoodsaak om afstand van voorheen belangrike dele van die Britse Ryk te doen. Die Britte se toepassing van buitelandse beleid het om verskeie redes nie daarin geslaag om die Suezkrisis te verhinder nie. Dwaasheid en om eiebelang ten alle koste voorop te stel en te probeer bevorder, het die streek meer onstabiel gelaat. Teen 26 Julie 1956 was die Midde-Ooste 'n kruitvat. Lloyd merk korrek op dat slegs 'n vonk nodig was vir 'n groot brand.71 Die mislukkings met sy buitelandse beleid het veroorsaak dat Brittanje geensins in staat was om 'n konflik te verhoed nie - dit is eerder daardeur aangehelp. Die volskaalse Suezkrisis wat uiteindelik gevolg het, het op 'n nog groter ramp vir Brittanje afgestuur. Stockwell som hierdie toedrag van sake soos volg op:

From different perspectives and at every twist and turn in the saga, the British fulminated against the moral bankruptcy of government. Indeed, each contradictory aspect of Britain's role in the affair provoked outrage in some quarter or another, be it the initial appeasement of Nasser, or the resort to force, or the ultimate retreat.72

Met Nasser wat die stryd teen hulle gelei het, het die Britte hul moses in Egipte teëgekom.

 

Betrokkenheid van die VSA

Ná die Tweede Wêreldoorlog is Brittanje oorskadu deur twee nuwe supermoondhede, die VSA en die Sowjetunie. Sy binnelandse ekonomie het ernstig verswak as gevolg van die Arbeidersregering se groot en duur program van maatskaplike hervorming. Die VSA het ook nou begin om die kanaal meer te gebruik.

Until 1939, hardly any traffic went under the American flag (0.15 percent of the total). The Second World War brought a considerable increase, however, and in 1952, 7.3 percent of the tonnage travelled under the American flag. ... The United States is present, now, in the Near East with an accumulation of economic and political interests. As a result, no problem concerned with the Suez Canal can be solved without American cooperation.73

Die VSA het minimale kontak met Egipte gehad toe dit eers deur die Ottomaanse Ryk en daarna Brittanje beheer is. Egipte het eers ná die Tweede Wêreldoorlog prominent in die VSA se buitelandse beleid met betrekking tot die Midde-Ooste begin figureer toe die strategiese, politieke en ekonomiese belangrikheid van die land al hoe meer toegeneem het. Peter Hahn74ondersoek die driehoekige verhouding tussen die VSA, Brittanje en Egipte om die regverdigings en implikasies van die VSA se beleid in die streek en binne die konteks van 'n breër strategie te ontleed - iets wat genoodsaak is in die konteks van die Koue Oorlog. Hahn wys hoe die VSA probeer het om stabiliteit in Egipte en die Midde-Ooste te vestig, asook om Westerse belange te bewaar, die hulpbronne van die streek aan die Sowjetunie te ontsê en die uitbreek van oorlog te voorkom. Hy verduidelik die VSA se begeerte om Egiptiese nasionalistiese aspirasies wat beperk is deur hul strategiese imperatiewe in die Midde-Ooste en die eise van die Anglo-Amerikaanse alliansie te erken. Hy steun baie op gedeklassifiseerde Amerikaanse en Britse politieke en militêre dokumente om 'n omvattende siening van die ingewikkeldhede van alliansie-diplomasie en multilaterale betrekkinge te lewer. Hy skets die VSA se groeiende betrokkenheid by Egiptiese aangeleenthede en die gepaardgaande verbintenis tot veiligheid en stabiliteit in die Midde-Ooste. Hy beklemtoon dat hierdie gebeure beskou moet word teen die agtergrond van die afname van Britse invloed in die streek.

Egypt was also important in American thinking because of the perpetual state of confrontation between Egypt and Britain. The primary Anglo-Egyptian dispute centered on the Canal Zone military base. Britain had relied on this base through two world wars and was determined to retain access to the canal also in facilities for strategic reasons. ... Other conflicts involving Suez Canal transit rights and British supply of weapons to Egypt further embittered Anglo-Egyptian relations. American officials were frequently caught in the middle of such disputes.75

In 1947 is Brittanje se invloed in Griekeland vervang deur dié van die VSA. Washington het verder ook die Britse regering aangemoedig om die gebied bekend as Palestina te verlaat. Ná die nasionalisering van die Anglo-Iranian Oil Company in Iran was die Amerikaans-gemanipuleerde staatsgreep teen premier Muhammad Musaddiq 'n nuwe terugslag vir Britse status aangesien Iran 'n voormalige kliëntstaat van Brittanje was. Nou het Iran binne die invloedsfeer van die VSA geval. Die finalisering van die ooreenkoms in 1954 oor die Britse ontruiming van die Suezkanaalsone het saamgeval met groot vyandigheid deur die nasionalistiese Egipte en sterk druk van die VSA.

The United States bore considerable responsibility for Britain's deteriorating position in the Middle East, mainly because it did not back Britain in its conflicts with Egypt and Saudi Arabia, or in the construction of a regional defence organization. Furthermore, Anthony Eden's suspicions about American aims in the world made close collaboration difficult.76

Hieroor merk Louis die volgende oor Eden op: "One suspects he was also driven to reassert British power in an era of American ascendancy."77

In sy beskrywing van die gebeure wat tot die Suezkrisis aanleiding gegee het, wys Kingseed78 op 'n hoofaanleidende oorsaak daarvoor, naamlik die feit dat die VSA en Brittanje bereid was om onderskeidelik 54 en 14 miljoen dollar aan Egipte toe te staan om te help met die bou van die Aswandam in die Nylrivier. Die samesprekinge hieroor tussen die twee lande en Egipte het op 21 November 1955 begin. President Ike Eisenhower wou die Sowjetunie uit die Midde-Ooste hou en was daarom bereid om daardie fondse beskikbaar te stel. Nasser het die situasie uitgebuit en 'n geleentheid gesien om die een supermoondheid teen die ander een af te speel. Ná baie kritiek van Nasser het die VSA op 19 Julie 1956 besluit om sy aanbod aan Egipte vir die Aswandam-projek terug te trek. Die werklike krisis het ontstaan toe Nasser 'n week later sy besluit aankondig om die kanaal te nasionaliseer. Een van sy beweegredes daarmee was om fondse uit ander bronne te bekom sodat die dam wel gebou kon word. In sy memoires maak Eden die opmerking dat Brittanje ingelig was oor die VSA se eensydige besluit oor die fondse, maar nie geraadpleeg is nie en gevolglik was daar geen vooraf geleentheid vir kritiek of kommentaar daaroor nie. Die groei van 'n anti-Amerikaanse sentiment in die Britse kabinet, soos Stockwell dit stel as synde die VSA se vooroordeel teen die Britse Ryk,79 het nie ongesiens in Washington verby gegaan nie.

Met die Brits/Frans ondersteunde inval van einde Oktober 1956 het die VSA 'n belangrike rol gespeel om die gevolge van daardie krisis te beperk. Uiteindelik was Suez veel meer as bloot 'n ongelukkige hoofstuk in die vennootskap tussen die VSA en Brittanje. Soos Hathaway opmerk: "The single word 'Suez' remains synonymous for disaster in the annals of the Anglo-American 'special relationship'."80

 

Nasser se teenwoordigheid en rol

Nasser se opkoms as die ongeëwenaarde leier van die Egiptiese rewolusie was verweef met sy pogings om 'n einde aan Britse betrokkenheid by die Suezkanaalsone te bewerkstellig. Alhoewel daar niks nuuts was oor die langdurige onderhandelinge met Brittanje wat Egipte se interne politiek beïnvloed het nie, is dié belange nogtans aansienlik verhoog ná die militêre staatsgreep op 23 Julie 1952. Deur gebruik te maak van die noodsaaklikhede om 'n ontruimingsooreenkoms te probeer beding, het Nasser Egipte beslissend van pluralisme na outoritarisme gestuur. Teenstanders - sommige van binne die regime - is óf gearresteer óf uit die politieke lewe verban. Amptenare van die VSA se ambassade in Kaïro het 'n deurslagge-wende rol in hierdie proses gespeel tot groot frustrasie van hul Britse eweknieë. Wat Thornhill ondersoek en uiteensit, is om eerstens te fokus op die ineenstorting van Egipte se ou orde en tweedens om die diplomatieke konteks van die opkoms van Nasser te beskryf.81

Nasser was henceforth able to present himself as the Arab leader who had kicked out the British. Within six weeks of the last troops being evacuated, he completed the process of freeing Egypt from foreign interference by nationalizing the Anglo-French Suez Canal Company. The international crisis that followed made him the dominant figure in Middle Eastern politics, as well as one of the main champions of Third World nationalism - mantles that shaped Egypt's external policies until his death in 1970.82

The rise of Nasser was ultimately a victory of power politics over grass-roots movements, of authoritarianism over pluralism. In the preceding thirty years Egypt's civil society had been dominated by one issue - national liberation.83

Nasser was uitgesproke radikaal in sy benadering tot beide binnelandse en buitelandse aange-leenthede. Van die begin af het Suez die kern gevorm van Nasser se buitelandse beleid. Egipte het begin om 'n meer prominente en toenemend belangrike rol in internasionale aangeleent-hede te speel. Nasser het bewys dat buitelandse beleid nie in 'n vakuum geformuleer en uitgevoer word nie. Dit ontstaan uit, groei en word gevoed deur binnelandse beleid. Buitelandse beleid is eintlik 'n neweproduk van binnelandse beleid.84

Ná uitgerekte onderhandelinge het hy op 27 Julie 1954 'n ooreenkoms met Brittanje geteken wat 'n einde aan sewe dekades van Britse teenwoordigheid in die Suezkanaalgebied gemaak het. Daarvolgens moes Britse troepe binne 20 maande uit die kanaalsone onttrek word.

Nog belangriker was die erkenning daarin van die internasionale status van die kanaal en dat dit 'n integrale deel van Egipte vorm. Vir Nasser was Egipte tot vier sfere verbind: die Islamitiese, Afrika, Arabiese en die groep van onverbonde lande. Laasgenoemde het 'n al hoe groter rol begin speel nadat Nasser die Bandung-konferensie in April 1955 bygewoon het en skouer geskuur het met leiers van die Derde Wêreld, soos Nehru van Indië, Tito van Joegoslawië en Sukarno van Indonesië. 'n Jaar later het Nasser die Suezkanaal genasionaliseer, wat grondverskuiwende gevolge meegebring het vir Egipte, asook die kanaal, Brittanje, Frankryk, Israel en die VSA.

 

Slot

Selfs in sy verswakte toestand onmiddellik ná die Tweede Wêreldoorlog het Brittanje homself steeds as die vooraanstaande moondheid in die Midde-Ooste beskou. Dit het op twee kernbeginsels berus: Iran, wat olie verskaf het deur 'n gesamentlike Anglo-Iranese maatskappy; en Egipte, wat as die strategiese basis gedien het.85 Brittanje is egter gedwing om daardie illusies oor die Midde-Ooste te laat vaar. Sy militêre basisse in die Suezkanaalgebied was van sy laaste beduidende buiteposte. In 1954 het Brittanje al sy basisse gesluit.86 Die verslaggewer van The New York Times het hierdie gebeure en die onvermydelike gevolge daarvan soos volg verwoord:

For the past three-quarters of a century Suez and Egypt have been a military, political and psychological cornerstone of the British Empire tradition. ... The impending British evacuation of the Sued bases has, therefore, not only great strategic significance but also political and psychological importance. It heralds the end of a vanishing era. ... Superficial relations between Britain and Egypt, which have been at times exceedingly strained, and between Egypt and the United States will improve. But the basic strategic fact about the impending withdrawal of British power is that it will create another vacuum of power in an area - the Middle East - already distinguished for its lack of power. ... The "solution" in Egypt may indeed breed more problems than it solves. ... The thin red line of Empire may have outlived its day but it will not be replaced in Suez without a long period of Middle-Eastern instability and convulsions.87

Hierdie was inderdaad profetiese woorde! Maar, dit was te verwagte. Die Britte het die realiteite van hul betrokkenheid in Egipte traag aanvaar en steeds bly glo in die eens magtige Ryk wat toe al hoe meer in feitlik elke opsig gekrimp of verdwyn het.

Still, there were powerful figures in the "establishment" - a phrase coined in the early 1950s - who could not accept that Britain was no longer a first-rate power. Their case, in the context of the times, was persuasive: we had nuclear arms, a permanent seat on the UN security council, and military forces in both hemispheres. We remained a trading nation, with a vital interest in the global free passage of goods.But there was another, darker, motive for intervention in Egypt: the sense of moral and military superiority which had accreted in the centuries of imperial expansion. Though it may now seem quaint and self-serving, there was a widespread and genuine feeling that Britain had responsibilities in its diminishing empire, to protect its peoples from communism and other forms of demagoguery. Much more potently, there was ingrained racism. When the revolutionaries in Cairo dared to suggest that they would take charge of the Suez canal, the naked prejudice of the imperial era bubbled to the surface. The Egyptians, after all, were among the original targets of the epithet, "westernised (or wily) oriental gentlemen". They were the Wogs.88

Terwyl hulle voordeel uit Egipte en die kanaal getrek het, het die Britte min gedoen om hulself gewild onder die plaaslike bevolking te maak. Mansfield verwys na die "ingrained British attitude towards the Egyptian people".89 Hulle het gefaal om die tegnologieë en maatskaplike voordele wat die industriële rewolusie ontketen het na Egipte te versprei. Die Britte se ingesteldheid om kolonialisme te bevorder, het hulle net so min laat belangstel, net soos die Ottomane voorheen, om welvaart in Egipte te bevorder.90

The immense profits on the relatively small original investment in the Canal had gone almost entirely abroad. Less than 5 per cent of the shares were held in Egypt, and although an agreement in 1949 increased Egypt's revenues they were still only 7 per cent of the gross profits. The Canal was a symbol of exploitation by the rich developed world.91

Op die tuisfront in Brittanje was daar ook agteruitgang. Hieroor maak Johnson die volgende opmerking:

The rate of decline, however, was determined by its own national will. Post-war events had suggested the will was virtually non-existent. Relative industrial decline had also been resumed, with a vengeance.92

En dan het die Britte steeds aan Egipte verknog gebly en wel om selfsugtige beweegredes.

There was always some compelling reason to stay a bit longer. As Lord Cromer93 put it, "England did not want to possess Egypt, but it was essential to British interests that the country should not fall into the hands of any other European power British diplomacy, which may at times have been mistaken, but which was certainly honest, did its best to throw off the Egyptian burden. But circumstances were too strong to be arrested by diplomatic action."94

Gedurende die jare wat die Suezkrisis voorafgegaan het, het die Britte vier belangrike buitelandse beleidsinisiatiewe gevolg wat, indien hulle suksesvol was, Brittanje se belange in die Midde-Ooste, veral in Egipte, beter sou gedien en verseker het. Elkeen het egter misluk met die gevolg dat spanning in die streek met elke mislukking toegeneem het. Elkeen het ook 'n bepaalde uitwerking op Brittanje se verhouding met Egipte gelaat omdat al vier selfdienend en kortsigtig was en min kans op sukses gehad het. Hierdie mislukkings in Britse buitelandse beleid het die basis vir die steeds groeiende en veelvlakkige konflik tussen Brittanje en Egipte gevorm en aangevuur. Die nasionalisering van die kanaal was uiteindelik die katalisator. Die kern van Brittanje se buitelandse beleid met betrekking tot Egipte was die besef dat die Suezkanaal 'n onskatbare bate is in die instandhouding van die Britse Ryk. Vir Egipte het alles weer om een aspek gedraai: buitelandse troepe wat op hul grondgebied teenwoordig was en 'n groot, indien nie die deurslaggewende nie, invloed op Egiptiese politiek gehad het. Die einde van Brittanje se prominensie as wêreldmoondheid was op hande, maar netso belangrik was die feit dat die krisisse ook tydens die Koue Oorlog plaasgevind het en gevolglik belangrike betrekkinge tussen die Weste en die Sowjetblok geraak het.

Die ontevredenheid met Britse teenwoordigheid in en optredes teenoor Egipte, asook omstrede buitelandse beleidsbesluite in die Midde-Ooste was die teelaarde vir Nasser se besluit om die Suezkanaal te nasionaliseer. Later, ná Brittanje se mislukte militêre optrede saam met Frankryk en Israel in November 1956, het Egiptenare nog minder simpatie met die Britte gehad. Daarmee het Suez die finale waterskeiding geword wat die einde van Brittanje as 'n imperiale mag meegebring het.

From a British perspective 60 years after the crisis, Suez has an almost iconic status, often used as a short hand for everything "wrong" in foreign policy and decision making. It is said to be the moment when Britain's status and reputation as a global power ended and with it a decline of British moral power and prestige.95

Die Suezkrisis van 1956 was die oomblik toe Nasser met sy optrede persoonlik aan sy land se identiteit gestalte gegee het nadat hy 'n nasionalistiese weerstand byeengebring het in 'n poging om imperialistiese oorheersing te beëindig. Aldus het hy die waardigheid van die indiwiduele Egiptenaar herstel ná dekades van buitelandse heerskappy.96

 

BIBLIOGRAFIE

Boeke en Artikels

Abadi, Jacob. 1982. Britain's Withdrawal from the Middle-East, 1947-1971: The Economic and Strategic Imperatives. Princeton, New Jersey: The Kingston Press, Inc.         [ Links ]

Abou-El-Fadl, Reem. 2015. Early pan-Arabism in Egypt's July revolution: the Free Officers' political formation and policy-making, 1946-54. Nations and Nationalism, 21(2):289.         [ Links ]

Acemoglu, Daron & James Robinson. 2013. Why Nations Fail: the Origins of Power, Prosperity, and Poverty. Profile Books.         [ Links ]

Aydelotte, William. 1974. Bismarck and British Colonial Policy: The Problem of South West Africa 1883-1885. New York: Octagon Books.         [ Links ]

Baldwin, Hanson. 1954. Suez Marks End of Era. The New York Times. 18 July 1954.         [ Links ]

Bernard, Jean-Yves. 2009. Disregarding the Atlantic 'Special Relationship': The Eden Cabinet in the Lead-up to the Invasion of the Suez Canal Zone. Canadian Journal of History, 44(1):39.         [ Links ]

Blumenthal, Ralph. 1975. The Suez Canal: A Focus of Rivalries in the Middle East. The New York Times, 6 June 1975.         [ Links ]

British Prime Minister's Document: TNA: PREM 8/1359, 19 May 1950. "Defence co-operation with Egypt: visit by Chief of the Imperial General Staff to Egypt to discuss UK-Egypt defence problems; political and military talks on participation of Egypt in Middle East Command; rejection by Egypt of these proposals.         [ Links ]"

Brown, Derek. 2001. 1956: Suez and the end of empire. The Guardian. 14 March 2001.         [ Links ]

Churchill, Winston. 1950. The Second World War: The Grand Alliance. Cambridge: The Riverside Press.         [ Links ]

Crankshaw, Edward. 1981. Bismarck. London: Macmillan.         [ Links ]

Crowcroft, Barnaby. 2016. Egypt's other Nationalists and the Suez Crisis of1956. The Historical Journal, 59(1):253.         [ Links ]

Darwin, John. 1991. The End of the British Empire: The Historical Debate. Oxford: Basil Blackwell.         [ Links ]

Eksteen, Riaan. 2019. Die uitwerking van binnelandse aangeleenthede op buitelandse beleid, met spesifieke verwysing na hedendaagse gebeure in die Verenigde State van Amerika. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 59(3):398.         [ Links ]

England in India. 1869. Harper's Weekly, XIII(676):11 December 1869.         [ Links ]

Fettweis, Christopher. 2022. The Pursuit of Dominance: 2000 Years of Superpower Grand Strategy. Oxford University Press.         [ Links ]

Foreign News. 1869. Harper's Weekly, XIII(676):11 December 1869.         [ Links ]

Gall, Lothar. 1986. Bismarck: The White Revolutionary - Volume 21871-1898. London: Allen & Unwin.         [ Links ]

Geiger, Till. 2004. Britain and the Economic Problem of the Cold War: The Political Economy and the Economic Impact of the British Defence Effort, 1945-1955. New York: Routledge.         [ Links ]

Gorst, Anthony, and Lewis Johnnman. 1997. The Suez Crisis. London: Routledge.         [ Links ]

Hahn, Peter. 1991. The United States, Great Britain, and Egypt, 1945-1956: Strategy and Diplomacy in the Early Cold War. Chapel Hill: The University of North Carolina Press.         [ Links ]

Harris, Jonathan. 1985. A Statue for America: The First 100 Years of the Statue of Liberty. New York: Simon & Schuster.         [ Links ]

Hathaway, Robert. 1994. Suez, The Perfect Failure: A Review Essay. Political Science Quarterly, 109(2): 361.         [ Links ]

Home and Foreign Gossip.1874. Harper's Weekly, XX(1005): 1 April 1874.         [ Links ]

Hoskins, Halford. 1935. Suez Canal in Time of War. Foreign Affairs, 14(1):93-101.         [ Links ]

Johnson, Paul. 1991. History of the Modern World: From 1917 to 1990s. London: Weidenfeld & Nicolson.         [ Links ]

Kingseed, Cole. 1995. Eisenhower and the Suez Crisis of 1956. Baton Rouge: Louisiana State University Press.         [ Links ]

Kissinger, Henry. 1994. Diplomacy. New York: Simon & Schuster.         [ Links ]

Lloyd, Selvyn. 1978. Suez 1956: A Personal Account. London: Jonathan Cape.         [ Links ]

Louis, William. 2006. The Ends of British Imperialism: The Scramble for Empire, Suez and Decolonization. London: I. B. Tauris Publishers.         [ Links ]

Mansfield, Peter. 1976. The Arab World: A Comprehensive History. New York: Thomas Y. Crowell Company.         [ Links ]

Morewood, Steve. 2006. Suez: The Canal before the Crisis. History Today, 56(11):38-45.         [ Links ]

Neilson, Francis. 1950. Bismarck's Relations with England. American Journal of Economics & Sociology, 9(2):293.         [ Links ]

News of the Week. 1904. The Spectator, 16 April 1904.         [ Links ]

Nicaragua Canal. 1889. Harper's Weekly, XXXII(1674):19 January 1889.         [ Links ]

Nutting, Anthony. 1967. No End of a Lesson: The Story of Suez. Londen: Constable.         [ Links ]

Nutting, Anthony. 1970. Scramble for Africa: The Great Trek to the Boer War. London: Constable and Company.         [ Links ]

Pakenham, Thomas. 1991. The Scramble for Africa: 1876-1912. Johannesburg: Johathan Ball Publishers.         [ Links ]

Peden, George. 2012. Suez and Britain's Decline as a World Power. The Historical Journal, 55(4):1073.         [ Links ]

Polk, William. 1975. The United States and the Arab World. Cambridge, Massachusetts: Harvard University Press, Third Edition.         [ Links ]

Reynolds, David. 1991. Britannia Overruled: British Policy and World Power in the 20th Century. New York: Routledge.         [ Links ]

Robinson, Ronald and John Gallagher with Alice Denny. 1978. Africa and the Victorians: The Official Mind of British Imperialism. Second Edition. Palgrave Macmillan.         [ Links ]

Siegfried, André. 1953. The Suez: International Roadway. Foreign Affairs, 31(4):605-618.         [ Links ]

Smith, Rupert. 2022. Geography, Geostrategy and Military Operations. Mackinder Forum - A Forum for Geopolitics, 15 November 2022.         [ Links ]

Spector, Ronald. 2022. A Continent Erupts: Decolonization, Civil War, and Massacre in Postwar Asia, 1945-1955. New York: W. W. Norton & Company, Inc.         [ Links ]

Stockwell, Anthony. 2006. Suez and the Moral Bankruptcy of Empire. History Today, 56(11):48.         [ Links ]

The Acceleration of the Indian Mail. 1843. The Spectator, 7 October 1843.         [ Links ]

The British Proposal for the Suez Canal. 1883. The Spectator, 6 January 1883.         [ Links ]

Thomas, Martin and Richard Toye. 2015. Arguing about intervention: a comparison of British and French rhetoric surrounding the 1882 and 1956 invasions of Egypt. The Historical Journal, 58(4): 1081.         [ Links ]

Thornhill, Michael. 2004. Britain, the United States and the Rise of an Egyptian Leader: The Politics and Diplomacy of Nasser's Consolidation of Power, 1952-4. The English Historical Review, 119(483):892.         [ Links ]

Tignor, Robert. 1963. Lord Cromer: Practitioner and Philosopher of Imperialism. Journal of British Studies, 2(2):142.         [ Links ]

Topics of the Day. 1975. England and the Suez Canal. The Spectator, 27 November 1875.         [ Links ]

Toye, Richard. 2008. The Churchill Syndrome: Reputational Entrepreneurship and the Rhetoric of Foreign Policy since 1945. British Journal of Politics & International Relations, 10(4):364.         [ Links ]

Wilson, Arnold. 1939. The Suez Canal and its future. The Spectator, 13 January 1939.         [ Links ]

Webbladsye

<https://dawlishchronicles.com/2018/02/02/opening-the-suez-canal-1869/>

<https://defenceindepth.co/2016/11/16/the-significance-of-suez-1956-a-reference-point-and-turning-point/>

<https://en.qantara.de/content/bismarcks-egypt-policy-the-ulcer-of-the-orient> <https://learn.culturalindia.net/french-in-india.html#>

<https://oi.uchicago.edu/sites/oi.uchicago.edu/files/uploads/shared/docs/danh_vo_labels.pdf>

<https://www.britishempire.co.uk/maproom/europe.htm>

<https://www.history.com/topics/africa/suez-canal#suez-canal-during-wartime>

<https://www.iwm.org.uk/history/the-end-of-the-british-empire-after-the-second-world-war>

<https://www.nationalarchives.gov.uk/cabinetpapers/help/glossary-s.htm>

<https://www.thecanadianencyclopedia.ca/en/article/canada>

<https://www.theguardian.com/politics/2001/mar/14/past.education1>

<https://www.whipplelib.hps.cam.ac.uk/special/exhibitions-and-displays/conflicting-chronologies/britain-egypt>

Addisonele Bronne geraadpleeg

Arnstein, Walter. 2000. Britain Yesterday and Today: 1830 to the Present. Boston: Houghton Mifflin.         [ Links ]

Ashton, Nigel. 1996. Eisenhower, Macmillan and the Problem of Nasser: Anglo-American Relations and Arab Nationalism, 1955-59 (Studies in Military and Strategic History). London: Palgrave Macmillan.         [ Links ]

Beloff, Max. 1969. The Future of British Foreign Policy. New York: Taplinger Publishing Company, Inc.         [ Links ]

Charlwood, David. 2019. Suez Crisis 1956: End of Empire and the Reshaping of the Middle East. South Yorkshire: Pen and Sword Military.         [ Links ]

Darby, Phillip.1973. British defence policy east of Suez, 1947-1968. London: Oxford University Press.         [ Links ]

Darwin John. 1988. Britain and Decolonisation: The Retreat from Empire in the Post-War World. London: The Macmillan Press.         [ Links ]

Frankel, Joseph. 1975. British foreign policy, 1945-1973. Oxford University Press.         [ Links ]

Goldsworthy, David. 1971. Colonial Issues in British Politics, 1945-1961: From Colonial Development to the Winds of Change. Oxford University Press.         [ Links ]

Kissinger, Henry. 1969. American Foreign Policy. New York: W.W. Norton & Company.         [ Links ]

Schuckburgh, Evelyn. 1986. Descent to Suez: Foreign Office Diaries 1951-1956. New York: W. W. Norton & Company.         [ Links ]

 

 

Ontvang: 2022-12-21
Goedgekeur: 2023-05-12
Gepubliseer: Junie 2023

 

 

 

Riaan Eksteen was vir 27 jaar lid van Suid-Afrika se Buitelandse Diens. Hy beklee in daardie tyd verskillende poste en dien in verskillende hoedanighede in die Buitelandse Ministerie. Gedurende 1964-67 is hy in die Namibiese afdeling gemoeid met SA se betrokkenheid in die hofsaak by die Internasionale Geregshof in Den Haag; hy is ook agtereenvolgens hoof van die VN- en Namibiese afdeling (1973-76) en van Beplanning (1981-1983). Hy dien vanaf 19681973 by die SA Ambassade in Washington, DC. Voorts is hy vir 12 jaar ambassadeur by die VN in New York (1976-1981); Namibië (1990-1991); VN in Geneve (1992-1995) en Turkye, insluitende Azerbaijan, Kyrgyzstan, Uzbekistan en Turkmenistan. Laasgenoemde aanstelling is deur Pres. Mandela gedoen. Hy was ook direkteur-generaal van die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK) van 1983 tot 1988. Hy is outeur van The Role of the Highest Courts of the United States of America and South Africa, and the European Court of Justice in Foreign Affairs, besoekende professor aan die Tashkent State University of Law, Uzbekistan en lid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vanaf Junie 2022. Sy memoires, Beyond Diplomacy, is in Oktober 2022 gepubliseer.
Riaan Eksteen was a member of the South African Foreign Service for 27 years, during which time he held several posts in various capacities within the Foreign Ministry. From 1964-67 he served in the Namibian division, participating in South Africa's court case in the International Court of Justice in The Hague; he also successively held the positions of Head of the UN and Namibian divisions (1973-1976) and Head of Planning (1981-1983). In addition, from 1968-1973, he was stationed at the South African Embassy in Washington, DC; subsequently, he was Ambassador for 12 years at the U.N. New York (1976-1981); Namibia (1990-1991); U.N. Geneva (1992-1995); and Turkey, including Azerbaijan, Kyrgyzstan, Turkmenistan and Uzbekistan (1995-1997). The assignment to Turkey was authorised by Pres. Mandela. He is also a former Director-General of the South African Broadcasting Corporation (1983-1988). He is the author of The Role of the Highest Courts of the United States of America and South Africa, and the European Court of Justice in Foreign Affairs, visiting professor at the Tashkent State University of Law, Uzbekistan and member of the South African Academy for Science and Arts since June 2022. His memoirs, Beyond Diplomacy, was published in October 2022.
1 Siegfried (1953), bl. 605.
2 Blumenthal (1975).
3 <https://www.whipplelib.hps.cam.ac.uk/special/exhibitions-and-displays/conflicting-chronologies/britain-egypt>
4 < https://learn.culturalindia.net/french-in-india.html#>
5 < https://www.thecanadianencyclopedia.ca/en/article/canada>
6 Smith (2022).
7 Crankshaw (1981), bl. 46.
8 Siegfried, bl. 609.
9 Wilson (1939).
10 "Topics of the Day: England and the Suez Canal" (1875), bl. 4.
11 Thomas & Toye (2015), bl. 1082.
12 <https://www.historycrunch.com/egypt-and-the-suez-canal-in-the-age-of-imperialism.html#/>
13 Harris (1985). <https://oi.uchicago.edu/sites/oi.uchicago.edu/files/uploads/shared/docs/danh_vo_labels.pdf>)
14 <https://dawlishchronicles.com/2018/02/02/opening-the-suez-canal-1869/>
15 "England in India" (1869), bl. 787.
16 "Home and Foreign Gossip" (1874), bl. 274.
17 "The British Proposal for the Suez Canal" (1883), bl. 16.
18 Louis (2006).
19 "The Acceleration of the Indian Mail" (1843), bl. 14.
20 Robinson et al. (1978).
21 Hoskins (1935), bl.99.
22 Siegfried, bl. 611.
23 <https://www.nationalarchives.gov.uk/cabinetpapers/help/glossary-s.htm>
24 <https://www.britishempire.co.uk/maproom/europe.htm>
25 "Nicaragua Canal" (1889), bl. 52.
26 Siegfried, bl. 607.
27 "Foreign News" (1869), bl. 787.
28 Aydelotte (1974), bl. 115.
29 <https://en.qantara.de/content/bismarcks-egypt-policy-the-ulcer-of-the-orient>
30 Crankshaw, bl. 369.
31 Pakenham (1991), bl. 123.
32 Kissinger (1994), bl. 159.
33 Ibid, bl. 135.
34 Crankshaw, bl. 369.
35 Aydelotte, bl. 1.
36 Pakenham, bl. 339.
37 Neilson (1950), bl. 302.
38 Crankshaw, bl. 397.
39 Ibid., bl. 350.
40 Nutting (1970), bl. 116.
41 Hieromtrent vervolg Pakenham soos volg: [It gave] Bismarck a real grievance, and to provoke him to play his Egyptian card. ... It was as effective - and as humiliating for the British - as Bismarck could have hoped in his most bloody-minded mood. Bls. 210-212.
42 Gall (1986), bl. 140 en Aydelotte, bl. 132. Pakenham beskryf ook oor hoe Bismarck die Britte in Suidelike Afrika uitoorlê het:
43 Aydelotte, bl. 135.
44 Kissinger, bl. 171.
45 Churchill (1950), bls. 5, 71, 101, 321 en 322.
46 < https://www.history.com/topics/africa/suez-canal#suez-canal-during-wartime>
47 < https://www.iwm.org.uk/history/the-end-of-the-british-empire-after-the-second-world-war>
48 Fettweis (2022). Hy hanteer die agteruitgang van die Britse Ryk besonder gepas.
49 Darwin (1991).
50 Spector (2022), bl. 14.
51 Gorst (1997), bl. 29.
52 Ibid., bl. 30.
53 Siegfried, bl. 613.
54 Abadi (1982), bl. xvi.
55 Lloyd (1976), bl. 42. Britse Minister van Buitelandse Sake van 1956 tot 1960.
56 TNA; PREM 8/1359 19 Mei 1950.
57 Lloyd, bl. 8.
58 Reeds vanaf 1936 was Koning Faroek die koning van Egipte en Soedan.
59 Geiger (2004).
60 Peden beklemtoon die volgende aspekte wat later na vore tree:
61 Toye (2008), bl. 367.
62 News of the Week (1904), bl. 1.
63 Hahn (1991), bl. 3.
64 Morewood (2006), bl. 42.
65 Abou-El-Fadl (2015), bls. 289 en 292.
66 Glubb het as bevelvoerende generaal Transjordanië se Arabiese Legioen vanaf 1939 opgelei.
67 Nutting (1967), blds. 27 en 31. Britse Minister van Buitelandse Sake vanaf 1954 tot 1955.
68 Abadi, bl. 224.
69 Ibid., bl. 225.
70 Hathaway (1994), bl. 362.
71 Lloyd, bl. 1.
72 Stockwell (2006), bl. 49.
73 Siegfried, bl. 613.
74 Hahn.
75 Ibid., bl. 3.
76 Bernard (2009), bl. 42.
77 Louis.
78 Kingseed (1995).
79 Stockwell, bl. 50.
80 Hathaway, bl. 361.
81 Thornhill (2004).
82 Ibid., bl. 892.
83 Ibid., bl. 920.
84 Eksteen (2019), 400.
85 Kissinger, b. 523.
86 Ibid., bl. 526.
87 Baldwin (1954).
88 Brown (2001). <https://www.theguardian.com/politics/2001/mar/14/past.education1>
89 Mansfield (1976), bl. 294.
90 Acemoglu and Robinson (2013), bl. 4.
91 Mansfield, bl.299.
92 Johnson (1991), bl. 490.
93 For many Englishmen Lord Cromer was the embodiment of the British imperial tradition. As one who had spent the greater part of his lifetime in the East representing British power and had crowned his career by being virtual ruler of occupied Egypt from 1883 to 1907, he had come increasingly to symbolise the proconsular tradition in British imperialism. (Tignor, 1963: bl. 142.)
94 Polk (1975), bl. 97.
95 <https://defenceindepth.co/2016/11/16/the-significance-of-suez-1956-a-reference-point-and-turning-point/>
96 Crowcroft (2016), bl. 254.

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons