SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.63 número2NP van Wyk Louw's ideal of justiceRelativisation in the poetry of NP van Wyk Louw índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Tydskr. geesteswet. vol.63 no.2 Pretoria Jun. 2023

http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2023/v63n2a8 

NAVORSINGS- EN OORSIGARTIKELS / RESEARCH AND REVIEW ARTICLES (2)

 

Die laaste geografies omvattende kulturele viering van Afrikaans: Die fakkelloop tydens die Taaljaar 19751

 

The last geographically inclusive cultural celebration of Afrikaans: The torch run of the Language Year 1975

 

 

Jannie Rossouw

Besoekende professor: Wits-Besigheidskool, Universiteit van die Witwatersrand, Johannesburg, Suid-Afrika. E-pos: jannie.rossouw@wits.ac.za

 

 


OPSOMMING

Hierdie artikel fokus op die fakkelloop met "taalfakkels" wat op 10 Oktober 1975 by die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl geëindig het om saam te val met die inwyding van die Monument. Terwyl die Afrikaanse Taalmonument en die Afrikaanse Taalmuseum (beide in die Paarl) heelwat aandag in die literatuur geniet, is daar, ondanks die wye geografiese en kulturele omvang van die fakkelloop, min gestruktureerde inligting daaroor beskikbaar.
Die fakkelloop het deel uitgemaak van die Afrikaanse taalfeeste in 1975, 'n jaar wat deur die Suid-Afrikaanse regering tot Taaljaar verklaar is. Die oogmerk van die Taaljaar was onder meer die herdenking van die stigting 'n eeu vroeër, op 14 Augustus 1875, van die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) in die Paarl, die erkenning van Afrikaans as amptelike taal 50 jaar later in 1925, en die opening van die Museum en inwyding van die Monument in die Paarl gedurende die Taaljaar.
Uit die navorsing wat vir hierdie artikel gedoen is, blyk die wye geografiese en kulturele effek van die fakkelloop, selfs buite die grense van Suid-Afrika. Voorts is taalfeeste in verskeie dorpe en stede in Suid-Afrika georganiseer, wat saamgeval het met die aankoms van taalfakkels by daardie feeste. Afrikaanse taalgedenkstrukture is ook op verskeie van die dorpe en stede waar die taalfakkels aangedoen het, onthul.
Die fakkelloop was 'n groot sukses en het die verbeelding van mense aangegryp. Dit het op 14 Augustus 1975 simbolies by die Voortrekkermonument begin. By daardie geleentheid is agt taalfakkels aangesteek wat elk na een van die agt stigterslede van die GRA vernoem is. Die taalfakkels is oral deur Suid-Afrika gedra en het selfs besoeke aan die destydse Suidwes-Afrika (tans Namibië) en Rhodesië (tans Zimbabwe) ingesluit.
Die fakkelloop was die laaste geografies omvattende kulturele viering van Afrikaans. In omvang staan dit gelyk met nasionale feeste soos die Simboliese Ossewatrek in 1938, wat die Groot Trek herdenk het, die hoeksteenlegging van die Voortrekkermonument (ook in 1938) en die inwyding van die Voortrekkermonument in 1949.
Die Soweto-opstand van 1976 teen onderrig in Afrikaans het sentimente teenoor die taal aansienlik verander. Afrikaans het verpolitiseer geraak, en die koms van televisie in Suid-Afrika in 1976 het ook die aptyt van Afrikaanssprekendes vir taal- en kultuuraktiwiteite verander.

Trefwoorde: Afrikaans; Afrikaanse Taalmuseum en -monument; fakkelloop, Namibië; Rhodesië; Suidwes-Afrika; taalgedenktekens; Taaljaar, taalmonument vir die Nederlandse taal; taalmonumente; taalmuseum; Zimbabwe


ABSTRACT

This paper views the torch run (fakkelloop) in 1975 that ended with the inauguration of the Afrikaans Language Monument in Paarl on 10 October 1975. While the Afrikaans Language Monument and the Afrikaans Language Museum receive considerable attention in the literature, scant information about the torch run is recorded in a structured manner, even though it was of wide cultural and geographical significance.
The torch run was organised as part of the Afrikaans language festivities of 1975, the year having been declared Language Year (Taaljaar) by the South African government. The Language Year commemorated, inter alia, the founding a century earlier, on 14 August 1875, of the Genootskap van Regte Afrikaners (GRA, or Fellowship for True Afrikaners) in Paarl, the elevation of Afrikaans to the status of official language 50 years later in 1925, and the opening of the museum and inauguration of the Monument in Paarl in 1975.
The torch run comprised people carrying torches, in commemoration of the Language Year, over long distances in South Africa and the then South-West Africa (today Namibia) and Rhodesia (today Zimbabwe). Eight language torches were lit at the Voortrekker Monument in Pretoria on 14 August 1975. Each torch was carried on a different route through South Africa, South-West Africa and Rhodesia. The torches arrived at the Afrikaans Language Monument in Paarl on 10 October 1975 for the opening ceremony of the Monument on that day.
While the Afrikaans Language Monument in Paarl is well-known, very little is known about other structures celebrating the Afrikaans language all over South Africa (and one in Namibia). These commemorative structures take the form of monuments, memorial plaques and even a primary school, but they (other than the primary school, which obviously is not in the form of a monument) are not comparable in scale with the Monument in Paarl.
The oldest language monument in South Africa is in Burgersdorp and was erected in 1893 in commemoration of the acceptance of the Dutch language as a parliamentary language in the former Cape Colony. Two Afrikaans language monuments (in Kroonstad and Welkom) were erected as part of the celebrations in 1959 known as Die Wonder van Afrikaans (The Wonder of Afrikaans). Taaljaar Primary School (Laerskool Taaljaar) in Witbank (today eMalahleni) was opened in that year as well. The aim of Die Wonder van Afrikaans was the celebration of the 50th anniversary of the SA Akademie vir Wetenskap en Kuns (SA Academy for Science and Arts), founded in 1909, and the 30th anniversary of the Federasie van Afrikaanse Kultuurverenigings (FAK, or Federation of Afrikaans Cultural Societies), founded in 1929.
As part of the Taaljaar 1975, a number of structures commemorating the Afrikaans language were erected throughout South Africa. The unveilings took place at language and cultural festivals when a Taaljaar torch was carried through the cities and towns concerned. These commemorative structures are scattered randomly throughout the country and take the form of monuments and memorial plaques. One monument celebrating Afrikaans was unveiled in 2014 in Namibia as well.
There are records of commemorative structures in the form of plaques or monuments erected during the Taaljaar in Aberdeen, Belfast, Burgersfort, Delareyville, East London, Ermelo, Johannesburg, Lichtenburg, Makhado (Louis Trichardt), Montagu, Ohrigstad, Petrus Steyn, Reddersburg, Reitz, Riebeek-Kasteel, Springbok, Trompsburg, Touws River, Ventersdorp and Worcester. Some records are incomplete, but they do suggest that such structures may have been erected (or may have existed) in Ladismith (Western Cape), Meyerton, Milnerton, and Trompsburg.
Many years after the Taaljaar, on 8 November 2014, an Afrikaans language monument was erected in Windhoek in Namibia. The FAK was instrumental in erecting this monument.
The torch run was the last geographically comprehensive cultural commemoration of Afrikaans. In scope it is comparable with national festivals such as the 1938 Symbolic Great Trek, the laying of the cornerstone of the Voortrekker Monument (also in 1938) and the inauguration of the Voortrekker Monument in 1949.
The history of the torches and the torch run is the focus of this research paper. The torch run is inextricably linked to the language memorials unveiled during the Taaljaar and the cultural language festivals arranged in many cities and towns. This was the last time that Afrikaans was celebrated on a national scale. The torch run itself was a major success, but after 1975 the domestic environment in the country changed considerably.
The Soweto uprising of 1976 against the compulsory use of Afrikaans in schools in black communities drastically changed sentiments towards the language. Afrikaans became politicised, and, in addition, the introduction of television in South Africa in 1976 changed the appetite of Afrikaans speakers for language and cultural activities.

Keywords: Afrikaans; Afrikaans Language Museum and Monument; language memorials; language monument for the Dutch language; language monuments; language museum; Language Year; Namibia; Rhodesia; South West-Africa; torch run; Zimbabwe


 

 

1. Inleiding2

Hierdie artikel gee 'n oorsig van die fakkelloop met agt taalfakkels wat op 10 Oktober 1975 by die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl geëindig het en saamgeval het met die inwyding van die Monument. Die Afrikaanse Taalmonument en die Afrikaanse Taalmuseum geniet heelwat aandag in die literatuur (sien byvoorbeeld Van Zyl & Rossouw, 2016; Rossouw, 2022a), maar min inligting is oor die fakkelloop beskikbaar, al was dit geografies en kultureel wyd van omvang.

Die fakkelloop het deel uitgemaak van die Afrikaanse taalfeeste in 1975, 'n jaar wat die destydse Suid-Afrikaanse regering tot Taaljaar verklaar het. Die Taaljaar se oogmerk was die herdenking van die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) 'n eeu tevore, op 14 Augustus 1875, die verheffing van Afrikaans tot amptelike taalstatus 50 jaar later in 1925, en die opening van die Museum en inwyding van die Monument in die Paarl gedurende die Taaljaar (Van Zyl & Rossouw, 2016).

Die agt taalfakkels is op 14 Augustus 1975 by die Voortrekkermonument in Pretoria aangesteek. Hierdie geleentheid het bekend gestaan as Die Afrikaanse Taalmonument: Aanvangsfees. Figuur 1 is 'n afbeelding van die voorblad van die program wat vir daardie geleentheid gedruk is

 

 

 

 

Die taalfakkels is op verskillende roetes deur Suid-Afrika, Suidwes-Afrika (vandag Namibië) en Rhodesië (vandag Zimbabwe) gedra. Hierdie navorsing doen verslag oor die wye geografiese en kulturele uitwerking van die fakkelloop en die taalfakkels, selfs buite die grense van Suid-Afrika. Taalfeeste wat in verskeie dorpe en stede in Suid-Afrika, Suidwes-Afrika en Rhodesië georganiseer is, het saamgeval met die aankoms van 'n taalfakkel by so 'n fees. Gedenkstrukture wat Afrikaans gedenk, is ook onthul op verskeie van die dorpe en stede waar die taalfakkels aangekom het (Rossouw, 2022b).

Die struktuur van die artikel is soos volg: Die gebrek aan literatuur oor die fakkelloop word in afdeling 2 bespreek. Afdeling 3 verskaf 'n perspektief op die organisatoriese agtergrond in die aanloop tot en tydens die fakkelloop. Afdeling 4 fokus op die fakkelloop self. Afdeling 5 oorweeg redes waarom die Taalfees van 1975 die laaste geografies omvattende kulturele viering van Afrikaans was. Taalgedenkstrukture word in afdeling 6 bepreek. Die gevolgtrek-kings volg in afdeling 7.

 

2. Literatuuroorsig

Daar is omvattende literatuur beskikbaar oor die Afrikaanse Taalmuseum en -monument in die Paarl, hoewel die fokus dikwels die Monument, eerder as die Museum is. Die Monument is opvallender en baie bekender as die Museum (Van Zyl & Rossouw, 2016:298). Hierteenoor het die fakkelloop van 1975 in die vergetelheid verval.

Die Afrikaanse Taalmonument is die enigste struktuur of gebou in Suid-Afrika wat opgeneem is in 'n boek wat die wêreld se 500 mees ikoniese argitektoniese strukture bespreek (Cattermole, 2008:383). Dit beteken egter nie dat die Monument se voorkoms nie omstrede is nie. Die Afrikaanse skrywer Breyten Breytenbach se beskrywing van die Monument is 'n "penis van beton", terwyl ander verwysings ook na die Monument as falliese simbool gemaak is (Huigen, 2008:156). Coombes (2003:46) verklaar dat mnr. Hardy Botha, die destydse hoof van die Daljosafat-Kunsstigting, die Monument as 'n "mausoleum", 'n "lifeless monstrosity" en 'n "disgusting thing" beskryf het.

Van Zyl en Rossouw (2016) en Rossouw (2022a) beskryf hoe omstrede die Monument voor en tydens die oprigting daarvan was en dui ook aan dat die omstredenheid steeds voortduur. Histories was die terrein wat vir die oprigting van die Monument gekies is, die funksie van die Monument (indien enige) en die simboliek van die Monument omstrede sake. Besonder omstrede was politieke struwelinge in die aanloop tot die opening, spesifiek omdat aanvanklik beplan is om sekere taal- en rassegroepe van die opening uit te sluit. Bronne soos Beningfield (2004); Beningfield (2006), De Klerk (1974), Hendricks en Dyers (2016), Huigen (2008), Le Cordeur (2010), Pakendorf (1992), Sunday Times (1975), Van Rensburg (2012), Van Zyl (2013) en Van Zyl (2020) bespreek verskillende omstrede aspekte van die Monument, die gedrag van sommige mense (selfs leiersfigure) in die tydperk voor die oprigting van die Monument en die politieke polemiek oor die beplande opening van die Monument.

Meer onlangs was die Monument omstrede weens die voorstel wat deur die destydse Minister van Sport, Kuns en Kultuur, mnr. Nathi Mthethwa, geopper is dat 'n naamsverandering oorweeg behoort te word (Heyns, 2022; Nienaber, 2022; Parliamentary Question, 2022). Hoewel die vroeëre polemiek en omstredenheid grotendeels besweer is, is die laaste woord in die debat oor die naamsverandering nog nie gespreek nie (Rossouw, 2022a).

Die Afrikaanse Taalmuseum word gehuisves in die huis in Pastorielaan 14, Noorder-Paarl, wat voorheen aan mnr. Gideon Malherbe behoort het. Die GRA is op 14 Augustus 1875 in hierdie huis gestig. Daar is met minagting na die stigterslede van die GRA verwys as skoolmeestertjies en Dalse wynboertjies (Von Wielligh, 1926:58).

Die stigterslede van die GRA was mnre. A Ahrbeck, CP Hoogenhout, DF du Toit (Daantjie Dokter)3 en DF du Toit (Oom Lokomotief), ds. SJ du Toit, en mnre. G Malherbe (eienaar van die huis), PJ Malherbe4 en SG du Toit. DF du Toit (Oom Lokomotief) en SJ du Toit was broers en DF du Toit (Daantjie Dokter) was hul neef (D'Assonville, 1999). SJ du Toit het as leier van die GRA na vore getree en was voorsitter tydens die tweede GRA-vergadering op 25 September 1875.

Volgens D'Assonville (1999:69) was die stigtingsvergadering van die GRA " ... 'n geheime vergadering ... ." Die rede vir geheimhouding het egter nie met die te stigte GRA te make gehad nie, maar met spanning in die Noorder-Paarl-gemeente naby Malherbe se huis, waar ds. SJ du Toit na verwagting op 16 Augustus 1875 as leraar beroep sou word (D'Assonville, 1999:69), soos ook gebeur het.

Die huis is in 1971 deur die Afrikaanse Taalmonumentkomitee (ATMK) aangekoop met die oog op die inrigting van 'n huismuseum en 'n museum vir die Afrikaanse taal. Die huis het in 1971 as Westfalen bekend gestaan, maar is in 1975 herdoop tot Huis Gideon Malherbe, die medestigterslid van die GRA (Die Afrikaanse Taalmuseum, 2015). Een fokuspunt van die Museum is navorsing oor die Afrikaanse taal en sake wat daarmee in verband staan (Die Afrikaanse Taalmuseum, 2015). Die Museum is op 14 Augustus 1975 deur mnr. Johnny Malherbe, Gideon Malherbe se oudste oorlewende seun, geopen (Die Burger, 1975).

In teenstelling met die Monument is die Museum nie omstrede nie: nie ten tyde van die aankoop en inrigting daarvan nie, en vandag steeds nie. Trouens, teenoor die forse voorkoms van die Monument moet die Museum deurlopend waak daarteen om nie vergeet te word nie. Gevolglik is veel meer literatuur oor die Monument as oor die Museum beskikbaar. Die Museum speel nietemin 'n belanglike rol as taalnavorsingsinstituut en huisves 'n argivale versameling.

Terwyl literatuur oor die Monument en Museum beskikbaar is, bestaan daar ongelukkig min gestruktureerde literatuur oor die fakkelloop van 1975. Slegs enkele bronne meld die fakkelloop, byvoorbeeld Geldenhuys (1974:10-11) en Nienaber (1975:42-45). Die gebrek aan literatuur of omvattende navorsing oor die fakkelloop en sake wat daarmee saamhang, is verbasend, aangesien die aanvanklike beplanning 'n publikasie oor die fakkelloop en gepaardgaande taalfeeste ingesluit het.

Die Sekretaris van die Afrikaanse Taalmonumentkomitee (ATMK), mnr. JB Espach, het op 21 November 1975 in 'n brief aan mnr. ABE (Eksteen) Theron, een van die taalfakkelroete-organiseerders (sien die bespreking wat volg) te kenne gegee dat "... die Taalmonumentkomitee besluit het dat daar 'n gedenkboek oor die fakkeloptogte en taalfeeste geskryf moet word" (Theron-brief, 1975). Voorts dui Espach aan dat 'n paneel van drie lede vir hierdie doel byeengeroep is, met prof. FC Fensham as sameroeper. Espach se verwagting was dat daar vroeg in 1976 met die oog op die publikasie weer met die taalfakkelroete-organiseerders kontak gemaak sou word (Theron-brief, 1975).

In 'n persoonlike onderhoud met die outeur op 26 September 2022 het Theron aangedui dat daar ná ontvangs van hierdie brief geen verdere kontak met hom oor hierdie onderwerp was nie. By wyse van e-poskorrespondensie met dr. Charles Fensham van die Universiteit van Toronto in Kanada, en seun van prof. FC Fensham, is vasgestel dat die beoogde publikasie onder leiding van laasgenoemde, soos Espach in die vooruitsig gestel het, nooit verskyn het nie (e-poskorrespondensie met dr. Charles Fensham, 27 September 2022).

Afgesien van enkele dokumente in die argief van die Afrikaanse Taalmuseum in die Paarl is geen literatuur oor die fakkelloop, gepaardgaande taalfeeste en taalgedenkstrukture in enige naslaanbiblioteek, argief of soortgelyke bron gevind nie. Navrae by die angiewe van Huisgenoot, Media24 (Beeld en Die Burger) en die NG Kerk in Stellenbosch het geen inligting oor hierdie onderwerp aan die lig gebring nie. Gevolglik fokus die navorsing op hierdie leemte in die literatuur.

Die literatuuroorsig toon duidelik dat die argivale bewaring van dokumentasie en aantekening van besluite en gebeure van bepalende belang is wanneer groot projekte van stapel gestuur word. Volledige rekords maak latere geskiedskrywing moontlik.

 

3. Organisatoriese struktuur

Die fakkelloop en gepaardgaande taalfeeste moet beskou word binne die konteks van die organisatoriese struktuur wat uiteindelik tot die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl gelei het. Op 14 Augustus 1942 is daar op inisiatief van die Historiese Monumentekommissie 'n byeenkoms by die historiese begraafplaas op Kleinbosch in die Paarl gehou. Op dié byeenkoms is 'n oproep gedoen dat 'n monument opgerig word, 'n oproep wat die proses begin het wat in 1975 tot volvoering gekom het (Van Zyl, 2020). In 1942 is die ATMK dus in die Paarl gestig, wat die bal aan die rol gesit het vir die oprigting van die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl (Van Zyl & Rossouw, 2016).

In 1963 is die sekretariële verpligtinge van die ATMK deur die Afrikaanse Taal- en Kultuurbond (ATKB) oorgeneem. Laasgenoemde is in 1993 by die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) ingelyf. Hierdie geskiedenis is opgeteken in die ATMK se ongepubliseerde notules van 1942 tot 1975, wat in die argief by die Afrikaanse Taalmonument gehuisves word. Ongelukkig is die notules nie volledig nie; notules van sekere vergaderings ontbreek. Voorts is die sakelyste en begeleidende dokumentasie wat vir vergaderings van die ATMK opgestel is, onvolledig in die argief opgeneem.

Die ATMK het 'n fondsinsamelingsveldtog vir die oprigting van die monument van stapel gestuur. Die Suid-Afrikaanse regering het mettertyd meer belangstelling in die werksaamhede van die ATMK getoon, en wel in so 'n mate dat 1975 tot Taaljaar verklaar is. Hugo (2009:109) verklaar dat die destydse Nasionale Party-regering die inwyding van die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl gekaap het as 'n simbool van Afrikanernasionalisme. Die verklaring van 1975 tot Taaljaar staan binne hierdie konteks.

Dit blyk uit die notules van die ATMK wat wel behoue gebly het, dat die ATMK teen daardie tyd nie meer die proses beheer het nie. Die notules toon dat 'n hele reeks komitees gevorm is om die opening van die museum en monument, asook gepaardgaande bedrywighede te koördineer.

Die ATMK het op 'n fakkelloop as deel van die Taaljaar-feesvierings besluit. Die verant-woordelikheid vir die fakkelloop is deur die ATKB aanvaar. Die ATKB het die Voortrekkerbeweging om hulp genader, onder meer omdat "talle fakkeldraers benodig word" (Langner, 2021:176).

Teen 1975 het 'n feesorganisasiestruktuur reeds ontwikkel, wat kortliks soos volg voorgestel kan word:

Beskermheer: Adv. BJ Vorster, die Eerste Minister

Volkskomitee: Sen. J de Klerk, President van die Senaat, as voorsitter.

Taalfeeswerkskomitee: Ds. JS Gericke, voormalige moderator van die NG Kerk, as voorsitter

Sekretariaat: ATKB, met mnr. JB Espach van die ATKB as sekretaris

Subkomitees wat verantwoordelikheid vir bedrywighede aanvaar het, met hul voorsitters/ organiseerders was die Amfiteaterkomitee (mnr. PJ du P Killian), Boukomitee (adv. PR de Villiers), Brosjurekomitee (mnr. D Jordaan), Feesdirektoraat (kol. CA Swart), Koördinerende Terreinkomitee, Museumkomitee, Paarl-Oos-komitee (mnr. JW Botha), Plaaslike Feeste-komitee (mnr. JWH Meiring, LPR), Programkomitee (adv. PR de Villiers), Protokolkomitee (ds. JS Gericke), Verfraaiingskomitee (dr. EF Beukman), Verkeerskomitee (mnr. J Coetzer) en Verversingskomitee (mnr. PJ du P Killian) (inligting versamel uit beskikbare notules van die ATMK).

 

4. Die fakkelloop

Geldenhuys (1974:10-11) het op 10 Augustus 1974 namens die sekretariaat van die ATMK gerapporteer dat die ATMK op 31 Januarie 1974 besluit het om die ATKB aan te wys as " ... die liggaam wat plaaslike taalfeeste, fakkellope en die voorbereiding vir die feestelikhede moet beplan en van stapel moet stuur." Voorts het Geldenhuys (1974:10) gerapporteer dat die ATKB aangewys is as die organisasie wat die program vir die feestelikhede moet opstel.

Die fakkelloop het op 14 Augustus 1975 by die Voortrekkermonument in Pretoria begin (Hugo, 2010). Soos wat die geval met die opening van die Monument in die Paarl op 10 Oktober 1975 was, het die simboliese vertrek van die taalfakkels ook 'n omstrede politieke saak geword. In 'n baie laat stadium is besluit om ook die bruin Afrikaanssprekende gemeenskap by die feesviering te betrek en die eerste beplanningsvergadering om deelname te verseker, is eers op 8 Julie 1975 gehou (sien Notule van vergadering van 'n Buitengewone Koördinerende Beplanningskomitee rakende kleurlingdeelname aan die verrigtings op 14 Augustus 1975, 1975). By hierdie geleentheid is daar kennis geneem dat bruin mense wel nog by die beplande bestaande program vir die verrigtinge op 14 Augustus 1975 betrek kan word.

Tydens die geleentheid by die Voortrekkermonument is agt taalfakkels by die vlam in die nis van die Voortrekkermonument aangesteek. Die vlam in die nis se oorsprong is 'n fakkelloop deur die Voortrekkers wat die hoeksteenlegging van die Voortrekkermonument op 16 Desember 1938 voorafgegaan het.

Nienaber (1975:42) beskryf die fakkelloop en die gepaardgaande taalfeeste as die sewende (en tweede landswye) taalfees. Volgens Nienaber (1975:43) was die eerste taalfees in 1893, met die opening van die taalmonument in Burgersdorp. Nienaber (1975:43-44) identifiseer nog vyf taalfeeste wat daarna gevier is. Die tweede fees was in 1907, met die herinwyding van dieselfde monument in Burgersdorp ná die restourasie daarvan. Die derde en die vierde taalfees is in 1913 deur Afrikaanse studente in onderskeidelik Kaapstad en Bloemfontein gevier, met die handhawing van Afrikaans as die tema. Die vyfde taalfees is in 1916 in Willowmore gevier, met die tema van eendragtigheid oor die Afrikaanse taal, ten spyte van politieke verskille. Die sesde en eerste landswye taalfees was Die Wonder van Afrikaans in 1959. Nienaber (1975:42) beskryf die taalfeeste wat in 1975 saam met die fakkelloop plaasge-vind het, as die sewende taalfees.

Nienaber (1975:42-46) meld nie die taalfees wat in 1933 in Burgersdorp gehou is nie. Die fees is deur sowat 1 500 mense bygewoon, by welke geleentheid die Taalmonument heronthul is ná die verskuiwing vanaf Jubileepark na Markplein (tans Burgerplein), die huidige standplaas (Van Rooyen, 1975:11). Dit is ook opvallend dat Nienaber (1975:42-46) nie die Langenhoven-feeste van 1973 (Kannemeyer, 1976:51-61) as 'n taalfees meld nie. Hy meld ook nie die taalfeeste van 1969 nie, wat deur Geldenhuys (1974:10-11) gerapporteer word. Volgens Geldenhuys (1974:10-11) is 'n reeks taalfeeste in Augustus 1969 gevier en " ... op 17 Oktober 1969 het alle kinders in die Republiek en Suidwes-Afrika hul bydraes gebring toe taalfeeste in alle skole gevier is". Carstens en Raidt (2019:582-583) stel die historiese fout deur Nienaber (1975:42-46) reg en meld voorts dat "(i)n 1969 'n reeks taalfeeste in die land plaasgevind ... (het) ... met as doel die insamel van fondse om 'n Taalmonument vir Afrikaans te kan oprig." Afgesien van die Afrikaanse taalfeeste wat hier bo gemeld word, identifiseer Carstens en Raidt (2019:582-583) ook Afrikaanse taalfeeste wat op 9 en 10 Augustus 1918 in Riversdal gehou is, landswye feeste in 1925 toe Afrikaans as amptelike taal aanvaar is, 'n taalfees wat in 1944 in die Paarl gehou is, taalfeeste in 1950 om die 75e herdenking van die stigting van die GRA te vier, en taalfeeste in 1973, nogmaals met die oog op fondsinsameling vir die oprigting van die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl.

Die agt taalfakkels is na die agt stigterslede van die GRA vernoem en sewe van die agt fakkels het langs verskillende roetes oral deur Suid-Afrika gereis. Van die Voortrekkermonument af het die fakkels na die uithoeke van Suid-Afrika en na die destydse Suidwes-Afrika (tans Namibië) en Rhodesië (tans Zimbabwe) vertrek, voordat dit op 10 Oktober 1975 by die Monumentterrein in die Paarl gearriveer het.

Die DF du Toit-fakkel (Oom Lokomotief) het deur die destydse Suidwes-Afrika gereis, voordat die grens na Suid-Afrika oorgesteek is (Die Suidwes-Afrikaner, 1975a; Die Suidwes-Afrikaner, 1975b). Die ander DF du Toit-fakkel (Daantjie Dokter) se reis was selfs interessanter, omdat dit ook die destydse Rhodesië ingesluit het, soos hier onder bespreek word.

Die fakkelroetes was soos volg (Stellalander, 1975):

Roete 1, DF du Toit-fakkel (Oom Lokomotief): Van Grootfontein af oor Tsumeb, Otjiwarongo, Okahandja, Windhoek, Keetmanshoop, Springbok, Vanrhynsdorp en Piketberg tot in die Paarl.

Roete 2, DF du Toit-fakkel (Daantjie Dokter): Met 'n ompad deur Rhodesië van Messina (tans Musina) af oor Pietersburg (tans Polokwane), Pretoria, Zeerust, Kakamas, Calvinia en Touwsrivier tot in die Paarl.

Roete 3, SG du Toit-fakkel: Van Groblersdal af oor Pretoria, Ventersdorp, Bloemhof, Kimberley, De Aar, Beaufort-Wes, Laingsburg en Worcester tot in die Paarl.

Roete 4, SJ du Toit-fakkel: Van Komatipoort af oor Carolina, Ermelo, Heidelberg, Parys, Heilbron, Bloemfontein, Colesberg, Graaff-Reinet, Willowmore, Oudtshoorn en Worcester tot in die Paarl.

Roete 5, CP Hoogenhout-fakkel: Van Ohrigstad af oor Lydenburg (tans Mashishing), Middelburg, Delmas, Springs, Johannesburg, Standerton, Harrismith, ThabaNchu, Queenstown (tans Komani), Cradock, Willowmore, Oudtshoorn en Worcester tot in die Paarl.

Roete 6, G Malherbe-fakkel: Van Amsterdam in Mpumalanga (tans eMvelo) af oor Volksrust, Vryheid, Estcourt, Pietermaritzburg, Durban, Port Shepstone, Matatiele, Indwe, Oos-Londen, Port Elizabeth (tans Gqeberha), Mosselbaai, Swellendam en Stellenbosch tot in die Paarl.

Roete 7, PJ Malherbe-fakkel: Van Kaapstad af tot in die Paarl.

Die A Ahrbeck-fakkel is direk vanaf die Voortrekkermonument na die Paarl geneem vir hantering soos hier onder bespreek word.

Sekere dorpe en stede was op die roete van meer as een taalfakkel, byvoorbeeld Worcester. In so 'n geval is die plaaslike taalfees beplan vir die datum waarop meer as een taalfakkel op besoek was. Roetes is dienooreenkomstig beplan.

Die DF du Toit-fakkel (Daantjie Dokter) is per vliegtuig van die Voortrekkermonument af na Salisbury (vandag Harare in Zimbabwe) geneem (De Klerk-verslag, 1975). Die fakkel het op 16 Augustus 1975 in Salisbury aangekom by geleentheid van 'n taalfees wat deur die Genootskap van Rhodesiese Afrikaners (GRA) georganiseer is. Die DF du Toit-fakkel is gebruik om die Rhodesiese fakkels aan die brand te steek (De Klerk-verslag, 1975). Die Rhodesiese fakkels is op drie roetes deur die land gedra. Een van die Rhodesiese fakkels is saam met die DF du Toit-fakkel na Beitbrug gedra, van waar dit na Messina is om sy Suid-Afrikaanse reis te begin. Soos in Suid-Afrika en Suidwes-Afrika, is Afrikaanse taalfeeste ook op verskillende dorpe aangebied wanneer die fakkels daar aangekom het.

Die Afrikaanssprekende bevolking van die destydse Rhodesië in 1975 word op sowat 35 000 geraam (Hendrich, 2013). Met so 'n groot Afrikaanssprekende bevolking was dit moontl ik om Afrikaanse taalfeeste te organiseer. Sedertdien het die Afrikaanssprekende bevolking aldaar skerp afgeneem. Teen 1984 was daar na raming slegs sowat 15 000 Afrikaans-sprekendes in Zimbabwe oor (Hendrich, 2013) en sedertdien het die Afrikaanssprekende bevolking deurlopend afgeneem. Teen 2013 is Zimbabwe se Afrikaanssprekende bevolking op minder as 12 000 geraam.

Vir elke taalfakkel is 'n roeteorganiseerder aangestel. Die oganiseerders was hoofsaaklik onderwysers wat van hul onderrigverpligtinge losgemaak is vir die tydsduur van die fakkelloop. Die roeteorganiseerders was mnre. A Botha, J de Villiers,5 PJ Jacobs en MP Roos, kol. CA Swart, en mnre. ABE Theron, MHC Visser en HP Wessels. Theron het besonder baie hulp met hierdie navorsing verleen.

Theron het die verantwoordelikhede van die roeteorganiseerders op versoek van die outeur uiteengesit. Volgens Theron was die verantwoordelikhede van die sewe roeteorganiseerders soos volg, wat die nasionale omvang en logistiek van die fakkelloop in perspektief stel:

1. Stel vas op watter dorpe daar 'n fees beplan is en wat die omvang daarvan gaan wees.

2. Stel vas wie die kontakpersoon van die Taalfeeskomitee van elke dorp langs die roete is en kontak sodanige persoon telefonies. Die kommunikasie en samewerking tussen hierdie kontakpersone en die roeteorganiseerder was van kardinale belang en het grootliks die sukses van die fees ter plaatse en die dra van die fakkel na die volgende dorp bepaal.

3. Bevestig die name, posisies en kontakpersone van die plaaslike reëlingskomitee.

4. Stel vas of daar 'n spreker by die plaaslike fees is en bepaal die protokol.

5. Verseker die prominente vertoning van die fakkel tydens die fees.

6. Bepaal of 'n monument of gedenkplaat vir Afrikaans (taalbaken) vir onthulling ter sprake is en bevestig die stappe wat dit behels.

7. Bevestig of 'n kranslegging ter sprake is en bevestig die stappe wat dit behels.

8. Bepaal wie aangewys is om die fakkel van een dorp na die volgende dorp te dra en bevestig die aantal draers, gebaseer op die afstand tussen dorpe en die afstand wat elke draer sal dra.

9. Bevestig die vertrektyd van die fakkel vanaf die betrokke dorp en aankomstyd by volgende dorp.

10. Koördineer die vervoer en oplaai- en aflaaivoertuie en skedules van die draers en alle logistieke reëlings daarmee gepaardgaande.

11. Koördineer die veiligheid van die draers en meegaande voertuie vir die op- en aflaai van die draers met die polisie en/of verkeerspolisie van elke dorp.

12. Bepaal wie die fakkel in ontvangs gaan neem en waar gaan dit geberg word totdat dit die volgende dag halfpad na die volgende dorp gedra gaan word.

13. Bevestig die oorhandigingsplek van die een groep draers na die volgende groep tussen die twee betrokke dorpe.

14. Bevestig die aantal sertifikate wat vir fakkeldraers benodig word.

15. Bevestig die gebruik van baniere en vlae by die fees en met ontvangs en vertrek van die fakkel.

16. Bevestig die veilige oornagbewaring van die fakkel nadat die plaaslike fees gehou is. Op verskeie dorpe het lede van die Voortrekkerbeweging in skofte wag gestaan om die fakkel te bewaak.

17. Bepaal besonderhede vir verblyf vir die roeteorganiseerder en die verteenwoordiger van Rembrandt Groep Beperk (Rembrandt, vandag Remgro), wat logistieke ondersteuning gebied het.

Rembrandt het Peugeot 404-stasiewaens met 'n maatskappyverteenwoordiger vir elke fakkel-roete geborg. Tabakadvertensies was destyds wettig en die voertuie het die kleure van Rem-brandt-tabakprodukte vertoon. Die voertuie is vir logistieke steun gebruik, byvoorbeeld vir die vervoer van sertifikate wat as blyk van erkenning aan fakkeldraers oorhandig is en paraffien om die fakkels se brandstof aan te vul.

Die logistieke aspekte van die fakkelloop is nie in enige argief aangeteken nie. Mnr. Eksteen Theron, een van die fakkelroeteorganiseerders, kon egter toeligting verskaf.

Die fakkeldraers was hoofsaaklik skoliere en lede van die Voortrekkerbeweging op dorpe waar daar Voortrekkerkommando's was. Ander fakkeldraers wat by geleentheid gebruik is, sluit in sportmanne en -vroue, lede van Volkspele-laers, lede van veteraanmotorklubs, lede van Weermagkommando's, lede van die SA Weermag (vandag die SA Nasionale Weermag) en lede van takke van die Vrouelandbou-unie. Fakkeldraers het dit as 'n groot eer beskou om aan die fakkelloop deel te neem. Daar bestaan nie naamlyste van fakkeldraers nie, wat dit moeilik maak om byna 50 jaar later te bepaal watter langtermynuitwerking deelname (as daar was) op enige van die fakkeldraers gehad het. Dit is een aspek van hierdie navorsing wat verder gevoer kan word as fakkeldraers opgespoor kan word.

Insgelyks het die publiek wat by plaaslike feeste waar die taalfakkels aangedoen het, volgens Theron trots gevoel. Feeste is oor die algemeen baie goed bygewoon en het die gemeenskap meegevoer. Theron se eie refleksie som hierdie geskiedenis perfek op: "Nou, 48 jaar later, besef ek watter onbeskryflike voorreg en eer dit was om by hierdie besondere gebeurtenis betrokke te kon wees" (e-poskorrespondensie met Theron). Hy vra 'n interessante retoriese vraag: "Het ek genoeg daarvan gemaak en dit maksimaal waardeer?" (e-poskorrespondensie met Theron).

Afhangende van ouderdom en afstand afgelê, het die fakkeldraers met die fakkels gehard-loop, gedraf of gestap, hoewel daar geen spesifieke voorskrif was nie. Die afstand wat elke fakkeldraer afgelê het, het weens faktore soos ouderdom en fiksheid gewissel, van 100 meter vir kinders tot een kilometer vir sportmanne en -vroue.

Sommige fakkeldraers het meer as een keer 'n fakkel gedra, maar by elke herhaalde geleentheid dieselfde fakkel. Geen enkele draer het verskillende fakkels gedra nie. Die draers het stilgestaan en na mekaar gekyk wanneer fakkels oorhandig is aan die volgende draer. Voorts het lede van die Voortrekkerbeweging en die Weermag gesalueer wanneer hulle die fakkel ontvang of oorhandig het. Fakkels is nooit in beweging (stap, draf of hardloop) aan mekaar oorhandig nie, want dit was nie 'n "afloswedloop" nie.

Statistieke oor die aantal fakkeldraers per roete is nie beskikbaar nie. As 'n gemiddeld van 250 meter per fakkeldraer aanvaar word, het Theron bereken dat die SG du Toit-fakkel (roete 3) op die lang reis na die Paarl deur sowat 6 800 persone gedra is. Gegewe die roetes wat die ander taalfakkels gevolg het (hoewel van wisselende lengte), is Theron se raming dat daar altesaam sowat 47 600 fakkeldraers was. Dit is duidelik dat die fakkelloop 'n baie groot logistieke proses was, met verskeie persone wat fakkels op die verskillende roetes gedra het. Elke fakkeldraer het 'n sertifikaat ontvang waarop die handtekeninge van sen. Jan de Klerk, die destydse President van die Senaat, en ds. JS Gericke, die voorsitter van die Taalfeeswerks-komitee, afgebeeld is. Figuur 3 toon 'n voorbeeld van 'n sertifikaat wat die fakkeldraers ontvang het; in hierdie geval die sertifikaat wat aan ene Amanda Burger oorhandig is. Die sertifikaat verklaar dat dit toegeken is vir deelname aan die fakkelloop by geleentheid van die onthulling van die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl op 10 Oktober 1975. Ongelukkig toon die sertifikaat nie aan watter fakkel die betrokke fakkeldraer gedra het nie.

 

 

Die sewe taalfakkels wat deur Suid-Afrika, Rhodesië en Suidwes-Afrika gedra is, is by die Monumentterrein aan afstammelinge van elke GRA-stigterslid na wie die fakkel vernoem is, oorhandig. Die A Ahrbeck-fakkel6 is aan die destydse Eerste Minister, adv. BJ Vorster, oorhandig. Die agt taalfakkelontvangers (familielede en Vorster) het tesame een groot fakkel by die monument aangesteek. Ná afloop van die plegtigheid is die agt taalfakkels vir veilige bewaring by die museum in ontvangs geneem.

Dit is onmoontlik om die sienings en gesindhede van diegene wat destyds aan die fakkelloop deelgeneem het, te bepaal, omdat rekords nie bestaan waarvolgens deelnemers opgespoor kan word nie. Theron se gewaarwording soos hier bo gerapporteer, dui egter op 'n positiewe belewenis. Dit is egter te betreur dat hierdie aspek van die verrigtinge nie tydens die fakkelloop, of onmiddellik daarna, nagevors en aangeteken is nie.

 

5. Die laaste geografies omvattettende kulturele viering van Afrikaans

Die taalfeeste tydens die Taaljaar en die fakkelloop was die laaste geografies omvattende feesgeleentheid wat Afrikaans gedenk het. Ná 1975 het omstandighede in Suid-Afrika vinnig verander.

In 1976 het daar in Soweto opstand deur skoolleerders begin om hul teenkanting teen onderrig in Afrikaans te kenne te gee (Carstens & Raidt, 2019; Van Niekerk, 2000:6). Molteno (1979:54) verklaar dat " ... protest by school students against the decree that they be taught half their subjects through the medium of Afrikaans ... developed an uprising which drew in the whole nation and challenged the entire system ... ." Volgens Pretorius (1983:4) is Afrikaners in 1976 uit die euforie van 1975 -

... geskok toe die Soweto-opstand - glo gebore uit verset teen die verpligte leer van Afrikaans op swartskole - en die sinistere gebeure daarna 'n skadu oor die vanselfsprekende voortbestaan van Afrikaans as kultuurtaal en die Afrikanervolk as kultuurvolk gegooi het.

Le Cordeur (2016:236) verklaar "'n (m)ens kan onteenseglik sê dat die aandrang op Afrikaans in Soweto besonder onsensitief was." Voorts voer Le Cordeur (2016:236) tereg aan dat "(o) nwetend (of uit domastrantheid en arrogansie) het die staat se optrede deels daartoe bygedra dat Afrikaans in die toekoms met 'n eksplisiete raskonnotasie geassosieer sou word, en dit sou bydra tot die stigmatisering van die taal." Die aard van Afrikaans het oornag van 'n gevierde taal in die taal van die onderdrukker verander. Van Niekerk (2000:7) is van mening dat "(d)ie euforie, so weet ons as ons rondom ons kyk, onherroeplik verby (is). Die groot uur van Afrikaans was van korte duur." Ná die opstand teen Afrikaans in 1976 het die gevaar waarskynlik bestaan dat 'n omvattende fees met 'n uitsluitlike fokus op Afrikaans, soos dié van 1975, tot verdere onrus kon lei.

Die koms van televisie (destyds ook bekend as beeldradio7) in 1976 het die belangstelling van Afrikaanssprekendes in en hulle deelname aan kultuuraktiwiteite beïnvloed. Ná die koms van televisie was kultuuraktiwiteite minder aantreklik, soos trouens voor die koms van televisie voorspel is. Meer ontspanningsaktiwiteite het op Afrikaanssprekendes se beskikbare tyd aanspraak gemaak (Cros, 1996).

Terwyl televisie reeds van 1960 af in die naburige Rhodesië (Zimbabwe) beskikbaar was, het politieke teenkanting deur die Suid-Afrikaanse regering die koms van televisie op plaaslike bodem vertraag. Beide dr. HF Verwoerd, 'n vorige Eerste Minister, en dr. JAM (Albert) Hertzog, 'n vorige minister belas met uitsaaiwese, was teen die koms van televisie gekant (Corrigan, 1974). Volgens Langner en Du Plessis (2015:79) het Hertzog die " ... bekendstelling van televisie in Suid-Afrika bewustelik vertraag, aangesien hy gevoel het dat dié middel verslapping in tradisionele waardes in die hand sou werk". Cros (1996) beskryf die teenkanting as " ... a stern religious approach to the organisation of life and society ... [and] ... a Calvinist fear that TV is a devilish instrument which could soon replace God in the hearts of people". Daar was 'n siening dat die koms van televisie dit moeilik sal maak " ... to maintain the Afrikaans cultural heritage" (Harrison & Ekman, 1976:104). Ná die koms van televisie was Suid-Afrika nie langer 'n uitsonderlike "eiland" binne globale ontwikkeling nie. Teenstanders van die koms van TV was inderdaad reg in hul verwagting dat die gedrag en voorkeure van Afrikaners sou verander ná televisie-uitsendings in Suid-Afrika 'n aanvang geneem het, byvoorbeeld 'n "verslapping in tradisionele waardes" volgens Langner en Du Plessis (2015:79).

Afrikaner-eenheid is ook 'n ernstige knou toegedien met die stigting van die Konserwatiewe Party (KP) op 20 Maart 1982 (Smit, 1991:28) onder leiding van dr. AP Treurnicht. Die KP se leiers en ondersteuners het weggebreek van die Nasionale Party wat destyds aan bewind was. Ondersteuners van die KP was onder meer gekant teen die NP se nasionale beleidsrigtings (Smit, 1991:27-28). Die hegemonie van Christelike nasionalisme as die dominante ideologie onder wit Afrikaners het verswak en die politieke skeuring van 1982 was 'n belangrike manifestasie daarvan. Die NP se mag en rol as 'n verenigde "volksfront" van die Afrikaners het gekwyn en dit het gevolglik moeiliker geword om "volksfeeste" te organiseer. Hierdie skeuring in Afrikanergeledere het 'n negatiewe uitwerking op enige inisiatief vir 'n kultuurfees vir Afrikaners gehad, soos inderdaad die ondervinding met die simboliese ossewatrek in 1988 was, wat hier onder bespreek word.

Ná 1975 het die aptyt vir feeste van hierdie aard, soos reeds genoem, eenvoudig getaan, hoewel daar in 1988 'n simboliese ossewatrek (inderdaad twee simboliese trekke, soos hier onder verduidelik word) was om die Groot Trek van die 19de eeu en die Simboliese Ossewatrek van 1938 te herdenk (Messina, 1989). Die simboliese trek van 1988 se primêre fokus was nie 'n fees om die Afrikaanse taal te vier nie, maar die gebeure van 1988 het implikasies gehad vir toekomstige omvattende feeste wat op Afrikaans fokus.

Die simboliese trek van 1988 was in omvang baie kleiner as die taalfeeste en ander gebeure wat tydens die Taaljaar plaasgevind het. Hierdie trek het ook groot verdeeldheid in Afrikanergeledere blootgelê, met beide die FAK en die regsgesinde Afrikaner-Volkswag (AV) wat simboliese trekke georganiseer het (Messina, 1989). Die tema van die FAK se simboliese ossewatrek was "Vorentoe vir Suid-Afrika", terwyl die tema van die simboliese trek van die AV "Trek na ons eie" was (Evaldsson & Wessels, 2003:68-69). Voorts verklaar Evaldsson en Wessels (2003:68) "(t)he National Party government of Mr PW Botha gave official recognition to the FAK's commemorative events ...".

Volgens Messina (1989:30) was twee simboliese trekke vir baie Afrikaners 'n verleentheid, weens die verdeeldheid wat blootgelê is en die Afrikanerbeeld wat geskaad is. Messina (1989:30) verklaar verder:

By talle swartes bestaan daar juis die wanbeeld dat Afrikaners 'n hegte onoorweldigbare eenheid vorm. Die erosie van die Afrikaner se selfvertroue en die aftakeling van die beeld van eenheid kan en sal verreikende gevolge hê vir hul magsposisie indien die swart meerderheid tot 'n ander besef sou kom. Stelselmatig is hierdie besef juis besig om veld te wen.

Grundlingh en Sapire (1989:31-32) verklaar dat 'n herinterpretasie van die Groot Trek tydens die simboliese ossewatrek van 1988 nodig was, wat 'n paradigma vir 'n gemeenskaplike wit medebestaan sou verseker en die Groot Trek sou voorhou as 'n simbool van Afrikanernasiona-lisme, maar op só 'n wyse dat swart mense nie aanstoot sou neem nie. Evaldsson en Wessels (2003:77) se mening is egter die simboliese ossewatrekke van die FAK en die AV in 1988:

... was a manifestation of the existing divisions among the Afrikaners and might even have aggravated them. Both sides used the anniversary to demonise the opposition and made no secret of their dislike for each other.

Ná 1975 het die gevaar dat feeste Afrikanerverdeeldheid verder kan ontbloot, groot feeste onaantreklik gemaak.

 

6. Taalgedenkstrukture8

Afgesien van die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl is daar 'n aantal ander gedenkstrukture vir Afrikaans as taal, hoewel nie van dieselfde omvang as die Monument in die Paarl nie. Taalgedenkstrukture bestaan hoofsaaklik uit monumente en gedenkplate, wat in vyf groepe ingedeel kan word:

(i) Die Taalmonument in Burgersdorp, wat 'n noue verbintenis met die Nederlandse taal het (Die Afrikaner Handelshuis, 2016; Monumente, gedenktekens en interessanthede in Suid-Afrika s.j.). Huigen (s.j.) en Nienaber (1975:43) bespreek die monument op Burgersdorp in die konteks van die Afrikaanse taal, hoewel dit streng gesproke 'n Taalmonument vir die Nederlandse taal is.

(ii) Twee monumente (Kroonstad en Welkom) waarvan die oprigting en een skool waarvan die stigting verband hou met Die Wonder van Afrikaans in 1959 (Marx, 1994; Venter, 1959).

(iii) Gedenkstrukture waarvan die oprigting verband hou met die Taaljaar 1975 (LitNet 2010; Grobler, s.j.), waarby die Afrikaanse Taalmonument en die Afrikaanse Taalmuseum in die Paarl ook ingedeel word.

(iv) 'n Monument in Windhoek in Namibië, wat op 8 November 2014 deur mnr. Dana Snyman onthul is (Voortrekkerlewe, 2015:53; Voortrekkerspore, 2016).

(v) 'n Gedenkplaat in die Inligtingstegnologie-gebou op die Hatfield-kampus van die Universiteit van Pretoria, wat die aanvaarding in September 1932 van Afrikaans as die uitsluitlike onderrigtaal by die Universiteit gedenk.9

Nienaber (1975:42-45) beskryf verkeerdelik die monument in die Paarl as "(d)ie derde Afrikaanse Taalmonument ... ", naas die monumente op Burgersdorp en Welkom. Hy laat na om die monument op Kroonstad, wat tydens die viering van Die Wonder van Afrikaans (1959) opgerig is, in berekening te bring. Voorts is nege van die monumente (uitgesluit ander gedenktekens) wat tydens die Taaljaar onthul is, beslis ook ouer (hoewel in sekere gevalle slegs enkele dae) as die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl.10

Die strukture wat tydens die Taaljaar opgerig is, is vir hierdie navorsing van belang omdat die onthulling van hierdie strukture (monumente en gedenkplate) met die fakkellooproetes en die taalfeeste op verskeie dorpe en stede verband hou, hoewel nie in al die gevalle nie. Gedenkstrukture vir Afrikaans wat tydens die Taaljaar op Aberdeen, Belfast, Burgersfort, Delareyville, Ermelo, Johannesburg, Lichtenburg, Louis Trichardt (teenswoordig Makhado), Montagu, Oos-Londen, Ohrigstad, Petrus Steyn, Reddersburg, Reitz, Riebeek-Kasteel, Springbok, Trompsburg, Touwsrivier, Ventersdorp en Worcester opgerig is, is geïdentifiseer. Onvolledige rekords dui daarop dat Afrikaanse taalgedenkstrukture wat met die Taaljaar 1975 verband hou, ook in Ladismith (Wes-Kaap), Meyerton, Milnerton, en Trompsburg opgerig is, of bestaan het (sien Grobler, s.j., of Rossouw, 2022b). Die fakkelroetes het nie al die dorpe waarin daar in 1975 taalgedenkstrukture opgerig is, ingesluit nie, wat dui op die omvang van taalfeeste wat oral in die land aangebied is.

Sommige van die monumente en gedenkstrukture wat tydens die Taaljaar opgerig is, het inskripsies of ander aanduidings wat meld dat die struktuur onthul is tydens die besoek van 'n taalfakkel:

Die inskripsie op die monument in Belfast meld 'n onthulling tydens die fakkelloop.

Die inskripsie op die monument in Ermelo meld die taalfakkel.

Die inskripsie op die gedenkteken by die Geloftefeesterrein, ongeveer 4 km buite Ohrigstad, meld die CP Hoogenhout-fakkel.

Die monument in Riebeek-Kasteel toon 'n afbeelding van 'n fakkel.

Die monument op Worcester toon 'n afbeelding van 'n fakkel.

Ongelukkig word nie al die taalgedenkstrukture na behore onderhou nie en sommige is erg verwaarloos (Rossouw, 2022b). Ná die groot deelname aan die Taaljaar en die gepaardgaande feesvierings is hierdie gedenkstrukture vir Afrikaans, met uitsondering van die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl, vergete. Daar is geen organisasie (nasionaal of plaaslik) wat vir die versorging en instandhouding van hierdie strukture verantwoordelikheid aanvaar nie.

 

7. Gevolgtrekkings

Hierdie artikel verskaf 'n oorsig van die fakkelloop met taalfakkels wat op 14 Augustus 1975 by die Voortrekkermonument begin en op 10 Oktober 1975 by die opening van die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl geëindig het. Hierdie terrein is nie 'n onderwerp waarop navorsers fokus nie en die fakkelloop en die gepaardgaande taalfeeste, kultuuraktiwiteite en onthulling van taalgedenktekens gedurende die Taaljaar 1975 het in groot mate in die vergetelheid verval.

Die fakkelloop met agt taalfakkels was 'n besondere geleentheid in die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Wye belangstelling het onder die Afrikaanssprekende publiek geheers, met taalfeeste wat wyd en syd aangebied is. Die fakkelloop was op sigself 'n groot sukses. Dit was 'n groot logistiese operasie wat Suid-Afrika landswyd gedek het en duisende deelnemers as fakkeldraers en in ander hoedanighede betrek het. Die onmiddellike doel, naamlik 'n suksesvolle landswye fakkelloop, is dus bereik. Dit was deel van die Taaljaar, wat onder meer 'n opwelling van nasionalisme ten doel gehad het. Die fakkelloop was op baie plekke in Suid-Afrika die sigbare uitlewing van die Taaljaar. Daarna is die fakkelloop egter gou vergeet, soos onder meer blyk uit die gebrekkige literatuur wat daaroor bestaan. Die aanvanklike voorneme om die fakkelloop te boekstaaf, is nooit verwesenlik nie. Afgesien van die Afrikaanse Taal-museum en die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl, is die strukture wat tydens die fakkelloop opgerig is, ook vergete. Die enigste blywende nalatenskap van die Taaljaar en die fakkelloop is inderdaad die Afrikaanse Taalmuseum en die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl.

Fakkeldraers het dit as 'n groot eer beskou om aan die fakkeloptog deel te neem. Omdat daar egter nie naamlyste van fakkeldraers beskikbaar is nie, is dit moeilik om nou, byna 50 jaar later, vas te stel of deelname aan die fakkelloop enige langtermynuitwerking op enige van die fakkeldraers gehad het. As fakkeldraers opgespoor kan word, is dit een aspek van hierdie navorsing wat verder gevoer kan word.

Min deelnemers en ander Afrikaners het egter destyds besef dat die fakkelloop, taalfeeste en taalgedenkstrukture die laaste geografies omvattende kulturele viering van Afrikaans sal wees. Dit was die einde van 'n era van Afrikanervolksfeeste. Omstandighede in Suid-Afrika het ná 1975 vinnig verander en belangstelling in kultuuraktiwiteite soos taalfeeste het getaan.

Een uitdaging waaraan die Afrikaanse kultuurgemeenskap aandag behoort te gee, is die instandhouding van Afrikaanse taalgedenkstrukture wat oral in Suid-Afrika aangetref word.

Baie van hierdie strukture is vergete en verwaarloos. Met die nodige aandag en sorg kan dit vir die nageslag bewaar word.

Sedert 1975 het die rol van die Afrikaanse taal verskraal, en des te meer nog ná 1994; 2025 bied egter weer 'n geleentheid om Afrikaans te gedenk. In 2025 is dit 150 jaar sedert die stigting van die GRA, terwyl 100 jaar van ampteliketaal-status van Afrikaans ook gedenk sal kan word. Terselfdertyd sal die Afrikaanse Taalmuseum en die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl 50 jaar oud wees.

Die navorsing oor die fakkelloop toon duidelik dat argivale bewaring van dokumentasie en aantekeninge oor besluite en gebeure van besondere belang is wanneer groot projekte van stapel gestuur word. Soos reeds hier bo genoem, is volledige rekords van groot belang vir latere geskiedskrywing oor sulke groot projekte.

 

BIBLIOGRAFIE

Sekondêre bronne:

Afrikaanse Taalmonumentkomitee. 1942-1975. Ongepubliseerde notules. Argivale rekords in bewaring by die Afrikaanse Taalmuseum, Paarl.         [ Links ]

Beningfield, J. 2004. Native lands: Nation, language and landscape in the Taal Monument, Paarl, South Africa. Social Identities, 10(4):509-525.         [ Links ]

Beningfield, J. 2006. The frightened land: Land, landscape and politics in South Africa in the twentieth century. London: Routledge.         [ Links ]

Brunn, S & Kehrein, R (eds). 2020. Handbook of the changing world language map. Cham, Switserland: Springer.         [ Links ]

Carstens, WAM & Le Cordeur, M. (reds.). 2016. Ons kom van vêr. Tygervallei: Naledi.         [ Links ]

Carstens, WAM & Raidt, EH. 2019. Die storie van Afrikaans uit Europa en van Afrika: Deel 2. Pretoria: Protea Boekhuis.         [ Links ]

Cattermole, P. 2008. Architectural excellence: 500 iconic buildings. Ontario: Firefly Books.         [ Links ]

Coombes, AE. 2003. History after apartheid: Visual culture and public memory in a democratic South Africa. Durham: Duke University Press.         [ Links ]

Corrigan, EC. 1974. South Africa enters the electronic age: The decision to introduce television. Africa Today, 21(2):15-28.         [ Links ]

Cros, B. Why South Africa's television is only twenty years old: Debating civilisation, 1958-1969.         [ Links ]

Taboos:117-130. Aanlyn by https://www.researchgate.net/publication/259602944_Why_South_Africa%27s_Television_is_only_Twenty_Years_Old_Debating_Civilisation_1958-1969 [29 September 2022].         [ Links ]

D'Assonville, VE. 1999. SJ du Toit van die Paarl (1847-1911). Weltevredenpark: Marnix.         [ Links ]

De Klerk, WA. 1974. Klein reis deur Drakenstein. Johannesburg: Perskor.         [ Links ]

Die Afrikaner Handelshuis. 2016. Die Eerste Taalmonument in Suid-Afrika. 26 Desember. Aanlyn by https://afrikander.com/blogs/news/die-eerste-taalmonument-in-suid-afrika [8 Junie 2022].         [ Links ]

Die Afrikaanse Taalmuseum 2015. Inligtingspamflet. Afrikaanse Taalmuseum: Paarl        [ Links ]

Die Burger. 1975. Veertigduisend by die Taalfees. 11 Oktober.         [ Links ]

Die Suidwes-Afrikaner. 1975a. Taalfees in Hoofstad. 12 September.         [ Links ]

Die Suidwes-Afrikaner. 1975b. Ons taal moet gehandhaaf word. 16 September.         [ Links ]

Evaldsson, A-K & Wessels, A. 2003. To commemorate or not to commemorate: Three important commemorative events in twentieth-century South Africa. Southern Journal for Contemporary History, 28(1):62-82.         [ Links ]

Geldenhuys, DJC. 1974. Verslag namens die ATMK. Bondgenoot, 20(1):10-11. September.         [ Links ]

Grobler, J. s.j. Gedenktekens in Suid-Afrika. Privaat publikasie. http://www.boererepublieke.co.za/wp-content/uploads/2013/09/Gedenktekens-in-SuidAfrika.pdf [29 Junie 2022].         [ Links ]

Grundling, A & Huigen, S. (reds.). 2008. Van Volksmoeder tot Fokofpolisiekar: Kritiese opstelle oor Afrikaanse herinneringsplekke. Stellenbosch: SunPress.         [ Links ]

Grundlingh, A & Sapire, H. 1989. From feverish festival to repetitive ritual? The changing fortunes of Great Trek mythology in an industrialising South Africa, 1938-1988. South African Historical Journal, (21):19-37.         [ Links ]

Harrison, R & Ekman, P. 1976. TV's last frontier: South Africa. Journal of Communication, 26(1):102-109.         [ Links ]

Hendricks, F & Dyers, C. (reds.). 2016. Kaaps in Fokus. Stellenbosch: African Sun Media.         [ Links ]

Hendrich, G. 2013. "Wees jouself": Afrikaner kultuurorganisasies in Rhodesië (1934-1980). New Contree, 66:155-174.         [ Links ]

Heyns, T. 2022. Minister weier glo petisie oor Taalmonument. Maroela Media. 8 Junie. Aanlyn by https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/minister-weier-glo-petisie-oor-taalmonument/ [9 Junie 2022].         [ Links ]

Hugo, D. (red). 2009. HalalaAfrikaans. Stellenbosch: Protea Boekhuis. Aanlyn by https://argief.litnet.co.za/article.php?news_id=91111 [verskeie datums in 2022].         [ Links ]

Hugo, D. 2010. Die ontstaan van die Afrikaanse Taalmonument en -museum. LitNet. https://argief.litnet.co.za/article.php?news_id=91111 [verskeie datums in 2022 en 2023]. Uittreksel uit Hugo, D. (red.). 2009.         [ Links ]

Huigen, S. 2008. Taalmonumente. In Grundlingh & Huigen (reds.). 2008.         [ Links ]

Kannemeyer, JC. 1996. Langenhoven: 'n Lewe. Kaapstad: Tafelberg.         [ Links ]

Langner, D. 2021. Die Voortrekkers: Hou Koers. Pretoria: Die Voortrekkers.         [ Links ]

Langner, D & Du Plessis, D. 2015. Taalpioniers. Pretoria: FAK.         [ Links ]

Le Cordeur, M. 2010. Die rol van Islam in Afrikaans: Afrikaans behoort aan almal wat dit praat, skryf en liefhet. Ongepubliseerde referaat gelewer by ATKV-kongres, Goudini, 27 Februarie.         [ Links ]

Le Cordeur, M. 2016. Herinneringe aan studente-opstande en hoe dit my lewe geraak het - 1976 tot 1980. In Carstens & Le Cordeur (reds.). 2016.         [ Links ]

Marx, IE. 1994. 'n Onomastiese studie van skoolname by Afrikaansmediumskole. Verhandeling voorgele ter vervulling van die vereistes vir die graad Magister Artium in die vak Afrikaans aan die Universiteit van Suid-Afrika. Aanlyn by https://uir.unisa.ac.za/bitstream/handle/10500/18138/dissertation_marx_ie.pdf?sequence=1&isAllowed=y [8 Julie 2022].         [ Links ]

Messina, EA. 1989. Ossewatrekke: Mites rondom Groot Trek-feeste. Kronos, 16:30-41.         [ Links ]

Molteno, F. 1979. The uprising of 16 June: A review of events in South Africa 1976. Social Dynamics, 5(1):54-89.         [ Links ]

Monumente, gedenktekens en interessanthede in Suid Afrika. s.j. Aanlyn by http://monument-sa.co.za/afrikaanse-taalmonument-burgersdorp-paarl-welkom-petrus-steyn-meyerton/ [9 Junie 2022].         [ Links ]

Nienaber, M. 2022. G'n reaksie op FAK-versoekskrif aan minister oor monument. Netwerk24. 8 Junie. Aanlyn beskikbaar by https://www.netwerk24.com/netwerk24/nuus/aktueel/gn-reaksie-op-fak-versoekskrif-aan-minister-oor-monument-20220608 [9 Junie 2022].         [ Links ]

Nienaber, PJ. 1975. Ons drie taalmonumente. Die Huisgenoot. 8 Augustus: 42-45. Aanlyn beskikbaar by https://collections.nwu.ac.za/dbtw-wpd/textbases/bibliografie-afrikaans/documents-dbat/huisgenoot_8aug1975_42-45.pdf [30 September 2022].         [ Links ]

Noord-Transvaler. 1975. Taalman ontstel noorde. 8 September.         [ Links ]

Notule van 'n vergadering van 'n Buitengewone Koördinerende Beplanningskomitee rakende kleurlingdeelname aan die verrigtings op 14 Augustus 1975. 1975. Vergadering gehou in die Civitasgebou, Strubenstraat, Pretoria.         [ Links ]

Pakendorf, G. 1992. W.A. de Klerk is in pylvak, maar sy vuur is nog nie geblus. Aanlyn beskikbaar by http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1992/03/07/11/14.html [verskeie datums in 2022].         [ Links ]

Parliamentary Question. 2022. National Assembly: Question No. 2130-2022. Written reply: Internal Question Paper No. 20-2022. Aanlyn by https://www.parliament.gov.za/storage/app/media/Docs/exe_rq_W6e18a47e-07a4-4464-87d0-fdd082851e3a.pdf [16 Junie 2022].         [ Links ]

Pretorius, R. 1983. Vrees dat die Wonderboom sal... (val) - (J.C. Steyn). Intreerede gelewer op 16 Junie 1983 by die aanvaarding van die Professoraat en Hoofskap van die Departement Afrikaans, Fakulteit Lettere en Wysbegeerte, aan die Universiteit van Pretoria. Aanlyn by https://repository.up.ac.za/bitstream/handle/2263/15064/pretorius-r_1983.pdf?sequence=1&isAllowed=y [12 Oktober 2022].         [ Links ]

Rossouw, J. 2022a. Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument in die Paarl: 80 jaar van kontroversie. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 62(3):588-605.         [ Links ]

Rossouw, J. 2022b. Verskeie Afrikaanse taalgedenkstrukture en een Afrikaanse Taalmuseum. LitNet Akademies, 19(3):453-487.         [ Links ]

Schoeman, K. 1975. Die Somerpaleis - 'n teks vir beeldradio. Kaapstad: Human & Rousseau.         [ Links ]

Smit, MC. 1991. Die Konserwatiewe Party en die algemene verkiesing van 1991. MA-verhandeling.         [ Links ]

Randse Afrikaanse Universiteit. Aanlyn by file:///C:/Users/A0037611/Downloads/uj_12684+CONTENT1+CONTENT1.1.pdf [9 Februarie 2022].         [ Links ]

Stellalander. 1975. Afrikaanse Taalfees-bylaag. 11 September.         [ Links ]

Sunday Times. 1975. Top Nats intervene. 27 April.         [ Links ]

Theron-brief. 1975. Brief van mnr. JB Espach, sekretaris van die Taalmonumentkomitee, aan mnr. ABE Theron, een van die taalfakkelroete-organiseerders, 21 November.         [ Links ]

Van der Merwe, DM. 2008. "Taal op Tuks" A reappraisal of the change in language policy at the University of Pretoria, 1932. Historia, 53(2):151-181.         [ Links ]

Van Niekerk, A. 2000. Die Afrikaanse Taalmonument: Afrikaans vra skeppende, nuwe denke. Die Taalgenoot, 69(8&9):6-7, Augustus/September.         [ Links ]

Van Rooyen, JG. 1975. Die Taalmonument te Burgersdorp. Handhaaf, 12(5):10-11, Januarie.         [ Links ]

Van Zyl, A. 2013. Die invloed van die slawe op die vorming van Afrikaans. Ongepubliseerde lesing gelewer by ATM-slawedagviering, Paarl, 5 Desember 2013.         [ Links ]

Van Zyl, A. 2020. Afrikaans Language Monument: A contested monument for a contested language. In Brunn S & Kehrein. (eds) 2020.         [ Links ]

Van Zyl, A & Rossouw, J. 2016. Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument in die Paarl: 40 jaar later. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 56(2-1):295-313.         [ Links ]

Venter, H. 1959. Die wonder van Afrikaans. Koers, XXVI(10): 329-333.         [ Links ]

Von Wielligh. GR. 1926. Persoonlike herinneringe aan die Patriotmanne. Deel 2: Hoofstuk 2 in Gedenkboek ter eere11 van die Genootskap van Regte Afrikaners (1875-1926). Potchefstroom: Publikasie van die Afrikaanse Studentebond. Aanlyn by https://repository.nwu.ac.za/bitstream/handle/10394/8044/Voorwoord_Inleiding.pdf7sequence=1 (Inleiding) en by file:///C:/Users/A0037611/Downloads/Deel2_Hfst1-5.pdf (deel 2). [3 April 2023].         [ Links ]

Voortrekkerlewe. 2015. Hou Koers-jaarblad. Aanlyn by https://voortrekkers.co.za/wp-content/uploads/2018/09/Voortrekkerlewe-2015.pdf [verskeie datums in 2022].         [ Links ]

Voortrekkerspore. 2016. Voortrekkerspore 1931 - 2016. Aanlyn by https://voortrekkers.co.za/wp-content/uploads/2018/09/Voortrekkerlewe-2015.pdf [verskeie datums in 2022].         [ Links ]

Persoonlike onderhoude, persoonlike dokumentasie en ander persoonlike kontak:

De Klerk-verslag. 1975. Verslag deur mnr. Theunis de Klerk oor die taalfeesfakkels in Rhodesië. Verslag in bewaring in die argief van die Afrikaanse Taalmuseum.         [ Links ]

E-poskorrespondensie met die argief van Huisgenoot.

E-poskorrespondensie met die argief van Media24 (Beeld en Die Burger).

E-poskorrespondensie met dr. JA (Andrew) Kok, argivaris van die NG Kerk se argief in Stellenbosch.

E-poskorrespondensie met dr. Charles Fensham van die Universiteit van Toronto in Kanada, en seun van wyle prof. FC Fensham.

E-poskorrespondensie met me. Zabeth Botha van die Erfenisstigting.

E-poskorrespondensie met mnr. ABE (Eksteen) Theron, organiseerder van die SG du Toit-fakkelroete.

E-poskorrespondensie met mnr. Johan Schoeman, Sekretaris van die ATKV.

Onderhoud met mnr. ABE (Eksteen) Theron op 29 September 2022.

Onderhoud met dr. Danie Langner van die FAK en Hoofleier van die Voortrekkers.

Persoonlike dokumentasie van mnr. ABE Theron oor die fakkeloptog en die fakkelroetes.

Verskeie telefoongesprekke met mnr. ABE Theron.

 

 

Ontvang: 2022-10-13
Goedgekeur: 2023-02-19
Gepubliseer: Junie 2023

 

 

 

Jannie Rossouw is 'n besoekende professor by die Wits-Besigheidskool aan die Universiteit van die Witwatersrand. Hy het aan die einde van 2020 uitgetree as tussentydse hoof van die Wits-Besigheidskool en was voorheen by die SA Reserwebank en by Unisa werksaam. Hy dien as lid van die Oudit- en Risikokomitee van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument in die Paarl. Hy is ook 'n raadslid van die SAAkademie vir Wetenskap en Kuns en die ondervoorsitter van die Akademie se Oudit- en Risikokomitee.
Jannie Rossouw is a visiting professor at the Wits Business School of the University of the Witwatersrand. At the end of 2020 he stepped down as interim head of the Wits Business School. He previously was employed at the SA Reserve Bank and at Unisa. He serves as a member of the Audit and Risk Committee of the Afrikaans Language Museum and Monument in Paarl. In addition, he is a board member of the SA Academy of Science and Arts and the vice-chairman of its Audit and Risk Committee.
1 Die outeur bedank dr. Danie Langner van die FAK en die Voortrekkerbeweging, me. Chantelle de Kock van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument, me. Zabeth Botha, argivaris van die Erfenisstigting, en mnr. Eksteen Theron vir hul hulp met hierdie navorsing. Die outeur bedank ook die anonieme keurders vir hul nuttige kommentaar. Enige foute of weglatings bly egter die outeur se verantwoordelijkheid.
2 Die artikel weerspieël die persoonlike siening en mening van die outeur en moet nie aan die Afrikaanse Taalmuseum en -monument, die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns of aan die Universiteit van die Witwatersrand toegeskryf word nie.
3 Die oorsprong vir die bynaam is dat Du Toit dikwels 'n medisynetassie, soortgelyk aan wat mediese dokters destyds gebruik het, by hom gedra het. Volgens familie-oorlewering was daar brandewyn in die tassie wanneer Du Toit gereis het, wat herinner aan die opmerking oor Dalse wynboertjies. Hy het 'n druiwe- en vrugteplaas besit, maar was ook 'n drukker van beroep en het onder meer gedien as bestuurder van die drukkery en uitgewersfirma Du Toit & Kie.
4 Die outeur is 'n agterkleinseun van PJ Malherbe.
5 De Villiers, organiseerder van die fakkelloop in Rhodesië en van Messina af Paarl toe, was omstrede nadat hy in die openbaar verklaar het dat die ontvangs van die taalfakkel in Pietersburg (vandag Polokwane) en Potgietersrus (vandag Mokopane) nie op standaard was nie en afgesteek het by die feeste wat in Rhodesië aangebied is (Noord-Transvaler, 1975).
6 Ahrbeck het geen afstammelinge gehad nie. Die fakkel het nie 'n fakkelroete na die Paarl gevolg nie.
7 Sien byvoorbeeld Schoeman (1975).
8 Hierdie afdeling van die navorsing is gebaseer op Rossouw, 2022b.
9 Die aanvaarding van Afrikaans as die uitsluitlike onderrigtaal word volledig bespreek deur Van der Merwe (2008).
10 Daar is ook monumente ter herdenking van die Taaljaar opgerig wat ná die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl onthul is. Die datums van onthulling van 'n aantal monumente wat tydens die Taaljaar opgerig is, is ook nie aangeteken nie.
11 Soos geskryf in die oorspronklike titel van die publikasie.

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons