SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.63 issue1"Realness" in images: The adaptation of verbatim text to stage images with specific reference to tot stof | tot stilte - 'n paniekreaksie (2018)The triumph of the silver screen: Christiaan Olwagen's film adaptation of The Seagull author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Tydskr. geesteswet. vol.63 n.1 Pretoria  2023

http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2023/v63n1a6 

NAVORSINGS- EN OORSIGARTIKELS / RESEARCH AND REVIEW ARTICLES

 

Koalisiepolitiek in Suid-Afrika: Die kuns van die (on)moontlike?

 

Coalition politics in South Africa: The art of the (im)possible?

 

 

André Düvenhage

Navorsingsprofessor, Departement Politieke Wetenskap, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom, Suid-Afrika. E-pos: andre.duvenhage@nwu.ac.za

 

 


OPSOMMING

Meningspeilings wat onlangs ten opsigte van die steunbasis van politieke partye gemaak is, wissel, maar beklemtoon 'n besliste afname in politieke steun vir die regerende ANC wat reeds 28 jaar aan bewind is. Teen die agtergrond van 'n snelveranderende politieke omgewing, gedryf deur politieke, ekonomiese en maatskaplike faktore, het die Suid-Afrikaanse politieke omgewing 'n kantelpunt bereik, met groot eise wat daaruit voortspruit rakende onder meer die konsolidasie van demokratiese waardes. Die 2021- plaaslike verkiesings het bykans 70 "hang-rade" tot gevolg gehad, waarin geen party 'n volstrekte meerderheid kon behaal nie. Met die algemene verkiesing van 2024 voor die deur, is koalisiepolitiek en/of ander vorme van politieke samewerking 'n hoogs waarskynlike scenario op beide nasionale en sommige provinsiale vlakke. Koalisiepolitiek is 'n redelik nuwe verskynsel in die Suid-Afrikaanse politiek, wat eers sedert die 2016- plaaslike verkiesings buite die Wes-Kaap, naas enkele ander uitsonderings, prakties beslag begin kry het. Koalisiepolitiek in al sy vorme bepaal 'n nuwe stel politieke spelreëls, met verreikende implikasies vir die bestendiging van ons betreklike jong demokrasie en politieke stabiliteit, wat toenemend nuwe uitdagings stel. Tans is talle koalisieregerings in krisissituasies vasgevang, of word gekonfronteer deur patrone van politieke onstabiliteit. Hierdie navorsing is toegespits op koalisiepolitiek in die Suid-Afrikaanse konteks; die uitdagings en geleenthede, voorgehou as die kuns van die (on)moontlike.

Trefwoorde: Suid-Afrikaanse politiek; partystelsels; politieke spektrum; koalisies; alliansies; politieke stabiliteit; kantelpunt; konstitusionele demokrasie


ABSTRACT

Recently conducted opinion polls on the support bases ofpolitical parties vary, but nevertheless emphasise significant decline in political support for the governing ANC, already ruling for 28 years. Since its peak of support in 1999 (at national level nearly 70% support, in other words a majority ofmore than two-thirds), a gradual decline in support for the ANC has been evident. In the municipal elections held in 2021 the ANC could mobilise only about 46% support across municipalities and provinces. Following this trend of gradual declining support, some of these polls indicate a decline in support for the ANC to as low as 37%, while others estimate it at 42%. Against the background of a rapidly changing political environment, driven by political, economic and social factors, the South African political scene reached a tipping point, with large demands arising with regard to, amongst other things, the consolidation of democratic values. The third decade of the democratic dispensation can be decisive for the consolidation of democratic values in South Africa. Regarding the desired consolidation of democratic values, the political situation has however changed to such an extent that the municipal election held in 2021 resulted in nearly 70 hung councils in which no party could secure an absolute majority. With the general election of 2024 lying in store, coalition politics and/or alternative forms of political collaboration will become a highly probable scenario at both national and a few provincial levels. Coalition politics is a relatively new phenomenon in the South African political scenario, which has only since the municipal election of 2016 been realised, initially in the Western Cape, with a few other exceptions across provinces. Coalition politics in all its forms requires a new set of political rules, holding far-reaching implications for the perpetuation of our relatively young democracy and political stability, increasingly causing new challenges. Numerous coalition governments are currently caught up in crisis situations or are confronted by patterns of political instability. Metropoles like the City of Johannesburg, City of Ekurhuleni, City of Tshwane and Nelson Mandela Bay metropole attest to such situations. It also seems to be the destiny of numerous local municipalities currently governed by minority coalitions. This research is focused upon coalition politics in the South African context; the challenges and opportunities, described as the art of the (im) possible. Focal points of this presentation include: general points of departure; the status of the constitutional democracy; political parties and party systems; the South African voting system; coalition politics, and evaluating perspectives.
In a period of rapid political, economic and social change, and the accompanying challenges, politicians and political elites will have to master the "art" of coalition politics for the benefit of survival - a challenge that is going to put huge demands to a democracy in the process of consolidation.

Keywords: South African politics; party systems; political spectrum coalitions; alliances; political stability; tipping point; constitutional democracy


 

 

Inleiding

Die Suid-Afrikaanse politieke omgewing verander teen 'n vinnige tempo, met verreikende implikasies vir die politieke spektrum (veelpartystelsel) en die onderskeie steunbasisse van politieke partye. As uitkoms van die politieke kantelpunt wat Suid-Afrika ná veral 2019 bereik het, was 'n herskikking van die politieke spektrum (die stelsel van politieke partye en hul plasing op grond van die status quo) aan die orde, met aanduidings dat nog meer verandering kan volg (Duvenhage, 2020; 2020a). Hierdie aspek word beklemtoon deur veranderende stempatrone tydens onlangse verkiesings in 2016, 2019 en 2021, gekenmerk deur veral verhoogde politieke onbelangstellendheid; soms laer steunvlakke vir gevestigde politieke partye; hoër steun vir sommige kleiner (lees nis-)partye, en nuwe politieke rolspelers wat toetree. Kortliks, Suid-Afrika verander op talle terreine en politieke partye moet - soms ter wille van oorlewing - aanpas in 'n politieke omgewing wat telkens groot uitdagings stel (Bloomberg, 2020; Jordaan, 2021).

Dit is veral die inploffing van die ANC as die oorheersende, selfs hegemoniese politieke party oor die afgelope bykans drie dekades, wat bydraend is tot die hersamestelling van die politieke spektrum (vergelyk Jonas, 2021).1 Op sy hoogtepunt in 1999 het die ANC op nasionale vlak net minder as 70% steun geniet - dit wil sê meer as 'n twee-derde meerderheid. Hierdie situasie het egter sedertdien drasties verander. Tydens die 2021- plaaslike verkiesings kon die ANC (op nasionale vlak) slegs sowat 46% steun mobiliseer, met sowat 66 tot 70 hang-rade as uitkoms (vergelyk Mashanini, 2021:1-3). (Hang-rade verwys daarna dat geen party 'n volstrekte meerderheid kon behaal nie, wat tot vorme van samewerking en/of koalisiesluiting as 'n noodwendige uitkoms moet lei.) Vier van die agt metropolitaanse munisipaliteite is tans reeds onder opposisie-beheer (lees koalisie-beheer); in twee ander, naamlik eThekwini en die Nelson Mandelabaai metropolitaanse munisipaliteit, is die ANC-geleide koalisies besig om te verkrummel, en in Mangaung regeer die ANC met 'n meerderheid van net een setel. 'n Steeds verslegende scenario vir die ANC-familie (as die oorheersende hegemonie van veral die eerste twee dekades na 1994) skep op geleidelike wyse toenemende ruimte vir samewer-kende regering tussen partye met verskeie raamwerke van samewerking. Alliansies, koalisies en ooreenkomste is veral sedert die 2016-verkiesing aan die orde van die dag.

Op nasionale vlak het die ANC se steun tydens die 2019-verkiesing tot 57,5% gedaal, maar onlangse ANC interne meningspeilings dui daarop dat ANC-steun tot selfs onder 40% kan daal (Boonzaaier, 2022:1). Daarbenewens toon dieselfde verslag 'n toename van steun vir die DA (27% of 5% meer), asook vir Action SA (6% tot sowat 4% meer). (IPSOS-Markinor plaas daarteenoor die ANC op sowat 42% nasionale steun, die DA op slegs 11% en die EFF op sowat 9%.) (Vergelyk Haffajee, 2022; Mwareya, 2022.)2

Mathews Phosa verwys nie sonder rede na die ANC as 'n "bloeiende dier" nie, terwyl Adjunkpresident Mabuza (by die onlangse ANC-Konferensie in Noordwes) gemeld het dat die ANC voor die grootste krisis in sy bestaan te staan gekom het (Omarjee, 2022:1). Dit volg op Thabo Mbeki en andere se skerp kritiek op die leierskap van die ANC, in besonder dié van Cyril Ramaphosa (Omarjee, 2022:1; Chikane, 2021:1-7; Grootes, 2021:1-7).

Op hierdie stadium lyk dit al hoe meer onwaarskynlik dat die ANC 'n volstrekte meerderheid tydens die komende nasionale en provinsiale verkiesings gaan behaal. Koalisiepolitiek gaan daarom 'n belangriker en selfs meer deurslaggewende rol speel in die politieke bestuur van die land, op beide nasionale en provinsiale vlakke.3 Die waarskuwing van Butler (1986) dat "..no change..would have more far reaching implications for political systems than hung parliaments to become the norm" is 'n werklikheid wat Suid-Afrika veral ten opsigte van die 2024-verkiesing vierkant in die oë staar. (Vergelyk ook Brooks (2022:1) ten opsigte van die 2024-verkiesing en Olaleye (2003:6) se identifisering van risiko's wat bestaan binne die konteks van opposisiepolitiek!) Hierdie toedrag van sake is 'n werklikheid waarvoor politieke partye en belangegroepe sal moet beplan in 'n Darwinistiese politieke wêreld, waar net die sterkstes en die slimste gaan oorleef, en min samewerkingsooreenkomste tans permanent en volhoubaar blyk te wees. Die bekende en geykte woorde van Antonio Gramsci is moontlik hier belangrik as hy stel dat: "The old world is dying, and the new world struggles to be born: now is the time of monsters. " Die krisis van koalisiepolitiek en die potensiaal vir politieke onstabiliteit (Brooks,2022:1) het op verskeie fronte met inbegrip van Johannesburg, Tshwane, Mangaung, die Nelson Mandela-metropool, Ekurhuleni en talle plaaslike regerings plaasgevind. Die onlangse tussenverkiesings (14 Desember 2022) in Ditsabotla (Lichtenburg) het ook geen volstrekte meerderheid vir die ANC verseker nie en koalisiepolitiek was onmiddellik aangewese asook die uitdagings van politieke onstabiliteit wat daarmee gepaardgaan ( Montsho,2023).

Hierdie navorsing is toegespits op koalisiepolitiek en die toepassing daarvan binne die Suid-Afrikaanse konteks. Hierdie artikel neem op 'n oorsigtelik-verkennende wyse die stand van koalisiepolitiek in Suid Afrika in oënskou. Dit is 'n fenomeen wat reeds vroeër binne die Suid-Afrikaanse politiek waargeneem is, maar sedert 2016 en veral die 2021- plaaslike verkiesing wyd geëskaleer het. Sake wat vir aandag uitgesonder word, behels die nuwe politieke spelreëls wat koalisiepolitiek vereis; uitdagings wat in hierdie verband bestaan; en aanbevelings ter verbetering van die soms uiters onstabiele politieke prosesse wat met koalisiepolitiek geassosieer word. Metodologies word die konteks van politieke verandering (Suid-Afrika by 'n kantelpunt) as algemene vertrekpunt geneem. Met die konseptualisering van terme soos konstitusionele demokrasie; partye en party-stelsels; koalisies en alliansies; asook kiesstelsels word 'n konseptuele raamwerk as vertrekpunt geneem wat deduktief op die verskynsels van koalisiepolitiek in Suid-Afrika - veral na die 2021-verkiesing - betrek sal word. Die veranderende Suid-Afrikaanse konteks en sy uiters komplekse dinamika (met inbegrip van politieke en selfs eskalerende politieke onstabiliteit) word as vertrekpunt vir hierdie navorsing geneem. Daar word ook veronderstel dat die verkiesing (soos vir 2024 beplan) wel sal plaasvind ten spyte van verslegtende politieke, ekonomiese en maatskaplike toestande.4

Kernpunte van die aanbieding sluit in:

Algemene vertrekpunte

Die stand van die konstitusionele demokrasie

Politieke partye en partystelsels

Die Suid-Afrikaanse kiesstelsel

Koalisiepolitiek

Evaluerende perspektiewe en aanbevelings

 

Algemene vertrekpunte

'n Volledige strategiese ontleding en omgewingsverkenning van die Suid-Afrikaanse politiek is nie moontlik binne die samehang en fokus van die studiestuk nie.5 Daarom word volstaan met 'n aantal uitgangspunte (asook aannames) ten opsigte van die Suid-Afrikaanse politieke bedeling en wat die toekoms moontlik mag inhou. Die vernaamste doelstelling is om die belangrikheid van koalisiepolitiek te beklemtoon met betrekking tot die voortsetting en funksionering van die Suid-Afrikaanse demokratiese bedeling - soos vervat in die 1996-grondwet en die toepassing daarvan.

Die oorhoofse uitgangspunt van hierdie navorsing is dat die Suid-Afrikaanse politiek om en by 2019 'n kantelpunt bereik het, dat die huidige staatkundige bedeling, met inbegrip van die konstitusionele demokrasie, in 'n krisissituasie verkeer - beide funksioneel en uit 'n regsgeldige oogpunt; dat politieke geweld en die toename daarvan 'n sterk moontlikheid is; dat die dieptepunt van die kantelpunt nog nie gedurende 2022 bereik is nie, en dat die ANC sy posisie as oorheersende politieke mag in die Suid-Afrikaanse politiek tydens die volgende nasionale verkiesing kan verloor (vergelyk Duvenhage, 2021:1-28; en Malan, 2019 en Curlewis, 2022, rakende die aard en omvang van die politieke en grondwetlike krisis in Suid-Afrika).6Die volgende sake verdien verdere vermelding:

Die politieke kantelpunt het as uitkoms die herskikking van die politieke spektrum met nuwe magbalanse as uitkoms (dit is duidelik tydens die 2021- plaaslike verkiesings waargeneem);

Die post-kantelpunt politieke proses kan moontlik selfs op 'n gewelddadige wyse (dit wil sê niegrondwetlik) aan 'n ander bedeling geboorte skenk, met gepaardgaande groot onsekerheid, onstabiliteit en toenemende geweld. Hiervan getuig die geweldpleging van Julie 2021 in KZN en Gauteng.7 Verdere vooruitsigte op gewelddadige optrede word ook vir die toekoms deur sommige ontleders en politici voorspel. Dit hang veral saam met die implementering van die bevindinge van die Zondo-kommissie en die moontlike gevolge daarvan vir sekere politieke en ander elite-groepe, veral vir die "sterk manne" van die politiek (Jacob Zuma; Ace Magashule; Supra Mahumopelo, ens.). 'n Toename in ernstige gewelddadige misdaad en die ineenstorting van die strafregstelsel in Suid-Afrika moet in hierdie verband voorsien word en reflekteer uiters negatief op die regsgeldigheid en funksionering van die grondwetlike demokrasie alhier (vergelyk Malan, 2019; Curlewis, 2022; Versluis & De Lange, 2019; Kinnaird, 2021 en De Wet, 2016).

Die huidige polities-staatkundige orde is in sy huidige formaat nie volhoubaar nie, met groeiende sosiale en maatskaplike uitdagings wat kontinuïteit en politieke stabiliteit bedreig - die Arabiese Lente-perspektief vir Suid-Afrika; die Tunisië-dag; of die nag van die lang messe is scenario's wat vir die Suid-Afrikaanse politiek in die vooruitsig gestel word (Vergelyk Johnson, 2015; 2020a; 2020b; 2020c, 2021; Gumede, 2021; 2021a; Grootes, 2021; Schüssler, 2020). Helen Zille het immers by geleentheid reeds na Suid-Afrika se Kristalnag verwys, na aanleiding van wat in 1937 in Nazi-Duitsland gebeur het.8

Die staatkundige bedeling verswak toenemend, met 'n volledig gevalle staat 9 as slegte-saak-scenario wat toenemend geopenbaar word, soos blyk uit die situasie ten opsigte van plaaslike regering, ESKOM, die Landbank, die SANW en die SAPD, om net enkele instellings en/of omgewings as voorbeelde te beklemtoon.10

Hierdie politieke herskikking wat ter tafel is, is die grootste sedert 1994 en hou verreikende implikasies vir die demokratiese en konstitusionele orde in, asook vir ondersteunende instellings. Laasgenoemde verwys na Artikel 9-instellings, asook instellings vanuit die burgerlike samelewing.

Die hart van die politieke herskikking is gevestig in die breë kerk van die ANC, wat besig is om (soms op gewelddadige en misdadige wyse) uitmekaar te skeur en in duie te stort. Tans oorweeg die SAKP asook COSATU dit om die verkiesing van 2024 afsonderlik aan te pak, as gevolg van interne konflik en redes wat met beleid en beleidstoepassing te make het. Die herskikking binne die breë kerk neem die vorm aan van inploffings (wanfunksionaliteit) en ontploffings (toenemende geweld), wat ' n groot bedreiging inhou vir politieke en staatkundige stabiliteit in Suid-Afrika. Karl von Holt (2013:589-604) argumenteer dat Suid-Afrika se demokrasie bykans 'n dekade gelede in 'n "violent democracy" ontaard het - 'n perspektief wat ooreen-komstig empiriese getuienis vandag tot 'n nog groter mate waar is.

Die gebrek aan sterk leierskap van binne die regering asook binne opposisie-geledere is opvallend in die huidige periode;

Die leierskapsrol van Cyril Ramaphosa (of die gebrek daaraan); interne botsings binne die ANC, en die ontwikkeling daarvan in die lig van die komende verkiesings-konferensie van die ANC, gaan nie net die toekoms van die ANC bepaal nie, maar ook dié van die groter staatkundige bestel. In die aanloop tot die Nasionale Konferensie van die ANC, geskeduleer vir Desember 2022, bestaan verskeie faksies en ook fraksies (binne bestaande faksies) en talle leiers probeer 'n politieke kleim afsteek as toekomstige ANC-leiers.

Die vernaamste uitgangspunt van hierdie navorsing is dat die politieke, ekonomiese en sosiale omstandighede nie sodanig sal verswak dat die bestel die punt van 'n konstitusionele krisis bereik wat die voortbestaan van demokratiese praktyke in gevaar sal stel nie.11 Die uitgangspunt is dat Suid-Afrika 'n niegekonsolideerde demokrasie is wat nog besig is om te bou aan die grondslae van 'n bedeling wat drie dekades gelede gekonseptualiseer is; 'n bedeling wat voor reusagtige politieke, ekonomiese en maatskaplike uitdagings staan; dat die ANC sy absolute meerderheid op nasionale vlak kan verloor, en dat koalisiepolitiek dan binne 'n demokratiese orde toenemend deurslaggewend gaan wees vir die verkryging en/of behoud van politieke mag. Laasgenoemde vorm die fokuspunt vir verdere ondersoek.

 

Die stand van die konstitusionele demokrasie (Poligargie/regstaat-idee)

Waar demokrasie trasioneel gesien word as "regering vir die volk, van die volk en deur die volk" (Abraham Lincoln), beteken konstitusionele demokrasie : "... the authority of the maj ority is limited by legal and institutional means so that the rights of individuals and minorities are respected." Voorbeelde van sodanige demokrasieë word gemeld: "This is the form of democracy practised in Germany, Israel, the United States, and other countries" (Center for Civic Education, 2022:1). Konstitusionele demokrasie (op grond van die Regstaat-idee) verwys na sake soos beperkte regering (wigte en teenwigte); verantwoordelike regering; skeiding van staatsmagte; die oppergesag en onafhanklikheid van die regbank, asook talle vorme van burgerlike vryhede en die erkenning van die onafhanklikheid van die burgerlike samelewing. (Vergelyk Stern, 1984, se ontleding van die kenmerke van 'n Regstaat; asook Malan, 2019:713, 47-63; Nelson, 2014;628-660; en Heywood, 2002:32-34, se ontleding van die konstitusionele demokrasie en die idee van konstitusionalisme.) Die feit dat die mag in die volk gesetel is, dui op die reg om te kan stem binne 'n stelsel van gereelde en vrye verkiesings aan die hand van 'n bepaalde kiesstelsel onder die toesig van 'n onafhanklike verkiesingsliggaam.

Al die bogenoemde faktore is aanwesig in die Suid-Afrikaanse grondwet en word toegepas (of is veronderstel om toegepas te word), ingevolge die 1996-grondwet. Tans word daar wel ernstige vrae gevra oor die stand van die Suid-Afrikaanse konstitusionele demokrasie en veral die werking en toepassing daarvan. Koos Malan se boek There is no Supreme Constitution - a critique of Statist-individualistic Constitutionalism (2019) staan baie krities teenoor die bestel en sy funksionering, maar, hoewel belangrik, val die diskoers buite die bestek van hierdie navorsing. (Vergelyk ook Curlewis, 2022 in hierdie verband.)

Op grond van die doel van hierdie navorsing word Suid-Afrika as 'n konstitusionele demokrasie (weliswaar met talle uitdagings) geag, waarin die status van die eens oorheersende ANC as regerende party toenemend polities bedreig word. Dit is veral op plaaslike vlak waar verkiesings uitgeloop het op nie-volstrekte meerderhede, met koalisiepolitiek 'n noodwendige uitkoms van hierdie meestal vrye en regverdige verkiesings. Voordat koalisiepolitiek beskou kan word, moet politieke partye en partystelsels, asook die kiesstelsel, onder die loep geneem word as komponente van die groter konstitusionele demokrasie waaruit koalisiesluiting en alliansievorming plaasvind. Kadima (2015:21) beklemtoon juis dat "(m)ultiparty democracy rests on strong, viable and effective political parties and party coalitions, where applicable, as well as on a stable party system". Hierdie belangrike aspek, as grondslag vir koalisievorming, word vervolgens aan die orde gestel.

Partye en partystelsels

'n Politieke party kan beskryf word as 'n instelling wat op grond van ten minste 'n mate van ideologiese samehang politieke steun (lees kiesers) organiseer en mobiliseer met die doel om beheer te neem oor lede in verteenwoordigende liggame (parlemente, wetgewers ens.), en selfs oor die verkose regering (Heywood, 2002:429). Laasgenoemde aspek onderskei partye van belangegroepe en ander groeperinge afkomstig uit die burgerlike samelewing.

Partye is hiervolgens meer omvattend as blote faksies of selfs fraksies. (Laasgenoemde verwys na 'n faksie wat verdeeld is.) Kenmerke van politieke partye sluit in kaartdraende lidmaatskap; omvattende beleidstandpunte ten opsigte van talle sake wat die breë samelewing raak (polities/ekonomies/sosiaal), en 'n ideologiese grondslag op grond waarvan beleid geformuleer word. Die funksies van politieke partye sluit in verteenwoordiging; elite-skepping; belange-artikulasie en -aggregasie; politieke sosialisering en mobilisering, en die daarstelling van 'n regering indien van toepassing (Heywood, 2002:253-256). Die klassieke definisie van Lapalombara en Weiner (1966:6) word as uitgangspunt in hierdie verband geneem en gee uitdrukking aan bogenoemde:

1) Continuity in organization - that is, an organization whose expected life span is not dependent on the life span of current leaders;

2) manifest and presumably a permanent organization at the local level, with regularized communications and other relationships between local and national units;

3) self-conscious determination of leaders at both national and local levels to capture and to hold decision making power alone or in coalition with others, not simply to influence the exercise of power; and

4) a concern on the part of the organization for seeking followers at the polls or in some manner striving for popular support.

Met hierdie definisie as grondslag kan onderskei word tussen voorhoede (elite-), massa (populêre), verteenwoordigende (catch all), konstitusionele en rewolusionêre (anti-stelsel) partye (Heywood, 2002:249-251). Toegepas op die Suid-Afrikaanse konteks is die volgende sake belangrik:

1. Die makro-konteks van verandering in Suid-Afrika (soos deurlopend aan die orde gestel) maak 'n hersamestelling van die politieke spektrum 'n werklikheid, met verreikende implikasies vir politieke partye en die noodwendigheid van herskikking en/of hersamestelling;

2. Nie alle politieke partye voldoen aan al die vereistes voortspruitend uit die inwerkingstelling van bostaande definisie nie;

3. 'n "Party" soos die ANC toon elemente van al bostaande kategorieë, byvoorbeeld 'n sterk elite-oriëntasie, maar propageer die belange van die meerderheid; dit poog om diverse belange te integreer maar is tog toegespits op swart identiteit, en dit funksioneer binne die raamwerk van die 1996-grondwet maar is ideologies verbind aan die Nasionaal Demokratiese Revolusie-idee;12

4. Ander politieke deelnemers sou eerder as belangegroepe, drukgroepe, faksies of selfs fraksies kon kwalifiseer. Partye ontwikkel soms om die leierskap van 'n charismatiese leiersfiguur, byvoorbeeld die EFF onder Julius Malema. (Die lae drempelwaarde van steun vir moontlike deelname laat ruimte vir selfs kleiner groepe om aan die politieke proses deel te neem.)

5. Die gekompliseerdheid van deelnemers (en die asimmetriese aard daarvan) maak dit moeilik om 'n eenvoudige politiese beeld van die Suid-Afrikaanse politieke spektrum te vorm deur byvoorbeeld 'n liniêre links-regsbenadering te volg. (Baradat gebruik byvoorbeeld so 'n vereenvoudiging; vergelyk 1997:12-41.)

In sy klassieke werk Parties and party systems: a framework for analysis (1976), klassifiseer Giovanni Sartori nie net partystelsels op grond van die aantal partye op die politieke spektrum nie, maar veral volgens die mededingende aard (al dan nie) van partye.13 Hiervolgens word daar 'n onderskeid getref tussen mededingende en nie-mededingende partystelsels14 Eers-genoemde verwys na demokratiese stelsels, waaronder tweepartystelsels, veelpartystelsels en selfs dominante partystelsels waarbinne gereelde en vrye verkiesings plaasvind. Laasgenoemde verwys na nie-demokratiese owerheidsvorme, vorme met dominante eenpartystelsels (ideolo-gieë; hegemonieë, ens.), waar mededinging volgens demokratiese gebruike afwesig is, of waar blote skynverkiesings gehou word. Die Suid-Afrikaanse konteks is 'n veelparty demokrasie wat volgens Sartori (1976) as 'npluralistiese en gepolariseerde veelpartystelsel beskryf kan word.

Daar moet nietemin bygevoeg word dat die Suid-Afrikaanse politieke spektrum ook kenmerke toon van 'n dominante hegemoniese party, aangesien die ANC grotendeels die septer geswaai het sedert 1994 ('n situasie wat tans besig is om te verander), asook 'n tweepartystelsel, aangesien daar geïnstitusionaliseerde posisies vir die amptelike opposisie geskep word.

'n Eenvoudige kategorisering van die Suid-Afrikaanse partysamestelling, politieke spektrum en die aard van die partystelsel is gevolglik nie moontlik nie, wat dui op tekortkominge in Westerse akademiese literatuur om die gekompliseerdheid van politieke prosesse in veral Afrikastate deeglik te verwoord (Kadima, 2015:1, 4-6). Hierdie faktor moet noukeurig verreken word wanneer koalisievorming ter sprake kom en beplan word. Wat wel baie duidelik is, is dat 'n veranderende politieke spektrum (die uitkoms van kantelpunt-politiek soos hier bo uiteengesit); swak ontwikkelde partystrukture (eerder Faksies of Fraksies); asook die groot getal kleiner en soms splinterpartye groot uitdagings gaan stel vir die totstandkoming van stabiele koalisieregering in 'n politieke omgewing wat reeds onstabiel is. Die aard en funksionering van die kiesstelsel is ook 'n bepalende faktor in die suksesvolle volvoering van koalisiepolitiek.

Die Suid-Afrikaanse kiesstelsel

'n Verkiesing kan voorgehou word as 'n instrument of meganisme waarvolgens die burgery (lees stemgeregtigdes) deelneem om lede (meestal, maar nie uitsluitlik via politieke partye nie), aan te wys om hulle te verteenwoordig (indirekte demokrasie) in verteenwoordigende liggame soos wetgewers, parlemente en nasionale vergaderings (Groenewald, 2013:70-73). 'n Kiesstelsel bepaal die reëls waarvolgens die verkiesing plaasvind, byvoorbeeld watter burgers mag stem; die bepaling van die kiesformule en hoe die verkiesingsproses verloop en bestuur word, asook die prosedurele en administratiewe aspekte wat daarmee gepaard gaan.

Verskeie kiesstelsels word in demokrasieë oor die wêreld heen gebruik. Die veranderlikes sluit in die kiesformule (wiskundig van aard); die stembrief en stemdistrik soos voorgeskryf; die reëls soos bepaal deur die betrokke kiesstelsel; of daar vir 'n kandidaat/kandidate of vir partye gestem word; asook die bepaling van die getal verteenwoordigers ter sprake (vergelyk Bogdanor & Butler, 1983; Bogdanor, 1986, Reynolds & Reilly, 1997, en Groenewald, 2013:73 vir hulle kategorisering van kiesstelsels). Die keuse van 'n kiesstelsel kan 'n belangrike uitwerking op die uitslag van 'n verkiesing hê; dit kan byvoorbeeld bepaal of die uitslag van 'n verkiesing tot koalisieregering of moontlik selfs minderheidsregering kan lei.15 Oor die algemeen kan drie tipes kiesstelsels onderskei word, naamlik meerderheids-, proporsionele, en gemengde kiesstelsels. 'n Vierde kategorie wat onderskeibaar is van bogenoemde kategorieë en eiesoortig beoordeel moet word, is 'n lys-proporsionele stelsel, soos in Suid-Afrika op nasionale en provinsiale vlakke gebruik word, en op plaaslike vlak 'n gemengde stelsel (50% proporsioneel, en 50% volgens die meerderheidsbenadering - ook na verwys as "first past the post"; vergelyk Groenewald, 2013:69-124, se klassifikasiestelsel). Die kiesstelsel op nasionale en provinsiale vlakke word deur Booysen (2015:83) beskryf as "... the closed-list PR system with the Droop formula, also known as the highest remainder method".

Anders as die meerderheidstelsel (byvoorbeeld die enkellid-meerderheidstelsel) is proporsionele stelsels (veral kiesstelsels met 'n lae drempel-/toetrede norm) geneig om aan veelpartystelsels beslag te gee. Bogenoemde omskryf die situasie in Suid-Afrika en is in die algemeen bevorderlik vir koalisiepolitiek. Tans is daar 14 partye in die Nasionale Vergadering verteenwoordig, terwyl op plaaslike vlak eiesoortige samehang van diverse partye bestaan wat samewerking, alliansies en koalisies noodsaaklik maak. Dit is 'n omgewing wat dit vir enkele partye moeilik maak om groot meerderhede te behaal, soos bevestig deur die sowat 70 hangrade as uitkoms van die 2021- plaaslike verkiesings (Mashanini, 2021:1-3).

In Afrikastate wat soos Suid-Afrika van proporsionele of verbandhoudende kiesstelsels gebruik maak, wys Kadima (2015:10) daarop dat "... electoral systems where there is no threshold which might result in wasted votes, political parties do not rush into pre-election alliances. Instead, they build post-election coalitions on the basis of the number of seats each partner party has won." In Suid-Afrika is dit ook die aangewese patroon, waar politieke onstabiliteit ontwikkel in die opbouperiode voor verkiesings sowel as na die afloop daarvan. Ten opsigte van laasgenoemde is dit veral so wanneer geen volstrekte meerderhede behaal is nie, soos veral duidelik geblyk het tydens en na afloop van die 2021- plaaslike verkiesing.

Met die steunvlakke van die ANC (eens oorheersend en hegemonies) wat in onlangse verkiesings skerp begin daal het (en met meningspeilings wat met die oog op die toekoms op steeds dalende steun dui) is koalisiepolitiek nie net op plaaslike vlak 'n werklikheid nie, maar moontlik ook aangewese op nasionale en provinsiale vlakke met verwysing na die komende algemene verkiesing geskeduleer vir 2024.

Die lys-proporsionele kiesstelsel soos wat dit op Nasionale en Provinsiale vlakke in Suid-Afrika bestaan, bevorder veelpartyverteenwoordiging wat problematies kan wees in terme van veral politieke stabiliteit - van toepassing in omgewings waar koalisies van minderhede regeer binne 'n reeds makro onstabiele politieke omgewing.

Koalisiepolitiek

Die Cambridge Advanced Dictionary Thesaurus beskryf koalisies as: "The joining together of different political parties or groups for a particular purpose, usual for a limited time, or a government that is formed in that way." Heywood (2002:264) sluit hierby aan en beskryf koalisies as: "... a grouping of political actors brought together either through the perception of a common threat, or through the recognition that their goals cannot be achieved by working separately. " Dikwels word daar na koalisies verwys as "the partnership of unequals."

Koalisiepolitiek word geassosieer met konstitusionele demokrasie, gereelde en vrye verkiesings, en in besonder 'n scenario waar 'n enkele party nie 'n volstrekte meerderheid behaal nie, of moontlik nie sal kan behaal nie. Hieruit spruit patrone van politieke samewerking tussen rolspelers wat in verskillende vorme kan voorkom. Samewerking en die institusiona-lisering daarvan kan verskeie vorme aanneem, en die onderskeid tussen koalisie en alliansie is belangrik. Volgens Kadima (2006) is 'n alliansie 'n samewerkingsooreenkoms tussen twee of meer partye voor die verkiesing, met die oog daarop om hul steunbasis te vergroot en die verkiesing te wen. Koalisies word daarenteen gevorm wanneer samewerking tussen twee of meer partye (in byvoorbeeld 'n parlement of regering) na afloop van die verkiesing plaasvind. In aansluiting by Wyat (1999), definieer Kadima (2015:2) alliansies as: "... the coming together of at least two political parties prior to an election in order to maximise their votes while 'coalition' refers to the agreement of a minimum of two political parties to work together in parliament and/or in government on the basis of an election outcome. "

Alliansies kan onderverdeel word informele alliansies, waar die een identiteit in 'n ander ineenvloei om soms 'n nuwe identiteit te vorm (NNP en DP word DA, ens.). Subparty-alliansies soos die Drieledige Alliansie (ANC/SAKP/COSATU) word gesluit wanneer partye/entiteite saamwerk, al die groepe verteenwoordig word, en elke groep tog steeds 'n vorm van eie identiteit behou. Alliansies kan ook die vorm aanneem van geleentheid-samewerking ten opsigte van kwessies soos mosies van wantroue in die leierskap van die ANC, of om die president van die staat in 'n staat van beskuldiging te plaas (vergelyk Booysen, 2015:67-69).

Koalisies kan ook in drie kategorieë onderverdeel word, naamlik veelparty-koalisies (soos die geval in sommige metropole en plaaslike regerings); subparty-koalisies, soos die Drieledige Alliansie wat hegemoniese mag binne instellings toespits; en minderheidspartye wat deel van 'n regering uitmaak ten einde 'n meerderheid te bewerkstellig. Dr Pieter Mulder se destydse aanstelling as voormalige Adjunkminister waardeur hy deel geword het van 'n ANC/SAKP/ COSATU-kabinet is een van talle sulke voorbeelde in die Suid-Afrikaanse politiek (Booysen, 2015:68-69).

Koalisie- of alliansiepolitiek is 'n gevestigde praktyk in talle konstitusionele demokrasieë in die wêreld, waaronder Duitsland, Japan, Maleisië, Israel, Chili en Swede (Brooks, 2022:12). Praktyke wat verband hou met koalisie- en alliansiepolitiek ('n uitkoms van onder meer die derde golf van demokratisering) is besig om in Afrikastate, waar veelpartyverkiesings gereeld gehou word, te ontwikkel. Tot en met 2013 het 54% van state wat veelpartyverkiesings gehou het (22 uit 43 state) hulle tot vorme van alliansie- of koalisiepolitiek gewend (Kadima, 2015:2). In Suid-Afrika het koalisiepolitiek met die eeuwisseling in die Wes-Kaap beslag gekry, maar het op plaaslike vlak veral tydens die 2016 en 2021-verkiesings toegeneem. Aanduidings is dat die fenomeen van koalisiepolitiek in Suid-Afrika meer omvangryk gaan word en heel moontlik lotsbepalend kan wees vir die oorlewing van sommige politieke elite-groepe. Brooks (2022:1-4) verwys na koalisiepolitiek as die "slagvelde" van Suid-Afrikaanse politiek tussen verkiesings.

Belangrik vir die sukses van koalisiepolitiek in Suid-Afrika is dat die kenmerke van daardie state waarin koalisiepolitiek 'n bewese praktyk is, gebruik word as grondslag vir die vestiging van samewerkende praktyke en akademies gesproke as grondliggende norm kan dien vir die beoordeling van die Suid-Afrikaanse situasie. Die volgende sake verdien myns insiens in hierdie opsig vermelding:

'n Omgewing gekenmerk deur politieke stabiliteit waarbinne die staat en politieke stelsels effektief funksioneer, is kernbelangrik. In navolging van Ake (1975:273) word politieke stabiliteit voorgehou as:

... the regularity of the flow of political exchanges. The more regular the flow of political exchanges, the more stability. Alternatively, we might say that there is political stability to the extent that members of society restrict themselves to the behavior paterns that fall within the limit imposed by political role expectations.

Een van die risiko's van koalisiepolitiek is dat dit kan lei tot groter mededinging en/of bedinging, wat juis tot patrone van stelsel-onstabiliteit kan bydra. Daarom moet die groter politieke, ekonomiese en maatskaplike stelsel stabiel wees, die reëls duidelik geformuleer, en alle rolspelers moet ooreenstem ten opsigte van die basiese spelreëls. Duitsland, Israel en Swede val binne hierdie konteks, maar talle Afrikastate (asook sommige Oos-Europese nuwe demokrasieë) is inherent onstabiel met, in die algemeen, 'n swak rekord van demokrasie en in die besonder van koalisiepolitiek (Kadima, 2015:1-21; Booysen, 2015: 66-93; 2021; Brooks, 2022:1-4). Tans ervaar Suid-Afrika uiterste vorme van politieke onstabiliteit óók en verál waar koalisies regeer.16 Hiervan getuig die situasie in verskeie metropole, waaronder Nelson Mandelabaai, Stad Johannesburg, Stad Ekurhuleni en Stad Tshwane, maar ook ten opsigte van kleiner plaaslike regerings soos Knysna, en waarvan Sasolburg en Krugersdorp/Mangaung historiese voorbeelde is.

Die konsolidasie van demokratiese waardes, soos hier bo in verband gebring met 'n konstitusionele demokrasie, is in hierdie opsig belangrik. Sake van kernbelang is die onderskeid tussen die staatkundige en burgerlike omgewings; trias politica; 'n duidelike onderskeid tussen regering en regime; beperkte en verantwoordelike regering; die erkenning van die oppergesag van die reg, en toepaslike en beskermde regte van die burgery, met inbegrip van menseregte. Baie demokrasieë, veral nuwe demokrasieë, is nog ongekonsolideerd en kan moeilik die addisionele spanning, druk en onsekerheid hanteer wat met koalisiepolitiek gepaard gaan.

Sosiale samehangendheid, nasiebou en die bestaan van 'n oorkoepelende identiteit waartoe rolspelers hulle kan en moet verbind, is 'n belangrike en selfs fundamentele voorvereiste vir die funksionering van enige politieke bedeling en derhalwe ook binne die konteks van koalisiepolitiek. Waar hierdie aspekte afwesig is, is 'n verkiesing bloot 'n bevolkingsensus waarin verskille ten opsigte van sake soos ras, kultuur, gender en godsdiens bepaal word en demokratiese instellings gereduseer word tot instellings wat konflik institusionaliseer. Sodoende word demokrasie 'n konflik van identiteite eerder as ideë, ideologieë of standpunte oor hoe sake hanteer en bestuur moet word. In so 'n omgewing (met verwysing na die meeste sogenaamde nuwe demokrasieë), is politieke konflik en geweld prominent en is dit uiters moeilik om brûe te bou na ander gedeeltes van diepverdeelde samelewings. Kadima (2015:7) vat hierdie problematiek, wat ook duidelik in Suid-Afrika bestaan en in onlangse verkiesings begin blyk het, soos volg saam:

Pre-independence political parties, formed along ethnic lines, a trend that has continued. In this context, an electoral defeat did not only mean the defeat of a political party but of a whole ethnic group. The resulting post-election resistance to state power by the defeated parties or ethnic group culminated in ethnic polarization and, in the worst of cases, civil war and massacres, leaving deep scars in the socio-political fabric of these plural societies.

Was dit wat in KwaZulu-Natal en dele van Gauteng in Julie 2021 gebeur het, 'n voorloper tot sodanige scenario's in Suid-Afrika?

Leierskap en die rol van politieke elite-groepe is dikwels deurslaggewend in die totstandbrenging van koalisies en die bestuur daarvan, asook met betrekking tot volhoubaarheid. Brooks (2022:2-30) beklemtoon die gegewe dat belangrike leierskapkenmerke onder meer die volgende behels: transaksionele eienskappe (onderhandeling, konflikbestuur en vennootskappe); om algemene belang hoër te ag as bepaalde of seksionele belange, en om te beskik oor 'n ingesteldheid wat as middelpuntsoekend beskryf kan word, waarin gematigdheid eerder as 'n radikale beklemtoning van waardes en toepaslike strategieë vooropgestel word. In die algemeen is 'n pragmatiese (eerder as 'n ideologiese) ingesteldheid belangrik indien leiers en elite-groepe suksesvol wil wees in die daarstelling en vestiging van koalisies, asook vir die bedryf daarvan.

Om suksesvol te wees, is dit belangrik dat opposisiepolitiek 'n bepaalde waardestelsel en etos (normatief van aard) moet handhaaf as grondslag vir demokrasie in die algemeen, maar in die besonder vir koalisiepolitiek. Wanneer koalisiepolitiek ter sprake is (as uitvloeisel van 'n breër demokratiese raamwerk van norme en etos) moet sake soos verdraagsaamheid; die soeke na konsensus; 'n ingesteldheid van onderhandeling; 'n "winner-loses-it-all-beskouing" (die belangrikheid van kompromieë); en 'n onderhandelingsgesindheid teenwoordig wees en aktief toegepas word. Wedersydse vertroue, aanvaarding en empatie as grondslag vir die beoordeling van ander groepe en hul belange is belangrik. Politieke opportunisme, omkopery en korrupsie kan die aard van samewerkingsverhoudings nie net besoedel nie, maar heeltemal laat skipbreuk ly.

Met bogenoemde as raamwerk en vertrekpunt kan die (on)moontlikheid van koalisiepolitiek in Suid-Afrika beskou word deur aan enkele toepassingsaspekte aandag te skenk.

 

Koalisiepolitiek in Suid-Afrika - enkele toepassingsaspekte

Met betrekking tot erkende veiligheidsindekse word Suid-Afrika op grond van wat as stabiliteit beskou word, vergelyk met state wat 'n vorm van burgeroorlog ervaar, waaronder Libanon, Afganistan, en so meer. Die geweld van Julie 2021 in KwaZulu-Natal en Gauteng, waarin meer as 300 mense gedood is en R50 miljard se skade aangerig is, is 'n voorbeeld hiervan (Vergelyk Vhumbunu, 2021:1-10).

Patrone van onstabiliteit hang nou saam met hoë vlakke van politieke mobilisasie en lae vlakke van institusionalisering (vergelyk Huntington, 1968:1-8). Met ander woorde, instellings kan nie voldoen aan die gestelde politieke verwagtinge nie. Patrone van konflik, geweld en onstabiliteit word op talle vlakke geopenbaar, waaronder die sosiaal-maatskaplike omgewing (misdaad, xenofobie rasse-, kulturele en gender-geweld); op ekonomiese vlak (arbeidsonrus soos in die vooruitsig gestel met die "Shutdown" wat beplan was vir 24 Augustus 2022), en politieke onstabiliteit, soos duidelik blyk uit byvoorbeeld diensleweringsproteste en politieke sluipmoorde (67 mense word per dag in Suid-Afrika vermoor en 153 verkrag. Die afgelope 12 maande was daar 11 688 diensleweringsproteste in Suid-Afrika). (Curlewis, 2022.)

Politieke stabiliteit/onstabiliteit

In 'n staat wat reeds ernstig onstabiel is, kan pogings om politiek op koalisiebasis te bedryf lei tot verdere konflik, onstabiliteit, en 'n onvermoë om noodsaaklike besluite binne kort tydraamwerke te neem. Getuienis hiervan is waargeneem in metropole soos die Stad Johannesburg, Stad Tshwane, Nelson Mandelabaai metropolitaanse munisipaliteit en eThekwini metropolitaanse munisipaliteit, asook in koalisies wat op plaaslike vlak beslag gekry het, byvoorbeeld die munisipaliteite in Potchefstroom/J.B. Marks, Sasolburg en Krugersdorp/ Mangaung. Waar koalisies en koalisiepolitiek onstabiel is, word 'n groter stabiele politieke stelsel veronderstel (vergelyk Italië ná die Tweede Wêreldoorlog) - iets wat dikwels in die Suid-Afrikaanse konteks ontbreek. Die groot getal Artikel 139-ingrypings ten opsigte van plaaslike regeringsvlak (nasionaal gesproke) getuig hiervan, asook die ondoeltreffende aard van politieke stelsels in die algemeen.

Onstabiele koalisies en 'n onstabiele stelsel is 'n snelweg na institusionele en politieke verval, soos tans wyd in Suid-Afrika aangetref word. Kortom, politieke onstabiliteit en onstabiele politieke stelsels is nie bevorderlik vir die letter en gees van koalisiepolitiek nie en kan die Suid-Afrikaanse politieke omgewing selfs meer onstabiel laat (vergelyk Bole, 2022:6; COGTA, 2019; Mokgoro, 2018, en Ledger & Rampedi, 2019 oor die aard en omvang van die plaaslike regeringskrisis en die voortspruitende ingrypings op grond van Artikel 139 (a, b, c, d), op plaaslike regeringsvlak.)

Booysen (2021:1) verwoord van die mees onlangse plaaslike verkiesings en wys op die volgende:

Disunited we stand ... Coalition politics and governance in South Africa epitomize instability. Facilitating and opportunistic party interests (that) prevail over accountable, constructive and developmental government. Coalition governments have not been responsible for creating the country as dismally performing, unaccountable local governments, yet coalitions have often exacerbated the poor showings.

Demokratiese konsolidasie

Hierdie aspek verwys na die uitbouing en funksionering van demokratiese stelsels en onderliggende waardestelsels (kyk hier bo), en die vestiging daarvan in erkende en gesaghebbende politieke praktyke. ('n Demokratiese verkiesing moet regeringsverandering sonder konflik en geweld moontlik kan maak, 'n probleem waarmee talle nuwe demokrasieë, veral in Afrika, ernstig sukkel.) Soos Brooks (2022:4) dit stel: "Embedding democratic values only comes with acceptance of the rules of the game. These include compromise and accountability".

In Suid-Afrika het veral kaderontplooiing stelsels gelaai met lojale kaders wat die regerende ANC ondersteun en deel vorm van nepotisme en korrupte praktyke, soos geïnstitusionaliseer in vorme van staatskaping en/of endemiese korrupsie. Gaan sodanige rolspelers van hulle mag afstand doen indien hulle party (lees hier die ANC) die verkiesing verloor, en gaan koalisiepolitiek en nuwe spelreëls tot stand kom? In Zimbabwe het die kaders (lees ZANU-PF) met die hulp van veral die weermag en polisie politieke mag behou, al het hulle die verkiesing minstens twee keer verloor. (Die Kampepe-kommissie van ondersoek het hierdie realiteit uitgewys.) Is dit ook 'n scenario vir Suid-Afrika ná afloop van die volgende nasionale en provinsiale verkiesing tydens 2024?

Dit is ook nie waar die uitdagings eindig nie. Koalisiepolitiek impliseer verder die meer gesofistikeerde toepassing van demokratiese waardes en spelreëls wanneer dit vergelyk word met byvoorbeeld die toepassing van demokratiese praktyke in eenparty-dominante stelsels. Laasgenoemde was die praktyk in die grootste deel van Suid-Afrika oor die laaste dekades en selfs voor 1994. Hoewel hierdie toedrag van sake in onlangse verkiesings (2016; 2019; 2021) begin verander het, is politieke praktyke, konvensies en besluitneming steeds gevorm om die vertrekpunt van hegemoniese eenparty-dominansie. Dit gaan vir die ANC baie moeilik wees om hierdie sprong, veral op nasionale vlak, te maak.

Vir Suid-Afrika as 'n jong demokrasie, wat steeds met die grondliggende aspekte van demokratiese waardes worstel, gaan laasgenoemde inderdaad nie maklik wees nie. Dit is veral in politieke omgewings waar demokratiese waardes nog nie na behore geïnstitusionaliseer is nie waar laasgenoemde beloof om 'n groot uitdaging te stel. Die geskiedenis van koalisiepolitiek in Suid-Afrika bevestig ook 'n pad vol slaggate - 'n moeilike toekomspad, veral vir die regerende ANC.

Sosiale samehangendheid en nasiewording

Booysen (2015:86) vat hierdie problematiek soos volg saam: "Ethnicity, race and culture have shaped South Africa's political history - and continue to do so in the present alliance formation. South Africa's smaller political parties often have relatively exclusive racial-cultural profiles and the bigger ones have their job cut out in attempting to cross the barriers imposed by race, ethnicity and culture". Die uitkoms van verkiesings in Suid-Afrika kan in sekere opsigte vergelyk word met 'n sensus van rasse, kultuur- en ander identiteitsgroepe. Kadima (2006:16) wys daarop dat die politieke omgewing in Suid-Afrika "... racially and ethnically configured coalitions, ideologically matched or disconnected coalitions, as well as politically opportunistic ones" weerspieël. Verteenwoordigende instellings weerspieël daarom dikwels die gekompliseerdheid, diversiteit en verskeidenheid van die samelewing, eerder as bepaalde ideë, beleid en/of ideologie. Hierdie toedrag van sake lei daartoe dat verteenwoordigende instellings telkens hierdie rasse-, kulturele en ander vorme van verdeeldheid institusionaliseer. Dit is 'n groot uitdaging vir koalisiepolitiek, en die eise in hierdie verband sal met 'n toename in identiteitspolitiek in die toekoms steeds toeneem. Identiteitspolitiek was juis meer opvallend in die verkiesings van 2019 en 2021 in Suid-Afrika.

Samewerking moet gesoek word (en probeer om gebou te word), in 'n omgewing van diep verdeeldheid, waarvan die geskiedenis van konflik en geweld selfs oor millenniums strek. In die afwesigheid van nasionale integrasie en nasiebou, waar simbole wat mense nader aan mekaar bring grootliks ontbreek, is dit soms baie moeilik om gedeelde waardes te vind as grondslag vir politieke samewerking - hoe ook al gedefinieer. Hierin lê 'n groot uitdaging vir koalisiepolitiek in Suid-Afrika; die kuns van die moontlike teenoor die werklikheid van konflik, geweld en verset. Laasgenoemde, 'n gevestigde praktyk en tradisie in Suid-Afrika, wat indruis teen die grondbeginsels van demokratiese waardes en praktyke, is 'n aspek wat deeglik verdiskonteer moet word wanneer koalisiepolitiek ter sprake kom. Die rol van leierskap in hierdie verband kan nie genoeg beklemtoon word nie.

Politieke leierskap

Koalisiepolitiek, anders as die besluitnemingspraktyke in omgewings waar eenparty-dominante stelsels op die voorgrond is, stel andersoortige eise aan leierskap en bring heel dikwels nuwe tipes leierskap na vore. Samewerking, die sluiting van ooreenkomste, onderhandeling, en verdraagsaamheid, is aspekte wat in koalisie-omgewings belangrik en konstruktief is, terwyl kragdadige optrede, monolitiese denke en die beklemtoning van 'n bepaalde identiteit (seksionele versus algemene belang), meestal teenproduktief is. Die voordeel van hierdie situasie (en wat die omstandighede van koalisiepolitiek bepaal) is dat dit die leierskap en politieke elite-groepe dwing (dikwels ter wille van politieke oorlewing) om met mekaar saam te werk en ooreenkomste van een of ander aard te sluit. Gematigde leierskap wat middelpuntsoekend optree, is egter meestal skaars in 'n politieke omgewing waar seksionele belange (en die uitsluitlike bevordering daarvan) dikwels die norm is, en eersgenoemde die uitsondering.

In 'n politieke omgewing wat vroeër as post-kantelpunt beskryf is (met as uitkoms die hersamestelling van die politieke spektrum), is die eis vir leierskap wat voldoen aan die vereistes van koalisiepolitiek des te meer belangrik - veral in die lig van wat moontlik in die 2024-verkiesing mag gebeur. Leierskap, en die vermoë om te kan herposisioneer, is daarom noodsaaklik ter wille van politieke oorlewing, met die moontlikheid van konflik en geweld indien politieke elite-groepe (uit 'n voorafgaande era) se politieke magsbasisse bedreig word. Laasgenoemde is ongetwyfeld aan die orde.

Normatiewe grondslae en etiese vertrekpunte

Enige ooreenkoms, ongeag die aard daarvan, veronderstel 'n bepaalde normatiewe en etiese grondslag. Dit sluit in sake soos integriteit; 'n verbintenis tot voorafooreengekome reëls; respek vir die letter asook die gees van die ooreenkoms, asook werkswyses wat gevolg moet word om uitvoering aan die ooreenkoms (hoe ook al gedefinieer) te gee. Dit is veral die rol van 'n party soos die EFF wat betreffende politieke samewerking heel dikwels bogenoemde grondslae en vertrekpunte op opportunistiese wyses oortree ten koste van die groter belang soos bepaal in die samewerkingsooreenkoms en die vorm wat dit aanneem. Hierdie aspek reflekteer op die breë politieke kultuur van partye (maar ook groter stelsels) en wys dat wantroue voortspruitend uit 'n ingewikkelde, botsende en selfs gewelddadige geskiedenis heel dikwels die botoon voer. Hierdie toedrag van sake beklemtoon die afwesigheid van 'n politieke kultuur waar koalisieregering met vrug kan wortel skiet.

Met bogenoemde as grondslag kan die volgende redes aangedui word as sake wat bydraend was tot die gebrekkige suksesrekord van vorme van koalisiepolitiek in Suid-Afrika tot dusver:

1. Politieke opportunisme waar partye en ook individue (lees leiers) van veral kleiner partye toetree tot samewerkingsooreenkomste. Dit is problematies aangesien eie belang en nie die breër belang nie, telkens vooropgestel word. Booysen (2021:1-2) verwys in hierdie verband na: "a fraught alternative " en die "institutionalization of opportunism as part of coalition culture."

2. Die prominensie van die swakstaatverskynsel en die aanwesigheid van patrimoniale en neo-patrimoniale tendense (die politiek van die sterk man en sy onder-steuningsnetwerke) ontwrig samewerkingsooreenkomste en die effektiewe werking van konstruktiewe samewerkingsooreenkomste;

3. Uiteenlopende en dikwels botsende ideologiese uitgangspunte (byvoorbeeld liberaal-vrye mark versus sentralisties-sosialisties) maak dit soms moeilik om middelgrond te vind met betrekking tot gedeelde waardes en strategieë;

4. Intra-party stabiliteit is dikwels 'n probleem, aangesien faksionalisme (enfraksiona-lisme) binne verskeie partye problematies is en daar gevolglik nie uit een mond/ standpunt onderhandel word nie. Dit raak nie net die ANC nie maar ook partye soos die EFF, Cope en selfs die DA;

5. Gebrekkige sosiale samehangendheid, eeuelange geskiedenis van konflik en geweld, asook sosio-ekonomiese uitdagings (armoede, ongelykheid en diskriminerende praktyke) maak dit moeilik om gevestigde koalisies te onderhandel en volhoubaar te bestuur;

6. Die groot aantal partye wat verteenwoordig word (onder meer 'n uitkoms van die lys-proporsionele kiesstelsel) is bevorderlik vir die vorming van minderheidskoalisies, wat dikwels potensieel baie onstabiel kan wees, soos reeds binne die Suid-Afrikaanse konteks sedert 2016 bewys;

7. Bedrog, korrupsie en die afrokkel/weglok (dikwels "koop") van kandidate (praktyke wat dikwels met die ANC geassosieer word) ondermyn geloofwaardige samewerking en dra daartoe by dat daar nie in die algemene belang gehandel word nie.

8. In die algemeen is daar nie sterk grondslae (lees gedeelde waardes) en 'n politieke kultuur wat bevorderlik is vir samewerking, alliansies en koalisies nie. Dit hang saam met die ongekonsolideerde aard van die Suid-Afrikaanse demokrasie, asook die afwesigheid van grondliggende waardes op grond waarvan Suid-Afrikaners as 'n nasie kan funksioneer.

 

Koalisiepolitiek - die kuns van die moontlike?

Die afloop van die 2021- plaaslike verkiesing lewer bewys van die uitdaging waarvoor koalisiepolitiek in Suid-Afrika te staan gekom het. Dat sake soos makro politieke stabiliteit, suksesvolle demokratiese konsolidasie, staatbou- en nasiebou-prosesse, sosiale samehorigheid en verdraagsaamheid, die vestiging van 'n bepaalde stel waardes en etos asook politieke leierskap belangrik is vir die funksionering van 'n konstitusionele demokrasie met inbegrip van koalisiepolitiek. Die meerderheid sake hier bo is egter nie sake wat oornag bewerkstellig kan en gaan word nie. Met die kort termyn in gedagte, in besonder die 2024-verkiesing, kan die volgende voorstelle bydra om koalisiepolitiek meer funksioneel en legitiem te maak:

1. Tesame met die wysiging van die kiesstelsel (soos wat tans aan die orde is) kan strenger meer formele reëls opgestel word ten opsigte van die totstandkoming van alliansies en/of koalisies. 'n Omvangryke hersiening van die bestaande kiesstelsel op die onderskeie vlakke mag hier noodsaaklik wees;

2. Onderhandelinge en gesprekvoering tussen politieke elites ten einde konsensus te verkry ten opsigte van basiese spelreëls wat koalisiepolitiek ten grondslag lê;

3. Die daarstelling van strenger reëls en vereistes vir die toelating van partye tot deelname aan verkiesings en politieke prosesse;

4. Die sluiting van meer formele ooreenkomste tussen koalisie/alliansie vennote wat meer bindend is en afdwingbaar deur howe;

5. Binne 'n proporsionele kiesstelsel kan die drempelwaarde vir verteenwoordiging ook verhoog word om die getal deelnemers te verminder;

6. Streng optrede en handeling teen partye wat hul skuldig maak aan die ontwrigting van politieke en institusionele prosesse binne en buite verteenwoordigende instellings.

Kortom is daar tans in die Suid-Afrikaanse politiek, in soverre dit koalisie- en alliansiesluiting betref, in samehang met die beoogde wysiginge aan die kiesstelsel, die behoefte aan 'n stel bindende reëls en 'n gedragskode wat alle vorme van koalisiepolitiek sal reguleer in belang van orde, stabiliteit asook goeie en effektiewe regering. Laasgenoemde ontbreek grootliks binne die huidige konteks.

 

Evaluerende en Slotperspektiewe

Suid-Afrika verkeer in 'n fase vanpost-kantelpuntpolitiek, met groot veranderinge wat reeds aan die orde is en nog meer wat onderweg is. Die swak prestasies van die eens oorheersende ANC in onlangse verkiesings (2019; 2021), asook nuwe meningspeilings, dui daarop dat die ANC op nasionale vlak (asook in sommige provinsies) nie 'n volstrekte meerderheid gaan behaal nie. Myns insiens is dit op hierdie tydstip die mees waarskynlike scenario in die aanloop tot die beplande 2024-verkiesing. Dit laat politieke elite-groepe, partye en politici met 'n nuwe stel politieke spelreëls waarbinne die wedloop voltooi moet word en die uitslag as sodanig bepaal gaan word. Hierdie spelreëls impliseer die vermoë om mag te bekom en invloed uit te oefen, in samewerking met andere, in 'n omgewing waar gedeelde waardes 'n grondslag vir samehangendheid moet verskaf.

Suid-Afrika se beperkte blootstelling aan koalisiepolitiek as gevolg van 'n lang geskie-denis van oorheersende partystelsels (vroeër onder die NP en later die ANC) vereis veer-kragtigheid, pragmatisme, verdraagsaamheid en 'n middelpuntsoekendheid om by die nuwe spelreëls van koalisiepolitiek aan te pas. Die groter politieke, ekonomiese en maatskaplike kontekste (en die gepaardgaande uitdagings) maak dit besonder moeilik vir politieke elite-groepe en partye om met mekaar saam te werk. Daar ontbreek veerkragtigheid eie aan gevestigde demokrasieë wat daarin kon slaag om koalisie-gedrewe praktyke binne demokratiese stelsels te integreer. Die vlakke van endemiese korrupsie, nepotisme en staatskaping stel sy eie eise ten opsigte van die geslaagdheid (al dan nie) van koalisiepolitiek in Suid-Afrika. Bogenoemde was tot dusver bydraend tot die swak geskiedenis van koalisiepolitiek alhier.

' n Voordeel van koalisiepolitiek is dat dit partye dwing om middelgrond te soek betreffende gedeelde waardes in die strewe om 'n breër algemene Suid-Afrikaanse belang te dien. Dit kan vergelyk word met 'n groot aantal klein KODESA's wat probeer om algemene belang te herdefinieer en deur middel van samewerking daaraan uitvoering te gee. Die sukses daarvan kan bepalend wees vir die verdere konsolidasie van demokratiese waardes en die progressiewe uitbouing van 'n grondwetlike bedeling wat ná 1994 tot stand gekom het. Die uiteinde daarvan kan ongelukkig ook baie anders wees en bydra tot verdere onstabiliteit en institusionele verval. Laasgenoemde is op hierdie stadium reeds opvallend aan die gebeur.

Suid-Afrika se geskiedenis ten opsigte van koalisiepolitiek is nie gunstig nie en talle uitdagings word tans ervaar. Die onvermoë van politieke partye om saam te werk; die aan-wesigheid van konflik wat toeneem en op geweld uitloop; korrupsie; en die manipulasie van reëls, is maar enkele uitdagings in hierdie verband. Stabiele stelsels word benodig om as anker vir die onstabiliteit en uitdagings rakende besluitneming te dien wat met koalisiepolitiek gepaard gaan. Dit is tans grootliks afwesig in Suid-Afrika.

In die afwesigheid van demokraties-grondwetlik bepalende politieke spelreëls (soos aanvaar en afgedwing deur onderskeie politieke rolspelers) word die staat 'n politieke arena van konflik en geweld wat nie net ikabod skryf op koalisiepolitiek (as die gesofistikeerde toepassing van gekonsolideerde demokratiese waardes) nie, maar 'n bedreiging inhou vir die demokrasie as owerheidsvorm en selfs die staat as staat.

Dit is my oortuiging dat, soos dit in die laat tagtigerjare die geval was, Suid-Afrika weer eens radikaal sal moet hervorm om 'n bedeling om te keer wat aan 'n verswakkende staat, toenemende konflik, ekonomiese uitdagings en institusionele rassisme beslag gegee het. Koalisiepolitiek (en selfs 'n regering van nasionale eenheid) sou hier 'n rol kon speel. Die alternatief is konflik, geweld en onstabiliteit - 'n slegte-saak-scenario - wat allermins bekostig kan word. Laasgenoemde moet sover moontlik verhinder word. Koalisiepolitiek, 'n kultuur van samewerking en verdraagsaamheid, gaan belangrik wees vir die konsolidasie van demokratiese waardes in Suid-Afrika - 'n noodsaaklike grondslag vir die suksesvolle bedryf van koalisiepolitiek in al sy vorme.

In soverre dit koalisiepolitiek en die sukses hiervan in die algemeen op die kort termyn betref, is die grootste enkele tekortkoming 'n raamwerk van reëls, soos vervat in wetgewing, wat bindend en afdwingbaar is op alle deelnemers. Hiermee saam is die daarstelling en vestiging van hekwagters (die toepassers van reëls en vereistes) noodsaaklik wat die grondslag kan lê vir politieke stabiliteit, wat onontbeerlik is vir konstitusionele demokrasie in die algemeen en koalisiepolitiek in besonder in die vorm van goeie en effektiewe regering.

 

BIBLIOGRAFIE

Ake, C. 1975. A definition of Political stability. Comparative Politics, 7(2):271-283.         [ Links ]

Anon. 2019b. Tax. Businesstech. 24 December. Businesstech.co.za (13 Februarie 2020 geraadpleeg).         [ Links ]

ANC. 2017. ANC National Policy Conference: Strategy and tactics of the African National Congress. Discussion document, 2017. https://www.sahistory.org.za/archive/2017-ANC-national-policy-conference-strategy-and-tactics-of-the-african-national-congress-discussion-document (26 Januarie 2021 geraadpleeg).         [ Links ]

Anon. 2019a. South Africa is one of the least safe countries in the world. 24 November. https://businesstech.co.za/news/lifestyle/355519/south-africa-is-one-of- (15 Februarie 2020 geraadpleeg).         [ Links ]

Baxter, J. 2020. Latest crime statistics for South Africa - increases in murder rate. https://www.sapeople/com/2020/07/31/latest-crime-statistcs-for-south-africa-increase-in-murder-rate (5 Oktober 2020 geraadpleeg).         [ Links ]

Bloomberg. 2020. Advisory group puts a date to South Africa's collapse.Businesstech. https://businesstech.co.za/news/business/432504/advisory-group-puts-a-date-to-South_Africa's_collapse. 10 September 2020 (20 Oktober 2020 geraadpleeg).         [ Links ]

Bogdanor,V. 1986. Representatives of the people? Parliamentarians and constituents in Western democracies. Cambridge: Cambridge University Press        [ Links ]

Boonzaaier, D. 2022. ANC val onder 40%. Rapport. 14 Augustus:1.         [ Links ]

Booysen, S. 2015. Causes and impact of party alliances and coalitions on the party system and national cohesion in South Africa. African Studies, 13(1):66-93.         [ Links ]

Booysen, S. 2021. Disunited we stand: Coalition politics in South Africa is jinxed when politicians behave badly in pursuit of power. Opinionistatement: https://www.dailymaverick.co.za.auther.         [ Links ]

Bratton, M. & Van der Walle, N. 1997. Democratic experiments in Africa: Regime transitions in comparative perspective. Cambridge: Cambridge University Press.         [ Links ]

Brooks, H. 2022. A stable national coalition government in South Africa? Possible, but only if elites put country's interests first. https://theconversation.com/a-stable-national-coalition-government-in-south-africa-?-possible-but-only-if-elites-put-country's-interests-first (Geraadpleeg 25 Januarie 2023).         [ Links ]

Businesstech. 2021. Around 23 000 tax residents leave South Africa each year and government to tighten the numbers. 5 March 2021. Bussinesstech.co.za.         [ Links ]

Businesstech.2022. Poll data reveals ANC could get 50% in next elections. Businesstech 28 Augustus 2022        [ Links ]

Butler, D.1986. Governing without majority: Dillemmas for hung parliaments in Britain. London: Palgrave Macmillan.         [ Links ]

Buys, F. 2020. "Revolusie" van rykes. 22 Oktober 2020. MaroelaMedia.co.za.         [ Links ]

Cameron, J. 2020. Flash briefing: SA heads for financial crisis; Denel. Land Bank needs funds, gold mines, COVID19. Biznews.com/entrepreneur/2020/10/11_financial_crises (12 Oktober 2020 geraadpleeg).         [ Links ]

Cameron, J. 2020a. Magnus Heystek: Horrific chart with nowhere for the JSE to hide. BIZNews. 27 December 2020.https://www.biznewes/wealth-advisors/2020/12/27magus-heystek-horrific-chart-with-nowhere-to-hide-#2020#bestofbiznews (22 Maart 2021 geraadpleeg).         [ Links ]

CEIC-Data. 2020. South African Debt: % of GDP. Quarterly CEIC-Data: September 2020. https://www.ceicdata.com/en/indicator/south-africa-debt-of_nominal-gdp (8 Maart 2021 geraadpleeg).         [ Links ]

Center for Civic Education. 2022. Constitutional Democracy: Essential elements.https://civiced.org/.         [ Links ]

Chikane, F. 2021. It is past time for South Africans to join ranks to remove corrupt leaders. City Press. https://www.news24.com/citypres/voices/frank-chicane-it-is-past-time-for-south-africans-to-remove-corrupt-leadership (Geraadpleeg 28 Junie 2021).         [ Links ]

Chipkin, I & Swilling, M. 2018. Shadow State: The politics of state capture. Johannnesburg: Wits University. 176pp.         [ Links ]

COGTA. 2019. Presentation about the status of Municipalities in the Northwest Province - MEC Rosho: 13 May 2019. Unpublished.         [ Links ]

Corruption Watch. 2020. South Africa's COVID-19 has exposed greed and spurred long need action against corruption. Corruption Watch, 4 September 2020 (8 Maart 2021 geraadpleeg).         [ Links ]

Cronjé, F. 2017. A traveller's guide to South Africa in 2030. Kaapstad: Tafelberg.         [ Links ]

Curlewis, L. 2022. The South African Criminal Justice System: Under Siege. Pretoria: Referaat gelewer te Universiteit van Pretoria ter afskeid van Prof Koos Malan op 19 Augustus 2022.         [ Links ]

Dahl, RA. 1971. Polyarchy: participation and opposition. New Haven: Yale University Press.         [ Links ]

De Wet, P. 2016. SA Justice System is battling. https://mg.co.za/article/2016-9-16-00-SA's_Justice_system_is battling (4/03/2021 geraadpleeg)        [ Links ]

Duane, EC. 2017. Corruption and state capture under two regimes in Guyana (PDF). Research Gate. University of the West Indies (23 Mei 2017 geraadpleeg).         [ Links ]

Duvenhage, A. 2007. Die Suid-Afrikaanse politieke omgewing: 'n Strategiese ontleding en scenario-analise. NWU (Potchefstroom): Professorale intreerede.         [ Links ]

Duvenhage, A. 2020. Suid-Afrika by 'n kantelpunt-'n slegte-saak-scenario? Litnet-Akademies. https://www.litnet.co.za. (14 September 2020 ontsluit).         [ Links ]

Duvenhage, A. 2020a. Suid-Afrika in 'n smeltkroes van verandering: eietydse en toekomsperspektiewe. Tydskrif vir Christelike Wetenskap, 2020 (vierde kwartaal); 137-162.         [ Links ]

Eunomix. 2020. South Africa heading towards a failed state.www.bloombergquint.com.politics.south-africa-heading-towards-becoming-a-failed-state. (10 Oktober 2020 geraadpleeg).         [ Links ]

Geldenhuys, D. 1999. Staatsverval. Politeia, 18(2):37-56.         [ Links ]

Giliomee, H & Schlemmer, L.1994. Can a South African democracy become consolidated? (In Giliomee, H & Schlemmer, L. eds. The Bold experiment. Cape Town: Southern Books, 202p.         [ Links ]

Gladwell, M. 2000. The tipping point: How little things can make a big difference. New York: Little Brown.         [ Links ]

Global Peace Index. 2018. South Africa is one of the least safe countries in the world. https://businesstech.co.za/news/lifestyle/355519/SouthAfricais (16 Februarie 2020 geraadpleeg).         [ Links ]

Greffrath, WN. 2015. State dysfunction: The concept and its application to South Africa. Potchefstroom. PhD-thesis: NWU.         [ Links ]

Groenewald, PJ. 2013. Die Suid-Afrikaanse kiesstelsel - 'n kritiese ontleding en alternatiewe PhD-studie. Potchefstroom: NWU.         [ Links ]

Grootes, S. 2020. After meeting KZN veterans, Ace Magashule responds to Fikile Mbalula. Daily Maverick. https://www.dailymaverick.co.za/article/2020-10-13-after-meeting-kzn-veterans-ace-magashule-responds. (13 Oktober 2020 geraadpleeg).         [ Links ]

Grootes, S.2021. All together now: the re-emergence of Thabo Mbeki adds a new dimension to the ANC's internal war. Daily Maverick. https://www.dailymaverick.co.za/article/2021-06-28-all-together-now-the-re-emergence-of-thabo-mbeki-adds-a-new-dimension-to-the-anc's-internal-war. (Read 29 June2021).         [ Links ]

Gumede, W. 2021. We are going down, the Mexican way. Sunday Times. 21 February 2021:24.         [ Links ]

Gumede, W. 2021a. Mirror, mirror on the wall, who is the real leader of us all? Sunday Times Opinion & Analysis. 17 March 2021.         [ Links ]

Haffajee, F. 2022. Road to 2024 elections: ANC collapse as South Africa's majority party is foretold in new pole. Daily Maverick: 14 Augustus 2022.         [ Links ]

Haffajee,F. 2022a. If a general election were held tomorrow and turnout was good the ANC would clear 50%. https://www.dailymaverick.co.za.article/2022-09-01/if-a-general-election-were-held-tomorrow-and-the-turnout-was-good-the-annc-would-clear-50-inclusive-society-institute. (Geraadpleeg 9 September 2022).         [ Links ]

Heystek, M. 2019. RSA titanic is in groot k#k - don't let those patriotic swimsuits fool you. Biznews. com. 24 Desember. https://www.iol.co.za/business-report/capital-outflow-r350billion (18 Februarie 2020 geraadpleeg).         [ Links ]

Heywood, A. 2002. Politics (second edition). New York: Palgrave Foundations.         [ Links ]

Huntington, SP. 1968. Political order in changing societies. London: Yale University Press.         [ Links ]

Huntington, SP. 1991. The third wave: democratization in the late 20th century. Oklahoma: University of Oklahoma Press.         [ Links ]

Jackson, R. 1993. Quasi-States: Sovereignty, International relations and the Third World. Cambridge: Cambridge University Press.         [ Links ]

Johnson, RW. 2015. How long will South Africa survive? - the looming crisis. Cape Town: Jonathan Ball.         [ Links ]

Johnson, RW. 2019. Our coming train crash. Politicsweb. 1 Augustus (20 Februarie 2020 geraadpleeg).         [ Links ]

Johnson, RW. 2020a. Ineenstorting wag op ANC. Rapport Weekliks. 27September 2020:7.         [ Links ]

Johnson, RW.2020b. How the end will come(ii). https://www.politicsweb.co.za.how-the-end-will-come-ii (29/03/21 geraadpleeg).         [ Links ]

Johnson, R.W. 2020c. Who can lead us to the promised land? https://www.politicsweb.co.za/opinion/who-can-lead-us-to-the-promised-land (29/03/2021 geraadpleeg).         [ Links ]

Johnson, RW. 2021. Ramaphosa's losing strategy. 6 March 2021. Politicsweb (8 Maart2021 geraadpleeg).         [ Links ]

Johnson, RW. 2021b. Face up to ANC failure. https://www.politicsweb.co.za/opinion/face-up-to-anc-failure (29/03/21 geraadpleeg).         [ Links ]

Jonas, S. 2021. ANC's hegemony is over: a new era has begun. Centre for Risk Analysis. Johannesburg. cra-sa.com        [ Links ]

Jordaan, J. 2021. Is die skrif aan die muur? Beeld: 13 Desember 2021: p. 12.         [ Links ]

Kadima, D. 2006. The study of party coalitions in Africa: Importance, scope, theory and research methodology (In D. Kadema [ed.]. The Politics of Party Coalitions in Africa, Johannesburg; Konrad Adenhauer Stiftung and EISA).         [ Links ]

Kekana, M. 2019. Financial state of municipalities has worsened - Auditor General. Mail and Guardian. 26 Junie. https://mg.co.za/article/2019-06-26-financial-state-of-municipalities (19 Februarie 2020 geraadpleeg).         [ Links ]

Kinnaird, BA. The Criminal Justice System is broken and can't be fixed. https://www.psycology.com/za/blog/the-hero-in-you/2001812/the-criminal-justice-system-is-broken-and-can't-be-fixed (4 Maart 2021 geraadpleeg).         [ Links ]

Ledger, J & Rampedi, M. 2019. Mind the gap: section 139 interventions in theory and practice. https://pan.org.za.mind-the-gap-in-theory-and-practice (15 Julie 2021 geraadpleeg).         [ Links ]

Malan, K. 2019. There is no Supreme Constitution - a critique of Statist-individualist Constitutionalism: Pretoria: African Sun Press.         [ Links ]

Mashanini. G. 2021. Headperson Glen Mashanini: Final results of the municipal elections. https://gov.za/speeches/glen-mashanini-final-results-municipal-elections. (Read 4/5/2022).         [ Links ]

Mazrui, A. 1995. The blood of experience: the failed state and political collapse in Africa. World Policy Journal: 12(1):28-34.         [ Links ]

Merten, M. 2019. State Capture wipes out third of SA's R4,9-trillion GDP - never mind lost trust,confidence,opportunity. 1 Maart 2019. https://dailymaverick.co.za/article/2019-03-01-state-capture-wipes-out-third-ofSA,s-R4,9-trillion-GDP-never-mind-lost-trust-confidence-opportunity (18 Maart 2021 geraadpleeg).         [ Links ]

Migdal, J.S. 1988. Strong societies and weak states: State-society relations and state capabilities in the third world. Princeton: Princeton University Press.         [ Links ]

Mokgoro, J. 2018. North West Provincial Overview on section 139 (ii) intervention. PEC-discussion. 22 August 2018:1-3.         [ Links ]

Montsho, M.2023. How ANC lost its majority in shambolic Ditsobotla council in 2022. https://www.iol.co.za/news/politics/how-anc-lost-its-majority-inshambolic-ditsobotla-council-in-2022-01a5-43a9-9135-38f9e824d87a.         [ Links ]

Mwareya, R. 2022. South Africa: Shock poll shows ANC heading towards 2024 coalition. The Africa report : 26 August 2022. areport.com        [ Links ]

Myburg, P-L. 2019. Gangster state - Unravelling Ace Magashule's web of capture. Kaapstad: Penguin.         [ Links ]

Nelson, C. 2014. Die Suid-Afrikaanse regstaat na twintig jaar: gekonsolideer of besig om in outoritorisme te verval? LITNET-Akademies 11(3): 628-665.         [ Links ]

Olaleye, W. 2003. An Assessment of the legislative Framework for political Party coalition in South Africa. Kaapstad:EISA (Aanbieding van EISA gesprek met as tema Political Party Coalitions-Strengthening Democracy through party Coalition Building -19 June 2003).         [ Links ]

Pauw, J. 2017. The President's Keeper - those keeping Zuma in power and out of prison. Cape Town: Tafelberg.         [ Links ]

Romano, S. 1947. The legal order. Abingdon: Routledge.         [ Links ]

Rotberg, R. 2002. The new state of nation-state failure. The Washington Quarterly, 25(3):85-96.         [ Links ]

RSA Constitution. 1996. Constitution of the RSA no 108 of 1996. https://www.gov.za/sites/default/files/images/a108-96.pdf. (15 Julie 2021 geraadpleeg).         [ Links ]

Rustow, DA. 1970. Transitions to democracy-toward a dynamic mode. Comparative Politics, 2 (April):337-373.         [ Links ]

Schüssler, M. 2020. Staat op snelweg na mislukking. Netwerk 24. 21 September 2.         [ Links ]

South African Bussiness Confidence. 2020. South African business confidence -1975-2020-data/2021-2022 forecast. https://trading_economics.com/south_african_business_confidence (10 Oktober 2020 geraadpleeg).         [ Links ]

Stern, K. 1984. Das Staatsrecht der BundesrepublikDeutschland. München. ISBN 3-406-09372-.         [ Links ]

Strategy and tactics. 2012. Strategy and tactics of the ANC. https://www.sahistory.org.za/sites/default/files/strategy_and_tactics_of_the_ANC_by_ANC_december_2012_and_53rd.conference.pdf (15 Julie 2021 geraadpleeg).         [ Links ]

Versluis, J-M & De Lange, J. 2019. How law enforcement in SA has all but collapsed. News24, 21 Oktober. 21/102019. https://city-press.News24.com/News/rising-crime-low-prosecution (20 Februarie 2020 geraadpleeg).         [ Links ]

Vhumbunu, CH. 2021. The July 2021 Protests and socio-political unrest in South Africa. https://www.accord.org.za/conflict-trends/the-july-protests-and-socio-political-unrest-in-south-africa (geraadpleeg 12 September 2022).         [ Links ]

Von Holdt, K. 2013. South Africa: the transition to violent democracy. Review of African Political Economy, pp. 589-604.         [ Links ]

Zartman, W. (ed). 1995. Collapsed states: the disintegration and restoration of legitimate authority. Boulder: Lynne Reiner Publishers.         [ Links ]

 

 

Ontvang: 2022-10-05
Goedgekeur: 2022-11-07
Gepubliseer: Maart 2023

 

 

 

André Duvenhage is 'n Navorsingsprofessor aan die NWU; 'n politieke wetenskaplike, en spesialiseer in die veld van politieke verandering met as toepassing die Suid-Afrikaanse verband. Hy is 'n bekende in media- en joernalistieke kringe en word dikwels as politieke kommentator gehoor. Hy is reeds meer as 35 jaar verbonde aan akademiese instellings soos die UFS en die NWU. Sy groot belangstelling is die toekoms en hy werk ook in die veld van scenario-ontledings.
André Duvenhage is a Research Professor at the NWU; a political scientist, and specialises in the field of political change as applied to the South African context. He is well-known in media and journalistic circles, and is often heard as political commentator. He has already been attached longer than 35 years to academic institutions like the UFS and the NWU. His major interest is the future and he also works in the field of scenario analysis.
1 'n Hegemonie verwys na die oorheersende aard van een aspek van 'n groter stelsel (lees politieke stelsel) ten opsigte van die res van dieselfde stelsel (Heywood, 2002:424). Die oorheersende aard van die ANC as politieke party binne die groter politieke stelsel, veral die partystelsel oor die afgelope 28 jaar, is hier ter sprake.
2 Ander peilings wys weer op die onvermoë van opposisiepartye om munt te slaan uit die situasie en beklemtoon die moontlikheid dat die ANC wel 50% kan behaal (Businesstech, 2022; Haffajee, 2022a).
3 Hoewel koalisies en alliansies akademies van mekaar in die teks onderskei word, word die begrip koalisiepolitiek wel in die artikel gebruik om te verwys na die makro-omgewing van samewerkende politiek, en sluit koalisies, alliansies en ander vorme van samewerking in.
4 Dit is die skrywer se oordeel dat die Suid-Afrikaanse grondwetlike bedeling voor ernstige uit-dagings te staan gekom het en dat vrye en regverdige verkiesings nie 'n noodwendige uitkoms hiervan gaan wees nie.
5 Die aard en omvang van die huidige krisis van die Suid-Afrikaanse politiek, ekonomie en samelewing word in verskeie werke breedvoerig behandel. Politieke ontledings sluit in die bydraes van Johnson (2015; 2019; 2020a; 2020b; 2020c en 2021); Malan (2019); Gumede (2021; 2021a), en Duvenhage (2020; 2020a). Raadpleeg hierdie bronne vir 'n volledige perspektief op hedendaagse Suid-Afrikaanse politiek. Ekonomiese vooruitskouings van Schüssler (2020); Heystek (2019); Cameron (2020; 2020a); Buys (2020), en CIEC-data (2020) skets die ekonomiese en finansiële situasie. Cronje (2017) lig die aard van die maatskaplike uitdagings toe.
6 Vergelyk Gladwell (2000) se konseptualisering en funksionering van die kantelpunt-perspektief. In hierdie navorsing word kantelpunt beskou as die grondslag van ingrypende verandering op spesifieke terreine; 'n proses van verandering wat deur 'n kleiner faktor (of kombinasie van faktore) geaktiveer word. Onlangse voorbeelde in die politiek sluit in die Arabiese Lente en die oorlog tussen Rusland en die Oekraïne.
7 Tussen 9-17 Julie 2021 beleef Suid-Afrika die mees gewelddadige episode van politieke geweld, plundery en xenofobie sedert 1994. Sowat 337 mense is gedood en 3407 word in hegtenis geneem. Rassekonflik (veral tussen Indiërs en Swart mense eskaleer in die Phoenix-omgewing. Die geweld versprei ook na dele van Gauteng (Vhumbunu, 2021:1-10). Hierdie insident kan vertolk word as 'n rebellie/opstand van binne die ANC teen die leierskap van die ANC. Die beweegrede was woede oor die inhegtenisneming van Jacob Zuma (gewese president van die ANC en Suid-Afrika), asook die implementering van die Zondo-kommissie se bevindings.
8 Helen Zille het in Mei 2021 die uitspraak gemaak in 'n gesprek met die Ad hoc komitee vir Onteiening, kort voor die uitbreek van die geweld in Julie 2021 in KZN en Gauteng.
9 Die begrip gevalle staat word breedvoerig behandel deur Migdal (1988), Rotberg (2002), Zartman (1995), Jackson (1993), en Geldenhuys (1999). Raadpleeg die volgende bronne rakende die toepassing daarvan op onderskeidelik Afrika en Suid-Afrika: Mazrui (1995); Greffrath (2015); Eunomix (2020), en Duvenhage (2007; 2020a:137-162).
10 Bykans op elke vlak van regering (nasionaal; provinsiaal en veral plaaslik) asook met betrekking tot staatsinstellings soos hier bo genoem, heers omvattende probleme van regeerkundige aard, veral gebrekkige verantwoordingdoening. Dit word geopenbaar met betrekking tot uitgebreide endemiese korrupsie, selfs in die vorm van staatskaping. (Vergelyk Schüssler, 2020; Gumede, 2021; Merten, 2019; Eunomix, 2020; Bloomberg; Heystek, 2019, en Johnson 2020a; 2020b vir meer besonderhede oor die aard en omvang van die gemelde problematiek.) Duane (2017), asook Chipkin & Swilling (2018) bied 'n volledige perspektief oor die konseptualisering van staatskaping. Die omvang en uitwerking van staatskaping op die Suid-Afrikaanse politiek en ekonomie word deeglik uitgestippel in Johnson (2015), Pauw (2017) en Myburg (2019).
11 Hoewel nie die mees waarskynlike scenario nie, is dit 'n moontlikheid wat ook nie sonder meer van die tafel gevee kan word nie, gegewe die verswakkende staat in Suid-Afrika; die interne konflikte wat woed binne die ANC en ander partye (intra-party konflikte); sowel as inter-party konflikte in samehang met die steeds groterwordende ekonomiese en maatskaplike uitdagings asook 'n veranderende internasionale omgewing.
12 Die Nasionaal Demokratiese Revolusie-idee word voorgehou as: "... a process of struggle that seeks to transfer power to the people and transform society into a non-racial, non-sexist, united, democratic one that changes the manner in which wealth is shared, in order to benefit all the people." (Strategy and Tactics, 2012:21; ANC, 2017).
13 Die politieke spektrum verwys na die wyse waarop politieke partye hulself posisioneer ten opsigte van mekaar. Ideologie met betrekking tot konserwatief/liberaal/gematigd en radikaal word ingespan om die spektrum van politieke standpunte (lees partye) te groepeer (Baradat, 1997:12-41).
14 Klassieke werke soos dié van Duverger (1954) het slegs die getal partye op die spektrum getel, byvoorbeeld eenparty-, tweeparty- en veelpartystelsels. Deur ook mededinging as faktor te gebruik, het Sartori (1976) 'n baie meer omvattende en akkurate klassifikasiestelsel ontwikkel waarna in hierdie teks verwys word.
15 Verskeie skrywers, waaronder Bogdanor (1985); Bogdanor & Butler (1983), en Reynolds (2005) het ingewikkelde klassifikasiestelsels vir kiesstelsels ontwikkel. Besonderhede hieroor val nietemin buite die bestek van hierdie navorsing.
16 In die algemeen word Suid-Afrika as uiters onstabiel beskou in vergelyking met state wat aktiewe burgeroorloë ervaar (Global Peace Index (2018); Anon. (2019a); Baxter (2020). Laasgenoemde ontleed en vertolk data en syfers van kriminaliteit en sluit aan by Curlewis (2022); South African Business Confidence (2020) beklemtoon die uitwerking wat politieke onstabiliteit op sakevertroue in Suid-Afrika het. Politieke onstabiliteit word ook weerspieël in die verval van die Suid-Afrikaanse regstelsel, soos uitgewys deur Malan (2019); Curlewis (2022); Versluis & De Lange (2019); Kinnaird (2021), en De Wet (2016).

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License