SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.63 número1A critique of normative constructions of age in four intertextually connected texts: Alba Bouwer's Stories van Rivierplaas, Reza de Wet's Diepe Grond and African Gothic, and Etienne Kallos's EersgeboreneOskar en die Pienk Tannie: The journey of an improbable pair from a French to an Afrikaans stage índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Tydskr. geesteswet. vol.63 no.1 Pretoria  2023

http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2023/v63n1a5 

ARTICLES

 

'n Herbeoordeling van Niccolò Machiavelli se die-doel-heilig-die-middele-benadering tot regeer-kunde

 

A reassessment of Niccolò Machiavelli's the-end-justifies-the-means approach to governance

 

 

Fanie Cloete

Navorsingsgenoot: Departement Publieke Administrasie en Bestuur, Universiteit van die Vrystaat, Suid-Afrika. E-pos: gsc@sun.ac.za

 

 


OPSOMMING

Niccolò Machiavelli het oor 'n tydperk van vyf eeue 'n onverdiend negatiewe staatkundige reputasie as 'n siniese, immorele, magsugtige, wreedaardige en opportunistiese politieke Renaissance-intellektueel gekry. Hy het naamlik gedurende en ná sy betrokkenheid as senior beampte en adviseur in die regering van die Florentynse Republiek 'n besonder sterk premie geplaas op 'n regeerbenadering van "die doel heilig die middele", wat dikwels as oneties beskou word.
Sy standpunte is vir baie lank geïsoleerd beoordeel van die komplekse omstandighede waarin hy geleef en gewerk het. Al hoe meer resente kommentaar op en beoordelings van sy werk erken egter dat hy hierdie slegte reputasie verwerf het omdat hy onder die baie moeilike omstandighede van sy tyd en ter wille van sy eie oorlewing en ambisie sy lojaliteit moes bewys aan die wrede outoritêre heersers onder wie hy geleef en gewerk het.
Hy het inderwaarheid konsekwent probeer om fundamentele demokratiese regeer-kundebeginsels en -doelwitte, soos stabiliteit, responsiwiteit, openbare deelname, burgerlike tevredenheid en volhoubaarheid, na te streef en te bevorder, maar moes dit op meestal implisiete wyse doen, nie eksplisiet nie. In die lig van resente navorsingsbevindings en gevolgtrekkings beoordeel hierdie artikel sy rol as Renaissance-denker, diplomaat, strateeg en beplanner in 'n meer positiewe lig. Hy was 'n rigtinggewende grondlegger van die demokratiese magspolitieke denkskool in die politieke wetenskap.

Trefwoorde: demokrasie, demokratisering, die doel heilig die middele, etiek, Machiavelli, Medici, moraliteit, regeerkunde, Florentynse Republiek, responsiwiteit


ABSTRACT

This article reassesses Niccolò Machiavelli's contribution to political governance theory and practice. At the height of the Renaissance, Machiavelli was one of the most influential intellectuals. He was also a consummate and influential senior strategist, diplomat, negotiator and public official in the "democratic" Florentine Republic from 1494 to 1512. He gained extensive governance experience before the republican government was toppled in a coup by a member of its former absolutist Medici rulers, and he was arrested as a traitor, tortured and exiled from Florence. He remained in exile until his death in 1527.
Machiavelli lived and worked in turbulent times. The period was characterised by violent and brutal competition for power, status and resources among mostly still feudal city states, manipulated by an increasingly influential politically interventionist and corrupt Roman Catholic Church dominated for centuries by the powerful Medici family.
Machiavelli had a cynical view of human interactions. He regarded life as a series of overlapping games that people play for different purposes in different contexts. Politics consist of a series of power games played between competing rulers, between a ruler and his subjects, and between different individuals and groups in society to promote their respective self-interests.
Machiavelli completed his first book (Il Principe ["the prince"]) in 1513 for the primary purpose ofwinning favour from the new Medici dictator and probably also for his own survival. In it he advised Lorenzo de Medici that political history had proven that power politics requires a ruler to fluctuate between good and evil actions in order to maintain and consolidate his hold on power in the long term. He therefore recommended that Medici should not flinch from using deflection, disinformation, lies and other "unethical" means to achieve stable, sustainable good governance goals that satisfy the interests of both the ruler and his subjects. He even condoned merciless action (when necessary) against rebels who undermine and destabilise the ruler's control over society, because the masses only obey their rulers out of fear or contentedness and not necessarily out of loyalty. However, in his later publications he explained at great length how a responsive republican government, supported by a strong military capacity, can be the most stable and successful form of government, because it creates an equilibrium between citizen contentment and fear in society.
Machiavelli gave ambiguous and mixed signals about the interventionist political role of the Catholic Church. He was sometimes very critical of this institution, which he regarded as a corrupt and self-serving manipulator of Renaissance politics, and yet, in other instances he put forward more sympathetic views about the potentially constructive and supportive role of religion in promoting good governance. From a modern democratic perspective, such seemingly contradictory statements afforded him the very negative reputation of being unethical, but, at the same time, have led to continuing speculation about the real motives for his enigmatic views.
Over the last five centuries Machiavelli has therefore become highly controversial because of his allegedly "immoral" advice to the Medici dictators, who ended his career in Florence. The latest assessments of his work and of the rationality, cogency, coherence and logic of his arguments, however, increasingly indicate that for his time he was in essence a committed "democrat". He seems to have deliberately followed a very subtle and sometimes ambiguous writing style to survive personally in an antagonistic political climate and to regain his former job as a senior political official and counsellor in the Florentine government. For this purpose, he had to commit himself to accepting the cruel, authoritarian nature of the power politics of the prevailing Renaissance political and governance practices in order to try to effect an improvement in the democratic responsiveness, stability and sustainabillty of those systems. He therefore followed a deliberate strategy to try, on the one hand, to appease authoritarian rulers 'power ambitions but, on the other, to explain how their reign could be stabilised and be maintained more sustainably through more responsive good governance practices. His advice therefore reflects the subtle ironies and apparent contradictions of the political game that he decided to play and to advance.
What Machiavelli really wanted to achieve with his writings - and what his relevance to and influence on contemporary democratic politics are - has in fact been significantly underrated and needs to be reassessed in view of new research findings and conclusions.

Keywords: democracy, democratisation, the end justifies the means, ethics, governance, Machiavelli, Medici, morality, Florentine Republic, responsiveness


 

 

1. Inleiding

"Machiavellianisme" verwys na die rol wat Niccolò Machiavelli gedurende die Renaissance in Europa gespeel het om die Florentynse Republiek (1494 tot 1527) te regeer en daarna. Machiavelli se agtergrond, publikasies en belangrikste standpunte, gesien in die konteks van die tyd en wêreld waarin hy gelewe het, word in hierdie bydrae opgesom en herbeoordeel om sy voortgesette relevansie vir moderne internasionale demokratiseringsprosesse te illustreer.3

Machiavelli word allerweë beskou as die persoon wat die eerste sistematiese, empiriese analise gedoen het van hoe om 'n vreedsame politieke transformasie van 'n tirannieke regeringstelsel na 'n meer volhoubare, demokratiese stelsel te probeer bewerkstellig (Mansfield in Machiavelli, 1998:vii). Ander beskou hom as die werklike grondlegger van die empiriese studie van politiek en regeerkunde (Tholen, 2016:103-5). Hy het eeue gelede reeds verskillende regeer- en bestuurstrategieë vir volhoubare politieke verandering geïdentifiseer, beoordeel en in verskillende omstandighede as goeie praktyk vir heersers aanbeveel. Mansfield (in Machiavelli, 1998) en Fuller (2015) beskou Machiavelli se 1532-boek, Il Principe ("die prins"), as die beroemdste (eerder berugste) boek wat al ooit oor die politiek geskryf is. Dit blyk, volgens Namazi (2017:7-9), ook duidelik uit die omvattende intellektuele industrie van uiteenlopende kommentaar op sy werk. Die rede daarvoor is dat Machiavelli - reeds in sy leeftyd en oor die afgelope vyf eeue daarna - 'n reputasie verwerf het as seker een van die mees omstrede skrywers, indien nie die "boosste en immoreelste" nie, oor hoe politiek in die praktyk bedryf moet word en hoe om suksesvol te regeer (Strauss, 1958; Ramsay, 2012; Mansfield, 2013:642). Machiavelli se negatiewe reputasie as liberale "demokraat"4 word egter die afgelope eeu toenemend gerehabiliteer (Macaulay & Lawton, 2003:4; Benner, 2009; Zuckert, 2017; 2018; 2020; Marasco, 2022).

 

2. Metodologie

Hierdie navorsing is onderneem deur 'n sistematiese monitering te doen van die mees gesaghebbende gepubliseerde analises en beoordelings van die fasette wat in hierdie artikel aangepak word. Die bibliografiese verwysings na Machiavelli se staatkundige bydraes in die elektroniese databasisse van Stellenbosch Universiteit is sistematies nagegaan en publikasies daaroor waarna die meeste verwys word geïdentifiseer en kwalitatief beoordeel. Sodoende is die mees onlangse en gesaghebbende kommentare op hom en sy werk geïdentifiseer. Hierdie benadering is aangevul deur analises van Machiavelli se verskeie biograwe.

Mansfield se vertalings van en kommentaar op sy werk (Machiavelli, 1990; 1996; 1998) is gebruik as hoofbron, omdat hy die mees objektief-kritiese benadering tot Machiavelli het, in teenstelling met byvoorbeeld enersyds die vroeëre negatiewe analise van Strauss (1958), wat Machiavelli se bona fides openlik bevraagteken, en andersyds Benner (2009; 2018), Ramsay (2012) en Zuckert (2014a; 2014b; 2017; 2018; 2020), wat in hulle meer resente werke baie meer gunstige en vleiende kommentaar as kritiek op hom het. Verskeie ander perspektiewe op Machiavelli, sy standpunte en rol in die staatkundige praktyk in Florence is as aanvullende bronne gebruik.

Machiavelli se agtergrond en publikasies word eerstens opgesom, gevolg deur 'n same-vatting van die Renaissance konteks waarbinne hy geleef en gewerk het, sy dikwels omstrede waardestandpunte (soms verbatim) soos blyk uit sy en ander publikasies en kommentare, en die etiese en demokratiese vraagtekens wat oor tyd hieroor ontstaan het. Die artikel word afgesluit met 'n samevatting van die belangrikste bevindings en gevolgtrekkings oor Machiavelli se staatkundige standpunte, waardes en rol gedurende sy lewe wat uit hierdie navorsingsprojek blyk.

 

3. Agtergrond en publikasies

Machiavelli was 'n besonder komplekse figuur. Hy het in 1494 op die relatief jeugdige ouderdom van 29 jaar as navorser begin werk vir die regering van die kortstondige (in huidige terme redelik demokratiese) sekulêre Florentynse Republiek (1494 tot 1512). Hy het vinnig opgang gemaak en het in die loop van 18 jaar toenemend senior betrekkings in daardie regering beklee. Gedurende hierdie periode het hy hom onderskei as knap beleidsbeplanner, diplomaat, militêre strateeg, denker en adviseur oor die politiek en die staatkunde (Mansfield, 2022). Die invloedryke outoritêre aristokratiese Medici-familie het egter in 1512 die Florentynse Republiek omvergewerp, en daardie regering vir die soveelste keer met geweld oorgeneem. Machiavelli is van verraad beskuldig, gemartel en in ballingskap geplaas tot sy dood in 1527, toe hy 58 jaar oud was.

Hy het gedurende sy ballingskap (1512 tot 1527) verskeie invloedryke publikasies voltooi. Sy teikengroep lesers was nie die breë bevolking nie, maar die regerende elites, omdat hulle volgens hom die belangrikste rolspelers in politieke besluite was. Sy vier belangrikste geskrifte vir doeleindes van hierdie beoordeling was die volgende:

(i) Il Principe ("Die prins"): Dit is in 1513 voltooi en in 1532 postuum gepubliseer (Machiavelli, 1998:107). Dit is sy bekendste werk en handel oor sy waarnemings en ervarings gedurende sy betrokkenheid by die Florentynse Republiek. Machiavelli vergelyk en beoordeel hierin verskillende style van regeringsleierskap in Wes-Europa voor en gedurende sy tyd, en watter benaderings en strategieë volgens hom beter gewerk het as ander. Hy het dit geskryf in die vorm van advies aan bestaande en potensiële heersers/ regeerders (prinse) oor hoe om meer suksesvol te regeer (Mansfield in Machiavelli, 1996:xxiii; Macaulay & Lawton, 2003:14).

(ii) Discorsi sopra la prima deca di Tito Livio ("Verhandelinge oor die eerste 10 boeke van Titus Livius"): Dit is 'n omvattende publikasie, vermoedelik geskryf tussen 1513 en 1519 en in 1531 postuum gepubliseer (Machiavelli, 1996). Machiavelli vergelyk en beoordeel in hierdie werk die positiewe en negatiewe implikasies van die verskillende regeringstyle wat Titus Livius in sy monumentale eerste tien boeke oor die vroeë geskiedenis van die Romeinse Ryk beskryf het (Livy, 2002). Hy het dele daarvan geskryf terwyl hy ook besig was om Il Principe af te handel. Hy argumenteer sterk ten gunste van 'n terugkeer na die goeie antieke waardes of deugde van die Romeinse Ryk en die organisatoriese aanpassings-en toepassingstrategieë daarvoor vir die tydvak waarin hy geleef het, die Renaissance (Macaulay & Lawton, 2003:14). Die boek is minder bekend, maar word toenemend deur kenners as 'n belangriker werk as Il Principe beskou, omdat dit baie meer omvattend is en Machiavelli se persoonlike demokratiese voorkeure meer eksplisiet uitspel (Pocock, 2003; Ramsay, 2012; Zuckert, 2014b; 2017).

(iii) Dell'arte della guerra ("Die kuns van oorlog"): Dit is die enigste van sy werke wat gedurende sy leeftyd gepubliseer is. Dit is geskryf in 1519 en gepubliseer in 1521 (Machiavelli, 2005). Machiavelli voer hier 'n Sokratiese debat tussen twee gespreksgenote oor goeie en slegte oorlogstrategieë. Die boek word deur sommige militêre spesialiste beskou as een van die mees klassieke werke oor die onderwerp (Guidi, 2020; Mansfield, 2022). Machiavelli spel sy voorkeur vir vreedsame, demokratiese beslegting van geskille duidelik hierin uit. Omdat sy ervaring egter was dat dit dikwels nie gebeur nie, verduidelik hy in besonderhede wat, volgens sy kennis en ervaring in daardie stadium, die suksesvolste strategieë van oorlogvoering was om sowel redelik tevrede onderdane as stabiele regering te verseker.

(iv) Istorie Fiorentine ("Die geskiedenis van Florence"): Die werk is tussen 1520 en 1525 geskryf, maar ook eers in 1532, vyf jaar ná Machiavelli se dood, gepubliseer. Dit is Machiavelli se omvattendste werk, geskryf in opdrag van die outoritêre heerser van Florence in daardie stadium, gekoördineer deur die Universiteit Florence (Boutier & Sintomer, 2014:26). Hierdie opdrag bevestig die intellektuele statuur en reputasie van Machiavelli as navorser en geskiedskrywer. Hy beskryf en beoordeel in die werk die geskiedenis van Florence tot op daardie tydstip. Hy bevestig en motiveer deur empiriese voorbeelde sy gevolgtrekking dat "demokratiese" regeringsbenaderings meer stabiliteit, vrede en ontwikkeling in Florence gebring het as die outoritêre afdwinging van politieke en militêre mag (Machiavelli, 1990).

 

4. Politieke en kulturele kontekste

Ten einde 'n akkurate beoordeling van Machiavelli se denke en optredes te kan maak, is dit nodig om kennis te neem van die belangrikste kenmerke van en rolspelers in die konteks van die Renaissance waarbinne Machiavelli geleef het. Machiavelli (1469-1527) was naamlik 'n tydgenoot van Lorenzo de Medici, genoem die Manjifieke (il Magnífico) (1449-1492), die beroemdste heerser van Florence en hoofpromotor van die Europese Renaissance. Lorenzo se seun Giovanni di Lorenzo de' Medici (1475-1521) het die Florentynse Republiek in 1512 deur 'n gewelddadige staatsgreep tot 'n val gebring. Dit was die einde van Machiavelli se betrokkenheid by die regering van die Florentynse Republiek. Die volgende jaar is Giovanni de Medici egter tot pous verkies; hy het van 1513 tot 1521 as pous Leo X gedien. Leo X het in 1521 onder andere Martin Luther uit die Katolieke Kerk geëkskommunikeer.

Lorenzo die Manjifieke se aangenome seun, Giulio di Giuliano de' Medici (1478-1534), die buite-egtelike seun van sy vermoorde broer Giuliano, het hom in 1513 as Aartsbiskop van Florence opgevolg as heerser van Florence. In daardie posisie het hy Machiavelli aangestel as die amptelike historiograaf van die Republiek ten spyte daarvan dat Machiavelli die vorige jaar sy regeringspos verloor het en as verraaier beskou is (Mansfield, 2022). Tien jaar later het hy egter ook pous Hadrianus VI ná dié se oorlye opgevolg as pous Clemens VII (15231534), terwyl Machiavelli steeds in ballingskap was. Clemens VII het onder andere Michelangelo gekontrakteer om die Laaste Oordeel en ander uitbeeldings teen die mure en plafon van die Sistynse Kapel te skilder, en koning Hendrik VIII van Engeland se egskeiding in 1529 geweier, wat tot die stigting van die Anglikaanse Kerk gelei het.

Machiavelli was dus ook 'n tydgenoot van Hendrik VIII van Engeland (1491-1547), sowel as van onder andere Leonardo da Vinci (1452-1519), Michelangelo (1475-1564), Raphael (1483-1520) en Martin Luther (1483-1546). Macchiavelli het ook die sogenaamde Swart Dood, 'n builepespandemie, oorleef. Dit het in 1497, drie jaar ná Machiavelli vir die Florentynse Republiek begin werk het, daar uitgebreek en groot probleme vir daardie stadsregering meegebring (Rubinstein & Raillard, 2014:114). Florence was op daardie tydstip een van die mees toonaangewende stede in Europa (Boutier & Sintomer, 2014:8).

Macchiavelli en sy tydgenote het dus almal in die bloeitydperk van die Renaissance geleef, maar terselfdertyd ook in 'n era van uiterste politieke onstabiliteit en geweld in Wes-Europa.

Stabiele regering soos dit vandag in demokratiese state bestaan, was toe ongehoord. Dit was die era van mededingende, moderniserende maar in baie gevalle steeds feodale stadstate in Europa, elk onder die beheer van individuele aristokratiese heersers ("prinse") wat daardie state as hulle persoonlike eiendom geërf het of dit met geweld verower het (Gagiano, 1987:166, 170). Die aristokratiese regeerders was feitlik almal absolute heersers wat nie altyd hulle onderdane se steun gehad het nie. In die meeste gevalle moes hierdie heersers die reg en orde met geweld probeer daarstel en/of handhaaf, soos Machiavelli dit self in Istorie Florentine verduidelik (1990; sien ook Najemy, 2022; Boutier & Sintomer, 2014:8).

Demokrasie soos mens dit vandag ken, het dus nog nie bestaan nie. Die burgers van Florence het selfs nie eers, soos in antieke Athene, deelgeneem aan beperkte direkte demokratiese verkiesings van hulle regerings nie (Tridimas, 2019; Hatzis, 2016; Fleck & Hanssen, 2013). Die tradisionele regeringsvorm van die tyd was erflike aristokratiese elites of ander veroweraars wat meegeding het om soveel moontlik grondgebied en die mense daarop as absolute heersers te besit en te regeer (Boutier & Sintomer, 2014:7; Gagiano, 1987:170). Die Florentynse Republiek (1115-1569) het egter tot stand gekom deur 'n spontane opstand van burgerlikes teen die aristokratiese diktatuur wat toe daar bestaan het. Die nuwe stadstaat is tot 1494 op verskillende meer deelnemende wyses bestuur, meestal met die hulp van adviesrade en ander klankbordmeganismes.

In 1494 het die mees demokratiese periode in die geskiedenis van die Republiek aangebreek, toe die diktatuur van die Medici-familie, wat die stad vanaf 1434 bestuur het, omvergewerp is. 'n Uitvoerende Raad van nege gildelede (die Signoria) wat deur die belangrikste gildes genomineer is (veral bankiers, geldskieters, regters en wewers), het meer gesag gekry (Cooper, 1984; De Angelis & Whittaker, 2014). Aristokrate was daarvan uitgesluit (Mohammadi, 2018:1-4; Najemy, 2008:100). Dit was die begin van 'n nuwe, meer demokra-tiese, ekonomiese, korporatiewe, maatskaplike en politieke orde in Europa (Mohammadi, 2018:11). Al het die burgers van Florence geen direkte stemreg in hulle regering gehad soos vandag nie, het hierdie redelik deelnemende en demokratiese aard van die Florentynse Republiek in Machiavelli se tyd geen gelyke in Europa gehad toe die Medici's dit in 1512 herower het nie (Boutier & Sintomer, 2014:8).

 

5. Waardes

Die standpunte wat Machiavelli in sy geskrifte stel, word deurgaans ingeneem in onder meer bogenoemde spesifieke kontekste (Tholen, 2016:104). Hy het 'n baie siniese beeld van menslike motiverings, doelwitte, besluite en interaksies in Renaissance-Europa ontwikkel wat onderliggend aan al sy menings was. Hy het naamlik empiries waargeneem dat mense, insluitende heersers, gewoonlik in hulle eie belang optree. Heersers wil hulle wil op hulle onderdane afdwing, terwyl die onderdane nie voorgeskryf wil word hoe om op te tree nie (Mansfield in Machiavelli, 1996:xxviii). Mense word teensinnig slegs deur omstandighede gedwing om tydelik ook ander se belange in aanmerking te neem en so hulle samewerking te probeer verkry indien hulle self voordele daaruit kan kry. Dit geld egter net totdat hulle eie belange weer groter prioriteit kry as hulle persepsies van hoe nodig dit is om ander ook tevrede te stel as hulle hul eie doelwitte wil bereik:

Each one of his counselors will think of his own interest ... they cannot be found otherwise, because men will always turn out bad for you unless they have been made good by a necessity. (Machiavelli, 1998:95)

Dit bevestig dat mense 'n aangebore instink het om individuele eiebelang te bevorder, wat net lei tot tydelike kollektiewe samewerking met ander individue of groepe as dit eiebelang beter bevorder, of oorlewing verseker.

Teen hierdie agtergrond is die belangrikste goue draad wat deur al Machiavelli se geskrifte loop, die gevolge of uitkomste van politieke heersers se regeerbenaderings vir die stabiliteit en ontwikkeling van die samelewings wat hulle regeer. Hierdie gevolge kan vir die heerser self en/of vir sy mense goed of sleg wees. Volgens Machiavelli se navorsing en waarnemings verkies heersers soveel moontlik onbeperkte magsuitoefening om hulle belange te bevorder, terwyl hulle onderdane weer so min as moontlik in hulle daaglikse lewens beperk wil wees. Machiavelli identifiseer dan wat hy dink goeie realistiese uitkomste kan wees vir sowel heersers as hulle mense, in plaas daarvan om onhaalbare idealistiese utopie-uitkomste te probeer nastreef. Hy word dus algemeen erken as die grondlegger van kontekstuele politieke realisme (Parel, 1972:119; McCormick, 2011; Cerella & Gallo, 2016:3). Sy geskrifte bevestig dat hy 'n pragmatis was wat nie soos Plato en ander Griekse en Romeinse filosowe filosofies probeer uitwerk het watter algemene teoretiese beginsels van goeie, abstrak-moreel-etiese, utopiese regering nagestreef behoort te word nie:

... many have imagined republics and principalities that have never been seen or known to exist in truth; for it is so far from how one lives to how one should live that he who lets go of what is done for what should be done learns his ruin rather than his preservation. (Machiavelli, 1998:61)

Hy het besluit om eerder goeie empiriese regeerpraktyke in die geskiedenis te probeer identifiseer en heersers aan te moedig om daardie leiers se benaderings te volg. Machiavelli aanvaar onder meer sekere beginsels van Polibios se antieke model van politieke ontwikkeling, waar 'n "goeie" regime onvermydelik met verloop van tyd korrup word en dan gewelddadig vervang word deur 'n "slegte" regime, wat dan weer met geweld opgevolg word deur 'n nuwe "goeie" regime. Hierdie siklus word oor en oor herhaal (Mansfield in Machiavelli, 1996:viii).

Machiavelli identifiseer die belangrikste redes vir hierdie opeenvolgende regeersiklusse as 'n komplekse reeks interaksies tussen hoofsaaklik die volgende drie kernveranderlikes of dryfkragte agter mense se optrede wat hy uit die geskiedenis tot op daardie tydstip waargeneem het:

Virtù ("goeie" persoonlike eienskappe en vaardighede): Dis die oorheersende beginsel vir Machiavelli (Mansfield, 1996). Dit behels die wil en vermoë van die heerser om sy eie sowel as sy mense se belange te bevorder en om sy mense en die stabiliteit van sy stadstaat selfs met geweld te beskerm, asook die bevolking se burgerlike waardes en aktiewe deelnamekultuur (vivero politico/civile) ten einde hul vryhede te optimaliseer. Virtù behels dus die vermoë om bogenoemde doelwitte te bereik op die mees volhoubare en vreedsame wyse, maar kan ook geweld en konflik insluit wat die heerser moet gebruik om teenstand te oorkom en om die reg en orde in en die stabiliteit in sy samelewing te handhaaf (Rochet, 2008:6-8). Dit het niks met moraliteit te doen nie, maar alles met effektiwiteit. Machiavelli skei persoonlike moraliteit van politieke moraliteit en etiek. Hy aanvaar dat christelike waardes soos geloof, hoop, liefde (ook vir jou vyand), beskeiden-heid, altruïsme, regverdigheid, armoede en om die ander wang te draai goeie lewens-beginsels is om met die oog op die hiernamaals na te streef, maar nie goeie politieke regeerbeginsels vir sy Renaissance-realiteit is nie (Lamus, 2016; Berlin, 2013). Machiavelli adviseer Lorenzo dat - ... (h)e should contrive that greatness, spiritedness, gravity, and strength are recognized in his actions, and he should insist that his judgments in the private concerns of his subjects be irrevocable ... he should maintain such an opinion of himself that no one thinks either of deceiving him or of getting around him. (Machiavelli, 1998:72)

Corruptio ("slegte" eienskappe en waardes): Dit beteken dat die heerser se prioriteite wegswaai van die bevordering van sy onderdane se belange na sy eie persoonlike belange (byvoorbeeld om sy burgers te veel belasting te laat betaal ten einde sy persoonlike rykdom te vergroot). Rochet beskryf dit as die kaping van die staat deur private belange by afwesigheid van virtù (2008:21). Dit sluit egter ook in dat die heerser soos 'n tiran kan optree en sy wil met geweld op sy mense kan afdwing, maar daarenteen sluit dit ook in die verlies aan beheer oor die samelewing, die disintegrasie van die reg en orde, en 'n toename in gewelddadige konflik in die samelewing omdat mense onderling met mekaar meeding om hul eie situasies te probeer verander of verbeter (Rochet, 2008:7, 20).

Fortuna (die noodlot): Die onvoorspelbaarheid van omstandighede of die noodlot wat vir 'n mens voordeel/geluk of nadeel/ongeluk kan bring en wat totaal buite menslike beheer is, het ook 'n belangrike rol in Machiavelli se denke gespeel. Dit kan geleenthede skep of beperk, afhangende van wat mens self daarvan maak.

Volgens resente beoordelings beskou Machiavelli verder die lewe in beginsel as 'n opeenvolgende, oorvleuelende reeks fases of spelle wat indiwidue met ander indiwidue in verskillende omgewings en op verskillende vlakke speel om hulle eie belange op verskillende wyses te probeer bevorder (Marasco, 2022, op grond van onder andere Huizinga, 2016; Caillois, 2000; Saxonhouse, 2000). Alles in die lewe bestaan dus uit verskillende spelle waarvan die dinamiek, uitkomste en gevolge verander na gelang die interaksie tussen virtù, corruptio en fortuna verander byvoorbeeld persoonlike interaksies met familie, vriende, kollegas, sport, die ekonomie en politiek volgens Marasco (2022:578).

Die interaksies tussen mededingende heersers onderling, sowel as tussen 'n heerser en sy onderdane, behels dus 'n politieke spel waarin elk probeer om die meeste moontlike voordele te verkry: die heerser wil sy mag en sy wil op die bevolking afdwing, terwyl die bevolking soveel moontlik vryheid wil hê om te doen wat hulle wil ten einde hulle eie belange te bevorder. Dit lei tot spanning en klasse- en ander konflik in 'n samelewing, maar breek ook deur dooiepunte in magsverhoudinge wat stagnasie veroorsaak, en skep 'n nuwe ekwilibrium in daardie samelewing (Mansfield in Machiavelli, 1996:xxviii; Marasco, 2022).

Hierdie siening van 'n politieke spel tussen verskillende mededingers word ook in effens ander vorm gehuldig deur Caillois (2001) en selfs Harari (2015), wat beweer dat slegs die natuur werklik bestaan, en dat kultuur bloot uit verskillende fiksies (stories) bestaan wat mense vir hulleself skep om sin te maak van wat hulle ervaar of wil ervaar. God, geld, demokrasie, geregtigheid, regverdigheid, gelykheid, vryheid en ander sogenaamde universele menseregte behels volgens Harari byvoorbeeld fiksies waardeur mense hulle sienings en optredes probeer regverdig. Hierdie vertolkings en standpunte behels volgens hierdie navorser realistiese beoordelings van die menslike natuur.

Mens kan saamstem met Rochet wat Machiavelli se "goeie" heerser as 'n argitek vertolk wat goeie instellings, fasiliteite en dienste aan sy onderdane verskaf en wat die noodlot wat die ekwilibrium in die samelewing versteur, kan teenwerk deur betyds gepaste aanpassings aan daardie instellings, fasiliteite en dienste aan te bring (Rochet, 2008:7). In moderne staatkundige terme sou mens dit effektiewe veranderingsbestuur deur goeie regeerkundeprak-tyke kon noem (Rochet, 2008:12).

 

6. Etiek en demokrasie

Soos reeds genoem, het Machiavelli sedert sy tyd tot vandag 'n reputasie verwerf as 'n immorele, ondemokratiese, magsugtige opportunis. In sy geskrifte stel hy dit egter baie duidelik dat -

... one cannot call it virtue to kill ones' citizens, betray ones' friends, to be without faith, without mercy, without religion; these modes can enable one to acquire empire, but not glory ... (h)e who comes to the principality with the aid of the great maintains himself with more difficulty than one who becomes prince with the aid of the people. Furthermore, a prince can never secure himself against a hostile people, as they are too many; against the great, he can secure himself, as they are few . I will conclude only that for a prince it is necessary to have the people friendly; otherwise he has no remedy in adversity ... (Machiavelli, 1998:35-42)

In die konteks van die gewelddadige politieke mededinging en konflik tussen die Europese stadstate van sy tyd kan mens Machiavelli nie verkwalik nie dat hy 'n besonder hoë premie daarop plaas dat heersers in hulle eie belang ook sterk militêre vermoëns moet ontwikkel en dit in bepaalde omstandighede sonder genade moet aanwend om hulle eie belange te beskerm (Machiavelli, 1998:48-50; Ramsay, 2012).

Hy waarsku egter eksplisiet dat wapens net met oorleg, vir goeie doeleindes en nie onnodig nie, aangewend moet word (Machiavelli, 1998:103). Machiavelli adviseer heersers dat, op grond van sy kennis en ervaring van die geskiedenis, hulle nie moet huiwer om hulle oogmerke te probeer bereik nie, en om te doen wat hulle besef vir daardie doel gedoen moet en kan word. Hulle moet egter pragmaties wees en hulle regeerstrategieë aanpas volgens veranderende omstandighede (1998:99-101). Machiavelli raai heersers aan om so kragtig soos 'n leeu maar terselfdertyd ook so slinks of geslepe soos 'n jakkals te wees om hulle doelwitte te bereik (Benner, 2018). Twee moontlike strategieë hiervoor in sy Discorsi is wat Huntington later die Fabian- en die Blitzkrieg-strategie van verandering genoem het (1968:346):

To have maintained Rome free it would have been necessary to change not only its laws but its orders - that is, its fundamental institutions or constitution. Such fundamental reordering, Machiavelli says, is "almost impossible". It must be done "little by little" by "someone prudent" before the problem is recognized by everyone, in which case he will never be able to persuade anyone else of what he understands. Or it must be done "at a stroke", when the problem is easily recognized but difficult to correct. (Mansfield in Machiavelli, 1996:xxv)

In sy kommentaar op Livius se beoordelings van hoe die Romeinse Ryk met verloop van tyd geregeer is, maak Machiavelli dit baie duidelik dat hy die orde, stabiliteit, voorspoed, goeie lewe en glorie van daardie regerings as ideale politieke doelwitte beskou. Hy bevestig ook sy goedkeuring van die instrumentele rol van sterk leierskap, insluitende die beoefening van magspolitiek deur selektiewe, periodieke intimidasie, geweld, vrees en disinformasie deur welwillende diktators ("benevolent dictators") om daardie resultate te bereik (Machiavelli, 1996; Tholen, 2016:107). Baie van sy illustrasies en aanbevelings van goeie regeerpraktyke in Il Principe kom uit die voorbeelde wat Livius bespreek.

Namazi verduidelik hoe Machiavelli die gebruik van disinformasie deur heersers goedkeur as een strategie om suksesvol te regeer, naamlik die sogenaamde die-doel-heilig-die-middele-benadering waarvoor Machiavelli so berug geword het (2017:13-14; Rochet, 2008:20). Hy skryf dit toe aan Machiavelli se lang en suksesvolle rekord as diplomaat en militêre strateeg.

Dit is ook waarskynlik dat Machiavelli se subtiele "ondergrondse" bevordering van kontroversiële demokratiese beginsels van goeie regering hom, in belang van sy eie oorlewing en teen die weerstand in van die feitlik deurgaans outokratiese regimes van sy tyd, tot hierdie strategie gelei het. Machiavelli erken byvoorbeeld die politieke spel wat mense speel, in 'n brief aan een van sy vriende waarin hy noem dat hy hom staal teen leuens van ander omdat hy homself as 'n deskundige op daardie gebied beskou:

... for some time now I have never said what I believe or never believed what I said; and if indeed I do sometimes tell the truth, I hide it behind so many lies that it is hard to find. (Namazi, 2017:22)

Machiavelli se waarnemings was dat waar dit werklik nodig was om orde en stabiliteit in hulle samelewings te behou, heersers slegs op die lange duur suksesvol was as hulle die steun van hulle onderdane verwerf het deur ook hulle onderdane se belange en wense in ag te neem. In sulke gevalle was hulle meer suksesvol as dié wat hulle samelewings se belange geïgnoreer en hulle wil (soms met brute geweld) onnodig op hulle onderdane afgedwing het (Ramsay, 2012; Tholen, 2016:104-5; Zuckert, 2018; Najemy, 2022). Hy aanvaar egter wel dat 'n heerser soms geweld moet gebruik om die bevolking te kalmeer of om sy wil af te dwing waar nodig, maar dit moet tot die minimum beperk word:

... whoever acquires them ['n nuwe bevolking], if he wants to hold them, must have two concerns: one, that the bloodline of their ancient prince be eliminated; the other, not to alter either their laws or their taxes: so that in a very short time it becomes one whole body with their ancient principality ... the subjects are satisfied with ready access to the prince, so that they have more cause to love him if they want to be good and, if they want to be otherwise, more cause to fear him. (Machiavelli, 1998:8-9)

Machiavelli verwys in dié verband na die probleme wat 'n samelewing wat gewoond is aan baie vryhede, vir 'n nuwe heerser skep wat die beheer oor daardie samelewing oorgeneem het en nou hulle bestaande vryhede en voorregte wil verminder. Sy advies aan so 'n heerser is dat hy makliker volhoubare beheer oor sy nuwe onderdane sal verkry en behou indien hy hulle redelikerwys toelaat om soveel moontlik van hulle vryhede en voorregte te behou (Machiavelli, 1998:26-27). Machiavelli het egter ook heersers openlik aangemoedig om soms moreel verdagte strategieë te volg:

The prince must learn to be able not to be good, and use this ability or not according to necessity ... (It) is necessary to know well how to ... be a great pretender ... since he is often under a necessity to maintain his state, ... he should appear all mercy, all faith, all honesty, all humanity, all religion ... the means will always be judged honourable. (Machiavelli, 1998:61, 69-71; sien ook Tillyris, 2015)

Hierdie standpunt van Machiavelli illustreer sy berugte benadering dat die doel die middele heilig (Mansfield, 2022). Soos reeds aangedui, moedig hy hulle byvoorbeeld ook aan om hulle opponente hardhandig uit die weg te ruim as hulle nie op ander vreedsame wyses oorreed kan word om die openbare belang soos die heerser dit sien, te bevorder nie. Hierdie advies het hy gebaseer op sy waarnemings dat dit sterk verdeelde samelewings vinnig kan stabiliseer en op die langer termyn kan konsolideer, en dat dit so vir die heerser makliker gemaak word om daarna sy onderdane tevrede te hou deur addisionele toegewings aan hulle te doen (Machiavelli, 1998:9, 10-12). Hy motiveer die selektiewe kombinasie van intimidasie, geweld en verdraag-saamheid in spesifieke omstandighede as volg (Machiavelli, 1998:65-67):

... the best fortress there is, is not to be hated by the people, because although you may have fortresses, if the people hold you in hatred fortresses do not save you. (Machiavelli, 1998:87)

 

7. Die Kerk

Machiavelli het ook die negatiewe politieke invloed van die korrupsie in die Katolieke Kerk gekritiseer, 'n kerk wat jare lank deur onder andere lede van die uitgebreide Medici-familie en hulle ander aristokratiese politieke en godsdienstige mededingers beheer, gemanipuleer en vir persoonlike, finansiële en/of politieke gewin misbruik is. Hy het die skuld vir baie van die politieke geweld en misbruik van gesag in Europa gedurende daardie tyd direk voor die deur van die kerk en die godsdiens gelê (Machiavelli, 1998:46-47; Sullivan, 2018:276; Strauss, 1958).

In sy Discorsi beskuldig hy die kerk van 'n gaping tussen sy morele retoriek en korrupte, immorele optredes. Hy gaan so ver as om aan te beveel dat die pous en al die kardinale vervang word deur mense wat eerliker is en self doen wat hulle ander mense aanraai om te doen (Machiavelli, 1996:xxiv). Mansfield beskou sy reputasie as ateïs as onverdiend, want hy is positief oor die waardes en standpunte van die vroeë kerk. Hy het aangevoer dat die kerk later korrup geword het en terug behoort te keer na die aanvanklike waardes daarvan, soos wat hy ook die meer korrupte kultuur van die Renaissance vergeleke met dié van die vroeë Romeinse Ryk beoordeel het (Machiavelli, 1996:xxxv, xlii). Hy skryf egter 'n blote polities-humanitêre rol aan die kerk toe in plaas van 'n Godgegewe rol, en is eksplisiet daaroor dat -

... human beings can control what previous philosophers thought uncontrollable and what religion leaves in the hands of God. (Mansfield in Machiavelli, 1996:viii; Gagiano, 1987:165)

 

8. Herbeoordeling

Machiavelli stel hom in sy geskrifte dus ten doel om heersers te adviseer oor hoe hulle langer suksesvol en redelik vreedsaam 'n "goeie" bewind kan voer met die minste moeite en teen die laagste koste (Zukert, 2014b; 2017; Benner, 2009; 2018; Ramsay, 2012). Sy positiewe ervaring met die relatiewe sukses van die sekulêre Florentynse Republiek, wat baie meer responsief teenoor die burgers van Florence was as die meeste ander stadstate, het hom verder 'n "liberale demokraat" in sy tyd gemaak (Rahe, 2005; De Alvarez, 2008). Hy het naamlik deur sy empiriese en historiese navorsing bevind dat regerings wat meer responsief teenoor hulle burgers is, meer stabiel en volhoubaar is, en hy het dit daarom as goeie regeerpraktyk beskou.

Hierdie standpunte van Machiavelli het hom tot vandag toe nog die algemene reputasie van 'n immorele, ateïstiese politieke ideoloog, magsbehep, outoritêr en gewelddadig, besorg (Tholen, 2016:106; Ramsay, 2012; Strauss, 1995). Hedendaagse kommentators oor daardie era begin egter al hoe meer eenstemmigheid bereik dat hierdie onverbiddelike benadering van Machiavelli verklaar word deur die uiters onstabiele en gewelddadige outoritêre politieke en godsdienstige konteks waarin hy geleef het. Duvenhage (1994:281) vertolk Machiavelli se aanvaarding van instrumentele (moreel verdagte) strategieë om aanvaarbare doelwitte te probeer bereik, vanuit 'n meer realistiese perspektief as blote logiese gevolgtrekkings oor hoe om ten beste weerstand teen politieke transformasie te oorkom. De Grazia (in Viroli, 1991) meen Machiavelli se godsdiensbeskouing, naamlik dat God 'n heerser sal vergewe as hy

Benner (2009) beskou Machiavelli egter in 'n baie meer positiewe lig, naamlik as 'n morele politieke filosoof wat nie regtig oortuig was dat die doel die middele heilig nie, en wat nie werklik mense aangemoedig het om immoreel op te tree nie, maar om hulle eerder op 'n indirekte manier (tipies Machiavelliaans) te sensitiseer om sulke optredes te identifiseer. Hierdie vertolking van Machiavelli is egter oorsimpatiek en verklaar nie sy sterk steun vir moreel verdagte optredes deur heersers ter stabilisering van hulle samelewings as dit nie op 'n ander vreedsame wyse gedoen kan word nie (sien ook Gagiano, 1987:167; Gilbert, 1986:22; Duvenhage 1994:88; Ramsay, 2012).

Strauss (1958:294) en Zuckert (2017:462) gee toe dat Machiavelli moontlik wel die ontwikkeling van die moderne demokrasie geïnisieer of gestimuleer het met sy beklemtoning van die oogmerk van stabiele demokratiese regering as die bevrediging van die bevolking se strewe na vryheid en sekuriteit vir individue, families en eiendom (sien ook Mansfield, 2022; Sullivan, 2018:275). Il Principe is dus 'n magspolitieke "amorele" handleiding of advies vir heersers wat geskryf is in die idioom van "goeie" (stabiele en volhoubare) regeerkunde in Machiavelli se tyd. Dit is geskryf in dieselfde tradisie as soortgelyke tekste van onder andere Pontano, Castiglione, Patrizi, Plantina, Cicero en Seneca (Skinner in Macaulay & Lawton, 2003:3).

Daarenteen behels Machiavelli se Discorsi 'n redelik eksplisiete motivering van 'n meer etiese en deelnemende demokratiese regeringstelsel volgens die waardes wat gedurende daardie tyd gegeld het en wat volgens hom op grond van sy persoonlike ervaring van die goue "Camelot-era" van die Republiek Florence meer volhoubaar is. Hierdie insig verklaar die beweerde paradoksale teenstrydighede tussen Machiavelli se twee primêre tekste, en werp 'n baie meer genuanseerde lig op die aanvanklik uiters negatiewe reputasie wat hy waarskynlik onverdiend met verloop van tyd gekry het. Daar is wel 'n onderliggende samehang in sy werk, iets wat van sy belangrikste kontemporêre kommentators al hoe meer erken (Mansfield, 1998; Pocock, 2003; Zuckert, 2013; 2017; Benner, 2018).

Machiavelli word daarom toenemend beskou as een van die belangrikste grondleggers van burgerlike humanisme (civic humanism) in Westerse filosofiese denke (Hankins, 2000; Rahe, 2005). Boutier en Sintomer (2014:13-15) beklemtoon hoe versigtig Renaissance-intellektuele soos Machiavelli te werk moes gaan om hulle demokratiese en humanistiese idees te probeer bevorder. Dit is duidelik dat Machiavelli om goeie strategiese redes besluit het om sy eie demokratiese voorkeure soms eerder meer subtiel as meer eksplisiet in sy geskrifte te laat deurskemer. Machiavelli se standpunte in al sy geskrifte is dus normaalweg redelik diskreet. As hy dit meer blatant gedoen het, sou dit die heersers onder wie hy moes werk, die Medici's, meer geantagoniseer het, wat hom sy beroep, sy toekoms en selfs sy lewe kon kos (Mansfield, 2001; 2022; Benner, 2009, Namazi, 2017:24). Dit is 'n goeie voorbeeld van deflek-sie en selfs misleiding waardeur die (demokratiese) doel deur die (outoritêre of eties verdagte) middele geheilig word.

Historici aanvaar toenemend dat sy assosiasie met die Florentynse Republiek, wat een van die beste demokratiese eksperimente van daardie tyd was, sowel as sy normaalweg baie versigtig bewoorde geskrifte, uiteindelik wel grootliks bygedra het om sy geloofwaardigheid by die historiese aristokratiese en korrupte Medici-kartel te vernietig. Mansfield wys byvoorbeeld op sy soms eksplisiete maar riskante uitlatings, soos sy oordeel in Discorsi dat 'n republikeinse tipe regering beter as dié van 'n outoritêre heerser is (Machiavelli, 1996:xxi).

Uiteindelik het Machiavelli wel geboet vir sy meestal versigtig-kritiese politieke uitsprake (Zuckert, 2017; Mansfield, 2022; Najemy, 2022). Net nadat hy Il Principe in 1513 voltooi het, het hy self sy vrees op skrif gestel dat hy as gevolg van sy rekord by die Republiek Florence weer in die tronk sal beland (Machiavelli, 1998:110).

Machiavelli het die beskuldigings van die Medici's en hulle verwerpende optrede teen hom in 1512 baie negatief ervaar omdat hy van mening was dat hy suiwer motiewe gehad het en die beste moontlike stappe vir die bereiking van langtermynstabiliteit en tevredenheid in samelewings in belang van sowel die heersers as die betrokke breë bevolkings voorgestel het. Hy het daarom deur onder meer sy geskrifte (veral Il Principe) probeer om weer in die Medici's se guns te kom op grond van sy advies aan heersers oor hoe om polities langer te oorleef. Hy het dus Il Principe aan Lorenzo de Medici opgedra en in sy voorwoord aan hom in die boek uitdruklik laat blyk dat hy finansieel moeilike tye beleef en graag weer in ere herstel wou word. Dit het egter nie gebeur nie.

Hy het dieselfde benadering teenoor Lorenzo se Medici-opvolgers gevolg. Slegs kardinaal Giulo de Medici (later pous Clemens VII), het hom enkele periferale projekte laat doen (insluitende die skryf van die geskiedenis van Florence), maar niks meer substantiefs nie. Toe die Medici's in 1527 weer uit Florence verdryf word, het Machiavelli sy hoop op sy ou republikeinse kollegas en vriende geplaas om sy werk in die heringestelde republikeinse regering terug te kry. Hulle was egter ook te agterdogtig oor sy lojaliteit aan die Republiek as gevolg van sy advies aan Lorenzo, en het hom nie in ere herstel nie. Dit was 'n groot teleurstelling vir Machiavelli, en hy is kort daarna oorlede (Mansfield, 2022).

 

9. Gevolgtrekkings

Dit is duidelik dat Machiavelli oor 'n tydperk van vyf eeue 'n onverdiend negatiewe staatkundige reputasie as immorele, magsugtige en wreedaardige politieke opportunis gekry het. Sy standpunte is baie lank letterlik vertolk en geïsoleerd van die komplekse omstandighede waarin hy geleef en gewerk het, beoordeel. Dit is hoofsaaklik vanuit 'n ooridealistiese Aristoteliaanse paradigma deur puristiese filosowe en teoretici gedoen wat nie voldoende rekening gehou het met die dinamiek en realiteite van regeerkunde sedert daardie vroeë tye tot nou toe nie.

Al hoe meer resente kommentaar op en beoordelings van sy werk erken egter deesdae dat hy redelik konsekwent probeer het om fundamentele demokratiese regeerkundebeginsels en doelwitte, soos stabiliteit, responsiwiteit, openbare deelname, burgerlike tevredenheid en volhoubaarheid, na te streef en te bevorder. Hy het dit in die baie moeilike omstandighede van sy tyd en ter wille van sy eie oorlewing en ambisie op meestal implisiete wyse gedoen - nie eksplisiet nie .

Die kernaspekte van sy politieke standpunte sou waarskynlik in moderne tye vergelyk kon word met konserwatiewe demokratiese staatsmanne en vroue soos Churchill, Thatcher, De Gaulle, Reagan, Eisenhower, Kissinger, Bolton en McNamara. Hulle het almal op verskillende wyses 'n balans probeer vind tussen responsiewe demokrasie en sterk militêre vermoëns en magspolitieke optredes, en nie altyd weggeskram van die gebruik van kontro-versiële etiese strategieë ter bevordering van hulle politieke prioriteite nie.

Die mees gesaghebbende resente beoordelings van en kommentare op Machiavelli en sy rol gedurende die Renaissance maak dit baie duidelik dat hierdie belangwekkende staatkundige filosoof en staatsman in 'n nuwe, veel meer positiewe lig beskou moet word as wat in die verlede die geval was.

 

BIBLIOGRAFIE

Benner, E. 2009. Machiavelli 's ethics. Princeton: Princeton University Press.         [ Links ]

Benner, E. 2018. Be like the fox: Machiavelli s lifelong quest for freedom. London: Penguin.         [ Links ]

Berlin, I. 2013. The originality of Machiavelli. In Hardy, H. (ed.). Isaiah Berlin: Against the current: Essays in the history of ideas. 2nd edition. Princeton: Princeton University Press, pp. 33-101.         [ Links ]

Boutier, J & Sintomer, Y. 2014. The Republic of Florence from the twelfth to the sixteenth centuries: Historical and political issues. Revue française de science politique, 64(6):1055-1081.         [ Links ]

Caillois, R. 2001. Man, play, and games. Urbana: University of Illinois Press.         [ Links ]

Cerella, A & Gallo, E. 2016. Machiavelli reloaded: Perceptions and misperceptions of the 'prince of realism' . International politics, 53(4):435-446.         [ Links ]

Cooper, R. 1984. The Florentine ruling group under the 'governo popolare', 1494-151. Studies in Medieval and Renaissance history, 7:69-181.         [ Links ]

De Alvarez, L. 2008. The Machiavellian enterprise: A commentary on "Theprince". Ithaca: Northern Illinois University Press.         [ Links ]

De Angelis, L & Whittaker, V. 2014. Florence's ruling class at the turn of the fourteenth and fifteenth centuries: Reinvention of politics (1200-1530). Revue française de science politique, 64(6):65-79.         [ Links ]

Duvenhage, A. 1994. Die transformasie van politieke instellings in oorgangstye: 'n Rekonstruksie, interpretasie en evaluasie van S.P. Huntington se teoretiese bydrae. Ongepubliseerde doktorale proefskrif in Politieke Wetenskap. Bloemfontein: UVS.         [ Links ]

Fleck, R & Hanssen, F. 2013. How tyranny paved the way to democracy: The democratic transition in ancient Greece. The Journal of Law & Economics, 56(2):389-416.         [ Links ]

Fuller, T. (ed.). 2015. Machiavelli's legacy: "The prince" after five hundred years. Philadelphia: University of Pennsylvania Press.         [ Links ]

Gagiano, J. 1987. Niccolò Machiavelli. In Faure, A, Gey van Pittius, A, Kriek, D, Louw, A & Wainwright, E (reds.). Die Westerse politieke tradisie. Pretoria: Academica, pp. 165-181.         [ Links ]

Gilbert, F. 1986. Machiavelli: The Renaissance of the Art of War. In Paret, P.(ed.). Makers of modern strategy: From Machiavelli to the nuclear age. Princeton: Princeton University Press, pp. 11-31.         [ Links ]

Guidi, A. 2020. Books, people, and military thought: Machiavelli's Art of War and the fortune of the militia in sixteenth-century Florence and Europe. Leiden: Brill, pp. 111-174.         [ Links ]

Hankins, J. (ed.). 2000. Renaissance civic humanism: Reappraisals and reflections. Cambridge: Cambridge University Press.         [ Links ]

Harari, Y. 2015. Sapiens: A brief history of humankind. London: Harper.         [ Links ]

Hatzis, A. 2016. The illiberal democracy of ancient Athens. https://ssrn.com/abstract=2810070. [10 August 2022].         [ Links ]

Huizinga, J. 2016. Homo ludens: A study of the play-element in culture. Kettering, OH: Angelico Press.         [ Links ]

Huntington, S. 1968. Political order in changing societies. London: Yale University. Press.         [ Links ]

Lamus, F. 2016. Machiavelli's moral theory: Moral christianity versus civic virtue. Report submitted in partial fulfillment of the requirements for the degree of Master of Arts. Durham, NC: Duke University.         [ Links ]

Livy, T. 2002. The early history of Rome. Books 1-5. London: Penguin Classics.         [ Links ]

Macaulay, M & Lawton, A. 2003. Misunderstanding Machiavelli in management. Philosophy of Management, 3(3):17-30.         [ Links ]

Machiavelli, N. 1990. Florentine histories. Translated by Banfield, L & Mansfield, H. Princeton: Princeton University Press.         [ Links ]

Machiavelli, N. 1996. Discourses on Livy. Translated by Mansfield, H & Tarcov, N. Chicago: University of Chicago Press.         [ Links ]

Machiavelli, N. 1998. The prince. Translated & introduced by Mansfield, H. 2nd ed. Chicago: University of Chicago Press.         [ Links ]

Machiavelli, N. 2005. The art of war. Translated by Lynch, C. Chicago: University of Chicago Press.         [ Links ]

Mansfield, H. 1996. Machiavelli's virtue. Chicago: University of Chicago Press.         [ Links ]

Mansfield, H. 2013. Strauss on "The prince". The Review of Politics, 75(4):641-665.         [ Links ]

Mansfield, H. 2022. Niccolò Machiavelli: Italian statesman and writer. https://www.britannica.com/biography/Niccolò-Machiavelli/The-Art-of-War-and-other-writings. [10 August 2022].         [ Links ]

Marasco, R. 2022. Machiavelli and the play-element in political life. Political Theory, 50(4):575-595.         [ Links ]

McCormick, J. 2011. Machiavellian democracy. New York: Cambridge University Press.         [ Links ]

Mohammadi, M. 2018. The corporate guild order control of the Florentine Republic in the 13th and 14th century. Grand Valley Journal of History, 5(1):1-16.         [ Links ]

Najemy, J. 2008. A history of Florence, 1200-1575. Oxford: Blackwell Publishing.         [ Links ]

Najemy, J. 2022. Machiavelli s broken world. Oxford: OUP.         [ Links ]

Namazi, R. 2017. The question of esoteric writing in Machiavelli's Works. Renaissance and Reformation, 40(2):7-33.         [ Links ]

Parel, A. 1972. The political calculus: Essays on Machiavelli's philosophy. Toronto: University of Toronto Press.         [ Links ]

Pocock, J. 2003. The Machiavellian moment: Florentine political thought and the Atlantic republican tradition. Princeton: Princeton University Press.         [ Links ]

Rahe, PA. 2005. Machiavelli's Liberal Republican Legacy. Cambridge: Cambridge University Press.         [ Links ]

Ramsay, M. 2012. Machiavellianism. In Chadwick, R. Encyclopedia of applied ethics (2nd ed.). London: Academic Press.         [ Links ]

Rochet, C. 2008. The common good as an invisible hand: Machiavelli's legacy to public management. International Review of Administrative Sciences, 74(3):497-521.         [ Links ]

Rubinstein, N & Raillard, S-L. 2014. The early years ofFlorence's Grand Council (1494-1499) - Florence (1200-1530): Reinvention of politics. Revue française de science politique, 64(6):99-127.         [ Links ]

Saxonhouse, A. 2000. Comedy, Machiavelli's letter, and his imaginary republics. In Sullivan, V (ed.). The comedy & tragedy of Machiavelli. New Haven: Yale University Press, pp. 57-77.         [ Links ]

Strauss, L. 1958. Thoughts on Machiavelli. Chicago: University of Chicago Press.         [ Links ]

Sullivan, V. 2018. Catherine Zuckert on Machiavelli's new understanding of politics. Review of Politics, 80:271-282.         [ Links ]

Tillyris, D. 2015. 'Learning how not to be good': Machiavelli and the standard dirty hands thesis. Ethical Theory and Moral Practice, 18(1):61-74.         [ Links ]

Tholen, B. 2016. Machiavelli's lessons for public administration. Administrative Theory & Praxis, 38(2):101-114.         [ Links ]

Tridimas, G. 2019. Democracy without political parties: The case of ancient Athens. Journal of Institutional Economics, 15(6):983-998.         [ Links ]

Viroli, M. 1991. Machiavelli in Hell by Sebastian de Grazia. Books in review. Political Theory, 19(2):292-295.         [ Links ]

Zuckert, C. 2013. Machiavelli's "Prince" - Five hundred years later. The Review of Politics, 75(4):493-496.         [ Links ]

Zuckert, C. 2014a. Machiavelli and the end of nobility in politics. Social Research, 81(1):85-107.         [ Links ]

Zuckert, C. 2014b. Machiavelli's democratic republic. History of Political Thought, 35(2):262-94.         [ Links ]

Zuckert, C. 2017. Machiavelli's politics. Chicago: University of Chicago Press.         [ Links ]

Zuckert, C. 2018. The people's prince. Aeon. https://aeon.co/essays/the-prince-of-the-people-machiavelli-was-no-machiavellian [10 August 2022].         [ Links ]

Zuckert, C. 2020. Machiavelli's Belfagor: Good government, domestic tyranny, and freedom. History of Political Thought, 41(2):249-63.         [ Links ]

 

 

Ontvang: 2022-09-29
Goedgekeur: 2023-01-23
Gepubliseer: Maart 2023

 

 

 

Fanie Cloete is 'n voormalige hoofdirekteur van Staatkundige Beplanning in die Suid-Afrikaanse regering. Hy was van 1974 tot 1989 betrokke by die beplanning, inisiëring en bestuur van die staatkundige oorgang van apartheid na volle demokrasie in Suid-Afrika. Hy is ook emeritus professor in Openbare Bestuur en Beleid-studies aan die Universiteite van Johannesburg en Stellenbosch. Hy het verskeie gepubliseerde boeke, portuurbeoordeelde artikels en ander vakkundige en populêre bydraes tot sy krediet.1Hy is ook 'n mediakommentator oor openbare aangeleenthede, en is tans besig met die kritiese beoordeling van verskeie aspekte van die politieke oorgangsproses van apartheid na volle demokrasie in Suid-Afrika gedurende die storm-agtige tydperk van die 1980s.
Fanie Cloete is a former chief director of Constitutional Planning in the South African government. From 1974 to 1989 he was involved in the planning, initiation and management of the transition from apartheid to full democracy in South Africa. He is also professor emeritus of Public Management and Policy Studies at both the Universities of Johannesburg and Stellen-bosch. He has published numerous books, peer reviewed articles and other scholarly and popular contributions on different aspects of these topics.2He is also a media commentator on public affairs. He is currently engaged in a critical assessment of various aspects of the political transition from apartheid to full democracy during the stormy period of the 1980s in South Africa.
1 www.faniecloete.wordpress.com.
2 www.faniecloete.wordpress.com
3 In hierdie bydrae word Machiavelli se rol en relevansie as staatkundige denker en praktisyn in sy eie tydvak herbeoordeel in die lig van verskeie klassieke en kontemporêre analises wat sover oor hom gepubliseer is. Sy invloed op sekere hedendaagse staatkundige denkers (bv. Samuel Huntington, Philippe Schmitter en ander "Machiavelliane") sowel as moderne staatkundige praktyke (veral die demokratiseringsproses in Suid-Afrika gedurende die 1980s), word in 'n opvolgartikel ontleed en beoordeel.
4 Demokrasie in Machiavelli se tyd is nie vergelykbaar met wat vandag onder demokrasie verstaan word nie. Toe is dit gekenmerk deur selektiewe raadpleging deur redelik absolutistiese diktators met gildes en gemeenskappe voordat dekrete uitgevaardig is, ten einde weerstand te probeer verhoed of te verminder teen die dikwels brute geweldpleging deur heersers teen hulle onderdane om hulle eie doelwitte te bereik.

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons