SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.62 issue4Literary aspects of the 2020 translation of the Bible in Afrikaans and the contribution of the literary advisors in the process of translationAuthority and solidarity: Forms of address and pronominal personal references in the Afrikaans Bible translation of 2020 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Tydskr. geesteswet. vol.62 n.4 Pretoria Dec. 2022

http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2022/v62n4a12 

NAVORSINGS- EN OORSIGARTIKELS / RESEARCH AND REVIEW ARTICLES

 

Het oortreders 'n reg op hervorming of eerder 'n reg op 'n hervorming-gedrewe omgewing?

 

Are offenders entitled to a right to rehabilitation or rather to a rehabilitation-driven environment?

 

 

Casper Lötter

Navorsingsgenoot, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom, Suid-Afrika. E-pos: casperlttr@gmail.com

 

 


OPSOMMING

Hierdie bydrae ondersoek die veronderstelling dat oortreders in Suid-Afrika 'n afdwingbare reg het om van die Departement Korrektiewe Dienste te verwag om hul te hervorm. Kundiges soos Omar (2011), wie se uitgangspunt verteenwoordigend van die sogenaamde tradisionele invalshoek is, word onderlê deur 'n gedagtegang dat misdaad hom vertoon as 'n enkelvoudige kwelpunt aangesien ons gemeenskap wesenlik gesond is ('n benadering tot misdaad wat bekendstaan as funksionalisme). My kritiese invalshoek is dat die verontagsaming van die ongenaakbare en onherbergsame omstandighede wat vrygelate gevangenes in die gesig staar, beteken dat hul heeltemal verkeerd beoordeel word. Ek skets 'n vlugtige oorsig van die literatuur gewy aan beide die funksionalistiese en konflikbenaderings tot misdaad wat oor die afgelope vyftig jaar vergader is. Kortliks betoog hierdie benaderings dat afdwingbaarheid van sodanige reg in 'n hardestigmatiserend-beskamingskultuur soos in Suid-Afrika te vinde is, niks minder as 'n sinnelose oefening is nie. My eie teoretiese raamwerk lê êrens tussen wisselwerking- en 'n konflikbenadering tot misdaad. Dit word verder onderlê deur 'n kritiese ontplooiing van die polities-besielde etiketteringspraktyk en postkolonialistiese teorie toegepas op die maat-skaplike jag op hierdie geringgeskattes. Dit is die rede waarom konflikbemiddeling (grondliggende menslike behoeftes) so 'n doeltreffende teoretiese lens is. Daar word tot die slotsom gekom dat 'n oortreder se sogenaamde reg tot hervorming binne die omvang van ons hardestigmatiserend-beskamingskultuur 'n leë, niksseggende gebaar is tensy daar eerder die regte omstandighede geskep word ten gunste van 'n integrerend-beskamingskultuur. Vanuit die gesigspunt van vrygelate gevangenes is dit transformerende, eerder as regstellende, geregtigheid wat dringend benodig word.

Trefwoorde: afdwingbare reg; hervorming; tradisionele invalshoek; Jameelah Omar; enkelvoudige kwelpunt; gemeenskap; wesenlik gesond; funksionalis-tiese benadering; konflikbenadering; hardestigmatiserende-beskamings-kultuur; integrerende-beskamingskultuur; etiketteringspraktyk; heroor-treding; transformerende geregtigheid


ABSTRACT

perpetuate structural violence, 2) the bigoted selection of particular neighbourhoods for policing and 3) processing through the criminal justice system, 4) a stigmatising shaming culture (such as in South Africa) that marginalises vulnerable groups (notably ex-offenders) to function as a "source" (not a "cause") of crime, and 5) the political distortion of our understanding of crime to serve the interests of the rich and powerful. As far as the functionalist approach to crime is concerned, the danger of this rationale is that it not only underestimates the significance of structural oppressions, but also neglects how, as Martinson (2001[1974]) observes, criminality is symptomatic of the fundamentally unjust nature of our society. Yet the most serious objection to Omar's (2011) traditional position is that rehabilitation might not even be possible in stigmatising shaming cultures, such as that found in South Africa. To assist this analysis, a brief overview of the literature on interactionist and conflict approaches covering the past fifty years, is considered. Four approaches functionalist, interactionist, conflict and control) inform our understanding of deviance and crime. Functionalist theories argue that society is essentially healthy, and that crime (or other deviant behaviour) is the result of the breakdown of existing moral values and institutions, while interactionists emphasise how crime is "a socially constructed phenomenon". However, the traditional approach that underpins almost all rehabilitation and reintegration initiatives is functionalism. My own theoretical framework lies somewhere between an interactionist and conflict approach to crime. I am primarily concerned with the politically charged labelling perspective, as well as post-colonial thinking on the societal predation of the marginalised (including ex-offenders). The interactionist approach, on the one hand, investigates how marginalisation and stigmatisation are socially constructed. In fact, Giddens and Sutton (2017) argue that the nature of "labelling" has perhaps been the most fruitful insight of this movement. Merton (1948), one of the leading academics on the labelling perspective, suggests the term "self-fulfilling prophecy" in his exploration of the everyday dynamics of labelling, and defines the former as "a false definition of the situation evoking a new behavior which makes the originally false conception come true". Yet conflict criminologists contend, on the other hand, that the class conflict inherent in capitalist societies inevitably results in crime. No one, however, claims that a transition to a socialist state would magically result in the total disappearance of "crime". Acknowledging the negative impact of stigma on ex-offenders in South Africa, Muntingh (2005) argues that "[t]he reality is ... that ex-prisoners continue to suffer from social and economic exclusion - a reflection of society's belief that those who have offended or been imprisoned cannot be part of 'good' society again". Although written almost twenty years ago, this is as true today as it was then. In fact, the presence of the prison-industrial complex in South Africa over the past two decades accelerated the recycling of ex-offenders for profit rather than embracing their sustainable resettlement and rehabilitation. Stigmatising shaming cultures (typically individualistic societies, such as the US, UK and South Africa), on the other hand, encourage subtler lingering shame and rejection of offenders, and therefore generate higher rates of recidivism. Additionally, Braithwaite (1989) contends that the penal practices of many stigmatising shaming cultures in the West practised the "uncoupling of shame and punishment". According to Galtung (1996), one of the foremost theorists in Peace Studies, denial ofcertain groups access to basic human needs is a natural precursor to conflict, being itself a form of cultural violence, legitimised by stigma. Therefore, labelling and re-offending go hand-in-hand. Conflict Management's emphasis on the recognition of basic human needs to "provent" (Burton, 1997) conflict and forestall recidivism can clearly be seen here. In the case of South African ex-offenders, the effects of stigma on their prospects after release are serious hurdles to reintegration. This is the reason, among others, why conflict management is such a powerful theoretical lens with which to understand recidivism within the context of a stigmatising shaming culture. It is concluded that enforcing an offender's right to rehabilitation in our harsh stigmatising shaming culture is an ineffectual, pointless measure unless the right conditions are created in favour of a pro-rehabilitation and integrative (rather than stigmatising) shaming culture. From the perspective of ex-offenders, transformative, not restorative, justice is what is called for.

Keywords: enforceable legal right; rehabilitation; traditional position; Jameelah Omar; simple problem; society; essentially healthy; functionalist approach; conflict approach; stigmatising shaming cultures; integrative shaming cultures; labelling perspective; recidivism; transformative justice


 

 

&&&&&&&&&&&&&&&

"Exile is strangely compelling to think about but terrible to experience. It is the unhealable rift forced between a human being and a native place, between the self and its true home; its essential sadness can never be surmounted." - Edward Said

"To have once been a criminal is no disgrace. To remain a criminal is the disgrace." - Malcolm X

 

Inleiding

Sowat 'n dekade gelede het Omar (2011), 'n regsdosent verbonde aan die Universiteit van Kaapstad se Instituut vir Kriminologie, 'n prikkelende artikel geskryf waarin sy betoog dat 'n oortreder of gevangene 'n reg het om sy of haar rehabilitasie van die Suid-Afrikaanse Departement Korrektiewe Dienste (hierna verwys as DKD of die Departement) te eis. Met verwysing na wetgewing, die Grondwet en regspraak, is die saak wat sy stel ten gunste van die gevangene se reg tot rehabilitasie, oortuigend. Selfs al het haar bydrae meer as tien jaar gelede verskyn, is daar nog steeds nie uitsluitsel oor hierdie belangrike kwessie wat sy aangeraak het nie. Daar is dus 'n leemte te bespeur in die bestaande kennis wat hanteer moet word. Hoe dit ook al sy, die omstandighede wat sy destyds uitgewys het, het vererger, soos ek hier onder redeneer. Te meer nog, is en was Omar se betoog verteenwoordigend van 'n tradisionele uitgangspunt (hierna verwys as die "tradisionele standpunt") oor misdaad en heroortreding in Suid-Afrika, wat verkeerd is, aangesien die aangeleentheid verder in onkunde verstrengel en in mites gehul word. Die parallelle aangeleentheid aangaande die potensiële hervorming en vestiging van dienende of vrygelate gevangenes is ook allermins uitgepluis en kan selfs as 'n ergerlike ("vexed") kwelpunt, eerder as bloot ingewikkeld, voorkom. Ek benadruk dat wanneer ek my aandag wend na Omar se werk is my teiken die tradisionele posisie in Suid-Afrika se konserwatiewe omgewing waarvan haar bydrae 'n goeie voorbeeld en dus op sigself genome waardevol is, aangesien dit 'n gesigshoek openbaar wat andersins dalk onverkend sou gebly het.

Ek betoog dat daar uit die staanspoor vanselfsprekend begrip moet wees daarvoor dat niemand of niks uiteraard die sogenaamde hervorming van oortreders kan waarborg nie. Vir baie gevangenes wat langtermynvonnisse uitdien, is die besluit om by een van die tronkbendes (of bendes in korrektiewe sentrums) aan te sluit, in ieder geval 'n meer sinvolle oorlewingstra-tegie as die gedagte aan twyfelagtige hervorming in 'n andersins harde, ongenaakbare omgewing. So verwys Steinberg (2019: xiv-xvii) byvoorbeeld in sy geskiedkundige ondersoek, The Number, na bendebedrywighede in Suid-Afrikaanse tronke of korrektiewe sentrums as juis die gevolg van 'n behoefte aan 'n mate van beskutting en veiligheid, wat bendes vir hul lede (probeer) skep binne ongenaakbare omstandighede. 'n Anonieme keurder van hierdie artikel wys daarop dat "In die praktyk beskerm hierdie bendes hulleself teen ander bendes in dieselfde omgewing. Bendes is nie gestig om gevangenes teen personeel te beskerm nie en sodanige konflikte (bendes teen personeel) kom relatief min voor in die SA sisteem." Maar daar is tog ook gevalle waar (bende)geweld teen gevangenispersoneel die gevolg van beweerde vernynige optrede van personeel teenoor oortreders was, soos die omstrede feite in die bekende St. Albans-maksimum gevangenisgeweld in Port Elizabeth (nou Gqeberha) van Julie 2005 uitwys (Lötter, 2022:5-6). Hierdie wrede, ongenaakbare omgewing in Suid-Afrikaanse korrektiewe sentrums is deels die gevolg van bendegeweld (in daardie sentrums waar daar wel bendes bedrywig is) en deels die gevolg van die onderdrukkende omstandighede wat binne sodanige sentrums of gevangenisse heers.

Ten beste kan die Departement ruimte skep vir die hervorming van gevangenes of oortreders in die vorm van die aanbieding van programme om oortreders behulpsaam te wees met die aanleer van misdaadweerhoudingsvaardighede in die algemeen. As dit die gesigshoek is wat Omar (2011) wil uitwys, met "'n reg tot rehabilitasie," sou haar betoog heeltemal aanvaarbaar gewees het, maar dit is nie wat sy in gedagte het nie.

Wat myns insiens erg problematies is, is die onbevraagtekende aanname wat haar betoog onderlê, naamlik of hierdie voorgestelde reg tot rehabilitasie of hervorming hoegenaamd bestaansreg in Suid-Afrika se hardestigmatiserend-beskamingskultuur het. Terwyl alle kulture beskaming inspan ten einde afwyking, soos misdaad, hok te slaan, is die belangrike onderskeid tussen hardestigmatiserend-beskamingskulture (soos te vinde in Suid-Afrika en die VSA) en integrerend-beskamende kulture (China, Japan) die feit dat eersgenoemde verwerping toepas deur die gebruik van stigma en muishondstatus, terwyl laasgenoemde integrasie, in die vorm van liefde en oortuiging inspan (Lötter, 2019:497). Teen hierdie agtergrond is mens dus genoop om te vra of 'n abstrakte reg soos dié tot rehabilitasie nie 'n leë gebaar is in 'n omgewing waar hervorming en hervestiging vanuit die staanspoor ontmoedig word nie? So is daar dan ook aangevoer dat die ongeregverdigde stigma teen vrygelate oortreders (wat reeds hul straf uitgedien het), 'n wenteldeur is wat, in die lig van die bekende en skokkende Bosasa tender- en omkoopskandaal binne DKD, die wiele van die gevangenis1 as 'n besigheidsmodel (vir wins-bejag) geolie hou om ander redes as die veiligheid van die publiek (Agrizzi & Mitchell, 2020; Basson, 2019; Lötter, 2020a; Steyn & Vecchiatto, 2019).

Om die waarheid te sê, is die Bosasa-skandaal die oortjies van die seekoei. Die omvang van die probleem is te bespeur in die winsmotief wat ingebou is in die gedeeltelike rampspoedige wanbestuur van privaat gevangenisse. Ek haal graag in hierdie verband, ter motivering en nuansering, die mening van 'n anonieme keurder uitvoerig aan:

... die probleem is eerder daarin gesetel dat privaat instansies beperk word ten opsigte van die tipe oortreder wat hulle ontvang. Hulle mag net maksimum kategorie oortreders aanhou, waar die rehabilitasieprognose vir vordering baie swak is en die sekuriteitsbe-dreiging baie hoog (DKD verplaas dus al hulle groot risiko's na die privaat instansies). Hulle mag nie weier om die oortreder te ontvang nie (behalwe op grond van bedspasie) en hulle mag nie oortreders direk in die publiek vrylaat nie. Inteendeel, alle oortreders moet vir ten minste ses maande voor vrylating weer terugkeer na DKD (dus 'n tydperk van terugval in bendebedrywighede). Verder, as hulle herklassifiseer word na medium gevalle, mag hulle nie meer by die privaat instansies aangehou word nie. Die omvang van die probleem is derhalwe nie net direk in die winsmotief gesetel nie.

Ek gaan akkoord met hierdie meer genuanseerde benadering tot die bestuur en sukses van privaat gevangenissentrums in Suid-Afrika. Benewens die gedeeltelike winsmotief van dergelike sentrums (volgens Hopkins [2020] het Suid-Afrika tans twee) is 'n verdere probleem die invoer van grootliks onnodige Amerikaanse strafhardeware in die vorm van supermaksi-mumruimtes (Davis, 2003:102; Dissel, 2002). So wys McLaughlin (2010:165) byvoorbeeld daarop dat "[t]hese particular commercial enterprises have a built[-]in 'growth dynamic' because they have a vested interest in seeing the problem of crime growing". McLaughlin se opmerking moet verstaan word in die konteks van die gevangenis-industriële kompleks, veral die Bosasa-skandaal, as 'n geheel en is, soos tereg deur die anonieme keurder hier bo opgemerk, nie uitsluitlik van toepassing op die totstandkoming van privaat gevangenisse in Suid-Afrika nie. Terwyl McLaughlin (2010) se waarneming in die konteks van die Verenigde Koninkryk se sogenaamde "crime control complex", wat agteroor leun om aan die behoeftes van die neo-liberale besigheid(s)inisiatiewe te voldoen, gemaak is, is daar reeds uitgewys dat dieselfde redenasie op Suid-Afrika van toepassing is (Lötter, 2020a). Hierdie toedrag van sake is verder belemmer deur die inwerkingtreding van die Strafregswysingswet No. 105 van 1997 (Republiek van Suid-Afrika, 1997), welke stukkie wetgewing minimum gevangenistermyne geboekstaaf het. Dit het uiteraard 'n baie groter invloed op DKD as op privaat gevangenisse aangesien die departement die primêre ontvanger van oortreders is. In die lig van die tronk-industriële kompleks waarna hier bo verwys is, kan laasgenoemde ontwikkeling, wat ook nie 'n nuwe neiging blyk te wees nie, maar reeds dekades (selfs voor 1994) terugstrek, net met wantroue bejeën word.

Die nota oor wantroue bou ek verder uit deur die konserwatiewe invalshoek betreffende hervorming te toets aan die reeks strukturele onderdrukkings hier ter plaatse en die vraag na te speur of sodanige posisie nie eerder die kriminogeniese mites in verband daarmee versterk nie. Volgens die Franse ekonoom, Thomas Piketty (2015), is Suid-Afrika voor in die ry wanneer besits- en inkomsteongelykheid ter sprake is. Dit is welbekend dat ongelykheid van hierdie aard 'n kriminogeniese teelaarde is (Kriegler, 2019). Inderdaad, soos Martinson (2001) dan ook uitwys, konvensionele "misdaad" is dalk 'n heel normale reaksie op die ongenaakbare en onherbergsame omstandighede wat in 'n "abnormale" gemeenskap heers. Ter analogie, beredeneer Phyllis Chesler (2005) dat vrouens twee keer meer geneig is as mans2 om aan 'n geestesiekte te ly, aangesien hul in 'n distopiese wêreld uitgelewer aan patriargale onderdrukking leef - 'n situasie wat reeds heelwat vererger is deur die geslagsgebaseerde reaksie op die pandemie (Brooks & Saad, 2020).

Gevolglik ontplooi ek in hierdie bydrae die belangrike oorweging betreffende basiese menslike behoeftes, wat 'n belangrike tema is in die literatuur van Konflikhantering en Vrede-studies. Volgens Galtung (1996:viii) is die oplossing "[to] make the subconscious conscious and we may be liberated from much protracted structural and repetitive, direct violence".

Aangesien ek vir hierdie doel in besonder die interaksionistiese en konflikbenaderings tot misdaad met mekaar in gesprek wil bring, is 'n vlugtige oorsig van hierdie twee gedag-terigtings oor die afgelope vyftig jaar vanpas. Hierdie oorsig sal ook vir 'n ander doel nuttig wees, naamlik om in die lig van my kritiek op Omar (2011) se posisie as 'n proeflopie aan te dui hoe hierdie twee benaderings mekaar onderling kan versterk eerder as om hulle as onafhanklike enkelbenaderings te beskou. Nieteenstaande hierdie kritiek, is die waarde van Omar (2011) se argument opgesluit in die idees, wetgewing en raamwerk wat volgens haar die betoog sal steun om die Departement tot verantwoording te roep. Myns insiens sou hierdie aspekte belangrike oorwegings wees in die argument om 'n meer rehabiliterende omgewing as 'n alternatief tot wat tans beskikbaar is, te skep.

Voordat ek 'n konflikhanterings- en konflikkriminologiese perspektief ontgin as my metodologie om die invloed van "muishondstatus," oftewel "etikettering" ("labelling"), op die politisering van misdaad te verduidelik, poog ek eers om die komplekse aard van misdaad na te speur.

 

Misdaad is 'n ingewikkelde probleem

Omar (2011:21) betoog dat "very few rehabilitative programmes can be shown to reduce reoffending [and that] until there are constructive and properly resourced programmes that are available to all prisoners, we cannot know the true value that rehabilitation can play in our prisons".

Haar argument rakende 'n oortreder se reg om op rehabilitasie of hervorming by die Departement aan te dring, is gedeeltelik gebaseer op die ondeurdagte aanname dat misdaad 'n patologie van 'n andersins gesonde gemeeskap is en dat as andersdenkendes (soos oortreders) net daarvan oortuig kan word om die regte paadjie te stap, alles sal regkom. Oorweeg byvoorbeeld die gedagte van Chesler (2005) hier bo dat vrouens nie kan sin maak in 'n distopiese patriargie nie en dus dubbeld so geneig as mans is om aan geestesversteurings te ly. Nog 'n aanname, wat aansluit by haar onkritiese begrip van 'n gesonde gemeenskap, is die gedagte dat misdaad 'n eenvoudige probleem is wat doeltreffend aangepak kan word deur bloot oortreders te hervorm met die oog op hul uiteindelike hervestiging ná vrylating (Omar, 2011:20). Sy voer onder meer aan dat "One of the aims of rehabilitation is to reintegrate a prisoner back into society, with the hope that crime will be avoided in the future." In beginsel stem ek saam, maar, soos ek poog om hier onder aan te toon, is hierdie oorweging - gegewe die huidige omstandighede - blote wensdenkery.

Hierdie aannames wat by Omar (2011) se argument ingebou is, moet bevraagteken word aangesien hul nie net verkeerd is nie, maar ook gekleur is met 'n (moontlik onbewuste) politieke kwas wat, ten minste gedeeltelik, die kriminogeniese teelaardes waarna ek hier bo verwys het, versterk. Bowendien: tereg meen 'n anonieme keurder dat dit "insigte [is] wat deur DCS [sic] ondersteun en gedeel word, wat die probleem vererger en [gevolglik] nie die onderliggende probleme aanspreek nie." Ondanks die feit dat Marx (Marx & Engels,1977:229; Bussard, 1987) self, soos algemeen bekend, onsensitief na vrygelate gevangenes as lumpenproleteriat3 verwys het, is dit ook so dat Marxisties-geïnspireerde kriminologie sedert die afloop van die Tweede Wereldoorlog opbouende insigte ontwikkel het. Een sodanige diepsinnige gesigspunt is deur De Haan (1991:208) verwoord as "what we need is not a better theory of crime, but a more powerful critique of crime".

In 'n wêreld waar klasbewustheid aan die orde van die dag is - 'n situasie waaruit konflik voortvloei, aangesien toegang tot geleenthede grootliks daardeur bepaal word (Bourdieu, 1984; Bourdieu & Passeron, 1979) - geniet die nietige oortredings wat deur die armes gepleeg word voorkeur bo die grusame misdade van die welgesteldes en gesaghebbendes. 'n Interessante eietydse voorbeeld is die verskynsel van die selfverrykende projekte van die laasgenoemde tipe "oortreder"4 wat tot grootskaalse mensgemaakte klimaatsverandering gelei het (Klein, 2015; Lötter, 2018:114-115) en die voortbestaan van alle lewensvorme op hierdie planeet in gevaar gestel het. Ten tye van die skryf van hierdie bydrae (Februarie 2022), berig die New York Times dat die Verenigde Volke pas 'n verslag vrygestel het (Intergovernmental Panel on Climate Change, 2022) waarin gewaarsku word dat die gevare rakende planeetverwarming so vinnig toeneem dat ons vermoë om daarby aan te pas, eersdaags oorweldig sal word. In die lig van hierdie soort oorwegings meen Cohen (1973:624) dat sogenaamde "alledaagse" misdaad nie behoorlik verstaan kan word sonder verwysing na die konteks waarin dit gepleeg word nie.

Marxisties-geïnspireerde kriminoloë (Reiman & Leighton, 2020; Quinney, 2008, 1991; McLaughlin, 2010; Muncie, 2010; Davis, 2003, 2005; Christie, 2017; Chambliss & Seidman, 1971; Julia & Herman Schwendinger, 1970; Cohen, 1973) het hierdie uitgangspunt nagespeur en ek belig vervolgens hierdie belangrike idee met verwysing na vyf padtekens, naamlik 1) 'n uitwysing van die openbare inrigtings wat strukturele geweld aanblaas, 2) die polisiëring van geteikende gemeenskappe en 3) hul gevolglike vordering deur die strafregstelsel, 4) die maniere waarop 'n stigmatiserend-beskamingskultuur (soos te vinde in Suid-Afrika) kwesbare groepe (soos vrygelate gevangenes of oortreders) geringskat met die oog daarop dat hierdie groepe(rings) as "bron" eerder as "oorsaak" van misdadige teelaarde dien en 5) die politieke verwringing van die publiek se begrip van misdaad ten einde die belange van die welgesteldes en gesaghebbendes te bevorder. Volgens McLaughlin (2010:167), "the blindspot of conventional criminology retains its steadfast refusal to research victimization by the powerful, not least because the state does not recognize nor fund such research." Dit is natuurlik ook so dat die slagoffer, die oortreder, die konteks en die omgewing nie van mekaar geskei kan word nie en inderdaad inter-afhanklik van mekaar is.

Sedert die laat 1960s is hoofstroomkriminologie (met die nadruk op objektiewe, empiriese bevindings) in die Westerse wêreld indringend bevraagteken en die aannames wat daaruit voortspruit, ondersoek (McLaughlin, 2010). Die name van hierdie rebeldiskoerse is dan ook self-verduidelikend, naamlik Groen Kriminologie, Vredemakende Kriminologie, Ontbindings-kriminologie, Feministiese Kriminologie, Kritiese Raskriminologie, en so meer. Pat Carlen (2005:83) doen aan die hand dat "a critical criminology must try not only to think the unthinkable about crime, but also to speak the unspeakable about the conditions in which and by which it is known". Ek poog dus ook om met hierdie bydrae iets soortsgelyks te doen, naamlik om iets oorspronkliks by te dra.

Eerstens, die idee van individuele aanspreeklikheid vir misdaadpleging het tot 'n groot mate verlore gegaan by die moderne begrip van sogenaamde "objektiewe" misdaaddryfvere. Daar is nou begrip vir die gedagte dat openbare inrigtings "strukturele geweld" ('n term wat in 1996 deur Galtung gemunt is) aanblaas ten einde gemeenskappe te na te kom op maniere wat beide ongeregverdig en andersins voorkombaar is. Voorbeelde van hierdie vorme van verdrukking, wat terselftertyd ook as aansienlike bronne van misdaadteelaarde dien, is patriargie, rassemeerderwaardigheid, armoede, werkloosheid en verdiepende ongelykheid. Craig Haney (2005:81) dring byvoorbeeld daarop aan dat "contextual, situational and structural forces" 'n baie groter rol by "alledaagse" misdaadpleging speel as wat die tradisionele klem op individuele verantwoordelikheid voorhou.

Meer onlangs het Dastile en Agozino (2019:22-24) aangedui dat die Westers-gesentreerde paradigma in eietydse kriminologiese denke Afrika-vroue hul waardigheid ontsê het. Dié stand van sake is volgens die skrywers bewerkstellig deur die kriminalisering van vroulike gevangenes se identifisering van hul subjektiwiteit en eie-beliggaming. Dastile en Agozino (2019:29-31) betoog vervolgens dat die epistemologie wat hierdie vorm van kolonalisering as 'n begripsraamwerk onderlê, hervorm moet word. In dieselfde asem staan die verskeidenheid van onderstromings wat Kritiese Kriminologie as 'n vakdissipline daarstel, skepties teenoor die aannames wat hoofstroomkriminologie, met 'n klem op empiriese werk, onderlê ten gunste van 'n meer omvattende beeld van die konteks van misdaadpleging (McLaughlin, 2010:163166; Young, 2011:270-271). In die 1970s het die egpaar Julia en Herman Schwendinger (1970:148) die volgende humanistiese definisie van misdaadpleging geformuleer, wat gegrond is op die miskenning van basiese menslike behoeftes:

If the terms imperialism, racism, sexism and poverty are abbreviated signs for theories of social relationships or social systems which cause the systematic abrogation of basic rights, then imperialism, racism, sexism, and poverty can be called crimes according to the logic of our argument.

Volgens hierdie ongewone omskrywing van misdaad tel 'n verskeidenheid van strukturele onderdrukkings dan self as "misdade". So doen Haney (2005:78-87) dan ook aan die hand dat die denkpatroon wat gevangenisstraf as straftoemeting onderlê, van dieselfde gediskrediteerde negentiende eeuse mite afgelei is as die begrip van individuele verantwoording, ondanks die feit dat 'n raamwerk verpak met 'n geheelbeeld amper uitsluitlik gedrag wat as misdaad beskryf word, verduidelik. Nietemin word gevangesetting as die oorwegende straftoemetingsparadigma in Suid-Afrika en die res van die wêreld (Bosworth, 2010:197; Davis, 2003:100-103; Haney, 2005:86; Dastile & Agozino, 2019:30-31), nog steeds op hierdie uitgediende model gebaseer. Reiman (1990:131-133) betoog op sy beurt dat 'n gemeenskap wat ideologie van hierdie aard rugsteun, altyd onwillig of nie in staat sal wees om self verantwoordelikheid te neem vir sy eie aanspreeklikheid in die skepping van misdaadteelaardes nie. In die 12de uitgawe van hierdie bekroonde werk (Reiman & Leighton, 2020:175-180), vind 'n klemverskuiwing in die skrywers se hantering van die onderwerp plaas, aangesien hul nou wys op die bydraende misdaadaanspreeklikheid van beide die oortreder en die gemeenskap. Hierdie gebrek aan verantwoording vir die strukturele onderdrukking wat gemarginaliseerde gemeenskappe skep, lei daartoe dat hierdie gemeenskappe ook deur voorgenoemde uitgediende model gevorm word.

Tweedens is dit hierdie individualistiese agenda wat, volgens 'n Marxisties-geïnspireerde lees van misdaad, dien as 'n model vir gevangenisoplegging welke ook gevoed word deur 'n selektiewe en onverteenwoordigende polisiëring van armoedige woonbuurte. Alexander (2012, 2020) het byvoorbeeld aangetoon dat die verskynsel van grootskaalse gevangenissetting niks anders as 'n voortsetting van 'n ander tipe slawerny is wat ondanks die Burgeroorlog van 1861-1865, nog in die Amerikaanse psige bly voortbestaan, aangesien dieselfde rassistiese diskoers wat slawerny onderlê het, nog in die onderbewuste teenwoordig is. Angela Davis (2003:50) verwys na hierdie eiesoortige geskiedkundige nadraai waar 'n verskynsel (soos slawerny) onder 'n heel ander mantel kan bly voortsleep as die smeebaarheid van die geskiedenis. Alexander (2012), Reiman (1990:80-115) en Davis (2005:37) betoog al drie onder afsonderlike vaandels dat die polisiëring van armoedige woonbuurte grootliks tot die uitsluiting van welgestelde ruimtes sal lei en dat daar meer mense beskikbaar sal wees vir prosessering deur die strafregstelsel (howe, polisie, gevangenis, regslui) as wat andersins die geval sou wees.

Oorweeg ook Human Rights Watch (2017) se gevolgtrekkings oor die toestand van die Verenigde State se strafregstelsel, naamlik dat dwelmbeheer teen mans van kleur diskrimineer: "Black adults use drugs at similar or even lower rates than white adults, yet black adults are more than two-and-a-half times as likely as white adults to be arrested for drug possession in the US." In hierdie verband merk McLaughlin (2010:165) op dat "[t]he prison plays the crucial function in advanced capitalist societies of warehousing 'surplus populations' and the 'dangerous classes'". Hierdie sogenaamde surplusbevolkings waarna McLaughlin verwys, sluit uiteraard hawelose vrygelate gevangenes en armes in. Die oogmerk met die uitvoerige polisiëring en prosessering van hierdie kwesbare groepe is uiteraard gerig op hul boosskatting of demonisering (Reiman,1990:129-133).

Reiman (1990:115) redeneer dat in 'n kapitalistiese staat, waar inkomste en bateverspreiding grotendeels ongelyk is en sukses amper uitsluitlik in terme van toegang tot geld en mag bereken word, armes (en ander uitgewekenes) as boos beskou word. Dit nie net om die huidige ekonomiese reelings as billik en regverdig te legitimiseer of wettig nie, maar ook om aandag weg te trek van die maniere waarop die welgesteldes en gesaghebbendes hul rykdom bekom. Steven Box (1983:3) voeg byvoorbeeld die volgende gesigspunt by Reiman se insiggewende waarneming:

Maybe what is stuffed into our consciousness as the crime problem is in fact an illusion, a trick to deflect attention away from other more serious crimes and victimising behaviours which objectively cause the vast bulk of avoidable death, injury and deprivation. (nadruk in die oorspronklike)

Derdens, maatskaplike euwels, soos armoede as gevolg van 'n ongenaakbare stelsel, verskyn as "bronne" eerder as "oorsake" van misdaad (Reiman, 1990:8-9, 14, 48; Quinney, 2008 en ander bronne hier bo vermeld). Om hierdie idee te verduidelik, het Reiman (1990:5), 'n bekende konflikkriminoloog woonagtig in die Verenigde State, die begrip Pyrrhiese nederlaag gemunt. Waar 'n Pyrrhiese oorwinning een is wat teen so 'n enorme koste behaal is dat die uitslag van byna slegs akademiese belang is, is 'n Pyrrhiese nederlaag eweneens 'n nederlaag van so'n omvang dat die uitslag eintlik op 'n oorwinning neerkom, omdat om te verloor die eintlike doel van die oefenlopie was.

'n Interessante voorbeeld van so 'n Pyrrhiese nederlaag in die Suid-Afrikaanse opset, word deur Van Loggerenberg in sy boek Tobacco Wars (2019) verskaf. Volgens Van Logge-renberg is die elite ondersoekeenhede van die Suid-Afrikaanse Belastingdiens stelselmatig afgetakel of afgeskaal met die oog op ontbinding sodat gesaghebbende gevestigde sakebelange, in besonder die ondergrondse tabaknywerheid, as deel van 'n breër staatskapingsprojek, belastingaanspreeklikheid kon ontwyk. Daar word aan die hand gedoen dat die strafregstelsels in alle lande met grootskaalse ongelykhede so ontwerp is om gevolg aan 'n Pyrrhiese nederlaag te gee (Reiman & Leighton, 2020) terwyl die alledaagse misdaadprentjie, aldus Box (1983), gemistifiseer ("mystification of crime") word. Ek ontgin die redes hiervoor in die volgende paragraaf.

Vierdens, Richard Quinney (2008) wys daarop dat die gedagte aan sogenaamde "objektiewe" misdaad geen bestaansreg het nie, aangesien die openbare begrip van gedrag wat as "misdadig" gereken word, ideologies verwring word om aan die doeleindes van die welgesteldes en gesaghebbendes te voldoen. Misdaad is dan ook inderdaad 'n polities-maatskaplike rekonstruksie van die werklikheid. Terselfdertyd is dit van groot belang dat die invloed van klas, ras en geslag (sowel as, mag mens byvoeg, muishondstatus) op die unieke lewensweë van oortreders in ná-koloniale ruimtes ontplooi, soos Dastile en Agozino (2019:31) oortuigend uitwys. Marqua-Harries, Stewart en Padayachee (2019) betoog in dieselfde trant dat, aangesien baie oortreders uit 'n agtergrond deurspek met trauma en/of verwaarlosing kom, die gevangenis se hervormingsmandaat veel eerder baat sal vind by 'n traumaperspektief. Wat natuurlik ontbreek, is 'n terapeutiese invalshoek en 'n gesonde jeug in terme van 'n korrektiewe rehabilitasieraamwerk. Dit is in hierdie konteks dat krities-geïnspireerde kriminoloë ondersoek "whose law and whose order" beskerm word (Schwendinger & Schwendinger, 1970; Taylor, Walton & Young, 1973). Soos Stanley Cohen (1973:624) dan ook betoog, die misdaadpleging "carried out by the powerful are not only not punished, but are not called 'crime'".

Laastens, uit 'n interdissiplinêre oogpunt, Konflikbemiddeling of Vredestudies, soos hierdie studieterrein ook bekendstaan, is belangrike insigte ter hand om Kritiese Kriminologie te verryk (Lötter, 2021b:1250-1255). In besonder het ek in gedagte die nadruk wat kenners van eersgenoemde vakgebied op die voorkoming of versagting van spanning plaas deur middel van die erkenning van basiese menslike behoeftes (Burton, 1997; Galtung, 1996). In die konteks van vrygelate gevangenes se ettikettering of muishondstatus, is dit hierdie ongebreidelde konflik wat onder andere lei tot verdere misdaadpleging en Suid-Afrika se onhoudbare heroortredingsyfers.

In die lig van Suid-Afrika se hardestigmatiserend-beskamingskultuur, word Goffman (1990:19) se seminale omskrywing van stigma oorweeg, naamlik "the central feature of the stigmatized individual's situation in life [...] It is a question of [...] 'acceptance'". Ek doen aan die hand dat die "question" 'n allesomvattende begrip is vir die gedagte aan basiese menslike behoeftes soos inkomste, herberg en die allerbelangrike idee van psigiese maatskaplike aanvaarding. Burton (2001) het die nuutskepping "prevention" gemunt wat gemik is op strategie om voortslepende maatskaplike spanning ("protracted social conflict") wat tot geweld kan lei, hok te slaan. My gedagtegang is gevolglik gemik op Konflikhantering/Konflikkriminologie as 'n doelgerigte interdissiplinêre metodologie ten einde my navorsingsvraag te ondersoek.

 

Interdissiplinêre konflikmetodologie

Ek oorweeg vervolgens, deur middel van 'n eklektiese metodologie bestaande uit Konflik-hantering, Konflikkriminologie en postkoloniale teorie, die bostaande argument van Omar (2011), naamlik dat 'n oortreder die reg het om hervorming van die Departement te eis. Vanuit 'n Konflikhanteringsperspektief (Burton, 1997; Galtung, 1996; Quinney, 1991:11-12) is die politieke oorweging van basiese menslike behoeftes, soos teoreties verfyn deur Burton (19152010) en Galtung (1996), die kern van hierdie bydrae. (Sowel Burton as Galtung is besonder geskik om dergelike uitgangspunte te ondersteun: Burton was 'n professionele diplomaat voor hy die akademie betree het, en Galtung is in 1969 benoem tot die wêreld se eerste leerstoel in vredes- en konflikstudies aan die Universiteit van Oslo in Noorweë.)

Tensy daar aan hierdie grondliggende vereiste van basiese menslike behoeftes by die ná-vrylatingsontvangs van vrygelate gevangenes voldoen word, is verskeie vlakke van spanning en konflik sowel as meegaande kriminogeniese teelaardes 'n voldonge feit. Konflikkriminologie se kritiese, Marxistiese invalshoek, aan die ander kant, word gevorm deur die aandrang om geen kennis van dissiplinêre grense te neem nie (Young, 2011:258), soos blyk uit Michel Foucault se vertrekpunt insake die paradigmaverskuiwing in strafoplegging vanaf absolute na dissiplinêre mag (McLaughlin, 2010:162-163). Hierby kan gevoeg word dat kognitiewe dissonansie ook 'n empiriese bydrae tot hierdie uitgangspunt gelewer het.

Laasgenoemde metodologie se fokus het verskuif vanaf 'n raamwerk vir verduidelikings rondom oorsake van misdaad na 'n "critique of correctional criminology in which the questioning of political and social control would take precedence over behavioural and correctional issues. [and a critical understanding of] the capacity of the capitalist state to criminalise problematical behaviour" (McLaughlin, 2010:155). Anders gestel, is hierdie opmerking 'n verwysing na die abstraksie van interkonnektiwiteit eerder as orde.

In besonder is die geringskatting, diskriminasie en stigmatisering van vrygelate gevangenes as 'n groep of klas gebaseer op dieselfde beginsel as dié van postkoloniale teorie, naamlik "onder-ontwikkeling." In hierdie verband gaan Sherry (2008:654) akkoord met postkoloniale teorie se vermoë om verwaarloosde en onderdrukte stemme se slaankrag aan te wakker. As sodanig, gee postkoloniale teorie vorm aan sy betekenis deur middel van "producing a liberatory, transformative subjectivity in an oppressed or marginalised group whilst at the same time producing useful knowledge of that group and those who work in support of them" (Phillips, 2011:165). Postkoloniale teorie verteenwoordig dus 'n kragdadige lens waardeur die onderdrukking van geringgeskatte gemarginaliseerdes ondersoek kan word (Lötter, 2018:4142) en hierdie bespreking baan die weg vir Kritiese Kriminologie se insigte rakende die etiketteringsperspektief.

 

Die etiketteringsperspektief binne 'n teoretiese raamwerk

Giddens en Sutton (2017: Hoofstuk 20) verduidelik dat daar tans vier benaderings is wat ons begrip met betrekking tot misdaad, afwyking en heroortreding belig - funksionalisties, interaksionisties, konflik en beheer.5 Funksionalistiese teorieë redeneer dat die gemeenskap oor die algemeen gesproke, in wese gesond is en dat misdaad (of ander afwykings) die gevolg van 'n agteruitgang van morele waardes of strukturele spanning is (Giddens & Sutton, 2017: Hoofstuk 1), terwyl interaksioniste van mening is dat misdaad niks anders as "a socially constructed phenomenon" is nie (Giddens & Sutton, 2017:209). Die sogenaamde tradisionele benadering, wat byna alle hervormings- en hervestigingsinisiatiewe onderlê, is funksionalisties. Kundiges wat onder hierdie tradisie tel, is onder meer Émile Durkheim, John Braithwaite en die Frankfurtse Skool (ondanks laasgenoemde se Marxistiese beskouing). Konflikkriminoloë, waaronder Jeffrey Reiman, Pat Carlen, Richard Quinney en ekself tel, betoog dat die klaskonflik wat voortvloei uit die ekonomiese maatreëls wat in kapitalistiese gemeenskappe geld, onvermydelik in misdaad ontaard (Chambliss & Seidman, 1971). Ek is egter geensins oortuig daarvan dat 'n oorgang vanaf 'n kapitalistiese na 'n sosialistiese gemeenskap noodwendig tot die uitskakeling van misdaad gaan lei nie.

My eie teoretiese raamwerk lê êrens tussen interaksionisme en 'n konflikbenadering tot misdaad.6 Dit word verder onderlê deur 'n kritiese ontplooiing van die polities-geïnspireerde etiketteringspraktyk en postkoloniale teorie toegepas op die maatskaplike jag op die gemarginaliseerdes (wat uiteraard vrygelate gevangenes insluit). First (2006:8) se herinnering van haar 90-dae aanhouding in eensame opsluiting gedurende die hoogtepunt van Suid-Afrika se apartheidsbeleid, verbeeld die probleem van funksionalisme pragtig en toon hoe die interaksionistiese en konflikbenaderings mekaar onderskraag:

It was Friday night, police-raid night. Pickup vans and kwela-kwelas, policemen in uniform, detectives in plain clothes were combing locations and hostels, backyards and shebeens to clean the city of 'crime,' and the doors of Marshall Square stood wide open to receive the haul of the dragnet.

Soortgelyk is die gedagte aan "alledaagse" misdaad wat as ongekwalifiseerde "misdaad" in 'n abnormale gemeenskap getipeer is - soos postapartheid Suid-Afrika in die wurggreep van 'n bendeskadustaat tydens staatskaping (Chipkin & Swilling, 2018; Johnson, 2015:49; Zondo, 2022) - eenvoudig gekheid. Daarenteen wys Braithwaite (1989:50-53) korrek daarop dat die verskeidenheid benaderings tot misdaad poduktief saaamgesnoer kan word om 'n algemene teorie van misdaad op te bou, soos hy self gedoen het.

Aangesien die interaksionistiese benadering ondersoek instel na die wyse waarop die geringskatting en stigmatisering van bepaalde groepe maatskaplik en polities opgebou en saamgestel word, wys Giddens en Sutton (2017:209) daarop dat die ondersoek na die aard van etikettering moontlik die mees produktiewe insig van hierdie beweging was. Robert K. Merton (1948:195), een van die leidende figure wat werksaam is aan die etiketteringsperspek-tief, doen aan die hand dat die begrip "self-fulfilling prophecy"7 nuttig is in sy ondersoek na die alledaagse werking van etikettering en omskryf dit as "a false definition of the situation evoking a new behavior which makes the originally false conception come true". Deur die tronkstempel op vrygelate gevangenes af te druk (Alexander, 2012; 2020), kan ons verwag dat hul aan ons ergste verwagtings sal voldoen. Boonop dring Foucault (1991:107) daarop aan dat onbepaalde strafoplegging (en wat hy uiteraard hier in gedagte het, is stigma en geringskatting) nie redelikerwys as "straf" beskou kan word nie, aangesien dit nie op hervorming gemik is nie en dus "little better than torture" is.

Daarenteen, het Wolf (1978:102) egter tot 'n ander slotsom gekom in sy (vanselfsprekend funksionalistiese) siening dat "stigma is perhaps the most important deterrent element in punishment." Tog dring Braithwaite (1989:20 & 100) met sy grondliggende onderskeid tussen hardestigmatiserend-beskamings- en integrerend-beskamende kulture daarop aan dat stigmatisering "counterproductive" is aangesien dit op "criminogenic labeling" neerkom. Hy betoog ook oortuigend dat gemeenskappe wat beskaming hanteer met die doel van haalbare hervestiging in gedagte (tipies gemeenskapsverknogte omgewings ["communitarian societies"] soos te vinde in China en Japan), die misdryf eerder as die oortreder veroordeel (Braithwaite, 1989:100). Hierdie benadering skep die geleentheid vir die oortreder om sy of haar aandeel in die misdaad en beskaming daaroor te erken sodat die oortreder op hierdie wyse binne die gemeenskap hervestig kan vind. Hierdie erkenning deur die oortreder is noodsaaklik ten einde 'n "commitment to a shared ethical identity" (Harris & Braithwaite, 2010:113) tussen die oortreder en die gemeenskap te (her)bou. Hardestigmatiserend-beskamingskulture (tipies hoogsindividualistiese gemeenskappe, soos te vinde in Suid-Afrika en die Verenigde State) moedig onerkende en ongefokusde beskaming aan wat, anders as wat die geval is met integrerend-beskamingskulture, lei tot 'n verwerping van die teregwysing deur die oortreder en gevolglik 'n groter geneigdheid tot heroortreding en 'n besliste onvermoë om te hervestig (Braithwaite, 1989:113). Dit is deur hierdie gedagtegang dat Braithwaite (1989:61) aandui dat die strafopleggingspraktyke van baie hardestigmatiserend-beskamingskulture in (veral) die Weste, aanleiding gegee het tot die "uncoupling of shame and punishment." Volgens Galtung (1996:31) is die weerhouding van grondliggende menslike behoeftes aan enige maatskaplike groep 'n natuurlike aansporing tot spanning en konflik, op sigself 'n vorm van kulturele geweld wat stigma teen die betrokke groep regverdig. Etikettering en heroortreding gaan duidelik hand aan hand. 'n Gewigtige bewustheid van die ernstige politieke nadraai van die staat se geringskattings- en etiketteringspraktyke het De Haan (1991:208) genoop om die dringendheid van 'n meer indiepteondersoek na die presiese aard van misdaad uit te wys. Ook Weiss (1998:428-429) het reeds op die randjie van die huidige eeu daarop gewys dat daar wêreldwyd 'n intense neiging tot verdrukking en ongeduld teenoor maatskaplike afwyking te bespeur is met die oog op die hantering van groeiende oorskotbevolkings, waarvan vrygelate gevangenes natuurlik een sodanige groep uitmaak.

Terwyl Muntingh (2002:22) die negatiewe invloed van stigma op die lewensloop van vrygelate gevangenes in Suid-Afrika erken, gee hy terselfdertyd ook toe dat "[t]he reality is ... that ex-prisoners continue to suffer from social and economic exclusion - a reflection of society's belief that those who have offended or been imprisoned cannot be part of 'good' society again". Hierdie woorde is twintig jaar gelede geskryf, maar hul strekking is vandag, weens die nadraai van onder andere die sogenaamde tronk-industriële kompleks met tronkstraf as ons oorwegende straftoemetingsopsie binne 'n hardestigmatiserend-beskamingskultuur, selfs van groter toepassing as wat hul destyds was. Die verskynsel van die tronk-industriële kompleks (waarvan privaat gevangenisse 'n klein onderdeel verteenwoordig) het sedert ten minste 2003 die hersirkulering van oortreders, al is dit net ten dele, in die najaag van die onverklaarde winsmotief beide aangeblaas en aangemoedig eerder as om, soos wat mens eerder sou verwag van 'n verantwoordelike regering, hul haalbare hervorming en -vestiging te bevorder (Lötter, 2020a:2-3,vn1). Selfs meer onstellend is die voorstel van Davis (2003:2936) en Bosworth (2010:15-16 & 35-37) dat die verskynsel van grootskaalse gevangesetting 'n heruitvinding van slawerny deur ander maniere, soos hier bo na verwys is, was ten einde in die behoefte aan goedkoop handearbeid op die katoenplase in die Amerikaanse Suide, ná die afloop van die Burgeroorlog daar, te voldoen. In die Suid-Afrikaanse konteks is hierdie gedagte duidelik te bespeur in Suid-Afrika vóór 1994 en ná 1994 met die verskuiwing van die vooroordeel van ras na inkomste- en eiendomsongelykheid (Könik, 2015:165; Lötter, 2018:148-152).

'n Soortgelyke werkswyse is te vinde in voor-apartheid Suid-Afrika waar spanne bandiete (soos hul toe bekend gestaan het) direk deur die Departement van Korrektiewe Dienste aan privaat werkgewers uitverhuur is - en moontlik is dit ook indirek in postapartheid Suid-Afrika steeds waar. Ek doen aan die hand dat hierdie stelling korrek is, ondanks grootskaalse werkloosheid hier ter plaatse en die feit dat oortreders nie gedwing mag word om te werk nie, aangesien hierdie groep as deel van die "oorskotbevolking" steeds winsgewend is in die vorm van die hersirkulering wat die tronk-industriële kompleks aanvuur. Hierdie prentjie verduidelik hoekom kundiges soos Richards en Jones (2004:202), al is hul opmerking in 'n ander kulturele konteks geopper en al is hierdie stelling slegs ten dele waar vir die Suid-Afrikaanse situasie, betoog dat vrygelate gevangenes nooit toegelaat word om 'n heenkome te vind ten einde te hervestig nie maar "[i]nstead [they] are processed through correctional stages where they are structured to fail, return to prison and over time become institutionalized". Aangesien die Verenigde State en Suid-Afrika8 beide hardestigmatiserend-beskamingskulture bevat, is hierdie Amerikaanse bron ook deels van toepassing hier te lande. Die oorgrote meerderheid voel wrokkig teenoor hul etikettering, die muishondstatus wat 'n ongeregverdigde ''invisible punishment'' is wat hul hof-benoemde vonnisoplegging aansienlik oorskry (Henderson, 2005:1240 en Uggen, Manza & Behrens, 2004:280, onderskeidelik). Hier kan tereg gevra word wat die punt van individualisering van misdaadoplegging is, soos Geiger (2006) dan ook in die omvang van die Verenigde State se hardestigmatiserend-beskamingskultuur behendig gedoen het, wanneer stigma, ondanks die aard van die misdryf, vrygelate gevangenes se vonnisoplegging onbepaald uitrek. In hierdie opsig benadruk laasgenoemde se waarneming Braithwaite se belangrike uitgangspunt rakende die hervormingspotensiaal van hervestiging en die kansellering daarvan deur die teenwig daarvan, naamlik stigmatisering deur etikettering:

The bitterness underlying these comments shows the flip side of the power of community reintegration: when stigma and rejection are the dominant experience, the potentially restorative benefits of civic participation are lost. (Uggen, Matza & Behrens, 2004:277)

Die nadruk van konflikhantering op die waarde van die erkenning van grondliggende menslike behoeftes ten einde spanning en konflik te "provent" (Burton) en sodanige heroortreding hok te slaan, is hier ooglopend. "Provent", soos ek hierbo aangedui het, is 'n nuutskepping van Burton (1997, 2001) wat daarop dui dat die korrekte sosio-ekonomiese toestande van meet af aan geskep moet word ten einde konflik te voorkom of te vermy. In die konteks van heroortreding beteken dit dat daar aan voormalige oortreders se basiese menslike behoeftes voorsien word ten einde die gebrek hieraan as 'n moontlike dryfveer vir heroortreding te vermy. Dieselfde waarneming is van toepassing op Suid-Afrikaanse oortreders; hul skamele vooruitsigte vir suksesvolle hervestiging na vrylating is 'n ernstige struikelblok wat hul haalbare hervorming ernstig belemmer (Dissel, 2008:172; Lötter, 2018:15-36; Samuels, 2010:3 & 15). In hierdie opsig redeneer John Muncie (2010:142) betekenisvol dat "the stereotyping of [ex-offenders] as 'spoiled' precludes their ability to return to the mainstream". Chui en Cheng (2013:673) sluit hul studie van Hong Kong, 'n voormalige Britse kroonkolonie voordat dit in 1997 aan China terugbesorg is, se ongenaakbare stigmatiserend-beskamingskultuur af met die opmerking dat "[e]xamining the stigma of returning prisoners is [...] vital for both researchers and policymakers." Michelle Alexander (2020) voeg op haar beurt die belangrike insig tot hierdie gedagtewisseling toe, dat stigma 'n besondere afbrekende gevolg op die lewens van oortreders in die Verenigde State het, aangesien dit Afro-Amerikaners en nou ook sogenaamde "onwettige migrante" opgesluit hou as tweedeklas burgers, 'n weggooibare groep gebore uit rassegeheueverlies. Dieselfde gebeur natuurlik in Suid-Afrika en Afrika. Sy doen terselfdertyd aan die hand dat "the notion that, if you've ever committed a crime, you're permanently disposable is the very idea that has rationalized mass incarceration in the United States." In dieselfde trant het Mboti (2018) aangedui dat die oorwegende gevangenisdiskoers in Suid-Afrika nog steeds op 'n apartheidsgrondslag bedryf word aangesien die ons/hulle-beginsel by gevangenisstraf ingebou is en volksvreemd aan die Afrika-idee van ubuntu is. Inderdaad, volgens Malcolm X se welbekende woorde, "Second class citizenship is nothing but twentieth century slavery." Ter plaatse is daar dan ook betoog dat al die redes wat gelys is om die mislukking van hervest igingsinisiatiewe te verduidelik (dwelmmisbruik/verslaafdheid, werkloosheid, bende-aktiwiteite en verswakte maatskaplike bande), die direkte gevolg van die afbrekende invloed van die stigma van gevangenisstraf as die beskamingskultuur se oorwegende vonnisopleggingsparadigma is (Lötter, 2018:38). Adorjan en Chui (2014:99-110) dui op dieselfde gevolgtrekking in hul oorsig van gefaalde hervestigingsprojekte in beide die Weste en die Ooste. Terwyl Afrika baie kulture bevat wat wel integrerend-beskamend van aard is, is gevangenisstraf as die oorwegende vonnisopleggingsparadigma uiteraard nog 'n koloniale oorblyfsel in dele van Afrika (Nagel, 2008; Dastile & Agozino, 2019:30-31).

Dui hierdie argumente nie daarop dat stigma en heroortreding, aan die een kant, en hervestiging en integrerende beskaming, aan die ander kant, soos hand in handskoen pas nie? Gedenk die woorde van Mary Bosworth (2010:169), "while prisons have always been used to control the poor and the disorderly, the extent to which incarceration in the 1990s became divorced from any of its historical justifications for justice, crime reduction, or rehabilitation is remarkable". Dit is die gevolg, soos Braithwaite (1989:61) aandui, van die ontkoppeling van beskaming en vonnisoplegging in stigmatiserend-beskamingskulture. Hierdie misplaaste praktyke het beide Jones-Young en Powell (2015) sowel as Mechthild Nagel (2008:68) genoop om na vrygelate gevangenes te verwys as 'n "highly stigmatized population" en "some of society's most marginalized people" onderskeidelik. Op sy beurt bevestig hierdie waarnemings weer Braithwaite en Becker se gesamentlike insig dat stigma misdaad aanblaas en veelseggend is omtrent die politieke mag van etikettering.

In hierdie opsig is Kritiese Kriminologie se oogmerk die uitwys van die "'criminalisation' practices that emanated from and assisted the 'authoritarian state' in its management of structural contradictions" (McLaughlin, 2010:163). Die volgende drie kenmerke moet die leser tot onrus stem. Eerstens, die staat se uitvoerige mag om hom op die instemming van die breë publiek te beroep in sy etiketterings- en geringskattingspraktyke, verteenwoordig een van die magtigste dissiplinêre metodes beskikbaar vir die bevordering van gevestigde belange. Hierdie is 'n verwysing na kapitaal sowel as ras en geslag. Tweedens, Nils Christie (2017:4), die bekende Norweegse konflikkriminoloog, het die aandag gevestig op die verskynsel dat "the major dangers of crime in modern societies are not the crime, but the fight against them may lead societies towards totalitarian developments". Laasgenoemde is 'n gewigtige kwessie aangesien die sameswering van strafgerigte kriminoloë ("correctional-minded criminologists") met die staat laasgenoemde se ondeurdagte "criminalisation and marginalisation practices" (McLaughlin, 2010:167) sonder meer wettig. Volgens Hillyard en Tombs (2004:28), "[i]f criminology is now well established as a discipline, the costs of legitimacy and professionalisa-tion have been, and continue to be, high when measured against any index of social justice". Wat eerder in aanvraag is, is inderdaad, soos Noam Chomsky dit stel, intellektuele verant-woordelikheid.

Die bou van 'n konflik- en interaksionistiese teorie word ook sterk deur postkoloniale teorie beïnvloed aangesien beide simpatiek staan teenoor die kritiek op die nalatenskap van koloniale ontwikkelingspraktyke wat so op die Derde Wêreld afgedruk is (Phillips, 2011:157). Teen hierdie vlugtige agtergrond van etikettering- en konflikperspektiewe in 'n postkoloniale raamwerk, kan die meriete van die tradisionele invalshoek vervolgens oorweeg word.

 

Die voorgestelde tekortkomings in die tradisionele uitgangspunt

Ek het betoog dat die grondliggende tekortkoming in Jameelah Omar se vertrekpunt haar geloof in die funksionalistiese ("functionalist") invalshoek is, selfs al is dit net op 'n onbewuste vlak. Sy is egter in goeie geselskap aangesien Braithwaite (1989:38-43) ook 'n funksionele geneigdheid teenoor misdaadvoorkoming openbaar siende dat hy aanvoer dat die oorgrote meerderheid mense dit eens is met die meeste beginsels wat die strafreg onderlê.

Die gevaar van hierdie uitgangspunt is egter nie net dat dit 'n neo-konserwatiewe gordyn trek oor strukturele verdrukkings nie, maar ook dat dit nie ruimte laat vir die noodsaaklike moontlikheid dat, soos Martinson aandui, konflik in ons gemeenskap 'n belangrike teken is dat iets grondliggend verkeerd is nie. So betoog Pat Carlen (2013) byvoorbeeld dat die gedagte aan hervorming uitgediend is in 'n gemeenskap wat weier om aandag te gee aan die kwessie van grondliggende verandering as 'n voorvereiste vir die moontlikheid van wesenlike hervorming. Hierdie gedagtegang behoort enige betekenisvolle heroorweging van die wese van misdaad vooraf te gaan (soos De Haan dan ook voorgestel het). Ek kan nie aan twee beter voorbeelde dink wat hierdie idee uitbeeld as juis dié van Ruth First (alledaagse misdaad) en Phyllis Chesler (vrouwees te midde van patriargale onderdrukking) rakende normale lewensomgang in 'n abnormale gemeenskap nie.

Hierdie oorwegings bring ons by 'n hernude begrip van Quinney se betoog dat ons openbare besef van misdaad in die eerste plek gevorm word deur voorafbestaande gevestigde belange wat gelei het tot die verwronge fokus op sogenaamde alledaagse misdaad, terwyl die meer grusame misdade van die welgesteldes en gesaghebbendes oorgesien word (soos Reiman in sy Pyrrhiese nederlaagteorie uitwys). Oorweeg byvoorbeeld die gedagte dat terwyl mense vir diefstal van brood tronk toe gestuur word, olie- en petrolnywerhede daarin geslaag het om 'n vastrapplek in Nelson Mandela-Baai te kry om brandstof in die baai van skip tot skip te vul ("bunkering"), sonder die belemmering van 'n omgewingsimpakstudie en terwyl brandstofverspilling in die water die hele gemeenskap se inkomste as 'n toeristebestemming bedreig (Rogers, 2022). Dit sluit die visvangbedryf en die sukses van die voortplantingstoekoms van grootskaalse seelewensvorme in. Hierdie waarnemings word gemaak in die lig van drie ernstige verspillings sedert 2016 (Rogers, 2022) en 'n beduidende gewaarwording onder die publiek oor die belang van omgewingsgbeskerming ná die onlangse gefnuikte seismiese bedrywighede van Shell aan die Oos-Kaapse Wildekus (Jordan, 2022), nog nie die owerhede beweeg het om die aangeleentheid te hanteer nie. Behalwe vir hierdie tekortkoming om die rol van gevestigde belange by misdaadpleging in ag te neem, neem ek vervolgens die ernstigste tekortkoming van hierdie benadering onder die loep.

Ek betoog dat die ernstigste tekortkoming in die tradisionele standpunt die aanname is dat hervorming in beginsel nie eers moontlik is binne die omvang van 'n hardestigmatiserend-beskamingskultuur nie, soos dié wat in Suid-Afrika te vinde is (Braithwaite, 1989: 20, 100 & 113). Terwyl dit ook so is dat geen kultuur deurlopend homogeen is nie, gee die twee hoofafdelings (te wete hardestigmatiserend-beskamingskulture en integrerend-beskamings-kulture) ons tog 'n goeie aanduiding wat die aard van die heersende kultuur is (Lötter, 2018:58). Ek betoog, soos Braithwaite dan ook doen, dat stigma van nature teenproduktief is en daarom nie in staat is om hervestigings- en hervormingspogings aan te wakker en te versterk nie. Alhoewel dit so mag wees dat daar nie betroubare syfers oor heroortreding in Suid-Afrika is nie (Muntingh, 2005:28, Pierce & Kiewit, 2020), het die Volksrepubliek van China (wat tussen die jare 1949-1996 'n goeie voorbeeld van 'n integrerend-beskamingskultuur was (Lötter, 2021a) heroortredingsyfers van 'n skamele 6-8% vrygestel (Dutton & Xu, 1998:322) - met die verstandhouding dat hierdie tipe statistieke vir die Volksrepubliek 'n ingewikkelde oefening is - aangesien China elke jaar duisende mense teregstel vir heroortreding van misdade wat wissel van nietighede tot mense- en dwelmhandel tot terrorisme.

Terselfdertyd moet daarop gewys word dat heroortredingsyfers in Suid-Afrika so hoog as 86-94% kan wees (Cronje, 2017:23; Murhula & Singh, 2019; Ngabonziza & Singh, 2012:87; Pierce & Kiewit, 2020). In dieselfde asem stel Ben Geiger (2006:1197) dan ook voor dat heroortredingsyfers vir die Verenigde State ('n ander geniepsige hardestigmatiserend-beskamingskultuur) ten minste so hoog as 66% is. In teenstelling hiermee, betoog Braithwaite (1989:9) oortuigend dat 'n integrerend-beskamingskultuur is "conceived as a tool to allure and inveigle the citizen to attend to the moral claims of the criminal law, to coax and caress compliance, to reason and remonstrate with him over the harmfulness of his conduct". Hy dring gevolglik daarop aan dat sodanige kultuur noodsaaklik is in die stryd teen misdaad aangesien stigma heroortreding aanhelp (Ibid. ). In die Suid-Afrikaanse konteks wys Ngabonziza en Singh (2012:99) daarop dat onder huidige toestande heroortreding in die stelsel verskans is en "likely to remain a revolving door".

Inderdaad, soos Geiger (2006:1192) dan ook redeneer:

Collateral consequences are a legal burden constituting punishment and should be imposed through the individualized process of criminal sentencing, according to the Bill of Attainder Clause. If collateral consequences are nevertheless imposed legislatively, at a minimum their burden should be proportional to the responsibility of individual ex-offenders for their criminal histories [...] Most civil legal burdens applied to wide swathes of ex-offenders, then, will be morally disproportionate to the criminal histories of a substantial portion of ex-offenders.

Dit is bepaald 'n ernstige klag teen 'n grondwetlike bestel dat 'n algemene stigma sonder voorbehoud teen alle oortreders toegepas word, ongeag hul geskiedkundige misdaad (en ondanks die feit dat hul reeds hul vonnis "uitgedien" het). Daar is dan ook met goeie rede aangedui dat die stelselmatige stigmatisering van oortreders in Suid-Afrika haatspraak is waarteen daar regtens opgetree kan word (Lötter, 2018:20-21 & 266; Lötter, 2020b). Teen hierdie oorweldigende getuienis betoog Omar (2011:21) dat:

It is evident that rehabilitation is viewed as one of the principal aims and functions of the correctional system in South Africa, and as one of the aims of imprisonment. The right to rehabilitation is consistent with the drive towards the full restoration of the civil and political rights of citizenship after release.

Die redenasie ten gunste van die reg tot hervorming, soos die tradisionele invalshoek dit verstaan, wanneer al die aanduidings teen so 'n voorstel is, maak, met respek, geen sin nie. Omar se voorstel, alhoewel prysenswaardig om 'n ander rede, moet met 'n voorafgaande inisiatief wegspring, welke voorwaardelike stap die wesenlikheid van sukses aansienlik sal verhoog. Ek verwys hier naamlik na die versorging van 'n pro-hervormingsomgewing. Om die waarheid te sê, meer as een kundige (Dastile & Agozino, 2019:31; Davis, 2003; Nagel, 2008:70, Marqua-Harries, Stewart & Padayachee, 2019, Young, 2011:259) het die voortgesette teenwoordigheid van die gevangenis in 'n postkoloniale konteks, soos dié van Suid-Afrika, bevraagteken. Die beweegredes vir hierdie beswaar wissel onder meer van die onbetwiste feit dat hierdie inrigting in sy belofte om ons veiliger te hou, gefaal het tot die oorweging dat die gevangenis as die steunpilaar van 'n hardestigmatiserend-beskamingskultuur te midde van die tronk-industriële kompleks, heroortredingsyfers aanjaag. Daar is ook aangevoer dat Afrika-gesentreerde vonnisopsies (soos gemeenskapsdiens) meer gepas in 'n postkoloniale konteks sou wees (Lötter, 2018:266). Soos waargeneem deur Elise Swain (2020), "Prison is a barbaric punishment, and the possibility of death and major illness from Covid-19 has only made incarceration all the more brutal". Die herbewerking van die gevangenis vir winsbejag het slegs die betoog vir sy ontbinding versterk.

 

Gevolgtrekking

Ter gevolgtrekking betoog ek dat Omar (2011) se argument rakende die oënskynlike hervorming en hervestiging van voormalige oortreders, prysenswaardig is. Haar bydrae omvat die dubbele voordeel dat dit hierdie verwaarloosde gesprek - wat nietemin so 'n belangrike en kontensieuse kwelpunt is - aanwakker; daarby verskaf sy ook 'n raamwerk vir regstappe teen die staat, waardeur die versuim om bepaalde maatskaplik-ekonomiese regte af te dwing, getakel kan word. Hierdie regte (en ek verwys veral hier na die reg van vrygelate gevangenes om vry van stigma, diskriminasie en geringskatting te leef) is verskans in die Menseregtehandves wat as aanhangsel tot die Grondwet dien. Ek verskil egter van haar oor die uitwysing van die betrokke regte wat afgedwing behoort te word.

In soverre dit om skadelike maatskaplike etikettering en die toekenning/verwerwing van muishondstatus gaan, doen ek aan die hand dat die sogenaamde "reg tot hervorming" slegs haalbaar is binne 'n rehabiliteerbare omgewing (wat uiteraard ook die gemeenskap as 'n geheel sal raak). Gevolglik betoog ek dat dit 'n sinnelose oefening is om die sogenaamde reg tot hervorming regtens te probeer afdwing binne die konteks van Suid-Afrika se hardestigmati-serend-beskamingskultuur, waar gevangesetting as die oorwegende straftoemetingsparadigma dien. Hierdie toedrag van sake sal vanuit 'n konflikperspektief (eerder as 'n konsensuele) die geval bly tot tyd en wyl die nodige maatskaplike, ekonomiese en politieke toestande wat strukturele onderdrukking deel maak van ons werklikheid, doeltreffend hanteer word. Hieronder tel uiteraard ook die stigmatisering, diskriminasie en geringskatting van vrygelate gevangenes.

In hierdie opsig is stigma en die gevolglike muishondstatus wat daaruit voortvloei, 'n goeie voorbeeld van die gevangenismodel se newe-effekte of sydelingse gevolge ("collateral consequences"), á la Geiger (2006). Dit op sigself genome is 'n klinkklare aanduiding van hervorming wat per definisie streng bepaal word deur 'n gemeenskap waar reëlmatige geringskatting van oortreders aan die orde van die dag is. Dit is natuurlik ondanks die verskanste ideaal van hervorming en hervestiging van hierdie nomadiese groep in die Departement van Korrektiewe Dienste se doelwitstelling. Soos Braithwaite (1989) dan ook reeds uitgewys het, blaas die doelgerigte stigmatisering, diskriminasie en geringskatting van vrygelate gevangenes ons reeds kommerwekkend hoë heroortredingsyfers verder aan en dien terselfdertyd ook as 'n misdaadteelaarde.

Al het mens waardering vir Omar (2011) se meegevoel vir die geringgeskattes en gemarginaliseerdes, stem die tradisionele gesigspunt se ernstige negering van die ongenaakbare toestande wat vrygelate gevangenes in Suid-Afrika se onvergewensgesinde kultuur in die gesig staar, nie ooreen met die werklikheid op voetsoolvlak nie. Hierdie gedagte resoneer met die verwronge logika ingebou in Ruth First se ooreenstemmende vertelling van die polisiëring van sogenaamde alledaagse misdaad in die abnormale gemeenskap van Suid-Afrika gedurende die apartheidsbewind en die idee van 'n distopiese opset waarin vroue in 'n patriargale gemeenskap leef.

Die redenasie van die tradisionele uitgangspunt (alhoewel uiteraard goed bedoel) stem ooreen met die strekking van Wolf (1978) se slotsom dat stigma moontlik die mees doeltreffende teenvoeter vir misdaadpleging is. Hy verreken egter nie die politiese voetwerk wat by etikettering betrokke is nie en ook nie die verpletterende gevolge wat sodanige muishondstatus vir beide die oortreder in besonder en die gemeenskap in die algemeen inhou nie. Inteendeel, muishondstatus blaas heroortreding aan. Weens die her-skepping van die gevangenis tot 'n liggaam met die najaag van wins as oogmerk en dié se oorsprong in koloniale verdrukking, word die volhoubaarheid daarvan as 'n inrigting wat maatskaplike welvaart voorstaan, inderdaad bevraagteken. Tot oormaat van ellende, moet daar ook bykomend hiertoe rekening gehou word met die staat se eie duister agenda om mag by wyse van stigmatiserings- en geringskattingspraktyke na te jaag, sowel as die betreurenswaardige neiging van sekere hoofstroomkriminoloë om hul gewig by hierdie oefenlopie van die staat ter wille van erkenning, aansien en, natuurlik, befondsing in te gooi (Christie 2017:4; Carlen; 2005:84-85; McLaughlin, 2010:167; Hillyard & Tombs, 2004:28; Young, 2011:270-271).

Gevolglik is die eerste stap die bevordering van elemente van 'n integrerend-beskamings-kultuur (soos die Chinese ervaring uitgewys het [Lötter, 2021a]) in Suid-Afrika se andersins oorwegend hardestigmatiserend-beskamingskultuur voor ons enigsins kan droom van betekenisvolle of haalbare hervestiging (Lötter, 2018:270-273, 2020b). Voorbeelde hiervan is die kriminalisering van stigma teen vrygelate oortreders en tasbare pogings om hul maatskaplik te hervestig, soos die verskaffing van werksgeleenthede, aanvanklike huisvesting en/of geldelike hulp ná vrylating. Die gedagte hier is die voldoening aan oortreders of vrygelate gevangenes se basiese menslike behoeftes, soos Burton (1997, 2001) in 'n ander konteks uitwys, ten einde die motief (konflik) vir verdere oortreding en misdaad te verwyder. Aangesien die hervormingsideaal in stigmatiserend-beskamingskulture, soos dié van Suid-Afrika, grootliks skyn is, doen ek aan die hand dat die tradisionele invalshoek vir die oortreder se sogenaamde reg tot rehabilitasie, mank gaan aan die broodnodige kritiese insig dat politieke oorwegings rakende misdaad verkeerd is, byvoorbeeld die idee dat dit 'n eenvoudige probleem is wat 'n andersins gesonde samelewing moet oplos. Daar blyk ook 'n onbewustheid te wees van die gevaar van die etikettering van oortreders wat reeds hul vonnis uitgedien het.

Myns insiens het hierdie bydrae ook die waarde van 'n interdissiplinêre benadering tot die begrip van misdaad buiten bloot empiriese werk, uitgewys. In hierdie opsig, het Konflikhantering (of Vredestudies) 'n belangrike bydrae gemaak deur die uitwys van die belangrikheid van grondliggende menslike behoeftes by wyse van die "proventing" van konflik en wat daaruit voortvloei. Hierby kan gevoeg word die kulturele en strukturele geweld wat die nagevolge is van die muishondstatus van vrygelate gevangenes. Die wisselwerking tussen hierdie verskillende gesigspunte hou vanselfsprekende implikasies in vir die vooruitsigte by heroortreding. Enige raamwerk wat daarop gemik is om suksesvolle hervestiging te bevorder, moet kennis neem van hierdie oorwegings by die hantering van voortslepende maatskaplike konflik (wat sonder twyfel misdaad is).

Desnieteenstaande behoort oortreders te kan aandring op die reg tot 'n hervormingsom-gewing vrygestel van stigma, geringskatting en diskriminasie. Sonder hierdie afdwingbare reg, word die beginsel van individuele aanspreeklikheid, wat so nou met ons strafreg verstrengsel is, stelselmatig en vanselfsprekend afgetakel. Onbepaalde straftoemeting ("indefinite sentencing"), soos Foucault (1991[1978]) uitwys, is inderdaad niks anders as marteling nie, maar ook marteling sonder 'n duidelike doelwit (miskien is die oogmerk opvallend sinister). Ons hoef nie vir bestraffende of regstellende geregtigheid te betoog nie; transformerende geregtigheid sal voldoende wees, en dit sal 'n heel nuwe ingesteldheid vereis.

 

BIBLIOGRAFIE

Adorjan, M & Chui, WH. 2014. Aging out of crime: Resettlement challenges facing male ex-prisoners in Hong Kong. The Prison Journal, 94(1):97-117. https://doi.org/10.1177%2F0032885513512095.         [ Links ]

Agrizzi, A & Mitchell, P. 2020. Inside the Belly of the Beast: The real Bosasa Story. Truth be Told Publishing, Kindle Edition.         [ Links ]

Alexander, M. 2012. The new Jim Crow: Mass incarceration in the age of colourblindness. (Revised ed.). New York: The New Press.         [ Links ]

Alexander, M. 2020. The Injustice of This Moment Is Not an 'Aberration.' The New York Times, January 17. https://www.nytimes.com/2020/01/17/opinion/sunday/michelle-alexander-new-jim-crow.html [4 February 2020].         [ Links ]

Basson, A. 2019. Blessed by Bosasa: Inside Gavin Watson's State Capture Cult. Johannesburg: Jonathan Ball.         [ Links ]

Bosworth, M. 2010. Explaining U.S. imprisonment. London: Sage.         [ Links ]

Bourdieu, P. 1984. Distinction. A Social Critique of the Judgement of Taste. R. Nice (Trans). Cambridge, MA: Harvard University Press.         [ Links ]

Bourdieu, P & Passeron, J-C. 1979. The Inheritors, French Students and their Relation to Culture. R. Nice (Trans). Chicago: University of Chicago Press.         [ Links ]

Box, S. 1983. Power, Crime and Mystification. London: Tavistock.         [ Links ]

Burton, JW. 1997. Violence Explained: The Sources of Conflict, Violence and Crime and Their Prevention. Manchester: Manchester University Press.         [ Links ]

Burton, JW. 2001. Conflict Provention as a Political System. The International Journal of Peace Studies, 6(1): no page numbers provided.         [ Links ]

Braithwaite, J. 1989. Crime, shame and reintegration. Cambridge: Cambridge University Press.         [ Links ]

Brooks, DJ & Saad, L. 2020. Double Whammy: Why the Underrepresentation of Women among Workplace and Political Decision Makers Matters in Pandemic Times. Politics & Gender, 16(4): 111022. DOI: https://doi.org/10.1017/S1743923X20000628.         [ Links ]

Bussard, RL. 1987. The 'dangerous class' of Marx and Engels: The rise of the idea of the Lumpenprole-tariat. History of European Ideas, 8 (6): 675-692. DOI:10.1016/0191-6599(87)90164-1.         [ Links ]

Carlen, P. 2005. In praise of critical criminology. Outlines, 2:83-90.         [ Links ]

Carlen, P. 2013. Against rehabilitation; for reparative justice. In Ball, Tauri, O'Brien & Carrington (eds). Crime, justice and social democracy: International perspectives [Critical Criminological perspectives]. London: Palgrave Macmillan, pp. 89-104.         [ Links ]

Chambliss, W & Seidman, R. 1971. Law, Order, and Power. Reading, Mass.: Addison-Wesley.         [ Links ]

Christie, N. [1993] 2017. Crime Control as Industry: Towards Gulags Western Style. (3rd ed.). London: Routledge.         [ Links ]

Chesler, P. 2005. Women and Madness. (2nd ed.). New York City: St. Martin's Press.         [ Links ]

Cronje, M. 2017. A Comparative Analysis of Recidivism with specific reference to Crimino-Victimogenic variables, Offence Analysis and Programme Participation. Unpublished PhD thesis, Durban: University of KwaZulu-Natal.         [ Links ]

Chipkin, I. & Swilling, M. 2018. Shadow State: The Politics of State Capture. Johannesburg: Wits University Press.         [ Links ]

Chui, WH & Cheng, KKY. 2013. The mark of an ex-prisoner: Perceived discrimination and self-stigma of young men after prison in Hong Kong. Deviant Behavior, 34(8):671-684. https://doi.org/10.1080/01639625.2013.766532.         [ Links ]

Cohen, S. 1973. Folk Devils and Moral Panics. London: MacGibbon & Kee.         [ Links ]

Dastile, NP & Agozino, B. 2019. Decolonising incarcerated women's identities: Looking through the lens of prison abolitionism. SA Crime Quarterly, no. 68:21-32. https://doi.org/10.17159/2413-3108/2019/v0n68a5622.         [ Links ]

Davis AY. 2003. Are prisons obsolete? New York: Seven Stories Press.         [ Links ]

Davis, AY. 2005. Abolition democracy: Beyond empire, prisons, and torture. New York: Seven Stories Press.         [ Links ]

De Haan, W. 1991. Abolitionism and crime control: a contradiction in terms. In Stenson & Cowell (eds). The politics of crime control. London: Sage, pp. 203-217.         [ Links ]

Dissel, A. 2002. Tracking transformation in South African prisons. Track Two, 11(2):8-15. https://journals.co.za/doi/pdf/10.10520/EJC111550.         [ Links ]

Dissel, A. 2008. Rehabilitation and reintegration in African prisons. In Sarkin (ed). Human rights in African prisons. Cape Town: Human Sciences Research Council, pp. 155-177.         [ Links ]

Dutton, M & Xu, Z. 1998. Facing Difference: Relations, Change and the Prison Sector in Contemporary China. In Weiss & South (eds). Comparing Prison Systems: Toward a Comparative and International Penology. Amsterdam: Gordon and Breach, pp. 289-336.         [ Links ]

First, R. [1965] 2006. 117 Days. Johannesburg: Penguin.         [ Links ]

Foucault, M. [1975] 1991. Discipline and punish: The birth of the prison. A. Sheridan (Trans). London: Penguin.         [ Links ]

Galtung, J. 1996. Peace by Peaceful Means: Peace and Conflict, Development and Civilization. London: Sage.         [ Links ]

Geiger, B. 2006. The case for treating ex-offenders as a suspect class. California Law Review, 94(4): 11911242. DOI: 10.2307/20439062.         [ Links ]

Giddens, A. & Sutton, PW. 2017. Sociology. (8th ed.) Cambridge: Polity Press.         [ Links ]

Goffman, E. [1963] 1990. Stigma: Notes on the Management of Spoilt Identity. London: Penguin.         [ Links ]

Haney, C. 2005. The contextual revolution in psychology and the question of prison effects. In Liebling & Maruna (eds). The effects of imprisonment. Devon: Willan, pp. 66-93.         [ Links ]

Harris, N & Braithwaite, J. 2010. Reintegrative shaming theory. In Cullen & Wilcox (eds). Encyclopedia of criminological theory. Thousand Oaks, CA.: Sage, pp. 111-115.         [ Links ]

Henderson, TNY. 2005. New frontiers in fair lending: Confronting lending discrimination against ex-offenders. New York University Law Review, no. 80, 1237-1271 https://ssrn.com/abstract=911304.         [ Links ]

Hillyard, P & Tombs, S. 2004. Beyond Criminology? In Hillyard, Pantazis, Tombs & Gordon (eds). Beyond Criminology: Taking Harm Seriously. London: Pluto Press, pp. 10-29.         [ Links ]

Hopkins, R. 2020. The Misery Merchants: Life and Death in a Private South African Prison. Johannesburg: Jacana.         [ Links ]

Human Rights Watch 2017. United States: Events of 2016. https://www.hrw.org/world-report/2017/country-chapters/united-states [5 February 2020].         [ Links ]

Intergovernmental Panel on Climate Change 2022. Climate Change 2022: Impacts, Adaptation and Vulnerability. https://report.ipcc.ch/ar6wg2/pdf/IPCC_AR6_WGII_FinalDraft_FullReport.pdf [28 February 2022].         [ Links ]

Johnson, RW. 2015. How long will South Africa survive? The looming crisis. (1st ed.) Johannesburg: Jonathan Ball.         [ Links ]

Jones-Young, NC & Powell, GN. 2015. Hiring ex-offenders: A theoretical model. Human Resource Management Review, 25(3):298-312. http://www.sciencedirect.com/science/journal/10534822.         [ Links ]

Jordan, B. 2022. Offshore ship refuelling plan makes waves. Sunday Times, March 6, p. 10.         [ Links ]

Klein, N. 2015. This changes everything: Capitalism vs. the Climate. London: Penguin.         [ Links ]

Könik, I. 2015. Whither South Africa - Neoliberalism or an Embodied Communitarian Indigenous Ethic? Unpublished PhD thesis. Port Elizabeth/Gqeberha: Nelson Mandela Metropolitan University.         [ Links ]

Kriegler, A. 2018. South Africa won't Become less Violent until it's More Equal. The Conversation Africa, September 12. https://theconversation.com/south-africa-wont-become-less-violentuntilits-more-equal-103116 [30 March 2019].         [ Links ]

Lötter, C. 2018. The reintegration of ex-offenders in South Africa based on the contemporary Chinese model: An interdisciplinary study. Unpublished PhD thesis. Bloemfontein: University of the Free State.         [ Links ]

Lötter, C. 2019. Vrygelate gevangenes word as gevangenispersoneel aangestel: Kan Suid-Afrika leer by hierdie nuwe internasionale tendens? Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 59(4):493-511. DOI.10.17159/22247912/2019/v59n4a3.         [ Links ]

Lötter, C. 2020a. The Tenuous Link Between Crime and Incarceration: Bosasa's Public-Private Partnership. Phronimon, no. 21: 24 pages. https://doi.org/10.25159/2413-3086/7000.         [ Links ]

Lötter, C. 2020b. 'n Pleidooi vir die kriminalisering van stigma teen vrygelate gevangenes in Suid-Afrika. KOERS Journal for Christian Scholarship, 85(1):1-16. https://doi.org/10.1910885.1.2470.         [ Links ]

Lötter, C. 2021a. 'n Chinese padkaart vir die hervestiging van vrygelate gevangenes: 'n Gevallestudie. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 61(2):490-506. DOI. 10.17159/2224-7912/2021/v61n2a6.         [ Links ]

Lötter, C. 2021b. Die transformasie van die Suid-Afrikaanse gevangeniswese tot 'n openbare instelling met positiewe vrede as waardestelsel. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 61(4-2):1235-1259. DOI.10.17159/2224-7912/2021/v61n4-2a?        [ Links ]

Lötter, C. 2022. Judging the Holy Cow: Examining the Role of Implicit Bias in Judicial Rulings - An Analysis of the Decision in Mbena v Minister of Justice and Correctional Services 2015 4 All SA 361 (ECP). Potchefstroom Electronic Law Journal, no. 25:1-29. https://doi.org/10.17159/1727-3781/2022/v25ia12743.         [ Links ]

Marqua-Harries, L, Stewart, G & Padayachee, V. 2019. Towards transforming a system: Re-thinking incarceration for youth (and beyond). SA Crime Quarterly, no. 68:33-40. DOI: https://doi.org/10.17159/2413-3108/2019/v0n68a5632.         [ Links ]

Marx, KH. & Engels, F. [1848] 1977. Communist Manifesto. S. Moore en F. Engels (Trans). In McLellan (ed). Selected Writings. (1st ed.). Oxford: Oxford University Press, pp. 221-247.         [ Links ]

Mboti, N. 2018. Apartheid studies and spectral carcerality. Paper delivered at the Global Prison Conference held at the Centre for Social Change, University of Johannesburg, 16-18 November.         [ Links ]

Martinson, R. [1974] 2001. What works? Questions and answers about prison reform. In Latessa and Holsinger (eds). Correctional contexts. (2nd ed.) Los Angeles: Roxbury, pp. 22-54.         [ Links ]

McLaughlin, E. 2010. Critical Criminology. In McLaughlin & Newburn (eds). The Sage handbook of criminological theory. London: Sage, pp. 153-174.         [ Links ]

Merton, RK. 1948. The self-fulfilling prophecy. The Antioch Review, 8(2):193-210. http://dx.doi.org/10.2307/4609267.         [ Links ]

Muncie, J. 2010. Labeling, Social reaction and social constructionism. In McLaughlin & Newburn (eds). The Sage handbook of criminological theory. London: Sage, pp. 139-152.         [ Links ]

Muntingh, L. 2002. Tackling recidivism in South African prisons. Track Two, 11(2):20-29 https://hdl.handle.net/10520/EJC111548.         [ Links ]

Muntingh, L. 2005. Offender rehabilitation and reintegration: taking the White Paper on Corrections forward. Research Paper Number 10. Cape Town: Civil Society Prison Reform Initiative.         [ Links ]

Murhula, PBB. & Singh, SB. 2019. A Critical Analysis on Offenders Rehabilitation Approach in South Africa: A Review of the Literature. African Journal of Criminology and Justice Studies: AJCJS, 12(1):21-43. ISSN 1554-3897.         [ Links ]

Nagel, M. 2008. "I write what I like": African prison intellectuals and the struggle for freedom. The Journal of Pan African Studies, 2(3):68-80. https://www.questia.com/library/journal/1G1-192353344/i-write-what-i-like-african-prison-intellectuals.         [ Links ]

Ngabonziza, O & Singh, SB. 2012. Offender reintegration program and its role in reducing recidivism: exploring perceptions of the effectiveness of tough enough program, Acta Criminologica, CRIMSA 2011 Conference Special Edition, no. 2:87-102. DOI:10.1094/PDIS-11-11-0999-PDN.         [ Links ]

Omar, J. 2011. A prisoner's right? The legal case for rehabilitation. SA Crime Quarterly, no. 37:19-26 https://hdl.handle.net/10520/EJC47708.         [ Links ]

Samuels, JA. 2010. Challenges that offenders face upon release that contribute to recidivism in the Department of Correctional Services: A case study of the West Coast Medium 'A' Correctional Centre in the Western Cape. Unpublished Master's thesis, Bellville: University of the Western Cape.         [ Links ]

Schwendinger, J & Schwendinger, H. 1970. Defenders of order or guardians of human rights? Issues in Criminology, 5(2):123-157. https://www.questia.com/library/journal/1G1-371689921/defenders-of-order-or-guardians-of-human-rights.         [ Links ]

Sherry, MD. 2008. Postcolonialism. In Given (ed.). The Sage Encyclopedia of Qualitative Research Methods. Thousand Oaks, CA.: Sage, pp. 651-655.         [ Links ]

Stayn, JP & Vecchiatto, P. 2019. The Bosasa Billions. Pretoria: Lapa.         [ Links ]

Steinberg, J. [2004] 2019. The Number. Johannesburg: Jonathan Ball.         [ Links ]

Swain, E. 2020. Anti-nuclear pacifists get federal prison terms for nonviolent protest. The Intercept, November 16. https://theintercept.com/2020/11/16/nonviolent-protest-plowshares-nuclear/?utm_medium=email&utm_source=The%20Intercept%20 [18 November 2020].         [ Links ]

Phillips, R. 2011. Postcolonial scholarship in social justice research. In Markauskaite, Freebody & Irwin (eds). Methodological choice and design: scholarship, policy and practice in social and educational research. Netherlands: Springer, pp. 157-166.         [ Links ]

Pierce, B & Kiewit, L. 2020. Nicro: The High Rate of Offender Recidivism. 702 Podcasts, January 13. http://www.702.co.za/podcasts/269/tonight-with-lester-kiewit/279121/nicro-the-high-rate-ofoffender-recidivism [7 April 2021].         [ Links ]

Piketty, T. 2015. Transcript of Nelson Mandela Annual Lecture. Johannesburg: University of Johannesburg. https://www.nelso00nmandela.org/news/entry/transcript-of-nelson-mandela-annual-lecture-2015 [16 November 2020].         [ Links ]

Reiman, J. [1979] 1990. The Rich get Richer and the Poor get Prison. (3rd ed.) New York: Macmillan.         [ Links ]

Reiman, J & Leighton, P. [1979] 2020. The Rich get Richer and the Poor get Prison: Thinking Critically about Class and Criminal Justice. (12th ed.) New York City: Routledge.         [ Links ]

Republiek van Suid-Afrika, 1997. Strafregswysingswet No. 105 van 1997. Pretoria: Government Printers.         [ Links ]

Richards, SC & Jones, RS. 2004. Beating the perpetual incarceration machine. In Maruna & Immarigeon (eds). After crime and punishment: Pathways to offender reintegration. London: Willan, pp. 201232.         [ Links ]

Rogers, G. 2022. Chokka industry joins sectors opposing offshore bunkering. The Herald, March 3, p. 9.         [ Links ]

Quinney, R. 1991. The Way of Peace: On Crime, Suffering, and Service. In Pepinsky and Quinney (eds). Criminology as Peacemaking. Bloomington: Indiana University Press, pp. 3-13.         [ Links ]

Quinney, R. [1970] 2008. The social reality of crime. New Brunswick: Transaction.         [ Links ]

Taylor, I, Walton, P & Young, J. 1973. The new criminology. London: Routledge.         [ Links ]

Thunberg, G. 2019. No One is too Small to make a difference. London: Penguin.         [ Links ]

Uggen, C, Manza, J & Behrens, A. 2004. 'Less than the average citizen': Stigma, role transition and the civic reintegration of convicted felons. In Maruna & Immarigeon (eds). After crime and punishment: Pathways to offender reintegration. Cullompton, UK: Willan, pp. 261-293.         [ Links ]

Van Loggerenberg, J. 2019. Tobacco Wars. Cape Town: Tafelberg.         [ Links ]

Weiss, RP. 1998. Conclusion: Imprisonment at the millennium 2000 - Its variety and patterns throughout the world. In Weiss & South (eds). Comparing prison systems: Toward a comparative and international penology. Amsterdam: Gordon and Breach, pp. 427-482.         [ Links ]

Wolf, P. 1978. The effect of prison on criminality. In Freeman (ed). Prisons past and future. London: Heinemann, pp. 93-104.         [ Links ]

Young, J. 2011. Critical criminology in the twenty-first century: critique, irony and the always unfinished. In Carrington & Hogg (eds). Critical Criminology: Issues, Debates, Challenges. Oxford: Routledge, pp. 251-274.         [ Links ]

Zondo, Justice RMM. 2022. Judicial Commission of Inquiry into allegations of State Capture, Corruption and Fraud in the Public Sector including Organs of State Report: Vol. 1 of 3 Vol. Pretoria: Government Printers. https://www.gov.za/sites/default/files/gcis_document/202201/judicial-commission-inquiry-state-capture-reportpart-1.pdf [18 January 2022].         [ Links ]

 

 

Ontvang: 2022-03-09
Goedgekeur: 2022-10-15
Gepubliseer: Desember 2022

 

 

 

Casper Lôtter het in 2018 sy PhD in Filosofie aan die Universiteit van die Vrystaat behaal. Hy is tans 'n konflikkriminoloog verbonde aan Noordwes-Universiteit se Skool vir Filosofie (Potchefstroom) as nadoktorale navorsingsgenoot. Van sy werk het reeds in Conversation Africa verskyn en hy skryf ook gereeld vir Mail & Guardian se Thoughtleader-rubriek. In 2019 was hy 'n nadoktorale beurshouer van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.
Casper Lôtter completed his PhD in Philosophy at the University of the Free State in 2018. He is a conflict criminologist affiliated with North-West University's School of Philosophy (Potchefstroom) as a postdoctoral research fellow. His work has appeared in Conversation Africa and he regularly writes for Mail & Guardian's Thoughtleader column. He received a postdoctoral grant from the Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns ("South African Academy of Science and Arts") in 2019.
1 Een van die anonieme keurders het daarop gewys dat die begrip "korrektiewe stelsel" of "korrektiewe dienste" verkieslik bo die benaming "tronk" is, maar aangesien hierdie bydrae van 'n interdissiplinêre aard is en baie lesers met laasgenoemde term vertroud is, is ek eerder geneig om beide terme sonder voorbehoud te gebruik.
2 Dit is egter ook so, soos een van die keurders opmerk, dat mans minder geneig as vrouens is om hulp te soek vir sensitiewe probleme soos geesteskrankheid.
3 Hierdie begrip verwys na die laer klasse sonder 'n verhoogde politieke gewaarwording wat geen belang by rewolusionêre vooruitgang het nie.
4 Dit is uiteraard so dat, soos een van die keurders aandui, 'n misdaad slegs gepleeg kan word indien daar 'n verbod op daardie bepaalde handeling of nalating deur 'n wet of die gemenereg geskep is/word en sogenaamde "klimaatsmisdaad" is dus volgens hierdie siening nie streng gesproke 'n misdaad nie. Klimaatsaktiviste, soos Greta Thunberg (2019) en Naomi Klein (2015), betoog egter dat die rede hoekom hierdie handelinge/nalatings nie as misdade beskou word nie, is omdat dit deur welgestelde en magtige rolspelers gepleeg word wat 'n gevestigde belang daarby het dat sodanige handelinge nie as misdade geklassifiseer word nie. Vanuit die oogpunt van klimaat-geregtigheid is sodanige optrede moreel gesproke wel 'n misdaad.
5 Volgens een van die keurders sal "'n Meer kontemporêre en gevorderde begrip [eerder] heelheid en interkonnektiwiteit weerspieël."
6 Uiteraard kan paradigmas oorvleuel, soos Kuhn uitgewys het.
7 Saam met geleerde-hulpeloosheid en toeskrywingsvooroordeel.
8 'n Anonieme keurder het my daaraan herinner dat DKD 'n subkultuur binne die breër Suid-Afrikaanse kultuur is, wat dui op 'n algemene onverdraagsaamheid teenoor geringgeskatte groepe.

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License