SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.62 issue3Poverty and human dignity: The magisterium of the Catholic Church on the interaction between the twoAnalysing the contributory role of the accounting profession to save our planet author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Tydskr. geesteswet. vol.62 n.3 Pretoria Sep. 2022

http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2022/v62n3a6 

NAVORSINGS- EN OORSIGARTIKELS / RESEARCH AND REVIEW ARTICLES

 

China se lang, onvoltooide twintigste eeu en die moontlike gevolge wat dit vir Afrika inhou

 

China's long, unfinished twentieth century and its possible implications for Africa

 

 

Casper Lötter

Navorsingsgenoot, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom, Suid-Afrika. E-pos: casperlttr@gmail.com

 

 


OPSOMMING

In hierdie bydrae word ondersoek ingestel na die ongeewenaarde ekonomiese vooruitgang en gepaardgaande grootmoondheidambisies van China. In die besonder word gevra wat die moontlike gevolge van hierdie epogverskuiwende ontwikkeling vir die vasteland van Afrika sou wees. China se strewe na grootmoondheidstatus in die 21ste eeu word gewoonlik aan die hand van of realisme of idealisme verduidelik, maar ek wil graag daarna kyk vanuit 'n geskiedkundige invalshoek, wat blyk 'n unieke oogpunt te wees. Ek ondersoek die invloed wat die houvas van 'n geskiedkundige gesindheid op die Chinese psige het in hul naarstige soektog na grootmoondheidstatus. Die sogenaamde "Chinese Droom" offuqiang ("welvaart en mag") word gerugsteun deur die retoriek van die "honderd jaar van vernedering" (18421949). Daar is egter ook ander faktore wat 'n bydrae lewer tot die vermoede dat beweegredes eie aan die twintigste eeu die aansporing mag wees tot die ongekende industriele, militere en ekonomiese groei in China. My gekose metodologie is die poststrukturalisme, wat my in staat stel om met vrug benaderings in ag te neem wat selfs teenstrydig met mekaar is. Ek kom tot die gevolgtrekking dat China se rol in Afrika se welvaart van die 21ste eeu genuanseerd is. Nie net is daar talle rolspelers (soos Rusland en die Verenigde State) wat 'n belang by Afrika het nie, maar Afrika is vanuit 'n Chinese oogpunt maar van geringe belang. Die Chinese invloed op Afrika blyk grotendeels voordelig vir die vasteland te wees, maar daar moet ook gelet word op die beperkings wat China se geneigdheid tot outokrasie het op die land se ontwikkelingsvooruitsigte.

Trefwoorde: China; grootmoondheidambisies; geskiedkundige gesindheid; Chinese psige; "Chinese Droom"; fuqiang (welvaart en mag); poststrukturalisme; Afrika; implikasies, positiewe aard; geringe Chinese belang; outo-kratiese inperkinge


ABSTRACT

In this contribution, China S unprecedented economic achievements and great power ambitions are considered; in particular, what the implications of this epoch-making development on the world-stage could be for the continent of Africa. China's seeking to be reckoned as a great power is normally explained by way of either realism or idealism (and less commonly, constructivism), but with the gap in the extant knowledge, I attempt to identify and address the uncanny role that history has also had in influencing this. Put differently, the question posed is: what is the role of a historical consciousness in terms of China's feverish striving for great power status? In this regard, I take Orville Schell and John Delury's important text Wealth and power: China's long march to the twenty-first century (2014), as my point of departure. I also employ a poststructuralist methodology within a historical theoretical framework in order to take advantage of both nuanced and contradictory approaches. The so-called "Chinese Dream" of fuqiang (wealth and power) is fed by the rhetoric of the "hundred years of humiliation" (1842-1949), which is considered to span the years between the conclusion of the First Opium War in 1842 and the declaration of the Peoples ' Republic of China in 1949. But this line of thought is not the only factor which brought about an iron cast of historical consciousness in the Chinese psyche. The role of language within the Chinese family of languages, education and the general tendency of the Chinese state to veer towards autocracy are also examined. The motives which drive the Chinese Dream originate in the Chinese twentieth century (humiliation, Marxism, industrial development, wealth and power, among others) and these concerns are accordingly ongoing. After concluding that the Chinese Dream is likely to end in considerable disappointment for the West in that the Chinese are bound to reject Western values and priorities in favour of their own thinking (such as autocracy, reverence for authority and the importance of history in shaping their destiny), I move on to consider Allison's review of the Thucydides trap scenario within the context of the Peloponne-sian War (431-404 BCE). Despite criticism which has been levelled at this academic model, it remains valuable to analyse China's possible economic and great power trajectory into the 21st century. In the context of the Chinese Dream, I also make reference to Xi Jinping's Maoist embrace of hero worship, his renewed friendship with Putin's Russia and Xi's emphasis on the role of the Chinese Communist Party in pursuing the Belt and Road Initiative (BRI) since its inception in 2013. Biden's recent visit to Asia in May 2022 in order to promote his Asia-Pacific Economic Framework to the United States ' remaining friends and allies in the area (such as Japan and India), as a counter to China's increasing economic influence in Asia and the Pacific Islands, is also considered. Russia's ongoing war in the Ukraine is an example of the complexity of international relations at a time when world power is transitioning from a system of unipolarity (where the United States is a sole superpower) to that of multi-polarity (where power is shared between the US, China and Russia). China's idiosyncratic approach to so-called "zero-Covid" and its impact on employment and immigration vis-à-vis Africa is also briefly highlighted. Against this background, I finally turn to a consideration of the possible implications of China's twentieth-century scramble for Africa continuing into the 21st century. A number of recent Chinese development projects are discussed as well as the narrative of the so-called debt trap diplomacy within the context of Africans' generally positive views regarding Chinese engagement. I conclude that China's role in Africa's economic prosperity in the 21st century is indeed nuanced. Not only are there a number of role-players vying for influence in Africa (notably Russia and the United States), but, from a Chinese perspective, Africa ranks very low on its list of priorities. On the whole, the Chinese influence on the African continent has been received positively, but caution must be advised as to what impact the Chinese tendency towards autocratic governance might have on the Chinese developmental trajectory in the 21st century.

Keywords: China; great power ambitions; historical mindset; Chinese psyche; "Chinese Dream"; fuqiang (wealth and power); poststructuralism; Africa; implications, positive influence; low Chinese priority; autocratic tendencies


 

 

"The size of China's displacement of the world balance is such that the world must find a new balance. It is not possible to pretend that this is just another big player.

This is the biggest player in the history of the world."

Lee Kuan Yew (aangehaal in Allison, 2015)

"Except at the very highest levels, Chinese education cannot accommodate originality or unorthodox approaches. It rewards those who perpetuate existing orthodoxies, which is good for continuity and bad for innovation. At a time when innovation is very badly needed this is not a desirable tradition."

WJF Jenner (1994:222)

 

Inleiding

Die bekende China-kundige en vertaler WJF Jenner verduidelik hoekom China, na sy mening, swak voorbereid is vir die uitdagings van die 21ste eeu (Jenner, 1994:244-245). Hy betoog naamlik dat terwyl China se elite op enige vakgebied by die beste ter wereld kan kers vashou, hierdie groepie 'n geringe minderheid is in die allergrootste bevolking op aarde, wat in 2021 1,41260 miljard mense beloop het (China National Bureau of Statistics, 2022). Dit is hierdie skerpsinnige opmerking van een van die twintigste eeu se grootste China-kenners wat dien as vertrekpunt in my poging om die leemte in die bestaande kennis uit te pluis en te verduidelik hoe ek in hierdie bydrae gaan poog om dit aan te vul.

Terwyl 'n veeltal kenners by die bespreking van China se ekonomiese bedrywighede in Afrika, in besonder Xi Jinping se Gordel-en-pad-inisiatief, die kwelpunt benader vanuit die oogpunt van internasionale betrekkinge (Herman, 2020, 2021; Mearsheimer, 2010; Phaahla, 2021) en hul betoe oor die boeg van grootmoondheidwedywering tussen China en die Verenigde State gooi, ontbreek by hierdie argument 'n besinning oor hoekom grootmoondheidstatus so belangrik vir China is. Hierdie besinning kan nie behoorlik deur bloot öf liberale internasionalisme öf tradisionele magspolitiek, soos deur die realistiese denkskool verduidelik word, uitgepluis word nie, aangesien 'n bepeinsing oor China se lang, onvoltooide twintigste eeu ook nodig is om behoorlik oor die implikasies vir Afrika te kan besin.

Fanie Herman (2020:316) beweer byvoorbeeld dat "[d]ie BRI [China se Gordel-en-pad-inisiatief] ... daarop gemik [is] om stukrag aan China se geopolitieke en ekonomiese ambisies te gee". Dit is wel so, maar die perspektief gebaseer op internasionale verhoudinge wat hierdie denkbeeld onderlê, is myns insiens te nou om hierdie gesigspunt behoorlik te ontleed. Hiermee probeer ek nie sê dat die internasionaleverhoudinge-perspektief nie 'n waardevolle gedagtegang is nie, maar eerder dat hierdie denkpatroon nie verduidelik hoekom grootmoondheidstatus vir spesifiek China so belangrik is nie. Daar ontbreek 'n geskiedkundige invalshoek wat broodnodig is om die voorvermelde perspektief verder te ontgin. Herman (2020:315) verduidelik die wisselwerking tussen hierdie twee uitgangspunte by internasionale betrekkinge soos volg:

Is die BRI [Gordel-en-pad-inisiatief] primêr daarmee gemoeid om China ekonomies te help ontwikkel en by te dra tot die inwyding van 'n nuwe era van globale voorspoed en interafhanklikheid - 'n Chinese weergawe van liberale internasionalisme? Of gaan dit hier oor tradisionele magspolitiek soos deur die realistiese denkskool verwoord?

Volgens Tze (2019:4-5), 'n Chinese bron met die titel Chinese thinking about international relations: From theory to practice, is die Chinese se belangstelling in konstruktivisme deels gerig op 'n verwerping van réalisme en libéralisme as die hoofstroomdenkrigtings wat deur die Amerikaanse model voorgestaan word.1 China sou graag wou sien dat ander grootmoond-hede ook hierdie verwerping volg. Joe Biden se sogenaamde Build Back Better World-program word dan ook beskou as die Amerikaanse teenvoeter of antwoord op die Chinese Gordel-en-pad-inisiatief in die sogenaamde Globale Suide, en is volgens Kuo en Goldkorn (2021) veral gemik op Afrika suid van die Sahara. Verder is die gesigspunt wat deur China-kundiges soos Herman (2020, 2021:185-190) voorgehou word, eenvoudig nie genuanseerd genoeg nie. Terwyl dit so is dat die twee uiteenlopende perspektiewe (realisme en liberalisme) wat 'n internasio-naleverhoudinge-gesigspunt onderlê (Herman, 2020:319-321), wel daarin slaag om China se grootmoondheidambisies tot 'n mate te verklaar, is 'n ander probleem die ongenuanseerde benadering wat hierdie akademiese denkbeeld onderlê. Ek bemerk naamlik ook 'n ongereg-verdigde bevoordeling teenoor die Verenigde State (Herman, 2021:165-166) in teenstelling met China, soos byvoorbeeld beliggaam word in die stelling dat die spoorlyn tussen Dar es Salaam en Ruanda met lang tande deur laasgenoemde binne daardie landsgrense verleng is, aangesien Ruanda versigtig is om in 'n Chinese skuldlokval te beland (Tiezzi, 2018). Volgens die bekroonde joernalis Fox Butterfield (1983:153) is nuansering grondliggend tot 'n goeie begrip van die Chinese samelewing. 'n Benadering tot China vereis beslis veel meer nuansering as bovermelde tweesydige perspektief.

Die leemte in die bestaande kennis waarna ek verwys het, word soos volg deur Orville Schell en John Delury uiteengesit in hul belangrike werk Wealth and power: China S long march to the twenty-first century (2014). Hulle betoog dat China se twintigste eeu in 1839 begin het met die uitbreek van die Eerste Opiumoorlog, aangesien die sentrale temas wat daar ontspruit het, tans nog in die 21ste eeu teenwoordig is en steeds voortduur. Die temas waarna hier verwys word, is onder andere China se vernedering deur die toedoen van vreemde magte, wat aansluit by die Chinese etniese groeperinge se aanvaarding van Marxisme en industrialisasie, wat op hul beurt weer die strewe na rykdom en mag (Hi @) gevoed het in 'n poging om hul voormalige grootmoondheidstatus te herwin (Lötter, 2020a). Dit is egter ook so dat talle nie-Chinese volkere, soos die Tibetane, amptelik deur die Chinese as 'n "etniese groepering" geklassifiseer word wat nie streng gesproke korrek is nie.

Die ontstaansgrond van hierdie oorlog was Engeland se onredelike aandrang, waansinnig soos dit vandag op die oor sou val, dat China opium by die Engelse moet koop, waartoe die Qing-koningshuis - met reg - nie wou toestem nie (Lötter, 2020a). Die vernederende uiteinde van die Eerste Opiumoorlog in 1842, met die ondertekening van die Verdrag van Nanjing word oor die algemeen deur Chinese beskou as die beginpunt van hul sogenaamde "honderd jaar van vernedering" (1842-1949) deur die toedoen van sowel Westerse as Japannese imperiale wedywering. Dit het egter ook gedien as aansporing vir 'n nuutgevonde Chinese werklikheid ten einde die voormalige grootheid van die Chinese ryk (wat streke soos Tibet, Xinjiang, Taiwan en Mongolia insluit) te hervestig (Lötter, 2020a).

Die Volksrepubliek se indrukwekkende, selfs oordrewe ontwikkeling en rykdom sedert 1978 is niks meer as 'n tonnelvisie-jaagtog na nasionale grootmoondheidskap by wyse van fuqiang ("rykdom en mag") nie. Terwyl China oor die afgelope drie dekades dubbelsyfer-ontwikkeling behaal het, het die land ook 'n bruto binnelandse produk (BBP) van 14 triljoen Amerikaanse dollar in 2018 bereik (Jones, 2020). Volgens die Wereldbank het China teen 2018 reeds 800 miljoen van hulle inwonertal uit armoede gelig, wat vertolk tot 'n 25-voudige vermeerdering van hul bruto binnelandse produk (BBP) sedert 1978, en gelei het tot 'n verligting van 70 persent van die wereld se armoede (Kim, 2018).

Die begrip fuqiang is die sleutel tot die begrip van die eietydse Chinese geestesingesteldheid (Lötter, 2020a). Het uitermatige Chinese nasionalisme en opgeblaasde redevoering gewaarwordinge van politieke werklikhede verwring? Hodzi en Chen (2018:6) verwoord dit soos volg:

[T]he diminishing leadership role of the U.S. has provided a window of opportunity for China to advance its own causes. Already, Chinese officials consider Beijing to be playing a prominent and decisive role in global affairs as the U.S. frontiers of dominance recede.

'n Geskiedkundige blik is dus myns insiens ook noodsaaklik ten einde ondersoek in te stel na die beperkings op die invloed van die Chinese invalshoek op die internasionale wereldorde en Afrika onderskeidelik.

My bespreking ontvou as volg: Ek verduidelik eers my metodologie en teoretiese raamwerk, waarna ek in bree trekke Xi Jinping se Chinese Droom uitpluis en hoe dit China se plek in die eietydse wereldorde uitwys. Dit stel ons in staat om eerstens te verstaan hoe die Chinese Droom (waarby 'n vlugtige bespreking van die Thucydidiese lokval inbegrepe is), en tweedens die se implikasies vir China se Gordel-en-pad-inisiatief in Afrika, daar uitsien. Ek is veral bedag daarop om die bespreking van die Chinese Droom uit te lig - iets waaraan daar selde aandag geskenk word in die bestaande literatuur. Daarna volg 'n bespreking en 'n slotsom. Ek wend my vervolgens tot 'n uiteensetting van my metodologie en teoretiese raamwerk.

 

Metodologie en teoretiese raamwerk

My gekose metodologie is gewortel in die poststrukturalisme. Bert Olivier (2015) redeneer dat die poststrukturalisme se "linguistic turn" metodologies gesproke in terme van sy meer insluitende "beide/en"-benadering tot teoriebewilliging grootliks bygedra het tot hierdie metodologiese benadering se aansienlike voordeel bö ander tradisionele "öf/öf metodologiese benaderings wat deur Aristoteles aan ons nagelaat is. Terwyl postmodernisme klem le op "becoming", benadruk modernisme daarenteen die waarde van "being". Poststrukturalisme, in teenstelling met hierdie voorafgaande twee benaderings, vind 'n bevredigende balans tussen hierdie twee uiterstes "by thinking them together" (Olivier, 2013). Hierdie metodologiese orientasie behels gevolglik 'n intellektuele en geestesherrangskikking van die indiwidu se denkwyse, op beide 'n bewuste en onbewuste vlak, ten einde met Aristoteles se nalatenskap af te reken. Die "óf/óf'-denkwyse word dus vervang met 'n "beide/en"-benadering tot teoriebewilliging, soos ek hier bo aangedui het. Olivier (2013, 2015) betoog dat twee teenstrydige uiterstes op hierdie wyse met vrug gesnap kan word indien hulle tesame oorweeg word eerder as die een tot die uitsluiting van die ander. My bydrae sal baat vind by die poststrukturalistiese perspektief aangesien benaderings (soos realisme en liberalisme) oorweeg word wat oenskynlik wedersyds uitsluitend is.

Soos ek in die Inleiding aangedui het, word my metodologie deur 'n geskiedkundige teoretiese raamwerk aangevul. Partner Foot (2013:1) omskryf geskiedenis insiggewend as 'n teoretiese raamwerk:

Historical theory is a coherent yet flexible framework which supports the analysis of historical knowledge, and assists our understanding of what kind of knowledge we can have of the past, and precisely how that knowledge is constructed, assembled, and presented. In this sense of a framework of conceptual instruments for examining our knowledge of the past, theory is metahistorical: it does its work as an adjunct operation opening out the reach of critical self-awareness we bring to our assumptions and practices as historians.

Uiteraard moet my teoretiese raamwerk by my keuse van metodologie inpas. Die klem wat die poststrukturalisme op nuansering plaas, bevestig die gepastheid van hierdie metodologie vir kruiskulturele ondersoek. Ek wend 'n deels Westers georienteerde benadering aan ten einde te toets of dit lig kan werp op die Chinese problematiek, maar soos die bydrae van Tze (2019) uitwys, is Chinese akademici self ook goed op hoogte van sogenaamde "Westerse" teorie en maak self ruim gebruik daarvan. My geskiedkundige invalshoek, soos ek hier onder betoog, is egter iets waarmee die Chinese baie goed vertroud is. So doen Terblanche-Greeff (2022) byvoorbeeld aan die hand dat kulturele nuansering 'n belangrike dog verwaarloosde aspek van kruiskulturele ondersoek is. Nuansering is 'n besonder belangrike aspek van die Chinese ondervinding. 'n Ander, ewe belangrike aspek van die Chinese ondersoek is die kwessie rondom orientalisme.

Die bekende China-kundige Raymond Dawson dui in The Chinese chameleon: An analysis of European conceptions of Chinese civilization (1967), sy belangrike werk insake die vorming van orientale diskoersvorming, aan dat sodanige gewaarwording op beide 'n bewustelike asook onbewustelike vlak plaasvind. In 'n ander konteks is hierdie proses op die volgende manier verduidelik:

European understandings of China (including those European diaspora traditions found in the United States and Australia) are multifaceted. These are as much shaped by objective issues in China as by the various "mirrors" that reflect Europeans' own prejudice and obsessions (both conscious and unconscious), with the Chinese as an exotic outpost in an alien landscape. (Lötter, 2020b)

Oriêntalisme verwys dus na 'n bepaalde gewaarwording en denkwyse oor die Ooste (en beslis ook Islam) wat verstrik is in 'n eie Westerse beheptheid en wensdenkery rondom eksotiese kulture wat uiteraard van alle werklikheid ontbloot is. So verduidelik Edward Said (1979) die begrip in sy bekende teks Orientalism, in die konteks van Islam, as daardie bepaalde denkpatrone in die Westerse psige, op beide 'n bewuste en 'n onbewuste vlak, wat gemik is op die verowering, onderdrukking en koloniale uitbuiting van die Derde Wêreld. Aldus Said word sodanige optrede inderdaad geregverdig deur die rasionalisasie en motivering dat die sogenaamde Derde Wêreld se inboorling 'n dringende behoefte aan die Weste se "civilizing mission" het. Dit is dus een van my oogmerke met hierdie bydrae om, deels in 'n poging om ander navorsers aan te spoor, uit te wys hoe om die lokval van oriêntalisme te omseil. Teen die agtergrond van hierdie vlugtige oorsig van my gekose metodologie en teoretiese raamwerk, oorweeg ek vervolgens die Chinese Droom.

 

Die "Chinese Droom"

'n Goeie vertrekpunt vir 'n bespreking van die "Chinese Droom"2 is Deng Xiaoping se epogverskuiwende ekonomiese oopstelling van China aan die einde van die sewentigerjare van die vorige eeu. Deng staan dan ook met reg bekend as die "argitek van die moderne China" (Denmark, 2018).

"Sosialisme is nie armoede nie! Rykdom is glansryk." Hierdie was die nou roemryke woorde van Deng Xiaoping (Mao Zedong se opvolger) tydens 'n staatsbesoek aan Japan in 1978, toe hy met verbasing die omvangryke industrialisasie wat dié land op daardie stadium ondergaan het, gadegeslaan het (Lötter, 2020a). Deng was ook diep beindruk met Singapoer se ekonomiese ontwikkeling, vooruitstrewende behuising en groen ruimtes toe hy daardie stad gedurende dieselfde jaar besoek het. Die Singapoerse leier Lee Kuan Yew (2000:595-603) het Deng egter gemaan om nie kommunistiese ideologie na Suidoos-Asiê uit te voer nie; advies wat Deng, volgens Lee, later gevolg het. Hierdie ervaring was egter ook Deng se dryfveer om tienduisend jong Chinese na alle dele van die wêreld te stuur ten einde van hierdie kulture te leer en met hul indrukke na China terug te keer, met die oog op die verryking van die Chinese gemeenskap en kultuur (Denmark, 2018). Deng se voormelde woorde is net na die onstuimige Mao-jare geuiter toe China nog baie arm was (Lötter, 2020a).

Net so het Xi Jinping in 2013 ná amptelike besoeke aan Indonesiê en Kazakstan (Chen, Chen, Fan, Zhang & Min, 2019:3227) die inspirasie vir China se Gordel-en-pad-inisiatief opgedoen; die teikendatum vir die voltooiing van die projek is natuurlik 2049, die honderdste herdenkingsjaar van die totstandkoming van die Volksrepubliek China (Jones & Zeng, 2019:1416).

Volgens die Singapoerse diplomaat Kishore Mahbubani (2016) is die "Chinese Droom" bloot 'n groot dringendheid by die Chinese om toekomstige vernedering vir hul land te verhoed of hok te slaan. Gesien vanuit die Chinese gesigspunt, kan slegs 'n sterk en welvarende China, gerespekteer as 'n streeksgrootmoondheid (en moontlik selfs 'n wereldhegemoon) dien as 'n teenvoeter vir rassistiese en meerderwaardige gebare (Lotter, 2020a). Ek kan persoonlik getuig van die neiging by die Chinese Mafia om in Westerse lande, soos Suid-Afrika, by geskille tussen Chinese persone betrokke te raak en uitspraak te gee. Vanuit 'n Chinese gesigspunt is sodanige tussentrede aanvaarbaar aangesien die geskiedenis van vooroordeel teenoor Chinese in die Westerse wereld oor die afgelope twee eeue dit duidelik gemaak het dat geen Chinees 'n regverdige uitspraak in 'n geskilpunt met 'n Westerse persoon kan verwag nie.

Geremie Barme (2011), 'n Australiese sinoloog gevestig in Nieu-Seeland, doen op sy beurt aan die hand dat ons die Sinofoonwereld moet verstaan as inklusief en een waarin die ewolusie van Chinese tale, kulture en diasporagemeenskappe regoor die wereld ingesluit word. Terwyl meer as 90 persent van alle Chinese bekend staan as Han-Chinese, is daar ook talle nie-Chinese volkere en tale in China, waaronder die Tibetane, Mongole en Oeigoere in China se noordweste tel. China se lang mars na welgesteldheid en mag (oorweeg byvoorbeeld die uitspattige vertoon van "conspicuous consumption" deur Chinese toeriste in die Weste, met die oog daarop om hierdie gedagte by die res van die wereld tuis te bring) of wat Richard McGregor (2017) noem "a renewed Sinocentric order in Asia" is dan ook die noodsaaklike bestanddele van die Chinese Droom. Selfs die Suid-Afrikaanse politieke kenner Fanie Herman (2021:162) verwys na "'n nuwe Chinees-gesentreerde wereldorde".

Hierdie onbeskaamde opmars van kapitalisme binne 'n Marxistiese raamwerk staan bekend as sosialisme met Chinese kenmerke (Herman, 2020:321). Terselfdertyd is die "Made in China 2025 Policy"-beweging in China daarop gemik om plaaslike ekonomiese praktyke onafhanklik van buitelandse produkte en dienste te maak, en is die hoop uitgespreek, veral in die lig van die ekonomiese sanksies en tariefoorlog wat onder die presidentskap van Donald Trump gelegitimeer is, om eerder op tuisgemaakte tegnologie soos byvoorbeeld die van Huawei te steun (Herman, 2021:163). Goeie voorbeelde hiervan is Alibaba en Tencent Holdings, tans die twee grootste internetmaatskappye wereldwyd, wat hul toespits op aanlyn vermaakspel, digitale media en e-handel, sowel as WeChat en TikTok, wat baie suksesvolle internetgebaseerde maatskappye is wat moontlik gemaak is deur Chinese tegnologiese vooruitgang (Herman, 2020:314).

Ondanks die blymoedige herdenking van Marx se 200ste verjaarsdag in China in 2018, sou hierdie suksesvolle, maar ongemaklike huwelik tussen kapitalisme en kommunisme vir Marx in sy graf laat omdraai (Lotter, 2020a). Met die onheilspellende omarming van kapitalisme in China, is dit uiteraard geen oordrywing om die stelling te maak dat die Verenigde State se opperheerskappy toenemend uitgedaag sal word in ons veelsydige wereld, met voorkeure en belange wat wesenlik verskil van die met 'n Westerse agenda (Lotter, 2020a).

Volgens die bekende geskiedkundige Niall Ferguson (2012) het die Volksrepubliek sedert 1978, in die bestek van bloot vier dekades, die grootste industriele rewolusie in die geskiedenis van die menslike samelewing beleef. Xi Jinping, China se huidige leier, het dan ook sy steun toegese aan die sogenaamde ekonomiese vooruitgang van 'n nuwe era (in terme van die klassieke Marxistiese terminologie) (Lotter, 2020a). Volgens Xi (2017) verteenwoordig hierdie tydfase -

... a new historic juncture in China's development. The Chinese nation has stood up, grown rich, and become strong - and it now embraces the brilliant prospects of rejuvenation [...] It will be an era that sees China moving close to centre stage and making greater contributions to mankind [...] The path, the theory, the system, and the culture of socialism with Chinese characteristics have kept developing countries and nations who want to speed up their development while preserving their independence: and it offers Chinese wisdom and a Chinese approach to solving the problems facing mankind.

Volgens Phaahla (2021:197) beliggaam die denkwyse van Xi Jinping (wat inderdaad ook bekend staan as Xi Jinping-denke) die beleidsrigting wat China se ekonomiese ontwikkeling gaan volg. Dit mag so wees, maar in die lig van Xi se eie beleidsbegronding (wat insluit 'n terugkeer tot outokrasie soos tydens die Mao-era en 'n hernieude vriendskap met Rusland soos laas ervaar tydens die Stalin-jare) bevraagteken ek die haalbaarheid van hierdie gevolgtrekking.

Daar is reeds voorspel dat China, selfs al word dit verstaan as 'n postkommunistiese gemeenskap, waarskynlik die Verenigde State se status as die wereld se grootste ekonomie voor of teen 2025 sal verbysteek (Lötter, 2020a). Teen 2030 sal die land se ekonomie na alle aanduidings dubbeld die grootte van die van die Verenigde State wees terwyl Indie s'n op 'n gelyke vlak met die van die Amerikaners behoort te wees. Dit wil voorkom of vier van die vyf grootste ekonomiee in die wereld teen 2030 in die Ooste gelee sal wees (Macäes, 2018:12). Behalwe vir die ekonomie van die Verenigde State is die ander vier kandidate China, Indie, Japan en Indonesie. Volgens Graham Allison (2015), wat verbonde is aan die Belfer-sentrum by Harvard, is China se ekonomie volgens ten minste twintig aanwysers reeds groter as die van die Verenigde State.

Grootmoondheidwedywering in die Stille Oseaan-Asie-streek is deels die gevolg van China se magsvertoon teenoor Japan oor beheer of besit van die Diaoyu-/Senkaku-eilande in September 2012, en meer onlangs die grensverskille met Indie (Lötter, 2020a). China maak aanspraak op waters waaroor Vietnam, die Filippyne en Taiwan ook eiendomsreg opeis (Kipgen, 2020:5). Deur dieselfde besige Straat van Malakka (toegang tot die Suid-Chinese See) word dan ook die helfte van die wereld se seevaartolie vervoer (Kipgen, 2020:6). Taiwan word deur China beskou as 'n provinsie; veral nä Rusland se inval in Oekraine, is Taiwan se posisie baie onseker. Biden het egter ten tye van die skryf van hierdie bydrae (23 Mei 2022) tydens sy besoek aan Asie vir die bekendstelling van sy Asie-Stille Oseaan Ekonomiese Raamwerk, in Japan bevestig dat die VSA militer sal ingryp indien China Taiwan met geweld wil oorneem (Kanno-Youngs & Baker, 2022). Sal die Verenigde State Taiwan regtig te hulp kan snel terwyl dit nie moontlik was met Russiese aggressie teenoor die Oekraine nie? Dit wil so voorkom, aangesien Biden volgens alle aanduidings 'n man van sy woord is, maar of die Verenigde State regtig die mas sal opkom teen China in 'n magstryd oor Taiwan is natuurlik 'n ope vraag.3

Met sy nasionalistiese denkwyse strek China se 20e eeu gevolglik nog aaneenlopend diep tot in die Weste se 21ste eeu (Lötter, 2020a). Ons moet ondanks die Chinese regverdiging vir hul lang, onvoltooide twintigste eeu, egter let op die onderliggende feitelike raamwerk hiervan. So verduidelik Priya Satia (aangehaal in Rees, 2022), 'n bekroonde geskiedkundige wat spesialiseer in die geskiedenis van die Britse Ryk, hoe die denkbeeld van liniêre vooruitgang ('n tipiese Westerse idee) die moderne geskiedenis gevorm het:

The major forces of [modern] history - imperialism, industrial capitalism, nationalism - were justified by notions of progress and thus liable to rationalisations about noble ends justifying ignoble means.

Hierdie gewaarwording is net so waar vir die Weste se ontwikkeling oor die afgelope 500 jaar as wat dit vandag vir Chinese vooruitgang in die 21ste eeu is. Volgens Peters (2017) volg China 'n vreedsame buitelandse beleid, soos in die besonder benadruk deur die 17e en 18e kongres van die Chinese Kommunistiese Party (CKP) en bekragtig gedurende die 19e kongres in 2017, in 'n poging om die materiêle welvaart van die Chinese volk te verbeter. Hierdie denkbeeld, soos Shu-yun (1986) uitwys, strook natuurlik met die bekende prentjie wat Deng Xiaopeng in 1978 vir die Volksrepubliek geskets het, naamlik vreedsame en ekonomiese vooruitgang met die doel om internasionale stabiliteit te bevorder. Die 19e kongres het wel Xi Jinping se traktaat, Xi Jinping's thought on socialism with Chinese characteristics for a new era, aanvaar as die grondslag vir die ekonomiese groei in die afsienbare toekoms, maar hierdie gebaar het eerder 'n ideologiese as 'n ekonomiese strekking, soos ek hier onder betoog. Die Gordel-en-pad-inisiatief is in September 2013 deur Xi bekend gestel in 'n poging om handelsnetwerke, gebou op die legende van die Middeleeuse syhandelsnetwerke wat China met Sentraal-Asiê (Kazakstan, Kirgistan, Tadjikistan, Turkmenistan, Oesbekistan, Indiê asook Pakistan) en Europa verbind het, met China se buurlande in Sentraal-Asiê, die Midde-Ooste, Afrika en Europa te vestig en uit te bou (Frankopan, 2015, 2018; Xinhuanet, 2020).

'n Genuanseerde beskouing, daarenteen, van die VSA se plek in 'n toenemend veelsydige post-Amerikaanse wêreld, openbaar 'n heeltemal ander sy van die situasie (Lötter, 2020a). China het in federale effekte ter waarde van nie minder nie as 1,0395 triljoen Amerikaanse dollar belê; slegs Japan is tans 'n groter krediteur van die Verenigde State (Department of the Treasury: Federal Reserve Board, 2022). Japan is egter 'n bondgenoot van die VSA, wat China nie is nie. Hierdie feit illustreer myns insiens die Chinese se ruimhartigheid in die uitreik van 'n hand van vriendskap na hul handelsvennoot aan die ander kant van die Stille Oseaan - 'n finansiêle lewenslyn waarsonder die Amerikaanse ekonomie kwalik kan klaarkom (Lötter, 2020a).

Terwyl baie in die Weste reeds postontwikkelingsredevoering ondersteun (as gevolg van kommer weens aardverwarming as gevolg van industriêle kweekhuisgasvrystelliings), is China nog vasgevang in die tydgreep van die 20e eeu weens politieke en ekonomiese redes (Lötter, 2020a). Die sentrale voorkeur wat daar egter tans verleen word aan die "Chinese Droom" in die Chinese psige, veroorsaak dat daar weinig redelike vooruitsigte is dat die land se ekonomiese groei sal afneem weens kommer oor aardverwarming (Lötter, 2020a). Die Covid-19-pandemie het egter sonder twyfel die Chinese ekonomie 'n gevoelige slag toegedien, hoewel om politieke redes. China is tans die grootste besoedelaar van die atmosfeer met kweekhuisgasse ter wêreld, gevolg deur die Verenigde State (Global Carbon Atlas, 2021).

Dit is met hierdie oorwegings in gedagte dat Ferguson in sy dokumentêre fliek China: Triumph or Turmoil? (2012) aan die hand doen dat binne die afsienbare toekoms tegnologiese vernuwings as 'n reêl in China bedink sal word terwyl die aanmekaarsit van reeds vervaardigde ontwerpe in Kalifornie sal geskied - die teenoorgestelde van die huidige posisie. Martin Jacques, die skrywer van die blitsverkoper When China rules the world (2012:16-21), betoog dat met die enorme opkoms van die Ooste ten koste van die Weste gedurende die (Westerse) 21ste eeu, dit die Weste se grootste wens is dat hul waardes en voorkeure vir die Chinese aanloklik sal wees. "The underlying argument of this book is that China's impact on the world will be as great as that of the United States over the last century, probably far greater, and certainly very different", redeneer Jacques (2012:20). Hierdie idee word ook op die volgende manier verwoord, naamlik dat "[i]n our multi-polarised, twenty-first century [...], Asian concerns (particularly those of China, India or both) are increasingly likely to trump Western values" (Lötter, 2021:2). Teen die agtergrond van die plasing van die Chinese Droom in die 21ste eeu, gee ek vervolgens aandag aan die denkbeeld van die Thucydidiese lokval. (Laasgenoemde is natuurlik 'n verwysing na die Peloponnesiese Oorlog van weleer tussen die twee Griekse state Athene en Sparta.)

 

Die Thucydidiese lokval

Die Peloponnesiese Oorlog (431-404 v.C.) het gewoed tussen die Deliese bondgenootskap, onder leiding van Athene, en die Peloponnesiese bondgenootskap, soos deur Sparta verteenwoordig, in antieke Griekeland (Lötter, 2020a). John Mearsheimer (2010), 'n Chinakenner verbonde aan die Universiteit van Chicago, is eweneens van mening dat sodra China 'n "gigantic Hong Kong" word (bedoelende so ryk en welgesteld soos wat Hong Kong is), dit onmoontlik sal word om met China in gesprek te tree aangesien 'n beroep op rede en regverdigheid beperk is tot swakker onderhandelaars.

Graham Allison blyk met hierdie siening akkoord te gaan. In sy boek Destined for war: Can the US and China avoid war? (2017) betoog hy dat die lesse van die geskiedenis oor die afgelope vyfhonderd jaar aan die hand doen dat oorlog onafwendbaar is in die oorgrote meerderheid van gevalle "when a rising power threatens a ruling power". Ondanks wyd-verspreide akademiese kritiek op hierdie gedagtegang, blyk Allison se werk invloedryk te wees in die naspeur van China se rol in die 21ste-eeuse politiek. Sy gevallestudie van die sogenaamde Thucydidiese lokval verwys na die beginsel dat dit gevaarlik is om 'n ryk se invloedsfeer uit te brei (soos wat die Chinese tans blyk te doen), maar dit is selfs gevaarliker om 'n ryk te laat vaar (soos wat dit die geval blyk te wees met die stadig ineenstortende ryk van die Verenigde State) (Lötter, 2020a).

So betoog Peter Nolan (2016), wat die gesaghebbende en indrukwekkende Chong Hua Leerstoel in Chinese Ontwikkeling aan die Universiteit van Cambridge beklee, in 'n lesing in Wene, Oostenryk in 2016, dat Chinese leiers goed bewus is van die gevare verbonde aan nog 'n Peloponnesiese Oorlog en dat hulle dit eens is dat 'n Thucydidiese lokval ten alle koste vermy moet word. Hodzi en Chen (2018:7) merk in hierdie verband op dat China 'n "revisionist power [is] seeking to challenge the existing international order so as to establish a parallel order, or, at least, materially revise the existing one". Xi het herhaaldelik daarop gewys dat die hoofoogmerk van die CKP die verwerwing van grootmoondheidstatus vir China is, wat die totstandkoming van 'n kragtige, invloedryke en gerespekteerde China op die wêreldtoneel behels (Clarke, 2020). Terwyl China se sogenaamde hegemoniese ambisies beslis 'n doring in die Amerikaanse vlees is (Herman, 2021:165), is Amerikaanse aggressie in die Suid-Chinese See en Stille Oseaan vanuit die Chinese perspektief 'n voortdurende kopseer (Herman, 2021: 167). Grootmoondheidwedywering tussen China en die Verenigde State is dus reeds 'n voldonge feit (State Council Information Office of the People's Republic of China, 2019a), maar die oorlog in die Oekraine herinner kenners daaraan dat die posisie sekerlik meer kompleks is as net 'n tweeledige wedywering. Dit is inderdaad 'n veelledige wedywering.4

Tot dusver het ek die verhouding tussen China en die Verenigde State nog net in ekonomiese terme bespreek, maar dié dinamika kan natuurlik nie net in hierdie terme verstaan word nie. Volgens Allison (2017) was dit die opkoms van Athene en die vrees wat dit in Sparta opgewek het, wat oorlog onafwendbaar gemaak het.

Die Verenigde State en sy bondgenote het reeds reelings getref om China hok te slaan, en Japan en Indie,5 twee lande wat wyd van mekaar verskil (Lötter, 2020a), vorm saam met Australie en die VSA die sogenaamde viermanskap ("Quad" [Quadrilateral Security Dialogue]) (Wong, 2022b). Saam met Taiwan, Suid-Korea, Indie en die Filippyne, het die Verenigde State onder Biden se leiding reeds 'n staalband om China getrek - al bestaan die twee reuse (die Verenigde State en China) letterlik in twee verskillende eeue (Lötter, 2020a). Biden se besoek aan Asie aan die einde van Mei 2022 moet gevolglik in hierdie lig gesien word. Nie net wil hy sy bondgenote verseker dat hy die oorlog in die Oekraine onder beheer het nie, maar ook dat hy terselfdertyd nog sy aandag op China gevestig kan hou (Wong, 2022b). Die Obama-administrasie se Asie-herbalanseringstrategie ("Asia Rebalancing Strategy") was byvoorbeeld daarop gemik om 'n strategiese muur van vervreemding tussen China en sy bure (spesifiek Suid-Korea, Vietnam en die Filippyne) op te rig (Giancarlo, 2019). Die Chinese Gordel-en-pad-inisiatief is dus deels 'n poging om China se verhoudinge met sy bure te verbeter en te versterk (Flint & Zhang, 2016:5).6 Teen die einde van 2019 het China reeds op dié grondslag meer as 100 samewerkingsooreenkomste (wat 37 Afrikalande insluit) met internasionale rolspelers (beide lande en organisasies) gesluit (Herman, 2020:218, 324). Tydens 'n toespraak in die Groot Saal in Beijing in 2018, soos wat die New York Times (Buckley & Myers, 2018) berig het, het Xi Jinping reeds uitgewys dat hy van plan is om die horlosie terug te draai wat die kenmerke van die Chinese staat betref. Hierdie uitspraak verwys na twee temas in die Chinese opset, naamlik 'n groter, sterker kraggreep op die ekonomie en die politiek aan die een, en 'n terugkeer na die heldeverering van ouds soos die geval met Mao was, aan die ander kant. Deng het gehoop om met laasgenoemde te kon wegdoen. "It was precisely because we've adhered to the centralized and united leadership of the party that we were able to achieve this great historic transition," het Xi betoog (aangehaal in Buckley & Myers, 2018).

Sy woorde was egter nog nie koud nie toe finansiele markte in Asie en die Verenigde State negatief daarop reageer en begin ineenstort (Stevenson, 2018). Xi se terugkeer ná die aanblaas van heldeverering, soos wat destyds ook die geval met Mao was, lei tot twee ernstige gevolge vir die toekoms van China se toetrede tot die wêreldtoneel. Eerstens voer ek aan dat 'n versterking van sentrale beheer oor die ekonomie juis die teenoorgestelde gevolg gaan hê, naamlik 'n inkrimping daarvan. Tweedens, Xi se besluit om sy nalatenskap aan die Chinese kultuur te koppel aan 'n "zero Covid" beleid, dui op 'n wanhopige poging tot algehele uitwissing van die virus in China (Li, 2022). Dit het reeds daartoe aanleiding gegee het dat "373 million people in [at least] 45 Chinese cities" (Li, 2022), wat Shanghai (met 26 miljoen inwoners) as die stad met die hoogste bevolkingsdigtheid insluit, in gedeeltelike of algehele inperking gedwing is. 'n Nomadiese werkerskorps wat teen die einde van die vorige eeu 60 miljoen persone getel het (Dutton & Xu, 1998:317-318; Spence, 2013:656-657), het teen vanjaar (2022) se genadelose inperking tot meer as 290 miljoen gegroei (Textor, 2022). Hierdie beleidsformulering, daargestel om heldeverering verder aan te blaas, lei daartoe dat die Chinese volkere verdere grootskaalse werkloosheid in die gesig staar. Martin Jacques (2012:327) het 'n dekade terug reeds opgemerk dat "[Chinese] migration remains highly active, for example to Africa and Australia [as there has been a big expansion] [i]n the second half of the twentieth century". In die lig daarvan dat miljoene Chinese immigrante hulself reeds in Afrika gevestig het (Michel & Beuret, 2009; French, 2015; Yap & Man, 1996:30-39), dui die huidige haglike werksomstandighede op die Chinese vasteland daarop dat hierdie neiging net sal versnel. Hierdie gewaarwording baan dan ook die weg vir ons om aanstons die implikasies van die sogenaamde "Chinese Droom" vir Afrika uit te lig.

 

'n Onversadigbare industriêle monster: Die implikasies vir Afrika

Dit is binne hierdie konteks dat die implikasies van China se lang, onvoltooide twintigste eeu vir Afrika oorweeg moet word.7 Volgens The New York Times het die Chinese ekonomie in 2021 seêvierend uit die Covid-19-pandemie getree, en China se ekonomiese groei is goed vergelykbaar met dieselfde tyd van die voorafgaande jaar, voor die wêreldwye inperkings (Lötter, 2020a). Dit was natuurlik voor Xi se inspirasie oor sogenaamde "zero-Covid", wat China se ekonomie onmiddellik weer laat inkrimp het. As 'n onversadigbare industriêle monster sal China se oorweldigende behoefte aan grondstowwe sekerlik daarvoor sorg dat die land sy aandag vestig op die nastreef van geleenthede in die ontwikkelende wêreld, wat ook Afrika met sy onuitputlike natuurlike hulpbronne insluit (Lötter, 2020a), maar beslis nie uitsluitlik of selfs tot 'n groot mate nie, soos ek hier onder uitwys.

Met die uitbreek van die oorlog deur die Russiese inval op Oekraine op 24 Februarie 2022 het China en Indiê, beide lande wat sterk bande met Rusland het, die omsetverlies wat Amerikaanse sanksies van Russiese olie en natuurlike gas gelaat het, verminder deur hul eie olie-invoere vanaf Rusland te verhoog (Wong & Crowley, 2022). Sedert die Europese Unie se besluit om nie meer olie van Rusland te koop nie as vergeldingsmaatreêl vir Putin se aggressie teenoor Oekraine, het China en Indiê die leemte so te sê gevul met reuseaankope teen groot afslagpryse. Waar China teen Mei 2022 28 persent meer olie as die voorafgaande maand aankoop, voer Indiê teen Mei 2022 'n ongelooflike 841 000 vate olie per dag van Rusland in (Kim & Krauss, 2022). China se noue bande met Rusland beteken dat hierdie grootmoondheid baie minder op ander verskaffers, in besonder in Afrika, gerig is. By wyse van 'n voorbeeld betoog ek dat Phaahla (2021:201) se opmerking oor die "growing importance of the continent to China's long-term economic interests" dus met omsigtigheid bejeên moet word. Alhoewel dit so is dat Suid-Afrika Angola in 2018 verbygesteek het as China se grootste Afrika-handelsvennoot, met die olieryke lande Nigeriê, Egipte en Algeriê kort op ons hakke (ECNS, 2018), gee Phaahla (2021:203) egter toe dat China se handelsbande met Afrika swak vergelyk met die land se handelsbetrekkinge met ander lande in Asie (of selfs met ander BRICS-vennootlande). Doffman (2019) wys byvoorbeeld daarop dat China se merkwaardige opkoms en moontlike oppermagstatus in die afsienbare toekoms kenners tot kommer stem, aangesien China se rekord daarop dui dat die demokratiese wêreldorde in die slag kan bly. Ek het egter reeds hier bo betoog dat dit sonder twyfel wel die geval in die nabye toekoms sal wees aangesien China se voorkeure en belange werklik baie anders is as dié van die Weste.

Herman (2020:327) wys weer daarop dat die Amerikaanse uitvoerende gesag ("White House") ontevrede is met die Chinese ekonomiese model soos dit deur die Gordel-en-pad-inisiatief blootgelê word, aangesien dit glo nie strook met Westerse standaarde en norme nie. So redeneer Joseph Siegle (2022), wat sy gedagtegang bou op die kundige werk van Miriam Lanskoy en Dylan Myles-Primakoff (2018), dat die wesenlike gevaar bestaan dat Afrikalande wat op Rusland steun vir wapeninvoere en/of militêre bystand om ongewilde regimes te onderskraag, indirek die Russiese model van outokratiese, kleptomaniese en verhandelbare regeerkunde by Afrika sal invoer en selfs (tot 'n mate) gewild kan maak. Rusland verkoop tans meer wapens aan Afrika as enige ander land (Stockholm International Peace Research Institute, 2022) en Russiese huursoldate is 'n bekende gesig by knelpunte op die vasteland (Walsh, 2022). By wyse van analogie redeneer ek dat veral in die lig van Xi se terugkeer na 'n ultraortodokse Maoi'stiese denkbeeld (Langfitt, 2019:162; Rudd, 2022) en die versterkte vriendskapsbande tussen China en Rusland (ook iets eie aan Xi se internasionale denkpatroon, maar wat wel terughunker na Mao se goeie bande met Stalin in die jare voor Nikita Khrushchev se breuk met China van ouds), is die gevaar wat Siegle uitlig oor die invoer van die Russiese staatsmodel in Afrika eweneens van toepassing op die Chinese staatsmodel. Die nuutgevonde vriendskap tussen China en Rusland is iets wat die Weste bekommer. In 2008 het Rusland en China alle uitstaande grensgeskille langs hul 4300 kilometer lange gesamentlike grenslyn geskik (Wong, 2022a). In 'n gesamentlike persverklaring van 5000 woorde gedurende die Olimpiese Winterspele in Beijing, vroeg in Februarie 2022, so berig die Washington Post (Dou, 2022), het Putin en Xi verklaar dat hulle twee lande se vriendskap geen perke ken nie. Ratanavaraha (2018:10) se stelling dat Rusland en die VSA die grootmoondhede is wat die grootste bedreiging vir China se invloed in Afrika inhou, is dus deels verkeerd en moet dienooreenkomstig aangepas word.

Wat China se ekonomiese verhouding met Afrika betref, het die Forum on China-Africa Cooperation (FOCAC) aan die begin van die huidige eeu tot stand gekom en reeds tot talle beleggings- en ontwikkelingsprojekte aanleiding gegee (Phaahla, 2021:198). In 2015 het net China alleen 60 miljard Amerikaanse dollar belê in terme van energie- en vervoerprojekte in Afrika as 'n geheel, waarby Kenia, Ethiopie en Zambie die meeste gebaat het (Johnston & Rudyak, 2017:431). Volgens die China-Africa Research Initiative (CARI) aan die School of Advanced International Studies (SAIS) by Johns Hopkins Universiteit (CARI, 2017), het China se beleggingsfokus teenoor Afrika van 'n skrale 10 miljard Amerikaanse dollar in 2000 gegroei tot meer as 220 miljard in 2014. Hierby kan die ontwikkeling van drie projekte aan die Ooskus van Afrika gevoeg word, soos Edinger en Labuschagne (2019:7) aantoon, ten einde die streek se insluiting by die Maritime Silk Route, wat deel vorm van Beijing se sogenaamde One Belt One Road-projek (OBOR), moontlik te maak. Die drie projekte hier ter sprake is natuurlik die 759 kilometer lange treinspoor van Addis Ababa na Djibouti teen 'n koste van 4,5 miljard Amerikaanse dollar, die bou van 'n hawe te Bagamoyo, Tanzanie teen 'n beraamde koste van 11 miljard Amerikaanse dollar en die Nairobi-Mombasa-treinspoor, teen 'n koste van 3,2 miljard Amerikaanse dollar. Die bou van hawens in die Indiese Oseaan word natuurlik geregverdig deur die gedagte dat dit seehandel met China sal versnel en vergemaklik (Jones & Zeng, 2019:1416). Teen 2017 het China se wederkerige handel met Afrika 'n indrukwekkende 150 miljard Amerikaanse dollar beloop (al het dit gedaal van 'n hoogtepunt van 220 miljard in 2015), wat goed vertoon teen die Verenigde State se ietwat powere 49 miljard Amerikaanse dollar (Phaala, 2021:201). Hierby kan die oprigting van die Soubre-megadam in Ivoorkus ten bedrae van ten minste 1 miljard Amerikaanse dollar en die opkoop van Zambiê se kopermyne deur Chinese maatskappye die afgelope paar jaar, nog ingereken word (Herman, 2021:182). Afrikalande is skugter vir 'n herhaling van grootmoondheidwedywering wat terugdateer na die Koue Oorlog wat gevolg het op die wedywering tussen Rusland en die VSA, maar daar moet beswaar aangeteken word teen die opmerking dat "Afrikalande die gevaar [loop] om weer eens deur die grootmoonthede misbruik te word" (Herman, 2021:184-185, Olander, 2020).

Dit is egter ook so dat die rol van sogenaamde Chinese skulddiplomasie nie onderskat moet word nie (Herman, 2021:183). So redeneer Herman (2020:326-327) byvoorbeeld soos volg:

Westerse waarnemers [voer] aan dat die lenings wat China aan Afrikalande toestaan, besig is om tot 'n skuldkrisis te lei. Sodra die lande in gebreke bly om die lenings terug te betaal, word druk op hulle geplaas om China se geopolitieke belange te ondersteun. Westerse ontleders is ook van mening dat China se BRI-praktyke inderwaarheid neerkom op hegemoniese ambisies en die soewereiniteit van die lande op die roetes uitdaag.

'n Aantal kenners, waaronder die bekende China-kundige Deborah Brautigam (2020), het egter die toepaslikheid van hierdie denkwyse bevraagteken in die lig van belangrike idees soos negatiwiteitsvooroordeel (uiteraard teenoor China) en kenners gemaan om op 'n verantwoordelike wyse waarheid tot mag te spreek. 'n Voorbeeld hiervan is die waninligting rondom die Standard Gauge Railway (SGR) tussen Nairobi en Mombasa in Kenia (Guguyu & Kamau, 2017) en die onware gerug wat die rondte gedoen het dat die Mombasa-hawe as sekuriteit vir die terugbetaling van die leningsooreenkoms sou dien. 'n Ander negatiewe (en foutiewe) waarneming is dat aangesien Beijing in Chinese leningsooreenkomste gewoonlik aangewys word as die setel van arbitrasie, soos die geval is met die Chinese Eximbank, die proses dus onregverdig vir Afrikalande sou wees (Brautigam & Kidane, 2020). Soos Brautigam en Kidane aandui, is dit 'n normale voorwaarde, ook in die geval van Westerse lenings-ooreenkomste, maar dié kenners beveel tereg neutrale setels vir arbitrasieverrigtinge aan.

Afrikalande wat internasionale spanne met ondervinding huur vir onderhandelinge tussen hulself en China en dié se ontwikkelingsbanke, soos wat die ervaring met Togo, Senegal en Tunisiê uitwys, behaal dan ook beter resultate. Soule (2019) betoog ook dat sy getuienis ingewin het dat Afrikalande China afspeel teen ander rolspelers, soos Turkye, Rusland en die Verenigde Arabiese Emirate. 'n Beter gekoördineerde en samehorige benadering tussen Afrikalande vis-à-vis China is dus aan te beveel. My eie posisie is dus dat die werklikheid rondom Chinese leenpraktyke of skulddiplomasie in Afrika heelwat meer genuanseerd is as wat die hoofstroomdiskoers, verstrik in 'n negatiwiteitsvooroordeel gekantel ten gunste van die Weste, uitwys. À la Eric Olander (aangehaal in Kuo & Goldkorn, 2021): "People really want to believe this story about Chinese asset seizures." Hierdie ongegronde gerugte is egter getoets en daar is bevind dat dit van alle waarheid ontbloot is. So verduidelik Deborah Brautigam (2022), verbonde aan die China Africa Research Initiative te Johns Hopkins Universiteit, soos volg:

The debt trap diplomacy fear that borrowers' strategic assets are directly (and deliberately) at risk from Chinese banks continues to fail the test of evidence.

Verder moet die vraag ook gevra word hoekom Afrikalande as die slagoffers in hul verhoudinge met China gesien word en hoekom Afrika van agentskap onthef word. Dit is sekerlik moontlik vir Afrikalande om ook nee te sê of, soos ek hier bo aantoon, met skerper en meer geslypte insig te onderhandel. In terme van die nuutste Forum on China-Africa Cooperation (FOCAC), wat in September 2021 in Dakar, Senegal, plaasgevind het, blyk dit egter dat die Chinese kennis geneem het van die kritiek op sogenaamde skuldlokvalle en lenings aan Afrikalande, en sodanige programme begin afskaal het. Soos Folashade Soule (2019) uitwys, is dit inderdaad so dat daar 'n wydverspreide persepsie onder Afrikalande is dat enige Chinese aanbiedinge sonder beswaar aanvaar moet word, maar dit is ook so dat Afrikalande dit doen sonder om te besef dat China hoofsaaklik 'n oorvloed van tuisgemaakte produkte het wat hul graag wil afset (Lee, 2017).

China is ook meer gewild in Afrika (volgens 63 persent van alle inwoners in 36 Afrikalande) as wat die geval met die Verenigde State is (Afrobarometer, 2016), maar Afrikaleiers sal wys wees om op openbare persepsies oor China (soos beweerde swak produkte en 'n voorkeur vir Chinese handearbeid ten koste van plaaslike werkers) ag te slaan ten einde 'n swak mediabeeld te vermy of te versag. Die Afrobarometer is 'n pan-Afrikaanse navorsingsinstituut wat poog om betroubare inligting oor mense in Afrika se ervarings en waardebepalings bekend te stel. In September 2020 het die Afrobarometer (2020) daarop gewys dat die meerderheid van Afrika-inwoners (6 uit 10 versprei oor 18 Afrikalande) 'n goeie indruk van China se handelsbelange in Afrika het ('n daling vanaf 71 persent in die 2014/15-opname na 56 persent in die 2019/20-opname). Die persepsie van Chinese skuldlokvalle is volgens die opname dat 77 persent van mense wat weet dat China geld aan Afrikalande leen, bekommerd daaroor is. Minder as die helfte (48%) weet nie of hul leiers geld by China leen al dan nie. Hierdie daling, soos Soule en Selormey (2020) uitwys, kan deels verklaar word op grond daarvan dat Afrika se ekonomie tans deur baie rolspelers betree word, wat Rusland en die Europese Unie insluit. Die belangrike bevinding van hierdie nuutste opname (in 2020) is egter dat die meeste Afrikane die Amerikaanse ekonomiese model bó die van China verkies, aangesien eersgenoemde die vrye mark benadruk terwyl laasgenoemde sentrale beheer voorstaan. Hierdie gedagtegang sluit aan by my hoofargument, naamlik dat die Chinese pakket nie net gekompromitteer is nie, maar ook op die tuisfront voor uitvoer reeds ernstige probleme ondervind. Hierdie denkbeeld toon dan ook die waarde aan van my navorsingsmetodologie by die ondersoek van my navorsingsvraag, naamlik Afrika se plek in die moderne wêreld en meer spesifiek postkoloniale Afrika.

Anders as die meeste Westerse ontwikkelingsagentskappe wat ontwikkelingshulp en/of lenings aan Afrika-regerings bied, heg China geen deursigtigheidsmaatreêls of menseregte-toetsinstrumente aan hul aanvaardingskriteria nie (Lötter, 2020a). Hierdie gebrek aan grense maak uiteraard die Chinese aanbiedinge aantrekliker teenoor dié van die "imperialistiese" Weste. Herman (2020:323) betoog dat "[d]ie AU ... in noue samewerking [is] met China om Afrika se ontwikkeling te bevorder". Die Chinese bemark graag hul ware met die merkertjie dat hul handelsverhoudinge met die Globale Suide gesuiwer is van enige koloniale oorblyfsels, wat egter net deels waar is (Lötter, 2020a). China beoog egter nie net ekonomiese bande met Afrika nie. Daar is ook getuienis van die sogenaamde sagte aanslag.

Herman (2021:181) verduidelik die gedagte van sagte mag in die volgende treffende terme:

Die kulturele en onderwysprogramme wat China in Afrika van stapel stuur, het onder andere ten doel om leiers en mense in Afrika meer oor die Chinese lewenswyse te leer. Dit is 'n vorm van sagte mag en die doelwit is nie om gebied te bekom of die ekonomie te kontroleer nie, maar om die denkrigtings van leiers en die bevolking te beinvloed. Die volgehoue en suksesvolle pogings van China om kulturele mag in Afrika te verkry en Amerika se kleiner fokus op die vestiging van Amerikaanse waardes en kultuur verander die sagtemagsverhouding op die kontinent.

Daar is byvoorbeeld tans ook 350 Confucius-institute regdeur die wêreld (Herman, 2020:314) wat net soos wat die Oxford-Woordeboek en Hollywood-flieks gedurende die 20e eeu die Engels-Amerikaanse kultuur uitgedra het, die Chinese kultuur bevorder. Chinese kultuur (veral Han-Chinese se etniese tradisies en gebruike), taal en geskiedenis word op dié manier aan die wêreld bekend gestel. Ten minste vier Afrikalande het reeds Mandaryns of Mandaryns-Chinees as taal op skool verpligtend gemaak (Herman, 2021:182).

Ten slotte, China se militêre basis in Djiboeti op die Horing van Afrika, binne maklike bereik van die Golf van Aden en Jemen, word ook tereg deur kenners beskou as 'n poging om Chinese belange in Afrika, soos beleggings in olie- en natuurlike gas-ontwikkelings (en talle ander natuurlike hulpbronne), in die toekoms te kan beskerm (Flint & Zhang, 2016:5-8). Tydens 'n onderhoud belig die ontwikkelingsekonoom Eric Olander (aangehaal in Kuo & Goldkorn, 2021) egter die nugter feit dat China tans sy ekonomiese betrekkinge met Afrika afskaal ten gunste van handel met Suid- en Latyns-Amerika asook Australasia. Volgens Olander dryf China tans 'n derde meer handel met Suid-Amerika as met Afrika. Terwyl China in 2008 30 persent van sy olie-invoer uit Afrika verkry het, verlaat die land hom tans baie minder op Afrika as wat die geval was in die vroee jare van die Gordel-en-pad-inisiatief. Toenemende handel met Rusland is maar net 'n verdere faktor wat tot hierdie stand van sake lei. Van China se wêreldwye handel in 2021, geraam op 15 triljoen Amerikaanse dollar, verteenwoordig handel met Afrika slegs sowat 215 miljard ('n skrale 2 tot 3 persent van China se algehele handel wêrelwyd). Suid- en Sentraal-Amerika en Suidoos-Asie (asook Rusland) wedywer met Afrika as verskaffers van grondstowwe aan China (Olander, aangehaal in Kuo & Goldkorn, 2021). China se ekonomiese bande met Afrika is egter nog steeds baie goed as mens dit vergelyk met die Verenigde State se 32 miljard vir dieselfde jaar. Volgens dieselfde bron skep China drie keer meer werk in Afrika as Amerikaanse beleggers.

Uit die voorafgaande bespreking is dit dus duidelik dat Afrika beslis nie China se eerste prioriteit is nie en inderdaad selfs baie laag op dié land se ranglys verskyn. My uitgangspunt, soos ek dit aan die begin van hierdie bydrae gestel het, is egter selfs nog radikaler vir Afrika. Dit is naamlik dat "die Chinese" (terwyl ons in gedagte moet hou dat daar ten minste 56 etniese groepe in China erken word) nie net deur die denkbeeld van die "honderd jaar van vernedering", waarna ek hier bo verwys het, aangespoor word om fuqiang ('rykdom en mag' []) na te jaag nie, maar inderdaad ook deur die verlede vasgebind en oorheers word.

So verduidelik Jenner (1994) dat anders as fonetiese (byvoorbeeld Europese) tale en selfs die Egiptiese/Mayaanse prentjiegramme waar die uitspraak van die teks afgelees kan word uit die skriftekens, die Chinese karakterskrif heeltemal van die spraakgebruik verwyder is (Jenner, 1994:212, 217). Te meer nog, die Chinese teks (wat geensins foneties is nie, maar wat wel 'n aanduiding van die woordtoon gee) het 'n ingeboude voorkeur vir gesagstrukture en aangesien dit baie jare van toegewyde studie sowel as herhaaldelike beoefening van geskiedkundige standaardvoorbeelde verg, is die Chinese geestesingesteldheid letterlik in die verlede vasgevang:

[I]t remains very hard to use written Chinese as a medium neutral for debate and discussion in which rival views on fundamental issues can be argued out reasonably and calmly on a basis of equality. Down the millennia written Chinese has been a code in which authority asserts, not one in which equals argue. (Jenner, 1994:217)

Met hierdie kenmerk van die Chinese karakterskrif in gedagte, is dit belangrik om daarop te let dat alle lede van die Chinese taalfamilie (soos Mandaryns, Kantonees en Hakka, om maar net 'n paar te noem), ondanks hul wyduiteenlopende aard, deur dieselfde karakterskrif onderlê word (Jenner, 1994:220, 225-226, 228-229). Leonard Shlain (1998), die befaamde neuroloog, betoog in sy welbekende werk The alphabet versus the goddess: The conflict between word and image dat wanneer 'n kritieke massa mense in 'n samelewing alfabetiese geletterdheid verwerf het, dit die neurologiese denkpatrone in die regterhelfte van die brein bevoordeel ten koste van die linkerbrein. Dieselfde proses vind natuurlik plaas wanneer 'n mens 'n vreemde taal aanleer. En terwyl die Chinese karakterskrif geensins 'n alfabet in die Europese sin van die woord is nie (aangesien eersgenoemde 'n eindelose herrangskikking van bepaalde karakters is), is die punt dieselfde. Die ophemeling van die verlede en gesagstrukture wat in die Chinese karakterskrif ingebou is (Jenner, 1994:221-222), is iets waaraan baie min Chinese kan ontsnap. Hierdie neiging word verder aangeblaas deur die ongewone gebruik van die taal om die verlede te sien as iets wat voor jou lê en nie, soos die gebruik in Indo-Europese tale is, agter jou nie (Jenner, 1994:7-8). 'n Verdere tameletjie is dat dit nie 'n geval is dat die onderskeid tussen die verlede en die hede nie in Mandaryns (veral die klassieke weergawe) gemaak kan word nie, maar dat dit nie gemaak hoef te word nie (Jenner, 1994:221-222).

Hierdie sogenaamde oorheersing van die verlede in die Chinese psige lei volgens Jonathan Spence (2013:563), nog 'n bekroonde wêreldkenner van China, daartoe dat China tussen twee (of selfs drie) wêreldbeelde vasgevang is. Dit is naamlik outokrasie met snelle ontwikkeling of outokrasie met onderontwikkeling enersyds en vrye denke andersyds. Op hierdie punt verklaar Kevin Rudd (2022), 'n bekroonde China-kenner en voormalige eerste minister van Australiê, in 'n onlangse televisie-onderhoud dat Xi Jinping inderdaad outokrasie met onderontwikkeling voorstaan. Wat laasgenoemde denkbeeld (vrye, kritiese denke) betref, is dit nuttig om in gedagte te hou dat een van die slagspreuke van die betogers ten gunste van demokrasie gedurende Desember 1986, in talle Chinese stede, inderdaad gelui het: "Geen demokrasie, geen modernisasie" (aangehaal in Spence, 2013:644). Hierdie teenstrydigheid in die China van die 21ste eeu word knap deur Spence (2013:666) uitgelig:

Despite Deng Xiaopeng's expressions of confidence, the crisis of 1989 [the Tiananmen Square massacre] showed that aspects of China's past were still much in evidence. [...] In a longer historical context, Deng's insistence that economic reforms and the dramatic changes should still be kept totally apart from any changes in the political superstructure and modes of public expression reawakened historical memories of the late Qing dream - that China could join the modern world entirely on its own terms, without sacrificing its prevailing ideological purity.

Dit is uiteraard my betoog dat sodanige proses kwalik moontlik is. Sonder die reg tot kritiese ondersoek en denke moet vooruitgang uiteraard ingeperk bly. So verklaar Karl Popper (1992), een van die belangrikste wetenskapsfilosowe van ons tyd, dat sonder 'n kritiese rede-ingesteldheid wetenskapsbeoefening in 'n oop en demokratiese gemeenskap nie geregverdig kan word nie. 'n Goeie voorbeeld hiervan is Xi Jingping se poging om sy politieke nalatenskap oor die boeg van "zero-Covid" in China te gooi (Li, 2022). Die ironie daarvan is egter dat as vryheid van spraak in China 'n werklikheid sou wees, gesien in die lig van die talle medici en joernaliste wat die noodklok probeer lui het omtrent Covid-19 maar verhoed is om dit te doen, dit waarskynlik nie in 'n wêreldwye pandemie sou ontaard het nie (Verna Yu, aangehaal in Zizek, 2020:7). Dieselfde opmerking geld vir die SARS-pandemie van 2003 wat ook sy oorsprong in China gehad het (Spence, 2013:696-697).

Gedagtig aan die land se geneigdheid tot outokrasie, beteken dit egter dat China, ondanks sy ongelooflike potensiaal, uiteindelik maar altyd ver onder sy potensiaal sal presteer weens die geneigdheid van die Chinese karakterskrif om gesagstrukture te bevoordeel, wat Jenner so mooi uitwys in die aanhaling hier bo. Die beheptheid met die verlede en die gepaardgaande leemte aan kritiese oorweging is egter nie China se enigste probleme as dit by die vooruitsigte vir Chinese vooruitgang kom nie. Peng (2022:np) haal die China Academy of Social Sciences aan wat daarop wys dat China 'n dekade voor die verwagting daarvan 'n demografiese keerpunt bereik het. Terwyl die verwagting was dat China se bevolkingsgroei 'n hoogtepunt van 1,44 miljard mense teen 2029 sou bereik, was China se vrugbaarheidskoers (geboortes per vrou) in die laat 1980's (voor die invloed van die enkelkindbeleid daarop ingewerk het) nog 2,6 -aansienlik meer as die 2,1 vervangingskoers - maar het dit sedert 1994 reeds op tussen 1,6 en 1,7 (World Bank, 2020) gestaan, wat verder gedaal het tot 1,3 in 2020 en tans op 1,15 staan in 2021 (Chen, 2022). Vergelyk hierdie negatiewe bevolkingsgroei byvoorbeeld met dié van die Verenigde State en Australie, wat op 1,6 staan (Australian Bureau of Statistics, 2021) of met Japan se verouderende bevolking met 'n vrugbaarheidskoers van 1,3 (World Bank, 2020). Een rede vir hierdie demografiese krisis is Chinese vroue se eietydse weerstand teen vroee huwelike en die noue verband, anders as wat die geval in Westerse lande is, tussen huwelike en geboortes in China se konserwatiewe gemeenskapsatmosfeer (Chen, 2022).

Die implikasies hiervan is bepaald wesenlik. Met 'n vinnig verouderende bevolking het China se werkersbevolking reeds sy hoogtepunt teen 2014 bereik en word daar voorspel dat teen 2100 slegs 'n derde van China se bevolking sal deelneem aan die arbeidsmark (Peng, 2022). Ander gevolge hiervan is laer produktiwiteit en gepaardgaande verswakte ekonomiese groei. Produksiekoste het reeds verdubbel in China in vergelyking met Vietnam; dieselfde is waarskynlik waar vir ander nabygelee laekoste-vervaardigingsentra soos Indie en Bangladesj. Hier moet Xi Jinping se ideologiese weersin teen ekonomiese groei (Rudd, 2022), waarna ek hier bo verwys het, nog bygereken word. Dit is dan ook hierdie belangrike teenstrydighede in die Chinese psige en materiele omstandighede wat voorspel dat China se invloed op Afrika in die toekoms selfs verder gekompromitteer sal of kan word.

 

Bondige bespreking

Westerlinge ondervind selde probleme met die begrip "eeu" in hul verslag van geskiedkundige gebeure, en dié begrip verkrummel sodoende selde. Wanneer ons egter met China te make het, het ons inderdaad te doen met 'n baie anderse en vreemde "Ander".

Terwyl die Volksrepubliek van China op die oog af nog 'n sosialistiese gemeenskap is (maar wel eietyds in 'n postkommunistiese, hiper-verbruikersparadys ontaard het), sal die Chinese eerbied vir die lesse en wysheid van die verlede daarvoor sorg dat China stewig in die twintigste eeu gewortel bly, terwyl die utopiese eksperiment in so baie Oos-Europese lande en elders, in ellende geeindig het (Lötter, 2020a). Op die lang termyn het die reels ook betekenisvol verander van dié wat in 'n enkelvoudige wêreldorde van die 20e eeu van toepassing was, toe 'n enkele supergrootmoondheid verskille met geweld kon besleg na dié reels wat die geopolitiek van die 21e eeu beheers (Lötter, 2020a). Laasgenoemde is 'n veelsydige wêreldorde waarvan die grense nog heroorweeg en beslis moet word. Aan die ander kant moet die vraag ook gevra word tot watter mate die Verenigde State sowel China as Rusland, in die lig van eersgenoemde se noue betrokkenheid by die Oekrai'ense oorlog, tegelykertyd kan hanteer. "Maybe the Biden administration will be able to prioritize the important over the urgent. That is no guarantee that it will display the necessary skill to manage multiple great-power threats," skryf 'n opinieskrywer van The Washington Post (Drezner, 2022) in dieselfde luim. Maar, soos my slotsom uitwys - niks is met sekerheid te voorspel nie, en China het ook sy eie, nie onaansienlike probleme. Op hierdie punt moet ek egter byvoeg dat my metodologie - die poststrukturalisme - binne 'n geskiedkundige invalshoek my aansienlik gehelp het om die nuansering in my data na te speur. Ek wend my vervolgens tot 'n slotsom.

 

Slotsom

Dit is bepaald ironies dat China se aanneming van die Westerse liniêre geskiedkundige model van vooruitgang, in weerwil van hul eie tradisionele maangebaseerde tydmodel, die vooruitsigte vir Chinese se vooruitgang in die 21ste eeu sowel gekoloniseer het as bly aandryf. Dit bevestig egter ook die waarde van 'n geskiedkundige raamwerk. Terwyl dit nie die enigste faktor is wat 'n rol speel in China se vooruitgang nie, het ek in die Inleiding betoog dat die leemte in die bestaande kennis oor die moontlike rol wat China kan speel in Afrika, daarin lê dat 'n waardevolle geskiedkundige invalshoek ontbreek. Dit is naamlik die geskiedkundige gebeure wat aanleiding gegee het tot China se bekende sogenaamde "honderd jaar van vernedering" (1842-1949), waarvan die uitbreek van die Eerste Opiumoorlog van 1839 die eerste voorval was. China se intrede tot die twintigste eeu op Westerse terme het dus aanleiding gegee tot die land se eie sodanige lang, aaneenlopende twintigste eeu.

Soos ek betoog, word China se voorkeure en belange in hierdie eeu aangeblaas deur 'n naarstige soeke na fuqiang ("rykdom en mag") met die oog op grootmoondheidstatus ten einde verdere vernedering vry te spring. Dit het onder andere daartoe gelei dat China die grootste en vinnigste industriele rewolusie in die geskiedenis van die mensheid in 'n beknopte vier dekades ondergaan het - 'n ontwikkeling wat nog geensins afgeloop is nie.

Deel van my redenasie is egter dat die implikasies van die Chinese ervaring vir die vasteland van Afrika genuanseerd is. Nie net is daar ook talle ander rolspelers in Afrika teenwoordig nie, maar China self het baie ysters in die vuur op ander vastelande (waarby ons Rusland moet inreken). Terwyl China tans baie meer werksgeleenthede vir Afrikane skep as die Verenigde State, en China se ekonomiese bande ook meer gewild is by die mense van Afrika as dié van die VSA (terwyl hul keuse van ekonomiese stelsel juis andersom is), verskyn Afrika self maar laag op die Chinese ranglys. 'n Wesenlike gevaar vir Afrika bly egter die moontlikheid dat China (net soos ook die geval is met Rusland) Afrikalande sodanig kan bei'nvloed met die oog op die vestiging van hul outokratiese regeerstelsels daar - hoewel 'n mens uiteraard moet byvoeg dat in die gees van 'n teenvoeter gerig op orientalisme, so 'n besluit uiteraard by daardie lande moet berus. Laastens, die outokratiese geneigdheid van die Chinese kultuur, hoewel dit geensins 'n deurlopende kenmerk is nie, dui daarop dat China se prestasies in die afloop van die land se eie twintigste eeu onder druk sal bly, en dat die implikasies vir Afrika as 'n geheel, tensy dit verander soos Jenner hoop, maar beskeie sal wees en bly, al is die redes hiervoor veeltallig en gekompliseerd.

 

BIBLIOGRAFIE

Afrobarometer 2016. China's growing presence in Africa wins largely positive popular reviews. 24 October. https://www.afrobarometer.org/wp-content/uploads/migrated/files/publications/Dispatches/ab_r6_dispatchno122_perceptions_of_china_in_africa1.pdf [10 May 2022].         [ Links ]

Afrobarometer 2020. Africans' perceptions about China: A sneak peek from 18 countries. 3 September. https://www.afrobarometer.org/wp-content/uploads/migrated/files/africa-china_relations-3sept20.pdf [10 May 2022].         [ Links ]

Allison, GT. 2015. The Thucydides Trap: Are the U.S. and China Headed for War? The Atlantic, 24 September. https://www.theatlantic.com/international/archive/2015/09/united-states-china-war-thucydides-trap/406756/ [7 June 2022].         [ Links ]

Allison, GT. 2017. Destined for war: Can the US and China avoid war? Boston: Houghton Mifflin Harcourt.         [ Links ]

Australian Bureau of Statistics 2021. Births, Australia: Statistics about births and fertility rates for Australia, states and territories, and sub-state regions. https://www.abs.gov.au/statistics/people/population/births-australia/latest-release [24 June 2022].         [ Links ]

Barme, G. 2011. China in the World Lecture. Inaugural CIW Annual Lecture, Australia and China in the World. The Australian National University, 15 July. https://www.youtube.com/watch?v=dA8JVzw_TSY [17 May 2022].         [ Links ]

Brautigam, D. 2020. A critical look at Chinese 'debt-trap diplomacy': the rise of a meme. Area Development and Policy, 5(1): pages 1-14. https://doi.org/10.1080/23792949.2019.1689828.         [ Links ]

Brautigam, D. 2022. Mombasa Port: how Kenya's auditor-general misread China's Standard Gauge Railway contracts. The Conversation Africa, 16 May: https://theconversation.com/mombasa-port-how-kenyas-auditor-general-misread-chinas-standard-gauge-railway-contracts-182610?utm_medium=email&utm_campaign=Latest%20from%20The%20Conversation%20for%20May%2016%202022%2 [17 May 2022].         [ Links ]

Brautigam, D & Kidane, W. 2020. China, Africa, and Debt Distress: Fact and Fiction aboutAsset Seizures. China-Africa Research Initiative, Policy Brief no.47: https://static1.squarespace.com/static/5652847de4b033f56d2bdc29/t/5ef387a1b5869d0dd74eee2d/1593018274134/PB+47+-+Brautigam%2C+Kidane+%E2%80%93+Debt+distress%2C+Asset+seizure.pdf [10 May 2022].         [ Links ]

Buckley, C & Myers, SL. 2018. China's Leader Says Party Must Control 'All Tasks,' and Asian Markets Slump. The New York Times, 18 December. https://www.nytimes.com/2018/12/18/world/asia/xi-jinping-speech-china.html [8 May 2022].         [ Links ]

Butterfield, F. 1983. China: Alive in the Bitter Sea. Toronto: Bantam Books.         [ Links ]

CARI 2017. Data: China-Africa Trade. China African Research Initiative, 12 November. http://www.sais-cari.org/data-china-africa-trade [10 May 2022].         [ Links ]

Chen, W. 2022. What's behind China's population entering the zero growth zone? CGTN, 19 January. https://news.cgtn.com/news/2022-01-19/What-s-behind-China-s-population-entering-the-zero-growth-zone--16WsLx7M89y/index.html [24 June 2022].         [ Links ]

Chen, Y, Chen, Y, Fan, Z, Zhang, J & Min, M. 2019. Does the connectivity of the Belt and Road Initiative contribute to the economic growth of the belt and road countries? Emerging Markets Finance and Trade, 55(14): 3227-40. https://doi.org/10.1080/1540496X.2019.1643315.         [ Links ]

China: Triumph or Turmoil? 2012. [Film.] Directed by Adrian Pennink. Written and narrated by Naill Ferguson. UK: Chimerica Media. https://www.youtube.com/watch?v=jKyY0u8AJL4 [21 May 2022].         [ Links ]

Clarke, M. 2020. Is China heading towards revolutionary revisionism? Australian Institute of International Affairs, 4 September. https://www.internationalaffairs.org.au/australianoutlook/is-china-heading-towardsrevolutionary-revisionism [10 May 2022].         [ Links ]

Dawson, R. 1967. The Chinese Chameleon: An Analysis ofEuropean Conceptions of Chinese Civilization. New York: Oxford University Press.         [ Links ]

Denmark, A. 2018. 40 years ago, Deng Xiaoping changed China - and the world. The Washington Post, 19 December. https://www.washingtonpost.com/news/monkey-cage/wp/2018/12/19/40-years-ago-deng-xiaoping-changed-china-and-the-world/ [8 May 2022].         [ Links ]

Department of the Treasury: Federal Reserve Board 2022. Majorforeign holders of treasury securities. https://ticdata.treasury.gov/Publish/mfh.txt [7 June 2022].         [ Links ]

Doffman, Z. 2019. U.S. and China technology conflict - here's why 2020 is so critical. https://www.forbes.com/sites/zakdoffman/2020/12/29/us-and-china-technology-conflictheres-why-2020-is-so-critical/?sh=797e5a1f175e [10 May 2022].         [ Links ]

Dou, E. 2022. What is - and isn't - in the joint statement from Putin and Xi. The Washington Post,, 4 February. https://www.washingtonpost.com/world/2022/02/04/russia-china-xi-putin-summit-statement-beijing/ [25 May 2022].         [ Links ]

Drezner, D. 2022. Can the United States focus on China while countering Russia? The Washington Post, 19 May. https://www.msn.com/en-za/news/editorpicks/opinions-can-the-united-states-focus-on-china-while-countering-russia/ar-AAXrotD?ocid=msedgntp&cvid=fc82b77788554f2daf5db4e73b48028a [19 May 2022].         [ Links ]

Dutton, M & Xu, Z. 1998. Facing Difference: Relations, Change and the Prison Sector in Contemporary China. In Weiss & South (eds). Comparing Prison Systems: Toward a Comparative and International Penology. Gordon & Breach: Amsterdam, pp. 289-336.         [ Links ]

ECNS. 2018. China-Africa in numbers: trade ties. Ecns.cn, 4 September. http://www.ecns.cn/news/economy/2018-09-04/detail-ifyxpqun1875058.shtml [10 May 2022].         [ Links ]

Edinger, H & Labuschagne, J-P. 2019. China's role in African infrastructure and capital projects. Deloitte Insights, 28 May. https://www2.deloitte.com/us/en/insights.html [10 May 2022].         [ Links ]

Flint, C & Zhang, X. 2016. The belt and road and the innovation of geopolitical theory. Foreign Affairs Review, 33(3):1-24.         [ Links ]

Frankopan, P. 2015. The Silk Roads: A New History of the World. London: Bloomsbury.         [ Links ]

Frankopan, P. 2018. The New Silk Roads: The Present and Future of the World. London: Bloomsbury.         [ Links ]

French, HW. 2015. China's Second Continent: How a Million Migrants are Building a New Empire in Africa. New York: Vintage.         [ Links ]

Giancarlo, EV. 2019. The Origin of The Four Modernizations and President Xi Jinping's Current Choices - Analysis. Eurasia Review, 22 May. https://www.eurasiareview.com/22052019-the-origin-of-the-four-modernizations-and-president-xi-jinpings-current-choices-analysis/ [10 May 2022].         [ Links ]

Global Carbon Atlas 2021. Country emissions Co2. http://www.globalcarbonatlas.org/en/content/welcome-carbon-atlas [7 June 2022].         [ Links ]

Guguyu, O & Kamau, M. 2017. Why Kenya may have got short end of the stick in SGR locomotives deal. The Standard, 16 January. https://www.standardmedia.co.ke/business/news/article/2000229994/why-kenya-may-have-got-short-end-of-the-stick-in-sgr-locomotives-deal [10 May 2022].         [ Links ]

Herman, F. 2020. China se Gordel-en-pad-inisiatief (Belt and Road Initiative, BRI): Die vroee invloed op Afrika. LitNetAkademies, 17(3): 310-334.310-334. ISSN 1995-5928. https://www.litnet.co.za/wp-content/uploads/2020/12/LitNet_Akademies_17-3_Herman_310-334.pdf [6 Mei 2022].         [ Links ]

Herman, F. 2021. Amerikaans-Chinese wedywering: 'n Sistemiese en teoretiese ontleding. LitNetAkademies, 18(2):161-191. ISSN 1995-5928. https://www.litnet.co.za/wp-content/uploads/2021/08/LitNet_Akademies_18-2_Herman_161-199.pdf [6 Mei 2022].         [ Links ]

Hodzi, O & Chen, YW. 2018. Following the Flow: China's Approach to Global Leadership. China Quarterly of International Strategic Studies, 4(1):1-21. https://www.worldscientific.com/doi/epdf/10.1142/S2377740018500045.         [ Links ]

Jacques, M. 2012. When China Rules the World. 2nd edition. New York: Penguin.         [ Links ]

Jenner, WJF. 1994. The Tyranny ofHistory: The Roots ofChina's Crisis. London: Penguin.         [ Links ]

Johnston, L & Rudyak, M. 2017. China's 'innovative and pragmatic 'foreign aid: shaped by and now shaping globalisation. Acton: Australian National University Press.         [ Links ]

Jones, L. 2020. Beyond China, Inc. Understanding Chinese companies. TNI Longreads, 16 January. https://longreads.tni.org/stateofpower/understanding-chinese-companies-beyond-china-inc [10 May 2022].         [ Links ]

Jones, L & Zeng, J. 2019. Understanding China's "Belt and Road Initiative": beyond "grand strategy" to a state transformation analysis. Third World Quarterly, 40(8):1415-39. https://doi.org/10.1080/01436597.2018.1559046.         [ Links ]

Kanno-Youngs, Z & Baker, P. 2022. Biden Pledges to Defend Taiwan if It Faces a Chinese Attack. The New York Times, 23 May. https://www.nytimes.com/2022/05/23/world/asia/biden-taiwan-china.html?algo=editorial_importance_fy_email_news&block=4&campaign_id=142&emc=edit_fory_20220523&fellback=false&imp_id=591865425&instance_id=62190&nl=for-you&nlid=60789539&pool=pool%2Fa2fc9efa-4a9f-46ae-8506-967a38fc2099&rank=1&regi_id=60789539&req_id=576201561&segment_id=93144&surface=for-you-email-news&user_id=6ac66bc28b26c0beb4dfee98cd516916&variant=0_edimp_fye_news_dedupe [23 May 2022].         [ Links ]

Kim, JY. 2018. World Bank Group President Jim Yong Kim's Remarks at the Opening Ceremony of the First China International Import Expo. The World Bank, 5 November. https://www.worldbank.org/en/news/speech/2018/11/05/world-bank-group-president-jim-yong-kims-remarks-at-the-opening-ceremony-of-the-first-china-international-import-expo [8 May 2022].         [ Links ]

Kim, V & Krauss, C. 2022. Asia is buying discounted Russian oil, making up for Europe's cutbacks. The New York Times, 21 June. https://www.nytimes.com/2022/06/21/world/asia/asia-is-buying-discounted-russian-oil-making-up-for-europes-cutbacks.html?campaign_id=9&emc=edit_nn_20220622&instance_id=64697&nl=the-morning&regi_id=60789539&segment_id=96428&te=1&user_id=6ac66bc28b26c0beb4dfee98cd516916 [23 June 2022].         [ Links ]

Kipgen, N. 2020. The politics of South China Sea disputes. London: Routledge India.         [ Links ]

Kuo, K & Goldkorn, J. 2021. Misinformation about China-Africa relations in the wake of the Dakar forum. SupChina, 16 December. https://supchina.com/2021/12/16/misinformation-about-china-africa-relations-in-the-wake-of-the-dakar-forum/ [10 May 2022].         [ Links ]

Langfitt, F. 2019. The Shanghai Free Taxi: Journeys with the Hustlers and Rebels of the New China. London: Weidenfeld & Nicolson.         [ Links ]

Lanskoy, M & Myles-Primakoff, D. 2018. The Rise of Kleptocracy: Power and Plunder in Putin's Russia. Journal of Democracy, 29(1):76-85. 10.1353/jod.2018.0006.         [ Links ]

Lee, CK. 2017. The Specter of Global China: Politics, Labor, and Foreign Investment in Africa. Chicago: University of Chicago Press.         [ Links ]

Lee, KY. 2000. From Third World to First: The Singapore Story, 1965-2000. Volume 2. New York: HarperCollins. pp. 595-603.         [ Links ]

Li, Y. 2022. China's "Zero Covid" Mess Proves Autocracy Hurts Everyone. The New York Times, 13 April. https://www.nytimes.com/2022/04/13/business/china-covid-zero-shanghai.html [28 April 2022].         [ Links ]

Lotter, C. 2020a. China's long, unfinished 20th century and its global implications. Mail & Guardian Thought Leader, 28 October. https://thoughtleader.co.za/chinas-long-unfinished-20th-century-and-its-global-implications/?msclkid=502e9d70ceaf11ec8e399ab7072cf719 [8 May 2022].         [ Links ]

Lotter, C. 2020b. The Chinese Chameleon Reimagined in the Age of Covid-19. Mail & Guardian, 9 May. https://mg.co.za/coronavirus-essentials/2020-05-09-the-chinese-chameleon-reimagined-in-the-age-of-covid-19/ [24 December 2020].         [ Links ]

Lotter, C. 2021. Rebel Discourse(s) on Gender as Demonstrated by Contemporary and Historical Chinese Marriage Practices. Phronimon, 22(1):20 pages. https://hdl.handle.net/10520/ejc-phron-v22-n1-a2.         [ Links ]

Macaes, B. 2018. The Dawn of Eurasia: On the Trail of the New World Order. London: Allen Lane.         [ Links ]

Mahbubani, K. 2016. The China threat! What happens when China becomes number one? Albert H. Gordon Lecture at the Harvard Kennedy School of Government, 8 April 2015. https://johnmenadue.com/kishore-mahbubani-what-happens-when-china-becomes-number-one/ [7 June 2022].         [ Links ]

McGregor, R. 2017. Asia's Reckoning: China, Japan and the Fate of U.S. Power in the Pacific Century. New York: Penguin Books.         [ Links ]

Mearsheimer, JJ. 2010. The Gathering Storm: China's Challenge to US Power in Asia. The Chinese Journal of International Politics, no.3:381-396. doi:10.1093/cjip/poq016.         [ Links ]

Michel, S & Beuret M. 2009. China Safari: On the trial of Beijing's Expansion in Africa. Trans. R. Valley. New York: Nation Books.         [ Links ]

National Bureau of Statistics 2022. NSDP/SDDS for the People's Republic of China. 15 June. http://www.stats.gov.cn/english/Statisticaldata/nsdp/201508/t20150819_1232260.html [23 June 2022].         [ Links ]

Olander, E. 2020. U.S.-China great power competition in Africa. The China-Africa Project, 13 July. https://chinaafricaproject.com/analysis/u-s-china-great-power-competition-in-africa [10 May 2022].         [ Links ]

Olivier, B. 2013. Modernism, postmodernism and poststructuralism, the difference. Mail & Guardian Thoughtleader, 24 May. http://thoughtleader.co.za/bertolivier/2013/05/24/modernism-postmodernism-and-poststructuralism-the-difference/ [9 January 2018].         [ Links ]

Olivier, B. 2015. The Tacit Influences on one's Ways of Teaching and Doing Research. Alternation Special Edition, no.16: 346-371.         [ Links ]

Partner, N. 2013. Foundations: Theoretical frameworks for knowledge of the past. In Partner & Foot (eds). The SAGE Handbook of Historical Theory. London: Sage.         [ Links ]

Peng, X. 2022. China's population is about to shrink for the first time since the great famine struck 60 years ago. Here's what it means for the world. The Conversation Australia, 29 May. https://theconversation.com/chinas-population-is-about-to-shrink-for-the-first-time-since-the-great-famine-struck-60-years-ago-heres-what-it-means-for-the-world- [23 June 2022].         [ Links ]

Phaahla, E. 2021. Reflections on the Proceedings of the 19th Congress of the Chinese Communist Party (CCP) on Sino-Africa and Sino-BRICS relations. Strategic Review for Southern Africa, 43(1):191-210. DOI - https://doi.org/10.35293/srsa.v43i1.334.         [ Links ]

Popper, K. (1935) 1992. The Logic of Scientific Discovery. London: Routledge.         [ Links ]

Ratanavaraha, KR. 2018. The Belt and Road Initiative: A proof of China's liberal stance or a tool to influence the world? MA-dissertation, Geneva Centre for Security Policy: University of Geneva.         [ Links ]

Rees, Y. 2022. The book that changed me: how Priya Satia's Time's Monster landed like a bomb in my historian's brain. The Conversation Australia, 21 June. https://theconversation.com/the-book-that-changed-me-how-priya-satias-times-monster-landed-like-a-bomb-in-my-historians-brain-176023?utm_medium=email&utm_campaign=Latest%20from%20The%20Conversation%20 [23 June 2022].         [ Links ]

Rudd, K. 2022. Understanding How China Sees the World. Asia Society, 2 June. https://asiasociety.org/video/kevin-rudd-understanding-how-china-sees-world [23 June 2022].         [ Links ]

Said, E. 1979. Orientalism. Reprint. New York: Random House.         [ Links ]

Satia, P. 2020. Time's Monster: History, Conscience and Britain's Empire. London: Allen Lane.         [ Links ]

Schell, O & Delury, J. 2014. Wealth and Power: China's Long March to the Twenty-first Century. New York: Random House.         [ Links ]

Shlain, L. 1998. The Alphabet Versus the Goddess: The Conflict Between Word and Image. New York: Viking Press.         [ Links ]

Shu-yun, M. 1986. Recent changes in China's pure trade theory. The China Quarterly, 106:291-305. https://www.jstor.org/stable/pdf/653432.pdf.         [ Links ]

Siegle, J. 2022. Ukraine war: fresh warning that Africa needs to be vigilant against Russia's destabilising influence. The Conversation Africa, 9 March. https://theconversation.com/ukraine-war-fresh-warning-that-africa-needs-to-be-vigilant-against-russias-destabilising-influence-178785 [6 May 2022].         [ Links ]

Soule, F. 2019. How to negotiate infrastructure deals with China: four things African governments need to get right. The Conversation Africa, 3 January. https://theconversation.com/how-to-negotiate-infrastructure-deals-with-china-four-things-african-governments-need-to-get-right-109116 [10 May 2022].         [ Links ]

Soule, F & Selormey, EE. 2020. How popular is China in Africa? New survey sheds light on what ordinary people think. The Conversation Africa, 17 November. https://theconversation.com/how-popular-is-china-in-africa-new-survey-sheds-light-on-what-ordinary-people-think-149552 [10 May 2022].         [ Links ]

Spence, JD. 2013. The Search for Modern China. 3rd edition. London: W.W. Norton.         [ Links ]

State Council Information Office of the People's Republic of China 2019a. China's national defense in the new era. Beijing: Foreign Languages Press Publishers.         [ Links ]

State Council Information Office of the People's Republic of China 2019b. Full Text: China and the World in the New Era. China SCIO, 28 September. http://english.scio.gov.cn/2019-09/28/content_75252746_5.htm [11 Augustus 2022].         [ Links ]

State Council Information Office of the People's Republic of China 2021. Full text: China and Africa in the New Era: A Partnership of Equals. Xinhua, 26 November. http://english.scio.gov.cn/whitepapers/2021-11/26/content_77894768_4.htm [11 Augustus 2022.         [ Links ]

Stevenson, A. 2018. Wall Street Stocks Inch Higher as Crude Oil Tumbles. The New York Times, 18 December. https://www.nytimes.com/2018/12/18/business/stock-markets.html [8 May 2022].         [ Links ]

Stockholm International Peace Research Institute 2022. SIPRI Arms Transfers Database. https://sipri.org/databases/regional-coverage [9 June 2022].         [ Links ]

Terblanche-Greeff, AC. 2022. Same-Same, But Not: Comparing Aspects of Cultures in South Africa, Australia, and New Zealand. SAGE Open, April-June:1-10. DOI: 10.1177/21582440221099529.         [ Links ]

Textor, C. 2022. Number of migrant workers in China 2011-2021. Statista, 3 May. https://www.statista.com/statistics/234578/share-of-migrant-workers-in-china-by-age/ [9 May 2022].         [ Links ]

Thompson, RS. 2001. Empires on the Pacific: World War II and the Struggle for the Mastery of Asia. New York: Basic Books.         [ Links ]

Tiezzi, S. 2018. China's Belt and Road makes inroads in Africa. The Diplomat, 31 July. https://thediplomat.com/2018/07/chinas-belt-and-road-makes-inroads-in-africa [10 May 2022].         [ Links ]

Tze, EH. 2019. Chinese thinking about international relations: From theory to practice. Asia Policy, 14(3):2-5.         [ Links ]

Walsh, D. 2022. Putin's Shadow Soldiers: How the Wagner Group Is Expanding in Africa. The New York Times, 31 May. https://www.nytimes.com/2022/05/31/world/africa/wagner-group-africa.html?campaign_id=51&emc=edit_mbe_20220601&instance_id=62859&nl=morning-briefing%3A-europe-edition&regi_id=6 [9 June 2022].         [ Links ]

Wong, E. 2022a. Bond Between China and Russia Alarms U.S. and Europe Amid Ukraine Crisis. The New York Times, 20 February. https://www.nytimes.com/2022/02/20/us/politics/russia-china-ukraine-biden.html [2 May 2022].         [ Links ]

Wong, E. 2022b. Russia and China Held Military Exercise in East Asia as Biden Visited. The New York Times, 24 May. https://www.nytimes.com/2022/05/24/us/politics/russia-china-bombers-biden.html?campaign_id=249&emc=edit_ruwb_20220524&instance_id=62268&nl=russia-ukraine-war-briefing&regi_id=60789539&segm [25 May 2022].         [ Links ]

Wong, E. & Crowley, M. 2022. U.S. Aims to Cripple Russian Oil Industry, Officials Say. The New York Times, 19 May. https://www.nytimes.com/2022/05/19/us/politics/russia-ukraine-oilsanctions.html?algo=editorial_importance_fy_email_news&block=4&campaign_id=142&emc=edit_fory_20220519&fellback=false&imp_id=4 [19 May 2022].         [ Links ]

World Bank 2020. Fertility rate, total (births per woman). https://data.worldbank.org/indicator/SP.DYN.TFRT.IN [24 Junie 2022].         [ Links ]

Xi, J. 2017. Secure a decisive victory in building a moderately prosperous society in all respects and strive for the great success of socialism with Chinese Characteristics for a new era. XinhuaNet, 8 October. http://www.xinhuanet.com/english/download/Xi_Jinping's_report_at_19th_CPC_National_Congress.pdf [10 May 2022].         [ Links ]

XinhuaNet 2020. Xinhua Headlines: China-Africa cooperation continues to flourish as FOCAC marks 20th anniversary. XinhuaNet, 13 October. http://www.xinhuanet.com/english/2020-10/13/c_139437656.htm [10 May 2022].         [ Links ]

Yap, M. & Man, DL. 1996. Colour, Confusion and Concessions: The History of the Chinese in South Africa. Hong Kong: Hong Kong University Press.         [ Links ]

Zizek, S. 2020. Pandemic!: COVID-19 Shakes the World. Hoboken, New Jersey: Wiley.         [ Links ]

 

 

Ontvang: 2022-06-10
Goedgekeur: 2022-08-15
Gepubliseer: September 2022

 

 

 

Casper Lötter het in 2018 sy PhD in Filosofie aan die Universiteit van die Vrystaat behaal. Hy is tans 'n konflikkriminoloog verbonde aan Noordwes-Universiteit se Skool vir Filosofie (Potchefstroom) as nadoktorale navorsingsgenoot. Van sy werk het reeds in Conversation Africa verskyn en hy skryf ook gereeld vir Mail & Guardian se Thoughtleader-rubriek. In 2019 was hy 'n nadoktorale beurshouer van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.
Casper Lotter completed his PhD in Philosophy at the University of the Free State in 2018. He is a conflict criminologist affiliated with North-West University's School of Philosophy (Potchefstroom) as a postdoctoral research fellow. His work has appeared in Conversation Africa and he regularly writes for Mail & Guardian's Thoughtleader column. He received a postdoctoral grant from the Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns ("South African Academy of Science and Arts") in 2019.
1 Een van my anonieme keurders het my daarop gewys dat "navorsing, beriggewing ens. oor China, veral in die Weste, oorwegend op Westerse bronne berus en derhalwe dikwels nie altyd 'n akkurate weergawe daarstel van wat die Chinese regering se ware doelwitte en strewes in die praktyk is nie." Ek het egter in my eie bydrae gepoog om die Chinese perspektief so getrou as moontlik weer te gee terwyl 'n mens ook in gedagte moet hou dat as gevolg van globalisasie, sosiale media en die internet, kennis in beginsel eintlik nie meer grense het nie (behalwe in lande soos China, Rusland en Noord-Korea waar die regerings poog om perspektiewe uit te wis wat teen die amptelike weergawe indruis).
2 Een van die anonieme keurders het my aandag daarop gevestig dat China inderdaad 'n "nuwe era van globale voorspoed en samewerking" wil inlei. President [Xi] Jinping se dit by elke moontlike geleentheid dat die "voltooing van die Chinese droom" nie net die mense van China ten goede sal strek nie, maar ook die "res van die wereld". My eie besware teen sodanige amper naiewe geloof in die Chinese Kommunistiese Party (CKP) se beloftes en uitsprake van goeie trou, ondanks hul goeie bedoelings soos in die teks "China and the World in the New Era" (State Council Information Office of the People's Republic of China, 2019b) uiteengesit, is gebasseer op die geskiedkundige feit van die Chinese "bevryding" van Tibet in Oktober 1950, terwyl Tibet geensins onder beleg was nie en die verdere oorweging dat die CKP nie sy belofte van "een land, twee stelsels" in Hong Kong gestand gedoen het nie. Dan moet 'n mens jou ook ten slotte afvra of die CKP se neiging tot outokrasie (waar slegs die CKP se mening tel en geld) die res van die wereld enigsins gaan bevoordeel.
3 Een van die anonieme keurders betoog dat "Taiwan is 'n absolute 'rooilyn' vir China en is die land totaal vasberade om nasionale hereniging tussen Taiwan en die Chinese vasteland te bewerkstellig." Terwyl hierdie stelling korrek is, moet ook in gedagte gehou word dat terwyl Taiwan wel deel van Qing China was en die eiland in 1895 aan 'n imperialistiese Japan moes afstaan (Thompson, 2001:14; Spence, 2013:215), pas die tema van die sogenaamde "nasionale hereniging" pragtig in by die twintigste eeuse Westerse terme "nasionalisme, vooruitgang en grootmoondheidstatus" wat ironies deel uitmaak van die liniere Westerse orientalistiese geskied-kundige tydmodel van verowering, onderdrukking en koloniale uitbuiting.
4 'n Anonieme keurder wys daarop dat kundiges dikwels verwys na China as 'n "civilizational state." Dieselfde is natuurlik ook waar van Rusland.
5 Een van die anonieme keurders wys daarop dat Indie, wat natuurlik ook 'n BRICS-vennoot is en goeie bande met Rusland handhaaf, 'n halfhartige lid van die Quad is. Met hierdie stelling kan sonder voorbehoud akkoord gegaan word.
6 Een van die anonieme keurders het my aandag daarop gevestig dat "[d]ie feit dat Asie lande oorwegend, behalwe met enkele uitsonderings, soos Japan, baie terughoudend en tot 'n mate met ontnugtering gereageer het op die kontroversiele en teenproduktiewe besoek van Nancy Pelosi aan Taiwan, dui op die omvang van China se samewerking met Asie." Ek stem heelhartig met hierdie oorweging saam.
7 Een van die anonieme keurders het dit onder my aandag gebring dat China nie net Afrika en die ontwikkelende wêreld om ekonomiese redes benodig nie, maar ook om politieke oorwegings (State Council Information Office of the People's Republic of China, 2021).

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License