SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.62 issue2Presentation and positioning in Van Wyk Louw: 'n Lewensverhaal ("Van Wyk Louw: A life story") by JC SteynPlume seed blown further: Reimagining Van Wyk Louw in a Catholic context author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Tydskr. geesteswet. vol.62 n.2 Pretoria Jun. 2022

http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2022/v62n2a11 

GEDIGTE

 

 

Geheueverlies

Ná 'n lang lewe het die jaarringe

'n onhelder wolk oor haar brein gelaat.

Toe speel sy klavier en skiellik flits

helder heuglike herinneringe.

Vlugtelinge

Ballade van die grysland. DJ Opperman

In elke land ter wêreld is 'n vlugteling;

die grysland deur oorlog is nie meer 'n woning.

Is dit die grootste volksverhuising in eie tyd?

In die vreemde is daar nooit 'n nuwe begin.

Oekraïne

Ná die verwoesting moet met rommel herbou word.

Nou pak ék die wrakstukke van my lewe op

en sit dit bymekaar in 'n poging tot vrede

maak met my foute en bou 'n sterk vredesfort.

Kragonderbrekeking

03/02/2022

In helder lig sluit die TV alle geluide uit

soos standbeelde sit ons stilswygend na die skerm en kyk.

Dan skielik donkerte en stilte met naggeluide:

nagsê van die hadida en 'n vink wat vir ons fluit.

Skryf

Vroeër kon ek boeke laat verskyn

navorsing in artikels verfyn.

Tans val skemeraand my aan en word

ek ingeperk tot die klein kwatryn.

Kwatryn

Ervaringe kan leef in rym

wanneer rymwoorde hul geheim

weggee oor vreugde en smart sodat

hulle kan klink in die kwatryn.

Hennie Pieterse

E-pos: pietehjc@absamail.co.za

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License