SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.62 número2The deed reveals (im)moralityMotion verbs in Van Wyk Louw's poetry índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Tydskr. geesteswet. vol.62 no.2 Pretoria Jun. 2022

http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2022/v62n2a8 

AKTUEEL

 

Redakteursnota

 

 

In hierdie afdeling bied prof. Chris Brink, voormalige rektor aan die Universiteit Stellenbosch (2002-2007) "'n persoonlike retrospektiewe blik op en nabetragting oor die twintig jaar van openbare taaldebat op Stellenbosch" (p. 413).

Teen die einde van hierdie nabetragting, waarin 'n alternatiewe perspektief gegee word oor wat in die beginjare van die taaldebat tydens Brink se rektorskap sou gebeur het, word die volgende siening oor die ineenstrengeling van enersyds 'n spesifieke onderrigtaal op tersiêre vlak (Afrikaans) en andersyds die tersaaklike instelling waar die taal gebesig word (die Universiteit Stellenbosch) aan die orde gestel:

As ons vir 'n oomblik mekaar se bonafides kan aanvaar (selfs net hipoteties, indien nodig), dan sou ons miskien kan ooreenkom dat die taalstryders deurgaans gehandel het volgens hulle oortuiging oor wat die beste vir Afrikaans sou wees, terwyl die Universiteitsleiers deurgaans gehandel het volgens hulle oortuiging oor wat die beste vir die Universiteit sou wees. (p. 423)

Dat hierdie uitgangspunte steeds aktueel is, blyk onder meer uit 'n onlangse artikel1 waarin Johann Rossouw vra: "Wat is die verantwoordelikheid van 'n historiese Afrikaanse universiteit teenoor Afrikaans?" Om hierdie vraag te kan beantwoord, stel hy twee kennisparadigmas teenoor mekaar: die natuurwetenskaplike (waar taal nie deurslaggewend is nie en kennis bevredigend via Engels bekom kan word) en die vertolkende (waar begrippe in verskillende tale mag voorkom "wat verkieslik eerstehands bestudeer moet word, omdat vertaling nooit die oorspronklike ten volle kan weergee nie"). In sy keuse vir 'n vertolkende universiteit beroep hy hom op "die groot post-koloniale Afrika-denker" Ngügi wa Thiong'o se siening dat die toets van kennis is "ofjy dit wat jy in ander tale leer, terug kan vertaal na jou moedertaal, en andersom".

Twintig jaar later is dit moontlik gepas om te herbesin oor die rol van een of meer onderrigtale aan 'n universiteit.

Ina Wölfaardt-Gräbe

Redakteur: Tydskrif vir Geesteswetenskappe

E-posadres: publikasies@akademie.co.za

Die redaksie van die Tydskrifvir Geesteswetenskappe rig hiermee 'n ope uitnodiging aan lesers om deel te neem aan die debat, hetsy by wyse van 'n navorsingsartikel, of 'n standpunt in 'n meningsartikel, of korter kommentaarstukke.

 

 

1 Rossouw, Johann. 2022. Maties: Twee sienings wat bots. Rapport Weekliks, 16 Januarie 2022, p. 7

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons