SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.62 número2Creolisation and healing in van Wyk Louw's Nuwe verse (New poems) and Tristia"The pot boils all over": NP van Wyk Louw, Johannes Degenaar and Afrikaans decolonisation índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Tydskr. geesteswet. vol.62 no.2 Pretoria Jun. 2022

http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2022/v62n2a4 

NAVORSINGS- EN OORSIGARTIKELS / RESEARCH AND REVIEW ARTICLES

 

Eksterne faktore wat die seksueel misbruikte kind verhoed om doeltreffend in Suid-Afrikaanse howe te getuig: 'n Vlugtige oorsig

 

External factors preventing the sexually abused child to testify effectively in a South African court: A rapid review

 

 

Lize-Mari BuysI; Cornelia WesselsII

IMA-Student, Forensiese maatskaplike werk Noordwes-Universiteit - Potchefstroomkampus Potchefstroom, Suid-Afrika. E-pos: lize-mari@helpendehand.co.za
IIProgramleier, Forensiese maatskaplike werk Noordwes-Universiteit - Potchefstroomkampus Potchefstroom, Suid-Afrika. E-pos: Cornelia.Wessels@nwu.ac.za

 

 


OPSOMMING

Seksuele misbruik van kinders is 'n epidemie wat die hele samelewing nadelig beïnvloed. Die skuldigbevindingskoers van seksuele oortreders is uitsonderlik laag in Suid-Afrika. Daar is verskeie faktore in die hofproses wat kinders verhoed om doeltreffend in die hof te getuig. Die doel van die ondersoek is om binne die Suid-Afrikaanse regstelsel die hofprosedures waarby kinders betrokke is te ondersoek en die faktore te identifiseer wat kinders beïnvloed as hulle getuienis lewer. Die faktore is deur middel van 'n vlugtige oorsig nagevors. Daar is spesifiek gefokus op eksterne faktore wat verband hou met hofverrigtinge. Daar is gebruik gemaak van verskeie databasisse, naamlik SA Publications, Sabinet, EBSCOhost, LexisNexis en Juta. Die PRISMA-riglyne is gebruik vir kwaliteitversekering van die artikels. Die titel, sowel as die opsomming van die artikels is gelees om te bepaal hoe toepaslik die data is. Daar was twee navorsers betrokke by die studie: die eerste navorser het die studie geloods en die tweede navorser het kwaliteit verseker. Vanuit die finale agt artikels is daar faktore geïdentifiseer en tematies geanaliseer om die eksterne faktore te bepaal. Daar word afgesluit met 'n lys van faktore wat in die Suid-Afrikaanse howe 'n invloed op kinders se deelname aan die hofproses het. Alhoewel die bevindings en aanbevelings in die vorm van 'n artikel geformuleer is, word meer empiriese navorsing benodig om die faktore meer diepgaande te ondersoek.

Trefwoorde: effektiewe getuienis, eksterne faktore, forensiese maatskaplike werk, howe, hofverrigtinge, hofvoorbereiding, kindergetuies, kruisonder-vraging, seksuele misbruik, Suid-Afrika, vlugtige oorsig


ABSTRACT

Child sexual abuse is an epidemic that adversely affects the whole of society. The conviction rate of sexual offenders is exceptionally low in South Africa (SAPS, 2019). There are several factors in the court process that prevent children from testifying effectively in court. These factors were researched in this article by means of a rapid review. The purpose of the research is to examine the legal system in South Africa regarding the court procedures in which children are involved and to identify the factors that influence children's testimony. We focused on external factors related to court proceedings. Various databases were searched, namely SA Publications, Sabinet, EBSCO-Host, LexisNexis, and Juta. The PRISMA guidelines were used for the quality appraisal of the articles. Both the title and summary of an article were examined to determine the relevance of the data. There were two researchers involved in the study: the first researcher launched the study and the second researcher ensured quality. From the eventual eight articles selected, factors were identified and thematically analysed to identify the external factors as outlined in this article.
Eight factors were identified that prevent children from testifying effectively in court. In more than 60% of the articles, it was shown that inadequate court preparation causes children to testify less effectively; so proper court preparation is of great value in obtaining more effective evidence. A quarter of the articles show that contact with the alleged offender or the possibility of contact during the court proceedings provokes excessive tension in the child as a witness. The tension and anxiety cause children to testify less effectively. In 37,5% of the articles, it was shown that the delay in court proceedings is directly related to poor evidence given by children and that this is a common problem in the South African legal system. More than 85% of the articles have shown that there is a reason for insufficient child participation in the South African courts, due to a lack of sufficient resources.
The law requires that specific services must be rendered to child witnesses, but due to a lack of resources or misuse of resources, these services are not provided sufficiently. It emerged in 25% of the articles that a lack of adequate support for the family and the child influenced the effectiveness of the evidence provided. Parents of child witnesses cannot provide sufficient support to their child alone, as they themselves do not necessarily have all the answers about court proceedings and in many cases, one of them is the perpetrator. Due to anxiety and stress, highlighted in 75% of the articles, the quality of evidence is affected, because stress levels of the witnessing process affect children's recall of events and memory. It is extremely important to reduce the stress to as little as possible. In 50% ofthe articles, reference is made to secondary victimisation, and it has been shown that it has a tremendous impact on the child's ability to participate meaningfully in court proceedings. What is needed is that staff working in and around the court should receive thorough training and have the necessary awareness to be able to adequately address the issues mentioned above. It is crucial to consider that the factors are not independent of the socio-economic factors that already affect the daily lives of underprivileged children. The article is concluded by providing a list of factors that influence children's participation in the court process in the South African courts. Although the findings and recommendations have been formulated in the form of an article, more empirical research is needed to investigate the factors thoroughly in future studies.

Keywords: child witnesses, courts, court proceedings, court preparation, cross-examination, external effective factors, forensic social work, rapid review, sexual abuse, South Africa, testifying


 

 

1. Inleiding

Die misbruik van kinders, veral seksuele misbruik, word tereg as 'n wêreldwye epidemie deur die United Nations Children's Fund (2017) beskryf. Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) se beramings in 2020 is 1 biljoen minderjariges tussen die ouderdomme van 2 en 17 jaar oud aan een of ander vorm van misbruik of geweld blootgestel (WGO, 2020). Die navorsingsresultate wat deur die Sentrum vir Geregtigheid en Misdaadvoorkoming gedoen is, het dit aan die lig gebring dat 1 uit 5 Suid-Afrikaanse kinders in 2020 die risiko geloop het om seksueel misbruik te word voordat hul volwassenheid bereik (Gwala & Gcwabe, 2021). In die staatsrede op 18 Junie 2020 spreek president Ramaphosa sy kommer uit oor die geweld teen vroue en kinders in Suid-Afrika. Laasgenoemde sluit verkragting van en moord op kinders in. Verkragting en moord op vroue en kinders word as 'n tweede pandemie in Suid-Afrika beskryf, te midde van die internasionale Covid-19-pandemie (Ramaphosa, 2020). Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) beklemtoon die noodsaaklikheid van die bespoediging van hofsake en 'n deeglike ondersoekproses (SAPS, 2018).

Volgens die SAPD se amptelike verslag oor misdade wat gepleeg is teen kinders, was die ondersoekkoers vir 2017/2018 69,90% (SAPS, 2018). Uit die 45 299 misdade teen kinders wat in 2018/2019 aangemeld is, was daar slegs 14,03% vervolgings. Uit dié vervolgingsgetalle was daar 'n skuldigbevindingskoers van 22,53% (SAPS, 2019). Indien daar spesifiek verwys word na die seksuele misbruik van kinders, was daar 24 387 aangemelde sake vir die tydperk 2018/2019 (SAPS, 2019). Die lae skuldigbevindingskoers word volgens die SAPD aan verskeie faktore toegeskryf (SAPS, 2019). Een van die faktore wat uitstaan is dat kinders se beste belang nie altyd in die howe in ag geneem word nie. Voorbeelde hiervan is dat kinders nie altyd voorberei word vir die hofsaak nie, 'n aparte kamer en 'n tussenganger nie altyd beskikbaar is in alle howe vir kinders wat moet getuig nie, en kinders se ontwikkelingsvlak nie in ag geneem word tydens kruisondervraging nie. Howe moet dus seker maak dat hulle 'n veilige omgewing skep vir kinders wat slagoffers is en in die hof moet getuig. Die forensiese maatskaplike werker se primêre funksie is om kinders te assesseer en om deskundige getuienis in howe te lewer (Smith, 2014). Volgens die SAPD (2019) se verslag het die forensiese maatskaplike werkers in diens van die SAPD 6 077 assesserings gedoen van kinders waar reeds 'n verklaring afgelê is en 'n saaknommer uitgereik is. Dit beteken dat 24% van die sake wat aangemeld is 'n forensiese maatskaplike werker van die SAPD betrek het. Hieruit is 4 307 hofverslae saamgestel wat in die kriminele howe gebruik kon word (SAPS, 2019). Geen aanduiding word egter gegee wat van die ander 1 770 sake wat ondersoek is, geword het nie. Indien die totale aantal van 24 387 wat aanvanklik aangemeld is as seksuele misbruik in ag geneem word, is die vraag wat van die ander 18 310 sake geword het kommerwekkend. Aangesien privaat forensiese maatskaplike werkers ook soms betrek word om assesserings te doen en om as deskundiges in die hof te getuig, is dit nodig om dit ook in ag te neem. Dit is egter moeilik om die aantal assesserings te bepaal, aangesien dit privaat gedoen word.

Uit bogenoemde is dit duidelik dat kinderslagoffers nie die nodige ondersteuning van 'n forensiese maatskaplike werker ontvang het nie, hetsy hulle in diens van SAPD of privaat praktiseer nie. In die lig van die stygende getal sake van seksuele misbruik van kinders, is dit belangrik om die gevalle wat wel aangemeld word, so doeltreffend as moontlik te ondersoek sodat dit kan lei tot 'n skuldigbevinding.

In 'n navorsingstudie van Cunningham en Stevens (2011) word verskeie faktore uitgelig wat kinders verhoed om doeltreffend te getuig. Kinders wat dikwels nie kan getuig nie en hofprosedures wat nie altyd kindervriendelik is nie, dra volgens die navorsers daartoe by dat die uitkoms van die hofsaak nie altyd lei tot die skuldigbevinding van die oortreder nie. Die doel van dié vlugtige oorsig, is om te bepaal watter eksterne faktore in die hof daartoe bydra dat die kind nie doeltreffend kan getuig nie.

1.1 Definisie van seksuele misbruik

Seksuele misbruik word soos volg gedefinieer in die The Criminal Law (Sexual Offences and Related Matters) Amendment Act (32/ 2007):

Any person who engages a child (a person under the age of 18) with or without the consent of the child, in a sexual act. Sexual act is defined as an act of sexual penetration or an act of sexual violation. Sexual penetration can be seen as any sexual form of penetration to any extent whatsoever by the genital organ, any body part and/or object by one person into, or beyond, the genital organs, anus, or mouth of another person.

1.2 Oorsig van die probleem

Geldenhuys (2015) bevestig dat die howe in Suid-Afrika van verskillende vorme van bewysstukke gebruik maak om 'n saak te stel of te verdedig. Getuienislewering is slegs een van die wyses waarop bewys in die hof gelewer word. Dié getuienis kan gelewer word deur die slagoffer, ooggetuies of 'n deskundige wat bewysstukke interpreteer (Brown & Lamb, 2015). Volgens Goodman en Melinde (2007) is kinders meestal die enigste getuie in die saak van seksuele misbruik en daarom is hul getuienis noodsaaklik en belangrik, omdat daar dikwels min tot geen ander bewyse van die misbruik is nie.

Die Verenigde Nasies (VN)-riglyne rakende kindergetuies stipuleer dat kinders inderdaad kwesbaar is wanneer hulle tydens hofverrigtinge moet getuig (Fambasayi & Koraan, 2018). Navorsing het aangetoon dat daar verskeie faktore van die getuienisleweringsproses is wat tot spanning kan lei en 'n negatiewe impak op kinders kan hê (Arnomd, 2018). Dit is egter 'n noodsaaklike element wat deel is van enige regstelsel dat daar met die nodige kundigheid en aanpasbaarheid te werk gegaan moet word om in besonder tydens die getuienisleweringsproses op die kwesbaarheid van kinders te let.

Die navorsingsprobleem wat na vore kom, is dat daar faktore spesifiek in die Suid-Afrikaanse regstelsel is wat daartoe aanleiding gee dat kinders ondoeltreffend in die hof getuig. Smith (2014) is van mening en wys daarop dat die navorsing oor kindergetuies binne die Suid-Afrikaanse konteks baie beperk is. Dit dui op die wesenlike noodsaaklikheid daarvan om die forensiese aspek duidelik te ondersoek, ten einde die regsproses en geregtigheid in die algemeen voldoende te ondersteun. Daar moet dus bepaal word of die hofprosedures van die Suid-Afrikaanse regstelsel in die beste belang van die kind funksioneer (Children's act 28/2005, Article 9). Deur 'n vlugtige oorsig te doen, word die navorser die geleentheid gebied om dié faktore wat daartoe aanleiding gee dat kinders nie doeltreffend kan getuig nie, te identifiseer.

Tydens die getuienisleweringsproses is daar faktore in en om die hof wat 'n uitwerking het op die kind se vermoë om doeltreffend getuienis te kan lewer. Daar word in tersaaklike literatuur 'n onderskeid getref tussen interne en eksterne faktore wat kinders tydens die getuienisleweringsproses kan beïnvloed (Cunningham & Stevens, 2011). Eksterne faktore is aspekte in die hofverrigtinge self waaroor die kind nie beheer het nie, maar wat wel 'n groot invloed het op die getuienisleweringsproses. Die eksterne faktore in howe wissel van land tot land weens die verskil in hofprosedures, sowel as verskillende landswette. Vir doeleindes van dié navorsing is daar meer gefokus op eksterne faktore. Die rede hiervoor is dat die howe en professionele persone meer beheer het oor faktore in en om die hofverrigtinge as faktore wat direk met die kind verband hou. Interne faktore word beskou as faktore eie aan elke kind. Dit behels onder andere die kognitiewe ontwikkeling, taalvaardighede en ouderdom van die kind. Die graad van trauma wat tydens die voorval van seksuele misbruik ervaar is, die aantal kere wat die misbruik plaasgevind het en die verbintenis met die oortreder, word ook as interne faktore beskou (Lamb et al., 2009). Baie waardevolle inligting is verkry uit internasionale navorsing, wat as verwysingsraamwerk gebruik word, maar in hierdie studie is dit belangrik om faktore wat spesifiek gekoppel is aan die Suid-Afrikaanse hofverrigtinge te ondersoek en binne die Suid-Afrikaanse raamwerk te verbeter. Die doel van die studie is om te bepaal watter eksterne faktore kinders affekteer in die hof en daartoe bydra dat hulle minder doeltreffend getuig, of wat hulle deelname aan die hofproses beperk.

Die navorsingsvraag is: Watter eksterne faktore dra daartoe by dat die kind nie altyd doeltreffend in die hof oor sake van seksuele misbruik getuig nie?

 

2. Metodiek

2.1 Vlugtige oorsig

'n Vlugtige oorsig is 'n literatuuroorsig wat ontwerp is om die beste beskikbare bronne rakende 'n spesifieke navorsingsvraag te vind, te beoordeel en om informatiewe en bewysgebaseerde antwoorde te verskaf rakende die navorsingsvraag (Boland, Cherry & Dickson, 2014). Hierdie vlugtige ondersoek, wat bestaan uit 'n kwalitatiewe analise van beskikbare literatuur, het die navorser in staat gestel om eksterne faktore te identifiseer wat daartoe mag bydra dat kinders nie doeltreffend getuienis kan lewer nie. Daar is deur middel van sleutelwoorde 'n groepering van artikels verkry. Vanuit dié artikels is daar vervolgens gebruik gemaak van 'n keuringsproses om te bepaal of die artikels verband hou met die studie of nie.

Die sleutelwoorde het die volgende ingesluit: [Child* OR "young person" OR "young people" OR adolescent OR teen OR youth] AND [Witness or Court] AND [barrier or hurdle or impediment or hindrance or deterrent or complication or difficult or obstacle or problems or challenges ] AND [sexual abuse or sexual trauma or sexual violence or sexual assault] AND [South Africa" or "Western Cape" or "Eastern Cape" or "Northern Cape" or "North West" or "Free State" or "Kwazulu-Natal" or Gauteng or Limpopo or Mpumalanga].

Met die loods van die aanvanklike soektog in Julie 2019 was die sleutelwoorde beperk gewees. 'n Soektog is op "one Search" geloods wat uit 306 databasisse bestaan het. Tydens die herloods van die soektog in 2020 is daar meer spesifiek gesoek na die Suid-Afrikaanse konteks en is Suid-Afrikaanse databasisse gebruik (African Journals, before SAe Publications en Sabinet). Ter wille van volledigheidsdoeleindes is daar ook deur EBSCO-Host, LexisNesis en Juta soektogte geloods, maar dit het nie effektiewe data opgelewer nie.

In die navorsing is daar gebruik gemaak van die PRISMA (Preferred Reporting Items for Systematic Reviews and Meta-Analysis) riglyne vir die kwaliteitsversekering van die studie. Die kernstappe vir die uitvoer van die vlugtige oorsig, soos geïdentifiseer deur Boland, Cherry & Dickson (2017) is gevolg. Die PRISMA-riglyne bestaan uit 'n 27 punt kontrolelys en 'n vloeidiagram van vier fases met verskeie stappe onder elke fase.

2.2 In- en uitsluitingskriteria

Die nege stappe soos beskryf deur Boland, et al. (2014) en Uman (2011) is streng gevolg om kwaliteit te verseker. Twee navorsers was by die kwaliteitsbeoordeling betrokke om vooroordeel sover moontlik te beperk en die kwaliteit van die studie te verbeter.

Studies wat by die navorsing ingesluit is, is artikels wat die eksterne faktore uitwys wat kinders verhoed om tydens seksuelemisbruik-sake doeltreffend te getuig in 'n hof. Die data is beperk tot datum (2009-2019), tipe artikel (slegs akademiese artikels is gebruik) en die taal waarin die artikel geskryf is (slegs Afrikaanse en Engelse artikels is ingesluit). Net data rakende kindergetuies is gebruik en daar is nie gebruik gemaak van volwassegetuies nie. Slegs navorsing in 'n Suid-Afrikaanse konteks is by die studie betrek. Daar is egter kennis geneem van die internasionale tendens van eksterne faktore wat kinders tydens hofverrigtinge kan beïnvloed.

Daar is gebruik gemaak van die PICO-raamwerk om te bepaal watter data in- en uitgesluit moet word (Boland et al., 2017). Volgens die PICO-raamwerk is die onderskeie simbole soos volg; P is die bevolking, I is die intervensie, C is die vergelyking, en O is die uitkoms (Boland et al., 2017). Vir die navorsing is P -Kindergetuies, I - Faktore wat kinders negatief beïnvloed in die hof, C - Daar mag moontlik vergelykings wees, maar die studie sal nie daarop fokus nie, O - Die uitkomste van die hofsaak.

2.3 Data

 

 

Met die loods van die studie in September 2020 is 291 artikels gevind. Nadat gedupliseerde artikels uitgehaal is, het daar 188 artikels oorgebly. Die navorsers het 51 artikels se opskrifte en opsommings gelees en 13 artikels het oorgebly nadat die volledige artikels gelees is. Daarna is 'n kwaliteitsbepaling gedoen van die betrokke data en nog 5 artikels is in die proses uitge-skakel omdat dit nie binne die fokus van die navorsing geval het nie, of die kwaliteit van die navorsing nie voldoende was nie. Daar is uiteindelik 8 artikels ingesluit vir die navorsing.

'n Tematiese sintese is gedoen, waardeur temas geïdentifiseer is (Thomas & Harden, 2008). Tydens die tematiese sintese is die data geanaliseer en temas is sistematies geïdentifiseer. Dit het die navorser in staat gestel om verskeie temas deur die proses van kleurkodering te identifiseer (Rubin & Babbie, 2016). Daar is tematies hoofonderwerpe en sub-onderwerpe in die data geïdentifiseer. Die teenwoordigheid van die hooftemas is analities verwerk tot 'n persentasie. Na kleurkodering van die data was die verwerking en interpretasie moontlik.

Die onderstaande tabel is gebruik vir die tematiese identifisering van die verskillende faktore wat in die onderskeie artikels voorgekom het:

 

 

3. Bespreking

3.1 Beperkings van die studie

Een van die prominentste beperkings wat 'n invloed gehad het op die studie, is die tekort aan navorsing rakende die faktore wat kinders in die hof beïnvloed, spesifiek binne die Suid-Afrikaanse konteks (Smit, 2014). Dié tekort veroorsaak dat daar min toepaslike publikasies is wat by die studie betrek kon word. Verskeie internasionale bronne moes noodgedwonge geraadpleeg word om vergelykende faktore en verdere konteks te kry wat met die faktore verband hou. Alhoewel die data wat in die vlugtige oorsig gebruik is slegs plaaslik was, is internasionale bronne gebruik as versterking van die navorsing. Die gevolgtrekkings is uit 'n geïntegreerde oorsig gedoen, alhoewel die studie slegs plaaslik geloods is.

3.2 Implikasies

Vir die Suid-Afrikaanse regstelsel, sowel as die forensiese maatskaplikewerkpraktyk, is dit belangrik om in die beste belang van die kind op te tree, aangesien dit een van die grondbeginsels van die Children's Act 38/2005 is. Die studie is dus voordelig vir die maatskaplikewerkprofessie, sowel as die forensiese maatskaplike werker, wat kinders in die hof moet ondersteun. Volgens Mathews et al. (2014) is daar 'n groot leemte in Suid-Afrika as dit kom by die beskerming van kinders. Die enigste wyse om dit aan te spreek, is om die feite na vore te bring en 'n konkrete oplossing daar te stel om te verseker dat kinders binne die hofstelsel beskerm word (Smith, 2014). Daar moet dus voortdurend ondersoek ingestel word of die huidige regspraktyk optimaal vir kindergetuies aangewend word. Juis op die huidige tydstip, te midde van die geweldige aanslag op kinders wat seksueel misbruik word in Suid-Afrika, is dit noodsaaklik om deeglik kennis te neem van wat reeds in die literatuur oor die onderwerp gepubliseer is. Die gegewe dat forensiese maatskaplike werk onlangs in Suid-Afrika as spesialisveld binne die maatskaplikewerkprofessie erken is, is navorsing en publikasie rakende die maatskaplike aspekte van die hof vir toekomstige verwysing in die howe belangrik.

In die lig van die navorsing sal daar effektief gelet kan word op faktore wat kinders negatief beïnvloed en kan die nodige veranderings of aanpassings tydens hofverrigtinge waarby kinders betrokke is, gemaak word. Dit sal om die beurt daartoe lei dat meer akkurate getuienis gelewer word en meer skuldigbevindings moontlik kan plaasvind.

 

4. Bevindings

Agt artikels is hersien om aanwysers te vind wat 'n aanduiding gee watter eksterne faktore kindergetuies verhoed om doeltreffend in die hof te getuig. Die artikels wat nagegaan is, toon 'n weerspieëling van uiteenlopende navorsing vanuit verskeie dissiplines. Die eksterne faktore wat geïdentifiseer is, is dan soos volg:

4.1 Eksterne faktore

Eksterne faktore wat uit die navorsing geïdentifiseer is, is onder andere onvoldoende hofvoorbereiding, kontak met die beweerde oortreder, vertragings van hofsake, onvoldoende hulpbronne, onvoldoende ondersteuning aan die kind en ouers, kruisondervraging, spanning en sekondêre viktimisering. Dit is nodig om in ag te neem dat die faktore nie losstaande is van die sosio-ekonomiese faktore wat minderbevoorregte kinders se daaglikse lewens raak nie. Waterhouse en Nagia-Luddy (2009) wys daarop dat hongerte en moegheid direk 'n invloed het op kinders se vermoë om sinvol aan die hofprosesse deel te neem. Daar word in verskeie van die artikels verwys na faktore, maar dit word verwoord as aspekte van die hofproses wat aangepas kan word om 'n kind se deelname aan die hofverrigtinge te verbeter.

 

 

4.1.1 Onvoldoende hofvoorbereiding

In meer as 60% van die artikels is uitgewys dat onvoldoende hofvoorbereiding veroorsaak dat kinders minder doeltreffend getuig. Onvoldoende voorbereiding van die kind as getuie word as een van die hooffaktore geklassifiseer waarom kinders minder doeltreffende getuienis in die hof lewer (SAPS, 2018). Iyer en Ndlovu (2011) voer aan dat 'n kind se gebrek aan begrip van die hofverrigtinge 'n uitermate nadelige effek op die kind se getuienis en deelname aan die hofproses het. Daar word dus onvoldoende getuienis gelewer as gevolg van swak voorbereiding (Cunningham & Stevens, 2011).

Volgens Geldenhuys (2015) dra behoorlike hofvoorbereiding by tot die kind se vermoë om akkurate getuienis te lewer. Waterhouse en Nagia-Luddy (2009) is van mening dat hofvoorbereiding 'n sleutelaspek in seksuelemisbruik-sake is, aangesien dit die kind se vermoë verbeter om te getuig. Daar word duidelike doelwitte en voordele vir hofvoorbereiding gestel, dit sluit in om die kind se vermoë te verbeter om vrae so eerlik en akkuraat as moontlik te beantwoord, wat bydra tot geloofwaardige getuienis en om nadelige nagevolge van hofgetuienis te verminder (Vandervort, 2013). Volgens Cunningham en Stevens (2011) is die korrekte voorbereiding en bemagtiging van kindergetuienis van kritieke belang vir enige hofsaak. Die deurgee van inligting en voorbereiding van die proses is nodig om kinders se spanningsvlakke te verlaag en die situasie so ver as moontlik te normaliseer (Cunningham & Stevens, 2011). Hofvoorbereiding fokus op logistieke aspekte, prosesse en prosedures van die hof soos hof-oriëntasie, emosionele ondersteuning, en getuievoorbereiding (Waterhouse & Nagia-Luddy, 2009).

Ten spyte van navorsing wat teen voorbereiding gekant is, word daar in die algemeen spesifiek klem gelê op voorbereiding van alle slagoffers van seksuele misbruik vir hofverrigtinge om sekondêre trauma te voorkom (Cunningham & Stevens, 2011). Daar word aanbeveel dat 'n slagoffer se ondersteuningsbeampte deur die hof aangewys moet word om hierdie kinders tydens die getuienisleweringsproses te ondersteun (Reyneke, 2008).

4.1.2 Kontak met die beweerde oortreder

Kontak met die beweerde oortreder tydens die hofprosedures veroorsaak uitermatige hoë spanningsvlakke by die kindergetuie en is in 25% van die artikels aangetoon. Geldenhuys (2015) stel dit duidelik dat kontak met die oortreder 'n negatiewe uitwerking op die kwaliteit van die kind se getuienis het en dat dit weer 'n impak het op die uitslag van die hofsaak. Daar moet te alle tye na die beste belang van die kind omgesien word. Om die kind aan die beweerde oortreder bloot te stel, lei daartoe dat die kind se kapasiteit om doeltreffend aan hofverrigtinge deel te neem, verminder word (Fambasayi & Koraan, 2018).

Kontak met die oortreder tydens die hofverrigtinge kan tot verdere trauma vir die kind lei en word as 'n bydraende faktor beskou omdat dit die spanningsvlakke by kinders verhoog (Cunningham & Stevens, 2011). Daar is verskeie tekens van posttraumatiese stresversteuring (PTSV) wat na vore kom indien 'n kind tydens die hofprosedures aan die oortreder blootgestel word (Elmi, Daignault & Hébert, 2018). Volgens Townsend, Waterhouse & Nomdo (2014) is daar 'n beduidende aantal deskundiges wat van mening is dat kinders meer spanning en trauma ervaar tydens die getuienislewering waar die beweerde oortreder in dieselfde vertrek teenwoordig is. Die angstigheid en spanning veroorsaak dat die kwaliteit van die getuienis wat gelewer word, verlaag (Randell, Seymour, Henderson & Blackwell, 2018).

As gevolg van beduidende navorsing wat die nadelige effek van 'n beweerde oortreder se teenwoordigheid met die getuienislewering van 'n kind uitwys, het die Wysigingswet op die Strafproseswet, 4 van 2017 ontstaan (Fambasayi & Koraan, 2018). Die Wysigingswet op die Strafproseswet, 4 van 2017 spesifiseer dat daar in spesifieke gevalle uitsonderings gemaak kan word om die kind tydens die getuienisleweringsproses te beskerm. Die Wysigingswet op die Strafproseswet, 4 van 2017 spesifiseer onder andere ook dat daar voorsiening gemaak word vir die gebruik van 'n tussenganger in gevalle waar kinders as slagoffers van seksuele misbruik betrokke is (Wysigingswet op die Strafproseswet, 2017 Wet No. 4 van 2017). Volgens Cooper & Mattison (2017) word die wysigingswet (Wysigingswet op die Strafproseswet, 2017 Wet No. 4 van 2017) nie outomaties toegestaan soos in sommige ander lande nie. Inteendeel, Suid-Afrika se regstelsel is van mening dat die gebruik van 'n alternatiewe vorm van getuienislewering slegs toegestaan mag word indien daar aangetoon kan word dat kindergetuies geestelike spanning ervaar wat buite die normale spanning van getuienislewering is. Daar is verskeie studies waarin sterk uitsprake teen die benadering tot getuienislewering van kinders gemaak word en waar aanbeveel word dat enige persoon onder die ouderdom van 18 jaar toegang moet hê tot 'n tussenganger, aangesien dit in die beste belang van die kind is (Fambasayi & Koraan, 2018).

4.1.3 Vertragings van hofsake

In 37,5% van die artikels word daar aangetoon dat die vertraging van hofsake direk verband hou met swakker getuienis wat deur kinders gelewer word. Vertragings van hofsake is 'n reuse-uitdaging in die Suid-Afrikaanse regstelsel. Dit word aan verskeie faktore toegeskryf, soos hoë gevalleladings van hoofoffisiere, 'n tekort aan howe, sowel as tegniese aspekte van die saak wat meer tyd benodig (Reyneke, 2008). Die vertragings van hofsake, weens watter redes ook al, verleng die emosionele spanning van die kind. Kinders oor die algemeen het 'n kort aandagspan en vind dit moeilik om vir lang periodes te wag. Die uitstel en lang uitrek van hofverrigtinge veroorsaak dat kinders moeg raak en moontlik belangrike besonderhede vergeet (Prinsloo, 2012). Die navorsing van Theron (2005), soos aangehaal deur Prinsloo (2012), bevestig dat kindergetuies probleme ervaar in die herroep van detail as gevolg van lang vertragings en die uitstel van hofsake. Negatiewe implikasies van die regstelsel kan veroorsaak dat die kind as 'n swak getuie beskou word, aangesien 'n kind se geheue mettertyd nie meer alle relevante besonderhede oor die gebeure kan herroep wat 'n wesenlike verskil in bewyse kan meebring nie (Geldenhuys, 2015).

4.1.4 'n Tekort aan genoegsame hulpbronne

Die meerderheid (85%) artikels toon aan dat as gevolg van 'n tekort aan genoegsame hulpbronne die deelname van kinders in die Suid-Afrikaanse howe onvoldoende is. Volgens Lechlech (2020) is daar verskeie tipes stremminge wat veroorsaak dat daar nie altyd voldoen word aan die hoë standaarde wat daargestel is in die wet nie, (Wysigingswet op die Strafproseswet, 2017). Die stremminge sluit onder andere 'n tekort aan fasiliteite (binnekringtelevisie [CCTV], onderhoudskamers en ander elektroniese hulpbronne), lae salarisse, hoë werklas, personeel-tekort en selfs 'n hulpbrontekort soos rekenaar- en kantoorruimte vir onderhoude (Reyneke, 2008) in. Die tekort aan befondsing vir die nodige hulpmiddels wat in die wet (Wysigingswet op die Strafproseswet, 2017 Wet No. 4 van 2017) voorgeskryf word, lei tot verskeie nadelige gevolge vir die hof in sy geheel en lei daartoe dat kindergetuies kwesbaar is.

Artikel 158 (2) (a) van die Strafproseswet 51 van 1977 bepaal dat die hof mag beslis dat dit nie in die beste belang van die kind is om in 'n opehof te getuig nie, en om hierdie rede deur middel van 'n tussenganger, CCTV en/of eenrigtingglas mag getuig. Ongelukkig is daar verskeie howe in Suid-Afrika wat nie ingerig is om kindergetuies te akkommodeer nie; daar is nie toegang tot eenrigtingglas of CCTV's nie; dus word dit nie tydens die hofverrigtinge toegestaan nie (Geldenhuys, 2015). Die kind se vermoë om getuienis te gee word as gevolg van 'n tekort aan hulpbronne gedemp. Hofverrigtinge word nie altyd in camera gehou nie en daar word nie altyd voorsiening gemaak vir afsonderlike wagkamers vir die slagoffers en oortreders nie, wat 'n direkte uitwerking op die kind se spanningsvlakke het (Iyer & Ndlovu, 2011).

In 'n studie gedoen deur Townsend et al., (2014) onder ondersteunende werkers van die RAPCAN Kindergetuie-projek (CWP), word frustrasies uitgespreek ten opsigte van ondersoekbeamptes wat kinders en die oortreder in dieselfde vertrek toelaat. Daar is selfs slagoffers wat saam met die beweerde oortreder in dieselfde voertuig na die hof vervoer word (Geldenhuys, 2015). Laasgenoemde kan toegeskryf word aan 'n tekort aan vervoer of aan onkunde van die ondersoekbeamptes om nie die slagoffer aan die beweerde oortreder bloot te stel nie (Geldenhuys, 2015). Meer as 60% van die artikels verwys spesifiek na onopgeleide personeel as 'n onvoldoende hulpbron. In Suid-Afrika is dit ontstellend om te besef dat nie alle hofpersoneel behoorlik opgelei is in die hantering van seksuelemisbruik-sake nie, en uiters beperkte kennis het rakende die hantering van kinders (Iyer & Ndlovu, 2011). Volgens Waterhouse en Nagia-Luddy, (2009) ly die dienste wat aan kinders in Suid-Afrika gelewer word grootliks as gevolg van 'n tekort aan gekwalifiseerde professionele persone in die hofstelsel. Meintjes en Collings (2009) toon aan dat 'n gebrek aan kennis rakende kinders in die hofsaak direk verband hou met die misverstaan en verkeerde hantering van kinders tydens hofverrigtinge. Daar bestaan kommer binne die Suid-Afrikaanse howe dat bevoegdheidstoetse voor getuienislewering dikwels gedoen word deur professionele persone wat geen kinderontwikkelingsopleiding het nie. Dit veroorsaak dat kinders wat wel kan getuig nie die geleentheid gegun word nie, of dat kinders wat nie kan getuig nie verder getraumatiseer word deur die getuienisleweringsproses (Kruger & Diale, 2016).

Alhoewel die Wysigingswet op die Strafproseswet, 4 van 2017 spesifiseer dat daar voorsiening gemaak moet word vir die gebruik van 'n tussenganger in gevalle waar kinders betrokke is as slagoffer van seksuele misbruik, is daar steeds kinders wat weens 'n tekort aan opgeleide tussengangers en die nodige hulpbronne in 'n ope hof moet getuig (Cooper & Mattison, 2017). 'n Ander aspek wat bydraend is, is tussengangers en ondersteunende personeel wat nie vir hofverrigtinge opdaag nie. Dit veroorsaak dat hofsake uitgestel word, of dat daar voortgegaan word sonder die nodige hulp en bystand aan die kind (Iyer & Ndlovu, 2011). Waterhouse en Nagia-Luddy (2009) wys uit dat nieregeringsorganisasies (NRO's) vroeër hulp verleen het aan die hofstelsel en ondersteuning aan die kinders gebied het, maar as gevolg van finansiële druk nie meer die dienste kan lewer nie.

4.1.5 Onvoldoende ondersteuning aan die kind en ouers

In 25% van die artikels is uitgewys dat 'n tekort aan genoegsame ondersteuning aan die familie van die kind 'n effek het op die doeltreffendheid van die getuienis wat gelewer word. Ondersteuning aan die kind sluit baie nou aan by hofvoorbereiding.

Faktore tydens die hofverrigtinge wat direk kinders se vermoë beïnvloed om doeltreffend te kan getuig, is onvermoë om ingewikkelde en verwarrende prosedures tydens die hele hofsaak, sowel as tydens die getuienisleweringsproses te verstaan (Oliver, 2019). Onsekerheid oor aspekte van die verhoor het 'n wesenlike effek op die spanningsvlakke wat die kinders en hul gesinne tydens die proses ervaar (Randell et al., 2018). Ouers het in navorsing getoon dat hulle verantwoordelik voel om die hofproses prakties en ouderdomsgepas aan hulle kinders te verduidelik, hul vrae te beantwoord en hul bekommernisse met hulle te bespreek (Randell et al., 2018). Volgens Shrimpton, Oates, en Hayes (2014) sal die las op die ouers minder wees indien daar beter hofvoorbereiding aan die kinders gegee word met ouderdomsgepaste verduidelikings. Praktiese ondersteuning- en inligtingsessies word as hoë prioriteit beskou vir ouers van kinders wat tydens seksuelemisbruik-sake getuienis lewer (Randell et al., 2018).

4.1.6 Kruisondervraging

In 50% van die artikels is aangetoon dat kruisondervraging tydens die getuienisleweringsproses 'n ernstige nadeel inhou vir kinders. Navorsing (Randell et al., 2018) toon verder aan dat al word kinders baie goed voorberei vir die hof, kruisondervraging steeds as uitermate stresvol ervaar word. Daar is drie hoofaspekte rakende kruisondervraging wat in die literatuur uitgewys word, wat bydra tot die kind se ervaring van spanning: die verwarrende aard van die vrae, die intimiderende optrede van die verdediging, sowel as dat die kinders daarvan beskuldig word dat hulle nie die waarheid praat nie (Randell et al., 2018).

Volgens die SAPD (2018) word kinders baie keer misverstaan in die hof weens wanvertolking van die verklarings wat die kinders gemaak het, sowel as die kind se onkunde rakende die hofprosesse en kruisondervragingsproses. Dit lei daartoe dat kinders beskou word as oneffektiewe getuies in die hof. Volgens Szojka et al. (2017) is daar steeds verskeie regstelsels, insluitende die Suid-Afrikaanse regstelsel, wat gebruik maak van kruisonder-vragingstegnieke wat direk in stryd is met kinderontwikkelingsnavorsing. As gevolg van hierdie wanpraktyke lei dit daartoe dat kinders in die hof minder akkurate getuienis lewer.

Taalgebruik in hofverrigtinge is baie kompleks en verwarrend (Meintjes & Collings, 2009). Die taalgebruik in die hof kan tydens ondervraging en kruisondervraging misverstaan word, wat veroorsaak dat die kind nie doeltreffend getuig nie (Cunningham & Stevens, 2011).

Volgens Zajac et al. (2018) het kinders die vermoë om spesifieke detail van 'n gebeurtenis of 'n gevoel te onthou en akkuraat te kan beskryf. Die probleem dat kinders ongeloofwaardig in die hof beskou word, het baie meer te doen met hoe die vrae deur die verdediging gestel en geïnterpreteer word, as die akkuraatheid van die kind se geheue.

Volgens Plotnikoff en Woolfson (2009) kan die akkuraatheid van kinders se getuienis aansienlik verswak onder intimiderende omstandighede, soos kruisondervraging. Uitdagende vrae wat tydens kruisondervraging aan 'n kind gestel word, lei dikwels daartoe dat die verdediging insinueer dat die kind nie die waarheid praat nie. Dit lei daartoe dat kinders wat in die hof getuig se spanningsvlakke verhoog, wat dus die akkuraatheid van hul getuienis laat afneem (Plotnikoff & Woolfson, 2009).

Volgens Iyer en Ndlovu (2011) is dit nie moontlik vir 'n kind om as 'n betroubare getuie voor te kom gegewe die teenwoordigheid van kruisondervraging, spanning en angstigheid nie; dus beïnvloed dit die kwaliteit van die kind se getuienis. Die teenstrydige aard van kriminele howe en veral die wyse waarop kruisondervraging plaasvind, is verwarrend en ontstellend; dit dra by tot die spanning wat kindergetuies ervaar en hul onvermoë om voldoende te kommunikeer (Prinsloo, 2012).

4.1.7 Spanning

In 75% van die artikels is spanning as 'n hooffaktor aangevoer op grond waarvan kinders nie effektiewe getuienis in seksuelemisbruik-sake lewer nie. Verskeie ander faktore wat reeds hier bo bespreek word, dra by tot spanning en spanningsvolle ervarings in die hof. Spanning en angstigheid hou verband met die trauma wat as gevolg van die misbruik ervaar is, sowel as stresfaktore wat deur hofverrigtinge veroorsaak word. Die stresfaktore wat deur hofverrigtinge veroorsaak word, sluit onder andere die volgende in: vertragings van die hofproses, meervoudige ondervraging deur professionele persone en meervoudige getuienislewering, soos reeds bespreek (Pantell, 2017).

Die hofervaring is vir kinders oor die algemeen baie spanningsvol, des te meer vir slagoffers van seksuele misbruik (Fambasayi & Koraan, 2018). In die meeste seksuelemisbruik-sake is die kind die enigste getuie en moet die staat sterk daarop kan steun. Dit dra tot spanning by omdat daar nie ander bewyse is om die kind se getuienis te versterk nie (Pantell, 2017).

Die spanning wat kinders tydens die hofverrigtinge ervaar, kan toegeskryf word aan die moontlikheid om die oortreder te sien, die beskrywing van detail van die misdaad, sowel as die angstigheid om nie te verstaan wat gevra word nie (Fambasayi & Koraan, 2018). Die dinamika van seksuelemisbruik-sake verhoog ook die spanningsvlakke van die kind. Die meeste seksuelemisbruik-oortreders is bekend aan die kind, wat bydra tot die kompleksiteit van die hofsake en die spanning wat daarmee gepaardgaan (SAPS, 2020). Soos reeds bespreek, dra die beweerde oortreder se reg om die persoon wat die klagte lê te konfronteer by tot die spanning en kompleksiteit van die proses van getuienislewering (Oliver, 2019).

Volgens Iyer en Ndlovu ( 2011) word daar net soveel spanning ervaar deur 'n kind as deur 'n volwassene wat moet getuig, maar dit word vererger by kinders deur die trauma wat ervaar is en die onvermoë om prosesse en prosedures te verstaan. Om hierdie rede maak die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele misdrywe en verwante aangeleenthede), 4 van 2017 voorsiening vir tussengangers, maar soos reeds uitgewys, word dit nie outomaties aan kinders toegestaan nie, alhoewel dit duidelik na vore kom dat die feit dat 'n kind moet getuig genoegsame spanning en trauma veroorsaak wat 'n tussenganger regverdig. Daar word wel in sekere gevalle van tussengangers gebruik gemaak met die lewer van getuienis: daar word in 'n ander vertrek getuig en nie in die ope hof nie, om die trauma en psigologiese stresfaktore by kinders tydens die getuienisleweringsproses te verminder (Cassim, 2003).

Aangesien die angstigheid en spanning veroorsaak dat die kwaliteit van die getuienis belemmer word, is dit belangrik om die spanningsvlakke van die kind wat moet getuig so laag as moontlik te hou. Die deurgee van inligting en voorbereiding op die proses, sodat die kind weet wat om te verwag, is ook nodig sodat kinders weet waarmee hulle te doen gaan kry. Dit sal alles daartoe bydra dat die situasie so ver as moontlik normaliseer (Cunningham & Stevens, 2011).

4.1.8 Sekondêre viktimisering

Sekondêre viktimisering word in 50% van die artikels aangetoon. Daar word uitgewys dat dit 'n geweldige impak het op die kind se vermoë om aan die hofprosedures deel te neem. Sekondêre viktimisering verwys na die gedrag en benadering van maatskaplike diensverskaffers wat onsensitief is teenoor slagoffers en hulle tot 'n mate blameer vir die oortreding en dit lei tot verdere traumatisering van die slagoffer (Prinsloo, 2012). Sekondêre viktimisering vind in verskeie aspekte van die hofproses plaas, byvoorbeeld as die kind herhaaldelik moet getuig en die mishandeling moet herleef deur die getuienis, en die voortvloeiende ondervraging en kruisondervraging wat details van die misbruik bevraagteken (Cunningham & Stevens, 2011). Sekondêre viktimisering laat die kind verneder en weerloos voel. Dit het nie net 'n effek op die effektiwiteit van die kind se getuienis nie, maar ook op die kind se herstelproses na die hofsaak (Waterhouse & Nagia-Luddy, 2009). Afgesien daarvan dat dit oneties is om kinders deur sekondêre trauma te laat gaan weens die onbevoegdheid van professionele persone, het kinders die basiese reg om beskerm te word teen sekondêre viktimisering (Meintjes & Collings, 2009).

 

5. Gevolgtrekkings en aanbevelings

Die misbruik van kinders, veral seksuele misbruik, word as 'n wêreldwye epidemie beskou wat dringend aandag moet geniet. Uit die bostaande navorsing is dit duidelik dat seksuele misbruik van kinders in Suid-Afrika baie voorkom. Die vlak van min skuldigbevindings van net 22,53% dui daarop dat daar ernstige tekorte is in die wyse waarop howe kindergetuies hanteer en dit geld ook die ondersoek van sake waar kinders die slagoffer is. Oneffektiewe getuienislewering dra ook by tot min skuldigbevindings in seksuelemisbruik-sake. Die gevolge hiervan is dat die oortreder in baie gevalle net weer 'n ander kind seksueel misbruik en sodoende dra dit by tot talle kinders wat slagoffers word van dieselfde oortreder.

Daar word duidelik in die navorsing aangetoon dat kinders kwesbaar is tydens die getuienislewering in kriminele howe, te meer as hulle slagoffers van seksuele misbruik was. Daar is verskeie faktore wat die kind verhoed om effektief deel te neem aan die hofprosedures en doeltreffend te getuig.

Verskeie pogings is in die verlede aangewend om Suid-Afrikaanse kinders tydens die getuienisleweringsproses te beskerm, byvoorbeeld die daarstel van tussengangers en hofvoor-bereiding, maar steeds is daar faktore wat kinders belemmer om tydens seksuelemisdaad-sake doeltreffend te getuig. Eksterne faktore wat uit die navorsing geïdentifiseer is, is onvoldoende hofvoorbereiding, kontak met die beweerde oortreder, vertragings van hofsake, onvoldoende hulpbronne, onvoldoende ondersteuning aan die kind en ouers, kruisondervraging, spanning en sekondêre viktimisering. Dis belangrik om in ag te neem dat die faktore nie losstaande is van die sosio-ekonomiese faktore wat reeds kinders in die land se daaglikse lewens raak nie. Waterhouse en Nagia-Luddy (2009) wys uit dat honger en moegheid direk 'n invloed het op kinders se vermoë om aan die hofprosesse deel te neem.

Kruisondervraging dra daartoe by dat kinders nie ouderdomsgewys ondervra word nie en dat hulle sodoende onakkurate inligting weergee. Daar is in verskeie artikels daarop gewys dat onvoldoende hofvoorbereiding veroorsaak dat kinders minder doeltreffend getuig; dus is behoorlike hofvoorbereiding van groot waarde om meer effektiewe getuienis te verkry. Kontak met die beweerde oortreder of die moontlikheid van kontak is as faktor beklemtoon wat aandag moet geniet.

Indien hofprosedures nie reg aangewend word nie, kan dit uitermatige spanning by die kind as getuie ontlok. Die spanning en angstigheid veroorsaak dat kinders minder doeltreffend kan getuig. Die noodsaaklikheid is beklemtoon om die beweerde oortreder en slagoffers sover as moontlik fisiek uitmekaar te hou.

In baie van die artikels (37,5%) word aangetoon dat die vertraging van hofsake direk verband hou met swakker getuienis wat deur kinders gelewer word. Dit is 'n algemene probleem in die Suid-Afrikaanse regstelsel en daar sal gepoog moet word om sake waarby kinderslag-offers betrokke is, voorrang te gee.

Daar is in meer as 85% van die artikels aangetoon dat die rede vir onvoldoende kinderdeelname in die Suid-Afrikaanse howe voortspruit uit 'n tekort aan genoegsame hulpbronne. Die wet (die Wysigingswet op die Strafproseswet, 4 van 2017) stipuleer spesifieke dienste wat gelewer moet word (vereistes waaraan voldoen moet word), maar weens 'n tekort aan hulpbronne of misbruik van hulpbronne ly kinders se getuienis daaronder.

Die tekort aan genoegsame ondersteuning aan die gesin en die kind het 'n effek op die effektiwiteit van die getuienis wat gelewer word. Die ouers van kindergetuies kan nie genoeg ondersteuning bied nie, omdat hulle self nie al die antwoorde het as dit kom by hofverrigtinge nie.

Angs en spanning veroorsaak dat die kwaliteit van die getuienis belemmer word, omdat spanningsvlakke van die getuienisleweringsproses kinders se herroeping van gebeure en geheue beïnvloed. Die spanningsvlakke en angstigheid moet dus beheer word.

Sekondêre viktimisering het 'n groot impak op die kind se vermoë om deel te neem aan die hofprosedures. Deeglike opleiding en bewusmaking van personeel wat in en om die hof werk, is nodig om die kwessie te ondersoek.

Een van die grootste stremminge wat in die literatuur na vore kom, is nie noodwendig die tekort aan wetgewing om kinders te beskerm tydens die getuienisleweringsproses nie, maar die howe se onvermoë om die wette af te dwing (Prinsloo, 2008) "as well as the fact that certain children's rights are guaranteed vide section 28 included in Chapter 2 (Bill of Rights)".

Vir die Suid-Afrikaanse regstelsel, sowel as die forensiese maatskaplikewerkpraktyk, is dit belangrik om in die beste belang van die kind op te tree aangesien dit een van die kernbeginsels van die Children's Act 38/2005 is. Die implementering van wetgewing in die praktyk moet ernstig hersien word ten opsigte van die faktore wat kinders verhoed om doeltreffend in die hof te getuig. Deur die faktore uit te skakel, sal daar 'n bydrae daartoe gelewer word dat reg en geregtigheid geskied teenoor kinders wat slagoffers is van seksuele misbruik.

In die lig van die feit dat forensiese maatskaplike werk in Suid-Afrika as 'n spesialisveld binne die maatskaplikewerkprofessie erken is, is dit belangrik om te let op die eksterne faktore wat 'n invloed het op die kind as getuie en dit aktief in ag te neem ten einde kindergetuies so effektief as moontlik aan te wend in hofsake. Die volgende faktore kan in die toekoms ondersoek word: deur verdere navorsing en praktiese implementering van die reeds genoemde voorstelle, dan sal daar 'n wesenlike verskil gemaak kan word in kinders se hofervaring. Die studie maak 'n bydrae tot die maatskaplike professie, sowel as die regsprofessie waar daar met kinders gewerk word tydens kriminele hofsake. Die faktore wat veroorsaak dat kinders minder doeltreffend getuig in die hof, is geïdentifiseer en kan gelys word, om sodoende te let op die nagevolge. Hierdie studie was suksesvol, aangesien dit die navorsers die geleentheid gebied het om die evaluasies en aanbevelings te kon uitvoer.

 

Erkenning

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns word hartlik bedank vir die beskikbaarstelling van 'n beurs wat die student in staat gestel het om die navorsing te onderneem.

 

BIBLIOGRAFIE

Arnomd, A. 2018. 3 Women on What It Was Like to Testify at Their Sexual-Assault Hearings. Criminal Justice System. Beskikbaar by: https://www.thecut.com/tags/criminal-justice-system/        [ Links ]

Boland, A, Cherry Gemma, M & Dickson, R. 2017. Doing a Systematic Review: A student's guide (2nd edition). London, New Delhi, Singapore, Washington DC, Melbourne: Sage Publishers.         [ Links ]

Boland, A, Cherry, M & Dickson, R. 2014. Doing a Systematic Review: A student's guide. London: Sage Publications.         [ Links ]

Brown, DA & Lamb, ME. 2015. Can Children Be Useful Witnesses? It Depends How They Are Questioned. Child Development Perspectives. The Society for Research in Child Development, (39):1-6.         [ Links ]

Cassim, F. 2003. The rights of child witnesses versus the accused's right to confrontation: a comparative perspective. The Comparative and International Law Journal of Southern Africa, 36(1):65-82. Beskikbaar by: http://www.jstor.org/stable/23252224. [7 Julie 2020].         [ Links ]

Cooper, P & Mattison, M. 2017. Intermediaries, vulnerable people and the quality of evidence: An international comparison of three versions of the English intermediary model. The International Journal of Evidence & Proof, 21(4):351-370.         [ Links ]

Cunningham, A &Stevens, L. 2011. Helping a Child be a Witness in Court: 101 Things to Know, Say & Do. Centre for Children & Families in the Justice System (London Family Court Clinic). https://www.tcvcm.ca/files/2015-12/helping-a-child-witness.pdf [ 10 Jan 2022].         [ Links ]

Elmi, MH, Daignault, IV & Hébert, M. 2018. Child sexual abuse victims as witnesses: The influence of testifying on their recovery', Child Abuse and Neglect, 86(March):22-32. doi: 10.1016/j.chiabu.2018.09.001. [11 Junie 2020].         [ Links ]

Fambasayi, R & Koraan, R. 2018. Intermediaries and the international obligation to protect child witnesses in South Africa. Potchefstroom Electronic Law Journal, 21(21). doi: 10.17159/1727-3781/2018/V21I0A2971 [ 28 Aug. 2020]        [ Links ]

Geldenhuys, K. 2015. The child witness in court. Servamus:, Community-based Safety and Security Magazine (July):20-27.         [ Links ]

Goodman, G & Melinde, A. 2007. Child witness research and forensic interviews of young children: A review. The British Psychological Society Legal and Criminological Psychology, 1(12):1-19.         [ Links ]

Gwala, N & Gcwabe, L. 2021. Rape, childhood sexual abuse continues to plague SA. Health News. December 9, 2021. https://health-e.org.za/2021/12/09/rape-childhood-sexual-abuse-continues-to-plague-sa/ Date of access: 10 Jan 2022.         [ Links ]

Iyer, D & Ndlovu, L. 2011. Protecting the child victim in sexual offences: is there a need for separate legal. Sabinet African Journals, 33(1):1-26.         [ Links ]

Lamb, ME, Hershkowitz, I, Orbach, Y & Esplin, PH. 2009. Tell me what happened: structured investigative interviews of child victims and witnesses. West Sussex: Wiley-Blackwell.         [ Links ]

Lechlech, L. 2020. Post-rape care and justice in South-Africa: Improving support services for survivors of sexual violence. Orphanet Journal of Rare Diseases, 21(1):1-9. doi: 10.1155/2010/706872. [11 Nov 2020].         [ Links ]

Mathews, S, Jamieson, L, Lake, L & Smith, C. 2014. Child Gauge: End the cycle of violence. South African 2014. Children's Institute. University of Cape Town.         [ Links ]

Meintjes, R & Collings, SJ. 2009. Issues raised by judge Bertelsmann in connection with child sexual abuse victims and witnesses: the role and submission of the South African Professional Society on the Abuse of Children', Child Abuse Research, 9(2):1-23. Beskikbaar by: http://hdl.handle.net/10520/EJC24334. [13 Nov 2020].         [ Links ]

Oliver, J. 2019. Annual Report. Submission of the annual report to the Minister of Police, B.H. Cele. SAPS Strategic Management. 10.1017/CBO9781107415324.004.         [ Links ]

Pantell, RH & AAP Committee on Psychological aspects of Child and Family Health. (2017). The Child Witness in the Courtroom. Pediatrics, 139(3):1-9.         [ Links ]

Plotnikoff, J & Woolfson, R. 2009. Measuring up? Evaluating implementation of government commitments to young witnesses in criminal proceedings, NSPCC and Nuffield Foundation, London. Beskikbaar by: http://www.nuffieldfoundation.org/sites/default/files/measuring. [20 Mei 2019].         [ Links ]

President Cyril Ramaphosa: South Africa's response to the COVID-19 Coronavirus Pandemic | South African Government. 2020. Beskikbaar by: https://www.gov.za/speeches/president-cyril-ramaphosa-south-africa's-response-covid-19-coronavirus-pandemic-17-jun-2020 (date of access: 8 July 2020).         [ Links ]

Pretorius, HG & Diale, BM. 2016. A psychological perspective on competency testing of the child victim and witness of sexual offences in South Africa', Child Abuse Research in South Africa, 17(2):1-12. Beskikbaar by: https://journals.co.za/content/carsa/17/2/EJC198067. [28 Aug 2020].         [ Links ]

Prinsloo, J. 2008. In the Best Interest of the Child : the Protection of Child Victims and Witnesses in the South African Criminal Justice System. Child Abuse Research, 9(2):49-64. doi: ISSN 1562-1383.         [ Links ]

Prinsloo, J. 2012. The rights of child victims and witnesses of crime: an international analysis, South African Professional Society on the Abuse of Children. Child Abuse Research A South African Journal, 2012: 13(1):74-86.         [ Links ]

Randell, I, Seymour, F, Henderson E & Blackwell, S. 2018. The experiences of young complainant witnesses in criminal court trials for sexual offences. Psychiatry, Psychology and Law, 25(3):357-373. doi: 10.1080/13218719.2017.1396866. [20 Nov 2020].         [ Links ]

Reyneke, HK. 2008. Sexual Offences Courts in South Africa: Quo vadis?', Journal for Juridical Science, 33(2)(June):32-40.         [ Links ]

Ruben, A & Babbie, E. 2017. Essential Research Methods for Social Work. (3rd ed.) USA: Brooks/Cole Cengage Learning.         [ Links ]

SAPS [South African Police Services]. 2018. Annual Report. Submission of the annual report to the Minister of Police, B.H. Cele. SAPS Strategic Management. https://www.saps.gov.za/about/stratframework/annual_report/2018_2019/saps_annualreport2018_2019v2.pdf [ 10 Julie 2019].         [ Links ]

SAPS [South African Police Services]. 2019. Annual Report. Submission of the annual report to the Minister of Police, B.H. Cele. SAPS Strategic Management. https://www.gov.za/sites/default/files/gcis_document/202012/south-african-police-service-annual-report-20192020.pdf [ 10 Julie 2019].         [ Links ]

SAPS [South African Police Services]. 2020. Annual Report. Submission of the annual report to the Minister of Police, B.H. Cele. SAPS Strategic Management.         [ Links ]

Shrimpton, S, Oates, K & Hayes, S. 2014. The Child Witness and Legal Reforms in Australia. International Perspectives on Child Abuse and Children's Testimony: Psychological Research and Law, (15):132-144. doi: 10.4135/9781483327501.n8.         [ Links ]

Smith, S. 2014. A forensic assessment model for the sexually abused child in the South African context. Potchefstroom North-west University (Thesis- MSc).         [ Links ]

South-Africa. 1977. Criminal Procedure Act 51 of 1977.         [ Links ]

South-Africa. 2005. Children's Act 38 of 2005.         [ Links ]

South-Africa. 2007. Criminal Law Sexual Offences and Related Matters Amendment Act, 32 of 2007.         [ Links ]

Szojka, S, Holloway. R, Andrews, SJ, Lamb, Stolzenberg, SN & Lyon, TD. 2017. Online First Publication, 6). Challenging the Credibility of Alleged Victims of Child Sexual Abuse in Scottish Courts. American Psychological Association. Psychology, Public Policy, and Law 23(1):1-37.         [ Links ]

Thomas, J & Harden. A. 2008. Methods for thematic synthesis of qualitative research in systematic reviews. BMC Medical Research Methodology, 8:1-10.         [ Links ]

Townsend, L, Waterhouse, S & Nomdo, C. 2014. Court support workers speak out Upholding children's rights in the criminal justice system. South African Crime Quarterly, 48, 75-88.         [ Links ]

Uman, LS. 2011. Systematic Reviews and Meta-Analyses. Herwin uit: http://www.ncbi.nlm.nih.gov/pmc/articles/PMC3024725/ [25 Nov 2020].         [ Links ]

Vandervort, FE. 2013. Protecting Child Witnesses on the Witness Stand: The Law and the Role of the Forensic Social Worker in Criminal Proceedings. Journal of Forensic Social Work, 3:150-175. https://doi.org/10.1080/1936928X.2013.845638. [2 Des 2020].         [ Links ]

Waterhouse, S & Nagia-Luddy, F. 2009. Oiling the wheels of Justice?. Institute for Security Studies-SA Crime Quarterly, 9:37-41.         [ Links ]

World Health Organisation. 2020. Violence against children, https://www.who.int/news-room/fact-sheets/detail/violence-against-children 8 Junie 2020. Date of access:11/01/2022.         [ Links ]

Zajac, R, Westera, N & Kaladelfos, A. 2018. The "Good Old Days" of courtroom questioning: changes in the format of child cross-examination questions over 60 years. Child Maltreatment, 23(2):186-195.         [ Links ]

 

 

Ontvang: 2021-04-29
Goedgekeur: 2021-10-28
Gepubliseer: Junie 2022

 

 

 

Lize-Mari Buys het 'n B Maatskaplike Werk-graad. As deel van haar honneursartikel in 2018 het sy navorsing gedoen oor die effek van 'n bemagtigingsprogram vir vrywilligers op die selfbeeld van die vrywilligers. Die navorsing is in die vorm van kwalitatiewe onderhoude gedoen, sowel as kwantitatiewe vraelyste (gemengde studie). Daar is gebruik gemaak van die kwasi-eksperimentele navorsingsontwerp. In 2018 het sy 'n moduleMaatskaplikewerknavorsing: Teorie en praktyk geneem waar praktiese navorsing-vaardighede aangeleer is. In 2019 neem sy deel aan 'n gemeenskapbehoeftebepaling wat geloods is in Orania, Noord-kaap deur Solidariteit Helpende Hand. Die navorsingstudie is in die vorm van kwalitatiewe onderhoude sowel as kwantitatiewe vraelyste gedoen (gemengde studie). Die navorser was betrokke by die kwan-titatiewe deel van die studie, sowel as die verwerking van die data en die skryf van die verslag. In 2019, sowel as 2020 is die module Research Theory Methods and administration geneem om haar navorsingvaardighede te verbeter.
Publikasie-ervaring sluit in die Orania behoeftebepaling as medeskrywer, alhoewel Solidariteit Helpende Hand die uitgewer was.
Lize-Mari Buys holds a BA in Social work from the North Western University, Potchef-stroom. In 2018 she did research on the effect of a volunteer empowerment program on the self-esteem of the volunteers as part of her honours article. The research was conducted in the form of qualitative interviews as well as quantitative questionnaires (mixed study). The Quasi-experimental research design was used. In 2018 she completed a module, titled Social work research: Theory and practice where practical research skills were acquired. In 2019 she participated in an assessment of community needs launched in Orania, Northern Cape Province. The research study was done in the form of qualitative interviews as well as quantitative questionnaires (mixed study). The researcher was involved in the quantitative part of the study, as well as the processing of the data and the writing of the report, which was subsequently published. In 2019 as well as 2020, she registered for the module Research Theory Methods and administration in order to improve her research skills.
She was co-author of the Orania needs assessment report published by Solidarity Helping Hand.

 

 

Cornelia Wessels is medeprofessor in die Skool vir Psigososiale Gesondheid in die Vakgroep Maatskaplike Werk. Haar akademiese loopbaan strek reeds vanaf Maart 1986 (35 jaar). Haar publikasierekord sluit die volgende in: 1 hoofstuk in 'n boek en 11 navorsingsartikels. Onder haar leiding het 60 MSW-studente en 9 PhD-studente hulle grade voltooi. Sy was projek-leier van 4 navorsingsprojekte en lewer 11 voor-dragte by Internasionale Konferensies. Cornelia Wessels ontwikkel 'n MSW in Forensiese Praktyk-program aan die Noordwes-Universiteit. As programleier begin die program in 2006 en tot op hede het meer as 100 studente reeds hulle grade in die program behaal.
Cornelia Wessels is an associate professor at the School of Psychosocial Health, Subject Group Social Work. Her academic career spans from 1 March 1986 (35 years). Her publication record includes 1 chapter in a book, and 11 research publications. She has been study leader for 60 Master students and 9 PhD students. She was project leader for 4 bigger research projects. She presented 11 papers at International Conferences and 4 Poster Presentations. Cornelia Wessels developed a new programme MSW in Forensic Practice at the North-West University as programme leader. The programme started in 2006 and up to date more than 100 students have successfully graduated in the programme.

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons