SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.62 número1 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Tydskr. geesteswet. vol.62 no.1 Pretoria Mar. 2022

http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2022/v62n1a17 

GEDIGTE

 

 

Protesaksie

Ons versper paaie met vuur van bande wat brand,

honger krygdans ons skynbaar sonder 'n verband

met die dowes en blindes in luukse ivoortorings.

Saans in krotte is ons steeds honger in ons land.

Klimaatsverandering

Hitte laat my in 'n warm warrelwind draai.

Kouevuur bekruip my van die voete af:

dan sal ek tussen sterrestelsels skoppelmaai;

dit is 'n warm plek waar daar koel winde waai.

Sirkel van geweld

Ek doen wat ek wil as die ewewig na my toe swaai,

slaan jy terug sal ek jou met groter bomkrag afmaai.

Intussen draai die haat in 'n geslote sirkel voort.

Elke kop is te geswolle om die ander wang te draai.

Beurtkrag

Om met kerse te leef is geen probleem vir my,

in twaalf skooljare op die plaas was dit die lig.

Kenners meen daar wag 'n donker afgrond sonder 'n groen teen-wig,

kerse is geen troos terwyl ons langsaam afgly.

Geheueverlies

Sy het na jare lange jaarringe

'n onhelder wolk op haar brein gekry;

toe speel sy klavier met klinkende klanke en skielik flits

helder heuglike herinneringe.

Armes

By hul lewe in leegtes stof en modder leer ons van armes

dat met die strooi van deeglike stikstof van liefde en deernis

in die vlei se glibberige modder, gaan die wit vleilelie

oop in 'n glimlag en verbind ons met medemenslike gom.

'Armes' word gepubliseer met toestemming van LitNet www.litnet.co.za

Hennie Pleterse

E-pos: pietehjc@absamail.co.za

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons