SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.62 número1A philosophical discussion on death and the meaning of lifeThe problem of historical guilt in South Africa índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Tydskr. geesteswet. vol.62 no.1 Pretoria Mar. 2022

http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2022/v62n1a3 

RESEARCH AND REVIEW ARTICLES

 

Wat van plekke, rolle en ampte? Want die reg gaan oor meer as individuele regte

 

What about places, roles and offices? Because the law is about more than individual rights

 

 

Koos Malan

Departement Publiekreg, Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika. E-pos: koos.malan@up.ac.za

 

 


OPSOMMING

Individuele regte, meer bepaald die denkbeeld van abstrakte, gelyke, universele, subjektiewe menseregte oorheers tans die regsdiskoers en -praktyk. Dit is egter van onlangse oorsprong, want hierdie denkbeeld het eers gedurende die rewolusionêre tydvak in die laaste kwart van die agtiende eeu sterk op die voorgrond getree en toe ná die Tweede Wêreldoorlog beslissend geseëvier.
In hierdie bespreking word die opkoms van die individu eers nagegaan en daarna dié van individuele regte. Dit word gedoen met verwysing na die Klassieke Griekse denke, die klassieke Romeinse reg en die daaropvolgende Middeleeuse tradisie tot by die Vroeg-Moderne tydvak. In plaas daarvan dat die individu met (individuele) regte in 'n potensieel of daadwerklike verhouding van spanning met ander individue met soortgelyke (botsende) individuele regte as die wesenlike eienskap van die reg beskou is, is die reg eerder kosmies beskou, dit wil sê, as 'n objektiewe regsgeheel waarbinne mense uiteenlopende toegewese rolle vertolk het.
By die beantwoording van die vraag of ons enigsins baat te vind het by hierdie pre-moderne beskouings is die uitgangspunt, in navolging van Danie Goosen, dat ons met hermeneutiese oordeel eerder as met dogmatiese drif te werk moet gaan. Daarvolgens word die uiterstes vermy om die klassieke denkbeelde óf heeltemal (progressiwisties) te verwerp óf dit reaksionêr op ons huidige werklikheid te probeer oorplant.
Teen hierdie agtergrond word hier geredeneer dat die volgende ses denkbeelde wat verder in Deel 4 uitgepluis word, náás individuele regte 'n belangrike bydrae te lewer het tot 'n meer omvattende, realistiese en harmoniese begrip van wat die reg behoort te behels. Die denkbeelde is plek, rol, amp, hoedanigheid, verantwoordelikheid en roeping.

Trefwoorde: abstrakte individuele regte; Christendom; Griekse tradisie; denkbeelde; Romeinse reg; opvatting; juriste; reg in die objektiewe sin; reg in die subjektiewe sin; Plato; Aristoteles; Hobbes; nominalisme; Willem van Ockham; die denkbeelde van plek, rol, amp, hoedanigheid, verantwoor-delikheid en roeping


ABSTRACT

The notion of subjective individual human rights is presently occupying a dominant position in legal thinking and practice. Hence, people's position within the legal order is almost exclusively conceptualised in terms of individual human rights - abstract, equal, universal subjective individual human rights - to put the concept in true perspective. Nothing, so it is believed, needs to be added to that.
In our day, moreover, human rights assume the character of a redeeming gospel, guaranteeing justice comprehensively and serving as a panacea for all the challenges humanity might be facing. Whenever a new ill arises a new human right will surface providing the required cure.
However, the dominance of human rights is no natural given. Its present dominance is also of fairly recent origin. It is associated with a distinctive individualist ideology that emerged only since early modernity. It made tumultuous strides during the revolutionary era in the last quarter of the eighteenth century and finally triumphed only after World War II.
Given the tremendous upsurge of subjective individual rights, conceptualisation of law in its objective guise as a holistic system has largely been neglected. This is unfortunate, since it has caused a distorted and impoverished view of what law - and a legal order - on closer analysis should signify.
The last part of the discussion (Part 4) precisely seeks to offer suggestions as to what law viewed from an objective vantage point should signify.
To reach that point, an historical overview of the emergence of the concept of the individual is first given in part 2, followed in part 3 with an overview of the rise of individual rights. These two issues are closely inter-related. For clarity's sake we deal with them separately.
Focusing first on the individual (and individualism), it is shown that the "individual" of Classicism and the Middle Ages was in fact far removed from the individual of present-day individualism. Thus Louis Dumont (similar to Ernst Troeltsch, Alasdair Maclntyre, Collin Morris and various other idea historians referred to in Part 2) highlights the drastic break between the kind of individuality of early Christianity in stark contrast to contemporary individualism, explaining:
This "individual " was a sinner before God the Almighty, equal to all other individual sinners, yet "naturally" anchored in a variety of communal settings occupying designated places and fulfilling roles. The latter were not regarded as equal to all others and exercising individual rights on an equal footing with all other individuals. Only after the individualising events specifically associated with René Descartes and Thomas Hobbes, something that vaguely resembled the modern-day individual, reflecting the notion of individualism, really started emerging, culminating in the post World War II triumph of individualism.
Part 3 deals with the equally modern-day notion of subjective individual human rights. Concurrent with abstracting the notion of the individual, the idea of individual rights appears to have emerged only in the nominalism of William of Ockham and others. Before that, none of the Classical roots of our Western civilisation - Christianity, Classical Athenian philosophy, Roman law - conceived of law as a system of subjective equal human rights. On the contrary, law was viewed in the first place as a natural whole designating specific places, roles and offices to each person. Thus Michael Oakeshott explains:
Roman law with reference to numerous classical sources such as the work of Celsius and Paulus as reported in the Digest in the Justinian Code, as well as various others such as Marcus Aurelius all viewed law as an objective (cosmic) order of justice sustained by everyone fulfilling his and her (naturally) allocated, distinctive roles.
Individual rights have no doubt brought about huge strides to the betterment of human existence, but such rights also have a dark downside, having caused an inordinate degree of fragmentation, atomism and loss of a sense of civilisation.
It is suggested that our classical Western roots of civilisation may be of help not by simply transplanting them into our present-day reality but instead to regard them with hermeneutical judgment as argued by Danie Goosen. It is on the basis of this constructive relationship with our tradition, steering clear from the extremes of a reactionary retreat to classicism on the one hand as well as, on the other, a hostile rejection of anything that classicism might offer, that I embark on the discussion in Part 4.
It is argued that over and above subjective individual rights we stand to gain richly from the following six notions for elucidating our insight into how a sound legal order should be conceived. These six notions, unpacked in the last part are that of place, role, office, capacity, responsibility and calling.

Keywords: abstract subjective individual rights; Christianity; Classical Greek ideas; tradition; (Classical) Roman law; views; jurists; law in the subjective sense; law in an objective sense; Plato; Aristotle; Hobbes; Nominalism; William of Ockham; Notions of place, role, office, capacity, responsibility and calling


 

 

Actually, the old form and the new are separated by a transformation so radical and so complex that it took at least seventeen centuries of Christian history to be completed, if indeed it is not continuing in our times.

This is the 'well-ordered' polis, the polis in which not only is each man doing what his special aptitude fits him to do, but in which, also, the proper hierarchy of faculties of the soul is preserved.

 

1. Tema-uiteensetting

Die denkbeeld van individuele subjektiewe regte staan sentraal in die huidige openbare diskoers.1 Ons leef in die tydvak van regte,2 veral "menseregte" wat inderdaad die idee van ons tyd is en skynbaar universele ondersteuning geniet. Wanneer mense se posisie in die regsbestel bedink word, word dit uitsluitlik aan die hand van individuele regte gekonseptua-liseer. Mense is dus gelyke individuele reghebbendes met 'n voortdurend groeiende getal regte. Individuele regte verduidelik omvattend mense se posisie in die regsbestel. Dit put die diskoers bykans heeltemal uit. Daarnaas is daar eintlik niks aan toe te voeg nie.

Daar is weliswaar enkele strominge in die moderne natuurreg-denke, met inbegrip van die denke van 'n aantal neo-Kantiane, en meer nog neo-Thomiste, die regsfilosofie van Leon Duguit en van Lon Fuller, wat die regsbestel as meer as net 'n stel subjektiewe individuele menseregte beskou. In plaas van laasgenoemde beskou hulle die regsbestel eerder as 'n objektiewe juridiese bestel met die oog op die instandhouding van 'n omvattende samehangende geheel van geregtigheid.3 Soos sake nou staan, is hierdie beskouings egter nouliks meer as 'n rant-diskoers. Menseregte - abstrakte, universele, subjektiewe, individuele menseregte - om dit volledig te beskryf, beklee 'n oorheersende posisie in ons politieke en regsdiskoers.4 Heel dikwels word hierdie regte boonop as ingebore en onvervreembaar bestempel. Hulle is universeel, want hulle geld vir die hele mensdom - vir elke mens - wanneer en waar ook al; hulle is abstrak, want geen spesifieke mens hoef geïdentifiseer te word om te kwalifiseer vir die regte nie; almal kwalifiseer outomaties; hulle is ingebore en gevolglik onvoorwaardelik en hoef nie verwerf te word nie; hulle is onvervreembaar en mag en kan dus nie weggeneem of van afstand gedoen word nie; en hulle kom jou toe suiwer uit hoofde van die feit dat jy 'n mens is.5 Juis daarom die benaming, "menseregte."

Menseregte het in ons tyd die karakter van 'n verlossende boodskap aangeneem asof dit die waarborg bied vir 'n volledige pakket van geregtigheid en die kuur verskaf vir al die uitdagings wat die mensdom in die gesig staar. As daar 'n nuwe vraagstuk van watter aard ook al opduik, sal 'n nuwe mensereg die gewaarborgde oplossing verskaf.6

Só oorheersend het individuele menseregte geword dat dit die regsdiskoers bykans volledig monopoliseer. Dienooreenkomstig beklee individuele regte tans ook 'n veel belangriker plek in die konstitusionele en die internasionale reg as tevore,7 in der mate dat die individuele menseregte bykans aan konstitusionele reg gelykgestel word.8 Ander denkbeelde van die reg, wat naas individuele regte 'n belangrike rol in die regsdiskoers behoort te speel (die onderwerp van deel 4 hier onder), het grootliks uit die gesigsveld verdwyn en voer 'n skemerbestaan op die rante van die regsdiskoers. Terselfdertyd is die denkbeeld van verpligtinge 'n blote hulpmiddel vir (mense)regte wat oplaas eintlik slegs een bestaansrede het, naamlik om as die keersy van individuele regte te dien en dit te onderskraag, eerder as dat dit 'n outonome plek inneem. Die primêre bestaansrede vir die strukture van die huidige staat - wetgewers, uitvoerende owerhede, die regbank, die staatsdiens - is om aan individuele regte uitvoering te gee.9

Die oorheersing van individuele menseregte is egter nie 'n natuurlike gegewe nie. Dit het nie altyd hierdie dominante plek beklee nie. Die huidige oorheersing is die produk van 'n bepaalde lewensbeskouing - van 'n eiesoortige ideologie. Dit het eers gedurende die vroeë moderniteit 'n vastrapplek begin kry. Gedurende die rewolusionêre tydvak in die laaste kwart van die agtiende eeu het dit 'n groot deurbraak gemaak en ná die Tweede Wereldoorlog beslissend geseëvier.10 Sedertdien het hierdie oorwinning in die gestalte van die omvattende internasionale stelsel van menseregte voltrek. In die regskurrikulum is die fokus ook skerp op die subjektiewe regte, hetsy in die gedaante van die goed gevestigde stelsel van subjektiewe regte11 waarop ons privaatreg gebaseer is of die groeiende getal menseregte van die menseregte-diskoers.

Tot betreklik onlangs nog was die huidige denkbeeld van die individu in die betekenis van universele menseregte onbekend. Die term, "menseregte" is trouens net meer as twee eeue oud en het eers sedert die Tweede Wereldoorlog deel van die algemene openbare woordeskat geword.12

In pas hiermee het die denkbeeld "reg", met inbegrip van die denkbeeld van natuurreg primêr die objektiewe reg (law) behels en nie 'n stel van subjektiewe regte (rights) wat regsubjekte, meer bepaald individue, toegekom het nie. Die objektiewe reg, oftewel reg in die objektiewe sin, behels 'n omvattende stel norme wat geregtigheid onderhou deur aan elkeen - elke mens en elke gemeenskap - besondere erkenning te verleen met inagneming van elkeen se besondere eienskappe en posisie binne die harmoniese en goeie geheel van dinge.13

Opvattings oor moraliteit het 'n soortgelyke verloop. Vandag behels die dominante beskouing oor moraliteit die uitoefening van suiwer individuele keuses hetsy op grond van 'n sedewet waaraan mense behoort te beantwoord maar nie waartoe hulle verplig mag word nie, of eenvoudig 'n ongebreidelde soewereine keuse uitsluitlik volgens persoonlike voorkeur.

Die vraag wat die objektiewe reg behels, is intellektueel verwaarloos. Dit is nadelig want dit lei tot 'n skeefgetrekte en verarmde sienswyse van die begrip "reg", en van wat die reg, behoorlik beskou, (kan) behels. Dit is veral vanweë die buitensporige klem op subjektiewe individuele regte (meer bepaald in die huidige gedaante van universele menseregte) dat die objektiewe reg nie die aandag kry wat dit verdien nie.

Juis daarom is die kern-fokus van hierdie bespreking die objektiewe reg. Dit is waarop die bespreking in deel 4 afstuur. Ek gaan daar ses heg verbandhoudende konsepte voorstel, wat ek sal redeneer gebruik behoort te word ten einde beter begrip te verwerf van wat 'n goed-funksionerende regsbestel, bo en behalwe individuele regte, werklik behels. In teenstelling met die beskouings van die reg wat op die uitsluitlike verknogtheid aan individuele regte alle denkbeelde van die goeie uit die regsdiskoers uitweer omdat dit na bewering individuele regte sal kompromitteer, gaan ek aanvoer dat denkbeelde van die goeie aan die hand van hierdie ses konsepte juis noodsaaklik is om 'n behoorlik funksionerende regsorde in stand te hou.

Om daarby uit te kom, moet ons eers hier onder in deel 2 op die spoor van die opkoms en huidige dominansie van individuele subjektiewe menseregte loop. Ons doen dit deur eers die opkoms van die individu te behandel. Daarná, in deel 3, kyk ons na die opkoms van subjektiewe individuele (mense)regte. Die subtemas van dele 2 en 3 is nie waterdig onderskeibaar nie. Hulle impliseer mekaar en daar is dus noodwendige oorvleuelings. Vir analitiese doeleindes word hulle egter onderskei. In deel 4 kyk ons bondig na die moontlikhede wat 'n heroorwoë siening van die objektiewe reg teen die agtergrond van die wenke van klassieke en pre-moderne opvattings sowel as dit wat 'n daaglike gesonde gemeenskapslewe ons kan leer.

 

2. Individualisering

Daar was nog altyd individuele mense - empiriese subjekte wat praat, dink en wil - wat 'n mens natuurlik oral kry.14 Individualisme daarenteen - die produk van die onafhanklike, individuele en wesenlik niesosiale morele wese wat die enigste draer van waardes en regte is, is 'n moderne verskynsel.15 Abstrakte universele individuele reghebbendes van subjekte is, soos Alasdair MacIntyre sê, 'n moderne uitvindsel.16

Die vroeë voorkoms van wat met 'n onakkurate kyk na individualisme gelyk het, was inderdaad ook geen individualisme nie. So lig Louis Dumont die drastiese verskil tussen die soort van individualiteit van die vroeë Christendom en die huidige individualisme uit wanneer hy verduidelik dat die destydse individualiteit inderwaarheid geen individualisme was nie. Hy verduidelik:

Actually, the old form and the new are separated by a transformation so radical and so complex that it took at least seventeen centuries of Christian history to be completed, if indeed it is not continuing in our times.17

Die individualiteit van die destydse (Christelike) individu het 'n intieme verhouding met God behels - 'n individualiteit wat op die buitewêreldse (oftewel anderwêreldse) betrekking gehad het en juis nie op hierdie wêreld nie. Dit was 'n individualiteit waarin die "individu" van hierdie wêreld verwyder was en geen aktiewe rol in (die verandering) van hierdie wêreld gespeel het nie. Daar was 'n dualiteit met betrekking tot individualiteit waarin dit -individualiteit - met betrekking tot die verhouding tot God gegeld het, maar juis nie met betrekking tot die verhouding in hierdie wêreld nie. Dumont verduidelik dit soos volg met beroep op Ernst Troeltsch:

It follows from Christ's and Paul's teaching that the Christian is 'an-individual-in-relation-to-God.' There is... 'absolute individualism and absolute universalism' in relation to God. The individual soul receives eternal value from its filial relationship to God, in which relationship is also grounded human fellowship: Christians meet in Christ, whose members they are. The tremendous affirmation takes place on a level that transcends the world of man and social institutions, although these are also from God. The infinite worth of the individual is at the same time the disparagement, the negation in terms of value of the world as it is: dualism is posited, a tension is established that is constitutive of Christianity and will endure throughout history.18

In ons - die Westerse - kultuur herlei die vroegste tekens van die "ontdekking" van die individu terug na die tydperk vanaf 1050 tot 1200.19 Hier het ons egter nog geen teken van individualisme as sodanig nie. Hierdie vroeë individu waaroor Collin Morris dit gehad het, was egter steeds wêrelde verwyderd van die abstrakte universele individu, gelyk aan alle ander individue en beklee met abstrakte universele regte van vandag. Hierdie vroeë individu was nog grootliks 'n verskynsel beperk tot die godsdienstige en kulturele terreine.

Voorts was "individue" vir sover die term individu hoegenaamd toepaslik is, mense met bepaalde vaste rolle, plekke, hoedanighede en ampte binne groter geheel-verbande soos die familie, of die stam, polis, die plaaslike gemeenskap, die kerk of dergelike ander partikuliere gemeenskapsverbande.20 Hierdie "individu" was 'n sondige mens in nederige onderdanigheid aan die Almagtige God en deelnemend saam met ander sondaars aan die liggaam van God; as't ware nie gelyke mense nie maar eerder gelyke afhanklike siele.21 Hierdie individue was ingebind in 'n hegte en die eintlike gemeenskap, naamlik die kerk. Daar was 'n liturgiese gemeenskap van seremonies waarin elke gelowige Christen sy/haar toegewese rol vervul het.22

Bowendien was daar ook die siening dat nie almal siele gehad het nie, aangesien geredeneer is dat dit slegs bekeerde Christene beskore was synde lede van die gemeenskap van God - die populus Dei.23Die pouslike rewolusie van die laat elfde eeu waarin die monargale regeringstruktuur van die Rooms Katolieke Kerk, 'n bepaalde konstitusionele onafhanklikheid van die wêreldlike gesag van die ryk (met sy talle onderafdelings), verwerf het, het terselfdertyd religieuse individualisering as't ware sigbaar beliggaam. Die kerk het by uitnemendheid die gemeenskap van individuele siele onder die gesag van die kerklike strukture, meer bepaald van die pous, geword.24

Gedurende dieselfde tydperk het individualiteit op die innerlike terrein sy verskyning gemaak. Dit was ook religieus, aangesien verskerpte selfkennis juis moes help om die weg na God te vind - selfkennis oor sondigheid wat gepaard gaan met persoonlike skuld en boetedoening, deurlopende skuldbelydenis en selfverwyt.25

Ook ander sye van hierdie soort inwaartse individualisering het stil-stil gedurende die Hoogmiddeleeue en daarna ontstaan: die ontdekking van die intimiteit van romantiese liefde - 'n soort liefde wat egter by uitstek diens aan die geliefde behels het.26 Hierdie tydperk sien ook die verskyning van die outobiografie (wat nouliks in die Klassieke bekend was), die selfportret en die besing van persoonlike vriendskap, danksy 'n gemeenskaplike gemoed (common mind) voortspruitend uit 'n gemeenskaplike deelname in die liefde van Christus.27In die skryfkuns was daar ook ontwikkelings wat in die rigting van groeiende individualisme geneig het.28

Die na vore tree van die individu het nie by die innerlikheid gebly nie. Inteendeel, dit het die grondslag gelê vir openbare betuiging, wat ook op die gebied van die politiek en die reg 'n uitwerking sou hê. Literatuur het spoedig, vanaf die laat twaalfde eeu ook na die herlewing van die satire uitgebrei. Dit is aangewend as 'n middel vir die uitspreek van kritiek teen teenstanders en die georganiseerde kerk.29

Op die gebied van die reg het individualiteit ook in fokus begin kom. In die kanonieke reg wat op die Corpus Iuris Civilis gebaseer was, het individuele wil in die vorm van wedersydse individuele toestemming (sonder formaliteite) die grondslag vir kontraktuele gebondenheid geword.30 Op die gebied van die strafreg het 'n soortgelyke ontwikkeling sig voltrek. Eerder as dat blote strafbare handeling (actus reus) die grondslag van strafregtelike aanspreeklikheid gebly het, het die individuele verwytbare wil in die vorm van skuld (opset en nalatigheid -dolus of culpa, oftewel mens rea) die grondslag daarvoor geword.31 Individuele wilsbetuiging het ook toenemend die grondslag vir die erfreg geword.32 Individuele wil het ook die grondslag vir die huweliksreg begin word.

Reeds is verduidelik dat die Christelike teologie met sy klem op persoonlike saligmaking individueel was. Benewens hierdie persoonlike individuele belewenis, was sonde toenemend 'n saak van die individuele gewete, iets wat nie op sigself strafbaar was nie (tensy dit natuurlik terselfdertyd ook 'n misdaad was). Mistiese teologieë waarin 'n intieme persoonlike belewenis, vereenselwiging met, en die verhouding met God sentraal gestaan het, het gedurende die dertiende en die veertiende eeue sterk op die voorgrond getree33 en verdere stukrag hieraan verleen.

Die nominalisme van die veertiende eeu verteenwoordig, soos ek hier onder in deel 3 gaan verduidelik, 'n kritieke fase in die oorgang na die voorkeursiening van die reg as 'n stel subjektiewe regte in plaas van primêr objektiewe norme van geregtigheid. Willem van Ockham het homself opgestel teen die metafisika van Thomas van Aquinas. Sy nominalisme (onder andere in pas met die Franciskaanse opvattings van daardie tyd) het 'n uitwerking gehad op 'n drieledigheid van beskouings, naamlik oor God, politieke gesag en die individu. Die gemeenskaplike faktor op al drie terreine is die idee van vrywillende soewereiniteit.34 In plaas van Thomas se rasionele God binne 'n omvattende harmoniese kosmos, word God in die nominalisme nou 'n volkome soewereine God.35 In ooreenstemming met die vry en soewereine God word mense kragtens die sienswyse van die nominalisme ook vrywillende (en gelyke) individue. Siedentop verduidelik:

Human freedom and God's freedom were becoming mutually reinforcing characteristics. That is why contingency and choice, rather than eternal ideas and a priori knowledge, loom so large in his thinking.36

Louis Dumont wat Willem van Ockhan as die "herald of the modern turn of mind" beskryf,37vat Willem se denke raak saam. Volgens Willem bestaan daar uitsluitlik wat genoem word, "primêre substansies," oftewel individuele dinge. In die menslike werklikheid is daar gevolglik slegs individue. Alle ander dinge wat kragtens 'n kommunitêre uitgangspunt ook as daadwerklik bestaande dinge beskou sal kan word (gemeenskappe), is blote (denkbeeldige) afgeleides. Die terme wat ons gebruik om hierdie afgeleides te beskryf, is niks meer as name nie - inhoudlose simbole. Dit is nie beskrywings vir dinge wat daadwerklik bestaan nie. Gevolglik bestaan daar ook nie werklik gehele nie. Daar is slegs individue met individuele wille, naamlik individuele mense, individuele vorste en God. Dienooreenkomstig is regulerende strukture soos die reg en moraliteit nie iets wat van buite 'n individuele persoon kom nie. Reg en moraliteit kan nie 'n buite-individuele oorsprong hê en van buite afgedwing word nie eenvoudig omdat daar geen entiteit bestaan wat sodanige moraliteit kan verorden nie. Dit kan slegs van die individu self kom.38

Die nominalisme kondig die verwydering of abstrahering van die individu uit die omvattende kosmiese stelsel aan. Volgens die kosmiese stelsel is daar nie soseer individue nie, maar passende elemente in die harmoniese geheel. Daarenteen ruim die nominalistiese oortuiging plek vir die vrye individuele persoon in. Die vrye individu is bepalend vir 'n nuwe morele en regsfilosofie. Daarvolgens moet die integriteit van die vrye individuele gewete erken en beskerm word.39 Mense kan nie tot goeie dade verplig word nie. As jy slegs onder verpligting iets goeds doen, is dit nie werklik goed nie. Morele goedheid (en boosheid) kan slegs spruit uit vrye individuele besluitneming. Daarom word individuele keusevryheid beskou as die voorwaarde vir morele teenoor immorele optrede. Mense is per slot van sake alleen in staat tot prysenswaardige, teenoor verwytbare optrede as die optrede voortspruit uit vrygewilde individuele besluite eerder as voorafbepaalde rolvertolking in 'n universele geheel.

Die nominalisme het ook opvattings oor natuurlike menslike gelykheid aangewakker. In plaas van die natuurlike ongelykheid van uiteenlopende mense binne 'n groter geheel, word vrye individue nou meer as tevore gelyk voor God.40 Die Christelike gelykheidsidee was weliswaar reeds vir 'n millennium die teenhanger van die klassieke ongelykheidsoortuiging. By Willem van Ockham kry die idee van gelyke vrye individue nuwe stukrag. Nou egter is dit natuurlik nie meer net tot die teologiese terrein - die verhouding van gelyke sondaars voor God - beperk nie. Nou is dit gereed om in die sosiale en politieke wêreld beslag te kry.

Drie groot wedersyds ondersteunende kragte gedurende die sestiende en sewentiende eeue het saamgewerk om 'n ingrypende omwenteling na individu-sentralisering te bewerkstellig: die wetenskaplike en filosofiese rewolusie, die Kerkhervorming en die sentralisering van politieke gesag in die opkomende soewereine territoriale staat.41

Die wetenskaplike rewolusie, met die enorme kennisspronge wat dit teweeg gebring het, het die tradisionele begrip van die werklikheid ingrypend verander. Die grondslag van hierdie nuwe begrip en die wyse van verdere kennisuitbreiding was 'n sinmakende intellektuele aktiwiteit wat suiwer van die soewereine menslike verstand, oftewel die rasionalisme, uitgegaan het, wat ons veral met René Descartes vereenselwig. Descartes se beroemde stelling "Ek dink daarom is ek" is, soos wat Richard Tarnas, dié groot historikus van die Westerse intellektuele geskiedenis verduidelik, die "[e]pochal defining statement of the modern self."42 Hierdie mens, hierdie self, wat vanweë individualisering die "ek" kon wees wat uit die "ons" geabstraheer is en die soewereine subjek geword het, en wat die nuwe wetenskap moontlik gemaak het.

Die Kerkhervorming het die eertydse rykskerklike wêreldgeheel (die Republica Christiana) van Wes-Europa43 tot 'n einde gebring. Die godsdiensoorloë wat op dié skeuring gevolg het, het die eeuelange sigbare algemene gemeenskap van die kerk beëindig. Dit het tot verbrokkeling en individualisering in die Christendom gelei, namate hierdie godsdiens 'n persoonlike, regstreekse verhouding tussen die gelowige individu en God (sonder die tussenliggende gesag van die kerk) geword het.44 Tarnas sê die Hervorming was:

a new and decisive assertion of rebellious individualism - of personal conscience, of "Christian liberty," of critical private judgment against the monolithic authority of the institutional Church [...] on another level the Reformation's revolutionary declaration of personal autonomy served as a continuation of the Renaissance impulse - and was thus an intrinsic [...] element of the overall Renaissance phenomenon.45

Mettertyd het die Reformasie gelei tot die sekularisering van godsdiens - tot elke individu se eie individuele godsdiens soos wat dit hom of haar pas. Gevolglik het individue in plaas van die bemiddelende georganiseerde kerklike instellings toenemend besluit wat vir hulle van betekenis is. Om Tarnas weer aan die woord te stel:

The self increasingly became the measure of things. Truth increasingly became truth-as-experienced-by-the-self. Thus the road opened by Luther would move through to Pietism and Kantian critical philosophy and Romantic philosophical idealism to, finally, the philosophical pragmatism and existentialism of the late modern era.46

Die skeuring in die kerk is regstreeks verbind met die derde groot krag in die rigting van individualisme in hierdie tydperk, naamlik die opkoms en uiteindelike vestiging van die soewereine territoriale staat. Die opkoms van die staat het oor 'n lang tyd gekom, namate kleiner, half-outonome politieke eenhede - feodale eenhede, klein prinsdomme, en republieke en stede - gesag aan die opkomende soewereine territoriale state onder toenemend magtige vorste prysgegee het.47 Engeland en Frankryk was die voorlopers in die opkoms van die soewereine territoriale staat.

Vanweë die onheelbare skisma in die kerk en die daaropvolgende godsdiensoorloë was dit beswaarlik moontlik dat 'n politieke eenheid steeds 'n duidelike religieuse karakter kon hê. Daarvoor was die denominasieverskille net te diep. Politieke eenhede kon derhalwe slegs individuele onderdane hê ongeag hierdie individue se godsdienstige oortuigings en lojaliteite. Die opkomende state het derhalwe nie meer gemeenskappe naas individuele persone gehuisves nie, maar uitsluitlik individue, met individuele regte op godsdiensvryheid - op die keper beskou, die eerste individuele mensereg.48Dit kom sterk op die voorgrond in die denke van Michel de l'Hôpital en Jean Bodin in Frankryk, en is deur William Berkeley en natuurlik deur Thomas Hobbes en John Locke in Engeland, geartikuleer.49

'n Mens kan die individualiserende gebeure van hierdie tyd in drie figure saamvat: René Descartes, Martin Luther en Thomas Hobbes. Descartes, wat die rasionalistiese aktief-denkende individu teenoor alles - die uitgebreidheid - onafhanklik en intellektueel oorheersend daarteenoor, in beheer geplaas het; Luther, wat die bemiddelende gesagstruktuur van die kerk tussen God en die mens verwyder het en die gelowige individu in regstreekse verhouding met die soewerein Almagtige God geplaas het; En Hobbes, wat geen daadwerklike menslike gemeenskappe meer gesien het nie, maar alleen wedersyds vyandige gelyke individue in voortdurende oorlog teen mekaar (bellum omnia contra omnes) wat die noodsaak vir die staat - die Leviatan oftewel sterflike God - oproep, wat die vrede tussen die vegtende individue moet bewaar. John Locke het Hobbes as't ware gekonstitusionaliseer, onder andere met die verklaring van die onvervreembare individuele regte op lewe, liggaam en eiendom, waaraan die vors gebonde gehou is.

Die ontwikkeling van individualisme het nie hier opgehou nie. In die morele filosofie het dit in die sienswyse van Emmanuel Kant teen die laat agtiende eeu 'n hoogtepunt bereik en in die werk van talle eksponente van die eietydse liberalisme, waarvan John Rawls seker die belangrikste is, voortgesit.50

Die implikasies van die individualisme en die soewereine individu is gedurende die rewolusionêre tydperk (die Amerikaanse en veral die Franse rewolusies) in die laaste kwart van die agtiende eeu verder voltrek, terwyl die abstrakte universele individu met algemene menseregte finaal ná die Tweede Wereldoorlog geseëvier het. Te midde van die Franse en Amerikaanse rewolusies het die denkbeeld van abstrakte, gelyke individue, wat reeds prominent in die brute individualisme van figure soos Hobbes teenwoordig was, saad gedra in die onvervreembare ingebore individuele subjektiewe menseregte wat in plegtige handveste van regte vervat was. Die fokus van die latere voltrekking van die individualisme speel ten minste vir die doel van hierdie bespreking op die gebied van die regsdenke en -praktyk af. Daarom word in deel 3 daaraan aandag gegee.

Die oorwinning van die individualisme gepaard met subjektiewe menseregte se monopolisering van die regsdiskoers en -praktyk gaan hand aan hand met die omwenteling van sienswyses van menslike groeperings, naamlik dié van universitas teenoor societas.51Binne die raamwerk van die abstrakte universele individu met gelyke menseregte behoort niemand aan 'n bepaalde gemeenskap waarin hy/sy kragtens 'n kosmiese of gemeenskapsorde bepaalde plekke inneem, rolle vervul of in bepaalde hoedanighede staan nie.

Die universitas behels die klassieke beskouing van 'n natuurlike gemeenskap. Mense as sosiale wesens word daarin gebore; hulle behoort daaraan en saam met ander deelgenote van daardie gemeenskap vervul hulle hul rolle daarin. Dit is die soort sosiale ordening waarin die reg as objektiewe reg geld soos wat dit in die klassieke natuurreg waarna ons hier onder gaan verwys, tot uitdrukking gekom het. Universitas vind neerslag in die familie, die stam, die polis, die kultuurgemeenskap en dergelike natuurlike gemeenskappe.

Daarenteen is daar die moderne idee van societas. Daarin het ons te doen met individue wat wesenlik nie sosiale wesens is nie, maar vrywillende plek-ongebonde individue. Hulle behoort nie aan gemeenskappe nie. Hulle kan weliswaar as individue met mekaar assosieer. Dit gebeur egter op grond van individuele besluite. Sodanige assosiasie en disassosiasie geskied wesenlik by wyse van kontrak. Die opper-societas wat deur hierdie soort individue gevorm word - waarin hierdie individue in-kontrakteer - is die moderne liberale staat, wat juis die (natuurlike) vorme van universitas vyandig gesind is en dikwels vernietigend daarop inwerk.52Individue kontrakteer nie vanweë enige substantiewe gemeenskaplikheid om die staat te vorm nie. Nee, hulle is juis bloot enige arbitrêre aantal mense - any number of men53 of "an aggregate of persons"54 - wat uitsluitlik ter wille van individuele belang kontrakteer om die staat te vorm. Dit word 'n sosiale kontrak genoem, maar ten slotte is dit juis nie 'n sosiale kontrak nie. Dit is eerder 'n asosiale kontrak, want hulle kontrakteer nie as sosiale wesens op grond van gedeelde eienskappe en belange nie, maar juis uitsluitlik ter wille van individuele belange.

 

3. Die reg as subjektiewe individuele regte - en universele abstrakte menseregte

Individuele subjektiewe regte en abstrakte universele menseregte sonder individue is uiteraard onbestaanbaar. Daarom stel die pas behandelde oorsig in die opkoms van die individu en individualisme ons nou in staat om die verrysing van die denkbeeld van subjektiewe individuele regte na te gaan.

Vir die moderne gemoed is dit bykans onmoontlik om 'n regsorde voor te stel sonder dat subjektiewe individuele regte die primêre plek daarin inneem. Eietydse subjektiewe regte soos wat dit veral tot uitdrukking kom in die denkbeeld van menseregte,55 beskou die reg as wesenlik 'n stel subjektiewe regte wat in individue setel, wat individue met afdwingende individuele mag - potestas - toerus om hulle regsgelegitimeerde wille op ander af te dwing of ten minste te laat respekteer.

Nogtans is die denkbeeld van subjektiewe regte net soos die individu (en individualisme) 'n betreklik moderne verskynsel en dus iets wat beswaarlik in pre-moderne regsopvattings bekend was. Dieselfde geld vir die denkbeeld van menseregte, wat van nog meer onlangse oorsprong as die breër konsep van individuele subjektiewe regte is. Die denkbeeld van universele menseregte - onvervreembare gelyke universele menseregte - wat alle mense gelyk toekom bloot op grond daarvan dat hulle individuele mense is, het eers teen die middel van die twintigste eeu finaal beslag gekry.

Dieselfde geld vir reg se aangrensende denkbeeld, naamlik moraliteit. Moraliteit, net soos reg, was 'n objektiewe orde van reg en verkeerd - nie iets waaroor individue soewerein kon besluit nie.

In die lig van die vereenselwiging van individuele subjektiewe regte met die individu, is dit begryplik dat individuele regte eers 'n vastrapplek kon kry toe die individu op die voorgrond getree het en dat dit eers finaal kon seëvier toe individualisme die dominante lewensbeskouing geword het. Daar heers egter nie eenstemmigheid oor wanneer die subjektiewe regte werklik vir die eerste maal op die voorgrond getree het nie. Brian Tierney stel homself in sy studies oor hierdie onderwerp teen die befaamde Franse regshistorikus, Michel Villey op. Villey en talle ander, waarna ook hier onder verwys word, soos Louis Dumont en Leo Strauss voer die ontstaan van subjektiewe regte (en 'n subjektiewe moraliteit) terug na die nominalisme van Willem van Ockham gedurende die eerste deel van die veertiende eeu, terwyl etlike ander aanvoer dat subjektiewe regte eers later, naamlik in die tweede helfte van die sewentiende eeu in die opvattings van Thomas Hobbes en John Locke op die voorgrond tree.56 Ofskoon Tierney breedvoerige getuienis verskaf om aan te toon dat spore van subjektiewe individuele regte reeds lank voor Willem van Ockham hulle verskyning gemaak het, gee hy nogtans heel veelseggend toe dat die denkbeeld van subjektiewe (individuele) regte ver van die klassieke gemoed verwyder was en dat die Romeinse juriste nie die juridiese orde as wesenlik 'n struktuur van subjektiewe individuele regte beskou het nie.57

Daar is 'n diepgaande verskil tussen die klassieke en moderne opvattings oor die reg (en moraliteit). Klassieke beskouings oor die reg met inbegrip van beskouings oor die natuurreg is nie met subjektiewe individuele regte en met universele individuele regte vereenselwig nie.58 Inteendeel, die reg is objektief beskou. Reg (law) is met die denkbeeld van geregtigheid soos vervat in die Griekse idees van dikaion en dike verbind59 en ius was die objektiewe reg; nie subjektiewe regte wat individue in die gedaante van individuele regte toegekom het nie. Geregtigheid was 'n objektiewe deugdelike stand van sake. Die kosmos was onder regsbeheer, dit wil sê, beheer deur 'n logos (natuurlike rede) wat orde, harmonie en sin verseker het. Die beskouing was dat daar 'n natuurlike menslike toestand was soos wat dit tot uitdrukking gekom het in die uiteenlopende leefwyses van verskillende gemeenskappe en in die objektiewe reg geanker was, gekenmerk deur 'n ewewig van regte (korrekte) hiërargiese verhoudings tussen ongelyke mense elkeen met 'n besondere rol en eie status. Dienooreenkomstig was die klassieke filosofie, Bybels-geïnspireerde beskouings en Middeleeuse beskouings soos wat dit by uitstek by Thomas van Aquinas tot uitdrukking kom, primêr gemoeid met harmoniese strukture en verhoudings, onderlinge samehang binne 'n harmoniese geheel, met die regte en gepaste verhoudings tussen ongelyk geposisioneerde mense.60 Hierdie konsepte is vereenselwig met 'n bedeling van geregtigheid, waarin die samehang van die geheel in stand gehou is deur die paslike rolvervulling van die dele - individue, groepe, gemeenskappe en instellings.

In die voor-klassieke en klassieke Griekse tradisie was daar beswaarlik 'n spoor van subjektiewe regte te bespeur en gevolglik ook nie van natuurlike individuele menseregte nie.

Dienooreenkomstig merk Alasdair MacIntyre soos volg op met betrekking tot die aard van die soort gemeenskap wat deur Homeros beskryf is soos wat dit ook in die Griekse tragedies tot uitdrukking gekom het: Every individual has a given role and status within a well-defined and highly determinate system of roles and statuses. The key structures are those of kinship and of the household. In such a society a man knows who he is by knowing his role in these structures; and in knowing this he knows also what he owes and what is owed to him by the occupant of every other role and status.61

Die soort geregtigheid waaroor Plato dit het in Republiek, wat juis die subtitel "Oor gereg-tigheid" gedra het, het geen plek gehad vir subjektiewe (natuurlike) regte van die individu nie - nie in die private sin nie en ook nie in sy sienswyse van die regverdige politieke orde nie.

Geregtigheid was die rede vir en doel van die polis-lewe. Geregtigheid het as't ware die polis gemaak; dit was die vroedvrou van die polis. Geregtigheid het behels dat elkeen sy besondere plek moes vind en elkeen ooreenkomstig sy aard ten beste moes optree. Michael Oakeshott verduidelik:

It is the beginning of justice for each human being to exercise his predominant faculty (whatever it is) and behave in the manner it demands. 'Every man ought, in accordance with his particular nature to do the one work for which he has a particular aptitude'.62

'n Persoon word volgens Plato onregverdig behandel, of tree self onregverdig op wanneer hy of sy die geleentheid misgun word of weier om sy/haar besondere vermoë ywerig te verwesenlik. Hy kan deur onderwys poog om sy oorheersende talent te verwesenlik maar oplaas behoort hy hom by daardie talent te berus en dit ten beste te beoefen. As 'n persoon dit nie doen nie, pleeg hy 'n onreg teenoor homself.63 Dienooreenkomstig behels die eerste norm van geregtigheid dat elkeen trou aan homself moet wees - trou moet wees aan dit waarvoor hy/sy in die wieg gelê is - en as sodanig sy of haar rol in die (hiërargiese) geheel van dinge (moet) vertolk.64

Wanneer dit gebeur, is daar ook geregtigheid in holistiese verband (die verband van die geheel). In die klassieke Griekse denkwêreld is hierdie geheel die polis. 'n Polis sal geregtigheid adem wanneer diegene wie se primêre talent dit is om dapper te wees en die polis te verdedig die geleentheid sal hê om juis dit te doen; en dat diegene wie se eerste talent dit is om vir die noodsaaklike behoeftes van die polis te verbou, juis weer in die posisie sal wees om dit te doen; en dié wie se talent rasionale optrede in belang van die geheel behels, juis weer die regeer-funksie sal vervul.

This is the 'well-ordered' polis, the polis in which not only is each man doing what his special aptitude fits him to do, but in which, also, the proper hierarchy of faculties of the soul is preserved.65

Ongeregtig, daarenteen, is die bestel wat die rolspel en die hiërargie van talente misken. Dit is 'n onreg teenoor die bepaalde persone en mis terselfdertyd die wesensdoel van die konstitusionele orde - die polis - naamlik om juis geregtigheid te bemiddel en te beliggaam.

Hierdie sienswyse oor moraliteit en reg het deur die Klassieke stand gehou. MacIntyre behandel Aristoteles se sienswyses as by uitstek verteenwoordigend van die klassiek Griekse opvattings. Reg en moraliteit staan nie afgesonder van die daadwerklike maatskaplike (en biologiese) realiteite nie. Inteendeel, dit word juis daarvan afgelei; dit spreek daaruit. MacIntyre verduidelik:

For according to that tradition to be a man is to fill a set of roles each of which has its own point and purpose: member of a family, citizen, soldier, philosopher, servant of God.66

By Aristoteles, soos hy dit in sy Nicomachiese Etiek sowel as in Politeia uiteensit, word geregtigheid eweneens nie vereenselwig met 'n stel individuele subjektiewe regte nie. Geregtigheid behels vir Aristoteles primêr 'n norm naamlik om gematig op te tree; om die goue middeweg tussen uiterstes te bewandel; om aan elkeen te laat toekom waarop hy geregtig is - nie meer of minder as dit nie.67

Ofskoon daar uiteraard onderlinge verskille voorkom tussen Plato, Aristoteles en Thomas van Aquinas (wat Aristoteles se filosofie met die Christelike evangelie geharmonieer het), deel hulle ten slotte dieselfde fundamenteel klassieke uitgangspunt oor die aard van moraliteit en die (natuur)reg. MacIntyre verduidelik:

The presupposition that all three share is that there exists a cosmic order which dictates the place of each virtue in a total harmonious scheme of human life. Truth in the moral sphere consists in the conformity of moral judgment to the order of this scheme.68

Ofskoon die Romeinse juriste (om aan Tierney 'n toegewing te maak) sekerlik 'n vaag-geïmpliseerde opvatting van subjektiewe regte gehad het,69 het hulle met die reg wesenlik as reg in die objektiewe sin omgegaan. Dit kom veral tot uitdrukking aan die begin van die Digesta (deel van die Corpus Iuris Civilis), waar dit gaan oor die wese van die reg. Dienooreenkomstig word Ulpianus in D1.1 soos volg aangehaal waar hy verduidelik waarvan die begrip reg (ius) afgelei is:

Its derivation is from justitia. For in terms of Celsus' elegant definition, the law is the art of goodness and fairness. Of that art we (jurists) are deservedly called the priests. For we cultivate the virtue ofjustice and claim awareness of what is good and fair, discriminating between fair and unfair, distinguishing lawful from unlawful, aiming to make men good not through fear of penalties but also indeed under allurement of rewards, and affecting a philosophy which, if I am not deceived, is genuine, not a sham.70

Op sy beurt verduidelik 'n ander klassieke Romeinse juris, Paulus, met betrekking tot die betekenis van die reg, meer bepaald die natuurreg soos in Digesta 1.1.11 gerapporteer, dat dit oor goedheid en billikheid gaan. Paulus verduidelik:

The term "law" is used in several senses: in one sense, when law (jus) is used as meaning what is always fair and good, it is natural law (jus naturale).71

Paulus gaan dan voort om die betekenis van burgerlike reg (jus civile) en jus honorarium te verduidelik. In hierdie omskrywings is reg en natuurreg klaarblyklik as objektiewe geregtigheid aanwesig en nie as subjektiewe individuele regte nie.

Die Romeinse (privaat)reg was gevolglik ook nie 'n stelsel van algemene abstrakte subjektiewe regte nie; dit was 'n uiteenlopende verskeidenheid van besondere regsmiddels (remedies) - actiones, interdicta, exceptiones en dergelike ander - vir besondere situasies en dikwels slegs vir spesifieke persone, wie se regstatusse verskillend en ongelyk was.72 Vir sover daar iets met die strekking van regte was, wat aan die huidige subjektiewe regte herinner, was hulle konkreet en spesifiek eerder as algemeen en abstrak-universeel en is hulle ook met besondere persone van besondere status, posisie en omstandighede vereenselwig.73

Die oorwegende standpunt oor die ontstaanstydvak van subjektiewe regte - reg(te) in 'n subjektiewe sin, waar regte individue toekom - behels dat dit eers met die nominalisme van Willem van Ockham in die eerste deel van die veertiende eeu op die voorgrond tree - toe bowendien ook slegs binne die beperkte verband van die filosofie en 'n klein kring van teoretiese denkers en nie as 'n openbare politieke stroming nie. Daarvoor - vir subjektiewe regte as 'n polities betekenisvolle stroming - moes nog ten minste drie eeue tot in die tweede helfte van die sewentiende eeu verloop. Toe eers, het subjektiewe regte by Thomas Hobbes en meer bepaald by John Locke te midde van die onstuimige Engelse politieke-konstitusionele stryd in die praktiese politiek en konstitusionele praktyk hulle verskyning gemaak.

As ons egter 'n toegewing moet maak dat subjektiewe regte tog al voor Willem van Ockham verskyn het, kan ons sê dat die vroegste aanduidings daarvan moontlik vaagweg in die werk van die Glossatore gedurende die twaalfde eeu teenwoordig was.74 Veral kanonieke juriste het hulself sedert die nuwe belangstelling in die Corpus Iuris Civilis in die twaalfde eeu vir 200 jaar besig gehou met wat by nabaat geblyk het tekens te gewees het van iets wat op 'n omskakeling van die natuurreg van 'n stelsel van objektiewe geregtigheid, na 'n nuwe klem op subjektiewe regte kon uitloop.

Dit was egter inderdaad eers in die nominalistiese filosofie van Willem van Ockham (en Jean Gerson) wat dit werklik 'n teoretiese faktor geword het. Willem het 'n regsrewolusie op grond van 'n semantiese strategie teweeggebring toe hy reg, wat altyd beskou is as 'n objektiewe stelsel van geregtigheid met 'n nuwe subjektiewe vertolking vervang het, naamlik van reg as 'n stel subjektiewe regte wat mense in hulle individuele hoedanigheid toegekom het.75 Die nominalistiese morele filosofie vind neerslag in nuwe regsopvattings en lê die grondslag vir individuele regte. By Willem van Ockham kry hierdie omskakeling nou die betekenis van individuele regte, meer bepaald ingebore regte,76 wat natuurlik in latere eeue (meer bepaald aan die einde van die agtiende eeu) as onvervreembare individuele regte getipeer word. So verklaar Andrew Vincent:

The nominalist attack on universals and metaphysics is seen as working parallel with similar changes in moral and political life, thus forming a key background to the more modern obsessions with individualism and subjective rights.77

Die nominalisme lê die basis vir 'n nuwe natuurreg-beskouing weg van 'n objektiewe universele regsorde wat verbind was tot die versekering van algemene geregtigheid, na subjektiewe natuurlike regte wat vrywillende individue toekom. Dienooreenkomstig word tereg verklaar:

The nominalist attack on universals and metaphysics is seen as working parallel with similar changes in moral and political life, thus forming a key background to the more modern obsessions with individualism and subjective right.78

Willem was dus die stigter - die "founding father" van subjektiwisme in die reg.79 Aangesien daar ooreenkomstig sy nominalisme soos ons in die vorige afdeling gesien het, geen substansies behalwe individue was nie en alles - regte, politieke mag en goddelike mag - na alles alleen slegs die produk van individuele oordeel en mag is, is daar nie 'n objektiewe regsorde en 'n ewewigtige objektiewe konstitusionele orde of 'n logos-beheerde kosmos nie. Daar is slegs individuele regte en wille, die individuele potestas van die soewerein en die almag van God.80Dumont vat die nominalistiese individualisme en gepaardgaande ontdekking van subjektiewe regte soos volg saam:

When we summarily referred to nominalism, and to positivism and subjectivism in the theory of law and right, we witnessed the birth of the individual in philosophy and jurisprudence. When there is no longer anything ontological and real beyond the particular being, when the notion of 'rights' is attached, not to a natural or social order, but to a particular social being, he becomes an individual in the modern sense of the word. It is noteworthy that the immediate corollary of this transformation is the stress on the notion of "power" (potestas), which thus appear from the start as a functional modern equivalent of the traditional idea of order and hierarchy.81

Terwyl die ommekeer van die objektiewe reg na die klem op subjektiewe regte sy oorsprong by Willem van Ockham het, word dit eers gedurende die sewentiende eeu in veral Engeland 'n kragtige politieke stroming. Dit is eers tóé, volgens Leo Strauss, dat die premoderne leerstukke in 'n volskaalse leerstuk van subjektiewe regte omvorm. Gedurende die sewentiende en agtiende eeue is vir die eerste maal veel meer klem geplaas op mense - individue - se regte as ooit tevore. "One may speak of a shift of emphasis from natural duties to natural rights," verklaar Leo Strauss.82 Louis Dumont stel dit nog meer onomwonde:

The idea of Natural Law is the warrant, the philosophical justification, of the systematic and deductive theorizing on law, so flourishing and important during this period. It can be traced back to antiquity, and to Thomas Aquinas, but it undergoes a deep change in modern times, so that two theories of natural Law are sometimes opposed, the ancient or classical and the modern. For the ancients.. .man is a social being, nature is an order, and what can be described, beyond the conventions of each particular City-State, as constituting the ideal or natural basis of law as a social order in conformity with the order of nature (and hence with the inherent qualities of men).83

Die mees onomwonde omwenteling van 'n natuurlike regsorde tot natuurlike subjektiewe regte word deur Hobbes geartikuleer en daarna deur John Locke geformuleer. Te midde van die verval van sosiale orde in Engeland en Wes-Europa gedurende die sewentiende eeu, vanweë die godsdienstige skeuring, gevolg deur godsdiensoorloë en ten slotte die Dertigjarige Oorlog (1618-1948) en die Engelse burgeroorlog gedurende die 1640's kon daar nie meer op 'n tradisionele orde as waarborg vir lewe en liggaam gereken word nie. Slegs individuele regte op lewe liggaam en eiendom - life, limb and property - gewaarborg deur 'n staatlike leviatan kon na dese vir mense se lewens en veiligheid instaan.

Die individuele regsubjek is gedurende die rewolusionêre tydvak verder versterk om die abstrakte universele individu te word, wat dit moontlik gemaak het om die leerstuk van abstrakte universele individuele menseregte te bedink.84 In pas hiermee het die denkbeeld van die natuurreg ook 'n rasionalistiese metamorfose ondergaan deur 'n deduktiewe "wetenskap," te word, dit wil sê 'n stelsel van onveranderlike, vaste universele beginsels waarvan oplossings vir besondere situasies afgelei is.85

Almal wat tot die uiteindelike totstandkoming van die leerstuk van abstrakte universele individuele menseregte bygedra het - teoretici soos Thomas Hobbes, John Locke, Emmanuel Kant, Thomas Paine en dergelike ander wegbereiders en woordvoerders van die leerstuk - het in die abstrakte gelykheid, indien nie die fundamentele eendersheid nie, van alle mense geglo. Onlangse konstruksies van modelle van geregtigheid gebaseer op die denkbeeld van die abstrakte individu, soos die konstruksie van John Rawls, getuig hiervan. Sodanige konstruksies verreken nie spesifieke persone in konkrete kulturele en dergelike gemeenskapsverbande nie.86Synde abstrakte en universalistiese konstruksies, gee hulle voor om alle konkrete individue in ag te neem, deur daarop aanspraak te maak dat alle konkrete situasies in die abstrakte universalistiese model verreken is. As individualistiese stelsels sluit hulle by voorbaat die bestaan van gemeenskappe totaal uit. Juis daarom kon Jeremy Bentham in 1789 abstrakte individualisme aanprys deur te verklaar:

[T]he community is a fictitious body, composed of the individual persons who are considered as constituting as it were its members. The interest of the community then is, what? The sum of the several interests of the members who composed it.87

In dieselfde jaar as wat Bentham hierdie ongekwalifiseerde individualisme geproklameer het, het die Franse rewolusie begin. Die epiese moment daarvan, wat betref die onderhawige tema was die Verklaring van die Regte van die Mens en die Burger. Hierdie verklaring en sy aanpassings in die enkele jare daarna was die vergoddeliking van die Individu soos Dumont tereg verklaar88 en dit was juis dit omdat die individu nie net bely is nie maar onvervreembare regte bowendien daaraan toegeken is. Artikel 1 van hierdie dokument verklaar, onder andere, dat alle mense vry gebore is en bly, en dat almal gelyke regte het. In artikel 2 word verklaar dat dit die uitsluitlike doel van politieke assosiasie is om hierdie natuurlike en onverganklike menseregte in stand te hou.

Nagenoeg anderhalf eeu later het die leerstuk van abstrakte universele individuele menseregte (gebaseer op die denkbeeld van die abstrakte universele individu) 'n universele positiefregtelike aanspraak gemaak. Dit was toe die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies kort na die Tweede Wêreldoorlog op 10 Desember 1948 die Universele Deklarasie van Menseregte aangeneem het, wat op sy beurt die grondslag was vir talle konstitusies en internasionale regsinstrumente.89

Hierdie ingebore onvervreembare menseregte is in algemene en onomwonde skriftelike formulerings vervat.90 Die regte is ook as voor- en buitepolities hanteer. Hulle moes dus oor absolute integriteit beskik met die gevolg dat geen politieke besluit hulle mag inkort nie. Die onskendbaarheid van die soewereine, ongebonde individu en die voortspruitende vrye wil wat die individu mag uitoefen, is die verstekposisie van die denkbeeld van abstrakte en universele individuele menseregte.91

Reg - meer bepaald ook natuurreg - in die objektiewe sin het egter nie heeltemal verdwyn nie. Daar bestaan trouens 'n waardevolle korpus van moderne denke oor die (natuur)reg, wat egter slegs geringe aandag geniet. Edgar Bodenheimer behandel die onderskeie strominge in die moderne natuurreg onder andere, onder die hoofde van Neo-Kantiaanse denke, Neo-Skolastiese denke, en in besonder die denke van Léon Duguit en enkele ander regsdenkers wat almal onder die breë hoof van die herlewing van die natuurreg en waarde-geankerde regsdenke tuisgebring word.92 Dit is myns insiens veral waardevol om van die denke van Rudolf Stammler, Giorgio Del Vecchio, Victor Cathrein, Jean Dabin en in die besonder van Léon Duguit kennis te neem. Die soort van insigte wat 'n mens hier teëkom, is nie dat die reg in die eerste plek uit 'n stel subjektiewe regte bestaan nie, maar eerder dat dit 'n betuiging van die sosiale lewe behels. Reg behels 'n instrument van sosiale samewerking en is nie bloot 'n instrument vir die verwesenliking van subjektiewe begeertes van individue sonder gemeenskapswaardes nie. Geregtigheid behoort afgestem te wees op die verwesenliking van die mees harmoniese opset in die sosiale lewe. Dit vereis natuurlik dat individuele begeertes aangepas - afgeskaal - moet word ten einde hierdie harmonie in stand te hou. Volgens Stammler heers daar geregtigheid wanneer individue met die gemeenskap geharmonieer word. Die sosiale ideaal behels vir Stammler 'n gemeenskap van vrywillende mense. Dit beteken egter nie ongebreidelde uiting aan individuele begeertes nie, maar wel harmoniëring met die gemeenskaplike belang.93

Ofskoon die denkarbeid van die persone wat hier behandel word natuurlik ook onderling uiteenlopend is, bestaan daar treffende ooreenkomste. Al die denkers knoop ook aan by die natuurregtelike denke van die Klassieke en die Middeleeue en sit dit voort. Daar bestaan opvallende kontinuïteite.

Daar kan aangevoer word dat die regsdenker wat die naaste gekom het om iets van reg in 'n objektiewe sin te red, die Franse regsteoretikus, Léon Duguit is. Duguit het die individualistiese leerstukke van individuele outonomie teengestaan. Ofskoon hy individuele outonomie aanvaar het, het hy volgehou dat mense terselfdertyd sosiale wesens is.

Duguit was van mening dat die groot fout van die 18de eeuse individualistiese denke was dat dit die mens in abstrakte terme beskou het, in plaas van as konkrete wesens wat nie losgemaak kan word van hulle omgewing en die groepe waartoe hulle behoort nie. Duguit het klem op mense se inherente sosialiteit gelê en 'n pleidooi gelewer vir die verrekening hiervan - van sosialiteit naas individuele regte in die inrig van die regsorde. Die reg kon volgens Duguit nie bloot as 'n reguleerder van botsende individuele wille beskou word nie. Menslike sosialiteit was vir hom 'n wesenlike deel van die menslike toestand wat in die gedaante van die sogenaamde sosiale norm in die regsorde vervat moes word. Duguit redeneer soos volg:

To affirm that man is a social being and that he lives in society, that he cannot live except in society, it is at the same time to affirm the existence of a social law. It is not an a priori affirmation, an affirmation of a metaphysical nature, because it is the result of an observation of facts of the physiological and psychological constitution of man.94

Duguit verwerp dus 'n beskouing van die reg as bloot die regulering van botsing tussen individuele wille voortspruitend uit individuele regte. Nee, as sosiale norm behoort die reg in die eerste plek gemik te wees op die instandhouding van die ewewig van die gemeenskap. Hy redeneer:

In the same way, the social commands every individual to collaborate, as well as he can, and in proportion to his ability, to bring about the social order, for, if he does not, there results a collective loss and also necessarily a social reaction. The norm of individual acts is the very law of social life; it imposes itself upon the cells making the social life; it forbids them to perform any act which might compromise it; it obliges them to perform all the acts by which they can contribute to it. The obligation which results is not properly speaking moral, but only social. If it is violated, there is no attack upon a superior principle of morality, but only upon the equilibrium of the social group; there is a certain disorder which results in a more or less energetic reaction against the violator of the norm.95

Hierdie pleidooie het in die aangesig van die seëvierende leerstuk van individuele regte en veral van abstrakte universele individuele menseregte oplaas geen besondere indruk gemaak nie. Terselfdertyd was daar 'n vrees vir wat beskou is as 'n latente risiko van kollektiwisme in hierdie natuurregtelike denkrigtings. Vanweë die verwoesting van die linkse en regse totalitarismes in die twintigste eeu, is die toevlug ná die Tweede Wêreldoorlog volledig tot individualisme en universele menseregte geneem. Dit het vir 'n lang tyd enige belangsteling in beskouings van die reg vanuit enige ander oogpunt as individuele menseregte uitgedoof.

 

4. Die (goeie) regsorde - die denkbeelde van plek, rol, hoedanigheid, verantwoordelik-heid, amp en roeping, naas individuele regte

Die klem op subjektiewe individuele regte, veral in die gedaante van universele gelyke menseregte het monopolistiese afmetings aangeneem. Dit het meegebring dat ons insig verloor het in reg in die objektiewe sy van die reg soos aan die hand van 'n pre-moderne verstaan daarvan. Hierdie monopolistiese toestand het terselfdertyd veroorsaak dat ons mense in geen ander terme as individuele reghebbendes (en draers van verpligtinge) kan bedink nie.

'n Regsbestel behels inderdaad veel meer as individuele regte. Wanneer aan die hand gedoen word dat ons uit premoderne beskouings oor reg kan put, beteken dit nie dat ons daardie beskouings in totaliteit op ons huidige werklikheid moet oorplant nie. Wat ons wel te doen staan, soos Danie Goosen verduidelik het, is dat ons met hermeneutiese oordeel eerder as dogmatiese drif met ons tradisie moet omgaan sodat ons die wenke wat die tradisie ons bied eietyds as 'n ryke hulpbron kan inspan. 'n Konstruktiewe verhouding tussen die moderne wêreld en die tradisie, betoog Goosen, vereis dat twee onaanneemlike uiterstes vermy moet word. Aan die een kant behoort die reaksionêre uiterste wat 'n volledige terugkeer na die verlede behels, afgewys te word, aangesien dit eenvoudig onmoontlik is en verseg om van die gedurige voortgang van die geskiedenis kennis te neem. Andersyds is daar die uiterste van progressiwisme, wat skerp vyandig teenoor die tradisie staan en dit eintlik verdoem, dit volkome irrelevant verklaar en heeltemal daarvan wil afskeid neem. In plaas hiervan is 'n tussenposisie verkieslik. Dit behels dan 'n dialogiese, oftewel hermeneutiese eerder as dogmatiese verhouding met die tradisie. Dienooreenkomstig word versigtig kennis geneem van die talle wenke vanuit die tradisie en oorweeg wat die betekenis daarvan vir die hede en toekoms kan wees. Dit behels ten slotte 'n bemiddelende verhouding tussen die verlede en die toekoms.96 Ons gaan dus gemaklik met ons tradisie om as 'n gevarieerde bron waarmee ons helderder insig in die aard van die regsbestel en individue se posisie daarin kan verwerf en huidige uitdagings beter toegerus tegemoet kan gaan.

Ek doen hier aan die hand dat benewens individuele regte daar ten minste ses verdere dinge - verskynsels en denkbeelde - is wat mense in die samelewing rig, verhoudings met mekaar en optrede teenoor mekaar reël en ten slotte 'n noodsaaklike element van enige regsbestel uitmaak.

Dié ses dinge verwys na mense se plekke, rolle, hoedanighede, verantwoordelikhede, ampte en roeping. Hulle is almal heg verweef en in beduidende mate oorvleuelend. Elkeen het egter 'n eie klemtoon, as gevolg waarvan almal in die spel gebring moet word. Deur die doeltreffende werking daarvan bewerkstellig hulle 'n goeie orde, meer bepaald ook 'n goeie regsorde. (Ofskoon al ses belangrik is, gaan ek om onnodige lompheid te vermy dikwels net na plek rol en amp verwys, selfs waar al ses in werklikheid in gedagte is.)

Die sienswyse hier is dat ons optrede meesal nie gereël word deur individuele regte wat ons teen mekaar afdwing en dienooreenkomstige verpligtinge wat nagekom (moet) word nie, maar eerder deur etlike van hierdie ses ander dinge bepaal word. Ofskoon regte en verpligtinge wel 'n belangrike funksie vervul, is dit op die keper beskou hierdie ses dinge wat 'n funksionele en deugsame regsbestel moontlik maak. Voordat regte dus ter sprake kom, indien dit hoegenaamd wel ter sake sal wees, sal hierdie ses dinge die gang van sake tussen mense (op 'n opbouende wyse) bepaal.

4.1 Verduideliking in abstrakte terme

Eers word in abstrakte terme verduidelik wat met elkeen van die konsepte bedoel word. Daarna volg 'n praktiese toeligting.

Plek/ke verwys na iemand se posisie/s in die samelewing. Deur 'n persoon se lewensloop verander sy/haar posisies ook en neem hy/sy mettertyd nuwe plekke in. Ons sou ook van iemand se status (standing in life) kan praat, maar dan nie status met die strekking van aansien of reputasie nie, maar status en plek in 'n alledaagse sin van die woord vir sover ons almal ons plekke het, as vader, moeder, dogter seun, eggenote/lewensmaat, junior of senior werknemer, werkgewer, kollega, vriend/in, spanmaat, ensovoorts Die voorbeelde is legio, want elkeen verkeer in bepaalde plekke in die verskeie sfere van die samelewing. Plek, in teenstelling met etlike van die ander denkbeelde wat ons hier gebruik, is van 'n meer statiese aard en is ook relatief langdurig.

Rol/le is juis weer dinamies. Dit impliseer handelinge oftewel optrede, naamlik die soort van optrede waardeur mense hulle besondere rolle speel/vertolk; as't ware uitdrukking aan sy/haar plek/ke in die samelewing gee, oftewel sy/haar plek as't ware betuig. Net soos wat almal plekke inneem, speel elkeen dienooreenkomstige rolle. Die verskille van plekke en rolle is natuurlik oneindig, want dit sluit alle mense in; niemand staan daarbuite nie. Rolle kan goed of sleg vertolk word. Die plek wat 'n mens beklee, lê die maatstawwe van die betrokke rolspel neer. Aan die hand daarvan word die gehalte van die rolspel beoordeel. Die gehalte van die rolspel word bepaal deur natuurlike talent oftewel gawes, ywer en wysheid.

Hoedanigheid/hoedanighede bring aan die lig dat mense wat ook al hulle plekke in die samelewing behels, in hul daaglikse omgang in talle uiteenlopende situasies mag verkeer en sodoende met uiteenlopende hoedanighede beklee word, sommige daarvan betreklik deurlopend en konstant en ander slegs vlietend. 'n Persoon is in die hoedanigheid van die oudste broer teenoor 'n jonger broer; kort daarna in dié van werknemer in junior posisie teenoor 'n vroue-werkgewer van 'n ander kultuur en godsdiens en enkele ure daarna in die hoedanigheid van 'n klant in 'n drankwinkel waar hy 'n bottel Whiskey koop en kort daarna in die hoedanigheid van 'n voertuigbestuurder, wat 'n moeilike situasie met 'n roekelose en aggressiewe padgebruiker moet hanteer. Soos plek, het hoedanigheid egter ook 'n passiewe karakter, dit beskryf wat 'n persoon in 'n bepaalde stadium of kortstondig is, maar beskryf nie soseer wat gedoen behoort te word nie.

Verantwoordelikheid, soos rol, bring ons weer by die aktiewe element. Dit het betrekking op wat gedoen moet word, byvoorbeeld in elke hoedanigheid waarna ons pas hier bo verwys het. Verantwoordelikheid staan teenoor hoedanigheid soos wat rol teenoor plek staan. Net soos met rolvervulling kan die verantwoordelikheid ook sleg of goed nagekom word.

Amp/te impliseer ook 'n plek (posisie) wat iemand beklee en 'n hoedanigheid waarin hy/ sy staan, maar tegelyk vereis dit die vervul van 'n bepaalde rol en behels dit dat bepaalde verantwoordelikhede nagekom (behoort te) word. Amp is dus omvattend aangesien dit sowel die passiewe as aktiewe elemente van die vorige vier denkbeelde omvat. Amp het die karakter van amptelikheid. Dit vertoon 'n stemming van gewigtigheid en soms plegtigheid. In bepaalde omstandighede het ons die ampsbegrip nodig om juis hierdie gewigtigheid te kenne te gee - 'n eienskap waaroor plek en rol nie werklik beskik nie en wat gegewe die bespreking hier bo ook nie met hoedanigheid en verantwoordelikheid gepaard gaan nie. Amp weerspieël gewoonlik die een of ander verhewe posisie in die politiek, staatsadministrasie, die hof, die kerk of dergelike toonaangewende openbare instelling. Ofskoon die begrip amp in hierdie bespreking openbare ampte insluit, is dit nie daartoe beperk nie. Ek vereenselwig die begrip amp met alle plekke wat mense beklee en dienooreenkomstige rolle wat hulle vertolk, in die sfeer van die mees private soos die familielewe tot die mees openbare, soos die hoogste ampte van openbare ampsuitoefening.

Roeping het die karakter van blywendheid en het betrekking op die grootste gedeelte van iemand se lewenstog. Anders as veral die eerste vier konsepte, maar ook van amp, is roeping nie geredelik wisselend nie. Roeping dra natuurlik ook 'n religieuse betekenis en het die karakter van (godsdienstige) gelowigheid. Iemand mag glo dat God hom of haar daartoe geroep het om sy lewe aan 'n bepaalde projek - gewoonlik 'n lofwaardige een - te wy. Dit bring natuurlik al vyf die voorafgaande konsepte in die spel, want die roeping plaas die geroepene - so word geglo - in 'n bepaalde amp. Hy/sy moet gevolglik ook bepaalde plekke inneem en rolle vervul. Nogtans het die begrip roeping nie noodwendig 'n streng religieuse betekenis nie. Iemand kan bloot tot bepaalde dade geroepe voel, of dat 'n bepaalde kwessie bestem was om op sy/haar pad te kom, juis sodat bepaalde handelinge vervul kan word. Ofskoon nie noodwendig streng religieus nie, is ondertone van gewigtigheid of selfs heiligheid steeds in sodanige roepingsbewussyn teenwoordig.

4.2 Konkrete toeligting

Deur mense se lewensloop is hulle - dogters of seuns -, ouers - vaders en moeders - en natuurlik ook vele ander dinge in breër familieverband: grootouers en kleinkinders, ooms en tannies, niggies en neefs, ensovoorts. Heg hieraan verbonde is vriendskap en kameraadskap wat dikwels net so belangrik as familieverhoudings kan wees en dit trouens dikwels te bowe gaan.97

Daar bestaan natuurlik regsverhoudings, soos versorgingsregte en -pligte tussen kinders en ouers. Dit gaan egter veel verder as dit. Ouers beklee die plek van, staan in die hoedanigheid en vervul die rol en verantwoordelikheid van ouerskap op oorvleuelende dog ten dele uiteenlopende wyses as vader en moeder. Ons kan ook byvoeg dat hulle die amp van ouerskap beklee en die roeping van ouerskap moet vervul. Meer bepaald moet hulle dit ook na die beste van hulle vermoë doen. 'n Mengsel van kulturele, godsdienstige en dergelike gebruike en voorskrifte bepaal wat voortreflikheid behels. Naas regstreekse ouerskap is daar natuurlik 'n variasie van ander persone soos onderwysers, grootouers, bure en kennisse wat in bepaalde situasies in loco parentis - in die plek van die ouers - optree of ten minste kortstondig in 'n (kwasi-)ouerlike hoedanigheid optree.

Op 'n glyskaal kan ouers vanaf voortreflik tot beroerd presteer wat betref die volstaan van hulle ouerlike rolle. Die positiewe reg in die gedaante van regsvoorskrifte en regsanksies is in hierdie konteks op die agtergrond. Regsanksies en voorskrifte kom slegs in uiterste omstandighede van regsvergrype soos aanranding, mishandeling, ernstige verwaarlosing, uitbuiting en dergelike vergrype ter sprake. Origens, in die normale en merendeels gelukkige gang van sake kan die optrede van ouers eerder verstaan word aan die hand van die ses denkbeelde hier ter sprake, as volgens die begrip individuele regte. Hoe beter ouers die amp van ouerskap vervul, des te minder is hulle spruite se regte teenoor die ouers op die voorgrond, dit wil sê, hoe beter word daar aan die regte voldoen.

Die ses konsepte verskaf ook aan ons die middel om nie net mense se optrede te verstaan nie, maar die gehalte daarvan te beoordeel: om te beoordeel of 'n plek werklik volgestaan word en 'n rol en verantwoordelikheid na behore vertolk en nagekom word. Sodanige beoordeling is van die grootste belang, want dit is wat ons in staat stel om die kulturele en beskawingsgehalte van optrede te beoordeel.

Wanneer ons uitsluitlik met regte werk, kan ons dit nie doen nie. Aan die hand van 'n uitsluitlike gebruik van regte word 'n reg geskend of nie geskend nie. Regmatige of onregmatige optrede, wat slegs met die minimum vraag te doen het of daar regmatig opgetree is al dan nie, stel ons nie tot sodanige gehalte-beoordeling in staat nie.98

Hierdie ses konsepte bring die beoordeling van die goeie teenoor die slegte; die lofwaardige teenoor die afkeurenswaardige; die deugsame teenoor die ondeugsame; die mooie teenoor die lelike ensovoorts op die voorgrond - iets wat in die geval van individuele regte hoogstens marginaal is maar dikwels glad nie ter sake nie.

Binne die konteks van familie-verhoudings plaas die ses konsepte ons in die sfeer van ouers se liefdevolle, sorgsame opvoeding van hul kinders, op sy beste gekenmerk deur oordrag van ordentlike, goedgemanierde gedrag, waardes van betroubaarheid, sorgsaamheid, eerlikheid, respek, sindelikheid, leergierigheid, ywer, goeie smaak en dergelike waardes, gepaardgaande met lewensvaardighede, en die dienooreenkomstige aankweek van afkeur in slegte gedrag en gewoontes; die aanleer van algaande meer komplekse take, ordentlike gedrag teenoor bejaardes, jeugdiges, familie, vriende, kennisse, vreemdelinge, mense van ander kulture en godsdienste, behoorlike gedrag teenoor diere en die omgewing, die aankweek van 'n besef vir natuurlike en sosiale gevare, risiko's en vyande; die aanleer van basiese kennis van die natuur, kultuur, godsdiens en die politieke omgewing. Hierdie lys wat alles onder opvoeding tuisgebring kan word, kan natuurlik verder uitgebrei word.

Die vervulling van die rol, verantwoordelikheid en amp van ouerskap vereis natuurlik ook insig dat elke kind, gegewe natuurlike talent (gawes) en temperament verskillend behandel sal word. Die uitvoering van ouerlike verantwoordelikheid pas uiteraard ook aan namate kinders ouer word en algaande elkeen ook sy/haar eie plek en rol vind, wat ook met eiesoortige verantwoordelikhede en die vervulling van ampsbekleding gepaard gaan.

Kinders verskil. Daar is meisies en seuns, en oueres enjongeres, wat elkeen 'n eiesoortige plek beklee en rol vertolk. Die ouer suster of broer verkeer in 'n ietwat verskillende hoedanigheid teenoor die ouers en die jonger verwante - broers en susters - en vervul moontlik 'n eiesoortige verantwoordelikheid met betrekking tot opvoeding, beskerming en touwysmaak van die jongeres.

En die ouers - vaders en moeders - vervul uiteraard ook elkeen besondere rolle om die verantwoordelikhede wat aan hulle onderskeidelike ouerlike hoedanighede kleef, te vervul. Dit hang gewoonlik, maar nie noodwendig deurlopend nie, saam met die geslag van die ouers.

Namate kinders ouer word en volwassenheid bereik, verander die inhoud van die rolvervulling wat met ouerlike ampsuitoefening gepaard gaan, net soos dié van die kinders elkeen op sy eie ontplooi. Ofskoon die inhoude daarvan verander, bly die konsepte van roeping, amp, hoedanigheid, ensovoorts egter konstant.

Watter rol vervul regte in die lig van hierdie insig? Natuurlik is dit steeds ter sake. Daar bestaan kragtens die familiereg wedersydse onderhoudsverpligtinge en natuurlik is die norme van byvoorbeeld die strafreg in familieverband van krag soos op ander gebiede. Individuele regte wat teenoor mekaar afgedwing word, is egter ver op die agtergrond. Dit is juis die ander dinge, waarop ons pas hier gewys het - plek, rol, verantwoordelikheid, hoedanigheid, amp en roeping - wat die primêre normkompleks - etos - vir verhoudinge en die samelewing verskaf.

Aan die hand van hierdie stel konsepte gaan dit vir mense nie in die eerste plek om bloot regte uit te oefen teenoor ander en die ooreenkomstige verpligtings wat daarmee gepaard gaan nie. Wat op die voorgrond is, is nie die potensiële konflikverhouding tussen individue, wat deurlopend onderliggend aan individuele regte en verpligting is nie.

Individue is natuurlik steeds ter sake, maar dan nie wesenlik gelyke individue in 'n potensiële konflikverhouding gegrond op gelyke individuele regte nie, maar binne 'n groter wesenlik harmoniese geheel van besondere mense met bepaalde plekke, rolle en ampte in daardie geheel; waarin elkeen soos die geykte uitdrukkings lui, optree volgens dit waarvoor hy/sy uitgeknip is, of waarvoor hy of sy in die wieg gelê is.

Die klemtoon is dan om hierdie verantwoordelikhede goed na te kom en die besondere rolle en ampte so voortreflik as moontlik te vervul, erkenning daarvoor te ontvang en vervulling en geluk daarin te vind.

Hierdie insigte is eweseer op die beroepslewe - in die handel, nywerheid, ambagte, professies, staatsadministrasie en die politiek - van toepassing. Mense in hierdie sfere staan natuurlik ook in regsverhoudings teenoor mekaar. Daar is dienskontrakte, koopkontrakte, kontrakte vir dienslewering, ensovoorts wat hulle moet nakom en terselfdertyd is hulle ook reghebbendes wat regte teenoor ander kontrakpartye kan afdwing.

Wat in hierdie sfere egter eintlik betekenis verskaf, is dat mense die plek wat hulle vul, en rol wat hulle in 'n bepaalde beroep of ambag speel, met uitnemendheid vervul. Dit behels om nie net bloot 'n prokureur, advokaat, onderwyser, polisiesersant, sake-ondernemer, loodgieter, finansiële adviseur, boer, tuinier, kelner, regter, minister of wat ook al te wees nie, maar meer bepaald om die ampsverantwoordelikhede en rolle wat met elkeen van die beroepe gepaard gaan met onderskeiding na te kom.

Wat ons hier bo vermeld het met betrekking tot familieverhoudinge naamlik dat hierdie ses konsepte ons in staat stel om die goeie teenoor die slegte; die lofwaardige teenoor die afkeurenswaardige; die deugsame teenoor die ondeugsame; die voortreflike teenoor die mislukte, die mooi teenoor die lelike, ensovoorts te stel, is hier eweseer op die voorgrond.

Hier, net soos in die familieverband, sien ons dat regte net 'n agtergrondsrol speel en dat die konsepte van plek, rol, amp, hoedanigheid, 'n veel helderder insig verskaf in hoe 'n samelewing - en 'n regsbestel - behoorlik funksioneer. Die aanspraak op individuele regte skiet tekort om die nodige begrip te verskaf van hoe die samelewing daar uitsien en hoe 'n regsbestel funksioneer.

Ons sosiale omgang en verhoudings beklemtoon insgelyks die belang van hierdie ses konsepte om die aard van ons sosiale-, familie-, beroepslewe, ensovoorts te begryp. Terselfdertyd is dit juis hierdie konsepte en nie regte (en verpligtinge) nie, wat grootliks die maatstawwe vir 'n deugsame, goeie en gelukkige samelewing en regsorde verskaf. Vriendskap, kollegialiteit en die Bybelse denkbeeld van die naaste is ook hier ter sake.

Kollegialiteit behels 'n ingesteldheid van samewerking, onderskraging, lojaliteit en vriendelikheid. Ofskoon wedersydse regsverhoudings ook ter sake mag wees, gaan dit nie in die eerste plek daaroor nie. Trouens, die regsverhoudings raak in werklikheid eers ter sake wanneer kollegialiteit in duie gestort het en op die regsverhoudings teruggeval moet word.

Vriendskap is vrywillig maar berus natuurlik reeds op die infrastruktuur van gemeenskap-like belange, belangstellings, wedersydse toegeneentheid en lojaliteit. Wanneer dit eers gesmee is, staan vriende in die plek en speel die rol van vriende, wat al die vrywillige optrede van vriendskap behels en gepaard gaan met lojaliteit en dikwels die moeitevolle optrede wat noodwendig met die verhouding van vriendskap verband hou. Individuele regte speel hier weereens geen rol nie.

Ons dink aan die begrip naaste gewoonlik allereers as 'n Goddelike opdrag tot naasteliefde.99 Ofskoon die opdrag natuurlik nie altyd gestand gedoen word nie, heers daar allerweë eenstemmigheid oor die lofwaardigheid daarvan. Dit beteken ten minste om kennis te neem van behoeftigheid van diegene met wie ons in aanraking kom en om redelikerwys van hulp te wees.100 Om dit nie te doen nie, beteken gewoonlik nie dat regsaanspreeklikheid, hetsy deliktueel of strafregtelik, sal volg nie. Dis egter nie ter sake nie. Wat ter sake is, is dat naastediens, wat gestand gedoen word, behalwe dat dit volgens Christelike geloofsoortuigings ter ere van God gedoen word, klaarblyklik ook tot 'n heilsamer samelewing bydra.

4.3 Die matriks van die ses denkbeelde - gehele en ongelykheid

Wanneer die betekenis van die ses denkbeelde oorweeg word, kom dit aan die lig dat hulle nie met die huidige dominante opvattings oor gelykheid bestaanbaar is nie. Plekke, rolle, ampte ensovoorts word in konkrete terme nie deur gelykheid nie, maar juis deur ongelykheid en die verskille, gesagsverhoudings en hiërargieë wat noodwendig daarby inbegrepe is, gekenmerk. Gegewe mense se plekke, rolle, ampte ensovoorts is hulle juis nie dieselfde en gelyk nie, maar verskillend en ongelyk. In die finale instansie is gelykheid slegs met hierdie konsepte vereenselwigbaar indien ons streng abstrak daarmee omgaan. Gelykheid het te midde van hierdie sienswyse egter nouliks enige werking.

Die matriks waarin verskillende en ongelyke plekke, rolle, ampte hoedanighede, ensovoorts anker, is 'n denkbeeld - en werklikheid - van die geheel, oftewel die verskeidenheid van gehele waarin mense hulle deurlopend bevind: die gehele van families, professionele-, ambagsgehele, opvoedkundige instellings, spanne, vriendekringe en op 'n meer uitgebreide vlak 'n gemeenskap of nog meer omvattend, die samelewing. Dit is telkens vanweë die erkenning van die geheel dat die plekke, rolle, hoedanighede, verantwoordelikhede en ampte geëien kan word en werking kan hê.101 Dit staan teenoor die radikale fragmentasie en uiteindelik die volledige atomisme van die kontrasterende matriks van gelyke individue met gelyke regte.

Gehele is meer spesifiek ook daadwerklike realiteite. Hulle is nie blote (self)misleidende denkkonstruksies soos wat die nominalisme dit sien of toevallige assosiatiewe afgeleides van individuele besluitneming nie; ook misleidende fiksies soos Bentham en die kru-liberalisme sedertdien leer nie. Dis daadwerklike realiteite. Bowendien gee dit uitdrukking aan die goeie. Dit is naamlik ten minste in beginsel harmoniese gehele, waarin elkeen sy besonderse plek vul, rol speel en amp vervul.102 Die posisie van gelykes is presies die teenoorgestelde hiervan. Juis omdat hulle fundamenteel gelyk is, is daar geen gronde vir verskille nie en is hulle as gelykes in 'n stryd met mekaar gewikkel.103

4.4 Nog in die sfeer van die reg?; die verhouding tussen individuele regte en die goeie

Die vraag kan gevra word of die ses konsepte hier te berde, hoegenaamd met die reg te doen het. Die begrip reg (law) en regte (rights), kan aangevoer word, baken per slot van sake die terrein van die reg af.104 Dit klaar uit dat die regsbestel oor regte gaan maar nie verder as dit strek nie. Gevolglik mag aangevoer word dat hierdie konsepte kwessies van etiek, moraliteit, kultuur, beskawing, godsdiens ensovoorts geforseerd by die reg betrek.

Sodanige verdenking is ongegrond, want hierdie konsepte is juis wesenlik juridies van aard.105 Ofskoon hulle natuurlik nie individuele regte behels nie, behels hulle wel integrale bestanddele van die reg. Die kern van die saak is dat mense wat hulle onderskeie plekke na behore volstaan, rolle vervul, hoedanighede behoorlik beklee en verantwoordelikhede nakom en ampspligte vervul, dit wil sê mense wat volgens 'n goeie etos leef, juis nie basiese regsnorme verontagsaam nie; nie misdaad en onregmatige dade pleeg nie, hulle kontrakverpligtinge nakom en andersins hulle regsverpligtinge vervul.

So beskou, is die goeie nie irrelevant vir die reg nie; inteendeel, die goeie ooreenkomstig die optrede gerig aan die hand van die werking van hierdie ses konsepte, konstitueer juis regmatige gedrag en setel gevolglik in die kern van die regsbestel. Danksy opvoeding, is mense in hul plekke ingeburger, en vervul hulle hul rolle na behore en kom hulle hulle verant-woordelikhede na. Hulle word nie deur die dwangmaatreëls van die reg daartoe gedwing nie, hulle doen dit as't ware uit gewoonte. Die goeie aan die hand van die behoorlike rol- en ampsvervulling behels dus die wese van die reg en waarborg regmatige optrede - dit wil sê, dat ander se regte nie aangetas word nie.

Die ses konsepte verskaf ons dus insig in die binne-kern van 'n (funksionerende) regsorde. Dit konstitueer die fundamentele voorwaarde vir en behels terselfdertyd die kern van die regsorde. Individuele regte daarenteen verhoed behoorlike insig in wat 'n regsorde behels en dit moontlik maak.

Hierdie waarheid kan aan die hand van ontelbare voorbeelde verduidelik word. Ons verduidelik kortliks. Die ampspligte van 'n polisie-offisier, staatsamptenaar of minister behels dat die openbare belang, en nie bloot seksionele belange nie, beskerm word. Gevolglik is sodanige persone se reg op vryheid van uitdrukking aan bande gelê aangesien hulle ampte, hoedanighede en verantwoordelikhede hulle reg op vryheid van uitdrukking juis inkort. As hulle vryelik sê wat hulle wil en onderlinge spanning en konflik as gevolg daarvan aanmoedig en bowendien vertroue in die betrokke ampte skaad, versaak hulle die verantwoordelikhede van hulle ampte en is hulle oplaas onbevoegde polisie-offisiere, staatsamptenare en ministers.

Dieselfde geld vir regterlike amptenare. 'n Regter beklee 'n hoë openbare amp. Wanneer die regter sy/haar plek as regter volstaan en sy/haar rol, en verantwoordelikhede dienooreen-komstig vervul, gaan dit gepaard met aansienlike opofferings wat betref individuele regte. 'n Regter het juis vanweë sy/haar amp as regter nie die vryheid om omstrede politieke stellings te maak en kant te kies nie. Die regtersamp wat met die werklikheid en publieke indruk van onafhanklikheid en onpartydigheid gepaard gaan, sluit die soort van omstredenheid en kantkiesery uit. Die regter se vryhede is derhalwe ingekort in vergelyking met die regte van enige ander persoon. 'n Regter kan nie aanvoer dat hy in dieselfde mate as enige ander lid van die publiek op vryheid van uitdrukking geregtig is nie. Die inkorting van hierdie regte gaan noodwendig met die regtersamp gepaard. Dit is daarby inbegrepe. Dit is deel van die opoffering wat met die regtersamp gepaard gaan.

Ons kan etlike ander voorbeelde noem, oor die hele spektrum van hoedanighede en ampte heen vanaf die mees private sfeer van familie en vriendskap, die handelsfeer tot by die hoogste openbare, politieke ampte en regterlike ampte. Die kern van die saak is dus dat optrede ooreenkomstig die eise van die betrokke amp regmatige optrede waarborg - meer bepaald sonder dat enige regsdwang nodig is.

Hierdie kort bespreking bring aan die lig dat individuele regte verreweg nie 'n volledige prentjie van die regsbestel skets nie.

'n Regsbestel is oplaas slegs moontlik en kan slegs funksioneer wanneer mense regsnorme vrywillig nakom omdat hulle hul daarmee vereenselwig, en waar die noodsaak vir dwang - die afdwing van regte en verpligtinge - slegs 'n sekondêre rol speel en dus alleen by hoogste uitsondering nodig is. Dienooreenkomstig verklaar Edgar Bodenheimer soos volg:

A reasonable and satisfactory system of law will be obeyed by most members of the community.. .Compulsion is used against a non-cooperative minority; in any normal and effectively working commonwealth the number of lawbreakers against whom sanctions must be employed is much smaller than the number of law-abiding citizens.106

Op grond van eietydse liberale opvattings oor die reg en konstitusionalisme, meer bepaald oor die individu se posisie in 'n regsbestel, behoort die reg hom nie met oortuigings oor dit wat goed is - die goeie - te bemoei nie.107 Dit behoort alleen oor die regte te gaan. Die goeie is volgens hierdie opvatting suiwer 'n kwessie van persoonlike voorkeur, waarmee die reg hom nie behoort te bemoei nie. Al wat die reg moet doen, is om langs die weg van gelyke individuele regte dit vir elkeen moontlik te maak - om elkeen se individuele reg te waarborg - om self te oordeel oor wat goed, aangenaam en lekker is en om aan die hand daarvan op te tree. Dit kom dan tot uitdrukking in die breedste moontlike beskouing van individuele vryheid en dan by uitstek van die reg op vryheid van uitdrukking.

Presies die teenoorgestelde is waar. Deur goed te leef, naamlik deurdat mense hulle plekke en hoedanighede na behore beklee, hulle rolle en verantwoordelikhede getrou nakom en hulle ampspligte vervul, word die regsorde gekonstitueer en in stand gehou en word ander se regte eerbiedig. Die regsbestel word derhalwe nie in stand gehou en regte eerbiedig, deur nadenke oor die goeie uit die regsdiskoers te weer asof dit nie daar hoort nie. Juis nie, want die goeie, aan die hand van die heldere begrip van die ses konsepte wat hier voorgestel is, is juis dit wat 'n regsbestel in die eerste plek moontlik maak - en boonop verseker dat regte eerbiedig word.

 

SAMEVATTING

Eietydse regsordes is wesenlik liberaal. Hulle word so sterk deur die dominasie van die subjektiewe individuele regte gekenmerk dat dit bykans as natuurlik beskou word. Gevolglik is dit omtrent onmoontlik om 'n regsorde te bedink waarin individuele regte nie die terrein van die reg nagenoeg volledig beset nie. Sodanige liberale ordes word bowendien as inherent goed beskou.

Daar is egter niks natuurlik aan regsordes wat deur individuele regte gedomineer word nie. Inteendeel, tot betreklik onlangs is die reg nog veel meer in 'n objektiewe sin bedink, dit wil sê, nie as 'n stel subjektiewe individuele regte nie, maar as objektiewe stelselgeregtigheid waarin mense bepaalde uiteenlopende plekke ingeneem het.

In hierdie bespreking word die opkoms van onderskeidelik die individu en individuele regte eers nagegaan. Daaruit blyk dit dat die klassiek Griekse en Romeinse asook Christelike opvattings van die reg inderdaad slegs 'n geringe plek aan subjektiewe individuele regte toegeken het. Die klemtoon was op die reg as 'n objektiewe stelsel van geregtigheid waarin individuele regte indien dit hoegenaamd erken is, onbelangrik was.

Die opkoms van die individu en individuele regte is 'n moderne wins, waarsonder ons nie kan klaarkom nie. Aan die ander kant is die verdwyning uit ons gemoed van die denkbeeld van die reg as 'n objektiewe stelsel van geregtigheid, juis weer 'n verlies. Daar word geredeneer dat hierdie denkbeeld as't ware herontdek, gerehabiliteer en moderniseer moet word. Vir hierdie doel word die klassieke sienswyses nagegaan. In die laaste deel van die artikel word dan aan die hand gedoen dat daar ses heg verwante en wedersyds aanvullende denkbeelde beskikbaar is, wat 'n helderder insig oor die regsorde - 'n verrykte en verbeterde regsorde - verskaf en bowendien beter strook met ons daaglikse ervaring. Hierdie denkbeelde is dié van plek, rol, hoedanigheid, verantwoordelikheid, amp en roeping. Hierdie denkbeelde word in die laaste gedeelte van die artikel toegelig ten einde in samehang met subjektiewe regte 'n meer omvattende regsorde te behels.

 

BIBLIOGRAFIE

Antonites, AJ. (datum nie vermeld). Middeleeuse wysbegeerte. Navorsings- en publikasiekomitee, Universiteit van Pretoria.         [ Links ]

Arnold, C. 1978. Analysis of rights. in Kamenka, E & Tay, A. (eds). Human Rights. London: Edward Arnold.         [ Links ]

Aurelius, M. 2004. Meditations. London: Penguin Books.         [ Links ]

Böckenförde, EW. 1981. State, society and liberty (vertaling vanuit Duits deur Underwood, JA). New York: Berg Publishing Ltd.         [ Links ]

Bodenheimer, E. 1974. Jurisprudence - the philosophy and method of the law. Cambridge, Massachusetts: Harvard University Press.         [ Links ]

Burtt, EA. 1967. The English philosophers from Bentham to Mill. New York: The Modern Library.         [ Links ]

Copleston, FC. 1972. A history of Medieval philosophy. London: Methuen. d' Entreves, AP. 2000. Natural law. London: Hutchinson & Co.         [ Links ]

Donnelly, J. 1982. Human rights and human dignity: An analytic critique of the Non-Western conception of human rights. American Political Science Journal, 76:303-316.         [ Links ]

Duguit, L. 1920. Objective law. 20 Columbia Law Review.         [ Links ]

Dumont, L. 1986. Essays on individualism - modern ideology in sociological perspective. Chicago: University of Chicago Press.         [ Links ]

Friedrich, CJ. 1974. Limited government - a comparison. New Jersey: Englewood Cliffs.         [ Links ]

Goosen, D. 2007. Die nihilisme - notas oor ons tyd. Johannesburg: Praag.         [ Links ]

Goosen, D. 2015. Oor gemeenskap en plek. Pretoria: FAK.         [ Links ]

Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996.         [ Links ]

Hart, HLA. 1961. The concept of law. Oxford: Clarendon Press.         [ Links ]

Henkin, L. 1990. The age of rights. New York: Columbia University Press.         [ Links ]

Locke, J. 1992. Of Civil government (Second Treatise). South Bend Indiana: Regebry/Gateway Inc.         [ Links ]

Macintyre, A. 1981. After virtue. New York: Bloomsbury Academic.         [ Links ]

Malan, K. 2012. Politokrasie - 'n Peiling van die dwanglogika van die territoriale staat en gedagtes vir 'n antwoord daarop. Pretoria: Pretoria University Law Press.         [ Links ]

Malan, K. 2019. There is no supreme constitution - a critique of statist-individualist constitutionalism. Stellenbosch: African SUN Media.         [ Links ]

Mommsen, T & Krueger, P et al. 1985. The Digest of Justinian. Latin English translation edited by Watson, A. Philadelphia, PA: University of Pennsylvania Press.         [ Links ]

Morris, C. 1972. The discovery of the individual 1050-1200. London: SPCK.         [ Links ]

Nisbet, R. 1990. The quest for community - a study in the ethics of order and freedom. San Francisco: ICS Press.         [ Links ]

Oakeshott, M. 2006. Lectures in the history of political thought. Exester: Imprint -academic.         [ Links ] Oppenheim, L. 1974. International Law: A Treatise. London: Longman.         [ Links ]

Pennock, JR. 1981. Rights, natural rights and human rights - a general view. In Pennock, JR & Chapman, JW (eds). Human Rights Nomos XXIII. New York: New York University Press Rawls,         [ Links ] J. 1971. A theory of justice. Oxford: Oxford University Press.         [ Links ]

Siedentop, L. 2014. Inventing the individual: the origin of Western liberalism. London: Penguin.         [ Links ]

Strauss, L. 1965. Natural rights in history. Chicago: University of Chicago Press.         [ Links ]

Szabo, I. 1982. Historical Foundations of Human Rights in Vasak, K et al. The International Dimension of Human Rights. Westport, Connecticut: Greenwood Press.         [ Links ]

Tarnas, R. 2010. The passion of the Western mind. London: Pimlico.         [ Links ]

Tierney, B. 1997. The idea of natural rights - studies in natural rights, natural law, and church law 1150-1625. Michigan: William B Eerdmans Co Grand Rapids.         [ Links ]

Van Zyl, DH. 1977. Geskiedenis en beginsels van die Suid-Afrikaanse reg. Durban: Butterworth.         [ Links ]

Vincent, A. 2011. The politics of human rights. Oxford: Oxford University Press.         [ Links ]

REGSINSTRUMENTE

Grondwet van die republiek van Suid-Afrika 1996.

Internasionale Verbond vir Burgerlike en Politieke Regte (1966).

Internasionale Verbond vir Ekonomiese, Sosiale en Kulturele Regte (1966).

Universele Verklaring van Menseregte van die verenigde Nasie (10 Desember 1948)

 

 

Ontvang: 2021-10-03
Goedgekeur: 2022-01-28
Gepubliseer: Maart 2022

 

 

 

Koos Malan is professor in publiekreg aan die Universiteit van Pretoria. Hy publiseer oor die teoretiese staatsregkwessies soos konstitusionalisme, grondwetlike oppergesag en konstitusionele verandering. Malan is die outeur van onder andere twee akademiese werke naamlik Politokrasie: 'n peiling van die dwanglogika van die territoriale staat en gedagtes vir 'n antwoord daarop (2012), wat ook in Engelse verskyn het en There is no supreme constitution - a critique of statist-individualist constitutionalism (2020) asook van nagenoeg vyftig akademiese artikels. Hy lewer gereeld by wyse van artikels en onderhoude in die populêre media soos Politicsweb, Newzroom Africa, Netwerk24, Rapport, RSG, PretoriaFM en dergelike ander kommunikasiekanale kommentaar oor konstitusionele en politieke kwessies.
Koos Malan is professor of public law at the University of Pretoria, South Africa. He publishes on topics of constitutional theory including constitutionalism, constitutional supremacy and constitutional change. Malan is the author of, inter alia, two scholarly works, namely Politocracy: an assessment of the coercive logic of the territorial state and ideas around a response to it (2012) (originally published in Afrikaans) and There is no supreme constitution - a critique of statist-individualist constitutionalism (2020), as well as approximately fifty articles in scholarly journals. Through articles and interviews in Politicsweb, Newzroom Africa, Netwerk24, Rapport, RSG, PretoriaFM and various other forms of media Malan regularly comments on constitutional and political matters.
1 Tierney, B. 1997. The idea of natural rights - studies in natural rights, natural law, and church law 1150-1625. William B Eerdmans Co, Grand Rapids Michigan, p. 13.
2 Henkin, L. 1990. The age of rights. New York: Columbia University Press, p. ix.
3 Vgl. byvoorbeeld Bodenheimer, E. 1974. Jurisprudence - the philosophy and method of the law. Cambridge, Massachusetts: Harvard Univ. Press, pp. 134-168.
4 Tierney, B. 1997. The idea of natural rights - studies in natural rights, natural law, and church law 1150-1625. William B Adams Publishing Co Grand Rapids Michigan, p. 13.
5 Dit is juis op dieselfde universeel abstrakte wyse wat die reg op menswaardigheid in pas met Kantiaanse opvattings in die huidige grondwetlike diskoers in Suid-Afrika en elders in die liberale wêreld beskou word. Heel anders was dit in talle voormoderne gemeenskappe gesteld waar dit eerder gegaan het om die eer wat aan iemand en aan sy familie verskuldig was vanweë die plek wat hulle in die sosiale orde beklee het. Vgl. Macintyre, Alisdair. 1981. After virtue. New York: Bloomsbury Academic, p. 135.
6 Szabo, I. Historical Foundations of Human Rights in Vasak, K et al. The International Dimension of Human Rights. Greenwood Press, Westport Connecticut, 1982, pp. 11-40 op 19; Donnelly, J. Human rights and human dignity: An analytic critique of the Non-Western conception of human rights. American Political Science Journal, Vol 76 (1982):303-316, op 315.
7 Dit het begin met die Algemene vergadering van die Verenigde Nasies se aanvaarding van die Universele Verklaring van Menseregte (1948) en is mettertyd uitgebrei na twee bindende verdrae naamlik die Verbond vir Burgerlike en Politieke Regte en die Verbond vir Ekonomiese, Sosiale en Kulturele Regte (albei in 1966), sedertdien aangevul met 'n groeiende getal internasionale instrumente sowel as soortgelyke verdrae op regionale vlak in Europa, Amerika en Afrika.
8 Individuele regte, vervat in 'n handves van menseregte (die mikro-reëlings van 'n konstitusie) het so dominant geword dat dit die fokus op die makro-reëlings - die verdeling en verspreiding van gesag en wedersydse remme en teenwigte - verdoof het.
9 Artikel 7(2) Die Staat moet die regte in die Handves van Regte eerbiedig, beskerm, bevorder en verwesenlik.
10 Met die Universele Verklaring van Menseregte van die VN van 10 Desember 1948, wat as't ware 'n viering hiervan is.
11 Saaklike regte, persoonlike regte, persoonlikheidsregte en intellektuele goedere oftewel immaterieelgoedereregte.
12 Pennock, J Ronald. Rights, natural rights and human rights - a general view in Pennock, JR en Chapman, JW (reds.). Human Rights Nomos, XXIII 1981:1-28, op 1.
13 Natuurreg het volgens hierdie opvatting deel uitgemaak van die omvattende natuurwet wat die hele kosmiese geheel betrek het.
14 Die bespreking in hierdie afdeling steun ten dele op Malan, K. 2019. There is no supreme constitution - a critique of statist-individualist constitutionalism Stellenbosch. African SUN Media 8.2, pp. 232-235.
15 Dumont, L. 1986. Essays on individualism - modern ideology in sociological perspective. University of Chicago Press, pp. 24-25.
16 Die moderne soewereine self, sê Alasdair MacIntyre. Macintyre, A. 1981. After virtue. New York: Bloomsbury Academic, p. 73, is 'n moderne uitvindsel.
17 Dumont, L. 1986. Essays on individualism - modern ideology in sociological perspective. University of Chicago Press, p. 24.
18 Dumont, L. 1986. Essays on individualism - modern ideology in sociological perspective. University of Chicago Press, p. 30.
19 Morris, C. The discovery of the individual 1050-1200. SPCK, London, pp. 1972 158.
20 Vgl bv. die eerste twee hoofstukke van Siedentop, L. Inventing the individual: the origin of Western liberalism. Penguin, London, 2014.
21 Vgl. Siedentop, L. Inventing the individual: the origin of Western liberalism. Penguin, London, 2014: 61, 102, 110, 122, 131, 141, 173, 190. Vgl. verder Morris, C. The discovery ofthe individual 1050-1200. SPCK, London, 1972, p. 10.
22 Morris, C. The discovery ofthe individual 1050-1200. SPCK, London, 1972, pp. 26-29.
23 Siedentop, L. Inventing the individual: the origin of Western liberalism. Penguin, London, 2014, pp. 155, 158. Vgl. verder Morris, C. The discovery ofthe individual 1050-1200. SPCK, London, 1972, p. 10.
24 Siedentop, L. Inventing the individual: the origin of Western liberalism. Penguin, London, 2014, pp. 238, 255, 263. Oor die pouslike rewolusie vgl. Malan, K. 2011. Politokrasie - 'n Peiling van die dwanglogika van die territoriale staat en gedagtes vir 'n antwoord daarop. Pretoria: Univ Law Press, pp. 29-31.
25 Morris, C. The discovery of the individual 1050-1200. SPCK, London, 1972, pp. 64-78. Peter Abelardus se werk oor die etiek was aldus Morris, pp. 66-67, 'n tipiese aanduiding hiervan.
26 Morris, C. The discovery of the individual 1050-1200. SPCK, London, 1972, pp. 76, 108 ev. Siedentop, L. Inventing the individual: the origin of Western liberalism. Penguin, London, 2014, p. 193.
27 Morris, C. The discovery ofthe individual 1050-1200. SPCK, London, 1972, pp. 79-99; 106.
28 Daarin is mense se persoonlike gevoelens ook betuig en is daar ook oor helde, meer bepaald oor die vrywillige heroïese dade van helde geskryf, wat individualiteit uiteraard ook sterker op die voorgrond geplaas het, dog nie 'n abstrakte universele individualiteit nie, maar die uitsonderlike en unieke individualiteit, wat die deugsame held van die gewone sterflinge onderskei het. Die held was bowendien by uitnemendheid 'n gemeenskapsfiguur wat sy heldedade ten behoewe van sy gemeenskap uitgevoer het. Vgl. Morris, C. The discovery of the individual 1050-1200. SPCK, London, 1972, pp. 135, 136.
29 Morris, C. The discovery of the individual 1050-1200. SPCK, London, 1972, pp. 122 ev; 132.
30 Siedentop, L. Inventing the individual: the origin of Western liberalism. Penguin, London, 2014, pp. 230, 232. Sien ook verder in die algemeen Guizot, F. The history of civilization in Europe deur William Hazlitt vertaal en met 'n inleiding van Larry Siedentop. Penguin, London, 1977, pp. 106-107. Dit is in teenstelling met die kontraktereg in die Romeinse reg waar eenstemmigheid (konsensus) alleen dikwels nie genoeg was om 'n kontraktuele verbintenis tot stand te bring nie. Vgl Van Zyl, DH. 1977. Die geskiedenis en beginsels van die Romeinse privaatreg. Durban: Butterworths, pp. 275-284.
31 Siedentop, L. Inventing the individual: the origin of Western liberalism. Penguin, London, 2014, p.230; Morris, C. The discovery of the individual 1050-1200. SPCK, London, 1972, p. 78.
32 Soos dit treffend in die Engelse term vir testament naamlik will tot uitdrukking kom. Vgl Siedentop, L. Inventing the individual: the origin of Western liberalism. Penguin, London, 2014, p. 239.
33 Morris, C. The discovery of the individual 1050-1200. SPCK, London, 1972, p. 152 ev.
34 Vincent, A. 2011. The politics of human rights. Oxford: Oxford University Press, pp. 306-320;
35 Siedentop, L. Inventing the individual: The origin of Western liberalism. Penguin, London, 2014, pp. 306-308.
36 Siedentop, L. Inventing the individual: The origin of Western liberalism. Penguin, London, 2014, p. 309.
37 Dumont, L. 1986. Essays on individualism - modern ideology in sociological perspective. University of Chicago Press, p. 63.
38 Dumont, L. 1986. Essays on individualism - modern ideology in sociological perspective. University of Chicago Press, pp. 63-66.
39 Siedentop, L. Inventing the individual: The origin of Western liberalism. Penguin, London, 2014, p. 316.
40 Siedentop, L. Inventing the individual: The origin of Western liberalism. Penguin, London, 2014, pp. 210-311.
41 Vergelyk die bespreking van Tarnas, R. The passion of the Western mind. London: Pimlico, 2010, pp. 223-324. Malan, K. Politokrasie - 'n Peiling van die dwanglogika van die territoriale staat en gedagtes vir 'n antwoord daarop, hoofstukke 3 en 4, pp. 33-97.
42 Tarnas, R. The passion of the Western mind. London: Pimlico, 2010, p. 275.
43 "Rykskerklike wêreldgeheel" is die Afrikaanse weergawe van Böckenförde, E-W. 1981. State, society and liberty (Vertaling vanuit Duits deur JA Underwood, New York: Berg Publishing Ltd.)
44 Die uitwerking hiervan op en die wisselwerking met die opkoms van die territoriale staat word bespreek in Malan, K. Politokrasie - 'n Peiling van die dwanglogika van die territoriale staat en gedagtes vir 'n antwoord daarop. Pretoria: Univ Law Press, PULP, 2011, pp. 43-57.
45 Tarnas, R. The passion of the Western mind. London: Pimlico, 2010, p. 241.
46 Tarnas, R. The passion of the Western mind. London: Pimlico, 2010, p. 243.
47 Vergelyk die bespreking van Malan, K. Politokrasie - 'n Peiling van die dwanglogika van die territoriale staat en gedagtes vir 'n antwoord daarop. Pretoria: Pretoria Univ Law Press, 2011, pp. 33-63.
48 Dit is meer bepaald die regop individuele godsdiensbeoefening. Vgl. Malan, K. Politokrasie - 'n Peiling van die dwanglogika van die territoriale staat en gedagtes vir 'n antwoord daarop. Pretoria: Pretoria Univ Law Press, pp. 65-75.
49 Vergelyk die bespreking van Malan, K. Politokrasie - 'n Peiling van die dwanglogika van die territoriale staat en gedagtes vir 'n antwoord daarop. Pretoria: PULP, 2011, pp. 65-93.
50 Rawls, John. 1971. A theory of justice. Oxford: Oxford University Press.
51 Dumont, L. 1986. Essays on individualism - modern ideology in sociological perspective. University of Chicago Press, pp. 73-76.
52 Vgl. Nisbet, Robert. The quest for community - a study in the ethics of order and freedom. San Francisco; ICS Press, pp. 69-187; Malan, K. 2011. Politokrasie - 'n Peiling van die dwanglogika van die territoriale staat en gedagtes vir 'n antwoord daarop. Pretoria: Univ Law Press, hoofstuk 6, pp. 127-173.
53 Locke, John. 1992. Of Civil government (Second Treatise). Regebry/Gateway Inc South Bend Indiana. para 89.
54 Een van etlike voorbeelde is Oppenheim, L. 1974. International Law: A Treatise (onder redaksie van A. Lauterpacht) Vol. I Tiende druk, Longman, London, 1974, par 64, p.118.
55 Natuurlik is die idee van subjektiewe regte nie net tot universele menseregte beperk nie. Inteendeel, die Wes-Europees gebaseerde stelsels van privaatreg beskik juis oor 'n fyn ontwikkelde stel subjektiewe regte wat op onderskeibare regsobjekte betrekking het, naamlik persoonlike regte, saaklike regte, persoonlikheidsregte en intellektuele goedereregte (immaterieelgoedereregte) - iets wat natuurlik baie goed aan die Suid-Afrikaanse privaatreg met sy Wes-Europese basis bekend is.
56 Macintyre, Alisdair. 1981. After virtue. New York: Bloomsbury Academic.
57 Tierney, B. 1997. The idea of natural rights: Studies in natural rights, natural law and church law 1150-1625. Cambridge, UK: William B Eerdman, p. 18.
58 Arnold, C. Analysis of rights in Kamenka, E & Tay, A (eds). Human Rights. London: Arnold, pp. 74-86 op 78-79.
59 Vincent, A. 2010. The politics of human rights. Oxford: Oxford University Press, p. 40.
60 Vgl. die samevatting van Tierney, B. 1997. The idea of natural rights: Studies in natural rights, natural law and church law 1150-1625. Cambridge, UK: William B Eerdman met verwysing na Villey, pp. 21-22.
61 Macintyre, Alisdair. 1981. After virtue. New York: Bloomsbury Academic, pp. 142; 167, 168.
62 Oakeshott, M. Lectures in the history of political thought. Imprint -academic com Exester, 2006, p. 154.
63 Oakeshott, M. Lectures in the history of political thought. Imprint -academic com Exester, 2006, p. 154.
64 Oakeshott, M. Lectures in the history of political thought Imprint -academic com Exester, 2006, p. 155.
65 Oakeshott, M. Lectures in the history of political thought. Imprint -academic com Exester, 2006, p. 157.
66 Macintyre, Alisdair. 1981. After virtue. New York: Bloomsbury Academic, p. 70.
67 Oakeshott, M. Lectures in the history of political thought. Imprint -academic com Exester, 2006, pp. 124-127.
68 Macintyre, Alisdair. 1981. After virtue. New York: Bloomsbury Academic, p. 166. Wat Macintyre hier verklaar, strook betroubaar met die sienings wat bv. Marcus Aurelius in sy Nadenke gedurende die laat tweede eeu nC verduidelik het. Vgl Marcus Aurelius. 2004. Meditations. Penguin Books Plaats, Boek 5, para 1 43. Ek bedank graag vir Ernst Roets wat my aandag hierop gevestig het.
69 Tierney, B. 1997. The idea of natural rights: Studies in natural rights, natural law and church law 1150-1625. Cambridge, UK: William B Eerdman, p. 33.
70 Mommsen, T & Krueger, P et al. 1985. The Digest of Justinian. Latin English translation edited by Allan Watson Philadelphia, PA: University of Pennsylvania Press, 1.1.
71 Mommsen, T & Krueger, P et al. 1985. The Digest of Justinian. Latin English translation edited by Allan Watson Philadelphia, PA: University of Pennsylvania Press, 1.11.
72 Sien in die algemeen byvoorbeeld Van Zyl, DH. 1977. Geskiedenis en beginsels van die Suid-Afrikaanse reg. Durban: Butterworth.
73 In die Christelike tradisie is vertolkings van die reg as (Godgesanksioneerde) objektiewe reg eerder as subjektiewe individuele regte baie prominent. Die Tien Gebooie, ofskoon uitgedruk in Goddelike gebiedinge is terselfdertyd en na alle waarskynlikheid meer betroubaar uitdrukbaar as samevatting van 'n korrekte en regverdige natuurlike toestand (natuur- en natuurlike goddelike reg) wat eerbiedig en in stand gehou moet word. Daar is talle ander Bybelse verwysings in die Ou en Nuwe Testament, wat die beginsel van 'n harmoniese hiërargiese kosmos eggo, waarin elkeen sy plek in die samehangende geheel inneem en sy geringe of minder geringe rol daarin vertolk.
74 Vergelyk byvoorbeeld die insigte van Tierney, B. 1997. The idea of natural rights: Studies in natural rights, natural law and church law 1150-1625. Cambridge, UK: William B Eerdman, pp. 30-42.
75 Vincent, A. 2011. The politics of human rights. Oxford: Oxford University Press, pp. 12, 17; 3943. Tierney, B. 1997. The idea of natural rights: Studies in natural rights, natural law and church law 1150-1625. Cambridge, UK: William B Eerdman, pp. 30-42 toon myns insiens oortuigend aan dat hierdie sienswyse ongeldig is en dat die werk van die Glossatore, meer bepaald ook van kanoniste, die idee van subjektiewe regte in die voorafgaande twee eeue reeds veel verder gevoer het. Sien verder algemeen oor die werk Willem van Ockham Antonites, AJ. (datum nie vermeld). Middeleeuse wysbegeerte. Navorsings- en publikasiekomitee, Universiteit van Pretoria, pp. 185208 en Copleston, FC. 1972. A history of Medieval philosophy. London: Methuen, pp. 230-256.
76 Siedentop, L. Inventing the individual: The origin of Western liberalism. Penguin, London. 2014. p. 313.
77 Vincent, A. 2011. The politics of human rights. Oxford: Oxford University Press, p. 43.
78 Vincent, A. 2011. The politics ofhuman rights. Oxford: Oxford University Press, p. 43.
79 Dumont, L. 1986. Essays on individualism - modern ideology in sociological perspective. University of Chicago Press, pp. 63,65.
80 Dumont, L. 1986. Essays on individualism - modern ideology in sociological perspective. University of Chicago Press, p. 64.
81 Dumont, L. 1986. Essays on individualism - modern ideology in sociological perspective. University of Chicago Press, p. 65.
82 Strauss, L. Natural rights in history. Univ of Chicago Press. 1965, p. 182.
83 Dumont. L. 1986. Essays on individualism - modern ideology in sociological perspective. University of Chicago Press, p. 67.
84 Vincent, A. The politics of human rights. Oxford: Oxford University Press, 2010, p. 43.
85 So verklaar AP d' Entreves. Natural law. London: Hutchinson & Co, p. 55 soos volg met betrekking tot Hugo de Groot: "If natural law consists in a set of rules which are absolutely valid, its treatment must be based upon an internal coherence and necessity. In order to be a science, law must not depend upon experience, but on definitions, not on facts, but on logical deductions. Hence, only the principles of the law of nature can properly constitute a science. Such a science must be constructed by leaving aside all that undergoes change and varies from place to place.
86 Vgl. die bespreking van Malan, K. 2011. Politokrasie - 'n Peiling van die dwanglogika van die territoriale staat en gedagtes vir 'n antwoord daarop. Pretoria: Univ Law Press, pp. 156-165.
87 Bentham, J. Principles of morals and legislation in Burtt. The English philosophers from Bentham to Mill. 1967, hoofstuk 1 iv.
88 Die "apotheoses of the Individual" in die woorde van Dumont, L. 1986. Essays on individualism - modern ideology in sociological perspective. University of Chicago Press, p. 92.
89 Vergelyk die Universele Verklaring van Menseregte van die VN van 10 Desember 1948 in bepalings soos die Voorrede artikel 1 en 2. Die voorrede begin met die woorde: "Whereas recognition of the inherent dignity and of the equal and inalienable rights of all members of the human family is the foundation of freedom, justice and peace in the world..." Artikel I verklaar dat alle mense gelyk gebore is en gelyke waardigheid en regte het. Artikel 2 dat "(e)veryone is entitled to all the rights and freedoms set forth in this Declaration, without distinction of any kind, such as race, colour, sex, language, religion, political or other opinion, national or social origin, property, birth or other status."
90 Friedrich, Carl J. 1974. Limited government - a comparison. New Jersey: Englewood Cliffs, p. 87 merk op dat hierdie regte hoegenaamd nie werklik neutraal is nie. Indien wel, sou daar geen noodsaak gewees het om hulle in 'n grondwetlike dokument te beskerm nie.
91 Vergelyk Vincent, A. 2010. The politics of human rights. Oxford University Press, p. 17 se opmerkings met verwysing na Kant, Bentham en HLA Hart.
92 Bodenheimer, E. 1974. Jurisprudence - The philosophy and method of the law. Cambridge, Massachusetts: Harvard University Press, pp. 134-168.
93 Bodenheimer, E. 1974. Jurisprudence - The philosophy and method of the law. Cambridge, Massachusetts: Harvard University Press, pp. 136-137.
94 Duguit, Léon. "Objective law" 20 (1920) Columbia Law Review : 817-831 op 822.
95 Duguit, Léon "Objective law" 20 (1920) Columbia Law Review: 817-831 op 828.
96 Goosen se sienswyse - 'n konserwatisme waarin die insigte van Edmund Burke en Alexis de Toqueville weerklink - is die deurtrek die beredenering van sy - Goosen se - hoofwerke: Goosen, Danie. 2007. Die nihilisme - notas oor ons tyd. Johannesburg: Praag en Goosen, Danie. 2015. Oor gemeenskap en plek. Pretoria: FAK.
97 Dit is presies teen hierdie agtergrond wat die klassieke en klassiek-geankerde nadenke oor die familie in bv. Aristoteles se Politeia en omstreeks 1800 jaar later in Althusius se Politica (en baie ander) verstaan moet word. Oor vriendskap het Aristoteles in sy Nicomachiese etiek en Cicero in sy Oor Vriendskap nagedink.
98 Die onderskeidende eienskap van die liberale regsbeskouings soos dit veral prominent deur John Rawls uiteengesit is, is dat denkbeelde met betrekking tot die goeie juis buite die konsep van die reg geplaas word ten gunste van die gemonopoliseerde posisie gelyke individuele regte van abstrakte individue. Kyk: Rawls, John. 1971. A theory of justice. Oxford: Oxford University Press.
99 Vgl Levitikus 19 vers 18 en Mattheus 22 vers 39.
100 Ek sê redelikerwys, want die opdrag is nie om die naaste liewer te hê as jouself nie, maar inderdaad lief te sê soos jouself. Dit strook interessant genoeg met die Romeinsregtelike maatstaf van sorgsaamheid teenoor iemand se saak, naamlik die graad van sorgsaamheid wat die diligens paterfamilias teenoor sy eie belang aan die dag lê; nie meer as dit nie.
101 Wat betref die geheel en die plekke, rolle ens. daarin verklaar MacIntyre: "The presupposition which all three share is a cosmic order which dictates the place of each virtue in a total harmonious scheme of human life. Truth in the moral sphere consists in the conformity of moral judgment in the order of this scheme" (Macintyre, A. 1981. After virtue. New York: /Bloomsbury Academic, p. 166).
102 Vgl. Goosen, Danie. 2015. Oor gemeenskap en plek. Pretoria: FAK, Hoofstuk 5: 81-91.
103 Thomas Hobbes, die oervader van die moderne liberalisme het juis hierdie insig oor die stryd-geaardheid van die verhoudings tussen gelykes gehad. Dit spruit voort uit wesenlik gelyke mense se botsende appetites and aversions.
104 Dit is wat kragtens 'n positivistiese beskouing van die reg, soos deur byvoorbeeld Hart, HLA. 1961. The concept of law. Oxford: Clarendon Press geformuleer, aangevoer word. Die ses konsepte waarmee ons hier werk, is volgens hierdie beskouing juridies irrelevant omdat dit soos moraliteit en godsdiens buite die (eng) positiefregtelike konsepte van regte en verpligtinge staan.
105 Hier en daar skemer dit deur - word die ontoereikendheid van regte erken - etiek - etiese reëls van regters; regspraktisyns, ministers, ens. Wanneer dit gebeur, is dit eintlik niks anders nie as dat hierdie by die reg betrek word.
106 Bodenheimer, E. 1974. Jurisprudence: the philosophy and method of law. Cambridge, Massachusetts: Harvard University Press, p. 273.
107 Ons sou dit ook as staatlik-individualistiese konstitusionalisme kon beskryf, wat juis is wat gedoen is in: Malan, K. 2019. There is no supreme constitution - a critique of statist-individualist constitutionalism. Stellenbosch: African SUN Media - kyk meer bepaald pp. 31-41.

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons