SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.61 issue2NP van Wyk Louw's Die pluimsaad waai ver, of Bitter begin revisitedThe theme of love in Tristia by NP van Wyk Louw and his "Groot ode" as a love elegy author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Tydskr. geesteswet. vol.61 n.2 Pretoria Jun. 2021

http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2021/v61n2A16 

AANKONDIGING

 

Internasionale medewerker van Tydskrif vir Geesteswetenskappe in Nederland Vereer

 

 

 

Paul van Tongeren, emeritus hoogleraar Wysgerige Etiek aan die Radboud Universiteit Nijmegen en die KU Leuven, is onlangs vereer met die titel Denker des Vaderlands. Hierdie eerbewys word tweejaarliks in Nederland toegeken. Daar is geen offisiële taakomskrywing vir die Denker des Vaderlands nie. In 'n onderhoud met die dagblad Trouw spreek Van Tongeren sy ambisie vir die komende twee jaar uit: "Ik heb me de laatste twintig jaar ingezet om in mijn werk een brug te slaan tussen de academische filosofie en de publieksfilosofie. Die mogen niet uit elkaar groeien, ze hebben elkaar nodig."

In dieselfde onderhoud vertel Van Tongeren dat hy as Denker des Vaderlands graag die wonder van betekenis aan die orde wil stel. Dit blyk ook uit die titel van die boek wat by die aanvang van sy termyn verskyn het: Het wonder van betekenis. Op zoek naar geluk en wijsheid met Paul van Tongeren, met Marc van Dijk as mede-outeur (Uitgeverij Boom, 160 ble., 15).

Van Tongeren is 'n outoriteit op die gebied van die filosofie van Nietzsche. Hierbenewens is hy 'n kenner van die Aristoteliese deug-etiek. Op basis van hierdie twee spesialismes het hy inmiddels meer as tien filosofiese boeke vir 'n breë publiek geskryf - boeke wat in verskeie tale vertaal is en waarvan sommige vele herdrukke beleef het. Met sy boek Leven is een kunst is hy in 2013 bekroon met die Socrates-prys vir die mees oorspronklike en prikkelende filosofieboek van daardie jaar. Dit het onlangs in Engelse vertaling verskyn onder die titel The Art of Living Well.

Van Tongeren is sedert die jare negentig 'n gereelde besoeker aan Suid-Afrika, onder meer aan die Universiteite van Pretoria en Stellenbosch. In 2017 was hy vir drie maande 'n genoot van die Stellenbosch Institute for Advanced Study (STIAS). Hy is ook 'n mede-oprigter en meelewende lid van die Nederlands-Afrikaanstalige Genootskap vir Wysbegeerte. Verskeie artikels van hom is al in Suid-Afrikaanse vaktydskrifte gepubliseer, o.a. in Tydskrif vir Geesteswetenskappe waarvan hy tewens 'n internasionale medewerker is.

Marinus Schoeman

E-pos: schoeman.m@mweb.co.za

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License