SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.61 número2NP van Wyk Louw's animals and figures: An ecocritical readingNP van Wyk Louw's Die pluimsaad waai ver, of Bitter begin revisited índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Tydskr. geesteswet. vol.61 no.2 Pretoria Jun. 2021

 

GEDIGTE POEMS

 

1 Hennie Pieterse

 

 

WINTERREËN
17 Junie 2020

Gekrimpvarkie in koue erger as ooit
sien ek swartryp wat opbrengste gevries stroop;
met winters in die noorde reën dit ongeveer nooit
wintereën spel dus tog weer nuwe hoop?

SOMERREËN
24 Jan. - 10 Feb. 2021

Skielik pak wit wolke saam en stort neer asof dit ween,
weer 'n ouderwetse drie agt dae geelperskereën
wat sweep klap en die Gariepdam en die Vaaldam laat stort oor hul walle;
grond, gras, dier, rivier en ook mense word ryklik geseën.

KOKERBOOM
Aloe dichotoma

In ons barre Suid-Afrika waar die ongenadige son alles braai,
van Aggeneys deur dorre stof, sand en klippe tot by Alexanderbaai
staan jy, kokerboom, onwrikbaar, ongestoord stewig in die grond gewortel
en steeds geelblom jy, hoe swaar ook, soos ons almal, want ons is gehard taai.

BOSVELDBOOM

(Skuilende klein bobbejaantjie Kira onder 'n boom gered - Beeld 31 Julie 2018)

Met my arms om 'n bobbejaantjie gevou
kon Kira oorleef omdat sy my vertrou
eeu op eeu na beskerm ek dier en mens
hoe sal ék in strooptogte my bas kan red?

KREMETART

Adansonia digitata

In Limpopo staan, volgens plantkundiges, 'n 3000 jaar oue kremetartboom.

Vir 2000 jaar al sorg jy met goeie vrugte en bas
vir ons voorouers, en skuil dier en mens styf teen jou stam,
hongeriges en wanhopiges hoop met vuur en vlam:
kremetart, staan jou sorg vir ons álmal nog grondig vas?

SPEKBOOM

Portulacaria afra

In ons erf langs die straat staan 'n groot spekboom,
hy asem koolstof in en blaas in 'n stroom
suurstof uit, wat infilter in ons huis, terwyl
ons nog kan asemhaal is ons vars lug skoon.

TREURWILGER

Salix

'n Groot groen wilgerboom staan langs ons plaasdam
waarvan die slap takke hang asof verlam.
Waarom sou die immergroen boom altyddeur treur?
Sy is in haar liefde verlaat en verarm.

KAREEPOORT

Noord van Magaliesberg net oos van Mooinooi is die poort
Kareepoort waar ek in koel karee gelukkig groot word
langs strome uit die berg wat deur kareebome vloei na 'n oord;
nou woon daar vreemdes - tog gaan hul bestaan nog deur Kareepoort.

GRASAALWYN

Aloe minima

Grasaalwyn, oorlewingswenner vir almal in ons land,
veldvuur en vertrapping, hoe fel ook, maak jou nie van kant;
tussen langer veldgras staan jy op die grond nogal klein
en tog stoot jy jou stingel óp en blom aan die bo kant.

SMUTSVINGERGRAS

Digitaria eriantha

Op alle grondsoorte floreer jy, Smutsvingergras,
selfs oorgeplant in Australië en Amerika;
hoe jy jou ook al loswikkel, jou wortels bly Afrikaans,
maar vir ons skrale lewensbrood is jy steeds nommerpas.

HENNIE PIETERSE

E-pos: pietehjc@absamail.co.za

NB "Kokerboom", "Grasaalwyn" en "Smutsvingergras" word gepubliseer met toestemmimng van LitNet www.litnet.co.za

 


 

2 Pieter Verster en Pieter Lafras Verster

Vir 'n ma en ouma: Frida Cornelia Verster (Gebore: 02-06-1922; Oorlede:16-09-2020)

 

PIETÀ

Haar sagte hande hou Hom
soos die lewe vas.
Sal die liefde ooit so die dood troef?

Nou lê Ma self soos 'n kind,
in die Here se verwonde palms
en lééf met Hom.

Pieter Verster (22-10-1954)

* * *

BLOU

Fyn Venesiese glas.
'n Reukwaterbotteltjie,
'n leeftyd behoue
in kristalblou.

Met my kinderdenke
kon ek deel in die skat van oor die waters:
van 'n matriarg.

Die aroma het oor die jare vaag geword,
soos 'n ou vrou se denke.
'n Herinnering
wat dalk nie meer bestaan nie.

Met 'n sagte sug
verenig die skakerings in die hemelse blou;
die ewige blou.

Pieter Lafras Verster (04-03-1993)

PIETER VERSTER
E-pos: versterp@ufs.ac.za

PIETER LAFRAS VERSTER
E-pos: versterp93@gmail.com

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons