SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.61 número2What comes after South Africa's fiscal cliff?The buyers at the Cape of Reis naar Syrië en Palestina in 1851 en 1852 (1854) by CWM van de Velde índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Tydskr. geesteswet. vol.61 no.2 Pretoria jun. 2021

http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2021/v61n2a6 

NAVORSINGS- EN OORSIGARTIKELS RESEARCH AND REVIEW ARTICLES

 

'n Chinese padkaart vir die hervestiging van vrygelate gevangenes: 'n Gevallestudie

 

A Chinese road map to offender re-entry: A case study

 

 

Casper Lötter

Na-doktorale Navorsingsgenoot Noordwes-Universiteit Potchefstroom. Suid-Afrika. E-pos: casperltt@gmail.com

 

 


OPSOMMING

Hierdie bydrae is 'n kruis-kulturele oefening, binne 'n filosofiese, interdissiplinêre perspektief, waar gesteun word op die werk van beide Derrida en Lacan oor die verplasing van die betekenaar van sy oorspronklike samehang na 'n vars, vreemde konteks. In die lig van die bewese versuim van hervorming en die onaanvaarbare mislukking van hervestigingspogings in Westerse jurisdiksies (wat Suid-Afrika insluit), word data op uitgesoekte straf- en hervestigingspraktyke in die Volksrepubliek van China ingewin en gekodeer met die oog op die aanbieding van 'n padkaart vir die hervestiging van vrygelate gevangenes op eie bodem. Die uitgesoekte temas wissel van hervestiging tot gevangehouding (in daardie omgekeerde orde). Die data is ingewin by wyse van sekondêre data-analise en gekodeer deur die gebruik van 'n tematiese patroon. Hierdie oefening is geïnspireer deur Braithwaite se belangrike onderskeid tussen hardestigmatiserend-beskamende kulture (Suid-Afrika, die VSA) en integrerend-beskamende kulture (China, Japan). Deur 'n abduktiewe ("abductive") navorsingsbenadering met 'n kultuurvermengingsmetode te verbind, is dit moontlik om data van die Volksrepubliek saam te snoer met waarnemings oor hoe dit bestaande hervestigingstendense in Suid-Afrikaanse pogings tot hervorming van gevangenes kan aanvul. Gegewe die ingewikkelde aard van misdaad, word van 'n interdissiplinêre benadering gebruik gemaak in 'n poging om met behulp van 'n nuwe aanwending van 'n ou teorie en in 'n nuwe konteks 'n beter begrip van misdaad te bekom.

Trefwoorde: kruis-kulturele oefening; uitgesoekte straf- en hervestigingspraktyke; Volksrepubliek van China; eie bodem; sekondêre data-analise; padkaart; hervestiging van vrygelate gevangenes; Braithwaite se belangrike onderskeid; hardestigmatiserend-beskamende kulture; integrerend-beskamende kulture


ABSTRACT

This contribution is a cross-cultural exercise, within a philosophical, inter-disciplinary perspective, where the work of Derrida and Lacan on transplanting the signifier from its original context and re-inscribing it onto foreign soil, is used to bolster the case for inducting selected, penological and resettlement practices from a foreign culture (the Peoples' Republic of China [the PRC]) into a South African context. As no transplantation's success is guaranteed, Chris Allsobrook's "African Recognition Theory" as well as Tom Zwart's "receptor" approach is employed to tilt the odds in favour of a successful African inscription. Allsobrook's African Recognition Theory is considered as a way of understanding how the concept of "cultural mixing" can be employed to allow for a home-grown remedy to take shape while Zwart's "receptor" approach is explored against the background of its successful use to ameliorate the social problems in Africa. It is argued that mass imprisonment, following the American model, is more likely than not the result of schemes-for-profit (both in South Africa and the US) than a genuine concern over crime and re-offending rates. The so-called prison-industrial complex thrives on the back of imprisonment as our dominant sentencing regime and the latter has clearly not delivered what it had promised, namely safer communities and sustainable re-offending rates. It is contended that with South Africa having one of the highest incarceration rates in Africa and certainly one of the highest rates of recidivism in the world, a larger portion of the Department of Correctional Services' (DCS) budget than a mere 12% should go towards rehabilitation and, especially, resettlement efforts. In view of the demonstrable neglect of rehabilitation and the dismal failure of resettlement efforts in Western jurisdictions (including South Africa), data on selected rehabilitation and resettlement practices in the PRC is collected and coded to present a road map for offender re-entry. The themes selected range from resettlement to incarceration (in that inverted order). The data is collected by way of secondary data analysis and coding using a thematic imprint. This exercise is performed against the background of Braithwaite's seminal distinction between stigmatising shaming (of which South Africa and the United States are examples) and integrative shaming (of which China and Japan are examples) cultures. The argument is that features of the latter will greatly aid resettlement efforts and the struggle against unsustainable recidivism rates in South Africa. The concept of ubuntu, a well-established integrative shaming feature in Southern African indigenous cultures, is highlighted as a feature that could greatly assist the transplantation process. Indeed, an investigation of the now-defunct flower of an integrative shaming culture (1949-1996), has much to offer SA's harsh stigmatising shaming climate. By adopting an abductive research approach wedded to a "cultural mixing" method, it is possible to intersperse the data from the PRC with observations on how these could complement existing rehabilitative trends in South African corrections. The discussion of the data gleaned from the Chinese theater is interspersed with material from both Western and local sources on how the transplantation from China to South Africa could best be accomplished. It is contended that, taking an analogy from Stiglitz, the prison has no "moral compass" and should be managed to produce the desired outcomes in terms of both rehabilitation and sustainable resettlement, as the Chinese experience has demonstrated. In view of crime's complex nature, an inter-disciplinary approach is adopted and the hope is expressed that this novel use of an old theory in a new way and context would add insight to our understanding of crime. It is to be hoped that in light of South Africa's (newish) Minister of Justice and Correctional Services, Ronald Lamola's, acknowledgement of corrections' tendency to warehouse managing of offenders and his undertaking to add renewed impetus to the department's rehabilitation and resettlement efforts, that this contribution could add value to his pledge.

Keywords: cross-cultural transplantation; selected penological and resettlement practices; Peoples' Republic of China, South African perspective; secondary data analysis; road map; offender re-entry; Braithwaite's seminal distinction; stigmatising shaming cultures; integrative shaming cultures


 

 

To have once been a criminal is no disgrace.

To remain a criminal is the disgrace. - Malcolm X

 

INLEIDING

In hierdie vergelykende ondersoek word Braithwaite se belanghebbende onderskeid tussen stigmatiserend-beskamende en integrerend-beskamende kulture ingespan ten einde die belang daarvan vir postapartheid Suid-Afrikaanse straf- en hervestigingspraktyke uit te lig. Alhoewel dit so is dat Braithwaite se werk uit die 1990s dateer, wend ek sy gedagtegang aan binne 'n ander, daarvan verskillende samehang of konteks (Chinees-Afrika kruis-kulturele verryking) en met 'n ander doel, naamlik die verplasing en versorging van integrerend-beskamende kultuurprodukte in 'n stigmatiserend-beskamende omgewing. In die woorde van Richard Dawkins (1989:xvi), "often the most important contribution a scientist can make is to discover a new way of seeing old theories or facts". As hierdie stelling waar is vir die natuurwetenskappe, hoeveel te meer geld dit nie vir die sogenaamde geesteswetenskappe (waaronder kriminologie sekerlik tel) nie? Met Dawkins se waarneming as my vertrekpunt, poog ek om beide Braithwaite se teorie en navorsingsdata van China se nou-ontbinde integrerend-beskamende kultuur van die vorige eeu op 'n nuwe manier aan te wend.

Misdaad is 'n "komplekse" probleem (Lötter 2020a:6-8) in ons samelewing wat tans beveg word met 'n bestuurstyl waar voorkeur verleen word aan praktyke soos "waenhuisverpakking", wat weinig, indien enige, ruimte bied vir hervormingsinisiatiewe. In die Suid-Afrikaanse samehang of konteks is hierdie ongewenste toedrag van sake onlangs deur ons nuwe Minister van Justisie en Korrektiewe Dienste, Ronald Lamola, uitgelig met sy verwysing na die waenhuisverpakking van oortreders in Suid-Afrikaanse tronke (News24 2019:np). Hy het ons land 'n "renewed focus on the rehabilitation of prisoners" belowe.

Tronkontbondingsaktiviste, soos Angela Davis (2003; 2005) en Michelle Alexander (2012), wys op die rol van gevestigde belange in die opblaas van heroortredingstatistieke, waardeur die gevangenis omskep word in 'n tronkindustrie ("prison-industrial complex"), oftewel 'n besigheidsmodel eie aan laat-kapitalisme. Davis wys voorts daarop dat die bedrywighede rondom hierdie tronkindustrie in die Verenigde State daarop gemik is om sosio-ekonomiese projekte, soos onderwys, mediese sorg en die instandhouding van paaie, af te skaal ten gunste van die uitbouing van die gevangenis vir geldelike gewin.

Ter plaatse is Bosasa welbekend as 'n verskaffer van toegangsbeheer-, omheinings- en voedingsdienste vir die Departement van Korrektiewe Dienste (DKD). Gegewe die huidige aantygings van bedrog teen Bosasa, wat verband hou met staatskaping, kan aangeneem word dat fondse binne die Departement onwettig en onregmatig weggekeer word van goedgekeurde en dringende projekte, soos onvoldoende instandhouding, personeeltekort en die hervestiging van oortreders, waardeur 'n sogenaamde "lugborrel" aan die einde van die finansiële jaar geskep word (Lötter 2020b:4-5; Stayn & Vecchiatto 2019:50). Na hierdie lugborrel is tereg as fiskale storting ("fiscal dumping") verwys, aangesien dit kunsmatig gevorm word vir die aanwending van weglaatbare behoeftes. 'n Goeie voorbeeld hiervan is die vooruitbetaling van 110 miljoen rand vir televisies vir DKD, wat die Departement probeer regverdig het met die redenasie dat die uitgawe die aanklag van onderbesteding sal ondervang. Hierdie sirkelredenasie het uiteraard niemand oortuig nie, maar dit is 'n uitstekende voorbeeld van die verskynsel van tronkindustrie in die Suid-Afrikaanse konteks. In hierdie verband is dit interessant om daarop te let dat selfs hervormingspogings nie losgemaak kan word van kapitalistiese praktyke nie. Joseph Stiglitz (2016:140) wys daarop dat die onlangse Amerikaanse belangstelling in die hervestiging van vrygelate oortreders, soos deur die Obama-regering bekragtig (uiteengesit deur The New York Times, Lichtblau 2016:np), die gevolg van niks anders as gelddruk op die uitbreiding van die gevangenis is en nie, soos 'n mens sou hoop, geïnspireer is deur kommer oor heroortredingsyfers nie.

In beide die VSA en Suid-Afrika het die verskynsel van die tronkindustrie gelei tot 'n dieper begrip van sogenaamde "alledaagse misdaad" ("conventional crime") in konflikbelaaide gemeenskappe met hoë vlakke van ongelykheid, werkloosheid en armoede te midde van andersins materiële oorvloed (Davis 2003, 2005; Kriegler 2018; Lötter 2020b) .

Teen hierdie agtergrond is John Braithwaite (1989) se grondliggende onderskeid tussen integrerend-beskamende en stigmatiserend-beskamende kulture insiggewend. In eersgenoemde kultuur (waarvan China en Japan goeie voorbeelde is) word daar gepoog om vrygelate gevangenes by wyse van liefde en oortuiging haalbaar binne hul gemeenskappe te hervestig. Dit is interessant om daarop te let dat dit kenmerkend is van kommunale samelewings ("communitarian societies"), wat uiteraard integrerend-beskamende kulture vestig, dat lede hoogs interafhanklik van mekaar is en die indiwidu haar identiteit vanuit die groep verwerf (Lötter 2018:67). In teenstelling hiermee dryf stigmatiserend-beskamende kulture hul vrygelate oortreders weg van die hoofstroomkultuur, gewoonlik reguit in die arms van kriminele sub-kulture (Braithwaite 1989:20 & 100). Ter plaatse erken Minister Ronald Lamola die afbrekende invloed van stigma in sy verwysing na die "under-development of ex-offenders" (News24 2019:np). Op haar beurt verhelder Michelle Alexander (2012:95-96) op treffende wyse die ongewenste posisie van vrygelate gevangenes in stigmatiserend-beskamende kulture soos volg:

The disturbing phenomenon of people cycling in and out of prison, trapped by their second-class status, has been described by Loic Wacquant as a "closed circuit of perpetual marginality." Hundreds of thousands of people are released from prison every year, only to find themselves locked out of the mainstream society and economy. Most ultimately return to prison, sometimes for the rest of their lives. Others are released again, only to find themselves in precisely the same circumstances they occupied before, unable to cope with the stigma of the prison label and their permanent pariah status.

Teenoor so 'n betreurenswaardige uitbeelding van 'n lewenswyse onder die juk van stigma, doen Braithwaite aan die hand dat 'n ander realiteit moontlik is. Hy (Braithwaite 1989:9) ondersoek die voordele verskans in 'n integrerend-beskamende kultuur en verduidelik dat hervestiging beskou word as "a tool to allure and inveigle the citizen to attend to the moral claims of the criminal law, to coax and caress compliance, to reason and remonstrate with him over the harmfulness of his conduct." Braithwaite (1989:100) het geen twyfel oor die feit dat wat hy "labelling behaviour" in stigmatiserend-beskamende kulture noem, 'n sterk dryfveer vir heroortreding is nie. Hoewel daar geen betroubare statistieke oor heroortreding in Suid-Afrika beskikbaar is nie (Muntingh 2005:28; Pierce & Kiewit 2020), word wel beweer dat heroortredingsyfers plaaslik hier so hoog as 84-87% of selfs 86-94% kan wees (Murhula & Singh 2019; Ngabonziza & Singh 2012:87; Schoeman 2010:81; Pierce & Kiewit 2020). In hierdie verband, betoog Matthew Cronje (2017:23) dat "[d]espite the inconsistent and often scientifically questionable findings, South Africa does have a high crime rate and overcrowding, human rights violations, inadequate services and scarce resources have been found to be associated with recidivism." 'n Verdere opmerkbare verskynsel is dat die ideaal van betekenisvolle hervorming in postapartheid Suid-Afrika, in navolging van die Amerikaanse model as maatstaf, ontkoppel het van die algemeen aanvaarbare gevangenispraktyk (Davis 2003:40, 43; Muntingh 2008).

Indien oortreders wel hervorm, geskied dit ten spyte, eerder as gevolg van, die gevangenis. Soos Mechthild Nagel (2008:71) dit stel, "[i]mprisonment then is the antithesis of ubuntu, a practice of separation of humanity". Ondanks die feit dat daar toegegee moet word dat die idee van ubuntu in Suid-Afrikaanse politiek en kultuur nie maklik gedefinieer kan word nie (Praeg 2014:12-14; Ramose 1999:44; Achille Mbembe, soos aangehaal in Praeg 2014:21), is dit nietemin te hope dat die beoogde oorplasing van uitgesoekte idees vanuit 'n integrerend-beskamende kultuur mooi aanklank sal vind by kenmerke soos ubuntu in Suid-Afrika se ongenaakbare stigmatiserend-beskamende kultuur (Lötter 2018:269). Hoewel Chinese heroortredingstatistieke ingewikkeld is (as gevolg van, onder andere, 'n gebruik om heroortreders tereg te stel), is dit nietemin van waarde om Chinese statistieke van tussen 6-8% in gedagte te hou (Dutton & Xu 1998:322). 'n Ondersoek na uitgesoekte Chinese hervorm- en hervestigingspraktyke word dus onderneem met praktykverbeterings vir plaaslike beleidsformulerings in gedagte.

Opsommenderwys kan gestel word dat Braithwaite (1989) se belangrike onderskeid tussen integrerend-beskamende en stigmatiserend-beskamende kulture die grondslag vorm vir 'n vergelykende ondersoek na Chinese en Suid-Afrikaanse praktyke. Data van 'n eietydse integrerend-beskamende kultuur (China op die vasteland tussen die jare 1949-1996) word by wyse van sekondêre data-analise ("secondary data analysis") versamel en vervolgens geïnterpreteer deur gebruik te maak van tematiese kodering ("thematic coding"). Uiteindelike oorplanting van uitgesoekte Chinese hervestigingspraktyke na eie bodem sal hopelik lei tot 'n meer versorgende omgewing vir gewese oortreders (my emansipasie-oogmerk) en terselfdertyd Suid-Afrika se onhoudbare heroortredingsyfers kan beperk. Ek ondersoek vervolgens die gedagte van kultuurvermenging.

 

KULTUURVERMENGING EN DIE ONTVANGERBENADERING

Kultuurvermenging in die konteks van die oordrag van idees van China na Suid-Afrika, kan aangevul word met Tom Zwart se begrip van die ontvangerbenadering ("receptor approach"). In hierdie benadering word tuisgemaakte remedies in die plek van Westerse alternatiewe aangemoedig, ten einde die kulturele legitimiteit of aanvaarbaarheid van 'n voorgestelde oorplanting te bevorder (Zwart 2012:546-547). Nuwe idees is meer geneig om in 'n nuwe konteks aanvaarbaar te wees indien hul met bestaande gebruike vermeng word.

Die ontvangerbenadering is 'n begrip wat gemunt is na aanleiding van die idee dat ontvangermolekules as hekwagters diens doen en slegs daardie seine toelaat wat die membraan mag binnegaan (Zwart 2012:548). In baie nie-Westerse gemeenskappe is informele sanksies, in teenstelling met regsoptrede, byvoorbeeld baie meer doelgerig in die regulering van die breë gemeenskap. Confucianisme en saambesit ("collectivism") is kenmerkend van Oosterse en Afrika-gemeenskappe onderskeidelik (Zwart 2012:551-552). Die idee van kulturele integriteit is die draaipunt waarom die ontvangerbenadering wentel en dit vind aanklank by die ontvangende kultuur se inherente logika. 'n Minder perfekte vermenging sal aandring op die byvoeging van een of meer bykomstige plaaslike elemente ten einde daardie praktyksreël meer ontvanklik vir kulturele legitimiteit en werkbaarheid te maak (Zwart 2012:554).

Zwart (2012:569) wys daarop dat die ontvangerbenadering 'n groter mate van sukses behaal in tradisionele gemeenskappe, waar samehorigheid eerder as individualiteit, en regstellende, eerder as vergeldende geregtigheid gekoester word. Die ontvanger-benadering lei logieserwys tot 'n oorweging van die regverdiging van die Chinese gevallestudie. In besonder, neem ek my vertrekpunt van beide Lacan (1991, 1977) en Derrida (1982) se idees rondom die "ketting van betekenaars" ("signifying chain") of die "glydende betekenaar" ("sliding signifier"), onderskeidelik, met die oog op die ontwikkeling van 'n kruis-kulturele invalshoek.

Sodanige vergelykende benadering tot die oorweging, begrip en moontlike oplossing van maatskaplike knelpunte is niks nuut nie. So ver terug as 1895 reeds, het Durkheim (1982/1895) die voorstel gemaak dat vergelykende, kruis-kulturele sosiologie aanvaar moet word as die mandaat van alle vertakkinge van die sosiologie. Volgens Peter Winch (1964:317) is die bestudering van vreemde kulture van onskatbare waarde in die naspeur van ons eie kultuur. Op 'n soortgelyke wyse het Allen (1992:85) uitgewys dat:

It is the author's conviction that the process of looking at other systems provides us with an opportunity to evaluate and understand our own system. It gives us a perspective that is difficult to gain from within our own system. It was with the view of learning from the Chinese what characteristics of their corrections program would be transferable to the West that the author participated in a criminal justice delegation [to the PRC].

In Lötter (2018:37-38) is reeds betoog dat Suid-Afrika se oorwegende straftoemetingsparadigma 'n ondersoek na ander jurisdiksies se straf- en hervestigingspraktyke regverdig. In hierdie bydrae word gepoog om idees van 'n post-Mao Chinese teater teen die tweede helfde van die 20ste eeu na 21ste-eeuse postapartheid Suid-Afrika te verplant en ek neem eersgenoemde praktyke aanstons onder die loep.

 

CHINESE STRAF- EN HERVESTIGINGSPRAKTYKE

In 'n poging om te voorsiene kritiek teen die keuse van die Chinese teater by te lê, word gesteun op Habermas (1979) se bekende begrip van rasionele herkonstruksie van toepaslike data. Volgens Habermas (soos aangehaal in McCarthy 1978:233; oorspronklike teks nie tot my beskikking nie), beteken herkonstruksie "that one takes a theory apart and puts it back together in a new form, in order better to achieve that goal which it set for itself". Die keuse om data by wyse van sekondêre data-analise te versamel, eerder as oorspronklike veldwerk in China aldaar, is deur praktiese oorwegings bepaal. Nie net is 'n groot gedeelte van die data beskikbaar in Engels nie, maar die Chinese integrerend-beskamende kultuur het na 1996 begin verander en stigma (die kenmerk van die stigmatiserend-beskamende kulture) het weer sy verskyning begin maak nadat dit in 1949 (met die uitroep van die republiek) deur die Chinese kommunistiese leierskap verban is. Die laasgenoemde strafbeleid het berus op Mao se siening van die radikale potensiaal vir die hervorming van gewese gevangenes - hy het naamlik aangevoer dat die oorgrote meerderheid van oortreders met sukses hervorm of herskep ("remoulded") kan word. Aangesien die hoogty van die Chinese integrerend-beskamende kultuur die jare 1949-1996 dek, maak dit sin om bronne uit hierdie periode na te gaan met die oog op die inwin van data by wyse van sekondêre data-analise.

Die data wat op hierdie manier ingesamel word, word dan geanaliseer by wyse van oop, tematiese analise. Dit laat die moontlikheid oop vir onverwagte, verrassende bevindings en ontdekkings op voorwaarde dat diesulkes wel teenwoordig is (Timmermans & Tavory 2012:170). Aanvaarbare antwoorde word inderdaad van my data-inwinnings- en analiseproeflopies verwag. Dat juis die Chinese teater vir hierdie projek gekies is, berus op die keuse vir 'n transdissiplinêre perspektief. Dit is gepas om die keuse van die Chinese straf- en hervormingspraktyke te verdedig in die lig van groeiende kritiek teen sogenaamde denk- en heropvoedingsneigings wat tans in daardie land toegepas word. Ondanks die meriete van Chinese straf- en hervormingspraktyke is die vraag of dit met vrug van hul oorspronklike konteks verwyder en elders verplant kan word? My antwoord op hierdie vraag is 'n besliste ja en ek oorweeg vervolgens die tematiese aanbieding van my resultate.

 

TEMATIESE AANBIEDING VAN DIE RESULTATE

Voor die afskop van die sosialistiese bedeling op Chinese bodem, is vrygelate gevangenes aan ongenaakbare stigma in die tradisionele Chinese gemeenskap blootgestel (Dutton & Xu 1998:297-299). Stigma is dan ook die enkele mees belangrike uitdaging in die hervestigingspogings van hierdie groep en hou intens verband met afskaffing of verlating van die hervormingsideaal ten gunste van 'n bestuurstyl gekenmerk deur waenhuisverpakking (Lötter 2018:180). Mao (2004a/1949; 2004b/1956), as die stigter van die Volksrepubliek se integrerend-beskamende kultuur, het die oortuiging gehuldig dat "most criminals could be remolded" tot vars gemunte, produktiewe burgers deur ideologiese opleiding en "reform through labour"-programme. Wat egter dadelik verstaan moet word, is dat wat die Chinese met herskepping ("remoulding") bedoel, nie bloot neerkom op weerhouding (soos die geval in die Weste) nie, maar wel ideologiese breinspoeling en ideologiese heropleiding wat die skepping van 'n nuwe denkwyse en identiteit behels (Lötter 2019:505).

Terwyl hierdie radikale invalshoek die Westerse gevoel oor outonomie en psigiese integriteit mag skok, moet daarop gewys word dat vir die meeste Chinese binne 'n sosialistiese en kommunale samelewing, dit heeltemal sin maak, aangesien die indiwidu hier sy identiteit van die groep verwerf en groepsbelange oor die algemeen voorkeur bo dié van die indiwidu geniet. Hierdie kommunale begrip vind mooi byval by die isiXhosa spreekwoord, "'n mens is 'n mens oor of deur ander mense". Xinyuan Wang (2019:np) verduidelik hierdie punt, binne die raamwerk van China se voorgestelde maatskaplike kredietstelsel, deur daarop te wys dat die meeste Chinese "[are] less concerned about giving up some privacy if it meant a significantly higher degree of security and certainty".

Mao se benadering tot die wese van die menslike vind mooi aanklank by die tradisionele Chinese voorkeur tot bemiddeling en oortuiging bo straftoedeling (Dutton & Xu 1998:299-301). Dutton & Xu (1998:292) munt dan ook die frase "an amalgam of traditional methods and values wed to a Marxist framework" om die suksesvolle vermenging van hierdie twee uiteenlopende stelsels te verduidelik. Teen die agtergrond van hierdie aanloop, skenk ek vervolgens aandag aan die gedagte van haalbare vestiging.

Haalbare Hervestiging

Heropleiding en ideologiese breinspoeling is nie die enigste maniere waarop die Chinese in die Volksrepubliek met misdaad en heroortreding werk nie. Die Volksrepubliek beskou die haalbare hervestiging van vrygelate gevangenes as van optimale belang, maar dit is ook van belang dat 'n Westerse gehoor die Chinese grense verstaan, aangesien dit baie anders as dié is wat in 'n Westerse konteks toepassing vind.

Allen (1992:85-86) dui aan dat hervorming en hervestiging vir die Chinese 'n saak van erns is. Indien dergelike pogings egter faal, huiwer die Chinese nie om heroortreders tereg te stel nie. Elke jaar stel die Volksrepubliek derduisende heroortreders tereg, meer so as enige ander land ter wêreld, vir misdade wat wissel van nietighede tot moord en verkragting. Allen (1992:86) stel hierdie netelige punt soos volg: "So, while in the West, the criminal justice system may lack the rehabilitation initiative, the Chinese initiative will go only so far. If their efforts bear no fruits, they may terminate further efforts."

'n Ander subtiele manier waarop die Chinese met netelige kwessies handel, is die oplegging van die doodstraf wat vir twee jaar uitgestel word met die oog daarop om die oortreder 'n laaste geleentheid te gee om te hervorm. "In China, nuance can be everything", beaam Fox Butterfield (1983:153), die bekroonde Amerikaanse joernalis van die tagtigerjare. Hierdie aspek van hul strafstelsel verduidelik, ten minste ten dele, hul opspraakwekkende heroortredingstatistieke.

Vir die Chinese is die hervorming en haalbare hervestiging van ontslane oortreders nie eerste prys nie. In China begin die taak van misdaadvoorkoming letterlik by geboorte en nie, soos die geval in die Weste is, wanneer die oortreder die strafregstelsel betree nie (Lötter 2018:193). Die analogie waarna ek mik, is dat die Chinese medisyne voorkoming veel eerder as bekamping (krisisbeheer) ten doel het.

Gedurende die hoogty van die Chinese integrerend-beskamende kultuur, was stigma amper heeltemal ongekend in die gemeenskappe wat die oortreder na sy of haar vrylating moes terugneem. Goffman (1990:19) verwys na stigma in die algemeen as "the central feature of the stigmatized individual's situation in life [] It is a question of [] 'acceptance'". In teenstelling hiermee, wys Allen (1992:85) instemmend daarop dat "[o]nce the rehabilitation process is completed, the offender is forgiven and he [or she] receives a full pardon". Ondanks enkele voorvalle van geringe aard, het Chinese beamptes aan Allen (1992:85) verslag gedoen dat die terugvoer oor hervestigingspogings oorheersend positief was. Anders as die posisie in die Weste, is die houding in die Chinese gemeenskap op die vasteland "[that it] does not victimize ex-offenders and does not sanction official stigma after incarceration. His [Allen's] understanding of the position in the PRC is that all rights and privileges are restored to them upon their release" (Lötter 2018:197).

In teenstelling daarmee, voel oortreders in die Weste verbitterd en verward oor die vooruitsig van stigma en maatskaplike verwerping na hul vrylating (Uggen, Manza & Behrens 2004:277). In hierdie konteks verwys Nagel (2008:68) na vrygelate gevangenes as "some of society's most marginalized people", terwyl Jones-Young en Powell (2015) van mening is dat hul 'n "highly stigmatized population" is. John Muncie (2010:142) redeneer skerpsinnig dat "the stereotyping of them [ex-offenders] as 'spoiled' precludes their ability to return to the mainstream". Met hierdie stelling kan daar sonder voorbehoud akkoord gegaan word. Hierdie gedagtegang weerspieël Henderson (2005:1240) se waarneming dat die oorgrote meerderheid van oortreders hul stigmatisering verwerp as 'n vorm van ''invisible punishment'', wat hul amptelike straftoemeting ver oorskry. Vanuit 'n Suid-Afrikaanse perspektief, wys Lucas Muntingh (2002:22) daarop dat terwyl stigma hul hervestiging belemmer, "[t]he reality is, however, that ex-prisoners continue to suffer from social and economic exclusion - a reflection of society's belief that those who have offended or been imprisoned cannot be part of 'good' society again". Al hierdie gesigspunte vind pragtig aanklank by Braithwaite (1989:100, 113) se gedagtegang, hier bo genoem, dat die potensiaal van hervorming in 'n stigmatiserend-beskamende kultuur verlore gaan, aangesien stigma teen-produktief is en as verteenwoordigend van 'n misdaadteelaarde gesien kan word, omdat dit die vrygelate oortreder van die hoofstroomkultuur wegdryf in die ope arms van kriminele sub-kulture waar hul dikwels 'n tuiste vind. Inderdaad redeneer De Haan (1991:208) dat die etiketteringsperspektief ("labelling perspective") die beweegrede is waarom "not a better theory of crime, but a more powerful critique of crime" benodig word.

Terwyl stigma sentraal staan in die uitdagings wat die hervestiging van vrygelate gevangenes betref (Braithwaite 1995:280-281; Lötter 2018:38), is die enkele mees tergende hekkie die gebrek aan werkverskaffing, deels te wyte aan hul bedorwe status maar ook as gevolg van ander ontwikkelingsprobleme, soos onvoldoende werksvaardighede (Muntingh 2009).

Ten slotte, is dit inderdaad verblydend om te let op Allen se waarneming dat in die Beijingse Munisipale gevangenis, een van 'n aantal fasiliteite waarop hy in die Volksrepubliek peil getrek het, oortreders volle werksverskaffing geniet en aangemoedig word om gesogte vaardighede te bekom (Allen 1992:84-85; Dutton & Xu 1998:303-304). Verslag word gedoen dat oortreders wat sodanige vaardighede onder die belt het, uiteraard meer benutbaar is na hul ontslag. Dutton en Xu (ibid.) wys dan ook daarop dat gedurende die Mao-tydvlak, nywerhede verplig was om 'n sekere hoeveelheid vrygelate gevangenes in diens te neem. Sodanige voorstel kan goeie vrugte in die Weste afwerp as dit met aantreklike belastingvoordele gepaard gaan (Lötter 2018:193). Dit is insiggewend dat daar 'n deurlopende verhouding in kapitalistiese gemeenskappe tussen die vlak van werkloosheid en misdaad is en nie, soos 'n mens sou verwag, tussen vlakke van misdaad en gevangeneming nie (Weiss 1998:429). Verbasend genoeg, dui Weiss op die insig dat, soos die gevalle van Japan en Nederland (en Pole voor 1990) uitwys, die mees opvallende ooreenkoms in die vlakke tussen ongelykheid en misdaad te vinde is. Met ongelykheidsvlakke in Suid-Afrika as "enig in sy soort", soos die Franse ekonoom Thomas Piketty (2015:np) dit onlangs in sy Nelson Mandela-rede aan die Soweto-kampus van die Universiteit van Johannesburg gestel het, verbaas dit ons nog dat Suid-Afrika een van die hoogste oortredingsyfers in die wêreld het? Vervolgens kan gelet word op die rol van die gemeenskap in die kwessie rondom hervestiging.

Gemeenskapsbetrokkenheid by hervestiging

Troyer en Rojek (1989:3) redeneer dat die Chinese pogings met misdaadvoorkoming 'n netwerk saamgeweef het bestaande uit "a unique combination of formal and informal methods, with a strong emphasis on the latter". Vir Braithwaite (1995:280-281) is integrerende beskaming (wat uiteraard die teenoorgestelde van stigma is) sentraal in die strategiese posisionering van die gemeenskaplike bemiddeling van beskaming as "the missing link in criminology".

In die Chinese konteks word hierdie waardevolle insig regdeur gemeenskappe toegepas in die werking van bang-jiao-buurtwagte, 'n organisasie wat daargestel is met die oog op die verwelkoming en hervestiging van vrygelate oortreders en daarby die hokslaan van oortreding in hierdie groep (Mok 1990:12). As 'n voetsool-inisiatief wat deel vorm van die regering se oorkoepelende misdaadvoorkomingstrategie, word bang-jiao-komitees gesien as 'n manier om met liefde, deernis en warmte "assisting and guiding those who have misbehaved" (Zhang, Zhou, Messner, Liska, Kohn, Liu & Lu 1996:200, 208-209). Geen steen word onaangeroer gelaat om 'n haalbare en selfs volkome hervestiging van gevangenes moontlik te maak nie, naamlik werkverskaffing, die voltooiing of voortsetting van hul opleiding indien nodig, en aanmoediging om te trou en tot ruste te kom (Zhang et al. 1996:209). Braithwaite (1989:152) verkies dan ook, en myns insiens tereg so, die kommunale keuse van "warm but firm" bo die Westerse opsie van "cold and punitive".

Beskou vanuit 'n integrerend-beskamende perspektief, soos dié van die Chinese, is die gemeenskap se gebaar van deernis 'n opregte "gesture of reacceptance" (Braithwaite 1989:55) deur hartlike gespreksvoering (Research Group of the An-Hui Communist Youth League, aangehaal deur Zhang et al. 1996:209; die oorspronklike teks is nie tot my beskikking nie), wat gewese gevangenes aanmoedig om opregte berou te toon (Zhang et al. 1996:ibid.). Dit is by verre beter as die noodlot wat op sogenaamde "floating surplus populations" in stigmatiserend-beskamende kulture wag (wat vrygelate oortreders insluit), soos uitgewys deur Michelle Alexander, Michel Foucault en Angela Davis.

Ten einde die werkbaarheid van bang-jiao-buurtwagte in die Volksrepubliek te bepaal, het Zhang en sy groep medenavorsers (1996:213) die onderstaande doelwit geformuleer:

An indicator of repeat offending is particularly relevant to assessing bang-jaio. One of the intended functions of bang-jaio is to reintegrate offenders into the community and to prevent the development of criminal careers. (My nadruk).

Zhang en sy groep (1996:217) het gevolglik hierdie hipotese empiries getoets en tot die gevolgtrekking gekom dat 'n aansienlike aantal (ongeveer die helfte) oortreders wat in gemeenskappe hervestig is waar sodanige buurtwagte bedrywig is, nie verslap en heroortree het nie, anders as in gemeenskappe waar hierdie komitees nie bedrywig is nie. Op grond hiervan is daar in 'n vorige studie aan die hand gedoen dat die herlewing van gewilde bosgeregtigheid in Suid-Afrika se informele nedersettings en plakkerskampe 'n goeie aanknopingspunt is om die idee van bang-jaio-buurtwagte in ons gemeenskappe se stryd teen misdaad af te skop (Lötter 2018:195).

In die Inleiding is aangedui dat daar kenmerke van ubuntu in Suid-Afrika se inheemse kulture is wat as 'n nuttige vertrekpunt kan dien in 'n projek met die oog op die oorplanting van idees wat onttrek is uit ander integrerend-beskamende kulture, soos China. Ten einde sy "African Recognition Theory" rakende die idees van beide ubuntu en oorvleuelende konsensus te bou, tipeer Chris Allsobrook (2017:18) die begrip "ubuntu" as 'n "good attached to the inter-dependence of individual and social well-being in society". Hy redeneer voorts dat sub-Sahara inheemse kulture (insluitende dié wat in Suid-Afrika te vinde is) die voorstel dat ubuntu 'n etiese trefkrag het wat strukturele belegging regverdig, wyd aanvaar (Allsobrook 2017:19). Leonard Praeg (2014:24), wys op sy beurt daarop dat die begrip ubuntu in Suid-Afrika 'n "spiritualised understanding of forgiveness and reconciliation" verkry het (nadruk in die oorspronklike). Wiredu (soos aangehaal deur Matolino, 2016:44; oorspronklike teks is nie tot my beskikking nie), bied die argument ter oorweging aan dat in die Afrika-konteks oorvleuelende konsensus niks ander is nie as: "[c]onsensus as a basis of joint action was taken as axiomatic". Ek redeneer dat sowel Chris Allsobrook se "African Recognition Theory" as Tom Zwart se ontvangerbenadering 'n goeie vertrekpunt is in 'n voorgestelde proeflopie om Chinese straf- en hervestigingspraktyke met inheemse Afrika ubuntupatrone te vervleg.

Uggen, Manza en Behrens (2004:285) benadruk dat die gemeenskaplike hantering van stigma in die Weste liederlik gefaal het en hulle gee op hul beurt oorweging aan die argument dat "[a]n important remaining question for research and policy concerns the societal management of stigma". Hierdie opmerking is beslis toepaslik op Suid-Afrikaanse toestande en ek doen aan die hand dat van die antwoorde ter bestryding van herhaalde misdaad uit die Chinese teater opgediep kan word. Vervolgens oorweeg ek die Chinese gedagte rondom 'n pro-aktiewe hervormingsveldtog.

Pro-aktiewe hervormingsveldtog

Dit is nou gemene saak dat in Westerse jurisdiksies, wat Suid-Afrika insluit, die ideaal van hervorming agterweë gebly het ten gunste van waenhuisverpakking as hoofkenmerk van bestuurswese (Bosworth 2010:169). Dit is ironies, soos beide Foucault (1991:170-194) en Craig Haney (2005) uitwys, dat die uitvinding van die gevangenis aanvanklik die dissiplinering van die indiwidu en die mikro-bestuur van die psige beoog het. Soos Mary Bosworth (2010:169) dit raak stel, "while prisons have always been used to control the poor and the disorderly, the extent to which incarceration in the 1990s became divorced from any of its historical justifications for justice, crime reduction, or rehabilitation is remarkable".

In teenstelling tot hierdie somber prentjie, wys Allen (1987:80) daarop dat die visie van korrektiewe gedrag in China nie daarop gemik is om bloot pyn te verskaf nie, maar pro-aktief betrokke is by die hervorming van daardie siele onder hul sorg. Nie net word besondere klem gelê op eweknie-beoordeling nie (Allen 1987:84), maar geen moeite word ontsien om oortreders aan te moedig om hul eie gewete te ondersoek met die oog daarop om hulself te kritiseer ten einde tot 'n besef te kom "why they [had] commit[ted] crimes" (Allen 1987:81). In eersgenoemde geval word oortreders op die verhoog geplaas en dan aan konstruktiewe portuur-beoordeling onderwerp (Allen 1987:84). In laasgenoemde, word oortreders aangemoedig tot die skryf van "lengthy, deeply reflective autobiographies in an attempt to assuage how and where they went wrong" (Lötter 2018:191).

Pu Yi (1989:354-356), moontlik die Volksrepubliek se mees beroemde gevangene, dui op die terapeutiese waarde van die behandeling in sy eie gepubliseerde boek, From Emperor to Citizen. In hierdie konteks is Suid-Afrika se DKD op die skouer geklop met hul inisiatief om oortreders die geleentheid te gun om hul eie lewensverhale op die verhoog weer te gee (Lötter 2018:ibid.), soos wat so 'n paar jaar gelede by die Grahamstadse Kunstefees gebeur het (Boshomane 2016:np). Hierdie oefening staan bekend as "performative auto-ethnography". Om Stiglitz (2019:24, 180, 244) te herformuleer, die gevangenis as inrigting het nie 'n morele kompas nie (soos wat ook die geval met die vrye mark is). Gevolglik is dit noodsaaklik dat sodanige morele kompas bemiddel word om die gewenste resultate te lewer. Daar kan nie daarop gereken word om die gewenste uitsette te lewer sonder aansienlike belegging en tussenkoms nie. Bloot waenhuisverpakking en skadeloosstelling (vergelykbaar met markfundamentalisme), soos wat tans grootliks die geval is met die huidige praktyk in die Suid-Afrikaanse gevangeniswese, sal sekerlik nie die gewenste resultate (bemiddeling van heroortreding, haalbare hervorming en hervestiging) soos vervat in die DKD se mandaat, kan lewer nie. 'n Beweegrede wat wel die DKD se mandaat negatief beïnvloed, is strukturele dryfvere van misdaad en ek skenk vervolgens oorweging aan hierdie onderwerp.

Nadruk op strukturele dryfvere van misdaad

Haney (2005:80-81) wys daarop dat die beginsel waarop die gevangenis gebaseer is - uitsluitlike indiwiduele verantwoordelikheid vir misdaad - grootliks deur bevindinge in moderne sielkunde ten gunste van strukturele dryfvere van misdaad (werkloosheid, armoede, rassisme, ongelykheid, seksisme, xenophobia, ensovoorts) disgekrediteer is. Terwyl hierdie idee nog nie naastenby deur hervormings in die Weste aanvaar is nie - 'n kwessie wat sonder twyfel deur gevestigde belange in die voortsetting van die gevangenis, soos die verskynsel van die tronkindustrie as 'n onderneming-vir-winsbejag verdwerg word - het die Chinese, binne 'n Marxistiese raamwerk, gespring om van die geleentheid wat die gevangenis bied, gebruik te maak om hul hervormingsinisiatief te verbeter. Allen (1992:82-83) verduidelik hierdie pragmatiese verskuiwing van indiwiduele aanspreeklikheid na die eksterne omgewing soos volg:

Responsibility for deviant behavior is usually attributed to the external environment [] These negative influences may not necessarily reflect on the reality of the environment, but on the individual's perception of these realities. Consequently, the entire rehabilitation process is based on the task of re-educating the offender [] to respond to the environment within a socialist orientation.

Die Chinese dring aan op die belang van indiwiduele aanspreeklikheid (wat die klem op hervorming verklaar), selfs al is hul bewus van die belang van die kriminele omgewing. Dit is waarlik ironies dat die Weste hervorming versaak het ten gunste van skadeloosstelling, en 'n bestuurswese gekenmerk deur waenhuisverpakking, terwyl hul nog kleef aan 'n gediskrediteerde model van uitsluitlike indiwiduele verantwoordelikheid. Terwyl Lacan die waarde van plasing bo inhoud verdedig, kan daar geredeneer word dat die Volksrepubliek se program van denkhervorming 'n oefening langs soortgelyke oorwegings is (Dutton & Xu 1998:300). Daar is byvoorbeeld uitgewys dat "from a mindset of exploitative conduct, criminals are led to an understanding and appreciation of socialist morality, despite the structural inequity that still surrounds them" (Lötter 2018:198). Stiglitz (2016:146) is van mening dat regerings heelwat kan doen in terme van fiskale beleid (progressiewe belastingbeleid en bestedingsprogramme) ten einde armoede, werkloosheid en veral ongelykheid (welke gronde as kruisbestuiwende teelaarde van misdaad geïdentifiseer is) 'n nekslag toe te dien. Hy verduidelik die inter-afhanklikheid van hierdie gronde soos volg:

Only with a vibrant middle class can the economy fully recover and grow faster. The more inequality, the slower the growth - a conclusion now endorsed even by the IMF. Because the less wealthy consume a greater share of their income than do the rich, they expand demand when they have more income. When demand is expanded, jobs are created: In this sense, it is ordinary Americans who are the real job creators. So inequality commands a high price: a weaker economy, marked by lower growth and more instability. It is not very complicated. (Stiglitz 2016:146)

Stadige groei en verdiepende ongelykheid is nie onafwendbaar nie. Dit is die gevolg van politieke keuses, soos Stiglitz uitwys. Inderdaad, soos Jeffrey Reiman (1990:131-133), 'n Marxistiese kriminoloog in die VSA aandui, 'n gemeenskap wat aanspreeklikheid vir sy eie bydrae tot die koestering van die strukturele teelaarde negeer, moet gevolglik aandring op indiwiduele aanspreeklikheid vir misdaad. In die nuutste uitgawe van hierdie bekroonde werk (12de uitgawe, 2020), beklemtoon die skrywers (Reiman & Leighton 2020:175-180) die samelopende verantwoordelikheid van beide die oortreder en die gemeenskap vir misdaad, 'n gewaarwording, terloops, wat strook met die Chinese standpunt hieromtrent. In die lig van hierdie agtergrond, neem ek vervolgens die idee van positiewe omgang met gevangenispersoneel onder die loep.

Positiewe omgang met gevangenispersoneel

Troyer (1989) wys daarop dat waar Amerikaanse tronkpersoneel met 'n negatiewe gesindheid na geharde misdadigers in hul sorg verwys, hul Chinese eweknieë met blydskap praat van die herskepping ("remoulding") van nuwe burgers. In sy outobiografie, herroep Pu Yi (1989:348-350) die warmte en ondersteuning wat hy en sy medegevangenes van tronkpersoneel gedurende sy aanhouding ontvang het en dit is verblydend om op te merk dat Westerse bronne, met geen dryfveer vir hervorming nie, sy weergawe ondersteun (Lötter 2018:192). Ten slotte, doen Allen (1992:85) verslag dat oortreders wat aan die vereistes voldoen, genooi word om ná hul ontslag by die tronkpersoneel aan te sluit, 'n idee wat in die Weste deur kriminoloë soos Cressey (1965), Buckley (1972:24-30) en Lötter (2018:192) beaam is.

Dutton en Xu (1998:307) is van mening dat 'n "[integrative rehabilitative] program rests on the idea of ganhua [face] which necessitates a cadre-model to emulate," 'n idee wat verband hou met die Chinese integrerend-beskamende kultuur. Aangesien 'n aantal state in die VSA onlangs ook begin het om gewese oortreders in hul tronke aan te stel, word 'n soortgelyke inisiatief vir Suid-Afrika se DKD aanbeveel, deels om geweld agter tralies hok te slaan en deels om die groot getal vakatures in die Departement te vul (Lötter 2019). Hierdie waarnemings skets die aansienlike pogings wat die Chinese belê in hul hervormingsproses teenoor die verwaarlosing daarvan in die Weste. As slegs 12% van DKD se begroting gewy word aan hervorming en hervestigingsprogramme (Minister vir Justisie en Korrektiewe Dienste, Ronald Lamola, soos aangehaal in News24 2019:np), ontstaan die vraag waar ons prioriteite lê, aangesien sodanige prioriteite duidelik ten gunste van waenhuisverpakking eerder as hervorming en hervestiging gekantel is. Die terugkeer van die verdrukte, 'n begrip wat deur Žižek (2008) gewild gemaak is, is 'n alledaagse werklikheid vir Suid-Afrikaners, wat siek en sat is vir misdaad en korrupsie. Teen hierdie inligting en agtergrond, maak ek vervolgens 'n paar slotopmerkings en doen aanbevelings aan die hand wat daaruit voortvloei.

 

SLOTOPMERKINGS EN AANBEVELINGS

Met die kodering van die resultate in vyf hanteerbare temas, is gepoog om die waardevolle (en nuttige) hervormingsidees van die Volksrepubliek te herkonstrueer - hervormingsidees wat die hoogtepunt van hul ontslape integrerend-beskamende kultuur verteenwoordig. Dit alles, met die doel om 'n haalbare padkaart vir die hervorming en hervestiging van vrygelate gevangenes plaaslik uit te pluis. Hierdie kruis-kulturele oefening steun dan ook op die poststrukturalistiese werk van beide Derrida (1982) en Lacan (1991, 1977), welke insigte gerig is op die verplasing van die betekenaar van sy oorspronklike samehang na 'n vars, vreemde konteks ten einde van die Chinese te leer watter kenmerke van hul korrektiewe program oorplantbaar na die Weste toe is (Allen 1992:85). Uiteraard het ek in hierdie bydrae spesifiek Suid-Afrika in gedagte en in hierdie opsig gebruik ek beide Allsobrook se "African Recognition Theory" en Zwart se ontvangerbenadering met die oog op die voorbereiding van die tuisbodem op idees soos die Afrika-begrip van ubuntu.

Ter regverdiging van die gevallestudie redeneer ek dat die Chinese benadering om eerder op "plasing" as "inhoud" te konsentreer, bevestig word deur vooruitgang in moderne sielkunde, met die klem op die nut daarvan om die kriminele resultate van strukturele verdrukking te erken. Die DKD behoort hul hervormingsveldtog te verbreed ten einde ag te slaan op die oortreder se reaksie op hierdie vorme van strukturele verdrukking. Ek plaas ook nadruk op Stiglitz en Reiman se argument dat die staat 'n gewigtige verantwoordelikheid het om met verdrukkende strukture soos ongelykheid, armoede en werkloosheid weg te doen, of dit ten minste tot 'n mate op te ruim, wat alhoewel nie onvermydelik nie, wel 'n politieke keuse as gevolg van óf nalatigheid óf opsetlikheid verteenwoordig.

'n Verdere voordeel van die gevallestudie lê daarin dat dit die vermoë het om die trefkrag van beleid te evalueer, soos Joffe uitgewys het. In hierdie konteks het die gebruik van tronkstraf as ons oorwegende straftoemetingsparadigma, in navolging van die Amerikaanse model van oorweldigende gevangenisoplegging ("mass incarceration"), in 'n hardestigmatiserend-beskamende kultuur, soos Suid-Afrika, wat misdadige loopbane aanmoedig, beslis niks vermag om ons onhoudbare misdaad- en heroortredingstatistieke hok te slaan nie. Dit is ten minste ten dele die gevolg van 'n onvermoë om hierdie hoogs gestigmatiseerde surplusbevolking wat tot ekonomiese en maatskaplike uitwerping verdoem is, haalbaar te hervestig.

Die ontwaking van 'n verlore saak, om Žižek in hierdie konteks te herformuleer, is 'n pleidooi vir die ondersteuning van 'n pro-aktiewe hervormingsveldtog in die Suid-Afrikaanse gevangeniswese en in hierdie opsig is daar beslis baie vir ons om te oorweeg in die materiaal wat hier bo aangebied is. Ironies, soos Stiglitz aandui, is so 'n padkaart vir herinskrywing ("re-entry"), soos die Amerikaanse ervaring geleer het, die gevolg van geldtekort of -druk op die uitbreiding van die gevangenis. Dit is egter nie, soos 'n mens sou hoop, 'n redelike argument wat die onmenslike tol op menslike kapitaal (Alexander en Davis) of die teenproduktiewe gevolg daarvan om op gevangenisstraf in 'n hardestigmatiserend-beskamende kultuur te fokus nie (Braithwaite; Dutton & Xu; Allen). Dit behels ook nie die gepoogde uitsluiting en/of erkenning van die rol van kriminele verdrukkingsinrigtings nie (Haney). Die punt is dat ons nie tussen gevangeneming en aanvaarbare heroortredingsyfers hoef te kies nie. Soos beide Lacan en Derrida verduidelik het, skep poststrukturalistiese denke van die begrip "konteks" 'n geval van "beide/en", eerder as "of/net een" (soos wat tradisioneel die geval sou wees) - beide hierdie keuses kan knus en vreedsaam in 'n ander werklikheid saamleef.

Hoe dit ook al sy, strafbeleidsoorwegings wat 'n groter deel van die koek aan hervorming wy - meer haalbare en suksesvolle hervestiging, in navolging van die Chinese model - sal heelwat pitkos kan haal uit die emansipasie-oogmerk van die voorafgaande uiteensetting rakende die ontwikkeling van menslike kapitaal. Bykomend hiertoe kan kenmerke van ubuntu ook as 'n mylpaal dien om verplante integrerende idees te koester. Hierdie paradigmaverskuiwing is besonder gepas in die lig van Minister Lamola se erkenning van die verlammende rol wat stigma in die lewens van vrygelate gevangenes speel en veral sy belofte van 'n hernieude nadruk op hervorming. 'n Belangrike insig van die Chinese teater is dat inrigtings in die algemeen (om 'n analogie van Stiglitz in te span) bemagtig moet word ten einde die gewenste resultate te lewer. In hierdie opsig word daar gehoop dat die gevangenis sy rol as 'n waarheidsprekende inrigting kan herwin, soos wat beide Stiglitz en Habermas in ander kontekste betoog het.

Ten slotte word daar gehoop dat die gebruik van Braithwaite se toonaangewende teorie van die 1990s op 'n nuwe, vars wyse en toegepas op 'n "ontslape" stel feite, 'n nuttige bydrae tot die begrip van misdaad as 'n ingewikkelde probleem binne die konteks van 'n filosofiese, interdissiplinêre samehang sal maak.

 

BIBLIOGRAFIE

Alexander, M. 2012. The New Jim Crow: Mass Incarceration in the Age of Colourblindness. (Revised Edition). New York: The New Press.         [ Links ]

Allen, F. 1987. Where are we going in criminal justice? Some Insights from the Chinese criminal justice system. International Journal of Offender Therapy and Comparative Criminology, 31(2):101-110.         [ Links ]

Allen, F. 1992. Reforming criminals in China: Implications for corrections in the West. In Carlie & Minor (eds). Prisons around the World: Studies in International Penology. Dubuque, IA: William C. Brown Pub, pp. 79-88.         [ Links ]

Allsobrook, C. 2017. Universal Human Rights from an African Social Contract Perspectives in Social Contract Theory. Washington, D.C.: Council for Research in Values and Philosophy.         [ Links ]

Boshomane, P. 2016. Caught in the acting: convicts steal the show. Sunday Times, 10 June:26.         [ Links ]

Bosworth, M. 2010. Explaining U.S. Imprisonment. London: Sage.         [ Links ]

Braithwaite, J. 1989. Crime, Shame and Reintegration. Cambridge: Cambridge University Press.         [ Links ]

Braithwaite, J. 1995. Inequality and republican criminology. In Hagan & Peterson (eds). Crime and Inequality. Stanford: Stanford University Press, pp. 277-305.         [ Links ]

Buckley, M. 1972. Enter: The Ex-con. Federal Probation, 36(4):24-30.         [ Links ]

Butterfield, F. 1983. China: Alive in the Bitter Sea. Toronto: Bantam Books.         [ Links ]

Cressey, D. 1965. Theoretical foundation for using criminal in the rehabilitation of criminal. Key Issues, 2:87-101.         [ Links ]

Cronje, M. 2017. A Comparative Analysis of Recidivism with specific reference to Crimino-Victimogenic variables, Offence Analysis and Programme Participation. Unpublished PhD thesis, Durban: University of KwaZulu-Natal.         [ Links ]

Davis, AY. 2003. Are Prisons Obsolete? New York: Seven Stories Press.         [ Links ]

Davis, AY. 2005. Abolition Democracy: Beyond Empire, Prisons, and Torture. New York: Seven Stories Press.         [ Links ]

Dawkins, R. 1989. The Selfish Gene. (2nd ed). New York: Oxford University Press.         [ Links ]

De Haan, W. 1991. Abolitionism and crime control: a contradiction in terms. In Stenson & Cowell (eds). The Politics of Crime Control. London: Sage, pp. 203-217.         [ Links ]

Derrida, J. 1982. Signature event context. A. Bass (Trans). In Margins of Philosophy. Chicago: Chicago University Press, pp. 307-330.         [ Links ]

Durkheim, E. (1895) 1982. The Rules of the Sociological Method. Lukes (ed) & WD. Hall (Trans). New York: Free Press.         [ Links ]

Dutton, M & Xu, Z. 1998. Facing difference: Relations, change and the prison sector in contemporary China. In Weiss & South (eds). Comparing Prison Systems: Toward a Comparative and International Penology. Amsterdam: Gordon and Breach, pp. 289-336.         [ Links ]

Foucault, M. (1975) 1991. Discipline and Punish: The Birth of the Prison. A. Sheridan (Trans). London: Penguin.         [ Links ]

Goffman, E. (1963) 1990. Stigma: Notes on the Management of Spoilt Identity. London: Penguin.         [ Links ]

Habermas, J. 1979. Communication and the Evolution of Society. T. McCarthy (Trans.) Boston: Beacon Press.         [ Links ]

Haney, C. 2005. The contextual revolution in psychology and the question of prison effects In Liebling & Maruna (eds). The Effects of Imprisonment. Devon: Willan, pp. 66-93.         [ Links ]

Henderson, TNY. 2005. New frontiers in fair lending: Confronting lending discrimination against ex-offenders. New York University Law Review, no. 80:1237-1271.         [ Links ]

Joffe, A. 2016. Cultural Policy and the Role of case studies in developing assessment indicators: Experience from UNESCO. Paper presented at the South African Cultural Observatory's 1st National Conference, 16-17 May, Port Elizabeth.         [ Links ]

Jones-Young, NC & Powell, GN. 2015. Hiring ex-offenders: A theoretical model. Human Resource Management Review, 25(3):298-312.         [ Links ]

Kriegler, A. 2018. South Africa won't Become less Violent until it's More Equal. The Conversation Africa, September 12: https://theconversation.com/south-africa-wont-become-less-violent-until-its-more-equal-103116 [March 30, 2019].         [ Links ]

Lacan, J. 1977. The agency of the letter in the unconscious or reason since Freud. In Écrits: A Selection. A. Sheridan (Trans). New York: Norton, pp. 146-78.         [ Links ]

Lacan, J. (1975) 1991. The Seminar of Book I (1953-1954): Freud's Papers on Technique. In Miller (ed) & J. Forrester (Trans). New York: Norton.         [ Links ]

Lichtblau, E. 2016. Obama Administration seeks to curb inmates' return to prison. The New York Times [New York Edition], 25 April: A9.         [ Links ]

Lötter, C. 2018. The Reintegration of Ex-offenders in South Africa based on the contemporary Chinese model: An Interdisciplinary Study. Unpublished PhD thesis, Bloemfontein: University of the Free State.         [ Links ]

Lötter, C. 2019. Vrygelate gevangenes word as gevangenispersoneel aangestel: Kan Suid-Afrika leer by hierdie nuwe internasionale tendens? Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 59(4):493-511. doi.10.17159/2224-7912/2019/v59n4a3.         [ Links ]

Lötter, C. 2020a. 'n Pleidooi vir die kriminalisering van stigma teen vrygelate gevangenes in Suid-Afrika. KOERS - Bulletin for Christian Scholarship, 85(1):1-16. doi.org/10.19108/KOERS.85.1.2470.         [ Links ]

Lötter, C. 2020b. The Tenuous Link between Crime and Incarceration: Bosasa's Public-private Partnership, Phronimon, Journal of the South African Society for Greek Philosophy and the Humanities, no. 21, 24 pages. doi: 10.25159/2413-3086/7000.         [ Links ]

Mao, Z. (1949) 2004a. On the People's Democratic Dictatorship. Anon (Trans). In Marxists.org. (eds). Collected Works of Mao Zedong, Volume Four. Arlington: Joint Publications Research Service, pp. 1/13-12/13. https://www.marxists.org/reference/archive/mao/works/collected-works-pdf/ [15 September 2016).         [ Links ]

Mao, Z. (1956) 2004b. The Ten Major Relationships. Anon (Trans). In Marxists.org. (eds.). Collected Works of Mao Zedong, Volume Five. Arlington: Joint Publications Research Service, pp.1/20-20/20. https://www.marxists.org/reference/archive/mao/works/collected-works-pdf/ [15 September 2016].         [ Links ]

Matolino, B. 2016. Rationality and Consensus in Kwasi Wiredu's Traditional African Polities. Theoria, 146:36-55.         [ Links ]

McCarthy, T. 1978. The Critical Theory of Jürgen Habermas. London: Hutchinson.         [ Links ]

Mok, B. 1990. Community care for delinquent youth: The Chinese approach of rehabilitating the youth offenders. Journal of Offender Counseling, Services, and Rehabilitation, 2:5-20.         [ Links ]

Muncie, J. 2010. Labeling, Social Reaction and Social Constructionism. In McLaughlin & Newburn (eds). The Sage Handbook of Criminological Theory. London: Sage, pp. 139-152.         [ Links ]

Muntingh, L. 2002. Tackling Recidivism in South African Prisons. Track Two, 11(2):20-29.         [ Links ]

Muntingh, L. 2005. Offender rehabilitation and reintegration: taking the White Paper on Corrections forward. Reseach paper 10. Cape Town: Civil Society Prison Reform Initiative.         [ Links ]

Muntingh, L. 2008. Alternative sentencing in Africa. In Sarkin (ed). Human Rights in African Prisons. Cape Town: Human Sciences Research Council, pp. 178-203.         [ Links ]

Muntingh, L. 2009. Ex-prisoners' views on Imprisonment and Re-entry. Civil Society Prison Reform Initiative, Community Law Centre, Bellville: University of the Western Cape. https://acjr.org.za/resource-centre/Ex-prisoners%20Views%20on%20Imprisonment%20and%20Re-Entry.pdf [14 July 2019].         [ Links ]

Murhula, PBB & Singh, SB. 2019. A Critical Analysis on Offenders Rehabilitation Approach in South Africa: A Review of the Literature. African Journal of Criminology and Justice Studies: AJCJS, 12:1, 21-43, ISSN 1554-3897.         [ Links ]

Nagel, M. 2008. "I write what I like": African prison intellectuals and the struggle for freedom. The Journal of Pan-African Studies, 2(3):68-80.         [ Links ]

News24. 2019. Lamola: inmates cook for themselves! Daily Sun, 2 July. https://www.dailysun.co.za/News/National/lamola-inmates-cook-for-themselves-20190702 [2 January 2020].         [ Links ]

Ngabonziza, O & Singh, SB. 2012. Offender reintegration program and its role in reducing recidivism: exploring perceptions of the effectiveness of tough enough program. Acta Criminologica, CRIMSA 2011 Special Conference Edition, 2:87-102.         [ Links ]

Pierce, B & Kiewit, L. 2020. Nicro: The High Rate of Offender Recidivism. 702 Podcasts, January 13: http://www.702.co.za/podcasts/269/tonight-with-lester-kiewit/279121/nicro-the-high-rate-of-offender-recidivism [7 April 2021].         [ Links ]

Pikkety, T. 2015. Transcript of Nelson Mandela Annual Lecture. https://www.nelsonmandela.org/news/entry/transcript-of-nelson-mandela-annual-lecture-2015 [2 June 2020].         [ Links ]

Praeg, L. 2014. A Report on Ubuntu. Pietermaritzburg: University of KwaZulu-Natal Press.         [ Links ]

Pu, Y. (1965) 1989. From Emperor to Citizen. WJF. Jenner (Trans). Beijing: Foreign Languages Press.         [ Links ]

Ramose, MB. 1999. African Philosophy through Ubuntu. Harare: Mondi Press.         [ Links ]

Reiman, J. 1990. The Rich Get Richer and the Poor Get Prison. (3rd ed.). New York: Macmillan.         [ Links ]

Reiman, J & Leighton, P. 2020. The Rich Get Richer and the Poor Get Prison: Thinking Critically About Class and Criminal Justice. (12th ed.). New York City: Routledge.         [ Links ]

Schoeman, MI. 2010. Recidivism: A conceptual and operational conundrum. Acta Criminologica, CRIMSA 2009 Special Conference Edition, 1:80-94.         [ Links ]

Stayn, JP & Vecchiatto, P. 2019. The Bosasa Billions. Pretoria: Lapa.         [ Links ]

Stiglitz, JE. 2016. The Great Divide. London: Penguin.         [ Links ]

Stiglitz, JE. 2019. People, Power and Profits. London: Allen Lane.         [ Links ]

Timmermans, S & Tavory, I. 2012. Theory construction in qualitative research: From grounded theory to abductive analysis. American Sociological Association, 30(3):167-186.         [ Links ]

Troyer, RJ. 1989. Chinese thinking about crime and social control. In Troyer, Clark & Rojek (eds). Social Control in the People's Republic of China. New York: Praeger, pp. 45-56.         [ Links ]

Troyer, RJ & Rojek, DG. 1989. Introduction. In Troyer, Clark & Rojek (eds). Social Control in the People's Republic of China. New York: Praeger, pp. 3-10.         [ Links ]

Uggen, C, Manza, J & Behrens, A. 2004. 'Less than the average citizen': Stigma, role transition and the civic reintegration of convicted felons. In Maruna & Immarigeon (eds). After Crime and Punishment: Pathways to Offender Reintegration. Cullompton, UK: Willan, pp. 258-290.         [ Links ]

Wang, X. 2019. Hundreds of Chinese citizens told me what they thought about the controversial social credit system. The Conversation UK, December 17. "https://blogs.ucl.ac.uk/assa/2019/12/09/chinas-social-credit-system-the-chinese-citizens-p%20Berspective/" [28 January 2020].         [ Links ]

Weiss, RP. 1998. Conclusion: Imprisonment at the millennium 2000 - Its varity and patterns throughout the world. In Weiss & South (eds). Comparing Prison Systems: Toward a Comparative and International Penology. Amsterdam: Gordon & Breach, pp. 427-482.         [ Links ]

Winch, P. 1964. Understanding a Primitive Society. American Philosophical Quarterly, 1(4): 307-324.         [ Links ]

Zhang, L, Zhou, D, Messner, SF, Liska, AE, Kohn, MD, Liu, L & Lu, Z. 1996. Crime prevention in a communitarian society: Bang-Jiao and Tiao-Jie in the People's Republic of China. Justice Quarterly, 3(2):199-222.         [ Links ]

Žižek, S. 2008. In Defense of Lost Causes. (2nd ed.) London: Verso.         [ Links ]

Zwart, T. 2012. Using local culture to further the implementation of international human rights: The Receptor approach. Human Rights Quarterly, 34:546-569.         [ Links ]

 

 

Ontvang: 2020-06-09
Goedgekeur: 2021-04-06
Gepubliseer: Junie 2021

 

 

 

CASPER LÖTTER het sy PhD in filosofie in 2018 aan die Universiteit van die Vrystaat behaal. Hy is 'n konflikkriminoloog verbonde aan Noordwes-Universiteit se Skool vir Filosofie (Potchefstroom) as na-dokotorale navorsingsgenoot. Van sy werk het reeds in Conversation Africa verskyn en Casper skryf ook gereeld vir Mail & Guardian se Thoughtleader-kolom. In 2019 was hy 'n postdoktorale beurshouer by die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.
CASPER LÖTTER completed his PhD in philosophy at the University of the Free State in 2018. He is a conflict criminologist affiliated with North-West University's School of Philosophy (Potchefstroom) as post-doctoral research fellow. His work has appeared in Conversation Africa and Casper regularly writes for Mail & Guardian's Thoughtleader column. He was awarded a postdoctoral award from the South African Academy of Science and Arts in 2019.

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons