SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.61 número1The wearing of the Islamic hijab by South African National Defence Force membersSalus populi suprema lex: Freedom of religion in times of crisis índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Tydskr. geesteswet. vol.61 no.1 Pretoria mar. 2021

http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2021/v61n1a7 

RESEARCH AND REVIEW ARTICLES

 

Vryheid van uitdrukking: Godslastering en die verbod op godsdienstige haatspraak

 

Freedom of expression: Blasphemy and the prohibition against religious hate speech

 

 

Helena van Culler

Fakulteit Regsgeleerdheid, Rhodes Universiteit, Makhanda (Grahamstad), Suid-Afrika. E-pos: h.vancoller@ru.ac.za

 

 


OPSOMMING

Artikel 16 van die Suid-Afrikaanse Grondwet waarborg die reg op vryheid van uitdrukking. Hierdie reg geld egter nie sonder beperking nie en sekere beperkings is nie hierby ingesluit nie. Artikel 16(2)(c) is die bepaling waarna in die algemeen verwys word as die "haat-spraakbepaling", naamlik uitdrukkinge gerig op die verkondiging van haat wat op godsdiens gebaseer is en wat aanhitsing om leed te doen, insluit. 'n Belangrike aspek van die reg op vryheid van uitdrukking en veral die verbod op haatspraak is die reg op godsdienstige waardigheid, wat insluit om nie op grond van ander se geloof, godsdiens, oortuigings of godsdienstige handelinge geviktimiseer, bespot of belaster te word nie. Ooreenkomstig ons gemenereg is godslastering steeds 'n misdaad wat bestaan uit die wederregtelike, opsetlike publikasie van woorde of optrede waardeur God beledig of belaster word. Tans vorm die gemeenregtelike misdaad van godslastering steeds deel van die Suid-Afrikaanse reg en dit is deur geen wetgewing formeel herroep of selfs ongrondwetlik verklaar nie, hoewel daar verskeie oproepe is wat die bestaansreg van hierdie misdaad in twyfel trek. Met verwysing na verskeie uitsprake van ons howe, is dit duidelik dat die betekenis van die gemeenregtelike misdaad, godslastering, soos dit ook deur ons howe ontwikkel en geïnterpreteer is, ooreenkomstig artikel 39 van die Grondwet aangepas en ontwikkel moet word en binne die raamwerk van die haatspraakbepaling en gevolglike vereistes daarvan verstaan en toegepas moet word.

Trefwoorde: Vryheid van uitdrukking; godsdiensvryheid; godslastering; haatspraak; aanstigting van geweld; verkondiging van haat; gosdiens; bespotting; laster


ABSTRACT

Section 16 of the Constitution guarantees the right to freedom of expression. Our courts have highlighted the importance of the right, but also emphasised the fact that it is not without certain limitations. Section 16(2) therefore makes it clear that the right to freedom of expression does not extend to certain expressions. Sections 16(2)(a) and (b) are concerned with "propaganda for war" and "incitement of imminent violence" respectively. Section 16(2)(c) is directed at what is commonly referred to as hate speech, namely expression or speech that amounts to "advocacy of hatred" based on one or other of the listed grounds, namely race, ethnicity, gender or religion and which amounts to "incitement to cause harm". The right to freedom of expression also goes hand in hand with the right to freedom of religion, which includes the right to be able to express one's beliefs and convictions. Hence, every person and religious institution should be granted the right to freedom of expression in respect of religion. Of particular importance in relation to freedom of expression and the prohibition on hate speech is the right to religious dignity, which includes to not being victimised, ridiculed or slandered on the grounds of one's faith, religion, convictions or religious activities. No person may advocate hatred that is based on religion, and that constitutes incitement to violence or to cause physical harm. Within the context of the right to freedom of expression, this paper will first discuss the offence of blasphemy in South Africa, followed by a discussion of the prohibition against hate speech. The repealed censorship laws prohibited blasphemy in South Africa, although the latter remains a common-law offence. According to the South African common law, blasphemy used to be a criminal offence and consisted of the "unlawful and intentional publication of words or conduct whereby God is slandered". It has been pointed out that the law of blasphemy is anomalous in that it only protects the religious feelings of Christians, and not those of members of other religions. Other religious groups may suffer similar feelings of outrage caused by an attack on the Supreme Being that they worship. Currently the common-law crime of blasphemy still forms part of South African law and it has not formally been abolished by any legislator nor declared to be unconstitutional. Criminal law expert Burchell advocates the abolition of the crime and that cases of blasphemy should be regarded as cases of incitement to religious hatred, which would apply to all religions equally. In light of the right to freedom of religion, an equitable solution might be to extend the definition of blasphemy to include protection for all religions, not exclusively Christianity. Apart from section 16(2) of the Constitution that prohibits hate speech, section 10 of the Promotion of Equality and Prevention of Unfair Discrimination Act (PEPUDA) 4 of 2000 also prohibits hate speech. It specifically states that no person may publish, propagate, advocate or communicate words based on one or more of the prohibited grounds (including religion), with the intention to be hurtful; be harmful or to incite harm, or promote or propagate hatred. The Supreme Court of Appeal recently found this section to be unconstitutional for extending the grounds for hate speech beyond what is required in terms of the Constitution. A revised Prevention and Combating of Hate Crimes and Hate Speech Bill (the Bill) has recently been tabled before Parliament as an improved version of its 2016 predecessor. The Bill is better aligned to the Constitution in relation to its prohibition of certain forms of speech, namely speech that is harmful or incites harm, and promotes or propagates hatred. The Bill criminalises hate speech but creates certain defences and includes a religious exemption clause. The new section 3(2)(d) states that the offence of hate speech does not apply in respect of anything done in good faith in the course while engaging in "the bona fide interpretation and proselytising or espousing of any religious tenet, belief, teaching, doctrine or writings". This is, however, subject to the requirement that such interpretation and proselytisation do not advocate hatred that constitutes incitement to cause harm. Recently a pastor was taken to court by the SAHRC following complaints about derogatory and offensive comments he had made against gay and lesbian people. The Western Cape Equality Court found that Bougaardt's comments were not protected by the right to freedom of religion, and found him to be in contempt of court for making hateful comments against gay men and lesbians. This judgment has highlighted the fact that although the draft Hate Crimes Bill provides for a religious exemption clause, religious beliefs and religious hatred cannot be a defence against liability for hate speech. Blasphemy must also be interpreted within the limits of hate speech and where God is denigrated in such a manner as to constitute hate speech. This means that no one should be allowed to make any statements that advocate hatred or incite violence, regardless of whether you are a pastor, priest, imam or individual believer, or whether the statements are made in public or from the pulpit.

Keywords: Freedom of expression; freedom of religion; blasphemy; hate speech; incitement of violence, advocacy of hatred; religion; ridicule; slander


 

 

1. INLEIDING

Artikel 16 van die Suid-Afrikaanse Grondwet1 ("Grondwet") waarborg die reg op vryheid van uitdrukking.2 Hierdie belangrike reg word deur die Konstitusionele Hof in Islamic Unity Convention v Independent Broadcasting Authority3beklemtoon en die hof bepaal soos volg:

South Africa is not alone in its recognition of the right to freedom of expression and its importance to a democratic society. The right has been described as "one of the essential foundations of a democratic society; one of the basic conditions of its progress and for the development of every one of its members".

Hierdie interpretasie en benadering van die hof beklemtoon nie alleen die belangrikheid van die reg op vryheid van uitdrukking nie, maar ook die feit dat dit nie sonder beperking geld nie. Artikel 16(2)4 maak dit duidelik dat sekere uitdrukkings nie by hierdie beskerming ingesluit is nie. Artikels16(2)(a) en (b) verwys onderskeidelik na "propaganda vir oorlog" en "die aanstigting van dreigende geweld". Artikel 16(2)(c) is die bepaling waarna in die algemeen verwys word as die "haatspraakbepaling", naamlik uitdrukkinge gerig op die verkondiging van haat wat op ras, etnisiteit, geslagtelikheid of godsdiens gebaseer is en wat aanhitsing om leed te veroorsaak, insluit. Volgens die Konstitutionele Hof:

There is no doubt that the State has a particular interest in regulating this type of expression because of the harm it may pose to the constitutionally mandated objective of building the non-racial and non-sexist society based on human dignity and the achievement of equality. There is accordingly no bar to the enactment of legislation that prohibits such expression. Any regulation of expression that falls within the categories enumerated in s 16(2) would not be a limitation of the right in s 16.5

Die reg op vryheid van uitdrukking gaan hand aan hand met die reg op vryheid van godsdiens wat aan elke persoon ook die reg gee om uiting te gee aan sy of haar godsdienstige oortuigings. Elke persoon het dus die reg op vryheid van uitdrukking met betrekking tot godsdiens.6 Hierdie reg gee and godsdienstige organisasies en individue die reg om op godsdienstige gronde standpunt na buite in te neem en aan openbare debat deel te neem, godsdienstige publikasies en ander materiaal te produseer en te versprei, en akademiese navorsing en verwante handelinge te onderneem in ooreenstemming met hulle oortuigings.7 Die reg op godsdienstige uitdrukkings en menings moet ook nie slegs tot die private sfeer beperk word nie, maar uitgebrei word na die openbare domein. Die reg op vryheid van uitdrukking ten aansien van godsdiensinstellings kan ook die reg insluit om jou oortuigings met 'n ander gewillige persoon te deel en aan hom of haar die reg op toegang tot openbare media te gee, welke toegang billik gereguleer moet word.8 'n Belangrike aspek van die reg op vryheid van uitdrukking en veral die verbod op haatspraak is die reg van mense op godsdienstige waardigheid, wat insluit om nie op grond van hulle geloof, godsdiens, oortuigings of godsdienstige handelinge geviktimiseer, bespot of belaster te word nie. Geen persoon mag haat, wat op godsdiens gebaseer is en wat aanhitsing tot dreigende geweld of om fisiese skade te berokken uitmaak, verkondig nie.9

Die verspreiding of verkondiging van godsdiens omvat twee belangrike aspekte; die inhoud van die betrokke boodskap, sowel as die wyse van verspreiding van die betrokke boodskap. Wanneer individue of godsdiensgroepe beswaar maak teen die boodskap self, of die wyse waarop dit versprei word, of beide, lei dit noodwendig tot botsings. Dit is dus om godsdienstige uitdrukkings en menings wat vir ander lasterlik is, te voorkom, dat verskeie wette en regulasies, soos die verbod op godslastering en haatspraak, verorden is.10

In samehang met die reg op vryheid van uitdrukking, sal hierdie bespreking fokus op enkele aspekte van die misdaad godslastering en die verbod op godsdienstige haatspraak binne die Suid-Afrikaanse konteks. Verskeie onlangse insidente van godsdienstige haatspraak en uitsprake wat as kwetsend deur godsdienstige groepe ervaar is, asook die onlangse aankondiging van die Haatspraak Konsepwetsontwerp, het die betekenis en voortbestaan van 'n misdaad soos godslastering weer in die kollig geplaas. Hierdie bespreking sal kortliks die misdaad godslastering, binne die beperkings van godsdienstige haatspraak, bespreek en die pad vorentoe onder oë neem. Daar sal ook na enkele interessante hofbeslissings gekyk word waarin die hof met godslasterlike uitdrukkings gekonfronteer is.

 

2. DIE MISDAAD GODSLASTERING

2.1 Agtergrond en betekenis

Reeds in die Outestamentiese tyd van die Christelike godsdiens lees ons van godslastering wat met die dood gestraf is.11 Volgens van die vroegste skrywers12 (soos Damhouder, Voet en Van Leewen) word godslastering gepleeg indien daar kwaad van God gespreek word en dit sluit die "vloek en schending van Gods naam en heilige woord" en ook die ontkenning of skending van "Gods Hoogheit en magt" in.13 Volgens De Wet en Swanepoel14 kon die handeling bestaan uit die uitspreek van woorde of in gedrag. Dit kon ook middellik of onmiddellik, regstreeks of onregstreeks geskied deurdat óf God self belaster kon word, óf deur Sy instellinge.

In R v Webb,15een van die vroegste sake oor godslastering, het die beskuldigde 'n storie gepubliseer waarin 'n non haar in 'n erotiese hallusinasie verbeel het dat sy seksuele omgang met Jesus gehad het. Hy is skuldig bevind aan godslastering. Die hof omskryf godslastering soos volg: "Blasphemy [...] consists either in the denial of the existence of God or in slandering God".16 Daar word egter aangevoer dat die mening dat die blote ontkenning van die bestaan van God op godslastering neerkom, nie meer vandag aanvaar kan word nie.17

Die herroepte publikasiewetgewing18 in Suid-Afrika het godslastering verbied, hoewel dit steeds 'n gemeenregtelike misdaad is. So het artikel 5(2)(b) van die eertydse Wet op Publikasies en Vermaaklikhede,19 asook artikel 47(2) van die Wet op Publikasies,20 'n verbod geplaas op die besit of verspreiding van ongewenste materiaal. 'n Publikasie of voorwerp, rolprent of openbare vermaaklikheid is as ongewens beskou indien dit godslasterlik was of vir die godsdienstige oortuigings of gevoelens van enige bevolkingsdeel van die Republiek aanstootlik is.21 Godslastering het hier dieselfde betekenis gehad as wat die begrip in die gemenereg gehad het. Ooreenkomstig ons gemenereg is godslastering 'n misdaad wat bestaan uit die wederregtelike, opsetlike publikasie van woorde of optrede waardeur God beledig of belaster word.22

Milton23 voer aan dat die misdaad godslastering nie "per ongeluk" kan plaasvind nie en dat opset dus 'n vereiste is. Gevolglik moet X weet, of die moontlikheid voorsien, dat die optrede of handeling minagtend teenoor God kan wees en dat ten minste een ander persoon daarvan te wete kan kom. Vir die misdaad om strafregtelike laster daar te stel, vereis dit die publikasie van woorde deurdat dit 'n gevoel van woede en belediging by 'n aansienlike gedeelte van die samelewing teweegbring. Ten aansien van die lasterlike optrede teenoor God, voer Milton aan dat dit die wyse van publikasie of optrede is wat bepaal of dit godslasterlik is al dan nie. 'n Element van "vilification, ridicule, or irreverence as would be likely to exasperate the feelings of others" moet teenwoordig wees. Die optrede of handeling moet ook 'n gevoel van skok by 'n gewone lid van die publiek opwek, en nie "just those of a person of strong religious feelings, but those of any one in sympathy with the Christian religion, whether he be a strong Christian or a lukewarm Christian, or merely a person sympathising with their ideals".24

2.2 Impak van die verbod op haatspraak

Daar bestaan verskeie definisies van haatspraak en in hierdie bespreking word na haatspraak verwys soos dit omskryf word in artikel 16(2) van die Grondwet. Artikel 16(2)(c) van die Grondwet word uitgesluit van die beskerming van die reg op vryheid van uitdrukking en sluit in enige uitdrukking wat haat verkondig wat op ras, etnisiteit, geslagtelikheid of godsdiens gebaseer is en wat aanhitsing om leed te veroorsaak omvat (die haatspraakbepaling). Hierdie bepaling verwys na meer as net neerhalende opmerkings. Dit moet neerkom op die verkondiging van haat, gebaseer op een van die spesifieke gronde en moet neerkom op die aanhitsing om leed te veroorsaak. Hierdie bepaling vereis dus meer as blote godslaster wat woorde insluit wat God beledig of belaster; dit moet ook voldoen aan die vereistes vir haatspraak. Artikel 10 van die Wet op die Gelykheid en Voorkoming van Onbillike Diskriminasie 4 van 2000 ("PEPUDA") plaas 'n uitdruklike verbod op haatspraak, maar gaan verder as die bepaling in artikel 16(2) van die Grondwet deurdat dit ook meer verbode gronde lys (sewentien teenoor die vier in die Grondwet) en ook kwetsende uitdrukkings insluit, wat die drumpel baie laer maak vir 'n uitdrukking om as haatspraak beskou te word as die grondwetlike haatspraakbe-paling. Hier kan geargumenteer word dat daar dan as't ware geen nut meer vir 'n misdaad soos godslastering is nie, aangesien dit binne die ruim toepassing van artikel 10 tuisgebring kan word.

Artikel 10 bepaal dat geen persoon woorde mag publiseer, propageer, verkondig of oordra wat gebaseer is op een van die verbode gronde nie, en wat redelikerwys vertolk kan word as sou dit 'n duidelike bedoeling hê om kwetsend te wees, om skadelik te wees of skade aan te rig of haat te bevorder of te propageer nie. Verbode gronde sluit in ras, geslagtelikheid, geslag, huwelikstaat, etniese of sosiale herkoms, kleur, seksuele oriëntasie, ouderdom, gestremdheid, kerkverband, gewete, geloof, kultuur, taal en geboorte. Die Konstitusionele Hof het by verskeie geleenthede die belangrikheid van die regering om haatspraak te reguleer uitgelig, aangesien, "it may cause harm to the constitutionally mandated objective of constructing a non-racial and non-sexist society which is based on common human dignity and attainment of equality".25

Die moontlike ongrondwetlikheid van aspekte van die verbod in artikel 10(1) word reeds ná die inwerkingtreding van die wet geopper.26 Die grondwetlikheid van artikel 10 van PEPUDA is egter eers onlangs in die hof getoets. In 2008 het Jon Qwelane, 'n voormalige rubriekskrywer van die Sunday Sun, 'n rubriek gepubliseer met die titel: "Call me names, but gay is NOT okay...", waarna verskeie klagtes by die ombudsman van die pers gelê is. Laasgenoemde was van mening dat die artikel nie op haatspraak teenoor gays neerkom nie, maar wel die uitsaaikode skend. Gevolglik is 'n verskoning aangebied en gepubliseer.

Ná verskeie klagtes besluit die Menseregtekommissie egter om die saak na die Gelykheidshof te neem vir 'n beslissing, op grond daarvan dat die artikel voldoen aan die vereistes vir haatspraak ingevolge die Wet op Gelykheid, waarna die respondente die grondwetlikheid van artikel 10 van die Wet aanveg. Die Gelykheidshof beslis dat artikel 10 wel grondwetlik is.27 In die appèl na die Appèlhof28 beslis die hof egter dat artikel 10 ongrondwetlik is, aangesien dit te "vaag" en die omvang daarvan te wyd is. Voor die appèlhofuitspraak het die Wet op Gelykheid (PEPUDA) enige uitdrukking wat slegs beskou is as "kwetsend" teenoor 'n spesifieke groep mense as haatspraak beskou. Volgens die interpretasie van die Appèlhof, wat meer ooreenstem met die artikel 16-interpretasie, kom 'n uitlating slegs op haatspraak neer indien dit haat verkondig én skade veroorsaak of aanhits. Gevolglik gee die Appèlhof aan die Parlement 18 maande om PEPUDA te wysig. Indien hulle dit nie doen nie, geld die enger definisie.29 Die bevel van die Appèlhof moet nou deur die Konstitusionele Hof bekragtig word.30

Voor die beslissing van die Appèlhof ten aansien van artikel 10 van PEPUDA en weens 'n onlangse toename in gebeurtenisse waar rassistiese uitsprake in Suid-Afrika gemaak is, en in reaksie daarop, het die Departement van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling die Prevention and Combating of Hate Crimes and Hate Speech Bill in 2016 aangekondig. Die doel van die konsepwetgewing is om uitvoering te gee aan die regering se verpligtinge, ooreenkomstig die Grondwet, om gelyke regte vir elkeen te bevorder en te reguleer en diskriminasie te voorkom, deur oortredings soos haatmisdaad en haatspraak te verbied. Net soos artikel 10 van PEPUDA, strek hierdie beoogde wetgewing egter veel verder in sy toepassing as wat die Grondwet in artikel 16 omskryf. Ooreenkomstig artikel 4 van die beoogde wetgewing kan enige kommunikasie wat 'n bepaalde persoon of groep aanstoot laat neem, inkriminerend wees en haatspraak daarstel.

Verskeie klagtes is teen die eerste wetsontwerp ingebring, veral vanuit godsdienstige groeperings wat bekommerd was dat die wetsontwerp se breë omskrywing van haatspraak bepaalde geloofsuitsprake deur die kerk of gelowiges in die spervuur sou plaas. Die wetsontwerp is ook beskou as 'n skending van die reg op vryheid van uitdrukking en die reg op vryheid van godsdiens, soos in die Grondwet verskans. Dr. Gustav Claassen, Algemene Sekretaris van die NG Kerk, het die wetsontwerp beskryf as "gebrekkig en neem nie grondwetlike regte behoorlik in ag nie".31 FORSA (Freedom of Religion South Africa), 'n organisasie sonder winsbejag wat hom vir godsdiensvryheid in Suid-Afrika beywer, tesame met ander godsdiensorganisasies, was voorstanders van die insluiting van 'n sogenaamde vrystellings-klousule vir godsdiens ("religious exemption clause") wat bonafide godsdienstige uitsprake sou uitsluit van haatspraak.32 'n Gewysigde wetsontwerp33 is aan die Parlement voorgele en sekere wysigings is aangebring, insluitende die vrystellingsklousule vir godsdiens. Die Wetsontwerp maak haatspraak 'n misdaad, maar skep dan sekere vrystellings in artikel 4(2). Die vrystelling in artikel 4(2)(d) verwys spesiefiek na "the bona fide interpretation and proselytising or espousing of any religious tenet, belief, teaching, doctrine or writings", maar met die vereiste dat hierdie geloofsuitsprake steeds onderhewig is aan die vereiste dat dit nie die verkondiging van haat wat op enige grond soos uiteengesit in subartikel 1(1) en wat die aanhitsing om leed te veroorsaak, daarstel nie. Godslasterlike uitsprake sal dus skadelik moet wees of die bedoeling moet hê om skade aan te rig of om haat te bevorder of te propageer, alvorens dit strafbaar is.

Hierdie vrystellings sal egter slegs van toepassing wees op preke en nie uitsprake van individue nie. Godsdienstige organisasies en leiers het hulle kritiek hieroor uitgespreek, aangesien dit individuele gelowiges soos die Jehovah-getuies sal verhoed om hulle geloof met ander te deel. Volgens FORSA:

To limit the application of the religious exemption clause to sermons, implies that the conscience, convictions and beliefs of individual believers are somehow less sacred and worthy of protection than their pastors.34

Ten opsigte van alle fundamentele regte kom sekere beperkings voor, en 'n vraag wat dikwels na vore kom, is hoe 'n botsing tussen die reg op vryheid van uitdrukking en die reg op vryheid van godsdiens beredder behoort te word. Waar 'n belangebotsing tussen die reg op vryheid van uitdrukking en die reg op vryheid van godsdiens ontstaan, moet dit aan die hand van artikel 36 van die Grondwet35 beredder word. Die vraag ontstaan dan: Wat is die pad vorentoe vir 'n misdaad soos godslastering en die beskerming van gelowiges teen bespotting en belastering van hulle godsdiens?

2.3 Pad vorentoe? Die aangewese weg?

Reeds in 1986 spreek Labuschagne hom uit ten gunste van die dekriminalisering van die misdaad godslaster.36Hy is dan ook van mening dat die tradisionele godslasteringsmisdaad nie met godsdiensvryheid versoenbaar is nie en dat godslastering as 'n misdaad deurgehaal moet word.37 Die Wet op Dekriminalisasie107 van 1991 maak voorsiening vir die dekriminalisering van sekere misdrywe deur die Minister met kennisgewing in die Staatskoerant.38Labuschagne was 'n voorstander van die dekriminalisering van verskeie misdade, insluitende bloedskande,39 meineed,40 hoogverraad,41 bigamie,42 eutanasie,43 homo- en soöfilie.44 Verskeie misdrywe teen moraliteit is reeds gedekriminaliseer in Suid-Afrika, soos owerspel en sodomie. Moraliteit word tot enkele mate wel afgedwing soos dit in misdrywe soos bigamie, bloedskande, openbare onsedelikheid, en grafskending voorkom. Die mening is uitgespreek dat die wet op godslastering eintlik onreëlmatig is, aangesien dit slegs die godsdienstige gevoelens van Christene beskerm, en nie lede van ander godsdienste nie. Die mening is dat ander godsdiensgroepe "may suffer similar feelings of outrage caused by an attack on the Supreme Being that they worship".45

Tans vorm die gemeenregtelike misdaad van godslastering steeds deel van die Suid-Afrikaanse reg en dit is deur geen wetgewing formeel herroep of selfs ongrondwetlik verklaar nie.46 In die eerste uitgawe van Strafreg deur De Wet en Swanepoel47 word godslastering breedvoerig bespreek as 'n misdaad teen die godsdienstige gevoel. In die derde48 en vierde49uitgawe word geen enkele verwysing na die misdaad godslastering gemaak nie, wat die relevansie van hierdie misdaad duidelik uitwys. Snyman50 in sy eerste uitgawe in 1981 bespreek ook die misdaad godslastering as 'n misdaad teen godsdienstige gevoelens. Hy spreek egter in sy latere uitgawes sy twyfel uit oor die bestaansreg van die misdaad in die moderne tyd. Volgens hom:

Vir sover hierdie misdaad die godsdienstige gevoelens van slegs dié deel van die bevolking wat Christene is, beskerm, is dit 'n selektiewe beskerming, omdat daar godsdiensvryheid in Suid-Afrika is en daar ook ander gelowe behalwe die Christelike Godsdiens is. Hiermee word nie te kenne gegee dat smalende aanvalle in die openbaar op 'n godsdiens soos die Christelike godsdiens nie strafbaar moet wees nie. Die Christelike godsdiens behoort net nie die enigste en eksklusiewe godsdiens te wees wat beskerm word nie. Na my mening behoort die huidige misdaad godslaster deurgehaal te word en vervang te word deur 'n misdaad wat smalende of neerhalende aanvalle op enige godsdiens strafbaar stel, mits die handeling op so 'n wyse geskied dat dit die openbare rus en vrede bedreig.51

Hierdie standpunt word ook onderskryf deur Labuschagne, aangesien die misdaad godslastering volgens hom afgestem is op die beskerming van slegs 'n enkele godsbegrip of godsdiens, welke beskerming nie in 'n plurale regstaat regverdigbaar is nie. Hy spreek hom dan ook uit ten gunste van die vervanging van godslastering met 'n "misdaad of misdade wat alle godsdienste, religieuse of ander geloofsoortuigings en lewens- en wêreldbeskouinge op die grondslag van gelykheid akkommodeer en beskerm".52 Hoctor53 is van mening dat die misdaad deur onbruik verval het. Die strafregkenner Burchell54 is 'n voorstander daarvan dat die misdaad afgeskaf moet word en dat alle gevalle van godslastering beskou moet word as gevalle van aanhitsings tot haat op godsdienstige grondslag, wat dan op alle godsdienste van toepassing sal wees - nie slegs die Christelike godsdiens nie.55 Aangesien artikel 16 van die Grondwet die vryheid van spraak waarborg, sal die gemeenregtelike misdaad van godslastering baie beperkend vertolk word, en soos opgemerk deur Burchell, "perhaps to the extent of rendering the crime of blasphemy virtually obsolete".56

Artikel 10 van PEPUDA verbied enige uitinge wat kwetsend is, skadelik is of haatspraak bevorder. Daar word aangevoer dat hierdie bepaling die gemeenregtelike misdaad van laster en naamskending vervang het, en dat dit op dieselfde wyse van toepassing gemaak kan word op die misdaad godslastering.57Aangesien die misdaad van godslastering slegs die Christelike geloof beskerm, sou ook aangevoer kon word dat dit die reg op gelykheid skend. Binne die uitsaaiwese plaas die betrokke Gedragskodes ook 'n beperking op die reg op vryheid van uitdrukking deur te bepaal dat uitsendings nie die aanstigting van dreigende geweld mag bevorder of op die verkondiging van haat wat op godsdiens gebaseer is, mag neerkom nie. Hierdie beperking op die reg op vryheid van uitdrukking is redelik streng, en in verskeie sake voor die Uitsaaiklagtekommissie, waarvan enkeles hier onder bespreek sal word, het klagtes oor godslastering nie geslaag nie.

Gevolglik sal die betekenis van die gemeenregtelike misdaad godslastering, soos dit ook deur ons howe ontwikkel en geïnterpreteer is, ooreenkomstig artikel 39 van die Grondwet aangepas en ontwikkel moet word,58 en binne die raamwerk van die haatspraakbepaling en gevolglike vereistes verstaan en toegepas moet word. Vervolgens word enkele voorbeelde uit ons regspraak onder oë geneem.

2.4 Enkele voorbeelde

In 2002 kom 'n interessante saak teen die Onafhanklike Uitsaai-owerheid (Okosa) voor die Konstitutionele Hof in Islamic Unity Convention v Independent Broadcasting Authority.59Die Suid-Afrikaanse Joodse Raad van Afgevaardigdes het 'n klag teen die Onafhanklike Uitsaai-owerheid gelê ten aansien van 'n onderhoud wat op Radio 786 uitgesaai is. Volgens die Joodse Raad het die betrokke radiostasie wat aan die Islamic Unity Convention (IUC) behoort, artikel 2(a)60 van die Gedragskode vir Uitsaaidienste oortree. Artikel 56(1) van die Wet op die Onafhanklike Uitsaai-owerheid 153 van 199361 het bepaal dat alle uitsaailisensiehouers die Gedragskode vir Uitsaaidienste soos voorgeskryf, moet nakom. Artikel 2(a) plaas 'n verbod op die uitsaai van enige materiaal wat beledigend teenoor die godsdienstige opvattings of gevoelens van enige deel van die samelewing is. Die Joodse Raad was van mening dat die program wat uitgesaai is (waartydens die regmatigheid van die Staat van Israel in twyfel getrek is deur 'n spreker tydens 'n program oor die Sionisme) verhoudings tussen die Joodse gemeenskap en ander gemeenskappe nadelig sou raak.62

Die Islamic Unity Convention het die grondwetlikheid van die bepaalde artikel van die Gedragskode aangeveg en aangevoer dat dit indruis teen die grondwetlike reg op vryheid van uitdrukking (ooreenkomstig artikel 16 van die Grondwet). Artikel 16 maak deel uit van die Gedragskode en die verkondiging van haat wat op godsdiens gebaseer is en wat aanhitsing om leed te veroorsaak insluit, word spesifiek deur artikel 16(2) uitgesluit. Die Konstitusionele Hof bevind dat die toets soos uiteengesit in artikel 2(a) van die Gedragskode te ruim gestel is en dat dit vervang moet word met die enger toets soos vervat in artikel 16(2) van die Grondwet. Die hof bevind dat die verbod te ingrypend is en inbreuk maak op die reg op vryheid van uitdrukking. Gevolglik handhaaf die hof die appèl en verklaar die verbod in artikel 2(a) van die Gedragskode ongrondwetlik en ongeldig. Die hof beklemtoon egter dat die reg op godsdiensvryheid nie godsdienstige haatspraak beskerm nie.

Na aanleiding van hierdie beslissing het die Onafhanklike Uitsaai-owerheid 'n hersiene Gedragskode vir Uitsaaidienste (artikel 56 (Bylae 1)) onder Algemene Kennisgewing 446 in Staatskoerant 24394 van 14 Februarie 2003 gepubliseer.63 Die hersiene Gedragskode het op 7 Maart 2003 in werking getree. Gevolglik moet die Uitsaaiklagtekommissie van Suid-Afrika (UKKSA) alle klagtes ooreenkomstig die beperkings soos uiteengesit in artikel 16(2) van die Grondwet beslis, wat 'n enger toets daarstel.

Nadat die hersiene Gedragskode in werking getree het, beland die saak van Van Loggerenberg and another v 94.7 Highveld Stereo64voor die tribunaal van die Uitsaaiklagtekommissie. Die omroeper Jeremy Mansfield het tydens 'n uitsending 'n grap vertel wat aanleiding gegee het tot 'n klag van godslastering en haatspraak deur Christenbeswaardes. Die tribunaal aanvaar dat, ooreenkomstig die vorige Gedragskode, dit 'n oortreding sou wees indien die uitsending slegs beskou sou word as beledigend of kwetsend vir die godsdienstige opvattings of gevoelens van 'n deel van die samelewing. Hierdie toets soos toegepas in die Islamic Unity Convention-saak is egter te ruim bevind en ongrondwetlik verklaar. Die tribunaal in Van Loggerenberg moes gevolglik die toets ooreenkomstig artikel 16(2) van die Grondwet, soos in die hersiene Gedragskode vervat, toepas. Gevolglik sal die grap waarteen beswaar gemaak is, slegs die toets faal indien dit neerkom op die aanstigting van dreigende geweld of die verkondiging van haat wat op godsdiens gebaseer is en indien die woorde aanleiding gee tot aanhitsing om leed te veroorsaak (die sogenaamde toets vir haatspraak). Ten aansien van godslastering moes die tribunaal bepaal of die grap wel minagtend teenoor God is en

[was] intended to hurt and ridicule the religious feelings of professing Christians or can be interpreted as a denial of the existence of God or the slandering of God. In the light of modern attitudes with regard to religion and to religious matters and beliefs, can the (joke) in question viewed in context be said to be so scurrilous or profane, or scoffingly irreverent, and contumelious that one may infer blasphemy.65

Die meerderheid was van mening dat Suid-Afrika nie net bewoon word deur Christene nie, maar deur 'n verskeidenheid kulture en godsdienste wat almal gelyke beskerming van die Grondwet geniet. Die tribunaal het ook in ag geneem dat die program bekend is vir parodie en satire en gemik is op die gesofistikeerde luistermark. Gevolglik beslis die tribunaal dat hoewel die grap in swak smaak was en "objectionable, offensive and ill-conceived", dit nie godslasterlik of daarop gemik was om godsdiensgebaseerde haat aan te stig nie.66 Volgens die tribunaal:

It is the majority's view that the impugned joke in present day South Africa cannot be said to be beyond the pale, to such extent that the joke would be regarded as blasphemous and constitute hate speech.67

Die tribunaal wys gevolglik die aansoek van die hand en bevind geen skending van artikel 16 van die Grondwet of van die Gedragskode nie. Professor Viljoen, in 'n minderheidsbeslissing, is egter van mening dat die uitsaai van die grap wel neerkom op die verkondiging van haat gebaseer op godsdiens en gevolglik beide die Gedragskode en artikel 16 van die Grondwet skend. Hy grond sy opvatting op die feit dat die goddelike aard van Jesus een van die grondpilare van die Christelike godsdiens is, en deur hierdie leerstuk te onderwerp aan "ridicule and sexual innuendo will be considered by Christians, of which there are many in this country, to be blasphemy to such a degree that it is tantamount to the advocacy of hatred based on religion".68Hy is verder van mening dat die Christelike gemeenskap nie die bespotting van die leerstuk van die goddelike aard van Christus sal duld nie. Die vereiste van artikel 16 van die Grondwet dat die aanhitsing om leed te veroorsaak teenwoordig moet wees, verwys volgens hom ook nie slegs na fisiese leed nie, maar dit sluit ook emosionele en sielkundige leed in. Hy is dus van mening dat die aanhitsing om leed te veroorsaak hier teenwoordig is in die "frivolous manner in which this amazing and holy event in the Christian faith is ridiculed over the airwaves, thus constituting an assault on the religious convictions of adherents to the Christian faith".69

Die hersiene Gedragskode vir Uitsaaidienste van 2003 verbied die elektroniese media om enige materiaal uit te saai wat haat- of wraakgevoelens, gebaseer op ras, etnisiteit, geslag of geloof aanwakker of propageer. Binne die konteks van vryheid van uitdrukking is dit dus slegs haatspraak wat verbied word. Daar word geen verwysing na godslastering gemaak nie, en slegs godslastering wat ook kwalifiseer as haatspraak, word verbied. Die Gedragskode bepaal ook uitdruklik dat gebalanseerde gesprekke of bespreking oor godsdiens en geloof nie neerkom op haatspraak teenoor God nie.

In die saak Pelser v SABC370gee die Uitsaaiklagtekommissie 'n breedvoerige uiteensetting van die betekenis en ontstaan van die misdaad "godslaster".71 Die tribunaal is van mening dat nie elke vorm van die ydellike gebruik van die Godsnaam noodwendig sal neerkom op godslastering nie, maar dat dit slegs verwys na stof, soos uitgedruk deur Van der Linden72 en Moorman73 wat God "smaadt, lastert of vervloekt" en "iets toeschrijven dat tot hem niet behoort, of iets van hem ontkennen, dat hem eigen is of verachtelijk van hem spreken".74Volgens die tribunaal sal slegs woorde wat God direk belaster en beledig as haatspraak beskou word. Daar moet ook in ag geneem word dat wat uit 'n geloofsperspektief beskou word as godslastering, nie noodwendig vanuit 'n regsperspektief so beskou word nie. Soos die tribunaal dan ook beslis:

One should also bear in mind that the mere taking in vain of the Lord's Name does not amount to blasphemy in law. What is blasphemy in religion is, accordingly, not necessarily prohibited in law. In law, this has to amount to hate speech, which requires that the speech must amount to the advocacy of hatred based on religion, that constitutes incitement to cause harm. This provision places all religions on the same level insofar as protection is concerned.75

Wat godslastering en haatspraak betref, beslis die tribunaal dat ten einde te bepaal of die ydellike gebruik van die Naam van die Here wel neerkom op haatspraak en dus strafbaar is, 'n tweeledige toets ooreenkomstig die Gedragskode toegepas moet word. In die eerste plek moet dit neerkom op die aanhitsing van haat op grond van godsdiens en geloof en tweedens moet dit kwetsend wees. Hoewel sekere uitlatings vir 'n groot aantal luisteraars kwetsend kan wees en aanstoot gee, moet die Uitsaaiklagtekommissie egter die neergelegde kriteria in die Gedragskode toepas. Uitinge moet dus neerkom op kwetsende haatspraak, alvorens daar sprake kan wees van 'n oortreding van die Kode.76

In 2005 is 'n reeks spotprente, waarvan sommige die Profeet Mohammed as 'n terroris met 'n bom uitbeeld, in 'n Deense koerant gepubliseer. Dit het wêreldwyd 'n wye reaksie onder die moslemgemeenskap ontlok. Hierdie spotprente het ook later in Suid-Afrika verskyn. Die Jamiat-ul-Ulama van Transvaal, 'n vrywillige godsdienstige vereniging, het die hof genader vir die toestaan van 'n dringende interdik om Media Investments Ltd., die uitgewer van nasionale koerante, te verbied om enige spotprent of tekening van die Profeet Mohammed in enige koerant, tydskrif of ander publikasie te publiseer. Ten aansien van die beeld van die Profeet Mohammed, het die applikante aangevoer dat:

Islam does not know a depiction of Prophet Mohammed (PBUH) and it is a principle of Islam that a production of the holy Prophet (PBUH) in drawings, paintings etc. are blasphemous. The drawings overstep even the bounds of a simple productive drawing but are characterised by insulting messages and innuendos that mock at and ridicule Islam and its founder. Prophet Mohammed (PBUH) is the cornerstone of every Muslim's existence.77

In Jamiat Ul-Ulama of Transvaal v Johncom Media Investment Ltd gee die hof erkenning aan die belangrike rol van die media in 'n demokratiese bestel, sowel as hulle grondwetlike plig om met krag, moed, integriteit en verantwoordelikheid op te tree.78 Die hof beklemtoon verder die belangrikheid van menswaardigheid binne ons grondwetlike raamwerk en was van mening dat die beperking op die vryheid van die media in sommige gevalle wel geregverdig is in belang van menswaardigheid. Volgens die hof:

These expressions advocate hatred and stereotyping of Muslims on the basis of immutable characteristics that is particularly harmful to the achievement of our core values as a nation, and reinforces and perpetuates patterns of discrimination and inequality.79

Die hof was van mening dat indien die spotprent gepubliseer sou word, "it would demean the dignity of an individual whom the Muslim community hold in highest regard."80 Die hof staan die interdik toe en belet die respondente om enige spotprent of tekening van die Profeet Mohammed in enige koerant of publikasie te publiseer.81 Die verbod op die publikasie van die spotprente in Suid-Afrika is egter later opgehef na aanleiding van die ontwikkeling van die elektroniese media wat die spotprente vryelik bekombaar gemaak het.

Wanneer dit kom by godslastering, blyk dit dus dat die reg op menswaardigheid, meer spesifiek godsdienstige waardigheid, ook 'n belangrike oorweging is, soos uitgedruk in artikel 10 van die Grondwet.82 Artikel 6.4 van die Handves van Godsdiensregte is ook hier van belang, wat bepaal dat elke persoon die reg het op godsdienstige waardigheid, wat insluit om nie op grond van sy of haar geloof, godsdiens, oortuigings of godsdienstige handelinge geviktimiseer, bespot of belaster te word nie. Waar die staat een godsdiens bo 'n ander stel, kan aangevoer word dat die staat inbreuk maak op die godsdienstige waardigheid van ander godsdienste. Malherbe83 argumenteer dat die mees skreiende voorbeeld van die skending van godsdienstige waardigheid sal wees waar die geloof, gebruike en simbole van 'n bepaalde godsdiens belaster en bespot word. Ten aansien van waardigheid kom die siening egter voor dat "mere impairment of the dignity of believers as a section of society is ... not sufficient. The impairment of dignity, in so far as the definition of hate speech is concerned, is only one of the elements. Advocacy and incitement are other necessary prerequisites".84

Malherbe85 is van mening dat die hof in die Jamiat UlUlama-saak sou kon argumenteer dat die publikasie van die spotprente "aanhitsing om leed te veroorsaak" uitmaak, indien die leed, skade of nadeel geïnterpreteer sou word as meer as net fisiese leed. Hierdie argument sou suksesvol kon wees gesien in die lig van die vroeëre saak van Van Loggerenberg en die argument dat die verwysing na "leed" ("harm") in artikel 16 van die Grondwet ook emosionele en sielkundige leed insluit. Indien die spotprente dus die godsdienstige waardigheid van die Moslemgemeenskap aantas, sou die hof kon aanvoer dat die spotprente onder die haatspraakbepaling val en sou dit gevolglik nie die beskerming van artikel 16 geniet nie, aangesien artikel 16(2)(c) uitdruklik enige uitdrukking wat die verkondiging van haat wat op godsdiens gebaseer is, en wat die aanhitsing om leed te veroorsaak, uitmaak, uitsluit van die beskerming van artikel 16.86 In De Waal v Talk Radio87beslis die Tribunaal dat "leed" ook die aantasting van waardigheid insluit, maar kwalifiseer dit deur verder te bepaal dat "the mere fact that there is a serious impairment of dignity will not, on its own, be sufficient to meet the requirements of hate speech as prohibited by section 16 of the Constitution and, in identical terms, in the Broadcasting Code". In Freedom Front v South African Human Rights Commission88beslis die hof dat "leed" fisiese, sielkundige en emosionele leed insluit. Die gewysigde Haatspraak Konsepwetsontwerp omskryf "leed" ook as enige emosionele, sielkundige, fisiese, sosiale of ekonomiese leed.

'n Ander voorbeeld hou verband met sekere op- en aanmerkings teen Jode wat tydens 'n lesing by die Universiteit van die Witswatersrand (Wits) deur 'n lid van die vakbond Cosatu (Federasie van Suid-Afrikaanse vakbonde) in 2009 gemaak is. Bongani Masuku, 'n lid van Cosatu, het sekere dreigende, opruiende en neerhalende opmerkings gemaak oor Jode wat Israel ondersteun. Die Suid-Afrikaanse Joodse Raad van Afgevaardigdes het Masuku aangekla van haatspraak en 'n klag by die Menseregtekommissie gelê. Die Menseregtekommissie het Masuku skuldig bevind aan haatspraak en hom gelas om verskoning aan te teken teenoor die Joodse Raad, wat hy geweier het om te doen.89 Die saak is toe by die Gelykheidshof aanhangig gemaak en die hof het uitspraak gegee in die saak van South African Human Rights Commission obo South African Jewish Board of Deputies v Masuku and Another.90In Masuku se uitlating sê hy dat "the Zionists must be targeted, exposed, and that all must be achieved to subject Jews to perpetual suffering until they withdraw from the land of others". Hy maak ook hierdie beroep: "every Zionist to be made to drink the bitter medicine they are feeding our brothers and sisters in Palestine".91 Aangesien dit 'n bevestigde aanname is dat lede van die Joodse gemeenskap in Suid-Afrika, soos in groot dele van die wêreld, as Zioniste identifiseer, bepaal die hof dat Masuku se uitdrukkings kwetsend, skadelik, aanstigting tot geweld en die verkondiging van haat is, en gevolglik haatspraak uitmaak. Die hof voer aan:

not only does the utterance transgress the purview of s 10(1) of the Equality Act, but it clearly makes reference to the persecution and harm that allegedly happened to the Palestinians during the Gaza war. It can, with ease of construction amount to direct incitement to cause some harm to South African Jews.92

Die hof het Masuku gelas om binne dertig dae 'n onvoorwaardelike verskoning te gee aan die Joodse gemeenskap. Masuku en Cosatu is ook gelas om die Menseregtekommissie se kostes te betaal.

In 'n laaste, en meer onlangse saak, is klagtes van haatspraak deur die Menseregtekommis-sie by die Gelykheidshof teen 'n pastoor van Mitchells Plain in die Wes-Kaap, Oscar Bougaardt, ingedien. Dit volg op verskeie klagtes oor kwetsende en beledigende opmerkings wat Bougaardt teenoor gay en lesbiese mense gemaak het. 'n Skikking is bereik wat 'n bevel van die hof gemaak is, waarvolgens die pastoor hom nie weer aan haatspraak skuldig sou maak nie. Ten spyte van die hofbevel, het hy dit egter weer gedoen, waarna die Menseregtekommissie 'n klag van minagting van die hof in die Gelykheidshof teen Bougaardt ingebring het. Die Gelyk-heidshof bevind dat Bougaartdt se opmerkings nie deur die reg op vryheid van godsdiens beskerm word nie. Die hof bevind hom aan minagting van die hof skuldig en hy word tot 30 dae tronkstraf gevonnis wat vir 5 jaar opgeskort is. Indien hy hom nie daarvan weerhou om enige verdere kwetsende opmerkings teenoor gay mense te maak nie, sal hy tronkstraf opgelê word.93

Hierdie uitspraak beklemtoon die feit dat hoewel die Haatspraak Konsepwetsontwerp 'n sogenaamde vrywaringsklousule vir godsdienstige uitinge bevat, godsdiens en godsdiens-gebaseerde haat nooit 'n verweer vir aanspreeklikheid vir haatspraak kan wees nie.

 

3. GEVOLGTREKKING

Dit is die standpunt van ons howe dat "it is a settled and trite approach in our law that, although the right to freedom of expression is inseparable from a normal democracy, it is however, neither an absolute nor limitless right nor is it a pre-eminent right".94 Godslastering moet gevolglik ook binne hierdie raamwerk en gevolglike beperkings van haatspraak uitgelê en geïnterpreteer word; sodanig dat slegs uitdrukkings waarin God op dergelike wyse afgekraak en beswadder word, as haatspraak beskou kan word. Niemand kry 'n vrypas om enige uitdrukking, hetsy 'n godsdienstige uitdrukking al dan nie, te maak wat geweld aanstig of haat verkondig wat daarop gemik is om iemand leed aan te doen nie, ongeag of so iemand 'n priester, pastoor, rabbi, imam of dominee is, en die organisasie FORSA "strongly condemn any such instances of 'hate speech' - whether against another religion, members of the LGBT community or any other group of persons".95

In die lig van die reg op godsdiensvryheid sou 'n regverdige en onpartydige oplossing wees om die definisie van godslastering so te interpreteer of uit te brei dat dit die beskerming van alle godsdienste insluit, nie net dié van Christene nie.96 En soos uitgelig deur Vorster,97behoort godsdiensvryheid nie aangewend te word "as 'n vrypas om onder die dekmantel van die bevordering van godsdiens degraderende spraak ten opsigte van mense van ander oortuigings goed te keur nie".

Miskien lê die antwoord in godsdienstige verdraagsaamheid teenoor mekaar en is dit dus nie vreemd nie dat iemand soos die strafregkenner Burchell98 aanvoer dat "the tolerance of 'blasphemy' of any religious belief should be regulated by individual and societal taste, not enforced by law, criminal or otherwise". Ten aansien van godsdienstige verdraagsaamheid bepaal Regter O'Regan in die saak van S v Lawrence99soos volg:

Putting up with (often esoteric) manifestations of religious beliefs is not the hallmark of tolerating religious eccentricities. In political terms, a state's even-handed treatment of divergent religious convictions and the realization of these convictions and their effects in societal life probably does more to evidence (and enhance) positive tolerance.100

Gesien vanuit 'n Christelike perspektief word die siening ook gehuldig dat die reaksie van lede van 'n godsdienstige gemeenskap op dít wat as godslastering beleef word, behoort te wees "om selfondersoek te doen en om deur 'n ligvervulde en liefdevolle optrede, wat tot 'n seën vir die wêreld kan dien, respek en eerbied vir die allerheiligste naam van hulle God by die wêreld op te wek".101 Die Suid-Afrikaanse Raad vir die Beskerming en Bevordering van Godsdiensregte en -vryhede (SA Raad vir Godsdiensregte en -vryhede) is in die proses om 'n Gedragskode vir Godsdienste in Suid-Afrika te formuleer. Ten aansien van die reg op vryheid van uitdrukking, gee die gedragskode die volgende riglyne:

In die uitoefening van ons vryheid van uitdrukking en wanneer ons ons geloofsoortuigings met ander instemmende persone deel, sal ons die waardigheid van ander eerbiedig, sal ons nie ander op grond van hul oortuigings, geloof, godsdiens of godsdienstige affiliasie viktimiseer verkleineer of belaster nie, en sal ons nie haat wat op godsdiens gebaseer is en wat aanhitsing tot dreigende geweld uitmaak of wat fisiese leed mag veroorsaak, verkondig nie. Verskillende oortuigings moenie te maklik as "haat" afgemaak word nie, waardeur die noodsaaklike vryhede van uitdrukking en assosiasie, wat eie is aan 'n diverse, vry en oop samelewing, onnodig beperk word.

Hierdie gedragskode kan rigtinggewend wees ten aansien van hoe godsdiensgemeenskappe beslissend in eie geledere kan optree om gedrag onder die loep te neem, en duidelike standaarde te ontwikkel waarvolgens optredes en uitdrukkings kan bydra tot die ontwikkeling van menswaardigheid en 'n gees van onderlinge respek en verdraagsaamheid tussen die mense van Suid-Afrika.

 

BIBLIOGRAFIE

Albertyn, C, Goldblatt, B & Roederer, C. 2001. Introduction to the Promotion of Equality and Prevention of Unfair Discrimination Act: Act 4 of2000. Suid-Afrika: Witwatersrand University Press.         [ Links ]

Ampofo-Anti, OY. 15 Junie 2018. Court rules that religion cannot be used as a defence for anti-gay Hate Speech. www.groundup.org.za [6 Julie 2020].         [ Links ]

Badenhorst, N. 7 Junie 2018. Minister says "Religious Exemption Clause" will only protect sermons. https://forsa.org.za [6 Julie 2020].         [ Links ]

Badenhorst, N. 19 September 2018. Revised "Hate Speech" bill expected to be published for comment soon. https://forsa.org.za [6 Julie 2020].         [ Links ]

Burchell, J. 2005. Principles of Criminal Law 3rd edition. Kaapstad: Juta & Company Ltd.         [ Links ]

Burchell, J. 2013. Principles of Criminal Law, 4th edition. Kaapstad: Juta & Company (Pty) Ltd.         [ Links ]

Burchell, J. 2016. Principles of Criminal Law 5th edition. Kaapstad: Juta & Company (Pty) Ltd.         [ Links ]

Chabalala, J. 29 Junie 2017. Bongani Masuku guilty of hate speech, must apologise to SA Jewish Board of Deputies. www.news24.com [6 Julie 2020].         [ Links ]

Currie, I & De Waal, J. 2005. The Bill of Rights Handbook 5thedition. Kaapstad: Juta & Company (Pty) Ltd.         [ Links ]

Currie, I & De Waal, J. 2013. The Bill of Rights Handbook 6th edition. Kaapstad: Juta & Company (Pty) Ltd.         [ Links ]

De Wet, JC & Swanepoel, HL. 1949. Strafreg. Durban: Butterworth & Kie (SA)(Edms) Bpk.         [ Links ]

De Wet, JC. 1975. Strafreg derde uitgawe. Durban: Butterworths.         [ Links ]

De Wet, JC. 1985. Strafreg vierde uitgawe. Durban: Butterworths.         [ Links ]

De Wet, FW. 2006. Godslaster en Vryheid van Spraak - 'n Oproep tot Verantwoordelike Optrede. Woord en Daad, (12):12-17.         [ Links ]

Du Plessis, L. 2001. Freedom of or Freedom from Religion? An Overview of Issues Pertinent to the Constitutional Protection of Religious Rights and Freedom in "the New South Africa". Brigham Young Law Review, (2):439-466.         [ Links ]

Goolam, MI. 2006. The Cartoon Controversy: A Note on Freedom of Expression, Hate Speech and Blasphemy. The Comparative and International Law Journal of Southern Africa, 39(2):333-350.         [ Links ]

Hoctor, SV. 2017. Criminal Law. In Joubert & Kuhne (eds). LAWSA 3rd edition (2017). Suid-Afrika: LexisNexis, par. 11.         [ Links ]

Jackson, N. 6 Augustus 2018. Kerk en Gays, nuwe verwikkelinge. Die Kerkbode. https://kerkbode.christians.co.za [6 Julie 2020].         [ Links ]

Kemp, G (eds). 2018. Criminal Law in South Africa 3rd edition. Kaapstad: Oxford University Press.         [ Links ]

Kerkbode. 28 November 2016. NG Kerk bekommerd oor konsepwetgewing. Kerkbode Nuus. http://ngkerk.net [6 Julie 2020].         [ Links ]

Klopper, HB. 1991. Meer oor die Norme by Mediabeheer ingevolge Artikel 47(2)(a) van die Wet op Publikasies 42 van 1974. Tydskrif vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg (THRHR), 54(4):578-599.         [ Links ]

Krishnaswami, A. 1960. Study of Discrimination in the Matter of Religious Rights and Practices. New York: United Nations Publication.         [ Links ]

Labuschagne, JMT. 1985. Dekriminalisasie van Bloedskande. Tydskrif vir Hedendaagse RomeinsHollandse Reg (THRHR), (48):435.         [ Links ]

Labuschagne, JMT. 1986. Dekriminalisasie van Homo- en Soöfilie. Tydskrif vir Regswetenskap, (11)2:167.         [ Links ]

Labuschagne, JMT. 1986. Dekriminalisasie van Godslaster. Tydskrif vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg (THRHR), (49)4:434.         [ Links ]

Labuschagne, JMT. 1986. Dekriminalisasie van Bigamie. De Jure, (19)1:68-86.         [ Links ]

Labuschagne, JMT. 1988. Dekriminalisasie van Eutanasie, Tydskrif vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg, (THRHR), (51):167.         [ Links ]

Labuschagne, JMT. 1991. Dekriminalisasie van Meineed. Journal for Juridical Science, (16)1:20-48.         [ Links ]

Labuschagne, JMT. 1992. Menslike Outonomie en Staatlike Majestas: Opmerkinge oor die Dekriminalisasie van Hoogverraad. South African Journal of Criminal Justice, (5)2:117-131.         [ Links ]

Labuschagne, JMT. 2001. Vanaf Goddelike tot Menslike Persoonlikheidsreg: 'n Regsantropologiese Evaluasie van die Ontstaan en Disintegrasie van die Misdaad Godslastering. Stellenbosch Law Review, (12):484.         [ Links ]

Malherbe, R.2007. The Mohammed Cartoons, Freedom of Expression and the Infringement of the Right to Religious Dignity. Tydskrifvir die Suid-Afrikaanse Reg, (2):332.         [ Links ]

Milton, JRL. 1990. South African Criminal Law and Procedure revised 2nd edition. Kaapstad: Juta.         [ Links ]

Rautenbach, IM. 2007. Haatspraak en die Reg op Vryheid van Uitdrukking in Suid-Afrika. Tydskrifvir die Suid-Afrikaanse Reg, (3):551-568.         [ Links ]

Snyman, CR. 1981. Strafreg. Durban: Butterworth & Kie (SA)(Edms) Bpk.         [ Links ]

Snyman, CR. 1989. Strafreg tweede uitgawe. Durban: Butterworths.         [ Links ]

Snyman, CR. 1992. Strafreg derde uitgawe. Durban: Butterworths.         [ Links ]

Snyman, J.H. 1976. Die Wet op Publikasies 42 van 1974. Tydskrifvir die Suid-Afrikaanse Reg, (2):190-201.         [ Links ]

Van der Schyff, G. 2001. The Right to Freedom of Religion in South Africa (LLM verhandeling, RAU).         [ Links ]

Van der Schyff, E. 2004. Een Maal is Reeds te Veel! Die Uitsaaklagtekommissie en die Ongeërgde Gebruik van die Naam van die Here. Woord en Daad, (44)387:13-15.         [ Links ]

Van Rooyen, JCW. 1992. 'n Menseregte Handves: Die Toekoms van die Wet op Publikasies. De Jure, (25)1:110-119.         [ Links ]

Van Rooyen, JCW. 1975. Aspekte van die Wet op Publikasies. De Jure, (8)2:122-132.         [ Links ]

Van Rooyen, JCW. 1978. Publikasiebeheer in Suid-Afrika. Kaapstad: Juta.         [ Links ]

Van Rooyen, JCW. 1988. Die Rol van die Wet op Publikasies in die Handhawing van Morele Standaarde. SA Publiekreg /SA Public Law, (3)2:131-141.         [ Links ]

Van Rooyen, JCW. 1990. Die Wet op Publikasies: 'n Christelike Lewensbeskouing? De Jure, (23)2:354-357.         [ Links ]

Versluis, J. 1 Desember 2019. Einde van Haatspraak. Netwerk24. https://netwerk24.com [6 Julie 2020].         [ Links ]

Vorster, JM. 2014. Etiese Perspektiewe op Haatspraak in die Lig van die Derde Gebod. In die Skriflig, (48)2:1-8.         [ Links ]

Wiechers, M. 1975. Enkele Gedagtes oor die Wet op Publikasies 42 van 1974. De Rebus Procuratoriis, 59-63.         [ Links ]

 

 

Ontvang: 2020-07-15
Goedgekeur: 2020-10-15
Gepubliseer: Maart 2021

 

 

 

Helena van Coller is 'n medeprofessor en visedekaan in die Fakulteit Regsgeleerdheid aan die Rhodes Universiteit, Suid-Afrika. Sy word aangestel as dosent in 2005. Sy behaal die grade LLB en LLM aan die Universiteit van die Vrystaat en 'n LLM aan die Universiteit van Utrecht, Nederland. Sy word toegelaat as advo-kaat van die Hooggeregshof in Suid-Afrika in 2004. Sy doseer Administratiefreg en behaal haar LLD in 2012. Die fokus van haar navorsing is Publiekreg met 'n spesiale toespitsing op die verhouding tussen godsdiens en die reg en die funksionering van geloofsinstellings in Suid-Afrika. Sy is lid van ICLARS (The International Consortium for Law and Religious Studies), direksielid van ACLARS (The African Consortium for Law and Religious Studies), stigters-lid van die Suid-Afrikaanse Raad vir die Bevordering en Beskerming van Godsdiensregte in Suid-Afrika en raadslid van Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Haar boek oor die Regulering van Godsdiens in Suid Afrika word in 2020 deur Routledge gepubliseer as deel van die reeks oor Godsdiens en die Reg.
Helena van Coller is an Associate Professor and Deputy Dean in the Faculty of Law at Rhodes University, South Africa. She joined the Faculty in 2005. She obtained the degrees LLB and LLM from the University of the Free State and an LLM from the University of Utrecht, The Netherlands. She was admitted as an advocate in 2004. She obtained her LLD on the topic of Administrative Law and Religious Organisations in 2012. Her main field of research is Administrative Law and aspects of Law and Religion. She is a member of ICLARS (The International Consortium for Law and Religious Studies), Member of the Board of Directors of ACLARS (The African Consortium for Law and Religious Studies), The SA Council for the Protection and Promotion of Religious Rights and Freedoms (founding member) and Council member of Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Her book on Regulating Religion: State Governance of Religious Institutions in South Africa was published by Routledge in 2020 as part of the ICLARS Series on Law and Religion.
1 Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996
2 16 Vryheid van uitdrukking (1) Elkeen het die reg op vryheid van uitdrukking, waarby inbegrepe is-(a) die vryheid van die pers en ander media; (b) die vryheid om inligting of idees te ontvang of oor te dra; (c) die vryheid van artistieke kreatiwiteit; en (d) akademiese vryheid en vryheid van wetenskaplike navorsing.
3 Islamic Unity Convention v Independent Broadcasting Authority and Others (2002) (4) SA 294 (KH) par 26.
4 (2) Die reg in subartikel (1) omvat nie-(a) propaganda vir oorlog nie; (b) die aanstigting van dreigende geweld nie; of (c) die verkondiging van haat wat op ras, etnisiteit, geslagtelikheid of godsdiens gebaseer is en wat aanhitsing om leed te veroorsaak, uitmaak nie.
5 Islamic Unity Convention par. 33.
6 Artikel 6 van die Suid-Afrikaanse Handves van Godsdiensregte en -Vryhede.
7 Sien artikel 6.1 van die Handves van Godsdiensregte.
8 Artikel 62 en 6.3 van die Handves van Godsdiensregte.
9 Artikel 6.4 van die Handves van Godsdiensregte.
10 Krishnaswami, A. 1960. Study of Discrimination in the Matter of Religious Rights and Practices, p. 41.
11 Lev 24:16 "Wie die Naam van die Here oneerbiedig gebruik, moet die doodstraf kry. Die hele gemeente moet hom met klippe doodgooi. Dit geld vir gebore Israeliete en vir vreemdelinge: wie die Godsnaam oneerbiedig gebruik, moet sterf". Sien verder Eks 22:28 "Jy mag God nie vervloek nie en ook nie 'n leier van jou volk nie"; Eksodus 20:7 "Jy mag die Naam van die Here jou God nie misbruik nie, want die Here sal die een wat sy Naam misbruik, nie ongestraf laat bly nie"; Deuternomium 5:11 "Jy mag die Naam van die Here jou God nie misbruik nie, want die Here sal dié een wat sy Naam misbruik, nie ongestraf laat bly nie".
12 Vir 'n regshistoriese perspektief op die misdaad godslastering, sien Labuschagne, JMT. 2001. Vanaf Goddelike tot Menslike Persoonlikheidsreg: 'n Regsantropologiese Evaluasie van die Ontstaan en Disintedrasie van die Misdaad Godslastering. Stellenbosh Law Review, (12):484; Labuschagne, JMT. 1986. Dekriminalisasie van Godslaster. Tydskrif vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg (THRHR), (49)4:434.
13 Labuschagne. 2001. Stellenbosh Law Review, p. 487.
14 De Wet, JC & Swanepoel, HL. 1949. Strafreg, pp. 259-260.
15 R v Webb 1934 AD 493.
16 R v Webb 496.
17 Sien Snyman, CR. 1981. Strafreg, p. 363.
18 Soos byvoorbeeld die Vermaaklikheids-Sensuurwet van 1931, Die Wet op Publikasies en Vermaaklikhede van 1963, wat opgevolg is deur die Wet op Publikasies 42 van 1974.
19 Die Wet op Publikasies en Vermaaklikhede 26 van 1963.
20 Wet op Publikasies 42 van 1974.
21 Vir 'n volledige bespreking rakende die onstaan, rol en inhoud van die Wet op Publikasies, sien onder andere: Van Rooyen, JWC. 1978. Publikasiebeheer in Suid-Afrika; Van Rooyen, JWC. 1988. Die Rol van die Wet op Publikasies in die Handhawing van Morele Standaarde. SA Publiekreg /SA Public Law, (3)2:131-141; Klopper, HB. 1991. Meer oor die Norme by Mediabeheer Ingevolge Artikel 47(2)(a) van die Wet op Publikasies 42 van 1974. Tydskrif vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg (THRHR), (54)4:578-599; Van Rooyen, K. 1990. Die Wet op Publikasies: 'n Christelike Lewensbeskouing? De Jure, (23)2:354; Van Rooyen, JWC. 1975. 'n Menseregte Handves: Die Toekoms van die Wet op Publikasies 1974. De Jure, (25)1:110-119; Van Rooyen, JWC. 1975. Aspekte van die Wet op Publikasies, De Jure, (8)2:122-132; Snyman, JH. 1976. Die Wet op Publikasies 42 van 1974. Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, (2):190-201; Wiechers, M. 1975. Enkele Gedagtes oor die Wet op Publikasies 42 van 1974, De Rebus Procuratoriis: 59-63.
22 Snyman, JH. 1981. Strafreg, p. 362.
23 Milton, JRL. 1990. South African Criminal Law and Procedure revised 2nd edition, pp. 294-295.
24 Milton. 1990. Criminal Law, p. 296.
25 South African Human Rights Commission obo South African Jewish Board of Deputies v Masuku and Another 2018 (3) SA 291 (GJ) par. 35.
26 Sien Albertyn, C, Goldblatt, B, & Roederer, C. 2001. Introduction to the Promotion of Equality and Prevention of Unfair Discrimination Act: Act 4 of2000, pp. 89-98; Currie I & De Waal, J. 2005. The Bill of Rights Handbook 5th edition, pp. 378-379; Rautenbach, IM. 2007. Haatspraak en die Reg op Vryheid van Uitdrukking in Suid-Afrika. Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, (3):554.
27 South African Human Rights Commission v Qwelane; Qwelane v Minister for Justice and Correctional Services 2018 (2) SA 149 (GJ).
28 Qwelane v South African Human Rights Commission and Another 2020 (2) SA 124 (HHA).
29 Versluis, J. 1 Desember 2019. Einde van Haatspraak. Netwerk24. https://netwerk24.com [6 Julie 2020].
30 'n Volledige bespreking van die grondwetlikheid al dan nie van artikel 10 van PEPUDA en die verskeie argumente voor die hof, val egter buite die bestek van hierdie artikel.
31 Kerkbode. 28 November 2016. NG Kerk bekommerd oor konsepwetgewing. Kerkbode Nuus. http://ngkerk.net [6 Julie 2020].
32 Badenhorst, N. 19 September 2018. Revised "Hate Speech" bill expected to be published for comment soon. https://forsa.org.za [6 Julie 2020].
33 Staatskoerant No. 41543 van 29 Maart 2018
34 Badenhorst, N. 7 Junie 2018. Minister says "Religious Exemption Clause" will only protect sermons. https://forsa.org.za [6 Julie 2020].
35 36 Beperking van regte (1) Die regte in die Handves van Regte kan slegs kragtens 'n algemeen geldende regsvoorskrif beperk word in die mate waarin die beperking redelik en regverdigbaar is in 'n oop en demokratiese samelewing gebaseer op menswaardigheid, gelykheid en vryheid, met inagneming van alle tersaaklike faktore, met inbegrip van-(a) die aard van die reg; (b) die belangrikheid van die doel van die beperking; (c) die aard en omvang van die beperking; (d) die verband tussen die beperking en die doel daarvan; en (e) 'n minder beperkende wyse om die doel te bereik. (2) Behalwe soos in subartikel (1) of in enige ander bepaling van die Grondwet bepaal, mag geen regsvoorskrif enige reg wat in die Handves van Regte verskans is, beperk nie.
36 Vir sy volledige argumente sien Labuschagne, JMT. 1986. Dekriminalisasie van Godslaster. Tydskrif vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg (THRHR), (49)4:434.
37 Labuschagne. 1986. THRHR, 445; 447.
38 Sien artikel 2 van die Wet.
39 Labuschagne, JMT. 1985. Dekriminalisasie van Bloedskande. Tydskrifvir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg (THRHR), (48):435.
40 Labuschagne, JMT. 1991. Dekriminalisasie van Meineed. Journal for Juridical Science, (16)1:20-48.
41 Labuschagne, JMT. 1992. Menslike Outonomie en Staatlike Majestas: Opmerkinge oor die Dekriminalisasie van Hoogverraad. South African Journal of Criminal Justice, (5)2:117-131.
42 Labuschagne, JMT. 1986. Dekriminalisasie van Bigamie. De Jure, (19)1:68-86.
43 Labuschagne, JMT. 1988. Dekriminalisasie van Eutanasie. Tydskrif vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg (THRHR), (51):167.
44 Labuschagne, JMT. 1986. Dekriminalisasie van Homo- en Soöfilie. Tydskrifvir Regswetenskap, (11)2:167.
45 Hoctor, SV. 2017. Criminal Law. In Joubert & Kuhne (eds). LAWSA 3rd edition (2017), par. 253.
46 Kemp, G (ed.). 2018. Criminal Law in South Africa 3rd edition.
47 De Wet, JC & Swanepoel, HL. 1949. Strafreg.
48 De Wet, JC. 1975. Strafreg derde uitgawe.
49 De Wet, JC. 1985. Strafreg vierde uitgawe.
50 Snyman, CR. 1981. Strafreg.
51 Snyman, CR. 1992. Strafreg derde uitgawe.
52 Labuschagne. 2001. Stellenbosh Law Review:495-496.
53 Hoctor. 2017. LAWSA, par. 253.
54 Burchell, J. 2016. Principles of Criminal Law 5th edition, pp. 790-791.
55 Sien verder Goolam, MI. 2006. The Cartoon Controversy: A Note on Freedom of Expression, Hate Speech and Blasphemy. The Comparative and International Law Journal of Southern Africa, (39)2:333-350.
56 Burchell, J. 2005. Principles of Criminal Law 3rd edition, p. 880.
57 Burchell, J. 2013. Principles of Criminal Law 4th edition, p. 771.
58 Artikel 39(2) en (3) van die Grondwet bepaal soos volg: (2) By die uitleg van enige wetgewing, en by die ontwikkeling van die gemene reg of gewoontereg, moet elke hof, tribunaal of forum die gees, strekking en oogmerke van die Handves van Regte bevorder. (3) Die Handves van Regte ontken nie die bestaan van ander regte of vryhede wat deur die gemene reg, gewoontereg of wetgewing erken of verleen word nie, in die mate waarin daardie regte of vryhede met die Handves bestaanbaar is.
59 Islamic Unity Convention, p. 294.
60 Artikel 2(a) bepaal dat "Broadcasting licensees shall . . . not broadcast any material which is indecent or obscene or offensive to public morals or offensive to the religious convictions or feelings of any section of a population or likely to prejudice the safety of the State or the public order or relations between sections of the population."
61 Hierdie wet is herroep deur artikel 97 van die Wet op Elektroniese Kommunikasie 36 van 2005.
62 Islamic Unity Convention, par. 2.
63 Wysigings tot hierdie nuwe Bylae is verder aangebring onder Algemene Kennisgewing No. 723 in Staatskoerant 25012 van 14 Maart 2003. Albei kennisgewings is slegs in Engels gepubliseer.
64 Van Loggerenberg and another v 94.7 Highveld Stereo 2004 (5) BCLR 561 (BCT) [Uitsaaiklagtetribunaal]
65 Van Loggerenberg, par. 5.
66 Van Loggerenberg, par. 6.
67 Van Loggerenberg, par. 6.
68 Van Loggerenberg, minderheidsuitspraak par. 1.
69 Van Loggerenberg, minderheidsuitspraak par. 2.
70 Pelser v SABC3 [2003] JOL 11619 (BCTSA).
71 Pelser v SABC3, par. 8-9.
72 Van der Linden Koopmans Handboek 2.3.2
73 Moorman Verhandeling Over de Misdaden 1.2.12
74 Pelser vs SABC3, par. 8
75 Pelser v SABC3, par. 8.
76 Sien verder Van der Schyff, E. 2004. Een maal is Reeds te Veel! Die Uitsaaklagtekommissie en die Ongeërgde Gebruik van die Naam van die Here. Woord en Daad, (44)387:13-15.
77 Jamiat Ul-Ulama of Transvaal v Johncom Media Investment Ltd and Others (1127/06) [2006] ZAGPHC 12 (3 February 2006) 4-5.
78 Jamiat Ul-Ulama of Transvaal, 5.
79 Jamiat Ul-Ulama of Transvaal, 8.
80 Jamiat Ul-Ulama of Transvaal, 9.
81 Vir kritiek teen die hof se benadering, veral ten aansien van die "waardigheid"-argument, sien De Waal v Talk Radio 702 [2011] JOL 26610 (BCCSA).
82 10. Elkeen het ingebore waardigheid en die reg dat daardie waardigheid gerespekteer en beskerm word.
83 Malherbe, R. 2007. The Mohammed Cartoons, Freedom of Expression and the Infringement of the Right to Religious Dignity. Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, (2):333.
84 Nel vMultichoice Channel 126 [2012] JOL 28155 (BCCSA) par. 7.
85 Malherbe. 2007. Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, 338.
86 Malherbe. 2007. Tydskrifvir die Suid-Afrikaanse Reg, 338.
87 De Waal v Talk Radio, par. 4.
88 Freedom Front v South African Human Rights Commission 2003 (11) BCLR 1283 (SAHRC) 1285: "Harm" was intended broadly to include psychological, emotional and other harm. The provision then contained its potentially adverse impact on the freedom of expression by limiting its application to four categories. Psychological or emotional harm would suffice for the purposes of the section. However, the harm caused or likely to be caused had to be serious and significant. This assessment would have to be made on a case by case basis, having regard to the values protected by our Constitution.
89 Sien Chabalala, J. 29 Junie 2017. Bongani Masuku guilty of hate speech, must apologise to SA Jewish Board of Deputies. www.news24.com [6 Julie 2020].
90 South African Human Rights Commission obo South African Jewish Board of Deputies v Masuku and Another 2018 (3) SA 291 (GJ) (29 June 2017).
91 South African Jewish Board of Deputies, par. 49.
92 South African Jewish Board of Deputies, par. 49.
93 Ampofo-Anti, OY. 15 Junie 2018. Court rules that religion cannot be used as a defence for anti-gay Hate Speech. www.groundup.org.za [6 Julie 2020]; Jackson, N. 6 Augustus 2018. Kerk en Gays, nuwe verwikkelinge. Die Kerkbode. https://kerkbode.christians.co.za [6 Julie 2020].
94 South African Jewish Board of Deputies, par. 26.
95 Badenhorst. 2018. Religious Exemption Clause.
96 Hierdie argument word gesteun deur Van der Schyff, G. The Right to Freedom of Religion in South Africa. (LLM verhandeling, RAU), 112 en Currie I & De Waal, J. 2013. The Bill of Rights Handbook 6th edition, 376.
97 Vorster, JM. 2014. Etiese Perspektiewe op Haatspraak in die Lig van die Derde Gebod. In die Skriflig, (48)2:2.
98 Burchell. 2013. Principles of Criminal Law, 769.
99 S v Lawrence; S v Negal; S v Solberg 1997 10 BCLR 1348 (KH).
100 Du Plessis, L. 2001. Freedom of or Freedom from Religion? An Overview of Issues Pertinent to the Constitutional Protection of Religious Rights and Freedom in "the New South Africa". Brigham Young Law Review, (2):453.
101 De Wet, FW. 2006. Godslaster en Vryheid van Spraak - 'n Oproep tot Verantwoordelike Optrede. Woord en Daad, (12):17.

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons